malutima 20140611

8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 11 JUNIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling VIER mans wou ’n egpaar van Bethlehem se huis binnekom om hul elektrisiteitsmeter na te gaan. Met ’n inbraak by hul bure ’n paar dae vantevore, het Bets Beukes hulle toegang geweier. Sy sê daar was ’n vragmo- tor met ’n “vreemde vorm” voor die huis. Dit het vir haar soos ’n mobiele kliniek gelyk. Daar was ’n kenteken op die deur, maar dit was baie oud en verbleik en sy kon nie uitmaak wat daar staan nie. Die mans het daarop aangedring dat hulle van die Dihlabeng-munisipaliteit is en dat hulle hul werk moet doen. Beukes het vir identifikasie gevra, waarop die een vies na die kenteken op sy oorpak gewys het. “Dit was ’n kenteken van die Dihlabeng-munisipa- liteit. Die mans het hulself steeds nie geïdentifiseer nie.” Beukes se man, Abrie, het intussen kom hoor wat aangaan en sy vrou in haar besluit gesteun, waarna die mans weg is. Volgens Tseliso Maitse, woordvoerder van die Dihlabeng-munisipaliteit, maak die elektriese afdeling van die eertydse mobiele kliniek gebruik. Elektriese oudits word gereeld gedoen om vas te stel of inwoners nie dalk met die toerusting peuter en krag onwettig bekom nie. Hulle maak wel van vier perso- neellede gebruik. Een is ’n gekwalifiseerde elektrisiën en die ander drie vakleerlinge wat praktiese ondervinding moet opdoen. Gedurende die inspeksie van meters word daar van hulle verwag om hulself met hul name en die munisipaliteit se kenteken te identifiseer – iets wat in hierdie geval net die kenteken was. ) Vier mense wat hulle as werknemers van Eskom voordoen, het al goedere uit huise in ’n hele paar Oos-Vrystaatse dorpe gesteel. Hulle was veral in Lindley bedrywig. Volgens ’n woordvoerder van die polisie sê hulle hulle verteenwoordig Eskom en dat hulle gloeilampe vervang om sodoende toegang tot huise te kry. In sommige gevalle doen hulle hulle as munisipale werkers voor wat moet toesien dat die elektrisiteit- of waterprobleem in die woonbuurt reggestel word. Inwoners word versoek om geen vreemdelinge in hul huise toe te laat nie en moet ook hul huiswerkers daarvan verwittig. Vra altyd vir name DA-voorsitter vermoor. Lees meer op www.malutinews.co.za. OUDRUGBYSPELERS van die Oudskolie- reklub het van heinde en ver gekom om Saterdag die bekendstelling van die klub se boek Bethlehem-Oudskoliere-Rugby- klub: 1961 tot 2010 by te woon. Met inligting wat van verskeie oudse- kretarisse, -bestuurslede en -spelers verkry is, het Thys van Tonder en Stoney Steenkamp die boek saamgestel. Elsabé van Tonder, ook bekend as Tannie Rugby, het die tikwerk gedoen. Die Bethlehem-Oudskoliereklub is destyds deur oudleerlinge van die Hoërskool Voortrekker en die eertydse handelskool gestig. Wyle John Ferreira, Nancy Breytenbach se pa, was die eerste voorsitter. Tienie van den Berg, Marius Wessels en Beattie Jooste, almal van Pretoria, wat Saterdag die bekendstelling bygewoon het, was die eerste om vir Oudskoliere uit te draf. Die boek bevat statistieke en foto’s van 1961 tot 2010. Daar is ook heelwat staaltjies, onder meer oor Frans Coetzee, ’n oudredaksielid van Volksblad. Steenkamp sê die klublede is passievol oor hul spel en Randell September van die Griffons-rugbyunie het dit beaam. Hy sê oral waar hy kom – of dit nou Lady- brand of Rovers is – is Oudskoliere altyd deel van die gesprek. Die ander spanne wil Oudskoliere meestal klop . . . Boek sien die lig STONEY STEENKAMP (links), Elsabé van Tonder en Thys van Tonder was vir die boek Bethlehem-Oudskoliere-Rugbyklub: 1961 tot 2010 verantwoordelik. Nog foto’s by www.malutinews.co.za. Foto: Lynda Greyling

Upload: maluti-news

Post on 25-Mar-2016

279 views

Category:

Documents


5 download

DESCRIPTION

Malutima 20140611

TRANSCRIPT

Page 1: Malutima 20140611

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 11 JUNIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

VIER mans wou ’n egpaar van Bethlehem sehuis binnekom om hul elektrisiteitsmeter nate gaan. Met ’n inbraak by hul bure ’n paardae vantevore, het Bets Beukes hulletoegang geweier. Sy sê daar was ’n vragmo-tor met ’n “vreemde vorm” voor die huis. Dithet vir haar soos ’n mobiele kliniek gelyk.Daar was ’n kenteken op die deur, maar ditwas baie oud en verbleik en sy kon nieuitmaak wat daar staan nie.Die mans het daarop aangedring dat hulle

van die Dihlabeng-munisipaliteit is en dathulle hul werk moet doen. Beukes het viridentifikasie gevra, waarop die een vies nadie kenteken op sy oorpak gewys het. “Ditwas ’n kenteken van die Dihlabeng-munisipa-liteit. Die mans het hulself steeds niegeïdentifiseer nie.”Beukes se man, Abrie, het intussen kom

hoor wat aangaan en sy vrou in haar besluitgesteun, waarna die mans weg is.Volgens Tseliso Maitse, woordvoerder van

die Dihlabeng-munisipaliteit, maak dieelektriese afdeling van die eertydse mobielekliniek gebruik. Elektriese oudits word gereeldgedoen om vas te stel of inwoners nie dalkmet die toerusting peuter en krag onwettigbekom nie. Hulle maak wel van vier perso-neellede gebruik. Een is ’n gekwalifiseerdeelektrisiën en die ander drie vakleerlinge watpraktiese ondervinding moet opdoen.Gedurende die inspeksie van meters word

daar van hulle verwag om hulself met hulname en die munisipaliteit se kenteken teidentifiseer – iets wat in hierdie geval net diekenteken was.) Vier mense wat hulle as werknemers vanEskom voordoen, het al goedere uit huise in’n hele paar Oos-Vrystaatse dorpe gesteel.Hulle was veral in Lindley bedrywig.Volgens ’n woordvoerder van die polisie sê

hulle hulle verteenwoordig Eskom en dathulle gloeilampe vervang om sodoendetoegang tot huise te kry.In sommige gevalle doen hulle hulle as

munisipale werkers voor wat moet toesiendat die elektrisiteit- of waterprobleem in diewoonbuurt reggestel word. Inwoners wordversoek om geen vreemdelinge in hul huisetoe te laat nie en moet ook hul huiswerkersdaarvan verwittig.

Vra altydvir name

DA-voorsitter vermoor.Lees meer op

www.malutinews.co.za.

OUDRUGBYSPELERS van die Oudskolie-reklub het van heinde en ver gekom omSaterdag die bekendstelling van die klubse boek Bethlehem-Oudskoliere-Rugby-klub: 1961 tot 2010 by te woon.Met inligting wat van verskeie oudse-

kretarisse, -bestuurslede en -spelersverkry is, het Thys van Tonder en StoneySteenkamp die boek saamgestel. Elsabévan Tonder, ook bekend as TannieRugby, het die tikwerk gedoen.

Die Bethlehem-Oudskoliereklub isdestyds deur oudleerlinge van dieHoërskool Voortrekker en die eertydsehandelskool gestig. Wyle John Ferreira,Nancy Breytenbach se pa, was die eerstevoorsitter.Tienie van den Berg, Marius Wessels

en Beattie Jooste, almal van Pretoria, watSaterdag die bekendstelling bygewoonhet, was die eerste om vir Oudskoliere uitte draf.

Die boek bevat statistieke en foto’s van1961 tot 2010. Daar is ook heelwatstaaltjies, onder meer oor Frans Coetzee,’n oudredaksielid van Volksblad.Steenkamp sê die klublede is passievol

oor hul spel en Randell September vandie Griffons-rugbyunie het dit beaam. Hysê oral waar hy kom – of dit nou Lady-brand of Rovers is – is Oudskoliere altyddeel van die gesprek. Die ander spannewil Oudskoliere meestal klop . . .

Boek sien die ligSTONEY STEENKAMP (links), Elsabé van Tonder en Thys van Tonder was vir die boek Bethlehem­Oudskoliere­Rugbyklub: 1961 tot 2010verantwoordelik. Nog foto’s by www.malutinews.co.za. Foto: Lynda Greyling

Page 2: Malutima 20140611

2 MALUTI, WOENSDAG 11 JUNIE 2014

Leer deur toneelopvoeringPERSONEEL van die polisie se kinderbeskermingseenheid in Kroonstad, asook van Korrektiewe Dienste enEngo, het in Kinderbeskermingsweek by verskeie skole, onder meer die Laerskool Truida Kestell, ’n toneelstukopgevoer. Dit was om kinders van die gevare van onder meer dwelms, alkoholmisbruik en molestering bewuste maak. Hier is leerlinge aan die Laerskool Truida Kestell van links Hannes Kruger, Lené Kruger, SereroMotloung, Megan Lourenco, Jamie-Lynn Azar, René Meyer, Cara van Wyk en Reuben Brussow.

Kinderbeskermingsweek/Child Protection Week

HOW can we as a community inthe Eastern Free State help toprotect our children?Most of us are aware of one of

the most recent cases of childneglect and abuse in Springsduring which five children wereallegedly abused both physicallyand emotionally in numerous waysfor a long period of time. Due tothis case and the seriousnessthereof it was felt that a needexists to inform the public again onhow to report any suspicion ofchild abuse or neglect to therelevant professionals as to ensurethe safety and protection of ourchildren.

How do I report child abuseand/or child neglect –As a professional person:According to Section 110(1) in

the Children’s Act (no. 38 of 2005),any person “who on reasonablegrounds concludes that a child hasbeen abused in a manner causingphysical injury, is sexually abusedor deliberately neglected, mustreport that conclusion in theprescribed form to a designatedchild protection organisation, theprovincial Department of SocialDevelopment or a police official.”Any person includes the follo-

wing: any correctional official,dentist, homeopath, immigrationofficial, labour inspector, legalpractitioner, medical practitioner,

midwife, minister of religion, nurse,occupational therapist, physiothera-pist, psychologist, religious leader,social service professional, socialworker, speech therapist, teacher,traditional health practitioner,traditional leader or member ofstaff or volunteer worker at apartial care facility, drop-in centreor a child- and youth-care centre.) For an indepth report on childprotection visit www.maluti-news.co.za.

Abuse:What to doif you suspect it

CONTACT NUMBERSto report possible childabuse or neglect:Police

) SAPS: 10111(after hours)) Child Protection Unit:058-303-5891Child protectionagencies) Bethlehem Child andFamily Welfare: 058-303-4701 (office hours)) Free State Care inAction: 058-303-5319(office hours)Department of SocialDevelopment) Social Development: 058-307-7500 (office hours)

Page 3: Malutima 20140611

MALUTI, WOENSDAG 11 JUNIE 2014 3

Laura Greeff

HANSIE JORDAAN, wat dieafgelope paar jaar verskeie koreafgerig en onlangs by die Passie-spel betrokke was, verhuisbinnekort.

Laura Greeff, lesersjoernalis vanMaluti, het hom ’n paar vraegevra.

Vertel my van jou grootword-jare.

Ek is gebore, het skoolgegaanen het onderwys in Burgersdorp indie Oos-Kaap gegee. My liefde virmusiek en die kunste kom vankleintyd af. Ek was 19 jaar ’nmusiekonderwyser aan dieHoërskool Burgersdorp voordat ekBethlehem toe verhuis het.Waar het jy gestudeer en

hoekom het jy op onderwys enmusiek besluit?

Ek het al my studie deur Unisagedoen en deeltyds aan dieUniversiteit van die Vrystaat (UV)gestudeer. Ek wou nog nooit ietsanders as musiek studeer nie. Ekonthou nog die eerste dag van myloopbaan as musiekonderwyser –op daardie oomblik het ek geweetdit was die regte besluit.Hoe het jou pad na Bethlehem

gelei?Musiekonderwys is ’n intensiewe

beroep wat ’n mens na ’n afge-sonderde wêreld kan laat verdwyn.Dit is belangrik om nie perspektiefte verloor van die mense enwêreld om jou nie. Ek het ’naanbieding in Bethlehem gekry om’n gastehuis te bestuur. Ek hetdadelik ja gesê en musiekonderrigtwee jaar lank laat vaar. Dit was

my “rusjare” van musiek, maar toeroep die musiek my weer . . .Hoe lank is jy in Bethlehem?Die einde van 2014 sou dit agt

jaar wees.Waar het jy skoolgehou?By die Hoërskool Hofmeyr,

Hoërskool Burgersdorp, LaerskoolTruida Kestell en natuurlik koorafgerig by die Hoërskool Witte-berg, Laerskool Jordania en ’nrukkie by New Horison in Bethle-hem.Jy het ook lank gastehuise

bestuur. Enige raad wat jy metons kan deel?

Moenie dat moeilike gaste jouliefde vir die bedryf kelder nie.Jy was ook ’n baie bekende

gesig agter die orrel. Waar hethierdie passie ontstaan?

Die instrument het my vankleintyd af gefassineer. Ná myorrelstudie in Bloemfontein het ekbesef dit is ’n instrument wat myna aan die hart sal bly.Wat van Bethlehem gaan jy

die meeste mis?Die mooi natuurskoon om

Bethlehem, die mooi kerke methul pragorrels en Clarens wat sonaby was en my “mos”-mense envriende vir wie ek so lief geraakhet.Nou die groot vraag. Waar-

heen gaan jy en wat gaan jydaar doen?

Ek het ’n pos by die St. An-drew-skool in Welkom aanvaar: Ditgaan musiek, koor, sang, musiek-blyspele en ook skakelwerk vir dieskool behels.Wat sal jy graag aan die

mense van Bethlehem wil sê?Dankie, Bethlehem, vir ’n goeie

tyd. Glo dit as julle wil, maar ditwas die grootste leerskool in mylewe. Ek glo ’n mens is jouselfminstens drie beroepe in jou leweverskuldig.

Ek wil ook ’n beroep op Bethle-hem se teatermense doen om aante hou baklei vir ’n teater.Climb every mountain, search

high and low.Follow every byway, every path

you know.Climb every mountain, ford

every stream.Follow every rainbow, till you

find your dream.

THE Golden Gate HighlandsNational Park, managed bySANParks, would like to distanceitself from the job scam in theQwaqwa area.

It is alleged that on 25 May awoman, who identified herself asThuli Hlubi, phoned Golden Gateand later visited the park torequest a venue for a “conference”scheduled for the next day. Thequotation was granted and shepromised to “make all the pay-ments as soon as possible” butthis was never done, even thoughthe “conference” took place.

According to Sithembile Mhlo-phe, the park manager, the“conference” was attended by 16people who all had to pay toattend. All of them were labelled“training for jobs in the park”. The

park was only made aware of thisscam after two days, when one ofthe employees walking in Qwaqwawas assaulted by people accusinghim and colleagues of takingmoney for their promised jobs.

“SANParks would like todistance itself from this incidentand anyone who has any informa-tion should contact the police sothat they can handle the matterand advise fellow stakeholders onthis criminal activity.

“The park has good relationswith the surrounding communitiesand we believe this is just a wayto try dent our image. We will notallow it. All jobs advertised in thepark follow proper organisationalchannels and we would not askpeople to pay money in exchangefor jobs,” said Mhlophe.

Job scam at Golden Gate

Hansie nou naWelkom

HANSIE JORDAAN tydens een vansy optredes saammet Kirsten Fores-ter.

ANNETTE WESSELS het ligte beserings opgedoen toe die bakkiewaarmee sy in Baartmanstraat, Jordania, gery het op sy dak belandhet. Sy was op pad om haar seuns by die skool te gaan haal.

In ongeluk op pad na skool

Page 4: Malutima 20140611

4 MALUTI, WOENSDAG 11 JUNIE 2014

Eskom se problemeis nou ons problemeVRYDAGOGGENDwasdit chaos.Nie een van die verkeersligte inBethlehem werk nie en ouderge-woonte is daar weer motoriste watnie weet dat ’n mens dit soos ’nvierrigtingstop moet hanteer nie.Gelukkig was daar geen onge-

lukke nie.Bethlehem se krag was weer af,

dit net nadat Eskom Donderdagverklaar het dat hy genoeg elektri-siteit kan voorsien indien elkekragverbruiker ook sy deel bydraom krag te bespaar.Genadiglik gaan die krag weer

aan en almal kan hul werk verrig.Kort-kort flikker die ligte en gaanselfs af, maar genadiglik nie die re-kenaars nie.Is die kragonderbreking toe te

skryf aan die koue weer en meerkragverbruik of is dit na aanleidingvan Eskom se kennisgewing inVolksblad van 6 Junie waarin daargemeld word dat die Dihlabeng-munisipaliteit se krag op 4 Augus-tus afgesny gaan word aangesienhy vir meer as 90 dae metR58 050 276,19 agterstallig is?Terselfdertyd word die Maluti-a-

Phofung-munisipaliteit ook in ken-nis gestel dat sy kragtoevoer op4 Augustus afgesny gaan word in-

dien die agterstallige bedrag vanR228 660 478,13, wat meer as 90dae agterstallig is, nie betaal wordnie.Die betrokke munisipaliteite het

’n paar dae kans om sy saak te stelen om vir uitstel van betaling tevra.Is dit hoekom Eskom nie die

huurgeld vir die gebou wat hy al viretlike jare huur, kan betaal nie?Eskom is deur ’n bevel van die

hooggeregshof gelas om dadelikdie gebou wat hy in Malanstraathuur, te ontruim.As die uitsettingsbevel nie ge-

hoorsaam word nie, is die baljudeur ’n bevel van die regter ge-magtig om homuit die gebou te sit.Daarby is Eskom ook gelas om

die regskoste van die uitsettings-aansoek te betaal.Luidens ’n hofverklaring vaneen

van die trustees is Eskomonwettigop die trust se perseel nadat syhuurkontrak verstryk het.

deur

Lynda Greyling

Laura Greeff

BENEWENS blare wegvee en joutuin netjies maak, is dit nou dieregte tyd om roosbome te verskuif.Suzie Redelinghuys, die eienaarvan ’n kwekery in Bethlehem, deel’n paar wenke.Rose is seker die geliefste struik

in die wêreld en om die bestedaaruit te kry moet dit goedversorg word, sê Redelinghuys.

Junie is die beste tyd om jouroosbome te verplant. Hier is ’npaar voorbeelde van roosbome watverplant moet word:) Rose wat nou in die skadu vanbome of struike staan wat te grootgeword het. Rose benodig sowatagt uur sonlig per dag om te gedy.) Baie reën en roosbome wat niegoeie dreinering het nie.) Roosbome wat voor in diebedding staan wat nou hoër is as

die rose agter.) As ’n roosboom die vorige jaarnie goed gevaar het nie, kyk of diewortelontwikkeling nie te kompak isnie – dan is dit beter om die rooste herplant.Jy kan nou minder water gee en

moet nie bekommerd wees oorbespuiting nie. Verwyder dooieblomme. Moenie snoei voor eindeAugustus nie. Augustus in dieOos-Vrystaat is steeds bitter koud.

Junie die beste tyd om roosbome te verplant

ANGS, depressie, woede enselfs alkoholmisbruik kan ’nmens se breinfunksie beïn-vloed. Die brein vertolk enigegevoel van nood as ’n gevaar.Die sentrale brein neem dandie funksies oor wat jou laatoorleef, naamlik veg of vlug.Shani Grové, ’n voorligting-

sielkundige en skrywer vanPaul Roux, het die lede vandie Bethlehem-leeskring oorstres en die brein toege-spreek.Wanneer ’n mens stres, is

jou konsentrasievermoë en joukorttermyngeheue swakker en

is jy geneig om jou humeur teverloor en te oorreageer. Jydink nie logies nie en sê dalkiets wat jy later berou.Grové het verduidelik dat

die brein se veg-of-vlug-reak-sie vir dié simptome verant-woordelik is.Sy het oefeninge voorge-

stel en gedemonstreer hoeom stres te verminder. Jy kanbyvoorbeeld diep asemhaal ofjou skouers en gesigspiereontspan om beheer oor jouemosies te kry. Jy kan ookmet jou hand op jou borsdruk en diep asemhaal.

Depressie beïnvloed denke

SHANI GROVÉ (voor), ’n voorligtingsielkundige enskrywer, was die spreker op die Bethlehem-leeskringse maandelikse vergadering. Van links is, agter: Mar-tie Kruger, Lella Farrell en Thersia Craven.

GEMEENSKAPS-

KENNISGEWINGS

1210

Cutting Egde Hairsalonunder new management.Kathy's Unisex & BarberShop. Contact:Kathy 082 857 9798.Pricilla 073 584 6039.

KLERASIE

1615

TROETELDIERE

1660

Uitstekende, opregteBoerboel-hondjies tekoop. R2000 stuk. Beskik-baar einde Junie 2014.Ludi: 082 377 0484.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

GRANITE & MARBLE:Kitchen tops, vanities, barcounters, etc. Bethlehem.Tel. 058 303 4840/082 807 7456.

PLAVEISEL

1873

Instandhouding:Plaveisel, teël, verfwerk,bouwerk, pleister, dakkeseël, plafonne. Skakel:Johannes 083 210 6526.

VAKANSIE

& REIS

AKKOMMODASIE

2635

ROCKLANDS HOLIDAYRESORT: This block offlats, all with full seaview, in the very popularholiday town of Margate,offers fully furnished andserviced 2-bedr (6 sleeper)units with 24-hour secu-rity and a swimming-pool.For bookings and enquiriesplease contact office at039 312 0812.www.rocklandsresort.co.za(Now for sale! Finance canbe arranged).All bookings till endAugust 2014 qualify for10% discount.

EIENDOMME

HUISE TE HUUR

3270

2-slk-huis: Groot erf.Middedorp. D/verdieping.R3 550 p.m. plus w en vul-lisverwydering (ong. R300)en dep. Besk. 1/7/2014.083 285 1196.

KANTORE

3290

SHOP TO LET: 120square metres in BrandStreet, Bethlehem, R5 000p.m. Plus key deposit ofR5 000. Contact 083 6347158 / 082 779 1694.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Adelina is op soek nawerk, Maandae, Woensdaeen Vrydae. Skakel:078 676 1643.

GESOEK

3601

Daisy is op soek nawerk as huishulp/werks-winkelskoonmaker.Skakel 078 392 9653.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 5: Malutima 20140611

MALUTI, WOENSDAG 11 JUNIE 2014 5

Page 6: Malutima 20140611

6 MALUTI, WOENSDAG 11 JUNIE 2014

SKOLENUUS / SCHOOLS NEWS

PETRUS MDAKANE started his studies atthe Maluti FET College: BethlehemCampus in 2008 and now, with thecompletion of his N6 qualification, hisdream has been fulfilled.

At the N6 farewell ceremony Mdakanetold his fellow students and his lecturersthat people might not always know thecircumstances of others. He then toldthem that he had lost both his parentsand that the pastor had taken him in. Hisdream was always to study. “It was not aneasy path, and now I am at the lasthurdle: the N6 Business Managementexams!” Mdakane motivated his fellowstudents to do their best.

To her surprise, Mdakane handedLizette van Wyk, the college manager, apresent. “Mrs Van Wyk greets everyonewith a smile in the morning. It is her smileand friendliness that encouraged us to doour best and for her we would do ourbest,” said Mdakane.

Dream fulfilled

PETRUS MDAKANE and Lizette van Wyk,the manager at the Maluti FET College:BethlehemCampus, at theN6 farewell cere-mony.

ABOVE: A farewell was held for the N6 students at the Maluti FET College: Bethlehem Campus. The Management Assistant achievers arefrom the left, front: D.A. Simase, L.J. Mokoena, E.M. Mosoeunyane, P.C. Cebekulu, T. Mabizela, C.T. Borole and N.S. Ndlebe; back: M.A.Mphuthi, T. Mokoena, S.L.J. Ndlovu, D. Dlamini, V.J. Kubeka and Z.P. Khumalo.

RIGHT: Moleboheng Tshabala (left) and Mathabo Mosia received a ta-blet and e-reader respectively from the Maluti FET College: BethlehemCampus for being the best achievers for 2013.

THE South African Breweries(SAB) Central Region donatedR50 000’s worth of groceries toHope House in Harrismith onWednesday.

Hope House is an orphanagethat was established in 2004,and currently cares for 25children whose ages range from9 months to 17 years.

The official handover was doneby SAB’s Corporate Affairsmanager, Adv. Neo Sephoti, andAttie Mokhahlane, the CorporateAffairs specialist for the FreeState. “We were contacted byHope House in 2013 to assistwith their various needs. We sentout a task team to assess whatthey needed and determined thatthere was not enough money toprovide for groceries and basicitems for the children. It is a

privilege to be able to assist andmake a change in these child-ren’s lives,” explained Mokhahla-ne.

Hope House director, JackieLittlewood, expressed hergratitude by saying: “We areconfident that these precious littlepeople will one day make asignificant contribution to humani-ty. This is not a random ‘hope forthe best’ confidence. It is basedon a track-record of care andnurturing for hundreds of similarchildren who are growing up tobe extraordinary human beings.Love never fails, but it cannot fillthe stomach of a hungry child.We are incredibly thankful toSAB for sponsoring this massiveamount of groceries. This willkeep the children happy and fedfor at least the next five months.”

Groceries will bring welcome relief

THE South African Breweries handed over food to Hope House, an or-phanage in Harrismith. From the left are, front: Attie Mokhahlane (SABcorporate affairs specialist for the Free State) and Kristo Tsotetsi (housemanager: Hope House); back: Jackie Littlewood (director: Hope House)and Innocent Mofokeng (SAB account manager: Eastern Free State).

DIE o.13A-span vandie Laerskool Jorda-nia het die Oos-Vry-staatse netballiga ge-wen. Die eindrondevan die liga in die ver-skillende ouderdoms-groepe is Donderdag-middag by die Laer-skool Truida Kestellgehou. Jordania hetin die eindronde teendie Laerskool Harri-smith te staan gekom.Die wenspan is vanlinks, voor: MariscaMiles, Renémari Hu-man en Mamello Mo-loi; agter: Lize-Marivan Niekerk, Chera-lee Trotter, Dinamarivan Rensburg, SusanKruger (afrigter), Jes-sica Nel en SimoneRoux.

Foto: Lynda Greyling

DIÉ speler van Harrismith (regs) was hier nette vinnig vir Jessica Nel, hoofdoel van die Laer-skool Jordania se o.13A-span, tydens die Oos-Vrystaatliga se eindronde.

For more picturesgo to

www.malutinews.co.za

Achievers awardedfor hard work

Page 7: Malutima 20140611

MALUTI, WOENSDAG 11 JUNIE 2014 7

Page 8: Malutima 20140611

8 MALUTI, WOENSDAG 11 JUNIE 2014

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

SEDERT die Oudskoliere-rugbyklubgestig is, het die klub gedugte spelerswat passievolle spel lewer.

Ná die bekendstelling van Oudskolierese boek, wat oor die geskiedenis van dieklub van 1961 tot 2010 handel, het ’nverdere hoogtepunt gevolg toe sy eersteen tweede span teen Collegians oplaasgenoemde se veld op D.H.C. duPlessispark te staan gekom het.

Verskeie oudspelers van Oudskolierehet spesiaal hul spanne kom ondersteun.

Die rustydtelling vir die tweede span

was 15-7 in Oudskoliere se guns met ’neindtelling van 27-7.

Om te wen moes Oudskoliere seeerste span hard werk. Collegians hetmet sterk balbesit en verdediging getoonhy is ’n span om mee rekening te hou.Collegians het teen rustyd met 8-7voorgeloop en kort in die tweede helftesy punte tot 22 vermeerder. Oudskolierehet sy agterstand ingehaal en kort voordie einde die wenpunt aangeteken ommet 24-22 te wen.) Nog foto’s by www.malutinews.co.za.

Oudskoliere klop CollegiansEEN van Collegians se eerstespanspelers word hier kort voor die pale deur ’n speler vanOudskoliere gekeer. Foto: Lynda Greyling

FRANCOIS SPYER, lid van die Bethlehem-hengelaarsvereniging, asook die Vrystaat-weermagspan, het van 17 tot 23 Mei aandie Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag(SANW) se jaarlikse kampioenskapbyeen-koms deelgeneem.

Dié hengelkompetisie is by Baberspan inNoordwes gehou. Altesaam 66 hengelaarshet deelgeneem.

Spyer het nie net algeheel eerste geëin-dig nie, maar hy het ook die eerbewys virdie meeste vis gevang, asook die swaarstesak geweeg, ontvang.

Hy is as die victor ludorum aangewys enmet sy hulp het die Vrystaatspan eerstegeëindig.

Hengelaar vangeerste prys

FRANCOIS SPYER by sy eerbewyse.

ALTESAAM 15 spanne het Saterdagmiddagaan die Oudskoliere-netbalklub se eerstevriendskaplike wedstryd deelgeneem.

Onder die spanne was dié van Kroonstaden Grootvlei wat die eerste keer deelge-neem het. Daar was sowat 105 spelers.

Die uitslae is soos volg:) Oudskoliere 1 teen Heilbron 2 (50-7);) Oudskoliere 2 teen Harrismith (3-16);) Oudskoliere 2 teen Grootvlei (12-28);) Heilbron 1 teen Lindley 1 (29-15);

) Qwaqwa teen Dihlabeng (21-24);) Kroonstad 1 teen Frankfort 1 (28-20);) Grootvlei teen Dihlabeng (13-39);) Heilbron 2 teen Harrismith (17-23);) Frankfort 1 teen Lindley 1 (26-22);) Kroonstad 1 teen Lindley 2 (39-3); en) Frankfort 2 teen Kroonstad 2 (2-46).

Die volgende ligawedstryd vind op 21Junie op die Laerskool Truida Kestell sebaan plaas.) Nog foto’s is op www.malutinews.co.za tesien.

Netbalspannemeet kragte

STOP! Oudskoliere se eerste vriendskaplike netbalwedstryd het Saterdag plaasgevind. Hierspeel Oudskoliere 1 teen Heilbron. Nog foto’s is op www.malutinews.co.za.

Foto: Lynda Greyling