momordica balsamina - kyffhauser · 2017-04-19 · momordica balsamina e: wax gourd, bitter gourd,...

2
Momordica balsamina E: wax gourd, bitter gourd, balsam apple A: balsem appel, laloentjie D:Bittergurke, Balsamina So oortrek die ranke hele bosse en bome, droë vrugtedoppe lyk soos rooi blomme Vruggie oopgebars met net rooi pitte binne-in, geen vlees nie “…Here I saw a bush that in the distance appeared to have scarlet flowers, but on closer inspection I found that they were seed pods….These seed pods are blown up and star shaped square. Before they ripen the pod is soft, full of air, and when pressed it makes a popping sound like a blown up paper bag…” Dis hoe hierdie merkwaardige en opvallende plant deur die naturalis Gustaf de Vylder tussen 1873 en 1875 in sy boek The Journal of Gustaf de Vylder: Naturalist in South-Western Africa 1873-1875 beskryf is, en dis presies hoe ek dit nou tussen Osire en Imkerhof waargeneem het! (De Vylder het dit naby Keetmanshoop by die Zwartmodder-rivier gesien).

Upload: others

Post on 04-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Momordica balsamina - Kyffhauser · 2017-04-19 · Momordica balsamina E: wax gourd, bitter gourd, balsam apple A: balsem appel, laloentjie D:Bittergurke, Balsamina So oortrek die

Momordica balsamina

E: wax gourd, bitter gourd, balsam apple A: balsem appel, laloentjie D:Bittergurke, Balsamina

So oortrek die ranke hele bosse en bome, droë vrugtedoppe lyk soos rooi blomme

Vruggie oopgebars met net rooi pitte binne-in, geen vlees nie

“…Here I saw a bush that in the distance appeared to have scarlet flowers, but on closer inspection I found that they were seed pods….These seed pods are blown up and star shaped square. Before they ripen the pod is soft, full of air, and when pressed it makes a popping sound like a blown up paper bag…” Dis hoe hierdie merkwaardige en opvallende plant deur die naturalis Gustaf de Vylder tussen 1873 en 1875 in sy boek The Journal of Gustaf de Vylder: Naturalist in South-Western Africa 1873-1875 beskryf is, en dis presies hoe ek dit nou tussen Osire en Imkerhof waargeneem het! (De Vylder het dit naby Keetmanshoop by die Zwartmodder-rivier gesien).

Page 2: Momordica balsamina - Kyffhauser · 2017-04-19 · Momordica balsamina E: wax gourd, bitter gourd, balsam apple A: balsem appel, laloentjie D:Bittergurke, Balsamina So oortrek die

Die kunswerk wat dieselfde plant toon, is ook oud, die Duitse Apteker en botanis Johannes Zorn het dit al in die agtiende eeu geskilder (Hierdie is ‘n ets deur ene JC Leitner vervaardig, wat ‘n kopie van ‘n ander kopie deur ene Thanner is; so is verseker dat die oorspronklike nie verlore gaan nie). Ons sien dat die laloentjie al baie lank bekend is in Europa. Die rede hiervoor is, omdat dit deur die inheemse bevolkingsgroepe (orals waar dit voorkom) benut is. Vandag word dit ook in Europa medisinaal gebruik. Dit kom in die hele Afrika suid van die Sahara voor, behalwe op die eilande in die Indiese oseaan, buitendien in Jemen, Indië, Australië en die tropiese Amerika, waarheen dit waarskynlik deur iemand saamgeneem is.

Gebruike: Blare en jong vruggies word gekook en as groentekos geëet. -(Kameroen, Soedan, Suider Afrika)- Oor die eetbaarheid van ryp vrugte is daar teenstrydige stellings. Uit Namibiese bronne blyk dit, dat die vlees van ryp vrugte soet en eetbaar is(dis eerder ‘n lekkertjie as kos, so min is dit, maar die smaak is lekker). PCM Jansen, wat in Ethiopië navorsing gedoen het beweer, dat ryp vrugte naarheid en diarree veroorsaak en giftig kan wees. Sal dit dan dalk die buitenste vel wees? Blare en stingels is ook veekos in Senegal, alle vee vreet dit, behalwe perde. In Australië word die blare gebruik om metaal mee skoon te maak; ek het op ‘n silwerlepel getoets, dit was maar baie effentjies. Medisinaal word dit gebruik teen koors, uterinêre bloeding, syphilis,rumatiek, geelsug, velkwale en diabetes. Arno Leffers het ‘n buitengewone gebruik by die Boesmans waargeneem: As jy ‘n pit sluk, word jou sangvermoë verbeter, jong meisies maak veral gebruik daarvan. In die tuin sal hierdie plant ook nogal die oog trek met sy heldergroen mooi blare, die gelerige blomme en die snaakse vrugte! Die vruggie is ‘n regte “windeiertjie”; dit lyk vet en rond en lekker, maar binne-in is net wind en pitte! Die pitte is oortrek met ‘n slymgladde rooi velletjie. Onder die velletjie lyk hulle roomkleurig wit, maar word dan swart as hulle uitdroog. Die skarlakenrooi vrugdoppies in die rankplant is almal leeg, dit lyk of die binnegoed opgevreet is, maar dit is nie gevreet nie, behalwe die pitte is daar niks nie! As die vruggie oopbars, glei die pitte uit. Al wat ek gesien het, wat moontlik aan die vrugvelletjie vreet was koringkrieke. Die Momordicas is almal pampoen- of komkommergewasse (Cucurbitaceae), maar tog anders, van besondere aard; hulle lyk nie heeltemal so nie. By hierdie een lyk die vrug van buite na pampoentjie, die blom pas ook, maar die blare lyk en voel anders. In goeie reënjare soos hierdie sien ons dikwels plante, wat ons nog nooit voorheen opgemerk het nie, en dit maak die plantewêreld so aantreklik, veral na drie droë jare. Inligtingsbronne: Gemsbokbean & Kalahari Truffle (Arno Leffers) Wildflowers of the Central Highlands of Namibia (Coleen Mannheimer) Vegetables (GJH Grubben 2004 Botany article p. 384 author PCM Jansen) The Journal of Gustaf de Vylder: Naturalist in South-Western Africa 1873-1875) Teks en fotos: Anka Eichhoff

April 2017