jacobsdal primêre skooljakkies.com/nb16.docx  · web viewjacobsdal primÊre skool. nuusbrief: 16....

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 16 23 – 30 Mei 2014 SKOOLREËLS: Ouers en leerders moet net weer hulleself vergewis van die enkele skoolreëls t.o.v. skoolbywoning en in die klaskamer wat by die nuusbrief vir u kennisname ingesluit is. CHRISTUSFEES: Die Grondslagfase leerders het ‘n opvoering ter viering van die Christusfees op Vrydag, 30 Mei om 7:30 in die skoolsaal. (Slegs 20 minute) Ouers en belangstellendes baie welkom. LEERDERDEELNAME: RUGBY- EN NETBAL TEEN PRIESKA: UITSLAE: Rugby: SPAN: TELLING: 0/11 Wen 34 – 5 Netbal: SPAN: TELLING; 0/9A Verloor 6 – 5 0/9B Wen 9 – 2 0/11A Wen 9 – 3 0/11B Wen 5 – 2 0/13A Verloor 16 – 15 BUITEMUURS VOLGENDE WEEK: Ekstra rugby- en netbaloefening op Maandag, 26 Mei vir al die spanne op hulle gewone oefentye. Ekstra rugby- en netbaloefening op Woensdag, 28 Mei vir al die spanne op hulle gewone oefentye behalwe 0/7 en 0/9 rugby en netbal. Geen gimnastiek, skaak, wiskunde klub of VCSV volgende week nie. Alle leerders kom op Woensdag, 28 Mei met sportklere skool toe. RUGBY EN NETBAL TEEN STAATS: Wedstryde teen Staats vind op Dinsdag, 27 Mei in Kimberley plaas. Die hele skool verdaag om 12:40 en die busse vertrek om 13:00 vanaf die skool. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit. Spelers kom met sportklere skool toe. RUGBY EN NETBAL TEEN HOPETOWN: Wedstryde teen Hopetown vind op Donderdag, 29 Mei by hulle velde plaas. Die hele skool verdaag om 12:20 en die busse vertrek om 12:45 vanaf die skool. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit. Alle leerders kom met skoolklere skool toe en rugby- en netbalspelers verklee net na skool. RUGBY: Baie sterkte aan Gustav van Zyl wat op 29 en 30 Mei by die Mini-Cravenweek as reserwe speelkans gaan kry. TENNISRONDOMTALIE: Die 0/9 tennisdogters hervat weer hulle rondomtalie op Maandag, 2 Junie vanaf 14:15 tot 15:30. Volgende week is te besig. GEBEDSLYS: Ons is dankbaar vir die reën

Upload: others

Post on 04-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB16.docx  · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 16. 23 – 30 Mei 2014. SKOOLRE. Ë. LS: Ouers en leerders moet net weer hulleself

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 16 23 – 30 Mei 2014SKOOLREËLS:Ouers en leerders moet net weer hulleself vergewis van dieenkele skoolreëls t.o.v. skoolbywoning en in die klaskamer wat by die nuusbrief vir u kennisname ingesluit is.

CHRISTUSFEES:Die Grondslagfase leerders het ‘n opvoering ter viering van die Christusfees op Vrydag, 30 Mei om 7:30 in die skoolsaal. (Slegs 20 minute) Ouers en belangstellendes baie welkom.

LEERDERDEELNAME: RUGBY- EN NETBAL TEEN PRIESKA: UITSLAE: Rugby:

SPAN: TELLING:0/11 Wen 34 – 5

Netbal:

SPAN: TELLING;0/9A Verloor 6 – 5 0/9B Wen 9 – 2 0/11A Wen 9 – 3 0/11B Wen 5 – 2 0/13A Verloor 16 – 15

BUITEMUURS VOLGENDE WEEK:Ekstra rugby- en netbaloefening op Maandag, 26 Mei vir al die spanne op hulle gewone oefentye. Ekstra rugby- en netbaloefening op Woensdag, 28 Mei vir al die spanne op hulle gewone oefentye behalwe 0/7 en 0/9 rugby en netbal.Geen gimnastiek, skaak, wiskunde klub of VCSV volgende week nie. Alle leerders kom op Woensdag, 28 Mei met sportklere skool toe.

RUGBY EN NETBAL TEEN STAATS: Wedstryde teen Staats vind op Dinsdag, 27 Mei in Kimberley plaas. Die hele skool verdaag om 12:40 en die busse vertrek om 13:00 vanaf die skool. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit. Spelers kom met sportklere skool toe.

RUGBY EN NETBAL TEEN HOPETOWN: Wedstryde teen Hopetown vind op Donderdag, 29 Mei by hulle velde

plaas. Die hele skool verdaag om 12:20 en die busse vertrek om 12:45 vanaf die skool. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit. Alle leerders kom met skoolklere skool toe en rugby- en netbalspelers verklee net na skool.

RUGBY:Baie sterkte aan Gustav van Zyl wat op 29 en 30 Mei by die Mini-Cravenweek as reserwe speelkans gaan kry.

TENNISRONDOMTALIE:Die 0/9 tennisdogters hervat weer hulle rondomtalie op Maandag, 2 Junie vanaf 14:15 tot 15:30. Volgende week is te besig.

................................. Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Ons is dankbaar vir die reën wat geval het.

Stel u belang om u bad, wasbak, toilet te laat oordoen?

Ons kom na Jacobsdal in die volgende paar weke en het reeds een kliënt om te doen.

Kontak Pieter Swanepoel vir ‘n kwotasie by:0828548420 of [email protected]

Hoe meer kliënte hoe minder vervoerkoste vir almal!

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB16.docx  · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 16. 23 – 30 Mei 2014. SKOOLRE. Ë. LS: Ouers en leerders moet net weer hulleself

HOËRSKOOL HOPETOWN

Program:

Donderdag, 29 Mei 2014

RUGBY:

TYD: A-VELD:14:30 – 15:05 HPT 0/11 @ JPS 0/11A15:10 – 15:35 HPT 0/7 @ JPS 0/7 (10 MAN)15:40 – 16:10 HPT 0/9 @ JPS 0/916:15 – 16:50 HPT 0/11 @ JPS 0/11B16:55 – 17:40 HPT 0/13 @ JPS 0/13

NETBAL:

TYD: BAAN A:14:30 HPT 0/11 @ JPS 0/11A

15:00 HPT 0/13 @ JPS 0/13A

15:40 HPT 0/12 @ JPS 0/13B

TYD: BAAN B: BAAN C:14:30 HPT 0/7 @ JPS 0/7 HPT 0/9 @ JPS 0/9A

15:00 HPT 0/8 @ JPS 0/9B ---

15:30 HPT 0/10 @ JPS 0/11B ---

JAKKIEMAN SÊ:

Lees jou nuusbrief en wees ingelig!

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB16.docx  · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 16. 23 – 30 Mei 2014. SKOOLRE. Ë. LS: Ouers en leerders moet net weer hulleself

SKOOLREËLS (UITTREKSEL)

1. SKOOLBYWONING:1.1 Elke leerder woon die skool gereeld, getrou en stiptelik volgens vasgestelde ure by.1.2 Ouers moet die afwesigheid van ‘n leerder verklaar. Indien ‘n leerder weens siekte, of ander geldige rede afwesig is, moet ouers die skool persoonlik, telefonies of per brief in kennis stel. Ouers moet skriftelike bewyse lewer van afsprake en die skool van die verslag of mediese sertifikaat voorsien, alvorens toestemming aan die leerder verleen sal word. Ouers moet ‘n mediese sertifikaat indien op die derde dag wat ‘n leerder afwesig is as gevolg van siekte.1.3 Geen leerder mag gedurende skoolure sonder die Skoolhoof se toestemming of medewete uit ‘n klas afwesig wees of die skoolterrein verlaat nie. Ouers moet leerders uitteken tydens skoolure.1.4 Die skool heropen om 8:00 aan die begin van die kwartaal en sluit om 11:00 aan die einde van die kwartaal.1.5 ‘n Leerder neem deel aan die opvoedingsprogram soos deur die Vrystaatse Onderwysdepartement voorgeskryf en deur die Beheerliggaam van hierdie skool aanvaar, tensy vrystelling verleen is.1.6 Indien leerder laat arriveer by die skool, moet die ouers saam met die leerder by die kantoor kom rapporteer. Die laatkomregister moet ingevul word.

4. IN DIE KLASKAMER:4.1 Alle reëls met betrekking tot optrede (gedrag) in die klaskamer moet gerig wees

op die handhawing en bevordering van ‘n positiewe onderrig- en leerkultuur, bv.4.1.1 alle opdragte van die opvoeder moet noukeurig uitgevoer word.4.1.2 huiswerk moet in die skool dagboek of werkplan aangeteken word en stiptelik

voltooi word.4.1.3 daar mag onder geen omstandighede op meubels, mure, ens geskryf of gekrap

word nie.4.1.4 persoonlike eiendom van opvoeders en leerders moet uitgelos en gerespekteer

word.4.1.5 rommelstrooi is ‘n ernstige oortreding4.1.6 geen werk/opdragte/take mag by ‘n ander persoon afgeskryf of op enige wyse

gedupliseer word nie of vir sodanige doeleindes beskikbaar gestel word nie.4.1.7 leerders moet opstaan as ‘n opvoeder of fasiliteerder die klas binnekom of

verlaat.4.1.8 reëls wat deur leerders in die klaskamers opgestel is, moet nagekom word.4.1.9 Selfone is verbode en moet voor skool by die kantoor ingehandig word om in die kluis gebêre te word.4.1.10 Die 5 belangrike reëls moet aan leerders bekendgestel word en in die

klaskamer sigbaar wees.

1. Jou hart klop 100 000 keer per dag.2. Emalje, wat die buitenste laag van ons tande vorm, is

die hardste stof in die menslike liggaam.3. Die mens het 46 chromosome, ertjies het 14 en krewe

200.4. Ons deel 98,4 persent van ons DNA met sjimpansees

– en 70 persent met tuinslakke!5. Mercedes Benz se motto is: “The best or nothing”6. Elke keer as jy nies gaan daar van jou breinselle dood.7. Meeste sokkerspelers hardloop ongeveer 11km

gedurende ‘n wedstryd.8. Die enigste twee diere wat agter hulle kan sien sonder

om hulle koppe te draai is die haas en die pappegaai.9. Venus is die enigste planeet wat kloksgewys roteer.10. Meer as 50% van alle mense op die aarde het nog nooit ‘n telefoonoproep ontvang nie.

Waarde van die week: VriendelikheidJakkieman vra ons maats om altyd grootmense en leerders

wat verby ons stap, vriendelik te groet!(Kyk of jy eerste kan groet!)

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB16.docx  · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 16. 23 – 30 Mei 2014. SKOOLRE. Ë. LS: Ouers en leerders moet net weer hulleself