malutima 20140917

8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart Koerant met hart The pap I EENDAG lank, lank gelede . . . is drome by die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem gekweek. Daar was Tinkerbell en sowat 850 leerlinge wat aan die sangfees deelgeneem het. Die sangfees is verlede Maadag tot Donderdag aangebied. Dele uit Mary Poppins, Sneeuwitjie, Dreams, Broadway en Fame is opgevoer. Foto: Magic Photography Eendag lank, lank gelede

Upload: maluti-news

Post on 03-Apr-2016

261 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

Malutima 20140917

TRANSCRIPT

Page 1: Malutima 20140917

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartTEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartKoerant met hart The paper with heartI

EENDAG lank, lank gelede . . . is drome by die Laerskool Truida Kestellin Bethlehem gekweek. Daar was Tinkerbell en sowat 850 leerlinge wataan die sangfees deelgeneem het. Die sangfees is verlede Maadag totDonderdag aangebied. Dele uit Mary Poppins, Sneeuwitjie, Dreams,Broadway en Fame is opgevoer. Foto: Magic Photography

Eendag lank,lank gelede

Page 2: Malutima 20140917

2 MALUTI, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014

29 November: Die Bergprag­aftreeoord­en­versorgingseenheid bied van 09:00 tot 16:00’n Kerskunsmark­safari aan.Verskeie uitstallings deur die publiek en

inwoners met bruikbare, handgemaakteartikels (geskenke) van gehalte sal te koopwees.Daar sal ook pannekoek, worsbroodjies,

kerrie­en­rys en koeldrank te koop wees,asook ’n teetuin om in te ontspan.Indien iemand in ’n uitstalruimte, meestal

onder dak, belang stel, moet hulle plek voor1 Oktober by Elsie Odendaal by 082­375­2530 bespreek.

DIE N5 net buite Bethlehem in die rigtingvan Bloemfontein was Donderdag ’n heleruk gesluit weens die digte rook van ’nveldbrand wat in die omgewing gewoedhet.Personeellede van Thusa Fire, Razzma­

tazz en inwoners van die Eden­kleinhoeweshet die Bethlehem­brandbeheer gehelp omdie vlamme te blus terwyl die munisipaleverkeersbeamptes verseker het dat voertuieop ’n veilige afstand bly. Die brand hetonder meer baie naby aan ’n huis metsleepwaens wat verhuur word, gekom.Gelukkig is die vlamme betyds geblus.Vlamme wat op pad was na Kobus van

Zyl se huis is gekeer. ’n Bees van Van Zylhet doodgebrand en ’n boerboel op ’nnaburige kleinhoewe is ook dood.

Pad gesluit weens brand se rookwolke

DIE N5 net buite Bethlehem was Donderdag geruime tyd weens ’n veldbrand gesluit.Foto: Verskaf

VROUE word allerweë as sagteteikens beskou en hulle salmoet leer om meer paraat tewees en op te tree.In Bethlehem is daar deesdae

baie misdaadneigings. Maakseker wie is by jou deur voordatjy dit oopmaak.Daar is nou twee netjies

geklede vroue en ’n man wat byhuise kom aanklop. Hulle komkyk óf na ’n huis wat te koop is,óf gaan klop by bure langs ’nhuis wat te koop is aan en vraoor die huis uit.Gewoonlik verleen die mense

toegang aan hulle en kry hulledie geleentheid om te kykwatter waardevolle artikels in diehuis is. Juwele en skootreke­naars is van die gewildstegoedere wat gesteel word.Kapt. Louisa van den Berg

van die polisie was die sprekerop die Asrivier­VLU­tak se

maandelikse vergadering.Sy het die vroue versoek om

hul huiswerkers in te lig oor diegevare en dat hulle mense watin die huise wil kom, die huismoet belet.’n Mens moet ook nie pakkies

in ’n voertuig laat nie. Daar isdie afgelope tyd by verskeievoertuie ingebreek. Daar isonder meer ’n pakkie met kleregesteel. Die strokie van dieaankope was nog in die pakkie.Die dief het die klere terugge­neem na die betrokke winkel endit vir ’n ander grootte geruil.“Wanneer inkopies gedoen

word, bêre eerder jou strokiesin jou beursie of handsak.”Vroue is voorspelbaar en

altyd haastig, moontlik omdathulle meer as een ding op ’nslag wil doen. Een ding wat hulby hul take kan voeg, is ommeer paraat te wees.

Vroue gemaantot paraatheid

KAPT. LOUISA VAN DEN BERG (links, voor) was die spreker opdie Asrivier-VLU-tak se maandelikse vergadering. Die vroue moesiets wat met die letter “s” begin, dra om verdere kleur aan die dagte verleen. Silwerware en serpe was die gunsteling-artikels om tedra. Een vrou het selfs slippers aangehad. By Van den Berg is vanlinks, voor: Esmé le Roux, Elize Pieters, Georgie Naudé en MartieKruger; agter: Chanelle Naudé, Martie Bondesio, Sanet Dorfling,Alda van der Merwe en Alta Steyl. Foto: Lynda Greyling

Page 3: Malutima 20140917

MALUTI, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014 3

’n PAAR uur voordat ’nvergadering oor die omstredespoedhobbels in Commissio­nerstraat plaasgevind het, isdit afgebreek.Inwoners wat naby die

spoedhobbels bly, het sowat ’njaar gelede ’n klagskrif by dieDihlabeng­munisipaliteitingedien waarin hulle versoekhet dat die spoedhobbelsafgebreek word.Op ’n raadsvergadering

verlede Woensdag is besluitom die spoedhobbels teverwyder. Inwoners het gekladie geraas van voertuie plahulle snags en dat hulle uitdie slaap gehou word.Frik Bonthuys, DA­raadslid,

het besluit om Donderdag­aand met die vergaderingvoort te gaan.Op die vergadering het

menige teenwoordige dit

beaam die eerste vragmotorsty omstreeks 02:00 oor diespoedhobbels en daarvandaankort­kort. Baie bestuurders hetnie die spoedhobbels gesiennie, te laat gerem of daaroorgery en hul voertuie beskadig.Bonthuys het gevra inwo­

ners moet met voorstellevorendag kom sodat motoristenie in die pad jaag nie. Tallevoorstelle is gelewer, maareindelik is besluit om diestadsraad te ondersteun in sybesluit om ’n verkeersinge­nieur te kry. ’n Kundigebehoort met ’n langtermyn­op­lossing vorendag te kom.Voorstelle is ook gelewer

om ’n afrigter wat atlete in diegebied afrig, te verbied om indie besige straat en die parkop die hoek van Commissio­ner­ en Cambridgestraat teoefen.

Omstrede spoedhobbels afgebreek

DIE omstrede spoedhobbels in Commissioner-straat is Donderdagoggend verwyder. Hier isFrik Bonthuys (links), DA-raadslid, en ’n klom-pie van die inwoners.

TE MIDDE VAN swak ekono­miese tye het die personeel vanWesbank in Bethlehem huldoelwit oorskry.Chris de Kock, uitvoerende

hoof van Wesbank, het op ’ngeselligheid by Lavender Hillgesê Wesbank se begrotingsword 18 maande voor die tydbepaal. Wat Bethlehem sepersoneel so besonders maak,is dat hulle te midde van swakekonomiese tye so goedgepresteer het, meen hy.“ ’n Mens sou dink Bethlehem

is ’n klein, plattelandse dorp endat die mense nie van tegnolo­gie gebruik maak nie. MaarBethlehem se personeel het97% van hul sake volgens diei­contracts­stelsel gedoen. Dit isbaie meer as in enige van diestedelike gebiede.”De Kock het aan Werner

Martin, die bestuurder van dieWesbank­tak in Bethlehem, die

CEO­eerbewys as die besteklein tak in Suid­Afrika oorhan­dig. De Kock het gesê dit is virhom ’n bewys dat die personeelin Bethlehem en die handelaars’n goeie werkverhouding het.Hy het gesê dit is moeilike

ekonomiese tye.Weens die stakings in die

myn­ en motorbedryf het dieekonomie verder versleg. Chinase ekonomie is ’n bietjiestadiger, terwyl Amerika sy kopoptel. Suid­Afrika dryf baiehandel met Europa. Sake iseffens beter, maar die Suid­Afri­kaanse ekonomie trek nogswaar.Suid­Afrikaners bestee meer

geld as wat hulle verdien.Wesbank se onafhanklike

ondersoek waarin verskeiemotorhandelaars gekontak is,dui daarop dat motorverkopeietwat verbeter het en hande­laars positiewer is.

Banktak in dorpland se beste

WERNER MARTIN (links), bestuurder van Wesbank in Bethlehem,ontvang die trofee vir die beste klein tak in Suid-Afrika. Saam methom is Pieter van Niekerk (middel) en Chris de Kock, uitvoerendehoof van Wesbank.

TEN aanskoue van dieleerlinge moes KobusPelser, hoof van dieLaerskool Truida Kes-tell, Vrydagoggendgedweë gaan sit ommet yswater natge-gooi te word. Hy is uit-gedaag vir die ice-bucket challenge in-dien die veiling ná dieSangfees R50 000 souhaal. Sy vrou, Thea,was darem naby met’n handdoek terwyl diekinders ná die tyd virhom ’n drukkie gaangee het.

Foto’s: Lynda Greyling

Betaaldie prys

Page 4: Malutima 20140917

4 MALUTI, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014

LEERLINGE aan die LaerskoolJordania het aan ’n lewensoriënte-ringprojek deelgeneem. SaléOpperman het hierdie berig virMaluti geskryf om van haarervaring te vertel.

MY lewensoriëntering­ (LO)projek help die seuns in dieskuiling. Mnr. Johan vanRooyen, onderhoof van Jordaniaen my LO­onderwyser, het gesêons moet ’n gemeenskapdiens­taak doen.Dieselfde middag het ek en

my ma iemand by die skuilinggaan besoek. Ek sien toe agtseuns wat met ’n plastieksaksokker speel. Ons gaan toe ’nbietjie dieper ondersoek instel.Ons was in een van diekamers, dit was so mooi. Diekamer was heelwat groter asmy kamer. Kinders slaaptwee­twee in ’n kamer. Diekamer het ’n badkamer met ’nbad, ’n wasbak en ’n toilet.Daar is ook ’n groot groentetuin.Ek vra toe ’n paar vriende om

goed te gee wat ek vir hulle

kan vat. Ek het dit in pakkiesverdeel en Sondagmiddag virhulle gevat. Toe ek die pakkiesvir hulle gee, was hulle so blyen hulle het vir Esther elkeen ’npakkie koekies gegee omdankie te sê dat sy so mooi nahulle kyk. Sy werk al nege jaardaar. Elke seun het in sy pakkierondgekyk en elkeen het ietsspesiaals gevind.Ek wil net baie dankie vir die

volgende mense wat goedgegee het: tannie Brenda(handdoeke), oom Bjorn(tennisballe), tannie Annemarie(koekies), juffrou Erika (koe­kies), tannie Marna (sokkerbal),juffrou Heleen (geld), tannie Ina(klere), tannie Ronel, Boetie enMamma vir die hulp en ry.Ek het soveel met die projek

besef. Ek het soveel om voordankie te sê. Ek was ook soverbaas oor mense se reaksie.Die mense wat so graag gee,die seuns wat so opgewondewas oor die geskenkies maardie meeste toe hulle vir Esthervan hul skatte gee.

Projek leervan die lewe

SALÉ OPPERMAN deel hier pakkies aan die straatkinders by dieskuiling uit. Foto: Verskaf

THE Phaphama YouthDevelopment in conjunctionwith the Trans­CaledonTunnel Authority (TCTA)hosted an engineeringcareer day and exhibition.A total of 250 gr. 12’s of

ten public high schools inDihlabeng who take Mathsand Science attended theday.The event was held at

the Ash River Outfall whichis situated about 15 kmoutside Clarens.“The objective of the

outing was to entice young

people to consider a careerin the engineering industryand also to get informationon bursaries and how toreceive them,” said NtsebeMofokeng, director of thePhaphama Youth Develop­ment.“This has been the most

life changing experienceever.“The information I gath­

ered here will benefit me inmy future endeavours,” saidNtsoaki Motlokoa, a learnerof the Moriting wa ThutoSecondary School.

Career day informative

LEARNERS visited one of the stalls at the career exhibitionfor information about bursaries.

MISS TSETSEG

BRIAN BOSWELL’SCIRCUS has an all-newlook and new show thisyear and children andadults alike are assuredof an entertaining outingto the circus.Trained horses, camels

and ponies prance intothe ring with trainers Jane

and Georgina Boswell,while perky poodles delightthe crowds with theirenergetic antics. Come andmeet the cheeky goats and

friendly alpacacalledNuzzle.

The acrobatics teamQuantum Leap will performaerial acrobatics – includinga blindfolded pirouette –high above the circus ring.Miss Tsetseg will do hercontortions on the aerialhoop, spinning metres abovethe sawdust while holdingon by her teeth. Mademoi-selle Zaya will astound thecrowds as she walks thetight rope on ballet pointsand flies through the air onthe single trapeze.Book early to avoid

disappointment – 083-629-7799 or www.boswell.co.za.

Circus fun for all

Thys van Tonder

OOR die jare heen(1961 – 2010).1961:DieOud­Sko­

liere­rugbyklub is op24 Februarie 1961amptelik gestig metJohn Ferreira (die va­der van Nancy Brey­tenbach) as voorsitter,Marius Wessels se­kretaris en Kotie Bi­shop (Graham Bishopse oupa) afrigter.Die ledegeld was

destyds R1 per speler.Wedstrydgewys hetOud­Skoliere redelikgoed gevaar. Hy hettwee wedstryde ver­loor en is in die eind­ronde om die bekeruitgeskakel. Kaster­olie Lourens het dieeerste drie gedruk.1962: Dokter Piet

van der Merwe is asvoorsitter gekies wathy tot in 1972 was. In1962het die klubse le­detal begin styg.1963: Die jaar kan

as Oud­Skoliere seeerste groot jaar be­skou word. CharlieMeyer is in 1961 oor­reed omweer rugby tespeel. Hy het onder­neem om te bly speeltotdat Oud­Skoliere aldie ligaswen.Dit het in1963gebeur.Nadat hyopgehou speel het,het hy hom jare hiernaas bestuurslid, keur­der, afrigter en skeids­regter onderskei. Ditwasdie jaar dat die be­kende Willie Crowtherhom by die klub aan­gesluit het; iemandwat diep spore in diegeskiedenis van Oud­Skoliere getrap het.Oud­Skoliere het indie jaar die eerste,tweede en derde ligagewen en in die eind­ronde vir die Bond­be­ker gespeel.1964: Gert Venter

het die eerste spelergeword wat vir dieVrystaat gekies is. Hyhet ook die jaarSpringbok­proewe ge­speel. In die jaar hetOud­Skoliere die eer­ste en tweede liga ge­wen en die derde ligamet Dorp gedeel.

Klub het’n rykeverlede

Page 5: Malutima 20140917

MALUTI, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014 5

Gerard de Boer

DIE lente is hier en dit is dieregte tyd om ná die lang, kouewinter in Bethlehem buite tebegin werskaf.

Ons het in ons tuin by Solo-mons Mica aan die werk gespringen besluit om aan ’n fokusmuurnuwe lewe te gee.Spieëls is altyd net binnenshuis

gebruik, maar spieëls werk net sogoed buite in die tuin. Veraltussen mooi groen plante kan ditdie illusie van meer plante skepen verdere diepte aan die tuin

verleen.Dikwels sukkel ’n mens om

teen ’n muur hoogte te kry,daarom het ons houtbokse ge-bruik om potplante in te plaas.

Skep nuwe lewemet fokusmuur

ONS wou die spieëls in ’n vensterraam ge-bruik sodat dit lyk asof daar ’n venster indie muur is. Ons het ’n staal-vensterraamgevat wat ons roomkleurig met Colour Cose Pure Satin geverf het. Meet die ruimtewaar die spieël moet inpas en laat sny diespieëls by ’n glashandelaar. Gebruik hand-skoene wanneer jy met die spieëls werk so-dat die glas nie jou hande sny nie. Laat ven-ster-stopverf eers ’n bietjie in die son sagword sodat dit buigsamer is en maak diespieëls stewigmet die stopverf vas. Ons hetou houtbalke gevat enmet ’n bandskuurderafgeskuur tot die verlangde voorkoms.Meet die raam sodat die balke om die ven-ster sal pas. Gebruik ’n staalboorpunt omgate indie vensterraam teboorwaarmeedieraam met houtskroewe aan die houtbalkegeheg kan word. Boor op elke hoek van dieraam ’n gat waarmee die hele raam methilties aan die muur geheg kan word.

OM die fokusmuur verder vol te maak het ons houtbokse van herwonne palethout gemaakwaarin potplante of enige ander dekorartikels geplaas kanword. Maak seker al die spykersis uitgehaal en skuur die hout met ’n bandsaag tot die verlangde afwerking. Gebruik ’nsirkelsaag om die hout die regte lengte te sny.

HOU die vier kante van die boks met dieklampe in plek en boor dan gitsgate waar-aan die planke geheg gaan word. Gebruikhoutlym en dan houtskroewe omdie plankete heg. Laat oornag om goed droog te word.Verf die bokse met houtvernis, of as kleurgebruikwordmetColourCoPureSatin.Hegdie bokse met hilties aan die muur.

ENIGE potplant kan in die bokse geplaasword, maak dit net gereeld nat.

Page 6: Malutima 20140917

6 MALUTI, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014

± 180 HA FARMWITH IMPROVEMENTS -30 KM FROM VREDEFORT, PARYS

REMAINING EXTENT OF THE FARM ZONNEBLOEM 769, RD VREDEFORT, FREESTATEGPS:27°01'18.3"S And 27°14'14.6"E

Extent: 179,8674 ha

Improvements:

lounge, entertainment area, kitchen, scullery, garage, milking stall,

handling facilities for small and large livestock. Capacity: 7 ha/ livestock unit.

Other: ± 120 ha grazing land, ± 60 ha planted grazing land, 9 enclosures,

6 with cribs, 3 boreholes,windmill, submersible pump, 3 earth

dams, cement dam and good fencing and Eskom power.

Dwelling: ± 243 m² with 5 bedrooms, 2 bathrooms,

TUESDAY 30 SEPTEMBER 2014

WEB6390

10% Deposit: Bidders to register & supply proof of identity and residence.

Regulations to Consumer Protection Act: www.vansauctions.co.za

Rules of Auction to be viewed at 1006 Jan Shoba Street, Brooklyn, Pretoria.

Tel 086 111 8267 | Auctioneer: Gerard Harding

Download our App on Apple App Store or Android Play store and scan QRCode

In liquidation: NH Clusters CC

Masters Ref: T1069/12

11:0

0

TUINBOU

1640

KRAALMIS beskikbaar.Afgelewer, Bethlehem.Skakel 083 381 5856.

Heerlike lente, die winteris nou verby, somer is nouhier, dis nou planttyd.Nuwe voorraad beskikbaar,kom besoek ons gerus.Flower Fun Kwekery058 303 8423. Cambrige-straat 58, by silo's.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding,rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840.

12 Archbell Street, BHM.

MOTORS TE KOOP

3025

DATSUN STANZA, 1983model. Good condition. Allpaperwork in order. Withroadworthy certificate,R22 000.Herman 076 299 0370.

GESOEK

3601

Benodig die dienste van'n reaksiebeampte metGraad C en rybewys. Posbehels skofte. Faks ver-korte CV na 058 303 4422of e-pos na:[email protected]

DORPS-

BEPLANNING

4025

AANSOEK OM VERGUN-NINGSGEBRUIK:NG WELSYN, VRYSTAATAansoek om vergunningsge-bruik, Erf 370, Kestell.Kennis geskied hiermeekragtens die bepalings vanKlousule 30 van die Dorp-aanlegskema, dat NG Wel-syn, Vrystaat, van voorne-mens is om by die Stadsraadvan Maluti-a-Phofung aan-soek te doen vir toestem-ming om Erf 370, Cillier-straat 28, Kestell, vir diedoeleindes van 'n JEUG-SORGSENTRUM te gebruik.Nadere besonderhede vandie beoogde gebruik lê gedu-rende kantoorure ter insaeby Walter Sisulu- (Haldon-)weg 16, Bloemfontein, vir 'ntydperk van veertien (14)dae vanaf die eerste ver-skyning van hierdie kennis-gewing op 10 September2014.Behoorlik gemotiveerde be-sware teen die beoogdegebruik moet skriftelik binneveertien (14) dae na dielaaste verskyning van hier-die kennisgewing op 24 Sep-tember 2014 by die appli-kant asook die MunisipaleBestuurder, Privaat sakX805, Witsieshoek 9870. Viraandag: Die Hoofstadsbe-planner ingedien word.Applikant:Besturende DirekteurNG Welsyn: VrystaatPosbus 12552Brandhof9324.

APPLICATION FOR CON-SENT USE: NG SOCIALSERVICES, FREE STATE.Application for consent touse Erf 370, Kestell. Noticeis hereby given in terms ofClause 30 of the Town Plan-ning Scheme, that the DutchReformed Social Services,Free State (Messrs ENGO)intends to apply to the CityCouncil of Maluti-a-Phofungfor consent to utilise Erf370, 28 Cilliers Street,Kestell, for the purpose of aYouth Care Centre.Further particulars of theintended use can be foundduring office hours at 16Walter Sisulu (Haldon)Road, Bloemfontein, for aperiod of fourteen (14) daysafter the first publication ofthis notice on 10 September2014.Properly motivated objec-tions to the intended use,must be made in writing,within fourteen (14) daysafter the last publication ofthis notice on 24 September2014, to both the applicantand the Municipal Manager,Private Bag X805, Witsies-hoek 9870, for attention ofThe Chief Town Planner.Applicant:Managing DirectorNG Social Services: FreeStatePo Box 12552Brandhof9324.

GEKLASSIFISEERD

Page 7: Malutima 20140917

MALUTI, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014 7

Page 8: Malutima 20140917

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

NIE eens Oud­Skoliere se gedugte eerstenetbalspan kon Saterdag Heilbron sespan stuit nie.Die halfeind­ en eindronde van Oud­

Skoliere se vriendskaplike liga is op dieLaerskool Truida Kestell­baan beslis.Spanne van Oud­Skoliere, Lindley, Dihla­beng, Winburg, Harrismith, Senekal enHeilbron het deelgeneem. Dieselfdespanlede van Heilbron het vooraf aantwee wedstryde deelgeneem om na dieeindstryd teen Oud­Skoliere I deur tedring.Oud­Skoliere moes weer sonder sy

hoofdoel, Chanél Maartens, wat weenswerkverpligtinge nie aan die eindstrydkon deelneem nie, ’n plaasvervanger kry.

Van die begin was Heilbron op dieaanval om binne minute eerste punte aante teken.Teen rustyd het hy voorgeloop. Oud­

Skoliere het in die volgende kwartrondevasgeskop en ingehaal. In die laastekwartronde kon enige span wen. Heilbronhet verbete aangeval en verdedig omOud­Skoliere met 25­20 te klop.Die uitslae is: halfeindronde: A­liga:

Oud­Skoliere 1 klop Lindley 1 met 39­10;Heilbron 1 klop Dihlabeng met 27­26;B­liga: Heilbron 2 klop Oudskoliere 2 met24­10; Harrismith klop Lindley met 25­2.Eindronde: A­liga: Heilbron 1 klop

Oud­Skoliere 1 met 25­20; B­liga:Harrismith klop Heilbron met 28­12.

SportSport

Heilbron bo

HEILBRON se netbalspan het die vriendskaplike liga in Bethlehem gewen nadat hy dietweede agtereenvolgende jaar teen Oud-Skoliere se eerste span te staan gekom het.Van links is, voor: Leandrie Cilliers en Annari Combrinck; agter: Lydia Qibi, Julia Stem-met, Rose Motsiri, Sirietha Underhay en Corika Rochat. Foto’s: Lynda Greyling

DIE eindronde van die Oud-Skoliere-netbalklub se vriendskaplike liga is Saterdag inBethlehembeslis. Oud-Skoliere se eerste spanwas die naaswenner. Van links is CornelMuller, Natasha Meiring, Mareli de Beer, Giselle D Alebout, Arista Badenhorst, Mariskadu Preez en Adri Viljoen.

JULIA STEMMET (links) van Heilbron en Mariska du Preez van Oud-Skoliere se eerstespan in aksie in die eindronde van die vriendskaplike liga.

OUD-SKOLIERE se hokkiespan het die netbalspan uitgedaag omaan die Ice Bucket-uit-daging deel te neem sou hy die netballiga verloor. Hier is spelers in aksie tydens dieuitdaging. Die netbalspan het op sy beurt Heilbron, Harrismith en Oud-Skoliere se krie-ketspan uitgedaag.

Besoek Maluti se Face-book-blad engesels saam oornuus en sport injou omgewing.