landsgrense volg hierdie maklike stappe en geniet die ... - traveller... · 30 dae handgemaakte...

2
1 2 3 Volg hierdie maklike stappe en geniet die wonder van Suid-Afrika! 2 * 4a 4b Goedere wat hierdie hoeveelhede oorskry, moet verklaar word * Wanneer jy Suid-Afrika binnekom, vul ‘n Reisigerskaart in. En dan na Doeane. Indien jy iets het om te verklaar, handig jou Reisigerskaart en Paspoort in om skandeer te word. Beweeg nou na IMMIGRASIE. • DUTY-FREE ALLOWANCE: re KK102012 Voorbeeld van belangrikste goedere wat verklaar moet word * Landsgrense ** Sport- en onts- panningstoerust- ing (buitelandse besoekers) Tot 2 liter wyn (buiten mind- erjariges) Tot 1 liter sterk drank (buiten minder- jariges) Tot 200 sigarette, 20 sigare en 250g tabak (buiten minderjariges) Tot 50ml parfuum en 250ml eau de toilette Nuwe of gebruikte goedere tot die waarde van R5 000 **DOEANEVRYE TOEGEWINGS GOEDERE OM TE VERKLAAR* NIKS OM TE VERKLAAR NIE** IMMIGRASIE DOEANE OF Gewoontevor- mende dwelm- middels Militêre wapens Plofstowwe en vuurwerke Gifstowwe Sigarette wat meer as 2kg per 1 000 weeg Vals goedere Sekere soorte medisyne Plante en hul produkte Diere en hul produkte Goue munt- stukke, seéls en onverwerkte goud SA banknote van meer as R25 000 Vuurwapens *VERBODE GOEDERE: Doeane-inligting vir REISIGERS *BEPERKTE GOEDERE: *GOEDERE NIE VIR PERSOONLIKE GEBRUIK NIE ** R25 000 indien uit Botswana, Lesotho, Namibië of Swaziland aangekom word

Upload: others

Post on 03-Nov-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Landsgrense Volg hierdie maklike stappe en geniet die ... - Traveller... · 30 dae handgemaakte artikels van leer, hout, plastiek of glas die land sonder betaling van aksynsregte

1

2

3

Volg hierdie maklike stappe en genietdie wonder van Suid-Afrika!

2

*

4a 4b

Goedere wat hierdie hoeveelhede oorskry, moet verklaar word*

Wanneer jy Suid-Afrika binnekom, vul ‘n Reisigerskaart in.

En dan na Doeane. Indien jy iets het om te verklaar, handig jou Reisigerskaart en Paspoort in om skandeer te word.

Beweeg nou na IMMIGRASIE.

• DUTY-FREE ALLOWANCE:

re

KK

1020

12Voorbeeld van belangrikste goedere wat verklaar moet word*

Landsgrense

**Sport- en onts-panningstoerust-ing (buitelandse

besoekers)

Tot 2 liter wyn (buiten mind-

erjariges)

Tot 1 liter sterk drank

(buiten minder-jariges)

Tot 200 sigarette, 20

sigare en 250g tabak (buiten minderjariges)

Tot 50ml parfuum en 250ml eau de toilette

Nuwe of gebruikte

goedere tot die waarde van R5 000

**DOEANEVRYE TOEGEWINGS

GOEDERE OM TE VERKLAAR*

NIKS OM TE VERKLAAR NIE**

IMMIGRASIE

DOEANE

OF

Gewoontevor-mende dwelm-

middels

Militêre wapens

Plofstowwe en vuurwerke

Gifstowwe Sigarette wat meer as

2kg per 1 000 weeg

Vals goedere

Sekere soorte

medisyne

Plante en hul produkte

Diere en hul produkte

Goue munt-stukke, seéls en

onverwerkte goud

SA banknote van meer as

R25 000

Vuurwapens

*VERBODE GOEDERE:

Doeane-inligting vir

REISIGERS

*BEPERKTE GOEDERE:

*GOEDERE NIE VIR PERSOONLIKE GEBRUIK NIE

** R25 000 indien uit Botswana, Lesotho, Namibië of Swaziland aangekom word

Page 2: Landsgrense Volg hierdie maklike stappe en geniet die ... - Traveller... · 30 dae handgemaakte artikels van leer, hout, plastiek of glas die land sonder betaling van aksynsregte

Nota: Selfs al het jy niks om te verklaar nie, kan jy steeds by enige punt deur ‘n Doeanebeampte

ondersoek word om die verklaring op jou Reisigerskaart te kontroleer.

Wat jy behoort te weet

Meer inligtingInligting oor Doeanevereistes vir reisigers is beskikbaar by www.sars.gov.za > Customs & Excise > Travellers. Jy kan ook die stafiekode hiernaas met jou slimfoon skandeer, met die gebruik van enige QR-kodelesersagteware wat gratis van die Internet afgelaai kan word.

• Reisigers wat Suid-Afrika binnekom, moet ‘n Reisigerskaart invul indien hulle iets

het om te verklaar (dit vervang die huidige DA331-vorm). Voertuigbestuurders van

lande wat nie aan die Suid-Afrikaanse Doeane-unie (SADU) behoort nie, moet ook

die Reisigerskaart invul.

• Slegs oorspronklike Reisigerskaarte word aanvaar en is by die aankoms- en

vertrekpunte van grensposte beskikbaar.

• Jy moet kennis neem van die Verbode en Beperkte Goedere vir SA asook die

doeanevrye toegewings (raadpleeg agterblad) voordat jy die Reisigerskaart invul.

Alle toepaslike dele moet ingevul word – of jy vir die doeanevrye toegewings in

aanmerking kom of nie – aangesien toegewings vir ‘n tydperk van dertig (30) dae na

‘n afwesigheid van 48 uur uit Suid-Afrika bereken word.

• Nadat jou paspoort by Immigrasie geskandeer is, moet jou paspoort en Reisigerskaart

aan ‘n Doeanebeampte oorhandig word indien jy iets het om te verklaar.

• Jy sal dan ‘n mondelingse verklaring aflê aan ‘n Doeanebeampte, wat die inligting

vaslê. Die stelsel sal alle toepaslike aksynsregte, Belasting op Toegevoegde Waarde

(BTW) en ander koste bereken.

• ‘n Vorm met die inligting oor jou mondelingse verklaring sal uitgedruk word sodat

jy dit kan nagaan.

• Indien jy tevrede is dat alles korrek volgens jou verklaring vasgelê is, sal jy gevra

word om die inligting te bevestig deur op ‘n digitale handtekeningblok te teken. Jou

handtekening sal dan elektronies in die stelsel geberg word.

• Indien verlang, sal jy gevra word om ‘n betaling te doen. Jy kan kontant, ‘n debiet-/

kredietkaart of ‘n bankgewaarborgde tjek daarvoor gebruik.

• Indien jy nie die volle bedrag kan betaal nie, mag Doeane sommige van jou goedere

terughou tot en met volle betaling ontvang is.

• Indien jou goedere teruggehou en aan ‘n ander Regeringinstansie (bv.

die Departement van Gesondheid) oorhandig word, sal jy ‘n afskrif van ‘n

Doeaneterughoukennisgewing ontvang. Jy moet hierdie kennisgewing dan

regstreeks na die Ander Regeringinstansie (ARI) neem vir goedkeuring om jou

goedere Suid-Afrika binne te bring sodra die inspeksie daarvan afgehandel is.

Informele handelaarsInformele handelaars kan nie meer die 70707070-kode gebruik nie, aangesien Doeane dit gestaak het. Van nou af word informele handelaars soos ander reisigers benader en hulle verklarings sal op die nuwe Passasiersverwerkingstelsel (PPS) vasgelê word.

Reisigers en informele handelaars mag steeds hierdie vereenvoudigde verklaringsproses volg mits hulle Doeanereëls nakom. Hierdie reëls is op verskeie faktore gegrond, wat hoe gereeld gereis word en die waarde van goedere insluit. ‘n Reisiger sal twee maal gewaarsku word dat hy/sy die reëls oortree en teen die derde keer sal hy/sy verplig wees om as ‘n kommersiële handelaar te registreer.

Reisigers vanuit die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU) of lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) word toegelaat om oor ‘n tydperk van 30 dae handgemaakte artikels van leer, hout, plastiek of glas die land sonder betaling van aksynsregte en belasting binne te bring, indien die goedere nie 25kg in totaal oorskry nie.

Die SAID ondersoek nou ook die instelling van vereenvoudigde prosesse vir gereelde reisigers. Vir meer inligting oor Doeaneregistrasie, besoek gerus www.sars.gov.za > Customs & Excise > Customs Procedures > Registration.

Aankoms of vertrek met waardevolle goedere? Indien jy waardevolle goedere op ‘n tydelike grondslag (tydelike invoere) die land binnebring, moet jy daardie goedere ook op ‘n Reisigerskaart verklaar. ‘n Tydelike Invoerpermit (TIP) sal uitgereik word en jy moet dalk ‘n voorlopige deposito betaal, wat terugbetaalbaar is indien jy die land binne ses maande met jou goedere verlaat.

Indien jy die land tydelik met waardevolle goedere verlaat, kan jy ook om ‘n Tydelike Uitvoerpermit op ‘n Reisigerskaart aansoek doen.

Sou jy enige vrae hê, kan jy gerus met enige vriendelike Doeanebeampte by die grenspos gesels. Ons vertrou dat jy jou verblyf in Suid-Afrika sal geniet en gou weer sal terugkeer!