loopbaanfasilitering in die veranderende werkskonteks : 'n ...geduld en tyd. my man, jannie, vir sy...

88
LOOPBAANFASILITERING IN DIE VERANDERENDE WERKSKONTEKS: `N OPVOEDKUNDIG-SIELKUNDIGE BENADERING deur Thersia Prinsloo Skripsie voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad Magister Educationis in Opvoedkundige Sielkunde in die Fakulteit Opvoedkunde en Verpleegkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit Studieleier: Prof. J.C. Lamprecht Medestudieleier: Prof. G.J. Rossouw Desember 1999

Upload: others

Post on 24-Oct-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • LOOPBAANFASILITERING IN DIE VERANDERENDE WERKSKONTEKS: `N OPVOEDKUNDIG-SIELKUNDIGE BENADERING

    deur

    Thersia Prinsloo

    Skripsie voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad

    Magister Educationis

    in

    Opvoedkundige Sielkunde

    in die

    Fakulteit Opvoedkunde en Verpleegkunde

    aan die

    Randse Afrikaanse Universiteit

    Studieleier: Prof. J.C. Lamprecht Medestudieleier: Prof. G.J. Rossouw

    Desember 1999

  • LOOPBAANFASILITERING IN DIE

    VERANDERENDE WERKSKONTEKS:

    `N OPVOEDKUNDIG-SIELKUNDIGE

    BENADERING

    deur 6

    Thersia Prinsloo

  • ERKENNING

    Die finansiele bystand van die Nasionale Navorsingstigting ten opsigte van die studie, word hiermee erken.

    Menings in hierdie studie uitgespreek of gevolgtrekkings gemaak, is die van die skryfster en is nie noodwendig die mening of gevolgtreking van die Nasionale Navorsingstigting nie.

  • DANKBETUIGINGS

    Ek wil graag die volgende persone wat elk op 'n unieke en besondere manier 'n bydrae tot die studie gelewer het, bedank.

    • My studieleiers, Professore Lamprecht en Rossouw, vir hul toewyding, aansporing, geduld en tyd.

    My man, Jannie, vir sy volgehoue ondersteuning, liefde en instaan in moeilike tye.

    My kinders, Jantes en Nadia, vir hul verdraagsaamheid en ondersteuning.

    My vriende wat op verskillende wyses betrokke en behulpsaam was. Chantelle, Ester en veral Anys wat my op die hande gedra het.

    My ouers, Johnny en Anna Andrews, vir hul deurlopende geloof in my.

  • SUMMARY

    The society we live in is ever-changing. The youth have to orientate and direct themselves in the

    face of these changes. It appears that schools and school career counselling do not adequately

    equip the learner for the transition from school to the work environment. This and the shortage

    of opportunities cause feelings of uncertainty and hopelessness about the future. The educational

    psychologist career counsellor, with the task of guiding learners in making career choices, is also

    influenced by the changes in society and the work environment. This study is an exploration of

    the changing world of work in order to define the demands made on the educational psychologist

    career counsellor.

    The information explosion and the consequent development of information technology,

    globalisation and the liberalisation of society, cause significant changes in the world of work. The

    industrial world of work is now characterised by several changes, additions and adjustments. The

    move towards a changing world of work implies that workers have to change their conception that

    organisations ensure security and long-term positions. Work is no longer perceived as permanent

    and standardised. The world of work can't be seen as stable, constant and predictable any more.

    It should rather be viewed as entrepreneurial, competitive, urgent, fragmented, diverse,

    unpredictable and short-term-directed. Even the concepts work and career have undergone a

    change in meaning.

    The changing conception of work demands more from workers than that of the industrial

    conception. It becomes increasingly difficult for workers to establish an individual identity. The

    workers' self-worth can no longer be measured according to a specific job or a specific position

    within the hierarchy of an organisation. The demands on the workers' personal, interpersonal and

    career management skills are also increasing. These demands require that workers be directed

    towards life-long learning and training.

    A critical evaluation of the exclusive use of the trait-factor approach to career counselling in the

    changing world of work proves that it is no longer deemed an adequate approach for the

    responsible career counsellor. This requires that educational psychologists have to make changes

    in their approach to career counselling. Guidelines for the move from vocational guidance towards

    a facilitative career counselling approach are presented. This implies a move from an industrial

    conception of work towards a changed conception of work; from objectivity towards perspectivity;

    from experts towards co-workers; from work identity towards a more complex identity; from fitting

    towards empowerment and from individual interventions towards group interventions. The task

    of the educational psychologist career counsellor thus becomes more comprehensive and

    demanding.

  • INHOUDSOPGAWE

    DANKBETUIGINGS

    SUMMARY

    Bladsy

    HOOFSTUK EEN

    KONTEKS VAN DIE STUDIE, PROBLEEMSTELLING,

    DIE DOEL EN METODOLOGIE VAN NAVORSING

    1

    1.1 INLEIDING 1

    1.2 DIE NAVORSINGSPROBLEEM 5

    1.3 DOEL VAN DIE STUDIE 6

    1.4 NAVORSINGSTRATEGIE 6

    1.5 KERNBEGRIPSVERHELDERING 6

    1.6 PROGRAM VAN ONDERSOEK 7

    1.7 SAM EVATTI NG 7

    HOOFSTUK TWEE

    DIE VERANDERENDE OPVATTING VAN WERK EN

    DIE EISE WAT DIT AAN WERKERS STEL 8

    2.1 INLEIDING 8

    2.2 VERHELDERING VAN TERSAAKLIKE KONSEPTE 9

    2.2.1 WERK 9 2.2.2 LOOPBAAN 11

    2.3 DIE INDUSTRIELE OPVATTING VAN WERK 13

    2.3.1 INLEIDING

    13

    2.3.2 DIE AARD VAN DIE INDUSTRIELE OPVATTING VAN WERK

    14

  • 2.3.2.1 Sentralisering van mag en beheer 14

    2.3.2.2 Massaproduksie 14

    2.3.2.3 Outomatisasie 15

    2.3.2.4 Standaardisasie 15

    2.3.2.5 Spesialisasie 16

    2.3.3 DIE IMPAK VAN DIE INDUSTRIELE OPVATTING VAN WERK

    OP WERKERS 16

    2.3.3.1 Werkskode 17

    2.3.3.2 Identiteit 17

    2.3.3.3 Sekuriteit 18

    2.3.3.4 Vervreemding 18

    2.3.3.5 Inperking van werkers 19

    2.4 FAKTORE WAT TOT DIE VERANDERENDE OPVATTING

    VAN WERK LEI 20

    2.4.1 INLEIDING 20

    2.4.2 KENNISONTPLOFFING 20

    2.4.3 GLOBALISERING 21

    2.4.4 TOENEMENDE LIBERALISERING VAN DIE SAMELEWING 23

    2.5 DIE VERANDERENDE OPVATTING VAN WERK

    25

    2.5.1 INLEIDING

    25

    2.5.2 VERSKUIWINGE IN DIE OPVATTING VAN WERK

    26

    2.5.2.1 Vanaf Iangtermynproduksie na korttermynproduksie 26

    2.5.2.2 Vanaf handwerkers na breinwerkers 27

    2.5.2.3 Vanaf standaardisering na innoverende verandering 28

    2.5.2.4 Vanaf sentralisasie na desentralisasie 30

    2.5.2.5 Vanaf permanente aanstellings na kontrakaanstellings 31

    2.5.3 TOEVOEGINGS TOT DIE WERKSOMGEWING EN DIE OPVATTING

    VAN WERK 33

    ii

  • 2.5.3.1 Nuwe soorte werk 33

    2.6 DIE EISE WAT DIE VERANDERENDE WERKSOMGEWING

    AAN WERKERS STEL 34

    2.6.1 INLEIDING 34

    2.6.2 IDENTITEITSVESTIGING 34

    2.6.3 NUWE WERKSVAARDIGHEDE 36

    2.6.3.1 Intellektuele vaardighede 37

    2.6.3.2 Persoonlike vaardighede 37

    2.6.3.3 Interpersoonlike vaardighede 39

    2.6.3.4 Loopbaanbestuursvaardighede 41

    2.6.4 LEWENSLANGE LEER EN OPLEIDING 42

    2.7 SAMEVATTING 43

    HOOFSTUK DRIE

    RIGLYNE VIR DIE OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

    LOOPBAANFASILITEERDER 45

    3.1 INLEIDING 45

    3.2 AANNAMES VAN DIE TREK-EN-FAKTORTEORIE 46

    3.3 KRITIEK OP DIE TREK-EN-FAKTOR-LOOPBAANVOORLIGTINGS-

    BENADERING IN DIE LIG VAN DIE VERANDERENDE WERELD

    VAN WERK

    47

    3.3.1 MIN WERKERS HET WERKLIK DIE MOONTLIKHEID VAN

    LOOPBAANKEUSES 47

    3.3.2 MINDER STATIESE POSOMSKRYWINGS BEMOEILIK

    DIE PASPROSES 47

    3.3.3 DIE KLIENT WORD NIE IN TOTALITEIT IN AG GENEEM NIE 48

    3.3.4 DIE MASSA TOETSINLIGTING VERWAR KLIENTE DIKWELS 48

    iii

  • 3.3.5 DIE TREK-EN-FAKTOR-LOOPBAANVOORLIGTINGSBENADERING

    WORD TE RIGIED GEBRUIK 49

    3.3.6 DIE EKSPERT-PASSIEWE ONTVANGER VERHOUDING SKEP

    PROBLEME 50

    3.3.7 DIE GEBRUIK VAN PSIGOMETRIESE TOETSMATERIAAL WORD

    BEVRAAGTEKEN 51

    3.3.8 GEVOLGTREKKING 52

    3.4 VANAF BEROEPSVOORLIGTING NA LOOPBAANFASILITERING 53

    3.5 RIGLYNE VIR LOOPBAANFASILITERING 56

    3.5.1 INLEIDING 56

    3.5.2 VANAF 'N INDUSTRIELE NA 'N VERANDERENDE OPVATTING

    VAN WERK 57

    3.5.3 VANAF OBJEKTIWITEIT NA PERSPEKTIWITEIT 58

    3.5.4 VANAF WERKSIDENTITEIT NA KOMPLEKSE IDENTITEIT 58

    3.5.5 VANAF EKSPERT NA MEDEWERKER 59

    3.5.6 VANAF PASSING NA BEMAGTING 60

    3.5.7 VANAF INDIVIDUELE INTERVENSIES NA GROEPS-

    INTERVENSIES 62

    3.6 SAMEVATTING 63

    HOOFSTUK VIER

    SAMEVATTING, TEKORTKOMINGE EN AANBEVELINGS 64

    4.1 INLEIDING 64

    4.2 SAMEVATTING 64

    4.3 AANBEVELINGS 69

    4.4 TEKORTKOMINGE 70

    4.5 SLOTOPMERKING 70

    BRONNELYS 71

    iv

  • HOOFSTUK EEN

    KONTEKS VAN DIE STUDIE, PROBLEEMSTELLING, DIE DOEL

    EN METODOLOGIE VAN NAVORSING

    1.1 INLEIDING

    Die wereld waarin ons leef word gekenmerk deur snelle veranderinge en onsekerhede.

    Daarom is Roosevelt se wyse woorde steeds van waarde: "We cannot always build the future for

    our youth but we can build our youth for the future" (In Burns,1986:17).

    Onderwys is daarop gerig om die kind te bou en te bemagtig vir die toekoms. Die vakgebied

    loopbaanvoorligting is 'n integrale deel van die opvoeding van die individu vir die toekoms.

    Loopbaanvoorligting word daarom onder andere in skoolverband en buite skoolverband deur

    voorligtingonderwysers en deur opvoedkundige sielkundiges en sielkundiges aan tersiere

    instellings en ander hulpverleningsinstansies aangebied.

    Die noodsaaklikheid van Ioopbaanvoorligting in skoolverband word onder andere deur Burns

    (1986:1-11), Jacobs, Van Jaarsveld en Von Mollendorf (1988:36) asook die RGN beklemtoon

    (HSRC, 1981a:27-109). Volgens die RGN is deeglike voorbereiding vir werk na skool een van

    die mens en die land se grootste behoeftes.

    Die vraag ontstaan of sodanige Ioopbaanvoorligting in skoolverband toereikend aangespreek

    word.

    In die verband wil ek as 'n vertrekpunt my ervaring van skoolloopbaanvoorligting bied: Ek is

    'n blanke vrou en is tans 'n intern opvoedkundige sielkundige. Ek was vir 'n aantal jare 'n

    voorligtingonderwyser in 'n voormalige model-C skool. In die hoedanigheid was ek nou

    betrokke by die aanbied van voorligting, die uitwerk van vakpakkette, die reel van

    loopbaanuitstallings en die algemene ondersteuning en bemagtiging van hoerskoolleerlinge

    as toekomstige werkstoetreders.

    Graag gee ek my indrukke van die praktyk, hetsy deur eie ervaring of deur die soeke na

    moontlikhede om my werk as loopbaanvoorligter verantwoordbaar en verantwoordelik te doen,

    wat my noop om hierdie studie te doen.

    'n Eerste indruk is die leerders se nood en onsekerheid veral as gevoig van die huidige

    implikasies van die politiese, sosiale en ekonomiese veranderinge vir hulle toekoms. Die

  • media berig oor rasionalisering van poste, regstellende aksie-afleggings en aanstellings, asook

    die hoe werkloosheidskoers: 20% in 1994 en 23% in 1997 (Suid-Afrikaanse Statistiekdiens,

    in Nelmapius, 1998:2). Onder jongmense was die werkloosheidskoers nog groter, sowat 35%

    en onder ongeskooldes selfs nog hoer (Suid-Afrikaanse Statistiekdiens, in Nelmapius, 1998:2).

    Dit het 'n negatiewe impak op baie van die leerders se toekomsvisie. Gevoelens van

    moedeloosheid, angstigheid en toekomsloosheid kom by sommige leerders voor. Voorheen

    het leerders se motivering vir leer op skool tot 'n groot mate gegroei uit die wete dat goeie

    punte op skool vir hulle 'n vaste betrekking kan besorg. 'n Vaste werk na skool is nou slegs

    vir 'n klein persentasie beskore. Verskeie faktore, waaronder swak ekonomiese toestande,

    het werkskepping gekortwiek (Bridges,1995: 1-14, Pemberton, 1995:XV).

    Genoemde veranderinge het 'n groot impak op leerders. Baie leerders voel toekomsloos en

    is daarom passief wanneer hulle die beroepstudiedeel van loopbaanvoorligting moet doen.

    Die gevoel is dat die wat wil gaan werk, as gevoig van die gebrek aan werksgeleenthede nie

    regtig in staat is om keuses te kan uitoefen nie. 'n Groot persentasie leerders voel daarom

    onseker en onmagtig om keuses uit te oefen.

    Die onsekerheid oor hul werkstoekoms word bevestig deur die groot aantal leerders

    (voornemende werkers) wat jaarliks vir loopbaanvoorligting by opvoedkundige sielkundiges en

    ander hulpverleningsinstansies aanmeld. Volgens Visser (In Olivier,1997:21) is 38,5% van

    aanmeldings by sielkundiges loopbaanvoorligting- en opvoedingsverwante aanmeldings. Die

    hoeveelheid aanmeldings is na alle waarskynlikheid net 'n klein gedeelte van die werklike

    behoeftes, omdat dit 'n baie groot deel van die bevolking uitsluit wat sodanige professionele

    dienste nie kan bekostig nie (Sibaya,1996:87).

    Uit die bogemelde groot aantal aanmeldings vir loopbaanvoorligting wil dit voorkom asof 'n

    groot aantal leerders nie voldoende toegerus word om loopbaankeuses uit te oefen nie.

    Leerders wat ontoegerus voel, meld dan op 'n laat uur aan vir toetsing om op 'n "kunsmatige"

    wyse gehelp te word (Kok,1995:3). Hieruit blyk dit dat skoolloopbaanvoorligting in gebreke bly

    om leerders toe te rus vir die oorgang van skool na die wereld van werk. Gore (1993:13)

    beweer in die verband dat die skoolloopbaanvoorligting wat leerders ontvang, nie konstruktief

    is nie. Dit is ook nie in pas met die realiteite, behoeftes en vereistes van die wereld van werk

    nie (Gore, 1993:13).

    Benewens die genoemde behoefte aan gepaste skoolloopbaanvoorligting vir die wereld van

    werk, het die gebrek aan werksgeleenthede vir voornemende werkstoetreders ander eise aan

    my as Ioopbaanvoorligtingonderwyser gestel: Leerders moet deur middel van skoolloopbaan-

    voorligting voorberei word vir werk in verswakte ekonomiese toestande waar daar bykans nie

    2

  • werk is nie. Daar is nie riglyne oor hoe leerders hiertoe begelei moet word nie. Ek het

    onvergenoegd gevoel oor die kennisbasis waaroor ek beskik het. Op grond van my

    kennisbasis moes die kind tot selfkennis en beroepskennis gelei word (Parsons, in Betz,

    Fitzgerald & Hill, 1991:27; Jacobs et al., 1988:165). Die leerder sou daarna 'n

    verantwoordelike beroepskeuse kon maak (Lindhard,1988:2-5; Jacobs et al., 1988:165).

    Intussen basuin dagblaaie dit uit dat slegs 'n klein persentasie matrikulante werk sou kry.

    Werkloosheid is 'n verlammende faktor waarvoor ek nie 'n antwoord gehad het nie. Watter

    keuse kan die leerder maak as daar nie werksgeleenthede is nie? Met watter kennis en

    vaardighede kan ek hierdie proses beter fasiliteer?

    Die onbeantwoorde vrae en onsekerhede het 'n negatiewe invloed op my funksionering as

    loopbaanvoorligter en moontlik op talle ander loopbaanvoorligters ook. Dan is dit dalk nie so

    vreemd dat Lamprecht (1989:503-507) van mening is dat bale leerders nie vertroue in skole

    se loopbaanvoorligting het nie. Hierdie gebrek aan vertroue in die voorligtingsprogramme van

    skole en die onsekerheid oor eie vaardighede, dra verder by tot die hoe persentasie

    loopbaanonsekerheid by leerders (Departement van Onderwys,1997:18; Jacobs et al.

    1988:68; Van Heerden,1991:3-6). Van Zyl Slabbed, F; Malan, C; Marais, H; Olivier, J en

    Riordan, R (1994:109) is selfs van mening dat die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel die

    leerders ten opsigte van loopbaanvoorligting in die steek laat. Die groot aantal leerders wat

    vir loopbaanvoorligting by buite-instansies aanklop, kan moontlik onder andere hieraan

    toegeskryf word.

    Die behoefte en problematiek word ook vanuit owerheidswee erken, soos blyk uit die

    aanbevelings van die RGN-Werkskomitee:Voorligting (HSRC, 1981b:8). In die verslag word

    aanbeveel dat onderwysers spesiaal opgelei moet word vir loopbaanvoorligting en dat die

    totale onderwyskorps by hierdie voorligting van leerders betrokke moet wees. Dit gebeur egter

    as gevolg van 'n verskeidenheid redes nie so in die praktyk nie.

    Van die redes wat aangegee word vir die ontoereikendheid van skoolloopbaanvoorligting, is

    onder andere die volgende:

    'n tekort aan toepaslik opgeleide personeel vir die poste as skoolloopbaanvoorligters

    (HSRC,1981b: 28; Mwamwenda, 1995:457; Van Aardt, 1994:32);

    poste van skoolloopbaanvoorligters word dikwels deur onervare personeel gevul

    (HSRC,181b:73);

    die groot aantal leerders in klasse maak dit moeilik om 'n hoe standaard van

    skoolloopbaanvoorligting to handhaaf (HSRC,1981b:74,109);

    daar is nie op nasionale viak vasgestelde kriteria vir die opleiding van

    3

  • voorligtingonderwysers nie (HSRC,1981b:93);

    • 'n algemene gesindheid van traak-my-nie-agtigheid oor loopbaanvoorligting as vakgebied

    heers dikwels (HSRC,1981b:109; Mwamwenda, 1995:457; Van Aardt, 1994:32) en

    die beperkte tyd wat skole aan die vak loopbaanvoorligting afstaan (HSRC, 1981b:74).

    Om bogenoemde redes het baie skole geen opgeleide voorligtingonderwysers nie. Die vak

    word in baie skole glad nie aangebied nie. 'n Rede hiervoor is moontlik omdat die

    voorgestelde kind-onderwyser-ratio van 35:1, skole verplig om eerder onderwysers vir

    akademiese vakonderrig aan te stel. Wanneer daar na die swak matrikulasieslaagsyfer gekyk

    word, is dit deels te verstane dat die klem op die onmiddellike nood van akademiese

    vakonderrig val.

    Loopbaanvoorligting op skool behoort van so aard te wees dat slegs 'n klein persentasie,

    anders as die huidige, uiteindelik vir individuele loopbaanvoorligting aanmeld (Kok, 1995:3).

    Die skoolloopbaanvoorligtingsproses behoort die leerder met die nodige vaardighede toe te

    rus en te help om 'n gesindheid te kweek wat kan lei tot die maak van eie keuses en die

    formulering van eie lewensdoelwitte. Hierin faal die skoolvoorligtingsprogramme (Burns,

    1986:11-13).

    In my soeke na antwoorde vir die aanbieding van geslaagde loopbaanvoorligting het ek besef

    dat skoolloopbaanvoorligters vasgeval is in die tradisionele model van onderrig en

    hulpverlening. Onderrig in die meeste staatsondersteunde skole is gebaseer op die aanname

    dat die meeste probleme in die wereld reeds opgelos is en dat alle kennis daarbuite

    beskikbaar is. Hiervolgens ken die onderwyser die antwoord op alles en sal dit aan die leerder

    oordra. Die leerder moet die bestaande kennisbasis sy/haar eie maak en hoef nie aktief te

    soek na antwoorde om met sekerheid deur die wereld te beweeg nie. Die onderrigmetodes

    van skole is daarom oorwegend gerig op klakkelose memorisering. Hierdie wyse van leer help

    nie om vaardighede te ontwikkel nie, maar dra eerder by tot die verlering daarvan (Mehl, in De

    Swardt, 1998:1). Leerders raak eerder passief in die proses en maak dan op die raad van

    kundiges staat om hulle te help om 'n loopbaankeuse te maak.

    'n Verdere deel van die praktyk wat my dikwels as loopbaanvoorligtingonderwyser onbekwaam

    en moedeloos laat voel het, was dat ek skielik met 'n multikulturele groep leerlinge moes werk.

    Ek kon nie meer van die bekende evalueringsmetodes gebruik maak nie. Die standaard

    psigometriese evalueringsmateriaal wat ek voorheen gebruik het, was meestal nie vir alle

    bevolkingsgroepe gestandaardiseer nie (Foster, Nicholas & Dawes, in Owen,1998:108). Ek

    wou my kennis en vaardighede verbeter deur verdere studie, ten einde leerders meer

    konstruktief ten opsigte van loopbaanvoorligting te kon help. Die verdere studie het my in die

    4

  • opsig aanvanklik egter net met meer van dieselfde onbeantwoorde vrae en gevoelens van

    ontoegerustheid gelaat. Modernistiese meetinstrumente is bestudeer wat in baie gevalle nie

    vir die kompleksiteit van die multikulturele samelewing voorsiening maak nie. Die opleiding het

    daarom net meer kennis van dieselfde metodes en toetse behels as die waarmee ek

    ontoegerus gevoel het. In die latere deel van my studies, tydens die Ioopbaanvoorligtings-

    lesings van prof. Lamprecht (1997), het die aanbieding en bevraagtekening van die

    modernistiese metodes wat Ioopbaanvoorligters soos opvoedkundige sielkundiges meestal

    gebruik, my gevoel geeggo en begrond.

    Uit die reeds gemelde ervaring van skoolloopbaanvoorligting blyk dit dat leerders as

    voornemende werkers nie in skoolverband toereikend toegerus word om Ioopbaankeuses te

    kan maak nie. 'n Groot aantal leerders meld daarom moontlik, soos reeds genoem, by

    opvoedkundige sielkundiges aan vir loopbaanvoorligting (Visser, in Olivier 1997:21).

    Die vraag kan nou gevra word of dit regverdigbaar is dat talle opvoedkundige sielkundiges

    hierdie leerders teen hoe koste eenmalig toets en dan aanbevelings maak. Die aanbevelings

    wat kundiges soos opvoedkundige sielkundiges maak, kan moontlik 'n vals gevoel van

    toegerustheid ten opsigte van loopbaankeuses by die jeugdige skep. Hoe pas dit in by die

    dinamiese en veranderende %Nereid van die 21ste eeu?

    Hierdie studie poog om 'n bydrae te lewer deur die beantwoording van die volgende

    probleemvraag:

    1.2 DIE NAVORSINGSPROBLEEM

    Watter eise stel die veranderende opvatting van werk aan die opvoedkundige sielkundige as

    loopbaanvoorligter?

    Subvrae:

    Wat behels die veranderende opvatting van werk?

    Watter eise stel die veranderende opvatting van werk aan die werker?

    Wat is die tekorte van die eksklusiewe gebruik van die trek-en-faktor-loopbaan-

    voorligtingsbenadering in die veranderende wereld van werk?

    Watter loopbaanvoorligtingsbenadering word in die veranderende %Nereid van werk

    benodig in die lig van die tekorte van die trek-en-faktor-loopbaanvoorligtings-

    benadering?

    5

  • 1.3 DOEL VAN DIE STUDIE

    Hierdie studie is daarop gerig om riglyne te bied vir die opvoedkundige sielkundige as

    loopbaanvoorligter binne die konteks van die veranderende opvatting van werk.

    Die navorser sal poog om riglyne vir 'n veranderde loopbaanvoorligtingsbenadering te

    ontwikkel aan die hand van die volgende subdoelstellings:

    'n teoretiese verkenning van die veranderende opvatting van werk

    'n teoretiese verkenning van die eise wat die veranderende opvatting van werk aan

    werkers stel

    die identifisering van tekorte van die eksklusiewe gebruik van die trek-en-faktor-

    loopbaanvoorligtingsbenadering in die veranderende wereld van werk

    1.4 NAVORSINGSTRATEGIE

    Die navorsingstrategie wat gevolg word, is 'n verkennende literatuurstudie.

    Die verkennende literatuurstudie het ten doel om as 'n voorstudie te dien (Mouton, 1992:45)

    vir moontlike verdere studies om 'n kontemporere benadering tot opvoedkundige sielkundige

    loopbaanvoorligting in Suid-Afrika daar te stel. Daar sal gepoog word om riglyne te genereer

    en nie om dit te toets nie. Daar is dus 'n groter klem op die verken, ondersoek en beskryf van

    die verskynsel, en geen klem op hipotesetoetsing en verifiering nie (Leedy, 1997:95). Daarom

    word daar nie vanaf vooropgestelde hipoteses uitgegaan nie en word daar 'n oop en plooibare

    benadering gevolg waaruit riglyne gebore kan word.

    Alhoewel die studie 'n spesifieke fokus het, laat die benadering ruimte vir die navorser om

    onverwagte uitkomste te benut. Dit bied ook ruimte om moontlike riglyne te ontwikkel wat die

    opvoedkundige sielkundige as loopbaanvoorligter kan rig binne die nuwe era en veranderende

    wereld van werk.

    1.5 KERNBEGRIPSVERHELDERING

    Begripsverheldering rakende sentrale kernbegrippe wat in die studie gebruik word, is nodig.

    Die volgende begrippe, naamlik werk en loopbaan, word onder punt 2.2 verhelder. Ander

    begrippe word waar nodig in die teks omskryf.

    6

  • 1.6 PROGRAM VAN ONDERSOEK

    Daar is in Hoofstuk Een 'n uiteensetting gebied met betrekking tot die agtergrond, probleem-

    en doelstelling, metode van ondersoek en die kernbegripsverklaring. Die verdere program van

    ondersoek verloop sons volg:

    Hoofstuk Twee: In die bestek van hoofstuk 2 word daar gefokus op die veranderende

    opvatting van werk en die eise wat dit aan werkers stel.

    Hoofstuk Drie: In hierdie hoofstuk word daar in die lig van die veranderende opvatting

    van werk en die eise wat dit aan werkers stel, kritiek gelewer op die

    eksklusiewe gebruik van trek-en-faktor-loopbaanvoorligtingsbenadering.

    Daarna word die verskuiwing vanaf beroepsvoorligting na loopbaan-

    fasilitering asook die riglyne vir loopbaanfasilitering uiteengesit.

    Hoofstuk Vier: In die hoofstuk word 'n samevatting van die studie gedoen en die

    tekortkominge van die studie sowel as aanbevelings vir verdere

    navorsing word uiteengesit.

    1.7 SAMEVATTING

    In hierdie hoofstuk is die agtergrond, die probleem- en doelstelling, asook die metode van

    ondersoek kortliks bespreek. Daar is 'n uitgewys dat skole en skoolloopbaanvoorligting

    leerders nie voldoende voorberei vir die oorgangsfase van skool na die werksomgewing nie.

    Hierdie situasie lei daartoe dat talle leerders dan by opvoedkundige sielkundiges aanmeld om

    huip te kry vir die oorgangsfase na die wereld van werk.

    Daarna is die probleemstelling aangebied. Die studie stel ten doel om deur die daarstelling

    van riglyne 'n bydrae te lewer tot opvoedkundige sielkundige loopbaanvoorligting in die

    veranderende wereld van werk. In die hoofstuk is die verloop van die studie ook uiteengesit.

    Die veranderende opvatting van werk en die eise wat dit aan werkers stel, word in die

    volgende hoofstuk uiteengesit.

    7

  • HOOFSTUK TWEE

    DIE VERANDERENDE OPVATTING VAN WERK EN DIE EISE WAT

    DIT AAN WERKERS STEL "The world that our parents knew is not the world we live in today; nor is our world any sure

    guide to the way our children will live and love and work. We live in an Age of Unreason when

    we can no longer assume that what worked well once, will work well again, when most

    assumptions can legitimately be challenged" (Handy, 1989:203).

    2.1 INLEIDING

    Die kontemporere opvoedkundige sielkundige leef en werk, soos alle ander individue, aan die

    einde van die millennium in 'n wereld wat gekenmerk word deur veranderinge op

    internasionale, nasionale en plaaslike viak. Hierdie veranderinge vind neerslag op politieke,

    sosiale, ekonomiese en professionele terreine en lei onder andere tot 'n gewysigde opvatting

    van werk (Richter, Griesel, Durheim, Wilson, Surendorff & Asafo-Agyei, 1998:1). Savickas

    (1993:205) huldig dieselfde mening en se dat werk aan die einde van die millennium in 'n

    totaal ander lig beskou word. Die blote kennisname van die feit dat werk in 'n ander lig beskou

    word, is egter nie voldoende vir die opvoedkundige sielkundige wat op verantwoordelike en

    relevante wyse wil werk nie.

    Vir die verantwoordelike en relevante opvoedkundige sielkundige loopbaanvoorligter geld die

    volgende kernaannames steeds: die individu wat sinvolle loopbaanbesluite wil mask, het

    kennis van die self en kennis van die wereld van werk nodig (Jacobs, et al. 1988:165; Lindhard

    & Oosthuizen, 1985:30). In sodanige proses het die meeste individue hulp nodig om kennis

    van die self en kennis van werk te bekom, om daaroor te kan redeneer en die feite teen

    mekaar op te weeg om sodoende sinvolle loopbaanbesluite te kan neem (Watts, 1995:1-11).

    Hierdie proses veronderstel dat die opvoedkundige sielkundige en die klient albei inligting en

    'n diepgaande kennis bekom van die individu as totale mens en van die aard en eise van die

    wereld van werk en van die verskillende soorte werk.

    Indien opvoedkundige sielkundiges werkers en voornemende werkers op verantwoordelike

    wyse in die proses wil help, kan werkers en die wereld van werk egter nie as statiese konsepte

    hanteer word nie. Daar moet onder andere tred gehou word met die steeds veranderende eise

    wat die wereld van werk aan werkers stel om ekonomies onafhanklik te kan funksioneer

    (Pemberton, 1995:XVI). Kennis van die veranderende wereld van werk is hiervoor nodig en

    8

  • daarom sal die navorser in die hoofstuk probeer om die volgende subvrae te beantwoord: Wat

    behels die veranderende opvatting van werk en watter eise stel dit aan werkers?

    2.2 VERHELDERING VAN TERSAAKLIKE KONSEPTE

    Die terme werk en loopbaan word as kernkonsepte in die studie beskou. 'n Omskrywing van

    die kernkonsepte word enersyds gedoen omdat die studie primer te make het met die eise wat

    die veranderende opvatting van werk aan die werk en Ioopbane van werkers stel en daaruit

    voortvloeiend ook aan Ioopbaanvoorligting stel. Andersyds word die omskrywing gedoen

    omdat beide terme op verwarrende wyse in die literatuur sowel as in die volksmond gebruik

    word om die aktiwiteite en die rol wat werk in die lewens van werkers vervul, te beskryf.

    Duidelikheid oor wat werk en wat loopbaan is, is daarom nodig.

    Die terme werk en loopbaan word vervolgens omskryf.

    2.2.1 WERK

    In die literatuur gebruik verskillende skrywers 'n wye verskeidenheid benaminge soos "job",

    betrekking, werk, pos en beroep wanneer daar na die konsep werk verwys word (Richardson,

    1993:428). Die inhoud wat aan die konsep werk gegee word, word ook deur die tydvak waarin

    dit voorkom, bepaal.

    In die pre-industriele tydvak, voordat fabrieke werk geroetineer het, het mense in

    ongestruktureerde omgewings gewerk. Werk is nie volgens vaste posomskrywings of in vaste

    betrekkings verrig nie. Die mens se dagtaak is eerder deur die mens se daaglikse behoeftes

    bepaal (Bridges, 1995:10-17). Die heersende konsep van werk het eers in die agtiende en

    negentiende eeu geleidelik ontwikkel (Bridges, 1995:32-34). In die snelgroeiende fabrieks-

    wese en ander burokratiese instellings is werk onderverdeel in gespesifiseerde take

    (Bridges,1995:15; Hakim, 1994:4). Sodanige werk is volgens voorskrifte binne 'n vaste

    posomskrywing en binne vasgestelde ure verrig (Bridges, 1995:10-17). Werk wat volgens

    vaste omskrywing gedoen is, is deur die samelewing 'n "job", werk of betrekking genoem

    (Bridges, 1995:10/11). Hiervolgens het die mens dan 'n keuse gemaak vir 'n beroep wat

    meestal beteken het dat die mens lewenslank dieselfde soort werk of beroepsverwante

    aktiwiteite verrig het. Beroep is volgens Jacobs et al. (1988:1) 'n menslike beskawingsproduk

    waardeur onder meer 'n bepaalde soort arbeid afgebaken word en die aard van 'n besondere

    arbeidstaak aangedui word.

    9

  • In die huidige tegnologiese en inligtingseeu verander die betekenis wat aan werk gekoppel

    word, steeds. Werk word nou minder duidelik volgens spesifieke riglyne afgebaken. Bridges

    (1995:15) se in die verband die volgende:

    "...the very concept of job itself - fitted the task-patterns dictated by the labor divisions

    necessary to run a mechanistic system. Long production runs, extended chains of command,

    fixed job descriptions - all these made sense in the slower-moving factories and offices of the

    pre-electronic world. But today these things are too rigid. The structures, procedures, and

    roles of the past are too slow for a world driven and networked by electronic data."

    Werk word in die veranderende wereld van werk eerder as aktiwiteite gesien (Handy,1989:24)

    wat onder andere verrig kan word in vaste betrekkings, op 'n tydelike basis, op 'n deeltydse

    basis asook in eie diens, met of sonder betaling. Hierdie siening is egter problematies in die

    sin dat dit impliseer dat niemand teoreties gesproke dus werkloos kan wees of kan aftree nie.

    Toffler (1983:30) ondersteun die beskouing en beweer dat die betekenis van werkloosheid

    besig is om te verander.

    "If work were defined as activity, some of which is paid for, then everyone is a worker, for

    nearly all their natural life. If everyone were treated as self-employed during their active years

    then by law and logic they could not be unemployed. ... .The words 'retirement' and

    'unemployment' used only as a contrast to employment would cease to be useful" (Handy,

    1989:20/21).

    Hall (In Richardson 1993:428) se definiering van werk sluit aan by Handy (1989:20,21) se

    beskouing dat werk aktiwiteite behels. Hall omskryf die gerigtheid van die aktiwiteite egter

    duideliker wanneer by se:

    "...the effort or activity of an individual performed for the purpose of providing goods or services

    of values to others; it is also considered to be work by the individual so involved'.

    Uit bostaande bespreking blyk dit dat die betekenis wat aan die konsep werk gekoppel word,

    verander het van 'n blote sinoniem vir 'n vaste betrekking wat volgens 'n vaste posomskrywing

    verrig is, na 'n meer omvattende of wyer betekenis.

    In hierdie studie impliseer die konsep werk die wyer betekenis daarvan en behels dit alle

    werksverwante aktiwiteite wat deur die individu verrig word om goedere of dienste te lewer

    waarvoor hy/sy meestal vergoed word. Dit kan egter ook werksverwante aktiwiteite en

    leerervaringe insluit waarvoor geen direkte vergoeding ontvang word nie, maar wat moontlik

    kan bydra tot die uitbouing van 'n mens se vaardighede en Ioopbaan. Werk as konsep word

    uitruilbaar vir terme sons beroep, pos, betrekking en werksverwante leerervaringe gebruik.

    1 0

  • 2.2.2 LOOPBAAN

    Om die konsep loopbaan te omskryf, is eweneens problematies. Dit word in die literatuur in

    'n verskeidenheid kontekste met uiteenlopende betekenisse gebruik.

    Die konsep loopbaan is voorheen dikwels as sinoniem vir die aanvanklike beroepkeuse en/of

    opwaartse vordering van veral professionele persone gebruik (Greenhaus & Callanan, 1992:4;

    Hall, 1996:1-7). Loopbaan is aanvanklik (volgens die industriele opvatting van werk) ook

    gelykgestel aan 'n lewenslange beroep of verbandhoudende soorte werk (Greenhaus &

    Callanan, 1992:5; Hall, 1996:1; Pemberton, 1995:7-9). Hiervolgens het 'n individu enersyds

    byvoorbeeld vanaf regstudent, prokureursklerk, junior vennoot, senior vennoot tot regter

    gevorder. Andersins het loopbaan beteken dat 'n individu in een organisasie in 'n bepaalde

    afdeling soos bemarking vanaf die laagste tot die hoogste posvlak kon vorder. Dit het onder

    andere geImpliseer dat loopbaan die strukturele eiendom van 'n organisasie of professionele

    liggaam is (Greenhaus & Callanan, 1992:4) en die organisasie is dan ook meestal

    verantwoordelik gehou vir die loopbaanontwikkeling van die individu.

    Bogemelde gebruik van die konsep loopbaan is in pas met die Franse woord "carriere"

    waarvan dit afgelei is en wat roete, pad, weg of resiesbaan beteken (Dalton, 1991:89).

    Gevestigde definisies soos die volgende is gebruik om loopbaan as sulks te definieer:

    "a person's course of progress through life (or distinct portion of life)" and adds the qualifier

    "esp, when publicly conspicuous, or abounding in remarkable incidents".

    (Oxford English Dictionary, in Arthur, Hall & Lawrence, 1991:9)

    of die van Wilensky (In Brown & Scase, 1997:85):

    "career is a succession of related jobs, arranged in a hierarchy of prestige, through which

    employees move in an ordered, predictable sequence".

    Hierdie definisies word toenemend gekritiseer en as te beperkend beskou omdat dit slegs die

    rol van werk van 'n klein elitistiese minderheid omskryf. Die rol van werk in alle werkers se

    lewens (loopbaan) word nie noodwendig gekenmerk deur opwaartse vordering,

    verbandhoudende soorte werk, sukses, status, geld en professionaliteit nie.

    Sodanige beperkende beskouings het veroorsaak dat persone soos Nicholson en West

    (1991:181) en Richardson (1993:427) wil wegdoen met die term loopbaan. Richardson stel

    voor dat die term werksrol eerder gebruik word terwyl Nicholson (1991:181) die term

    werksgeskiedenis as alternatief voorstel. Die vervanging van die term loopbaan met ander

    terme soos werksrol is volgens Arthur et al. (1991:9) egter nie 'n oplossing nie. Hy meen dat

    11

  • 'n ryk teoretiese geskiedenis van die term loopbaan op die wyse verlore sal gaan omdat die

    term loopbaan wel in talle teoretiese beskouinge so gebruik word dat dit op die wyer betekenis

    van werk in mense se lewens dui. Hall (1996:1) bled dan ook die verband die volgende

    definisie van loopbaan aan:

    "Career is a series of lifelong work -related experiences and personal learnings".

    Hall (1996:7) versterk sy argument vir die behoud van die term loopbaan met sy beskouing dat

    loopbaan deel uitmaak van die individu se soeke na persoonlike betekenisvolheid:

    "We need to look at the individual's overall quest for meaning and purpose as she or he

    pursues the path with a heart; the individual's sense of direction in the search for work that has

    personal meaning".

    Sodanige gebruik van die term loopbaan is nie beperkend nie en verwys na die wyer betekenis

    en samehang van werk en ander werksverwante aktiwiteite in die individu se lewe (Arthur et

    al. 1991:7). Loopbaan sluit die geskiedenis en rol van werk sowel as die persoonlike betekenis

    wat die individu daaraan heg, in. Loopbaan word op die wyse in der waarheid gebruik om die

    verskillende werksaktiwiteite en die persoonlike betekenis daarvan in die mens se lewe tot 'n

    narratiewe eenheid saam te bind. Waar daar voorheen groter klem geplaas is op die

    "eksterne" loopbaan (werklike betrekkings en poste wat 'n individu beklee het) word daar nou

    eerder groter klem geplaas op die "interne" loopbaan of "protean career" (die persoonlike

    persepsies en selfkonstruksie van loopbaanverskynsels) van die individu (Hall, 1996:7). Die

    loopbaan van die individu bly ook altyd 'n integrale en soms moeilik skeibare deel van die

    individu se totale lewenskonteks en soeke na eie betekenisgewing (Hall, 1996:7).

    Die navorser ondersteun bostaande beskouing van die konsep loopbaan en verkies die

    voortgesette gebruik daarvan bo terme soos werksgeskiedenis en werksrol.

    Die term loopbaan word vir die doeleindes van hierdie navorsing as versamelnaam of

    narratiewe eenheid gebruik om die betekenis en verband tussen alle werk en werksverwante

    aktiwiteite en ervaringe in die lewe van 'n mens te omskryf. Hiervolgens het almal wat werk

    'n loopbaan. Konsepte soos beroep, betrekking en ander werksverwante aktiwiteite,

    werksverwante leerervaringe en rolle vorm dus onderdele van die mens se loopbaan.

    Uit bostaande bespreking blyk dit dat die betekenisinhoud van die konsep loopbaan met

    verloop van tyd in die literatuur verander het. Die betekenisverskuiwing gaan gepaard met die

    veranderende opvatting van die begrip werk.

    12

  • Die veranderende opvatting van werk word vervolgens onder die volgende hoofopskrifte

    bespreek: die industriele opvatting van werk, faktore wat lei tot die veranderende opvatting van

    werk en die veranderende opvatting van werk.

    2.3 DIE INDUSTRIELE OPVATTING VAN WERK

    2.3.1 INLEIDING

    Volgens Bridges (1995:33-55) is die betekenisverandering wat werk tans (na 1970) ondergaan

    die tweede groot 'job shift" oftewel ingrypende verandering in die opvatting van werk. Die

    vorige groot verandering in die opvatting van werk het rondom die eeuwending van 1700-1800

    tydens die industriele revolusie plaasgevind (Bridges, 1995:33-55; Pemberton, 1995:60-65;

    Savickas, 1993:205). Wetenskaplike kennis en die uitvinding van masjiene het gelei tot

    industrialisasie (Lotter, 1995:12). Industriele samelewings wat op kapitalistiese beginsels

    berus het, het kenmerkend geword van Westerse lande. Die pre-industriele opvatting van

    werk het plek gemaak vir die industriele opvatting van werk. Die industriele opvatting van werk

    wat tydens en na die industriele revolusie tot stand gekom het, sou voortleef in die 19de eeu

    asook die grootste gedeelte van die 20ste eeu

    Die industriele opvatting van werk het vandag in baie gevalle al reeds verander, of is besig om

    te verander. Dit het egter nie oral verander nie. Alhoewel daar (ter wille van eenvormigheid

    in die studie) in die verlede tyd daarna verwys word, beteken dit nie dat daarmee gese word

    dat die verandering reeds plaasgevind het en afgehandel is nie (2.5.1). Die industriele

    opvatting geld dus nog steeds vir talle mense.

    Die term industriele opvatting van werk word in die studie as omvattende term gebruik om die

    opvatting van werk soos wat dit in die 19de eeu en in die grootste gedeelte van die 20ste eeu

    gebruik is, te omskryf. In die literatuur word terme soos moderne werk, burokratiese

    werkstrukture, industriele werk, nywerheidswerk asook fordisme gebruik om werk in die era te

    beskryf (Bridges, 1995:34-39). Sodanige terme word vir die doeleindes van die studie

    gelnkorporeer onder die term industriele opvatting van werk.

    Die industriele opvatting van werk word vervolgens kortliks bespreek omdat die kontemporere

    algemene begrip van werk grotendeels teen die agtergrond verstaan moet word.

    13

  • 2.3.2 DIE AARD VAN DIE INDUSTRIELE OPVATTING VAN WERK

    Die aard van die industriele opvatting van werk blyk duidelik uit die kenmerkende strewe na

    sentralisering van mag en beheer, massaproduksie, outomatisasie, standaardisasie en

    spesialisasie.

    2.3.2.1 Sentralisering van mag en beheer

    Die industriele Westerse wereld en samelewings is gekenmerk deur 'n strewe na groter

    sentrale beheer, magsuitoefening en kontrole van die wereld. Daarvolgens het sentrale

    regerings en burokrasiee op politieke en staatsbestuursvlak ontstaan. Die industriele opvatting

    van werk is simptomaties van hierdie strewe na beheer en kontrole (Bridges, 1995:34-37). As

    uitvloeisel hiervan het groot fabrieke en burokratiese organisasies tot stand gekom.

    Hierdie burokratiese organisasies is gekenmerk deur 'n vaste liniere en hierargiese struktuur

    (Hage & Powers, 1992:6; Mitrani, Dalziel & Fitt, eds. 1992:48). Die beheer is aan die bopunt

    van die struktuur gesentraliseer wat dan hierargies met verlies van beheer en kontrole afwentel

    tot op die grondvlak van die gewone werker. Elke vlak in die hierargie is deur duidelike

    skeidslyne en posomskrywings afgebaken (Bridges, 1995:47, Brown & Scase, 1997:87;

    Gowler & Legge, 1989:437). Die werker se strewe is daarom telkens gerig op bevordering na

    'n hoer vlak om die beherende bopunt van die struktuur te probeer bereik (Brown & Scase,

    1997:87).

    Die vestiging van genoemde burokratiese organisasies en fabrieke met hierargiese strukture

    is tiperend van die strewe na sentrale beheer (Yergen, 1998:28/29).

    2.3.2.2 Massaproduksie

    Massaproduksie is ook tekenend van die industriele era en die strewe na sentrale beheer.

    Organisasies het gepoog om deur middel van massaproduksie hul produksiekoste laag te hou

    en om hul produkte en goedere aan soveel moontlik verbruikers beskikbaar te stel (Bridges,

    1995:36). Deur middel van massaproduksie is eenvormige massabesit bevorder.

    Massaproduksie het organisasies en samelewings ook in staat gestel om 'n beherende

    aandeel in die verbruikersmarkte te verkry (Bridges, 1995:36/37). Op die wyse kon

    organisasies tot industriele reuse groei.

    Fabrieke en organisasies was daarom gerig op die vestiging van produksieaanlegte wat op die

    langtermyn massaprodukte kon vervaardig (Bridges, 1995:3). Die Ford-aanleg in Amerika

    14

  • waar die model T-Ford in massa vervaardig is, dien as sprekende voorbeeld (Bridges,1995:51;

    Van Veuren,1995:42). 'n Massa mense is op die wyse in staat gestel om motors te besit,

    solank dit 'n swartkleurige Ford was. Massaproduksie is eerder op massabesit gerig en maak

    dus nie vir individuele else en voorkeure voorsiening nie. Die sukses van massaproduksie het

    daartoe gelei dat slegs groot organisasies wat ook op massaproduksie gerig was,

    kompeterend kon bly.

    2.3.2.3 Outomatisasie

    In die proses van sentralisering, massaproduksie en industrialisering is nuwe vervaardigings-

    prosesse wat meganisasie en outomatisasie insluit, in die fabrieke ontwerp. Hierdeur kon

    produkte bale vinniger en deegliker vervaardig word. Dit het die kleiner vakmanne verdring

    en gedwing om ten spyte van hul weerstand en vrees by die industriele werksomgewing in te

    skakel (Bridges, 1995:36). Verder het werkers toenemend vanaf die platteland na die

    geIndustrialiseerde stede verhuis om deur die groot organisasies en fabrieke in diens geneem

    te word.

    Masjiene is gebruik om die vervaardigingsproses te outomatiseer en te versnel (Bridges,

    1995:36; Rifkin, 1995:59). Die industriele masjien het dikwels bepaal hoe die werk gedoen

    word, hoe lank dit sou duur en hoe die finale produk sou lyk. In die geoutomatiseerde

    omgewings is die mens toenemend as 'n verlengstuk van die masjien beskou (Hage & Powers,

    1992:13). Die aard van industriele werk is meestal as fisies van aard getipeer. Die fisiese

    arbeid is onder andere verrig as deel van 'n gemeganiseerde proses waarin produkte uit rou

    materiale vervaardig is. Diens het bykans nie deel van die werker se afgebakende

    werksomskrywing uitgemaak nie (Hage & Powers, 1992:13).

    Die gemeganiseerde, gestruktureerde en beheerde aard van industriele werk het ook ruimte

    geskep vir die aanstelling van 'n groot aantal ongeskoolde en semi-opgeleide werkers (Burns,

    1986:7; Hage & Powers, 1992:12). Niks meer as die blote uitvoer van bepaalde roetinetake

    is van die werkers verwag nie.

    2.3.2.4 Standaardisasie

    Goed opgeleide werkers, waaronder tegnici, bestuurders en professionele persone, het slegs

    'n klein deeltjie van die werkerskorps in die geIndustrialiseerde werksomgewing uitgemaak

    (Hage & Powers, 1992:12). Die meeste werkers se werkstake is deur bestuurders in hoer

    posvlakke gestandaardiseer, afgebaken en kontroleerbaar gemaak deur standaarduitgewerkte

    posomskrywings en regulasies (Bridges, 1995:37, 49-53). Duidelik gedefinieerde reels en

    15

  • prosedures is geskep waarvolgens werkers in diens geneem is, bevorder kon word en selfs

    afgedank kon word (Brown & Scase, 1997:87,95). Besluite binne die werksplek is op grond

    van daargestelde reels en prosedures geneem (Hage,& Powers, 1992:6).

    Werkers is meestal in vaste betrekkings aangestel sodat werk op 'n deurlopende basis volgens

    die gestelde standaardvereistes van die bepaalde posomskrywing verrig kon word (Bridges,

    1995:49; Hage & Powers; 1992:13). Op die wyse kon werkers verantwoordelik gehou word

    vir spesifieke take (Gowler & Legge, 1989:442). Stabiliteit en sekuriteit is deur die

    standaardisasie geskep en die burokratiese organisasie kon groter beheer uitoefen oor die

    werker en oor die produk wat vervaardig is.

    2.3.2.5 Spesialisasie

    Die afbakening, standaardisering en spesifieke omskrywing van verskillende poste het die

    werkerskorps binne organisasies struktureel in funksionele spesialiseereenhede verdeel (Hage

    & Powers, 1992:6). Werk is in komponente afgebaken met behoorlike posomskrywings wat

    daartoe gelei het dat die werker presies kon se watter soort werk hy/sy doen (Bridges,

    1995:46/47). Die werker moes verantwoordelikheid neem vir die afhandeling van spesifiek

    afgebakende take. Die werker moes in werklikheid 'n taakspesialis word. Dit het daartoe gelei

    dat werkers nie meer van die begin tot die einde deel van die vervaardigingsproses kon wees

    nie.

    Verder het die massas en massas kennis en inligting van die industriele era die mens gedwing

    om op werksgebied te spesialiseer. Die mens moes ook 'n vakspesialis word. Werkers is

    opgelei om spesifieke tegniese of praktiese vaardighede te ontwikkel vir die spesifieke take

    wat hulle in die vervaardigingsproses moes verrig (Bridges, 1995:35; Brown & Scase,1997:87).

    Die spesialisasie in werkstake het tot verbeterde spesialisvaardighede gelei wat op hul beurt

    daartoe gelei het dat individue en organisasies optimaal kon funksioneer (Brown & Scase,

    1997:88). Die spesialisasie het werkers se visie en kennis dikwels so vereng dat kollegas in

    een departement aan 'n universiteit byvoorbeeld nie hul eie areas van spesialiteit sonder

    misverstande met mekaar kon bespreek nie (Smith & Webster,1997:5).

    2.3.3 DIE IMPAK VAN DIE INDUSTRIELE OPVATTING VAN WERK OP WERKERS

    Die industriele opvatting van werk wat onder andere deur sentralisasie, massaproduksie,

    standaardisasie, outomatisasie en spesialisasie gekenmerk is, het die lewens van werkers op

    verskillende maniere en vlakke beInvloed. Die impak daarvan was so omvattend dat dit

    aspekte soos die werkskode, identiteit en sekuriteit van werkers geraak en verander het en

    16

  • selfs tot 'n gevoel van inperking en vervreemding by bale werkers gelei het.

    2.3.3.1 Werkskode

    Die werkskode waarvolgens werk verrig is, het van die pre-industriele era tot die industriele era

    fundamentele verskuiwings ondergaan. In die pre-industriele era is werk volgens 'n werkskode

    verrig, wat gefokus het op die mens se persoonlike roeping ten opsigte van werk en

    eiewaarde. Hiervolgens is groot waarde geheg aan onafhanklikheid, selfvoorsiening,

    soberheid, selfdissipline, passie, kreatiwiteit en nederigheid (Bridges, 1995:10-17; Savickas,

    1993:205). Die werkskode het bykans 'n tradisie geword in families en die een geslag het die

    volgende geslag opgevolg in dieselfde soort werk. So is boerderye, besighede en ambagte

    in familiebesit gehou. Die werkskode is egter onder druk geplaas met die ontstaan van die

    industriele werksomgewing.

    Na die industriele revolusie is daar toenemend gefokus op die eise wat die industriele

    werksomgewing stel en hoe die werker daaraan moes voldoen. Die pre-industriele werkskode

    waarvolgens werk as roeping beskou is, is vervang deur die industriele werkskode, hierna

    genoem 'n beroepskode. Volgens die beroepskode is daar groter waarde geheg aan vaste

    betrekkings in groot organisasies, vordering in die betrekkings en die stabiliteit wat dit kon bled

    (Pemberton, 1995:11-13; Savickas, 1993:205/206). Objektiwiteit, logika, feitelike omskrywings

    van take en prosedures en die feitelike waarde van 'n pos in die hierargie het die plek

    ingeneem van onafhanklikheid, selfvoorsiening, selfbestuur en die passie waarmee werk verrig

    is (Savickas, 1993:205/206).

    2.3.3.2 Identiteit

    In noue aansluiting by die beroepskode wat in die beheerde, gestruktureerde en

    gemeganiseerde industriele werksomgewing tot stand gekom het, is die identiteit en

    persoonlike waarde van werkers toenemend gekoppel aan die soort werk wat hulle verrig het

    (Gerth & Mills, in Brown & Scase, 1997:87; Handy,1989:58). Werkers se menswaardigheid

    en sukses is gemeet aan die korrekte afhandeling van toegedeelde take in 'n spesifieke

    afgebakende pos (Hage & Powers 1992:12-13). Om 'n gevoel van menswaardigheid to kry,

    moes werkers opwaarts vorder in die hierargiese leer van organisasies (Bridges, 1995:5/6,51).

    Werkers was daarom gefokus op hoer poste op die korporatiewe leer, omdat dit kon lei tot

    groter salarisse, meer voordele en groter mag en aansien. Op die wyse het 'n pos in die

    hierargie en 'n bepaalde titel die individu se sosiale identiteit in die organisasie en ook in die

    samelewing bepaal.

    17

  • Savickas (1993:206) som hierdie klemverskuiwing in die identiteitsvorming van die werker as

    voig op:

    "Large organizations and city life changed work from a calling from God to what your

    neighbours call you".

    2.3.3.3 Sekuriteit

    In die industriele era het werkers ook toenemend op burokratiese organisasies as bron van

    sekuriteit staatgemaak. In ruil vir hierdie sekuriteit het werkers hul werk eerste gestel en was

    hulle lojaal teenoor organisasies. Die lojale ingesteidheid en gedienstige afhandeling van

    toegedeelde werk kon 'n Iangtermyn of selfs lewenslange vaste betrekking verseker (Bridges,

    1995:57; Pemberton, 1995:9-11). Vaste betrekkings het sekuriteit gebied in terme van 'n vaste

    maandelikse inkomste en byvoordele sons 'n mediese fonds, behuising en pensioen.

    Omdat werkers meestal lank by een organisasie gewerk het en hul Ioopbaan 'n geroetineerde

    en voorspelbare pad binne die hierargiese struktuur van die organisasie was, was organisasies

    grootliks verantwoordelik vir die loopbaanbestuur van werkers (Greenhaus & Callanan,

    1994:4). Werkers het op burokratiese organisasies staatgemaak vir langtermynsekuriteit deur

    middel van salarisverhogings en persoonlike bevordering. Die sekuriteit het werkers in

    staatgestel om met redelike sekerheid vir ander Iewensrolle te beplan (Brown & Scase,

    1997:87).

    2.3.3.4 Vervreemding

    Die industriele wereld van werk het nie net vir werkers sekuriteit gebied nie, maar werk het so

    sentraal in die meeste werkers se lewens gestaan dat dit hulle dikwels van hul ander

    Iewensrolle vervreem het. Werkers moes amper ten alle koste lojaal wees en hard werk

    volgens die posomskrywings waarin hulle aangestel is. Werkers se tyd is deur die organisasie

    gekoop en is na die organisasie se diskresie gebruik om die toegekende roetinetake te verrig

    (Bridges, 1995:35; Handy, 1989:40). Stiptelikheid en teenwoordigheid is onder andere

    beklemtoon omdat produksielyne nie sonder werkers op alle punte kon funksioneer nie.

    Werkers is nie 'n buigbare en aanpasbare ruimte gegun om byvoorbeeld tuis te bly en op

    ander tye te werk as hulle kinders siek was nie. Min ruimte is gelaat vir ander Iewensrolle.

    Werkers het daarom dikwels vervreemding van hul ander Iewensrolle beleef (Hage & Powers,

    1992:10).

    Werkers het verder vervreemding beleef binne die beheerde, afgebakende en geroetineerde

    werksomgewing, omdat hulle nie op persoonlike vlak die betekenis kon sien tussen die werk

    18

  • wat hulle verrig en die daarstelling van die uiteindelike produk nie (Hage & Powers, 1992:10;

    Peavy, 1993:125; Toffler, 1983:31). Volgens Harrington (In Hage & Powers, 1992:10/11) is

    dit nie net die blouboordjiewerkers wat op hierdie wyse vervreem is nie, maar ook die

    witboordjiewerkers wat in groot burokratiese organisasies werk.

    2.3.3.5 Inperking van werkers

    Werkers is nie net van hul ander lewensrolle vervreem nie, maar is deur die burokratiese

    organisasies se strewe na beheer ingeperk tot 'n spesifieke werksplek, spesifieke werksure en

    spesifieke inperkende taakomskrywings (Bridges, 1995:47; Burawoy, in Hage & Powers,

    1992:10). Werkers se effektiwiteit is in terme van die presiese afhandeling van toegedeelde

    take en teenwoordigheid op die werksplek beoordeel. Dit het talle werkers se ontwikkeling en

    groei ingeperk.

    Die gemeganiseerde en beheerde aard van die industriele werksomgewing wat werkers

    ingeperk en tot blote werksobjekte gereduseer het, het daartoe gelei dat talle werkers gevoel

    het dat hulle soos masjiene hanteer en beskou word. Foucault (In Hage & Powers,1992:10)

    omskryf die inperkende invloed wat die gesentraliseerde hierargiese samestelling van

    organisasies en vaste posomskrywings op die meeste werkers gehad het:

    "Many workers feel overly controlled, mere appendages of machines, stationed in the open or

    encased behind windows placing each worker under constant visual surveilance"

    Die beskouing van werkers as blote masjienagtige uitvoerders van take het die ontwikkeling

    en benutting van hul unieke vaardighede ingeperk en hul emosionele belewenisse en

    behoeftes ontken. Thomas Carlyle (In Bridges, 1995:35) omskryf die impak van die beheerde

    aard van die burokratiese organisasies so:

    "...not the external and physical alone [that] is now managed by machinery, but the internal and

    spiritual also. Men are grown mechanical in head and heart, as well as in hand".

    Die gespesialiseerde en afgebakende aard van werk het ook min ruimte gelaat vir werkers se

    eie inisiatief, motivering en selfbestuur (Savickas, 1993:206). Brown en Scase (1997:88) en

    Burns (1986:7-9) is van mening dat werkers se kreatiwiteit, entrepreneurskap en individualisme

    in werklikheid ontmoedig is. Sodanige gedrag of ingesteldheid is as ondermyning van die

    konformistiese aard van burokratiese organisasies beskou. Die groot aantal werkers in die laer

    posvlakke van organisasies moes byvoorbeeld hul toegedeelde werk op inskiklike wyse verrig

    en geen of min insette in die groter bestel van die organisasie lewer nie. Die lewering van

    insette, kreatiwiteit, analitiese vaardighede en besluitneming is oorgelaat aan 'n klein elite

    19

  • groepie in die boonste hierargie van die organisasies en die totale ontwikkeling van die meeste

    werkers is hierdeur ingeperk. Dit is daarom nie vreemd dat werk in die industriele werks-

    omgewing ook as vervelig en onpersoonlik beskou is nie (Hage & Powers, 1992:10).

    Die industriele \Nereid van werk word toenemend onder druk geplaas om to verander.

    2.4 FAKTORE WAT TOT DIE VERANDERENDE OPVATTING VAN WERK

    LEI

    2.4.1 INLEIDING

    Verskeie faktore Iei aan die einde van die 20ste eeu tot verandering in die sosiale,

    ekonomiese, kulturele en politieke strukture van die samelewing (Greenhaus & Callanan,

    1994:8; Whitaker, 1992:184). Die faktore en gepaardgaande veranderinge Iei ook tot 'n

    veranderende opvatting van werk.

    Die volgende faktore wat tot die veranderende opvatting van werk Iei, kan as belangrik beskou

    word: die kennisontploffing, globalisering en die toenemende liberalisering van die

    samelewing.

    2.4.2 KENNISONTPLOFFING

    Die Iaaste gedeelte van die 20ste eeu word gekenmerk deur 'n ontploffing van kennis en

    inligting. Die ontploffing van kennis en die gepaardgaande ontwikkeling van die inligtings-

    tegnologie word beskou as 'n fundamentele krag in die kontemporere verandering wat die

    samelewing en die opvatting van werk tans ondergaan (Brown & Scase, 1997:42; Hage &

    Powers 1992: 29,31; Handy, 1989:11; Pemberton, 1995:XV; Sunter, 1996:62/63).

    Wetenskaplike kennis brei tans teen so 'n snelle tempo uit dat die grootste gedeelte van die

    bestaande kennis slegs 'n dekade of minder gelede eers aan die lig gekom het (Bridges,

    1995:11;13). Hiervolgens word bestaande kennis baie vinnig deur nuwe kennis vervang en

    hoe-tegnologieprodukte word al hoe vinniger deur verbeterde hoe-tegnologieprodukte vervang.

    Die lewensiklus van hoe-tegnologieprodukte word daarom at hoe korter. Groot burokratiese

    organisasies wat langtermyn vaste betrekkings gebied het en op Iangtermyn massaproduksie

    gerig was, kan nie in die vinnige tempo van die hoe-tegnologieontwikkeling voortbestaan nie

    (Bridges, 1995:X). Organisasies en werkers moet dus voortdurend aanpas indien hulle

    kompeterend wil wees.

    20

  • Die ontploffing van kennis en gepaardgaande snelle tegnologiese ontwikkeling wat die

    elektroniese en datagedrewe %Nereid kenmerk, Iei daartoe dat die industriele werksomgewing

    met sy stadiger veranderende produksieprosesse, gevestigde prosedures, strukture en rolle

    kwalik kan bly voortbestaan (Bridges, 1995:15). Dit het verreikende implikasies vir

    organisasies en werkers en verander in werklikheid die aard en opvatting van werk.

    Die omvang van die kennisontploffing is so dramaties dat dit selfs 'n tegnologiese revolusie

    of inligtingsrevolusie genoem word (Toffler, 1970:166). Rifkin (1995:59/60) is van mening dat

    die piepklein mikroskyfie besig is om 'n groter revolusie te veroorsaak as wat die reusagtige

    groot stoomenjin tydens die industriele revolusie reggekry het. Die industriele aard van werk

    word hierdeur verander. Tegnologiese hulpmiddels word onder andere al hoe meer ingespan

    om roetinetake te verrig wat voorheen deur die mens verrig is (Bridges, 1995:X; Piore & Sabel,

    in Hage & Powers, 1992:10). Voorbeelde hiervan is die kassiere in banke wat grootliks

    vervang word deur bankoutomate en die fabriekswerker wat deur 'n outomaat vervang word

    in die monteeraanleg. Daar word nou eerder van werkers verwag om data te hanteer en nie

    konkrete materiaal nie (Bridges, 1995:1; Greenhaus & Callanan, 1994:9).

    Die volgehoue ontwikkeling van die datagedrewe wereld en die gepaardgaande

    implementering van hoe tegnologie lei ook daartoe dat werkers saam vir 'n organisasie kan

    werk sonder dat hulle noodwendig op dieselfde plek en in dieselfde gebou is. Handy

    (1989:11) se in die verband ook dat die inligtingstegnologie tot die ontstaan van "scattered"

    organisasies Iei.

    Die volgehoue ontwikkeling en implementering van hoe tegnologie Iei voorts ook daartoe dat

    bestaande werksgeleenthede en Ioopbaanmoontlikhede verdwyn, maar dit Iei ook daartoe dat

    nuwe werks- en Ioopbaanmoontlikhede ontstaan (Greenhaus & Callanan, 1994:9).

    Die ontploffing in kennis is inderdaad 'n kragtige faktor in die veranderinge wat die samelewing

    en die werkswereld tans ondergaan.

    2.4.3 GLOBALISERING

    'n Ander belangrike faktor wat tot die veranderende opvatting van werk Iei, is globalisering.

    Globalisering is 'n proses waarvolgens verskillende lande, industries, organisasies en individue

    toenemend op ekonomiese, politieke, sosiale en kulturele viak met mekaar verbintenisse

    aangaan en met mekaar meeding (Isaacs, 1997:21).

    21

  • Die proses van globalisering het reeds voor 1970 begin, maar het daarna radikaal versnel.

    Gevorderde ontwikkelings in die inligtings- en telekommunikasietegnologie maak onmiddellike

    en maklike wedersydse kontak oor groot werelddele moontlik. Dit lei aan die einde van die

    20ste eeu toenemend tot globalisering (Clegg & Birch, 1998:2; Hage & Powers, 1992:183;

    Pemberton, 1995:22/23; Whitaker, 1992:193).

    Die nuwe kommunikasienetwerke in die globale omgewing vorm 'n nuwe ekonomiese

    werklikheid wat die reels van die industriele opvatting van werk verander.

    Besigheidstransaksies vind nou 24 uur per dag wereldwyd tussen individue en organisasies

    plaas, omdat almal byvoorbeeld gelyktydig dieselfde inligting via die internet kan bekom

    (Bridges, 1995:20/21). Biljoene rande verskuif ook met die druk van 'n knoppie, omdat markte

    wereldwyd direk gekoppel is.

    Die tradisionele grense waarbinne bepaalde organisasies besigheid gedoen het, vervaag ook.

    Daar is 'n groter verwisseling van kapitaal, goedere en dienste tussen verskillende lande.

    Organisasies en individue ding nie net meer nasionaal nie, maar internasionaal mee om

    dieselfde kontrakte en verbruikersmarkte. Gevolglik word loopbaangeleenthede wereldwyd

    vir werkers geskep.

    Transaksies wat oor verskillende landsgrense heen gedoen word, lei tot die vorming van

    internasionale netwerke (Hage & Powers, 1992:183/184). Multi-nasionale organisasies soos

    Sony ontstaan en het wereldwyd fabrieke, kantore en verspreidingsnetwerke om die grootste

    moontlike aantal verbruikers te bereik. Multi-nasionale strategiese vennootskappe word ook

    gevorm om in die kompeterende globale omgewing te oorleef (Hage & Powers, 1992:182;

    Whitaker, 1992:198). Organisasies bele byvoorbeeld dikwels nie self in duur gespesialiseerde

    vervaardigingstoerusting nie, omdat die tempo van hoe tegnologie daartoe lei dat sodanige

    toerusting vinnig verouder en in waarde afneem (Hage & Powers, 1992:182). Organisasies

    kontrakteer daarom dikwels eerder sekere take of produksieprosesse uit aan 'n ander

    organisasie(s), selfs in 'n ander wereldstad, wat oor gepaste en gespesialiseerde

    vervaardigingstoerusting beskik. Dit gebeur ook dat kompeterende organisasies soos General

    Motors en Toyota van dieselfde organisasie se dienste gebruik maak of selfs saam een vestig

    (Hage & Powers, 1992:183) om bepaalde produkte of dienste te lewer. Organisasies kan ook

    byvoorbeeld van goedkoop handearbeid in 'n ander land gebruik maak om sekere

    arbeidsintensiewe komponente van produkte goedkoper te vervaardig, om sodoende met

    ander vervaardigers te kompeteer.

    22

  • Globale mededinging en die vestiging van multi-nasionale netwerke lei ook tot 'n meer geIn-

    tegreerde wereldekonomie (Whitaker, 1992:194). Transaksies op die finansiele mark van een

    land kan verreikende gevolge in 'n ander land he. Die grootskaalse verkope van Brittanje se

    goudvoorraad lei byvoorbeeld tot 'n laer internasionale goudprys. Die laer goudprys plaas druk

    op die winsgewendheid van myne in Suid-Afrika. Die myne moet hulself dan herposisioneer

    en herstruktureer om mededingend te wees en besnoei daarom op die aantal werkers in hul

    diens. In die geIntegreerde wereldekonomie kan die verkope van Brittanje se goudreserwes

    dus lei tot werksverliese en/of swakker lone in die Suid-Afrikaanse mynbedryf.

    Die geIntegreerde en kompeterende wereldekonomie stel voortdurend hoe en nuwe eise aan

    die samestelling van organisasies asook die produktiwiteit en vaardigheidsvlakke van werkers

    (Goleman, 1998:7; Yergen, 1998:28-30). Indien organisasies en werkers in die kompeterende

    globale ekonomie wil kompeteer, moet hulle voortdurend en vinnig ontwikkel, leer, aanpas,

    herposisioneer en herstruktureer. Groot burokratiese organisasies wat outonoom volgens

    vaste strukture, posomskrywings, prosesse, reels en prosedures werk en die nukleus van

    industriele werk vorm, kan daarom dikwels nie effektief in die vinnig bewegende globale

    ekonomie meeding nie.

    Globalisering is dus 'n faktor om mee rekening te hou in die verandering wat die opvatting van

    werk ondergaan.

    2.4.4 TOENEMENDE LIBERALISERING VAN DIE SAMELEWING

    Die toenemende liberalisering van die georganiseerde en kapitalistiese samelewing het 'n

    beduidende impak op die opvatting van werk. Liberalisering kan omskryf word as 'n proses

    waarvolgens daar gestrewe word na groter vryheid op ekonomiese, politieke, godsdienstige

    en kulturele gebied, met ander woorde groter vryheid in elke faset van die individu se bestaan.

    Die liberaler samelewing word nie net deur groter vryheid gekenmerk nie, dit word ook

    gekenmerk deur die opkoms van 'n groter en effektiewer middelklas asook groter diversiteit,

    pluralisme en verdraagsaamheid (Handy, 1989:205; Whitaker, 1992:193). Terme soos

    gefragmenteerd en "gedisorganiseerd word ook gebruik om die meer liberale samelewing te

    omskryf (Clegg & Birch, 1998:6-8). In sodanige samelewing raak dit vir die mens toenemend

    belangrik om eie keuses uit te oefen (Handy, 1989:205). Die ingesteldheid en aandrang van

    die mens tot die maak van eie keuses, geld ook ten opsigte van die opvatting van werk

    (Pemberton, 1995:52). Sommige werkers kies onder andere om minder tyd aan werk te

    bestee en meer tyd aan ontspanning (Hage & Powers, 1992:15).

    23

  • Blindelingse lojaliteit teenoor die burokratiese organisasies van die industriele era bestaan ook

    nie meer nie. Werkers glo eenvoudig nie meer die voorspellings dat tegnologiese ontwikkeling

    en die wetenskap alle werkers sal bevry en van vooruitgang verseker nie. Die meesterverhale

    het hul geloofwaardigheid verloor (Lotter, 1995:14). Die objektivistiese en outoritere aard van

    die burokrasie en burokratiese organisasies wat baie werkers in toenemende mate teleurgestel

    en vervreem het, word selfs as die oorsaak van kontemporere sosiale probleme beskou

    (Savickas, 1993:207).

    Die liberalisering van die mens in die inligtingsera lei ook daartoe dat mense nou werk om

    verskeie redes doen. Werk word onder andere gedoen vir die genot daarvan, om geld te

    verdien, om sosiale status te verkry of vir eie ontwikkeling (Zunker, 1994:451; Kaye,1982:3).

    Baie mense het ook nie noodwendig meer 'n behoefte aan vaste betrekkings nie. Baie doen

    byvoorbeeld eerder twee of meer soorte werk op dieselfde tydstip in hul lewe (Handy,

    1989:75/76).

    Die liberaler samelewing en werksomgewing word ook nie meer deur 'n oorheersend

    homogene werkerskorps - wat meestal manlik was - gedomineer nie. Vroue en werkers van

    ander bevolkingsgroepe maak 'n groter deel van die werkerskorps uit (Greenhaus & Callanan,

    1994:14). In die liberaler werksomgewing vervaag en verdwyn die grense en afbakening van

    werk volgens klas, ras en geslag al hoe meer (Hage & Powers, 1992:79). Almal ding ook op

    meer gelyke grondslag mee om bevorderingsposte. Vryheid van deelname en inspraak is

    kenmerkend van die liberaler samelewing.

    Die werkers se aandrang tot groter vryheid en die maak van eie keuses, hul opstand teen die

    outoritere aard van organisasies en die gevolglike vervreemding van die industriele aard van

    werk, lei dus ook tot 'n meer liberale ingesteidheid teenoor werk. Die ingesteldheid van

    werkers lei saam met die ander reedsgenoemde faktore tot die veranderende opvatting van

    werk.

    2.5 DIE VERANDERENDE OPVATTING VAN WERK

    2.5.1 INLEIDING

    Die kennisontploffing, globalisering en die liberalisering van die samelewing verander nie net

    die aard van werk in die werksplek nie, maar verander ook die opvatting van werk. Die

    veranderinge in die opvatting van werk geskied as 'n komplekse en diverse proses en toon

    24

  • unieke verskille van samelewing tot samelewing (Whitaker, 1992:192). In sekere Westerse

    samelewings het die werksomgewing as gevolg van genoemde faktore reeds dramaties

    verander, terwyl dit in ander samelewings min of glad nie verander het nie (Bridges, 1995:

    28/29; Van Veuren, 1995:131). Organisasies in een land kan ook verskil ten opsigte van die

    tempo of graad waartoe hulle reeds verander het.

    Baie organisasies wat reeds verander het, verswyg egter uit ongemak die kontroversiele

    realiteite daarvan (Bridges, 1995:52). Die media basuin wel die realiteite daarvan uit en berig

    oor grootskaalse afdankings, gedwonge verplasings, hersamestelling van die werkerskorps,

    hersamestelling van vergoedingspakkette en funksionele herorganisasie (Mittner, 1996:10/11).

    Die literatuur weerspieel ook die realiteit en implikasies daarvan soos die volgende titels van

    gesaghebbende bronne getuig: "Jobshift"(Bridges,1995); "Transitions"(Bridges, 1996); "Future

    Shock", (Toffler, 1970); "The Age of Unreason" (Handy,1989); "Post Industrial Lives"(Hage &

    Powers, 1992); "The career is dead - long live the career" (Hall, et al. 1996); "The end of work"

    (Rifkin, 1995); "Strike a new career deal" (Pemberton, 1995); "Up is not the only way"

    (Kaye,1982) en vele ander.

    Die kontemporere veranderende opvatting van werk word ook in die literatuur benoem met

    allerlei terme soos post-burokraties, post-industrieel, post-Fordisme, "dejobbed", kapitalistiese

    disorganisasie en die post-moderne wereld van werk (Bridges, 1996:32-39; Brown & Scase,

    1997:85-97). Uit sodanige omskrywings blyk groot verskille ten opsigte van die omvang en

    intensiteit van die veranderinge. Sommige outeurs beskou die veranderinge as fundamenteel

    van aard en tiperend van 'n nuwe era terwyl ander die veranderinge bloot as 'n effektiewer

    voortsetting van die industriele opvatting van werk beskou (Whitaker, 1992:202). Polemiek

    bestaan oor die verskillende terminologiee wat gebruik behoort te word om die veranderende

    opvatting van werk te omskryf. Waaroor die meeste outeurs dit wel eens is, is dat daar

    dramatiese veranderinge plaasvind en dat die opvatting van werk onder andere gekenmerk

    word deur groter onsekerheid en turbulensie.

    Die fokus van die volgende gedeelte is die verkenning van die aard van die veranderende

    werksomgewing en die veranderende opvatting van werk en die eise wat dit aan werkers stel.

    Die verskillende terme (waaronder post-industrieel en post-burokraties en andere soos reeds

    gemeld) wat gebruik word om die veranderende opvatting van werk te omskryf, word nie in die

    hoofstuk omskryf nie. Dit word omvat onder die sambreelterm: veranderende opvatting van

    werk. Wat egter wel van belang is ten opsigte van genoemde terme, is die feit dat die pre-

    morfeem post-, as 'n golf van verandering of 'n toevoeging tot verandering en in sommige

    25

  • gevalle selfs as 'n wegbeweging van die industriele opvatting van werk beskou word en nie

    as 'n definitiewe einde daarvan nie. Die wegbeweging vanaf die industriele opvatting van werk

    impliseer dat die opvatting van werk in 'n oorgangsperiode is (Bridges, 1996:2) en 'n

    betekenisverskuiwing ondergaan. Enersyds beteken dit dus dat talle organisasies en individue

    nog werk verrig volgens die industriele opvatting van werk. Andersyds beteken dit egter ook

    dat talle organisasies en individue herstruktureer, herorganiseer en reeds werk verrig volgens

    die veranderende opvatting van werk.

    'n Teoretiese beskouing van die veranderende opvatting van werk word aan die hand van

    verskuiwinge vanaf en toevoegings tot die industriele opvatting bepreek. Daarna word die else

    wat die veranderende opvatting van werk aan werkers stel, uitgelig.

    2.5.2 VERSKUIWINGE IN DIE OPVATTING VAN WERK

    Die kennisontploffing, globalisering en die liberalisering van die samelewing lei tot beduidende

    verskuiwinge in die werksomgewing en die opvatting wat oor werk gehuldig word.

    Verskuiwinge vind onder andere plaas vanaf langtermynproduksie na korttermynproduksie,

    vanaf handwerkers na breinwerkers, vanaf standaardisering na innovering, vanaf sentralisasie

    na desentralisasie en ook vanaf permanente aanstellings na kontrakaanstellings.

    2.5.2.1 Vanaf langtermynproduksie na korttermynproduksie

    Soos daar reeds in 2.3.2.2 genoem is, is werk volgens die industriele opvatting van werk as

    deel van 'n langtermynproses gesien en was produksie op Iangtermynmassaproduksie gerig.

    Vanwee die kennisontploffing en die gepaardgaande snelle tegnologiese ontwikkelings word

    organisasies en individue egter gedwing om voortdurend met mekaar te kompeteer in 'n

    wedloop om beter dienste te lewer en nuwe produkte te ontwikkel (Bridges, 1995:15; Toffler

    & Toffler, 1994:63). Verbruikers dring ook toenemend aan op doelgemaakte produkte (Toffler,

    1983:39). Die gevolg is dat Iangtermynmassaproduksie nou dikwels vervang word met

    korttermynproduksie (Bridges, 1995:10; Hage & Powers, 1992:175; Van Veuren, 1995:42).

    Die vinnige ontwikkeling van onder meer nuwe en meer gevorderde rekenaars, videokameras,

    motors, ens. om onder andere te voldoen aan die verbruikers se eise, is tekenend hiervan

    (Bridges, 1995:1X; Brown & Scase, 1997:85-87).

    Organisasies beplan dus minder dikwels vir langtermynproduksie en is eerder gerig op

    korttermynproduksie. Korttermynproduksie word verder moontlik gemaak deur tegnologiese

    ontwikkelings wat organisasies in staat stel om produksielyne te outomatiseer (Bridges,

    26

  • 1995:1X). Meer tyd kan daarom spandeer word aan die verfyning en vernuwing van bestaande

    produkte en die ontwikkeling van nuwe doelgemaakte produkte om aan verbruikers se eise te

    voldoen en om kompeterend te bly in die globale omgewing. Organisasies is nou ook meer

    dikwels gerig op nismarkte of spesialiteitsmarkte en nie op die massamark nie. Toffler

    (1983:20/21) noem dit die "de-massification" van die werksomgewing.

    Die opvatting dat werk 'n voorspelbare, stabiele langtermynproses is, word deur bogenoemde

    veranderinge gewysig. Werk word eerder gesien as spoedeisend en korttermyngerig (Toffler

    & Toffler, 1994:63). Werk word ook beskou as turbulent, veranderlik en uiters kompeterend

    (Bridges, 1995:6-8; Pemberton, 1995:44).

    2.5.2.2 Vanaf handwerkers na breinwerkers

    Vanwee die invloed van veral die kennis- en inligtingstegnologieontploffing en die

    globaliseringsfaktor, raak werk meer kennis- as fisiesgeorienteerd. Werkers is nou minder

    dikwels handwerkers en meer dikwels breinwerkers. Drucker (In Bridges, 1995:15) meen dat

    bykans twee vyfdes van alle werkers nie meer met konkrete materiaal werk nie, maar met data.

    Die tegnologie en gepaardgaande outomatisasie gee vonk aan die transformasieproses.

    Masjiene is ontwerp om die monotone, herhalende en presiesafgebakende roetinewerk te

    doen wat mense in die industriele werksomgewing gedoen het (Bridges, 1995:IX; Hage &

    Powers, 1992:10). Werkers word egter nie meer as blote verlengstukke van masjiene beskou

    nie (Toffler, 1983:35). Werkers bepaal nou eerder hoe die werk gedoen sal word, hoeveel tyd

    aan bepaalde take spandeer sal word en hoe die eindproduk sal lyk (Hage & Powers,

    1992:13). In die proses word masjiene bloot aangewend as instrumente wat die geroetineerde

    take moet verrig (Rage & Powers, 1992:13). Groter intellektuele insette word nou van werkers

    vereis in teenstelling met die groter fisiese eise wat die industriele werksomgewing gestel het

    (Hage & Powers, 1992:10; Toffler, 1983:34). Werk word dus nie langer as fisies, monotoon

    en geroetineerd beskou nie. Dit word eerder as kreatief, intellektueel-uitdagend en as

    voortdurend veranderlik beskou.

    Die meer kennisgeorienteerde take wat werkers in die veranderende opvatting van werk verrig,

    word as volg deur Hage en Powers (1992:11) omskryf:

    "Work tasks will be defined in terms of information gathering, problem solving, the production

    of creative ideas, and the ability to respond flexibly to new situations or adjust flexibly when

    interacting with others".

    27

  • Werk raak ook meer tegnies en navorsingsgerig. Dit is gerig op die ontwikkeling van nuwe

    produkte en idees soos beter rekenaars, batteryaangedrewe motors, kure vir siektes soos Vigs

    of die oplossing van ingewikkelde globale probleme soos die vernietiging van die osoonlaag,

    asook spesifieke diagnoses en intervensies vir gekompliseerde probleme (Hage & Powers,

    1992:10). Dit strook met Toffler en Toffler (1994:59) se mening dat al hoe meer mense in die

    kompeterende omgewing aktief besig is om innoverende maniere te ontwikkel om probleme

    op te los en om kennis op kreatiewe wyse te gebruik om nuwe produkte te ontwikkel.

    Dit bring mee dat organisasies se mededingendheid nie bloot meer net in produkte le nie,

    maar ook in die wyse waarop hulle hul werkers aanwend (Telia, in Goleman, 1998:7). Die

    meer kennis- en diensgeorienteerde aard van werk bring dus mee dat organisasies nie meer

    primer kapitaal bele in fisiese produkte soos masjiene, monteerbande en hoogoonde nie, maar

    in kennisontsluiting en die ontwikkeling van die vaardighede van hul werkerskorps (Van

    Veuren, 1995:44). Daarom is organisasies ook meer daarop gerig om in menskapitaal en die

    ontwikkeling van mense (breinwerkers) te bele as deel van hul noodsaaklike bronne (Hage &

    Powers, 1992:177).

    Die verskuiwing vanaf handwerkers na breinwerkers en die gepaardgaande vermindering aan

    spierkrageise, lei ook tot 'n verandering in die opvatting dat die werksomgewing 'n manlike

    domein is (Toffler, 1983:136).

    2.5.2.3 Vanaf standaardisering na innoverende verandering

    Organisasies en individue moet voortdurend in die kennis- en diensgeorienteerde omgewing

    op innoverende wyse verander en herposisioneer om kompeterend te kan bly (Bridges,

    1995:15; Muller, 1999:16; Van Veuren, 1995:42). Organisasies wat wil kompeteer, word onder

    andere gedwing om weg te beweeg van 'n gerigtheid op die standaardisering van hul

    werkerskorps en hul werksprosedures en eerder op innovering ingestel te wees. Werk is nou

    minder geroetineerd en word meestal sonder voorafbepaalde rigiede prosedures gedoen ten

    einde so vinnig en effektief moontlik spesifieke doelwitte te bereik (Bridges, 1995:47; Hage &

    Powers, 1992:13).

    Die korter leeftydperk van produkte lei daartoe dat werkers nie net meer werk volgens 'n

    standaard afgebakende posomskrywing verrig nie (Bridges, 1995:2; Pemberton, 1995:11-13).

    Soos wat organisasies verander en aanpassings maak, moet werkers 'n wyer verskeidenheid

    werkstake en aktiwiteite verrig (Bridges, 1995:18). Dit lei onder andere daartoe dat een werker

    verskillende werksrolle in dieselfde organisasie sal vervul. Daar is dus nou 'n groter

    28

  • werksrolmobiliteit (Hage & Powers, 1992:175). Die werksrolmobiliteit geld egter nie vir alle

    werkers nie. Sommige se werk is te gespesialiseerd om ruimte te laat vir ander werksrolle

    (Toffler & Toffler, 1994:60).

    Die standaardprosedures waarvolgens werk oor 'n lang termyn volgens vaste ure in kantore

    of op persele van organisasies verrig word, is ook reeds nie meer die norm nie (Handy,

    1989:24). Die gevorderde inligtingstegnologie soos persoonlike rekenaars het baie

    werksaktiwiteite vanaf kantore na huise en selfs motorsitplekke verskuif (Greenhaus &

    Callanan, 1994:10). Dit is daarom nie langer standaardpraktyk dat werkers hul werk binne die

    organisasie se gebou verrig nie. Werkers kan daarom 'n groter mate van vryheid beleef

    (Bridges, 1995:230).

    Die konstante vraag na nuwe produkte en dienste bring eweneens mee dat organisasies op

    ander vlakke ook innoverend te werk moet gaan om kompeterend te bly. Hiervolgens benodig

    organisasies voortdurend nuwe kundigheid wat hulle enersyds bekom deur kontrakaanstellings

    te maak en andersyds deur voortdurende opleiding van hul werkers (Rage & Powers,

    1992:176). Bridges (1995:5,18) is van mening dat organisasies wat hul produksie en

    dienslewering wil versnel, nie net hul werkers meervlakkig en veeldoelig as deel van

    selfbesturende spanne moet oplei nie, maar ook hul produksieprosesse voortdurend moet

    verander en hervorm. Die prosesse en spanne wissel daarom voortdurend, afhangende van

    die behoefte en projek ter sake (Bridges, 1995:5,18).

    Die innoverende veranderinge wat die werksomgewing kenmerk, lei daartoe dat werk nie meer

    bloot net as 'n eentonige geswoeg om geldelike vergoeding beskou word nie. Die veranderlike

    en veranderende aard daarvan maak dit vir baie werkers moontlik om werk as uitdagend,

    onvoorspelbaar, interessant en betekenisvol te sien (Bridges, 1995:230).

    Terkel (In Burns, 1986:3) se die volgende daaroor:

    "Work is about human search for daily meaning as well as daily bread; for recognition as well

    as cash; for astonishment rather than torpor. In short for a sort of life rather than a Monday to

    Friday sort of dying".

    Die veranderinge het egter ook 'n donker kant. Die voortdurende veranderinge word deur baie

    as onvoorspelbaar (Peavy, 1993:132; Bridges, 1995:230) en ongeorganiseerd beskou

    (Bridges, 1995:230; Clegg & Birch, 1998:6/7). Sommige werkers beskou die veranderinge

    selfs as destruktief en wil daarom eerder die stabiliteit en standaardisasie wat die industriele

    29

  • werksomgewing bied, ten alle koste behou (Bridges, 1995:230).

    2.5.2.4 Vanaf sentralisasie na desentralisasie

    Soos reeds gemeld moet organisasies wat wil tred hou te midde van toenemende globalisering

    en die tegnologiese ontploffing, in staat wees tot vinnige en doeltreffende besluitneming,

    kostebesnoeiings en doeltreffende versnelde produksie en produksieveranderinge. Die

    gesentraliseerde burokratiese organisasies van die industriele werksomgewing wat op

    langtermynproduksie gerig is, kan onder andere nie vinnige produksieveranderinge aanbring

    nie (Hage & Powers, 1992:182/183). Daarom is dit nodig om aan te pas, te herorganiseer en

    te herstruktureer deur middel van desentralisasie (Pemberton, 1995:44).

    Desentralisering van beheer vind onder andere plaas. Organisasies kort meer dikwels hul

    bevelstruktuur in, in 'n poging om gouer besluite te kan neem en om vinniger te kan reageer

    op marktendense en aanvraag (Bridges, 1995:18; Mitrani, Dalziel & Fitt eds., 1992:13; Hage

    & Powers, 1992:4/5). Die liniere bestuurstrukture van burokratiese organisasies word dus nou

    eerder ingekrimp of afgeplat om groter aanpasbaarheid te skep (Pemberton, 1995:9,51,79).

    Werkers op grondvlak het nou gemakliker direkte kontak en toegang tot die hoogste

    bestuursvlak en bestuursprosesse (Bridges, 1995:18). Werkers van verskillende vlakke en

    eenhede in organisasies het ook meer dikwels deel aan die besluitneming omdat hulle in

    selfbesturende spanne werk (Bridges, 1995:5,8; Weber, in Hage & Powers, 1992:5).

    Bestuurders is nie noodwendig meer in beheer van die taakspanne nie, maar tree eerder op

    as koOrdineerders, mentors of as fasiliteerders en kan gelyktydig by meer as een projek

    betrokke wees (Bridges, 1995:52-54).

    Organisasies desentraliseer produksie ook meer dikwels om kompeterend te bly (Pemberton,

    1995:45/46; Clegg & Birch, 1998:71). Effektiwiteit word so in die hand gewerk, omdat die

    onderdele van 'n produk elders dikwels vinniger en goedkoper vervaardig kan word (Van

    Veuren, 1995:42). Alle desentralisering is egter nie op 'n winsmotief gerig nie. Organisasies

    in vooruitstrewende lande kan byvoorbeeld werkskomponente uitkontrakteer aan werkers in

    minder vooruitstrewende lande om so 'n bydrae te lewer tot laasgenoemde se ekonomie

    (Bridges, 1995:21).

    Desentralisering werk mee tot 'n veranderende opvatting van werk. Die werksomgewing word

    as gefragmenteerd en onverstaanbaar beskou. Terme soos divers, onderhandelbaar,

    aanpasbaar en buigsaam word ook gebruik om die werksomgewing te beskryf. Die buigsame

    werksomgewing word dan ook as 'n omgewing beskou wat vir werkers meer geleen