koekeloer maart 2019
TRANSCRIPT
1
KOEKELOER MAART 2019
Gasvryheid is:
Jy heet almal
hartlik welkom
wat binnekom om asem te skep,
te praat oor alledaagse dinge of herinneringe op te haal
uit die goeie toentertyd,
dis gewoon goed om bymekaar te
wees. V Deschacht
Die goeie, wat mense in vriendskap en
liefde aan ander doen, lê heeltemal buite
die wye wêreld van kompetisie en
doeltreffendheid. Dit kan nie gemeet
word nie, nie in statistiek vasgevang word
nie. Phil Bosmans
2
NUUS UIT DIE OORD
Huweliksherdenkings
Liewe Vriende, ek vra nederig om verskoning dat ek vergeet het om
Februarie se huweliksherdenkings te plaas.
Soos voorheen al gevra, verskaf asseblief die datum van u huweliks-
herdenking aan Babs Bouwer (347).
VAN DIE SOSIALE KLUB
Hou die datum oop - Rina Hugo kom by die Oord sing op 5 April, koste
R50. CD’s sal te koop wees.
Verjaarsdagtee
Weens die koste en die groot werk
verbonde aan die verjaarsdagtee, het die
Sosiale Klub besluit dat verjaarsdae elke
tweede maand gevier sal word. In Maart
is daar dus nie verjaarsdagtee nie, maar
daar is wel fliek vir R25 en iets te ete op
13 Maart. Hou die kennisgewingborde
dop!
17 Februarie Corrie en Marie Strydom 57 jaar
26 Februarie André en Estelle Barnard
28 Februarie Andries en Hester Labuschagne 67 jaar
5 Maart Reg en Cyana Lobjoit 25 jaar (silwer)
8 Maart Peet en Rita van der Walt 61 jaar
19 Maart Johan en Marlene du Toit 42 jaar
25 Maart At en Gae Strydom 58 jaar
26 Maart Pieter en Mattie Schutte 59 jaar
3
IS JY VERVEELD?
Elke Dinsdagmiddag om 14h30 kom die
brei/hekelgroepie in die biblioteek bymekaar om
blokkies te brei en gesellig saam te kuier. Die
blokkies word gebrei met “double knit”-wol en
no 8 (4 mm) of 9 (3.75 mm) naalde of gehekel
om grootte 20 x 20 cm te wees.
Gaan asseblief deur jou kaste en skenk wol wat
jy nie gebruik nie! Die kombersies word gemaak
en geskenk aan ou/siek inwoners van die Oord/Sorgsentrum. As jy nie kan
brei/hekel nie, die blokkies moet aanmekaar gewerk word….kom help
asseblief! Emma Enslin (369)
DIE KOEKELOER HET JOU NODIG
Is daar iemand in ons Oord wat as verslaggewer vir die Koekeloer wil
optree? Die Koekeloer wil graag ʼn beriggie per maand plaas wat handel
oor een van ons inwoners – veral die ouer garde
behoort dit te geniet.
Dit sal lekker wees om te weet waar tannie So-
en-So vandaan kom en haar lewensverhaal te
lees. Dit sal ook vir ʼn meer persoonlike aanslag
in die Koekeloer sorg.
As jy of julle ʼn bydrae wil lewer, kontak asb vir
Eben Verster (eenheid 218; Sel 082 683 8338; of
landlyn 012 548 1588).
WAT GEBEUR BY ONS DAM?
Na installering van besproeiing, is ons besig om die noordelike oewer en
eiland met plante en struike te beplant. Dit is maar ʼn stadige proses, want
ons is van skenkings afhanklik en dan moet die plante ook gansbestand
wees, anders vreet hulle dit so vining op soos ons plant.
4
Die omheining van die dam is opgeknap. Dankie aan Johan en sy
instandhoudingspersoneel!
Twee selfgemaakte spuitfonteine is geϊnstalleer
om onder andere die suurstofgehalte in die
water te probeer verbeter en om atmosfeer
rondom die dam te skep. Twee pompe is as
skenkings ontvang!
Om die alge- en muskietprobleem te probeer
aanspreek, is 200 klein blou kurpertjies aangekoop en in die dam geplaas.
Om die mak ganse se getalle te beheer verwyder ons gereeld die eiers uit
die neste. Van die ander watervoëls is nie soos die ganse permanente
inwoners nie, maar ons hou hulle getalle dop.
Ook vir voëlverhoudings word gesorg: vir ʼn eensame eendjie ʼn Carolina-
tipe) is ʼn maatjie aangekoop. En die twee swem nou gelukkig saam!
ʼn Rukkie gelede het ons opgemerk dat een van ons kolgansbesoekers ʼn
groen tou om die nek het. Na verskeie onsuksesvolle pogings om die gans
te vang is egter opgegee. Gelukkig merk ons toe op dat die tou
waarskynlik self afgeval het.
Met die spuitfonteine, plantegroei en voëls probeer ons ʼn lekker rustige
atmosfeer te skep waar mens bietjie van die gejaag om ons kan ontsnap.
Verslag deur die damkomitee: Klaas Marais (238); Hendrik Greeff (41); Frik Grobler (40); Carel Weyers (67)
BLOUKURPER
Die bloukurper (Oreochromis mossambicus) is 'n varswatervis wat
voorkom in suidoostelike Afrika. Dit staan ook bekend as die
Grootbekkurper, die Mosambiekkurper, die Rooivinkkurper en in Engels
as die Mozambique tilapia.
5
Die bloukurper is donker
olyfgroen van kleur met rooi rante
aan die stert en dorsale vin. Die
onvolwasse visse het ses vertikale
strepe oor die lyf. Bloukurpers
word 40 cm lank en 3,2 kg swaar.
Bloukurpers eet veral alge en
insekte en is geskik vir sement-en
gronddamme. Hulle groei tot 500 g in omtrent 8 maande. Indien die
damwatertemperatuur bokant 22°C bly sal hulle ook in die winter groei en
broei. Wikipedia, https://www.netwerk24.com/landbou/Argief/kurpers-blou-en-rooibors-20171019
Gastro-Enteritis (G-E) Met al die nuus oor rioolbesmette rivierwater is dit dalk gepas om hieroor
te praat. Vyftig present van alle mense in SA se water kom uit die
Vaalrivier. Meeste (gesonde) mense kry so een keer per jaar Gastro-
Enteritis, maar dit klaar meesal binne ʼn dag of twee weer op. Die
waarskynlikste oorsaak is een van talle kieme wat dikwels uit gesonde
mense se stoelgange geïsoleer kan word, soos Salmonella, Shigella,
Compliobacter, Cholera, Giardia, Chlamidia, virusse en nog baie meer.
Meeste van die kieme skei chemiese stowwe (enterotoksiene) af wat die
derms stimuleer om CAMP (sikliese adenosienmonofosfaat) of CGMP af
te skei. Die twee verbindings maak dat die
derm groot hoeveelhede natrium, kalium,
chloor en water verloor en dit gaan alles verlore
in waterige ontlasting, alombekend as diarree.
Vanselfsprekend is dit goeie gesondheids-
praktyk om altyd hande met seep te was na ʼn
besoek aan die toilet. Dit verminder beslis die
kiemtelling op jou hande. Net so belangrik is
6
dit om hande te was voordat jy kos voorberei of aansit vir ete.
Die anale knypspier is nogal goed om winde versigtig uit te laat en soliede
ontlasting terug te hou tot later. Ongelukkig kan die knypspier nie maklik
onderskei tussen wind en water nie en dit lei dikwels tot ʼn “nat wind” met
groot verleentheid.
Hoe hanteer mens G-E: Neem voldoende water en elektroliete in om die
water- en soutverlies teen te werk. Maak dit sommer self: 1 liter gekookte
en afgekoelde water met 1 teelepel tafelsout, 1 teelepel koeksoda, 4 tee-
lepels suiker en 1 koppie lemoensap. Meng goed en drink genoeg. I p v die
lemoensap, kan 2 piesangs geëet word. Die formule werk ewe goed in
kinders. Die verhouding natrium, kalium, suiker en chloor is net reg!
Om die knypspier gelukkig te hou, kan mens kaoliensuspensie drink (dit is
gesuiwerde fyngemaalde pottebakkersklei). Te veel kaolien kan tot
verstopping lei en daarom word dit met pektien (appeljellie) gemeng om
die ontlasting sag te hou. Alle apteke verkoop kaolien-en pektiensuspensie
sonder voorskrif. ʼn Verdere voordeel is dat die kaolien heelwat van die
bakteriële toksiene bind en dit spoel mettertyd in die riool af. Ek sê
altydvir die mediese studente dat kaolien/pektien kan “dink”: ʼn Waterige
stoelgang verander in ʼn jel (pektien se werking) en ʼn klipharde stoelgang
wees te veel kaolien bly ook sag vanweë die pektien.
Gastro-Enteritis gaan dikwels gepaard met oormatige dermperistalse
(krampe). Die oplossing hiervoor is loperamied (baie handelsname soos
Imodium teen verskillende pryse en benodig nie ʼn voorskrif nie).
Loperamied is ʼn kragtige opiaat gelykstaande aan opium, heroïen,
morfien, kodeïen, tramadol en paragorie maar met een belangrike verskil:
loperamied kan nie die bloedbreingrens oorsteek nie. Daar is dus geen
verslawing en van die opiate se gevaarlike newe-effekte nie. Met
loperamied se anti-peristalitiese werking is dit figuurlik gesproke in staat
om omtrent ʼn trein te stop!
Waarskuwing: As daar bloed in die stoelgang is, raadpleeg ʼn dokter.
Dieselfde as die G E langer as twee dae aanhou. Klinikus
7
ʼn GESKENKIE VIR OUMA
ʼn Kleuter gee maklik: ʼn blom uit jou eie tuin, gepluk in ʼn opwelling van
toegeneentheid; ʼn tekening van jou, met
die arms en bene wat direk uit die kop
spruit, maar twee duidelik herkenbare
hoëhakskoene onder aan die
stokkiesbene! ʼn Klippie, sy laaste
lekker, ʼn skoenlapper se vlerk. Enige
iets wat vir hom of haar kosbaar is, word
selftevrede oorhandig as ʼn liefdesoffer.
Dan sit mens alles neer waarmee jy
besig is en maak ʼn groot ophef van die
mooi gebaar. Die blom of blaar kom
dadelik in ʼn potjie met water en die ander voorwerpe word êrens uitgestal
sodat oupa en mamma dit ook later kan bewonder.
ʼn Geskenk is ʼn ideale aanknopingspunt om
met kleinkinders te praat oor die geskenk wat
die Here vir ons in Jesus gegee het. Ons trek
sommer die Kinderbybel nader en maak ʼn
storie-uurtjie daarvan.
Dan moet hulle opnoem wat Jesus alles vir
hulle gegee het: ʼn pappa en mamma, ʼn huis om
in te woon, kos en klere, die son wat skyn en
maatjies. Ons praat oor die maniere waarop
hulle vir Hom dankie kan sê, deur soet kinders te wees en te bid. Bid is
maar net om met Jesus te praat.
Emma Enslin (369)
8
ZAMBEZI AFTREE-OORD S P Y S K A A R T MAART 2019 VIR BESTELLINGS KONTAK: 074 176 1570
Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag
1 Mrt
Vars Vrugtesap
Vis & Tartaresous
OF Koue Vleis en
Mayonaisesous,
Beetslaai,
Chips,
Kerrieboneslaai
Jellie en Vla
2 Mrt
Vrugtesap, Rys
& Beef Stroga-
noff OF Ge-
roosterde Vark-
boud & Appel-
sous & Rys
Appelseldery-
Slaai,Mengslaai
3 Mrt
Groentesop
Roosterhoender/
Lamspastei &
Vleissous, Rys
Brokkoli Witsous
Pampoenkoekie
& Kaneelsuiker
Wortelslaai, Mal-
vapoeding & Vla
4 Mrt
Boontjiesop
Viskoekie&sous
& Aartappel-
gebak OF Maca-
roni&Kaas met
Komkommer-&
Tamatieslaai
Murgpampoen-
tjieslaai. Vrug
5 Mrt
Ertjiesop
Varkworsie-en
Perskegebak
OF
Geurige Bees-
vleissosaties
Wit Rys
Soet Ertjies
Beetslaai
6 Mrt
Aartappel& Prei
sop, Spaghetti
Bolognaise &
Mengelslaai OF
Hoender Roer-
braai & Spa-
ghetti & Stirfry-
groente,Piesang
slaai, Sjok.& Vla
7 Mrt
Botterskorsiesop
Gerafelde
Varkpastei OF
Biefburgers &
Aartappelskyfies
Griekse Slaai
Wortelslaai
Vrug van die Dag
8 Mrt
Vrugtesap, Vis &
Suurlemoen&
Chips OF Hoender-
en-Spaghetti-
gebak, Appel-
Selderyslaai,Ta-
matie&Uieslaai,
Sagopoeding &
Sous
9 Mrt
Vars Vrugtesap
Koue Vleis
OF
Tradisionele
Souttert
Aartappelslaai
Mengelslaai
Drieboneslaai
10 Mrt
Sampioensop
Rooster Bees-
vleis& Sous,Rys/
Hoenderpastei,
Blomkool& kaas-
sous, Zucchini &
Uie,stolwortel
Roomys & Sjok
11 Mrt
Tamatiesop
Soetsuurvark
Roerbraai &
Rys/ Geurige Vis-
pastei & Rys
Kaneelpampoen
BrokkoliWitsous
Vrug van die dag
12 Mrt
Lensiesop
Hoender-Schnit-
zel, Kaassous,
gebakte Patats;
OF Kerriefrikka-
delle + Piesang
Groenboontjies
Tamatieslaai
13 Mrt
Boerewors OF
Braaivarktjops,
Knoffelbrood,
Aartappelslaai
Mengelslaai
Geroosterde
Groenteslaai &
CousCous
14 Mrt
Gortsop,Herders-
pastei& Kapok-
aartappel/Mos-
terdhoender Rys,
Groentesosatie&
Witsous,Span-
spek /Komkom-
merslaai. Vrug
15 Mrt
Vars vrugtesap
Vis&Suurlemoen
OF Beestong &
Mosterdsous
Aartappelslaai
Wortelslaai
Rooikool& Mayo
Wafels+ Roomys
16 Mrt
Vars vrugtesap
Maalvleisrol,
Rys & Vleissous
OF Gestoofde
Hoendergereg
& Groente,
Mengelslaai
Beetslaai
9
17 Mrt
Groentesop,
Geroosterde
Varkboud&Appel
sous/ Hoender-
pastei, Rys,
Pampoen,Spina-
sie, Aarbei& Feta
slaai. Yskastert
18 Mrt
Bonesop,
Quiche Lorraine
OF Varkworsies,
Kapokaartappels
Sous, Roerbraai-
groente,Stamp-
koring & Perske-
slaai, Vrug
19 Mrt
Ertjiesop,
Kerriehoender-
sosaties OF
Tamatiebredie,
Rys, Blomkool &
Brokkoli-gereg,
Mieliekoekie
20 Mrt
Bruin Uiesop
Wildspastei OF
Macaroni&Kaas
Mengelgroente
Waatlemoen-
Fetakruisement-
slaai,
Pannekoek
21 Mrt
Minestrone,
Koue Vleis OF
Varkribbetjie
Aartappelslaai
Kerriegroenbone
Beetslaai
Vrug van die Dag
22 Mrt
Vrugtesap,
Vis&Suurlemoen
Aartappelskyfies
OF Hoendeburger,
Gestolde
Wortelslaai,
Mengelslaai
Bruinpoeding,Vla
23 Mrt
Vars Vrugtesap
Spaghetti
Bolognaise OF
Spek- en
Pastagebak
Piesangslaai
Tamatie-&-
komkommer
24 Mrt
Tamatiesop
Roosterhoender
&Sous/Lams-
pastei, Pieter-
sielie-Aartappels
Pampoenkoekie
& Kaneelsuiker
Roostergroente
Sampioen&
Soetrissieslaai
Koekstruif
25 Mrt
Franse Uiesop
Boontjiebredie
Stampmielies
OF
Visbobotie en
Geelrys,
Soetpatat en
Botterskorsie-
gebak,
Roomspinasie
Vrug van die Dag
26 Mrt
Groentesop
Soetsuurvark
Bedien met Rys
OF
Hoenderlasagne
Roerbraai
Groente
Soet Ertjies
27 Mrt
Butternutsop
Hoender a la
King, OF
Beef Stroganoff
Tagliatellepasta
Wortel,
Brokkoli met
Witsous
Sjokolade
Mousse
28 Mrt
Hoendersop
Beestong met
Mosterdsous OF
Tradisionele
Souttert, Aart-
appelkoekie
Groenboontjies,
Skorsies gevul
met Mielies
Vrug van die Dag
29 Mrt
Vrugtesap
Gebraaide Vis met
Seekossous OF
Hoenderschnitzel
met Kaassous,
Gebakte
Aartappel, Kool, &
Ertjieslaai,
Rooi Uie & Kaas
Appeltert&Room
30 Mrt
Vars Vrugtesap
Biefkerrie en
Rys
OF
Spinasie-en-
Feta- Quiche
Tamatie
Sambals
Appel-en-
Selderyslaai
31 Mrt
Lensiesop, Roos-
terbeesvleis OF
Hoenderpastei,
Rys, Spinasie-
tertjies, Vlapam-
poentjies,Waatle
moenFetakruise-
mentslaai
Rolpoeding&Vla
10
MAART 2019 KLINIEK - 24 uur telefoonnommer: 083 276 0546
Sondag Maandag Dinsdag
24 25 26
3 Aanddiens -
Saal 18h00
4 5
10 11 12 Voetsorg-ChristildeKliniek -
13h00
17 Aanddiens
Saal 18h00
18 19 Voetsorg-ChristildeKliniek -
13h00
24/31 25 26 Voetsorg-ChristildeKliniek -
13h00
Elke week
Kiewiete - Saal - 08h00
Kliniek- 09h00 - dan tuisbesoeke
Brug - Sitkamer - 10h00-12h00
Stap - Voorportaal - 11h00
Dr Frans Erasmus -Kliniek 14h00-16h00
Jukskei - 15h15
Kroukie - 15h00
Elke week
Haarsalon - 08h30 – 15h00
- Marthie: 083 347 7638
Kliniek - 09h00 daarna tuisbesoeke
Dr Frans Erasmus - 10h00 - 12h00
Stap - Voorportaal - 11h00
Brei/Hekelgroep - Sitkamer - 14h30
Teetuin - Sorgsentrum - 15h00 Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag
27 28 1 Kind2Hearing Kliniek
09h00-11h00
2
11
6 Bybelstudie Saal
09h00
7 8 9
13 Bybelstudie Saal
09h00 Fliek
14
15 SKOLE SLUIT 16
20 21MENSEREGTEDAG
Braai- 17h30 vir
18h00
22 23
27 28 Sing saam
Sitkamer 15h30
29 30
Elke week
Haarsalon - 08h30-15h00
Elsabé 083 757 7454
Kliniek 09h00, tuisbesoeke
Bybelstudie - Geref Kerk
Sitkamer - 09h00
Stap Voorportaal - 11h00
Dr Frans Erasmus –
14h00-16h00
Bussie - Kolonnade - 10h00
Bordspel - Sitkamer - 14h00
Kroukie - - 15h30
Biduur - Saal - 16h30
Elke week
Kiewiete - Saal - 08h00
Kliniek - 09h00
dan tuisbesoeke
Duiwe-oefengroep:
Sitkamer - 09h30
Dr Frans Erasmus -
10h00-12h00
Stap - Voorportaal -11h00
Kreatiwiteit -
Sitkamer - 14h30
Jukskei - 15h00
Elke week
Haarsalon: 08h30–13h00
Avril 082 577 7449
Kliniek - 09h00
dan tuisbesoeke
Dr Frans Erasmus –
10h00-12h00
Bussie na Kolonnade 10h00
Stap - Voorportaal - 11h00
Elke week
Haarsalon
Avril
082 577 7449
07h00-13h00
12
ONTHOU JY NOG?
Kan jy onthou hoe dit voel om kaalvoet met die voetpaadjie langs skool
toe te loop, soms in ʼn dubbeltjie te trap en die brand op die sand uit te
vrywe? Wintertyd was jou hakskene gebars en die ryp kon jy hoor kraak
onder jou voete.
Onthou jy nog die toilet buite die huis, die
bang as die nood jou eers na donker vang,
en die figure wat diep in die nag die
emmers kom uithaal?
Kan jy met ʼn kers werk? Nie die
nuwerwetse soort kerse wat soos blomme
ruik en soos ʼn rang-
skikking lyk nie,
maar regte kerse wat
wit is, in blou
papierpakke, en geel
gebrand het omdat
dit al lig was, en wat lank nadat jy dit doodgeblaas
het nog in die donker om jou neus bly brand het.
Kon jy ooit ʼn lantern opsteek en weet jy dat ʼn pit net lank genoeg gedraai
moet word sodat die glas nie swart brand nie? Kon jy ʼn primus pomp en
weet jy dat die broodvên brood by die huis afgelewer het en melk om 4
uur elke oggend deur die melklorrrie afgelewer is?
Onthou jy grondstrate, sonder straatligte en die kous met sand in wat jy
skemer oor die straat trek as dominee van huisbesoek af kom?
Sewe-uur se nuus, as almal moet stilbly, want op
kortgolf het jy meer golwe as stem gehoor, en selfs
op mediumgolf het die draadloos maar gekraak en
gefluit en pa moes teenaan sit om te hoor, en jy
13
moet stilbly? Onthou jy die storie twintig oor sewe: Tant Hybie en die Du
Plooys van Soetmelksvlei?
Sondag was alles toe; die rugbyveld se hek, die tennisbaan was gesluit, die
swembad se water glad van begeerte, die kafee het eenuur toegemaak en
die strate was stil, want Sondag was rusdag. Jy het die hele dag met jou
das en jou swart broek en wit hemp geloop, groot geëet met twaalfuur se
ete en alles was stil en vervelig. Na ete moes almal bietjie gaan skuins lê.
Onthou jy nog die verkiesings? Die Natte en die Sappe.
En onthou jy nog vir Ponde, Sjielings en Pennies?
Dan kom jy al ver, ons is oud. En dis heerlik, en ek voel maar nog soos
altyd! Hans du Plessis, Splinters
Quiz Somehow or other I got talked into
buying something on an installment plan.
I’m not sure I got a good deal. The pay-
ments to date have reached R96. The
second year cost R2 more than the first
year; the third year cost R3 more than the
second; and the fourth year cost me R4
more than the third. What were my
payments the first year? (Answer on p20)
14
OUDERDOM
Jou lyf raak totaal uit fatsoen
jy sukkel en steun as jy buk.
Jy vergeet weer wat jy wou doen
en jy verstik ook as jy net sluk.
Dis pille en brille en winkeltande
jy word moeg as jy ander sien werk.
Jy’t pyne en plae in voete en hande
en as jy eet, kry jou klere ’n merk.
Ouderdom is ʼn vernederende ding
dit bekruip jou stadig, maar seker.
Jy dink nog jy kan jou kant bring
maar nee, dis jou beurt vir dié beker.
Tog is daar soveel vreugde en pret
jy leer om vir jouself te lag.
Jy’t vergeet van jou manie oor vet
jou vel is gekreukel, maar jou oë is
sag.
Jy leef elke dag uitbundig vol moed
jy waardeer elke smaak in jou mond.
Jy kyk met nuwe ou oë na jou stokou-goed
en jy’s dankbaar, want jy’s nog gesond.
Ouderdom is dié geleende tyd in jou lewe
wat jou nader aan jou Skepper bring.
Gryp genadetyd met hande wat bewe
en laat jou hart ’n loflied sing. Ria Claassen
15
MIGRATORY BIRDS OF SOUTH AFRICA
Every year South Africa plays host to an influx, and then an exodus, of
more than one hundred bird species that flock to its shores during the
summer months to take advantage of the rich conditions in terms of
weather and food availability. Many of these birds undertake bi-annual
trips that almost defy belief, flying from as far north as the Arctic Circle to
spend part of the year enjoying South Africa’s bountiful resources. How
they are able to navigate so well is still being researched, but clear
evidence exists for visual and olfactory cues, use of the Earth’s magnetic
field lines, and even the use of the stars for orientation!
Migrants can be broadly split into two main groups:
Palaearctic migrants
These birds travel from South Africa to anywhere north of the Sahara,
with many venturing as far north as the Arctic Circle and as far east as
China and Japan. The majority of birds undertaking this epic journey
arrive here to escape the harsh northern hemisphere winter and enjoy the
plentiful food supply in South Africa (the majority of migrants are insect
eaters). However, although there are a few
exceptions, most do not breed whilst here,
choosing to do this in the north. This is a
great example of nature not over-utilising a
resource – if all birds bred here, the pressure
in terms of space and food would be too
great!
The list of palaearctic migrants are too great
to list here but some of the more well-known
species include the steppe buzzard, common
and wood sandpipers and the red-backed
shrike. Perhaps my personal favourite is the
Amur falcon. Amur falcon
16
This diminutive raptor breeds in Siberia and northern China before
embarking on a round trip of over 20,000 km to visit our shores. Its route
takes it across southern Asia, the Indian Ocean and then down the eastern
coast of Africa.
Intra-African migrants
Not all birds undergo such an immense trip to the northern reaches of the
planet. Many birds prefer to stay in Africa, but in it’s more central regions.
These birds do tend to breed whilst in South Africa and it is this group that
contains some of the more famous visitors to our country each year. The
majority of the cuckoos fall into this category, as well as the beautiful
woodland’s kingfisher.
Other movements and migrations are also documented but the line
between altitudinal migrants and those with
local movements is often blurred.
The yellow-billed kite is an intra-African
migrant
Some mention should be made of the record
holders:
Longest journey
The Arctic tern travels from the northern
hemisphere tundra all the way to the
Antarctic pack ice. This means a total
distance of close to 50,000 km each year!
These birds may live to up to 25 years and
thus may fly close to 1 million kilometres
during their lives!
Fastest non-stop journey
The amusingly named bar-tailed godwit flies
from the Alaskan tundra to New Zealand in a non-stop migratory
17
extravaganza. This is a trip of 11,600 km without stopping (and we think a
42 km marathon is hard work!?) Incredibly, these birds take a mere six
days to accomplish this trip and at an average speed of close to 80km/h!
Highest flyers
Most birds fly relatively low at about 2,000 – 3,000 m above sea level.
Some of the raptors choose to fly a little higher, in the 4,000 – 7,000 m
range, no doubt to use the high altitude winds to take the pressure of
carrying their larger weight over long distances. The record, however, is
held by a Rüppell’s vulture that was viewed by a plane over the Ivory
Coast at a height of 11,600 m! To put that in perspective, Mount Everest is
just under 9,000 m! Ben Coley https://africageographic.com/blog/migratory-birds-south-africa/4
20
Sê EN VRA Enige versoeke, kommentaar of bydraes vir die Koekeloer
is baie welkom. As u bydrae nie u eie pennevrug is nie, gee asb erkenning
aan die oorspronklike skrywer, daarsonder sal u bydrae nie geplaas kan
word nie. Kort advertensies vir besighede word geplaas teen R20/maand.
Merk u bydraes duidelik en plaas in Koekeloerposbus of stuur per epos na
NAALDWERK
Vir vinnige herstel- en verstelwerk
teen bekostigbare pryse,kontak
Cornia na 16h00 by Eenheid 296
(012 524 3151/083 793 5428).
Answer to Quiz Payment first year = x
Payment second year = x + 2
Payment third year = x + 2 + 3
Payment fourth year = x + 2 + 3 +4
Total payment = 96
x +(x+2) + (x + 2 +3) + (x+2+3+4) =96
4x = 96-16
x = 20
WOW VAKANSIE!!!
Luukse, ruim selfsorgwoonstel
naby Winkelspruit. Pragtige see-
uitsig, 3 slaapkamers en 2
badkamers. Naby groot winkel-
sentrums. Veilige sekuriteits-
beheerde onderdakparkering.
Billike tariewe, Buiteseisoen.
Spesiale tariewe vir bejaardes.
Petro
(082 412 0999/082 550 3385)
HERSTEL-VERSTELWERK
Benodig jy hulp met herstel- of
verstelwerk aan
klere?
Ek kan help!
Rina Niemand,
# 56(082 858 3409).