kleinfonteinnuus mrt 2013 webweergawe

24
“O ns is tans besig om die materiaal aan te koop en self die oprybare randstene te maak,” vertel Flip Coetser van die KBK Werke- departement. “Die pad sal uitein- delik saam met die oprybare randstene 6,7 meter breed wees.” Dié goeie nuus spruit uit die betrokkenheid van die Aksie- komitee, wat met Flip en Steyn van Schalkwyk, KBK se Hoof- bestuurder, gaan sit en beplan het hoe om Kleinfontein se paaie te verbeter. “Ons wil die Kleinfonteinweg- projek in drie fases aanpak, beginnende by die eerste 250 meter,” sê Louis Swart van dié komitee. “Die plan is om uitein- delik die hele Kleinfonteinweg tot waar hy aansluit by Kiewietlaan uit te plavei.” “Ons wil egter eers al die materiaal aankoop, voordat ons begin,” voeg Frik Oberholster, ook van die Aksiekomitee, by. Kleinfonteiners was bly om te ontdek dat hul paaie van die begin van die jaar af baie aandag kry. “Ds Johan Nel, wat op die Hoewes bly, was so bly toe Vinklaan, wat voor sy blyplek verbyloop, herstel is, dat hy vir elkeen van die KBK manne ’n tweeliter koeldrank gaan koop het,” vertel Flip. “Ek is nie ten gunste daarvan om ’n grondpad net los te skraap nie. Sodra die eerste reën val, spoel die bogrond eenvoudig weg. Dis beter om deegliker voor te berei en eers die slaggate en slote reg te maak, grond in te ry, met sement te sta- biliseer en dit dan met handstam- pers vas te stamp of om selfs met rubberwielvoertuie soos die wipwa of stootskraper oor en oor die pad te ry,” verduidelik Flip, wat jare ondervinding met padbou het. “Ons het die afgelope twee maan- de al die hoofroetes op Klein- fontein herstel, ook dié op die Hoewes,” sê hy. “Baie mense het gebel om dankie te sê en dit motiveer die manne van die Wer- kedepartement juis om hulle bes te doen.” Kleinfonteinnuus KLEINFONTEIN BOEREBELANGE KOÖPERATIEF BPK www.kleinfontein.net Maart 2013 Die eerste 250 m van Kleinfontein- weg , van waar die geteerde stuk pad wes van die Poort ophou, gaan uitgeplavei word.

Upload: kleinfontein

Post on 09-Mar-2016

270 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

“O ns is tans besig om die

materiaal aan te koop

en self die oprybare

randstene te maak,” vertel Flip

Coetser van die KBK Werke-

departement. “Die pad sal uitein-

delik saam met die oprybare

randstene 6,7 meter breed wees.”

Dié goeie nuus spruit uit die

betrokkenheid van die Aksie-

komitee, wat met Flip en Steyn

van Schalkwyk, KBK se Hoof-

bestuurder, gaan sit en beplan het

hoe om Kleinfontein se paaie te

verbeter.

“Ons wil die Kleinfonteinweg-

projek in drie fases aanpak,

beginnende by die eerste 250

meter,” sê Louis Swart van dié

komitee. “Die plan is om uitein-

delik die hele Kleinfonteinweg tot

waar hy aansluit by Kiewietlaan

uit te plavei.”

“Ons wil egter eers al die materiaal

aankoop, voordat ons begin,” voeg

Frik Oberholster, ook van die

Aksiekomitee, by.

Kleinfonteiners was bly om te

ontdek dat hul paaie van die begin

van die jaar af baie aandag kry.

“Ds Johan Nel, wat op die Hoewes

bly, was so bly toe Vinklaan, wat

voor sy blyplek verbyloop, herstel

is, dat hy vir elkeen van die KBK

manne ’n tweeliter koeldrank gaan

koop het,” vertel Flip.

“Ek is nie ten gunste daarvan om

’n grondpad net los te skraap nie.

Sodra die eerste reën val, spoel die

bogrond eenvoudig weg. Dis beter

om deegliker voor te berei en eers

die slaggate en slote reg te maak,

grond in te ry, met sement te sta-

biliseer en dit dan met handstam-

pers vas te stamp of om selfs met

rubberwielvoertuie soos die wipwa

of stootskraper oor en oor die pad

te ry,” verduidelik Flip, wat jare

ondervinding met padbou het.

“Ons het die afgelope twee maan-

de al die hoofroetes op Klein-

fontein herstel, ook dié op die

Hoewes,” sê hy. “Baie mense het

gebel om dankie te sê en dit

motiveer die manne van die Wer-

kedepartement juis om hulle bes

te doen.”

Kleinfonteinnuus

K L E I N F O N T E I N B O E R E B E L A N G E K O Ö P E R A T I E F B P K

w w w . k l e i n f o n t e i n . n e t Maart 2013

Die eerste 250 m

van Kleinfontein-

weg , van waar die

geteerde stuk pad

wes van die Poort

ophou, gaan

uitgeplavei word.

T oe ek daardie Saterdagoggend

sonder ’n afspraak by die woon-

wapark opdaag, het Hope Schutte

’n blink plastiekkroon op haar kop

en ’n veraf kyk in haar oë. Sy het

gespeel sy is ’n prinses. “Is jou ou-

ma hier?” vra ek. Sy huppel weg

om haar ouma te gaan haal, ’n ge-

lukkige kind. “Sy is ons opstaan en

ons gaan slaap,” vertel Trudy, haar

ouma, voor hulle Wendy huisie.

In die haglike plakkerskamp waar

hulle eers gebly het, het Hope se

lewe uitmekaar geval en Trudy het

die maatskaplike werkster ge-

smeek om vir hulle plek te kry op

Kleinfontein. Hier het Trudy begin

huise skoonmaak. Hope is na ’n

kosskool naby, waar sy gedy het.

“Hulle het ons see toe gevat,

tannie,” vertel sy. En naweke kon

sy by ouma Trudy se Kleinfontein

huis speel sy is ’n prinses . . .

Trudy was klein en moeg en maer,

maar daar was iets verbete in haar

oë. As sy van Hope en van haar

skilderwerk gepraat het, het sy op-

gehelder. As haar werkgewers van

haar gepraat het, was hulle vol lof.

“Sy is so ’n flukse werker.”

En toe, een dag in Januarie sak

Trudy inmekaar in die Van der

Bergs se huis in Kareepark en

sterf. Blykbaar ’n hartaanval. Dalk

was sy net op.

Hope gaan aanbly in die skool en

naweke en vakansies na haar oupa

op Kleinfontein kom. Haar nuwe

lewe wat ouma Trudy met haar

kale hande uitgegrawe het, sal bly.

Ek salueer jou, Trudy Schutte.

Selfloos is jy kaalvoet jou eie Dra-

kensberg oor. En ter wille van

ander Afrikanervroue soos jy, sal

ek werk en veg vir die behoud van

Kleinfontein. Sodat daar ’n plek

kan wees waar Boeredogtertjies

prinsesse kan wees . . .

Marisa

Redaksie REDAKTEUR: Marisa Haasbroek

MEDEWERKERS: Álet Erasmus,

Marietjie Fourie, Francois Malan,

Betsie Steyn, Ria Pretorius

ADVERTENSIES: Elisabeth Malan

FOTO’S: Betsie Steyn, Álet Erasmus,

Gerrit Myburgh, Marisa Haasbroek

en Wikus Cremer.

Die Redaksie behou die reg voor om

artikels af te keur, te redigeer of te

verkort. Stuur enige bydraes asse-

blief aan marisa@kleinfontein. net

Vir Prinses Hope

Vir die instandhouding

van huisbedrading

Nuwe installasies en fout-

nasporing

Installasietoetsing vir die

uitreiking van sertifikate

BEN MOOLMAN

072 243 4297

012 802 1111

ETIENNE SMIT

HO

OG

LAND

ELEK

TR

IES

KLEINFONTEIN VERHURING

Skakel ons as u eiendom wil huur of verhuur.

Ons telefoonnommer is

082 815 7382 of 012 940 4220.

Vonkpos: [email protected]

Faks 086 693 1380

Marius en Miempie Bosch

is tot u diens hier op

Kleinfontein

KLEINFONTEINNUUS 3

Só bly Kleinfontein ingelig Vir lank het Kleinfonteiners gekla dat hulle nie weet wat

aangaan in hulle plek nie. Die afgelope paar maande is ’n

nuwe kommunikasie-strategie egter ontplooi wat sorg dat

inwoners nou weet wat gebeur op Kleinfontein. Daar is vyf

geskrewe maniere waarop inligting die inwoners bereik. Elkeen

het sy eie doel en styl.

UITGESTUUR:

soos nodig

DOEL: hou in-

woners ingelig

oor dringende

dag tot dag sake

van belang.

UITGEGEE: deur die KBK

kantoor. Skakel Sonja by 012

940 4354 (kortno 6080) of by

012 802 1583 om op die

verspreidinglys te kom.

VERSKYN: in Maart, Junie, September

en Desember

DOEL: Skep ’n samehorigheids-

gevoel onder Kleinfonteiners, stel

inwoners aan mekaar bekend,

bemark Kleinfontein

UITGEGEE: in swart en wit op papier,

word uitgedeel aan inwoners, ook in

volkleur te lees op die webwerf.

VERSKYN: 8 keer

per jaar.

DOEL: Bemark

Kleinfontein en sy

ideale aan die Vriende van Kleinfontein.

UITGEGEE: as ’n kubernuusbrief en elektronies

versprei. Stuur ’n epos na [email protected]

om op die verspreidingslys te kom of om

belangstellendes daarop te laat plaas.

VERSKYN: elke maandeinde

DOEL: interne nuusbrief wat aandeelhouers ingelig

hou oor besluite van die Direksie en Gemeen-

skapsraad, asook oor gebeure op Kleinfontein.

UITGEGEE: papieruitgawe word deur die KBK kantoor

saam met rekeninge versprei. Kuber-uitgawe word ge-

epos aan lede wat eposadresse het. Aandeelhouers

kan ’n epos na [email protected] stuur om op

die verspreidingslys te kom.

VERSKYN: soos nodig

DOEL: interne nuusbrief wat

aandeelhouers ingelig hou oor

dringende besluite van die

Direksie en Gemeenskapsraad,

asook oor gebeure op Kleinfontein.

UITGEGEE: papieruitgawe word

deur die KBK kantoor versprei.

Kuberuitgawe word ge-epos aan

lede wat eposadresse het.

Aandeelhouers kan ’n epos na

[email protected] stuur om

op die verspreidingslys te kom.

oordenking

Lees : Ps. 37

Teks : Ps. 37 : 5 Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom. Hy sal dit uitvoer.

T oegepas op die lewe van die

mens het hierdie teks drie

komponente. Die eerste een is: ek

wil nie my lewenspad aan enig-

iemand anders oorgee nie. Nie-

mand moet of kan vir my voor-

skryf hoe ek my lewenspad moet

loop nie. Vir my is dit ’n verne-

dering en ’n kruisiging van my

persoonlikheid en menswees as ek

nie my eie heer en meester kan

wees en al my doelwitte op my eie

maniere bereik nie.

Die tweede komponent is: as ek

met hierdie gesindheid en met eie

vermoëns en insig my eie pad wil

loop, ontdek ek dat dit ’n een-

manspad is. Niemand anders wil

die pad vir my of saam met my

loop nie. Dan word die loop van die

pad ’n stryd, eintlik ’n worsteling,

nie net met myself nie, maar ook

met die ander mense om my heen

en uiteindelik ook met God. Dan

wil en kan ek ook nie meer die pad

alleen loop nie.

En hier kom die derde kompo-

nent in: op daardie punt waar ek

moedeloos en argeloos en toe-

komsloos my pad moet loop, kom

die Here in. Dan hoor ek Sy stem:

Laat jou weg aan die Here oor en

vertrou op Hom. Hy sal dit uitvoer.

Wat ’n ontmoeting! Die Here is

bereid om my lewenspad oor te

neem en dit uit te voer tot die

einde toe. Wat ’n gelukkige woord:

Die Here neem my pad oor, ek kan

op Hom vertrou. Hy is ’n waar-

maker van Sy woord.

In die nuwe Bybelvertaling lui dié

teks só: “Laat jou lewe aan die

Here oor en vertrou op Hom; Hy

sal sorg.”

Dit beteken ek kan my pad in al

die lewensterreine aan die Here

oorlaat: my persoonlike lewe, my

huwelikslewe, my gesinslewe, my

gemeenskapslewe. Ook my ge-

meenskapslewe op Kleinfontein.

Mag elkeen van ons op Kleinfon-

tein ons weg aan die Here oorlaat

tot sy eer en tot ons heil. Amen. Ds.

C.J.S. van Niekerk

Jou weg behoort

aan die Here

Kerneels en Didi van Niekerk is al

amper 63 jaar getroud en sewe jaar

op Kleinfontein. Hy het in 1984 by

die Hervormde Kerk Ottosdal geëmi-

riteer. Toe het hy vir 21 jaar geboer

en pastorale hulp verleen by Witpoort

gemeente, sy grootword plek, wat sy

naam kry van die eerste wit kind wat

noord van die Vaalrivier gebore is.

Ons bou vir jou toekoms

Meer as 15 jaar ondervinding in residensiële konstruksie

DE WET CILLIERS

Tel (012) 940-0220

Sel 072-345-3086

Epos [email protected]

KLEINFONTEIN

BOUBESTUUR BK

Materiaalwinkel

Hannetjie en Bets

(012) 734-4751

Winkel 8

Rayton Park Plaza

A FLAIR FOR HAIR Heleen Rayton Village Sentrum no 10 Rayton Tel 012 734 4743 Gesluit op Dinsdae

KLEINFONTEINNUUS 5

“E k is ’n laslappie van ’n

mens, ek las maar in waar

ek kan,” vertel Shirley Harmse.

Shirley het verlede jaar almal se

harte gesteel met die pragtige

lentekonsert wat sy uitgedink het.

Sy het aan Kleinfonteiners ’n pret-

tige aand besorg toe sy met behulp

van bekende Afrikaanse liedjies

musiekstories vertel het. Silja van

der Merwe het die musiekverwer-

king en afrigting net so pragtig

gedoen, maar dit was Shirley se

idee en dekor en blomme, blomme,

blomme wat sy goedkoop gaan

bedel het wat die aand gemaak het!

“Ons wou net iets doen om die

gemeenskap weer opgewonde en

opgewek te kry,” sê sy.

Shirley en haar oorlede man,

Magiel het vir jare in die Groblers-

dal distrik geboer voordat hulle

Kleinfontein toe gekom het. Sy

vertel van die pragtige tuin wat sy

op die plaas gehad het. Nie dat

haar Kleinfonteintuin, doer op die

platorand van die Nedersetting,

iets anders as pragtig is nie. Sy het

destyds die dorpsbiblioteek van

daar af aan die gang gekry en bieg

dat sy nog altyd ’n boekwurm was.

“My gunstelinge is Shakespeare

en die King James vertaling van

die Bybel. My pa was ’n Skot,

vandaar my Engelse voornaam,

maar my ma was ’n Boeremeisie.

Al wat ek ooit wou wees, was ’n

Afrikaner.”

“N ee, ek hou nie so baie van

kosmaak nie. As dit van my

afgehang het, het ek elke aand net

pap en wors gemaak,” lag Gertie

Harmse. Haar gesig verhelder.

“Klere maak? Nou ja, dit is ’n

ander saak . . .”

En tog is dit juis as raakvatspyse-

nier wat baie Kleinfonteiners vir

Gertie ken. As een van die staat-

makers by die APK Kleinfontein se

sustersaksie staan sy gereeld agter

die toonbank in die Gemeenskap-

saal se kombuis. ’n Mens moet ’n

bietjie aan haar por voordat sy er-

ken: “Ja, ek glo die Here het vir my

’n gawe gegee om goed te kan

organiseer. Ek is ’n perfeksionis en

hou daarvan dat die kos wat ek

voorsit keurig moet lyk. Die enig-

ste voorwaarde wat ek het, is dat

ek goed tyd gegun word om deeg-

lik te kan beplan vir ’n geleent-

heid.”

Gertie het baie jare as koshuisma-

trone by ’n laerskool agter die rug.

Sy woon al vyftien jaar op Klein-

fontein. Haar dogter, Ansie Prins-

loo, woon saam met haar in

Patryssingel.

Sy dra ’n turkoois toppie en kra-

letjie oorbelle, alles die presiese

kleur van haar mooi oë, alles self

gemaak. En skielik sien ’n mens

net: voor jou sit ’n bekwame mens

met ’n sagte hart. Wat boonop ’n

getroue Blou Bul ondersteuner is!

Altwee is Harmse.

Altwee het Ingelse

voorname. Altwee is

weduwees. Maar dis

waar die ooreen-

komste tussen Shirley

(links) en Gertie

(regs) ophou, want

hulle is eintlik baie

verskillend, al is

elkeen van Klein-

fontein se Harmses ’n

juweel in haar eie reg.

Ontmoet ons twee onverwante Harmses

As jy Kleinfonteinnuus in volkleur wil lees, gaan na www.kleinfontein.

net , klik op die Kultuur en Sport oortjie bo-aan die bladsy en kies dan

die uitgawe wat jy wil lees.

Koop saam,

spaar saam

A liena Beyers het verlede jaar ’n

onderneming op die been

gekry wat die lewe sommer baie

makliker kan maak vir iemand wat

nie tyd, lus of krag het om te gaan

inkopies doen nie. Sy noem dit

Saamkoop. Een keer per maand

ontvang haar klante per epos ’n

inkopielys waarop hulle aftik wat

hulle gekoop wil hê. “Maar mense

kan ook dinge bysit wat nie op die

lys is nie,” voeg sy by.

Sy gaan koop dan die items en kan

dit by die persoon se huis gaan af-

lewer. Vir dié diens vra sy ’n klein

fooi. Dit kan egter ook by haar

huis op die Kleinfontein Hoewes

afgehaal word.

“Ek sal graag van meer volkseie

verskaffers wil gebruik maak en ek

vra Kleinfonteiners

wat weet van boere

en ander mense in

ons omgewing wat

groente, vrugte,

eiers, beskuit en

koekies kan lewer

om my asseblief van

hulle te laat weet,”

vra Aliena.

Skakel haar by 012 940 0104

(kortno 6124) of faks 086 568

0197 of epos haar by aliena@

saamkoop.co.za.

In hierdie dae wanneer ’n mens

soms maar met ’n bekommerde

gemoed die strate betree, is

Saamkoop ’n welkome oplossing.

En boonop ondersteun jy so jou eie

mense! Marietjie Fourie

Weeksdae van 07:00 tot 18:00

Saterdae van 07:00 tot 15:00 ROELF KRUGER GROEP • Diensstelle vir die meeste motors, bakkies en viertrekke

• Batterye • Gereedskap

• Toebehore

• Golf/Jetta CV’s @ R99 elk Skakel ons vir ons spesiale aanbiedinge

RAYTON 012 734 5462/3

Die regte onderdeel teen die regte prys

RAYTON 012 734 5007/34

MOTORBAND DESKUNDIGES Krediet

beskikbaar

Alpad Risiko Bande

155/80R13 R445

165/80R13 R495

175/70R13 R570

175/65R14 R570

175/70R14 R740

185/60R14 R685

185/65R14 R740

185/65R15 R690

195/65R15 R720

205/55R16 R880

Bekostigbare bande

155/80R13 R430

165/80R13 R460

175/70R13 R540

175/65R14 R550

185/60R14 R670

185/65R14 R665

195/50R15 R600

195/60R15 R780

205/40R17 R780

Viertrek Bande

195R14 Cv2000 R800

215R15 ATX R990

245/75R15 ATX R1240

245/70R16 Destin R1370

31x10.5R15 A/T R1650

265/65R17 A/T

R2200

Die beste GEHALTE

teen die laagste PRYSE

24 h Insleepdiens tot 5 ton

• Roelf 082 374 5279 • Raymond

072 038 0603

Duikklop en Spuitverf 012 734 4091 / 5104

Raymond 072 038 0603

Groot en klein versekeringseise

Voorruite

Strukturele Herstelwerk

Stamper Herstelwerk

Motorherstelwerk 012 734 5002/5104

Diens

Koppelaar oordoen

Enjin oordoen

Suspensie

Alle groot herstelwerk

Aliena saam met haar dogters

Anna, Claudi en Amorie. Wat

Aliena se onderneming Saam-

koop uniek maak, is die 1%

heffing op die omset van elke

bestelling wat sy skenk aan ’n

nie-winsgewende organisasie

van die klant se keuse.

ROELF KRUGER GROEP

KLEINFONTEINNUUS 7

vergaar het weens ’n mislukte

projek in Wes-Transvaal, weer aan

die gang gekry. Die herhaler het ek

in ’n weervaste kas ingebou en vir

’n week lank in my tuin aan son,

wind en weer blootgestel voordat

ek oortuig was dat dit die elemente

by Kleinfontein se watertoring sou

kon deurstaan.

“Toe moes ek die destydse Direksie

oortuig om radiokommunikasie te

begin gebruik. Die deurbraak het

gekom toe ek Dannie de Beer weer

raakgeloop het. Ek en Dannie het

vir ’n tydlank in dieselfde lesing-

banke by Tukkies gesit. Dannie het

sy pa Niël oortuig van die voordele

van radiokommunikasie en so is

Kleinfontein Kommunikasie-

dienste gebore.”

Tans is Stefan, wat naas ambags-

man en tegnikus eintlik ’n elektro-

niese ingenieur is, se onderneming

net ’n stokperdjie. Enige wins gaan

na sy dogter Linda se spaar-

rekening vir toekomstige studies.

“Dis interessanter om op dié

manier daarvoor te spaar as ’n

vervelige ou debietorder elke

maand!”

“Maar wie weet? Dalk dwing ’n af-

legging weens swart bemagtiging

my om Kleinfontein Kommunika-

sie uit te brei. Ek onthou nog Dan-

nie de Beer se eksperimente des-

tyds tussen my huis in Meyers-

park en sy pa se huis in die Wild-

park om breëband internet op

Kleinfontein te kry. En kyk net

waar staan Wipronet vandag!” sê

Stefan.

Radio’s roep Stefan al vir baie lank

S tefan Skarabis was twaalf toe

die radiogogga hom gebyt het.

Vandag is dié KBK Direkteur ’n ge-

lisensiëerde radiohandelaar, ge-

kwalifiseerde radiowerktuigkun-

dige en eienaar van Kleinfontein

Kommunikasiedienste. Hy is in

die Polisie opgelei as

radiotegnikus.

Hy vertel: “Ek het in 2003 my eer-

ste aandele in Kleinfontein bekom,

’n leë erf in die Wildpark. Ek het

kennis gemaak met van die veilig-

heidspersoneel by die Nederset-

ting se Poort en uitgevind dat hul-

le tydens voetpatrollies per selfoon

met mekaar moet praat.

“Ek het van my ou radiotoerus-

ting, wat in my motorhuis stof

Kleinfontein se radio’s het van drie

tot 25 gegroei en in 2010 het

buurman Kobus Botha van Galagos

ook ’n kliënt van Stefan Skarabis

(links) se onderneming Kleinfontein

Kommunikasiedienste geword.

Hy het intussen nuwe toerusting

gekoop, onder meer professionele

toetstoerusting waarmee hy

probleme by ’n radio makliker kan

identifiseer. (links)

Die herhaler het hy na die Radio

Pretoria perseel verskuif. Die groot

foto is van die Radio Pretoria toring

af geneem.

Herstelwerk aan alle huishoudelike toestelle

Algemene nutsman vir werk in en om u huis

Magdel / Johan

073 601 4533

072 020 3073

Naweke is hul steeds

aan diens

Naweke is die Kleinfontein

Sorgsentrum ’n ander plek as in

die week. Naweke is “matrone”

Maryke Kruger en “prof” Ann

Steyn aan diens. En ons weet die

Sorgsentrum is in bekwame

hande!

Gholfdag

beplan

Op 12 April word ’n

gholfdag ten bate van

Kleinfontein se

Sorgsentrum by die

Cullinan Gholfbaan

gehou. Die

inskrywings kos R300

per afslaan en is by

The Pro Shop by die

gholfbaan te kry. Die

afslaantyd is 11:15.

Skakel Melissa by

012 734 1078 vir

meer inligting.

Marietjie Nell, een

van die

organiseerders sê

hulle hoop om vir die

Sorgsentrum ’n

hystoestel te koop

waarmee verswakte

bejaardes makliker

hanteer kan word.

Van links is Petra Halgryn (‘n

personeellid wat haar mop gelos het vir

die lekkertjie!) Bianca en Erika

Wildervanck, Susan van der Berg (‘n

inwoner wat haar breiwerk opsygesit het

vir die soetigheidjie), Max Myburgh, die

93-jarige Petru Badenhorst en Zak

Myburgh. Kleinsus Emma was te skaam

vir die fotonemery, hoewel sy net so hard

uitgedeel het soos die ander!

Kinders bring

soete vreugde

G errit en Thereza

Myburgh se klein-

kinders het een Sater-

dag by die Sorgsen-

trum opgedaag

met ’n sakvol

lekkergoed wat

hulle aan die

inwoners en perso-

neel uitgedeel het.

Die oudste, Erika,

het vantevore vir

twee weke by die

Sorgsentrum gewerk.

“Ons het Erika as Suster

aangespreek – sy het

hard gewerk!” vertel

inwoner Bakkies Neitz

glimlaggend. Erika het

die betrokke oggend vir

Thereza gesê sy “moet by

die ou mense uitkom,

Ouma, ek kan nie meer

uithou nie!”

Elke kind, van Bianca en

Emma tot die twee neefs

uit Engeland Zak en

Max, het ’n beurt gekry

om ’n lekker uit te deel.

Die twee “souties” wat

net so hier en daar

Afrikaans verstaan, kon

ook nie die drukkies wat

hulle by elke ou tannie

gekry het vryspring nie.

Betsie Steyn

KLEINFONTEINNUUS 9

Wat lees jy?

Marietjie Fourie

het ’n klompie

’fonteiners

voorgekeer en

gevra wat hulle

lees.

Poppie Roets:

Historiese

romans.

Miempie Bosch:

Gesondheids-

boeke

Danie Terblan-

che: Weten-

skapsfiksie,

speurverhale

Elmi Bezuiden-

hout: Stokperd-

jie-, resepte en

naaldwerkboeke

Ella Greef: mooi

skoon stories

met ’n gelukkige

einde

Elizabeth Malan:

Biografieë

Rita Hough:

boeke met ’n

Bybelse agter-

grond en Ena

Murray

Vic Hough:

Speurverhale en

Dana Snyman

se goed

Alet Erasmus:

Mediese rillers

Suzy Nel: PG du

Plessis se boeke

en Marico

stories

Pieter Kruger: Daniel

Goleman se Emotional

Intelligence en dan ook

Sunzi se The Art of

War.

Rina du Preez:

Tolstoi,

Dostoejevski

en die geskied-

skrywer

Rutherfurd.

Jan-

Danie

Malan:

Geskiede-

nis

10 KLEINFONTEINNUUS

Dr Deon Lombard MB Ch B MED Reg Unisa Pr 1401017 MP0314579

RAYMED MEDIESE SENTRUM Treurnichstraat 1, Rayton

Posbus 382, Rayton, 1001

Tel (012) 734-4161/2

Faks (012) 734-4741

Selfoon 079-206-9393

Epos [email protected]

NOODNOMMERS Cullinan Nood (012) 734-2890

Wilgers Nood (012) 807-8285

NETCARE 082 911

ER NOOD 084-124

SPREEKURE Maandag – Donderdag 09:00 tot 17:30

Vrydae 09:00 tot 15:00

Saterdae 08:00 tot 11:00

Sondae en vakansiedae gesluit

(Gebruik noodnommers asb)

Koop of verkoop, ek loop die pad saam met u

Aksie Vrouekrag se kunsplanne

“A ksie Vrouekrag wil van Kleinfontein ’n deelnemende en

skeppende gemeenskap maak en ons mense leer om onder

meer te skilder en te skryf, juwele te maak, beeldhouwerk, potte-

bakkery, volkspele en noodhulp te doen, blomme te rangskik,

tafels kunstig te dek, te onthaal, fotografie te beoefen, en tuis-

versorging te doen,” sê Lucia van den Berg, voorsitster van dié

kultuurorganisasie.

“Ons gaan by die KIA vergadering op 8 Maart in die Gemeen-

skapsaal vertel hoe ons van plan is om dit te doen. En as ons self

nie kennis dra van die onderwerpe nie, gaan ons kundiges kry om

ons te help,” sê sy.

Jou drome

moet jou bang

maak, sê Chris

M otivering-

spreker Chris

Batts, ’n voormalige

SA Sterkmankampioen en houer

van drie wêreldrekords het die

susters van die APK Kleinfontein

op 28 Februarie toegespreek. Hy

het die toehoorders aangemoedig

om sulke groot drome te droom

dat dit hulle bang maak.

“Mense gee nie om hoeveel jy weet

nie, totdat hulle weet hoeveel jy

omgee,” het hy ook gesê.

Chris is stigter van die Sport teen

Misdaad organisasie.

Irene Groenewald EIENDOMME

083 228 8572

KLEINFONTEINNUUS 11

“D onkies kan maar

steeks wees. Maar in

dieselfde asem moet ’n

mens byvoeg dat hulle ook baie

gewillig kan wees.” So gesels

Philip Roux oor sy twee vaal

donkies, ook bekend as Liewe

Jesus donkies, weens die donker

kruis op hul rûe.

“Stout ook,” voeg sy vrou Chrissie

laggend by. “Hulle vreet gedurig

die wasgoed van die draad af.”

Die Roux’s verhuur van tyd tot tyd

’n donkiekarretjie en vir “Husse

met” en “Langore” uit as ’n bruids-

paar die lus kry om met ’n donkie-

karretjie na hulle troue toe te ry.

Die twee eseltjies het juis in De-

sember verlede jaar so ’n bruilof

by Galagos behartig.

O, die donkie is ’n wonderlike ding “As ek die donkies reg-om inspan

heet hulle eintlik “Langore” en

“Husse met,” sê Philip, wat ver-

duidelik dat trekdiere gewoonlik

baie spesifiek is oor die posisie

waar hulle in die span trek.

Philip is eintlik ’n veevoeding-

kundige wat by die destydse RAU

studeer het. Chrissie is ’n Kalahari

nooi. Hulle woon op “Geknelde

Land”, een van die Kleinfontein

Hoewes, en het twee dogters, een

in Pretoria en een in Londen.

Nadat hy afgetree het, het Philip

vir lank ’n wa en span osse by die

Voortrekkermonument gedryf vir

besoekers wat vir die aardigheid

daarop wou ry. Maar die osse is nie

meer by die Monument nie en loop

nou hier naby Kleinfontein by

Chrissie en Philip Roux by hulle twee hondmak donkies, Husse Met en Langore. Die twee eseltjies is so poliets dat hulle

soggens aan die Roux’s se voordeur kom stamp as dit tyd is vir hulle broodkorsies.

Diamanté waar die eienaar, Hans

Sturgeon, hulle soms oor naweke

laat inspan vir besoekers. Voor-

heen het Philip ook die wa en osse

vir troues verskaf.

“Ek het so half ’n plan om ’n soort

omnibus te maak waarop ek kin-

ders op Kleinfontein tydens van

ons feeste kan laat ry. Daarvoor

gaan ek egter vier donkies nodig

hê,” sê hy.

Die Roux’s was vir baie jare by die

Voortrekkerbeweging betrokke en

die donkies is meer ’n stokperdjie

as iets anders, maar dit is ’n ma-

nier om mense en veral kinders

bewus te maak van hul kultuur-

geskiedenis.

daar is ’n internasionale dag vir

donkies?

Elke jaar gedenk die mensdom op

8 Mei dié diere se bydrae tot sy

ontwikkeling.

dat ’n woord of sinnetjie om jou te

help om iets te onthou ’n

donkiebrug genoem word?

Die sinnetjie:

Slangetjie Hoepeltjie Hê,

Wieletjie, Wieletjie Lê

om Afrikaanse kinders te help om

die Engelse woord ‘school’ te spel

is ’n voorbeeld van ’n donkiebrug.

daar is twee standbeelde vir

donkies in Suid-Afrika?

Die standbeeld in Upington is deur

beeldhouer Hennie Potgieter (foto

links). Ene AK Cornelissen het in

1984 gevra dat dié beeld gemaak

word om die groot rol wat die

nederige donkie in die lewe van

armblankes in die Upington

gebied gespeel het, te gedenk.

Pietersburg se standbeeld staan

voor die Burgersentrum en

herdenk onder meer die rol van

esels in die onderwys. Daar is talle

Kleinfonteiners wat op hul dag nog

met ’n steekse donkie moes skool

toe ry.

12 KLEINFONTEINNUUS

O p Vrydagaand 15 Januarie het Marietjie Nell en haar span by

Die Koöperasie Koffiewinkel weer ’n geslaagde sosiale

geleentheid aangebied. Dié keer was dit ’n Valentynsdans. Wynand

van der Berg het die musiek en Hannes Conradie die splinternuwe

plaveisel verskaf waarop gedans is en Kleinfontein se jongmense het

in groot getalle opgedaag.

Die drie blonde skoonhede op die foto bo het ook kom saamdans.

Hulle is van links Keziah Thompson, Linda Skarabis en Corlia

Wilbers.

REGMAAK VIR REUSE RUGBY

K leinfontein en Orania gaan mekaar weer die stryd aansê in

’n rugbywedstryd. Die spanne ding mee om die Volkstaat-

beker. Verlede jaar het Kleinfontein Orania kafgedraf met ’n

34—12 oorwinning. Maar vanjaar is dit ’n perd van ’n ander

kleur, omdat die wedstryd iewers in die winter op Orania se

tuisveld plaasvind.

Die Kleinfontein Krygers oefen laat elke Dinsdag– en Donder-

dagmiddag by die rugbyveld. Skakel die spanbestuurder,

Driaan Beyers, by 071 234 8470 vir meer inligting. Daar is ook

inligting by die Kleinfontein Krygers se bakkiesblad.

‘VRA HAAR OM TE SING’

O ns eie Ronelle Berrington

het in Januarie die tweede

plek behaal in die Ope Afde-

ling van Radio Pretoria se

Musiek en Liriek Kompetisie.

“Sy was fantasties. As jy haar

ooit op die dorp raakloop, vra

haar om net so twee reëls van

Aan die einde van die reën-

boog te sing en jy sal hoor ons

het verseker ’n engel in ons

midde,” vertel haar goeie

vriend Patrick de Wit.

Ronelle sing al van kleintyd

af, maar het na ’n traumatiese ervaring

opgehou. Onlangs het sy egter besluit dat sy

nie langer haar talent mag begrawe nie en sy

het weer begin sing. Aan die einde van 2012

was sy ook die wenner in ’n kompetisie wat

deur sanger Willie du Plessis geborg is. Haar

pryse was ’n wegbreek-naweek by Leribisi

Lodge, ’n enkelsnit liedjie-opname by die

Liedjieboer Ateljee, asook ’n volle

professionele laserskyfopname.

“My droom is om die twee groot passies in

my lewe, kinderwelsyn en sang te kan kom-

bineer en só ander te kan help,” sê Ronelle,

wat op Kleinfontein betrokke is by verskeie

welsynsprojekte.

GEE HAAR ’N ROOS

L eerlinge van die Kleinfontein CVO

skool het op Valentynsdag, 14

Februarie, rose uitgedeel aan elke vrou

wat vroegoggend deur die Nedersetting

se Poort beweeg het.

Hulle is van links op die foto Kiara

Barnard, Marizanne Jooste, Mariska

Grobler, Chené Moolman, Corlia Wilbers,

Abraham Brits en Ruan Mulder.

KLEINFONTEIN HET TALENT

KLEINFONTEINNUUS 13

TAMAAI VOLKSPELE-SAAMTREK GAAN GEHOU WORD

O p 9 Maart kom ’n groot klomp volkspelers op Kleinfontein byeen. “Ons kuier van drieuur die middag af al saam. Ons gaan ’n lekker Boerebraai hou en die ete begin so teen halfvyf en van half sewe tot tienuur die aand

gaan ons volkspele doen soos in die ou dae,” vertel Gert van Tonder van die Kleinfontein Volkspelelaer. Koste is R30 per persoon, wat die ete insluit. Tydens pouse sal nagereg verkoop word en daar sal ook koeldrank beskikbaar wees teen R7.

PLAVEISEL VOOR UIT EN TUIS OP EN TOP

P etrus van der Schyff (bo, regs) se gunstelingkleur is sekerlik nie

grys nie. Dit kan nie wees na die derduisende plaveisteentjies

wat hy die afgelope paar maande voor die Uit en Tuis Winkel-

sentrum gelê het nie.

Hy het darem nie al die tyd alleen gewerk nie – die eienaar van

dié sentrum, Hannes Conradie, (bo, tweede van links) het net so

hard gespook om die plaveiwerk klaar te maak en inwoners berig

dat hulle hom soms na donker by ’n skerp lig sien swoeg het.

Lou Erasmus spot dat sy goeie vriend, Hannes, gereeld in

“toesighoudende hoedanigheid” bygestaan het. Maar op die foto

het die fotograaf, Wikus Cremer, Lou net-net betrap waar hy

inderdaad self ook werk (bo, heel regs in die hoek)!

En Hannes se jongste, Jan, (bo, links) het ook af en toe hand

bygesit. Hannes en sy vrou Elsie kan met reg trots wees op Jan.

Met sy sewe onderskeidings in die matriekeindeksamen was hy

landwyd een van die twee topleerlinge by CVO skole. Jan studeer

tans elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria.

Veral as dit reën, glimlag Kleinfonteiners deesdae breed oor die

netjiese plaveisel voor hulle winkelsentrum.

SEKURITEIT BRAAI SAAM

K leinfontein se toegangsbeheer-

beamptes het op 23 Desember hulle

jaareindkuier by die Hoewe Poort gehou.

Op die heel onderste foto hou Willie

Manning en Ebenette Cremer ’n ogie oor

die vleis. Op die boonste foto kuier

Clinton Cremer, Hendrik Hayward jr,

Willem Barnard, Wikus Cremer, Jacques

Groenewald en Stefan Skarabis saam.

“Ons wil graag vir Faancor, KBK en

Uitkyk Vleismark baie dankie sê omdat

hulle dié geleentheid vir ons moontlik

gemaak het,” sê Wikus, die Hooftoe-

gangsbeheerbeampte.

RAYTON

Apteek

Lid: T van Wyk B Pharm BK: 1995/029842/23

Besoek ons vir

al u gesondheids-

behoeftes

Kom loer gerus in vir

persoonlike, professionele

diens Maandae tot Vrydae: 08:00 — 19:00

Saterdae: 08:00 — 13:00 en 17:30 — 18:30

Sondae en vakansiedae: 10:00 — 12:00 en 17:30 — 18:30

Plaas u bestelling Maandae tot Vrydae voor 14:00

en ons lewer dit teen 15:00 vir u by die Klein-

fontein Sorgsentrum af. Skakel ons vir rekening-

fasiliteite of betaal die bedrag direk in ons Absa

rekening in.

Takkode: 334-150

Rekeningnaam: Rayton Apteek

Rekeningnommer: 0800150213

Voltydse

suster aan

diens by ons

kliniek

Treurnichstraat, Raymedsentrum, Rayton

Posbus 162, Rayton, 1001

Epos: raytonapteek @ cks.co.za

Tel: 012-734-4800

Faks: 012-734-5647

Na-ure noodnommer: 083-302-5918

KLEINFONTEINNUUS 15

L angs die ou kliniek is ’n tamaai

papierbasboom, seker die

grootste en mooiste boom op die

hele Kleinfontein. Van die

perdebye het, op een baie warm

dag, die boom se koelte opgesoek

en een klits Lea toe op die voet. Sy

het dadelik haar anti-histamien-

pille begin kou en gaan hulp soek.

Haar naaste bure was nie tuis nie

en sy kies toe maar koers Sorg-

sentrum toe. Suster Ria Prinsloo

het onverwyld met haar Rayton

toe gejaag, terwyl Etta Pretorius

solank die dokter bel. Dié was nie

beskikbaar nie en het aanbeveel

dat hulle na Rayton Apteek gaan.

Etta het begin reël en toe Ria met

Lea by die apteek instap, staan die

apteek se mense klaar reg met die

nodige inspuiting.

Terug op Kleinfontein het Lea

besef dat die perdebye steeds vir

haar ’n gevaar inhou. Steyn van

Schalkwyk is dadelik gebel en hy

het Richard Lynch van die Wer-

kedepartement opdrag

gegee om ’n plan te

maak.

Dit blyk toe dat

inwoner Callie Coetzer

bedrewe is met die

soort ding en hy is met

die nodige uitrusting,

onder meer ’n

gesigmasker en

handskoene, die dak in

saam met Shaun Meiring en Rudi

de Beer.

Aan die balke het meer as dertig

neste gehang. Callie het met die

blouvlam ingespring en honderde

perdebye het gesneuwel, afgesien

van die wat uitgevlug het. Die

volgende oggend het Rudi weer

ingespring en nog ’n klomp

H ennie en Alet Brisley het op

20 Desember 2012 ’n Kers-

program gereël vir die inwoners

en personeel van die Sorgsentrum.

Ds Tom Carpenter het met Skrifle-

sing en gebed geopen en toe het

die inwoners, besoekers en perso-

neel saam Kersliedere gesing.

Álet Erasmus en Gerrie Lubbe

het gepraat oor “So onthou ek

Kersfees”. Gerrie het van die inwo-

ners vooraf besoek en toe hul her-

inneringe met die teenwoordiges

gedeel.

Elke inwoner en personeellid het

ook ’n geskenkie gekry. Nadat ds

Lubbe gepraat het oor die ont-

staan van die Kleinfontein Sorg-

sentrum, het hy met ’n tafelgebed

afgesluit. Álet Erasmus

Die hoogtepunt van die program was die optrede van Nicolene Wildervanck se

gesin. Sy is die dogter van Kleinfonteiners Gert en Thereza Myburgh. Pa

Alexander Wildevanck (regs onder) en klein Erika het viool en altblokfluit

gespeel en die hele gesin het “Welkom, o Stille Nag van Vrede” gesing.

verwyder. Die balke is met diesel

bestryk om die perdebye af te skrik.

Perdebye kom glo terug na hul ou

plek. So glo my, Wag ’n Bietjie se

inwoners hou ’n ogie oor daai dak.

Maar vir die huidige is die krisis

afgeweer met ons eie 911 span.

Ditsem, Kleinfontein! Marietjie

Fourie.

Kleinfontein het

sy eie 911

Lea Schultze van Wag ’n Bietjie nommer ses is hiperallergies

vir bye en perdebye. Dit was dus nogal ’n krisis toe honderde

perdebye nes maak in die dak van die ou kliniekgebou reg langs

haar huis.

Kersfees só by Sorgsentrum gevier

Kerneels het deur die sleutelgat

na Marie

geloer

Ons bied u:

Posdiens

Bindwerk

Fotostate

Rekenaar-

uitdrukke

Lamineerwerk

Internetkafee

Openbare

telefoon

Stuur van

eposse

Karwassery

Voorheen geliefde klere

en boeke

Video’s te huur

Video’s op

DVD

Langspeelplate

op CD

VERLENGDE

WINKELURE :

Maandag tot Vrydag

8:00 – 16:00

012 940 1921

Uit en Tuis Winkelsentrum, Kleinfontein

M arie Snyman was vir ’n

onderhoud by Kerneels se

werkplek. Van die ander mans in die

kantoor het die nuwe jong dametjie

gesien en Kerneels opge-steek om deur

die sleutelgat na haar te loer. Hy het

dit gedoen en . . . die koeël was deur

die kerk.

Kerneels vertel dié staaltjie vandag nog

met ’n vonkel in die oog. Hy had ’n oog

vir ’n mooi en ’n goeie vrou, want hy en

Marie was op 4 Januarie vyf en vyftig

jaar getroud. Marie is ’n bobaaskok wat

met gemak ’n groot klomp mense kon

onthaal.

Marie en Kerneels het twee seuns en

vier kleinkinders.

Die Snymans het in 2007 na Kareepark

getrek en op 3 Augustus verlede jaar het

hulle inwoners van die Kleinfontein

Sorgsentrum geword.

Hou die rubriek Uit Álet se

Kleinfonteinkombuis dop. Marie het

haar eie plakboek met gunsteling

resepte vir my gegee. Álet Erasmus

Kerneels en Marie

Snyman was op 4

Januarie vyf en vyftig

jaar getroud. Hulle

woon

sedert

2007

op

Klein-

fontein.

KLEINFONTEINNUUS 19

D ie Direksie het onlangs besluit

dat by alle nuwe bouwerk op

Kleinfontein voorafbetaal-krag-

meters verpligtend sal wees. Enige

van die volgende twee meters is

aanvaarbaar:

Tipe A, waar die meter met

sleutelpaneel in die huis,

langs die hoofskakelbord

geïnstalleer word en die net-

werktoevoer vanaf ’n KBK

stroombeker in ’n straatkiosk

per ondergrondse kabel kom.

Tipe B, waar die meter in die

KBK meterkiosk gehuisves

word, ’n ondergrondse kabel-

voer na die hoofskakelbord

binne die huis gaan en die

inwoner dan ’n afsonderlike

sleutelpaneel binne die huis

sal hê.

In beide gevalle sal die meter

deur KBK aangekoop word en sy

eiendom bly; die eienaar sal egter

gedebiteer word met die koste-

verskil van ’n analoogmeter (soos

voorheen voorsien) en die vooraf-

betaal-meter. Besonderhede van

die bedryf van die voorafbetaal-

meters, aanvulling van die beskik-

bare balans en so meer kan by die

KBK kantoor verkry word. Dit is

baie soortgelyk aan voorafbetaal-

selfone.

Waar bestaande KBK meter-

kiosks beskikbaar is, mag krag

steeds soos voorheen gelewer en

gemeet word. Indien die eienaar

verkies om ’n voorafbetaal-meter

te bedryf , moet dit met KBK en sy

Diensteafdeling gereël word. In-

woners wat dit verkies, kan ook

vra dat hulle bestaande meters

vervang word met voorafbetaal-

meters.

Die voorafbetaal meters laat die

verskaffer (KBK) toe om ’n blok op

die meter toe te pas om agterstal-

lige gelde te in voordat verdere

krag vanaf die meter beskikbaar

sal wees en eienaars kan skriftelik

met KBK ooreenkom oor afbeta-

lingsvoorwaardes.

By die herverkoop van die eien-

dom moet die huidige inwoner self

met die nuwe eienaar reëlings tref

oor enige krediete op die meter.

Francois Malan

Alle nuwe huise kry nou

voorafbetaal-meters

Voordele van voorafbetaal-meters

Die inwoner kan sy gebruik moniteer

en aanpas by sy begroting.

Die verbruiker kan sien wat die

beskikbare balans is en betyds aanvullings

doen soos wat hy dit kan bekostig.

In die geval van huureiendomme word

probleme oor kragverbruik en die betaling

daarvan uitgeskakel. Dit moet net behoorlik in die

huurkontrak beskryf word.

Piet het gedink

hy kom aftree . . .

“E n daar sit die man wat so ’n

goeie verhouding met

Eskom op Cullinan het dat die

mense daar al hulle gereedskap

neergooi en aangejaag kom as hy

bel om te sê hulle moet kom help

op Kleinfontein.” Dit was die

getuigskrif van Niël de Beer oor

Kleinfontein se Meneer

Elektristeit, Piet Janssens.

Hy vertel van twee groot projekte

wat hy al hier aangepak het. Die

eerste was toe hy al die bobaan-

kabels op Kleinfontein na drie

minisubstasies herlei het. En die

ander een was toe hy al die pomp-

kamers gebou en op ooghoogte

gekry het én ’n liggie geïnstalleer

het sodat ’n mens dadelik kan sien

of die pomp loop.

“Vantevore moes ’n mens by ons

dompelpompe op jou maag seil, ’n

deur probeer oopmaak, ’n kas

uittrek en eers dan kon jy

agterkom wat aangaan,” sê hy.

Piet en Corrie woon sedert 2001

op Kleinfontein. “Ek het gedink

ons het kom aftree hier, maar ek

werk harder as ooit. Corrie kla dat

ek heeltemal te min aandag aan

haar gee,” spot hy goedig.

KLEINFONTEINNUUS 21

M y seun, Driaan, (regs) is in

graad 5 in CVO Pretoria.

Hulle is besig met ’n toetsreeks en

ek toets hom toe hy klaar geleer is.

Die vak is Ekonomiese Bestuurs-

wetenskap.

Pa: “Wie is verantwoordelik vir

die mense van ’n land se

veiligheid?”

Seun: “Die patrolliespanne en die

toegangsbeheer by die Poort.”

(Die handboek se antwoord – die

briewe

Die redakteur

behou die reg

voor om briewe

na goeddunke

te redigeer.

polisie.)

Pa: “Wie betaal die mense wat

verantwoordelik is vir die mense

se veiligheid?”

Seun: “Die mense wat daar bly.”

(Handboek – die regering)

Pa: “Wat kan mens doen om jou

eie veiligheid te verbeter?”

Seun: “Heinings om jou huis,

diefwering, sluit aan by die

radiostelsel, gaan vir selfverdedi-

gingsopleiding, kry ’n vuurwapen.”

(Handboek – diefwering, alarm,

heinings.)

Ek moes hom

terugstuur om

weer te gaan leer,

alhoewel die

teorie vandag nie

meer met die

werklikheid ooreenstem nie . . .

Volgende oggend kan hy nie wag

om my te vertel nie: “Pa ek het

gisteraand gedroom Kleinfontein

se grens is teen Mamelodi.”

Eers dog ek die kind het ’n nag-

merrie gehad, maar hy verduide-

lik: “Ek het gedroom Kleinfontein

se grens is dáár teen Mamelodi, so

groot is dit. En die grensheining is

so hoog soos drie verdiepings. En

die heining word gepatrolleer deur

ons toegangsbeheerbeamptes. En

hulle het masjiengewere. En daar

is net huise orals – sulke dubbel-

huise met tuintjies en strate en in

die middel ’n GROOT park waar

ons kinders speel.”

My kind het van die volkstaat

gedroom. Ek besef toe ons mag

NOOIT ophou hoop en glo dat ons

in ons leeftyd nog, weer vry sal

wees nie. Driaan Beyers

Dagsê skielik net skoonveld

E k is reeds jare op Kleinfontein en as ek

terugdink aan die tyd toe ek hier aangekom

het, lê daar in my gedagtes iets uitsonderliks en

mooi: Kleinfonteiners wat mekaar gegroet het net

waar en wanneer hulle mekaar gesien het. Hand in

die lug en glimlag om die mond!

Wat het van die groet geword? My volksgenote het hulle dagsê iewers

verloor, en dis hartseer, want hier op Kleinfontein gee ons mos om vir

mekaar! Boeregroete, Marietjie Nell.

begin vloere vee, maar hy het na-

uurs studeer en het uiteindelik as

’n geregistreerde ingenieur en as

die Hoofbestuurder van Eskom se

landswye instandhoudingsafde-

ling afgetree.

Kareeparkers kan vandag nog

die inheemse bome geniet wat hy,

wat altyd groen vingers gehad het,

in die park aan die oostekant van

sy huis geplant het. En ons sal al-

tyd onthou hoe entoesiasties hy,

kamera in die hand, oor elke

veldblommetjie (sien foto bo) en

voëltjie op Kleinfontein kon raak.

Marisa Haasbroek

Tot siens, Pa Hannes

M y skoonpa, Hannes Haas-

broek is op 26 Desember

oorlede, ses weke nadat hy met

maagkanker gediagnoseer is. Hy

was 82 en het in Kareepark ge-

woon. Ons familie wil graag vir al

die Kleinfonteiners dankie sê vir

al hulle ondersteuning: veral die

vriendelike vroue wat ingespring

het met die verversings na die

begrafnis, Ben van den Berg van

die Begrafniskomitee wat sake

tydens ’n moeilike tyd van die jaar

so bekwaam gereël het en Rayton

Begrafnis Ondernemers vir hulle

professionele en deernisvolle

diens. Kleinfonteiners kan gerus

ook kennis neem van die dienste

wat Sungardens Hospice aanbied.

Hulle het ’n suster op Rayton wat

huisbesoek op Kleinfontein kan

doen en wat ons baie gehelp het

met sterwensbegeleiding.

Ons onthou Hannes Haasbroek as

’n ernstige, diepgelowige mens,

wat soms onverwags ’n fyn sin vir

humor kon openbaar. Hy was een

van daardie geslag Afrikaners wat

brandarm was , maar wat hulle-

self met blote durf en wilskrag, en

sonder sg regstellende aksie, op-

gewerk het. Hy is na standerd ses

uit die skool uit en het by Eskom

’n Kind se droom gee hoop

Oop Maandae tot Saterdae

07:00 tot 19:00

Melk, kaas, brood, koerante,

tydskrifte, koeldrank,

vrugtesap, roomys, pasteie,

vleis, biltong, droëwors, ys,

lekkergoed, koekies, beskuit,

batterye, kruideniersware,

elektriese ware en

benodigdhede, sigarette,

medisinale middels,

skoonmaakmiddels,

braaibenodigdhede en nog

baie meer.

“Baie dankie aan almal wat ons so

getrou ondersteun. Hoe meer u by

ons koop hoe meer kan ons u bied.

Mandjie vir mandjie vergelyk ons goed met groter winkels. En onthou ons spaar u brandstof en tyd.” Kobus

Malan

KLEINFONTEIN MINIMARK

Van ons

mense,

vir ons

mense

Uit en Tuis Winkelsentrum Tel 012-940 0059

S oos almal kan sien, woel Han-

nes en Petrus in die parkeer-

area van die winkelsentrum. Na-

tuurlik help die stoepsitters ook!

Onthou almal is welkom om op ’n

Vrydagmiddag na vyfuur te kom

stoepsit.

Nuut op die Koöperasie se rakke

is ’n verskeidenheid tuisgebak wat

met sorg deur ’n egpaar van Pre-

toria gemaak word. Daar is ook ’n

groot verskeidenheid pasteie nuut

op die rak. Al die ou bekendes se

gebak steeds beskikbaar.

Daar is ook kaiings, en moenie

van die gemmerbier, koekies,

beskuit, koeke en terte vergeet nie.

As dit nie op die rak is nie, vra

gerus vir tannie Ruth of Ebenette.

Die Koöperasie • Koffiewinkel • Tuisnywerheid •

Uit en Tuis Winkelsentrum, Kleinfontein Nedersetting Tel: 012 940 0065 (6174) of 082 708 7382

Weens die hitte hou hulle van die

produkte in die yskas. As u lus is

vir iets te ete en dis nie op die

spyskaart nie, vra ook asseblief.

Vir geskenkies is daar oulike

vetplante in die interessantste

houers, ook handgemaakte juwele

teen billike pryse.

Daar word steeds Vrydae

gebraai of gekook, plaas

gerus u bestelling voor of

op ’n Donderdag en u kan

kom wegneem of gesellig

in die Koöperasie kom

aansit. Tyla is nou ons

gereelde kelnerin. Sy is ’n

student en ons weet wat

beteken ’n fooitjie vir ’n

student.

Dankie vir ons gereelde kliënte.

Ons waardeer julle ondersteuning.

Weer eens: almal wat ’n lag of ’n

traan het, ons Hemelse Vader ken

elke tree.

Gegroet vanuit die Koöperasie.

Marietjie Nell

Foto: met dank aan Shirley Harmse

KLEINFONTEINNUUS 23

Uit Álet se Kleinfonteinkombuis: Ma Celia se heerlike botterkoek

Hierdie keer deel ek ’n resep wat my skoonma, Celia

Erasmus sekerlik al honderde kere gebak het. As ek

aan die resep terugdink, dan sien ek die botter-

koek, versier met styfgeklopte room en fyn pynappel

bo-op. Dit is altyd lekker,

nie te soet nie en die

onversierde koek vries

boonop goed.

Klits 3 ekstra groot eiers tot lig en romerig.

Terwyl die eiers geklits word, smelt 1 eetlepel botter in ’n ¾

koppie kookwater. (Hoe meer botter gebruik word, hoe

lekkerder is die koek!)

Gooi 1 koppie strooisuiker by die geklitste eiers en klits weer

totdat dit pof.

Voeg ’n knippie sout en 1 teelepel vanieljegeursel by.

Sif 1 koppie koekmeel en 3 gelykvol teelepels bakpoeier saam

en ROER in die mengsel.

Gooi nou die kookwater

en botter by en klits die

beslag weer goed.

Skep uit in

laagkoekpannetjies en

bak vir 15 – 20 minute in

voorverhitte oond van

180° C.

Versier na voorkeur

wanneer afgekoel.

Naas haar warmbloedige Alfas, het Kleinfonteiner Álet Erasmus ook ’n voorliefde vir

besonderse teepotte. Hier skink sy tee uit een van daardie teepotte. En dis nie sommer

enige tee nie, dis gelaatkomde heuningbostee, al die pad van die Kaap af.

Álet behartig elke Vrydag om 12:00 die kosprogram Kuierkombuis op Radio Pretoria. Sy en

haar man , Lou, woon al meer as tien jaar op Kleinfontein.

D ie koek is ideaal om in

die vrieskas te hou vir die

keer wat jy gaste ontvang en

die tyd min is. Sorg vir ’n

houertjie room wat styfgeklop

kan word en ’n blikkie

gedreineerde fyngemaakte

pynappel. Of hou ’n houertjie

suurlemoensmeer (lemon

curd) in die koskas om oor

die koeklaag te smeer . . .

weer eens afgerond met

geklopte room.

Of nog so warm uit die

oond . . . strooi net ver-

siersuiker oor en bedien met

’n bakkie aarbei-konfyt en

geklopte room! Geniet dié

eetdingetjie saam met die

volgende koppie tee!

internet • epos • faks na epos en epos na faks

bekostigbare telefoondiens: plaaslik, landswyd en internasionaal

Uiters billike pakkette spesiaal vir Kleinfonteiners, vanaf slegs R250

per maand vir 3 GB se op– en aflaaidata. Groter pakkette is

beskikbaar.

Kleinfonteiners op die Wipronet telefoonstelsel kan mekaar gratis

skakel

Hulplyn waar jong Afrikaners wat weet waarvan hulle praat, jou help

Wipronet, Kleinfontein se eie internetverskaffer, verskaf ook

internetdienste aan ’n wye omgewing om Kleinfontein, en het van die

vinnigste internetspoed in die land

Ons hou jou aan die praat

Skakel ons gerus by 012 940 0222 of op ons gratis nommer 6000.

Meer inligting is beskikbaar by www.wipronet.co.za