jacobsdal primêre skool · web viewfoto’s word agterna geneem nie. as u kind nie teenwoordig...
TRANSCRIPT
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 29 14 - 21 September 2018BEHEERLIGGAAM:Finansiële komiteelede word herinner aan die Begrotings-vergadering om 8:00 en Beheerliggaamvergadering (alle lede) om 14:00, op Maandag, 17 September.
BEGROTING:‘n Konsepbegroting vir 2019 sal vanaf Vrydag, 21 September in die voorportaal beskikbaar wees vir ouers se insae.
BEKENDSTELLINGSDAG:Ouers van graad R-leerders, asook voornemende ouers van ander dorpe, word vriendelik uitgenooi na ons Bekendstellingsdag wat op Vrydag, 21 September om 9:00 vir 9:30 in die skoolsaal plaasvind.
JAARBLAD 2018:Belangstellendes en instansies het weer die geleentheid om hierdie jaar ‘n advertensie in ons Jaarblad te plaas. Dit is ‘n pragtige kleur glansblad wat oor ons hele distrik versprei word. Dit is werklik die moeite werd om in hierdie blad te adverteer.Kostes is as volg: Volblad: R2000Halfblad: R1000Kwartblad: R500‘n Spesiale bladsy met kleiner advertensies: R250 per advertensieGebruik die geleenheid om jou produk, besigheid of dienste te adverteer!Kontak Clivé Burger vir enige navrae: 083 708 3974
PRYSUITDELING 2018: Ons jaarlikse Prysuitdeling vind op Vrydag, 16 November plaas. Leerders wat verlede jaar wisseltrofees ontvang het, moet dit asseblief by Zane’s in Kimberley klaar laat graveer (Georgestraat, net links van CLR). Let wel: Gravering op die beker self, word by Tocknell’s in Bloemfontein gedoen. Indien die beker/trofee klaar is, kan leerders dit solank terugbring skool toe.
Indien daar ouers of instansies is wat as donateurs/borge by die Prysuitdeling betrokke wil raak, kan u met mnr Schalk Meintjies kontak maak. Soos wat leerders na die Hoërskool gaan, verloor ons bestaande borge.
FOTODAG: [BESTELVORM INDIVIDUELE PAKKETTE + FOTOLYS]Ons jaarlikse fotodag vind op Woensdag, 19 September plaas en ouers kan vir leerders ‘n individuele fotopakket bestel wat die volgende insluit:
‘n A4 fotoblad met 1 vergroting (15 x 22cm), 2 Jumbo foto’s (10 x 15cm), 4 ID foto’s en ‘n boekmerkie met foto en wapen.
Een pakket kos R60 en kan tot Dinsdag, 18 September per afskeurstrokie by die klasonderwysers bestel word. Kontant met bestelling asseblief. LEERDERS MOET ALMAL KORREKTE SOMERSKOOLDRAG MET SKOENE EN KOUSE AANHÊ. Merk asb. alle klere!Koshuisouers moet asb. die naweek alle nodige sport/kultuur/provinsiale klere inpak wat u kinders vir fotodag gaan nodig hê.
‘n Fotolys word by die nuusbrief ingesluit met die volgorde waarin die foto’s geneem gaan word. Buite-afrigters moet asseblief by die neem van sportfoto’s wees, indien dit vir u moontlik is.Leerders wat nog sporthempies/-frokkies van ons skool by hulle huise het, moet dit asseblief op Maandag, 17 September by tannie Adéle inhandig. Ons het dit nodig vir die fotodag!
REDENAARSKOMPETISIE:Ons finale Redenaarskompetisie vind op Dinsdag, 18 September om 17:00 in die skoolsaal plaas. Alle leerders moet skoolklere aanhê (ook as hulle toeskouers is). Ons nooi alle ouers en belangstellendes na die redenaars se finale kompetisie.
SWEMBAD-/TENNISSLEUTELS:Ouers wat in besit is van ‘n swembad- en/of tennissleutel (Seisoen Sept 2017 tot Okt 2018), moet dit asseblief voor of op Vrydag, 28 September kom inhandig, of dit weer kom hernu vir die nuwe seisoen. Sleutels is weer vir die nuwe seisoen (wat strek van 1 Oktober 2018 tot 30 September 2019) @ R350 per sleutel beskikbaar. Hierdie sleutel is slegs vir u gesin bedoel en mag nie uitgeleen word nie.
LET WEL: Sleutelhouers moet ouers van ons Laerskool wees en moet op datum wees met hulle skoolgeld.
BIBLIOTEEK:Alle biblioteekboeke moet asseblief op Maandag, 17 September ingehandig word.
KOSHUIS:Hiermee word kennis gegee van ‘n dringende koshuisouervergadering op Dinsdag, 25 September om 7:30 in die eetsaal. Ouers moet asseblief probeer om hierdie vergadering by te woon.
KLEREWINKEL:Die Klerewinkel sal voortaan slegs op die volgende tye oop wees:Maandae: 7:30 tot 9:00Vrydae: 12:00 tot 13:00HOU ASB. BY HIERDIE TYE! Die winkel sal nie op enige ander dag oopgemaak word nie.
LEERDERDEELNAME:TENNIS:UITSLAE TEEN TROMPSBURG:0/13 seuns: Wen 41 – 40 met die uittel van spelle 0/13 dogters: Wen 8 – 2 Gemeng wen 5 – 1 WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK: Die 0/9A, 0/11A en B en 0/13A en B dogters speel op Dinsdag, 18 September teen Hopetown op die volgende bane:0/9 en 0/11: Ons skool se bane0/13: Landboudal
Baie sterkte aan die volgende tennisspelers wat van 20 tot 22 September aan die 0/10 tennistoernooi by Newton deelneem:Riko Swart, Nico Smith, Leo Wilkinson, Lehan Hugo, Jaco de Waal, Hanco Sutherland, Adriaan Burger en Frans Venter.Johandri de Wet, Zanté Oertel, Jané Burger en Tané van Rooyen.Spelers het inligting ontvang. Hou ons naam hoog!
KRIEKET: UITSLAE TEEN STAATS:0/9: Verloor met 12 lopies0/11: Wen met 37 lopiesWEDSTRYDE VOLGENDE WEEK: Die 0/11 en 0/13 krieketspelers speel op Dinsdag, 18 September teen Hopetown op die volgende velde:0/11: Tuis0/13: LandboudalBaie sterkte!
MINI-KRIEKET: Ons mini-krieket is nou klaar en leerders kan nou by ander sporte inskakel. Baie dankie aan al ons ouers en afrigters vir hulle hulp en ondersteuning met sportdae en wedstryde.
PRO-20 KRIEKET:Ons 0/13 krieketspan speel weer hierdie jaar in die Pro-20 Krieketreeks en die eerste wedstryd vind op Donderdag, 20 September om 16:00 teen Andalusia op Eureka se veld plaas. Die hele span ry elke keer met die bussie na Kimberley vir hierdie krieketreeks. Die bus vertrek om 14:45 en R30 busgeld is vooraf betaalbaar. Klere-oorhandiging vind op Maandag, 17 September plaas. Die hele span ry weer met die bussie vir hierdie geleentheid. Die bus vertrek om 16:30 en R30 busgeld is vooraf betaalbaar.
ATLETIEK:Ouers moet asseblief kennis neem van die atletiekinligtingsbrief wat by die nuusbrief ingesluit word.
…………………. PW TaitSKOOLHOOF
GEBEDSLYS:
Elsabe van HeerdenRina van Zyl en familie (suster oorlede)
Phantom 4 Pro+Ons het 6 weke oor vir die Drone projek. Ons het reeds R23 575.80 + R5550 (vir Drone verlede jaar uitgeloot) = totaal R29 125.80 Ons doelwit is om nog R40 000 se kaartjies te verkoop vóór 25 Okt.
Ons herinner ouers en kinders aan die Drone kaartjies wat verkoop moet word. Kyk of julle elke maand ‘n boekie kan verkoop☺, want daar is net 6 weke oor. Onthou van die mini-drones wat die kinders gratis ontvang as hulle 10 boekies verkoop het. Hierdie klein drone is ideaal vir beginners! Dit het LED liggies en kan in die aand ook vlieg!
Die klas wat die meeste kaartjies verkoop het, gaan ook bederf word met Pizza en roomys-“floats” by Blikaspaai. Kom ons motiveer mekaar en maak hierdie projek ‘n groot sukses die jaar!! Ons sê baie dankie en geluk aan Carlé & Nico van Zyl, Marna Stander en Anica Ueckermann wat elkeen reeds 10 boekies verkoop het. Dankie ook aan hulle ouers – ons weet sonder julle hulp sou dit nie vir hulle moontlik gewees het nie.
Ekstra lootjie kaartjies beskikbaar by Juffrou Delene@ R50/kaartjie.
BESTELVORM: INDIVIDUELE FOTOPAKKET/TE
R60 PER PAKKET
Naam van leerder:(Slegs een kind op foto) Gr: Aantal
pakkette: BEDRAG:
Name van leerders:(Meer as een kind op foto)
TOTALE BEDRAG INGESLUIT: R ______
OUER SE NAAM EN VAN:
HANDTEKENING:
FOTOKONTROLEVORM VIR OUERS - Fotodag: 19 September 2018
HIERDIE IS NIE ‘N BESTELVORM NIE! Slegs ‘n kontrolevorm Alle klere moet gemerk wees sodat verlore klere terugbesorg kan word aan
eienaars. Foto’s word in onderstaande volgorde geneem.
Merk met X OMSKRYWING: PERSOON/E KLEREDRAG
Beheerliggaamlede: 7:30Personeel - skool:Onderrig en adminNie-onderrigPersoneel - Koshuis:
7:45
Merkmet X OMSKRYWING: PERSOON/E KLEREDRAG
RUGBY: Wit PT-broek: 0/13
Ander:swart
PT-broek
Rugby Pienkvoete – ook gr R Rugby 0/9 Rugby 0/11 Rugby 0/13
Shaun / JCJaco / Skiewies
Riaan / SchalkJurie / Marius
NETBAL: Netbaldrag met wit kouse
en tekkies
Skool voorsien
netbalklere
Netbal 0/7Netbal 0/8 Netbal 0/9Netbal 0/10 Netbal 0/11Netbal 0/12ANetbal 0/13A, B, C
Saam met afrigters
Xhariep netbal proewespan 0/12 Xhariep netbal proewespan 0/13 Slegs spelers Netbalklere
KRIEKET:
SportdragMini-krieketKrieket 0/9Krieket 0/11 Krieket 0/13
Karin / LinetteRalphJaco
SchalkXhariep Krieketspan 0/11 Slegs spelers SportdragXhariep Krieketspan 0/13TENNIS: (Slegs ligaspanne vir 0/9 – 0/13)) Netbalklere
(dogters)Skool voorsien
netbalklere Tennis-hempies
vir seunsTennisklere
(seuns)
Tennis 0/9A (Seuns en dogters) IreneTennis 0/11A/B/C (Seuns en dogters) DeleneTennis 0/13A/B/C (Seuns en dogters) AdéleTennis Junior beginners (Gr 1 – 3) Marisan / Naomi
Mariska / Marlise
Tennis Senior beginners (Gr 4 – 7) Deandri
ATLETIEK:Slegs die
spanne alleenSportklereSone Atletiekspan
Motheo/Gariep KampioenskappeTWEEKAMP: Irene Sportklere
WilkinsonTweekampatlete (almal wat aan tweekamp deelneem)SWEM: Verona SportklereVrystaat SwemkampioenskappeGIMNASTIEK:
Shelene / Suné Gimnastiek-
klereGimnaste: Beginners + vlak 1 – 3
LANDLOOP: Irene Wilkinson Atletiekfrokkie sportbroekieAlmal wat aan liga’s deelgeneem het.
REVUE:AFRIGTERS Revue klere!!Junior Revue-groep
Senior Revue-groep
Junior koor Rina / Elza Korrektesomer-
skooldragmet skoene
en kouse
Senior koor Jaco / ElzaKLASFOTO’S: Graad 1 - 7 + IK-klas KlasonderwysersHoofleiers: Skool
Slegs leiersHoofleiers: KoshuisSkoolleiersKoshuisleiersMedialeiers
Koshuisleiers en -ouers Hoofleiers + leiers + Koshuisouers
Musiekleerders: Alle leerders wat musiek neem. Klavier / blokfluit / kitaar en vioolNautilus (Deelname ten minste 2 van 3)Junior Wiskundeklub Mariska / MarliseSenior Wiskundeklub Schalk / DeandriAMESA Wiskunde SchalkRedenaarsbestuur ElzaATKV RedenaarsWOW spelkompetisie RozanneOmgewingsvasvra JacoBybelvasvra NaomiSkaak(Almal wat gereeld skaak oefen) Naomi
Padpatrollie Karin / MamVCSV Elza & Naomi
Provinsiale en Nasionale deelname:
Merk met X Omskrywing op foto: Kleredrag:
SA Atletiek
Leerders moet hulle Provinsiale klere
saambring en aanhê vir hierdie
foto’s
SA TweekampSA SkaakSA SwemSV Tweekamp (Interprovinsiaal)Vrystaat AtletiekkampioenskappeXhariep KrieketXhariep TennisWildeklawer RugbyCravenweek Rugby A & B-spanneGW rugby 0/12Vrystaat SwemNoordkaap SwemMotheo-Xhariep Gimnastiek Martial Arts Nasionale spanNoordkaap Martial ArtsGriekwaland-Wes LandloopVrystaat SkietSkiet Nasionale spanVrystaat TentpeggingTentpegging Nasionale spanWOW spelkompetisie Vrystaatspan
ANDER: Stel asseblief die skool in kennis van enige ander
prestasieAmptelike bewyse, op
organisasie se briefhoof, moet aan die skool gestuur
word.Geen bewyse – geen
erkenning
INDIVIDUELE FOTOPAKKETTE: Begin by graad 1, eindig met graad 7(Foto’s word slegs volgens afskeurstrokies geneem)Merk duidelik indien u meer as een pakket van dieselfde foto wil hêKONTANT MET BESTELLING
GEEN STROKIE – GEEN FOTO!
Skooldrag
Hierdie vorm is vir ouers om saam met u kind te kontroleer.
Dit is nie ‘n bestelvorm nie.
ONTHOU ASB. OM ALLE SPORT- EN PROVINSIALE KLERE OP WOENSDAG, 19 SEPTEMBER SAAM TE STUUR VIR AL DIE
FOTO’S WAAROP U KIND VERSKYN
KOSHUISKINDERS moet al hulle klere, wat vir die foto’s nodig is, die naweek inpak
Geen foto’s word agterna geneem nie. As u kind nie teenwoordig is nie, word hy/sy nie afgeneem nie.
Al bogenoemde foto’s word in die Jaarblad van 2018 geplaas.(Geen span- of klasfoto’s word apart bestel nie)
Hierdie vorm hoef nie terug te gaan skool toe nie.