lewenswetenskappe: wetenskap, evolusie en mites · evolusie bewys dat daar nie 'n skepper was nie,...

104
Lewenswetenskappe: Wetenskap, Evolusie en Mites Gerard en Alida de Vos 1

Upload: others

Post on 26-Jan-2020

12 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Lewenswetenskappe:

    Wetenskap, Evolusie en Mites

    Gerard en Alida de Vos

    1

  • Kopiereg © 2012 MG de Vos.

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag op enige manier gereproduseer word sonder die skri!elike toestemming van die uitgewer nie, behalwe vir kort aanhalings in artikels en resensies.

    ISBN: 978-0-9921729-0-9

    Buiteblad ontwerp: Peet de Vos.Uitleg: M G de Vos. Verblyden Drukkers, Bus 282, Standerton, 2430, Mpumalanga, Suid Afrika.

    Skrif verwysings is van Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, eerste uitgawe 2006. Christelike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599,Vereeniging,1930.

    Gedruk in Suid Afrika. E-pos adres: [email protected] [email protected]

    Selfoonnommer: 082 4422445.

    2

    mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]

  • Inhoud

    Inleiding! 7Lewenswetenskappe! 9

    Hoofstuk 1! 11Definisies! 11Wetenskap ! 11Evolusie! 13

    Misleidende definisie! 14Waarom word evolusie onderrig?! 15Is evolusie wetenskap?! 15Forensiese (of oorsprong) wetenskap! 16

    Die Bybel! 17Die Bybel se boodskap! 17Belangrik om te onthou! 18NOMA! 18Die verskil tussen wetenskap en evolusie! 19Die oorlog tussen wetenskap en geloof! 19Wat is skeppingswetenskap?! 20Is evolusie 'n feit, 'n teorie of 'n veronderstelling?! 21Stem alle wetenskaplikes saam?! 21Die Darwin Beginsel! 21

    Hoofstuk 2! 23Soorte, Spesies en ander terme! 23

    Hersiening! 24Die toets! 25'n Slim tegniek! 25Variasie binne 'n familie! 26'n Belangrike beginsel! 27Natuurlike seleksie! 27Hoe kragtig is natuurlike seleksie?! 28'n Voorbeeld van natuurlike seleksie! 29Mutasies ! 30

    Feite van die lewe! 31

    3

  • 1. Die genetiese kode (resep)! 312. Die genetiese grens (barrier)! 323. Die fossiel rekord bewys dat evolusie nie plaasgevind het nie.! 334. Fossiele en familie! 345. Die tussenganger probleem! 34Die vyf afdelings van lewe op aarde! 36

    Hoofstuk 3! 37Stilswye! 37Die begin van lewe! 37

    Wetenskaplike probleme! 38Die ingewikkeldheid van die natuur (complexity)! 40Die boustene van lewe! 40ATP, die wonder energie bron! 43Proteïene en ensieme! 44Die genetiese resep! 45Metamorfose (metamorphosis)! 46Die evolusie van ongewerweldes (sonder ruggraat)! 47Plante! 47

    Hoofstuk 4! 49Fossiele, ouderdomsbepalings en die geologiese tydskaal! 49

    Die waarde van fossiele! 49Ouderdomsbepalings! 49Radio-isotope en ouderdomsbepalings! 50Radio-aktiewe koolstof! 52Die Geologiese Tydskaal! 53Katastrofe of uniformisme?! 55'n Wêreldwye vloed?! 56Die fossiel rekord?! 57Bewys Archaeopteryx die evolusie van voëls?! 57Tiktaalik, oorgang van water na land! 58Die Kambriese ontploffing (Cambrian explosion)! 58Waar is die voorouers?! 59Visse! 60Vlermuise! 60Die igtiosourus (visagtige see reptiele)! 61Tyrannosaurus rex! 61Skilpaaie! 62

    4

  • Paddas en koggelmanders! 62

    Hoofstuk 5! 63Bewyse vir evolusie! 63

    Die vinke van die Galapagos eilande (Darwin's finches)! 63Kabeljou, olifante en vissies (Cichlidae)! 64Motte! 64Die evolusie van die perd! 65Biogeografie! 66Embriologie (embryology)! 68Homologie (homology) of eenderse ledemate! 69Molekulêre studies! 70Die waarde van evolusie! 71Bakteriese weerstandigheid! 71

    Hoofstuk 6! 73Die mens verskyn! 73

    Vergeet van wetenskap! 74Die skaarste van fossiele! 75Die oorspronklike fossiele word toegesluit.! 75Ouderdomme! 75Kunssinnigheid! 75Aanmerkings! 76Mensfossiele! 77Australopithecus aethiopicus ! 80Australopithecus boisei (OH 5)! 80Australopithecus robustus (ook genoem Paranthropus robustus)! 80Australopithecus sediba! 80Die groot vraag! 81Verskille tussen mense en ape! 82Die groot verskil: breinkrag! 83Laetoli voetspore! 84Molekulêre studies! 84Opsomming! 85Dinosourusse! 86

    Hoofstuk 7! 89Wat gaan aan?! 89

    Maak evolusie die graad?! 89

    5

  • Is evolusie 'n beplande misleiding?! 91Waarom glo mense die boodskap van evolusie?! 93Die motief van evolusie! 93Is evolusie 'n misdaad teen die mensdom?! 94Is daar lewe na die dood?! 95Die Bybel, evolusie en lewensfeite! 95Die Bybel! 97Historiese feite in die Bybel! 98Het God deur evolusie geskep?! 100Indeks! 101

    6

  • InleidingDie Departement van Onderwys vereis dat die vak Lewenswetenskappe, evolusie sal behandel (afdeling Diversiteit, Verandering en Kontinuïteit). In 'n vorige Engelse boek, Life Sciences: Science, Evolution and Myths het ons 'n paar Lewenswetenskappe teksboeke bespreek en heelwat aanhalings ingesluit. Daardie boek is gegrond op een wat ons vroeër geskryf het, Understanding the Bible, Science and Evolution. Dit was 'n nog meer volledige bespreking, met talle aanhalings om die onderwerpe te verlig. Hierdie derde boek, in Afrikaans, is meer algemeen. Dit is spesi"ek bedoel vir leerlinge, asook hulle ouers en familie om evolusie se doelstellings and resultate beter te begryp.

    Nie net in die skool nie, maar oral in die samelewing is die aanvaarbare verklaring oor die ontstaan van lewe op aarde, evolusie. Daarom is daar geen sin daarin om te probeer verhoed dat die bestudering van die vak geboikot word nie. Dit sal geen doel dien nie. Daar moet eerder aandag daaraan gegee word dat die korrekte feite oor evolusie aan die leerlinge bekend gestel word. Die kanse dat die teksboeke dit sal doen, is feitlik zero. Ons lewe in 'n land van vryheid, waar mense kan dink en doen soos hulle wil, solank hulle nie die wet oortree of mense benadeel nie. Wanneer dit by evolusie kom, is die kanse groot dat ons in 'n geveg betrokke gaan raak met 'n onverdraagsame element wat geen inmenging duld wanneer dit by evolusie kom nie. Dit op sigself is 'n baie interessante aspek van die hele kwessie, en ons bespreek dit in die laaste hoofstuk. Evolusie is 'n dogma met 'n doel, 'n sending, 'n sekere resultaat wat probeer bereik word. Dit maak dit des te meer belangrik dat mense kennis daarvan moet hê.

    Ons hoor gereeld van die evolusie van dinosourusse wat miljoene jare gelede gelewe het. Kort-kort word daar 'n nuwe opwindende fossiel ontdek wat verseker bewys dat ons van ape afstam. Ons voorouers was ape, visse en nog verder terug waarskynlik wurms. Televisie programme het gereeld berigte daaroor, en daar word aanvaar dat evolusie die enigste wetenskaplike verduideliking vir die oorsprong van lewe is. Gevolglik word die Bybel se ses dag skepping as 'n skeppingsmite beskou. Al die aspekte van evolusie word in een of ander vorm in die skoolboeke behandel. Waarom is die onderrig van evolusie in skole 'n onderwerp wat soveel bespreking uitlok?

    Die eerste vers in die Bybel is: 'In die begin het God die ganse heelal gemaak, die hemel daarbo en die aarde hieronder' (Genesis 1:1).

    Baie mense dink ons lewe in die hipermoderne tyd van die wetenskap. Eintlik leef ons in die tyd van evolusie. Evolusie is orals: op TV, in koerante, kerke, advertensies, "lms, boeke en nog baie ander plekke. Dit word net eenvoudig aanvaar as die waarheid. Tenspyte daarvan wil die argumente teen evolusie maar net nie gaan lê nie. Dikwels praat mense by mekaar verby omdat hulle nie aandag aan die presiese betekenisse van sleutelwoorde gee nie. Daarom gaan ons 'n paar de"nisies in die boek bespreek.

    Evolusie is waar!

    Vrae: Is dit die waarheid? Waarom evolusie?

    7

  • In 1859 is egter 'n boek gepubliseer wat beweer dat daardie eerste woorde in die Bybel nie korrek is nie. Die kosmos en alle lewe op aarde het deur natuurlike prosesse onstaan en geen Skepper God was nodig daarvoor nie. Dit was Charles Darwin se boek, #e Origin of Species by Means of Natural Selection or the Preservation of Favoured Races in the Struggle for Life. Ons ken dit as On the Origin of Species. Sy idee oor die oorsprong van lewe het soos 'n veldbrand deur die wêreld versprei. Vandag is evolusie in baie lande verpligte studie materiaal in skole (terwyl die onderrig van die Bybel meestal verbied word). Dit is dus nie 'n verrassing dat Suid Afrika in dieselfde rigting beweeg nie.

    Aangesien evolusie orals is, behoort ons kinders die onderwerp goed te begryp. Ons is gladnie ten gunste daarvan dat dit uit die skool leerplan verwyder word nie. Leerlinge behoort egter die ware feite te verstaan sodat hulle ona#anklike denkers kan word en self kan besin daaroor. Dit is belangrik om te weet wat die verskil tussen wetenskap en evolusie is en of daar konkrete bewyse vir evolusie is. Hulle moet goed kan onderskei tussen wat bedoel word met verskillende begrippe, om sodoende verwarring uit te skakel. Jongmense gesels met mekaar, en hulle bespreek of evolusie bewys dat daar nie 'n Skepper was nie, want dit sal bewys dat die Bybel nie die waarheid is nie. Dit wys dat evolusie teologies is. Darwin en sy genote het heelwat te sê gehad oor die Bybel, en vandag is dit nie anders nie. Ons het baie voorbeelde van negatiewe stellings oor die Bybel in die handboeke gevind. Evolusie is dus 'n onderwerp gelaai met emosie, 'n mynveld wat maklik kan ontplof. Kennis oor die onderwerp behoort egter baie by te dra om verwarring uit te skakel.

    Ons het hierdie boek so geskryf dat ouers, familie, vriende, kennisse en ander belangstellendes dit maklik kan verstaan. Ons wil graag misverstande oor die onderwerp uit die weg ruim. Veral in kerke kan dit 'n bron van skeuring wees. Sommige gelowiges glo dat evolusie 'n wetenskaplike feit is en die Bybelse skeppingsverhaal dienooreenkomstig as 'n metafoor aangepas behoort te word. Ons sal dit later bespreek, maar evolusie is nie wetenskap nie, en die een belangrike feit wat ons nooit uit die oog kan verloor nie is dat 'n mens evolusie nie kan verstaan sonder die Bybel nie.

    ✔ Evolusie kan nie verstaan word sonder die Bybel nie.

    Net 'n kort aanmerking oor hoe die Bybel en Origin verskil. Evolusie is 'n alternatief vir die skeppingsverhaal in die Bybel. Dit is verstaanbaar dat of die een of die ander die waarheid is. Dit is wat lei tot kon$ik. Die volgende aanhaling omskryf dit baie mooi:

    On the Origin of Species

    Die vraag is: watter een is die waarheid, en waarom is dit belangrik om dit te

    weet?

    '#e modern theory of evolution has its roots in Charles Darwin's 1895 book, On the Origin of Species by means of Natural Selection. But nearly 150 years a$er the publication of the Origin, the theory of evolution remains the focus of intense public controversy...' (SC Meyer, PA Nelson, J Moneymaker, S Minnich, R Seelke, Explore Evolution, Hill House Publishers, UK Edition, 2009, p 3).

    BybelEvolusie

    Konflik!

    8

  • Die Bybel en evolusie het albei 'n verklaring van hoe al die lewensvorme op aarde ontstaan en ontwikkel het ('n geskiedenis van die planeet). Hulle verskil totaal van mekaar. Dit is dus belangrik om te verstaan dat die Bybel en evolusie oor presies dieselfde onderwerp handel, naamlik die oorsprong van lewe. Gevolglik is daar natuurlik kon$ik. Die doel van die boek is om die verskillende aspekte duidelik uit te wys, sodat bepaal kan word watter een korrek is, aangesien beide nie korrek kan wees nie. Die verskille tussen skepping en evolusie is as volg:

    • In die geval van skepping het alle lewe op aarde volledig gevorm verskyn (die arend was 'n volledige arend). Evolusie was die geleidelike ontwikkeling van 'n primitiewe vorm tot alhoemeer komplekse vorme.

    • Met skepping het God in 3 dae alle lewe (plante, visse, voëls, reptiele, landdiere en mense) gemaak. Met evolusie het die proses miljoene jare geduur, en dit was 'n stadige ontwikkeling tot die mens uiteindelik verskyn het.

    In vandag se wetenskaplike eeu, dink mense dat die skepping van alle lewe (ook plante) in drie dae 'n mite is. Ons sal later aandag daaraan gee. Die antwoord sal sommige mense verbaas.

    LewenswetenskappeDie graad 11 en 12 vak Lewenswetenskappe het vier afdelings:

    • Lewe op die molekulêre vlak

    • Lewensprosesse by plante en diere

    • Omgewingstudies

    • Diversiteit, verandering en kontinuïteit Die eerste drie afdelings is feitelike wetenskap. Daar word aandag gegee aan die praktiese toepassings van die biologiese kennis. Leerlinge verstaan waarom hulle die inligting bestudeer. Lewenswetenskap is interessant en prikkelend en leerlinge wat hulle voorberei vir verdere studie in enige biologiese rigting sal die werk baie geniet. Die vierde afdeling ken ons sommer by die naam evolusie. Waar bitter min mense oor die wetenskap afdelings sal stry, is dit nie so met evolusie nie. Hierdie boek is een van baie ander wat die wanvoorstellings oor evolusie uit die weg wil ruim. Om die boek saam te stel het ons die volgende skool handboeke geraadpleeg:

    'Creation and evolution, between them, exhaust the possible explanations for the origin of living things. Organisms either appeared on earth fully developed or they did not. If they did not, they must have developed %om preexisting species by some process of modi"cation. If they did appear in a fully developed state, they must indeed have been created by some omnipotent intelligence' (DJ Futuyma, Science on Trial, Pantheon Books, New York, 1983, p 197, cited by D Gish, #e Fossils Still Say No! Institute for Creation Research, 1995, p 26).Daar is net twee verklarings vir die oorsprong van lewe op aarde: bonatuurlike skepping deur God binne 'n paar dae, of natuurlike evolusie deur miljoene jare. Dis of die een of die ander een en niks tussenin nie.

    Bonatuurlike skepping binne 'n paar dae, of evolusie oor miljoene jare?

    Genade, skepping in 3 dae!

    9

  • Graad 10

    • A Bowker, J de Fontaine, R Freedman, I McKay, N Phewa, R Pillay, J Webb, NCS updated, Life Sciences for All, MacMillan, 2007.

    Graad 11

    • T Isaac, S Chetty, HT Manganye, BN Mdhluli, M L Mpondwana, L White, edited by AA Crowe, Understanding Life Sciences, Pulse Education Services, 2009,

    • C Hastie, B Love, Viva Life Sciences. Vivlia, Education for the Nation, Publishers and Booksellers, 2011, C Hastie, B Love.

    Graad 12

    • F Clitheroe, E Dempster, M Doidge, S Marsden, N Mbambisa, N Singleton, I van Aarde, Focus on Life Sciences, Maskew Miller Longman, 2010.

    • G Mouton, J Cilliers, A Myburgh, E van den Berg, H Steyn, Life Sciences, Future Managers, 2010.

    • P Ayerst, R Langley, P Majozi, A Metherell, D Smith, Shuters Life Sciences, Shuter and Shooter, 2007.

    • P Preethlall, S Pillay, B Farham, A Gebhardt, J Almond, P van Rensburg, Study and Master Life Sciences, Cambridge University Press, 2007.

    • Die Afrikaanse weergawe van bogenoemde, naamlik Ken & Verstaan Lewenswetenskappe, Tweede uitgawe, 2010.

    • T Isaac, S Chetty, HT Manganye, BN Mdhluli, M L Mpondwana, L White, edited by AA Crowe, Understanding Life Sciences, Pulse Education Services, 2011.

    Die Bybel

    Verstaan

    Evolusie

    Wetenskap

    Die doel van die boek: begrip

    Skepping of evolusie: wat is die waarheid en hoekom is dit van belang?

    10

  • Hoofstuk 1

    Definisies'n Baie belangrike aspek van evolusie is om die verskillende terme deeglik te verstaan. Dit klink oorbodig, maar eenvoudige begrippe soos wetenskap, evolusie, spesies, teorie en menige ander, veroorsaak verwarring. Die enigste manier om dit uit te skakel is om die presiese betekenis van elke woord te verduidelik.

    WetenskapWetenskap bestudeer die natuur, of dit nou die snelheid van lig is, of swaartekrag, hoe selle vermeerder, of hoe plante groei. Dit word gedoen deur sorgvuldige waarneming, eksperimentering en die formulering van die wette van die natuur. Wette van die natuur is begrippe oor hoe die natuur funksioneer, soos die sel teorie (alle lewe is saamgestel uit selle), of dat lig teen 'n sekere spoed beweeg, ensovoorts. (Science is the systematic study of the nature and behavior of the material and physical

    universe, based on observation, experiment and measurement, and the formulation of laws to describe these facts in general terms. Collins Dictionary)

    Omdat wetenskaplike eksperimente herhaaldelik gedoen kan word (in die hede), kan die oorsprong van enige lewensvorme (in die verlede) nie in die laboratorium bepaal word nie. Wetenskap het te doen met die teenwoordige tyd. Dit is:

    • Meetbaar

    • Waarneembaar

    • Herhaalbaar Dit is die verskil tussen wetenskap en evolusie. Die een het te doen met die hede en die ander een met die verlede. Dit is baie belangrik, omdat evolusie dikwels foutiewelik as wetenskap voorgestel word.

    ✔ Evolusie is nie meetbare, waarneembare, herhaalbare wetenskap nie. Evolusie het te doen met die verlede en wetenskap met die hede.

    Neem ook asseblief kennis daarvan dat terwyl wetenskap 'n neutrale vak is (dit beïnvloed nie 'n mens se opinie oor God of jou lewensbeskouing nie), is evolusie nie 'n neutrale vak nie. Dit beïnvloed mense, soos die volgende aanhaling verduidelik:

    Leerlinge behoort die verskillende terme deeglik te verstaan.

    Wetenskap bestudeer natuurverskynsels.

    Resultaat van wetenskap

    11

  • Dit is heel logies. Indien die Bybel se eerste hoofstukke oor bonatuurlike skepping sogenaamd deur die wetenskap verkeerd bewys is, watter ander dele van die Boek is ook verkeerd? In die meeste gevalle gooi mense uiteindelik hulle Bybels weg en eindig as ateïste, omdat hulle dink evolusie is die waarheid. Evolusie het 'n besliste e%ek op mense se denke en begrip oor die lewe, wat niks met wetenskap te doen het nie.

    Wetenskap vertel ons hoe die natuur werk: hoe proteïene gemaak word, wat die rol van die genetiese kode is, hoe selle verdeel, wat mutasies is, hoe die oog en oor werk, en sulke dinge. Die praktiese toepassings sal dinge insluit soos, die genetiese verbetering van vee rasse, die teling van beter gewasse (soos beter droogte bestandheid), hoe mutasies in mense sekere siektes veroorsaak, en hoe hulle moontlik behandel kan word. 'n Voorbeeld van die praktiese aard van wetenskap sien ons in die bestudering van die voet van 'n gekko wat onderstebo op glas kan loop. Wetenskaplikes het dit nagevors en gesien dat dit te doen het met 'n baie klein aantrekkingskrag (Van der Waals kragte) en hulle is besig om 'n kleefband te ontwikkel wat herhaaldelik gebruik kan word.

    ✔ Wetenskap is prakties en voordelig vir die samelewing.

    Dit is belangrik om te onthou dat wetenskap ons vertel hoe dinge werk, nie waar hulle vandaan kom nie. Daarom is daar nie in die skool handboeke verklarings oor hoe voortplanting, gene, die sel, of die endokriene stelsel deur evolusie ontstaan het nie.

    Leerlinge in graad 12 het reeds 'n baie goeie idee van die volgende:

    • Basiese begrippe oor koolhidrate, vette, proteïene, minerale, ensovoorts.

    • Hoe plant en dier selle verskil, hulle werking, faktore soos die genetiese kode en die metode waarop die sel die genetiese kode gebruik om proteïene in die ribosome te maak.

    "One reason education undoes belief [in the Creator God] is its teaching of evolution: Darwin's own dri$ %om orthodoxy to agnosticism was symptomatic. Martin Lings is probably right in saying that 'more cases of loss of religious faith are to be traced to the theory of evolution ...than to anything else'" (H Smith, Evolution and Evolutionism, #e Christian Century 99(23):755, 1982, cited by Creation 22(3)June-August 2000. Lings' quote is %om Studies in Comparative Religion, Winter, 1970)

    Darwin se geloof in God het skipbreuk gelei, en miljoene mense wat in evolusie glo, het hom gevolg.

    'Darwin's real achievement was to remove the whole idea of God as the creator of organisms %om the sphere of rational discussion' (W R Fix, #e Bone Peddlers, Macmillan, New York, 1984, p 213, cited by R Grigg, Charles Darwin's mystery illness, Creation 17(4): 29-30, September 1995).

    Darwin het dit reggekry om God as die Skepper uit redelike gesprekke te verban.

    Voet van 'n gekko

    Wat reeds aan leerlinge geleer

    is.

    12

  • • Proteïene, ensieme and ander molekules is van die grootste belang in selle. Die sel is die basiese eenheid van alle organismes.

    • Sisteme soos die bloedsomloop, die senuwees, die uitskeiding stelsel, voortplanting, en die endokriene stelsel (hormone, ensovoorts).

    • Die groei van plante, verskillende wyses van voortplanting, asook fotosintese. Leerlinge word voortdurend gewys op praktiese toepassings. Die doel van enige wetenskap is dat dit in die alledaagse lewe 'n nut het. Hulle word byvoorbeeld gewys op die nadelige invloed van genetiese mutasies en hoe dit mense beïnvloed, hoe om vigs te verstaan en te vermy, en behandeling vir nier wanfunksies deur dialise. Omgewings probleme soos suur reën, aard verwarming, die beskerming van ons plant- en diereryke, voedsel kettings, hoe wetenskap help met verbeterde plant produksie, en die teel van geneties gemodi"seerde plante, is bespreek.

    Ons sien die waarde van wetenskap orals om ons. Of dit elektrisiteit, selfone, medisyne, verbeterde siekesorg, beter plant spesies, of wat ookal is, wetenskap is onontbeerlik in die moderne samelewing. Ons is absoluut a#anklik van die dienste van wetenskap vir vooruitgang.

    Evolusie Die Grieke het reeds 600 VC besluit dat die Skepper onnodig is want lewe het sommer vanself onstaan. Toe was wetenskap baie onderontwikkeld.

    ✔ Evo lus ie i s n ie d ie resu l taa t van wetenskaplike ondersoeke nie.

    Omdat soveel mense dink dat evolusie wetenskap is, is dit belangrik om die verskille tussen die twee goed te verstaan.

    'n Korrekte de"nisie van evolusie is die volgende een van Kerkut:

    Darwin het die proses voorgestel deur die boom van lewe. Hoewel hy nie veel aandag aan die eerste lewe gegee het nie, het hy tog daaroor gewonder. Vandag word aanvaar dat evolusie begin het met die ontwikkeling van die eerste lewe op aarde, waarskynlik in water, soos die ou Grieke dit voorgestel het. Dit

    Wetenskap dien die samelewing.

    Griekse filosowe het reeds 600-500 VC, evolusie as 'n alternatief vir die

    Skepper voorgestel.

    '#e general theory of evolution is the theory that all the living forms in the world have arisen %om a single source which itself came %om an inorganic [nonliving] form' (G A Kerkut, Implications of Evolution, Oxford, UK, Pergamon, 1960, cited by J Sarfati, Refuting Evolution 2, Master Books, 2002, p 55). Van dooie molekules tot lewe, is wat evolusie is.

    13

  • het begin met die eerste vorm van lewe. Daaruit het alle lewe (plante ingesluit) oor miljoene jare ontwikkel. Daar word byvoorbeeld in die media genoem dat visse ons voorouers was. Evolusie reken dus dat alle vorme van lewe, soos bakterieë, plante, voëls, visse, reptiele, soogdiere en mense verwant is aan mekaar deur die gemeenskaplike voorouer. Ons moet verstaan dat evolusie volgens Kerkut se de"nisie opwaarts ontwikkel van eenvoudig na kompleks (meer gevorderde genetiese inligting wat tot meer ingewikkelde funksies lei). Ons kan dink dat 'n bakterie sekerelik minder genetiese inligting as 'n vis, olifant of mens het. Die bakterie Escherischia coli het

    byvoorbeeld 4,3 miljoen basis pare in sy genetiese kode, en die mens 3,1 miljard.

    Misleidende definisieDaar is 'n misleidende de"nisie van evolusie waarop lesers bedag moet wees. Dit is dat evolusie veranderinge oor tyd beteken. Voorbeelde is dat nageslagte van honde, mense en die meeste ander heteroseksuele diere anders as hulle ouers lyk. Uit ondervinding weet almal dat kinders nie presies soos hulle ouers lyk nie, en

    dieselfde geld vir honde, en die meeste diere. Dit is nie evolusie volgens die korrekte de"nisie nie. Honde wat honde bly, en katte wat katte bly, al lyk hulle anders as hulle ouers, is geen bewys dat hulle oppad is om te verander in 'n ander diere familie nie. Niks noemenswaardig het gebeur nie. As die

    honde genetiese inligting bygekry het wat hulle begin verander het in bere, of leeus, dan was dit evolusie.

    Die de"nisie van evolusie moet konsekwent toegepas word. Daar kan nie die een oomblik gesê word dat honde wat van hulle ouers verskil evolusie is, en die volgende oomblik dat voëls wat veronderstel is om van dinosourusse af te stam, ook evolusie is nie. Kerkut se de"nisie is die regte een. Die sogenaamde dinosourus tot voël evolusie is daarvolgens korrek, maar nie die verskillende afstammelinge van honde nie. Laasgenoemde is blote variasie op 'n sentrale tema. 'n Voorbeeld van ware evolusie sou wees as 'n ystervark 'n direkte voorouer van 'n seekoei was.

    Gemeenskaplike voorouer

    Evolusie beteken almal is familie, uit dieselfde voorouer.

    Opwaartse Evolusie

    Geringe veranderinge in die nageslag is nie evolusie nie.

    Dit sou evolusie wees.

    14

  • ☛ Die definisie van evolusie is opwaartse ontwikkeling na hoër vorme.

    Maak seker dat jy die verskil goed verstaan. Dit is interessant om te sien hoe die handboeke die begrippe meng en die leerlinge nie die verskille geleer word nie.

    Evolusie word ook naturalisme genoem, omdat dit veronderstel was om natuurlik plaas te gevind het. Party mense praat ook van Darwinisme, omdat hulle dink dat Darwin eerste evolusie uitgevind het.

    Waarom word evolusie onderrig? Terwyl die meeste mense die belang van biologie (Lewenswetenskappe) verstaan, veral vir verdere studie, word daar nie aan leerlinge verduidelik presies wat die nut van evolusie is nie. Die poging in die handboeke, om evolusie prakties te maak deur weerstandigheid teen antibiotika by bakterieë, ensovoorts, evolusie te noem, is nie korrek nie (ons sal dit later bespreek).

    In die wetenskap afdelings word selde van die Bybel melding gemaak, terwyl die evolusie hoofstukke dikwels daarna verwys (dit verskil in verskillende handboeke). Die Bybel is die sleutel om te verstaan waarom evolusie onderrig word.

    Is evolusie wetenskap? Dit is die groot vraag? Dikwels word evolusie voorgestel as wetenskap, maar dit is verwarrend. Evolusie, soos ons reeds verduidelik het, is nie algemeen aanvaarde eksperimentele wetenskap nie.

    • Evolusie het met die onstaan van lewe te doen, en verskil dus totaal van wetenskap wat die werking van die natuur ondersoek.

    • Wetenskap dien die mensdom omdat dit navorsing doen vir e%ektiewe medisynes, verbeterde graan kultivars, elektrisiteit, ensovoorts. Evolusie probeer hom by wetenskap skaar om op daardie manier waarde te verkry (ons bespreek dit later).

    • Wetenskap doen herhaalbare, waarneembare, meetbare eksperimente. Dit kan gladnie met evolusie gedoen word nie. Dit is 'n baie belangrike punt om te onthou. As evolusie daarop aanspraak maak dat dit wetenskap is, dan moet dit soos wetenskap funksioneer. Natuurlik kan dit nie, want niks wat in die verlede gebeur het kan herhaaldelik getoets word nie.

    Evolusie het te doen met die Bybel, nie met wetenskap nie.

    Wetenskap vind praktiese toepassings.

    15

  • As ons die Bybel, wetenskap en evolusie sou klassi"seer, dan pas die Bybel en evolusie bymekaar omdat hulle albei te doen het met die oorsprong van lewe op aarde (hulle is net teenoorgesteldes). Wetenskap staan heeltemal op sy eie.

    ✔ Dis 'n leuen dat evolusie wetenskap is. Dit is 'n slinkse metode om evolusie te verkoop.

    Forensiese (of oorsprong) wetenskapDie enigste metode om te bepaal of die Bybel of evolusie die waarheid is, is om soos speurders te werk te gaan. Hulle gebruik forensiese wetenskap om misdade wat in die verlede gebeur het te ondersoek (wat het die brand wat in 'n besigheid uitgebreek het veroorsaak?). Dit kom daarop neer dat die toneel ondersoek word (skepping in 3 dae, omdat ons net op plante, diere en visse konsentreer, teenoor evolusie se geleidelike ontwikkeling oor miljoen jare). Is daar enige leidrade oor hoe alles

    ontstaan het? Wat kan ons a$ei uit fossiele, wat weet ons van wetenskaplike beginsels, ensovoorts? Neem byvoorbeeld 'n bepaalde fossiel. Waar is dit gevind, hoe oud kan dit moontlik wees (dit word nie gevind met 'n geboorte seri"kaat nie), is daar ander soortgelyke fossiele gevind wat inligting kan verskaf, hoe goed is dit gefossileer, sou dit vinnig of stadig gebeur het?

    Daar moet in die ondersoekproses aannames gemaak word. Byvoorbeeld, die evolusionis sal reken dit moes stadig gefossileer het oor duisende jare, terwyl die gelowige sal aanvaar dat die hele proses vinning gebeur het (gedurende die vloed in Noag se tyd).

    • Ons kry dus twee tipes wetenskap. Die een is praktiese wetenskap. Dit ondersoek deur eksperimentering en vind toepassings, wat die lewe makliker maak.

    • Die ander een is forensiese wetenskap. Dit maak gebruik van verskeie vakrigtings soos die studie van fossiele, ouderdomsbepalings, geologie, ensovoorts. Daardeur word inligting versamel oor hoe 'n betrokke organisme kon ontstaan het, en wat daarmee kon gebeur het (met ander

    woorde dit probeer om die oorsprong van iets so akkuraat as moontlik te bepaal). Forensiese wetenskap word gebruik om vrae oor die verlede te beantwoord.

    Hoe toets mens herhaaldelik dat dit deur evolusie ontstaan het? Dis onmoontlik.

    Die verlede word ondersoek met behulp van forensiese wetenskap.

    Forensiese wetenskap

    kan help om die oorsprong van die vlermuis te bepaal.

    16

  • Die BybelDie Bybel vertel van 'n onsigbare almagtige God wat die heelal en alle lewensvorme gemaak het. Plante, voëls, visse en landdiere (wat mense insluit) is in drie vier-en-twintig uur dae geskep en hulle is geskape om te vermeerder volgens hulle soorte en die aarde te vul. Die enigste meganisme wat beskrywe word, is dat God gepraat het en dit het gebeur (soos 'n koning).

    ☛ Die verskil tussen bonatuurlike skepping en natuurlike evolusie is: in die een geval het al die basiese vorme van lewe skielik volledig gevorm verskyn; in die ander geval sou alles stap vir stap oor miljoene jare ontwikkel het.

    Dit is ook belangrik dat wetenskap nooit die oorsprong van lewe kan navors nie. Wette van die natuur het eers begin werk nadat lewe geskep is. Daarom sal evolusie baie te sê hê oor die natuurlike oorsprong van lewe, maar dit nooit kan bewys nie. Dit is onmoontlik (sien afdeling oor aspekte soos ensieme, proteïne, die genetiese kode, ensovoorts). Evolusie se enigste uitweg is om te beweer dat dit van ander planete hierheen versprei het. Daarom word ons oorspoel met inligting oor moontlike planete wat lewe kan onderhou en buite ruimtelike wesens wat ons aarde besoek. Die vraag is, waarom sou evolusie op ander planete moontlik gewees het indien dit nie hier was nie?

    Die Bybel se boodskap • God het 'n plan vir die mens, wat

    ewige verblyf op die nuwe aarde insluit.

    • God het die aarde juis oorspronklik daarvoor gemaak. Dus is die skepping van die aarde as't ware die hoeksteen van die Bybel. As daar geen bonatuurlike skepping was nie, sou die Bybel onnodig gewees het.

    • Vanweë Adam se sonde is die aarde vervloek, en dit is waarom die planeet agteruit gaan. Dit hou egter hoop vir die gelowige in omdat God die huidige aarde gaan vernuwe.

    • As mense oortuig kan word dat God nie die Skepper is nie, dan sal hulle logies ook nie glo dat Hy die hemele en die aarde kan vernuwe nie.

    • Die Bybel bevat God se plan vir die mens. Mense wat hulle nie daaraan steur nie, is nie voorbereid vir die ewige lewe saam met God nie.

    Die doel van evolusie is om mense die voorreg te ontneem om voor te berei vir die ewige lewe op die nuwe aarde, deur hulle te leer dat die Bybel foutief is. Ons kan dit maklik verduidelik. Een groep werf mense vir die nuwe hemel en aarde (met behulp van die Bybel), 'n ander groep werf mense deur evolusie as die korrekte alternatief voor te stel.

    Natuurlik Bonatuurlik

    Die Weg

    Die Bybel is die gids tot 'n ewige lewe met God op die nuwe aarde.

    Evolusie se oogmerk: vernietig die Bybel.

    17

  • Belangrik om te onthou Wetenskap kan nie God of sy skeppingsmetode in die laboratorium ondersoek nie. God is nie materie nie, en bonatuurlike skepping was 'n eenmalige proses. Dit is nie waarneembaar nie en kan nie met herhaalde eksperimente ondersoek word nie. So die skepping of oorsprong van die genetiese kode, proteïne, ensieme, metaboliese prosesse, fotosintese en dies meer kan nie ondersoek word nie. Wetenskap vertel ons hoe sulke dinge werk, maar nie hoe hulle hier gekom het nie. Dit laat ons dus met 'n probleem. Hoe gaan ons bepaal of die heelal en lewe bonatuurlik geskep is, en of dit deur natuurlike evolusie ontstaan het? Gelukkig is daar 'n metode. Dit is forensiese ondersoeke. Dit word deur speurders gebruik om 'n misdaad, wat in die verlede gebeur het en waar geen ooggetuies teenwoordig was nie, op te los.

    Of die Bybel of evolusie is die waarheid. Watter een? Daar is geen kompromis moontlik nie, omdat die een die ander een uitskakel. Daar is geen manier waarop God evolusie kon gebruik het nie en evolusie stel dit omonwonde dat dit God die Skepper nie nodig het nie. Die volgende aanhaling verduidelik:

    ✔ Skepping en evolusie skakel mekaar wedersyds uit: net een is waar.

    NOMAOns het gesien dat beide die Bybel en evolusie te doen het met die oorsprong van lewe, en eksperimentele wetenskap met hoe die natuur werk. Daar is gedurige pogings om evolusie aan die kant van wetenskap te skaar, en die Bybel een kant toe te skuif.

    Stephen Gould het 'n voorstel gemaak wat genoem word NOMA (non overlapping magisteria, of Aparte afdelings). Dit wil sê wetenskap het te doen met konkrete feite, en die Bybel met lewenswyses, waardes, ensovoorts. Die implikasie is dat evolusie (gelykgestel aan wetenskap) 'n belangrike plek as studie materiaal in die klaskamer het, maar die Bybel (morele aspekte) nie daar hoort nie. Op die manier word evolusie as onmisbare wetenskap in die leerplan

    Terwyl Darwin se 'boom van die lewe' voorstel dat lewe oor miljoene jare

    ontwikkel het, sê die Bybel God het dit in 3 dae gemaak.

    '#erefore, if we want to know whether something that interests us is of natural origin or supernatural, we must ask: did it arise gradually out of that which came before, or suddenly without any evident natural cause' (M Denton, Evolution, A #eory in Crisis, Adler and Adler, 1985, p 58)?Met bonatuurlike skepping het organismes baie vinnig en volledig gevorm, verskyn.

    Evolusie is nie wetenskap nie.

    18

  • ingevoeg en skeppingsleer word verban omdat dit godsdiens is.

    U kan seker verstaan hoe slim die mense is wat NOMA wil gebruik. Dit is maar net 'n poging om sonder inmenging (van skeppingsleer) evolusie in die klaskamer as die enigste oorsprong van die heelal en lewe, te verkondig. Dit is interssant hoeveel moeite gedoen word om seker te maak dat niemand evolusie kritiseer nie, omdat dit sogenaamd wetenskap is. Let ook daarop dat eksperimentele wetenskap nie beskerm hoef te word deur sulke metodes nie. Dis nie nodig nie, want almal ken en ervaar die waarde van wetenskap.

    ✔ NOMA is 'n onwetenskaplike verdeling tussen skepping en evolusie, met die doel om skepping as irrelevant voor te stel.

    Die verskil tussen wetenskap en evolusie • Die wetenskap afdelings noem selde die Bybel, maar in die evolusie afdeling, word die Bybel dikwels

    genoem (in sekere boeke meer as in ander en in een van hulle gladnie).

    • Die enigste praktiese waarde wat vir evolusie voorgehou word, is die ontwikkeling van weerstandigheid teen antibiotika en insekdoders, maar dit word verkeerdelik as evolusie aanvaar (ons behandel dit).

    • Wetenskap volg waar die bewyse heen lei. Evolusie doen die teenoorgestelde. Daar is besluit evolusie is waar (om die Skepper uit te skakel) en daar word naarstigtelik gesoek na bewyse daarvoor.

    • Heelwat van die bewyse vir evolusie is nie korrek nie, of halwe waarhede (soos ons sal aantoon). Verskille tussen de"nisies word nie goed genoeg verduidelik nie.

    • Daar word gladnie melding gemaak van die baie probleme met van die bewyse vir evolusie nie. Byvoorbeeld, hoe het die genetiese kode (DNS) ontstaan en ontwikkel? Dit is belangrik vir leerlinge om te leer debatteer en hulle kan dit slegs doen as hulle genoeg inligting het. Wetenskap is feitelik. Evolusie is 'n ander tipe wetenskap. Die presisie en akkuraatheid ontbreek. Die algemene indruk is dat moeite gedoen word om evolusie te verkoop, omdat geskil punte nie bespreek word nie.

    • Terwyl die vaders van evolusie soos Darwin, Lamarck, Erasmus Darwin en Wallace aandag kry, word nooit gewag gemaak van veral Darwin se verloëning van die Christelike geloof nie. Aangesien sy ateïsme so prominent is, verdien dit sekerlik aandag. As die Bybel bespreek word, is dit beslis nie uit pas om dit ook te noem nie.

    Die oorlog tussen wetenskap en geloofDie sogenaamde oorlog tussen wetenskap en geloof is nog 'n poging om die geloof (waarmee slegs na die Bybel verwys word), verdag te maak. Dit is 'n algemene feit dat wetenskap in die vroeër Christelike Europa ontstaan het. Dit was vir hulle duidelik dat God se skepping logies, gestruktureerd en blywend was. Dit kon ondersoek word en patrone is ontdek. Wette van die natuur sou nie oornag verander nie. Maar nou word daar gepraat van 'n oorlog tussen geloof en wetenskap. Dit is 'n leuen. Wat wel gebeur is dat gelowiges, wat

    Stalin was 'n ateïs wat Darwin se idee van

    natuurlike seleksie geglo en toegepas het.

    19

  • 'n wetenskaplike agtergrond het, die kennis het om te weet dat evolusie nie korrek is nie. Dus bevraagteken hulle die feite van evolusie. Hier is dit belangrik om te onthou dat min mense wetenskap bevraagteken. Herhaalde eksperimente sorg dat feite korrek is. Ons sien dit in die verskillende handboeke. Die biologiese inligting is korrek en kom ooreen met ander teksboeke. Niemand bevraagteken dit nie.

    Evolusie is verskillend. Dit sou in die verre verlede gebeur het. Dus het niemand dit gesien nie. Bewysstukke soos 'n groot Triceratops fossiel kan slegs met forensiese wetenskap ondersoek word. Dit beteken dat verskillende interpretasies moontlik is op grond van mense se vooropgestelde idees. Byvoorbeeld evolusioniste sal aanvaar dat die fossiel miljoene jare gelede gelewe het en stadig oor duisende jare

    gefossilleer het. Bybelgelowiges sal aanvaar dat die fossiel 'n landdier was wat op die sesde dag van die skeppingsweek deur God gemaak is en in die wêreldwye vloed omgekom het. Dit is vinnig deur water en modder oorval, bedek en het gefossilleer. Evolusioniste soek nog steeds sonder sukses na die voorouers van dinasourusse, terwyl Bybel gelowiges aanvaar dat afsonderlike soorte deur God geskep is.

    Die sogenaamde geveg is dus gladnie tussen wetenskap en geloof nie, maar tussen die twee verskillende vertolkings van die bewysstukke. Dit gaan oor sake wat in die verlede gebeur het en nie oor wetenskap nie. Die storie oor die oorlog tussen geloof en wetenskap is 'n rookskerm om die

    aandag van evolusie se algemene wanvoorstellings af te trek. Evolusie is nie wetenskap nie, en evolusie het nie bewysde feite nie. As daar 'n oorlog is, dan is dit tussen skepping en evolusie.

    ✔ Die oorlog tussen geloof en wetenskap is 'n mite. Dis 'n oorlog tussen skepping en evolusie.

    Wat is skeppingswetenskap?Julle sal baie hoor van kreationiste. Dis 'n aaklige vertaling (vir ons). Ons sal eerder praat van Bybelgelowiges, of dissipels van Jesus. Jesus was ook iemand wat in die skepping geglo het, want Hy het alles self geskep (Johannes 1:3, Hebreërs 1:3). Die probleem is dat evolusioniste praat van creation science (skeppingswetenskap) asof dit een of ander afwyking van ware wetenskap is. Daar is 'n karikatuur van skeppingswetenskap geskep, met baie beskuldigings dat skeppingswetenskaplikes nie behoorlik opgelei is nie. Eintlik beteken dit net dat gelowiges vra dat slegs eksperimentele wetenskap in wetenskaplike vakke onderrig word, soos dit in die Lewenswetenskap handboeke gedoen word in die eerste

    Wetenskap!Hoe werk dit? Bybel, evolusie. !Waar kom dit vandaan.

    VerledeHede

    Die verskil

    Triceratops fossiel

    Skeppingswetenskap deur plat aarde, platkop Christene

    Die vals beeld geskep deur evolusioniste

    20

  • drie afdelings. Dit is wetenskap wat die wondere van die natuur bestudeer om daaruit beginsels te formuleer wat uiteindelik toegepas word in die praktyk, soos verbeterde behandeling van metaboliese steurnisse, ensovoorts.

    Dit is interessant dat bioloë wat passievol in evolusie glo nog nooit die ontstaan van die genetiese resep (DNS), ensieme of proteine kon verklaar het nie. Daar is 'n groot verskil wanneer hulle oor suiwer wetenskap, of oor evolusie praat.

    ✔ Suiwer wetenskap gebruik nie evolusionêre sinsnedes soos, dit kon moontlik so gebeur het, of dis waarskynlik, of ons vermoed, of dit kon dalk nie.

    Is evolusie 'n feit, 'n teorie of 'n veronderstelling? Die meeste handboeke praat van die teorie van evolusie en stel dit gelyk aan Einstein se relatiwiteits teorie of ander wetenskaplike teorieë. 'n Teorie is iets wat nie duidelik waargeneem kan word nie, soos swaartekrag, maar daar is genoeg herhaaldelike eksperimente gedoen om te bewys dat dit 'n betroubare patroon vorm en dus die waarheid is.

    Nou word daar gesê dat evolusie net so goed bewys is as dat die aarde om die son draai. Die aarde se wentelbaan om die son kan herhaaldelik waargeneem word. Dit is eksperimentele wetenskap. Evolusie is 'n a$eiding wat nie getoets kan word nie. Ons wil dus eerder praat van die veronderstelling of idee van evolusie. As dit 'n feit was, sou daar geen bakleiery daaroor gewees het nie. Wie baklei ooit oor die feite van wetenskap? Niemand nie, want hulle is bewys en hulle toepassings werk in die daaglikse lewe (soos byvoorbeeld elekrisiteit en selfone).

    ✔ Evolusie is nie 'n bewysde feit nie.

    Stem alle wetenskaplikes saam?Is dit so dat alle wetenskaplikes saamstem dat evolusie die waarheid is? Dit is onmoontlik om 'n opname van alle wetenskaplikes se opinie te maak en hulle bewyse te kry. Baie wetenskaplikes sal nooit hulle twyfel verwoord nie, want hulle weet dat hulle dan hulle werk sal verloor (dit gebeur veral in Amerika).

    Hou dus maar jou oë oop vir hierdie foutiewe veralgemening wat redelik gereeld gemaak word. As almal saam stem is dit net om evolusie te bevorder. Daar is nie opnames gemaak van al die geleerdes sover ons kennis strek nie. Die veronderstelling is dat mense kudde diere is wat bang is om buite die afgebakende gebied te beweeg. Dus is dit 'n indoktrinasie tegniek. As alle mense saamstem dat die maan van kaas gemaak is, beteken dit nie dis die waarheid nie.

    Die Darwin BeginselSjoe, dit is seker nou genoeg? Maar wag, daar is nog een aangeleentheid wat ons moet aanspreek. In die evolusie veldtog het ons 'n beginsel raakgesien en ons noem dit die Darwin Beginsel. Dit kom daarop neer dat enige wetenskaplike ontdekking of bespreking 'n bewys is dat evolusie waar is. Alles kan toegeskryf word aan evolusie. Ons vind dit in die handboeke, omdat daar gladnie aandag

    Evolusie is die waarheid, en basta

    met die res.

    21

  • gegee word aan evolusie se probleme nie. Stellings word gemaak soos: Niks in biologie maak sin sonder evolusie nie. Dit kom daarop neer dat evolusie as't ware die lig van biologie (lewenswetenskappe) is. Daarsonder maak dit nie sin nie. Tog word daar geen evolusionêre verduidelikings in die biologie (wetenskap) afdelings gegee nie. Dit is blote propaganda wat ontbloot is van alle waarheid. Daar is baie bioloë wat nie in evolusie glo of hulle daaraan steur nie, en uitstekende werk doen.

    ✔ Wetenskap was nog nooit afhanklik van evolusie om die natuur na te vors nie.

    Belangrike punte om te onthou:• Evolusie is nie wetenskap nie.

    • Evolusie het te doen met die oorsprong van lewe, nie hoe dit werk nie. Laasgenoemde is wetenskap.

    • Die Bybel en evolusie het beide te doen met die oorsprong van lewe op aarde.

    • Wetenskap kan nie die oorsprong van lewe in die laboratorium bepaal nie, omdat natuurwette eers in werking gekom het nadat lewensvorme ontstaan het.

    • Dit is belangrik om te onthou dat, volgens die Bybel, alle vorme van lewe volledig gevorm verskyn het. Met evolusie was dit 'n stadige proses oor miljoene jare.

    • Daar is geen oorlog tussen die Bybel en wetenskap nie. Navolgers van Jesus sal nooit teen wetenskap praat nie, omdat hulle glo dat God aan die mens die mandaat gegee het om die natuur te ondersoek en te benut.

    • Evolusie kan nooit as wetenskap beskou word nie. Wetenskap doen herhaalde eksperimente wat waargeneem en getoets kan word in die hede. Evolusie is veronderstel om miljoene jare gelede te gebeur het.

    • Evolusie beteken 'n geleidelike toename in komplekse genetiese inligting wat gelei het tot groter wordende komplekse organismes.

    Molekules tot mense

    22

  • Hoofstuk 2

    Soorte, Spesies en ander terme

    Charles Darwin het sy boek getitel On the Origin of Species. Die belangrike vraag is, wat het hy bedoel met die oorsprong van spesies?

    Linnaeus is die vader van klassi"kasie. In sy stelsel is die spesies die lede van 'n familie (soort). Dus het alle families (ons bedoel soorte soos deur God geskep) verskillende spesies. Kom ons kyk na die wolf soort (familie Canidae) met sy verskillende spesies.

    In die Bybel lees ons dat God die soorte elkeen na sy aard gemaak het en dat hulle sal vermeerder volgens hulle soorte. Dus kry ons soorte soos die wolf (familie Canidae, met spesies soos die jakkals, hond, wildehonde, ensovoorts), die beer (familie Ursidae, met spesies soos die swart, ys en bruin beer), die kat (familie Felidae, met spesies soos die jagluiperd, leeu, tier, muskeljaatkat, huiskat, ensovoorts) en die olifant (familie Elephantidae, met net twee spesies).

    Die soorte of families is en bly verskillend, want die een kan nie in die ander verander nie. Byvoorbeeld die kat familie of soort kan nie in die beer familie of soort verander nie. Volgens Darwin se idee van evolusie kon een soort in 'n ander een verander het, maar dit bly slegs 'n a$eiding wat nog nooit bewys is nie.

    Hierdie is 'n baie belangrike hoofstuk. As mens die verduidelikings in hierdie hoofstuk verstaan, is jou kop deur. Jy gaan die 'eksamen' oor skepping en evolusie verseker slaag. Hier gaan ons begrippe raakloop wat nie altyd so mooi in die handboeke verduidelik word nie.

    Die jakkals, hond, wolf, prêrie wolf (coyote) en Australiese wildehond (dingo) is spesies van die wolf familie.

    Koninkryk Animalia (diere)

    Phylum Chordata (ruggraat)

    Klas Mammalia (soogdiere)

    Orde Carnivora (vleisvreters)

    Familie Canidae (honde, ens)

    Genus Canis

    Spesie Canis lupus

    Die wolf se 'geslagsregister'

    23

  • Daar is mure tussen die families van diere, plante, visse en voëls wat verhinder dat hulle vermeng. Dit beteken dat die walrus (familie Obobenidae) nie kan verander in die olifant (familie Elephantidae) nie. Die familie Canidae (wolwe en

    honde) kan nie verander in een van die spesies van die beer familie nie (dit is God se skeppingsorde wat sorg vir stabiliteit in die natuur). Die familie (soort) is onveranderlik ("xed). Maar, en dit is belangrik, God het nêrens bepaal dat 'n soort of familie nie verskillende spesies kan hê nie. Dit is inteendeel 'n normale proses wat orals plaasvind as gevolg van veranderinge van habitat (woonplek) en klimaat. Byvoorbeeld, honde kan aanpas by kouer of warmer klimaatsomstandighede (in 'n koue area sal honde met kort hare sukkel om aan die lewe te bly, terwyl die met langer, dikker pels sal bly lewe en vermeerder). Maar hulle bly honde, deel van die Canidae familie.

    Darwin het God se skepping, naamlik dat daar mure om families is ("xity of kinds), bevraagteken. Hy het geglo dat die een familie wel in 'n ander kan verander. Sy boek se titel, On the Origin of Species is

    verwarrend. Hy het bedoel dat nuwe families gevorm word (sien sy skets). Spesies van 'n spesi"eke familie is alledaags. Darwin het eintlik families (kinds) bedoel. Met ander woorde evolusie is wanneer 'n wolf byvoorbeeld in 'n beer sou verander. Sy boek moes getiteld gewees het On the Origin of Kinds (Die Ontstaan van Nuwe Families). Solank studente net daarvan bewys is dat daar 'n verskil is tussen spesies en families.

    ✔ Wees asseblief bedag op die verskil tussen 'n familie en sy spesies.

    HersieningOmdat dit so belangrik is, bekyk ons net weer die verskille tussen families en spesies. Die foto wys dat die bruin, swart en ysbeer almal spesies van die beer familie (Ursidae) is. Weereens, wees asseblief bedag op die verskil tussen die begrippe. Dit is een van die

    Lede van verskillende families of soorte

    'n Skets van die boom van lewe uit een van Darwin se

    notaboeke (Wikimedia Commons)

    Dit is evolusie, as die wolf familie verander in die beer

    familie.

    Swart, bruin en ysbeer, lede van die beer familie (Ursidae)

    24

  • eienskappe van evolusie dat daar los en vas met die verskillende betekenisse omgegaan word. 'n Verdere verwarring vind op die volgende manier plaas: Evolusioniste is nie konsekwent nie. Die een oomblik praat hulle van die evolusie van mense uit ape, en dan praat hulle van die evolusie van verskillende honderasse, vinke op die Galapagos eilande (Darwin's "nches), of die evolusie van motte (eers e%ens ligter en dan weer e%ens donkerder). Dit is duidelik dat honde wat honde bly, of vinke wat vinke bly, verskil van ape wat mense word. Dit kan nogal verwarrend wees, so verskoon maar as ons heelwat voorbeelde gebruik om die verskille tuis te bring.

    Die toetsDie toets vir evolusie is baie maklik: daar moet 'n opwaartse beweging wees na meer komplekse organismes, 'n oorbeweeg van een familie na 'n ander een. Dit gebeur nie met verskillende honderasse, of vinke met verskillende snawels nie. Wanneer die vink van familie verander en iets soos 'n arend of pikkewyn word, dan is dit evolusie. Richard Dawkins, die groot evolusionis en vegter teen die Bybel, praat gereeld van die evolusie van honde. Daar is baie verskillende honderasse, maar dis die gevolg van kunsmatige teling deur mense wat belangstel om veral spesialiteits rasse te teel. As verskillende honderasse evolusie is, dan is alle mense evolusioniste en dis nie nodig om dit as 'n skoolvak aan te bied nie. Alle honderasse is deel van die Canidae familie, en daar was nog nooit 'n geval waar hulle in 'n ander familie verander het nie.

    ✔ Honde wat deur teling ander honderasse vorm, is nie evolusie nie.

    'n Slim tegniekEvolusioniste het nog 'n slim manier om sake te verdoesel. Die klein veranderinge (byvoorbeeld een kleur mot vermeerder en 'n ander kleur verminder, of verskillende honderasse) word mikro (klein) evolusie genoem. Dan is daar groot evolusie, wanneer 'n dinosourus in 'n voël veander. Dit word makro (groot) evolusie genoem. Die begrip wat oorgedra word is dat hoeveelhede klein veranderinkies (mikro evolusie) bydra tot groot veranderinge (makro evolusie). Ons ken dit uit die gesegde bietjies bietjies maak meer. Dis 'n goeie redenasie, maar dit werk nie in die lewenswetenskappe nie. Dit is nog nooit bewys dat spesie vorming sal lei tot nuwe families nie. Wees asseblief versigtig om nie die terme mikro en makro evolusie te gebruik nie. Daar is nie iets soos mikro evolusie nie. Dit is spesievorming of net variasie binne 'n familie.

    ✔ Mikro evolusie is slegs variasie binne 'n familie. Makro evolusie is verandering van een familie na 'n ander.

    Verskillende honderasse is nie 'n bewys van evolusie nie.

    Horisontale, sywaartse veranderings is variasie.

    Evolusie is opwaarts.

    25

  • Variasie binne 'n familie Dit is maklik om te verstaan. God het 'n verskeidenheid gene in elke familie geplaas sodat hulle die aarde met al die klimaatstoestande en omgewings sou kon vul. Dit het veral na die vloed gebeur waar daar hoofsaaklik twee diere van 'n familie uit die ark gekom het. Die diere was in staat om te versprei en by verskillende klimaatstoestande aan te pas. Die kat familie (Felidae) het meer as 30 spesies. Daar was dus taamlike spesies vorming (variasie op 'n tema) in die familie.

    Leerlinge sal vind dat die handboeke baie aandag gee aan spesiesvorming (spesiasie). Byvoorbeeld, in Hawaii is daar baie soorte vrugtevlieë wat oorspronklik waarskynlik uit een familie afgestam het. Weens verskeie redes het hulle e%ens verander, dus het hulle verskillende spesies gevorm, maar nie nuwe families nie. So vind ons dat vinke op die

    Galapagos wel verskil, en waarskynlik van een oorspronklike paar, wat vanaf Suid Amerika soontoe gevlieg het, afstam. Muise op Madeira het vinnig nuwe spesies gevorm (nog almal muise), en nie konyne geword nie. Baie mense is bekend met die akwarium vissies van die familie Cichlidae. Hulle kom onder andere van die meer in Malawië af. Daar is honderde verskillende spesies in die familie. Dit is nie evolusie nie, maar slegs variasies op 'n tema (een familie met verskillende spesies). God

    het genetiese vermoë aan mense, diere en plante gegee sodat hulle kan aanpas by verskillende omstandighede en klimaatstreke.

    Verskillende spesies is nie 'n bewys dat evolusie waar is nie (speciation is not proof that evolution happened). Dit is waarom daar baie duidelikheid moet wees oor presies wat 'n familie en wat 'n spesie is. Evolusie gaan oor die vorming van nuwe families. As vinke in vinke verander, en dit word evolusie genoem word die begrip van evolusie nie konsekwent toegepas nie. Dit is algemene kennis dat daar variasie op 'n tema is. Dis nie algemene kennis dat nuwe families kan vorm deur evolusie nie. Dit is wat bewys moet word. Darwin kon self nie daarin slaag nie. Kan die handboeke wat bou op ten minste 'n honderd jaar se nuwe wetenskap en derduisende ure se studie van honderde navorsers, regkry wat Darwin in die 20 jaar se navorsing vir sy boek nie kon nie? Ons sal sien.

    ✔ Verskillende spesies binne een familie is nie die kwessie nie. Dit gaan oor die oorsprong van families.

    Darwin se boom is een groot familie (links). God het afsonderlike families (bv beer en

    kat) met verskillende spesies in elke familie, geskep.

    Een familie met verskillende 'uitgawes'

    Muise op Madeira

    Perd, zebra en donkie, verskillende soorte in die perd familie.

    26

  • 'n Belangrike beginselDaar word in die teksboeke gepraat van die evolusie van honde, mielies, of wat ookal. Die belangrike aspek om te onthou, is dat evolusie veronderstel is om 'n proses te wees wat toevallig gebeur het in die natuur, sonder enige inmenging deur mense. In die geval van honde of mielie teling was mense daarby betrokke. Dus kan dit nie as evolusie beskryf word nie. Dit is 'n verdere bewys van die propaganda aard van evolusie in die handboeke. Honde, perde en beeste word al vir duisende jare geteel. Tog is hulle nog steeds net honde, perde en beeste. Waarom sou hierdie tipe teling 'n bewys wees van evolusie, as evolusie se de"nisie beteken dat sommige honde byvoorbeeld toevallig en natuurlik in iets soos leeus moes verander het?

    ✔ Iets kan nie as evolusie beskou word as menslike intelligensie daarby betrokke was nie.

    Hier sien ons dat evolusie nie te doen het met feite wat noodsaaklik is vir die verdere opleiding van leerlinge nie. Dit skree een boodskap helder en duidelike uit: Daar is geen Skepper nie. Hoe belangrik hierdie boodskap is, kan ons sien in die geweldige hoeveelheid geld en moeite wat spandeer word om die boodskap van evolusie uit te dra.

    Natuurlike seleksieDarwin was goed bekend met diereteling en die relatiewe groot veranderinge wat in taamlike kort tye daarmee bereik kan word. Dit staan bekend as kunsmatige seleksie ('n kweker van plante of 'n teler van diere gebruik sy kennis om sekere plante of diere uit te soek en hulle te gebruik as teel materiaal). Die

    seleksie hang af van die doel van die teling (byvoorbeeld beeste met meer vleis of melk, of honde wat gebruik kan word om skape op te pas).

    Darwin het gereken dat die natuur die rol van die teler of kweker kon speel. Kunsmatige seleksie kon natuurlike seleksie word. Hoeveel verandering sou die natuur nie oor miljoene jare kon bereik as telers soveel variasie in 'n paar jaar kan bewerkstellig nie? So 'n tipe a$eiding word in Engels 'n extrapolation (thought experiment, imagination science) genoem. Dit wat waargeneem word, word gerek met miljoene jare en so word veronderstel dat sekere veranderings kon plaasgevind het. Met natuurlike seleksie het Darwin gedink perde sou in kamele kon verander het as daar genoeg tyd was. Die probleem was net dat Darwin geen

    voorbeelde kon gee waar dit wel gebeur het nie.

    ✔ Die groot evolusionis, Ernst Mayr, het gesê dat Darwin nooit die oorsprong van nuwe families bewys het nie.

    Wikimedia Commons

    Mielies, Zea mays

    Verskillende beesrasse as gevolg van kunsmatige teling

    Darwin het kunsmatige teling geken.

    27

  • Darwin se voorgestelde meganisme ('n veronderstelling dat wat gesien kan word, moontlik kon gebeur het as miljoene jare beskikbaar was) werk nie in die praktyk nie. Veronderstel 'n boom groei 5 meter in drie jaar. Dan veronderstel 'n mens hoeveel dit in 100 jaar sou kon groei. Die boom sal nie na 100 jaar, 500 meter hoog wees nie. Daar is genetiese faktore wat dit verhinder. Dit is dieselfde met Darwin se evolusie veronderstelling. Daar is 'n paar probleme wat so 'n proses onmoontlik maak, want daar is beperkings op hoeveel organismes kan verander. Dit is soos 'n Great Dane en 'n Chihuahua. Hulle is baie groot en baie klein geteel, maar 'n hond kan nooit so groot soos 'n perd of so klein soos 'n muis word nie. Darwin het nie in enige teelprojek gesien hoe 'n nuwe familie vorm nie. Daar is ook geen literatuur wat bewys dit kon gebeur het nie. Nogtans het hy vas geglo dat dit moontlik was met genoeg tyd. Dus is 'n ou aarde van miljoene jare baie belangrik vir evolusie.

    Hoe kragtig is natuurlike seleksie? Darwin het aanvaar dat natuurlike seleksie dinge soos komplekse oë, die brein, ingewikkelde organe, en sonar (SOund NAvigation Ranging) in vlermuise en dolfyne kon skep. Sonar is die proses waar klankgolwe uitgestuur word om te bepaal waar kos is. Dit is 'n baie ingewikkelde proses. Iemand wat nugter dink kan begryp dat vlermuise dood sou gewees het voor natuurlike seleksie hulle sonar kon vervolmaak het. Terloops, sonar is in die praktyk nagemaak deur mense wat hulle intelligensie daarvoor gebruik het. Waarom sou sonar dan nie in die natuur op dieselfde manier ontstaan het nie, deur 'n intelligente Skepper? Natuurlik kan evolusie nooit die Skepper aanvaar nie, want God is bonatuurlik ('n gees) en kan nie deur 'n natuurlike, toevallige proses soos evolusie verduidelik word nie. Daarbenewens will hulle juis nie 'n God hê nie. Hulle wil ona#anlik wees.

    ✔ Ons weet uit ondervinding dat komplekse stelsels net deur intelligensie gemaak kan word. Daarom is dit hoogs onwaarskynlik dat sonar, of oë, of die senuweestelsel, of metaboliese paaie ooit natuurlik kon ontwikkel het.

    'n Voorbeeld van kunsmatige seleksie. Dit beteken nie dat die Great Dane oor miljoene jare 'n

    leeu gaan word nie.

    Jerry Coyne said:Life on earth evolved gradually beginning with one primitive species - perhaps a self-replicating molecule - that lived more than 3,5 billion years ago; it then branched out over time, throwing o& many new and diverse species; and the mechanism for most (but not all) of evolutionary change is natural selection.' (J A Coyne, Why Evolution is True (New York: Viking, 2009), p 3, cited by J Wells, Coyne and the Meaning of Evolution: Why Darwinism is False, Part II, Evolution News and Views, 23 April, 2009, p 1)

    Hier kan ons sien hoe belangrik natuurlike seleksie in evolusie is. Evolusioniste beskou dit omtrent as 'n vervanging van die Skepper.

    Daar word geglo dat die ingewikkelde sonar van 'n vlermuis die resultaat is van natuurlike seleksie.

    28

  • Om op te som, evolusioniste plaas verskriklik baie geloof in die skeppingsvermoë van natuurlike seleksie. Dit is nodig, want daar is geen ander meganisme vir hulle beskikbaar nie. Maar eintlik beteken seleksie om uit te soek tussen eienskappe wat reeds bestaan. Dit is waarom dit onmoontlik is vir natuurlike seleksie om nuwe vermoëns soos komplekse oë, ingewikkelde organe en sonar te skep uit niks. Nogtans word daar gesê:

    'n Voorbeeld van natuurlike seleksieDit is eintlik net 'n proses waar party plante, visse, diere, ensovoorts oorleef om te teel, terwyl ander sterf. Die diagram wys hoe natuurlike seleksie (wat veronderstel is om nuwe families te ontwikkel) werk. Sekere hase het uitgesterf en ander het bly leef om te teel.

    As een groep hase byvoorbeeld van 'n ander groep geskei was, kon daar verskillende spesies hase ontstaan het. Veronderstel een groep het deur omswerwing in 'n streek met jakkalse wat baie vinnig is, beland. Die hase met langer agterpote kon ontsnap het. Logies sou hulle vermeerder het, en die wat stadiger was (met korter agterpote) sou in groter getalle gevang gewees het. So sou daar geleidelik 'n haas spesie met langer agter pote ontstaan het.

    Nog 'n voorbeeld is waar arende lig gekleurde hase makliker raakgesien en gevang het. Dus het daar meer donkeres bly lewe om te teel. Met verloop van tyd (nie miljoene jare nie) het verskillende haas spesies ontwikkel: langpoot hase (A) en donker hase (B), maar hulle is nog hase. Hulle het nie ystervarke of 'n ander familie geword nie. Dit word die oorlewing van die sterkstes (survival of the "ttest) genoem. Dit is nie altyd die sterkstes wat oorleef nie, want dit kan ook die gelukkiges wees wat die dood vrygespring het en bly leef en vermeerder het.

    ✔ Evolusie hoef nie die oorlewing van die sterkstes (survival of the fittest) te verduidelik nie, maar die ontstaan van die sterkstes (arrival of the fittest).

    'Natural selection is said to be the mechanism for generating improbability' (R Fisher, #e Genetical #eory of Natural Selection, 1930, cited by R Milton, Shattering the Myths of Darwinism, Park Street Press, 1991, 1997, p165).Dit word gesê, maar nooit bewys nie, dat natuurlike seleksie wonderwerke kan verrig.

    Die siekes !en swakkes !sterf uit

    Die vinnige !gesondes teel.

    'n Voorbeeld van NATUURLIKE SELEKSIE - 'n sekere groep hase het uitgesterf en die ander het bly leef om te teel. Geen

    nuwe families is gevorm nie.

    Soort (spesies) vorming

    29

  • Al wat natuurlike seleksie kan doen is om gene te sorteer. Die swakkes en siekes sterf en die sterkes teel. Dit help dus dat die familie gesond bly, kan oorleef en reproduseer. Maar dit kan niks nuut skep nie. Die rede is eenvoudig. In die geval van die hase, is daar slegs haas gene. Daar is nie ystervark gene nie. Daarom kan natuurlike seleksie nie daarvoor selekteer nie.

    ✔ Ter opsomming, natuurlike seleksie en miljoene jare maak nog steeds nie die onmoontlike moontlik nie.

    MutasiesOnthou, seleksie beteken om iets uit te kies. Verskillende soorte hase is steeds hase. Hoe nou gemaak, as daar net haas gene is om van te kies? Daar moet op 'n manier ander gene beskikbaar kom, byvoorbeeld ystervark gene. So kan daar dan geselekteer word vir die ystervark gene. Die oplossing is gevind in mutasies. 'n Mutasie is 'n tikfout wanneer die genetiese inligting in die sel gedupliseer word. Dit beteken dat daar foute in die genetiese resep kan insluip, wat dan verskille in die gene sal veroorsaak. Volgens evolusie kon natuurlike seleksie dan organismes met foutiewe gene uitkies om te bly lewe en te teel. So kon nuwe families oor miljoene jare ontstaan het. Soos 'n mens kan dink sal 'n paar spelfoute in die resep geen positiewe veranderinge veroorsaak nie. Inteendeel, mutasies verswak die genetiese inligting in plaas daarvan om dit te verbeter. Mutasies veroorsaak abnormaliteite en sulke organismes sal deur natuurlike seleksie uitgeskakel word. Siektes soos Down se sindroom, Ty Sachs, bloed kanker, sistiese "brose, sekelsel bloedarmoede, en albinisme is 'n paar voorbeelde van mutasies in mense. Hulle is of dodelik, of baie skadelik. Daar is wel hier en daar 'n nuttige mutasie soos wanneer 'n tor op 'n winderige eiland nie vlerke het nie, sodat dit nie kan wegwaai nie. Tog is nuttige mutasies seldsaam. Evolusioniste weet dit, maar hulle glo vas dat mutasies die dryfveer was wat evolusie moontlik gemaak het. Dit is omdat daar geen ander metode is om die vereiste verskeidenheid in die gene van organismes te kry sodat 'vordering' gemaak kan word met nuwe families nie.

    'n Mutasie kan enige plek op die genetiese kode plaasvind. Dit sal dan 'n abnormaliteit in 'n poot, vlerk, oog, maag, vere, ensovoorts veroorsaak. Om dus te beweer dat 'n sekere dinosaurus familie voëls geword het, impliseer dat die mutasies in 'n sekere rigting met 'n sekere doel moes plaasgevind het. Dit is onmoontlik. Dit kan nie gebeur nie en is teenstrydig met evolusie se lering dat alle vorme van lewe toevallig ontstaan het.

    ✔ Mutasies veroorsaak siektes, dood en gebreke. Daar is geen eksperimentele bewyse dat mutasies nuwe funksionele genetiese inligting kan veroorsaak nie.

    Daar is nog nooit bewys dat natuurlike seleksie dit kan doen nie.

    Die misvormde bek is 'n mutasie.

    Dit is 'n mite dat mutasies doelgerig gebeur.

    30

  • Feite van die lewe

    1. Die genetiese kode (resep) Die DNS kode is baie bekend. Dit is die genetiese resep vir alle organismes, insluitende plante. Dit is 'n kode, net soos 'n boek in 'n kode geskryf word (die letters word gerangskik om woorde en sinne te vorm wat 'n boodskap oordra). Mense wat rekenaar programme skryf verstaan dit baie goed: geen kode kan toevallig ontstaan sonder 'n intelligente programmeerder nie.

    Wanneer dit by die komplekse kode van lewende organismes kom, kon dit veral nie deur natuurlike seleksie of enige ander toevallige metode ontstaan het nie. Die Bybel identi"seer die Ontwerper (Programmeerder, Skepper), as die alwyse God. Logies sal geen evolusionis dit aanvaar nie, maar die punt is dat daar met al die wetenskaplike proewe nog nooit bewys kon word hoe die genetiese kode toevallig ontstaan het nie. Mense het 3 miljard letters in hulle genetiese resep. As mense weet ons dat slegs met intelligensie kan 'n resep of instruksie handboek of rekenaar program geskryf word. Hoekom sou dit in die natuur anders wees?

    ✔ Dis duidelik dat die natuurlike ontstaan en evolusie van die genetiese kode 'n onoorkomlike probleem vir evolusie is.

    Daar is egter nog 'n groter probleem. Die sel het nie 'n meganisme waardeur nuwe genetiese inligting, byvoorbeeld vir die evolusie van 'n nuwe familie, in die DNS opgeneem kan word nie. Net om dit e%ens duideliker te stel: die genetiese kode bestaan uit net vyf spesi"eke atome van die ongeveer 102 atome in die periodieke tabel. Hoe is koolstof (C), waterstof (H), suurstof (O), stikstof (N) en fosfaat (P). Kon hulle toevallig en vanself in die uiters komplekse struktuur van die DNS saamgevoeg geword het? Duisende, miljoene van die basisse maak deel uit van die struktuur van die DNS en vorm 'n duidelike, unieke resep vir elke familie. Niemand verwag van 'n rekenaar om op sy eie sulke ingewikkelde

    instruksies of resepte te skryf nie. 'n Intelligente programmeerder is die enigste oplossing vir so 'n probleem. Dit kan nie vanself gebeur nie. Net so kon die instruksie kode vir organismes nie lukraak ontstaan het nie.

    Natuurlike seleksie en toevallige mutasies kan nie nuwe komplekse genetiese inligting 'skep' om nuwe families te vorm nie. Daar is 'n paar beginsels van wetenskap wat bewys dat evolusie onmoontlik is. Dit is die soort inligting wat in die handboeke behoort te wees. Tog word daar selde daaraan aandag gegee. Ons noem hierdie beginsels feite van die lewe:

    Elke familie het sy eie unieke genetiese kode.

    Fosforsuur Deoksiribose !suiker

    Adenien

    Die wonder van DNS: slegs 5 spesifieke atome in verskillende kombinasies.

    31

  • Dit is een van die onoorkomelike struikelblokke vir evolusie: hoe het so 'n uiters komplekse genetiese resep vanself, toevallig ontstaan? Sonder duidelike bewyse dat dit wel moontlik was, het evolusie geen fondasie om op te bou nie. Die kode is die belangrikste deel van elke familie van plante, visse, reptiele, ensovoorts. Daarom vind ons in die handboeke dat daar geen verduideliking gegee word van hoe dit ontstaan het nie. Die leerlinge word wel ingelig oor hoe belangrik dit is, en hoe fantasties die werking van die genetiese kode is, maar dit is wetenskap, nie evolusie nie. Die onderwerp is evolusie (die ontstaan van die kode), maar hieroor swyg die handboeke.

    ✔ Die genetiese kode is 'n vlieg in die salf vir evolusie. Niemand kon nog ooit bewys hoe dit deur natuurlike prosesse ontstaan het nie.

    2. Die genetiese grens (barrier) Jare gelede is daar baie bespiegel of vliegtuie die klankgrens sal kan breek. Hulle het. Net so met die naelloop van die myl in 4 minute. Daar is egter een grens wat nooit oorgesteek kan word nie, en dit is die genetiese grens (of omheining) tussen verskillende families (genetic barrier). Dink so daaraan. Die resep van die kat familie verskil van die van die wolf familie. As die wolf in 'n leeu (van die kat familie, Felidae) moet verander, moet sy resep herskryf word. Daar is nie 'n meganisme waardeur nuwe inligting in die selkern ingevoer kan word nie. Mutasies verskaf nie nuwe inligting nie.

    Hulle beskadig die inligting wat daar is. Dus kan dit nooit gebeur dat die genetiese grens oorgesteek word nie. Dit beteken dat 'n familie 'n familie bly. So byvoorbeeld kan die vis nie uit die water klim en 'n landdier word nie. As dit kon gebeur het dat daar nie 'n keermuur was nie, sou ons baie tussengangers gekry het, byvoorbeeld tussen die vis en die landdier.

    Eksperimente met die bakterie Escherischia coli oor 10,000 geslagte bewys dat hulle nog steeds net Escherischia coli gebly het. Daarom vind ons in teling dat honde, honde bly, en beeste, beeste. Hulle mag groter, kleiner, rooier, bruiner, of wat ookal word, maar hulle bly honde, beeste, duiwe, ensovoorts. Orals in die natuur sien ons aparte families. Daar is geen tussengangers nie (wat ons behoort te sien as evolusie die waarheid is). Daarteenoor probeer evolusie die leerlinge wysmaak dat een familie wel in 'n ander een ontwikkel het. Tog is daar nie een enkele voorbeeld wêreld wyd bekend waar dit wel gebeur het nie. Let net op dat ons nie hier praat van spesies van 'n familie nie, want dit is normaal. Evolusie beteken dat een familie in 'n ander een verander het. Byvoorbeeld 'n sekere visfamilie het die water verlaat en 'n landdier geword. Die genetiese omheining om die vis familie maak

    Die genetiese grens verseker dat die wolf familie nie in die kat familie kan of sal verander nie.

    Die genetiese omheining beteken dat visse nie in landdiere kan of sal verander nie.

    'n Varing fossiel wat vandag nog dieselfde lyk en nooit in 'n ander

    familie verander het nie.

    32

  • dit onmoontlik. Net so is dit onmoontlik dat 'n landdier die water kan invaar en 'n walvis word. Die natuur word gekenmerk deur stabiliteit, en dit is omdat God mure om die families geplaas het.

    3. Die fossiel rekord bewys dat evolusie nie plaasgevind het nie. Die fossiel rekord (gegewens) is die enigste konkrete, waarneembare inligting van wat in die verlede gebeur

    het. Daaruit behoort ons te kan a$ei of evolusie die waarheid is of nie. Die fossiel rekord is 'n groot teleurstelling vir evolusioniste. Die fossiele wil nie saamspeel om te bewys dat families wel verander het in ander families nie. Nogtans is daar van die handboeke wat beweer dat fossiele evolusie ondersteun. Dit is 'n leuen.

    Bekende evolusioniste soos Gould, Raup en ander weet dat die fossiele net een boodskap het: families bly families. Die vroegste fossiele van vlermuise lyk nes die van vandag. Daar was geen verandering nie. Dieselfde geld vir verskillende soorte voëls, visse, skilpaaie, ensovoorts. Daar is geen aanduidings dat een familie geleidelik in 'n ander een verander het nie. Die rekord bewys eerder dat families van die begin af volmaak deur God geskep is, dat die genetiese omheining 'n feit is en evolusie nie waar is nie.

    ✔ 'n Groot probleem met fossiele is dat hulle nie weg gewens kan word nie. Museums het honderde duisende verskillende fossiele wat almal kan bestudeer.

    "...All in all, scientists have been able to 'catalyze the %uit 'y's evolutionary process such that what has been seen to occur in Drosophila [%uit 'y] is the equivalent of many millions of years of normal mutations and evolution.' Even with this tremendous speedup of mutations, scientists have never been able to come up with anything other than another %uit 'y" (J Ri(in, Algeny, Viking, New York, 1983, p 134, cited by H Morris, #e Long War Against God, Master Books, 2000, p 160).

    Al die proewe ten spyt, weier die vrugte vlieë om te verander in enige iets anders as vrugtevlieë. Hulle kan nie, as gevolg van die onoorbrugbare versperring, die genetiese blokkade.

    Sou hierdie twee kopbene verwant wees aan mekaar?

    'Rather than supporting evolution, the breaks in the known fossil record support the creation of major groups with the possibility of some limited variation within each group' (A #ompson, Biology, Zoology and Genetics: Evolution Model vs. Creation Model (1983), cited by J P Moreland editor, #e Creation Hypothesis, InterVarsity Press, 1994, p 279).

    Die rekord van die verlede soos gelees in die bene van uitgestorwe diere is nie goedgesind teenoor evolusie nie. Dit bewys dat geen evolusie plaasgevind het nie.

    33

  • 4. Fossiele en familieDaar is nog 'n probleem met fossiele. Evolusioniste is baie lief daarvoor om 'n paar fossiele uit te kies en dan die skelette in 'n progressiewe lyn te plaas, en te beweer dat die een in die ander een ontwikkel het (voorouers en nasate). Daar is geen manier waarop bewys kan word dat sulke skelette verwant is nie. Hulle bestaan slegs uit die been oorblyfsels, en daaruit kan geen a$eidings gemaak word nie. Byvoorbeeld, sou ons die fossiele van 'n Chihuahua en 'n Great Dane albei geklassi"sseer het as honde (as ons nie van hulle geweet het nie)? Waarskynlik nie. Aan die ander kant, kan ons die fossiele van buidel diere en gewone diere wat hulle kleintjies baar as hulle reeds volledig ontwikkel is, onderskei (buideldiere se kleintjies is baie onvolledig, en groei verder in die buidelsak, soos die koala beer)? So kry ons die twee soorte wolwe, buidel en met 'n plasenta (marsupial en placental) wat baie dieselfde lyk, maar gladnie verwant is nie. Dit is belangrik om op die beginsel bedag te wees, want taamlik gereeld word aannames gemaak dat fossiele verwant is, maar dit kan gladnie bewys word nie. Tog moet Darwin se boom van lewe voorouers hê. Ons sal later sien dat leerlinge (en die publiek) bedrieg word deur sogenaamde skakels wat nog nooit gevind is nie. Daar word sommer maklik 'n familie stamboom van dinosourusse geskets, maar dis nie gegrond op feite nie, maar op die aanname dat evolusie 'n feit is.

    ✔ Fossiele kan nie gebruik word om voorouers en nageslagte te bewys nie.

    5. Die tussenganger probleem As 'n vis in 'n landdier moes verander het of 'n landdier in 'n seedier (walvis), of 'n dinosaurus in 'n voël, sou dit volgens evolusie geleidelik oor miljoene jare gebeur het. Dit beteken dat daar baie stadiums sou gewees het waar die dinosaurus minder dinosaurus en meer voël was. Die vermenging van dinosaurus en voël eienskappe sou 'n tussenin dier veroorsaak het. Die Engels is 'n intermediate, maar so 'n halwe dinosaurus halwe voël sou nooit oorleef het nie. Die dinosaurus se voortplantingsorgane, asemhalingstelsel, en vele ander is totaal verskillend van die van 'n voël wat vlieg. Die eiers van reptiele en voëls verskil hemelsbreed. Dieselfde geld ten opsigte van die idee dat 'n landdier in die see ingevaar het en 'n walvis geword het. Die landdier kan nie sout verdra nie, dit het nie 'n dik laag spek vir die koue nie, kan nie die geweldige drukking in sy brein hanteer nie, het heeltemal ander eetgewoontes asook voortplantings meganismes.

    Voorouers

    Voorouers

    ?

    ?

    Die boom van lewe moet voorouers hê.

    '#e fossil record, seemingly so important for anyone advocating evolutionary modi"cation through time, was not very kind to Darwin's cause. As a result, he ignored it; the fossil record certainly did not make him alter his theorizations or expectations. In fact, what he saw o$en was stasis [no changes]' (J Cracra$, Phylogenetic Analysis, Evolutionary Models, and Paleontology, in Phylogenetic Analysis and Paleontology, eds. J Cracra$ and N Eldrege (Columbia University Press, 1979, cited by SC Meyer, et al, Explore Evolution, Hill House Publishers, 2009 (reprint), p 26).

    Die fossiele wou maar nie saamspeel om Darwin te ondersteun nie. Evolusioniste hou nie daarvan nie, maar hou die inligting dig toe.

    34

  • Die oorgangstadiums van een familie na 'n ander kan nie oorleef nie.

    OpsommenderwysHierdie feite maak evolusie onmoontlik:

    • Die genetiese resep.

    • Die heining of families (wat beteken die genetiese resep kan nie herskryf word nie).

    • Daar is geen bewyse van evolusie in die fossiel rekord nie.

    • Fossiele kan nie gebruik word om verwantskappe te bewys nie.

    • Die oorgangstadiums (indien evolusie sou plaasvind), sal nie oorleef nie.

    Hierdie inligting (wat nie uit die duim gesuig is nie, maar wetenskaplike feite is) word nie aan die leerlinge oorgedra nie. Dit is tekenend van indoktrinasie, in plaas van onderrig.

    Van landdier na seedier. Party reken dit was of 'n tipe seekoei, bok of 'n hiena tipe dier (Pachyaena).

    Reptiele en voëls verskil totaal.

    Hoe sou hulle genetiese resepte natuurlik onstaan het?

    35

  • Die vyf afdelings van lewe op aarde

    Die volgende is 'n tabel van die vyf afdelings van lewe op aarde. Van al die miljoene organismes het evolusie 'n handjie vol voorbeelde uit die 5% diere met ruggrate om ons te oortuig dat alle lewensvorme uit 'n gemeenskaplike voorouer ontstaan het.

    Kyk na die skets om te sien hoe omvangryk lewe op aarde is.

    • Die Monera is eensellige organismes sonder 'n kern.

    • Protista is eensellige organismes met 'n kern.

    • Fungi is swamme.

    • Plante.

    • Diereryk, waarvan 95% persent invertebrata is (sonder 'n ruggraat) en 5% vertebrata (met 'n ruggraat). As Darwin se boom van lewe waar was, moes evolusie heel onder by die Monera begin het. Gewoonlik word net 'n klein deel van die boom bolangs behandel. Om slegs op die 5% diere met 'n ruggraat te konsentreer, is om 'n vals idee van die werklikheid van evolusie oor te dra. Daar moet by die begin, begin word, by die vorme van lewe aan die onderpunt van die leer.

    36

  • Hoofstuk 3

    Stilswye

    Die begin van leweDie eerste vraag is, waar en hoe het lewe ontstaan? Volgens die de"nisie van evolusie het dit begin met dooie elemente: die sterrestelsels, ons sonnestelsel en die aarde het sonder plan of doel natuurlik uit niks uit ontstaan deur die oerknal (dit is onmoontlik as gevolg van die beginsel dat alles 'n oorsaak het; niks kan absoluut niks veroorsaak).

    Volgens evolusie het daar op die barre aarde (aanvanklik woes en leeg), deur natuurlike prosesse, elemente verskyn wat spontaan saamgevoeg is om die eerste lewe te vorm. Dit is 'n baie belangrike aspek van evolusie. Die Grieke van destyds het geglo dat lewe in water begin het. Darwin het ook so gedink (hy het dit nie in sy boek bespreek nie, maar net in korrespondensie daaroor bespiegel). Nogtans het die idee posgevat dat dit so moes gebeur het. Die vraag of lewe uit nie lewe ontstaan het, hou mense al lankal besig. Louis Pasteur het reeds in 1864 bewys dat lewe net uit lewe kon ontstaan het (dus kan dooie elemente nie spontaan begin lewe nie). 'n Rus, Oparin het voorgestel dat lewe wel natuurlik kon ontstaan het (1924). Sy idee was dat dit gebeur het deur eenvoudige molekules wat gevorm het en verder verbind het totdat daar lewende organismes gevorm het. In 1953 is die beroemde Miller-Urey eksperiment gedoen.

    Miller het 'n mengsel van ammoniak, metaangas en waterstof in 'n $es met water geplaas. Die idee was om die natuur na te boots deur 'n weerligstraal in die vorm van 'n elektriese stroom deur die water te stuur. Die elemente sou dan verenig om molekules te vorm. Die opgewondheid was groot toe hulle na 'n paar dae gevind het dat sekere aminosure gevorm het (aminosure is die boustene van proteïne, wat weer op hulle beurt die boustene van lewende organismes is). 'n Sterrekundige,

    In hierdie hoofstuk gaan ons aandag gee aan die stilswye in die handboeke oor sekere aspekte wat bewys dat evolusie onmoontlik is. Elkeen van hierdie aspekte wys duidelik dat evolusie nie 'n wetenskaplike proses is nie; elkeen wys dat skepping deur God baie meer logies en wetenskaplik korrek is.

    Het lewe in water ontstaan?

    Metaan!Ammoniak!Waterstof

    Vonk

    Vlam Aftappunt!om produkte!te versamel

    Die Miller-Urey eksperiment

    37

  • Shapley, het genoem dat die eksperiment bewys dat die verskyning van lewe op aarde feitlik 'n outomatiese proses was. Evolusioniste was verheug. Dit was wat hulle gesoek het. Dit het bewys dat die skeppingsverhaal van die Bybel verseker 'n mite is.

    Een aspek van evolusie waarvan die leser bewus moet wees, is dat alles nie noodwendig altyd is soos dit verkondig word nie. Daar is gewoonlik iewers 'n probleem wat koue water op die hele aangeleentheid gooi. Hierdie eksperiment is geen uitsondering nie. Kom ons kyk wat gedoen is in die gretigheid om te bewys dat lewe natuurlik kan onstaan.

    Wetenskaplike probleme Die eerste probleem is dat die eksperiment so e%ens aangepas is. Oparin en Miller het geweet dat die suurstof in die atmosfeer vernietigend vir die hele proses sou gewees het. Molekules sou nie gevorm het in die teenwoordigheid van suurstof nie. Daarom het hulle dit gerie$ikheidshalwe uitgelaat. Maar dit het in elk geval niks gebaat nie. As daar nie suurstof in die atmosfeer was nie, kon daar nie 'n osoon laag gevorm het nie. Osoon is nodig om die skadelike ultra violet strale van die son, van die aarde af weg te keer (ultra violet lig word gebruik om apparaat in hospitale te steriliseer).

    ✔ Suurstof of nie, geen organiese molekules kon gevorm het nie.

    Vanweë hierdie probleem het Oparin en Miller gereken dat daar in die begin in elk geval nie suurstof in die atmosfeer was nie, maar verskeie wetenskaplikes het al bewys dat suurstof van die begin af aanwesig was.

    ✔ Die probleem met die Miller-Urey eksperiment is dat dit nutteloos is.

    Nog probleme• Water smelt of los verbindings op en voeg hulle nie saam nie. Daar is geen manier waarop molekules in

    water kon verbind het om lewe te vorm nie. Aminosure sou nie in water 'n verbinding gevorm het nie.

    • Alle lewende organismes het 'n genetiese kode (of resep). Behalwe dat dit nie natuurlik kan ontstaan nie, kan dit ook nie lank in water hou nie (evolusie is veronderstel om oor baie lang periodes plaas te gevind het).

    • Aminosure kom voor met 'n linker en regter kon"gurasie (dit het te doen met die molekulêre struktuur). Ongelukkig vir die eksperiment was die aminosure gemeng, terwyl proteïne vir lewe net gevorm kan word met linkerkantste aminosure. Dus kon proteïne vir lewe nie gevorm het op die voorgestelde manier nie.

    Wat hulle gebruik het: Waterstof, metaan, en ammoniak

    Wat hulle moes gebruik het: Suurstof, stikstof en koolstof dioksied.

    Wat hulle moes gebruik!het: Suurstof, stikstof en!koolsuurgas

    Wat hulle gebruik het: !Waterstof, metaan, en !ammoniak

    'n Effense 'verstelling' het gehelp.

    38

    Is dit deur intelligensie geskep of het dit toevallig vanself ontstaan? Natuurlike lewe is nog meer

    ingewikkeld. Waarom sou dit vanself ontstaan het?

  • Die grootste probleemDie genetiese resep is die groot hoofpyn. Elkeen van ons verstaan dat 'n boek of 'n rekenaar program geskryf word deur intelligente wesens. Die boodskap of inligting in die boek of program het geen gewig nie ('n boek en die ink het wel massa, maar die boodskap wat deur die intelligente rangskikking van die letters ontstaan, het nie). As ons byvoorbeeld 'n DVD sou neem, dit weeg, al die inligting daarop kon uitvee en weer weeg, sal die massa dieselfde wees. Inligting is nie iets tasbaars nie, want dit is nie materie nie en het nie massa nie. Dis nie die boek of die ink waarmee die letters in die boek gedruk is nie, maar hoe die letters gerangskik is wat vir ons 'n sekere verhaal of inligting gee.

    Dieselfde geld vir die genetiese resep. Elke plant, bakterium, vis, voël, slang, aap, of mens is geprogrammeer met genetiese inligting op sy DNA. Omdat dit nie materie is nie, kon dit nie deur die natuurlike toevallige prosesse van evolusie gevorm het nie. Dit is maklik om te verstaan. Hoe kon dit gebeur het dat miljoene letters toevallig so gerangskik is dat dit die resep van 'n spesi"eke organisme geskryf het? Dit is

    onmoontlik, en evolusioniste weet dit. Daar is nog nooit enige oplossing vir die probleem gevind nie.

    Die antwoord is heel eenvoudig. God is die intelligente Skepper wat al die miljoene verskillende resepte van al die soorte plante, diere en ander organismes beplan het. Die genetiese kode, onontbeerlik vir elke familie, is die grootste knelpunt vir evolusie. Daar word na alle kante rondgeval, maar daar is nog nie en daar sal ook nooit, 'n oplossing daarvoor gevind word nie. Geen kode of resep kan natuurlik ontstaan nie.

    ✔ Die genetiese resep beteken dat geen lewe op aarde op 'n natuurlike manier kon ontstaan het nie.

    Gevolgtrekking• Daar is geen manier waarop die gaping tussen dooie materie en lewende organismes vanself oorbrug

    kan word nie.

    • In die teksboeke word die Miller-Urey eksperiment nie behandel nie. Hoekom nie? Dit was wetenskaplik onakkuraat en geen eksperimente sedert 1953 kon daarop verbeter het nie. Ons vind wel dat die eksperiment in baie universiteits handboeke behandel word asof dit bewys het dat lewe toevallig uit nie-lewe ontstaan het. Dit is 'n infame leuen.

    • Die genetiese resep is een van die belangrike bewyse dat evolusie 'n mooi storie is, maar niks met die werklikheid te doen het nie. Hierdie groot dilemma word nie in die handboeke aangespreek nie. Daar word net eenvoudig gepraat van dit of dat het deur evolusie ontstaan, sonder om ooit te verduidelik waar die genetiese resep vandaan gekom het, of hoe dit verander is sodat een familie in 'n ander een ontwikkel het.

    Die grafskrif vir evolusieVir alle praktiese doeleindes het evolusie 'n natuurlike dood gesterf omdat dit gladnie kan verklaar hoe die genetiese resepte, of die eerste lewende organisme kon ontstaan het nie. Dit kon beslis nie in water, op droë

    Die genetiese resep is die probleem.

    Inligting is nie materie (dit het geen massa) nie.

    39

  • grond of in die lug gevorm het nie. Evolusie sit dus in die benarde posisie dat dit moet verduidelik waar lewe begin het, maar dit kan nie.

    Die ingewikkeldheid van die natuur (complexity)Mense kan maklik, deur 'n gebrek aan kennis, onder die indruk verkeer dat lewe niks besonders is nie. In die tyd van Darwin is geglo dat die sel sommer net 'n klont is. Vandag weet ons beter. Die sel is geweldig ingewikkeld (kompleks). As evolusie ons dus wil wysmaak dat die sel deur die natuurlike proses van seleksie oor miljoene jare sommer vanself ontwikkel het, wil ons kyk of dit moontlik was.

    Om lig op die onderwerp te werp, sal ons die mikroskoop moet nader trek. Net soos mensgemaakte masjiene uit verskillende onderdele bestaan, bestaan enige vorm van lewe uit hoeveelhede dele. Wanneer ons byvoorbeeld na 'n

    renoster kyk, moet ons besef dat dit uit duisende der duisende onderdele bestaan. Dit kan vergelyk word met byvoorbeeld 'n trekker. Eers word die yster uit die grond gehaal. Dan word staal gemaak, asook aluminium. Rubber is 'n belangrike bestanddeel en ook al die ander produkte wat nodig is. Dan word elke onderdeel afsonderlik gemaak, en die trekker word aanmekaar gesit. Alles gebeur volgens 'n rese