jesaja die profeet - karmelbediening · 2kr 31:21 en in elke werk wat hy begin het insake die diens...

17
Jesaja die Profeet ‘n Bybelstudie oor die Bybelse profeet Jesaja se persoon en agtergrond. Interessante feite insluitende: Wie hy was? Wanneer het hy geleef? Die betekenis van sy lewe as profeet Die konings en die vyande van sy tyd

Upload: vanminh

Post on 26-Feb-2019

261 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Jesaja die Profeet

‘n Bybelstudie oor die Bybelse profeet

Jesaja se persoon en agtergrond.

Interessante feite insluitende:

Wie hy was?

Wanneer het hy geleef?

Die betekenis van sy lewe as profeet

Die konings en die vyande van sy tyd

Page 2: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Wie was Jesaja

Jesaja is een van die groot profete van die Ou Testament –

gereken as die grootste!

Sy naam beteken: verlossing ―God verlos‖

Hy het groot geword in die paleis van Juda se koning ―Joas”

omdat hy die kleinkind van Joas en die neef van koning Ussia

was (Volgens Gill se Bybelkommentaar)

Jesaja was geleerd en welgesteld en ‗n raadgewer vir die

konings van Juda – ook gesien uit sy profesieë

(Volgens bronne vervat in David Pawson se boek; Unlocking the Bible)

Page 3: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Jesaja se vrou en kinders Hy was getroud met ‗n profetes en het twee seuns gehad

Die een seun se naam was ―Sjear Ja-sjub‖ wat beteken: ‗n

oorblyfsel sal terugkeer H7610 שאר ישובshe'ar yashub sheh-awr' yaw-shoob'

From H7605 and H7725; a remnant will return; Shear-Jashub, the symbolical name of one of Isaiah’s sons: - Shear-jashub.

Jes 7:3 En die HERE het vir Jesaja gesê: Gaan tog uit, Agas tegemoet, jy en jou seun Sjear Ja-sjub, aan die end van die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die

Bleikveld, ...

Die ander seun se naam was ―Maher-shalal-Hash-Baz‖ wat

beteken: netnou is daar buit, gou is daar roof H4122 מהר שלל חש בז maher shalal chash baz

From H4118 and H7998 and H2363 and H957; hasting (as he (the enemy) to the) booty, swift (to the) prey; Maher-Shalal Chash-Baz; the symbolical name of the son of Isaiah: - Maher-shalal-hash-baz.

Jes 8:3 En ek het na die profetes gekom, en sy het swanger geword en ‗n seun gebaar; en die HERE het vir my gesê: Noem hom: Netnou is daar buit, gou is daar roof.

Page 4: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Profetiese betekenis

Jesaja sê in Jes 8:18 dat hy en sy kinders is tot tekens en

sinnebeelde in Israel

Sy seuns se name vertel wat met Israel gaan gebeur wanneer

hulle weggevoer gaan word in ballingskap (netnou is daar buit,

gou is daar roof) en dat net ‗n oorblyfsel sal terugkeer na Juda

Jesaja se naam beteken ―God verlos‖, daarom sal Israel eers

verlos word met die verlossing wat Jahshua sou bring

Jes 8:18 Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het—tot tekens en

sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die

berg Sion woon.

Page 5: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Jesaja as profeet in Israel

Jesaja se boodskap het nie ingang gevind by die volk nie want

hulle harte was verhard

Jes 6:9 En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar

verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.

Jes 6:10 Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en

bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul

hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.

Page 6: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Die tyd waarin Jesaja geprofeteer het

Jesaja was ‗n profeet in die tyd van die Suidelike koninkryk – Juda

In die dae van koning Ussia, Jotam, Agas en Hiskia (Jes 1:1)

Daar was ook ander Bybelse profete wat in dieselfde tyd as Jesaja

geprofeteer het:

Mig 1:1 Die woord van die HERE wat tot Miga, die Morastiet, gekom het, in die dae van Jotam, Agas, Hiskía, konings van Juda; wat hy gesien het aangaande

Samaría en Jerusalem.

Hos 1:1 Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die

dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel.

Amo 1:1 Die woorde van Amos, een van die skaapboere uit Tekóa, wat hy gesien het aangaande Israel in die dae van Ussía, koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel, twee jaar voor die

aardbewing.

Page 7: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Juda se bure

Juda was omring deur kleiner nasies:

Sirië, Amoniete, Moabiete, Edomiete Filistyne en Arabiere.

Die twee groot nasies was:

Assirie en Babilon.

Kom ons kyk na die kaart vir interessantheid

Page 8: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Kaart

Page 9: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Die konings van Juda

Wanneer die konings van Juda Jahweh gedien en Hom geëer

het, was Hy met hulle wanneer die vyand opgetrek het om teen

hulle oorlog te voer

Wanneer die konings afgode aanbid het, het Vader hom onttrek

en het die vyand hulle oorwin

Page 10: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

KONING USSIA (792-740 BC)

2Kr 26:3 Sestien jaar was Ussía oud toe hy koning geword het, en hy het twee en vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jególja,

van Jerusalem.

2Kr 26:4 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Amásia gedoen het.

2Kr 26:5 En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat hy die HERE gesoek het, het

God hom voorspoedig gemaak.

2Kr 26:6 En hy het uitgetrek en teen die Filistyne geveg en die muur van Gat en die muur van Jabne en die muur van Asdod afgebreek, en stede gebou by

Asdod en onder die Filistyne.

2Kr 26:7 En God het hom gehelp teen die Filistyne en teen die Arabiere wat in Gur-Baäl gewoon het, en teen die Meüniete.

2Kr 26:8 Ook die Ammoniete het aan Ussía belasting betaal; en sy roem is verbrei tot by die ingang na Egipte, want hy was uitermate magtig.

Page 11: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

KONING JOTAM (750-740 BC)

2Kr 27:1 Jotam was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was

Jerúsa, die dogter van Sadok.

2Kr 27:2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Ussía gedoen het; alleenlik het hy nie in die tempel van die HERE

ingegaan nie; en die volk het nog verderflik gehandel.

2Kr 27:3 Hy het die Boonste Poort van die huis van die HERE gebou, en aan die muur van die Heuwel het hy baie gebou.

2Kr 27:4 Verder het hy stede gebou op die gebergte van Juda, en in die bosse het hy forte en torings gebou.

2Kr 27:5 Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in dié jaar honderd talente silwer en tien duisend kor koring en tien duisend kor gars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer.

2Kr 27:6 En Jotam het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die aangesig van die HERE sy God.

Page 12: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

KONING AGAS (735-715 BC)

2Kr 28:1 Agas was twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE soos sy vader Dawid nie.

2Kr 28:2 Maar hy het gewandel in die weë van die konings van Israel en selfs gegote beelde vir die Baäls gemaak.

2Kr 28:3 Hy het self ook offerrook in die dal van die seun van Hinnom laat opgaan en sy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het.

2Kr 28:4 Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.

2Kr 28:5 Daarom het die HERE sy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en ‗n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is

ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, en dié het hom verslaan, ‗n groot slag.

2Kr 28:6 Peka, die seun van Remália, het naamlik in Juda op een dag honderd en twintig duisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het.

2Kr 28:7 En Sigri, ‗n held van Efraim, het Maäséja, die seun van die koning, en Asríkam, die bevelhebber van die paleis, en Élkana, die tweede onder die koning, gedood.

2Kr 28:8 En die kinders van Israel het van hulle broers twee honderd duisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook ‗n groot buit van hulle geroof en die buit na Samaría gebring.

2Kr 28:17 Bowendien het ook die Edomiete gekom en Juda verslaan en gevangenes weggevoer.

2Kr 28:18 Ook die Filistyne het plundertogte onderneem teen die stede van die Laeveld en die Suidland van Juda; en hulle het ingeneem: Bet-Sémes en Ajalon en Géderot en Sogo met sy onderhorige plekke

en Timna met sy onderhorige plekke en Gimso met sy onderhorige plekke, en daarin gaan woon;

2Kr 28:19 want die HERE het Juda verneder ter wille van Agas, die koning van Israel, omdat hy losbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen die HERE gehandel het.

2Kr 28:20 En Tilgat-Pilnéser, die koning van Assirië, het hom oorval en hom in benoudheid gebring en hom nie gehelp nie;

Page 13: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

KONING HISKIA (715-686 BC)

2Kr 29:1 Jehiskía het, vyf en twintig jaar oud, koning geword en nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abía, die dogter van Sagaría.

2Kr 29:2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Dawid gedoen het.

2Kr 29:3 Hy het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die huis van die HERE oopgemaak en dit herstel,

2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met sy hele hart gehandel en voorspoed gehad.

2Kr 32:1 Ná hierdie dinge en hierdie bewys van getrouheid het Sánherib, die koning van Assirië, gekom en Juda binnegedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower.

2Kr 32:7 Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom.

2Kr 32:8 By hom is ‗n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda.

2Kr 32:20 Maar toe koning Jehiskía en die profeet Jesaja, die seun van Amos, hieroor gebid en na die hemel geroep het,

2Kr 32:21 stuur die HERE ‗n engel, en dié het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met ‗n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met

die swaard neergeslaan.

2Kr 32:22 En die HERE het Jehiskía en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van Sánherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring.

(II Kon 17,18,19 en 20; Jes 36,37, 38 en 39)

Page 14: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Jesaja – ‘n opsomming van die

Bybel

Die boek Jesaja word opgedeel in twee gedeeltes

Deel 1:

39 hoofstukke: dieselfde as die aantal boeke van die O.T

Hierdie hoofstukke som die boodskap van die O.T op

Deel 2:

27 hoofstukke: dieselfde aantal boeke as die N.T

Hierdie hoofstukke som die boodskap van die N.T op

Die boek Jesaja is dus die Bybel in kort opgesom

Page 15: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Jesaja – die einde van sy lewe

Jesaja is op bevel van koning Manasse om die lewe gebring

Jesaja het gevlug en hom versteek in ‗n hol boomstam waar

hulle hom gekry het

Koning Mannase het opdrag gegee dat hulle die boomstam

middeldeur moes saag

Volgens bybelkommentators insluitende John Gill‘s Exposition:

"Manasseh sought to kill Isaiah, and he fled from him, and fled to a cedar, and the cedar swallowed him up, all but

the fringe of his garment; they came and told him (Manasseh), he said unto them, go and saw the cedar, "and

they sawed the cedar", and blood was seen to come out.''

And it is become a generally received opinion of the ancient Christian writers, that Isaiah was sawn asunder; as of

Justin Martyr (c), Origen (d), Tertullian (e), Lactantius (f), Athanasius (g), Hilary (h), Cyril of Jerusalem (i), Gregory

Nyssene (k), Jerom (l), Isidorus Pelusiota (m), Gregentius (n), Procopius Gazaeus (o), and others; but more

persons seem to be designed:

Page 16: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Die einde

Num 6:24 Die HERE sal jou seën en jou behoed;

Num 6:25 die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou

genadig wees;

Num 6:26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou

vrede gee.

Num 6:27 So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel

lê; en Ék sal hulle seën.

Page 17: Jesaja die Profeet - Karmelbediening · 2Kr 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met

Aangebied deur:

www.karmelbediening.co.za

Besoek gerus ons webtuiste vir meer inligting.