kalahari bulletin upington 18 julie 2013
DESCRIPTION
Kalahari bulletin upington 18 julie 2013TRANSCRIPT
-
Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Danilskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg
18 JULIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS TEL. 0543313482
Upington
KALAHARI BULLETIN vier vandag sy splinternuwe mobisite en herontwerpte webtuiste. Lees op bl. 3 van die
nuwighede en hoe jy lekker pryse kan wen met die nuwe mobi-site.
DIE Orange River Cellars 2012
Wit Muskadel is pas in die
jaarlikse Muscat du Monde-kom-
petisie as een van die toptien
muskaatwyne ter wreld
aangewys.
Di kompetisie is die wreld
se voorste kompetisie vir
muskaatwyne wat jaarliks in
Frankryk gehou word.
Die Orange River Cellars se
wit muskadel het 230 ander
inskrywings van 24 lande
uitgestof om sy plek onder die
toptien muskaatwyne los te
slaan.
Daarby is die Orange River
Cellars een van slegs twee
Suid-Afrikaanse wyne wat n
goue medalje in di kompetisie
kon wen.
Koos Visser, bemarkingsbe-
stuurder van die Orange River
Cellars, s dit is werklik n riem
onder die hart om te sien een
van die wreld se mees afgele
wynstreke kan in die kollig
staan.
Ons l 900 km van die
Kaapse wynlande af en nog veel
verder van die Franse wynkom-
petisie se uitblinkers.
Dit is dus n geweldige eer vir
ons om internasionale erken-
ning te kry deur onder die
top-muskaatwyne van Frankryk,
Spanje, Portugal en ander
bekende wynlande gereken te
word.
Die wenwyn is n versnit van
wyne afkomstig van vier van
die vyf kelders, naamlik Uping-
ton, Keimoes, Kakamas en
Groblershoop, en is nou in die
mark beskikbaar.
Volgens Visser is dit die
standaard- wit muskadel.
Wat goed genoeg vir die
publiek en ons muskadel-liefheb-
bers is, is onskynlik goed
genoeg vir die internasionale
beoordelaars van die Muscat du
Monde.
Visser s voorts: Hoewel die
Orange River Cellars deesdae
ook op die produksie van
natuurlike tafelwyne soos
chenin blanc, pinotage, merlot,
tanat, cabernet sauvignon,
shiraz en chardonnay fokus, bly
ons vanwe die klimaat wat
vrugtegeure verseker, getrou
aan die produksie van gefortifi-
seerde wyne van topgehalte.
Ons wit muskadel is vir
geslagte Suid-Afrikaners wat
deur Upington na die Kalahari-
jagvelde reis sinoniem met hul
uitstappies.
Dit is dus goeie nuus dat die
jagters oor die jare heen sulke
goeie smaak vir goue wyne
gehad het.
) Die Orange River Cellars se
rooi muskadel was op die
Suid-Afrikaanse muskadel-eerbe-
wysgeleentheid die algehele
wenner en sy wit muskadel het
n goue medalje losgeslaan.
) Sien op bl. 3 hoe jy met
Kalahari Bulletin se nuwe mobi
site n kis van di wen- wit
muskadel kan wen.
Groot eer vir kelder
Sy wit muskadel een van die toptien in die wreld
DIE Orange River Cellars 2012 Wit
Muskadel is as een van die toptien
muskaatwyne in die jaarlikse Mus
cats du Mondekompetisie in Fran
kryk aangewys. Van links is Koos
Visser (bemarkingsbestuurder) en
Chris Venter (produksiebestuur
der: wyn) wat n glasie van die
goudkleurige wenner klink.
Foto: Lizette Slabber
-
2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
3/20
W-5
2/19
S-5
3/21
N)-5
VANDAG vier die hele wreld
saammet Suid-Afrika NelsonMan-
dela-dag.
Di dag het in 2010 sy oorsprong
gekry toe die algemene vergade-
ring vandieVerenigdeNasies (VN)
Mandela se verjaardag, 18 Julie, ge-
kies het om n dag aan menseregte,
konflikoplossing en versoening te
wy.
Mandela-dag is begin om mense
te inspireer om die waardes van
demokrasie aan te gryp en omby
te dra tot die ideale om n reg-
verdige en billike gemeenskap te
verseker.
Mense word aangemoedig om 67
minute van hul tyd af te staan om
n gekose liefdadigheidsprojek te
ondersteun of om hul plaaslike ge-
meenskap in die 67 minute te dien.
Di 67 minute simboliseer die 67
jaar wat Mandela opgeoffer het om
van Suid-Afrika n beter land te
maak.
Vanjaar word Mandela 95 jaar
oud en die tema vir 2013 isNeemak-
sie, inspireer verandering en maak
elke dag n Mandela-dag.
EEN van die perfekte maniere om
vandag jou 67 minute vir Madiba te
gee is om bloed te gaan skenk.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale
Bloeddiens (SANBD)wil diepubliek
aanmoedig om van vandag af meer
by bloedskenking betrokke te raak.
Die bloedvoorraad is nou op n
kritieke vlak en insameling is ook
laag weens die skoolvakansies en
koue winter.
Daar is slegs 1,7 dae se voorraad
beskikbaar, wat aansienlik minder
is as die vyf dae voorraad wat beno-
dig word om te verseker dat daar
aan die land se behoeftes aan veilige
bloed voldoen.
Die SANBD moet daagliks 3 000
eenhede bloed insamel en sedert die
begin van die wintervakansie word
die doelwit nie bereik nie.
Hy vra dat die publiek elke dag as
Mandela-dag sal beskou en gereelde
bloedskenkers sal word.
Een mens se bloed kan tot drie le-
wens red en skenkers kan elke 56
dae in plaas van slegs een dag per
jaar n verskil maak.
Skenkers se bloed is noodsaaklik
om te help om die lewe te verander
van di wat op bloedoortappings
staatmaak om te oorleef.
Om te skenk moet jy tussen 16 en
65 jaaroudwees,meeras 50kgweeg,
goeie gesondheid h en n veilige
seksuele leefstyl lei.
Elke dagMandela-dag
Staan tyd
af vir
Madiba
DIE Laerskool Sentraal op Kakamas wou graag eer aan Nelson Mandela bring en hom sterkte met sy siekte toewens en bid dat hy spoedig
sal herstel. Hy word vir sy positiewe ingesteldheid en naasteliefde wat hy sy lewe deur aan almal in SuidAfrika betoon het, vereer. Hier wens
die leerlingraad hom alle sterkte toe. Van links is, voor: Kyla Swiegers, Shania Koortzen, Niel Becker, Mea Swart, Juline van Zyl en Jeanne
Dykman; middel: Leyellen Lodewyk, Micke Engelbrecht, Carmi Victor en Franco Rossouw; agter: Mik Bothma en Nina Ackerman. Foto: Verskaf
Bidvirspoedigeherstel
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013 3
Nico Gous
DIE Kalahari Bulletin gaan van vandag af sy
digitale voetspoor vergroot en nuus op n op-
windende interaktiewe manier aan lesers
bied.
Van vandag het die Kalahari Bulletin sy eie
mobi site om smeer lesers te bereik en seker
temaakdat hulle hul eksemplaar onder o kry
selfs al is hulle aan die beweeg.
Alle plaaslike media verbonde aan Volks-
blad kry eersdaags nmobi site en dieKalaha-
ri Bulletin sn is nou beskikbaar.
Mobi sites, kort virmobile sites, is spesifiek
vir jou selfoon geskep.Wanneer jy dieKalaha-
riBulletinaanlynmet jouselfoonbesoek, isdie
teks te klein, n? Waarom?
Wat jy sien, is die webwerf gebou vir jou re-
kenaarskerm wat op daardie ou skermpie in-
gedruk word. Mobi-sites pas die inhoud vir
jouselfoonskermaanenbied joudiebeste lees-
ervaring. Jou gemeenskap en sy nuus is van
vandag af in jou sak.
Hoe nou gemaak?
Die stappe bly presies dieselfde:
)Maak jou foon se webblaaier oop.
) Tik in kalaharibulletin.mobi.
)Voila!
Wees n burgerjoernalis
Droom jy daarvan om n joernalis te word?
Nou is jou kans. Kalahari Bulletin is een van
Volksblad se plaaslike koerante wat vandees-
week n nuwe blaadjie omgeslaan het met n
nuwewebontwerpwat jou die kans bied om n
burgerjoernalis (citizen journalist) te word.
Met die nuwe ontwerp kan lesers hulle gratis
registreer om fotos, videos, geleenthede,
nuuswenke, misdaadvoorvalle, ensomeer, te
laai.
Jy het o en orewaar ons nie altyd kanwees
nie. Jy weet wat lesers se harte vinniger sal
laat klop. Ons het nie genoeg plek in die ge-
drukte koerant omelkeweek alles te plaaswat
in die gemeenskap gebeur nie. Aan die web is
daar egter geen einde nie.
Al jou gemeenskapsnuus is steeds beskik-
baarmet fotos, videos,meningspeilings enso-
meer. Met die nuwe ontwerp verskyn die sto-
rie wat laaste gelaai is eerste. Jy sal nie hoef
te soekvir dienuutstenuusuit joukontrei nie.
Soek jy eiendom? Wil jy huur of koop? Die
nuwe webontwerp bevat n eiendomsafdeling
waar jy nwoonplekkie in jou gebied kan soek.
Di verandering kom saammet die bekend-
stelling van die Kalahari Bulletin se mobi site
wat jou toegang tot jou koerant op jou selfoon
gee. Besoek die nuwe webwerf vandag by
http://www.kalaharibulletin.co.za/ of op jou
foon by kalaharibulletin.mobi.
Bulletin bied
nou nogmeer
GAAN na kalaharibulletin.mobi om van van
dag jou koerant op jou selfoon te lees.
OM die nuwe mobi site van die Kala-
hari Bulletin te vier begin die koerant
vandag n lekker kompetisie met sy
nuwe mobi site.
En om dinge nog lekkerder te maak
is daar n besonderse kompetisie vir
elkeen van ons besonderse uitgawes.
Dus kanmense op Kuruman, Kathu
en Upington elkeen aan hul eie kom-
petisie deelneemenhul eie prysewen.
Mense wat nie op een van di dorpe
woon nie,moet besluit watter prys die
lekkerste lyk en aan daardie streek se
kompetisie deelneem. Vir die mense
van Kathu en Kuruman is daar n ge-
skenkbewys by Buco op Kathu om te
wen, terwyl die mense van Upington
n kis van die Orange River Cellars
2012 Wit Muskadel kan wen wat in
Frankryk as een van die toptien mus-
kaatwyne ter wreld aangewys is.
Om jou te registreer op kalaharibul-
letin.mobi volg die stappe:
1) Kliek Register.
2) Vul jou nodige besonderhede in.
3) Aktiveer jou rekening.
4) Begin lees.
Om jou dan in te skryf vir die kom-
petisie op kalaharibulletin.mobi volg
die stappe:
1) Teken in op jou rekening.
2) Kliek Competitions.
3) Kliek op die kompetisie van jou
streek. Elke streek het sy eie prys en
vraagwat beantwoordmoetword. Die
antwoord op die vraag sal in n berig
in die gedrukte koerant, op die web-
tuiste en op die mobi site wees.
4) Voer die korrekte antwoord in.
5) En hoop vir die beste.
Drie mense sal elkeen n prys wen.
Hou die koerant dop vir die wenners.
Wen
lekker
pryse
Loer in by webwerf
DIE Kalahari Bulletin se webtuiste spog met
n splinternuwe voorkoms en opwindende nu
wighede. Besoek www.kalaharibulletin.co.za
vandag nog. Foto: verskaf
-
4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Riglyne oor
netwerke
SOSIALE netwerke dien as n
platform om sosiale verhoudings
tussen mense te bou. Hulle deel
stokperdjies, aktiwiteite, agter-
gronde en geskiedenis. Dit is ook
n manier vir families wat oor
die wreld heen bly om met
mekaar kontak te behou. Hulle
deel fotos en kan aanlyn met
mekaar kommunikeer. Die
meeste sosiale netwerke is op
die web gegrond.
Facebook is een van hierdie
baie bekende en gewilde sosiale
netwerke. Besighede en organisa-
sies gebruik dit ook om hul
produkte of dienste te adverteer.
Kalahari Bulletin en Volksblad
het ook hul eie unieke bladsye
op Facebook en dit stel belang-
stellendes en lesers in staat om
op die hoogte van nuusgebeure
te bly. Skole gebruik ook
Facebook om aankondigings te
maak aangaande sportgebeure of
leerlinge se prestasies. Dit is ook
n uitstekende manier vir
oud-leerlinge om hul skoolvrien-
de op te spoor.
n Sosiale netwerk het natuur-
lik ook sy nadele en dit kan
allerlei gevare vir mense inhou.
Veral skoolkinders is uiters
kwesbaar en moet deeglik bewus
wees van die gevare wat n
sosiale netwerk kan inhou. Dit is
belangrik dat ouers hierdie
gevare aan hul kinders uitwys.
Hul profiel moet privaat wees en
slegs mense wat hulle ken, mag
van hulle vriendekring op
hierdie sosiale netwerk deel
word. Jong kinders kan ook
verslaaf word aan die verskillen-
de speletjies wat op hierdie
netwerke beskikbaar is. Kinders
moet duidelike riglyne h oor
hoeveel tyd hulle op n sosiale
netwerk mag deurbring.
Hulle moet ook bewus wees
daarvan dat mense hulself
voordoen as vriendelik, maar
eintlik is dit pedofiele wat hul
probeer uitlok na privaat
ontmoetings.
Sien n mens werklik die
regte persoon wat jy dink jy
op Facebook ken? Plaas jou
vriende nie net n klomp mooi
woordjies en prentjies daarop
nie? Is dit die plek om iemand
aan te val? Soveel keer sien n
mens op Facebook dat iemand
noem dat hulle nou moeg is
daarvan om net mooi prentjies
en versies op n vriend se profiel
te lees. Hulle vra dat mense tog
iets van hulself moet deel!
Of die persoon dit gaan doen,
is n ander saak. Daar is n
geneigdheid onder die meeste
mense om n skoon blaadjie
op Facebook voor te hou. Dit is
selde dat iemand regtig die moed
het om sy ware kleure te wys.
En as dit gebeur dat iemand wel
waaghalsig genoeg is om sy s te
s, dan is daar n klomp vriende
wat hul neus daarvoor optrek.
Facebook en ander sosiale
netwerke is n plek vir kuier
saam met jou familie en vriende.
n Plek waar jy jou fotos en
interessante dinge wat jy doen
kan deel.
Wat jy daar skryf, is jou saak.
Boom slinger oom
Schalk Theart
OOR die kroondenneboom op ons
plaas is daar baie stories om te
vertel.
Alles wat hoog was, is so met
die oog gemeet vyftig of honderd
voet. Die waterval by Nieu-
woudtville, die NG kerktoring en
die ou kroondenneboom was
ongeveer honderd voet.
Dennenaalde kon die heerlike
vars water van die weiveld
onbruikbaar maak.
Pa het n plan gesoek, want
een van die boom se takke het
later in die klipkas gehang. Die
fontein kon nie verl word of
toegebou word nie.
Oom Piet, n reus van n mens
en so sterk soos n bees, het
ingewillig om te help.
Ou gebruikte ploegskare het n
lekker skerp punt gehad en gate
waarmee die skaar aan die ploeg
geheg was. Behendig is die
ploegskare so twee trappe uit
mekaar in die boomstam
ingeslaan. n Staaldraad as
vashouplek is deur die gate
geryg. Die staaldraad is met n
dubbelslag in die mik van die
boom vasgemaak.
Oom Piet is met sy bruin
laphoedjie op sy kop en die
treksaag die hoogtes in. Pa en
oom Frikkie het van onder af
alles gade geslaan. Oom Piet het
stadig begin saag aan die reuse-
tak wat omtrent soos n groot
boomstomp gelyk het.
Met die breek van die tak het
die reuse-boom hom orent geruk.
Die grote Piet van Rhyn is soos
n veertjie die lug ingeslinger.
As ek as kind dit moes
aanskou, sou ek net my o
toegedruk het en geglo het niks
ergers kan gebeur nie.
Oom Piet met sy laphoedjie op
sy kop is tussen twee takke wat
oorkruis hang, ingeslinger.
Daar het hy gehang behoorlik
tussen hemel en aarde met die
treksaag nog in sy hand.
Pa en oom Frikkie het dadelik
besef lank sal swaer Piet nie so
kan hang nie. Hy is tien teen
een bewusteloos van die slag
teen sy kop. n Val van daardie
hoogte af kan katastrofies wees.
Dink net wat moet hulle vir sus
Alie vertel. Gelukkig het oom
Piet nie geskree nie, anders sou
sy gehoor het.
Oor hoe Pa en oom Frikkie
teen die boom opgekom het en
oom Piet ongedeerd op die grond
gekry het, het hulle geswyg.
Blykbaar was dit die skok.
Oom Piet het geleef en van sy
kinders oorleef sodat hy sy
kleinkinders leer ken het. As ons
hom uitvra oor die dag het hy
altyd na die ou boom verwys as
die boom van die lewe. Hy het
vas geglo dit is die boom
waarvan in Genesis gelees word
waarvan God verhinder het dat
Adam en Eva eet deur hulle die
duisternis in te jaag.
Ons het oom Piet n sy 80ste
jaar in die familiekerkhof
begrawe.
Die teks was die dag Johannes
11:25: Ek is die opstanding en die
lewe. Wie in My glo, sal lewe al
sterwe hy ook.
Dit is ook oupa Daantjie en
ouma Lettie se grafopskrif.
) Ds. Schalk Theart is n leraar
aan die NG kerk op Danils-
kuil.
Maak verskil met 67min.
Lizette Slabber
VANDAG, 18 Julie, is dit weer Ma-
diba-dag. Die dag waarop die hele
wreld 67 minute van hul tyd aan
hul medemens moet bestee.
Di 67 minute is gekies om die 67
jaar wat oudpresident Nelson Man-
dela aan symedemens geskenk het,
mee te herdenk.
Dis n wonderlike idee, want dit
gebeur so baie dat ons dink ons
moet iets vir iemand of iets of n or-
ganisasie doen, maar as jy jou o
uitvee, het nog n jaar verbygevlieg.
Nou is daar n spesifieke dag waar-
op jy wel iets kan doen.
Daarby is 67 minute regtig nie
verskriklik baie nie, dis slegs sewe
minute langer as een uur en wat is
een uur nou eintlik?
Jy kan nie eens jou hare binne
een uur laat sny en blaas nie en n
lekker stukkoek saammet n vrien-
din in n koffiewinkel neem onge-
veer een uur. As jy al die tye wat jy
agter kinders en hul buitemuurse
aktiwiteite rondry, bymekaar tel,
sal jy by meer as een uur uitkom.
Dit is dus n maklik hanteerbare
tydsduur.
Daarby vra Madiba nie dat jy n
spesifieke organisasie moet oor-
merk nie, jymoet net 67minute van
jou tyd gee. Of jy nou die ou oom af
in die straat help om sy motor te
was en sy gras te sny of 67 kolwyn-
tjies bydie outehuis gaanuitdeel, jy
kan kies. Dis jou 67 minute. Ge-
bruik dit waar jy voel jy dit die
graagste wil aanwend.
En die laaste wonderlike ding
van Madiba-dag is dat dit geen geld
kos nie. Dis nie gee net R2 vir hon-
ger kinders of R100 vir komberse
nie.
Almal kan hul tyd gee, want al-
mal kan een uur afknyp as hulle
regtig wil. Nou wat gaan ekmet my
67minutevirMadibadoen?Omeer-
lik te wees, weet ek nie. Hopelik
teendie tydwatdiekoerantuitkom,
het ek al besluit, want Madiba-dag
vang my altyd onkant.
Ek het altyd in Januarie uitste-
kendeplannewat ekeers op 17Julie
onthou.Endan is dit te laat omalles
georganiseer te kry voor 18 Julie.
Maar soos ek hier sit en tik, het
ek darem nog drie dae om n plan
te maak.
Wat gaan jy doen?Komvertel ons
op Facebook/kbulletin en hou
www.kalaharibulletin.co.za dop
om te sien wat die mense van ons
streek alles gedoen het.
HIERDIE pragtige sonsondergang is op die plaas Rietfontein
naby Kenhardt vasgevang. Foto: Hannetjie Kruger
MEESTER: n Strokiesprent deur Danie Cronj.
DIE Kalahari Bulletin se Face-
book-blad is aan die groei.Met 235
aanhangers is sy digitale teen-
woordigheid stadig maar seker
aan die uitbrei.
Die Kalahari Bulletin se web-
blad het verledeweek n nuwe jas-
sie aangetrek. Die week stel die
Kalahari Bulletin sy mobi site be-
kendwatdie jongstenuusopmen-
se se fone beskikbaar stel.
Volgens Yahoo News het Face-
book teen Maart vanjaar 1,1 mil-
jard aktiewe gebruikers gehad.
Dt maak Facebook die grootste
sosiale netwerk en wanneer n
mens na die opsies van Facebook
kyk, is dit verstaanbaar. Met die
Facebook-blad probeer die koe-
ramt die leser bereik op n sosiale
netwerk waar jy maklik reg-
streeks terugvoer kan gee.
Deur gedagtes, stories en terug-
voer met die koerant te deel, weet
hy wat j wil h. Die persoonlike
verhouding via Facebook laat
mense toe om hul s te s. Sluit
dus aan en neem deel aan die ge-
sprek by https://www.face-
book.com/kbulletin.
Kalahari Bulletin se Facebook-
besoekers s hul s oor die Kala-
hari Bulletin se Kathu-uitgawe:
Marleen Boshoff Zandberg:
Ek hou nie van jul nuwe idee om
ons ou Bulletin te verander nie.
Myrede isdatditvoelasofonsvan
ons buurdorpe afgesny is. Ek bly
nou op Kuruman, maar kom oor-
spronklik van Kathu af. Ek het
ook familie en vriende op Oli-
fantshoek en Upington. Dit was
lekker omnuus van al vier plekke
in een koerant te lees. Daar is nog
mense wat so voel. Nou sal julle
seker s kyk op die internet. Wat
vanmensewat dit nie het nie? Die
Bulletin is die hoogtepunt van ons
week. Hoop julle kan dit weer na
dieoukoerantverandermetal die
omgewing se nuus.
Op die vraag watter grootte
skoen hulle dra, het lesers ges:
Donnagene Jacobs: Interes-
sante vraag. Ek dra n nr. 5 of
nr. 6. (hang af van vervaardiger),
my dogter dra n nr. 6. My jongste
seun dra n nr. 8, my oudste seun
n nr. 9 of nr. 10 (hang af van
skoenbreedte) en laastens dra
Pappa n nr. 11-skoen.
Gerald Harrison: 13 en sukkel
my vrek om te kry.
Bertie Agenbag: n Nr. 10,
maar hy stink al soos n 14.
Lesers s hul s op FB-blad
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013 5
SOOS elke jaar was vanjaar se
Spontaan-sangkompetisie uit die
boonste rakke en is net die beste
talent uit agt verskillende streke
byeengebring.
Die sangkompetisie, aangebied
deur Volksblad se plaaslike
koerante, onder meer die Kalahari
Bulletin, lewer elke jaar groot
pryse vir die wenners en is vir die
gehoor n heerlike geleentheid om
by te woon.
Die Kalahari Bulletin se finalis,
Werner Louw, het teen sewe ander
finaliste om die titel as Spontaan
se wenner vir 2013 meegeding.
Die wenners is Christiaan van
Zyl (wenner; Bethlehem), Chris
Pretorius (tweede; Bloemfontein)
en Eben von Gericke (derde;
Welkom).
Spontaan kry baas
REGS: Kalahari Bul-
letin se finalis, Wer
ner Louw.
LINKS:Werner Louw
saammet die sanger
Charlize Bergwat die
program gelei het.
Foto: Jens Friis
DIE Spontaanwen
ners is van links
Eben von Gericke
(derde, Welkom),
Christiaan van Zyl
(wenner, Bethlehem)
en Chris Pretorius
(tweede, Bloemfon
tein). Foto: Marguerite
Vermeulen
GAAN kyk na videos van die
Spontaanfinaliste se optredes in
die eindronde by
www.kalaharibulletin.co.za
Gaan loer
gerus na
die
Kalahari
Bulletin se
face-
bookblad
-
6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Marietjie Gericke
MENSE hoort die son meer vir energie
in te span en moet nooit meer van die
aarde se hulpbronne in die omgewing
gebruik as wat nodig is nie.
S s prof. Jeffrey Ramsdell, n profes-
sor en direkteur van die Appalachian-
energiesentrum van die Appalachian-
staatsuniversiteit in Amerika,
Hy s geboue en huise moet liefs ook
volgens sekere kodes gebou word om
energiebesparend te wees, aangesien
geboue 40% van die energie van n land
opgebruik.
Verseker volhoubaarheid in die
omgewing sodat genoeg nagelaat kan
word vir die toekomstige bewoners van
die aarde. Gebruik net jou regmatige deel
en niks meer nie.
Ramsdell en sy vrou, prof. Carla
Ramsdell, s energie behoort doeltreffen-
der gebruik te word.
Energie kom in Suid-Afrika meestal
van steenkool, hidrokrag, kernkrag, gas
en olie. Verreweg die meeste van die
Suid-Afrikaanse energie kom van steen-
kool wat ook uitgevoer word. Gas en
olie vir energie word weer ingevoer.
Al die energiebronne beskadig die
omgewing en veroorsaak dat minder
van die pragtige natuur vir die nageslag
behoue bly.
Hy s dit is daarom baie beter om die
son vir energie te gebruik. Dit kan die
direkte son wees wat gebruik kan word
om water op huise se dakke met sonpane-
le te verhit, maar die warmwatertoestel
moet nie op die dak gesit word soos die
meeste Suid-Afrikaners doen nie. Die
toestel moet in die huis wees.
Organiese materiaal wat deur die son
vervaardig is en wat in die grond
begrawe l, kan ook uitgehaal word om
energie te vervaardig. Dit is gister se
son, het Ramsdell ges.
Sy vrou, Carla, het ges: Son is n
goeie geleier. Van die sonlig wat die
aarde tref, word gereflekteer en word
hitte.
Dit laat suurstof deur plante en bome
vry wat in die son gedy, asook ander
gasse wat die aarde warm hou.
Ons gebruik meer van die groen gasse
as wat ons nodig het. Wanneer n lig,
verwarmer of motor weer aangeskakel
word, leef daardie skadelike gasse meer
as 100 jaar in die atmosfeer.
Mense veroorsaak self aardverhitting.
Die vraag is nou hoe bestuur jy die
omgewing om volhoubaarder vir die
nageslag te word.
Die belangrikste is om die baie mense
wat die aarde bewoon te leer om energie
spaarsamig te gebruik. Skakel byvoor-
beeld die lig af as jy die kamer verlaat.
Ramsdell het ges geboue gebruik
sowat 40% van die energie.
Daarom moet, wanneer geboue opgerig
word, dit met sulke materiale gedoen
word dat dit direkte son sal gelei sodat
dit vir almal tot voordeel kan wees.
Materiale soos houtrame en ander wat
goed energie (sonkrag) gelei, kan in mure
gebruik word pleks van bakstene en
sement sodat huise natuurlik deur die
son verhit word.
Die aanbring van glasveselkomberse in
houtrame vir huise en geboue wanneer
dit opgerig word, verseker dat baie
natuurlike hitte gelei word en so word
die aarde beskerm as verwarmers nie
gebruik hoef te word nie.
Nog n manier van bou is met twee lae
bakstene met n gleuf in die middel om
die effek te verkry.
Dit geld ook glas wat so in geboue en
in huise gebruik kan word dat dit in die
winter meehelp om te verhit en in die
somer weer die geboue koeler kan maak,
afhangende van die kante van die huis of
gebou wat hiermee bedek word.
Ramsdell het ges mense moet ook
bedags in kantore en klaskamers eerder
natuurlike lig as die elektriese lig
gebruik. Elektriese lig maak die geboue
warm en dan moet die lugversorger
harder werk om dit te verkoel.
Hy het ook ges hy werk nou met die
Universiteit van die Vrystaat (UV) en die
regering aan n projek vir HOP-huise en
waar n materiaal wat isolering bied bo
die solder gebruik word.
n Mens kan ook met vooraf vervaar-
digde betonpanele huise en geboue bou
wat sal veroorsaak dat die gebou warmer
binne sal wees, veral as polistireen ook
in mure gebruik word.
Die uitdaging is om huise te bou wat
geen energie gebruik nie.
Ramsdell is n materiaal-wetenskaplike
met n MBA-graad en nywerheidsonder-
vinding in navorsing, ontwikkeling en
prosesingenieurswese. Hy is ook n
projekbestuurder.
Ramsdell gee klas in materiaal-weten-
skap en gee bouwetenskapsklasse op
voorgraadse en nagraadse vlak. Hy is ook
n kenner op die gebied van die vervaar-
diging van nuwe energie en hoe om
energie doeltreffend te gebruik, asook
aanverwante sake.
Hy het ook internasionale somer-kur-
susse in Latyns-Amerikaanse lande
ontwikkel met n fokus op konstruksie
en energieproduksie wat volhoubaar
is.
Die vervaardiging van alternatiewe
brandstof vir Noord-Carolina was ook
deel van sy en sy studente se navorsing.
Leef groener en spaar
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013 7
VREEMD soos dit mag klink, is die
beste manier om meer oor jou nu-
we huis uit te vind om die vorige
eienaar te vra. Maar eers nadat jy
die koop-ooreenkoms onderteken
het en die oordragproses begin het.
Braam de Jager, nasionale be-
dryfsbestuurder van Ada Suid-
Afrika, s: Daar is n groot verskil
tussen die koop van n vooraf be-
woonde huis en n splinternuwe
huis wat met talle waarborge ver-
koop word.
Met n nuwe huis, ongeag of jy
dit self laat bou het of klaar gebou
van n ontwikkelaar gekoop het, is
dit relatief maklik om te kyk of alle
toebehore en afwerkings volgens
die aanvanklike spesifikasies aan-
gebring is en dat enige foute regge-
stel is.
In die algemeen sal jy ook ruim
kans kry om uit te vind hoe nuwe
toerusting en toebehorewerk voor-
dat jy intrek.
Maar as jy n vooraf bewoonde
huis koop, kry jy dit gewoonlik in
die toestand waarin dit was toe jy
dit besigtig het en selfs indien dit
n noukeurige inspeksie met vlie-
ende vaandels geslaag het, gaan dit
waarskynlik n paar weke duur
voordat jy weet waar alles is en hoe
dit werk.
Jy kan egter kortpad kies deur
net die agent wat die transaksie ge-
hanteer het, te vra om n oorhandi-
gingsontmoeting met die vorige ei-
enaar te rel op die dag wanneer jy
intrek.
Omdat elke huis eiesoortig is,
sal so n byeenkoms jou die kans
gee om byvoorbeeld uit te vind pre-
sies hoe die alarmstelsel, die swem-
bad- en boorgatpompe, of die tyd-
skakelaar vir die besproeiingstel-
sel werk. Jy sal die vorige eienaar
kan vra waar die watermeter is, of
miskien net watter sleutels pas in
watter slotte, en waar om die buite-
ligte aan te skakel.
Hy s die meeste verkopers sal
heel inskiklik wees veral as jy dit
duidelik stel dat jy nie die ontmoe-
ting as n geleentheid beskou om
fout te vind of om van voor af oor
die prys te kibbel nie.
Dit is waarom die ontmoeting
eers gerel moet word wanneer die
oordragproses aan die gang is.
Vra vorige eienaar vrae oor nuwe huis
-
8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
DIE ATKV-Kalahari-tak op
Kuruman bied elke jaar n
Taalaand vir die gemeenskap
aan. Vanjaar vind dit op 14
Augustus om 18:00 by die
Laerskool Seodin, Kuruman,
plaas.
Die aand behels onder
meer optredes, opvoerings,
sang, musiek, orkes, voorle-
sings, kooroptredes en voor-
dragte. Verder word op die-
selfde dag van 14:00 tot 17:00
n skryfskoolvir slegs 15men-
se deur prof. Hans du Plessis
aangebied.
Die koste hiervan sal later
bekend gemaak word.
Verder nooi die ATKV alle
skole om hom te kontak om
hulle by te staanmetdie voor-
siening van Afrikaans Eerste
en Tweede Taal-sertifikate
vir hul jaarlikse prysuitde-
lingsgeleenthede, veral skole
van Danilskuil, Die Kuil,
Hotazel, Bankgara en
Wrenchville.
Die Kalahari-tak is in Au-
gustus 1999 net n die Kathu-
tak gestig en word deur n
klein, aktiewe groepie mense
bedryf wat probeer om gods-
diens, taal en kultuur onder
alle bevolkingsgroepe aan te
moedig omdat die ATKV se
vooruitgang is om sonder
grense te opereer.
Die tak vergader elke
maand vir geselsies, vleis-
braaiery, musiek en sop-en-
storie-vertel, asook om re-
lings vir die jaarlikse projek-
te te tref en om by bestaande
projekte in die gemeenskap
betrokke te raak.
Belangstellendes in die
skryfskool daar is net 15
plekkeofmensewathulle by
die tak wil aansluit, kan Su-
san Joubert, voorsitter van
die Kalahari-tak, by
0828327226 n 16:00 bedags
of Francisca Einkamerer, on-
dervoorsitter, by
0825732670 bel.
Klub hou
aand
DIE KalahariDemons het na verskeie punte op Kuruman
gery om skenkings in te vorder. Fotos: Verskaf
LEDE van die KlahariDemonsmotorfietsryklub en die DSV.
Ridders tot
DSV se redding
DIE KalahariDemons-motorfietsklub
het Kuruman behoorlik laat gons toe
di groep die publiek om skenkings ten
bate van die Dieresorgvereniging
(DSV) op Kuruman genader het.
Dit is die tweede jaar agtereenvol-
gens dat die Kalahari-Demons die pro-
jek aanpak en nadat hulle met di tog
meer as R14 800 ingesamel het, lyk dit
of dit n jaarlikse instelling gaan word.
Ons het die DSV se nood raakgesien
en besluit ons wil die publiek daarvan
bewusmaak, sHenkVermeulen, pre-
sident van die klub.
Die groep van sowat 52 motorfietsry-
ers vanKurumanendie omliggendege-
biede, het van die Oog af vertrek en by
verskillende punte gestop waar hulle
die publiek genader het.
Ronel deBruyn, voorsitter vanKuru-
man DSV, s dit is wonderlik om te
weet daar is liggamewathulself daarop
toespits om hulle (DSV) by te staan.
Ons gaan die skenking gebruik om
honde- en katkos te koopwat in hierdie
stadiumons grootste behoefte is. Ons is
ontsettend dankbaar vir almal wat
daartoe bygedra het.
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013 9
Andr Botha
NAMAKWALAND se eerste
blomme vir die seisoen het
reeds begin kop uitsteek nadat
vroe ren in die gebied geval
het.
Die verwagting is die blomme
sal teen di week reeds in groot
plate in die streek staan.
Bernard van Lente, bestuur-
der van die Namakwa- Nasiona-
le Park, s goeie, vroe ren het
in Maart en April geval.
n Dro Mei is daarna beleef.
Dit is nie duidelik hoe die
blomme daardeur benvloed sal
word nie.
Dit lyk egter asof die blomme
vroer as gewoonlik is.
Daar is reeds verrassend baie
blomme in die Skilpad-deel van
die park.
Dit is veral oranje madelie-
fies, sporries, surings en piet-
snot wat reeds gesig wys.
Die pad van Garies na Groen-
rivier het heelwat teebossies.
Ons hoop nou vir goeie op-
volgren, het hy ges.
MarcwillWilliams van n gas-
tehuis op Springbok s daar is
al blomme op en om die dorp.
Hy sal mense egter aanraai
om oor n anderhalwe week in
Namakwaland se rigting te
kom kuier om te kom blom-
me kyk.
Dit behoort dan redelik toe-
gepak te wees.
SophiaNiewoudtvan ngaste-
huis op Garies s die afgelope
week kon dag vir dag gesien
word hoe die blomme meer
word.
Lekker sonskyndae word nou
in die streek beleef.
As dit egter nie ren nie, kan
dit n kort seisoen wees.
Blomme steek vroer kop uit
DIE eerste blomme in Namakwaland het reeds hul opwagting gemaak nadat vroe ren in die streek geval het. Di foto is in die Skilpadgebied
in die Namakwa Nasionale Park geneem. Foto: Bernard van Lente
-
10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Anena Burger
WAS dit nie vir die groot harte van Volks-
blad, moederkoerant van die Kalahari Bul-
letin, se lesers nie, was klein Pieter Vaalbooi
(12) seker nog nie begrawe nie.
Pieter se tragiese verhaal het menige le-
ser se hart aangeraak nadat hy op 19 Ju-
nie sy lewe geneem het weens n gebroke
hart n die dood van sy ma en sy bababoe-
tie.
Sy ma, Hannah Vaalbooi, was baie siek en
is weens geboortekomplikasies oorlede.
Haar babaseun, wat op sewemaande prema-
tuur gebore is, is n paar dae later dood.
Pieter kon nie die verlies hanteer nie en
het homself buite sy oupa, Andries Bok, se
huis aan n wasgoedpaal opgehang terwyl sy
grootouers geslaap het.
Die begrafnisse van sy ma en boetie het
die familie finansieel uitgeput en sy oupa,
PetrusVaalbooi, leier van die Khomani-San,
was met sy hande in die hare.
Vaalbooi het R2 000 nodig gehad om Pieter
op hul plaas, Scottys Fort No. 2, by sy ma
te kon begrawe.
Vaalbooi het gister sy opregte dank aan
Volksblad se lesers uitgespreek wat met
meer as R1 000 gehelp het.
Ek is opreg dankbaar. Julle het my hoop
en vertroue in Suid-Afrikaners herstel, het
hy ges.
Dit is n riem onder my hart om te weet
dat mense nog so baie vir die Khomani-San
omgee.
Ek het dit nie verwag nie, het Vaalbooi
met n bewende stem ges.
Hy het ook sy dank teenoor Magrieta Ey-
mann, burgemeester van Mier, en Sylvia
Lucas, Noord-Kaapse premier, uitgespreek.
Hul ondersteuning en hulp het ditmoont-
lik gemaak dat ons Pieter toe op 30 Junie kon
begrawe.
Vaalbooi s hulle kon ongelukkig nie
die springbokke vir die begrafnis kry nie.
Hy s: Die Jirre se genade is groot.
Almal het n handjie bygesit en oupa
Andries Bok kon toe twee slaggoed gee
sodat almal darem ietsie kon eet.
Pieter rus nou by sy mamma.
Hier by ons.
Lesers help
met begrafnis
Elsab Brits
n MENS moet nederig wees wanneer
jy fisikawette uitdaag.
S het sir Richard Noble, hoof van
die Bloodhound-projek, ges.
Ons is die mees ervare land-
spoedrekordspan nog en hou di
rekord al die afgelope 30 jaar, maar dit
maak ons nie selfvoldaan nie. Eintlik
die teenoorgestelde ons weet beter
as enigiemand anders hoe ongelooflik
moeilik dit is, het hy ges.
Andy Green, Britse lugmag-vleuel-
bevelvoerder en sedert 1997 die
houer van die landspoed-wreldre-
Ng n rekordwink
DIT is pas aangekondig die landspoedrekordpoging wat op Hakskeenpan gaan plaasvind,
gaan eers teen middel 2015 aangepak word. Foto: Verskaf
kord van 1 228 km/h, beoog om in die
Bloodhound SSC op Hakskeenpan in die
Noord-Kaap nog n wreldrekord daar te
stel.
Hy wil 16 km in 100 sekondes afl en
hoop om minstens 1 600 km/h te haal en
sodoende n rekord daar te stel.
Volgende jaar wil hulle eers weer deur
die klankgrens bars (1 300 km/h). In 2015
sal hulle die groot een aanpak 1 600
km/h of 1,6 km in net 3,6 sekondes.
Noble het pas aangekondig hulle gaan
die motor teen middel 2015 gereed h.
Daarna sal hulle in die derde kwartaal
van 2015 die rekord kom verbeter.
Die enigste ander voertuie wat al meer
as 1 600 km/h gehaal het, was vegvlieg-
tuie, en hulle neem sowat tien jaar met
behulp van miljarde dollars en duisende
mense om te ontwerp.
Bloodhound se kernspan bestaan uit 34
mense met n begroting van 6 700 keer
minder as di van n vegvliegtuig, het
Noble ges.
Die motor met sy 3 000 afsonderlike
onderdele is reeds in aanbou in die
span se nuwe tegniese sentrum in
Avonmouth, Bristol.
) Die motor sal binne n sekonde oor
vier en n halwe rugbyvelde jaag.
) Dit sal vinniger as n Magnum
.357-rewolwerkoel beweeg.
) Dit sal sy eie lengte (13 m) in
minder as n drie honderdstes van n
sekonde dek.
) Die metaalwiele draai teen 10 000
opm.
) Die ontwerpspoed is 1 689 km/h
(Mach 1,4).
)Intussen is aangekondig die motor-
fiets-landspoedrekord gaan in Septem-
ber 2014 op die Bonneville-soutpan in
Utah met die 52 Express Streamliner
aangedurf word.
James Toseland wil die rekord van
601 km/h tot 640 km/h verbeter, het
JC Classics, wat by die poging betrok-
ke is, ges.
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013 11
DIE Kalahari-kuierfees gaan vanjaar weer
hope pret en vermaak aan al die kinders,
kleuters en kleingoed van Upington in die
Pick n Pay-kindertent bied.
Spektrum-kinderteater gaan vanjaar twee
geliefde sprokies in die kindertent opvoer,
terwyl Mika en haar pop, Lara, weer vanjaar
die kleingoed gaan laat skaterlag met al Lara
se buiksang en buikpraatjies.
Toegang tot die kindertent is vanjaar weer
gratis.
Slegs die ingangsgeld na die Eiland-feester-
rein moet betaal word.
Spektrum-kinderteater is bekend vir sy
vermaaklike produksies wat van hoogstaan-
de gehalte is en al sy opvoerings het n op-
voedkundige grondslag.
Die twee immergroen sprokieswat vanjaar
opgevoer word, is:
Dolf Wolf en die drie varkies
Net soos in die ou verhaal is die drie var-
kies van plan om elkeen hul eie huisie te bou.
Nie net kry die arme drie varkies verskrikli-
ke slegte raad nie, maar Dolf die nare wolf
is ook gou op hul spoor om hul huisies om
te blaas.
Die gehoor gaanmoet help om die drie var-
kies teenDolf se longkapasiteit te beskermen
so te keer dat Dolf van die drie varkies n sap-
pige middagmaal maak.
Hansie en Grietjie
In die groot, wrede bos word arme Hansie
en Grietjie deur hul nare stiefma gelos sodat
hulle nooit ooit weer by die huis kan uitkom
nie.
Wat gaan die arme weeskinders doen?
Gelukkig ontdek hulle n huisie van Smar-
ties, Tinkies en versiersuiker, maar daarin
skuil ook gevaar vir die boetie en sussie.
Di kilojoule-belaaide huisie behoort aan
n heks, maar gelukkig kom help faktotum
Visagie die twee om uit die heks se kloue te
ontsnap en sommer om allerhande nodige
werkies in di towerwreld te doen.
Mika en Lara
Lara is n pop waarmee Mika buiksang
doen, maar Lara sing sommer enigiets net
wanneer sy so voel en verras gereeld die ge-
hoor met haar ongewone sangtegnieke.
Hope pret vir kinders
MIKA en Lara gaan vanjaar weer die kinders
laat skaterlag in die Pick n Paykindertent op
die Eilandfeesterrein. Foto: Verskaf
KOM kyk in die kindertent op die Kalaharikuierfees hoe die drie varkies vir Dolf Wolf ore aansit. Fotos: Verskaf
SPEKTRUMKINDERTEATER gaan vanjaar twee opvoedkundige
produksies in die Pick n Paykindertent opvoer.Hansie en Grietjie ver
tel die eeue oue verhaal met n lekker moderne kinkel. Foto: verskaf
-
12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Snoeityd langs die rivier
DIE son het Saterdagoggend stadig oor di blok hanepoot opgekom.
Oral is boere langs die Oranjerivier besig om wingerde te snoei ter
voorbereiding van die nuwe seisoen. Di blok hanepoot gaan binne
kort sy welig boskasie verloor. Foto: Lizette Slabber
DAAR kom n tyd in enige
wynliefhebber se lewe
wanneer met meer as
verbygaande belangstelling
na die jaartal op die
wynbottel gekyk word.
Wanneer n mens besef
daardie oesjaar speel nie
net in die woordeskat van
wynwysneuse en pretensie-
snobs n rol nie, maar is
ast ware die sleutel tot die
siel van daardie wyn.
Die oesjaar is een van die
vernaamste faktore wat
wyn met verskoning aan
Ernest Hemingway die
mees beskaafde ding op
aarde maak.
Ja, daardie jaartal
verklap die wyn se ouder-
dom. Met trots. Met n
gewaagde gepronk. Handig
vir die verbruiker wie se
palet n ou cabernet
sauvignon of jong sauvig-
non blanc verkies.
Di jaartal is egter van
veel, veel groter belang.
Want wyn is n uitdruk-
king van natuur. En
spesifiek die uitdrukking
van die natuur se jaarlikse
veranderlikes. Soos met
enige lewende wese die
geval is, is elke jaar in die
lewe van n wingerdstok
gewis nie dieselfde nie.
Die herfs kan vroeg en
koud of laat en onseisoenaal
warm wees. Wanneer die
winter kom en die stok n
die uitbundige somergroei-
fase moet rus, slaap, afsluit,
mag dit dalk n bietjie koud
of n bietjie warm, n bietjie
nat of n bietjie droog wees.
Die wakkerword-lente maak
sy verskyning. Vroeg of
laat. Nat of droog.
En as die wingerd blom
en die korrels set, kan n
geniepsige wind of onver-
wagte bui alles beduiwel.
Of, natuurlik, kan alles
net reg verloop. Jou winter
is koud. Jou lente helder.
Die wind waai reg in die
blomtyd. En die erge hitte
verwyl in die somer sy tyd
op n ander plek en in die
koeler weer word die klein
korrels blootgestel aan n
lang en uitgerekte en
rustige rypwordingproses
waarin die spesifieke
wyndruif elke molekule
geur uit die ideale weersom-
standighede trek.
Dan praat jy van n groot
oesjaar. Of soos Jan Boland
Coetzee sal s: n Jaar
waarin nie eers die vrotste
wynmaker nie n goeie wyn
kan opfoeter nie.
Dus, daardie oesjaar vul
miskien n klein deel van
die ruimte op die wynetiket.
Maar dit spreek boekdele,
aangesien dit die storie van
een spesifieke jaar in die
lewe van n wingerdstok
vertel. En as dit n goeie,
gelukkige jaar was, gaan dit
in die wyn geproe word. Of
andersom. Trouens, as die
jaar swak is, sal kelders
met n eer om te beskerm
nie die jaar se wyn onder
sy etiket bekend stel nie.
Ou wyne, veral, illustreer
duidelik en onomwonde die
verskil wat in verskeie
oesjare opgesluit l. Proe
byvoorbeeld n cabernet
sauvignon uit die 1974-oes-
jaar teenoor n wyn tien
jaar jonger. Die kans is die
1974, afkomstig uit n jaar
alombekend as een van die
beste oesjare in die Suid-
Afrikaanse geskiedenis, is
n beter, varser en meer
afgeronde wyn as sy jonger
maat. Om geen ander rede
nie as dat alles wat in die
natuur in 1974 gebeur het
net beter vir die wynstok
was as die meeste ander
jare. (Die wynmanne meen
2009 is omtrent net s n
groot jaar.)
Wyn hou ook nie van
veralgemenings nie.
Diegene wat reken n
pinotage van Orange River
Cellars is op sy beste as hy
agt tot tien jaar oud is, sal
deur die natuur en die
oesjaar tot ander insigte
gebring word.
Want s nou maar die
somer is bogemiddeld warm
en die druiwe word vinni-
ger ryper? Dan kan n drie,
vier jaar oue wyn makliker
voller en meer bele op die
tong val as een van nege
jaar oud wat in n koue, nat
seisoen gemaak is.
Die oesjaar is die onlos-
maaklike deel van die
genieting van goeie wyn. n
Bietjie studie oor die
afgelope dekade se oesjare
en wat die wynmakers
daaroor s, sal n nuwe
wreld in die waardering
van wyn open. Elke jaar
mag nou nie n goeie een
wees nie. Maar daardie een
fantastiese jaar vergoed vir
die res. Tyd is immers die
mens genadig.
Jaartal
wys siel
vanwyn
Besoek gerus die Kalahari
Bulletin se webwerf by
www.kalaharibulletin.co.za
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013 13
DIE Serfonteintennisakademie het op 11 en 12 Julie n tennisoefenkamp vir tennisspelers van die ZF Mgcawu
distrik aangebied. Foto: Verskaf
LIHANN NIEUWOUDT, n
gr. 7-leerling aan die Primre
Skool Op die Voorpos, het op
11 en 12 Julie in die winterskoolva-
kansie aan Tennis Suid-Afrika se
mini-reeks deelgeneem.
Diemini-reeks het op Graaff-Rei-
net plaasgevind enLihannhet vier-
de in die o.14-afdeling geindig.
In die o.14-afdeling het 16 tennis-
spelers dit uitgespook waarvan ve-
le reeds in horskole is.
DUNCAN MCGREGOR van
die Horskool Duineveld het
in die skoolvakansie aan die
Kloppers-tennistoernooi in
Bloemfontein deelgeneem.
Duncan het in die o.16-
seunsafdeling deelgeneem en
het algeheel vierde in die
enkelspelstryd geindig en in
die dubbelspelstryd was hy
algeheel tweede.
Duinevelder knap op toernooi
DUNCAN MCGREGOR
Jonge blink in
mini-reeks uit
LIHANN NIEUWOUDT Foto: verskaf
-
14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
AANDAG: ALLE GROOT
MANS! Groot nommers in
winkel beskikbaar.
Kontantafslag gewaarborg.
Specials vir die week!
Uitgesoek vir die somer.
Kortmouhemde - R100
Kortbroeke - R150
The Nu-Shop, Palm Gate-
sentrum, Hoofstraat, Kuru-
man.
Tel. 053 712 1264.
ALLE NAALDWERK-
voorraad en -masjiene
(industrieel) te koop. Mate-
riaal, gare, rek, kant, lint en
baie meer. Ohb. Skakel
Yvonne 081 505 4040.
F.J. VOERE: Gesifte
braaikuikenmis beskikbaar
in 40-kg-sakke of los. 24 - 26%
protenwaarde. Gratis afle-
wering in Vryburg, Kuru-
man en Hotazel- omgewing
ingesl. Skakel Johan
071 2911 281 of Frans
073 316 9296.
MIS TE KOOP: Kuruman
Skouterrein. Agter kleinvee-
krale. R15/sak of R150/
bakkievrag. Skakel Albie
083 440 1355.
Te Koop:Etosha Houtskool
stukke (Nie Charcole
Briquettes)Te koop @
R120.00/sak verpak in 20kg
sakke.Beperke voorraad
beskikbaar.Kontaknr
083 633 3817
YORKIE-REUNTJIES te
koop. Reg om te gaan. Ska-
kel 082 819 0767.
C
O
L
U
M
B
I
A
-
9
-
1
0
-
0
8
-
K
B
-
L
H
Columbia
Carpets/
Blinds
053 712 1961
053 712 2068
V-TEC TRAILERS
KURUMAN
Verkoop nuwe sleepwaens,
onderdele en tweedehandse
sleepwaens. Dryf ook handel
in nuwe en tweedehandse
Challenger- en Karet-
sleepwaens. Skakel Louw-
rens 083 310 0272/
053 712 1072, Hobsonstr 20,
Kuruman.
KURUMANKURUMAN
TE HUUR
Woonstelle
2-slaapkamer,
R5 700 R6 600.
Meenthuise
3 slaapkamers,
2 badkamers,
enkelmotorhuis,
R8 800 R9 900.
Huise
3 slaapkamers,
2 badkamers,
R12 000
R16 500.
4 slaapkamers,
2 badkamers,
R14 000 .
4 slaapkamers,
2 badkamers,
swembad,
3 motorhuise,
R16 500.
4 slaapkamers,
2 badkamers,
swembad, baie
luuks, R18 000.
TE KOOP
Mothibistad-huis te
koop, R430 000.
Skakel Elretha
083 561 6705.
053 712 3123.
Call Susan
082 423 6311
Properties to let
available
5-bedr family home,
double garage, near
schools.
Large 4-bedr house,
double garage.
2-and 3-bedr
townhouses
available.
3-bedroom home
with flat for your
income.
Luxury homes for
sale.
TWO-BEDROOM
townhouse with own garden
for a pet. Set in a beautiful
surroundings. R8 500 p.m.
Phone 072 492 4144.
AIDA EIENDOMME
BESIGHEIDSGEBOU Per-
seel en gebou in industrile
gebied. R1,950 m.
Ons help graag as u
huise/woonstelle te koop of
te huur het. Skakel ons ge-
rus.
Annatjie 076 395 9422.
GEBOU TE HUUR OF TE
KOOP: Industrile area.
Skakel Johan 082 572 9995.
Adwear Bee/J. Skead h/a
Precision Engineering
Duvenhage &
Van Der Merwe Ing.
KENNISGEWING VAN
GEREGTELIKE VER-
KOPING
In die Landdroshof vir die
Distrik Kuruman gehou op
Kuruman.
Saak No: 311/2013
In die saak tussen:
ADWEAR BEE (PTY) LTD
Eksekusieskuldeiser
en
J. SKEAD H/A PRECISION
ENGINEERIHNG
Identiteitsnommer onbe-
kend
Eksekusieskuldenaar
Ingevolge 'n Vonnis gelewer
op 7 Mei 2013, in die Kuru-
man Landdroshof en 'n Las-
brief van Eksekusie daarna
uitgereik, word die goedere
hieronder beskryf in ekse-
kusie verkoop by Precision
Engineering,
Voortrekkerstraat 2, Indus-
trile gebied, Kuruman, op 7
Augustus 2013 om 09:30 aan
die hoogste bier:
GOEDERE:
1 x 3,5-m-draaibank
Gedateer op Kuruman op 2
Julie 2013
GJS VAN ZYL
DUVENHAGE & VAN DER
MERWE ING
Hoofstraat Prokmed Sen-
trum, Kuruman 8460.
Posbus 63, Kuruman 8460
Tel. 053 712 1064/5/6
Faks: 053 712 0569
E-pos:
Verw: ADW1/0001/MJJ.
Mnr Bindeman/Piet Preto-
rius
Duvenhage &
Van Der Merwe Ing.
KENNISGEWING VAN
GEREGTELIKE VER-
KOPING
In die Landdroshof vir die
distrik Kuruman gehou op
Kuruman
Saak No: 73/2013
In die saak tussen:
MNR BINDEMAN
Eksekusieskuldeiser
en
PIET PRETORIUS
Identiteitsnommer onbe-
kend
Eksekusieskuldenaar
Ingevolge 'n Vonnis gelewer
op 20ste dag van Maart 2013,
in die KURUMAN Landdros-
hof en 'n Lasbrief van Ekse-
kusie daarna uitgereik,
word die goedere hieronder
beskryf in eksekusie ver-
koop by Seodinweg 104, Ku-
ruman, op 7 Augustus 2013
om 15:00 aan die hoogste
bier:
GOEDERE:
1 Park Home- tipe karavaan
Gedateer op Kuruman op 2
Julie 2013.
GJS VAN ZYL
DUVENHAGE & VAN DER
MERWE ING
Hoofstraat, Prokmed Sen-
trum, Kuruman 8460
Posbus 63, Kuruman 8460
Tel. 053 712 1064/5/6
Faks: 053 712 0569
E-Pos:
Verw: BIN5/0001/MJJ.
Standard Bank/Lukas M.
Brits/S.A. Brits
KENNISGEWING VAN
EKSEKUSIE- VERKO-
PING
Noord-Kaap Ho Hof, Kim-
berley, Republiek van Suid-
Afrika.
Saaknommer: 463/2010
In die saak tussen:
DIE STANDARD BANK
VAN SUID-AFRIKA BE-
PERK
Eiser
en
LUKAS MARTHINUS BRITS
ID 620526 5007 087
Eerste Verweerder
en
SUSANNA CATHARINA
BRITS
ID 550323 0034 082
Tweede Verweerder
INGEVOLGE 'n Vonnis
van die Noord-Kaap Ho
Hof, Kimberley, in bogemel-
de saak, sal 'n
eksekusieverkoping
met/sonder 'n reserweprys
plaasvind by die kantoor
van die Balju vir die Hoogge-
regshof, Skoolstraat 46, Ku-
ruman, Noord-Kaap
Provinsie op Donderdag 8
Augustus 2013 om 10:00 van
die vaste eiendom van die
Verweerders soos hier on-
der uiteengesit op die
voorwaardes wat uitgelees
sal word deur die Afslaer ty-
dens die verkoping, welke
voorwaardes ter insae sal
wees by die kantoor van die
Balju vir die Hooggeregshof,
Skoolstraat 46, KURUMAN,
Noord-Kaap Provinsie, voor
die veiling:
ERF 13, Kuruman.
GELE: In die Munisipali-
teit Ga-Segonyana, Afdeling
Kuruman, Provinsie Noord-
Kaap.
GROOT: 5,9093 (vyf komma
nege nul nege drie) hektaar
GEHOU: Kragtens Akte van
Transport T175/2006 onder-
hewig aan die voorwaardes
daarin vervat.
'n Residensile eiendom
gesoneer as sulks, bestaande
uit:
Sitkamer, eetkamer, kom-
buis, 4 slaapkamers, 1
studeerkamer, 4 badkamers,
huishulpkamer, 4
motorhuise en gele by
Thompsonstraat 13, Kuru-
man.
TERME: TIEN (10%) per-
sent van die koopprys en die
Afslaerskoste synde ses per-
sent op die eerste R30 000,00
of deel daarvan, 3,5% op die
balans onderworpe aan 'n
maksimum van R9 655,00
plus BTW met 'n minimum
van R485,00 plus BTW in
kontant op die dag van die
veiling, die balans teen regi-
strasie van transport, wat
verseker moet word deur 'n
bank, bouvereniging of an-
der aanvaarbare waarborg
wat binne 14 (VEERTIEN)
dae van die datum van die
verkoping gelewer moet
word.
Neem verder kennis
dat:
1. Hierdie is 'n verkoping in
eksekusie kragtens 'n vonnis
bekom in bogenoemde Hof;
2. Rels van hierdie verko-
ping is beskikbaar 24 uur
voorafgaande die verkoping
by die kantoor van die Balju
vir die Hoogeregshof,
Skoolstraat 46, Kuruman,
Noord-Kaap Provinsie.
3. Registrasie as koper is 'n
vereiste onderworpe aan be-
paalde voorwaardes, o.a.
3.1 voorskrifte van die
Verbruikersbeskermings-
wet 68 van 2008
(URLhttp://www.info.gov.za
/view/DownloadFileAction?
id=99961)
3.2 FICA-wetgewing m.b.t.
identiteits- en
adresbesonderhede
3.3 betaling van
registrasiegeld
3.4 registrasievoorwaardes
4. Verkoping sal geskied
deur die kantoor van die
Balju vir die Hooggeregshof,
KURUMAN, met afslaer J.J.
Moorcroft.
5. Advertensiegeld teen
heersende publikasietariewe
en verkopingskoste volgens
Hofrels, geld.
D.A HONEBALL (NS642M)
Prokureur vir Eiser
p/a Matsepes Ingelyf
Aliwalstraat 26/28
Bloemfontein
Tel. 051 448 3145/6/7
WARRIOR VIAGRA:
Nou in Kuruman beskik-
baar. Sterker, langer
ereksie. Hou 10 keer langer
uit. Verbeter jou sekslewe
ten volle. 100%
geldterugwaarborg. 100%
veilig (medies getoets).
073 894 5273
073 522 8346. Beskikbaar by
Jimmy's Drankwinkel,
h/v Livingston- en Short-
straat, Kuruman & Uping-
ton Hannes 078 722 4631.
J.S. PLUMBING:
Vir al jou nuwe installasies
en herstelwerk. Geisers, ge-
barste pype, riole. Skakel
Johanco Slabbert
073 082 7840.
VERBLYF beskikbaar in
Kuruman vir
kontrakteursfirma. 11
kamers met DStv, selfsorg.
Skoonmaak en wasgoed
word gedoen. R60 000 p.m.
Skakel Dirk 079 877 7134.
2006 ISUZU KB 250D:
R69 500. 1996 Isuzu KB 250D:
R36 500. Phone 072 472 8686
or 071 967 0285.
HONDA, 1995: R22 500.
1997 Golf 3: R19 500. 1999
Uno: R18 500. 072 472 8686.
OPEL 1600, 1990: R17 000.
1990 Mazda 1600: R16 500.
1989 Sierra: R12 000. Phone
072 472 8686.
TOYOTA CRESSIDA, 1989,
2.4 GLE automaties - nog in
uitstekende toestand R25 000
ohb. Skakel 073 234 0983.
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013 15
-
16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style
and language are all important elements of our people strategy
and are key drivers for our success.
The future is diverse.
The future is yours.
www.humanjobs.co.za Human Communications 100765
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in
the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer
an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our
dynamic business and contribute to our growth.
Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of
the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle
choice with a family-friendly, secure environment and value our employees
as our greatest asset.
Hotazel, Northern Cape
Auto Electricians
Mamatwan Mine
Ref. 760422
This role will see you safely inspect, maintain and repair Trackless Mobile
Machines (TMM) and light motor vehicles. Safety and good housekeeping
are important.
You will need an N2, an Auto Electrician Trade Test Certificate and at least
2 years experience. Knowledge of and experience in the following are also
needed: Toyota Hilux; Nissan Navara; Nissan Hardbody; Ford; Atlas Copco
lighting plants; Atlas Copco Compressors; New Holland Tractors; JCB Back
Actors; Skisteers; Manitou Forklift and Telescopic Handlers; Toyota Forklifts;
Liebehr Mobile Cranes; and CAT Machines. Knowledge of SAP will be
advantageous. Youll also require a Code 08 drivers licence and must be
medically fit.
Please forward your CV (max 3 pages) to
Applications close 26 July 2013.
BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013 17
Building a world-class
diamond group
Finsch Diamond Mine
www.humanjobs.co.za Human Communications 100754
Finsch Diamond Mine is located in the town of Lime Acres, which is situated 160km
north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.
Metallurgist
The incumbent will be responsible for the quality assurance of the diamond winning
process and provide service and support to the treatment section to ensure efficiency
in the treatment process.
Tasks and responsibilities: Investigate deviations and problems in the treatment
process to improve recovery Analyse data and statistics from the processes and
identify incongruences or potential problem areas Keep abreast of metallurgical
developments and make recommendations to resolve problems Initiate and
coordinate steps to resolve treatment process problems Take cognisance of,
adhere to and promote Company policies and procedures relating to Health, Safety,
Security and Environmental issues Decide and conduct metallurgical test work on
plant equipment to ensure optimum efficiency. These decisions are based on own
initiative and the discernment of available literature Test new products/equipment
and determine, where applicable, the economic and process advantages over existing
products/equipment Assist with the commissioning of new plant and advise/assist
operating personnel on best operating method Write up results of test work in the
form of a formal report Report regularly to the plant superintendent regarding the
status of each project and to discuss new projects/products/company research
Liaise with engineering and maintenance staff as required Participate in the
development, implementation and management of safety targets.
Minimum requirements: Higher National Diploma, BTech in Metallurgy or Chemical
Engineering Grade 12 Minimum of 1 years experience as a Metallurgist Drivers
licence (Code 08/EB) Good verbal and written communication skills in English
Proficiency in MS Office.
Other skills/competencies: Ability to work under pressure and meet strict deadlines
Self-motivated, results-driven professional as well as a team player Compliance
with policies, procedures and work standards. (Ref. FIN082)
Applications: [email protected] or fax: 086 692 2442
Stores Controller
The successful candidate will be responsible for coordinating the receiving/dispatch
functions in the designated sections of Supply Chain.
Tasks and responsibilities: Monitor the loading and off-loading of vehicles, taking
cognisance of vehicle load capacities and safe practices Schedule the delivery
of goods to the sub-stores and/or user departments Investigate and resolve any
damages to goods or discrepancies on delivery notes Investigate and resolve queries
Monitor hazardous material handling and report deviations or discrepancies to the
Senior Stores Controller Check input documentation, verifying and signing off daily
transaction update reports Comply with all Company policies, procedures and
working standards which includes Security, Safety, Health and Environmental.
Minimum requirements: Grade 12 Certificate or Diploma in Purchasing/Materials
Management 3 years experience in a Stores/Supply Chain environment of which
1 year should have been at a Supervisory level Computer literacy MS Office Suite
Valid Code 08 drivers licence Good verbal and written communication in English.
Other skills/competencies: Decision making Planning/organising/coordinating/
controlling Problem solving Knowledge of Supply Chain process Business/client
focus Team management. (Ref. FIN081)
Applications: [email protected] or fax: 086 692 2442
Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to
suitable candidates from the designated groups in linewith theCompanys Employment
Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical
and security clearances form part of the minimum requirement and selection process.
Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of
the successful candidates is subject to the aforementioned criteria. Preference will
be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele
(proof of residence may be requested).
Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/
careers/current-vacancies) and forward, together with your rsum, qualifications
and ID, to the e-mail address and fax number indicated at each post on or before
26 July 2013. Please note that incomplete application forms and documentation will
not be considered.
If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your
application as unsuccessful.
http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies
Koffiefontein Mine JV is located 100km from Kimberley and 136km from Bloemfontein, Free
State.
Senior Surveyor
The incumbent will be required to provide efficient and effective underground and surface
survey, monitoring, control and information.
Tasks and responsibilities: Provide designs and layouts for surface and underground
Conduct dump and pit surveys Install pegs on surface and underground Update all
statutory plans Ensure personal and co-workers adherence to and compliance with security
and the companys SHE objectives Work according to the Mines Code of Practice, and
report any observations of this not being done.
Minimum requirements: Grade 12 Advanced Mine Surveying Certificate of Competency
5 years experience after obtaining the Advanced Survey Certificate of Competency Valid
Code 08 drivers licence Good computer skills knowledge of the following will be an
advantage: MicroStation, SURPAC, Lynx Survey Office and Excel.
Other skills/competencies: Good communication skills (written and verbal) in English and
Afrikaans Be independent, a proactive thinker and have the ability to do own job planning.
(Ref. KOFF021)
Koffiefontein Mine JV is an equal opportunity employer and reserves the right to appoint.
Preference will be given to EE applicants. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments,
medical and security clearances form part of the minimum requirement and selection process.
Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the
successful candidate is subject to passing on-mine induction and the aforementioned criteria.
Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/
careers/current-vacancies) and forward, together with your rsum, qualifications and
ID, to [email protected] or fax: 086 692 2442 on or before 26 July 2013.
Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered.
If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application
as unsuccessful.
http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies
Building a world-class
diamond group
Koffiefontein Mine
Joint Venture
www.humanjobs.co.za Human Communications 100756
BETREKKINGS
-
18 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
DIE Annalise Nieuwoudt-tennisakademie (An-
ta) het van 3 tot 5 Julie n oefenkamp aangebied.
Die doel van die oefenkamp was om die nuwe
Play andStay- sillabus aan spelers bekend te stel.
In di sillabusmoet tennisspelersmet drie ver-
skillende soorte balle speel om taktiese houe
mee in te oefen.
Slaan n kishoumet nuwe balle
DIE groep tennisspelers wat aan
die Antaoefenkamp deelgeneem
het, is van links, voor: Gerhard van
derMerwe, Jorja Kotze, Gert Kotze,
Owen Loxton en Wynand Theron;
tweede ry: Danielle Hanekom, Ru
an Kuhn, Kelitha Scholtz, Jesse
Wessels, Annika Husselman en Jo
lize Swanepoel; derde ry: CP van
der Merwe, Philip Venter, Elm
Slabber en JuanSwanepoel; vierde
ry: Stephne Zealand, Jodine
Strauss en Lihann Nieuwoudt; ag
ter: RezaKuhn, AnnemeHanekom,
Chan Luttig, Carli Thomas en Zo
Strauss. Fotos: Verskaf
DIE drie afrigters wat op die Anta
oefenkamp die tennisspelers tou
wys gemaak het, is van links Jean
Marie Bergh, Loupie Nieuwoudt en
Annalise Nieuwoudt.RUAN KUHN het die oranje balle soos n meester beheer.
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013 19
Lizette Slabber
ANNALISENIEUWOUDT, bekende tennisaf-
rigter van die Primre Skool Op die Voorpos,
het kleintyd net strandtennis gespeel en eer-
der geswem voordat sy n raket sou optel.
Tog is di geliefde tennisafrigter deesdae
die bestuurder van die Noord-Kaapse junior
tennisspan, afrigter aan Op die Voorpos en
eienaar van die Annalise Nieuwoudt-tennis-
akademie (Anta).
Sy glo n mens het volharding nodig om in
sport en in die lewe te kan presteer want dit
kweek goeie beginsels.
DieKalahari Bulletin het by haar gaan uit-
vind hoe sy die pad van strandtennis speel
tot by gesoute tennisafrigter geloop het.
Waar het jou belangstelling in en liefde
vir tennis begin?
Ek het eers begin tennis speel toe ek in 1988
op Upington gekom het en my man leer ken
het. Hy was n baie goeie tennisspeler wat op
kollege vir Boland gespeel het. Toe het die
gogga my gebyt en het ek besef ek wil ook Sa-
terdae deel van di pret wees.
Aan watter sportsoorte het jy op skool
deelgeneem?
Op skool het ek geswem en koor gesing. Ek
het in die Tygerbergse Kinderkoor en die
Universiteit van Stellenbosch se koor gesing.
Speel jy self nog tennis?
Ek speel self Saterdae tennis en wil volgen-
de jaar vir die Noord-Kaap-veterane speel.
Dit is net moeilik om by my eie tennis uit te
kom as ek afrig ook en die bestuur van die
Noord-Kaapse junior tennisspan houmy ook
besig. Maar ek beplan om my volgende jaar
van sommige pligte los te maak en meer op
my eie tennis te konsentreer.
Wanneer het jy begin tennis afrig?
Ek het tennis begin afrig toe ek onder Ger-
rie Berner n kursus op Stellenbosch gedoen
het.
Daarna het ek in 2000 begin afrig. Daarna
het ek weer n kursus in 2005, 2006 en 2008 ge-
doen.
Wat sal jy as n hoogtepunt in jou loop-
baan as tennisafrigter uitsonder?
n Hoogtepunt is beslis die aantal spelers
wat meer word danksy groter belangstelling
en die kinders van die streek wat in Noord-
Kaap-spanne ingesluit word. Natuurlik ook
Anta se groei. Vanjaar het Carla Scholtz wat
aan die Voorbereidingskool Fanie Malan
skoolhou haar by ons aangesluit. En dan om
die kleintjies wat ek afgerig het steeds tennis
te sien speel wanneer hulle in die horskool
is en te sien dat hulle groot hoogtes bereik.
Dit is baie bevredigend.
Hoehet tennis as skoolsport oor die jare
verander?
Tennis is basies nog dieselfde maar ons ge-
riewe gaan vinnig agteruit en dit is baie sleg,
omdat dit nou onmoontlik is vir Upington om
toernooie aan te bied. Dit rem ook die groei
van die dorp, omdat toernooi baie mense lok.
Wat is vir jou n belangrike eienskap
waaroor tennissplers moet beskik om
suksesvol te kan wees?
Ek beskou tennis of sport nie as n geso-
leerde ding nie. Dit is nmanier om lewenser-
varing op te doen en om sekere vaardighede
te ontwikkelwat in die lewe tel. Deursettings-
vermo is van kernbelang in sport en in die
lewe.
Iemandwat onderskei word, is iemandwat
die vrugte van die Gees te alle tye in sy tennis
toepas. Ek beskou my tennis as n roeping
van Bowat deur Sy genade aan die gang gesit
is en gehou word. Hy is my Leidsman in alles
wat ek aanpak. Die sukses wat ek behaal, is
genade van Bo.
Word tennis afgeskeep wat betref borg-
skappe en ondersteuning, veral in verge-
lykingmet sportsoorte soos rugby en net-
bal?
As n mens kyk na hoe geriewe agteruit-
gaan en hoe mens sukkel om borgskappe te
kry is tennis beslis n agterspeen-sportsoort
en omdat dit nie n spansportsoort is nie suk-
kel ons nog meer om borgskappe te kry.
Is daar nog iets wat jy as afrigter graag
sal wil bereik?
Dit sal lekker wees as Anta so groei dat ek
net die ander afrigters kan organiseer en dan
meer tyd kan vind om self tennis te speel.
Tennisafrigter
geliefd in NK
ANNALISE NIEUWOUDT saam met die tennisspan van die Horskool Upington wat verlede
jaar die Volvo Sentrale SuidAfrikaanse Tennistoernooi aangebied en die Horskool Diamant
veld gewen het. Al di spelers het van kleins af by haar tennis leer speel en die spel leer
liefkry. Foto: Verskaf
ANNALISE NIEUWOUDT s haar seuns was 12 jaar gelede haar inspirasie om te begin afrig.
Hier is sy saam met Lihann (links) en Loupie. Al twee seuns het vanjaar die NoordKaap
verteenwoordig. Haar oudste seun, Rico, het verlede jaar vir die Maties gespeel, maar sy
ingenieursgraad hou hom vanjaar te besig. Haar doel is om n liefde vir die spel te kweek,
want tennis is n spel wat n mens kan speel totdat jy 80 jaar oud is. Foto: Verskaf
-
20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 JULIE 2013
DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens
(SAPD) se nasionale Rugbyweek
het vandeesweek met die eerste
wedstryd tussen Noord-Kaap en
Noordwes afgeskop.
n Baie sterk wind het deurgaans
gewaai. Noord-Kaap het in die eer-
ste helfte saam met die wind ge-
speel en baie druk op die span van
Noordwes uitgeoefen. Hoewel die
span teen rustyd met 15-3 voorge-
loop het, het hy nie al sy geleenthe-
de gebruik nie. Die span het in die
tweede helfte, teen die wind, beter
gespeel en eindelik met 26-13 ge-
wen.
Die kaptein, Horris Burden,
asook Nardus Swartz, het n groot
impak op die wedstryd gehad.
Swartz is as agterspeler vandie dag
aangewys.
SAPD-week skop af
VIER skeidsregters van die Griekwas neem ook aan die toernooi deel.
Van links is, voor: Wally Crause, Sampie Koopman (as skeidsregter, afrig
ter en evalueerder) en Marco Titus; agter: Francois de Bruin. DIE twee spanne meet kragte. Fotos: Sampie Koopman