leseenheid 9 - christelike media

6
Leseenheid 9 Aktiwiteit 1: Kom ons luister Luister na die voorlesing van Carike Keuzenkamp se lied: Dis ‘n land. Doen die opdragte (aanhangsels, p 146): 1. Van watter land sing sy en waar is die land volgens haar geleë? 2. Noem vier kenmerke van die land soos in die liedjie vervat. 3. Wat moet oor jou spoel? 4. Wat sal ‘n man en vrou vir hulle kind doen? 5. Dink jy die skrywer van die liedjie het hoop vir die toekoms? Verduidelik. 6. Wat bedoel die skrywer as hy sê die land het vir elkeen sy deel? 7. Wat moet ons doen om vir ons nageslag ‘n deel in hierdie land te verseker? Noem vier dinge. Aktiwiteit 2: Verdeel in groepe Kyk na die prentjie. Gesels daarna oor die onderstaande opdragte. 1. Waarom is die woord “ontwikkeling” deurgehaal? 2. Waarom staan die woord “Sandton” daar? 3. Wat beteken “aftakeling”? 4. Na watter vorm van aftakeling verwys die prentjie? Verduidelik. 5. Bespreek stappe wat ons as Gr 5-klas kan doen om hierdie probleem op te los. 6. Maak ‘n aantal plakkate om die leerders van die skool bewus te maak van hierdie probleem. 7. Kom ons assesseer die plakkate en kies die treffendste een. Groepassessering 1. Die plakkaat stel die probleem duidelik. 1 2 3 4 2. Daar word oplossings aan die hand gedoen. 1 2 3 4 3. Die plakkaat is kleurvol. 1 2 3 4 4. Die taalgebruik en spelling is korrek. 1 2 3 4 5. Geheelbeeld. 1 2 3 4 103

Upload: others

Post on 19-Jan-2022

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Leseenheid 9

Aktiwiteit 1: Kom ons luisterLuister na die voorlesing van Carike Keuzenkamp se lied: Dis ‘n land. Doen die opdragte (aanhangsels, p 146):

1. Van watter land sing sy en waar is die land volgens haar geleë?2. Noem vier kenmerke van die land soos in die liedjie vervat.3. Wat moet oor jou spoel?4. Wat sal ‘n man en vrou vir hulle kind doen?5. Dink jy die skrywer van die liedjie het hoop vir die toekoms? Verduidelik.6. Wat bedoel die skrywer as hy sê die land het vir elkeen sy deel?7. Wat moet ons doen om vir ons nageslag ‘n deel in hierdie land te verseker? Noem

vier dinge.

Aktiwiteit 2: Verdeel in groepeKyk na die prentjie. Gesels daarna oor die onderstaande opdragte.1. Waarom is die woord “ontwikkeling” deurgehaal?

2. Waarom staan die woord “Sandton” daar?3. Wat beteken “aftakeling”?4. Na watter vorm van aftakeling verwys die prentjie? Verduidelik.5. Bespreek stappe wat ons as Gr 5-klas kan doen om hierdie probleem op te los.6. Maak ‘n aantal plakkate om die leerders van die skool bewus te maak van hierdie

probleem.7. Kom ons assesseer die plakkate en kies die treffendste een.

Groepassessering

1. Die plakkaat stel die probleem duidelik. 1 2 3 42. Daar word oplossings aan die hand gedoen. 1 2 3 43. Die plakkaat is kleurvol. 1 2 3 44. Die taalgebruik en spelling is korrek. 1 2 3 45. Geheelbeeld. 1 2 3 4

103

Aktiwiteit 3: Lees die volgende koerantberig

Doen die opdragte.1. Vluglees weer die eerste vyf paragrawe en skryf dan ‘n sin wat die hoofgedagte

van elke paragraaf saamvat.2. Lees jul sinne vir twee ander maats.

a. Hoe verskil jul sinne?b. Watter ooreenkomste is daar?

3. Sit weer by jou maat en kyk na die vraagstukke wat op die Aardeberaad bespreek gaan word.a. Watter vraagstuk dink julle is die belangrikste? (Bespreek die redes vir jul

keuse.)b. Vergelyk jul keuse met dié van twee ander maats. Stem dit ooreen?c. Watter probleem word nie in die artikel aangeraak nie? Dink aan Jesus se

opdrag aan sy dissipels om sy Evangelie aan alle nasies te verkondig.

In die koerant word die vraagstukke wat op die Aardeberaad bespreek gaan word, verder uiteengesit. Verdeel nou in vyf groepe en kies een van die volgende vraagstukke vir jul groep. Lees jul antwoorde vir die klas wanneer julle klaar is.

104

Groep 1

1. a. Wat is die verskil tussen ‘n nywerheidsland en ‘n ontwikkelende land?b. Wat is ‘n ander naam vir ‘n nywerheidsland?

2. a. Waarom bedreig hongersnood die aarde?b. Hoe kan ons help?

3. Wat is een van die wêreld se grootste gesondheidsprobleme?4. Wat is die verskil tussen wanvoeding en ondervoeding?5. Watter persentasie jong kinders in Afrika ly aan wanvoeding?6. Waarvoor staan W, O en SO langs die gebiede in die grafi ek?

Ryken arm lande

Die nywerheidslande in die Noordelike Halfrond besit die grootste deel van die wêreld se rykdom en het ‘n lae bevol-kingsaanwas. Hongersnood en oorbevolking knel egter die arm, ontwikkelende lande in die Suide. Groot ekologiese rampe word verwag namate dié lande ook groot fabrieke en nywerhede oprig.

Vraagstuk 1

Krioelende menigtesDaar is in baie wêrelddele al hoe meer mense met ‘n onversadigde behoefte aan kos, water en blyplek. Mense wat onder die brood-lyn lewe, sal noodgedwonge hulle omgewing tot die uiterste uit-buit net om aan die lewe te bly.

GesondheidTerwyl baie mense in die nywerheidslande oorvoed is, ly 10 mil-joen kinders wêreldwyd aan ernstige wanvoeding en nog 200 mil-joen is ondervoed. Dit lei tot baie sterftes en siektes. Te veel kos is egter net so nadelig as te min: die voorkoms van hartsiektes en kanker is baie hoog in die ontwikkelde lande weens die inname van te veel vette en verwerkte kosse.

Persentasie wangevoede kinders(6 maande – 5 jaar)

Latyns-AmerikaW Stille Oseaangebied

AfrikaO Mediterreense gebied

SO AsiëGlobaal

105

Oorsake van ontbossingLatyns-Amerika:Groot stukke woude word “skoongemaak” (afgekap en verbrand) sodat klein plasies en beesboerderye daar gevestig kan word. Die woude moet ook plek maak vir huise en fabrieke.Afrika:Die woude word afgekap vir brandhout en klein landbou-eenhede.Asië:Bome word afgekap vir hout en brandhout, landbou-uitbreiding en die aanplant van plantasies.

Vraagstuk 2WoestynvormingDie aarde se woestyne word al hoe groter – dit bedreig al sowat een derde van die wêreld se grondoppervlakte. Sowat 850 miljoen mense word hierdeur geraak. Daar is vyf hoofoorsake van woestynvorming:

Oorbewerking van grondOorbeweiding deur veeOorbenutting van brandhout in droë deleOntbossingSwak besproeiingspraktyke

ReënwoudeDie reënwoude is die wêreld se longe: hulle “asem” groot hoeveelhede skadelike kool-stofdioksied in en stel dit as

suurstof vry. Soos reusagtige sponse vang hulle ook ontsaglike hoeveelhede reënwater op. Die

vernietiging van die woude sal die hele wêreld se klimaat verander. Teen die huidige

tempo van ontbossing sal feitlik al die tropiese reënwoude oor 40 jaar verdwyn – en daarmee saam minstens die helfte van die aarde

se plant- en dierespesies.

Kaartsleutel

Reënwoude

Tropiese klimaat

Woestyne

Gebiede wat woestyne kan wordSekere bekende, bedreigde spesies

106

Groep 2

1. Wat is ‘n kaartsleutel?2. Watter diere in Suider-Afrika word bedreig?3. Wat is reënwoude en waarom is hulle so belangrik?4. In watter wêrelddele op die kaart kom reënwoude voor?5. Wat beteken ontbossing?6. Wat veroorsaak woestyne?7. Wat is die Here se opdrag aan ons ten opsigte van plante en diere? Kyk of jy tekste

in die Bybel kan vind om jou antwoord te verduidelik.

Groep 3

1. Wat is suurreën?2. Hoe kan lugbesoedeling hokgeslaan word?3. a. Wat is ‘n kweekhuisverskynsel?

b. Kyk na die illustrasie en verduidelik vir mekaar wat die kweekhuisverskynsel is.

Vraagstuk 3 Die kweekhuisverskynselKoolstofdioksied en ander besoedelstowwe vorm ‘n digte “kombers” om die aarde. Sonstrale kan dit van buite binnedring, maar die hitte kan nie weer in die ruimte ontsnap nie. Só word die aarde geleidelik al hoe warmer – die sogenaamde kweekhuisverskynsel.Rampspoedige gevolge word voorsien namate temperature wêreldwyd styg: die smelting van die pakys by die pole, die oorstroming van kusgebiede, die uitwissing van plant- en dierelewe en wêreldwye misoeste.

Lugbesoedeling

Fabrieke, nywerhede en motorvoertuie blaas daagliks tonne besoedelstowwe

die lug in. Die skadelikste stof is koolstofdioksied, wat vrygestel word wanneer olie en steenkool verbrand

word.Koolstofdioksied word normaalweg

deur die aarde se plantegroei en oseane geabsorbeer en in suurstof omgesit

– maar hulle kan nie meer voorbly nie.Suurreën is ‘n regstreekse gevolg van

lugbesoedeling. Sure word gevorm wan-neer die besoedelstof swaeldioksied met waterdamp in die wolke verbind. Die

gevolglike suurreën beskadig die grond, besoedel water en maak plante en diere

dood.

Die osoonlaagOsoon is ‘n vorm van suurstof

wat tussen 16 en 50 km bokant die aardoppervlakte geleë is. Dit beskerm die aarde teen die meeste van die son

se skadelike ultravioletstrale.Die osoonlaag bokant Antarktika het op plekke al so

dun geword dat van “gate” of “skeure” in die osoonlaag gepraat word. Osoon word vernietig deur veral

chloorfl uoorkoolstowwe (CFK’s) in spuitkannetjies, verkoelmiddels in yskaste en polistireen (wegneemetes

word gewoonlik in polistireenhouers verpak).Vernietiging van net een persent van die osoon-

laag kan velkanker laat toeneem.Oormatige blootstelling aan ultra-violetstrale veroorsaak ook kata-

rakte en skade aan oeste.

107

4. Hoe sal jy aan iemand verduidelik wat die aarde se osoonlaag is?5. a. Waar is Antarktika?

b. Wat is daar ontdek?

Groep 4

1. Wat veroorsaak alle besoedeling in riviere en in die see?2. Hoekom is dit belangrik om veral die kusgebiede te bewaar?3. Wat word bedoel met mariene omgewing?4. Kyk na die grafi ek. Wie of wat veroorsaak die meeste petroleumbesoedeling?5. Hoekom is fosfate so gevaarlik?6. Hoe veroorsaak plastiek verwoesting in die see?7. Hoekom dink julle word die verlore nette “spook”-nette genoem?

Vraagstuk 4Waterbesoedeling

Riool- en fabrieksafval wat in riviere gestort word, bedreig nie alleen varswaterbronne nie,

maar uiteindelik ook die wêreld se oseane.Feitlik alle besoedelingstowwe beland op

die ou end in die see, die mens se bodemlose afvalput: kunsmis, insekdoders, onkruiddo-ders, verf, petroleum, afval – noem maar op.

Die kusgebiede, wat die ergste deurloop, huisves 85 persent van die

aarde se visspesies.

FosfateFosfate word in kunsmis, rioolvullis en talle huishoudelike skoonmaakmiddels

aangetref. Hulle stimu-leer die groei van alge in mere en riviere, wat uiteindelik die vis- en plantlewe vernietig.

Plastiek – die pesIn die see saai plastiek feitlik net soveel verwoesting as oliebesoedeling. Die mikroskopiese plante in die see voorsien na raming ‘n kwart van die wêreld se suurstof – maar hulle word langsamerhand versmoor deur ‘n mat van plastiekafval op die seebodem. Reusagtige dryfnette van plastiek word elke jaar verloor of weggegooi. Dié “spook”-nette dryf jare der jare soos onsigbare gordyne in die see rond en vernietig ontelbare hoeveelhede seediere.

108