jesus christus oral, altyd en in alles hartklop · ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee...

8
Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (GOD) WAAG MET DIE KERK (1 PET 2:1-10) Ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee gelowiges moet waag. Ons waag om te glo, ons waag met brood en wyn, ons waag om te bid en ons waag om te leef. Dit vra baie van ons. Hierdie Sondag praat ons oor ‘n nog groter waagstuk… God waag met ons! Petrus gebruik in hoofstuk 2:4-10 die beeld van ‘n huis in aanbou. God se waagstuk begin al by die hoeksteen, met ‘n klip wat deur mense afgekeur is! Daarna volg die stene; krom en skeef en breekbaar. Aan die einde van die bouwerk kan Petrus egter nie genoeg woorde vind om die gebou van God te beskryf nie. ‘n Mens wonder as jy vers 9-10 lees of Petrus nie ‘n bietjie oordryf nie? As ons dus vandag praat oor die kerk, dan kom die vraag op: Wie waag die meeste, ons of God? TEKS VIR 25 FEB DS MICHIEL DE KOCK Jy is God se hoop vir Sy skepping. Rom 8:18 - 30 Ons is in Lydenstyd. Dan val dit ‘n mens op wanneer jy hierdie skrifgedeelte lees dat ook die skepping met verlange daarna uitsien, dat hierdie verganklike en dikwels sondige bestaan waarin ons nou leef, tot ‘n einde sal kom. Ja, ook die skepping is aan verganklikheid onderworpe. Ook die skepping hoop vir ‘n beter bestemming. Die feit is dat God die skepping geskep het met die doel om Hom te verheerlik. Let maar op hoe dit daagliks om jou gebeur. Luister hoe ‘n voëltjie sy lied sing - elke keer asof dit sy laaste keer is. Hoe ‘n boom in die natuur sy prag vertoon, met oorgawe vir sy Skepper en vir elkeen wat dit wil raaksien. Dit is hoekom ons so naby aan God voel in die natuur. Die skepping kan nie anders nie, dit doen waarvoor dit geskep is. Maar ons kan anders, ons het ‘n keuse gekry deur dieselfde Skepper. God het ons aangestel om die aarde te be - werk en te bewaar. Ons mag dit gebruik om daarvan te leef, maar met ‘n verantwoordbaarheid aan ons Skepper en op ‘n manier wat Hom eer sal aandoen. Ons moet bely dat die mens in die algemeen glad nie goed gevaar het nie. Dat geldgierigheid en sogenaamde ontwikkeling sy tol geëis het en daagliks eis, tot so ‘n mate dat as ons nie drases aanpas nie, die mens besig is om sy eie vernieging te bewerk. Daar is drie uiters belangrike verhoudings waarin ons leef: God drie-enig, ons medemens en die natuur. God roep jou en my om reg te maak, dringend reg te maak, en ons kan elkeen iets doen, al is dit klein. Dink na en praat met God en mekaar oor waar ons vir Vader ‘n verskil kan maak, om jou voetspoor in die natuur sagter te maak. Ja, selfs uit te wis. Om op te bou en deel van die oplos- sing te word. Sondag 25 Februarie gaan ons hieroor besin. Michiel 18 FEBRUARIE 2018 HARTLIK WELKOM! Toe die Kerkvaders die Heidelbergse Kategismus opgestel het om sistematies te beskryf wat ons as Christene glo, het hulle ook oor die kerk nagedink. Hulle het dit soos volg geformuleer: (opgesom) 1. Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk? Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ‘n gemeente vergader en hulle bly beskerm en onderhou. Ek mag glo dat ek daarvan ‘n lewende lid is en vir ewig sal bly. Dit is waarom ons mekaar broer en suster noem! Ons hoort bymekaar. Ons is gekies om hier te wees. Christus is ons Hoof en Hy beskerm ons vir altyd. Dit is ons enigste troos. 2. Wat verstaan jy onder die gemeenskap van die heiliges? Dat ons verbind is met Jesus Christus en deel in al sy skatte en gawes. Ons is dus verplig om sy gawes met mekaar te deel om mekaar op te bou en te versorg. Ons gemeente is bevoorreg om soveel mense met wonderlike gawes te hê. Die uitdaging is om almal se gawes te benut sodat ons beter diens kan lewer. Daaroor praat ons Sondag. Wees LIG! AANDDIENS VANAAND @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE

Upload: others

Post on 05-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee gelowiges moet waag. Ons waag om te glo, ons waag met brood en wyn, ons waag om te bid

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

Hartklop

VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER

(GOD) WAAG MET DIE KERK (1 PET 2:1-10)

Ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee gelowiges moet waag. Ons waag om te glo, ons waag met brood en wyn, ons waag om te bid en ons waag om te leef. Dit vra baie van ons. Hierdie Sondag praat ons oor ‘n nog groter waagstuk… God waag met ons!

Petrus gebruik in hoofstuk 2:4-10 die beeld van ‘n huis in aanbou. God se waagstuk begin al by die hoeksteen, met ‘n klip wat deur mense afgekeur is! Daarna volg die stene; krom en skeef en breekbaar. Aan die einde van die bouwerk kan Petrus egter nie genoeg woorde vind om die gebou van God te beskryf nie. ‘n Mens wonder as jy vers 9-10 lees of Petrus nie ‘n bietjie oordryf nie?

As ons dus vandag praat oor die kerk,

dan kom die vraag op:

Wie waag die meeste, ons of God?

TEKS VIR 25 FEB DS MICHIEL DE KOCK Jy is God se hoop vir Sy skepping. Rom 8:18 - 30

Ons is in Lydenstyd. Dan val dit ‘n mens op wanneer jy hierdie

skrifgedeelte lees dat ook die skepping met verlange daarna

uitsien, dat hierdie verganklike en dikwels sondige bestaan

waarin ons nou leef, tot ‘n einde sal kom. Ja, ook die skepping is

aan verganklikheid onderworpe. Ook die skepping hoop vir ‘n

beter bestemming. Die feit is dat God die skepping geskep het

met die doel om Hom te verheerlik. Let maar op hoe dit

daagliks om jou gebeur. Luister hoe ‘n voëltjie sy lied sing -

elke keer asof dit sy laaste keer is. Hoe ‘n boom in die natuur

sy prag vertoon, met oorgawe vir sy Skepper en vir elkeen wat

dit wil raaksien. Dit is hoekom ons so naby aan God voel in die

natuur. Die skepping kan nie anders nie, dit doen waarvoor dit

geskep is. Maar ons kan anders, ons het ‘n keuse gekry deur

dieselfde Skepper. God het ons aangestel om die aarde te be-

werk en te bewaar. Ons mag dit gebruik om daarvan te leef,

maar met ‘n verantwoordbaarheid aan ons Skepper en op ‘n

manier wat Hom eer sal aandoen. Ons moet bely dat die mens

in die algemeen glad nie goed gevaar het nie. Dat geldgierigheid

en sogenaamde ontwikkeling sy tol geëis het en daagliks eis, tot

so ‘n mate dat as ons nie drasties aanpas nie, die mens besig is

om sy eie vernietiging te bewerk. Daar is drie uiters belangrike

verhoudings waarin ons leef: God drie-enig, ons medemens en

die natuur. God roep jou en my om reg te maak, dringend reg te

maak, en ons kan elkeen iets doen, al is dit klein.

Dink na en praat met God en mekaar oor waar

ons vir Vader ‘n verskil kan maak, om jou

voetspoor in die natuur sagter te maak. Ja, selfs

uit te wis. Om op te bou en deel van die oplos-

sing te word. Sondag

25 Februarie gaan ons

hieroor besin. Michiel

18 FEBRUARIE 2018

HARTLIK WELKOM!

Toe die Kerkvaders die Heidelbergse Kategismus opgestel het om sistematies te beskryf wat ons as Christene glo, het hulle ook oor die kerk nagedink. Hulle het dit soos volg geformuleer: (opgesom)

1. Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk? Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ‘n gemeente vergader en hulle bly beskerm en onderhou. Ek mag glo dat ek daarvan ‘n lewende lid is en vir ewig sal bly.

Dit is waarom ons mekaar broer en suster noem! Ons hoort bymekaar. Ons is gekies om hier te wees. Christus is ons Hoof en Hy beskerm ons vir altyd. Dit is ons enigste troos.

2. Wat verstaan jy onder die gemeenskap van die

heiliges? Dat ons verbind is met Jesus Christus en deel in al sy skatte en gawes. Ons is dus verplig om sy gawes met mekaar te deel om mekaar op te bou en te versorg.

Ons gemeente is bevoorreg om soveel mense met wonderlike gawes te hê. Die uitdaging is om almal se gawes te benut sodat ons beter diens kan lewer. Daaroor praat ons Sondag.

Wees LIG!

AANDDIENS

VANAAND @ 18:00

DS ANTON DUVENHAGE

Page 2: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee gelowiges moet waag. Ons waag om te glo, ons waag met brood en wyn, ons waag om te bid

DINSDAG 20 FEBRUARIE SOPKOMBUIS

WOENSDAG 21 FEBRUARIE 11:00 - 13:00 KLEREKAS

18:00 BYBELSKOOL BY NG HERMANUS Waag dit met die Gees en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere. Ons ontdek die musiek en lied as gawe van God. Ons ontvang die inspirasie. Ons beleef die werking van die Heilige Gees. Notas is beskikbaar. Die lesings sal net 30 minute duur, betyds om te verdaag na die kleiner groepe. Navrae: Clifford by 028 316 4895 of 082 37 55 410.

DONDERDAG 22 FEBRUARIE 09:00 BYBELSKOOL BY NG ONRUS (Konsistorie)

12:00 SPOELKLIPPE OPENING (MIDDAGETE BY SIR ROBERT STANFORD WYNPLAAS - ZESTY RESTAURANT) Koste is R100pp en dit sluit 'n wynproe en middagete in. Persone wat 'n saamry geleentheid soek, kan met Hannetjie of Marietjie skakel. Betaling moet asb voor 21 Feb by Mervian by die kerkkantoor gedoen word. Kontak gerus vir Hannetjie Vosloo 082 452 0780 en Marietjie Siebrits 072 768 5468. (Hulle is die nuwe koördineerders.) ** Stuur ook ‘n boodskap aan hulle indien u deel van die Spoelklippe Whatsapp-groep wil wees en so al die info ontvang.

SONDAG 25 FEBRUARIE 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 32 C)

09:00 EREDIENS: Ds Michiel de Kock gaan voor. Welkom!

18:00 AANDDIENS Belydenis van Geloofaflegging & Nagmaal Ons nooi graag die hele gemeente na hierdie besondere aand waar ons jongmense “Ja” antwoord. Ons bedien ook dan die nagmaal. Kom luister gerus saam na Godstories en God se storie in ons jongmense se lewens. WAARNA KAN ONS UITSIEN?

DIE MOSAÏEK OMGEEGROEP nooi alle belang-stellendes om na ’n praatjie van die OVERBERG ROLSTOEL ASSOSIASIE se projek: LOVE.ability, te kom luister. LOVE.ability is geleë in Hawston en hulle missie is om gestremde persone op te lei in funksionele kunste en handwerk – sodat hulle selfonderhoudende, funksionele individue in hulle gemeenskappe kan wees. Kom kyk gerus ook na 'n uitstalling van hulle produkte soos seep, sproei, keramiek, bekers, mosaïek, papier maché , boekstutte ens. Kom gerus en nooi jou vriende saam.

26 Februarie 2018 by die Dienssentrum 15h00 NAVRAE: Rika Eveleigh 082 679 1312

LYDENSWEKE 14 FEBRUARIE - 25 MAART

Gesels met Vader God en hoor wat Hy van jou vra om in hierdie Lydensweke mee te vas. Dalk moet jy iets prysgee of dalk moet jy juis iets gaan doen. Word gerus stil in Sy teenwoordigheid, en luister. KOM ONS WAAG DIT IN DIE LYDENSWEKE, OM JUIS DALK BIETJIE BUITE JOU GEMAKSONE TE GAAN EN AAN TE MELD VIR DIENS. Ons bid saam met u dat dit ‘n geseënde reis saam sal wees.

Lydenstyd is ‘n periode van 40 dae waarin ons onsself opnuut aan die Here toewy. Ons doen dit met ‘n vrywillige vas soos deur (a) sekere genietinge prys te gee soos byvoorbeeld vleis, tee, koffie, suiker, lekkernye, sekere gewilde TV-programme, laat slaap. (b) Aan die ander kant mag jy eerder sekere dinge opneem soos byvoorbeeld om doelbewustelik uit te reik na mense in nood. ’n Helpende hand is ook ‘n vorm van toewyding. Dit maak ons Christus-gelykvormig. Ons span onsself in om soos Jesus te leef, te praat en te doen,..

Die aantal dae word ontleen aan toe die Here Jesus vir 40 dae in die woestyn toe Hy gevas het en deur die duiwel versoek is (Matt. 4v1-2). Maar omdat ons Sondae nie vas nie (Sondag is immers ‘n feesdag), duur die Lydenstyd eintlik 46 dae (40 lydensdae plus 6 om op te maak vir die 6 Sondae toe ons nie gevas het nie).

ONS GEBED VIR LYDENSTYD Jesus, ons stap saam in U voetspore en ons onthou.

Ons onthou die skare, die gejuig. Ons onthou ‘n draadkroon en ‘n kruis. Ons onthou ‘n graf en stilte. Maar dankie Jesus, dat ons ook die Opstanding kan

onthou en daarin kan LEEF! Dankie vir die reis.

VERKIESING IN MUNISIPALE WYK 13 Ons nooi graag alle inwoners van Onrusrivier & Vermont om

deel te neem aan die munisipale tussenverkiesing. Daar is verskeie kandidate van verskillende partye wat staan vir verkiesing in hierdie wyk. Maak dus seker u laat u STEM hoor.

DATUM: WOENSDAG 21 FEB 2018 WAAR: AMANA OF DE WET SAAL

TYD: 07:00 - 21:00

Page 3: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee gelowiges moet waag. Ons waag om te glo, ons waag met brood en wyn, ons waag om te bid

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Vader, dankie vir elke baksteen, venster en deur wat gebruik is om ʼn bymekaarkomplek te maak, vir ons Christin familie. Dankie dat ons kerk gebou

gegroei het van ʼn Saal, tot ʼn groot gebou om meer Christenfamilie te kan huisves. Here, dankie vir ons Rooitrein en Bybelgroepelokale. Ons Tieners wat bymekaarkom by die kerk met die aanddiens. Hulle is die begin van groei, om die regte geestelike kos te kan kry, die Woord van U.

WEEK 19 - 26 FEB

MAANDAG 19 FEB

Hemelse Vader, dankie vir ons leraars en hulle familie. Dankie dat ons bymekaar kan kom op ʼn

Sondag, om U te kan loof en te prys. Hoe wonderlik is dit nie dat ons die vrymoedigheid het, om as ʼn groot getal lidmate, uit U Woord te kan lees, sonder om vervolg te kan word. Dankie dat ons ʼn persoonlike intieme verhouding met U het.

DINSDAG 20 FEB

Here, ons weet dat ons glad nie op ons eie ʼn Christen kan wees nie. Dankie vir ons mede-

gelowiges in die geestelike huis waarvan U, Jesus Christus die hoeksteen is. Ons dank U vir ons Kerk, ons gehoorsaamheid om U te dien, en die werk te doen teenoor ons naaste. Ons is almal saam in diens van U, Jesus Christus, oral, altyd en in alles.

WOENSDAG 21 FEB

Here Jesus, ons luister na U woord in U Koningshuis. Dankie vir ʼn gebou waar ons

almal U Naam kan loof en prys. Dat ons kan luister na U stem. Help ons om ander se behoeftes raak te sien en te luister wanneer daar met ons gepraat word. Vader, leer ons om versigtig te wees met ons gebed, dit moet nie net uit ons mond kom nie, maar uit ons hart.

DONDERDAG 22 FEB

GEBED

ONS WAAG HIERDIE WEEK ...

… OM TE DIEN! Jesus, U het ons kom leer hoe om

waarlik om te gee, U liefde met mense rondom ons te deel. Help ons om ook te WAAG om deel te word van U span in Onrusgemeente en ‘n verskil te maak in die gemeenskap.

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Johan Spies, Thea Kruger, Letitia Immelman, Marie Mostert, Linda du Preez, Krappies Carstens, Lynette Crafford

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS

Ben Solomon, Francois van der Merwe (Sarika Uys se kleinseun in Vincent Palotti), Carel Roux, Loudine Bronkhorst, Frans Snyders

SIEKTE / SORGEENHEID / VERSWAK

Rupert & Joan Mizon, Francois Goosen, Fanie Schmidt Flick du Toit, Hanlie Chambers – wag op lewer- en nieroorplanting (Ina & Rassie Erasmus se dogter) Pauli & Duifie Theunissen, Ina Bezuidenhout, Hennie Davies, Louis Scholtz, Tonie du Toit

Hemelse Vader, ons loof en dank U vir die liefde en vrede in ons Kerk. Here, ons moet nog so baie leer,

wys vir ons die lig en laat ons die engellied hoor in versoenende woorde tussen gewone mense. Vergewe ons waar ons ander seermaak, op tone trap, en nie ʼn wag voor ons mond sit nie. Leer ons om altyd afhanklik in gebed met U te wees.

VRYDAG 23 FEB

GEBEDSKLIPPE (MAALRUIMTE)

Ons nooi u graag om deel te word van ons Uitreik-Gebed. Kom neem gerus ‘n klippie met ‘n naam op in die mandjies in die maalruimte.

Kontak die persoon en vra waarvoor u spesifiek kan bid. Daar is ook

sekere sake / geleenthede / aksies waarvoor u kan bid.

Ons daag u uit om vir 2018 te WAAG MET

GEBED en deel te word van God se span hier in

Onrusgemeente. Welkom!

FOTO’S ONDER: Met die begin van die Lydensweke het ons aan die voete van Drie Kruise stilgeword. Ds Michiel deel kosbare woorde van Genade uit die Lewende Woord - woorde van vergifnis, lewe en liefde - meer as wat ons kan verstaan. En dan ‘n kruis van palmtakas en olyfolie op die voorkop. En toe kom die sagte reën op ons almal en ons voel Vader se seën tasbaar. Aan God al die eer!

As-Woensdagdiens by die Drie Kruise op 14 Feb

Page 4: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee gelowiges moet waag. Ons waag om te glo, ons waag met brood en wyn, ons waag om te bid

HAARKAPPER: Een van die bedieninge by die dienssentrum is ons eie haarkapper. Kontak vir Ester by 081 453 8130 om u hare mooi te maak, te sny, te kleur, te knip, rollers in te draai, te "perm". Sy maak

mens baie mooi. Sy vra verskillende pryse vir lede en nie-lede. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

KLINIEK: Sr. Calitz is ons verpleegsuster. Sy het 'n kliniek by die dienssentrum op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Sy is bereid om bloeddruk te neem, suikermetings te doen en inspuitings toe te dien en om u vrae te probeer beantwoord. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u haar wil spreek. 'n Kliniekbesoek se koste is slegs R20 vir lede.

NAALDWERK OM 9H30: 'n Verdere bediening by die dienssentrum is Marlene Burger wat ons help met klere verstel. Nie almal van ons is goed met naaldwerk nie. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Dinsdagoggend en bespreek die verstellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is.

SITKAMER OM 10H00: Ons begin met inkleur vir volwassenes. Kom kleur saam in, bring u eie inkleurpotlode en inkleurprente of kom net en ons sal voorsien.

VOETE EN HANDE: Ons is bevoorreg om by die dienssentrum vir Marilyn Prinsloo te sien wat die voete- en handeversorging doen. Dit is haar passie! Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n

afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

TRIMGIM: Ons is bevoorreg om by die dienssentrum 'n bio-kinetikus te sien wat opgelei is om die regte oefeninge vir bejaardes met hulle gesondheidsprobleme te doen. Mathilda Roos sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgim-fooie is R45 per maand vir lede van die dienssentrum en R60 vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

SITKAMER OM 10H30: DIE BOEKKLUB. Ons Dienssentrum het

besluit om sy eie boekklub te stig. Die naam daarvan is "Die Boekklub". Enige persoon wat 'n boek gelees het en dit graag wil voordra aan die groep is meer as welkom om Joan/Hannie by 028 316 1745 te kontak en jou naam en die boek se naam te gee sodat dit op die program aangedui kan word. Almal - oud of jonk - is wel-kom. Die luisteraars is meer as welkom om te sit en brei of om ander handwerk te doen of om net te sit en luister. Dr. Hoepie Howell gaan 'n boek voordra en bespreek met die groep. Terwyl sy dit doen gaan die res van die groep of net luister of besig wees om aan ons Sokkie-projek te werk of enige ander handwerk te sit en doen.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

DINSDAG 20 FEB

WOENSDAG 21 FEB

DONDERDAG 22 FEB

KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 23 FEB 09:00 - 11:30

Wat 'n voorreg om 'n wonderlike teetuin hier by die Dienssentrum te kom geniet. Daar is lekker geselskap, nuwe vriende word gemaak en ons ontmoet ook nuwe lidmate. Kom drink tee/

koffie en 'n eetding teen R30 (spesiale prys van R20 vir lede). 'n Ekstra (2de) koppie koffie gaan u slegs R5 kos. Dit is voorwaar die lekkerste eetgoed in Hermanus. U word bedien deur die vriendelikste kelnerinne in die dorp. Loer in by die kombuis en ontmoet die vriendelikste mense agter die tee/koffiekanne en die skoonmakers. Nooi u verjaardaggroepe/Selgroepe/Bybelstudie-groepe en kom drink saam. Kontak vir Siska Conradie by 082 762 2732 om te bespreek vir groot groepe. As u betrokke wil raak by die maak van eetgoed vir die teetuin of om Vrydae by die teetuin te help - ons soek altyd vrywilligers. Kontak vir Siska en meld aan! U hulp sal opreg waardeer word.

*** VERDERE GROOT NUUS *** Maak jy graag self geskenke soos inkopiesakke, speldeboekies, pot-pourri-sakkies en nog baie meer? Wil jy 'n ekstra inkomste ver-dien? Kom kuier saam met Mattie Swart (076 522 5669) op Woensdag, 28 Februarie 2018, in

die sit-kamer om 10h00 en leer saam.

Almal baie welkom!

FILMKLUB DONDERDAG 22 FEB @ 15:00 (KONSISTORIE) Die Filmklub is weer oop!! Kom geniet pragtige films op

‘n BAIE groot skerm met goeie klank. Slegs donasies. Navrae: Ina Erasmus 082 508 7608

ALMAL WELKOM!

Page 5: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee gelowiges moet waag. Ons waag om te glo, ons waag met brood en wyn, ons waag om te bid

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM: Ons het 'n pragtige Dienssentrum langs

die kerk. Die Dienssentrum soek lede wat wil aansluit. Kom betaal u lidmaatskapsfooi en word deel van hierdie wonderlike plek wat deur die genade van Vader vir ons daar gestel is. Ledegeld vir 2018 is betaalbaar teen 1 Maart. Dit is R600 vir 'n egpaar en R400 vir 'n individu. Kyk na die program en sien waar u, as lid, orals goedkoper be-dien word. Om lid te word moet 'n mens ongelukkig die jong ouderdom van 60 jaar wees - dan begin die lewe mos eers! Die Dienssentrum is oop vanaf Dinsdae tot Vrydae van 9h30 – 12h30. Dienssentrum telefoonnommer: 028 316 1745.

Ons het nog ander bedieninge/dienste wat deur die Dienssentrum aangebied word:

VERSORGING VAN BEJAARDE: Indien u bekommerd is oor u bejaarde familielid/eggenote se versorging kontak vir Sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 (Maandae tot Vrydae vanaf 8h00 - 13h00). Sy kom doen 'n tuisbesoek en vind uit wat u behoeftes is. Dan probeer sy om 'n versorger (huishoudster) te vind wat by u behoeftes pas. Dit neem ongeveer 48 uur om so iemand te vind. Sr. Calitz doen ook weekliks 'n tuisbesoek by die gesin waar daar 'n versorger is.

KREATIEWE SPAN: Wat doen die kreatiewe span: Ons kom sekere Dinsdae om 10h00 (kyk die program in die Hartklop) byme-kaar. Ons doen enige vorm van kreatiwiteit. Ons is bereid om te leer en wag net vir mense wat vir ons wil kom leer van enige vorm van kuns/handwerk. Ons gaan ook betrokke wees by die brei van sokkies vir Huis Lettie Theron en Sofca se inwoners. U is welkom om te kom brei wanneer ons kreatiewe span bymekeer kom.

KOSDEMONSTRASIE een maal per kwartaal op 'n Dinsdagoggend om 10h30. Hou die program dop.

SPELETJIES: Die eerste Donderdag van elke maand om 10h00. Ons het nou 'n nuwe gesin wat vir ons gaan leer hoe om verskil-lende kaartspeletjies te speel. Kom speel saam!

VOLGENDE UITSTAPPIE: 13 Maart na Honingklip teen R40 per persoon. Hou program in Hartklop dop vir verdere inligting.

PRAATJIES OP DINSDAE OM 10H00: Ons probeer ook na aktuele onderwerpe/praatjies by die Dienssentrum luister. Hierdie kwartaal klim ons saam met mense op 'n vliegtuig en gaan besoek verskillende plekke in die wêreld wat hulle besoek het en waar hulle ook gebly en gewerk het. Indien u dalk so iets gedoen het, kontak asseblief vir Joan/Hannie by 028 316 1745 sodat ons u naam op ons program kan plaas.

BREIPROJEK: Ons het besluit om hierdie jaar slaapsokkies vir Sofca en Huis Lettie Theron se inwoners te brei. As u weet van 'n persoon wat 'n behoefte het aan slaapsokkies is u meer as welkom om die persoon se naam en besonderhede te gee. Kom Donder-dae na die Boekklub en kom brei saam aan hierdie slaapsokkieprojek. Ons sal sorg vir 'n patroon of indien uself 'n patroon het wat goed werk, bring dit saam. Indien daar mense is wat vir ons wol kan skenk sal dit baie waardeer word. Bring dit asseblief na die Dienssentrum. Indien u nie wol het nie, maar 'n donasie vir die aankoop van wol wil gee, is u ook meer as welkom om dit te doen.

KUNS: Ons wil graag meer van kuns leer by die Dienssentrum. Indien u enige vorm van kuns doen en 'n goeie leermeester is, sal u asseblief vir ons meer van u kuns kom leer en vertel? Kontak vir Joan/Hannie by 028 316 1745 en gee u naam en besonderhede.

GROOT NUUS - na baie navrae oor of ons weer kos sal voorsien by die Dienssentrum het ons besluit om dit te waag en te kyk of daar werklik 'n behoefte is. Op 7 Maart 2018 gaan ons die lekkerste tuisgemaakte (vars) lasagne verkoop teen R45 per houer (17 x 12 x 4 cm). Dit is lasagne vir ongeveer twee persone. Bestel asseblief so gou moontlik by Joan/Hannie by 028 316 1745 tot Dinsdag 6 Maart - ons kan nie laat bestellings aanvaar nie.

FOTO ONDER: Jan-Hendrik Malan wat ons deur 'n toer van die Britse Eilande, Europa en Nieu-Seeland ge-neem het. Dit was baie interessant en het ons onder andere 'n kykie gegee in hulle werk- en leeftyd oorsee.

FOTO BO: Ma en dogter het ‘n laaste koppie koffie saam kom geniet voor die dogter weer oorsee vertrek het. Kosbare oomblikke!

FOTO ONDER: Die Kolwyntjie Teetuin is weer oop op Vrydagoggende en daar word weer heerlik gekuier. Maak seker jy mis nie die grootste bederf nie (en natuurlik die smullekker koek en koffie/tee). Sien julle Vrydag!!

Page 6: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee gelowiges moet waag. Ons waag om te glo, ons waag met brood en wyn, ons waag om te bid

NOVIS VITA LOFDANSE GROEP “For You Lord, we dance!”

Ons nooi graag enigeen van 8 tot 80 om die Here dmv Lofdanse te dien en ander met die Goeie Nuus

te bedien! Beginners baie welkom!

Ons groepe kom op die volgende tye bymekaar: Woensdagoggende 11h00- 12h00 (Volwassenes)

Sondagoggende na die erediens: (Bybelgroepe Gr 1 tot 6)

Sondagmiddag voor die aanddiens 17h00- 17h45 (Tieners)

Navrae: Veronica Brand 083 751 4319

SOPKOMBUIS BY ONRUSGEMEENTE

Op Dinsdagoggende word daar heerlik sop gekook in ons kombuis deur ver-skillende spanne (baie dankie dames!!) U is welkom om in te skakel (kyk

gerus in die kalender vir kontakpersone).

Die sop word dan uitgery na verskillende afsetpunte in Zwelihle en Mount Pleasant.

ONS HET ASB DRINGEND SOPRYERS NODIG: Op die oomblik is daar slegs 2 sopryers wat op 'n Dinsdag help om die sop na die 4 punte in Zwelihle en Mount Pleasant te versprei. Dit is slegs een uur van u tyd (ongeveer 11h00 - 12h00) op 'n Dinsdag. Hoe meer mense

daar is hoe minder hoef u te ry. U tel die houers met sop by die kerk op en neem dit na die 4 punte in Zwelihle en Mount Pleasant.

Kontak asseblief vir Andre Van der Berg by 083 246 3872 of Siska Conradie by 082 762 2732.

WAAR KAN EK DIEN?

BIDDERS GESOEK

Ons weet dat Gebed deel is van ons almal se geloofsreis. Daarom het ons die vrymoedigheid

om u almal uit te nooi om by die volgende spesiale

gebedsgeleenthede in te skakel:

Wagters op die Mure: Intersessiegroep wat bid vir Gemeente, Leraars, Personeel, Kerkraad en

Bedieninge.

By Skole: Ons bid vir ons jongmense by die skole self. Ons bid ook vir die onderwysers en

skoolhoofde.

By die Polisie op Maandagoggende: Ons vat hande met ons Polisie.

Elke 4de Donderdagmiddag vir Vroue by VGK Mount Pleasant: Ons vat hande met ons susters

in geloof.

Bidders vir Spesiale Persone (bv. Leraars, Perso-neel, Kerkraad, Leiers in ons Gemeenskap): Ons

bou verhoudings met mekaar en kan dan so spe-sifiek en doelgerig bid.

Gebed vir Spesiale Projekte / Plekke

bv Paasfees, Pinkster, ‘n Jeuguitreik ens.

Bid saam in die Gebedskamer @ 08:30 voor die erediens op ‘n Sondagoggend vir die diens en die

leraars.

Indien u graag meer wil weet of Vader se roepstem hoor, kontak asb vir Karin

by die kerkkantoor. Baie dankie!!

ONS WAAG OM TE DIEN? BASAAR 28 APRIL 2018 SAMEROEPERS GESOEK: Ons is op soek na ‘n nuwe span wat kan voorvat. Gaan luister gerus na Vader, dit is dalk presies waar HY u nodig het hierdie jaar.

SPANLEIERS EN WERKERS (HULP) VIR AL DIE VERSKEIE STALLETJIES GESOEK Daar is soveel heerlike stalletjies en ons nooi u graag om deel te word van die Feesspan. Ons verwelkom ook graag nuwe idees, nuwe stalletjies - kom bring asb u energie, idees - ons luister graag. Kom WAAG bietjie! Hierdie is ‘n kosbare tyd in ons gemeente, dis feestelik en ons werk heerlik saam in ‘n span. Kontak gerus die kerkkantoor indien u meer inligting verlang of wil kom aanmeld.

BEDIENINGE EREDIENSBEDIENING

Ons het baie hulp nodig!! Gasvryheidmense, Parkeer-

mense, Spanleiers, Erediens-werkers (Dankoffers / Nagmaal),

Simboliekspan, Blommespan. Kontak asb die Kerkkantoor.

WAT IS JOU GAWE / PASSIE?

Kyk gerus agter in die gemeentekalender na al die verskeie bedieninge.

Hoor by Vader en kom meld aan en leef jou gawe uit in SY diens.

Welkom!

SPYSENIERINGSPAN (Mans & Vroue)

Ons wil graag weer ‘n kosmaakspan op die been bring (of in die kombuis?)

Het u die liefde, gawe en passie vir kosmaak?

Ons het u baie nodig!!

Kom meld asb aan

by die kerkkantoor en word deel van

die “LEKKER” span.

KOEKSISTERS TE KOOP: 6 MAART 2018

Ons bak Koeksisters op Dinsdag, 6 Maart vir ons Dienssentrum asook om fondse te genereer vir koeksister

bestanddele vir die Basaar. U kan die Koeksisters afhaal op Dinsdag, 6 Maart om 10:30 by die Maalruimte.

Koeksisters sal ook te koop wees by ons Dienssentrum se markie op Vrydag,

9 Maart vanaf 09:00. Koste: R30 per dosyn

Bespreek asb. by Ria Niemann voor

5 Maart: Sel 082 971 8257

WAT KAN U AL BRING VIR DIE BASAAR?

Ons is reeds besig om bymekaar te maak. Gaan loer gerus bietjie deur die motorhuis, op u boekrakke, in die bokse - sonder u bydraes en

spanwerk kan (en wil) ons nie. Ons het veral die volgende nodig:

Boeke, CD’s, DVD’s, legkaarte, speelgoed. En natuurlik ...

Wit olifant items (groot en klein). Bring dit asb na die kerkkantoor.

Ons het stoorplek, ons sal dit baie graag van u hande afneem.

Baie, baie dankie!!

Page 7: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee gelowiges moet waag. Ons waag om te glo, ons waag met brood en wyn, ons waag om te bid

Engeltjieprojek

ONDERSTEUNINGSGROEP: U word vriendelik uitgenooi na ons

ondersteuningsgroep vir almal wat aan Spierdistrofie, MNS, MS, Parkinsons, Alzheimer en Demensie ly. Ons vol-gende byeenkoms van die jaar is op

Dinsdag, 6 Maart 2018 @ 11h00 in die sitkamer van die Dienssentrum. Vic Hamilton-Attwell gaan by hierdie geleentheid 'n CD speel wat handel

oor Alzheimers.

REMEDIËRING EN

SPRAAKTERAPIE: As daar afgetrede remediërende onderwysers en spraakterapeute

is wat bereid is om gratis dienste te verskaf kontak asseblief vir Erika (Maatskaplike Werker) by 028 316 3115 of laat 'n whatsapp boodskap

by 079 322 0998.

KLEUTERSKOLE WAT ONRUSGEMEENTE ONDERSTEUN Die ondersteuning by Duifies En Kuifies Kleuterskool, sowel as Little Fishes Bewaar-skool gaan voort in 2018. Enige belangstellendes is welkom om ons te kontak. Om mee af te skop moet ons dringend ‘n vorm vir Vergunnings verbruik vir Duifies En Kuifies voltooi om by die Overstrand Munisipaliteit in te dien. Enige persoon wat oor die kennis of gewilligheid beskik om ons hiermee te help, sal dit baie waardeer word. Meer belangrik is gebed dat bogenoemde aksie sal slaag. Baie dankie vir u voorbid-ding. Ons daag u ook graag uit om te WAAG hierdie jaar - kom kuier gerus by enige van die skooltjies en kom sien self die kosbare werk wat daar gedoen word. Kom as individu of groep - hierdie kinders het ons liefde en ondersteuning baie nodig!

Marlien: 083 321 7760 Maret : 083 316 6525

Ons is baie opgewonde om weer die Engeltjieprojek bekend te stel. Dit is waar ons “Engeltjies” nooi (enige persoon) wat ons 80-plussers bietjie besoek, omgee en Jesus-liefde uitdra. Heelwat van hulle is nie in ‘n Aftree-oord nie, en hulle vereensaam by hul huise. Ons het ‘n lys van by die 300 mense wat wag vir ‘n Engeltjie!!

WAT BEHELS DIT? U ontvang ‘n naam van ons koördineerders, Kontak die persoon en reël ‘n afspraak. U besoek daardie vrou/man en luister ook watter behoeftes hulle het. Dalk net ‘n koffie/tee besoek nou en dan, of ‘n bederf met hul verjaarsdag, of ‘n lekker saamkuier in die dorp. HOE KAN EK AANMELD? Marietjie en Brenda sal vir die volgende paar Sondae by die Nagmaaltafel wees na die diens. Kom gee gerus u naam. Daar sal ook ‘n naamlys beskikbaar wees by die kerkkantoor en by die Dienssentrum. KOM WAAG DIT - KOM MAAK ‘N VERSKIL IN ‘N BEJAARDE SE LEWE! NAVRAE: MARIETJIE LE ROUX (083 455 1455) BRENDA STRAUSS (071 895 1070)

KOSPAKKIEPROJEK

Baie dankie aan al die gemeentelede wat hierdie maand reeds hul produkte gegee het. Dit het ‘n baie welkome hupstoot gegee vir die leë rakke en ons hoef dus min-der produkte aan te koop. Ons gee tans kospakkies aan 9 gesinne per maand en dan is daar ook altyd noodpakkies wat gegee word aan persone wat skielik sonder kos en finansies is.

Meeste van die produkte op ons paklys kos nie meer as R20, wat binne die meeste van ons lidmate se vermoë is. By voorbaat baie dankie vir u bydraes.

INDIEN U NIE SEKER IS WATTER PRODUK U KAN BRING NIE, KYK GERUS AGTER IN U GEMEENTEKALENDER BY DIE WYKE. BAIE DANKIE!

Lidmate is ook baie welkom om maan-deliks ‘n finansiële bydrae te maak /

inbetaal (EFT) spesifiek vir hierdie doel. Die gemeente se bankbesonder-

hede is op die agterblad. Verwysing asb: Kospakkies

Baie dankie!!

Ronelle van Zyl (072 288 1439)

Page 8: JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop · Ons fokus hierdie kwartaal op alles waarmee gelowiges moet waag. Ons waag om te glo, ons waag met brood en wyn, ons waag om te bid

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar op die Hartklop

[email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Baie dankie vir ons Hartklopborg wat die druk van die Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën vir jou.

Lewensvreugdefees 11 Feb Aan God al die eer!