malutima 20140618

8
Koerant met hart The paper with heart I BYKANS al die vlae van die lande wat aan die Wêreldbekersokkertoernooi in Brasilië deelneem, is by die Coachmans Saloon te sien. Personeel van die Frontier Inn & Casino is groot sokkerondersteuners en elkeen het ’n gunstelingspan. Van links is, voor: Richard Lengoabala, Simon Makhoba en Willie Bartnis; agter: Estelle von Moltke, Lizelle Tulleken, Westors Maluleke, Chris Karsten, Joseph Ntemba, Makie Mokoena, Johan Fourie en Gerrie Rautenbach. Foto: Lynda Greyling Motordiewe kom moses teë Lynda Greyling ’n VERMEENDE motordief het onlangs sy moses teëgekom toe hy ’n Toyota Hilux-bakkie in Panorama wou steel. Hy en sy makker, wat intussen in hegtenis geneem is, het reeds in die hof verskyn. Ntosyena Tseliso van Lesotho en George Molefe van Bethlehem het Maandag in die hof verskyn. Hulle verskyn vandag op aanklag van poging tot motordiefstal in die streekhof. Daarby is ’n verdere klag van poging tot moord en die besit van gereedskap om voertuie te steel. Die saak spruit na ’n voorval waartydens Dirk Maeder, een van ’n tweeling, wakker geword het toe hy hul motor se alarm hoor afgaan. Hy en sy pa, Frans, het gaan ondersoek instel. ’n Man het in die veld oorkant hul huis weggehardloop. Dirk het hom agternagesit terwyl sy pa met die bakkie agterna is om vir hom lig te maak. Hy het die vermeende motordief in ’n sloot gekry, hom probeer vasdruk en in hegtenis geneem. Die man het egter vir Dirk met die skerp voorwerp waarmee hy die voertuie se deure oopmaak in die pols gesteek. Frans het Dirk toe gehelp om die man aan te keer. Dirk het aan Maluti gesê dit was ’n splinternuwe 2014-model Hilux-bakkie wat die man wou steel. Volgens ’n woordvoerder van die polisie is Ntosyena Tseliso eerste in hegtenis geneem en Molefe kort daarna.

Upload: maluti-news

Post on 23-Mar-2016

300 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Malutima 20140618

TRANSCRIPT

Page 1: Malutima 20140618

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 18 JUNIE 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartKoerant met hart The paper with heartI

BYKANS al die vlae van die lande wat aan die Wêreldbekersokkertoernooi in Brasilië deelneem, is by die Coachmans Saloon te sien. Personeel van die Frontier Inn & Casinois groot sokkerondersteuners en elkeen het ’n gunstelingspan. Van links is, voor: Richard Lengoabala, Simon Makhoba en Willie Bartnis; agter: Estelle von Moltke, Lizelle Tulleken,Westors Maluleke, Chris Karsten, Joseph Ntemba, Makie Mokoena, Johan Fourie en Gerrie Rautenbach. Foto: Lynda Greyling

Motordiewe kom moses teëLynda Greyling

’n VERMEENDE motordief hetonlangs sy moses teëgekom toe hy’n Toyota Hilux-bakkie in Panoramawou steel.Hy en sy makker, wat intussen in

hegtenis geneem is, het reeds indie hof verskyn.

Ntosyena Tseliso van Lesotho enGeorge Molefe van Bethlehem hetMaandag in die hof verskyn.Hulle verskyn vandag op aanklag

van poging tot motordiefstal in diestreekhof.Daarby is ’n verdere klag van

poging tot moord en die besit vangereedskap om voertuie te steel.

Die saak spruit na ’n voorvalwaartydens Dirk Maeder, een van’n tweeling, wakker geword het toehy hul motor se alarm hoor afgaan.Hy en sy pa, Frans, het gaanondersoek instel.’n Man het in die veld oorkant hul

huis weggehardloop. Dirk het homagternagesit terwyl sy pa met die

bakkie agterna is om vir hom lig temaak.Hy het die vermeende motordief

in ’n sloot gekry, hom probeervasdruk en in hegtenis geneem.Die man het egter vir Dirk met

die skerp voorwerp waarmee hy dievoertuie se deure oopmaak in diepols gesteek.

Frans het Dirk toe gehelp om dieman aan te keer.Dirk het aan Maluti gesê dit was

’n splinternuwe 2014-modelHilux-bakkie wat die man wou steel.Volgens ’n woordvoerder van die

polisie is Ntosyena Tseliso eerste inhegtenis geneem en Molefe kortdaarna.

Page 2: Malutima 20140618

2 MALUTI, WOENSDAG 18 JUNIE 2014

’n ONDERWYSER van Bethlehem hetVrydag in die hof op ’n aanklag vanstrafbare manslag verskyn ná die doodvan sy vriendin, Petri Breedt.

Die klag van moord teen JohnCordier (34), ’n onderwyser aan dieMaluti-Hooglandskool in Bethlehem, isonlangs na strafbare manslag veran-der.Maluti het vroeër berig Breedt is

vroeg op ’n Saterdagoggend in Maartin die Mediclinic Hoogland se nood-eenheid opgeneem nadat sy bewuste-loos op die sypaadjie voor haar ma sehuis in die dorp gevind is. Sy hetkopbeserings gehad en is na dieMediclinic Bloemfontein oorgeplaaswaar sy kort ná haar aankoms oorledeis.

Volgens die Vrystaatse woordvoerdervan die Nasionale Vervolgingsgesag,Phaladi Shuping, het Breedt noggelewe toe sy bewusteloos op diesypaadjie gevind is.

Die verhoor is tot 28 en 29 Augus-tus uitgestel. Nico Naudé van NicoNaudé-prokureurs in Bloemfontein isCordier se regsverteenwoordiger.

Saak voor inAugustus

20 JUNE: The South African Institutefor Occupational Safety and Health(Saiosh) will present a workshop on

the new construction regulationswhich were promulgated on 14February to be implemented inAugust. This workshop will befacilitated by one of South Africa’sleading construction health andsafety specialists, Neels Nortjé. Theworkshop will be presented from09:00 to 12:00 at the PresidentHotel, Bloemfontein. It is free for

Saiosh members. Non-members payR525. For information and bookingsgo to www.saiosh.co.za.28 Junie: Die Tradisionele

Boeremusiekklub van Suid-Afrika seGoudveldtak hou ’n boeredanspartyin die Laerskool Koppie Alleen sesaal. Rig navrae aan André Burgerby 084-598-1022 of Louise Burger by072-149-8753.

’n MATRIEKSEUN aan die HoërskoolWitteberg in Bethlehem is Sondagaand in ’nBloemfonteinse hospitaal oorlede nadat hyernstige breinbeserings in ’n ongelukopgedoen het.

Jeandré Exley (17) is vroeg verlede weekernstig beseer toe hy met sy motorfiets in ’n

botsing teen ’n bakkie betrokke was.Hy was op pad terug na sy woonstel toe

die ongeluk omstreeks 17:30 in Commissio-nerstraat gebeur het.

Poerkie, soos Jeandré alombekend is, iseers in die Mediclinic Hoogland in Bethle-hem opgeneem, maar is in die nag ná die

ongeluk na die Mediclinic Bloemfonteinoorgeplaas. Hy was aan ’n lewensonder-steuningstelsel gekoppel.

David Exley van Fouriesburg, Jeandré sevoog, het vroeër gesê hy het ernstigebreinbeserings opgedoen.

Nog geen begrafnisreëlings is getref nie.

Witteberg-seun sterf ná ongeluk

HEERLIKE vis en skyfies vanOcean Basket vir Saterdagmiddagete was’n lekker bederf vir die inwoners van die versorgingseenheid by Berg-prag. Lidmate van die NG kerk Bethlehem-Oos het die inwoners metdié ete bederf. Voor sit Nico Greeff. Van links is, agter: Adri Vermeulen,Poppie Naudé en Sophia Tolken.

DIE kleuters van die Tingeling-kleuterskool kan nou danksy dieFrontier Inn & Casino leer hokkie speel. Anthony Oliver, die hoof-bestuurder van die Frontier Inn & Casino, en Lizelle Tullekin, diebemarkingsbestuurder, het Maandag verskillende groottes hok-kiestokke aan die skool oorhandig. Van links is Lourival da Silva,Franco van Heerden, Jomari le Roux, Zanique Opperman, Oliveren Henri Janse van Rensburg.

Bederf inwoners met visete

www.aucor.com

Besigtiging: Maandag, 23 Junie (08h30 - 16h30) Jakoef: 0837800055

Datum: Dinsdag24Junieom10:30 | Perseel: Krugerlaan1 , Estoire,Bfn

GPS: S29°06.767’O026°16.567’

Vir Finansiering kontak:Celestè 082 374 5078

Besoek: www.aucor.com Vir VolledigeVeilingslys & Fotos

Voorwaardes: Elke kopermoet registreer om te bie. BEWYSVANADRES EN ID-DOKUMENTBENODIGVIR FICA-REGISTRASIE. Registrasiedeposito van R10 000 per banktjek, debiet/kredietkaart of EFO. Geen kontant! Behoorlik gelas, sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop. Terme &Voorwaardes geld.“WesBank is ‘n afdeling van FirstRand Bank Bpk.‘n GemagtigdeVerskaffer van Finansiële Dienste en Gerigstreerder krediet. NCRCP20”.ONDERHEWIGAANVERANDERINGSONDERVOORAFKENNISGEWING. Afslaer: Jacques vander Linde

BANKTERUGGENEEMDEVOERTUIE OP VEILING

• Voertuie • Bakkies • SNVs • Motorfietse •• Nie-Lopend/Ongeluksbeskadigde voertuie •

60xVoertuie&SNVs- 2014 TATA Indica 1.4 LSi- 2013 Volvo S60 T4 Excel Powershift- 2012 BMW 335i Convertible Sport Outo- 2x 2012Volkswagen Polo 1.6 & 1.4

Comfortline- 2012 Opel Corsa 1.4 Essentia- 2012 Kia Picanto 1.2 EX- 2011 Audi A5 2.0 TFSi Cabriolet- 2011 Ford Fiesta 1.4i Ambiente- 2011 BMW 320i Sport

- 2011Volskwagen Polo Vivo 1.4 Trendline- 2011Volkswagen Polo Vivo 1.4- 2011Volkswagen Jetta 1.4 TSi Comfortline- 2011 ToyotaYaris T3+- 2011 Hyundai i20 1.4- 2011 Chery Tiggo 2.0 TXE- 2010 Lexus RX 350XE

25xBakkies&4x4s- 2013 Toyota Hilux 2.5 D-4D SRX- 2012Volkswagen Amarok 2.0 BI-TDI

Highline

- 2012Mazda BT50 Drifter 3.0 CRDiSLE D/K

- 2012 Isuzu KB 250D Fleetside- 2011 Nissan Hardbody NP300 2.4

Hi-Rider D/K- 2011 Nissan NP200 1.6- 2011 Isuzu KB 250 LE D/K- 2011 Ford Bantam 1.3i- 2011 GWM Steed 2.4- 2010 Opel Corsa Utility 1.4i Club

15xNie-Lopendevoertuie

120x

Page 3: Malutima 20140618

MALUTI, WOENSDAG 18 JUNIE 2014 3

Skool kry helpende handSOLIDARITEIT HELPENDEHAND se Harrismith-tak hetonlangs die HoërskoolHarrismith ondersteun deurdie skoolgeriewe en -dienstevir die kinders op te knap.

“Die projek dra tot dieopvoedkundige waarde virdie leerlinge by,” sê Vanes-sa Marais, Helpende Handse streekorganiseerder indie Vrystaat.

“Dit leer hulle om geriewein stand te hou en aan-spreeklikheid ten opsigtevan higiëne te koester.”

Helpende Hand glo datopheffing deur opleiding ’nsleutelaspek in kinders setoekomstige sukses is, sêMarais.

“Die opknappingsprojek isvan die begin af saam metdie skool se beheerliggaamen in samewerking met ’n

omgewingsgesondheidsprak-tisyn van die departementvan gesondheid gedoen.”

Volgens Angelique enGert van Dyk, beheerlig-gaamlede, het dié skoolR12 000 ingesamel wat totdie suksesvolle voltooiing

van die eerste fase van dieprojek bygedra het.

Vrywilligers wat graag byHelpende Hand se Harris-mith-tak betrokke wil raak,kan die takvoorsitter, HelmiBeyers, by 079-168-4815bel.

HENNIE PIETERSE (skoolhoof van die Hoërskool Harrismith),Vanessa Marais (Helpende Hand se streekorganiseerder in dieVrystaat) en Marei Swanepoel, ondervoorsitter van HelpendeHand se Harrismith-tak) tydens ’n besoek aan die skool.

BEN PRETORIUS (links) het een van 100 spesiale VW Vivo’s gewen. Saam met homis van links, Tokkie Matthee, wat die trekking gedoen het, Handri van Zyl (Spar) en AndréPepler, bestuurder van Dericks Kwik Spar.

Sjokoladekoper wen motorHY het net ’n Kit Katgekoop, sy adres agteropingevul en siedaar, hy heteen van 100 spesiale VWPolo Vivo’s gewen.

Ben Pretorius vanBethlehem besoek gereeldDericks Kwik Spar.

Hy koop onder meervleis en vra gereeld dieslagter, Handri van Zyl,om vir hom spesifieke

snitte te sny.“Handri is altyd so

vriendelik en behulpsaamen ek het vir haar die KitKat gekoop om vir haardankie te sê.”

Tokkie Matthee, ’ninwoner van Bethlehem,het die wenstrokie getrek.

Handri van Zyl enAndré Pepler, die bestuur-der, het namens Spar aan

Pretorius en Matthee ’ngeskenkpak oorhandigvoordat die nuwe rooimotor met sy wit strepeaan Pretorius oorhandigis.

Pretorius, ’n wewenaar,wou hê dat sy kleinseun,Mathew, die eerste eenwees wat saam met homin sy spinternuwe motorkon ry.

MANIE EN CILLIE SWARTvan Bethlehem het hul 60stehuweliksherdenking gevier.Die egpaar het drie dogters,sewe kleinkinders en tweeagterkleinkinders.

Egpaar 60jaar getroud

DBV het dringend hulp nodigAL die Dierebeskermings-verenigings (DBV’s) in dieOos-Vrystaat, behalweBethlehem se DBV, moes alweens geldelike redes huldeure sluit.

Dié DBV sukkel egter omfinansieel te oorleef.

Corleen van der Merwe,voorsitter, sê die DBV isdankbaar vir die groothoeveelheid hondekos wathy onlangs ontvang het.

Daarby het Crezcotoegesien dat daar kampiesop die terrein gemaak wordsodat die honde bedags uit

die hokke gelaat kan worden in die kampies kanrondhardloop en speel.

Die DBV het ’n grootuitstaande munisipale enveeartsrekening.

Daarby moet die werkersse salarisse ook betaalword.

Die DBV is ’n niewinsge-wende organisasie wat geenstaatsubsidie ontvang nie.

“Ons is heeltemal vanskenkings afhanklik. Indienons deure moet sluit, isHennenman die naaste plekwat nog ’n DBV het.”

Page 4: Malutima 20140618

4 MALUTI, WOENSDAG 18 JUNIE 2014

Gees van God staan vasIN Kalifornië is ’n strand wat as PebbleBeach bekend staan. Die branders slaan metsoveel krag teen die strand dat die klippiesgedurig teen mekaar en teen die rotse skuuren dit maak hulle glad, blink en mooi. ’nMedeleraar van die Birchleighgemeente,Hennie van Wyk, het dié storie gestuur.

Toeriste kom van heinde en ver om naPebble Beach se mooi, gladde klippies tekyk en dit as aandenkings saam te neemhuis toe. Teleurstelling en teëspoed kan ookin ons lewe, in ons karakter en gedrag, ’nsoortgelyke invloed hê. Ons het ook alvanjaar ons deel aan teleurstelling enbeproewings gehad.

Die komponis Händel het eens wanhopigin Londen se strate rondgedwaal. Hy wasbankrot en het verwerp deur almal gevoel.Een oggend keer hy terug na sy ysigekamer. Op die tafel lê ’n dik koevert, ’nlibretto, ’n vokale musiekstuk wat CharlesJennens uit Bybelverse saamgestel het.

Verwese, honger en koud blaai Händellusteloos deur die lang werk. Die woordevoor hom laat hom regop sit. Dit is dieOu-testamentiese voorspelling van diegeboorte van Christus: Raadsman, sterkeGod, Vredevors, Herder wat die lammersaan sy bors dra.

Opgewonde lees hy verder hoe Hy deurdie mense verag en verwerp sou word. Diewoorde dat sy Verlosser leef en die Koning

van konings is, word in sy siel ingebrand.Händel gryp ’n potlood en gaan sit voor

die klavier. Twee weke lank werk hy feitlikononderbroke en gee gestalte aan DieMessias waarvoor die wêreld vandag nogwaardering het. Ná twee weke nooi hy ’nvriend en met trane in sy oë vertel hy hoedie skepping van die Halleluja-koor hom laatvoel het asof hy self in die hemel is en hyGod voor hom sien.

Die eerste uitvoering van Die Messias wasin Dublin en die gehoor se reaksie wasoorweldigend. So ook in Londen ’n paarweke later. Die Engelse koning het self dieuitvoering bygewoon en meegevoer deur dieHallelujakoor het hy opgestaan en diegehoor het sy voorbeeld gevolg.

Tot vandag toe oor die wêreld heen staandie gehore op as die Hallelujakoor gespeelen gesing word. Later was George FrederickHändel weer arm, blind en siek, maar syomstandighede sou nooit weer sy gees knaknie.

Die balle rol in dorpLynda Greyling

VIER jaar gelede is dieWêreldbeker-sokkertoer-nooi in Suid-Afrika gehou.Voor die toernooi is dietrofee na verskillendeplekke in die land gebring en kon ’n paargelukkiges dit vashou. Ek was een vanhulle, maar omdat ons meer rugbymense isen in daardie stadium nie veel van sokkergeweet het nie, het die beker veroorsaakdat ek meer van sokker wou leer.

Kort daarna is ek met vakansie Kaap toe.Die pad het sommer korter gevoel met aldie sokkerondersteuners van oor die wêreldheen wat op pad was Kaapstad toe om tegaan kyk hoe Nederland speel.

Vanjaar word die toernooi in Brasilië

gehou. Donderdag is daar byCoachmans vir die opening-seremonie en die afskop vandie eerste wedstryd regge-maak. Dit was net vlae waarjy kyk en almal is gevra wiehulle ondersteun.

Terselfdertyd is die Suid-Afrikaanserolbalkampioenskappe die eerste keer hiergehou. Spanne wat verskillende strekeverteenwoordig, het met mekaar meege-ding.

Die spel het elke dag om 08:30 begin envir menige mens was Bethlehem se koueoggende een te veel.

Hulle het egter geen ander keuse gehadas om te speel nie en vir elkeen was dit ’nernstige saak, want ’n gesogte titel was opdie spel.

Panorama-buurt weer veiligTEVREDE INWONER,Bethlehemiet:

SOWAT ’n jaar geledehet daar ’n berig in Malutiverskyn oor die heining bydie provinsiale verkeersde-partement wat stukkend is.

Daar is gemeld dat mense hulself op die ter-rein tuisgemaak het en dat verskeie huisbrakein die Panorama-woonbuurt gevolg het.

Verskeie inwoners het ook hul tuinafval daargestort.

Die bestuur van die polisiesektor (sektor 10)vir daardie gebied het die Dihlabeng-munisipa-liteit se raadslid vir daardie gebied gekontak.

Hy het hulle meegedeel datdit nie die munisipaliteit se taakis om die heining te herstel nieen dat die Vrystaatse departe-ment van openbare werke indie verband gekontak moetword.

Dié departement is toe versoek om werk temaak van die situasie en nou was daar vir ’nhele klompie weke ’n span werkers wat die bo-me se takke uitgedun, die terrein redelik ontbosen die heining herstel het.

As inwoner van Panorama wil ek kapt. Loui-sa van den Berg en die sektor se bestuur be-dank vir die moeite wat gedoen is om die pro-bleem op te los.

deur

Lynda Greyling

Geesgenoot

Briewe /

Letters

IN Johann Ramage se boek, Win en Wen,kom daar ’n verhaal voor oor ene Arthur –sonder ’n van, want hy het net sy naamgehad. Ramage het onlangs eers by syfamilie uitgevind wat sy van was.

Arthur het op 8 Julie 1901 aan sy moederin Londen ’n brief geskryf: “Mother, sincewe are with Clement we have had plenty ofwork burning farms down. It is very hard.

Last Sunday six of us went to burn a farm.We gave the old women and two daughtersfive minutes to clear out the goods in thehouse. They dropped to their knees andprayed. They started singing and weeping.One of the daugters went to the organ andsang.

“Mother, you know we love to sing butthis was heartbreaking to hear the girl sing

Rock of Ages.”Dieselfde Arthur sing in die helder

maanskyn op Groenkop.Die verhaal in Ramage se boek het

onlangs ’n mooi einde gekry. Ramage het ’noproep van ’n vrou uit Engeland ontvangwat gevra het hy moet vir haar die verhaalvan Arthur vertel. Sy sê toe hulle wilGroenkop kom besoek.

Tydens hul besoek het Jane en TonyRobinson vertel dat dit hul oupagrootjie,Arthur Robinson, was.

Sy het op ’n toerisme-ekspo in Londenvan Ramage se boek en die verhaal oorhaar oupagrootjie gehoor.

Met hul besoek aan die Retief-boekwinkelhet hulle die lied wat destyds op Groenkopgesing is vir Ramage gesing.

Agterkleinkinders volg oupagrootjie Arthur se voetspore

DIE Brandwaterkom is ryk aan Afrikaner-geskiedenis – van die Groot Trek tot bydie Anglo-Boereoorlog.

Op versoek van die Rapportryerskorpsvan Bethlehem het Erika van Eeden opSaterdag 17 Mei ʼn uitstappie na dienoordelike gedeelte van die Brandwater-kom gereël.

Die Brandwaterkom kan beskryf word as’n perdeskoen wat gevorm word deur dieWitteberg aan die westekant, wat strek vanKommandonek teenoor Ficksburg, verbyMoolmanshoek, Nelspoort en Witnek totSlabbertsnek en Retiefsnek in die noorde.

Aan die oostekant is die Rooiberg, watvan Retiefsnek af verby Naauwpoortnek,Golden Gate tot by Generaalskop strek.

Tydens die Groot Trek het die geselskapvan Piet Uys (1837-’38) onder meer oordié plase beweeg: Broodkop, Uyskuilen,Windhoek en Trekpad. By Ysterklip, op dieplaas Windhoek, het Uys sy medetrekkerstoegespreek terwyl hulle ’n tyd daaruitgespan het. Piet Retief het by Retiefs-nek uitgespan nadat sy geselskap 7 000beeste by Sekonyela afgevat het watSekonyela volgens Dingaan by homgesteel het.

Volgens oorlewering het ’n leeu eenaand ’n bees by Retiefsnek gevang. Op 6Februarie 1838 het Dingaan die verdragonderteken wat dit vir die Voortrekkers soumoontlik maak om ’n nedersetting tussendie Tugela- en Umzimvuburivier te vestig.Hy het Retief en sy geselskap dieselfdedag vermoor en daarna impi’s gestuur omdie res van die Voortrekkers af te maai.

Ná die Slag van Bethlehem (6 tot 7 Julie1900) het die Boeremagte na die Brandwa-terkom teruggeval om te hergroepeer. Die

Boeremagte se leiers wat daar was, waspres. M.T. Steyn, generale Christiaan deWet, Piet de Wet, PJ Fourie, Philip Botha,kmdt. J.H. Olivier, genl. C.C. Froneman,Steenkamp, ds. Paul Roux, genl. Crowther,kmdt. Haasbroek en genl. MartinusPrinsloo.

’n Krygsraad, wat uit die Boereleiers,onder leiding van Steyn, bestaan het isgehou om die geskille tussen die Boere indie kom op te los. Daar is besluit om dieBoeremagte in drie kolomme te verdeel endat elke kolom moet probeer om uit diekom te breek.

Die eerste kolom, onder De Wet,vergesel van Steyn en generale Piet Bothaen Piet de Wet, sou met omtrent 2 600man en 400 waens die aand van 15 Julie1900 deur Slabbertsnek uitbeweeg.

Die tweede kolom, onder leiding vanRoux met Fourie en Froneman en omtrent2 000 man, sou ’n dag later uitbeweeg.

Die derde kolom met ongeveer 500 manonder leiding van Crowther sou later volg.

Die oorblywende manskappe moesonder Prinsloo die passe teen die Britteoophou. Net die eerste kolom het uitge-breek omdat die plan nie uitgevoer is nie.

Maj. genl. sir Archibald Hunter het op 7Julie 1900 van Heidelberg af in Reitz enop 9 Julie in Bethlehem aangekom.

Maj. genl. R.A.P. Clements met die 12deBrigade en maj. genl. A.H. Paget met die20ste Brigade was toe in Bethlehemgestasioneer.

Op 11 Julie het Hunter bevele ontvangom as hoof van die gekombineerde magtein die Noordoos-Vrystaat op te tree en hetvoorgestel dat al die passe na die Brand-waterkom toegemaak moet word.

Brandwaterkom se geskiedenis

RETIEFSNEK uit ’n noordelike hoek.

SLABBERTSNEK uit ’n suidelike hoek.YSTERKLIP op die plaas Windhoek waar PietUys sy mede-Voortrekkers toegespreek het.

Page 5: Malutima 20140618

MALUTI, WOENSDAG 18 JUNIE 2014 5

Maak ’n rak om wyn uit te stal

1) DIE winter is nou amptelik hier,so dit is tyd vir lekker rooiwyn en kui-ers voor die kaggelvuur om die langaande te verwyl. Gerard de Boer vanSolomonsMica het ’n wynrak vir Pol-kadot gemaak. Dit lyk mooi en laatdie wynversamelaar toe om sy bestewyne uit te stal.

2) DIE plank was nie dik genoeg nieen daarom is twee planke gebruik.Die een kant van elk van die tweeplanke is skoon geskuur en daar isseker gemaak dit is stofvry. Dit is toemet houtlym aanmekaargeplak. Dit is24 uur vasgeklamp sodat dit stewigkon heg en kon droog word.

3) Die planke is uit die klampe ge-haal nadat dit droog geword het. Om-dat dit herwinde hout is, is dit met ’nbandskuurder afgeskuur, want diehout het baie ou verf op gehad. ’nHandskuurder kan ook gebruik word– dit sal net ’n bietjie langer neem.De Boer het nie al die lae verf afge-skuur nie, want dit gee karakter aandie hout. Onthou altyd met kragge-reedskap om nie te veel druk op dietoestel te plaas nie, want dit kan diemotor laat uitbrand.

4) DAAR is geskuur totdat die verlangde voorkoms verkry en alle los verfverwyder is. ’n Maatband is gebruik om die lengte van die plank te meet enin gelyke dele te verdeel waar die gate vir die wynbottels geboor moet word.’n Plat houtboorpunt van 32 mm is gebruik om te boor teen ’n helling van45 grade sodat al die bottels skuins sal staan. Wees versigtig om nie dieblad waarop jy boor te beskadig indien jy deur die plank boor nie.

5) DIE houer saam met die wyn is nogal swaar, so dit is belangrik dat ditstewig aan die muur geheg word. Twee 8 mm x 100 mm Hilti’s is vir bo enonder gebruik. Die plank is eers met ’n houtboorpunt geboor en toe die muurmet ’n 8 mm-muurboorpunt. Maak seker daar is geen kragdrade of waterpyp-pe waar geboor word nie. Sit die houer stewig vas. Nou kan die wynbottelsin die houer geplaas word. Kom kyk gerus by Polkadot hoe dit lyk.

Page 6: Malutima 20140618

6 MALUTI, WOENSDAG 18 JUNIE 2014

VAN links is An-neVenter, Marcu vanDyk, Simoné Venteren Jurie Wessels vandie Laerskool Jorda-nia wat as deel vandie Vrystaatgroep nadie nasionale eind-ronde van die Radika-le Redenaarskompiti-sie inPretoria deurge-dring het.

Deur naeindronde

TE KOOP

KLERASIE

1615

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

FOR ALL TOMB-STONES and repairs todamaged tombstones, aswell as epitaphs, etc.Phone 058 303 4840. BHM.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

Selina is op soek nawerk as huishulp, kin-deroppasser. Voltyds.Skakel 078 568 7985.

GESOEK

3601

Qualified/experiencedchef needed.Harrismith. Fax shortCV to 086 675 6905.

Vacancy forupholsterer.Must have experience andreferences.Fax CV to: 086 618 9297.

Page 7: Malutima 20140618

MALUTI, WOENSDAG 18 JUNIE 2014 7

VAN links is Cammi Roux, Marinus Minnaar, Ruan Strydom en Niel Janse van Rensburg vandie Laerskool Jordania wat in die o.13A-Griffonsspan ingesluit is wat in die vakansie aan dieCravenweek in Durban gaan deelneem.

ALTESAAM 38 leerlinge, van gr. O tot gr. 7, aan die Jordania-Voortrekker-kommando hetBloemfontein besoek. Hulle was onder meer by die Dam van Trane, die Vrouemonumenten die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke. Prof. Piet Strauss was hul toergids. Hieris al die groep voor die Vrouemonument.

DIE gr. O-leerlinge van die Laerskool Jordaniahet van verskillende beroepe geleer. Hier trekdie brandweerman Toni Redelinghuys vir Jo-nelda Zevenster beskermende klere aan.

Loop geskiedenis na

Gereed vir aksie

Gesels saamop Maluti seFacebookblad.

Page 8: Malutima 20140618

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

Toernooi eerste keer in BhmDIE Suid-Afrikaanse gemengdepare-rolbalkampi-oenskap is die afgelope week die eerste keer inBethlehem gehou.

Die Noord-Vrystaat-rolbalvereniging was diegasheer en spel is op die Bethlehem-rolbalklubse bane beslis. Altesaam 20 spanne het deelge-neem. Vir Allan Freeman, president van RolbalSuid-Afrika, was dit soos vir menige ander speler

sy eerste besoek aan Bethlehem.Die toernooi is amptelik Woensdagoggend

geopen en ná die vlaghysing is met spel begin.Hoewel dit vroegoggend yskoud was, het spel

vinnig “opgewarm” en was die mededingingtussen die spanne straf.

Vir ’n volledige berig, foto’s en video besoekwww.malutinews.co.za.

DIESuid-Afrikaanse gemengdepare-rolbalkampioenskap is die eerste keer in Bethle-hem gehou. Van die belanghebbendes op die toernooi is van links Fred Kruis (lidvan die uitvoerende bestuur van Rolbal Suid-Afrika), Matty Lotter (president: Noord-Vrystaat-rolbalvereniging), Jan-Albert du Preez (president: Bethlehem-rolbalklub) enAllan Freeman (president: Rolbal Suid-Afrika) Foto’s: Lynda Greyling

TREE VROEGOGGENDAAN: Rolbalspelers van oor die land heen wat aan die Suid-Afrikaanse gemeng-depare-kampioenskap in Bethlehem deelgeneem het tydens die opening van die toernooi.

Vir meer foto’s ennuus gaan nawww.maluti-news.co.za