kaptein span die seile lyrics
TRANSCRIPT
1
Gevaar teen
Dagbreekkrater
2
Voorwoord
‘n Ou, onopgeloste plaasaanval waartydens twee ouerpare en ‘n
babadogtertjie vermoor is word deel van baie aksie wanneer die
vermoorde ouerpare se kinders jare later weer op die plaas,
Dagbreekkrater, aankom.
Hans Wessels het nie kom wraak neem nie. Hy het op sy erfplaas
in ‘n vreemde soort krater kom boer en as veearts siek diere kom
gesond maak. Maar moeilikheid wag hom in as hy na sy mooi Oos-
Vrystaat geboortegrond terugkeer, en hy baklei terug terwyl ‘n mooi
meisie boonop sy voete heeltemal onder hom uitslaan.
Hans veg soms teen ‘n oormag en hy besef eers later hoe groot die
oormag is, maar hy het getroue vriende, waaronder ‘n dapper klein
hondjie, Baksteen. Tog lyk dit soms of Duitse mitologiese
verbintenis van ‘n skaars grondstof met bose geeste die oorhand
kan kry.
3
Plaasaanval-statistieke
Met twee plaasaanvalle nou per dag
sou ons deeglike syfers verwag
Sowat tweeduisend is nou reeds vermoor
baie meer het hul besittings verloor
Soms liggaamlik tog ongedeerd
of “net” onsedelik onteerd
Alleen soms om trauma te verwerk
in opstalle soos tronke versterk
Dertig persent slagoffers is nou swart
Wat deel in hierdie pynigende smart
(Dit word al meer namate meer met grondhervorming gevestig
word)
Reeds twintigduisend wrede plaasaanvalle
Met sporadiese masjiengeweerknalle
4
Maar behoorlike syfers ontbreek
Terwyl die geweldspiraal hom wreek
Koue kliniese syfers kan in elk geval
niks nie wegneem van hierdie bitter-gure gal
5
Inhoudsopgawe
1. Moeilikheid sommer met die aankoms
2. ‘n Skaapdief kan seerkry
3. ‘n Mooi meisie kom te perd
4. Maar wat is onder die seile?
5. Dis so koud
6. Die myn
7. Die vlugtog
8. Tussen engele
9. Spoorloos
10. Die jagter word gejag
11. Al weer die mooi meisie op die perd
12. Kersfees
6
1. Moeilikheid sommer met die aankoms
Sommer met die intrapslag in hierdie pragtige wêreld was daar al
moeilikheid.
“Hans! Hans!”
Ek steek my kop vaak by die karavaan uit. Dit begin nog skaars lig
word, met slegs die vaagste suggestie van flou sonstrale wat by die
kraternek wil begin inskyn. Die donker rand van die krater ets af
teen ‘n hemel waarin enkele sterre nog vir oulaas vonkel voor hulle
voor die opkomende son moet wyk. ‘n Trop tarentale kom raserig in
beweging, oppad na die kraternek toe om waarskynlik buite teen
die suidelike hange, in die krater se koelte, te gaan wei. ‘n Trop
hadidas vlieg raserig oor ons koppe, ook by die kraternek uit.
“Wassit?” wil ek deur die slaap weet.
James is uitasem, na hy klaarblyklik ‘n hele ent baie vinnig
gehardloop het.
“’n Klomp skape is weg!” Hy hyg van die hardloop, en ek is
oombliklik wawyd wakker. En baie kwaad. Met ongeveer ‘n honderd
miljoen rand se vee wat jaarliks in die Vrystaat gesteel word, sowat
7
‘n kwart van alle veediefstalle in Suid-Afrika, is veediefstal te wagte.
Maar sommer die eerste aand al!
Van ons die vorige dag op Dagbreekkrater aangekom het was dit of
alles teen ons is. Eers het ek myself wysgemaak dat dit seker net
is omdat ons ‘n week vroeër op Dagbreekkrater aangekom het as
wat ons die vorige huurders laat weet het.
‘n Mens kan ook nie juis vreeslik welkom voel as jy by jou erfplaas
aankom, en selfs die oorspronklike ingang is toegespan asof dit
nooit daar was nie. Boonop is die plaas se grens teen die teerpad
met ‘n heining wat sterk aan ‘n veiligheidsheining herinner,
toegespan. En veral voel mens nie baie welkom as daar oral
bordjies teen die draad is wat enigeen wat betree met vervolging
dreig nie.
Ons moes toe noodwendig die draad knip om op my eie plaas te
kom, en met ‘n ou paadjie wat duidelik al jare nooit gebruik is nie
met die karavaan aansukkel na die kraternek toe.
“Meer gat as pad,” het ek gebrom.
8
“Jy praat nie so oor die nuwe Suid-Afrika nie,” het James gemaak
beswaard geantwoord.
Ek het nie die verwaarloosde toestand van die plaas verwag nie. ‘n
Paar jaar al sedert ek 21 geword, en volgens die testament kon
verkoop, het die huurders op my gesit om die plaas aan hulle te
verkoop. Hul seun boer op die plaas, ‘n buurplaas van hul eie, en
hy het al so lief vir dié grond geword soos vir sy eie, het hulle my
knaend deur hul prokureur laat weet.
“Hier is vir jare nie op geboer nie,” het James hier langs my
gebrom terwyl ons sukkel-sukkel aangekruie het in die rigting van
die kraternek.
Die ou landerye is heeltemal toegegroei van die onkruid.
“Laas wat hier geploeg is, het hulle nog ‘n Vaaljapie of trekos
gebruik,” het James hier langs my opgemerk. James is so oud soos
ek, en is as kind saam met my van die plaas af. Hy sal dinge min of
meer soos ek onthou.
“My gedagte ook. Toe ek sien hoe onnodig oordadig hulle die
grensdraad gespan het, het ek gedink dis seker maar om veediewe
9
van Lesotho uit te hou. Maar hier het in jare nie ‘n skaap of enigiets
op hierdie plaas geloop nie.”
Met dié het ek ‘n plaatjie water van ‘n vlak gronddam gesien wat in
my kinderdae veel groter was. Maar dit het ‘n bietjie water, en agter
ons het ‘n vragmotor op die ongelyke oppervlak gewip met die 20
skape wat ek saamgebring het om weer ‘n skaapkudde op die been
te kry. Ek het stilgehou, en die vragmotor het langs ons tot stilstand
gekom.
“Ons laai hulle maar hier af, maar as julle uitgaan, moet julle
asseblief daai plek waar ons die draad geknip het om in te kom,
mooi toemaak. Daai stoetram het my ‘n fortuin gekos.”
Ek kan sien die drywer en sy helpers is dankbaar dat hulle nie
verder op hierdie pad sal hoef te ry nie. Gou word die skape afgetel
en ek stop die manne ‘n ietsie in die hand. Die ryery het hulle laat
dors word, en dis ‘n entjie huis toe.
Die skape was ook haastig om in die geil weiding in te sak, en
sommer gou kon ons weer die “pad” na die krater aanpak.
10
Miskien was dit ‘n fout om die skape hier af te laai en nie in die
kraternek nie. Ek onthou my pa het altyd gepraat van die grond in
die krater wat so arm is – uitgeloog – en dat die wyding daar nie
veel werd is nie. Hierdie skaap het ver gery. En boonop, in die
krater self was daar maar altoos baie roofdiere, en ook meer as
genoeg skuilplek vir die roofdiere. Om nou die skaap daar te gaan
aflaai kan as't ware wees om hulle in die spreekwoordelike leeu se
bek te gaan aflaai.
Ek onthou nog goed hoe my pa vertel het van die slag wat my oupa
‘n luiperd, of tier soos hy dit genoem het, met sy honde hier in die
krater gaan jag het. Soos gewoonlik het hy nie ‘n skietding by hom
gehad nie. Sy honde jaag toe die luiperd teen ‘n oorhangende rots
uit, buite bereik van die honde, maar nie oupa nie. Oupa kry die
gedierte aan die stert beet en trek hom tussen die honde in.
Dis toe dat oupa sien sy honde is besig om slae by die tier te kry,
en hy spring in om met sy lang knipmes korte mette te help maak.
Oupa het glo maar naar gelyk, maar die tier was bokveld toe. Ek
onthou nog baie goed hoe ek na pa se vertelling oupa terstond op
die stoep gaan opsoek het om hom te gaan prys. Oupa was al baie
oud, maar toe ek van dié voorval herinner, blink sy ogies onder sy
ruie wenkbroue uit:
11
“My kind, daai tiertjie was nou nie veel nie. Dissie ystervark wat my
so gefarniel het.”
“’n Simpel ystervark!” het ek uitgeroep.
“Ja, ek ja die ding een aand met ‘n knopkierie uit ouma se
groentetuin toe dit skielik loop vassteek. Ek hol binne-in die ding in.
My been lyk toe kepleet soos ‘n omgedopte ysterswyn.”
Die nostalgie het hom al meer en meer van my meester gemaak
namate ons al nader aan die ou opstal gekom het.
Ons het teen die skuinste na die krater toe opgekruie. Ek en James
is kleintyd – skaars elf, hier weg na ons ouers en my baba-sus
tydens ‘n plaasaanval vermoor is. Hoe hoër ons wippend opkruie,
hoe slegter word die pad, maar ek het nie ongeduldig geraak nie.
Die grutonele van destyds toe op my ouers en kleinsus se
verminkte lyke afgekom het, het algaande helderder voor my begin
opdoem.
12
‘n Beklemming het oor my hart kom lê: “Sal ek wat op my wag kan
hanteer? Hoe goed het die huurders die opstal opgepas as dit hier
so lyk?”
Al die bloed teen die mure en op die vloer...my kleinsus soos ‘n
gebreekte pop – haar keel afgesny ... Ek het die herinneringe uit
my kop probeer wis.
Maar ek het besef ek sal dit nooit vergeet nie – veral omdat die
moorde steeds ‘n onopgeloste raaisel bly. Destyds is ek
weggeneem na familie toe wat my nooit weer naby hierdie plek
gebring het nie. James was my beste speelmaat, en sy ouers is
saam en net so wreed vermoor. Hy het saamgekom – eers moes
hy na die skool in die “lokasie” gaan, maar later was ons saam in
die klas. Ons is saam universiteit toe, Onderstepoort toe. En nou
kom hy saam met my terug plaas toe naby die dorp waar ek ‘n
aandeel in ‘n veeartspraktyk gekoop het.
Die viertrek-bakkie, karavaan agterna, het deur die nekkie na die
krater gekruie. My hart het in my keel gebons, want ons moes toe
nog net om die kraternek se holkrans ry, dan is ons by die opstal.
Aan die oorkant het die holkranse van die krater majestueus soos
13
reuse geverfde mure die hoogtes ingetoring en my kindertyd-
herinneringe soos ‘n rolprent voor my laat verbyspeel.
Maar toe het my moed in my skoene gesak. Waar die eens
imposante opstal met sy wye verandas gestaan het, is nou net ‘n
sandsteenmurasie. Die vrugtebome se oorblyfsels steek soos
uitgedroogde krom vingers stil grypend die lug in. Asof saam met
die tyd vasgevang vir ons om weer terug te kom plaas toe. Selfs die
ou karees wat op die werf gestaan het lyk verwaarloos. ‘n Paar is
ook tot niet, sien ek.
“Gelukkig ons het die karavaan saamgebring,” het ek oplaas
uitgekry.
James was ook verslae.
Omdat dit aand se kant toe begin staan het, het ons dadelik die
karavaan op ‘n gelyktetjie getrek wat eens die grasperk was. Ons
het die tent opgeslaan, en ons so gerieflik as moontlik ingerig.
“Ek gaan brandhout soek,” het ek vir James gesê en na ‘n reuse
holkrans daar naby begin aanstryk. Die dooie kareetakke op die
werf sou prima-brandhout uitmaak, maar ek wou eerder ‘n bietjie
14
wyd gaan loop as hier by die murasie rond waar die herinneringe
my opnuut gepynig het – veral noudat ek die verwaarlosing en
vernietiging kon sien wat die aanval destyds gebring het.
Ek voel steeds hierdie stappie het dalk ons lewe gered.
Ek het eers koers na die fontein toe gekies. As die fontein
opgedroog het, sou ons ‘n probleem gehad het om drinkwater te
kry.
Ek het deur die ouhout en later digte karees na die holkrans toe
gebeur, waar die watertjie altyd so lekker oor die oorhangende
krans gestort het, en ons kleintyd as dit warm was sulke ure se
plesier verskaf het. ‘n Entjie laer het dit in ‘n helder poel uitgeloop.
Ook hier kon ons speel en swem tot ons gôe behoorlik uit was.
Op ‘n afstand kon ek die water reeds hoor ruis presies soos my
kleintyd. Toe het die plaat kareebome voor my oopgemaak en ek
kon opkyk op na die holkrans se bokant waar die water steeds
lustig afgestroom het. Presies net soos ek dit uit my kinderdae
onthou. Dis nie ‘n groot stroom nie – amper meer soos ‘n sproei,
maar die holkrans versterk die klank sodat dit amper soos ‘n
ordentlike waterval klink.
15
Ek het verder geklim tot waar die water die onderkant van die
holkrans plassend tref, en het vir die eerste omgedraai om oor die
kareebome na die krater te kyk.
As kind het dit natuurlik nooit by my opgekom om te wonder oor
hoe die krater in hierdie sandsteenplato ontstaan het nie. Reg
rondom, in ‘n radius van ongeveer ‘n kilometer, loop die holkranse,
behalwe vir die nekkie waardeur ons ‘n uur of wat gelede ingekom
het. Daardie nekkie was ook die bron vir die plaas se naam -
Dagbreekkrater. My ouers het die opstal so gebou dat die
oggendson so vroeg as moontlik, veral in die winter, deur die
nekkie op die opstal sou skyn.
Dis verruklik mooi, het ek besef. As kind het die skoonheid hiervan
my nie werklik opgeval nie – van ek my verstand gekry het was dit
maar net daar, imposant, beskermend.
Beskermend?... Ek het ‘n wrang smaak weer in my mond voel
opstoot.
Geen wonder my oupa-hulle het die steiltes aangedurf om hier bo
in die krater te kom nesskop nie. Die oorspronklike opstal het ‘n
16
stoorplek geword nadat my pa die plek vir sy bruid se opstal mooi
bepaal, en die praghuis klaar gebou het. Later het James se ouers
gekom, en hulle het in die ou opstal ingetrek.
Dis eers later, toe ek begin oplees het lank na ek al hier weg is, dat
ek besef het iets met die krater rym nie. As dit ‘n vulkaniese krater
was, sou daar tekens van stollingsgesteentes gewees het – of
skeure deur die holkranse, maar hierdie krater is amper koeëlrond
en ongeskonde. Weens die hoër reënval in die Oos-Vrystaat is die
ysterklip-indringings meestal “weggeroes” maar mens sien tog die
oorblyfsels en ruwe puin maklik. Maar hier is niks.
Ek het effens geskrik toe ek sien hoe laag die son oor die krans na
die weste gesak het, en het gou ‘n klompie dik dooie Kareetakke
afgebreek. Toe het ek daarmee begin aanstryk na die opstal se
murasies toe.
Dis toe ek anderkant die kareebome kom, en weer ‘n behoorlike
uitsig na onder het, dat ek die gestaltes gebukkend na die karavaan
sien aangesluip kom. Hulle het amperse militêre uniforms
aangehad, en ek het opgemerk dat hulle met R-4’s bewapen was.
17
Skielik het die beeld van my vermoorde ouers in die opstal voor my
opgedoem. Ek het die houtbondel neergesit en tussen die ouhout
weggeduik, en so stil ek kon op die viertal sluipers afgepyl, terwyl
ek my rewolwer se magasyn nagegaan.
Ek het juis soos ‘n effense swaap gevoel om soos ‘n wafferse
cowboy met die rewolwer aan my sy te gaan hout haal, maar dis
darem somer en slange was in my kleintyd nie ‘n onbekende ding
om raak te loop nie. Destyds was ‘n kettie my wapen, en menige
slang het ‘n skoot weg.
Ek het my koers so aangepas dat ek die indringers teen ‘n
uitlopertjie sou ontmoet – ek bo, en hulle onder my. Al bekruipend
het ek die ontmoetingspunt bereik, en ook nie lank nie kom die
viertal bykans doodstil aangesluip, wapens oorgehaal. Ek het
gewag tot hulle reg onder my is.
“Laat val julle wapens!” het ek gebulder.
“Hau!””
Hulle het verskrik regop geruk, en die voorste een ruk sy R4
grootoog op om in my rigting te mik. Maar my rewolwer het gepraat
18
en die R-4 se kolf versplinter, terwyl die stukkende geweer op die
grond val. Die ander het dadelik vaal geskrik hul hande in die lug
gegooi.
“Wat de duiwel gaan hier aan?” het ek steeds gebulder. Ek het
takke hoor kraak soos James ook nadergestorm gekom het. Hy het
my oop en bloot teen die hoogtetjie sien staan, en mik gelukkig reg
op my af.
“Kyk net watter netjies weermag het ek gevang wat jou bekruip
het,” sê ek toe James langs my ingeval het.
James se oë was groot van verbasing en skok, en ek kon sien dat
ook sy gedagtes na tonele van die plaasaanval destyds teruggeruk
is...
“Haikôna,” het die leier geprotesteer. “Ons is die security en ons
het kom tjek toe ons sien hier het mense getrespass.”
“Trespass!” het ek kwaad gebulder. “Op my eie plaas! Is julle
mal?!”
Ek kon sien daar was vertwyfeling in die gewapendes se oë.
19
“Aikona,” het die leier nietemin volgehou,... “dis mnr. Jacobs se
grond hierrie. Julle trespass.”
Die van “Jacobs” het by my ‘n klokkie gelui. Dis die Jacobs Trust
wat al die jare die plaas gehuur het, en wat die plaas wou koop.
“Jacobs het die plaas gehuur, maar die huur het laasmaand al ge-
expire. Ek sou eers oor ‘n week plaas toe gekom het. Mnr. Jacobs
het seker net vergeet om vir julle te sê ons kom.”
Maar die uitdrukkings in hul oë het my nie oortuig dat hulle net
weens ‘n misverstand gedink het hier is oortreders wat verwilder of
aangekeer moes word nie. Daarvoor sou mens beswaarlik vier
wagte in uniforms en met masjiengewere gewapen stuur om mense
te bekruip.
“Gaan sê vir mnr. Jacobs Hans Wessels is terug op sy eie plaas,
en dat julle nie meer besigheid hier het nie.”
Die viertal het vir ‘n paar oomblikke besluiteloos rondgestaan, maar
toe ek die rewolwer lig, kamma om my kop te krap, het die leier gou
20
gebuk om sy stukkende masjiengeweer op te pik, en die viertal het
haastig deur die ouhout na die nek begin aanstryk.
Asof James my gedagtes kon lees, sê hy: “Vertrou nie die spulletjie
‘n minuut lank nie. Ons moet liewer wagstaan. Ek sal van
middernag af staan, sodat jy more lekker laat kan slaap. Jy het
bestuur.”
Ons het ‘n paar stukkies vleis op die kole gegooi, en ek kon ‘n
rukkie indommel voor James aan my kom skud het en beduie het
hy gaan inkruip sodat hy netnou die lang wagbeurt kan aandurf.
Dis was helder maanskyn, en ek het ‘n ent teen die skuinste op na
die naaste holkrans gestap, waar ek in ‘n donker kol met my rug
teen ‘n rots gaan sit het. Hier kon niks my sommer bekruip nie, en
ek het ‘n goeie uitsig oor die murasie en die kraternek. Ek het veral
die nek onder oë gehou, nie soseer omdat ek verwag om
kwaaddoeners te sien inglip nie, maar ek het begin beplan. Ek het
beplan oor hoe om die opstal nog beter te beveilig, sodat ek, as ek
eendag trou en kinders het, nie dieselfde lot as my ouers te beurt te
val nie.
21
Ek het besef ek kan ‘n taamlike groot dam in die nek bou. Die water
sal seker ook vir besproeiing onder op die gelyk deel van die plaas
gebruik kan word. Die pad sal effe verlê moet word om op ‘n
gelyktetjie bietjie hoër in die nek in te kom.
Skielik was of die aarde onder my liggies vibreer, en kort daarna
hoor ek ‘n dowwe slag.
“Wie sal nou dié tyd van die nag gruis skiet?” wonder ek. Maar ek is
nog aan die wonder toe die aarde weer vibreer, en nog ‘n dowwe
ontploffing volg.
“Iemand is roekeloos – iemand kan seerkry as al die ladings nie
gelyk afgaan nie,” het ek gedink terwyl ek dromerig oor die krater
kyk.
En weer het ek gewonder ek oor hoe hierdie krater kon ontstaan
het. Is dit werklik moontlik dat ‘n groot meteoriet lank, lank gelede
hier kon val? Amper presies in die middel van ‘n plato? Dit sou
darem ongelooflike toeval wees.
22
Ek het gemerk dis middernag, vir oulaas rondgekyk of niks beweeg
nie, en behoedsaam teruggestap na die karavaantent waar James
‘n slapie ingekry het.
“Nog niks onraad bemerk nie,” het ek gesê.
James het die slaap uit sy oë gevryf, en sonder om iets te sê vat hy
die 22 en begin aanstryk. Die maan was amper onder. En ek het
geslaap tot James my met sy nuus oor die skaapdiefstal kom
wakker skud het.
23
2. ‘n Skaapdief kan seerkry
Die viertrek spoeg klippies en sand onder die tollende bande uit
soos ek wegtrek na die nek om na die veeskade te gaan kyk.
“Ek het toe dit lig genoeg was deur die nek gestap en daar van bo
af die skaap getel. Hoef nie eintlik te getel het om te sien meer as
die helfte is weg nie,” bring James my op die hoogte van sake.
“Bel solank die polisie,” sê ek terwyl ek die selfoon na hom
aanskuif. In die krater het ek gister gesien, is geen selfoonopvangs
nie, maar teen die rant, oppad na die nek het ons ‘n sterk sein
gekry. As voorsorg het ek ‘n klomp van die belangrikste
telefoonnommers van Faureberg op ‘n papier uitgedruk, gelamineer
en teen die bakkie se nutskassie vasgeplak.
Die kraterrand is loshande die hoogste plek in die omgewing.
Hoekom sou die selfoonmaatskappye nie hiervan gebruik gemaak
het oom ‘n toring op te sit nie?
Ergerlik hoor ek die polisieman aan die ander kant, toe James
beduie waar, sê – vra: “Op die Jacobs-grond?”
24
Ek neem die selfoon by James. “Nee, die Wessels-grond langsaan.
Die grond met die krater.”
“Nou wanneer het Jacobs verkoop? Hy het daai grond so opgepas
en niemand daar laat kom nie – het nie gedink hy sal ooit verkoop
nie.”
Toe is die sein weg.
Van die twintig skape loop daar net ‘n agtal of so rond. Van die ram
is ook geen spoor nie. Hulle lyk vreemd met die rooi kolle op hul
boude. Ek het die skape juis rooi kolle op die boude geverf sodat ek
hulle maklik sal kan uitken as hier dalk nog van Jacobs se skape
sou loop.
Ek is woedend kwaad. Sommer die eerste nag al. En die stoetram.
Gun niemand my werklik om op my eie plaas te kan boer nie?
Dis maklik om die spore te volg – sommer reguit lyndraad toe, waar
‘n gat deurgeknip is. Hier lê voertuigspore in die sanderigheid langs
die pad. Dis darem baie blatante diewe – asof hulle ‘n mens wil
uitlag.
25
“Nou watter kant toe sou dit gery het?” wonder James.
“Daaikant,” beduie ek. Sommer met die blote oog kan ‘n mens sien
hoeveel breër die spoor van ‘n sekere punt af is, daar waar die
skurke vir die oplaai stilgehou het.
“’n Mens hoef nie ‘n Einstein te wees om die wegryrigting te bepaal
nie. Die breër bandmerke verklap die rigting.”
“Kyk net hier, sy een agterwiel het ‘n sig-sag patroon, maar aan die
binnekant is dit afgeloop met hierdie snymerk op,” lewer James ‘n
bydrae, baie bly om dit op te merk.
‘n Polisievangwa hou stil, en ‘n sersant en konstabel kom
aangestap.
“Hans Wessels,” sê ek en skud blad.
“James Maseka,” sê James en maak ook so.
Dit blyk kaptein Redelinghuys en inspekteur Nkosi te wees.
“Wanneer het jy die plaas gekoop?” wil die kaptein weet.
26
“Kaptein, ek het die plaas geërf toe my ouers hier vermoor is. Ek is
nou terug.”
“O, jy is die Wesselsseun,” sê Redelinghuys maar sonder vreugde.
“Dis reg,” antwoord ek.
“Weet Jacobs jy is hier?” Ek kan sien die kaptein verwens homself
dat hy so ‘n dom vraag kon vra.
“Na sy impi’s ons gistermiddag met masjiengewere bekruip het, en
ek hulle onderskep het, weet hy darem seker. Maar sy huur het al
laasmaand verval.”
“Ja,” sê kapt. Redelinghuys, “daai impi’s, soos jy hulle noem, maak
nogal baie moeilikheid...” Sy stem vervaag asof hy nou nie seker is
of hy dit behoort te gesê het nie.
“Hulle is daai kant toe,” beduie ek.
27
“Hoe weet jy dit? Gewoonlik gaan hulle reguit Lesotho toe – daai
kant toe,” en hy beduie onnodig oor sy skouer. Enigeen kan
Lesotho se berge oorkant die Caledon sien opdoem.
Ek beduie na die spore, en ek sien ‘n behoedsaamheid oor
Redelinghuys se oë trek.
“Ons neem net die verklarings vir die veediefstaleenheid,” beduie
die kaptein skielik kortaf. “Hulle is vanoggend vroeg weg na ‘n
geval op die Lesothogrens.”
Ek is steeds hoogs omgekrap na my groot verlies, en haastig om
die diewe vas te trek.
“Los dit dan,” blaf ek, “ek sal hulle self gaan aankeer. En julle bel
om die reste te kom haal.”
Die kaptein probeer nog keer en beduie.
Ek en James spring in die viertrek, en ek trek onnodig driftig weg.
In die truspieëltjie sien ek die kaptein sy notaboekie toevou en na
die vangwa hardloop. Ek verwag dus dat hy agter ons sou aanry,
maar dit gebeur nie.
28
“Seker om by die radio uit te kom,” dink ek en die eerste vlagie
onrus kom vou oor my hart.
Sommer by die eerste grondpad-afdraai weg van die Lesotho-kant
af, sien ons het die voertuig met my skape afgedraai. Dis ‘n
gruispad, en dis makliker om af en toe te kyk of die voertuig nog
reguit aangery het. Die pad kronkel tussen die sandsteenheuwels
in. En maak ‘n boog sodat ons nou seker omtrent reg agter die
krater moet wees.
“Oppas,” gil James skielik.
Ek het so aandagtig op die pad gelet, dat ek nooit ‘n groot
vragmotor op ‘n plaaspad sien aankom het nie. Die vragmotor skop
‘n groot stofwolk op en het duidelik ‘n baie swaar vrag agterop, wat
met ‘n seil toegetrek is, en dit is ook duidelik nie van plan om te
stop waar dit die gruispad moet kruis nie.
Die bakkie sleep op die gruis soos ek anker uitgooi, terwyl ek op
die toeter lê. Die bestuurder van die vragmotor kyk egter nie eens
in ons rigting nie, en jaag doodluiters reg oor.
29
“Bliksem!” gil ek vir hom deur die oop venster en maak ‘n vuis in die
lig. Dit, weet ek, maak niks aan die ander bestuurder nie, maar dit
laat my darem bietjie ontlaai.
“Jislaaik,” sê James toe ons weer op koers is, “daai lorrie is swaar
gelaai. Ek wonder wat ry dit aan wat so swaar kan wees?”
“Moet Jacobs se grond wees,” maak ek eers ander praatjies. En
toe daar kry ek hond se gedagtes. Ek bring die bakkie tot stilstand,
en gaan bestudeer die pad vir spore.
“Nes ek gedink het, daai spore is weg!”
Ons ry terug tot by die plek waar die vragmotor so wild voor ons
ingejaag het.
“Ek dink daai lorrie moes kom spore doodtrap. En dit beteken een
van daai polisiemanne het iemand laat weet om dit te kom doen!”
Ek is woedend.
“Stadig Hans, maak eers seker van jou feite,” paai James.
30
“Daai vragmotor het ‘n dubbel stel baie wye bande agter. Van
ander spore gaan nie veel oor wees nie.”
En dit is ook so. Maar die bakkie wat die skaap aangery het, het die
draai met die indraai bietjie gesny, en tussen die bossies kry ons
die spoor van die sig-sag band met die afgeloopte vlak en die lelike
snymerk.
Ons klim terug in die bakkie, en ek kry koers in by Jacobs se grond
in. Dieselfde bordjies wat aandui dis privaat en dat oortreders
vervolg sal word, begroet ons. James sit met die 22 gereed, en ek
het my rewolwer uitgehaal en op die sitplek langs my gesit. Op die
ingewing bel ek die polisiestasie.
“Sal jy asseblief vir kapt. Redelinghuys laat weet ek het nou pas die
gesteelde skape op die Jacobs-gronde gevolg, en ek gaan in om
hulle te haal?” vra ek die dame.
“Hoekom waarsku jy hulle jy kom?” vra James.
“Ons kan nie veel oorkom as te veel van die polisie weet waar ons
is nie,” sê ek, en ek hoop ek is reg. “Teen dié tyd weet
Redelinghuys beslis ons is hier.”
31
‘n Tweespoor-paadjie draai na links af, en ek hou stil. Die verdagte
spoor loop baie duidelik daarin. Hierdie paadjie slinger tussen
karees en natuurlike sandsteenklipstapels deur. Dan doem ‘n
plattdakgebou tussen die bome op, en eenkant staan die ligte
vragmotortjie – sonder my skape.
Instinktief skakel ek die bakkie se enjin af, en laat dit momentum stil
‘n ent nader loop. Dan klim ons stil uit, en elkeen met sy wapen,
loop ons onder soveel dekking as moontlik op die gebou se deur af.
Al geluid is dié van kloekende hoenders wat om die gebou skrop.
“Soveel vir gesondheidsregulasies,” dink ek.
Na ‘n ruk is ons by die deur, na ons gebukkend onder die vensters
verby is. Die geluid van vleissae klink maar wrang in my ore.
Sonder seremonie stap ek by die gebou in, waar ‘n lekker dikgat
besig is om vleis te sny. Die sifdeur was wel gesluit maar ‘n
goedgemikte karateskop laat dit tollend binne-in die slaghuis trek.
Die dikgat skrik hom om die een of ander rede asvaal toe hy ons
sien instap, en met sy dik lyf draf hy verbasend flink vir ‘n toonbank.
Ons is egter saam met hom by die toonbank, en ek slaan die laai
32
toe wat hy aan die oopruk was – met ‘n paar dik vingers wat
vasgeslaan word.
“Einaa!” gil die dikgat.
“Wat wil julle hê?!” huilvra hy. Hy is asvaal geskrik en baie bang, dit
kan mens duidelik sien.
“My gesteelde skape,” sê ek sonder seremonie.
Skielik is dit of die dikgat astrant wil raak.
“Ons slag net ons eie skape,” sê die dikgat met ‘n sweempie van
bravade.
“Nou maar dan moet my skape mos nog ongeskonde hier iewers
wees,” gesels ek skielik gemaak gesellig.
“:Maar wat sal jou skape by ons soek?” vra die dikgat, half astrant.
Ek hou nie baie daarvan dat mense sulke onvanpaste goed in my
geselskap lieg nie.
33
Ek gluur hom woes aan. “Ek sal hulle vra wanneer ek hulle kry. En
oppas as ek die verkeerde antwoord kry!”
Ek sien dikgat raak bleek.
James het egter intussen die koelkamers se deure een vir een
begin oopmaak. Sommer in die derde lê daar ‘n vrag rou velle, en
op daardie afstand bemerk ek ‘n klomp het rooi kolle op. Hulle het
waragtag vinnige gewerk met die gesteelde skape.
Ek is buite myself van woede.
“Jou bliksem!” gil ek, en gryp die dikgat aan sy kraag dat ‘n paar
knope spat. “Daai was my skape!”
Toe maak die dikgat die fout van sy lewe.
“Issie, dis losloperskape wat op ons grond anderkant die krater
geloop het!”
Ek weet nie of die dikgat al ooit in sy lewe so hard geklap is nie. Die
klap weergalm behoorlik deur die gebou.
34
“My stoetram op my grond is g’n jou rondloperskaap op jou grond
nie!” bulder ek buite myself van woede.
Die dikgat huil nou onbedaarlik.
“Bring daai velle!” gil ek onnodig hard op James.
Dis nie sommer vir gryp nie. Dertien velle met rooi kolle is meer as
een keer se dra, en ek kan nie hand bysit nie, want ek het dikgat
aan die nek beet en is oppad bakkie toe met hom. Nie dat hy
vreeslik vrywillig saamgaan nie. Hy hou sy bene lam, en ek is
verplig en vat hom met die een arm aan die kraag, en met my
sterker regterarm onder die broek se sit. Ek lig met my regterarm,
en hy verloor beheer oor waarheen ek met hom nou “bromponie”
ry.
“My pa maak julle vrek!” gil hy terwyl hy soos ‘n maer vark huil. Nou
weet ek ook sommer versterkings is vir Dikgat oppad.
“Gelukkig is jy ‘n groter teiken!” brul ek.
“En terloops, ek arresteer jou op ‘n aanklag van veediefstal.”
35
“My pa se prokureur sal jou ry!”
Waar ek die krag vandaan kry, weet ek nie, maar ek soek dit net
niks om oor my eie gesteelde skape met prokureurs gedreig te
word nie, en ek smyt Dikgat op die velle agter op die bakkie al is hy
boonop ‘n hele entjie langer as ek.
“Sit!” skree ek. Hy sit. Grootoog.
Dan trek ek weg, en Dikgat besef dat hy sy alie gaan afval as hy
nou probeer afspring.
Ons kom by die aansluitingspad aan, net toe ‘n bakkie wat van die
krater se kant af kom, begin spoed verminder het om in te draai
waar ons nou uitgejaag kom. Dadelik vermeerder die bakkie weer
spoed en jaag agter ons aan.
Agterop die bakkie kry Dikgat weer lewe en waai opgewonde vir die
bakkie, terwyl hy “Pa!, Pa!” roep.
Na ‘n rukkie draai ons in ‘n stofwolk en klippies wat skiet in die
gruispad af, en ek jaag vir die teerpad. Hoe meer afstand ons op
36
hierdie pad met al die stof in ons agtervolgers se oë kan kry voor
ons die teerpad haal, hoe beter.
Dit blyk egter nie heeltemal nodig te wees nie. Ek sien kaptein
Redelinghuys-hulle met ‘n hoë spoed van vooraf aangejaag kom,
en flits vir hom ligte. Dan begin ek die rem te trap sodat ek omtrent
langs hulle tot stilstand moet kom.
Die vangwa en die viertrek kom in ‘n groot stofwolk langs mekaar
tot stilstand, en ‘n ruk later sleep die agtervolgende bakkie ook tot
stilstand. ‘n Groot fris kêrel spring uit, gevolg deur van dieselfde
uniformmanne met wie ons die vorige middag swaarde gekruis het,
wat agter van die bakkie afstroom.
Die groot ou is briesend, en storm reguit op my af, sy vuiste gebal.
“Jou klein bliksem!” gil hy.
Ek is wel aansienlik kleiner as Dikgat se pa, maar klein is ek ook
nie. As ek my in my sokkies uitstrek is ek ‘n hele entjie oor die
outydse ses voet.
37
Dalk sou hy nog betyds tot sy sinne gekom het, maar Dikgat sit ‘n
snotpsalms in: “Pa hy het my geslaan!” huil hy.
Toe sien ek daar is net een uitweg. Die woedende man storm op
my af, en binne trefafstand laat waai hy met sy groot vuiste. Ek
koes met gemak want hy is gans te kwaad om ordentlik te baklei,
en laat loop met ‘n kort linkerhaak na die ribbes wat hom op sy
blaker laat beland.
Eers toe bemerk ek die “securities” se R-4s is op ons gerig, maar
uit die hoek van my oog sien ek James staan reg met die 22 op
hulle gemik, die kap van my viertrek tussen hom en die
skietlustiges
“Laat val julle almal jul wapens dat ons kan praat,” bulder kaptein
Redelinghuys. Ek is half verbaas om so gesag uit die selfde ou te
sien straal wat kort gelede nog op die toneel van die veediefstal so
slap voorgekom het.
“Wat gaan hier aan?” vra hy toe almal se wapen neergesit is.
Maar almal begin gelyk praat, en sommer te gil ook as hulle
agterkom die ander maak dat hulle nie gehoor word nie.
38
“Stil!” brul hy weer. “Of ek sluit almal op.”
Ons bly almal gedweë stil.
“Wat maak Piet agter op jou bakkie?” vra hy, en ek kan sien hy is
regtig verbaas.
“Ek het die spore van die voertuig waarmee my gesteelde skaap
weggery is, gevolg tot waar die klein hoender besig was om hulle
op te saag! Sy pa-hulle kon nie die spore betyds doodgetrap kry
nie.”
“Daai woorde sal soos musiek vir my prokureurs klink!” sis Jacobs
wat styf, styf op sy voete kom. Maar ek kan sien hy kyk nou met
meer ontsag vir hierdie “klein bliksem” wat hom so hard gewetter
het.
“Kaptein, sommer vir die begin, ek begin met ‘n klag van betreding
en van ontvoering. Arresteer hulle,” sê Jacobs.
“Hy het die slaghuis se deur afgeskop,” klik Dik Piet van agter die
bakkie af.
39
“En saakbeskadiging,” voeg die lummel by.
Intussen het ek na Jacobs gestap, en steek moedswillig hand uit.
“Ons het nog nie ontmoet nie. Ek is die eienaar van
Dagbreekkrater, Hans Wessels,” sê ek.
Dit lyk of ek ‘n slang aanbied, soos Jacobs my uitgesteekte hand
wegklap.
“Het jy vir Piet ontvoer?” vra Redelinghuys.
“Nee kaptein, behoorlik gearresteer. Daar sit hy kaplaks bo-op die
bewysstukke. Jy het self gesien my oorblywende skaap het sulke
rooi kolle op die boude. Daai velle ook. Ek sal sommer self DNS-
toetse doen om te bewys dis my skaap,” lieg ek.
“Ek het tydens my studies by Onderstepoort geleer hoe om dit te
doen.”
“Ek ook,” lieg James saam, wat steeds bietjie ver staan en nie mooi
gehoor het of hy saam by die fabel se bestanddele ingereken is nie.
40
As een of altwee hierdie geregsdienaars met Jacobs kop in een
mus is, is dit nodig om nou die hef in die hand te kry. Want is dit die
geval is en ek en James word toegesluit, is daai velle, en ons
eintlike bewyse, lank daarmee heen voor ons weer ‘n beweging kan
maak.
As ons natuurlik nie self spoorloos verdwyn nie. Om die een of
ander rede herinner my onderbewussyn my aan hierdie plek as ‘n
plek waar iemand spoorloos verdwyn het.
Skielik kry ek nog ‘n plan. Ek vroetel so onopsigtelik as moontlik
met my selfoon in my broeksak, en laat dit lui. Asof dit ‘n
inkomende oproep is, haal ek die foon uit my broeksak, en
“antwoord.”
“O hallo Japie,” sê ek gemaak bly.
“Ja, ons het veilig gery, maar sommer die eerste dag al skaapdiewe
gevang. Is nou juis hier besig om met die polisie te gesels. Ja,
kaptein Redelinghuys. Wou jy dalk self met hom gepraat het? O, ek
hoor gou.” Ek hou die selfoon eenkant, en vra vir Redelinghuys:
“Kaptein, Kommissaris Van Rensburg wil weet of daar iets
besonders is wat jy self vir hom wil vertel?”
41
Redelinghuys word bleek, maar ek sien ook dat insp. Nkosi lyk of
hy gaan beroerte kry. Ek kyk doelbewus nie na Jacobs nie – ek sal
wel netnou by James volledig verslag kry oor wat Jacobs en sy
seun se reaksie was.
Dan vervat ek op die selfoon. “Lyk nie of hy iets besonders het om
te sê nie....Beslis ‘n roetine-bewyslas. Nou maar goed, ek sal hom
vra om vir jou ‘n kopie van sy verslag na hoofkantoor te cc. ...O,
julle gebruik nog fakse. ...Nou maar goed, ek sal hom sê.”
“Wat nou pa?” huil Piet steeds agter bo-op die bakkie op die velle
waarop ek hom op sy blaker neergeplak het. Sy oor is bloedrooi
geswel. “Gaan ons tronk toe?”
“Sjaddap!” sis Jacobs. “Ons prokureurs maak gou maalvleis van
hulle!”
“Is daai maalvleis ook van vee wat julle gesteel het?” koggel ek, en
maak die meeste van die dilemma waarin die polisiemanne hulle
bevind.
42
Duidelik is die Jacobse nie die tipe burgers wat ‘n mens aan die
verkeerde kant van die tralies sou verwag nie – waarskynlik nie
soseer oor hul onkreukbare karakter nie, maar doodgewoon oor hul
statuur in die gemeenskap.
“Jy gaan *&^, mannetjie!” sis Jacobs vir my. “Jy het nie ‘n benul met
wie jy nou *&^ gesoek het nie. O bliksem, maar jy gaan *&^ en ek
gaan elke oomblik daarvan geniet!”
“Ag kaptein, jy het nou gehoor. Voeg sommer crimen injuria ook by
die klagtes,” koggel ek Jacobs verder.
“Gaan *&^ man!” gil Jacobs nou behoorlik buite beheer van
kwaadgeit. “Wie de hel dink jy is jy om klagtes teen my te lê?”
“Wessels, Hans Wessels’” sê ek deur hom kamma verkeerd te
verstaan, en steek weer my hand uit om te groet.
“Kom almal saam!” raas Redelinghuys oplaas, “ons gaan almal na
die Soep toe dat hy besluit wat om te doen.”
43
“Maar ek het baie werk op my plaas,” koggel ek Jacobs vir oulaas,
terwyl ek in die viertrek klim en agter die kaptein aanry. Eers toe
besef ek Groot Piet sit steeds agter op die bakkie en tjank.
44
3. ‘n Mooi meisie kom te perd
Dit was ‘n taamlike sirkus by die polisiestasie. Supt. Baleng het ook
kort-kort aangedui dat hy nou nie mooi weet hoe om verder te gaan
nie, maar sodra ek aanbied om “Komm. Van Rensburg” vir raad te
bel, weet hy skielik wat om volgende te doen.
Dit blyk gou dat saamgespeel is om tyd te wen vir Jacobs se
prokureur om te kom aansluit.
“Van der Merwe,” stel hy hom teensinnig aan my en James voor
toe ons voorgestel word.
“Uiteraard raai ek my kliënte aan om niks verder te sê nie.”
“Natuurlik,” stem ek skielik heel beskaaf en beleef saam, en
onderdruk die versoeking om weer ‘n dwars ding kwyt te raak. Die
man, blyk dit, is eintlik ‘n junior vennoot van Jacobs se eintlike
prokureur te wees, en hy lyk heel beskaaf.
Die uiteinde is dat die velle met die rooi kolle goed gefotografeer is,
en toe as bewysstukke in ‘n slaghuis se koelkamer toegesluit is.
Jacobs en Groot Piet se vingerafdrukke is geneem, en hulle is op
45
borgtog vrygelaat. Die “securities” is op waarskuwing vrygelaat, en
sal dalk later staatsgetuies word.
Met die uitstap uit die polisiestasie “bel” ek “Japie” weer, en ek
verseker hom dat alles voor die wind gaan. “Die skelms is
gearresteer, hul vingerafdrukke is geneem – hoewel, verduidelik ek
– ek nie so mooi weet of die dikke se vingerafdrukke iets sal wys
nie – en ons is nou oppad... O, jy gaan laat kyk vir vorige
veroordelings? ...Ja, ek sal nie van die skadevergoedingseis
vergeet om die vee te vervang nie.”
Ek en Jacobs trek gelyk weg, en dié keer is Groot Piet by sy pa in
die bakkie en nie meer agter op die viertrek nie, en ek wuif
opgeruimd vir hulle. Jacobs vererg hom amper in ‘n ander
bloedgroep in, veral toe hy sien van sy “securities” waai terug. Dis
nou manne wat so ver hulle kan nou hul brood aan albei kante
gebotter wil hê. Hulle is nou glad nie so seker wie eintlik die hef in
die hand het nie.
Toe ek in die teerpad indraai, is Jacobs al lankal skoonveld. Hy het
seker nog nooit in sy lewe so vinnig teruggery plaas toe nie.
46
Ek ry eers by die koöperasie aan om ‘n stewige hek te koop om in
te sit waar die oue toegespan was. Ek en James sit die nuwe hek in
voor ons weer die slegte pad teen die krater uitneem.
“Ek het gisteraand iets soos ondergrondse dinamietskote voel en
hoor afgaan,” sê ek vir James. “Sou Jacobs iewers gruis myn? Dis
seker wat op daai lorrie was, maar hoekom gruis met ‘n seil
toemaak? En waarheen is die lorrie toe met daai gruis?”
“Soos ek jou ken, sal jy nie rus voor jy gaan kyk het nie, al weet jy
dit gaan weer die weerlig op jou trek. Moet ons nie maar omdraai
en gaan kyk waarheen daai lorrie is nie?”
“Ek het ‘n beter idee. Ek gaan sommer daar by die nek teen die
platorand opklim, en om die krater stap en kyk wat aangaan.”
“Is die agterkant van die krater nie op Jacobs se grond nie? Dan
soek jy mos skoor.”
“Nee, die hele plato is op ons grond. Soos ek op die kaart onthou,
is daar wel ‘n uitloper of twee tot op Jacobs se grond. Ek dink hy
moes dit seker juis as die toegangsroete na Dagbreek gebruik het.
Dis seker ook hoe die wagte hier gekom het.”
47
Ons kruie oor die slegte pad die nek in, en anderkant uit. Dan sien
ons ‘n gesig. ‘n Meisie op ‘n perd, reg in ons pad, en sy gaan ook
nie padgee nie. Ek hou stil en klim uit.
“Wat soek julle hier!” roep sy astrant uit.
“Ons woon hier,” sê ek droog, wel wetend dis nie die antwoord wat
sy soek nie, en voeg dan moedswillig by: “Maar is jy nie bietjie
astrant vir ‘n betreder nie?”
Ek kan sien sy word wasbleek onder haar hoed. Sy is woedend
kwaad. Die familietrekke met Dik Piet lê duidelik op haar gesig.
Arme meisie, want andersins is sy heel aantreklik.
“Dis ons grond,” blaf sy vererg. En julle moet trap voor my pa julle
hier kry!”
“Ag wat, ons het hom en jou vetgat boetie klaar ontmoet en in die
tronk gehad. Vir betreding onder andere. Hulle het darem borgtog
gekry,” koggel ek.
“Julle het wat?! En julle leef nog?!”
48
“Ja,” sê ek weer droog. “Hulle leef ook nog, hoewel ek altwee
ge*&^% het. Net liggies, maar hulle was so broos, hulle is amper
bokveld toe.”
“Jy lieg!” sis sy, en gee haar perde spore, en jaag by ons verby.
‘n Rukkie later sien ons haar op die kraterrand, waar sy haar perd
driftig aanspoor, oppad na die agterkant van die krater.
Ons kyk of alles by die opstal en die karavaan reg is. Ons stoele is
wel omgekeer soos deur iemand wat vies vir betreders was, maar
verder is nie juis getorring nie.
Ons gaan skep water uit die poel ‘n entjie onderkant die
watervalletjie, en ek maak ‘n fles vol om die kraterrand aan te durf.
My asem jaag teen die tyd dat ek bokant is, en ek besef as ek op
hierdie plaas wil boer, sal ek moet sorg dat ek behoorlik fiks is. Dan
kies ek koers al op die kraterrand langs waar die merrie van netnou
so driftig weggery het. Die perd ook.
49
“Ag nee, hier kom sy al weer op daai perd van haar,” dink ek toe ek
op ‘n afstand ‘n perd teen die buitekant van die kraterrand sien
opkom. Die ruiter en perd slaan eers koers in op die anderkantste
rand, maar dan gewaar sy my en kom omgery na my toe. Ek stryk
maar aan en begin my woorde agtermekaarsit vir ‘n ordentlike
skrobbering oor ons omgekeerde stoele.
Maar dis nie die Jacobsmeisie nie, sien ek toe sy naby genoeg kom
dat ek gelaatstrekke kan begin uitmaak. Trouens, dink ek, ek yl
seker van die moegheid en die hitte hierbo, want ek sien ‘n engel.
‘n Pragtige engel op ‘n baie mooi perd.
“Hallo!” roep sy toe sy seker is sy is binne trefafstand. ‘n Klein
brakkie langs die perd blaf opgewonde.
“Hallo!” roep ek terug.
Sy ry tot by my, en klim van die perd af, en steek haar hand uit: “Ek
is Marisa du Plessis.” Sy is nog mooier as wat ek op ‘n afstand
gesien het en sy is lank, sy kyk my met haar amandeloë amper
waterpas in my oë. Haar lang rooibruin hare swiep liggies in die
effense trekkie wat oor die kraterrand sluip. Haar brakkie spring
50
nou teen my been op en af, en verplig my om hom oor sy kop te
streel.
“En dis Baksteen,” sê Marisa. Baksteen, dink ek, is heel gepas vir
‘n baster worshondjie.
“Hans Wessels,” sê ek en verwens my kurkdroë verhemelte. Ek
neem ‘n sluk water, maar my mond is opslag weer kurkdroog. Dis
nie van dors nie – ek voel soos ‘n tienerseun voor sy eerste
afspraak met die skool se mooiste meisie.
“Ek het gehoor die Wesselsseun is terug,” sê sy. “Na jy en Jacobs
by die polisiestasie was, het die nuus oor die plaaslyne gegons,”
verduidelik sy toe ek verbaas lyk dat die nuus al so getrek het.
“Toe die storie boonop by tannie Wysie kom, toe is dit so goed dis
oor Radio Faureberg uitgesaai....” Sy lag liggies en haar stem klink
soos Alpeklokkies wat musiek maak.
“Ek hoor jy het hulle bietjie getik,” sê sy effens geamuseerd. “Maar
hulle gaan nou vir jou baie moeilikheid maak – dis die soort wat
hulle is. Hulle het baie kontakte.”
51
“Plaas ek het hulle harder ge..., ge...timmer.” Ek praat gewoonlik
nie grof nie, “... maar Vet Piet het klaar so gehuil, en sy pa se wind
was ook sommer van ‘n skrams houtjie uit.”
“Nou toe nou, Simson.”
Ek wil my tong afbyt. Heng, die meisie het ‘n uitwerking op my dat
ek aanhou die simpelste goed te sê, en vir seker nog gaan sê. En
ek ken myself, as ek eers verbouereerd oor sulke ding raak, raak
ek heeltemal die kluts kwyt.
Dan vervolg sy: “Dis ook hoekom ek dit hier kon waag. Van Jacobs
die plaas begin huur het, is ons verbied om selfs naby die krater te
kom. Ek was destyds toe...ek was nog maar baie klein en het nie
regtig onthou hoe dit hier lyk nie, behalwe dat dit verruklik mooi is,
en kon nie wag om weer te kom kyk nie. Ek hoop nie jy gee om
nie.”
Net ‘n swaap sal omgee dat so ‘n mooi meisie op sy plaas kom,
dink ek. Maar ek sê:
“Natuurlik nie, glad nie. Jy is enige tyd baie welkom.” Of dis wat ek
probeer sê terwyl my tong so teen my droë verhemelte vaskleef.
52
“Waarheen nou?” vra sy die logiese vraag. Ek was immers na een
kant oppad, en sy na ‘n ander.
“As jy nie omgee nie, ek was kleintyd laas aan daai kant van die
krater. Ek wil graag iets gaan kyk.”
“Natuurlik,” sê sy. Ek stap saam...as jy natuurlik nie omgee nie.”
“Natuurlik nie,” probeer ek klokhelder uitkry, maar die rafels van my
stem in ‘n kurkdroë mond met my tong wat aan die verhemelte
vasklou, klink my poging vir my aaklig.
Ons stryk aan. Ek het die waterbottel in ‘n jiffie leeg, maar my keel
bly kurkdroog. Toe onthou ek van grasspriete kou, en ek doen dit.
Dit gaan sommer strate beter.
“Ag ekskuus, nou het ek die waterbottel leeggedrink.”
“Toemaar, lag sy, ek sal netnou by jul plek water drink, en dit sal
my darem tot by die huis hou.”
53
Baksteen het oënskynlik onuitputlike energie. Hy jaag als wat roer,
en ‘n paar keer kry ek kou rillings as hy naby die kraterwand na
skoenlappers hap. Ek eis as ek dink wat sal gebeur as hy ‘n haas
moet skraap en die haas gaan gooi ‘n es teen die kraterwand. Dan
moet Baksteen seker na Plaveisteen herdoop word want hy gaan
nog platter as nou wees.
“Dis verruklik mooi,” sê Marisa en beduie oor die binnekant van die
krater.
Ek knik net kop. Die son skyn helder op die oorkantste holkranse
wat met hul voete in soel kareebome staan. Die oorblywende paar
skapies het intussen instinktief deur die nek koers gekry, en wei
nou soos wit spikkels in die groen kom van die krater. Wit spikkels
met kleiner rooi spikkels op hul boude.
Ons stap omtrent in die middel van die kraterrand. Ek kan voel my
voete word nog yskoud as ek na-aan die kant kom. Ek moet eers
weer hierdie hoogtes gewoond raak.
Ons is besig om die plek te nader waar ek wil wees. Ons gaan sit
elkeen op ‘n groot klip naby die kant en kyk oor die uitgestrekte
Oos-Vrystaat met sy talle sandsteenkoppies.
54
“Ek glo nie,” sê Marisa, “daar is nog so ‘n mooi plek in die wêreld as
ons wêreld nie.”
Dis op die punt van my tong om te sê dat dit in hierdie mooi wêreld
is waar plaasmense vermoor word. Na my ouers, en veral die
afgelope klompie jare, was hier verskeie voorvalle in die omgewing,
en dit lyk of dit meer word. Ek het onlangs in ‘n verslag van
Solidariteit gelees. Plaasaanvalle trek nou al amper op twee per
dag. Ek lees alles oor plaasaanvalle. Ek hoop om eendag my ouers
se plaasmoord op te los. Iets rondom die plaasaanval op my ouers
rym egter nie – nie dat die vreeslike wreedheid waarmee
plaasmoorde gepaard gaan enigsins met enigiets rym nie.
Maar ek knik net my kop. Dit is regtig mooi. Die klipkoppies lyk of
hulle geverf is, en tussenin, tot doer ver. Geen wonder hulle noem
die hoë holkranse hier anderkant Golden Gate nie.
Reg voor ons is nie ‘n holkrans aan die buitekant nie. ‘n Uitloper
daal geleidelik na onder, wat dit heel gemaklik vir ‘n viertrek of perd
sal maak om hier uit te kom. Dik Piet se sus is seker ook netnou
hierlangs af. ‘n Entjie verder aan begin die holkrans weer, maar net
55
‘n kort entjie, en dan is daar weer ‘n uitloper. Dis die een waarlangs
Marisa gekom het.
“Daar in ons huis – tussen die hoë bome,” beduie Marisa na ‘n
opstal met ‘n rooi dak ‘n entjie anderkant die verste uitloper.
“Ons grens loop eintlik reg bo-op daai uitloper tot amper bo by die
kraterrand, beduie Marisa. Maar die Jacobse het so ‘n
dominerende aard dat ons nooit naby daai grensdraad gekom net
nie. Selfs nou het ek maar soveel afstand tussen my en die
grensdraad gesit as wat ek kon om nog bo uit te kom.”
Ek knik van verstaan. My woorde steek nog in my mond vas, maar
ek het genoeg van die Jacobse ervaar om te weet hulle sal maklik
iemand geïntimideer kry. Iemand wat nie lus het om te karring waar
mens jou neus kon uithou nie. Dis eintlik hoe ek ook is, dink ek,
maar hulle het sommer met die intrapslag my verkeerd opgevryf,
veral deur dit so duidelik te maak dat hulle my glad nie my erfplaas
gun nie. Die erfplaas waarop my ouers so wreed vermoor is.
Ek verstom my aan die aantal vreemd gevormde klein koppies aan
hierdie kant van die krater, amper soos brokstukke wat uit die lug
op ‘n gladde oppervlak geval het – soos spatsels amper. Dit maak
56
die wêreld interessant, en veroorsaak dat die paaie wat mens hier
sien – ook die plaaspaaie, tussen hulle en die talle kareebome deur
moet kronkel. Op die horison dans ‘n paar stofduiwels.
“Dit het die afgelope winter ’n paar keer nogal goed gereën. Dan is
dit al asof dit maar taai is om te reën as die somer begin water
trek,” sê Marisa.
“Ek dink nie ‘n skilder sal ooit hier kan sit en in sy leeftyd alles wat
mooi is klaar vasgevang kry nie. Veral nie al die inspirasie vir
kunswerke wat hier in ‘n mens se gesig kom spring nie,” sê ek
steeds stom van die mooi gesig.
“Skilder jy dan?” vra sy duidelik effens verras.
“Nee,” sê ek eenvoudig. “Daai talent het nooit na my kant toe
gekom nie. Al kuns in my is dat ek ‘n banjo kan speel wat ek by my
pa geërf het.”
Intussen kyk ek of ek ‘n gruisgroef kan sien. Ek volg die pad wat die
vragmotor wat so voor ons ingery het moes gevolg het. Na die
krater se kant toe verdwyn die pad naderhand tussen uitlopers van
die kraterwand. Die gruisgroef is seker teen die berghang self, en
57
buite sig. Nog voor ek die spoor kan begin volg om te kyk
waarheen die lorrie met sy vrag gery het, hoor ek ‘n vragmotor se
gedreun amper reg onder ons, en besluit ek ek gaan hom self met
die oë volg wanneer dit in sig kom.
“Al weer een van daai lorries,” sê Marisa.
“Al weer?” vra ek.
“Ja, hulle trap die pad vreeslik uit waar hulle oor daai gruispad
gaan,” beduie sy na die plek waar ek en James vanoggend amper
afgeskryf is.
Intussen het die vragmotor in sig gekom, en stadig na die kruising
begin ry. G’n niks van vanoggend se gejaery nie. By die kruising
word stilgehou, gekyk of die pad skoon is, en dan oorgery. Die
lorrie verdwyn vir ‘n rukkie tussen die koppe, en kom dan weer te
voorskyn. Skielik besef ek waarheen die lorrie oppad is. ‘n Ent
verder krul ‘n treinspoor, en by ‘n halte is ‘n skuins oprit ingerig, met
‘n ertslaaier wat reg bo ‘n wagtend treintrok wag.
Nou krap ek kop. Dit kan mos onmoontlik nie lonend wees om gruis
nog met ‘n trein te laat wegry nie. En hierdie lyk na ‘n
58
langtermynbedryf – nie soos ‘n tydelike groef vir wanneer
padherseelwerk in die omgewing gedoen word nie.
“’n Tiekie vir jou gedagtes,” ruk Marisa my uit my bepeinsing.
“Jy is seker geleerd,” kom ‘n lomp gedagte in my kop op, en dadelik
voel ek weer soos ‘n swaap.
“Ek hou skool,” sê sy half stomp.
“Ek is jammer. Ek is..net...verskriklik lomp met woorde...by ‘n mooi
meisie,” stotter ek.
Sy bloos, en staan op. “Kom ons gaan haal die water,” sê sy bloot.
Die keer ry sy op die perd, en ek stryk half agter haar te voet aan.
Sy sit gemaklik soos ‘n ervare ruiter op die perd, met haar lang
hare wat nou nog meer deur die kwalik bewegende luggie geskep
word. Die hare vonkel behoorlik in die helder sonskyn.
Later is die ys darem weer gebreek, en val sy langs my te voet in.
Ons volg nou die oorkantste kraterrand.
59
“Wat het alles van jou geword na..., na die ding met jou ouers?”
Ek dink diep, oor waar om te begin.
“My ouers se testament het ‘n trust gevorm, en ek het by my tannie-
hulle in die Boland gaan bly. Liewe, goeie mense. My saam met hul
eie kinders soos hul eie grootgemaak. Maar ek het om die een of
ander rede nooit heeltemal gevoel ek pas nie. Dalk maar die
trauma. Dalk omdat die land nog nie reg was nie...dalk nog nie is
nie...dat jou beste maat swart is. Na skool het ek en James vir
veearts gaan leer, en toe ek kon, uit die trustgeld hier ‘n aandeel in
‘n praktyk gekoop. Ek wou terugkom na my eie plaas.”
“En hier loop jy jou in Jacobs vas.”
“Ja, ek was gelukkig. Tot dusver was dit elke keer hy wat hom in
my vasgeloop het. Maar hy het duidelik mag en baie mense in sy
sakkie. ‘n Mens gaan nie elke keer so gelukkig wees nie.”
“Glibberige ou daai, en sy seun...die is al agter my aan...”
Ek voel hoe die bloed in my kop opstoot. Ek is op die plek
verskriklik jaloers. Maar terselfdertyd antwoord dit my
60
onuitgesproke vraag. Sy is nog nie aan iemand verbind – gekys of
verloof of so iets nie.
Dan is ons by die nek, en klim ons die steilte af. Kort-kort neem ek
haar aan die hand om haar by moeiliker plekke af te help, en betrap
myself dat ek dan haar hand onnodig lank vashou. Sy maak of sy
dit nie agterkom nie. Dan stryk ons aan na die murasies en die
karavaan, waar ‘n heerlike braaivleisgeur in die lug hang. Toe eers
besef ek hoe honger ek is.
Baksteen het vooruit koers gekry, en toe hy James by die
kosmakery aantref, vreeslik aan’t blaffe gegaan. “Hiert, Jaws, siejy
wegbly, voertsek basterbrak,” hoor ek James sy man teen die
tanderige aanslag probeer staan.
“Baksteen!” roep Marisa en oomblikke later kom Baksteen
aangehardloop, blaffend om ons te kom waarsku teen die “gevaar”
daarvoor.
“Dis James,” stel ek Marisa voor. “James se ouers is saam met my
ouers .... e, oorlede, en ons is sedertdien beste vriende.
“Marisa,” stel sy haarself voor. James glimlag van oor tot oor.
61
“Jy jaag net die een meisie weg, dan gaan haal jy vir jou ‘n mooier
een. ‘n Baie mooier een.”
Ek wil James middeldeur kyk, so verleë het hy my. Marisa bloos.
“Kom ons gaan haal water,” sê ek om die verleentheid te breek en
gryp ‘n groot emmer en waterkan, en begin sommer aanstryk na
die poel. Marisa val agter my in, en na ‘n rukkie help ek haar weer
aan die hand waar die helling begin skuins raak. Ons tonnel deur
digte struike, ouhout, en later in die digte bosgasie wat die ou
karees vorm.
Dan gaan die takke voor ons oop, en die towertoneel van ‘n helder
poel teen ‘n agtergrond van water wat oor ‘n holkrans ruis vou voor
ons oop.
“Verruklik!” roep Marisa uit.
“Teen baie van die holkranse is Boesmantekeninge,” sê ek van
onthou. “Hier moes ‘n taamlike gemeenskap gewees het. Maar
hulle is, as ek reg onthou, later deur die Korannas verdryf.”
62
Ek skep die emmer en die waterhouer vol water, en sit dit eenkant
neer. Dan sak ek op my maag langs die water neer, en drink gulsig
uit die poel. Ek wil die droë gevoel nou vir eens en vir altyd uit my
kop mond kry, al moet ek die poel leegsuip. Ek was my gesig, druk
my hele kop onder die water. Later, as Marisa weg is, sal ek onder
die waterval kom stort.
As ek regop kom, sien ek Marisa het die prentjie half geamuseerd
gade geslaan. Dan staan sy op.
“Gaan jy my ‘n rukkie privaatheid gee?” Sy lyk regtig skaam – so
skaam dat ek verbaas is dat sy ooit so iets sou vra.
“Natuurlik,” brom ek, my verhemelte weer kurkdroog. Ek gryp die
waterhouers, en kies koers eers deur die biesies, en dan die
Kareebome. Dan hoor ek ‘n harde plas, en ‘n geplas. Ek gaan sit in
die koelte van ‘n Karee, en staar oor die krater in die vlakte onder
my uit.
“Verbrands mooi,” brom ek, en maak myself wys dat ek van die
holkrans-omsingelde krater praat. Ek kyk na die karavaan waar ‘n
lui rokie die lug in trek, en geleidelik teen die oorkantste kranse
63
verdamp. James ken die kuns van kos maak, en ek is amper seker
ek kan die kos tot hier ruik, so honger is ek.
Ons sal ‘n kragopwekker moet gaan koop, dink ek. Dit gaan lank
neem om telefoonlyne hier te kry, en die selfone se batterye gaan
ook nie vir altyd hou nie.
Ek moet oor ‘n week by die praktyk gaan inval. Dan moet ek darem
respektabel lyk.
Hier is so baie werk...
Dan kraak takke agter my, en ek besef die geplas het stilgeraak.
“’n Tiekie vir jou gedagtes,” sê Marisa hier agter my. En vervolg:
“Dit was nou lekker”. Haar nat hare kleef aan haar nat kop.
Baksteen het ook geswem, en gewag tot hy by my kom voor hy die
water behaaglik uit sy pels skud.
‘’n Waternimf,” sê ek.
64
Sy lyk weer verleë. “Ons het net nie so ‘n skoon swemplek by ons
nie. Ek is dol oor swem – Vrystaatkleure gehad. Ek kon die
versoeking na die ryery in die warm son nie weerstaan nie.”
Dan lag ons altwee en begin aanstryk na die karavaan.
65
4. Maar wat is onder die seile?
Die volgende twee dae werk ek en James soos esels. Ons probeer
oral gelyk aandag gee. Ons kyk watter dele van die opstal ons die
gouste bewoonbaar kan maak, die waterdam by die skape moet
reggemaak word dat dit na die volgende reën ordentlik kan water
kry. My trustfondse begin steier onder die aanslag van aankope –
‘n trekker, ‘n dieseltenk, ‘n skrop, ‘n kragopwekker, sement,
sinkplate, en uiteindelik, oë toeknyp, ‘n klein vragmotortjie.
Twee dae later is verskriklik baie gedoen, en ek en James is
pootuit.
Dis ook Sondag.
“Ek gaan vandag vir Marisa kuier.”
“Bravo, nou eers,” terg James.
“As ek ‘n perd gehad het, het ek elke middag hier oor die krater
soontoe gery.” Ek staan op en stap met knieë wat bewe na die
kraternek om buite ‘n selfoonsein te kry om te kan bel. Met een van
die besoeke op die dorp het ek haar ouers se telefoonnommer
opgeslaan.
66
“Frans du Plessis,” antwoord Marisa se pa. Ek voel weer soos die
skoolseun wat ‘n meisie bel vir die eerste afspraak.
“Dag oom,” stotter ek. “Is Marisa daar?”
“Wie moet ek sê wil met haar praat?” brom die ou stroef.
“Ekskuus oom, Hans, Hans Wessels.”
“Nou my magtag, sê dan so,” raas die ou, maar duidelik heelwat
vriendeliker. “Ek dag dis weer daai Vet Piet wat lol.”
“Pa!” hoor ek Marisa op die agtergrond raas. En dan is sy self op
die telefoon.
“Marisa hier.” Sy klink opgewonde.
Skielik sit my tong weer aan my verhemelte vas.
“Ha-hallo. Dis Hans wat praat.”
“Hallo Hans, hoe gaan dit.” Sy klink vriendelik.
67
“Sal jy met my trou?” Dis nie wat ek gesê het nie, maar ek is so
senuagtig, dit kon net sowel gewees het. Wat ek wel gesê het was:
“Kan ek vanmiddag kom kuier?” Sonder enige aanloop.
“Natuurlik! Kom eet sommer vanmiddag hier.”
Ek voel soos ‘n skurk toe ek James alleen los, maar hy lag my met
die hand weg. “Iemand moet hier oppas. Onthou, iemand het slae
gekry en iemand soek wraak. Anderdag is jy getroud en sit by die
huis en kinders oppas, dan kerjakker ek die wêreld vol.” Dit laat my
beter voel.
Van die plaaspad se afdraai af na die opstal loop die pad deur ‘n
eikelaning. Die opstal is ‘n imposante sandsteengebou, baie soos
ek my ouers se huis uit my kleintyd onthou. Om die huis is egter
ook groot eikebome, heel ander as die immergroen kareebome wat
by ons huis gestaan het.
Die huismense wag vir my op die grasperk voor die huis, en toe
Baksteen sien dis ek, hardloop hy verspot twee wilde draaie om die
opstal voor hy teen my kom opspring.
68
“Dis my ouers, tannie Wanda en oom Frans,” sê Marisa. Ons groet
en ek merk iets in die ouer mense se oë – ‘n bedagtheid dalk?
“My ouma het uit die Boland gekom en baie lief vir tuinmaak,”
verduidelik Marisa die eikebome na ons gegroet, en haar ouers die
huis in is..
“Kyk, as jy hierdeur kyk sal jy sien – pure Boland.”
Ek kyk soos sy beduie, tussen twee akkerbome deur na die berg
daaragter. Met die skuinste van die een uitloper, en die kort stukkie
plat rand voor die rand weer agter ‘n ander eikeboom verdwyn, kan
mens maklik dink dis ‘n Bolandse toneel.
“Jou werklik,” sê ek. Ek weet want na my ouers se dood het ek
immers ‘n Capie geword.
Ons stap die soel voorvertrek van die opstal in, en ek verstom my
aan die helder kleure wat uit die skilderye teen die muur straal.
“Claerhout,” dink ek instinktief, maar dan is die lyne te fyn – “Stefan
Ampenberger.” Maar nee, ook nie, hoewel die Oos-Vrystaatse
tonele onmiskenbaar iets van die gemene delers van die bekendste
69
Oos-Vrystaatse skilders dra. Ek stap nader om die handtekening te
kyk. Verras sien ek dis Marisa se handtekening.
Sot. Toe sy my daar op die berg vra of ek skilder, vra ek nie vir
haar nie, en sy sê ook niks.
“Ek dag dis Stefan Ampenberger-werke,” sê ek egter, en as ek die
teleurstelling op Marisa se gesig sien, is ek dadelik spyt – “Ek grap
net, maggies maar jy skilder baie mooier as Ampenberger,” sê ek.
Sy is skaam, maar sy geniet die kompliment.
“Jy weet iets van die Oos-Vrystaatse kunstenaars,” merk sy op.
“Ja, ek het nooit my belangstelling in my wêreld verloor nie,” sê ek.
“Ek het nog so gehoop om by Claerhout uit te kom, maar hy is dood
voor ek kon kom.”
“Jy het ‘n wye belangstellingsveld,” sê Marisa na ek haar skilderye
eers almal mooi bekyk het, en oppad is na die sitkamer. Ek sê dit
nie – nog nie – maar elke skildery is ‘n venster na haar siel. Die
sonskyndae in haar lewe, maar ook ‘n episode van donker klowe,
helder kleure teen die lug ten spyt.
70
Daar is ook ‘n paar skilderye van mense en dié keer bemerk ek iets
van Jana Reinecke. Ook hier straal die oë iets van die siel uit.
“En jy het weer talente – ek sal moet uitvind wat dit alles is voor ek
my voet weer in ‘n ding sit.” Sy lyk effe verleë by die aanhoor van
die kompliment.
Dit raak ‘n onvergeetlike dag. Die tannie raas wel kort-kort omdat
sy kort notisie gekry het om behoorlik vir ‘n gas voor te berei, maar
ek voel of ek ‘n koningsmaal geniet. Al kan James kos maak en al
is hy lief om lekker kos te maak, kom niks darem by ‘n boervrou wat
haar storie ken nie.
“Volgende keer sal ek nog korter kennis moet gee, tannie Wanda,
anders is daar te veel disse waarvan ek iets eenvoudig moet eet.
Dis darem alles te lekker om iets oor te slaan, en soos ek nou voel
van die baie kos...”
Skielik moet ek soek na woorde. In die koshuis en by James sê
mens sommer mens is nou lekker dik geëet, en nou moet my
geheue vinnig blaai om by die regte sêding in hierdie geselskap uit
te kom.
71
“Ek is baie lekker versadig tannie. Baie dankie vir die koningsmaal.”
Ek en die oom gesels ook lekker, en ek kry waardevolle
boerderywenke. Boerderyomstandighede in die Boland, waar ek
by die familie gebly het, verskil drasties van dié in die Oos-Vrystaat.
“Ek is jaloers,” brom hy op ‘n kol, dat dit jy en nie ek was nie wat
daai twee Jacobse so afgeransel het. “Maar ek hoor so met ‘n
ompad hulle probeer baie moeilikheid vir jou maak. Hulle ken
invloedryke mense.”
“Ai oom, moeilikheid het ek nie kom soek nie. Maar ek is nie
skatryk om sommer van dag een af so besteel te word nie.”
Na die ou mense bietjie gaan skuins staan het, neem Marisa my by
die agterdeur uit. Baksteen, glo ‘n baster worshond / Jack Russel
glo die uitstappie vind spesiaal om sy onthalwe plaas, en hy storm
al blaffend vooruit. As daar ‘n leeu daar voor is, is ek bevrees is dit
klaarpraat met vuilbaard, so met oorgawe snol die brak vooruit.
Marisa neem my tussen ‘n plaat treurwilgers deur tot waar ook hier
die blarekrans oopmaak op ‘n skildermooi dam wat aan die oorkant
deur ‘n fontein gevoed word. Anders as die poel op Dagbreekkrater
72
is hierdie water nie helder nie, maar smaraggroen. Spierwit eende
swem tussen die waterlelies.
“Is dit nou hier waar jy op jou maag gaan water drink, en ek jou dan
vir ‘n paar minute privaatheid vra?”
Sy bloos, maar is nie op haar mooi mondjie geval nie: “Ja, maar
sodra jy in die water is kom ek koekeloer.”
“Dan weet ek ook wat om volgende keer te doen,” korswel ek terug.
Weer bloos sy.
“In elk geval is ek nou ver te vol geëet om op my maag te kan lê en
waterdrink.” Ek tel ‘n plat klippie op, en laat dit oor die water spring,
weg van die watervoëls sodat hulle nie gesteur word nie. Die kringe
begin uitkolk van die plekke waar die klippie op die water gespring
het.
“Maar op so ‘n mooi warm dag is dit ‘n sonde om nie bietjie te
swem nie,” sê Marisa.
Skielik suis my ore, en ek verloor heeltemal kop. Voor ek my kan
keer raap ek haar in my arms op, en spring met haar al gillend by
73
wat klaarblyklik die diepkant is, in die water. Baksteen kom al
blaffend agterna, en plons agter ons in die water. Die ding lyk
kapabel en kom vang my.
Die water is yskoud, en skok my tot oombliklike soberheid. Sot!
Raas ek met myself. Ek wil nie weer my kop bo hierdie water
uitsteek nie. Maar so stel ek net die kwade oomblik uit, en ek beur
skoorvoetend na die oppervlak. Skaars is my kop bo die water, toe
sien ek ‘n ding deur die lug gevlieg kom, en ‘n vlietende oomblik
later tref Marisa se skoenplakkie my met ‘n slag teen die kop. Ek
sien net sterretjies. Dan is Marisa by my, en sy roep besorg uit:
“Ekskuus, was dit seer?”
Ek glimlag. “Daai een het ek dubbel en dwars verdien. Ek is
jammer, ek weet nie wat het my besiel nie.”
“Kom,” sê sy ernstig. “Ons moet ernstig praat,” en sy swem kant
toe. Ek swem met loodvoete agterna. Wat het my nou al weer
besiel?
Baksteen klim ook uit die water, en skud hom behaaglik droog.
74
Marisa gaan sit druipnat op ‘n lappie gras, en beduie ek moet langs
haar kom sit. Ek maak gedweë so.
“Hans,” begin sy afgemete en my hart krimp nog kleiner – as dit
enigsins moontlik sou wees. “Ek en jy is nie een meer kinders nie.”
Sy aarsel, soek ook woorde. Ek wag soos ‘n veroordeelde op die
finale uitspreek van die doodstraf.
“Ons het halsoorkop verlief geraak,” sê sy oplaas. My mond val oop
en ek gaap haar aan. Sy druk haar slanke wysvinger voor my mond
om stil te bly – asof ek in elk geval ‘n woord sou kon uitkry, want my
vervlakste tong sit al weer vasgesuig teen my kurkdroë verhemelte.
“Toe jy my die eerste keer daar op die platorand gesien het, het ek
geweet aan die manier waarop jy na my gekyk het, dat jy op die
plek dolverlief was.” Sy giggel: “Soos ‘n lomp skoolseun.”
Sy lees my soos ‘n boek, besef ek.
“Ek het dieselfde gevoel.” Hoekom gebruik sy die verlede tyd, dink
ek benoud, maar my hoop bly hang aan ‘n draadjie. Vandag kruip
ek op my knieë as dit dan moet. Vir net nog ‘n kans.
75
“Ek moes net in my eie kop uitmaak of my gevoel vir jou nie iets te
make het met die tragedie wat jou as kind getref het nie,” vervat sy.
“Ek wil nie liefde met jammerte verwar nie. Ek het al...”
Maar dan is sy in my arms, omhels sy my, en ek omhels en druk
haar. Dan soen ek haar vol op die mond, my keel steeds so droog
soos ‘n stuk kladpapier wat in die woestyn warm gebak het.
“Ons het gou tot hier gekom,” sê Marisa op laas. “Ek weet nie hoe
jou liefdespaadjie tot hier gekom het nie, maar ek het seergekry.
Baie seergekry.”
“Ek het juis gewonder hoe ‘n meisie soos jy nog nie aangekeer is
nie,” en ek wil weer my tong afbyt. Sy is darem nie ‘n skaap of iets
wat ‘n mens aankeer nie.
“Ekskuus,” mompel ek verleë.
Marisa lag net effens. Sy is nou ernstig. Sy het iets om van die hart
af te kry, eens en vir altyd, sien ek.
“Ek was onderwyseres in die stad. In Bloemfontein. Ek was verloof
aan iemand wat ek op universiteit ontmoet het. Die een aand was
76
ons nog saam uit, die volgende dag hoor ek hy is die oggend
getroud met ‘n meisie wat hy swanger gemaak het.”
Ek raak yskoud – ek kan dink hoe verpletterend dit moet wees.
“Gelukkig het ek al bietjie begin twyfel, in my agterkop vermoed hy
is dalk nie heeltemal wie ek gedink het hy is nie. Dit het nie
heeltemal as so ‘n groot skok vir my gekom nie. Anders weet ek nie
hoe ek dit sou gemaak het nie.”
“En nou wil jy nie ons verhouding haastig verder neem nie,” sê ek,
en ek begryp as sy saggies knik.
“Ek het ‘n pos hier op die dorp gekry, en terug plaas toe gekom.
Maar hier het Vet Piet sy attensies op my gerig, en hoewel ek hom
probeer afsit het – eers ordentlik maar later sommer blatant – laat
hy hom nie afsit nie. Dis of hy enige potensiële mansvriend bloot
weggeïntimideer het.”
“Toe moes jy maar die wit perd, al was dit nie ‘n wit perd nie,
gebruik om my te kom haal,” sê ek en is dadelik weer vies vir
myself.
77
“Lyk nogal so,” lag sy darem toe sy sien hoe ek al weer soos ‘n
lomp skoolseun nie weet wat om met my tong te maak nie.
“Plaas die ding sit soos gewoonlik aan my verhemelte vas as ek
naby jou is,” brom ek verleë.
“Ek het self nie teerpad langs tot hier gekom nie,” sê ek oplaas, en
ek besef ek het letterlik met nog niemand hieroor gepraat nie. Van
Anja.
“Noudat ek daaroor dink, Anja het my seker kom jag – in my
tweede jaar op Onderstepoort. Ek was lomp en sy het die pas
aangegee. Toe ek besef waarheen die verhouding oppad is, het ek
dit duidelik gemaak ek beplan om hier te kom woon. Miskien het ek
toe al iets vermoed – dat sy nie planne gehad het om iets anders
as ‘n stadsmens te wees met ‘n man met status nie.”
“Mevrou dokter,” giggel Marisa, maar tog terughoudend.
“Ja, Anja het elke keer as Dagbreekkrater genoem is, bloot gesê
ons praat later daaroor. En dan bloot aangehou om plekke in die
oostelike voorstede te noem waar sy graag eendag sal wil woon...”
78
Omdat ek nog nie hieroor gepraat het nie, sukkel ek om my storie
mooi agtermekaar te kry. Dis nie asof dit pynlik is om hieroor te
praat nie, meer asof dit ‘n verleentheid is.
“Op ‘n dag vererg ek my oor sy my aspirasies anders as om my
studies klaar te maak so blatant ignoreer. Ek het op ‘n dag toe sy
my praatjies weer net so onder die mat wou invee,
vasgeskop...gesê nee, ons praat dit nóú uit. Sy was geskok – pure
klatergoud. ‘n Leë dop. Ek is daar weg...”
Ek is nie lus om verder hieroor te praat nie. Die res was
onsmaaklik. Maar ek kon in Marisa se oë sien sy wil weet of dit ‘n
finale breek is, of ek nog rowe oorhou...waarskynlik of ek skuld
gehad het en dalk weer iemand kan seermaak.
“Sy was nie hartseer nie. Sy was woedend kwaad. Ek het haar tyd
gemors, het sy vir almal wat wou en nie wou luister nie vertel. Dat
ek van haar kon verwag om na die simpel Vrystaatse platteland te
moet trek. My eie gewaarwording was dat ek uit iets naars ontsnap
het.”
“Eendag het iemand die storie aangedra dat sy weer uitgepak het,
en onder meer afgegaan het omdat sy seker is hier is nie eens
79
selfoonopvangs nie. Sy het ‘n gewone telefoon as ver benede haar
waardigheid beskou. Wonder wat sy sou doen as sy agterkom daar
uit die krater moet sy met ‘n slingerfoon regkom?”
Ek kan nie help om effens te glimlag nie.
Marisa se arms druk weer stywer om my. Om Anja se bluf te roep,
besef ek, was die beste ding wat ek kon doen.
Toe ons ‘n ruk later hand aan hand huis toe stap, sien ek die ou
mense is op en sien ons deur die kombuisvenster aankom.
“Siestog, julle het in die water geval,” hou tannie Wanda haar dom.
“Dadelik elkeen in ‘n warm bad.”
“Die keer elkeen in ‘n eie bad,” sê die oom, en ek sien Marisa vir
die soveelste keer bloos. Sy lyk nog mooier as sy bloos.
In die bad staar ek ‘n rukkie na die plafon. Dis ‘n staalplafon, met
patrone. Dis net soos dit in my ouers se huis was, maar daai
plafonne is lankal flenters en vergaan, en mens kry dit nie meer nie.
Ek sal aan iets interessants vir nuwe plafonne moet dink.
80
My hart sing toe ek sterk skemer huis se kant toe ry. Ek het die
lieflikste meisie in die wêreld en sy is dolverlief op my!
Met die groetslag, het oom Frans my half ongemerk effe eenkant
gedruk en gefluister: “My kind het baie seergekry. Moet asseblief
nie met haar mors nie.” Hy het amper desperaat gelyk. Ek kry hom
en die tannie oneindig jammer. Ek wens ek kon iets doen om hulle
te verseker dat ek hul dogter nooit, nooit sal seermaak nie. So ‘n
mooi, vrolike meisie hoort nie in daardie donker klowe van
sommige van haar skilderye nie. Sy hoort in die sonskyn, vrolik
plassend in helder water – ‘n nimf.
Die tannie meen blykbaar daar is hongersnood in Dagbreekkrater,
so het sy kos ingepak. Beskuit, biltong, koue soutvleis, vrugte. Alles
sorgvuldig in pakkies...pakkies liefde dink ek.
Skielik onthou ek hoe my ma graag pakkies van die plaas af na
vriende en familie gestuur het. As sy maar verneem het van ‘n wiel
wat iewers heen gedraai het, het sy gebel om te hoor of daar plek
vir ‘n pakkie vir iemand by die bestemming sal wees. Ma het
blykbaar baie oorredingsvermoë gehad, want nie lank nie dan stryk
pa brommend met die pakkies aan bakkie toe, en ‘n ruk later ry hy
by die kraternek uit daarmee. Met vandag se brandstofpryse, besef
81
ek, het dit amper uitgesterf. Die petrol wat uitgery word om die
pakkie by die rygeleentheid af te laai, of wat die ontvanger weer in
die stad moet uitry om die pakkie by die rygeleentheid te gaan haal,
is baie duurder as die pakkie se fisiese inhoud.
Maar hoe meet mens nou ook die waarde van liefde in geld? En dis
maar alles liefde in daardie pakkies verpak.
Intussen nader ek die plek waar Jacobs se vragmotor so amper
korte mette met my en James gemaak het. Ek ry stadiger, en op
die ingewing van die oomblik draai ek in na die halte waar die gruis
gelaai is. Vandag gaan ek die geheim ontrafel.
Die pad kronkel, presies soos ek dit van die kraterrand af gesien
het. Dan is ek by die haltetjie, en stap na die laaitregter.
“Medellin,” lees ek op die haltetjie se naambordjie. “Die destydse
SAS en H sal my seker altyd verstom met die mooi name wat hulle
vir die klein haltetjies gegee het,” dink ek. Soms baie gepas, soos
as mens van Parys – die een in die Vrystaat – met die trein na die
hoofspoorlyn ry. Eers kry ‘n mens Calais, en dan sluit die syspoor
by Dover by die hoofspoorlyn aan.
82
“Medellin,” dink ek. Hoe gepas. In Columbië word Medellin onder
meer ook met mynaktiwiteite geassosieer – smaragde.
In die lig wat vinnig minder word soek ek na iets wat van daardie
vragmotor kon gekom het.
“Smaragde?” Ek glimlag vir my eie verspotte gedagte.
Uiteindelik kry ek stukkies ligte klip, amper wit, en tel dit op. Dis
swaar. Dis g’n gewone gruis nie. Dis ‘n swaar metaal.”Kobalt?”
wonder ek. Maar wat sou kobalt hier soek? Die naaste plek waar dit
gemyn word waarvan ek weet is die Kongo.
“Dan was dit ‘n meteoriet,” dink ek. “En dit verklaar sommer die
eienaardige los koppies aan dié kant van die krater. Dis natuurlik
die oorblyfsels van puin wat die meteoriet losgeruk het toe dit die
plato getref het. Maar so presies? Miskien was dit toe nog deel van
‘n groter plato – het die hitte van die meteoriet die rots hier onder
harder as dié verder gebak? Ek wens ek het meer van geologie
geweet, maar dis duidelik dat die meteoriet skuins uit Lesotho se
kant gekom, en die puin hierdie kant toe laat spat het. Dis seker
ook hoekom die meteoriet of sy stukke puin naby genoeg aan die
oppervlak is om te myn, al is dit dan van die kant af. Hy het seker
die aarde so skuins getref dat hy deur die rotse wat nou die
83
kraternek is geploeg het. Dan is dit seker teoreties moontlik dat die
meteoriet of sy brokstukke so vlak lê dat ‘n mens dit met
mynbedrywighede kan bykom.
Ek prop dit in my sak en stryk aan na my bakkie toe. Op ‘n afstand
hoor ek ‘n voertuig se gebrul aankom, en instinktief weet ek dis
weer die Jacobse wat oppad is. Teen dié tyd sou die plaaslyne
geloop het, en Groot Piet sal erg gekwets voel dat hierdie
minderwaardige skepsel sy hand by die meisie wat hy in die oog
gehad het, in die as geslaan het. Dis Sondag, en ek lus g’n baklei
nie. Dit kan ook net die hangende sake bemoeilik.
Ek draf na die viertrek, en spring agter die stuur in. Stadig ry ek na
die naaste punt van die oopte waar die pad aansluit, en wag met
die gedagte om verby te jaag as die aankomende voertuig ingejaag
het.
“Oppad iewers heen?”
Sonder om te kyk weet ek al wat om te verwag. En dit is ook so.
Een van die “securities” het asof van nêrens getree en sy R-4
teen my kop gedruk.
84
My kop werk oortyd. Los stukkies van ‘n legkaart begin in mekaar
pas. Ek onthou skielik hoe die Jacobse skielik, kleintyd, by my pa
kom neul het hy moet die plaas aan hulle verkoop. Pa wat
vasgestaan het, met geen plan hoegenaamd nie. Toe die vreemde
plaasmoorde, wat nooit opgelos is nie, al was dit destyds ‘n
seldsame soort insident.
Kobalt, ‘n dringende plaaskoop, die plaasmoord, die teleurstelling
dat daar ‘n trust geskep is wat enige opsie dat die plaas verkoop
kan word gevries het tot ek mondig is, en toe ek eers mondig is, die
hernude aandrang op verkoop.
“In Duits word kobalt mitologies aan ‘n bose gees gekoppel,” het
ons Chemie-dosent eendag gesê. Ek wens ek het meer opgelet.
Een van die kobalt-vorme onthou ek word vir die behandeling van
kanker gebruik. Maar dis omtrent al wat ek weet. Dit, en dat kobalt
gewoonlik, soos goud, in neerslae voorkom en in die reël nie in
meteoriete uit die buitenste ruim val nie.
Skielik weet ek wat ek moet doen as ek aan die lewe wil bly! Ek
moet hier wegkom voor die Jacobse hier aankom!
85
Ek maak of ek iets uit die nutskassie wil haal en begin vooroor buk.
Die “security,” hoop ek, dink ek wil ‘n skietding bykom.
“Hoi, hoi,” maan hy my om nie te probeer nie. Dis presies wat ek
wou hê. Skielik ruk ek my kop en lyf agtertoe, en toe die skoot klap
is dit voor my verby. Terselfdertyd ruk ek die deur oop en die
“security” slaan soos ‘n os neer toe die deur hom met volle mag
tref. Met een sprong is ek op hom, en ruk die vuurwapen uit sy
hande. My Sondagskoen tref hom moordend teen die slaap, en hy
lê slap.
Met die masjiengeweer oorgehaal oor die stuurwiel, wag ek vir die
aankomende voertuig wat nou baie naby brullend aankom. Die
volgende oomblik blits dit verby, en ek trek met volle vaart weg,
agter hom verby en terug na die kruising toe. Die viertrek brul om
die draaie van die puinkoppies en dan, skielik is daar iets in die
pad...
Ek rem, maar dis te laat en die vertrek se bande sleep en vang die
voorwerp wat die neus skuins die lug in laat trek. My laaste
bewuswording is van kos wat deur die lug trek, uit die pakkies liefde
waarin dit so sorgvuldig gepak was...
86
5. Dis so koud
Die newels begin stadigaan plek maak vir die vreeslikste pyn. Ek
probeer vasstel waar ek seer het, maar los dit toe ek besef dis
maar oral. My kop, my kaak, my lyf, bene, arms – niks is ontsien
nie. Dis donker, maar die reuk van geslagte rou vleis hang swaar
om my.
Ek is in ‘n slaghuiskoelkamer, besef ek. Maar hoekom is ek nie
doodgemaak nie?
Dan begin die besef tot my deurdring. Hulle het hul vingers een
keer met ‘n testament verbrand. As ek sommer net dood is, kan hul
planne weer in ‘n jare lange boedelstorie afgee. My terugkeer na
die plaas het immers reeds gewys hoe kompleks ‘n saak kan wees
waarvan al die los drade nie behoorlik vasgeknoop is nie.
Nee, besef ek, hulle gaan my eers probeer maak verkoop. Soos ek
hier in die koue lê, word die dokumente ook opgestel. “Oor my
dooie liggaam,” brom ek.
Maar die verkoop van vaste eiendom gaan nie so vinnig gebeur
nie. Sal hulle my werklik op ‘n manier aan die lewe probeer hou tot
87
die koop deur is? Maar hoe gaan hulle keer dat ek met die sak
patats vorendag kom? Ek sal g’n nooit so doodluiters sit en wag vir
die koop om deur te gaan, net om dan vermoor te word of
eenvoudig te verdwyn nie.
Wonder of Marisa my al sou begin soek het? Of James?
Net daar word ek yskoud. Natuurlik! Hulle sal iemand vir wie ek
omgee vir afpersing gebruik. Skielik is ek doodbenoud. Hier moet
ek uitkom! Gou ook sodat ek weer die troewe aan my kant begin
kry.
Ek strompel regop, met elke spier in my lyf wat koud en seer is. Dis
pikswart donker binne, en dus het ek ook geen idee van na watter
kant die deur is nie. Vaagweg onthou ek hoe James die deure
oopgepluk het, die karkasse wat in rye weg van die deur af gehang
het. Voel-voel kry ek ‘n idee van in watter rigting die karkasse hang.
Dan sukkel-sukkel en na die een kant toe. Dit kan net sowel die
agterkant wees, besef ek, maar daar is net een manier om uit te
vind.
88
Dit is toe ook die agterkant, besef ek toe ek die hele afstand teen
die koue muur afgelê het sonder om ‘n deur te kry. Nou anderkant
toe.
Uiteindelik is ek teen daardie muur. Nog voor ek ‘n deur kan kry,
voel - voel ek iets anders teen die muur. Dis ‘n skakelaar! Ek druk
die aankant, en skielik is die vertrek helder verlig. Vir ‘n hele ruk is
ek heeltemal verblind, maar dan raak my oë aan die lig gewoond
en besef ek dis eintlik maar ‘n dowwe lig.
Die lig bring ook slegte nuus. Die deur se slot is, soos ek verwag
het, aan die binnekant verwyder. Maar ek bly loop, sodat ek darem
bietjie bloedsomloop kan behou. As hulle my wil lewend hou, sal
hulle my ook nie te lank hier binne los nie. Miskien kan ek vir hulle
‘n lokval stel. Maar hulle sal dit seker verwag – hulle het my immers
nie vasgebind nie.
Dan gewaar ek iets wat ek regtig nie gedink het ek sou sien nie. ‘n
Trollie. Een van daai swaar staaltrollies met die staalwiele waarop
karkasse verskuif word. Met daardie trollie, besluit ek, gaan ek uit
hierdie koue hel breek, kom wat wil. Maar waar is die beste plek?
Ek beweeg reg om die koelvertrek en klop met my plathand om te
voel waar die muur die dunste klink. Die gevaar bestaan natuurlik
89
dat ek deur ‘n symuur in ‘n ander koelvertrek kan breek, en daar
maar net so toegesluit sal wees as hier. Voor, glo ek, sal
“securities” wees. Agter dus, al is dit ook dan die dikste muur.
Dié muur klink ook maar aan die dik kant, maar dis nou al kans. Ek
pak ‘n paar swaar karkasse op die trollie, en gaan maak gereed om
die agterste muur storm te loop. Lyk gelukkig nog half afdraande
ook soontoe – seker maar bietjie desperate optimistiese
verbeelding.
Ek skraap al die krag wat ek kan opdiep bymekaar en begin teen
die trollie te beur. Maar ek is te swak en dit roer nie. Ek skep asem,
en buk weer oor die trollie.
Dan kom die trollie op die gladde vloer in beweging. Verbasend
glad bou dit lekker spoed op na die muur toe, en ek moet later
uithaal om by die donderende gevaarte by te hou. Ek wil eenvoudig
my eie gewig en bietjie krag agter daai trollie hê as dit die muur tref.
Die trollie hardloop nou amper vry, en ek moet aandag skenk aan
die stuurdery dat dit die muur vol tref. Die afstand na die muur
begin vinnig korter en korter word. Sal ons genoeg impak hê?
90
Dan tref ons die muur met ‘n donderende slag. Daar is ‘n gekraak
en ‘n gebreek, en die volgende vars, warm lug en ek en die
karkasse trek saam met die trollie deur die lug. Gelukkig val ek die
trollie mis, maar beland kaplaks tussen die hardgevriesde
karkasse.
“Nou toe nou, wat het ons hier?”
Dis Jacobs. En agter hom nog ‘n paar gesigte. Groot Piet,
Redelinghuys, die moeilike dogter, en nog ‘n man.
“Ai, ai, spaar ons die moeite om jou te gaan uithaal.” Dan minder
gemoedelik. “Bring hom Piet, dat hy gaan teken.”
“Ja pa.”
Vet Piet buk oor my om my te begin optel. “Jou vark, jy vat mos my
meisie,” sis hy.
“Sy hou nie van sissies nie,” sis ek terug. “Sy sal nie aan jou vat
nie, nie eens met ‘n kastreertang nie,” en kry ‘n goeie meet vir ‘n
hengse oorveeg in, presies op daai oor wat nog lekker geswel is.
91
“Einaaa!!” gil Vet Piet, en gaan opsluit soos ‘n baba aan’t tjanke.
Maar dan kry ek Jacobs en Redelinghuys se stewels gelyk in die
ribbes.
“Jy wil maar op die harde manier doodgaan. Plaas jy het toe ons
jou plaas wou koop die geld gevat en uit ons lewens gebly.”
“Al spook ek by jou, bly ek waragtag nooit uit jou lewe nie,” snou ek
Jacobs toe.
Redelinghuys pluk my aan die kraag op, maar is bietjie onverskillig,
met die gevolg dat ek ‘n voltreffer-skop teen Jacobs se kop kan
inkry. Hy tol en slaan soos ‘n os neer, heeltemal buite weste.
“Jou bliksem!” gil Redelinghuys en hy pomp my geniepsig met die
knie in die rug. Ek gebruik die effense momentum van die
kniestamp om verder om te swaai en ‘n voltreffer op die polisieman
se neus te plant. Sy kop tref die waentjie, en ook hy bly doodstil lê.
“Dis nou genoeg sport vir een aand, mnr. Wessels,” sê die
onbekende man bedaard. In sy hand hou hy ‘n pistool, en die
pistool is op my gerig. “Jy gaan nou hier teken.”
92
“Of?” vra ek. “Gaan jy my skiet as ek nie teken nie?”
“Nee, sê hy bedaard. Karien gaan jou uiteindelik skiet, maar nou
gaan jy eers teken of jy gaan spyt wees.”
Ek het van Karien – so dis die moeilike merrie se naam – vergeet.
Dan besef ek hoe amateurs hierdie mense eintlik is – Karien staan
reg agter my, waarskynlik met ‘n vuurwapen, en reg voor my staan
hierdie cool jafel ook met ‘n vuurwapen.
“Wie de hel is jy!” snou ek die onbekende toe.
“Jan Barnard, ‘n prokureur van Faureberg,” sê hy half bedaard.
“’n Kroekereur!” sis ek minagtend. “Dan moet jy mos weet dit help
niks ek teken en julle maak my nou van die gras af nie. Dan is daai
grond eers weer boedel toe. En die verkoop niks werd nie.”
“Skoenmaker, hou kou by jou lees!” sê hy half geïrriteerd. “Ons het
lankal die nodige dokumentasie, en ‘n hele lot is al reeds in die
proses. Jy sal nogal verbaas wees hoe lank terug jy die grond al
verkoop het.”
93
“Nou vir wat soek julle my handtekening?”
“Man, vir ingeval iemand ondersoek instel en hulle ‘n knap
handskrifdeskundige kry. Iemand moet net vir ons sekere
dokumente waarop jou handtekening vervals is omruil, en daarvoor
het ons reeds seker gemaak.”
Ek moet nou reageer, voor hulle hul fout agterkom en Karien en
Barnard so beweeg dat ek nie meer presies tussen hulle is nie. Ek
maak of ek na links gaan duik, en die volgende oomblik is ek so
laag ek kan op my hurke en duik na die man met die vuurwapen
voor my. Een dood gaan ek sterf, en as dit dan nou vandag moet
wees, dan sonder dat ek daai vorm geteken het.
Ek hoor twee skote gelyk klap, en dan hoor ek Dik Piet eers
histeries gil.
Nog voor ek die man tref, weet ek hy is morsdood. Die bloedkol op
sy bors het net te vinnig so groot geword. Ek gebruik dus so veel as
wat ek kan van my momentum om kant toe te rol, en om te kyk.
Maar Karien lê ook uitgestrek, roerloos.
94
“Security. Security, waar is julle?” roep Groot Piet pateties uit.
“Soek jy dalk na hierdie manne?” vra James skielik skuins agter
my, waar hy met drie “securities,” hande bo die kop en sy 22 in sy
hande, om die gebou gestap kom. Die “security” wat ek by die
spoorweghaltetjie bygedam het, makeer. Baksteen draf opgewonde
saam, en toe hy my sien, kom hy uitgelate nadergehardloop en
spring teen my op. Groot Piet gaan jammerlik aan die ween.
James het na ek en Marisa van die poel op Dagbreekkrater af
gekom het lewenslank vriende met Baksteen geword toe hy die
brakkie braaivleisbene gevoer het.
“Jis James, ek is bly om jou te sien!” roep ek regtig baie bly uit. “Het
my hande hier half vol gehad, maar ek sien jy het self ‘n handvol of
twee.”
‘n Onrustigheid begin egter in my nesskop – wat maak Baksteen
saam met James?
“Ja,” antwoord James so droogweg soos hy soms die meester van
kan wees. “Ek kan darem nie dat hulle jou van die gras af maak
voor jy kans gehad het om behoorlik te groet nie. Vanoggend is jy
95
so verlief daar op die Dagbreekkrater weg dat jy nie gegroet het
nie.”
Ek weet ons is besig om bog te praat om die spanning te probeer
verdryf. Ons is immers nie aan ‘n lewe van daaglikse doodsgevaar
en skurke wat jou bloed soek gewoond nie.
Ek en James werk vinnig om Jacobs, Groot Piet en Redelinghuys,
asook die veiligheidswagte vas te bind. Groot Piet huil steeds
onbedaarlik.
Dis Jacobs wat eerste begin bykom.
“Jou miserabele misgebak, maak my dadelik los!”
“Of wat?”
“Of jy sien jou geliefde Marisa nooit weer nie.”
Ek word weer yskoud.
“Wat bedoel jy Jacobs?”
96
“Ek het hulle in ‘n veilige plek gebêre, net as versekering as jy nie
wil saamwerk nie. Lyk my nou na ‘n gawe versekeringspolis wat ek
uitgeneem het.”
“Jou luis, jou lae luis. Ek los jou net hier onderstebo opgehang in ‘n
koelkamer en gaan soek haar.”
“Dan moet jy maar gou gaan soek, anders is dit koebaai met
Marisa en haar liewe ouers. Tragies.”
“Nee pa,” huil Dik Piet. “Nie Marisa nie, ek is lief vir haar.”
“Jou banale gek! Sy verafsku jou!” brul Jacobs.
“Is dit nie genoeg dat Karien dood is nie?!” huil Piet.
“Karien dood?” Jacobs is werklik geskok. Hy woel om, en sien haar
stil lê op die gras.
“Jou uitvaagsel! Ek hoop jy kry Marisa nooit betyds nie. Jou
uitvaagsel!” gil hy woedend op my.
97
Dan bars rou snikke uit die groot man en lê hy op ‘n patetiese
bondel. Amper kry ek hom jammer.
Ek luister egter nie meer nie...ek hardloop. James val agter my in.
“Waarheen hardloop jy?”
“Na die myn toe, teen die krater.”
“Dis te ver, kom ons vat ‘n ryding.”
Dit maak sin, en ons vlieg kortom. Baksteen lê egter steeds die
rieme neer in die rigting van die myn – en verdwyn keffend tussen
die bosse in. Nou is ek doodseker ons gaan op die regte plek soek.
Voor die slagpale staan ‘n hele paar voertuie – myne ook maar ek
dink nie dit sal geloop kry nie. Die kajuit is sleg ingeduik, en die
regterkantse voorste wiel is ver na agter gedwing. Wat op die aarde
sou ek daar in die pad getref het?
“Soek een met ‘n sleutel in,” sê ek vir James. Ek self pluk die
naaste, ‘n duur sedan, se deur oop, en sien die sleutel in die
aansitter glim. Ek spring in om te kyk of ‘n immobiliseerder dalk nie
98
die wegkom in die wiele gaan ry nie, maar die kar se enjin is
dadelik aan die werk.
“Kom!” skree ek vir James. Hy spring en ek trek so vinnig ek kan
weg.
“Seker die kroekereur se vuurwa,” sê ek met die wegtrek, “ maar ek
dink nie hy gee om nie.”
“Watse myn praat jy van?” vra James toe ons op spoed is.
“Kobalt of titanium of so iets, dink ek,” sê ek. En hulle myn deur na
Dagbreekkrater toe, dink ek. Dis hoekom hulle die plaas so
desperaat soek, en waarskynlik ook ons ouers destyds vermoor
het.”
James fluit deur sy tande. Hy is hoogs intelligent en van klein tyd
hoef ons nie baie tyd aan onnodige verduidelikings aan mekaar af
te gestaan het nie.
“Maar hoe kom sulke metale hier?”
99
“Ek dink daai krater is deur ‘n meteoriet gevorm. En ek dink dis daai
meteoriet wat hulle so lekker myn.”
James fluit weer deur sy tande.
“Sulke skurke.”
“Maar hoe het jy geweet om so betyds te kom help?” vra ek.
“Ek het besluit ek wil ook ‘n slag gaan kyk hoe lyk dit op die
kraterrand.” Hy giggel ondeund. “Dalk het daar vir my ook ‘n mooi
meisie op ‘n perd aangery gekom.”
Ek pomp hom gemaak ergerlik in die ribbes, en keer in die proses
die kar amper om. Die kopligte swiep, swiep onheilspellend heen
en weer oor die kronkelpad, voor ek alles weer onder beheer het.
“Ek het juis hier bo afgekyk, toe ek sien hoe jy na die halte afdraai,
en hoe hulle jou toe volg. Boonop het Baksteen by my aangekom –
pootuit. Toe snol ek te voet hier af. Baksteen het my reguit na die
slaghuis geneem – lyk my hy dink jy is belangriker as sy eie mense.
Die res ken jy.”
100
“Ek wonder hoekom het Baksteen eers vir jou gaan haal voor hy
slaghuis toe is, en nou eers oppad myn toe is?”
“Dalk het Baksteen net geredeneer dat ek dalk meer aan sy mense
se lot kan doen.”
Hulle moes dus reeds naby Marisa-hulle se huis weggekruip het
toe ek daar weg is, dink ek. Koelbloedig – eers versekering in die
vorm van ‘n sagte teiken uitneem voor hulle my takel.
101
6. Die myn
Die klofie waarin ons nou ry, draai skerp en raak baie nou. Dis hier
waar ons Baksteen op vol vaart in die pad af sien hardloop, ‘n
stofstrepie wat in die motorligte onder hom uitslaan. Ek ry tot langs
hom, en hou stil.
“Kom Baksteen, kom spring in!” roep ek. Die brakkie gooi ‘n es, en
kom spring blaffend in. Sy tong hang tot waar. Ek trek weer met ‘n
spoed weg.
Dan doem ‘n swart gat teen die berghang voor ons op. Ek aarsel ‘n
oomblik, en ry toe so vinnig soos ek kan waag in, terwyl ons baie
laag in die kar lê vir ingeval ons ons ‘n koeëlreën vasry. Niks
gebeur egter nie, en dis net ‘n gang wat nou taamlik skerp na onder
loop. Die motor se ligte priem in die gitswart donkerte af. Ek het nie
die vaagste benul oor wat om te verwag nie.
My gedagtes is ten volle vasgevang oor Marisa en haar ouers wat
dalk daar onder iewers vasgemaak sit by ‘n plek waar die volgende
ladings moet afgaan. Dis al waaraan ek kan dink toe Jacobs gesê
het hulle gaan teen ‘n bepaalde tyd sterf.
102
Dis James wat my aandag kortstondig aflei.
“Hoe sou die Jacobse uitgevind het van die titanium – van die
meteoriet?”
“Kobalt,” sê ek.
“Oukei, kobalt.”
“Al wat ek kan dink is dat die hitte aan die onderkant van die
meteoriet gasse laat opbou het, en rots gesmelt het sodat dit
iewers ‘n tonnel gemaak en iewers langs die kant van die berg
uitgeblaas het – iewers aan hul kant. Gewoonlik veroorsaak groot
impakmeteoriete ‘n ontploffing. Ons ry dalk juis nou in die tonnel
wat groter gemaak is vir die vragmotors om in te ry.”
Dan is ons in ‘n groot ruimte binne die berg. Ons is nou opsigtelik
by die plek waar daar teen die oorkantse wand in die meteoriet
weggekalwe word. Selfs in die beperkte lig van die motor wie se
ligstrale nie die hele meteoriet op een slag kan verlig nie, slaan die
omvang van hierdie knewel my asem weg. Dis duidelik nog net
deels oopgekap, maar die sigbare deel is maklik 50 meter hoog en
103
net so wyd. Ek hou stil, en ons spring uit. Baksteen is soos ‘n
weerligstraal oor my skoot by die kar uit, keffend die donkerte in.
“Marisa!” roep ek benoud.
“Hans!” hoor ek haar antwoord, duidelike blydskap in haar stem.
Ons hardloop in die rigting van waar haar stem gekom het, en waar
Baksteen nou opgewonde blaf, reguit na die gitswart wand wat voor
ons opdoen.
“Waar!” roep ek weer.
“Hier!” kom haar en beide haar ouers se stemme weer.
Ons hardloop nou in die rigting van waar ons meen die stemme
gekom het. Teenaan die rots merk ons ‘n holte wat ‘n ent in strek.
“Is julle hier?” roep ek.
“Hier!” roep Marisa, haar stem amper teenaan ons. Baksteen tjank
nou liggies.
104
“James, gaan trek die kar sodat die ligte hier skyn. Ek sal solank
kyk wat ek in die donkerte kan uitrig.”
Ek voel-voel in die donker, en raak aan iemand. “Wie is dit?” vra ek.
“Dis ek seun,” antwoord Marisa se ma.
“Hoe is tannie Wanda vasgemaak?” vra ek.
“Om ons bene met ons hande agter ons rûe vas. Dis vreeslik styf –
dit maak seer,” sê sy pateties en my verligting om hulle te gekry
het, word met ‘n verskriklike woede vervang.
“Ons het julle nou los,” sê ek so gerusstellend soos ek kan.
Ek voel af na die enkels, en voel hoe dik growwe tou ongenadig
styf vasgebind is. Dit gaan nie sommer losgeknoop word nie. Iets
skerp om dit mee deur te sny sal help. Dan val die ligte op ons, en
ek sien hoe die gesinnetjie in ‘n patetiese bondel saam vasgebind
sit. Hul oë is styf toegeknyp van die skerp lig wat nou op hulle val.
Marisa lyk vir my wasbleek en baie na-aan breekpunt.
“Wat het hulle met Baksteen gemaak?” vra ek.
105
“In die wasgoedmandjie geprop,” sê tannie Wanda. “Hy het seker
daar uitgekom en julle gaan soek. Ek kan net dink hoe gaan die
wasgoed lyk wat saam met hom in die mandjie was.”
James val langs my in en begin om die knope van die toue
waarmee Marisa vasgebind is, los te probeer woel.
“Jis, dit sit vas,” kla hy. Moet ons hulle nie buitentoe vat nie?”
“Kan nie,” sê die oom. “Ons hande is aan ‘n staaf vas wat in die
rots vasgeslaan is.”
“Sulke bliksems!” sis ek deur my tande.
“Hans, nie sulke vuil taal voor Marisa nie,” raas tannie Wanda.
“Ma!” raas Marisa en oom Frans gelyk.
Hierdie Afrikaanspratery laat my bietjie van die ontsteltenis vergeet
en dan werk ek beter. Maar as dit die tannie so ontstel – veral as sy
Marisa se ma is - moet ek maar my woorde probeer tel.
106
My oë het intussen op nog iets onheilspellends geval. Ek weet nou
waar hulle ‘n gat gekry het om die staaf in te druk. By ‘n ander gat
steek ‘n dinamietkers uit, en daaraan vas sit ‘n tydmeganisme. Ek
besef skielik duidelik wat Jacobs bedoel het met die tyd wat hulle
nog het om te lewe!
Amper uiter ek ‘n erger woord as dié van netnou wat tannie Wanda
so ontstel het.
“Hoeveel tyd?” wonder ek benoud.
“Kom ons probeer eers die hande loskry. Dan kan ons hulle
minstens na die kar dra en uitry,” stel ek so gelykmatig as moontlik
voor. Ek wil nie nou groter paniek saai as wat nodig is nie.
“Gaan jy solank aan. Ek gaan kyk in die kar of daar nie ‘n snyding
is nie,” sê James.
Die keer sorg ek dat ek heel eerste die toue wat Marisa se polse
aan die staaf vas het, bydam.
“Werk eers met my pa se toue,” sê sy egter. Hy is sterker as ek en
sal beter met die res kan help.”
107
By die motor hoor ek James swets. Hy is duidelik hoogs gespanne.
Dit beteken, besef ek, hy het ook die dinamiet gesien en is nou
gefrustreerd omdat hy niks kry om sake te bespoedig nie.
“Kan julle dit nie losskiet nie?” vra die oom.
Ek aarsel voor ek antwoord, want ‘n skietery so na aan
dinamietkerse aan tydsmeganismes klink nie vir my na ‘n baie
gawe gedagte nie.
“Oom, hulle skiet dinamiet hier onder. Ek weet nie wat dalk hier
rondlê nie. Dalk is hier metaangas in die myn. Ons probeer dit as
laaste uitweg.”
James het intussen langs my ingeval, en hy takel die toue van die
oom.
“A!” sê hy. Hier kom iets los. Ek het self nog g’n duit gevorder nie.
James werk soos ‘n besetene, en een na die ander begin die een
lus op die ander meegee en loskom. Uiteindelik kan die oom sy
hande styf, styf voor hom uitstrek, en begin rondswaai om weer
108
genoeg bloed in sirkulasie te kry. James het nou na die tannie se
toue versit. “Ek dink ek het nou die slag!” sê hy met nuwe moed.
Die oom begin intussen kyk wat hy met die toue om sy enkels kan
uitrig.
Dan voel ek die eerste lus in die knoop van die tou wat Marisa aan
die staaf vas het meegee.
“A, ek vorder ook nou!” Ek is regtig baie verlig. Marisa begin van
verligting te huil.
Die tweede lus begin meegee, en daarna gaan dit makliker. Net die
laaste lus sit weer verbete soos Marisa self in ‘n poging om los te
kom, dit erger vasgewoel het. Maar dan het ek dit ook los. Ek begin
terstond die toue om haar enkels los te knoop, wat ook aan James
meer beweegruimte gee om die toue agter die tannie se rug los te
kry. Met meer ruimte, en sonder die ander toue se belemmernis,
maak James ook nou weer vinnig vordering.
Dan is Marisa se toue almal los, en ek geen haar ‘n vinnige druk
voor ek haar pa met die toue om sy enkels gaan help.
109
Maar dis nie meer nodig nie. Hy is nou flink besig om die laaste
lusse los te woel, en ek begin solank met die tannie s’n.
‘n Rukkie later is almal los, en ek omhels Marisa verlig voor ons na
die kar aanstryk. Dan begin Baksteen verwoed in die donkerte in te
blaf.
“Hoe aandoenlik!” klink Jacobs se stem skielik uit die donker. Ek
vries yskoud. “Al die moeite en dit puur verniet,” gaan Jacobs voort
asof hy nou met ‘n gemoedelik verhaaltjie besig is.
“Is Karien se dood nie vir jou genoeg nie?” sis ek.
“Inteendeel,” kom Karien se stem uit die donker. Die aanname dat
ek dood is, was bietjie oordrewe. ‘n Borshangertjie het die koeël
gestop, ek was net katswink.”
“Ek het altyd vir Jan gesê hy gaan nog seerkry om met daai soort
pistool met ‘n sewe komma vyf te skiet,” lewer Dik Piet nou ook sy
bydrae. “Daai fabrikaat soek ‘n nege mil. Dan sou die hangertjie dit
nie gestop het nie.”
“”Sjaddap Piet,” byt Jacobs. “Dan was Karien bokveld toe.”
110
“Ja,” sê Karien, “en dis ek wat julle losgemaak het.”
Nou is Piet doodstil.
Jacobs is egter hier vir dringende sake.
“Gaan jy nou teken, Wessels? Of by wie moet ek begin om te
skiet? Sommer by Marisa?”
“Hierdie meteoriet lê op my grond en kyk hoe het julle hom
weggeskiet! Julle steel al lank!” blaas en van kwaadgeit.
“Meteoriet?” spot Jacobs koggelend. “Pêl, daai ding is ‘n ruimteskip
wat hier geval het.”
“*&^% man” blaas ek terug. “Van waar nogal?” Ek hoor tannie
Wanda weer haar stem intrek by die aanhoor van sulke pront
Afrikaans. Sal tog my woorde moet begin tel.
“Suit yourself,” antwoord Jacobs nou skynbaar ongestoord. “Ons
kon nog nie deur die ding kom om die ruimtemannetjies te vra nie.
As hulle na ‘n miljoen jaar of so natuurlik nog leef.”
111
“Nou hoe dik is die wand dan kamma?” wil ek steeds heel
ongelowig weet.
“Nuuskierig vir iemand wat nounou bokveld toe is. Die seismiese
toetse dui hier aan die voorkant omtrent 25 meter. Langs die kante
soos om rondom tonnels geskiet het heelwat dunner, maar daar is
die allooi so hard ons kan nie eens ‘n gaatjie in kry om ‘n
dinamietlading in te kry nie.” En dan vervat hy op ‘n heel ander
trant:
“Nou skiet ek vir Marisa net om te wys ek maak nie speletjies nie.”
“Nee pa!” huil Piet al weer. “Nie Marisa nie! Ek is lief vir haar!”
“Sjaddap Piet!” kry hy ‘n koor antwoorde. Ek heel vooraan, besef
ek. ‘n Mens kan amper nie dink dat net twee ordentlike klappe van
Vet Piet – wat glo altyd ‘n opperste boelie was, so ‘n Vet Piep kom
maak nie.
Piet ween weer saggies.
112
“Nou net om te wys ek maak nie speletjies nie, skiet ek sommer
nou vir Marisa!” herhaal Jacobs bulderend, en lig sy pistool. Marisa
se gil ruk my tot aksie.
“Ek sal teken!” gil ek, maar die pistool spoeg vuur, en die slag klink
oorverdowend in die grotsaal.
Ek het nooit kon dink Groot Piet kan so vinnig beweeg nie. Jacobs
klaarblyklik ook nie. Maar toe die skoot klap het Groot Piet reeds
voor Marisa ingespring, en oombliklik is sy hemp voor rooi gekleur.
Karien gil.
“Piet!” gil Jacobs. “Wat het jy nou gedoen?!”
Binne twee treë is Jacobs huilend by sy seun wat stil op die grond
neergesyg het.
“Jou onnosel. Wat ‘n onnosel ding om te doen!” huil hy.
“Nie...onnosel...slim ding...ek het haar lief. Een keer regte ...ding...”
en dan is Groot Piet heeltemal slap.
113
Ek besef dis nou of nooit. Redelinghuys, weet ek, is iewers in die
donker, en hy is nou die enigste gevaarman, want Jacobs en
Karien se aandag is vir hierdie vlietende oomblik by Piet. Ek glo nie
die securities is hier nie, want daar was net nog een rybare ding
by die slaghuis – ‘n bakkie. Ek meet die afstande, en dan beweeg
ek!
Terwyl ek met my een oog so goed moontlik na beweging in die
donker soek in die rigting waarin Baksteen nou blaf, om te probeer
vasstel waar Redelinghuys is, gryp ek na die rewolwer in Karien se
hande en swaai terselfdertyd met die regtervoet om die pistool uit
Jacobs se hande te skop. Dis net ‘n breukdeel van ‘n sekonde,
maar dit voel kompleet asof alles in stadige aksie gebeur. Toe ek
die beweging in die donker sien, en Karien se rewolwer begin lig,
voel dit vir my Redelinghuys het al eeue tyd gehad om dooierus
korrel op my te neem.
“Wag, moenie skiet nie!” kom Redelinghuys se stem uit die donker.
Iets in die stem laat my aarsel. Iets wat ek nie kan beskryf of
verduidelik nie.
“Ek sit my wapen neer,” vervat Redelinghuys. “Ek kom lig toe...ek
kom verduidelik.”
114
Dan kom die polisieman, hande omhoog, uit die donker.
“Ek is nie regtig kaptein Redelinghuys nie. Ek is eintlik
superintendent Jans Bezuidenhout van die Interne
Ondersoekeenheid.”
Ek merk die geskokte uitdrukkings op Jacobs en Karien se gesigte.
“Laat sak jou hande Bezuidenhout. Maar jy het bitter baie om te
verduidelik. Hoeveel moorde moes nog gepleeg word voor jou
cover geblaas sou word?” Ek is ergerlik.
“Ons moet hier uitkom!” gil Jacobs skielik. “daai ladings gaan nou
enige oomblik ontplof!”
Hy spring ook sommer op en begin na die donker gang – die pad
na buite, te hardloop, gevolg deur Karien en ons ander. Net Groot
Piet se groot dooie liggaam lê hier, ‘n selftevrede trek op sy gesig –
‘n man wat sonder integriteit geleef het, sonder selfrespek, maar
wat met beide gesterf het.
115
Ek, Marisa en haar ouers spring in die motor, en Baksteen peul
behoorlik saam in, maar toe ek dit wil aanskakel sukkel dit. Die ligte
het die battery al kwaai pap gerem. Ek skakel die ligte af, wat ‘n
woeste en luide protes van die hardlopendes ontlok wat nou
heeltemal in die pikdonkerte hul weg moet voel. Ek draai weer die
sleutel, en dié keer brul die kar aan die gang. Ek skakel dadelik
weer die ligte aan, en jaag so vinnig ek kan by die harlopendes
verby. Bo, in die ingang, maak ek ‘n handremdraai, sodat die ligte
terug in die tonnel, maar bo teen die dak skyn. Dan is ek en my
passasiers uit die kar, en hardloop weg voor die tonnel se ingang.
“Val plat!” skree ek onnodig.
James is die eerste wat uitgehardloop kom, en hy hardloop ook
skuins die donkerte in. Dan Jacobs, wat sommer dadelik net buite
die tonnelbek platduik, dan Redelinghuys, en dan Karien. Maar
Karien in nog in die middel van die myn se opening toe die eerste
slag afgaan, gevolg deur nog een. In net ‘n oomblik lyk dit of ‘n
groot onsigbare hand haar en die motor oplig en weg van die
tonnelbek slinger, voor ‘n groot stofpluim hulle verswelg. Die aarde
onder my ruk en tril.
Dan is daar ‘n gerammel, en dan stilte.
116
Ek hardloop na die tonnelingang. Die motor se ligte is nou dood, en
‘n mens het nou net ‘n effense sekelmaantjie om in die donkerte te
kan sien. Vaagweg merk ek die kar onderstebo lê, en halflyf steek
Karien se bolyf onder die kar uit. Ek voel haar pols.
“Dood?” vra James wat langs my ingeval het.
“Ja, die berig oor haar dood was toe nie so heeltemal oordrewe
nie.”
“Waar is Jacobs?” vra Marisa se pa heel prakties.
“Hy het daar ingeduik,” sê ek heel skaapagtig, wel wetend dat ek
tyd mors om hom nog daar te gaan soek.
“Vervlaks,” brom ek.
“Nou het ons ‘n baie gevaarlike man hier iewers om ons los. Maar
gelukkig ongewapen,” sê James verlig.
“En Redelinghuys. Of Bezuidenhout liewer?”
117
“Ag, laat ek julle nie te lank in die duister hou nie,” kom
Bezuidenhout se stem uit die donker. Ek is verlig. Maar dan
verpletter hy alles met sy volgende sin.
“Ek en Jacobs het nou heelwat opruimwerk om te doen,
beginnende daarby dat julle nou maar jul handjies in die lug steek.
Ons is altwee gewapen. En seergemaak, en kwaad.”
“Ek dog jy is van die Onafhanklike Ondersoekeenheid?” blaf ek vies
terug in die donker.
“O, maar ek is. En dis wat dit so maklik gaan maak om die spore
dood te vee. Want niemand sal my sommer verdink nie. Nie as ek
my werklike klere wys nie.”
“Nou hoekom het jy my dan nie daar binne geskiet nie?” vra ek,
steeds erg onthuts en deurmekaar.
“Man, om die waarheid te sê, jy was te vinnig vir my. Seker maar
die harde slag teen die trollie wat my so stadig gemaak het. Jy het
my amper bokveld toe gehad daar. En as ons ‘n oomblik langer met
cowboys en crooks verspeel het, was ons nou almal bokveld toe.”
118
“Ons gaan julle almal vrek maak, en ek gaan elke oomblik geniet,”
brom Jacobs ook uit die donker. Julle het my kinders vermoor, jul
varke.” Sy stem is gebroke, en ons weet almal hy bedoel presies
wat hy sê.
“Nou weet jy hoe ek voel oor jy my en James se ouers vermoor
het,” sê ek vir die donkerte. Ek hoor hoe Marisa en haar ouers hul
asems geskok intrek.
“Business is business,” koggel Jacobs uit die donkerte.
Ek besef die hopeloosheid van ons situasie.
119
7. Die vlugtog
“Stap aan!” beveel Bezuidenhout, en bedui met die pistool wat nou
dof in die effense maanlig glinster, af in die pad.
Gedweë draai ons almal om en begin aanstap. My voete voel soos
lood.
“Ek is so jammer ek het julle in hierdie ding betrek,” fluister ek vir
Marisa hier langs my. En ek bedoel dit.
“Moenie laf wees nie,” fluister sy terug. “Jy kon dit mos nie voorsien
nie. En ek is baie lief vir jou,” sê sy en gee my hand ‘n drukkie.
“Ek sal ons hier uitkry, ek beloof,” fluister ek. “Ek is hopeloos te lief
vir jou om jou te laat seerkry.” Ek druk haar hand ook.
In die donker doem ‘n bakkie op. Dis seker hiermee wat Jacobs-
hulle ons na die myn agtervolg het.
“Klim op,” bulder Bezuidenhout agter ons. ‘n Gevoel van vreugde
spoel onverklaarbaar oor my. Hier gaan ons kans kom. Een sal
moet bestuur, en een se aandag sal op ons moet wees.
120
Maar ook hierdie vreugde is van korte duur.
“Jy grinnik verniet Wessels. Jy bestuur, en as jy iets snaaks
probeer, is Marisa op jou gewete.” My moed sak in my sokkies.
Ek skuif agter die stuurwiel in, en Jacobs kom sit langs my en ek
gril vir die groot man. Maar weer kry ek ‘n tikkie hoop. Die vyand se
aandag gaan verdeeld bly.
Die ander klim agterop, en oom Frans tel vir Baksteen saam op. Ek
trek weg. Dis ‘n sterk dieselbakkie, eerder vir die plaas as die
grootpad gemaak, en hoog op sy wiele. Jacobs sit aandagtig langs
my, sy pistool in my sy gerig. Die groot man is buite homself –
binne die bestek van enkele minute het hy beide sy kinders en sy
myn – sy hele lewe verloor. Hy is hartseer en woedend, emosioneel
baie deurmekaar. Hy het geen planne om lewend gevang te word
nie, en as hy dan moet gaan, neem hy soveel as moontlik mense
wat in sy pad kom staan het saam.
“Stadig man, wil jy ons verongeluk?” wil Jacobs weet toe ek die pad
terug na die slaghuis toe aanpak. Ek is half verbaas – kan iemand
121
regtig so selfgesentreer wees dat hy aan sy eie verkeersveiligheid
dink net na sy laaste gesinslede dood is?
“Man, half om’t ewe vir my hoe ek omkom, dan nie?” In die effense
lig van die paneelliggies sien ek die paniek in sy voorkopplooie –
dis nou te donker in die bakkie om sy oë te sien. Maar ek beplan
nie om dood hieruit te kom nie, en ook nie dat een van my mense
iets oorkom nie. Ek het ander planne. Eers moet ek hom nog
kwater maak sodat hy alle redelikheid verloor en sy waaksaamheid
verslap.
“Dik Piet was ‘n beter mens as jy,” sê ek. “Al was dit ook net omdat
sy lyf te dik was vir die koeël om dwarsdeur te trek en Marisa seer
te maak.” Dis ‘n lae hou, en ek skaam my daarvoor, maar dit het
die gewenste uitwerking.
“Wessels jou vark!” gil hy op my. Dan is ons in ‘n draai.
Om die draai, waar groot kareebome ‘n donkerte teen die effense
maanlig in die pad gooi, kry ek my kans. Die oomblik toe die bakkie
‘n effense knip vang, en die pistool na onder ruk, kap ek Jacobs se
pols met alle mag met ‘n karatekap uit sy hand. Dan vlieg dieselfde
122
hand na Jacobs se keel, en terwyl ek hom regop hou, druk ek sy
gorrel toe.
Ek druk, en die krag van jare se seerkry oor my ouers en sussie
kom in my ystergreep bymekaar. Die groot man spook maar my
skielike aanslag het in ‘n ommesientjie te veel skade aangerig. Hy
het reeds krag verloor. Of het hy regtig reeds soveel krag verloor?
Dat hy maar eintlik besef sy laaste oomblikke te midde van groot
alleenheid het aangebreek, dat hy niks daarby gaan baat om hom
nou meer te verset nie?
Ek het Jacobs se gorrel oombliklik verwoes – al los ek nou sal
Jacobs nie weer asem daardeur kry nie. Maar my greep verslap
nie. In die donker maak Jacobs patetiese flou beweginkies met sy
hande. Hy het hom volkome aan sy lot oorgegee.
Teen die tyd wat ons uit die donkerte kom, hang Jacobs se arms
slap langs sy lyf. Van agter, besef ek, lyk die situasie nog
onveranderd. Nou nog net met Bezuidenhout plan maak.
“Maar wat van die securities?” wonder ek.
123
My volle aandag is nou in die truspieëltjie en ek ry nou ook baie
stadiger. Nou moet ek vir tyd speel om ‘n waterdigte plan te
beraam.
Met die bakkie wat stadiger ry, besluit Bezuidenhout dit gaan
gemakliker wees om op die bakkie se kant, in die regterkantste
agterhoek, te sit.
“Vervlaks!” Nou is hy reg agter my en sal ek hom nie so in die ry
met Jacobs se pistool kan afklits nie.
Maar tog, dis nie baie slim om daar op die bakkie se kant te sit nie.
Ons nader intussen die afdraai na die slaghuis, en ek weet die tyd
loop uit. By die slaghuis sal Bezuidenhout heel waarskynlik die
“securities” weer kan opkommandeer om vir die verlies aan
mannekrag op te maak. Sal ek in die draai iets probeer?
“Nee,” besluit ek. As daar nou een plek is waar Bezuidenhout
bedag gaan wees dat ek iets probeer, is dit by daai einste draai. Ek
sal voor die draai iets moet doen. En dan weet ek wat ek moet
doen. En ek gaan dit by daai einste draai doen!
124
Ek het intussen weer geleidelik spoed vermeerder, en ek kan in die
truspieëltjie sien Bezuidenhout het nou ongemak om sy sitte te
behou. Hy moet kort-kort met sy hande vervat.
“Jacobs,” brul hy, “ sê vir die &^% hy moet stadiger!”
Dis my oomblik!
“Jacobs se moer!” brul ek deur die oop venster, en toe is ons op die
draai. In plaas van rem trap en links draai, trap ek petrol en swaai
regs, die veld in. Bezuidenhout trek soos ‘n vrot vel die lug in toe
die bakkie se stert oor die pad se hoë kant wip, en die bakkie se
bak gly met tollende wiele onder sy sitvlak uit, al wippend die veld
in. Baksteen gaan oorverdowend aan die blaf.
Vuurwapen in die hand wil hy nog met die afkom ‘n skoot skiet,
maar dan tref sy voet die bakkie se kant, haak ‘n oomblik en ruk
hom agteroor, sodat hy kop eerste in die veld neerstort.
“’n Mens praat nie so voor dames nie!” gil ek in die verbyry op
Bezuidenhout. As hy nie buite weste is nie, moet ek hom so kwaad
as moontlik maak dat hy kop verloor en foute maak.
125
Intussen het die bakkie klaar geswaai, en ek kry weer koers na die
pad – dié keer jaag ek tot ek in die dorp, en tussen mense kom.
Nou is ek instinktief moeg vir goed wat sonder getuies gebeur, of
dan voor getuies in die verkeerde kamp gebeur.
Skielik besef ek ook Jacobs se teenwoordigheid hier langs my,
walg my. Al is hy so dood soos ‘n mossie. Die jammerte wat ek in
sy laaste patetiese oomblikke vir hom gevoel het is opeens weg. Ek
hang oor, pluk se deur oop, en rol sy reuse karkas by die deur uit.
Dan klap ek die deur toe en ry! Ek wil buite gevaar wees teen die
tyd dat Bezuidenhout tot verhaal gekom en na die “securities” toe
gehardloop het. Hy sal desperaat wees, en ten alle koste probeer
verhinder dat ons die dorp haal.
Ons haal die teerpad sonder enige teken van agtervolging, en ek
hou vlugtig stil.
“Tannie, Marisa, kom sit voor by my!”
Hulle laat hulle ook nie tweemaal nooi nie, en ons kan sekondes
later weer wegtrek. Marisa sit styf hier onder my arm, en ek vou my
linkerarm om haar skouers. Ek voel sy bewe – dit raak selfs in
126
Desember soms saans goed koud in die Oos-Vrystaat. Ek draai
ook my venster toe.
Die bakkie se enjin brom saggies terwyl dit oor die teerpad
voortjaag, die kopligte wat helder bane in die rigting van Faureberg
werp.
“Waarheen stel julle voor moet ons jaag? Waar daar genoeg
geloofwaardige getuies is as Bezuidenhout en sy sekuriteitsmense
dalk opdaag? Hy is seker met die polisievangwa agter ons aan, en
ons gaan maar baie verdag lyk deur vir die polisie weg te jaag.”
Ek onthou ek het onlangs van ‘n Oos-Vrystaatse boer gelees wat
veediewe agternagesit het. Die veediewe jaag toe reguit
polisiestasie toe, waar die boer die diewe aankeer toe die polsie die
hek nie vinnig genoeg kon oopsluit nie. Die helfte van die
veediewe, blyk dit toe, was polisiemanne wat die stasie as basis
gebruik het.
Skielik giggel Marisa se ma.
“Ma!”, raas Marisa, “dis nie die tyd vir grappies nie!”
127
“Nee,” sê sy, maar dis so ooglopend. Dis Sondagaand, en nog nie
nege-uur nie. Daardie een kerk het so laat ‘n aanddiens en
vanaand na die diens ‘n kerkraadsvergadering – ek kan nie aan ‘n
plek met meer geloofwaardige getuies dink nie.”
“Al is dit ouderlinge,” giggel Marisa. Die senuwees knaag duidelik
nog erg.
Dan lag ons al drie. Eers sommer soos effense gekke, en dan
histeries. Ja, besef ek, ons is histeries en die spanning is besig om
te ontlaai.
Maar dan verstyf ek. Doer ver agter is daar nou kopligte wat nie
netnou daar was nie. Sou dit Bezuidenhout-hulle wees wat oppad
is? Ek trap instinktief die petrol nog dieper in, maar ek voel hoe die
pedaal niks verder wil meegee nie. ‘n Dieselbakkie wat vir
plaaswerk geskik is, is nou maar te ene male nie opgewasse teen
‘n polisievangwa nie. Marisa kom iets agter, en kyk om.
“Dink jy dis Redelinghuys?” Sy het immers met hierdie naam
vertroud geraak.
128
“Ek weet nie, maar ek wil in die dorp wees voor hy ons inhaal. En
hy kom vinnig nader?”
“Gee Jacobs se skietding om vir jou pa-hulle,” vra ek. “Hulle kan dit
dalk net handig gebruik.”
Die tannie draai die venster af en roep. Dis James wat reageer.
“Hier, vat hierdie skietding!” roep sy in die wind.
“Ek gaan dit nie maak nie,” kondig ek aan. “Ons sal ‘n ander plan
moet maak.” Ek draai die venster af, en roep agtertoe.
“Hou vas julle, ek gaan stilhou!”
Ek sien in die truspieëltjie hoe hulle platval. Dan jaag ons om ‘n
draai, en ek rem skerp, soek ‘n opening, en toe ek stadig genoeg
is, sien ek ‘n piekniekplek langs die pad, skakel die ligte af, en draai
in, maar swaai terselfdertyd die bakkie se neus terug pad toe. Dan
trek ek die bakkie so ver terug as wat ek kan, sodat dit nie sommer
van die pad af gesien sal word nie.
‘n Paar oomblikke later jaag die voertuig wat ons so vinnig ingehaal
het by ons verby. Dis duidelik nie Bezuidenhout-hulle nie. Dis ‘n
129
gesin in ‘n Gautengse motor. Verlig wil ek net weer die bakkie
aanskakel, toe ons ‘n tweede stel ligte sien aankom. Ook hierdie
voertuig kom volspoed aan. Instinktief weet ons dis nou
Bezuidenhout-hulle, en hulle kan maklik dink daardie gesinsmotor
is ons. Daardie mense kan in gevaar wees! As Bezuidenhout nie
met die vangwa ry nie, sal van die sekuriteitsmanne agterop die
bakkie wees en met gewere wat op die kap rus oor ‘n lang afstand
begin lostrek.
“Sit ‘n stomp in die pad,” stel James voor.
“En as dit nie Bezuidenhout-hulle is nie? Dan verongeluk ons dalk
onskuldige mense.”
Dit is egter Bezuidenhout-hulle, en drie van die “securities” lê met
gewere oor die bakkie se kap. Dis ‘n vinnige bakkie – waarskynlik
‘n ongemerkte polisiebakkie wat vir die injaag van oortreders
gebruik word – merk ek op. Ons het geen hoop om vir
Bezuidenhout en sy skietlustige impi’s weg te jaag nie. Ek skop die
bakkie se koppelaar in, kry hom in eerste rat, en trek weg agter die
bakkie aan, maar skakel nie dadelik die kopligte aan nie. Ek wil
eers dink oor wat om te doen.
130
Stomp in die pad? Ek herkou steeds aan James se voorstel.
Minstens weet ons nou waar Bezuidenhout-hulle is, en kan ons nie
met manewales nou per ongeluk onskuldige mense verongeluk nie.
Dan skakel ek my ligte aan. Ons het reeds baie afstand verloor,
maar ook nie soveel dat hulle nie ons ligte wat skielik agter hulle
aankom, sal bemerk nie. Ek sien Bezuidenhout se remligte
aangaan, en toe afgaan. Hy is nou in vertwyfeling. Ons sien ook
reeds die glans van Faureberg se liggies. En dan skiet ‘n ysige
gedagte my te binne. Wat as Bezuidenhout veilig speel – eers met
die onskuldige mense voor hom afreken, en ons dan inwag of
injaag?
Ek flits dus die bakkie se ligte, en wens ek het die Morse kode
geken om Bezuidenhout te kon tart. Ek hou dus maar aan flits. Die
remligte gaan weer aan, en die volgende oomblik swaai hy om. Ek
het dit geantisipeer, en reeds baie stadiger gery om te kan
omswaai. Vir die tweede keer dié aand maak ek ‘n handremdraai,
die keer vir die eerste keer in my lewe op ‘n teerpad. Amper-amper
keer ek die bakkie om. Toe jaag ek terug na die piekniekplek, haal
dit terwyl Bezuidenhout nog ‘n ent weg is, en gil:
“Gooi daai stomp in die pad!”
131
“Watter stomp!” roep James verbaas. Tyd vir redeneer is daar nie.
Ek het aanvaar James moes ‘n stomp gesien het toe hy flussies
voorgestel het die ding moet in die pad gegooi word!
“Kyk wat is in die vullisdrom,” gil ek . Daar is ‘n kartonboks in, en
ek skraap ‘n lekker groot klip wat ons in die boks pak. Dan, met ‘n
kleiner klip in die hand, spring ek in die bakkie en trek ek weer weg.
James en oom Frans bly gewapen by die piekniekplek staan.
‘n Derde keer die aand maak ek ‘n handremdraai, sodat die bakkie
nou reg in die rigting van die aankomende Bezuidenhout kyk, en ek
skakel die ligte op volsterkte na vore. “Spring!” skree ek, en Marisa
en haar ma spring uit. Dan sit ek voet in die hoek, die koppelaar af.
Met die petrolpedaal plat teen die bakkie se vloer, rol ek ‘n ander
klip wat ek opgetel het op die pedaal, en begin die koppelaar los.
Die bakkie se bande skreeu soos dit begin wegtrek. Dan los ek die
koppelaar en spring uit. Ek voel my kop die deur se kosyn tref, sien
duisende sterretjies, en dan is dit gitswart voor my.
132
8. Tussen engele
“Hy roer!” klink dit my hoor ek deur ‘n tonnel.
Instinktief lê ek weer doodstil – maak of ek dood is. Nou moet ek
eers probeer uitvind wat aangaan voor ek probeer baklei. Maar dan
dring die gewaarwording deur my kop – as die ou ding net nie so
seer was nie - dat ‘n sagte handjie my hand gerusstellend vashou.
‘n Engel, seker. Dan hoor ek die engel, soos van ver af praat:
“Hans, kan jy my hoor?” Daardie stem ... wil – wil vir my bekend
klink.
“Lyk my hy is steeds buite weste.” Dis ‘n bekende manstem.
Die greep van die sagte handjie op my skurwe klou raak amper
krampagtig.
“Hans, Hans, dis ek Marisa!”
“Marisa,” hoor ek my stem skor prewel. “Is jy saam met my in die
hemel?”
“Die sewende hemel!” hoor ek haar bly uitroep.
133
“As ons in die hemel...die sewende hemel is...waarom is my kop
dan so seer?”
“Hans!” raas Marisa. “Jy was amper bokveld toe, en nou maak jy
grappies!”
“Ek sal gou ‘n beesspuit by die praktyk gaan kry en hom iets teen
pyn en twakpraat inspuit,” hoor ek James korswil.
“Uit, uit!” hoor ek Marisa gemaak kwaad vir James uit die kamer
boender.
Ek begin my oë geleidelik oopgeforseer kry, en sien ‘n erg
bekommerde gesiggie voor my. Ek sien ook met ‘n oogopslag ek is
in ‘n hospitaal of kliniek.
“Jy is waragtag die mooiste ding wat ek in drie dae gesien het,”
sukkel ek die woorde uit.
“Jy was vier dae bewusteloos, dus het ek nie veel kompetisie
gehad nie,” korswil sy terug en soen my op baie seer lippe.
“Wat het gebeur?” vra ek.
134
Marisa reageer onseker: “Moet jy nie eers rus nie?”
“Ek sal beslis ook nie rus kry voor ek nie weet wat gebeur het nie –
of alles nou opgelos is nie.”
“Wel, alles het min of meer verloop soos beplan is. Die bakkie het
Bezuidenhout lank genoeg verblind na jy uitgespring het dat hy met
sy bakkie teen die klip in die boks vasgery het, en hy het van die
pad af gejaag en die bakkie omgekeer. My pa en James was gou
by om te keer dat hulle verdere moeilikheid maak.”
“En toe?”
“Wil jy nie darem eers weet wat van jou geword het nie?” vra
Marisa.
“Natuurlik,” sê ek haastig, toe ek die afgehaalde toon van haar
stem hoor. Eintlik is ek haastiger om te weet wat van Bezuidenhout
geword het. Ek weet immers ek is in die hospitaal, en dat Marisa en
James veilig is. Maar as Bezuidenhout nog daar buite is....
135
“Ek dink die bakkie het baie vinniger weggespring as wat jy verwag
het. Met die uitspringslag het die kosyn jou kop hard gestamp, en
die bakkie is oor jou enkel. Dit het die klip van die petrol af laat
spring, en die bakkie het net ‘n entjie daarvandaan tot stilstand
gekom.”
Goed, nou weet ek hoekom my enkel in gips en so vervlaks seer
is. Die seer kop het ek vermoed want ek onthou vaagweg hoe ek
die kosyn getref het.
“Twee van die sekuriteitsbeamptes het hulle bewusteloos geval toe
Bezuidenhout die bakkie omgegooi het, maar die ander een was
nie erg beseer nie. My pa en James het hulle sonder moeite
aangekeer.”
Gaan ek dan tot heel laaste moet wag om te hoor wat van
Bezuidenhout geword het? Maar dan vertel Marisa: “Bezuidenhout
het baie seergekry. Hy was in sy bakkie vasgegordel, en het met
die rollery baie stampe en houe weg. Hy lê onder polisiebewaking
hier langsaan.”
“Gelukkig dat die bakkie wat jy gebruik het, so min oorgekom het.
Ons is met ons vrag gevangenes en beseerdes reguit na die
136
kerkraadsvergadering, waar daar gelukkig ook twee dokters
teenwoordig was. Almal het mooi gehelp, en dadelik begrip gehad
dat ons nie weet hoeveel polisielede kop in een mus met Jacobs-
hulle is nie.”
“Het hulle al ‘n idee hoeveel?”
Marisa skud haar kop: “Nee, hulle pluis nog uit. Maar iets is nie
pluis nie –daar is stories van koppe baie hoog wat aan die rol is –
selfs in die kabinet.”
“Maggies, oor ‘n onwettige myn?” sê ek verbaas.
“Nee, daar is iets baie groter agter die storie, maar daar is ‘n digte
kombers van geheimhouding oor getrek. Ek dink nie die owerhede
verstaan mooi dat niks tussen plaaslyne en tannie Wysie lank
geheim bly nie,” giggel Marisa weer.
Ek dink weer aan Jacobs se kafpratery in die myn – ‘n ruimteskip.
Sou daar dan dalk iets in wees? Ek skub my kop. Onmoontlik.
Sterrestelsels is net te ver uitmekaar.
137
“Wat het van die vierde sekuriteitsbeampte geword?” vra ek. “Die
een wat ek by die spoorweghaltetjie omgedop het.”
“Hy is ook hier in die hospitaal. Hy het baie sleg seergekry –
skedelbreuk en baie ernstige inwendige beserings,” sê Marisa.
“Maar hy is nou buite gevaar.”
“Maggies,” skrik ek. “Ek het nie besef ek het hom so erg verniel
nie.”
“Nie jy nie. Dis Jacobs-hulle wat oor hom gery het toe hulle jou by
die haltetjie wou gaan vastrek. Toe los hulle hom net daar vir
dood.”
Ek begin uit die bed opsukkel.
“Waar dink jy miskien gaan jy heen?” vra Marisa opstandig.
“Vir Bezuidenhout kuier, natuurlik,” sê ek. “Ek glo hy het al kwaai
begin verlang.”
“Jy doen niks van die aard nie!” raas Marisa. “Jy lê hier tot die
dokter sê jy kan opstaan. Jy het baie erge harsingskudding weg!”
138
“Wat nou?” vra ek na hulle my iets vir die pyn ingejaag het.
“As jy hier uitkom, kom sterk jy by my en my ouers aan...”
Gaaf, dan is haar ouers ook veilig, dink ek verlig.
“En Baksteen?”
“Piekfyn, hy verlang hom net dood na jou. Hulle wil hom nie in die
hospitaal toelaat nie.”
“Dan sal ek hulle ook nie in die dierehospitaal toelaat as hulle vir
hul troeteldiere wil kom kuier nie.”
Dan oorval die newels my weer en ek sak in ‘n baie diep slaap weg.
Die volgende dag hou Faureberg begrafnis. Die drie Jacobse word
gelyk begrawe, terwyl die prokureur, Barnard, ‘n uur later ter ruste
gelê word. Die twee predikante wat die dienste lei, kry swaar. Hoe
begraaf jou nou sulke opperste skelms vanuit ‘n kerk? Hul dubbele
lewens, wat moord insluit, het feitlik die geloofwaardigheid van
139
enigiets moois in die kiem gesmoor. En daar is nie ‘n siel in die
omtrek wat nie reeds weet presies wat aangaan nie.
Nie ‘n enkele van Jacobs se befaamde vriende in hoë plekke maak
hul opwagting vir die begrafnisse nie. “Operasie spore doodvee,”
verduidelik Marisa.
In daardie selfde begraafplaas, dink ek wrang, is my ouers se
grafte. En ‘n piepklein graffie van my babasussie.
Dit het boonop via Bezuidenhout, wat nou soos ‘n kanarie sing, aan
die lig gekom wat van Jacobs se vrou, Marie, geword het. Sy het 14
jaar gelede spoorloos verdwyn. Dis Marisa wat die verhaal aan my
kom vertel.
So vyftien jaar gelede het ‘n prospekteerder by die Jacobse
aangekom. Hy is vriendelik ontvang, en genooi om by hulle oor te
bly, en van hul kothuis op die werf as basis en verblyf gebruik te
maak.”
“Jacobs was toe al ‘n harde man. Tannie Marie weer, was ‘n
kunstenaar en sensitief. In die prospekteerder het sy ‘n geesgenoot
gevind, en ‘n baie hegte vriendskap, wat later in ‘n verhouding
140
omgesit het, het tussen haar en die prospekteerder ontstaan.
Jacobs het geweet, maar hy het stilgebly – hy wou eers seker
maak of die prospekteerder nie iets waardevols vind nie. Toe reeds
het hy – as hy onverwags binne hoorafstand gekom het –
agtergekom Marie en die prospekteerder praat van iets groots wat
hy gevind het. Hy het ook ander dinge gehoor wat hom ontstel het,
want die plaas was tannie Marie s’n. Sy eie kuiery op die dorp by ‘n
onderwyseres was toe al bekend, en hy sou min of meer met sy
klere van die plas af trap as hy nie voorsorg tref nie.”
“Wel, en op ‘n dag is Marie en die prospekteerder net skoonveld.
Hulle het saam weggery dorp toe, en niemand het hulle of die
bakkie waarmee hulle gery het weer gesien nie. Volgens
Bezuidenhout is hulle vermoor, en in die grot na die meteoriet
versteek. Jacobs-hulle het die grot naby die bek opgeblaas, en die
tonne rotse het die bakkie met sy dooie passasiers begrawe.
“’n Paar maande later was die aanval op jou en James se ouers, en
het mense se aandag baie gou van die vermiste tannie Marie en
die prospekteerder weggedwaal. Die aanval op jul ouers het
trouens gehelp dat Jacobs sy vrou gouer dood kon verklaar – daar
was immers moordenaars in die omgewing – hoewel ‘n paar
141
omgekoopte amptenare ook gehelp het dat hy baie gou die plaas
op sy eie naam kon kry.”
“Dus, toe hulle met die werklike mynwerk begin het, kon hulle die
bakkie met die dooie passasiers stelselmatig verder en verder
opblaas, en so mettertyd die reste in die vragte begin inwerk,” sê
ek.
“Presies,” sê Marisa, maar aan haar stem kan ek hoor dat sy
behoorlik gewalg is deur die koelbloedigheid daarvan.
“Ek het nie geweet meteoriete is van kobalt nie,” sê Marisa.
“Ek dink darem hierdie een is ‘n uitsondering – dalk van ‘n ander
sterrestelsel. Normaalweg, as ek reg onthou, is sommiges klip en
die ander yster en nikkel.” Ek het eendag opgelees, maar dit was
lank gelede.
Dan onthou ek ‘n onlangse praatjie op die radio: “Daar is mense
wat beweer die goud van die Witwatersrand, die Klerksdorp-
omgewing en die Vrystaatse Goudveld is afkomstig van die
meteoriet wat vir die Vredefort-koepel verantwoordelik is. Hulle sê
goud ontstaan wanneer ‘n ster die einde van sy leeftyd bereik. Dan
142
klink dit vir my logies daai meteoriet moes ook van ‘n ander
sonnestelsel gekom het. Ek dink kobalt is normaalweg net soos
goud ‘n neerslagmetaal.”
Ons sit ‘n rukkie, elkeen versonke in sy eie gedagtes.
“En nou kry die moordenaars ‘n behoorlike begrafnis, terwyl die
slagoffers fyn en flenters geskiet en stukkie vir stukkie saam met
erts weggevoer is. My ouers sê destyds, by die roudiens, het almal
die twee Jacobs kinders so jammer gekry – hoe hulle dit moet
verwerk om sonder ‘n ma groot te word. Nogal ‘n ma wat sonder
taal of tyding uit hul lewens geloop het.”
“Ja,” sê ek. “Lyk my die Duitsers het ‘n punt beet om die naam
kobalt aan ‘n bose gees te koppel.”
“Hans, moenie sulke praatjies maak nie.”
“Dink jy hulle het ooit geweet hul pa het hul ma vermoor?” vra ek.
Marisa lyk half verskrik dat ek so iets kan vra. “Hulle was dan
amper skaars uit die doeke,” sê sy oplaas.
143
“Maar tog was hulle bereid om koelbloedig saam met hul pa te
moor. Jy dink nie hulle is as jong kinders sielkundig geknak oor dié
affêre nie?”
“Dit kan wees,” gee Marisa toe.
“Dit laat my nou dink aan iets wat my lankal pla. Hoekom het die
Jacobse so ‘n groot slaghuis op hul plaas aangehou?”
“O, soos ek dit verstaan,” sê Marisa, ...”het die Jacobse so een
keer per maand ‘n groot groep onwettige arbeiders uit Lesotho
gekry om los erts in die myn op te ruim. Om te keer dat hulle in die
omgewing rondloop, is hulle goed van kos voorsien. Baie goed.”
“Die uitvaagsels,” brom ek. “Hulle maak goed geld uit iets wat nie
hulle s’n is nie, en dan bespaar hulle nog op oorhoofse kostes ook
deur ander mense se vee te steel,” blaas ek. My stoetram wat nou
iewers koud in een van die koelkamers hang spook steeds by my.
“Dit was vir geldwassery ook,” sê Marisa. “Hulle moes op ‘n manier
verduidelik hoe hulle so baie geld kon hê. Alles is onder
dekmantels gedoen. Hulle het tot ‘n regte gruisgroef uit dieselfde
myn bedryf.”
144
Nou hoekom het Jacobs dit nie soveel makliker gemaak en
doodgewoon ‘n ooreenkoms met die trust vir mynregte gekry nie?
Nou gaan dit lol, dink ek bitter. Al ontken die regering dit ook hoe,
hulle het in effek grondeienaars se mineraleregte gekonfiskeer.
Maar ek sê dit nie hardop nie. Ek sal wel later by oom Frans hoor
wat hy hiervan uitmaak.
“Terwyl jy geslaap het, het ek deur jou Bybel geblaai wat James op
Dagbreekkrater gaan haal het,” sê Marisa skielik en ek kan sien die
trane lê vlak. Hierdie gedig – het jy dit self geskryf?”
Sy begin lees en ek lê woordeloos terwyl emosies deur my spoel.
Sy lees dit aangrypend – dis duidelik dat sy dit al ‘n paar keer
deurgelees het.
Gebed by die graf
(Volgens die melodie van Psalm 40, 1936-beryming)
Heer hoor nou ons stukkende harte huil
want woorde in ons monde stol...
Woeste emosies ons koppe tol
Haat om elke hoek van ons wese skuil...
145
- Met woeste wreedheid en haat
In plasse bloed doodgelaat
Gekom gemoor gegaan
‘n gesin weggeveeg
‘n klein kind wees laat staan
lewe wat aanbeweeg
Om vyf oop grafte staan stukkend ons nou
Stomme trane oor ons wange rol...
Sal vergifnis ooit ons harte vou?
Nou is ons harte van rouheid vol
- maar nou eers Heer gee ons krag
asseblief nou dag vir dag
tot ons eers sterker is
troos in ons harte lê
tot ons weer weerbaar is
moed vir more kan hê
My hart verstar, my woorde stol, daarom bid ek uit u Boek (Psalm
40:4 – effens aangepas)
Net om u wil te doen soos in u Boek
- die wonderskrif wat nooit vergaan –
146
dit klaar van ons geteken staan
dit wil ons Heer, van ganser harte soek –
ons bied U hart en hande
in wil’ge offerande –
al wat ons is en het:
diep in ons ingewand
waar liefdeˆen ywer brand
draag ons u heil’ge wet
“Het jy dit self geskryf?” vra Marisa weer met trane wat oor haar
wange rol.
Ek knik net. Jare lank bêre ek al die blaadjie in my Bybel.
“Jy is vol raaisels. Het jy ander gedigte ook geskryf?” Ek skud my
kop – een keer alles in woorde uitkry op aanmoediging van ‘n
sielkundige, was genoeg. Niemand verstaan die trauma van ‘n
plaasaanval-slagoffer nie.
Daardie selfde nag gaan kuier ek by Bezuidenhout. Ek was toe al
moeg van vra om dit te mag doen, en elke keer te hoor daar is net
geen manier dat ek toegelaat sal word om by die polisieman voor
die deur verby te kom nie.
147
Gevolglik raak ek en die konstabel aan diens die aand in ‘n ligte
meningsverskil betrokke. Die sakie word gou vriendelik in der
minne geskik. In die proses is die stoel waarop die konstabel gesit
het vreemd genoeg flenters, en het dit stukkende sitgedeelte soos
‘n halssnoer om die konstabel se nek beland. ‘n Paar potplante
raak omgekeer. Hierna was hy baie begrypend oor hoe graag ek
die pasiënt wou gaan besoek.
Ek ruk die deur oop en skakel die lig aan. Bezuidenhout kom half
regop, asof in afwagting, en dan word sy oë gewoond aan die
skielike lig, en skok sprei oor sy hele bakkies. Dis nou die dele van
daai bakkies wat onder die lappe uitsteek. Rondom sy bed staan
druppe wat die indruk skep die man is steeds sleg siek.
“Wessels, jou bliksem! Ek moes daai tyd jou en daai klein k%^&
saam met jul ouers vermoor het.”
‘n Koue woede sak op my toe. Ek het al geweet Jacobs het die
opdrag gegee dat my ouers vermoor word, en ek het
noodgedwonge met hom afgereken. Maar wie die sneller getrek
het, het ek nog net vermoed. Nou weet ek, en Bezuidenhout se
vals bravade walg my net meer.
148
“Ek wou juis kom verneem het na jou aandeel in hul moord. Dankie
vir die eerlike antwoord. Het jy persoonlik ook my babasussie se
keel afgesny?” Ek wil stik van die naarheid wat in my opwel. “En
neem nou maar hierdie eerlike belofte van my: As jy eendag uit die
tronk kom, moenie weer jou voete in die Oos-Vrystaat kom sit nie.
Jy gaan so spyt wees die doodstraf is afgeskaf. Om weer die
omgewing met jou vuil karkas te kom besoedel gaan
lewensgevaarlik wees.”
“Gaan bars Wessels! Jy het nog geen benul van waarin jy jou
ingelaat het nie. Jy het geheime internasionale kontrakte in die
gedrang gebring. Net omdat jy ‘n week vroeër opgedaag het as wat
jy gesê het. Hierdie ding is myle bo my en jou koppe.”
“Ag, hoekom maak ek nie sommer nou die joppie klaar nie?” vra ek
ernstig en kom met my uitgestrekte hande doelbewus op sy gorrel
afgestap.
“Eintlik wou ek maalvleis van jou maak en vir Baksteen voer, maar
hulle wil die dierasie nie in die hospitaal toelaat nie.”
149
Vir ‘n oomblik sien ek paniek, maar dan is hy vol bravade as hy
besef my hande is eintlik afgekap. Ek sal nooit hiermee wegkom
nie.
“Ja, dit was tog te lekker om daai lem so heen en weer te trek!”
Ek verloor selfbeheersing en pyl weer op Bezuidenhout af. My
hande maak oop om die gorrel, en ek sien die moordenaar se oë
rek wyd van vrees. Maar my vingers vries net om sy keel.
“Ag siestog, spinnekop maak vir baba bang,” koggel Bezuidenhout
uit sy bed. En amper veroorsaak dit dat Bezuidenhout met bed en
al ‘n verdieping laer in die tuin beland. Die polisieman voor die deur
het egter intussen versterkings gekry, en dis hulle wat soos een
man by die deur inbars en ‘n stokkie voor Bezuidenhout se vlieëry
steek en hulle sleep my van die monster af. Die wag het intussen
van sy onaansienlike halssnoer ontslae geraak, en hy is nou net
erg parmantig
“Gogga maak vir baba bang,” help ek Bezuidenhout vir oulaas reg
voor ek by sy kamer uitgeboender word.
150
Met die uitstap, draai ek vir oulaas om: “Ek sal vir James sê wat jy
hom noem. Hy sal binnekort kom kuier en verduidelik dit was nie
mooi nie.”
“Gaaf, dan ‘n tweede getuie teen my wat hulself as staatsgetuies
diskwalifiseer!” koggel hy.
Die polisieman met wie ek die onderonsie gehad het stamp weer
onnodig, en boonop venynig aan my. Sy maats sien hier kom
moeilikheid, en ruk hom net – net betyds voor my plat handpalm
weg. Amper-amper het hulle ‘n ligte werkie gehad om ‘n polisieman
met ‘n gebreekte neus se sitvlak uit ‘n potplanthouer se bek los te
trek.
“Hy het erken hy het my ouers vermoor! Hy het my babasussie se
keel afgesny! Wat het sy aan hom gedoen?” brul ek die hospitaal
wakker.
‘n Halfuur later is die dokter by my bed: ”As jy sterk genoeg is om ‘n
fris konstabel se stoel oor sy kop te trek, wil ek jou nie meer in my
hospitaal hê nie. Ek het Marisa reeds gebel, en sy en haar ouers is
oppad om jou te kom haal.”
151
“Baie dankie dokter!” sê ek opreg. “Nie een van die nursies kom in
elk geval naby Marisa nie.”
“Jy is waragtag baie sterker as wat ek gedink het,” glimlag dr.
Jansen, en staan op. “Jy moet my verskoon, ek het more vroeg
werk anders as jy wat nou ‘n paar dae se sorgvrye vrywerk op
hande het. En o ja, Marisa se ouers bring vir die konstabel ‘n slopie
biltong saam. Dis al waarmee ek hom kon oortuig om nie ‘n klag
van aanranding teen jou te maak nie. En jou strafwerk saam met
die vryery gaan wees om die stoel reg te maak. Die ding het ‘n
inventarisnommer op – dis nie sommer vir van vervang nie.”
“Kan mens nie sommer sê dis matrone Lombard wat op die stoel
gaan sit het nie?” brom ek nukkerig terug. “Daai stoel sou nooit...”
Maar dan wuif die dokter, en hy is by die deur uit.
“Pas Marisa mooi op...sy verdien die beste,” sê die dokter vir
oulaas voor hy weg stap.
Byna dadelik stap die rede vir die dokter se skielike verkassery,
matrone Lombard in. “Wat hoor ek van die stoel en ek?”
152
En ek is dadelik baie bly dat Marisa my kom haal.
153
9. Spoorloos
Marisa en haar mense het hulle voorgeneem om my die volgende
oggend behoorlik te laat uitslaap, maar vroeg hoor ek die
plaastelefoon lui. Marisa se ma antwoord ...dit was dus hul lui, en
dan gee sy ‘n ligte gilletjie. Ek hoor Marisa se stem:
“Wat is dit ma?” Ek hoor die tannie antwoord, maar dis te dof om uit
te maak.
Ek is net besig om my gipsbeen uit die bed te swaai, toe Marisa,
gevolg deur haar ma, die kamer instorm. Ek het nie geweet
Baksteen het by my op die bed kom slaap nie, en hy kry ‘n stuitjie
vol gipsbeen onder die stert sodat hy tjankend deur die lug trek.
Marisa en haar ma is baie ontsteld: “Bezuidenhout is skoonveld,
weg uit die hospitaal!” sê Marisa driftig.
“Ek het nie gedink ek het hom só groot laat skrik nie,” begin ek
myself verweer.
“Magtag, hou op so selfgesentreerd te wees,” raas die tannie. “Hy
het hulp gehad! Jacobs se sekuriteitswagte het ook voete gekry.”
154
Toe skrik ek eers en die implikasies tref my stuk-stuk. Al wat vir
Bezuidenhout oorbly is wraak, en hy het boonop hulp ook!”
Baksteen sluip op sy pens terug na my. Die brakkie is duidelik erg
afgehaal, want hy het homself as die sieke se bewaker aangestel
en nou kry hy hierdie behandeling!
“Jammer brakkie, jammer man.” Ek vryf die hondjie op sy kop. Hy
was behoorlik uit sy vel toe ek gister op die plaas aangekom het.
Van origheid moes sy mense hom ‘n ruk in die kombuis gaan
toemaak, van waar hy ‘n aandoenlike weeklaag ingesit het. Toe ek
die vrywery los spring hy teen my uit. Alles vergewe.
Ek dink aan ou Jas, my hond tuis. Groot dierasie met lang hare,
maar hy was al te oud om saam plaas toe te kom. G’n mens weet
waffer soort hond Jas is nie – hy is vermoedelik met alles wat groot
en harig is gebaster. Ek weet my tannie-hulle wag vir net vir ‘n
geskikte oomblik om ou Jas uit sy ouderdomsellende te verlos,
maar skielik verlang ek na die ou gedrog.
“Die polisie is oppad. Ons gaan voltyds bewaak word.”
155
Ek swets in my binneste. Dis nou heeltemal anders as die baie
alleentyd met Marisa wat ek my voorgestel het. Nou gaan elke
beweging wat ons maak, dopgehou word. Dalk nie net deur die
bewakers nie, maar iewers uit die randjies, dalk reeds met ‘n
verkyker deur die een wat nou maak dat ons bewaak word.
Die polisie kom gou genoeg, maar hulle bring nog slegte nuus ook.
Bezuidenhout was in sy jong dae deel van die spesiale magte, en
hy kán in die veld oorleef. Goed oorleef.
“Ek en Hans was ook in die Spesmagte,” sê James. Ek weet hy
breek hierdie nuus om die huismense groter gerusstelling te gee.
“Nou wanneer?”
“Ek is eers na skool polisie toe,” sê ek. “Ek was nog nie seker wat
ek wou doen nie, en het gedink ek kan net sowel kundigheid
opdoen wat my dalk eendag kan help om my ouers se
moordenaars op te spoor.”
Net daar besluit ek, sodra die helikopter-soektog afgehandel is,
gaan ek self jag maak. Ek gaan nie ‘n oop teiken wees nie, en nog
minder wil ek dat Marisa en haar mense ook ‘n teiken sal wees.
156
Hulle het nie gevra om betrokke te raak nie, en het reeds amper hul
lewens verloor. En nou verkeer hulle weer in gevaar. Intussen moet
ek voorsorg tref.
Kort na die polisie weg is, leen ek ‘n ou bakkie by Marisa se pa, en
ek, James en die konstabel wat aan ons toegewys is, vertrek na die
Jacobse se grond. Ek sê ek wil net in die dag mooi gaan kyk hoe
lyk die omgewing. Marisa bly by haar ma om te help om vir die
polisie en James bykomende slaapplek in ‘n buitegebou in te rig.
Dis nie al nie. Sommer vroeg was dit reeds bedompig en toegetrek.
Dis duidelik dat hier ‘n ordentlike donderstorm oppad is. As dit eers
gereën het, is al die ou spore en wat n mens daaruit kan leer
daarmee heen.
Met die uitstap merk ek half geamuseerd – die stukkende
hospitaalstoel wat ek aspris in die hospitaal vergeet het, staan in
die portaal. Dit moes saam met die polisie gekom het. Seker
matrone Lombard wat seker wil maak ek word bietjie gestraf vir die
simpel opmerking wat sy gehoor het.
By die afdraai na die slaghuis, waar ons Bezuidenhout so
onsagkens afgelaai het, soek ek tot ek duidelike afdrukke van sy
157
voetspore kry. Dit het die afgelope paar dae niks gereën nie, en ek
kry maklik ‘n paar voetspore wat ek deeglik bestudeer – die grootte
teen my hande gemeet, die hoeke waarteen hy trap, die afstand
tussen se voetstappe...alles wat ‘n mens kan wys word.
“Ek sien jy tender weer vir moeilikheid,” sê James, wat agterkom
wat ek doen.
“James, sê ek afgemete. “In die hospitaal het hy jou ‘n k&^%
genoem.” Ek sien die mededeling tref James soos ‘n skoot koue
water in die gesig. “Trouens, hy het gesê hy moes my en die klein
k*&^ saam met ons ouers vermoor het.”
James se gesig is met afgryse vervul.
“So, hy was die moordenaar, nie Jacobs nie.”
“Jacobs het die opdrag gegee, maar Bezuidenhout het die sneller
getrek.”
“Na soveel jare...”
158
“Hy is ‘n gevaarlike, goed opgeleide moordenaar. Net omdat ek
gelukkig was en hom ‘n paar keer koudgesit het, maak hom nie
minder gevaarlik nie. Trouens, dit maak hom meer gevaarlik, want
hy voel nog afgesit omdat hy so aanmekaar aan die kortste ent
getrek het. En hy gaan ons ook nie weer onderskat nie.”
“Nou wat wil jy doen?” vra James.
“Nie ek nie, ons,” sê ek.
“Jy weet ek is by jou. My ouers is ook vermoor.” Hy klink effens
gebelgd dat ek dit nodig kon vind om dit te sê.
“Met al die oorhangende kranse hier, wat dink jy is die kanse dat
hulle Bezuidenhout met ‘n lugsoektog sal kry?”
“Niks,” gee James toe. Ons het immers saam as kinders die wêreld
vol gespeel en ons weet hoeveel wegkruipplek is daar, veral
wegkruipplek vir iets wat uit die lug na ‘n mens soek.
“Presies. Bezuidenhout kan in die veld oorleef. Maar hy ken nie
noodwendig dié veld nie.”
159
“Ja, maar ons ken dit nog minder,” sê James.
“Ken ons dit werklik minder as Bezuidenhout? Ons twee saam?
Ons het as kinders daardie krater en die wande vol gespeel.”
“Maar dit was lank terug, en ons was nog klein.”
“Maar op ‘n manier was dit in ons geheues ingebrand. Ek dink die
moorde het dit dalk nog dieper ingebrand. Ons het net die paar dae
nodig gehad om weer ons geheues op te skerp. Ek dink ons hét ‘n
voorsprong bo Bezuidenhout.”
“Maar wat laat jou dink Bezuidenhout is hier iewers?”
“Omdat al wat vir hom oorbly wraak is. En omdat die krater die
meeste holkranse en kareeruigtes teen lugsoektogte bied. Hier is
ook heelwat stroompies en poele waarmee mens polisiehonde die
spoor kan laat verloor.”
“Maar wat as hy net gevlug het? As hy elders ‘n nuwe begin gaan
maak het?” vra James die logiese vraag. Die vraag irriteer my, nie
omdat ek dink dis ‘n dom vraag nie, maar juis omdat dit so ‘n
logiese gevolgtrekking kan wees. Maar my hele instink skop
160
daarteen. Iemand wat die Spesmagte se oorlewingskursusse
deurloop het en lank aan hul operasies deelgeneem het, so iemand
hardloop nie sommer weg nie. Veral nie as hy met haat vervul is
nie.
“Kom ons ry na die skagingang,” sê ek bloot. Ek kon by James
verby sien hoe die weerlig flits, en ek kry ook reeds die reuk van
naderende reën.
By die skagingang groet ons die twee polisiemanne wat aan diens
geplaas is. Hulle moet toesien dat niemand ongemagtig in- of
uitgaan nie. Die myn self is klaarblyklik van hoek tot kant deeglik
deursoek. Trouens, daar is myninspekteurs in die myn.
“Jacobs het al die jare die voorreg gehad om hul werklike inkomste
uit die myn te verdoesel. Noudat ek in die prentjie kom, is die
owerheid soos ‘n bloedhond daarop om seker et maak die staat kry
sy pond vleis,” brom ek.
“’n Hele klompie kilotonne vleis, klink dit my as ek so na die
inspekteur se relaas gisteraand geluister het,” sê James.
161
Dis egter nie net myninspekteurs wat daar is nie. Daar is
astronomie van Kovsies se Fisika-departement, geoloë, argeoloë,
en selfs ‘n paar mense van Kaap Canaveral af.
“Wonder wat soek hulle hier?” brom ek teenoor James.
“Jong, dalk het Jacobs nie sulke twak gepraat oor ‘n ruimteskip
nie.”
“Ag twak,” hou ek halsstarrig vol.
Ek loop in die veld rond, hoofsaaklik uit nuuskierigheid om te sien
of ek hier ook Bezuidenhout se spore tussen die ander kan uitken.
Ek kry dit ook maklik reg, maar as ek die spoor vir ‘n entjie volg,
word ek yskoud. ‘n Paar baie vars spore loop skuins oor die ou
spore. En dié vars spore is presies so groot soos Bezuidenhout se
spore. Hulle is teen dieselfde hoeke getrap. Hulle het net growwer
veldsole aan. Dit ís Bezuidenhout se spore. Ek wink James en die
polisiemanne nader.
“As julle gewonder het of Bezuidenhout gevlug het of teruggekom
het om wraak te neem – daar is jul antwoord,” en skielik kry ek
yskoue rillings langs my ruggraat af, kompleet of ek ‘n geweer se
162
teleskoop teen my kop voel korrel neem. Die gevoel raak so sterk
dat ek amper voor die versoeking swig om skielik weg te duik en
dekking te neem. My logika hamer egter daarteen. Bezuidenhout
sal hom eers wil ingrawe, en ook wag dat die helikoptersoektog
afgelas word. Moontlik sal hy ook eers verder wil aansterk. Ek dink
nie hy is meer hier reg bo ons nie.
Die polisiemanne laat weet dadelik met die tweerigtingradio dat
Bezuidenhout se voetspore – vars voetspore, gekry is. Binne ‘n
ommesientjie sirkel die helikopters oor die area, en ‘n ruk later daag
lede van die honde-eenheid met hul honde op. Hulle het egter
skaars die berg begin uitklim, toe die eerste groot druppels van die
weer wat al die heel oggend opgebou het, begin uitsak. Ons haal
net die ou bakkie voor die sluise van die hemele behoorlik
oopgetrek word, en ons weet alle spore, sigbaar of reukspoor wat
die honde sou kon volg, is uitgewis. Dis ook nie lank nie, of ons
sien deur die toegewasemde ruite hoe die honde-eenheid druipnat
van die berg afkom.
Terwyl ons terugry na ons gasouers, sê James: “Met daai voet in
gips sal jy nie te gou kan begin jag maak op Bezuidenhout nie.”
163
“Die gips kom more af, maar jy is reg, die enkel sal nog ‘n paar dae
nodig hê om sterk genoeg te word, veral vir bergwêreld.”
Skielik swaai ek om, en kies koers Dagbreekkrater toe.
“En nou?” vra James verbaas.
“Ons paar oorblywende skapies,” sê ek. “Ons moet hulle ook na
Marisa se pa-hulle toe bring. Anders het Bezuidenhout darem te
maklike kos ook nog.” Maar dis nie al rede nie. Iemand het
Bezuidenhout na die Jacobse se plaas gebring, iemand met ‘n
voertuig. Ek weet die voertuig sou lankal spore gemaak het, en dat
alle spore nou weggewas sou wees. Maar net dalk, net dalk merk
ek iets op wat ‘n leidraad kan wees.
164
10. Die jagter word gejag
Die spreekwoord lui: “Aanval is die beste verdediging.”
“Almiskie,” reageer Marisa se pa. “Maar soms laat val ‘n mens die
bal, of nog erger, dit word onderskep en daar is ‘n drie teen jou
span agter die pale.”
Ek oorweeg dit ‘n oomblik, en protesteer dan: “Ja oom, maar
iemand met ‘n goeie geweer en teleskoop kan omtrent net wanneer
hy wil iewers uit hierdie koppies op ons losbrand. En ons weet
steeds nie wie hom help nie.”
“As hulle net nie die kommando ontbind het nie,” raas oom Frans
net om die aandag af te lei. “dan het ons hom lankal gehad.”
“Moet oom-hulle nie dalk in die getuiebeskermingsprogram gaan
nie?” vra ek besorg.
“Gaan probeer dit nou in Marisa en haar ma se koppe kry?” brom
die ou. Dan hét hulle al daaraan gedink!
165
“Onthou, ons weet nie wie vir Bezuidenhout help nie. Help niks ons
is in ‘n getuiebeskermingsprogram en hulle snuffel ons uit nie. Het
al gebeur, weet jy?” sê-vra oom Frans. Ek knik van ja.
**************************
Drie dae later het die reënweer opgeklaar, en vroeg die oggend laai
‘n helikopter vir my en James saam met ‘n gedugte span van die
polisie se spoorsnyers en Spesmagte, en ‘n hele klompie proviand,
op die kraterwand af.
Die afgelope drie dae was groot dae. Ek en Marisa kry vir die
eerste keer werklik tyd om te gesels, en mekaar te leer ken. En hoe
meer ek van Marisa te wete kom, hoe liewer word ek vir haar, het
ek besef. Daar is niks van Anja se klatergoud aan haar nie. Sy hou
van klassieke musiek omdat sy daarvan hou, nie omdat dit van ‘n
mens verwag word om in die oostelike voorstede se haai
sousaaietie in te pas nie. Sy deel boonop my liefde vir Grieg se
musiek, besef ek verbaas. Maar ons deel veel meer ... ons
waardes. Ja, ons het ook lang en diep gesprekke oor godsdiens,
die ware Goud.
166
Ek het my enkel deeglik verbind, en het stewige stapstewels vir die
operasie op die kraterwand aan. Van my planne om die enkel nog
‘n paar dae kans te gee kom daar net niks.
“Enigiets om nie eers die stoel reg te maak nie,” brom oom Frans
kamma gebelgd.
“Ja, en hy moet nog vir my daai slopie biltong wat ons vir die
polisieman moes gee terugwerk,” speel tannie Wanda saam, maar
ek kan die kommer in haar stem hoor.
“Hoekom het jy ons nooit gesê jy was self in die Spesmagte nie?”
wil oom Frans weet.
“Ai oom, so baie gebruik dit om te spog en te beïndruk,” sê ek.
Dis egter ook net ons ervaring van die Spesmagte wat maak dat ek
en James toegelaat word om as deel van die amptelike
soekspanne na Bezuidenhout te help soek. Ek en James is formeel
as reserviste ingesweer, sodat ons darem bietjie meer van die reg
agter ons het.
167
“Jy moet jou goed oppas,” het Marisa vir oulaas gesê terwyl sy my
styf vasdruk voor ons in die helikopter geklim het. Oor haar skouer
het ek tannie Wanda iets vir my iets met die mond probeer beduie,
want die helikopter se geraas waai die klank weg. “Pas jou mooi
op, my kind. Marisa sal nie nog ‘n seerkry oorleef nie,” lyk dit my
het sy aan my probeer oordra.
Op die kraterrand verdeel ons dadelik in twee spanne, een wat een
kant om na die nek sal beweeg, en die ander wat anderkant om sal
beweeg. Beide spanne bespied met verkykers deurlopend die
binnekant van die krater, veral die holkranse aan die oorkant, en
ook die buitekant van die krater. Ek en James het elkeen ook ‘n
koeëlvaste baadjie by die polisie gekry. Hoewel ons
tweerigtingradios het, vermei ons radiogesprekke want
Bezuidenhout sal byna verseker ook ‘n radio hê. En so ook wie
ookal hom help.
Ek self is deel van die span wat die kraterwand aan die kant waar
Marisa-hulle woon aandurf. As Bezuidenhout soontoe is, wil ek
seker wees ek het die kans gehad om sy spore te sien.
Maar dit is een van die San-spoorsnyers in ons groep wat
Bezuidenhout se spore die eerste opmerk. Trouens, ek moet mooi
168
kyk waar die Boesman in die gras wys voor ek ‘n spoor kan
uitmaak. Ek meet dit – dis ongetwyfeld Bezuidenhout.
“Hy is hierheen af,” beduie ‘n kollega, en beduie by ‘n rotstregter af
wat ‘n ent ondertoe ook op een van die uitlopers uitloop. “Die spore
helle kom ôk nie treg nie.”
“!xi t!wa, (is so)” sê ek – die enigste waarde in die betrokke Santaal,
wat ek van my Spesmagte-dae onthou.
Die spoorsnyer kyk my half verras aan, terselfdertyd geamuseerd
oor my krom en skewe uitspraak. Maar in sy gesig kan ek sien hy
sal my deur dik en dun volg. Ek het ‘n gedugte bondgenoot.
Ons hou kajuitraad, en moet noodgedwonge die radio inspan.
Enersyds moet ons die polisielede by Marisa-hulle waarsku dat
Bezuidenhout moontlik in hul rigting op pad is, maar ook om die
span aan die ander kant mooi op die hoogte van sake te hou. Die
spore gaan ook gevolg word, en die boodskap moet oorgedra word
sodat die wagte by Marisa-hulle se plaas nie dalk op hulle skiet nie.
Ek wag tot die radio afgeskakel is. “Ek gaan aan na die kloofnek
toe, en soek ‘n paar manne om saam met my te gaan.”
169
“Hoekom?” wil die bevelvoerder verbaas weet.
“Ek kan nog nie my vinger daarop lê nie, maar ek het net so ‘n
spesmaas Bezuidenhout stuur ons op ‘n dwaalspoor.”
“Nou maar reg,” stem die bevelvoerder in. Maar net een
spoorsnyer, en een hondeman. Die manne is te moeg na dae in die
veld om nou onnodige draaie te loop.”
“Baie dankie, sê ek en beduie met die arms so goed ek kan na die
oorkantste wal, wat gelukkig nog taamlik naby is, vir James dat ek
aangaan. Verlig sien ek hy doen dieselfde, ook gevolg deur twee
manne.
“Kom ons hou aan die binnekant van die kraterrand,” sê ek skielik .
Ons sal elke nou en dan so onopsigtelik as moontlik oor die
buitekant gaan loer. As Bezuidenhout ons op ‘n dwaalspoor
probeer lei, sal dit help as hy nie weet sommiges is nie op die
dwaalspoor nie,” sê ek.
170
Sommer gou is dit duidelik dat Bezuidenhout glad nie sy spore
probeer verdoesel het nie. Hy wou hê ons moet weet hy is daar by
die tregter af. Maar wat sou die man se motief wees?
Stadigaan begin my jongdae se herinneringe iets uit die
vergetelheid terugdwing. Ek het geweet daar is iets belangriks wat
ek moet onthou, maar ek kon nie presies onthou wat dit was nie.
Toe dit weer ‘n slag my beurt is om stilletjies die buitewand van die
krater te gaan bespied, kyk ek lank met die verkyker teen die
helling onderkant die holkranse af, om te probeer onthou wat dit
was.
Skielik onthou ek hoe ek en James eendag met ons spelery ‘n
versteekte klein gaatjie gekry het wat van die holkrans binne die
krater na die een buite deurloop. Ek het pas begin Trompie-boeke
lees, en ek was baie onder die indruk dat ons – ek en James – nog
nie ‘n geheim gedeel het waarvan die hele wêreld niks geweet het
nie. Dit sou ons geheim wees!
Maar dis nie dit nie, hoewel ek weet dit moet iets met die berg en
sy kranse te make hê.
171
‘n Dowwerige streep wat amper halfpad teen die helling af al met
die kontoer loop, laat uiteindelik die geheueklokkies lui. Ek was nog
klein, toe ek en James eendag by een van die uitlopers af was. Dis
toe dat ons ‘n tweede, veel minder opvallende, rif sien wat so ‘n
tweehonderd meter laer as die imposante holsteenkranse, al om
die berg loop. Dié tweede rif bied ‘n roete om die berg, terug na die
kloofnek toe, wat nie voetspore sal maak nie. Maar dit gaan g’n
spoorsnyerhond flous nie. Behalwe...
En dan tref die briljantheid van Bezuidenhout se plan my. Onder die
holkrans, net langs die uitloper, is ‘n fontein waarvan die water in ‘n
vlak stroompie bergafwaarts vloei. Bezuidenhout sou stellig van die
uitloper na die stroompie beweeg het, en met die stroompie terug
na hierdie tweede rif beweeg het. Die spoorsnyers sal in alle
waarskynlikheid aanvaar Bezuidenhout is met de stroompie langs
af om die spoorsnyers te verhinder om sy spoor te volg. So kan hy
terugbeweeg na die nek en ‘n uitgedunde mag aan die oorkant, wat
my dalk insluit, inwag en onverhoeds afmaai. Daar is net mooi geen
skuiling teen die nek se helling af van die plato af nie.
Ek is opeens haastig. Met my lang tobbery terwyl ek die helling
bestudeer het, het James-hulle al ‘n taamlike voorsprong gekry.
Ons moet wikkel om Bezuidenhout, as hy hulle inwag, onverhoeds
172
te oorval voor die oorkantste klompie daar aankom. Ek beduie met
my hand wat afwaarts swaai dat hulle stadiger moet beweeg, en
uiteindelik verstaan iemand in daardie groep. Hulle gaan sit dadelik,
oënskynlik om bietjie uit te span. Intussen wikkel ons ook nou,
maar nou hou ons eerder aan die buitekant van die wand, sodat, as
Bezuidenhout reeds in posisie is, nie ons vordering kan sien nie.
Intussen probeer ek my kop gedaan dink oor waar teen die helling
van die kloof Bezuidenhout stelling sal inneem. Waarskynlik taamlik
laag, besef ek, sodat hy vinnig na die oorkantste wal sal kan
oorbeweeg en stelling kan inneem om weer enige manskappe wat
van hierdie kant afkom, maklik in die visier te kan kry. Maar dis baie
ruig daar in die nek en daar is meer as genoeg plek om lokvalle te
stel.
En dan?
Waarskynlik by die nek uit, gesels ek met myself in gedagtes. Hy
sal nie weer met die holkranse langs, of selfs die tweede rif kan
beweeg nie, want teen daardie tyd sou iemand wel per radio laat
weet het wat gebeur, en sal daar polisielede van alle kante af aan
die toesak wees.
173
Maar hoe anders sal hy van die nek af by Marisa-hulle kom? Sou
daar dalk aan hierdie kant ook ‘n grotingang wees, wat dalk by die
myn aansluit? Dis onwaarskynlik maar nie onmoontlik nie, dink ek,
maar my gevoel sê vir my dis nie die plan nie, want die myn se
ingang word goed bewaak.
Hoe ver sou die nek na die pad wees wat om die berg loop, en wat
uiteindelik by die pad na Marisa-hulle se plaas loop? Dalk wag sy
meeloper of meelopers met ‘n voertuig vir hom. Van Bezuidenhout
ontsnap het, was daar nog nie ‘n spoor van die “securities” nie.
Intussen nader ons die kloofnek, en ons begin die rant baie
versigtig bekruip. Ek het aan die spoorsnyer en die hondemeester
gefluister wat ek dink Bezuidenhout in die mou voer.
Versigtig loer ons oor die rant, elkeen so goed versteek as
moontlik. Dit is ruig en digte bosse skep ‘n onderdringbare skild
teen bespieding. Maar hierdie kinders van die veld het instinkte wat
ons nie verstaan nie. Hulle kan ‘n persoon wat in ‘n lokval wag
opspoor sonder om hom te sein. ‘n Voëltjie wat swenk in sy vlug
maak, ‘n insek wat nie raas waarvandaan mens hom verwag om te
reageer op ‘n maat se geraas nie. Alles werk saam om ‘n
radarprentjie in hul koppe te vorm. En ja, ek het ook al dikwels
174
gesien hoe hulle ‘n skelm aan sy reuk uithaal. In die veld kan ‘n
naskeerreuk ver trek, en vir hierdie veldmense nog baie verder.
Een, onthou ek, is gevang omdat hy tande geborsel het.
Ek kyk en probeer na hierdie veldtekens let, maar word op die
aarde niks wys nie. Elke keer as ek meen ek sien ‘n brommer
iewers draai, loop ‘n sweepdruppel een van my oë. As ek my oog
klaar gevee het, is alle tekens van ‘n brommer of insek weg. Vererg
besef ek dis die sweetdruppels wat ‘n ooghaar effens af druk, en
wat dan binne sig kom wat die brommer-effek daar onder gee. Ek
vryf my ooghare so ver moontlik terug.
Ek staar weer stip. Die “brommers” is nou weg, maar so ook enige
teken van enigiets wat iemand se teenwoordigheid daar onder kan
verklap. Tog sê al my sintuie vir my Bezuidenhout is daar onder
iewers. Ek oorweeg dit om bloot blindelings is die digste boskasies
te begin inskiet. My twee kamerade sal dieselfde doen, weet ek uit
ondervinding, en hopelik sal ons dan Bezuidenhout se vuur trek, en
kan agterkom waar hy wegkruip.
Maar dan beduie die spoorsnyer iets. Hy beduie en beduie na ‘n
plek, maar ek kan niks uitmaak nie. Oplaas beduie ek aan hom dat
hy moet skiet. Versigtig druk hy sy R4 in posisie, terwyl ek dieselfde
175
doen. Ek korrel ook na die plek wat hy beduie het, hoewel ek
absoluut niks verdags kan uitmaak nie.
My gewete hardloop diep spore deur my brein. Aan die een kant
voel dit of ons koelbloedige moord gaan pleeg deur iemand sonder
eens ‘n waarskuwing te skiet, maar aan die ander kant is dit ‘n
selferkende moordenaar wat ‘n lokval gestel het om nog mense af
te maai.
Die skoot uit die spoorsnyer se geweer blaf donderend in die kloof
af, en ego herhaaldelik teen die holkranse binne die krater. My oë
is egter steeds vasgenael na waar die skoot getrek het, en dan sien
ek ook ‘n ligte beweging. Ek trek ook ‘n skoot af. En weer weergalm
dit deur die krater se holkranse.
Ek sien hoe James en die manne by hom oorslaan en volpas
hardloop na die kraternek. Die hondemeester is gly-gly die nek af
na waar Bezuidenhout vermoedelik lê, sy hond blaffend agterna,
maar hy hou nogtans soveel as moontlik dekking tussen hulle en
die plek waarheen geskiet is. Ek en die spoorsnyer wag bo, met
ons wapens steeds versigtig op die plek gekorrel waarnatoe ons
flussies geskiet het.
176
Uiteindelik is die hondemeester by die plek, hy kyk rond, en beduie
dan skouers opgetrek na ons. Die teiken is skoonveld! Die hond het
egter ander planne en trek al blaffende op ‘n spoor af. Ek beduie vir
die spoorsnyer hy moet ook af, ek self sal nog ‘n ruk hierby bly en
alles onder oë hou.
Intussen het die hondemeester onder verdwyn, blykbaar agter sy
blaffende hond aan. Skielik klap daar ‘n skoot – ‘n ligter skoot soos
van ‘n pistool, en terwyl dit ook deur die kranse ego, hoor ons die
hond tjank, en dan is hy stil.
“Bliksem!” Ek is kwaad. Nog iets wat aan die hand van hierdie
gewetenlose moordenaar dood is. Ek kyk nou na die plek
waarvandaan ek die skoot gehoor het – as ek nou daar beweging
sien, maak ek die magasyn leeg, besef ek. Maar ek sien niks.
Dan bereik die spoorsnyer die plek waarnatoe ons geskiet het, en
ook hy verdwyn uit sig. Ek staan op, en begin versigtig teen die nek
afklim, my wapen steeds op die plek gerig waar ek die skoot
vandaan gehoor het.
Uiteindelik is ek ook by die plek waarheen ons geskiet het, en die
rede waarom Bezuidenhout so maklik kon verdwyn het is opeens
177
glashelder. Lank gelede moes die Jacobse tog hier laat beeste loop
het, en hulle het paadjies soos tonnels al saam met die kontoere
deur die ouhout en karees getrap. Hierdie paadjies sou seker al
lankal toegegroei gewees het as wildsbokkies, ystervarke en selfs
tarentale dit nie ook begin gebruik het nie, maar nou is hulle steeds
relatief maklik begaanbaar, mits mens baie laag hou. Ek begin ook
instinktief daarlangs hardloop. ‘n Paar bloeddruppels wys ons het
inderdaad vir Bezuidenhout gekry, en dat hy raakgeskiet is.
“Tarentale!” Natuurlik, dink ek, dis wat vreemd aan die klofie was.
Gewoonlik raas die tarentale nou luidkeels soos hulle uit die krater,
deur die nek na die veld onder trek om te gaan wei. Vandag was
daar niks in die kloof te bespeur nie. Net, onthou ek nou, ‘n soort
verontwaardige gesnork van tarentale wat gesteur word van in die
krater.
Hierdie paadjies is egter geneig om te vertak, en sommer gou
besef ek ek is nou in ‘n paadjie waarlangs daar nie onlangs
mensspore geloop het nie. Ek beweeg terug, maar kry net nie weer
die paadjie waarlangs Bezuidenhout en sy agtervolgers is nie. Ek
breek dus uit, en beduie vir James-hulle aan die oorkant dat ek nie
weet waar die ander is nie. Hulle sien my egter skaars raak soos
hulle probeer vasstel waar Bezuidenhout is.
178
Skielik maak die bosse by my oop, en ek ruk my wapen in daardie
rigting. Dis egter die honde-spoorsnyer wat met sy gekweste hond
uitgestap kom. Die hond tjank liggies terwyl hy sy baas swakkies
deur die gesig lek.
“Die hond soek die dogter. Jy is die dogter,” sê hy eenvoudig.
Hy plaas die hond in my arms, en draai om om verder na
Bezuidenhout te gaan soek.
“Daai vuil poeliesman gaan *&^,” sê hy weer eenvoudig.
My aandag is nou by die beseerde hond, wat saggies agter sy baas
aan tjank wat weer tussen die bosse in verdwyn het. Die skoot is
deur die blad, van voor in en agter uit. As ek die bloeding kan stop,
is die hond lank genoeg buite lewensgevaar dat ons hulp kan kry.
Op ‘n afstand hoor ek juis die doef-doef van ‘n helikopter
naderkom. James-hulle het seker laat weet wat aangaan.
Ek maak my sakdoek repe, en verbind die wond so goed ek kan.
Ek onthou ons het as kind die een of ander boom of struik se
takkies op snywonde gesit wat dadelik opgehou bloei het, wat dan
179
sommer gou gesond geword het. Maar watter plant sou dit wees?
Ek onthou net James se ouers het ons hiervan vertel.
Ek tel die hond op, wat my nou ook deur die gesig lek, en stryk aan
na die enigste naby plek waar die helikopter kan neerstryk – dit wat
die grasperk was van die ou opstel. Die helikopter sirkel egter eers
om te kyk wat hulle vanuit die lug kan wys word van waar
Bezuidenhout hom mag bevind.
Ek is doodmoeg as ek by die gelykte kom. Die hond is swaar, en ek
is na die paar dae in die hospitaal beslis ook nie naastenby fiks nie.
Miskien kry ek nog van my veeartsmiddels of selfs net die
noodhulpkassie in die karavaan.
Vaagweg hoor ek opgewonde gille, en toe klap skote. Ek is verbaas
– dit klink na skote buite die nek! Sou die “securities” nou by die
bakleiery aangesluit het?
Dis duidelik dat iemand deur die karavaan gesoek het, maar
gelukkig is nie veel skade aangerig nie. Ek kry nog heelwat middels
en verbande om die hond mee te verbind. Ek werk instinktief aan
die hond, wat spoedig buite gevaar is. Wanneer ek klaar is, is ek
180
gefrustreerd. Ek hoor nog die helikopter en skote op ‘n afstand,
maar het geen benul wat aangaan nie.
My oog val op iets. Dis ‘n kettie wat ek in die aande voor ek by
Marisa-hulle gaan kuier het, uit harde kareehout gekerf het. Ek het
spesiaal haasrek hiervoor saam plaas toe gebring – heel laf wou ek
weer soos in my kinderdae ‘n paar sorgelose skote aftrek.
Ek hang die kettie om my nek. Dit mag dalk nie veel van ‘n wapen
wees nie, maar in ‘n uiterste noodgeval darem beter as niks. En dis
minstens iets waarmee ek nie sommer misskiet nie.
“’n Wapen is ‘n wapen,” het die kaptein tydens opleiding gesê, “of
dit nou twee stywe vingers wat hard in die oë gedruk word, of ‘n die
handpalm op die neus om die harde been agter die neus in die
brein in te druk.” ‘n Kettie kom baie verder as twee vingers en ‘n
harde handpalm by.
Dan kom James en ‘n paar van die spoorsnyers oor die gras
aangestap. Hulle is uitasem.
“Wat gaan aan?” roep ek.
181
“Bliksem het ‘n toegegroeide paadjie by die nek uitgeneem, en al
die tyd ‘n perd daar buite versteek gehad. Toe hy by die perd kom,
het hy weer daarmee na die pad gejaag, waar ‘n kar onder ‘n
kamoefleernet weggesteek was. Hy jaag nou dat dit bars, met die
helikopter agterna.”
“Waarheen?” vra ek benoud.
“Nee, darem nie na Marisa-hulle se kant toe nie. Hy jaag terug dorp
toe. Maar hulle skiet uit die helikopters op hom, en hulle sal hom
seker ook voorlê.”
Gefassineer luister ons oor die tweerigtingradio hoe die gebeure
hom ontvou.
Die hondemeester vryf sy hond, wat steeds lui aan sy hand lek.
Ons hoor hoe die polisie met mekaar kommunikeer, en ons hoor
skote klap. Maar iets pla my. Die rit klink vir my eenvoudig te veel
na ‘n selfmoordrit. Sal iemand soveel moeite doen om weerwraak
te kom pleeg, en dan so wegjaag?
Skielik is ek op my voete, en hardloop geweer in die hande na die
nek.
182
“Wassit?” hoor ek James, wat agter my ingeval het.
“Ek dink nie dis Bezuidenhout in daai kar nie,” roep ek oor my
skouer. “Ek dink dis een van die securities in daai kar!”
“Bliksem!” skree James. Ek hoop die spoorsnyers, of minstens
sommiges van hulle, kom agter ons aan. Toe ons met
Bezuidenhout slaags geraak het, het die helikopters al die
grondmanskappe opgepik. Daar is nou niemand om te keer as
Bezuidenhout na Marisa-hulle toe oppad is nie!
My logika sê vir my daar is geen manier wat Bezuidenhout by oom
Frans-hulle kan uitkom voor die Spesmagte hom met die helikopter
gaan inhaal nie. Maar ek wil geen kanse waag nie.
Dan hardloop ek by die nek uit, maar sny half na bo sodat ek onder
die boonste holkranse uitkom. As Bezuidenhout nie hierlangs is nie,
dan is dit darem afdraand na die onderste rif om daar te gaan spoor
soek. Maar skaars onder die naaste oorhangende krans, sien ek
dis nie nodig om laer af te gaan soek nie. ‘n Bloeddruppel verklap
dat Bezuidenhout hierlangs is.
183
Ek is uitasem, en die spoorsnyers is soos blits by my verby. Hulle is
soos bloedhonde wat ‘n spoor gevat het! Ek breek my pas, en
James val hygend langs my in.
“Hoe het jy geweet?” vra hy steeds verbaas.
“Ek het nie regtig ‘n idee wat my lont laat ruik het nie, maar
Bezuidenhout is oppad na Marisa-hulle toe!”
Miskien was dit ‘n hadida wat verskrik opgevlieg het, wat in my
onderbewussyn ‘n klokkie laat lui het, maar ek kan nie so iets
onthou nie.
“Is jy seker?” vra James.
“Waarheen anders?”
James bly my ‘n antwoord skuldig. Gelukkig behoort een van die
spoorsnyers met ‘n radio teen die tyd te laat weet het dat
Bezuidenhout in ‘n ander rigting op koers is.
“Kan hy dit maak? Ek bedoel na Marisa-hulle toe? So gewond soos
hy is?” vra James.
184
Ons kry gereeld bloeddruppels. Hy is dus steeds besig om te bloei.
“EK dink nie hy dink meer rasioneel nie. Ek weet nou nie meer of
hy ooit rasioneel gedink het nie. Dalk het hy afgespreek dat die
securities hom hier iewers ontmoet – dan het hy weer hulp. Maar
ek weet net hy is nou mal van woede, en al wat hy dink is wat vir
hom oorbly waarmee hy my nog kan seermaak, en dis om voor ons
by Marisa uit te kom. En ek wil nie ‘n kans waag nie.”
Die helikopters sal hom darem seker afsny lank voor hy by Marisa-
hulle kom,” sê James. Maar ek voel nie heeltemal gerus nie.
185
11. Al weer die mooi meisie op die perd
Ons stap so vinnig ons kan. Ons asems jaag, en ek hyg behoorlik
na asem. My enkel gesels nou al lekker saam, en pyn behoorlik tot
by my knie.
“Hoor daai stemme!” sê James skielik.
Ek luister, en ek hoor. Dan raak ek yskoud, as ek ook ‘n vrouestem
tussenin hoor.
“Los my vark!” Dis Marisa se stem, gevolg deur ‘n waansinnige
gelag.
“My enigste kaartjie hieruit, nooit gesien nie my liefie!”
Hul stemme trek helder al langs die holkrans af.
Ek dink nie twee keer nie – ek is reeds op my sitte, en skuif die 100
meter of so af na die rif ‘n ent ondertoe.
“Wat maak jy?” roep James uit. Ek beduie met my vinger voor my
mond hy moet stilbly, en beduie dan hy moet solank aangaan. Dit
186
lyk nietemin of hy snap ek voer iets in die mou. Die buitenste
ronding van die krater maak dat ek vir Bezuidenhout-hulle buite sig
is.
Ai, hoekom het Marisa nou, amper letterlik, ‘n mal perd opgesaal?
Of moes sy juis hierdie roete kies terwyl sy tog gewoonlik die
makliker roete op die kraterwand volg?
Ek tuimel behoorlik oor die rif se wal, en val ‘n goeie twee meter tot
op die soliede rots. “Vervlaks!” Dis hoër as wat ek gedink het. Ek lê
‘n oomblik om tot verhaal te kom. Ek het my wind behoorlik
uitgeval, en my enkel weer heel van voor af opgekoffie. Maar dan
trek ek my skoene uit, maak hulle met hul lussies aanmekaar om
my nek vas, en draf hinkende pink op die harde en taamlike gelyk
rotsvloer al onder die boonste holkranse langs. Ek wil skree van die
pyn in my enkel. Terselfdertyd luister ek aandagtig om te probeer
vasstel wanneer ek onder Marisa en Bezuidenhout verby hardloop.
“Ek hoop jy het van jou veearts-goed by jou Wessels!” hoor ek
Bezuidenhout skuins bo my teen die holkranse af roep, na waar hy
meen ek is. As die mal mens nou net nie dalk op ‘n antwoord
aandring nie!
187
“Julle het my gekwes!” roep hy weer. “Ja, julle skiet mos op my
soos op ‘n hond! Dan is dit mos reg dat ‘n veearts my moet dokter!”
Ek is so in die versoeking en skree terug: “Dis ‘n veearts se plig om
‘n hondsdol-dier uit te sit,” maar ek weet dit sou pure malligheid
wees.
Ek is onder die stemme verby! Nou moet ek net ver genoeg kom
om die ronding van die krater te kan gebruik om weer ongesiens op
te klim na die holkranse toe. Nog so vyftig meter, en dan is ek
seker ver genoeg. Maar nou jaag my asem behoorlik. My keel en
longe gloei behoorlik van die pyn.
“Wat makeer Wessels? Het jy jou stem verloor?”
Die blikskottel. Hy verwag reaksie van my. Hoe lank kan ek nog
stilbly voor hy iets aan Marisa begin doen? Teen my beterwete in
hoop ek hy probeer my net tart om my kwaad te maak. Dat ek
begin foute maak.
Dan kom James se stem. Goeie ou James. Hy kan op sy voete
dink.
188
“Bezuidenhout, die man het in die ongeluk seergekry – sy enkel
mos. Hy is nog te ver terug om jou te hoor!”
“Ag siestog, maar hy loop met sy seer pootjie oor die berg om my
te bekruip en dooierus ‘n mens in die rug te skiet!”
“Dis juis daai stappery wat sy enkel weer so seer gemaak het – toe
hy die skuinste af is om jou karkas te soek!”
“Moenie jou met my astrant hou nie, k&*%^er. Vandag skiet ek jou
soos ‘n hond, net soos ek jou ma en pa vrekgeskiet het.”
“Jy is ‘n dooie vark, Bezuidenhout,” kom James se stem terug. Dié
pratery, besef ek, keer dat Bezuidenhout logies begin dink en snuf
in die neus kry. Met ‘n skoot of twee in die rug is dit eintlik heel
logies dat hy nou baie bedag sal wees om nie weer van agter
aangeval te word nie.
“Waar is Jacobs se securities?” hoor ek James weer vra. Dis
pratery sodat ek kan weet hoe ver om te beweeg, besef ek, maar
dis ‘n goeie vraag ook – mits Bezuidenhout natuurlik die waarheid
gaan praat.
189
“Weggehol Lesotho toe, die klomp hoenders! Ek laat hulle uitkom
om my te kom help, maar toe ek my oë uitvee is die hele lot weg!
Dit na ek hulle nogal opgelei het.”
Intussen het ek al ‘n ent teen die skuinste begin opkruip. Kruip is al
hoe ‘n mens dit kan beskryf, want nou is ek so moeg dit word
aanmekaar swart voor my. My bene is lam, en my arms begin te
ruk as ek graspolle en struike vasvat om my op te trek. Skerp klippe
kou in my knieë in.
Bezuidenhout begin ongeduldig raak. “Nou skree op die man om sy
voete te lig – as hy wil hê sy meisie moenie seerkry nie!”
Hierdie woorde gee my opnuut krag van iewers af – ek het seker
nog so tien meter om te klim – dan is ek weer op die gelykte, maar
nou agter Bezuidenhout.
James gaan nou tot die inisiatief oor om Bezuidenhout se aandag
geboei te hou. “Hans,” roep hy terug onder die holkranse af. “Kan jy
al hoor? Jy moet daai spuit bring waarmee ons die hondsdol goed
mee van die gras af maak!”
“Jou klein k*&^r!” raas Bezuidenhout weer briesend.
190
Uiteindelik bo! Ek tuimel oor die laaste hindernis en rol lankuit op
die gelyk vloer van die holkrans. Ek wil ‘n oomblikkie lê, maar besef
dadelik dit gaan maak dat ek nie weer gou kan opkom nie. Ek moet
maar so in die terugbeweeg soveel as moontlik probeer rus.
‘n Entjie verder kom ek op syferwater teen die krans af, en suig
dorstig daaraan. Dit laat my al heelwat beter voel. Dis verruklik
mooi hier onder die kranse, veral met verskillende soorte varings
om my. Ek het weer my skoene uitgetrek na ek bo gekom het, en
beweeg nou so geruisloos as moontlik af op die wagtendes.
“Roep nou vir Wessels!” brul Bezuidenhout skielik, seker nie meer
as twintig meter voor my nie, maar dit kan misleidend wees omdat
die klank so lekker onder die kranse trek. Ek verloor so
konsentrasie dat ek met my stukkende kouse in ‘n plaat
brandnekels inloop. Ek moet op my tande byt om nie hard uit te
roep nie. Ek het na al die jare vergeet hoe die brandnekels lyk – en
ek is juis half allergies vir die goed.
“Hans, kan jy ons al hoor?” hoor ek James se stem teen die kranse
afrol.
“Die ding ly kwaai en moet gou weggehelp word!”
191
Ek haal my slingervel om my nek af, en tel ‘n paar lekker ronde
klippies in ‘n poeletjie op. Die klippies is nat, maar ek dink nie
Bezuidenhout gaan baie omgee of dit ‘n nat of droë klip is wat hom
tref nie. As ek net my moeë arms stil genoeg kan kry om raak te
skiet.
“Sê vir daai man hy moet nou antwoord of ek begin werk aan sy
meisie!” brul Bezuidenhout weer hard in James se rigting, wat
klaarblyklik nou wyslik net buite sig aan die ander kant is.
“James, oppas!” skree Marisa benoud.
Ek loer om wat ek glo die laaste draai in die krans sal wees om
Bezuidenhout-hulle in die oog te kry. Ek het taamlik baie om in te
neem – ‘n perd sonder ruiter, Bezuidenhout wat op die punt is om
Marisa se bloes af te ruk, en ‘n klompie verskrikte gesigte
anderkant. Bezuidenhout het ‘n pistool teen Marisa se kop.
So onopsigtelik as moontlik kry ek Bezuidenhout se kop in die
kettie se visier, en begin die rek styftrek. Die klippie moet sy werk
dadelik doen. As my arms net nie so wil ruk nie!
192
Die spoorsnyers is ou kalante. Hulle moes my al gesien het, maar
nie een knip ‘n oog of trek ‘n gesig, wat Bezuidenhout attent kan
maak dat daar gevaar agter hom is nie. Maar ek weet ook hulle is
oorgehaal om op hul wapens, wat hulle moes neergooi, toe te sak.
Dan woer die klippie na Bezuidenhout se kop, en ek sien dit gaan
‘n kolskoot wees! Maar dan – seker van die verligting – word dit
weer pikswart voor my en ek voel my bene wankel, en gee mee.
Ek hoor Marisa gil, en dan klap skote te midde van ‘n deurmekaar
geskree. Dan hoor ek Marisa weer gil, maar dit klink nou hier by
my. Maar ek kan steeds niks sien nie.
“Asseblief,” prewel ek. In die rugsak is antihistamienpilletjies. Sikke
klein geletjies,” prewel ek. Sterk hande draai my op my maag –
seker James – om die rugsak te kan bykom. Oomblikke later is
amper die hele houer se antihistamien in my mond, en ek sluk en
sluk verwoed om dit in te kry.
“Al kleintyd so lekker opgeswel as hy in die brandnekels beland
het,” hoor ek James amper gemoedelik gesels. “Hy het nooit die
goed behoorlik leer uitken nie. Altyd met bergvarings verwar.” Hy
praat natuurlik twak – bergvarings ken ek steeds goed.
193
“Of te veel met sy kop in die wolke,” hoor ek Marisa praat.
Ek begin weer sig terugkry, en die gesiggie voor my kom in fokus
om Marisa se baie bekommerde gesiggie voor my te vorm: “As ek
darem nie so buite weste was nie...vir wat kom plaas jy jou lewe op
die spel?” hoor ek myself deur my opgeswelde lippe prewel.
“Die opgeblaasde ding kan praat,” hoor ek James praat, maar my
aandag is by Marisa wat my om die hals val en druk en druk.
“Ek is so jammer ek het jul operasie in die wiele kom ry. Maar toe
ek oor die burgband hoor hulle jaag Bezuidenhout se kar met die
helikopter, het ek gedink dis veilig om te kom kyk of ek nie met iets
kan kom help nie.”
My arms druk harder om haar lyfie. As hulle net nie so wil ruk nie.
“As ek nie so swak was nie,” probeer ek weer, dan het ek jou nog
harder gedruk. Want ek is so onbeskryflik lief vir jou!”
Dan is Marisa is trane, terwyl die trane ook oor my wange, wat
steeds ongewoon groot opgeswel is, begin stroom.
194
“Jy sal net bietjie moet wag voor sy vir jou ook lief sal wees. As jy
kon sien hoe jy nou lyk – g’n niks kan jou nou liefhê nie,” korswil
James, en ek weet hy is ook nou net besig om van spanning te
ontlaai. Hy gee nogtans vinnig pad toe ek ‘n lam arm na my kettie
uitgooi.
“Bezuidenhout?” vra ek toe ons alleen is. Ek voel Marisa ril.
“Dood. Die spoorsnyers het net geen kanse gewaag nie.”
“Is jy orraait?” besef ek ek moet vra, want skielik onthou ek hoe
Bezuidenhout met die pistool teen haar kop gestaan het.
“Nie ‘n skrapie nie!” sê sy. “Danksy my held wat sy lyf Dawid teen
Goliat loop hou het.”
“Dawid het ‘n slingervel gebruik, nie ‘n kettie nie,” redeneer ek, en
ek besef ek is nog lekker deurmekaar.
“Dit was maar net ‘n steentydperkse kettie,” sê Marisa. Maggies,
maar sy het ‘n ongelooflike algemene kennis.
195
Ek lê ‘n paar oomblikke stil om die deurmekaarheid in my
klapperdop af te skud.
“En die ander kar?” vra ek toe ek bewus word van ‘n woeste
gesprek wat oor die tweerigtingradio gevoer word.
“Hulle beweer hulle het Bezuidenhout gekry – die
helikopterbemanning,” sê een van die Spesmagte-ouens.
“Maar daar lê Bezuidenhout tog,” sê ek en kyk vir die eerste keer in
die rigting waar ek weet Bezuidenhout se lyk moet lê.
“Tog, hulle hou vol dis Bezuidenhout. Een van die plaaslike
polisiemanne het sy lyk ook uitgeken.”
“Liefs twee dooie Bezuidenhouts as nie een nie,” probeer ek my
slim hou.
“En hierdie een lyk soos ‘n sif,” hoor ek James iewers buite my sig
sê.
“Dan lyk hy darem seker beter as die ander ene.”
196
Die res van die dag versit ek nie self ‘n tree nie. Die helikopter land
op die kraterrand bo ons, en ek word met ‘n draagbaar teen die
holkrans opgehys. ‘n Ruk later vlieg ons almal na Marisa-hulle se
opstal toe, terwyl een van die spoorsnyers, wat baie lief vir perde is,
met Marisa se perd huis toe kom.
Die helikopter land op Marisa-hulle se agterste grasperk, en toe die
deur oopgeskuif word is ek net betyds om te sien hoe Baksteen om
die huis se hoek verdwyn, sy stert so ver tussen sy bene ingetrek
as wat maar hondelik moontlik is.
Dan spring Marisa en die manne uit, en my draagbaar word
uitgesleep.
“Wat maak mens met jou?” raas Marisa se ma skaars na ons
grondgevat het met haar. “As jy nie te ...”
Maar Marisa het weer begin huil, en bêre haar kop in haar ma se
skouer. Rou snikke ruk uit die mooi meisie se lyf. Ek sluk die knop
in my keel af, en kyk in ‘n ander koers. Dan sien sy my opgeswel
op die draagbaar lê en sy gil: “Wat het hom oorgekom?”
197
“Brandnekels,” sê James droog, maar dit laat die tannie dadelik
ontspan.
“Ek dag nou net dis ‘n rinkhals of iets, en dan kom laai julle hom by
my huis af.”
“Nee, tannie,” sê die Spesmagte se bevelvoerder, Soep De Bruin,
“daai een is te taai vir ‘n rinkhals. Dié het hy sommer gaargemaak
en geëet. Maar toe probeer hy brandnekels vir slaai...”
“Bog met jul twakpratery,” raas tannie Wanda, maar ek kan sien die
twakpratery het haar gemoed goed gedoen. Dis nou die bietjie wat
ek deur my amper toegeswelde oë kan sien.
Dan is die hondemeester met sy beseerde hond langs my.
“Ax!ipa,” en ek weet dit beteken “dankie” in sy taal. Die hond lek my
ook vir oulaas oor my dikgeswelde wang. “Sterkte ou grote, jy gaan
nog baie skelms vang.”
Baksteen, wat intussen weer nadergesluip het, spring verwoed teen
die draagbaar op. Hy is verskriklik jaloers op hierdie hond wat nou
by my aandag kry.
198
Kort daarna is ek in die kooi en in droomland. Amper moes ek weer
verwoed Wanneer ek my oë oopmaak, sit Marisa se pa by my op
die bed, en langs hom is Baksteen kiertsregop in volle afwagting..
“Tsja,” sê hy toe hy sien ek is wakker.“Met ‘n kettie nogals.”
“More oom, more Baksteen.”
Baksteen se stert gaan soos ‘n sambok op die kombers tekere.
“As jy laatmiddag more kan noem,” sê oom Frans droogweg.
“Waar is Marisa, oom?”
“Sy slaap. Die dokter het haar iets vir skok gegee. Arme kind. Dis
darem nie dinge wat sy aldag gewoond is nie.”
Ek sê niks, kyk net na die plafon waarteen ‘n lui somervlieg
aankruie. Hoeveel skok is mens veronderstel om te kan dra? Soos
toe my ouers vermoor is en ek kleintyd op hul lyke afgekom het?
En James? Dra ons nog steeds letsels?
199
Ek onthou hoe ek gevoelloos Jacobs se strot toedruk, en die laaste
krieseltjie lewe uit hom gewurg het. Maar was dit uit wraak, uit
gevoelloosheid? Of was dit al wat ek onder die omstandighede kon
doen om die ander se lewens te red? Was ek regtig gevoelloos, dat
my onderbewussyn net daarteen stry?
En toe ek Bezuidenhout daar in die kloofnek koelbloedig in die rug
geskiet het? Soos ‘n dier, soos hy gesê het?
Of was dit takties al wat ek kon doen?
“Die ander Bezuidenhout?...” vra ek dus om my aandag te probeer
aflei.
“Opperste skelms...” sê oom Frans.
Ek wag.
“Tweelingboeties. Klompie jare gelede pleeg die een
lewensversekeringsbedrog deur te maak of hy dood is, maar omdat
hy nie dood was nie, moes hy toe maar ook sy broer se identiteit
aanneem om te kon deel in die bedrog. Ek wonder hoeveel keer
200
het die kastige dooie Bezuidenhout die ander ‘n alibi verskaf
wanneer een of albei by misdade betrokke was.”
“Oom?” vervat ek ‘n gesprek wat ek voorheen met Marisa in die
hospitaal begin het.
“Hoekom sou Jacobs moord pleeg, soveel mense omkoop, ‘n
onwettige slaghuis bedryf, ‘n veediefstalsindikaat, die geldwassery
as hy bloot die mynregte om ‘n deel kon beding het? Hy sou mos
so baie meer geld gemaak het.”
Oom Frans sit ‘n rukkie ek dink.
“As jy Jacobs beter geken het, sou jy dalk beter verstaan het. Ek
dink hy was meer begaan oor die mag as oor die geld. Hy het met
niemand oor die weg gekom as die nie ‘n skelm basis gehad het
nie.”
“Maar moord vir kobalt?”
“Kobalt ja, maar veel meer, Hans. Die wetenskaplikes sê die ding is
van ‘n unieke allooi met weliswaar baie kobalt in. Dis verskriklik
201
hard. Jacobs-hulle het nie oordryf dat hulle langs die kant dadels
kon uitrig nie.”
“Dink oom dan dat hy die waarheid gepraat het oor dat ‘n
ruimteskip sou wees?”
“Jong, dis heel buite my veld, en die geleerdes stry vreeslik. Wat
wel waar is is dat dit hol is, en dat die dikste, maar swakste kant
aan die voorkant is.”
‘n Hol ding, meteoriet of ruimteskip, sal verklaar hoekom hierdie
voorwerp nie dieper in die aardkors ingeval het nie. Trouens, as dit
‘n ruimteskip sou wees sal dit ook verklaar hoekom die krater
amper presies in die middel van die plato sou wees – as die
bemanning gekorrel het om op die gelykte op die plato te land,
maar iets toe verkeerd geloop het.
“Van die Amerikaners meen die allooi was dalk reg rondom ewe
sterk, maar dat die ruimteskip se voorkant dalk ‘n paar
ruimtevoorwerpe getref het wat skade aangerig het. ‘n Mens kan
dink hoe kwaai moet die impak wees as jy iets teen amper die
spoed van lig tref. Dan maak dit ook sommer sin hoekom die
voorkant so dik gebou is.”
202
Ek luister gefassineerd. Hierdie inligting is vir seker nie van tannie
Wysie en die plaaslyne afkomstig nie.
“Dalk het hulle met die skade toe na die naaste planeet gemik, ‘n
lekker gelykte gesien, en daarvoor gemik. Maar die skade was te
groot, die tuig word te warm van die spoed waardeur dit deur die
atmosfeer trek, en dan dit tref die platorand – die nek, en die hitte
laat die krater ontplof.”
“Dit klink nogal aanneemlik, oom,” gee ek toe. “Maar ek het fisika-
vriende en hulle is dit eens – bemande reise van een sterrestelsel
na ‘n ander kan nie plaasvind nie. ‘n Mens gaan foeter met spoed,
tyd en massa wat inmekaar vloei. Tensy mens natuurlik
swaartekrag sou kon neutraliseer. Ek dink steeds dis ‘n meteoriet.”
“Wel, Loeloeraai-hulle kon,” terg oom Frans.
“Ja, Maar Loeloeraai se tuigie kon net ‘n duisend myl per uur haal,”
terg ek saam.
“Ek dink ook dis ‘n meteoriet,” stem oom Frans na ‘n rukkie se
bepeinsing saam.
203
“Maar dis daai allooi wat Jacobs-hulle kon loskry wat hulle so baie
kontakte laat opbou het. Hulle het dit aan die Noord-Koreane
verkoop, wat nou eksperimenteer om dit in hul missiele te sit.”
Ek fluit van verbasing.
“Van die ding op die lappe begin kom het, is ‘n hele paar mense
landuit. Terwyl jy nou in droomland was het drie ministers verdwyn
net voor hulle gearresteer is.”
Ek luister stom verbaas.
“Wat sou Bezuidenhout bedoel het met die groot moeilikheid wat ek
gemaak het om ‘n week vroeër plaas toe gekom het as wat hulle
verwag het? Sou hulle beplan het om my voor die tyd van die gras
af te maak?” Dan is my teorie dat hulle nie weer deur ‘n boedel-
bepaling gesnoeker wou wees nie dalk verkeerd.
“Nee, hierdie raaisel het tannie Wysie ontrafel,” sê oom Frans
peinsend. “Jacobs se vriende het al ver gevorder met ‘n fiktiewe
grondrestitusie-eis, en jy sou in daardie week die
onteieningsdokumente gekry het.”
204
“Maar dan het Jacobs steeds nie die grond gehad nie,” sê ek
verbaas.
“Ja, Jacobs sou nie, maar een van die ministers se broers sou.”
Ek is verslae, maar ook nie meer baie verbaas nie. Onlangs het ek
nog by ‘n vriend gehoor hoe restitusieplase by Thaba Patshoa en
Oppermans hier in die Vrystaat net skielik uit die restitusieproses
gehaal, en ‘n minister se eiendom geword het.
“Ek neem aan die meteoriet gaan nou seker tot nasionale
gedenkwaardigheid verklaar word.”
“Ja, die Erfenisstigting se ouens was reeds by die myn.”
“Ek wonder presies hoe groot is daai meteoriet? Al wat ek weet is
dat hy baie, baie groter is as die Hoba-West-meteoriet daar by
Grootfontein in Namibië, wat tot dusver die grootste een is wat
gekry is.”
“Ek sal dat Marisa vir jou leesstof by die biblioteek gaan uitneem.
Hier het al juis ‘n joernalis of twee gebel.”
205
“Oom?” vra ek weer.
“Ja seun?”
“Dink oom Marisa is reg om weer in ‘n ernstige verhouding betrokke
te raak?”
Ek sien wolkies van behoedsaamheid oor oom Frans se oë trek.
“Marisa het baie seer gekry. Skok en hartseer.” Dan bly hy ‘n hele
ruk stil.
“Ek dink jy sal verstaan as iemand so seergekry het, is ‘n mens
dubbel bang om ooit weer so seer te kry.”
“Ek verstaan oom, maar soos ek hier lê kan ek nie indink hoe
iemand haar kan wil seermaak nie.”
“Ons ook nie, my seun, maar iemand hét. As enigste kind is sy
seker bietjie oorbeskermd grootgemaak – bietjie in watte
toegedraai.”
206
“Ek sal haar nooit seermaak nie, en ek sal ook nie toelaat dat
iemand anders haar seermaak nie,” sê ek oplaas.
“Ek weet,” sê oom Frans. “Maar onthou, sy moet ook eers herstel
dat sy nie uit vrees om seer te kry, iemand anders seermaak nie.”
Hy staan op en stap na die deur toe.
“Dink daaraan voor jy planne kry om te haastig te raak.” Dan stap
hy by die deur uit en laat my met my eie malende gedagtes.. Teen
die plafon sien ek het die vlieg sy koers gekry. Soos hy netnou teen
die plafon geloop het, lyk dit nie of hy moeilikheid met swaartekrag
het nie.
‘n Dag later is dit of die oë van die hele wêreld skielik op
Dagbreekkrater gerig is. ‘n Berig in ‘n plaaslike tokkelos het
Volksblad en so Sapa se aandag getrek. Tannie Wysie het gesorg
dat die plaaslike koerantjie alles kry wat sy ingesamel het. En die
volgende oomblik begin joernaliste van oor die hele wêreld toesak.
“Waar kom jy aan die naam tokkelos?” vra Marisa.
“Dis mos die Afrikaans vir Knock and Drop,” korswil ek.
207
“Presies hoe uitsonderlik is hierdie meteoriet dat die wêreld so
belangstel?”
“Wel, die grootste meteoriet wat tot dusver gevind is, is die Hoba-
West-meteoriet by Grootfontein in Namibië, en hy weeg maar so 60
ton. Hierdie een is omtrent 150 meter in deursnee en weeg seker
miljoene tonne. Die een by Grootfontein is van yster – dus
waarskynlik uit ons sonnestelsel, en die een hier is grootliks kobalt.”
“Sou hierdie een dan die grootste wees wat die aarde nog getref
het?”
“Nee,” put ek uit my pas-verworwe kennis, danksy die boeke wat
Marisa van die biblioteek gebring het. “Die meteoriet wat die
Vredefort-koepel veroorsaak het, was glo so groot soos Tafelberg.
Ons s’n was in vergelyking maar ‘n vulletjie. Ek dink ons s’n is
seker omtrent so groot soos die een wat die krater in Arizona
gemaak het.”
“Nou kon hulle dan nie die ander meteoriete kry nie?”
Die een wat die Vredefort-koepel veroorsaak het het sowat 2 000
miljoen jaar gelede geval en ek dink nie die aarde se oppervlak was
208
al so solied soos nou nie. Weet ook nie. Maar hy het so diep geval
dat magma uitgeloop het en die rooi graniet daar gevorm het. Die
meteoriet self sou seker opgesmelt het.”
“En die een in Arizona.”
“So ver skoonveld, maar hulle het darem brokke gekry. Een stuk
wat hulle gekry het was ‘n halwe ton. Ook ‘n ystermeteoriet.”
Dit blyk egter dat nie alle media so erg in die meteoriet
geïnteresseerd is. ‘n Plaasaanval wat na jare opgelos is en die
menslike intrige rondom die hele saak trek net soveel aandag. Die
storie van die ruimtetuig het nie die media se ore gehaal nie – nog
nie – en dié wat van dié storie geweet het, het besluit om die
geledere te sluit tot die wetenskaplikes se bevindings afgehandel
is.
“Hulle is besig om my siel te ontleed?” kla Marisa oor die baie
medianavrae..
“Miskien moet aan maar die Washington Post se aanbod aanvaar
en die hele storie aan hulle verkoop – voor die ander stuk-stuk
soveel uit ons het dat die aanbod verval?” stel ek voor toe ons ‘n
209
seldsame alleen-oomblik met Marisa se ouers kry. “Dan kan ons
die ander net wegwys – een keer die ding doen en dit agter die rug
kry.”
“Ja,” stem oom Frans in. “Jy het in elk geval met jou bakkie en
ander dinge baie skade gely. Hul aanbod sal jou help om baie van
die skade te herstel.”
Die volgende dag reeds is die Washington Post se mense op ons.
Dis twee verslaggewers en ‘n fotograaf. Ons moet poseer en vertel,
ons maak grappies en ons ry na die plekke wat van belang is – die
skag, die meteoriet, die kraterwand, die plek waar Jacobs uit die
bakkie gegooi is. Uiteindelik is ons ook by my ouers se opstal wat
nou weer stadigaan uit die puin verrys. Ek wys saaklik die toneel uit
wat ek as kind aangetref het. James neem hulle dan na sy eertydse
ouerhuis, terwyl ek en Marisa stil onder ‘n kareeboom gaan sit.
Die verslaggewers het ook reeds deeglike huiswerk gedoen: “Daar
is nie ‘n manier dat hier weer gemyn gaan word nie – trouens, die
kans is uiters goed dat die krater en dalk die hele omgewing tot
wêrelderfenisterrein verklaar gaan word,” vertel die
hoofverslaggewer, Ben Brown. “Trouens, julle gaan deur allerlei
wetenskaplikes toegetrap word. En as die meteoriet om die een of
210
ander rede nie genoeg rede is nie, sal hulle wel ‘n skaars
skoenlapper of iets vind wat net hier aard.”
“Of een wat ‘n barshou met ‘n kettie kan skiet,” giggel Marisa, en
ons lag. Ben lag saam maar dis duidelik hy snap nie heeltemal die
Afrikaanse humor nie, al het Marisa ook goeie Engels gepraat.
Twee dae later sit ons met die Washington Post in die hand. Dit is
verstommende goeie verslaggewing.
“Kyk,” sê oom Frans, “Baksteen het ook gesorg dat hy op amper
elke foto kom.”
211
12. Kersfees
Die kraaie het vandag, op Oukersdag, gegaap. Selfs in die Oos-
Vrystaat kan dit dié tyd van die jaar snikheet warm word, al kan
koring nog in Desember doodryp ook. Vanoggend nog het ek met
die gedagte in my kop gewoel – sal ek nie maar Dagbreekkrater na
Kobaltkrater herdoop nie?
Ek moet bieg, ek hou nogal van die naam, maar Marisa was so
ontsteld toe sy gehoor het van die mistiese koppeling van die
Duitsers van kobalt en ‘n bose gees. Nee, dink ek, ek kan
Dagbreekkrater en Marisa nie meer los van mekaar indink nie. As
daar aan die naam getorring sal word, sal Marisa behoorlik geken
word.
Later sit ek en Marisa styf teen mekaar na die verruklike kersboom
en kyk. Baksteen lê opgekrul by ons voete. Eers het hy verwoed vir
die flitsende liggies geblaf, maar dit later gewoond geraak.
“Ons het hom jare laas opgesit – ek het te oud geword vir
Kersvader, en pa het te veel gebrom omdat hy gewoonlik alleen
moes opruim en die boom gaan bêre as ons feesvierings verby is,”
verduidelik Marisa.
212
“Ja, maar ek het nooit afgekry van die Kersmaal maak nie,” sê
tannie Wanda gemaak gesteurd van die bank af waar sy en oom
Frans styf teen mekaar sit. James het familie van sy pa in die
omgewing gaan opsoek, en vir die eerste keer in baie jare vier hy
saam met familie Kersfees.
En ongelooflik soos dit mag klink, dis met hierdie besoek dat hy
reeds gehelp het om Jacobs se securities weer agter slot en
grendel te kry. Hulle is as gewone veediewe gevang toe hulle oor
die Lesotho-grens gekom het om ‘n paar skape vir hul families se
Kersfees te kom steel. Toe kies hulle die verkeerde plaas – die een
waarop James gaan kuier het. Ongelukkig vir hulle het James hulle
gesien voor hulle vir James gesien het. Hierdie insident was
boonop ook nog betyds vir die Washington Post se artikel, en sorg
dat James ook ewe breed op ‘n foto poseer by die skaap wat
danksy sy optrede ‘n Kersfees gaan oorleef.
“Ons is gewoonlik ‘n skare met Kersfees hier saam. Niemand het
egter gekik om te vra of hulle kan kom nie,” sê Marisa.
“Dink jy iemand sou waag terwyl iemand wat ‘n hele bende skurke
opgeruim het hier kuier?” vra oom Frans tong in die kies.
213
“Ek dink ook hulle kan sien ek is die jaloerse tipe,” speel ek saam.
“Ek sal enigeen wat in my slaai kom krap regsien.”
“Siejy,” raas tannie Wanda. “Laas het jy glo brandnekels vir slaai
aangesien.”
Natuurlik het die huismense genoeg uitnodigings vir Kersfees
gekry, maar alles is beleef van die hand gewys. Dis duidelik dat die
gesin eers tot verhaal wou kom.
Oom Frans het so mooi uit die Bybel voorgelees, en gepraat. Die
stof het nou gaan lê, en sake word nou opgeruim. Sommige sake
soos die eise teen die Jacobs-boedel gaan lank duur. Ek weet dis
dalk tydmors. Tussenin is aan die opstal op Dagbreekkrater se
herstel aandag geskenk, maar dit gaan ook nog ‘n hele rukkie duur.
Die hospitaalstoel lê ook nie meer op my gewete nie. Dié het ek
reggemaak en self aan die matrone gaan gee.
“Jy werk nie met Marisa soos jy met stoele werk nie!” vermaan sy
my toe ek oppad is. Op die punt om te regeer met iets soos: “Hy is
darem nou lekker stewig en u kan maar sit,” bedink ek my. Matrone
214
staan te naby aan daai stoel en dan moet ek die ding weer van
voor af regmaak, en dit sal met ‘n hele paar gebreekte bene in my
lyf nie te maklik wees nie. Daai suster is fris. Sy draai sommer ‘n
groot pasiënt lag-lag op die hospitaalbed om.
“Geskenketyd,” sê tannie Wanda en ruk my uit my herinneringe van
die afgelope paar dae terug. My hart krimp weer van pyn. Dit het
intussen geblyk dat dit die einste oom Frans was wat as Kersvader
by my ouerhuis diens gedoen het, en my pa dan weer kort daarna
by Marisa-hulle se huis. Na die plaasmoord was al hierdie dinge
ook vir goed iets van die verlede.
Na die geskenk-uitdelery haal Marisa ‘n klein pakkie uit, en hou dit
na my uit. Dis swaar. Ek vou dit nuuskierig oop, en ‘n paar yslike
metaal-balletjies rol oor die vloer. “Ironies” het ons hulle met
albasterspeel op skool genoem.
“En dit?” vra ek verbaas.
“Dat jy volgende keer iets ordentliks het om mee te skiet as jy my
met ‘n kettie kom red. Al is dit nou nie van kobalt nie.”
“Sonde,” sê tannie Wanda verbaas. “Sy spot al klaar oor die dinge.”
215
“Ek het ook ‘n klein geskenkie,” sê ek weer pure skoolseun-lomp,
en vroetel die pakkie onhandig uit my broeksak. Ek oorhandig dit
aan Marisa. Ek is woordeloos, nie omdat ek niks wil sê nie, maar
omdat my tong weer vervlaks aan my kurkdroë verhemelte
vaskleef.
Sy vou die geskenkpapier ook woordeloos oop. Almal weet wat dit
is.
Ek het die pakkie al ‘n paar dae gelede gereed gekry, maar moes
eers baie seker maak dat ek kon waag om dit nou te oorhandig.
Marisa se geskenk aan my – die humor met die albasters, het my
finaal oortuig.
Eergister nog, toe ek en Marisa hand aan hand onder die
eikelaning na die plaasingang gestap het, het ek besef hoe rou die
wonde nog lê. Kom hier mos so ‘n blink slap kar aan en trek langs
ons in. Baksteen het soos gewoonlik vooruit gehardloop. Ek het
Marisa se hand in myne voel verstyf toe sy die kar sien, en toe ek
na haar kyk was sy wasbleek. Ek het dadelik geweet wie dit was.
“Wat soek jy hier Shaun?” wou sy geskok weet toe die vent uitklim.
216
“Privaat!” beduie die vent met sy rooi bakkies mos vir my terwyl hy
so met die rugkant van sy hand vir my wegbeduie, amper soos ‘n
lui mens op ‘n warm dag ‘n lastige brommer sal wil wegveeg.
“Wag Hans, ek sal dit hanteer,” keer Marisa my toe ek oppad is om
die vent die afranseling van sy lewe te gaan gee. Uit pure jaloesie,
maar ook oor die verskriklike seer wat hy Marisa aangedoen het.
En haar ouers. Marisa was verbasend kalm toe.
“Ek sien hom gou weg,” sê sy. “Wag net daar by daai boom.”
Erg skoorvoetend het ek aangestryk, Baksteen agterna, maar toe
ek Marisa driftig hoor “Nee!” skree, vlieg ek om. Die vent het haar
aan die arm beet, en hy wil nie los nie: “Ek het haar gelos, sy
beteken vir my niks. Jy is die een wat ek wil hê!” skree hy.
“Jou kind kan seker al loop!” het Marisa gegil.
“Nee, ons het ‘n aborsie laat doen!”
“Los my!” skree sy duidelik erg geskok” Moordenaar!” en toe was
ek by. Teen dié tyd hang Baksteen reeds soos ‘n bosluis aan die
217
vent se sitvlak. Die vent los Marisa en sy val in die stofpad soos sy
gerem het om los te kom. Hy maak toe die fout van sy lewe, en mik
‘n hou na my: “Uitvaagsel, vry my meisie af as ek my rug draai!”
Hy sal beslis nog nie môre sy Kersmiddagmaal kan eet nie. ‘n
Mens sukkel gewoonlik om met ‘n gebreekte kakebeen iets anders
as sop in te neem. Ek het hom in sy kar gehelp, want sy eie bene
was bietjie lam. Boonop wou hy nie sy kop laat sak toe ek hom by
die kar se deur ingeboender het nie, en sy kop het taamlik hard
teen die kosyn gestamp. Baksteen het intussen laat los, en weer
vatplek gekry. Aan die vent se hakskeen. Ek moes Baksteen
behoorlik lostrek.
“Ek kan jou iets vir hondsdolheid inspuit,” bied ek nog gemaak
vriendelik aan. “Ek het ‘n beesspuit hier iewers.”
Toe is hy in ‘n stofwolk weg. Hy wou iets vir my deur die venster
skree, maar ek kon dit nie uitmaak nie. Seker maar gesukkel met al
die los tande.
“Goed dan,” roep ek terug asof ek verstaan het. “Ek sal vir
Baksteen teen hondsdolheid inspuit!” Die vent is buite hoorafstand,
218
maar ek skree nogtans agter hom aan: “Jy het juis vir my gelyk of
daar fout met jou kan wees!”
Ek is dadelik met Marisa terug huis toe, waar sy woordeloos by ‘n
geskokte tannie Wanda verbygeglip het kamer toe.
“Wat het jy gedoen?” vra tannie Wanda en sy was regtig baie
kwaad vir my.
“Nee tannie, dis haar eks wat hier opgedaag het. Sy vrou gelos en
wil Marisa toe sommer net so terugvat.“ Baksteen het liggies
getjank asof hy ook wil vertel van die nare vent wat hier was.
“Die nare gespuis!” het die tannie uitgeroep. “Hy is ‘n baie groter
vark as wat ons maar net kon droom!” en toe draf sy na Marisa se
kamer.
‘n Kwartier later kom tannie Wanda die sitkamer in waar ek erg
benoud sit en wag het.
“Ek dink sy is omtrent oor die ding,” het sy tot my verligting gesê.
“Trouens, ek dink as sy nog skilletjies oor haar oë gehad het oor
die vent, het dit vandag finaal afgeval.” En dan: “Laat ek sien... jou
219
kneukels. Is hulle baie seer?” So, ma en dogter het tot oor daai
opstopper ook gepraat. En ja, daai kneukels was nogal seer.
“Brawe hond!” het sy vir Baksteen gesê, wat Baksteen ‘n paar esse
deur die sitkamer laat hardloop het. Ek het later weer die matjies
reggetrek.
“Jy doen ook nie ‘n ding half nie,” het tannie Wanda vervolg toe sy
die af nerwe op my hand sien. “Ek hoop net jy het hierdie hoofstuk
in ons kind se lewe finaal toegeklap.”
“Finaal!” het ek gedink maar my gedagtes vir myself gehou.
Enigeen wat Marisa wil seermaak, het ek besef, maak ‘n monster in
my wakker, en ‘n groen ene ook boonop. Ek het my seer vuis
stadig oop en toe gevou.
Gister was Marisa stiller as gewoonlik. “Sy het net tyd nodig om
oor die skok te kom,” verduidelik oom Frans en beduie ek moet
saam na sy werkswinkel gaan. Ek het verstaan. Ook Baksteen het
verstaan en hy het Marisa soos ‘n skaduwee gevolg.
“My kind maak nie sommer eens ‘n vlieg seer nie.” Ek het net stil
geluister. “En hier kom die *&^%se vent en sê koeltjies hy het sy
220
baba laat doodmaak. Marisa sukkel om te verwerk dat iemand wat
sy eens so lief gehad het en vertrou het, al die tyd so ‘n monster
kon wees.”
Ek het geknik.
“Ek weet julle het gou gekliek, maar ek glo jy sal verstaan dat sy
nou eers dubbel seker sal wil maak voor sy haar hart weer met
volle oorgawe inbind.”
Ek het weer geknik. Al voel dit soos jare, ek en Marisa ken mekaar
regtig net enkele dae.
“Daar was in die rukkie wat sy jou ken soveel doodslag. Jy het self
een met jou kaal hande doodgemaak. Jy het ‘n paar reggesien. Sy
is ‘n kunstenaar, sy is fyn besnaard, daai kind van my.”
Ek het weer geknik dat ek verstaan: “Weet oom, sy ken my die paar
dae, en sy sien geweld rondom my soos wat ek na my ouers se
dood saam nog nie beleef het nie. Dis nie hoe ek regtig is nie. Ek
het juis karate begin neem omdat die ander my so geboelie het,”
het ek verleë afgesluit.
221
“Kom,” het oom Frans weer gesê ons ons stryk aan na deel van die
tuin waar ek nog nie was nie – dan uit onder die eike uit, en met ‘n
geplaveide paadjie die veld in. Die paadjie loop op ‘n klein
kerkhoffie uit, en oom Frans het die hekkie eerbiedig oopgemaak.
‘n Klein graffie, en ‘n eenvoudige kopstuk is al in die kerkhoffie.
“My seun en naamgenoot,” het oom Frans moeitevol uitgekry.
“Maar net vyf gewees.” Sy stem was rou.
En skielik het ek veel meer verstaan van hierdie gesin wat so baie
vir mekaar omgee – so baie die een die ander van seerkry probeer
weghou.
“Oom Frans,” het ek met ‘n groot knop in my keel gesê: “Ek beloof
ek sal Marisa nooit seermaak nie.” Haar pyn laat my ook self te
seer kry.
“Ek weet.” ‘n Eenvoudige antwoord.
Dit het later geblyk dat die vent polisiestasie toe is om ‘n klag van
aanranding te lê. Daar het hy hom egter in Soep De Bruin
vasgeloop, wat steeds op Faureberg is om van die ondersoeke af
222
te handel. Amper weer slae gekry toe die Soep agterkom wat
gebeur het.
“Daai twee is vir mekaar bedoel,” het ek later gehoor het Soep de
Bruin vir hom gesê het. “As jy weet wat ek weet kan jy bly wees jy
is nie erger verrinneweer nie. Drie ministers kruip in die buiteland
weg. Vrek seker van die honger in Noord-Korea. Sommer vir ‘n
saaidsjou vang sy maat drie gevaarlike gewapende veediewe, en jy
dink jy kan jou hier kom haantjie hou.”
Maar nou is dit Oukersaand en die nare gedagtes op die
agtergrond, en vroetel Marisa my geskenkie se papier los, en dan
het sy die boksie in die hand ... maak dit oop. Die tannie roep
verruk uit toe sy die mooi steen in die kersliggies sien flits.
“Moes jy my nie eers gevra het nie?” vra Marisa, maar ek kan die
aandoening in haar stem hoor.
Ek pluk my tong met moeite van my verhemelte af los: “Maar ek
dog jy het my gevra,” sê ek gemaak verbaas.
Die sitkamerbank se kussing tref my teen die kop, maar amper
saam daarmee val sy in my arms, en ons arms sluit styf om
223
mekaar. Oom Frans en tannie Wanda staan stil op en loop uit die
sitkamer uit waar die kersliggies nou vrolik flikker. Van die
kersboom se bopunt kyk ‘n engel op ons af, maar daardie engeltjie
kan nie by die een in my arms kers vashou nie, want nou is ons in
die sewende hemel.
“Ek sal seker maar moet ja sê,” sê sy. “Baksteen het jou behoorlik
aangeneem en as ek nie ja sê nie, is ons ons waghond kwyt.”
Baksteen het sy naam gehoor, en sy stert klop-klop op die
houtvloer.
“Jy kan so lank neem soos jy nodig het om te herstel en eers baie
seker te maak,” sê ek, “maar jy moet weet my liefde vir jou is so
onverganklik soos daardie diamant. Jy moet nooit daarin te twyfel
nie. Klou aan daardie tikkie sekerheid.”
Sy knik.
“Gaan jy my op ‘n wit perd kom haal?” vra sy.
“Ek is aantreklik as ek nie van brandnekels geswel is nie, ek is
sterk en slim, kan banjo speel, ek kan goed baklei, ek is ‘n held en
224
veral is ek baie beskeie, maar perd ry, wit of enige ander kleur, dit
kan ek nie. Ek sal maar ‘n bergfiets moet kry en dit wit verf om oor
Dagbreekkrater te trap om jou te kom haal.”
“Gaan hy darem ‘n side car hê?”
“Nooit gesien nie, ek wil jou hier tussen my arms vasdruk – jy sal
op die pyp moet sit.”
“Ek wil ‘n side car hê,” neul sy kamma.
“Top,” sê ek, “maar Baksteen ry daarin.” Baksteen hoor sy naam en
hy gaan gooi blaffend ‘n paar verspotte esse tussen die donker
bome. Dit laat ‘n paar hadidas fladderend van hul slaaptakke af
opvlieg en “Whê!, whê!” oor ons koppe die nag in vlieg, Baksteen
keffend agterna.
“Hulle skree so as hulle vlieg want hulle het hoogtevrees.”
“Hoe slim van dr. Kwak,” antwoord Marisa hier styf teen my.
225
En oor Dagbreekkrater kom die maan helder op, soos ‘n vars nuwe
begin. Dit laat die diamant aan Marisa se vinger in die maanlig
vonkel, maar ek sien dit nie want ek kyk diep in haar oë.