ksm augustus

32
Augustus/September 2011 Uitgawe 78 In Celebrat ion

Upload: kerksondermure

Post on 08-Mar-2016

331 views

Category:

Documents


17 download

DESCRIPTION

Augustus KSM

TRANSCRIPT

Page 1: KSM Augustus

Augustus/September 2011 Uitgawe 78

In Celebration

Page 2: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 1 www.kerksondermure.org

van die redaksie

uit jou gemaksone in jou hartsone in!Augustus/ September 2011 UITGAWE 78

die redaksie

Indeks

Redakteur Hugo Weich

Bladuitleg Nadia Strydom

Taalversorger Vakant

Finansies Anne-Retha Smith

Drukkers MINIT Print

E-pos: [email protected]:

www.kerksondermure.orgTel: 012 663 2003

Faks: 012 663 3121

Die redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig wat medewerkers

en adverteerders in die ksm uit-spreek nie. en behou die reg om alle

bydraes redaksioneel te versorg.

Hugo Weich

Hugo

Vreugde bl 2

Opgewonde, Dankbaar & Uitgedaag bl 3

Busuitreik bl 4

‘Celebrate’ JY bl 8

Medelye bl 8

Viering van SimbolieseHandelinge en Rituele bl 9

Wintermark bl 10

Gebed: Jesus Genees bl 11

Matlala Uitreik bl 12

WIP: The Barbarian Way bl 13

Watoto bl 14

kinderssondermure verwelkom... bl 17

‘Rescue’ 911 bl 18

Kinders vier God se Goedheid bl 19

Welkom.. bl 20

Captivating Vrouekamp bl 22

Kerk-op-Wiele bl 23

Omgeegroepnotas bl 24

Preek-opnames bl 24

Vroue Vreugdefees bl 25

Pretblad bl 26

Advertensies bl 27

Ons beklemtoon voortdurend ' Verhoudings', as een van ons belangrikste waardes by

kerksondermure. Vir die afgelope paar maande het ons baie geleer oor die belangrikheid

van ons verhouding met mense, met die wêreld en met God. Die bekende Joodse denker

Martin Buber, het dit verder omskryf en gesê dat elke mens in 'n tweeledige verhouding

tot die wêreld staan: 'n ek-dit en 'n ek-jy-verhouding.

Tot die dinge rondom my staan ek in 'n ek-dit-verhouding : die stoel, die blom, die fiets.

Dit is almal dinge wat ek na willekeur ter hand kan neem, kan gebruik en bewonder,

weggooi en selfs vernietig. Die dinge kom dus in my mag en ek neem hulle in my diens.

Maar, tot my medemens staan ek in 'n ander verhouding, 'n ek-jy-verhouding. En dit

is iets wat totaal anders as die eerste verhouding is. My naaste is geen ding wat ek kan

beheer en hanteer soos ek wil nie. My naaste is 'n lewende geheim met wie ek, omdat hy/

sy my gelyke is, in gesprek kan tree.

Maar nou is die tragiese – eintlik sou dit korrekter wees om te sê die sondige – dat ons

dié verhouding so dikwels omkeer en dan word mense dinge en dinge word mense. My

naaste: my man of my vrou, my kind of my ouer, my werkgewer of my leerling, my leier

of my volgeling, word 'n ding waaroor ek beskik. My gesprek met die ander is eintlik 'n

gesprek oor my met hom en nie oor hom met hom nie. Vir sy nood het ek nie tyd nie

en in my denke vir hom ook nie plek nie. My omgang met my naaste maak van hom nie

'n beter mens nie, maar eintlik minder mens. Na ek by hom was, is ek nie ryker nie, en hy

ook nie, want by my het hy niks gevind wat hom help nie.

Die inhoud van ons Augustus Maandblad spreek die begrip 'celebration' aan, en ek hoop

dat u êrens iets sal vind wat met u hart spreek. Dit is egter nie moontlik om iets van

vreugde en blydskap te ervaar, indien ons verhoudings skade lei, of verkeerd hanteer word

nie. Die begin punt of herstelwerk van al ons verhoudings is die derde en belangrikste

verhouding: die ek-U-verhouding. Dit is my verhouding met God. As dié verhouding nie

in orde is nie, kan al die ander ook nie in orde wees nie. Soms weet ons niks van Hom nie;

soms het ons baie oor Hom te vertel en so weinig met Hom te deel. Maar soms weet ons

ook – en gelukkig is hulle wie dit weet – dat Hy die Bron is van alle verhoudinge in hierdie

wêreld. Alleen wanneer God God bly, sal my naaste ook 'n naaste bly, en die wêreld

wêreld. Maar wie dié orde versteur, versteur ook die verhoudinge waarin die mens staan.

Herontdek weer jou verhouding met God en ervaar so die vreugde en blydskap in jou

lewe, sodat jy ook saam kan 'celebrate'! •

Verhoudings

Page 3: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 2 ksm Aug/ Sept 2011

Vreugde

kerkwees

Colin Smith

Hi daarAugustusmaand is die maand van Feesviering. Ons tema vir die maand is: In Celebration. Feesviering is so deel van ons kultuur, van Suid-Afrikaner wees, nie waar nie? Dink nou maar aan `n onlangse verjaarsdag by jou plaaslike Spur waar die kelners die tafel omsingel en een of ander nuwe weergawe van “happy birthday to you” sing terwyl die verjaarsdagmaatjie die petalje grootoog toekyk. Daar is soveel voorbeelde wat ek graag sou wou opnoem en ek is baie seker jy het `n klomp tans in jou eie gedagtes, nie waar nie? Byvoorbeeld: Troues, braaivleis tydens `n sportfinaal, Kersfees met die hele familie bymekaar, die dag wanneer die lang verwagte vakansie aanbreek, die bereiking van `n doelwit, interhoër, die koop van jou eerste motor, die geboorte van `n baba. Ons hou daarvan om fees te vier.

Feesviering is ook deel van gelowig wees. Die eerste gelowiges het mekaar gegroet met die woorde: Christos anesti, waarop die ander een sou antwoord: Amen, aleithos anesti. “Die Heer het opgestaan, amen, Hy het waarlik opgestaan”. Ons vier fees by die doop, by die nagmaal, in die selgroep, in bediening, oral.

In Luk.10 kry ons `n wonderlike verhaal. Jesus stuur 72 ander dis-sipels uit om na die plekke toe te gaan waar Hy van plan was om te gaan. Hulle kry `n direkte opdrag om lig te reis, om nie veel saam te vat nie. Met hul terugkeer is daar `n feeste-like atmosfeer in die lug. Hulle is begeesterd na die avontuur. Jesus antwoord hulle in vers 20 met: “En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die heelal opgeskryf staan”. (1983 vertaling). Net daarna lees ons: “By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit U genadige bedoeling.” (Luk.10:21-1983 vertaling).

Die evangelie is Goeie Nuus. Dit is die rede vir blydskap en feesviering. Twee jaar terug het ons `n uitreik na Mooiplaas een Sondag-middag gehad. Daar het ek vreugde gesien soos ek nog nooit te vore in `n erediens beleef het nie. Pastor Svangirai het tydens `n loflied dit uitgejubel: “Even though we’re in a squater camp we can still celebrate, because Jesus is number one!” Hoendervleisvreugde.

Tydens ons onlangse uitreik by Matlala het ek dit weer gesien. Vreugde in die lewens van

vreemdelinge wat familie word. Een van die meisies op die span se woorde

na `n dag se KidsGames was: “Ek was nog nooit so gelukkig soos vandag nie”.

Jesus gee vreugde, ewige vreugde. Wan-neer gelowiges hul lewens vir Hom gee, ontdek hulle ware vreugde. In

Joh.10:10 belowe Jesus `n lewe van oorvloed vir dié wat Hom volg.

Mag jy in hierdie maand ware vreugde beleef. `n Vreugde wat nie afhanklik is van `n tydelike gebeure

soos sport nie, maar eerder `n inner-like vreugde wat jy IN jou Skep-

per ervaar,terwyl jy saam met Hom reis na die gebrokenes in dié wêreld. Mag ons as gelowige familie die fees van Christus vier saam met Hom, saam met mekaar en saam met vreemdelinge. Mag ons die ware liefde uitleef in `n samelewing wat dit bitter nodig het.

Groete

Colin Smith

Page 4: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 3 www.kerksondermure.org

nuus uit perth

Fanie Venter

opgewonde, dankbaar &

uitgedaag

Op 10 Junie het die Venters van OR Tambo lughawe af vertrek na Perth in Wes-Australië. Ek en Lynne is deur Veritas College genooi om die jaarlikse vergadering van hulle Internasionale Raad by te woon. Carla, ons dogter, is saam vir die kuier na die tyd by familie in Adelaide.

Ons gemeente werk sedert 1998 in vennootskap met Veritas Col-lege in Suid-Afrika en verskeie ander dele van die wêreld. Ek was dus baie opgewonde om vir vier dae, uit die perd se bek, te hoor van suksesse, uitdagings, deurbrake, geleenthede en frustrasies.

Wie is Veritas College?Byna 20 jaar gelede het die stigter van Veritas die behoefte aan leierskapsontwikkeling raakgesien en begin met, wat hulle noem, Geïntegreerde Leierskapsontwikkeling. Hierdie benadering behels die toerusting van leiers en lidmate in hulle plaaslike gemeentes, sodat hulle, hulle eie gemeentes kan lei tot geestelike volwassen-heid.

Tydens die vergaderings van die Internasionale Raad het ek veral drie dinge beleef: ek was rasend opgewonde, nederig dankbaar en radikaal uitgedaag.

Ek was opgewonde om te sien hoe iets wat klein begin het, deur die Here se leiding en voorsiening ontwikkel het tot ʼn instru-mente wat in kerke wêreldwyd ʼn reuse verskil maak. Die afgelope jaar (geëindig Julie) het ongeveer 12 000 mense in 30 lande die opleiding deurloop! Een van die nuutste verwikkelinge is dat Veritas nou ook geakkrediteerde opleiding aanbied en dat on-geveer 80 persone reeds in opleiding is.

My dankbaarheid is veroorsaak deur die gewaarwording dat kerksondermure (ek en jy) deur ons jarelange vennootskap met Veritas deel is van die lewensverandering wat die Here deur hulle

bewerkstellig. Jou en my insette, gebede en geld maak in God se hand ʼn verskil.

Om my belewenis van “ek is uitgedaag” te beskryf, haal ek aan uit die brief wat die voorsitter van die Raad na afloop van die verga-dering aan die personeel in die verskillende lande gestuur het:

“Veritas is more than a Bible Training College, we are a network of friends and colleagues who have a passion that the Holy Scriptures are correctly taught and understood in each culture and church. We are thrilled with the many stories where folks are being reached and lives changed by your teaching. We are however very concerned by feedback from certain parts of the world where staff are exposed to im-minent danger. Currently we are awaiting news of Abdelaziz who has had to flee the conflict in Southern Sudan. Farhan and his family are spending time in Egypt. We know some of you face difficult daily challenges, like Marco and Rosa who live amongst feuding drug gangs. A number of you face frequent shortages of food supply and fuel. As a board we are humbled by your perseverance and obedience to the Lord’s calling”.

Ek is verder uitgedaag deur die feit dat die versoeke vir opleiding van oor die hele wêreld die vermoë om daaraan te voldoen, by verre oorskry. Kan ons iets hieraan doen?My oorheersende gewaarwording tydens en na die vergaderings is: kerksondermure se betrokkenheid by Veritas maak sin en maak ʼn verskil. •

Page 5: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 4 ksm Aug/ Sept 2011

betrokkenheid

Busuitreik

CANSA

Olievenhoutbosch

Die dag het lekker koud begin en die busse het die oggend om 10:00 vertrek vanaf Hippolaan. Twee stampvol busse was oppad en ‘n derde bus het reeds vanaf Midstream vertrek.

Die busse het by die eerste stop gekom waar hul na Kids Paradise kleuterskool kon gaan kyk en sien hoe die kinders se klassies lyk, sien in watter omstandighede hul leer en kon hoor wat die behoefte daar is. Daarna het hulle die Life in Christ-kerk besoek en gesien dat dit verbeter het vanaf die vorige keer toe die kerk ‘n uitreik gehad het – hulle het nou ‘n staaldak waaronder hul in die koelte kan sit en kerk hou. Met ‘n erediens ook aan die gang by Badiramogo Ouetehuis kon die verskil ook raakgesien word sedert die vorige besoek Oktober verlede jaar.

By die terrein van Olievenhoutbosch Christian School het daar ‘n feestelike atmosfeer geheers. Stalletjies van die verskillende projekte wat van hier af bedryf word, het die prentjie van kerk-sondermure se betrokkenheid in Olievenhoutbosch beter ingekleur.

Besoek aan BOKAMOSA BAKKERY:Tariro en Chantel, twee ware staatmakers, wat tans in die bakkery werk het van 02:30 (die oggend !!) af brood, muffins en koekies gebak vir die groot dag! Ons het koeldrank, skyfies en suiglek-kers verkoop om ‘n ekstra geldjie te maak vir die Bakkery. Ons is dankbaar dat die verkope goed verloop het. Die besoekers het die brood, koekies en muffins so geniet, dat alles uitverkoop was teen die tyd dat die busse vertrek het.

Almal wat deur die bakkery geloop het kon ‘n blik kry op die daaglikse bak en ‘brou’ hier en ook sien dat hul ten spyte van die uitdagings die bedrywigheid geniet.

Die toewyding waarmee hulle geleent-hede aangryp wil ons graag aanvuur deur meer opleidingsgeleenthede vir hulle en ander in die omgewing te gee. Die basiese beginsels van besigheid, beplanning, begroting, bemarking en vele ander aspekte wat ‘n besigheid ‘n sukses maak, wil ons graag aan hulle oordra. Ons het jou vaardigheid en kennis nodig. Wil jy dit nie oorweeg om twee ure in ‘n maand jou kennis met hulle te kom deel nie? •

Kontak: Alan Rodgers 084 250 3828; of Yolandi Rodgers 079 893 7966.

Page 6: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 5 www.kerksondermure.org

betrokkenheid

Olievenhoutbosch Christian SchoolWat ‘n ervaring om kerksondermure se gemeentelede te kon wys waarheen hulle ondersteuning (gebede, kos, klere, skryfbehoeftes, geld) maandeliks gaan!

Olievenhoutbosch Christian School – ksm se skooltjie - in uitbreiding 24 van die Olievenhoutbosch gemeenskap, verskaf grondslagfase onderrig aan 115 kindertjies in die omgewing. Ten spyte van jaarlikse groei en vordering in die skool, het ons nog baie hulp nodig met die opknap van die klaskamers en die skoolterrein. Daar is ook voortdurend behoefte aan skryfbe- hoeftes, kos, storieboeke en hande en harte wat net sal kom lief wees vir die mense in die gemeenskap. Die skooltjie sou nie bestaan het as dit nie was vir die liggaam van Jesus – Sy kerk – wat elkeen sy/haar rol vervul het nie.

Die busuitreik op Sondag, 12 Junie, het ons net weer opnuut laat besef hoe elkeen ‘n rol het in Sy koninkryk: Die tuinier wat daar was sien ‘n blommetuin op die skoolterrein. Die argitek sien die gebou se potensiaal. Die kunstenaar sien die verskil wat verf kan maak. Die ingenieur sien die sokkerveld wat uitgelê kan word. Die leesliefhebber sien die behoefte aan ‘n biblioteek en storie-boeke. Die naaldwerkster sien nuwe gordyne vir die klaskamers. Die restaurant eienaar sien die behoefte aan gesonde kos vir die kinders.

Dankie vir elkeen se belangstelling, bydrae en liefde wat ons ervaar het. Mag die ervaring ons almal weer opnuut inspireer om Jesus se hande en voete te wees. •

PEN

Dit was my en Inge (7) se tweede uitreik. Gister het ons PEN se pad en werk beleef. Asook ons ‘stad’ Pretoria se anderkant. Kan net sê

wow! Schubart Park laat my dink aan Indië en Brasilia se slums, maar hier op ons stoep! Veertien duisend mense in geboue bedoel vir

vier duisend. Geen dienste. Mafia uitbuiters wat beddens soos tyddeel by die uur verkoop! Geen ligte, of enige dienste. Laat mens baie

hard en diep dink. Wat doen ek vir die mense of ignoreer ek hulle soos die munisipaliteit en regering?

En dan die huise wat soveel hoop bied vir seerkry kinders. Die lekker soet Milo saam met hulle te drink en te hoor hoe opgewonde

hulle is oor hul studies, wat die huislike omgewing vir hulle moontlik maak, dit gee mens hoop.

Definitief aan te beveel as jy ‘n regte ‘eye opener’ soek.

GroeteChristo

Page 7: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 6 ksm Aug/ Sept 2011

betrokkenheid

Jehova JirehDie Jehova Jireh projek is gevestig in die Hammanskraal omgew-ing. Die dapperes wat besluit het om die drie uur lange busuitreik te kies, het vol opgewondenheid vanaf Hippolaan vetrek. Die groep het kerksondermure se 30+ groep ingesluit wat toe sommer ’n “urn”, wat die kinderhuis dringend nodig gehad het om hulle drinkwater mee te kook, saam geneem.

Die Uitreik-op-Wiele het tydens die rit die bus vergesel, en by die aankoms te Hammanskraal was daar ook ’n aantal lidmate en spanlede wat met eie vervoer soontoe gegaan het.

Die verrigtinge het begin met die kinderhuis kinders wat die besoekers met lied en beweging verwelkom het.

Daarna het Lucas Teffo, die kinderhuisleier, die geleentheid ge-open. Die kinders het daarna getuienis gelewer van wat die projek se ondersteuning vir hulle beteken. Hierna het die kinders nader gestaan vir worsbroodjies, terwyl die besoekers inligting ivm die projek aktiwteite en behoeftes by stalletjies ontvang het.

Die projek het tans twee groot aktiwiteite wat hulle ondersteun: Die Johova Jireh (Die Here sal voorsien) kinderhuis met 16 kinders, en die Besigheidsbediening wat die evangelie in die werkplek aan mense bring (Champions for Christ) op verskil-lende dorpe in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.

Almal het ook kans gehad het om die kinderhuis se fasiliteite (en ook dit wat ontbreek), te besigtig. Daar is tans ook opgraderings aan die gang wat deur Moreletta Park gemeente onderneem word en wat saam met kerksondermure die projek onderneem.

Ons is dankbaar dat kerksondermure se betrokkenheid so goed afgeskop het en vir u verdere betrokkenheid, veral gebede sal van onskatbare waarde wees om Sy liefde uit te dra. •

Kontak Persone:

Champions for Christ Besigheidsbediening: Bertus Myburgh

0834696643Jehova Jireh Kinderhuis: Stefan van der Watt 082 492 4572

Op Sondag 12 Junie was daar 'n wonderlike geleentheid vir kerk-sondermure-lidmate om die kinders van Louis Botha kinderhuis te ontmoet en 'n kykie te kry oor wat by die kinderhuis gebeur. Daar was geleentheid om te ervaar hoe hulle betrokke kan raak in die lewens van hierdie ongeveer 100 getraumatiseerde kinders tussen die ouderdomme van 6 en 19 jaar. Die kinders is meesal deur die Kinderhof van hul ouers weggeneem as gevolg van fisiese en/of emosionele misbruik en verwaarlosing.

As deel van kerksondermure se massa-busuitreik is ‘n groep lid-mate na Louis Botha kinderhuis waar hulle saam met die kinders aan prettige boeresportaktiwiteite deelgeneem het. Die speletjies het ondermeer driebeenresies, sakresies, eierloop, boontjiesakgooi en hindernisbane ingesluit. Dit was voorwaar ‘n baie genotvolle dag – vir beide KSM-lidmate en die kinders!

Behalwe vir die pret was dit voorwaar ook ‘n insiggewende dag vir

die lidmate. Hulle kon van die kinders ontmoet en self sien hoe dit by die kinderhuis lyk en hoor hoe alles werk.

Lidmate wie se harte aangeraak is en graag betrokke wil raak, kan dit op die volgende wyses doen.

Elkeen kan betrokke raak deur vir die kinders se emosionele, geestelike en fisiese beskerming; voorsiening in hul behoef-tes; en opbouende en positiewe invloede in hul lewens te bid.

Meer praktiese betrokkenheid is •  Selgroep betrokkenheid by twee van ons huise.

•  Wintersklere:  vir meisies en seuns, ouderdom 7-17  sal kinderlyfies warm hou.•  Eetkamerstoele / Eetkamertafels / Tuinstelle 12-16 sitplekke

Daar is min vreugdes in die lewe soos ‘n kind wat lag! Help om dit vir hierdie kinders moontlik te maak deur betrokke te raak in hullewens.

Vir meer inligting, skakel gerus met Lezette van Niekerk by 082 467 5475.

Louis Botha

Page 8: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 7 www.kerksondermure.org

betrokkenheid

Hui

s Dav

idtsz

‘n Besoek aan Huis Davidtsz is ’n lewensverrykende ervaring wat geen mens eintlik moet misloop nie, vra maar vir elkeen van die getroue kerksondermure saam-oppie-bed-sit-en-kuier dissipelspan wat Huis Davidtsz elke tweede Sondag besoek. So was dit dan ook vir die aantal nuuskierige kerksondermure dagdissipels wat op 12 Junie saam per bus na Huis Davidtsz gegaan het. Met die belofte op die bus dat ons op pad is na ’n plek, en veral sy mense, wat jou vandag diep gaan aanraak en groot blydskap by jou gaan verwek, en wat in direkte teenstelling staan met die algemene verwagting dat dit net nog ’n porsie van baie hartseer trane en verdriet kan wees, is ons daar weg.

Huis Davidtsz, ’n eertydse ouetehuis opgerig gedurende die laat sestiger jare wat moes omsien na die behoeftes van bejaardes in die middestad van Pretoria, is vandag ’n versorgingsentrum vir die armstes van die armes. Die sentrum is geleë op die hoek van Proes en Schubart straat in Pretoria en word bestuur deur ’n Uitvoerende Bestuurder, bygestaan deur so ongeveer 80 permanente perso-neellede, verder aangevul deur sowat 30 vrywilligers en 40 studente. Befondsing vir Huis Davidtsz kom vanuit ’n staatsubsidie van net minder as 50% van die totale bedryfsbegroting, eie bydraes deur inwoners (van die wat kan) en bydraes vanaf familielede. Die hartseer is dat daar vir ongeveer 55% van die inwoners geen inkomste vanaf die families realiseer nie.Daar woon vandag bejaardes en gestremdes by Huis Davidtsz, so ongeveer 200 honderd van hulle. Hierdie is mense van alle rasse groepe, die jongste persoon is slegs 20 jaar oud en die oudste ’n stewige honderd jaar op 14 Augustus 2011. Voorwaar ook ’n mengel-moes van figure, krommes, dunnes, nie-sulke dunnes, die regte ronde oumas, almal altyd met een of ander vorm van ‘n glimlag op die gesig, al sit daar meer as genoeg van baie swaarkry en hartseer in elke lyf. Wens jy kan ook die eetsaal-stormloop van rolstoele, krukke, stootwiele en skuifelende ledemate, of bene dan, aanskou. Etenstyd is altyd ’n groot gebeurtenis, dit wil voorkom asof hulle soos kos-huiskinders altyd honger is. Miskien is dit meer vir die kort tydjie van om by iemand anders te wees!Geen fancy dinge was beplan vir die dag van die 12de nie, net die kans vir die kerksondermure-dagdissipels om ook die lekker van ’n kuier saam met die mense te ervaar. So het die meeste van hierdie dagdissipels dan kennis gemaak met tant Dollie, die pyndeurdrenkte tannie maar wat nooit kla nie; tant Girtie, ’n regte ronde ouma wat altyd ’n pakkie biltong en/of peanuts en rosyntjies waardeer maar wat ook nie skroom om vir jou te sê wat sy dink sy raaksien nie; boet Francoise wat ongelukkig vir die dag sy visstok met die tennis-bal vis verlê het; boet Jaco aan wie ’n besoek vir elke man wat tob oor die verlede ’n noodsaaklikheid is; en dan seker omtrent almal se gunsteling, tannie Madeleine. Haar leer jy ken op jou eerste besoek net om haar nooit weer te vergeet nie. Sy kan jou immers van al die dinge van Genl Jan Smuts vertel! Hierdie mense praat min oor hul pyne, hou nie op om van hul kinders te praat nie, al sien of hoor hulle soms baie baie min of nooit van hulle nie.By Huis Davidtsz leer jy so kuier-kuier baie dinge wat nie in teksboeke staan nie, jy kry die ideale kans om die teologie van naasteliefde en dankbaarheid te verstaan. Dit was omtrent die getuienis van elkeen van die dagdisipels. So het daar dan ook baie van die positiewe vanuit hierdie besoek gekom; ons besoekspan is vergroot; beloftes van voorbidding en ook ondernemings om by Huis Davidtsz terug te ploeg van dit wat die Here so mildelik aan elkeen gee. Voorwaar ’n opwindende tyd wat vir ons by Huis Davidtsz voorlê!Ons beoog groot dinge vir die uitreik na Huis Davidtsz vir 2011 in navolging van die KSM jaartema van “Jesus se Hartklop” en dis hier waar ons nog baie hande en voete gaan nodig hê. Hou gerus die KSM se Hartklop blaadjie dop vir besonderhede.Weer eens baie dankie aan al die dagdissipels wat saam gegaan het. Dankie vir die ondersteuning reeds ontvang en sommer ook dankie vir dit wat nog gaan kom. Saam glo ek kan ons gestalte gee aan Jesus se belofte in Jes 46:3-4, “.......julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is; ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red”. Maar daarvoor het Hy ons aardse hande en voete nodig!!Indien jy geroepe voel om betrokke te raak, kontak my (Peet) asseblief by 0832925780 en ek vertel jou hoe jy kan. •

Page 9: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 8 ksm Aug/ Sept 2011

lewe

Sommer net ‘n paar woorde op papier vir van julle,wat soos ek, graag mense wil help en ondersteun.

Hier sit ek op ‘n wonderlike, sonskyn Saterdagoggend en lees navorsingsartikels. Soos dit maar gaan met navorsingsartikels dwaal mens se aandag maar vinnig af en ek begin dink aan hoe idealisties al hierdie skrywers se planne is. Die waarde van die probleem, die impak van die studie en die verandering wat dit bring word opgehemel om later maar net te eindig met... “Verdere navorsing is nodig.” Dit het my aan my eie lewe laat dink - aan al my verwagtinge. Met die intrapslag in my loopbaan het ‘n on- stuitbare passie vir menseregte, om ander te help en (natuurlik) om ‘n verskil te maak, my elke besluit gedryf. Steeds soek ek daagliks na die één projek wat die wêreld veranderd sal agterlaat.

Ek wonder waarom doen ons dit! Soos met die navorsings-projekte, oortref ons verwagtinge nie dalk realiteit nie? Daardie treffer basaar-bedrag... die uitstekende opkoms by ‘n fondsin-samelingskonsert... die kosbare briefie wat jy hoop jy van ‘n hulp-behoewende gesin gaan kry... Sit ons nie dalk meer hoop in ons dade as wat geregverdig is nie? Is dit vir ons éie sin van belang, óf die delging van ons skuldgevoelens, óf is ons net idealisties ‘onnosel’, óf wil ons rêrig help? Hoe meer ek hieroor dink, hoe meer besef ek die goddelike waarde van – “HOOP”. Ek dink dit is omdat ons glo in die goedheid van die mensdom en die krag van God se genade. Ek glo dit is omdat ons glo dat gestremdheid

omgeskakel kan word in glorie, armoede in ‘n rykdom groter as geld. Dat ten spyte van ons eie verborge pyn ons glo in lewe, groei en oorwinning vir onsself en vir ander. Die idealistiese planne is eintlik net opwindende HOOP vir ‘n beter lewe.

So, ek droom stééds van idealistiese projekte. Ek weet nie of dit wel ‘n verskil gaan maak nie, of dit selfs ooit gaan gebeur nie, maar dit hou my passievol voor God, geïnspireerd deur Jesus en naby aan mense wat saam met my die lewenspad aandurf. Dit laat my die wonder van HOOP ‘celebrate’, en vashou in die wete dat ééndag sal HOOP al die pyn, seer en selfs alle verwagtinge oorwin.

AS DAAR EEN DING IS OM TE ‘CELEBRATE’ VANDAG - IS DIT JY! Jy wat altyd gee eerder as vra, wat pannekoek bak op koue wintersoggende, wat laat bly werk om nog ‘n oproep vir nog ‘n projek te maak. Jy wat altyd bereid is om jou hande vuil te maak en verwagtinge koester van ‘n beter lewe vir jouself en vir ander. Mag jy geseën word in jou drome, maar ook in jou elke dag; by jou werk, en by jou geliefdes.

Mag JY God se HOOP in jou hart en hande voel bruis! •

As daar een ding is om te ‘celebrate’ vandag - is dit

Marlene Olivier

Ons KSM-tydskrif se taal sal nooit weer so suiwer wees nie. Die grootste poging vir ’n taalkorrekte, foutlose uitgawe van die voorwoord tot die laaste advertensie is nou in gedrang. Ons staatmaker, taalversorger en getroue vriend is skielik van ons weggeneem.

Johan het sedert die eerste jare van die KSM-maandblad, getrou die taalversorg-ing met geduld en groot liefde hanteer. Hy het dit as ’n liefdesdiens gedoen en het sy persoonlike program aangepas om ons te help. Hy het vakansies by die kinders rondgeskuif om eers die taalversorging af te handel, voor hy by die kinders gaan kuier. Geen moeite was ooit te veel vir hom nie. Die Here het ons so geseën met Johan se wonderlike bydrae. Ons gaan hom mis as ’n vriend, as ’n toegewyde lidmaat van kerksondermure, en as ’n reisgenoot. Sy plek in ons harte en op ons redaksie gaan beslis leeg wees.

Vir sy dogters, Annamarie en Marlise en familielede wens ons alle sterkte en vrede toe. (RED)

Medelye Johannes Stephanus Meyer: Amptelike taalversorger van die KSM-maandblad

Page 10: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 9 www.kerksondermure.org

Handelinge & Rituele‘n Deel van Emosionele Genesing

Die Viering van Simboliese

lewe

Hennie Yzelle

Ons almal leef binne verhale. Omdat ons op-pad mense in `n onvolmaakte en eintlik stukkende wêreld is, gebeur dit dikwels dat ons verhale verstop of probleemversadig raak. Dan is dit goed, ja baie belangrik om by iemand te gaan sit wat vir jou `n goeie gespreksgenoot wil wees. Ek glo `n goeie gespreksgenoot is iemand wat jou ernstig opneem in wat jý beleef in jou moeilike omstandighede, iemand wat ook bereid is om sáám met jou te gaan sit en dink oor hoe dinge weer vir jou beter kan word. Uit die aard van die saak gaan dit daaroor om in `n proses te kom wat weer HOOP gee.

Die pad van HOOP het tree-vir-tree met geniet te doen. Die skry-wer van die boek Prediker sê mos: Ek besef al wat die mens moet doen, is om gelukkig te wees en die lewe te geniet. Om tussen al die harde werk deur, nog te kan eet en drink en gelukkig wees, is `n geskenk uit die hand van God.

Hy sê dus – die lewe is dikwels moeilik, maar dis só `n kosbare geskenk van die Here dat dit ‘ge-celabrate’ (gevier) moet word. Hi-erdie vieringe het met gewone en eenvoudige dinge te doen. En… die Here het ons sintuie gegee waarmee ons die seer en swaar van die lewe moet ‘wegsien’, ‘weghoor’ en ‘wegtas’. Ons moet ook in die dampkring van nuwe vreugdes kom deur letterlik nuwe geure met die neus in te asem. Deurbrake deur donker fases in ons lew-ens het in die viering daarvan feitlik deurgaans ook te doen met die proe van heerlike disse uit nuwe resepte.

Dit bring my by simboliese handelinge en rituele van emosionele genesing:In my saamdink met mense in die prosesse van swaarkry, ver-ligting en oorwinning het ek al die mees kreatiewe en wonderlik-ste gedagtes oor ‘celebration’ by hulle gekry.

Erika*, wat saam met haar man die mooiste tuin aangelê het

terwyl hy geleef het, het na sy dood `n nuwe boompie geplant. Die spesiale liefdevolle versorging van hierdie boompie maak die seer van verlang vir haar sagter en die groei van die boom het `n genesende simbool van `n nuwe lewenseisoen wat die Here gee, vir haar geword.

Rickus* was lank die slagoffer van drankverslawing. Hy het daarvan vry gekom. Toe het hy `n juk wat van `n swaar en harde hout gemaak is en wat in hul sitkamer as `n ornament gestaan het, in fyn stukke gekap. Hy het dit gedoen as `n simboliese handeling van die vrywording van sý juk. Hierdie stukke hout het hy voor sy gesin, wat hom so ondersteun het, in die kaggelvuur gegooi. Dit het hy gedoen terwyl hulle as gesin `n spesiale feestelike ete, wat hyself voorberei het, saam geëet het. Die spesifieke ete het `n jaarlikse instelling geword en dit gaan elke keer gepaard met die vars reuk van lemoenbloeisels. So herinner dit hulle elke keer aan die wonderlike nuwe tyd wat soos `n verfrissende geur in hulle huisgesin gekom het.

Dit is maar twee voorbeelde van baie sulke simboliese rituele wat met dankbaarheid aan die Here opgedra kan word. Wat is die simbole en rituele wat jou aanraak, wat met jou praat en wat jou help om HOOP te celebrate – dink ‘n bietjie...? •

*Skuilname

'N SKADULOSE LEWE?

Waar skaduwee val, skyn mos geen son,

maar skaduwee kan nie wees sonder 'n son....

Dis die ding voor die son wat die skaduwee maak,

die struikelblok waar agter dit don

ker raak.

En wat groei aan die skaduweekant van die lew

e?

Aan die ligkant, die sonkant, ja , dáár is lewe!

Aan die skadukant is net sampioene en mos,

dié goed is beter bekend as die duiwel se kos.*

*(duiwelsbrood = giftige sampioene – sien H.A.T.)

Dit gaan my verstand te bowe dat mense,

ewe braaf kan sê: "Ons is gelukkige mense!"

As die skaduwee van haat en liefdeloos' lewe

hul eens reguit paadjie vertrek na 'n skewe....

Vat tog weg daai struikelblok, daai skans of sk

ot,

en die son skyn hel; dit kom van God!

Hennie Jooste18-19 Mei 2004

Page 11: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 10 ksm Aug/ Sept 2011

lewe

Inge Nel

Wintermark Wat 'n fees

Na lank se wik-en-weeg het die Beroepsforum (Jakob se Put) met groot opgewondenheid binne vier weke ‘n Wintermark beplan. Vir die wat nog nie weet nie – die Beroepsforum (Jakob se Put) is ‘n ondersteuningsprogram van die Netwerk vir Lewe Sentrum - vir mense tussen werke en werkloos. Die Wintermark-idee het ontstaan om spesifiek ondersteuning te gee aan die entrepreneurs verbonde aan hierdie bediening. Hierdie bediening beywer hulself om mense en hul gesinne te bemagtig en ondersteun in hul soeke na werk en inkomste. Op hierdie manier is die Beroepsforum (Jakob se Put) rimpelings van Jesus se hartklop!

Om terug te kom na die Wintermark - daar was 50 unieke stalletjies, waarvan ‘n derde beman was deur entrepreneurs vanuit die Beroepsforum (Jakob se Put). Dit was wonderlik om te beleef hoe mense, wat tussen werke of werkloos is, deel uitgemaak het van die span wat die hele dag moontlik gemaak het - van oprig tot skoonmaak. Die oggend het koud begin, maar geëindig met bou lug en warm sonskyn. Almal het die dag geniet, en almal het ʼn inkomste verdien.

Dit was fantasties hoe mense se harte aangeraak was deur nie net te koop nie, maar ook finansiële bydraes te gee vir van hierdie mense wat baie swaar kry. Ek wil baie dankie sê aan almal wat uitgestal het en ons kom ondersteun het, veral die lekker saamkuier en saamgesels.

Prys die Here! •

Ns: As u van iemand weet wat tussen werke of werkloos is, laat hulle ons gerus kontak. Hier word stukkende mense deel van ’n besonderse omgee netwerk ([email protected]; 0846217670).

Page 12: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 11 www.kerksondermure.org

gebed

JESUS GENEES!

Jes 53:5 “But He was wounded for our transgressions, he was bruised for our iniquities: the chastisement of our peace was upon Him, and with His stripes we are healed” -KJ

In hierdie bediening het ons al soveel wonderwerke gesien soos, Jaco(11 mde). Gediag-noseer met Tetrologie (4 gaatjies in sy hart). Hy is geopereer 4 Mei 2011 en in Intensiewesorgeenheid na die operasie het sy niere skade (hoë suiker) opgedoen en infeksie gekry en sy skildklier en longe het ingegee, breinskade was ook ‘n moontlikheid. So eindig hy op met al wat ‘n masjien is aan hom gekoppel!. Daar was geen hoop vir die seuntjie nie. Die Here het wel ‘n ander plan met hom en sy familie gehad. Sy hele familie het tot bekering gekom en is in die agt weke tydperk ook gedoop. Prys ons Vader van genesing (YAHWEH-RAPHA) en die werking van die Heilige Gees. Dit is hoe die Here alles ten goede laat meewerk vir die wat hom liefhet (Rom 8:28). Hy is na agt weke ontslaan en alles het ten volle genees sonder enige newe effekte (22 Jun 2011).

‘n DVD met Joco se verhaal is beskikbaar.

Met dié uitreik, is die Here se visie om die liggaam van Jesus te bedien en dissipels te maak uitleef. Met Jaco en sy familie was dit som- sommer almal gelyktydig!. Ons het hulle ontmoet as vreemdelinge en ‘n ongelooflike pad van geloof, bediening en getuienis met hulle gestap.

Ons wil jou nooi om Jesus te kom leer ken op die gebied van wonderwerke en so ons eie geloof versterk. Ons stap elke Dinsdagaand uit Unitas, versterk en met nuwe krag. Kom wandel in Jesus se voetspore en ervaar sy hartklop daar waar die nood hoog is en die hoop maar skraal.

Jakobus 5:15 “En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.”

Geen eer aan ons, maar alle eer aan die Vader. •

Etienne Schmidt ,083 607 4352, [email protected]

Unitas Bediening

Elke Dinsdag om 18H45 Unitas Dubbel Parkering

Gebedsimfonie“Jy hoef nie vir God instruksies te gee nie, meld net aan vir diens” – Corrie ten Boom

In ons soeke na baie antwoorde en diep bewus van ons roeping as kerk kom ons telkens te staan voor die woord van God wat sê “julle kry nie omdat julle nie bid nie.” Jakobus 4:2

Hoe kan ons as gemeente dan ook ons roeping volbring en wees wat ons moet wees as gebed nie ‘n baie sentrale plek in die ge-meente se aktiwiteite inneem nie? Lukas 6:12-19 vertel ons meer daarvan deur tyd met God, tyd met die wêreld en tyd met mekaar deur te bring.

Ons jaartema “Jesus se Hartklop” roep God ons om saam te stem in geloof, harmonie en gebed. Ons nooi almal wat die nood besef en die drang om te bid ervaar om deel te word van twee gebeds geleenthede nl, Woensdagaande gebedsimfonie 19:00

en Saterdagoggende om 07:00. Ons probeer om nie langer as een uur besig te wees nie. Ons weet dat die binnekamer van die gemeente ten diepste gesetel is in die gebedstye van elke lidmaat. Tog het daar in die skrif groot dinge gebeur toe gelowiges saam gebid het, dink maar aan Pinkster en so ook dwarsdeur die gesk-iedenis van die kerk.

Ons roep elke lidmaat van die gemeente op om getrou voor God in die binnekamer te wees. Matteus 6:6 Bid vir herlewing vir al die uitreike en vir alles wat die gemeente onderneem. As ons as gelowiges wil groei en in God se koninkryk iets werd wil wees moet die Woord en die gebed ons lewe vul anders sterf ons aan ‘n gebrek aan geestelike suurstof.

“Hoe meer jy bid, hoe makliker word dit. Hoe makliker gebed word, hoe meer gaan jy bid.” – Moeder Teresa •

Skakel in die verband enige van die volgende persone:Lappies Labuschagne – 072 188 8740Andrew Doyle – 072 802 3243

Page 13: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 12 ksm Aug/ Sept 2011

matlala uitreik

“...I loved deeper than I thought I could and received more than I thought I would.”

"Don't tell them Jesus loves them, if you don't love them"

“...Ek het myself oorgegee indie Here se hande, dat Hy mykan gebruik daar waar Hy wil.”

Matlala

Matlala

Matlala

Page 14: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 13 www.kerksondermure.org

the barbarian way

Ons is ook op Facebook.

As iemand nou moet vra wie is ons….? Ons is die WIPPERS. Ons is ‘ n fokusgroep wat gerig is op mense tussen die

ouderdom van 20 en 30. Wat die pad saam met jong mense stap wat werk, swot of net jong mense wat nog hulself wil

vind.

WIP is die afkorting vir “Work in Progress” en is gebaseer op Kolossense 3:10 “ en leef nou die lewe van die nuwe

mense, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.”

Die visie is: - Jonk, Toegerus en Radikaal.

Missie: Gefokus op gemeenskapgerigte, God-geïnspreerde, dinamies toegeruste jong mense.

Ons het onlangs ‘n reeks genaamd ”The Barbarian Way” van Erwin McManus behandel. Die reeks gaan oor - om die

Barbarian te wees, en sodoende uit te gaan en ‘ n verskil te gaan maak in die wêreld. Soos Erwin aanhaal uit die fliek

“Braveheart” waar “Willem Wallis”sê: “Fight for the heart of your king.” Ons is nog ‘n “work in progress” wat die “tools”

het om uit te gaan na plekke soos Matala, Olievenhoutbosch en enige

ander plek naby aan ons waar daar ‘ n verskil gemaak kan word, om

sodoende ‘ n kerk sonder mure te wees. •

Om meer van ons te hoor of om by ons in te skakel kontak asb. vir

Regardt by [email protected] of [email protected]

Page 15: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 14 ksm Aug/ Sept 2011

Watoto

e-pos van Rachelle de Beer

Watoto getuienis was absoluut

ONGELOOFLIK!!!!anaand mooi die ou makeupies refresh, en weggeskiet na kerksondermure. Verwag die laaste aand van Louis en Hettie

Brittzz. Hul nou die middag op Rian sien gesels oor hul ontberinge, en hoe ongelooflik hul getuienis was. So het die dag nou

mooi gediarise, om dit nie mis te loop nie! En toe, net lekker ons ou sitplekkie, halfuur te vroeg ingeneem, deur die boekies

begin lees. Flippet, daar issit toe nou NIE meer Louis en Hettie se optrede nie, maar wel 'n koor van Uganda. Ek was som-

mer geirriteerd en koud. Dit ernstig oorweeg om maar my “pie” te vat en te waai, maar nou ja, was nou daar, so sit ek toe nou maar,

en dink nogals, God sou my nie vanaand verniet hiernatoe laat kom het nie, regtig net gevoel, ek MOET, wou dit rerig nie mis nie.

Nou ja toe, wat ek toe verwag, en wat ek toe gekry het, RADIKAAL anders!!Kon die make up maar heeltemal, voor die tyd afgehaal het hoor. Vir 'n volle uur, soos in heeltyd trane afgevee. Daar was tye, wat ek

soos by 'n begrafnis van 'n geliefde wou ruk van die huil. Hengse shocker gewees!Die koor van Uganda, is besig met 'n toer om die organisasie Watoto bekend te stel. Doen jouself 'n gunsie en soek hul op die web.

Maar soos ek voor die tyd gevoel het toe ek daar sit, ag flip, klomp Uganda kinders wat nou hier gaan rondbons, maar wel, at least het

ek nog altyd hul entoesiasme rakende sing geniet, want kyk, ons swart nasie MAG maar sing!! Gaaf, so sit ons in spanning en wag.

Eers net 'n 5min video clip, bwhaaaa, daar grens ek alreeds! Ek daag jou uit, luister na 'n dogtertjie of seuntjie, kyk pienk, pers, swart,

geel of bruin, wat jou uit haar eie mond vertel, sy of hy het NIEMAND in hierdie lewe nie, dan praat ek nie eers van kos en klere nie.

Ek praat van liefde, omgee, versorging. Laat dit so reguit uit die perd se bek kom, en vertel my, jy kan dan ooit weer met dieselle oe na

hulle kyk?

Die koor het opgekom, meestal baie baie jonk kindertjies, skat hul so onder 10, so paartjie ouer. Een vir een vertel hulle, hoe hulle

hul ouers verloor het aan HIV, hoe hulle moes grou vir kos, hoe hul nie meer skool toe kon gaan nie, want survival is the name of the

game. Ek was bo van my stoel afgeslaan van hartseer!!! Die kinders getuig een vir een, dat hul nou weer 'n lewe het, nie oor hul nou te

danke aan Watoto geplaas is in soos tipe van weeshuise nie, MAAR omdat hulle weet, hulle sal nooit weer alleen wees nie. Hulle het 'n

lewe, hulle kan en sal suksesvol wees! Want..... Jesus het nie van hulle vergeet nie!!!Hoe beskut lewe ons nie?? Ek weet flippen goed, daar is, ek dink honderde wat kripeer van ellende, want hulle wil mos teel. Of hulle

sal nooit verander nie, of of of.... Ons al ooit stil geraak, en regtig, soos in REGTIG aan die kinders gedink, wat nooit ooit, in hierdie

lewe enige kans gehad het nie. Nie 'n kans om te weet wat ouerliefde is, wat speel en sorgvrye kinderjoll is nie? Hulle het babatjies

gewys in die baba shelter afdeling, wat roggel, wat bitter bitter swak of gestremd is. Hul praat van 500 babas 'n jaar in SA wat wegge-

gooi word, in assakke gevind word. Ek kyk altyd my vas in die daad, maar wat van die baba daarna?Ek is diep geruk ! Terwyl ek so een na die ander kind se getuienis geluister het, kon ek nie ophou huil oor al die duisende,

miljoene kinders wat nog nie gevind is nie, nog nie gered is nie?

V

Ag Liewe Here, dankie dat ek op so harde harde, seer manier moes wakker skrik om met ander oë te kyk na mense om my. My vooroordele te sluk. Sensitief te raak. Dankie vir organisasies wat dit hul mission maak om radikaal mense te help, wat NOOIT self 'n kans gestaan het nie. Liewe Here, laat daai lewenslus, vreugde en op-winding op daai kinders se gesigte hul lei, na groot, wonderlike dinge op hul paaie voren- toe. Dankie dat U in mense se harte werk, om uit te gaan, en hulle na U toe te lei!! Ek glo meer as ooit vanaand, God is GROOT!

Page 16: KSM Augustus

Opskrif xxxxxxxxxx

Page 17: KSM Augustus

Opskrif xxxxxxxxxx

www.kerksondermure.org 16 ksm Aug/ Sept 2011

Watoto

Watoto

Page 18: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 17 www.kerksondermure.org

kinderssondermure

Watoto

Watoto

kinderssondermure verwelkom lice leingeld

Alice en haar gesin

A K

Kinderbediening se beker loop oor!

Vanaf 1 Julie 2011 is Alice Kleingeld as administratiewe beampte aangestel. Sy lewer reeds ʼn reuse bydrae om die kinderbedieningswiel effektief te laat draai.

Alice was vir die afgelope vier jaar kerksondermure se vriendelike ontvangsdame. Haar passie vir kinderbediening en haar hart vir kinders was egter van die begin af duidelik! Sy en haar man, Rynier, is reeds vir die afgelope ses jaar diensbaar as kinderbedieningsleiers in kinderssondermure en hul spore lê diep in die harte van menige kinders.

Alice en Rynier se tweeling is drie jaar oud: Boeta Christian & Sussa Abigail. Alice se beste tyd van die dag is die tydjie voordat hulle tweeling insluimer en sy die laaste liedjie of drie vir hulle kan sing. Inaggenome die energie van hierdie twee besige bytjies kan dit onomwonde gestel word dat hierdie moedertjie ʼn meester in multi-taakverrigting is - ‘n vaardigheid wat onmisbaar is in kinderbediening!

Alice se roeping is duidelik in alles wat sy aanpak: sy lewe vo-luit, sy lag voluit en sy werk voluit! Sy’s mal daaroor om die lewe te lééf! Dit word bevestig deur haar gunsteling sê-ding: “Dit sal nou lekker wees.” Sy is by uitstek ʼn positiewe mens wat in elke saak ʼn positiewe kant en in elkeen iets goeds raaksien.

Dit was vir Alice ʼn droom om deel te word van kinderbedien-ing... en vir kinderbediening is ‘n droom bewaarheid om so ʼn borrelende mensie as deel van die span te kry! Hierdie droom word verder uitgebou deur haar lewensfilosofie wat ook die vi-sie van kinderbediening onderskryf: om aan die Here oorgegee te wees.

As jy onlangs ‘n epos van haar ontvang het, sal jy weet watter Skrifgedeelte sy diep in haar hart koester: 1 Kor 13:13: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!” Hierdie Skrifgedeelte is ʼn goeie versinnebeelding van wie Alice Kleingeld is: ‘n mens vol geloof, hoop en liefde. Iemand met ʼn groot, warm hart vir kinders! •

Vir ‘n kind is daar nie net sewe wonders in die wêreld nie; daar is sewe miljoen. - Walt Streightiff -

Page 19: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 18 ksm Aug/ Sept 2011

JESUS

kinderssondermure

RESCUE 911VAKANSIEPROGAM‘Hy het hulle verwelkom en met hulle gepraat oor die koninkryk van God, en dié wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak.’ (Lukas 9:11)

Ons kinders word vandag groot met natuurrampe, siektes, hartseer en geestelike nood. Die Redding 911 vakansie- program wat ons tydens die Junie/Julie skoolvakansie aangebied het, was om kinders weer te herinner aan die God wat ons dien, wat baie groter is as ons nood. Hy het ‘n plan vir die noodtoestande van ons lewe en hierdie plan begin by dié Redder, Jesus, wat na hierdie wêreld gestuur word.

Hy is sterker as die stormwind, die golwe en die reën; Hy voed duisend honger mense en is die enigste Redder wat vrywillig vir ons sonde boet. Daarom kan ons Jesus aan-roep, want Hy weet wat ons nodig het, Hy is die enigste een wat ons lewe kan red.

Kinders weet nou dat Jesus hul Lewensredder is en dat Hy hul nou uitstuur in die gemeenskap met ‘n Redding 911- opdrag om die goeie nuus van verlossing vir ander te vertel.

Char

lene

Fra

nken

Page 20: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 19 www.kerksondermure.org

Goedheid

kinderssondermure

Tiesie de Coning

Kinders vier God se

“Laat die kindertjies na My toe kom” (Luk 18:16). Ek wonder menigmaal hoe warm ons Vader se hart raak wanneer opregte, eerlike, pretensielose kinderstemme Hom heelhartig loof en prys. Dit moet ons Vader soveel vreugde verskaf wanneer kindertjies na Hom toe kom! Die koninkryk van God is dan juis vir mense soos hulle (Mrk 10:14).Hierdie maand prys kinders die Here. Hier kom dit – so uit die perd se bek...

Hoekom prys ons die Here?“Want Hy is almagtig en baie goed vir ons” (Anjé, Gr 5)“Omdat ons lief is vir Hom” (Rynhard, Gr 4)“Hy het ons gemaak” (Lara, 5 jaar)“Want Hy is ons Pappa” (Riaan, Gr 1) “Want Hy is lief vir ons” (Anja, 5 jr) “Want Hy is ons Here” (Stefan, 5 jr)

Hoe prys ons die Here?“Mondjies om te sing en handjies om te waai” (Beandri, 5 jr)“Om te sing en bid en ja alles” (Bertu, Gr 3)“Jy druk Hom” (Francois, Gr 1)“Jy bid” (Henro, 4 jr)“Ons bid en ons lees Bybel en ons sing. Ek weet nie wat nog nie” (Dian, Gr 3)“Doen mooi goed” (Stefan, 5 jr)

Wat van Jesus maak jou bly?“Hy is ook my pappa en Hy versorg my” (Francois, Gr 1)“Dat dit wow was dat Hy gekruisig is en opgestaan het uit die dood vir ons” (Anjé, Gr 5)“Hy is lief vir my” (Diederick, Gr 3) “Want Hy gee vir my 'n pappa en 'n mamma en 'n boetie en 'n sussie” (Riaan, Gr 1) “Jesus bly in my hartjie” (Anja, 5 jr)“Hy gee vir ons 'n oupa en ouma” (Stefan, 5 jr)

Hoe prys grootmense die Here?“Hulle bid en sê dankie vir Hom” (Francois, Gr 1)“Hulle sing en hulle is by die kerk en dan klap hulle bietjie en dan dans hulle” (Beandri, 5 jr)“Deur om Bybel te lees en te bid en vir ander mense langs die pad te vertel van Jesus” (Bertu, Gr 3) “Net soos kinders: bid, sing en dans” (Rynhard, Gr 4)

Ons loof God saam met elke kind in die woorde van een van ons onthou-verse in die kinderkerk-kurrikulum van die derde kwartaal: “Laat alles wat asem haal, die Here prys” (Ps 150:6). •

Waar jy ook al gaan, moet ander mense God se

goedheid in jou kan sien. - Moeder Teresa-

Page 21: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 20 ksm Aug/ Sept 2011

welkom

Vanaf 1 April 2011 het ‘n nuwe Grafiese ontwerper en kommunikasie assistent by kerksondermure se span aangesluit.

Nadia Strydom (‘n oud-leerling van Hoërskool Zwartkop), haar suster Elouize en ouers, Hannes en Trudie, is al lidmate in die gemeente sedert 1999. Met kuns en ontwerp wat haar passie is, bring Nadia ‘n nuwe dinamika na die tafel en na drie jaar se werksaamheid in ‘n streng korporatiewe Ingenieurs maatskappy lê sy dieselfde dissipline aan die dag met alles wat sy aanpak, gevul met spontane kreatiwiteit.

Nadia leef soos haar gunsteling aanhaling dit duidelik stel: “Die lewe is onvoorspelbaar, eet die nagereg eerste.” Met passie en deernis leef sy met haar voete stewig op die aarde, haar kop in die wolke, en haar lewe geanker in God. Sy is ‘n mens-mens, wat hou van lag en gesels, kuier saam met vriende en leef vir die naby aan haar. Iemand wat haar emosies sterk uitleef en nie skroom om haar sê te sê nie, tog haar plek ken en weet wanneer om haar afstand te hou en ander ruimte te gee. Balans in haar lewe is van uiterse belang veral as dit kom by haar verdere studies in Bemarking by UNISA, waarmee sy tans besig is.

Met haar eklektiese styl, warm persoonlikheid en dryfkrag is Nadia ‘n individu wat nog hoë hoogtes gaan bereik. •

Nadia Strydomontwerp met passie

Page 22: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 21 www.kerksondermure.org

welkom

kerksondermure het ‘n splinternuwe ontvangsdame gekry! Maryna Burger is ‘n mens sonder mure, sonder fieterjasies, sonder aansit-terigheid en sonder grense! Dit is dus nie vreemd dat haar droom vir die kerk SENDING is nie – plaaslik en wêreldwyd! Sy bid dat mense in ons wêreld in liefde met mekaar sal leef en omgaan – die liefde wat daar net in Jesus te vind is!

Jy hoef haar nie goed te ken om te weet dat haar passie naastediens is, dat geduld een van haar grootste gawes is en dat sy ‘n uitne-mende luisteraar is! Iemand wat gevorm is deur die Pottebakker vir die besondere roeping en pos wat sy nou beklee. Maryna is ‘n ou hand in die kinderbediening en is ook diensbaar in ons gasvryheidsbediening. Kyk uit vir haar Sondae by die deure: sy sal jou met warmte laat tuisvoel by ons gemeentelike byeenkomste.

Een van Maryna se gunsteling Bybelverse is: “Laat die kindertjies na My toe kom…” Dis is juis hierdie passie wat sy met oorgawe lééf wanneer sy Sondae tydens die kindereredienste saam met kindertjies op die mat sit om Jesus se liefde met hulle te deel. Maryna is getroud met Pieter en hulle het 2 kindertjies: Bertu, (8 jaar) en Beandri (5 jaar). Hulle het twee jaar gelede lidmate van kerksondermure geword toe hulle vanaf Riversdal na Centurion verhuis het agv Pieter se werksverpligtinge. Die gesin word aangevul deur heelparty troeteldiere – ‘n groot liefde en lekkerte vir elkeen in die huis.

As jy dus weer deur ontvangs se glasvenster loer of die kerksondermure nommer skakel, behoort die vriendelike glimlag en stem aan Maryna Burger. Sy het reeds haar voete gevind, nesgeskrop en is ingeburger by ons familiesondermure. Ons harte juig oor die Here se seën en guns oor kerksondermure vir ‘n ontvangsdamesondergrense! Maryna, mag Hy jou ingang en jou uitgang bewaar, mag Hy jou seën en tot ‘n seën maak vir elkeen wat oor kerksondermure se drumpel stap en mag jy daagliks Sy liefde lééf in ‘n wêreld wat dit so nodig het! “Laat die kindertjies na My toe kom…” •

aryna Burger:ons nuwe ontvangsdame

Nadia StrydomMaryna en haar gesin

Page 23: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 22 ksm Aug/ Sept 2011

vrouekamp

Die “Captivating” vrouekamp van Mei maand was weereens ‘n besonderse ondervinding vir almal wat bygewoon het. ‘n Groep van 53 kampgangers en 9 fasiliteerders het die “Captivating” naweek by die “Castle Geta-way” naby Cullinan meegemaak, en almal het verfris en geïnspireerd teruggekom.

Dit was ‘n ideale geleentheid om alle pligte, verantwoordelikhede en al die spanning wat daarmee gepaard gaan, eenkant toe te skuif en tyd maak vir ‘n baie spesiale ontmoeting met die Here.

“Captivating” dames-kampe word twee keer per jaar aangebied deur kerksondermure se Eva Bediening. Vir dames, is dit ‘n goeie geleentheid om stil te word, introspeksie te hou, en met die hulp van God se koester-ende liefde en genade, elke vroue hart nader aan Hom te bring vir veilige bewaring.

Die boek “Captivating - Unveiling the Mystery of a woman’s soul” (ook vertaal as: “Jy is bekoorlik”), is geskryf deur John &

Stasi Eldredge. Dit demonstreer hoe 'n vrou herstel kan word om die vryheid, krag en skoonheid te beleef wat vir haar bestem was. Dit wys ook hoekom God die enigste Een is wat daardie emosionele herstel volmaak kan laat gebeur, deurdat God ’n vrou se hart verstaan!

Die “Captivating” kampe skep ’n veilige ruimte vir emosionele herstel en geestelike groei, en die fasilitering van program se onderwerpe word ondersteun deur ’n stud-iegids, DVD reeks, persoonlike getuienisse en groepbesprekings.Lofprysing en aanbidding is hoog op die pri-oriteitslys van die kampprogram, en vrouens word bederf met rustigheid en stilte wat meestal ‘n “luuksheid” in ’n vrou se lewe is.

Ongelooflik baie positiewe terugvoer oor die kamp, beaam dat dit ’n noodsaaklikheid vir elke vrou is, om hierdie wegbreek vir haarself te gun! •

“Captivating” vrouekamp – Mei 2011

Page 24: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 23 www.kerksondermure.org

kerk-op-wieleSo vanuit kerksondermure se aksies het ons Vader weer verskeie deure oopgemaak. Ek het die kerkkantoor geskakel op soek ‘n naam van ‘n ‘biker’ met wie ek kan gesels oor n nuwe projek vir kinderkanker. Ek is na Renate Scheepers verwys, het haar geskakel, myself voorgestel en verduidelik wat die motief van die oproep is. Sy het onmiddelik gesê: “Ek is in”. Dit was amper te maklik. Ek het haar die volgen-de week persoonlik ontmoet waar ek my saak en doel kon aanbied. Ek het vir amper twee jaar die gedagte om motor-fietsryers te kry om ‘n ‘food run’ te doen vir kankergesinne wat erg geaffekteer is. My ander projek in beplanning het gevou en hier is ek nou voor haar deur. Haar antwoord het net weer gewys hoe God dinge vooruit bewerk. Sy het ‘n motorfiets amper twee jaar terug tweedehands gekoop en agter op die nommerplaat is die woord ‘Vera’. Sy het dit gaan opsoek en gekom op Russies vir ‘geloof ’ en Latyn vir ‘waarheid’. Net daar het sy besluit om die nommer te behou en eerder te begin bid dat God haar die geleentheid gee om ‘n projek saam met ‘n ‘Vera’ aan te pak, en daar bel ek - en dis nogal ‘n motorfiets projek! Ons kommittee het onmiddellik gevorm (na Renate ver-skeie klubs genader het), met professionele mense wat hul tyd aangebied het om ‘n prakties onmoontlike taak aan te pak. ‘n Groot rally word oor ‘n jaar beplan. Ons het twee maande en ‘n bietjie en ons moet soveel moontlik van die klubs laat inkoop om saam te werk. Ons soek ‘n venue, uitstallers, borge en be-gin naarstigtelik ad-verteer by elke

bikersentrum, motorfiets tydskrifte, klubhuise, internet, koerante edm. Alles natuurlik sonder ‘n begroting. Ons het begin met gebed en geloof en die Here het ons nie teleurge- stel nie. Hy was volkome in beheer. Ons moet dink aan kos-verkope, sekuriteit, bewusmaking van kinderkanker en so vele fassette wat aandag nodig het. Ek ontvang skielik ‘n oproep van ‘n man wat my twee jaar terug nie kon help nie - onwetend van ons huidige planne; vra hy of ons behoefte het aan 3000 pizzas - gratis geskenk? ‘n Kommittee lid ken iemand wat iewers in JHB werk by koelstore en hy sal hul nader en hoor of ons produkte daar gebêre mag word vir tyd en wyl. Die antwoord is ja, ons moet net laat weet wat en wanneer. Ek bevestig telefonies dat ons nie weet wanneer ons dit kry nie. maar drie voertuie is op bystand om die produkte aan te ry. Die stoor bestuur-der bied sy vragmotor as alternatief gratis aan - hy sal gaan haal en gaan stoor. Nog ‘n probleem opgelos. Later bel ek weer en bied die adres aan, net om ‘n kort stilte te beleef gevolg deur gelag. Die pizzas word reeds in die betrokke

store geberg en omdat hy nie hoef te ry nie, bied hy gratis vervoer aan na en van Delmas waar die resies sal plaasvind. Baie mense mag seker dinge as klein of onbenullig afskryf, ons het egter in elke aksie en beplanning gesien hoe die Here reeds vir ons sake vooruit geloop en opgelos het. Alles het in plek geval. Ons kry net ‘n trok wat kos skenk-ings oplaai en terug na Pta Nicus Lodge. Ons het verskeie hande van vrywilligers en kollegas wat ingestaan het om bewusmaking van kinderkanker op die biker kalender te sit. Almal wat weet het ons ingelig dat ons nie moet hoop om 1000 mense op so kort kennisgewing te kry nie, want “Bikers wil dinge eers dophou en die tweede jaar reageer.” Ons kommittee bid egter vir elke hekkie in ons pad en is reeds die dag voor die tyd by die baan om toe te sien als is in plek. En toe begin die motorfietse se gebrul in al hul glorie aankom, en karre met ma en kiddies kom ook saam. Die wind waai erg maar steeds kom nog en nog. Ten spyte van hewige wind het die mense gebly. Matthys Roets en Kevin Leo het gesing saam met ander opkomende kunstenaars.

Motorfietse het gejaag en geen insidente of ernstige beserings het plaasgevind nie. Matthys en Kevin is bederf met ‘n ere rondte

om die baan. Die dag was anders, ge-open met gebed en ons as kommittee kon aan die einde saamkom en weer vir die Here dankie sê. Sy seën was op die dag. Ons het 3200 besoekers gehad, on-geveer R30 000 in kosdonasies ontvang wat dadelik opgedeel is in verskeie kan-tore wat kan uitreik. Al ons rekeninge is betaal en ons is gereed vir volgende jaar. Verskeie mense wat ooglopend ander gelowe aanhang, het kom vertel daar was ‘iets’ anders die dag en hulle wil net dankie sê. •

bikers food runCANSA

Page 25: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 24 ksm Aug/ Sept 2011

Hoë kwaliteit MP3-weergawes van die opnames kan direk na geluister word of afgelaai word op die kerksondermure webw-erf. Met die beskikbare tegnologie vandag bied hierdie opsie die geleentheid dat jy by elke beskikbare geleentheid deur ʼn treffende boodskap geraak kan word.

Vir meer inligting oor die CD-bediening of enige van ons op-names kontak gerus vir Louis by 012 663 2003 x229 of [email protected].

omgeegroepnotas

*’Fiksie uit die lewe, skuilname

Wat is die

VROUWAARDEvan ‘n

Hannes Gildenhuys

Die laaste wat ek Ampie destyds gesien het, was toe hy en Mil-dred pas ontdek het dat die maan toe nie van geel kaas gemaak is nie en dat daar iets met mens se hartklop skeef-loop as jy direk van die volmaan af in die ander een se oë kyk.

“Sy’s vir my, kammie,” het die ou grote gesug. “En ek is vir altyd en ewig hare.”

Dit was half pynlik – dat mens se jongmansplanne so met-ééns kan skeefloop en Antarktika en die Virunga-vulkane se berggoril-las en die Skotse Spesmagte alles sommer net so onder huisopsit ingevee word. Later om ’n draai gehoor van die tweeling en die drie ander dogtertjies – dit was net ’n onwerklike prentjie, dié van Ampie en ses vroumensies oral óm hom en op hom en oor hom.

Toe, vyftien jaar later, loop ons weer in mekaar vas. Ek was nogal trots op die rustigheid waarmee onse Abraham en Pieter-Louis hulself handhaaf het tussen die swerm meisiekinders. Mis-kien was dit die grootte van die oomblik – dat hulle hier uiteinde-lik die legendariese oom Ampie in lewende lywe sien – wat hulle yster in die pype gegee het.

Toe sleep Mildred ons gesinnetjie saam na hulle selgroep toe. En in my oorblufdheid vir die toeval dat ons so uit die bloute mekaar by die kerk se deure raakloop, sit ek my maar bietjie éffens teë en voor ek my kom kry, het die vroumense alles gereël. Ek moet sê dat my eie liewe Jessie al lankal sonder sukses aan my gesit het oor sel-aansluit en ek haar nog altyd kon systap.

Eerste kuier en ek is gehaak. Want my ou groot vriend van die wilde dae van my jeug is toe daardie sel se leier. En watter leier! Ampie was vir my ’n man van God, ’n priester in sy huis, ’n geloofsheld, draer van kinderlike, nederige vreugde, ’n wyse man. Ek het hom onbeskaamd bewonder en gevolg.

Toe kom die groot toets. Mildred voel die knoppie onder haar vel – en na ’n warrelwind-nagmerrie waarvan ek net ’n yl, vaal foto hier en daar in my kop het, staan my maat langs die rou oop mond in die leemgrond, sy meisiekinders aan hom vasgekleefd. Jy kon nie sien wie vir wie regop hou nie.

Jess en die ander vrouens van die sel het, tipies die dier-bare spesie, by ons mans se verslaenheid verbygebeur enversorg. Soos Ampie so dikwels gesê het, die Here se beplan-ning was in daardie selgroep ingeweef soos ’n goeie tapisserie. Daar was ’n tannie vir die kruidenierskas en ’n ander een vir die kleertjies. Jess het met die skoolhuiswerk gehelp en stil Maria het ure sit en saamteken aan die twee-ling se mamma-tekeninge met klein gesels oor die diepste dinge.

Maar die eintlike wonderwerk was in daardie selgroepie van ons – toe my ou maat sy oop Bybel se blaaie platvryf op sy skoot en sê: “Die Here het met ons gepraat. En ons het mekaar nodig ... om saam te hoor vorentoe ... waarheen Hy met ons elkeen wil gaan ...

“Die Here is hier.” •

“Mobilisering” is een van ons fokus-areas vir hierdie jaar. Opnames van preke en ander treffende geleenthede bied aan gemeentelede die geleentheid om uit te reik na ʼn honger gemeen-skap.

Hierdie bediening bied vir jou die geleentheid om jou dissipelskap uit te brei en spreek baie sterk een van ons fokusareas, "mobili-sering", aan. Deur hierdie opnames te bekom kan jy weer versterk word of die geleentheid gebruik om iemand anders te bemoedig.

Opnames kan op verskillende wyse bekom word. Een manier is deur die in die voorportaal te bestel. Die ander is om dit van die kerksondermure webwerf af te laai.

Bestelling kos R20 per CD en geskied deurkoevertjie in die voorportaal in te vul, en die regte bedrag daarin te plaas. Bestelde CD’s sal dan teen die volgende Sondag by die Ontvangskantoor of Inligtingstoonbank (Sondagaande) beskik-baar wees.

Preek-opnames:

Luister

met aandag in gerief

Page 26: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 25 www.kerksondermure.org

vroue vreugde fees

Vroue Vreugdefees 2010/2011Dit was met baie bang en hope geloof wat ons bybelstudiegroep, wat op Vrydae bymekaar kom, die eerste Vreugdefees aangepak het. In kort kan ons maar sê dat iets wat so klein begin het en so groots was op die end, ons almal se lewens ten diepste geraak het. Behalwe vir die onuitspreeklike voorreg wat ons beleef het om met mede christene n pad van” saam werk” te stap, het ons geleer wat volle vertroue in God is.

Die fees self was n groot sukses en ek kan maar net aan Jesus al die eer daarvoor gee. Ek dink nie daar is een enkele vrou wat die fees bygewoon het wat nie op een of ander manier deur die opregte getuienisse van Wanda Bam en Susan Coetzer geraak is nie. Iemand het vir my gevra wat die beweegrede vir die fees was en ek het baie en lank daaroor gedink. Dit was nie sommer net om nog n fees te hou nie. Nee... ons wou graag antwoord op ‘n behoefte wat in baie vroue se lewens n wesenlike rol speel. Ons het tyd vir ons mans, ons kinders, ons huise, ons vriende en ons werk, maar ons het baie min tyd vir onsself. Die bybelstudie boekie wat ons deur die jaar behandel het

se titel was “n Vrou na God se hart” en ons het besef dat daar net een manier is om werklik ‘n vrou na God se hart te wees, en dit is deur by onsself te begin. Na baie selfondersoek, vrae en wroeging het ons tog begin om lig aan die einde van die tonnel te sien. Ons het gaan aanklop by kenners oor hoe om depressie en selfvertwyfeling hok te slaan. Wat om te maak as jou geloofslewe bietjie begin wankel en ons het tot die slotsom gekom dat ons die Vreugdefees ‘n jaarlikse instelling wil maak sodat ons die wonderlike dinge wat ons verlede jaar sien gebeur het weer kan sien en nog meer daarvan.

Met sprekers soos Elize Bosch en Cassie Carstens gaan ons hierdie jaar poog om vrae te antwoord oor hoe ek God in my lewe kan beleef. Op my elkedagse pad en ook in trauma situasies. Ek glo ons gaan weer eens stomgeslaan wees oor die impak wat ‘n lewe na aan God op die wêreld kan hê en hoe elkeen van ons ‘n verskil kan maak in ‘n krom en verdraaide samelewing. Marzaan se praatjie belowe eweneens om ons ‘n slag met ander oë na die mense om ons te laat kyk en hopelik ‘n wyer perspektief op ander mense en hul sienings te kry.

Kom stap hierdie pad na geestelike groei en volwassewording saam met ons en kom leer aan die groot Meester se voete.

Vriendelike groete tot die 17de September

Selma Streuders

‘n Vrou na GOD SE HART

Vreugdefees 17 September 2011Tema: Beleef God

R200 per persoon

Bespreek jou plek nou!Kerkkantoor (012 663 2003) of

www.kerksondermure.org

Sprekers:Cassie Carstens (Stellenbosch),

Marzanne Leroux-van der Boon & Elise Bosch

Page 27: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 26 ksm Aug/ Sept 2011

pretblad

Handig jou antwoord voor 23 Sept 2011 by die kerkkantoor in...

Naam:

Kontak nommer:

9 14 6 9

5 84 5 8 2 1

7 59 3 2

5 1 9 3 81 3 74 9 7 1 6

meester

Dan

ie C

ronj

e

Verb

ind

die

nommer

s

Boek PrysSien agterblad vir

meer inligting

Page 28: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 27 www.kerksondermure.org

advertensies

Page 29: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 28 ksm Aug/ Sept 2011

advertensies

Huis & Kantoor: Verbeterings & Aanbouings

Loodgieterwerk Waterdigting “Dry-walling” Verfwerk Plaveisel Teëlwerk Staalwerk

Skakel: Gerhard:082 932 0426

012 653 0120 (na ure)e-pos: [email protected]

ALERS KLIMRAMERudolphstraat 42, Sunderlandridge, Centurion

Verskeie klimraam kombinasies beskikbaar

Vir meer inligting en pryse, kontak:Tel: 012 666 9900 / 012 666 7844 (ook faks)

Sel: 082 920 7165 / e-pos: [email protected]

Baie dankie aan al ons adverteerders vir jul

ondersteuning

Page 30: KSM Augustus

ksm Aug/ Sept 2011 29 www.kerksondermure.org

advertensies

BUILDPRO

Beplan u ‘n nuwewoning,

onderhoudof

‘n aanbouing?

Skakel BUILDPRO virplanne, bouwerk,

teëls,plaveisel, verf ens.

Niks te groot of te klein nie!

NHBRC geregistreermet 20 jaar se ondervinding.

012 654 2131 082 418 2878

Carel van Aswegenplan

ne

bouw

erk

teëls

plaveisel

verf

Bambi maak gebruik van gekwalifiseerde onderwysers en ‘n beproefde kurrikulum.

Ons het ruim speelterreine en ’n Christelike leer as basis. Ons is nie net ‘n speelgroepie of

Kleuterskool waar jou kinders besig gehou word nie, maar die kinders doen werkies spesifiek vir

hul ouderdomsgroep.

Die skool se opvoedingsfilosofie word weer-spieël in die aanbieding van die dagprogram.

Inskrywings vir 2012 is nou reeds oop en plekke is beperk.

Page 31: KSM Augustus

www.kerksondermure.org 30 ksm Aug/ Sept 2011

advertensies

PoolsCheetahTel: 012 664 7909 - Fax 012 664 7918e-mail: [email protected]

Cell Theuns 082 468 9128 Kenhardt 083 305 3804

20 DF Malan Ave Lyttleton* Renovating of existing Pool & Spa’s * Electrical & Solar Heating * Salt

Chlorinaters * Ponds * Re-marbalite * * Swimming Pool Products and Equipment * Covers & Blankets * Pump &

Filter Systems * Total Revamps * Leaks * New Pools * Members of Centurion Business Chambers

Page 32: KSM Augustus

Krul op met ’n lekker storie dié winter ...

Wanneer jy soos Eva, Lea, Naomi en Batseba in Sy voetspore loop, sal die hoop vir jou begin oopbreek…

WEN een van

5in sy voetspore

boeke!