k silwerdoek - frontline.org.za · report, 15 april 1996). die gemiddelde kind wat tv kyk, het 240...

3
Silwerdoek W ie die media beheer, beheer die kultuur.” Dr Ted Baehr. “Wie die woord definieer, definieer die wêreld.” John Locke. “Die pen is magtiger as die swaard.” William Shakespeare. Die gemiddelde kind sien tussen 15 000 en 30 000 uur televisie in gemiddelde huishoudings met televisie voordat hy/sy die skool verlaat! (Nielsen Medianavorsing 1995). Gedurende dieselfde tyd sal die gemiddelde kind ongeveer 11 000 tot 16 000 uur in die skool spandeer en minder as 2 000 uur gehalte-interaksietyd met hul ouers (The Media Wise Family deur Dr Ted Baehr). Baie kinders spandeer reeds voor sesjarige ouderdom meer ure voor die televisie as wat hulle in hul hele lewe met hul pa’s sal spandeer. Vir die meeste jongmense is films meer werklik as die werklikheid self. Films wys jou wát om te doen, hoé en wannéér om dinge te doen; dit wys hoekom jy dit moet doen en sê dan ook nog hoe jy daaromtrent moet voel! Kinders leer van onderwysers ten opsigte van inligting en gedrag, herhaal dan die inligting en gedrag en vergoed dan die akkurate terugvoer van die informasie en/of gedrag. Televisie bied die gedrag aan, maar herhaal en vergoed in ‘n groter mate as wat ouers of onderwysers ooit kan juis omdat dit meer tyd in beslag neem, meer informasie EK’S GAY! EKSKLUSIEF HOE HY MY BROER ONTMOET HET. per minuut weergee en dit is boonop opwindend, vermaaklik en boeiend. Wat bied films en TV aan? WEET JY WAARNA JOU KIND KYK? In ‘n huishouding met TV het die gemiddelde kind ongeveer 800 000 tot 1,5 miljoen geweldsmisdade, wat 192 000 tot 36 000 moorde insluit, gesien wat op TV uitgebeeld word teen die tyd dat hy/sy die skool verlaat. (US News & World Report, 15 April 1996). Die gemiddelde kind wat TV kyk, het 240 000 tot 480 000 seksuele dade of seksverwante dade (soos soen, troeteling, voorspel en geslagsgemeenskap) gesien teen die tyd dat hy/sy 17 jaar oud is. (Dit sluit nie seks of seksverwante dade in wat in enige ander mediavorm belig word nie.) Voorhuwelikse seks en owerspel op TV oorskadu huwelikseks met agt teen een (Media Navorsingsentrum). Selde, indien ooit, word gewys hoe mediakarakters die gevolge van hul dade moet dra. Die heldin raak selde swanger en die owerspeliges kry selde herpes, gonorree, sifilis, VIGS, of enige ander seksueel-oordraagbare siekte. UITBUITENDE MORALITEITSDIEET Dr Ted Baehr het in ‘The Media-Wise Family’ sommige van die tragiese gevolge van hierdie onverantwoordelike en uit- buitende immoraliteitsdieet en geweld gedokumenteer: Eric Smith (13) wat gek was na Stephen King-verhale en wat gruwelike gevegsflieks gekyk het, het die vier jaar oue Derick Robie in die bos ingelok, sy kop met klippe pap gekap en die dooie seuntjie gesodomiseer. Scott Edward May, ‘n sewentienjarige wat ‘n obsessie met gevegsflieks, die okkulte en heavy metal-musiek gehad het, het ‘n meisie op hul heel eerste afspraak aangeval. Toe sy haar oë vir die goeienagsoen toemaak, het hy haar met ‘n skerp voorwerp gesteek, net soos in die fliek, ‘The Cutting Edge’, wat hulle pas gesien het. May het die polisie vertel dat hy sedert sy kinderjare ‘n drang gehad het om iemand dood te maak. “Ek hou baie van messe…ek gaan fliek baie. Baie mense word in films met messe gesteek. Ek het regtig baie van ‘Texas Chainsaw Massacre’ gehou. Baie mense is in die fliek met messe gesteek.” Vyftienjarige Jason Le- wis het sy ouers vermoor. Die polisie het uitgevind dat hy Satan aanbid en, saam met vriende, ‘n plan geformuleer het om al hul ouers te vermoor en om die landswye moordjol van Oliver Stone se ‘Natural Born Killers’ na te boots. Nadat hy gearresteer is MEISIES MET RONDINGS GLANSSTORIE Selde, indien ooit, word gewys hoe mediakarakters die gevolge van hul dade moet dra. Vir die meeste jongmense is films meer werklik as die werklikheid self. Films wys jou wát om te doen, hoé en wánneer om dinge te doen; dit wys hoekom jy dit moet doen en sê dan ook nog hoe jy daaromtrent moet voel! Die Psige, Sedes en die SILWERDOEK Wees ingelig. Onderskei. Telkens wanneer jy ‘n fliekkaartjie koop of ‘n video koop of huur, stem jy inderwaarheid. Maak seker dat jy in gesinsvriendelike, Godvererende films belê. — deur Peter Hammond 18 JUIG! TYDSKRIF »

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: k SilwerDoek - frontline.org.za · Report, 15 April 1996). Die gemiddelde kind wat TV kyk, het 240 000 tot 480 000 seksuele dade of seksverwante dade (soos soen, troeteling, voorspel

SilwerdoekW ie die media beheer, beheer die

kultuur.” Dr Ted Baehr. “Wie die woord definieer, definieer die

wêreld.” John Locke. “Die pen is magtiger as die swaard.” William Shakespeare.

Die gemiddelde kind sien tussen 15 000 en 30 000 uur televisie in gemiddelde huishoudings met televisie voordat hy/sy die skool verlaat! (Nielsen Medianavorsing 1995). Gedurende dieselfde tyd sal die gemiddelde kind ongeveer 11 000 tot 16 000 uur in die skool spandeer en minder

as 2 000 uur gehalte-interaksietyd met hul ouers (The Media Wise Family deur Dr Ted Baehr). Baie kinders spandeer reeds voor sesjarige ouderdom meer ure voor die televisie as wat hulle in hul hele lewe met hul pa’s sal spandeer.

Vir die meeste jongmense is films meer werklik as die werklikheid self. Films wys jou wát om te doen, hoé en wannéér om dinge te doen; dit wys hoekom jy dit moet doen en sê dan ook nog hoe jy daaromtrent moet voel! Kinders leer van onderwysers ten opsigte van inligting en gedrag, herhaal dan die inligting en gedrag en vergoed dan die akkurate terugvoer van die informasie en/of gedrag. Televisie bied die gedrag aan, maar herhaal en vergoed in ‘n groter mate as wat ouers of onderwysers ooit kan juis omdat dit meer tyd in beslag neem, meer informasie

EK’S GAY!

EKSKLUSIEF

HOE HYMY BROER ONTMOET

HET.

per minuut weergee en dit is boonop opwindend, vermaaklik en boeiend. Wat bied films en TV aan?

WEET JY WAARNA JOU KIND KYK?In ‘n huishouding met TV het die gemiddelde kind ongeveer 800 000 tot 1,5 miljoen geweldsmisdade, wat 192 000 tot 36 000 moorde insluit, gesien wat op TV uitgebeeld word teen die tyd dat hy/sy die skool verlaat. (US News & World Report, 15 April 1996).

Die gemiddelde kind wat TV kyk, het 240 000 tot 480 000 seksuele dade of seksverwante dade (soos soen, troeteling, voorspel en geslagsgemeenskap) gesien teen die tyd dat hy/sy 17 jaar oud is. (Dit sluit nie seks of seksverwante dade in wat in enige ander mediavorm belig word nie.) Voorhuwelikse seks en owerspel op TV oorskadu huwelikseks met agt teen een (Media Navorsingsentrum). Selde, indien ooit, word gewys hoe mediakarakters die gevolge van hul dade moet dra. Die heldin raak selde swanger en die owerspeliges kry selde herpes, gonorree, sifilis, VIGS, of enige ander seksueel-oordraagbare siekte.

UITBUITENDE MORALITEITSDIEETDr Ted Baehr het in ‘The Media-Wise Family’ sommige van die tragiese gevolge van hierdie onverantwoordelike en uit-buitende immoraliteitsdieet en geweld

gedokumenteer: Eric Smith (13) wat gek was na Stephen King-verhale en wat gruwelike gevegsflieks gekyk het, het die vier jaar oue Derick Robie in die bos ingelok, sy kop met klippe pap gekap en die dooie seuntjie gesodomiseer.

Scott Edward May, ‘n sewentienjarige wat ‘n obsessie met gevegsflieks, die okkulte en heavy metal-musiek gehad het, het ‘n meisie op hul heel eerste afspraak aangeval. Toe sy haar oë vir die goeienagsoen toemaak, het hy haar met ‘n skerp voorwerp gesteek, net soos in die fliek, ‘The Cutting Edge’, wat hulle pas gesien het. May het die polisie vertel dat hy sedert sy kinderjare ‘n drang gehad het om iemand dood te maak. “Ek hou baie van messe…ek gaan fliek baie. Baie mense word in films met messe gesteek. Ek het regtig baie van ‘Texas Chainsaw Massacre’ gehou. Baie mense is in die fliek met messe gesteek.”

Vyftienjarige Jason Le-wis het sy ouers vermoor. Die polisie het uitgevind dat hy Satan aanbid en, saam met vriende, ‘n plan geformuleer het om al hul ouers te vermoor en om die landswye moordjol van Oliver Stone se ‘Natural Born Killers’ na te boots. Nadat hy gearresteer is

MEISIESMET RONDINGS

G L A N S S TO R I E

Selde, indien ooit, word gewys hoe mediakarakters die gevolge van hul dade moet dra.

Vir die meeste jongmense is films meer werklik as die werklikheid self. Films wys jou wát om te doen, hoé en wánneer om dinge te doen; dit wys hoekom jy dit moet doen en sê dan ook nog hoe jy daaromtrent moet voel!

Die Psige, Sedes en die

SilwerDoek

Wees ingelig. Onderskei. Telkens wanneer jy ‘n fliekkaartjie koop of ‘n video koop of huur, stem jy inderwaarheid. Maak seker dat jy in gesinsvriendelike, Godvererende films belê.

— deur Peter Hammond

18 JUIG! TydskrIf

»

Page 2: k SilwerDoek - frontline.org.za · Report, 15 April 1996). Die gemiddelde kind wat TV kyk, het 240 000 tot 480 000 seksuele dade of seksverwante dade (soos soen, troeteling, voorspel

vir die moord op ‘n twee en tagtigjarige ou man, het Christopher Smith (18) vir die TV–kameras geskree: “I’m a natural born killer!” – natuurlik die woorde van akteur Woody Harrelson in die fliek ‘Natural Born Killers’.

SILWERDOEKINVLOEDIn dieselfde week as wat die fliek ‘Silence of the Lambs’ die toekenning as die beste film gewen het, het ‘n jongman sy gestremde ma onthoof en geskree: “I’m Hannibal, the Cannibal!” toe hy weggelei is deur die polisie (Associated Press, 26 Maart 1993).

Nadat ‘n dertienjarige seun ‘Jungle Fever’ gekyk het, het hy sy agtjarige niggie verkrag. Dr Robert Kubey het in sy ‘Media Use and its Implications’ genoem dat die hoofboodskap van die media die volgende is: Materialisme; Vir alles is daar ‘n kitsoplossing; Jonk is beter; Geweld is aanvaarbaar; Seks is net buite die huwelik genotvol; Geloof is onaanvaarbaar. Navorsing het aangedui

dat persone ouer as 40 ongeveer ses flieks per jaar gaan kyk (meestal gesinsflieks). Tieners, daarenteen, gaan kyk gemiddeld na 50 flieks per jaar (80% daarvan het ‘n ouderdomsbeperking).

Tieners kyk verder egter na nog 50 flieks op video (Teenage Research Institute, Wheaton, IL). Dit sluit nie uitsendings op televisie, videospeletjies, rekenaarspeletjies, CD’s, strokies, tydskrifte en die Internet in nie. Musiektelevisie (MTV), by sommige huise per sateliet beskikbaar, is verreweg die slegste media vir tieners. MTV beeldsend gemiddeld 1500 seksuele dade of verwysings na seksuele dade per uur! (US NEWS and World Report).

GEWELDSFILMSNiemand anders as Ted Turner (CNN) nie, het verklaar: “…everything we’re exposed to influences us… Those violent films influence us, and the TV programmes influence us. The weaker your family is, the

G L A N S S TO R I E

20 JUIG! TydskrIf

Hollywood-rolmodelle vir die jeug vandag.

more they influence you… The problems with families in our cities are catastrophic but when you put violent programmes before people who haven’t had a lot of love in their lives, who are angry anyway, it’s like pouring gasoline on the fire.” (Los Angeles Times, 3/4/1994).

MASSAMEDIA-INVLOEDMeer as 3 000 psigiatriese, psigologiese, mediese, pediatriese en sosiologiese studies het die effek van die massamedia op gedrag bestudeer. Hierdie invloed is nou as onweerlegbaar gedokumenteer. (Media Wise Family).

Dit is baie traumaties vir jong kinders om aan seks blootgestel te word deur eksplisiete tydskrifte, flieks of videos. Die instroming van pornografiese materiaal in Suid-Afrika hang baie nou saam met die toename van seksuele misdaad wat verkragting insluit. Een regter wat op meer as 1 000 seksuele kindermishandelingsake moes uitspraak lewer, het gevind dat almal, behalwe een, pornografie ingesluit het. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat pornografie die verleidingsproses aangeblaas en aangehelp en tot molestering gelei het. (‘Report on the Use of Pornography by Sexual Offenders’, Report to the Federal Department of Justice, Canada). Sonder pornografie sou die molestering nie plaasgevind het of volvoer kon word nie.

Die skakel tussen pornografie en prostitusie is ook al herhaaldelik bewys. (‘Youth Prostitution in Child Sex Rings’ Report). In Suid-Afrika, egter, het slegs die ACDP nog altyd teen alle vorme van pornografie gestem.

KRUHEIDSoos Marilyn Monroe gemymer het: “Hollywood is a place where they will pay you $10 000 for a kiss and fifty cents for your soul!” Gregory Peck het gesê: “Generally, my characters were dignified and brave men who did their duty stoically. Today the heroes are the anti-heroes of yesterday. They’re motivated by hatred, greed and violence. They are rude, vulgar, ill-educated and incapable of making an effort because they are totally selfish and devoid morals.” (The Cognac Film Festival, 1996).

Waarom is so baie films vulgêr en kru? Studies het bevind dat minder as 7% mense vloek terwyl hulle werk en slegs 12% tydens hul vrye tyd. Tog wil baie Hollywood-draaiboekskrywers ons laat glo dat normale mense hierdie verskriklike vuil taal op ‘n daaglikse basis in daaglikse gesprekke gebruik. Die

20 JUIG! TydskrIf

SilwerdoekDie Psige, Sedes en die

SilwerDoek

»

Sy droom is om teologie te studeer...

... hy weet ons kan dit laat gebeur!

Tel: +27 11 234 4440 Faks: +27 11 234 [email protected] www.satsonline.org

Posbus 258 Rivonia 2128

By die Onderwysdepartement geregistreer as ‘n Hoër Privaatinstelling onder die Hoër Onderwyswet,1997. Registrasiessertifikaat no:2001/HEO8/005

Alle kursusse in Engels

Page 3: k SilwerDoek - frontline.org.za · Report, 15 April 1996). Die gemiddelde kind wat TV kyk, het 240 000 tot 480 000 seksuele dade of seksverwante dade (soos soen, troeteling, voorspel

G L A N S S TO R I E

DR PETER HAMMOND is `n sendeling wat `n pionier was op sendinguitreike deur Mosambiek, Angola en Soedan. Vir meer inligting, skakel 021 689 4480 of kyk www.frontline.org.za

MAAK SKERM SKOON!1. Dit is belangrik dat jy sal erken dat

immorele, gewelddadige, okkulte en heidense films, videos, TV-films, tydskrifte en rekenaarspeletjies ‘n ernstige bedreiging vir die ontwikkeling van ons kinders is.

2. Doen opleeswerk oor die Bybelse kwessies en die werklike geskiedenis sodat jy die misleiding in die media sal herken. Lees: ‘The Media-Wise Family’ deur dr Ted Baehr. Skryf ook in op die ‘Movieguide’, 2510-G Las Posas Road 502, Camarillo, CA93010 USA. Besoek ook www.movieguide.org

3. Kry video-dokumentêre films wat jou familie, vriende en gemeente sal wakkermaak oor die vele gevare in baie van die films: ‘Hollywood vs Religion’; ‘Learn to discern’; ‘Hells Bells’; ‘The Media-Wise Family’ en ‘Death by Entertainment’.

4. Kies wat jy kyk. Neem beheer oor van dit wat jou kinders se gedagtes vul en vorm. Herontdek die vreugde van ‘n goeie boek. Kry weer jou prioriteite in orde. Skuif films en videos laer af op die aktiwiteitslys – na oefening, stap, lofprysing, kameraadskap, evangelisasie en diens.

5. Weier om jou tyd of geld op immorele, anti-Christelike films te vermors, maar

kies eerder om goeie gehaltefilms wat God eer, te kyk, soos Ben Hur, The Robe, The Ten Commandments, Chariots of Fire, The Prince Of Egypt, en Gods and Generals. “Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” Fil. 4:8.

6. Bid vir wysheid (Jak. 1:5) en onderskeiding (Spr. 3:21) Leer om krities te dink. Leer jou kinders Goddelike onderskeiding. Bespreek die film, karakters en boodskap in die lig van die Skrif:

• Wie is die held?• Wie is die skurk?• Wat is die basiese boodskap van die film?• Hoe word die familie uitgebeeld?• Hoe word die Kerk uitgebeeld?• Hoe word liefde uitgebeeld?• Hoe waar is die film?• Hoe word konflik in die film hanteer en opgelos?• Wat is die wêreldbeskouing in die film?• Sal dit jou verleë laat voel om die

film in jou ouers/ jou kinders/ of Jesus se teenwoordigheid te kyk?

• Wat sou jy anders doen as jy die hoofkarakter was?

Neem standpunt in ten gunste van Goderende vermaak en maak jou stem dik ten opsigte van Godslastering, degraderende en eksploiterende produksies. Skryf aan, of skakel, produsente, regisseurs, draaiboekskrywers van films sowel as TV-produksies (Fliekgidse publiseer gewoonlik hierdie besonderhede saam met die filmgegewens). Maak seker dat jy die goeie dinge prys, maar die slegte dinge aan die kaak stel en kapsie maak daarteen.

bekende Marksistiese professor, Marcuse van Sorbonne, het vuil taal as ‘n wapen teen die bourgeois–gemeenskap van die tyd gepropageer. Hy het dan ook die meeste van die prominente en bekende kommunistiese rewolusionêre van ons tyd geïnspireer. Selfs Jane Fonda het onder hom studeer. (Media- Wise Family).

ONBETROUBAARDaar kan nie slegs op ouderdomsbe-perkings staatgemaak word as betroubare gids nie. Selfs die ‘alle ouderdomme’-gesinsflieks kan ‘n anti-Christelike bood-skap bevat. In ‘n blatante verdraaiing van die geskiedenis, het Disney die storie van Pocahontas so geplooi dat die ‘Nuwe Era-heidendom’ bevorder word. Die rede waarom Pocahontas so bekend is, is omdat sy die eerste Indiaan is wat haar tot die Christendom bekeer het en in Noord-Amerika gedoop is. Nie dat enigiemand wat die Disney-film gesien het, dit sou weet nie. Baie Disney-tekenprente is vol heksery, duiwels, waarsêers, toordery, geeste en kabouters, maar daar word feitlik niks van God genoem nie. As daar sprake is van gebed, dan is dit nie tot God nie, maar tot ‘n “wish upon a star!”.

22 JUIG! TydskrIf

WAT IS DIE OPLOSSING?

WEN!Frontline Fellowship gee 3 kopieë van Reforming our Families deur Peter en

Leonora Hammond weg. Stuur inligting aan: Posbus 2990, Somerset-Wes. 7130 of [email protected]