jv-nuushtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/jv-nuus15.pdf · stuur cv na [email protected] voor...

11
1 MOSIES Mnr. Cobus Malan het Maandag, 14 Mei verjaar en Mnr. Erich Broodrijk verjaar Vrydag, 18 Mei. Baie geluk! POSTE BESKIKBAAR Daar is ‘n Onderwys Assistentpos beskikbaar vanaf 1 Junie 2018, sowel as ‘n Engelse EAT aflospos vanaf 17 Julie tot 16 November 2018. Stuur CV na [email protected] voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue medaljes vir hengel nadat hy vier Junior SA-rekords verbeter in die hengel vêrgooi dissipline. Hy is tans die Junior SA- rekordhouer vir alle afstande in die vêrgooi dissipline. Baie geluk! LANDLOOP Landloopatlete oefen Maandae direk na skool in die gym en Dinsdae en Donderdae vanaf 15:00 16:00 voor die pawiljoen. JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 15/2018

Upload: others

Post on 02-Jun-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

1

MOSIES

Mnr. Cobus Malan het Maandag, 14 Mei verjaar en Mnr. Erich Broodrijk verjaar

Vrydag, 18 Mei. Baie geluk!

POSTE BESKIKBAAR

Daar is ‘n Onderwys Assistentpos beskikbaar vanaf 1 Junie 2018, sowel as ‘n

Engelse EAT aflospos vanaf 17 Julie tot 16 November 2018.

Stuur CV na [email protected] voor 21 Mei 2018.

RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI

BUITESPORT

Jaco Groenewald verwerf vier goue medaljes vir hengel nadat hy vier Junior

SA-rekords verbeter in die hengel vêrgooi dissipline. Hy is tans die Junior SA-

rekordhouer vir alle afstande in die vêrgooi dissipline. Baie geluk!

LANDLOOP

Landloopatlete oefen Maandae direk na skool in die gym en Dinsdae en Donderdae

vanaf 15:00 – 16:00 voor die pawiljoen.

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No 15/2018

/2017

Page 2: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

2

VOORLOPIGE EKSAMENROOSTER – JUNIE 2018

DATUM GRAAD 8 GRAAD 9 GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12

Maandag

28 Mei

SKOOL SKOOL LOR (2) SKOOL SKOOL

Dinsdag

29 Mei

SKOOL SKOOL SKOOL LOR (2) SKOOL

Woensdag

30 Mei

SKOOL SKOOL LW (2½) SKOOL LOR (2)

Vrydag

1 Junie

IGO (2) ENG V4 (1½)

Literature

WISK V1 (1)

T.WISK V1 (1)

FW V1 (3)

T.WET V1 (3)

FW V1 (3)

T.WET V1 (3)

Maandag

4 Junie

TEG (1) LOR (1) WISK V2 (1)

T.WISK V2 (1)

FW V2 (3) FW V2 (3)

T.WET V2 (3)

Dinsdag

5 Junie

WISK V1 (1½) WISK V1 (1) AFR V2 (2½)

Letterkunde

AFR V2 (2½)

Letterkunde

Woensdag

6 Junie

AFR V2 (2)

Begrip, Taal, Letk

ENG FAL V2 (2) AFR V2 (2)

Letterkunde

IGO V1 (2) TEG (3)

Donderdag

7 Junie

ENG V2 (2)

Vrydag

8 Junie

SK (2) NW (2) FW V1 (2) WISK V1 (2)

T.WISK V1 (2)

IGO V1 (3)

Maandag

11 Junie

LOR (1) AFR V4 (1½)

Letterkunde

FW V2 (2)

T.WET (2)

WISK V2 (2)

T.WISK V2 (2)

AFR V1 (2)

Taal

IT-

PRAKTIES(3) Dinsdag

12 Junie

EBW (2) AFR V1 (2)

Taal

ENG V2 (2)

Literature

Woendag

13 Junie

NW (1½) SW (2) ENG V2 (2)

Literature

IGO V2 (2) ENG V1 (2)

Donderdag

14 Junie

WISK V2 (2) IT-PRAKTIES (2) IT-TEORIE (3)

Vrydag

15 Junie

EBW (1½) TEG (1) IGO (3) AFR V1 (2)

Taal

WISK V1 (3)

T.WISK V1 (3)

Maandag

18 Junie

WISK V2 (1½) IGO (2) TEG (3) WISK V2 (3)

T.WISK V2 (3)

Dinsdag

19 Junie

IT-PRAKTIES (3) IGO V2 (3)

IT-TEORIE (2)

Woensdag

20 Junie

ENG V2 (2)

Comp. Lang, Lit

SK (2) ENG V1 (2)

Language

IT-TEORIE (3)

Donderdag

21 Junie

Vrydag

22 Junie

SW (2) AFR V2 (2)

Begrip, Taal

ENG V1 (2)

Language

TEG (3) IGO V3 PAT (3)

Page 3: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

3

Hier is die voorlopige eksamenrooster vir die Junie-eksamen. Datums is onderhewig

aan veranderinge indien die Departement ons so in kennis stel. Ouers sal betyds

ingelig word.

SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS

Siekte-eksamen / -toetsrëelings het so toegeneem dat dit haas onmoontlik geraak

het om dit te hanteer. Dankie aan die ouers wat die rëeling getrou gevolg het en

die werk makliker gemaak het.

Die bestuur het egter besluit om die rëeling te verander om die logistiek in

terme daarvan te verbeter. Rëelings werk vanaf 24 Julie 2017 as volg:

1. ‘n Leerder wat met ‘n wettige rede afwesig was dien die stawende dokumente

bv ‘n doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke vakonderwyser in. Die

vakonderwyser sal dan vir die leerder ‘n punt bereken met in ag neming van die

leerder se punte wat hy/sy reeds behaal het in vorige opdragte asook die

gemiddelde persentasie wat die graadgroep vir die bepaalde opdrag

(waartydens die leerder afwesig was) behaal het.

NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE eksamen/toets

wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat oorskryf, indien die

vakonderwyser die leerder se kennis in terme van bepaalde werk wil toets.

2. Indien die leerder nie binne ‘n week na die afwesigheid die dokumente indien

nie sal die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry.

3. Bogenoemde rëelings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke

klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie.

4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir

‘n bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook

aan dissiplinêre aksies onderwerp word.

Ons vertrou dat bogenoemde rëelings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou.

Indien daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer

as welkom om me Dowd enige tyd by die skool te skakel.

WERKSGELEENTHEID

Pos beskikbaar vir’ n seun/dogter met ‘n meganiese agtergrond, Moet graad 12 hê

en tussen die ouderdom van 18 tot 23 jaar wees.

Pos behels onderdele en toebehore verkope.

Moet eie vervoer hê. Moet Afrikaans en Engels spreekend wees.

Kontak Ruan Botha by 012 335 2800 of e-pos [email protected].

GRAPJAS

Onnie: Koos het ek nie vir ou gesê om agter in die ry te gaan staan nie?

Koos: “Ja juffrou, maar daar staan al klaar iemand daar!”

Page 4: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

4

BERGFIETS

Die JV’s het baie goed gery in

Vereeniging, maar ons het ongelukkig

nog nie die amptelike uitslae ontvang

nie.

RUGBY

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is vir die AVS-rugbyspanne:

o/14 Noord-Transvaal-Wes:

Hendre Marais, Damian Cloete, Derick Smidt en Rickerdt du Toit.

o/14 Noord-Transvaal-Noord:

Markus van der Merwe, Elih Holder, Wihan Basson en Shaye Lewis.

Page 5: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

5

SKOOLHEKKE

Reëlings i.v.m. veiligheid by skool.

Oop- en toesluit van hekke soggens:

Boonste hek (hek 6):

Word soggens 6:00 oopgesluit. Slegs leerders met wettige lisensies sal met hul

voertuie/motorfietse op die terrein toegelaat word! Geen ouers met voertuie

word toegelaat om deur die hek die terrein binne te kom nie.

7:30 word hek gesluit. Vanaf 7:00 tot 7:30 sal daar toesig wees by die fietsloods.

Voetgangers kan die hek gebruik as hy oop is.

Oos-hek (hek 2):

Mnr. Theuns Smith maak die hek 7:00 oop en weer 7:30 toe. Voetgangers kan die

hek gebruik as hy oop is. Geen ouers met voertuie word toegelaat om deur die

hek die terrein binne te kom nie.

Klein hekkie (hek 9):

Toe soggens a.g.v. geen toesig.

Wes-hek (hek 1):

Voetgangers gebruik die hek tussen 6:00 en 7:30. Wag staan buite huisie en

kontroleer toegang tot skoolterrein.

Oop- en toesluit van hekke tydens skoolure:

(Vanaf kwartaal 2, 2018)

Besoekers meld by kleinhekkie aan en sal via ‘n interkom en videogesprek meld wat

die doel van hulle besoek is. Daarna sal hul toegang tot die skool hê maar moet

weereens eers aanmeld by kantoor. Indien daar nie ‘n afspraak met ‘n betrokke

persoon gemaak is nie, sal toegang geweier word totdat die afspraak via die

algemene kantoor gemaak en bevestig is.

Oop- en toesluit van hekke na skool:

Boonste hek (hek 6):

Hek en fietsloods word 13:55 oopgesluit. Geen persone kom nou in die terrein in nie.

Motors en fietse verlaat terrein. Hek word 14:30 gesluit. Toesig by fietsloods tot

15:00. Leerders moet dan fietse neem na hulle aktiwiteit of die fiets op eie risiko op

die terrein los.

Oos-hek (hek 2):

Hek word 13:55 opgemaak deur wag en weer om 14:30 toegemaak. Geen voertuie

mag by die hek inkom nie.

Klein hekkie (hek 9):

Hekkie word 13:55 oopgesluit en weer 14:30 toegesluit.

Wes-hek (hek1):

Geen toegang of uitgang tussen 13:55 en 14:15.

Page 6: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

6

Enige persoon wat na-ure die skool wil betree, moet ‘n geldige toegangsbewys

hê of inteken. Ouers wag buite vir leerders. Met uitsondering kan ouers die

perseel betree indien hulle ingeteken het.

SPORT OEFENTYE

TUINRUBRIEK

Straatkatte en ander katte

Katte leef buitenshuis vir duisende jare en hulle in ‘n natuurlike

deel van enige landskap. Hulle is al die jare deel van die balans

van die ekologie en versteur nie die balans van ander diere in so

‘n mate dat hulle die uitsterf van sekere spesies veroorsaak nie.

Rondloperkatte is oppertunistiese eters (jagters) en sal enigiets eet wat maklik

verkrygbaar is.

In die moderne samelewing, maar ook vanaf die bestaan van die stedelike mens, is

menslike kos (afval) amper altyd hul bron van voedsel. Rondeloperkatte soek en eet

die oorskiet van die mens wat hulle onoordeelkundig agterlaat.

Studies in Brooklyn Amerika het bewys dat die meeste katte daar afhanklik is van die

oorskietkos van die inwoners eerder as van die natuurlike prooi of van kos voorsien

deur kat-omgee groepe. Die studie het ook bewys dat die mens meer as driemaal die

hoeveelheid afval skep as wat daar katte is.

Dekades van studies oor rondloperkatte het bewys dat wanneer katte sou jag, hulle

verkies om knaagdiere te jag. Hulle verkies om hule prooi in te wag eerder as om

agter dit aan te hardloop.

Page 7: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

7

Bewerings dat katte die voëlpopulasies uitroei is vêr van die waarheid as jy katte

bestudeer. Hul kanse op sukses by voëls is swak want voëls sien hul maklik raak ek

kan rats wegvlieg. Die kans om afvalkos te kry is groot in ons moderne beskawing en

dus ‘n makliker alternatief.

Katte speel ‘n komplekse rol in die ekologie van enige omgewing. Om summier van

hulle ontslae te raak kan katastrofiese gevolge hê vir die geballanseerde eko-sisteem

van ‘n omgewing omdat dit die balans tussen prooi en jagter verwyder.

Die skaal tip dan oor na die ander kant en rotte vreet alles en rig groot skade aan

landerye, voertuie, huise, geboue, ens. Hierdie stelling is ook bewys toe al die katte

op ‘n eiland, wat as ‘n probleem gesien is, van die eiland verwyder is met die doel om

die voëls te beskerm. Die gevolg was dat die rotte wat toe oorgeneem het al die

voëls opgevreet het en die bestuur noodgedwonge weer katte moes terugbring na

die eiland.

Katte maak ‘n baie belangrike deel van die samelewing uit, die belangrikste is egter

dat hulle getaal beheer moet word en daarom is dit noodsaaklik dat katte

gesteriliseer word om te verhoed dat hulle ‘n probleem word.

Lees gerus meer hieroor by: www.alleycat.org/CatHistory en

www.alleycat.org/VacuumEffectScience.

Skoolkatte: Ons het ook ‘n klompie katte op die skoolterrein wat ons help om die

rotte onder beheer te hou. Enige bydrae vir katkos word geweldig hoog op prys

gestel!

VERVOER

Cecile Scholtz (SkolierXpress) kan help met vervoer van en na die skool

vanaf die Sinoville-omgewing. Kontak haar gerus by 0609626380.

Dream Shuttle het ‘n shuttlediens in die Mootarea. Kontak vir Maryna Nigrini

by 072 280 5333.

Page 8: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

8

Kobus Horn kan help met vervoer in die Mootarea. Kontak hom gerus by

063 979 7910.

Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid in die middag van die

skool na Nico Smit en 26ste laan, kontak Annemarie by 061 279 4082.

Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Die Wilgers,

kontak asb vir Letitia by 082 755 9626 of [email protected].

FONDSINSAMELINGS

Total

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-

straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry

‘n gedeelte terug.

Total Totiusdal. Gebruik u MySchool-kaart wanneer u brandstof ingooi by Total

Totiusdal.

My School

Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n

persentasie en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na

www.myschool.co.za of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n

aansoekvorm by die algemene kantoor kom afhaal.

Makro

Daar is twee opsies:

1. Indien u nie ‘n makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te

bekom.

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die

skool ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm

van ‘n rabat.

2. Indien u wel ‘n makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek

dat die kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir

alle aankope wat u by Makro maak, die rabat ontvang.

Blits Elektries

Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle dit kan aanteken; die skool ontvang krediet. PnP

Die PicknPay Waverley hou weer ‘n kompetisie waarin die deelnemende

skole geld kan wen. Ondersteun ons asseblief deur u strokie in die houer

gemerk HTS John Vorster, te gooi.

Page 9: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

9

STRESONTLAAIER

Page 10: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

10

ADVERTENSIES

Gr 12 Winterskool

25 - 28 Junie 2018

NBT Voorbereiding

Page 11: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/05/JV-Nuus15.pdf · Stuur CV na adowd@htsjv.co.za voor 21 Mei 2018. RUGBY @ WONDERBOOM 19 MEI BUITESPORT Jaco Groenewald verwerf vier goue

11