‘n reis deur die psalms -...

41
1 ‘n Reis deur die Psalms Bybelstudie handleiding vir N G Kerk Meiringspark Maart 2011 U is welkom om die Bybelstudie af te laai vanaf die webwerf en in u eie gemeente te gebruik. Psalm 1 Die regverdige en die goddelose. Psalm 8 Wat is die mens dat U aan hom dink. Psalm 23 Die Herder en die Tafelheer . Psalm 46 Bedaar , God is daar ‘n Vaste vesting is ons God . Psalm 51 O Heer vat my sonde weg. Psalm 84 Hoe lief het ek U woning Here ! Psalm 91 Hy wat by die allerhoogste skuiling vind . Psalm 100 Dien die Here met blydskap. Psalm 121 My hulp van die Here. Psalm 136 Sy liefde hou nooit op nie. Psalm 139 Die Here ken my deur en Deur Psalm 146 Prys die Here van die Heelal

Upload: vuongdan

Post on 01-Aug-2018

218 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

1

‘n Reis deur die Psalms

Bybelstudie handleiding vir

N G Kerk Meiringspark Maart 2011

U is welkom om die Bybelstudie af te laai vanaf die webwerf en in u eie gemeente te gebruik.

Psalm 1 Die regverdige en die goddelose.

Psalm 8 Wat is die mens dat U aan hom dink. Psalm 23 Die Herder en die Tafelheer . Psalm 46 Bedaar , God is daar ‘n Vaste vesting is ons God . Psalm 51 O Heer vat my sonde weg. Psalm 84 Hoe lief het ek U woning Here !

Psalm 91 Hy wat by die allerhoogste skuiling vind . Psalm 100 Dien die Here met blydskap. Psalm 121 My hulp van die Here. Psalm 136 Sy liefde hou nooit op nie. Psalm 139 Die Here ken my deur en Deur Psalm 146 Prys die Here van die Heelal

Page 2: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

2

BELANGRIKE GEGEWENS DOEL: Om in poësievorm uiting te gee aan klagtes, lof, aanbidding en belydenis SKRYWERS:

Aan Dawid word 73 psalms toegeskryf; aan Asaf twaalf; aan die Koragiete nege; aan Salomo twee, en aan Heman (saam met die Koragiete), Etan en Moses elk een.

Daar is 51 anonieme psalms in die Bybel. Volgens die Nuwe Testament word twee van die anonieme psalms (2 en 95) ook aan Dawid toegeskryf (vgl Hand 4:25; Heb 4:7). Die verwysings na Dawid, Salomo en ander beteken nie noodwendig dat hulle die skrywers daarvan was nie, maar moontlik dat dit uit ’n versameling uitkom wat hulle naam dra.

ONTSTAANSTYD: Tussen die tyd van Moses en die tyd van die Babiloniese ballingskap (586 vC) AGTERGROND: Die meeste psalms is nié historiese beskrywings nie. Daar is egter heelwat parallelle tussen die psalms en historiese gebeure en periodes, soos byvoorbeeld die tyd toe Dawid vir Saul moes vlug asook sy owerspel met Batseba. KERNVERS: ‘Laat alles wat asem het, die Here prys! Prys die Here!’ (150:6).

BELANGRIKE PLEK: God se heilige tempel

OORSIG:

’n Mens kan slegs jou ware self openbaar as jy eerlik sê hoe jy voel

en wat jy dink. Dan eers kan hulp op ’n diep geestelike vlak verleen

word. Die oppervlakkige kommunikasie wat by so baie mense ’n lewens

patroon geword het, kenmerk dikwels ook ons omgang met God.

Ons rammel die woorde wat ons al soveel dekades ken, vinnig af,

of sê ’n paar geykte dinge — en noem dit dan gebed. Natuurlik hoor

en verstaan Hy ook ons floue pogings, maar as ons, ons kommuni-

kasie met Hom in so ’n mate vervlak, kortwiek ons ook ons verhou-

ding met ons Vader. Hy ken ons en wil hê dat die kommunikasie

tussen ons en Hom eg en betekenisvol moet wees.

As ’n mens jou Bybel naastenby in die middel sou oopslaan (middel

aan die dikte gemeet en nie ten opsigte van die aantal boeke nie),

sal jy dit waarskynlik by Psalms oopmaak. Hierdie grootste ver-

sameling liedere en gebede is ’n weerspieëling van die menslike hart

en siel. Die hele spektrum van die mens se ervaringsveld kom daarin

tot uiting. Hierdie boek bevat nie geykte woorde nie — nee, die

skrywers stort hulle ware gevoelens hier uit en skets daardeur vir

ons die dinamiese, kragtige en lewensveranderende verhouding

wat hulle met God het. Die psalmdigters bely hulle sondes, gee

uiting aan hulle twyfel en vrees, vra God se hulp in tye van nood

en loof en prys Hom.

Lees hierdie boek en hoor in jou gedagtes hoe gelowiges uit die

dieptes van wanhoop tot God roep. Maar hoor ook hoe hulle hom

in hulle feesvieringe loof. Of hulle woorde egter van wanhoop of

lof getuig, die psalms bly deurgaans uitinge van die opregte emosies

van God se kinders. Omdat dit so ’n eerlike boek is, kom mense

deur die eeue heen steeds terug daarheen vir troos in tye van nood

Page 3: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

3

en beproewing. Saam met psalmdigters word hulle dan ook van

wanhoop tot blydskap opgehef as hulle die krag van God se ewige

liefde en vergifnis ontdek. Laat die eerlikheid van die psalmdigters

jou lei tot ’n dieper en egter verhouding met God.

SKETSPLAN

A. DIE EERSTE BOEK VAN PSALMS (1:1–41:14)

A. Die psalms is nie volgens onderwerpe gerangskik nie, maar

dit is nietemin insiggewend om die dominante temas in elke deel

van die boek met die vyf boeke van Moses te vergelyk.

B. DIE TWEEDE BOEK VAN PSALMS (42:1–72:20)

B. Hierdie groep psalms wat hoofsaaklik aan Dawid en aan

die Koragiete toegeskryf is, toon ooreenkomste met die boek

Eksodus. Net soos Eksodus die volk van Israel beskryf, beskryf

baie van hierdie psalms ook die verval en herstel van die volk.

Die Here red ons net soos Hy Israel gered het. Ons hoef nie net

aan die oplossings te dink nie, maar kan met ons probleme na

Hom toe gaan en Hom vra om te help.

C. DIE DERDE BOEK VAN PSALMS (73:1–89:53)

B. Die meeste van hierdie groep psalms is aan Asaf toegeskryf

en toon ooreenkomste met die boek Levitikus. Die tabernakel

en die heiligheid van God is die tema van Levitikus, en hier

gaan dit ook in die meeste gevalle oor die tempel en God se

verhewenheid. Hy is almagtig, daarom kan ons Hom om ver-

lossing vra. Hierdie psalms loof Hom omdat Hy heilig is en sy

volmaakte heiligheid vra van ons aanbidding en eer.

D. DIE VIERDE BOEK VAN PSALMS (90:1-106:48)

D. Die skrywers van hierdie groep psalms, wat ooreenstem met

die boek Numeri, is meesal onbekend. Net soos Numeri handel

oor die verhouding tussen Israel en die omliggende lande, handel

heelwat van hierdie psalms oor die verhouding tussen God se

koninkryk en volke. Ons is burgers van God se koninkryk,

daarom kan ons altyd die gebeure en probleme op aarde in die

regte perspektief sien.

E. DIE VYFDE BOEK VAN PSALMS (107:1–150:6)

E. Volgens tradisie het Dawid die meeste van hierdie psalms

geskryf. Net soos die boek Deuteronomium oor God en sy woord

handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere

vir God en sy woord. Die meeste het oorspronklik ook musiek

by gehad. Ons kan die psalms vandag nog gebruik soos hulle

in daardie tyd gebruik is, dit wil sê as ‘n boek vol lof- en aan-

biddingsliedere. Dit is ‘n boek wat ons harte laat sing.

Page 4: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

4

HOOFTEMAS

Lof

Psalms is lofliedere aan God as Skepper, Onderhouer en

Verlosser. Om Hom te loof beteken dat ‘n mens sy groot-

heid in sy karaktertrekke en dade raaksien, waardeer en

uiting daaraan gee.

Ons moet ons gedagtes op God rig, dan sal ons Hom wil

prys. Hoe beter ons Hom ken, hoe meer kan ons dít wat Hy vir

ons gedoen het, waardeer.

God se almag in nood

God is almagtig en Hy tree altyd op die regte tyd op. Hy

is soewerein oor elke situasie. Die wyse waarop Hy Hom

in die skepping, deur die geskiedenis en in sy Woord

openbaar, is tegelykertyd ook ‘n openbaring van sy mag.

God kan ons help as ons magteloos voel. Sy krag is groter

en meer as die wanhoop van pyn en beproewing. Ons kan

altyd bid dat Hy ons sal beskerm, verlos en versorg.

Vergifnis

Baie van die psalms is dringende gebede om vergifnis. God

vergewe ons as ons, ons sonde bly en laat staan.

God vergewe ons, daarom kan ons eerlik en direk tot Hom

bid. As ons sy vergifnis ontvang, beweeg ons nader aan

Hom en kan ons skuld oorgaan in liefde.

Dankbaarheid

Ons is dankbaar teenoor God vir sy sorg, hulp en genade.

Hy beskerm, lei en vergewe ons nie net nie, maar voorsien

deur sy skepping ook in al ons behoeftes.

As ons besef hoe belangrik dit vir ons is om God te ken, kan

ons ook ons dankbaarheid teenoor Hom uitspreek. Ons moet

Hom dikwels dank, dan word ons gebedslewe spontaan.

Vertroue

God is getrou en regverdig. Hy lat ons harte stil word as

ons op Hom vertrou. Hy was dwarsdeur die geskiedenis

getrou, daarom kan ons in tye van nood ook op Hom

staat maak.

Mense is soms onregverdig en vriende kan ons in die steek

laat. Ons kan egter op God vertrou. As ons Hom ken, kom

daar ‘n einde aan al ons twyfel, vrees en eensaamheid.

Page 5: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

5

MESSIAANSE PSALMS

Sommige Psalms is in die verlede as Messiaanse psalms beskou

omdat uitleggers daarin die voorspelling van die geboorte of die

lyding van Jesus Christus gelees het. Hierdie siening is reeds deur

Joodse eksegete gehuldig wat in die psalms trekke van die amp en

werk van die Messias gesien het. En die skrywers van die Nuwe

Testament het in Christus die direkte vervulling van hierdie psalms

verstaan. Dit sluit in die tien koningpsalms (2,18,20,21,45, 72,

101, 110, 132 en 144) en Psalm 22, die lydingspsalm. Ons kan

egter nie te gou die Ou Testament vanuit die Nuwe verklaar nie,

maar moet dit in sy eie reg lees. Die koningspsalms handel immers

in die eerste plek oor Israelitiese konings en Psalm 22 beskryf die

lyding van ’n onbekende enkeling. Die koningspsalms is eintlik

“politieke” psalms waarin Israel se geloof in God baie direk aan

militêre sukses en aan die voortbestaan van die Dawids dinastie

gekoppel is. Veral in die psalms waar Dawid se rol in die erediens

so sterk in die opskrifte daarvan beklemtoon word, is godsdiens

en eietydse politiek onlosmaaklik aan mekaar verbind. Die “gesalfde”

(dit is wat “messias” letterlik beteken) koning verwys net in Daniël

9:25 na ’n toekomstige koning.

Die idee van ’n messias was dus ’n nuwe gedagte in die tyd

van die Nuwe Testament. Die Christelike messiasverwagting het

heeltemal ’n ander oorsprong as die militêr-politieke, nasionale,

Joodse verwagting. Dit hou verband met die profete van die Ou

Testament wat ’n koning van vrede (Jes 9 en 11) verwag het, wat

op ’n donkie ry (Sag 9:9). Later het die koning van vrede nog ’n

eienskap bygekry: hy sou vrede en versoening bring deur sy plaas-

vervangende lyding (vgl Jes 53), Psalm 22 het hierdie gedagte ver-

sterk. Na die geboorte, lewe en lyding van Jesus het die Christene

in Hom hierdie gesalfde (Messias-)koning herken.

Ons moet daarom nie in hierdie psalms dadelik ’n voorspelling

van Christus sien nie, maar weet dat dit ’n latere interpretasie is

van die eerste Christene waarin ons vandag natuurlik mag deel.

WYSHEIDSPSALMS

Lees Psalm 49:2–5 met aandag en let op dat hier van “wysheid”

gepraat word. Gewoonlik dink ons aan Job, Spreuke en Prediker

as wysheid boeke. En tog kom ons nou hier in die Psalmboek ook

op die Wysheid af. Uitleggers verskil nog oor die aantal wysheid

psalms. Ons is redelik seker oor Psalm 1,32,34, 37,49, 112, 127

en 128 maar twyfel ’n bietjie oor 73, 91, 94, 119, 133 en 139.

Wysheid is nie intelligensie of geleerdheid nie, maar dit is

praktiese vroomheid soos die digter in Psalm 111:10 sê:

“Die hoofsom van die wysheid is ontsag vir die Here”, soos ons dit

ook kan vertaal. Vergelyk Psalm 34:8, 10; 112:1; 128:1,4 waar van

hierdie bekende uitsprake weergegee word met die “die Here dien”.

Hoe herken ons dan nou ’n wysheid psalm? Aangesien hulle

verwant is aan boeke soos Job, Spreuke en Prediker, dra hulle meer

die kenmerke van die boeke as van die Psalmboek. ’n Paar van die

kenmerkende uitdrukkings en verskynsels:

“dit gaan goed met elkeen wat …” (1:1,2:12;32:1,2;33:12;ens.);

beter as vergelykings (37:16;63:4;84:11;118:8–9,ens); vermaninge

(32:9;34:10;37:3,ens); retoriese vrae (25:12) lett vert);34:13;49:6-

7);vergelykings (1:4;32:9;37:2;20;49:13;127:4 ens.)

Ons herken ook wysheid psalms aan die temas wat daarin

behandel word: ontsag vir die Here (111:10;34:8,10,ens); eerbied

vir die tora of die wet (1:2;37:31;119:15,47,ens); “twee weë” waar

tussen die mens moet kies (1:6;25:8;12;32:8;37:14,ens);’n regver-

dige en goddelose lewenswyse (1:6;32:10–11, ens) vergelding soos

dit in loon en straf uitgedeel word (1:6;34:17,23;37:10-11,20,22,

28-29,37-38;112:2,10).

Omdat die wysheid boeke ons wil leer hoe om vroom te lewe,

is praktiese raadgewing oor alledaagse optredes volop: die geselskap

wat verkies (1:1) Vertroue in die Here (32:10;37:3,5,7,34); versigtig-

heid met jou woorde (34:14); vermy kwaad en doen goed (37:3;27);

die najaag van vrede (34:15); die beteueling van jou humeur (37:8)

betoning van sagmoedigheid (37:11); mededeelsaamheid (112:5,9);

Page 6: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

6

broederlike harmonie (133:1), en om niks sonder die Here te doen

nie (127:1).

As jy vroom is, sal jy so lewe. Vroomheid is die resultaat

van ’n wyse en praktiese lewenswyse. Dit is nie iets abstrak of net

’n teorie nie. Eenvoudige, vroom mense is dikwels wyse mense al

het hulle geen geleerdheid nie. Is jy ’n student, ’n professor, ’n vak

kundige? Is jy hooggeleerd? Die eintlike vraag is egter Is jy wys?

Wysheid is die begin van vroomheid.

BEROU, BELYDENIS EN VERGIFNIS IN DIE PSALMS

Gelowiges wat deur al die eeue heen tot die besef van hulle skuld

en sonde gekom het, kon nog altyd troos en hoop in die psalms vind.

Die psalmdigters het die volle omvang van hulle skuldbesef en hul

berou voor God uitgestort, maar ook hulle vreugde oor sy vergifnis.

Hulle het gejubel oor die wete dat sy vergifnis volkome is. Ons,

wat aan die ander kant van Christus se kruis lewe, kan nog meer

jubel, want ons verstaan soveel meer as die skrywers van die

psalms. Die Here het vir ons gewys dat Hy gewillig is om ons te

vergewe omdat die prys vir die sonde reeds deur Christus aan die

kruis betaal is.

Jy sal sien dat die psalmdigters ’n bepaalde patroon volg.

(1) Hulle het eerstens hulle sonde en die neiging tot sonde besef;

(2) hulle het ook verstaan dat die sonde ’n teken van opstandig-

heid teen God is; (3) hulle het hulle sondes voor Hom bely; (4)

hulle het vertrou dat Hy hulle wil vergewe; (5) en in die laaste

plek het hulle sy vergifnis aanvaar. Laat hierdie psalms jou daar-

aan herinner dat dit baie maklik is om van die Here weg te dwaal

en sonde te doen. Hulle sê egter ook opnuut vir jou hoe jy die

verhouding kan herstel.

Hierdie temas is onder meer in die volgende Psalms vervat:

6, 14, 32, 38, 41, 51, 102, 103, 143.

LEES DIE PSALMS SOOS GEDIGTE

Omdat die psalms poësie is, kan ons hulle nie letterlik vertaal of

verklaar nie maar moet ons met die volgende kenmerke van die

digkuns rekening hou:

• Dit wil die basiese emosies en ervaringe van die mens weergee

en verklaar, daarom handel dit oor onderwerpe waarin liefde/haat,

veragting/waardering, smart/vreugde en twyfel/sekerheid die be-

slissende rol speel. Dit is ook die rede waarom ons so lief is vir die

psalms- hulle gee uitdrukking aan ons smart en ons vreugde. Die

digter se woorde word ons eie. Geen tussenganger is nodig nie.

Poësie kommunikeer direk. Dit is intiem persoonlik. Dit werk met

jou gevoel.

• Dit is subjektief, want die digter dra sy eie gevoelens op jou oor.

Hy praat as’t ware met homself, maar dra in die proses sy gevoelens

en beskouinge op jou oor. Hy vertel nie en hy knoop nie ’n argu-

ment aan om iemand te oortuig nie, maar verwoord bloot wat hy

self ervaar. Vanweë hierdie uiterste subjektiwiteit kan jy ook nie

met hom argumenteer nie. Hy wil jou in elk geval nie met argu-

mente oortuig nie, maar jou op so ’n manier betrek dat jy sy eie

subjektiewe ervaringe meemaak. Jy moet tot dieselfde gevogtrek-

kings as hy kom omdat jy dinge soos hy ervaar. Sy sekerheid word

jou sekerheid en sy twyfel jou twyfel.

• Om jou gevoelens te raak moet hy op ’n ongewone manier van

taal gebruik maak. Hy gebruik woorde, beelde en ritme op so ’n

besondere manier. Digters maak gebruik van herhaling, alliterasie,

rym, oordrywing, woorde wat met emosie belaai is, ensovoorts.

Selfs die vorm en struktuur van die gedig speel ’n belangrike rol

in die betekenis daarvan. Elke brokkie taal kry ’n funksie.

Ten spyte van die ooreenstemming tussen alle poësie ten opsigte

van genoemde algemene kenmerke, vertoon die Ou-Testamentiese

poësie tog spesifiek eie kenmerke wat ons soos volg kan opsom:

• Die gebruik van parallelle gedagtes. Elke versreël het gewoon-

lik twee lede — kom ons noem dit “versbene” — wat ten opsigte

Page 7: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

7

van inhoud en vorm sterk ooreenstem. Hierdie versbene hou ook

mekaar in ewewig soos die twee arms van ’n weegskaal en gee

saam die volle gedagte weer. Ongelukkig is daar baie van hierdie

parallelle gedagtes in sommige Bybelvertalings nie meer sigbaar

nie.

• Ou-Testamentiese poësie is godsdienstige poësie. Die poësie

in die Bybel handel oor God. Die digters is nie net liefhebbers

van poësie nie, maar ook liefhebbers van God. In die wette en die

profetiese gedeeltes van die Ou Testament is dit God wat die

mens aanspreek. In die poësie is dit die mens wat God aanspreek.

Dit gee ook uitdrukking aan die gedagtes en die gevoelens van die

mens oor God. Ons kan sê dit is die mens se antwoord op God se

Woord. Die mens kan natuurlik ja of nee antwoord, daarom gaan

dit in die ontwerp van die psalms hoofsaaklik oor goed of kwaad.

KONINGSPSALMS

Psalms 2, 18, 20, 21, 45, 72, 110, 132 en 144 word gewoonlik as

koningspsalms gereken. Hierdie tien psalms handel in die besonder

oor die koning en word daarom koningspsalms genoem.

Aangesien die koning beskou is as verteenwoordiger van die Here

het hy ’n besonder belangrike plek in die verhouding tussen God

en sy volk beklee. In Israel het die koningskap maar eers met Dawid

werklik erkenning begin geniet. Gevolglik het Dawid aanvanklik ’n

besondere plek in die koningspsalms ingeneem. Verskeie geleent-

hede uit die amptelike lewe van die konings vorm die historiese

agtergrond van hierdie psalms, byvoorbeeld die kroning (2, 72,

110), ’n huwelik (45), oorlogsondernemings (18, 20, 21, 44), en

die herdenking van die instelling van die Dawiddinastie (132).

Hierdie psalms is hoofsaaklik in tye van voorspoed gebruik.

Page 8: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

8

DIE KLAAGLIED

Die bidders in die psalms roep in hulle nood, wanneer hulle

swaarkry, in ’n klaaglied tot die Here. Somtyds praat die digter

namens homself, maar in ander gevalle tree hy as segsman vir die

volk op. Hiervolgens verdeel ons die klaagliedere in twee soorte,

naamlik die klaaglied van die enkeling en die klaaglied van die

volk.

Die rede vir alle nood van die psalmdigter lê daarin dat hy

ver van God verwyder voel. Verder lyk dit ook vir hom of God nie

kan of selfs nie wil help nie (vgl 22: 2). Die mens is egter totaal

afhanklik van God vir hulp, en daarom bring hy sy nood in gebed

na God toe. Dit bestaan uit konkrete sake soos siekte (38: 1–11),

vervolging en skinderveldtogte (120:2), verwoesting van die heilig-

dom (74), en ballingskap en verdrukking (137).

Die enkeling stort sommer sy nood uit by die plek van swaar

kry. Hiskia kla byvoorbeeld net daar op sy bed oor sy siekte (Jes

38:2,20), en Dawid hef ’n klaaglied op die slagveld aan oor die

dood van Jonatan en Saul (2 Sam 1:17–27). Hanna (1 Sam 1) gaan

kla in die heiligdom by die Here oor haar kinderloosheid.

Die eintlike plek vir die klaaglied is volgens 102:1 “voor die Here.”

Die volk gaan gewoonlik na die heiligdom toe met hulle

klag, waar hulle ’n spesifieke klaagritus volg soos blyk uit Joël 1

en 2. Dit sluit onder andere in: vas, ween, die skeur van die klere,

as op die hoofde gooi en die aantrek van sakke vir rouklere. Die

aanleidende oorsaak van volk se klaagliedere is gewoonlik as gevolg

van vyandelike bedreiging, droogte en sprinkaanplae.

Die Israeliete het selfs op die puin van die stad die val van Jerusalem

beklaag, soos blyk uit Sagaria 7:3–7.

Die meeste liedere bestaan gewoonlik uit ’n inleiding, hoof

deel en slot. Die klaaglied het altyd min of meer dieselfde vorm

al verskil die rede vir die klag.

Dit lyk kortliks soos volg:

Die inleiding bestaan uit ’n aanroeping van die Naam van die

Here.

Die hoofdeel het die volgende elemente:

• Die klag bevat die probleme wat die bidder ervaar, soos

siekte (88:3–9), vervolging (140: 1-5) en vals beskuldigings

(109: 2-5). Daar is ruimte vir elkeen om sy eie persoonlike

nood te verwoord. ’n Gevoel van verlatenheid van God oor-

meester dikwels die noodlydende (22:1-2, 6-8, 12-18).

“Waarom?” (22:2;74:1,11;88:15) en “Hoe lank?”

(13:2,74:10;79:5) is die tipiese vrae van die wanhopige bidder.

• in die smeekgebed pleit die bidder om verlossing uit sy nood.

Die smeekgebed h et gewoonlik twee dele: eerstens, die bede

dat God moet help, en tweedens, die bede dat God die vyande

moet straf.

• ’n Belydenis van vertroue in God wat op twee gronde ge-

baseer is: eerstens, die bidder se eie persoonlike ervaring (22:

10–11), en tweedens, God se verlossing van Israel in die verlede

(22: 5-6). Die psalms waar vertroue die belangrikste element

is, noem ons vertroue psalms.

Daar is nie altyd ’n vaste slot nie, maar die klaaglied eindig wel ge-

woonlik met seënspreuk (5: 13; 28:9), ’n nuwe belydenis van vertroue

(17: 15; 140:14), of met danksegging (7:8; 13:6; 109:30).

Swaarkry en hoop gaan in die Ou Testament hand aan hand en vind

in die klaagpsalms volle uitdrukking. Die verskillende elemente van

die klaaglied gee geleentheid aan die klaer om deur sy leed te werk

en dit te internaliseer.

Page 9: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

9

SIONSLIEDERE

Dawid het Jerusalem verower en dit sy politieke hoofstad gemaak,

het dit ook die godsdienstige hoofstad geword. Die geloof van die

Judeërs het nou op drie pilare gestaan, te wete die koning (2Sam

7:10–14), die stad Jerusalem, die Dawidstad en Sion, die tempel-

berg. Die dubbele funksie van Jerusalem as politieke en godsdiens-

tige setel het twee tradisies laat ontstaan, te wete die Sions tradisie

en die Dawids tradisie wat veral in jesaja se prediking na vore ge-

kom het (vergelyk Jes 14:32 vir Sion en Jes 9:6; 16:5; 22:22 vir

Dawid).

Die Judeërs het Jerusalem Sion genoem wanneer hulle na

die godsdienstige funksie daarvan verwys het. Sion het ’n besond-

ere plek gekry in die godsdienstige liedere van die volk, in die

psalms. Hierdie psalms wat oor die tempel en oor die Sionsberg

handel, noem ons Sionsliedere. Dit sluit in Psalm 46, 48, 76, 84,

87, en 122. Die digters besing in hierdie liedere God se konkrete

bystand aan sy bedreigde volk in die loop van die geskiedenis.

Sion is byvoorbeeld ’n oninneembare bastion (vgl 48:8, 12) om

Israel teen die omringende vyandige volke te beskerm. Die Sions-

liedere besing die sentrale plek van Sion (Jerusalem) in die gods-

dienstige lewe van die volk. Die bedoeling was om daarmee eintlik

die aandag op die God van Israel wat op Sion in die tempel woon,

te vestig, Daarom word dit God se “heilige berg” (48:2), “die stad

van God” (46:5; 48:2), die stad van die here, die Almagtige” (48:9;

84:2), en “die heilige woonplek van die Allerhoogste” genoem

(46:5) .

Mettertyd het die klem van hulle geloof van God af na die

koning, Jerusalem en die tempel as sodanig verskuif. Dit het gelei

tot oormatige selfvertroue. Hulle het geleef soos hulle wil, want

God het mos in die tempel op Sion gewoon en sy gesalfde, die

koning het oor hulle regeer. Dit het gelei tot die valse geloof dat

God hulle nooit aan die vyande sal oorlewer nie. Hierdie geloof is

verpletter met die Babiloniese ballingskap toe Jerusalem verwoes

is, die tempel afgebreek is en hulle koning saam met hulle in balling-

skap weggevoer is.

Sodra ons godsdiens nie meer om die Here self sentreer nie,

maar om allerlei ander dinge, verloor ons die kern daarvan en word

dit net godsdiens- sonder God.

Page 10: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

10

Na elke Bybelstudie oor die spesifieke Psalm is daar ‘n gedeelte gemerk”Vir die voorganger”. Die deel is bedoel vir die groepleier . Daarin is meer agtergrondinligting soos in die “Die Bybel in Praktyk” verkry is uit Logos Bible software. Indien elke groeplid ‘n Bybelstudie handleiding kry word die agtergrond inligting uitgelaat. In elke Bybelstudie is die vrae genommer. Bespreek dit in nommervolgorde.

Page 11: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

11

‘N VERSKEIDENHEID PSALMS VIR BESONDERE

BEHOEFTES

Op soek na? Lees

• troos Psalm 23

• om God intiem te ken Psalm 103

• om ‘n nuwe gebed te leer Psalm 90

• om ‘n nuwe lied te leer Psalm 33

• om meer omtrent God te leer Psalm 24

• om jouself beter te verstaan Psalm 8

• om te leer hoe om elke dag tot God te nader Psalm 5

• om vergiffenis van sonde te vind Psalm 51

• om te voel dat jy iets beteken Psalm 139

• om te verstaan waarom jy die Bybel moet lees Psalm 119

God se Woord is daar sodat ons dit kan bestudeer, verstaan en toe-

pas. Die boek Psalms leen homself op ‘n besondere manier tot

toepassing. Ons verstaan die psalms des te beter as ons hulle toelaat

om soos reënwater oor ons te spoel. Ons blaai dalk na die Psalms

om iets te vind, maar dan ontmoet ons Iemand. Hoe meer ons die

woorde van die psalms memoriseer, hoe meer sal ons besef dat hulle

alreeds deel van ons is. Ons diepste seer, verlange, gedagtes en ge-

bede word hier verwoord en die psalms lei ons sagkens daartoe om

te wees wat God wil hê ons moet wees: mense wat Hom liefhet,

vir Hom lewe en Hom prys.

• om God te loof Psalm 145

• om te weet dat God in beheer is Psalm 146

• om God te dank Psalm 136

• om God te behaag Psalm 15

• om te weet waarom jy God moet aanbid Psalm 104

Page 12: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

12

Page 13: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

13

Page 14: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

14

Vir die voorganger:

Psalm 1 TEMA: Daar is twee weë — dié van die regverdiges en

die van die goddeloses.

Daar is twee paaie waartussen ons kan kies: God se pad van gehoor-

saamheid, of die pad van opstand en vernietiging. Wanneer jy die

pad kies wat jy gaan loop, kies hy ook jou ewige bestemming.

Psalm 1 is bedoel as ’n inleiding tot die hele Psalmbundel. Dit is

gepas om die boek met ’n wysheidspsalm in te lei. Lees die ver-

duideliking onder WYSHEIDSPSALMS”.

Psalm 1 vergelyk twee groepe mense na wie daar baie in die psalms

verwys word: “regverdiges” en “goddeloses”.Die psalmis ontwikkel

sy gedagtes in drie stadia: eerstens kontrasteer hy die twee weë

(1:1-2), tweedens gebruik hy die twee beelde om die aard en die waarde van die godvresendes en van die goddeloses aan te dui

(1:3-4), en derdens word God se oordeel uitgespreek (1:5-6).

1:1–2 Die eienskappe van die gelukkige mens met wie dit goed gaan,

word eers negatief en dan positief beskryf. Negatief word gesê dat

hy nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan

nie en nie met ligsinniges saamspan nie. In vers 2 sê die digter

positief van die mens dat hy in die Woord van die Here sy vreugde

vind en dit dag en nag oordink. In die Hebreeus gebruik die digter

die woord “tora” (wet) wat hier vertaal word met “die woord van

die Here”. “Wet” beteken in werklikheid die onderrig wat ’n ge-

lowige mens van die Here ontvang of sy openbaring aan die mens.

1:3–4 Die digter gebruik twee beelde: ’n boom en kaf. Hy vergelyk

die regverdige mens met ’n boom langs ’n waterstroom wat op die

regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Dié mens

is voorspoedig in alles wat hy onderneem. Die goddelose daarenteen

is soos kaf wat deur die wind weggewaai word.

1:5–6 Die digter se gevolgtrekking is: die goddelose voldoen nie aan

die eise van die Here nie en daarom kan hy homself nie handhaaf

wanneer daar reggespreek word nie. Hulle word veroordeel in die

finale regsaak op die dag van die Here, die eindoordeel. By hierdie

geleentheid sal die regverdiges, diegene wat die woord van die Here

aanneem, as gemeente van God bymekaar wees soos hulle altyd in

die tempel saamgekom het. Die regverdige het ’n toekoms, want

God bepaal dit, ken dit en lei hom op sy lewenspad. Daarteenoor is

die goddelose se einde dit wat hy vir die regverdige toewens. Die

goddelose het baie smarte, want hulle het hulle lewens sonder enige

betekenis deurgebring.

Vers 6 vorm die hoogtepunt en samevatting van die psalm.

Hierdie psalm roep op tot:

1. om opnuut ‘n geloofkeuse te maak

2. verskil tussen die goddelose en die regverdige

3. goeie dade, nie wettiese dade nie maar dank baarheid dade

4. dankbaarheid van die gelowige

5. positiewe, vreugdevolle verhouding met die Here.

Page 15: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

15

1. Hoe is die geseëndes

(regverdiges) en hoe is hulle

nie?

b. Waarmee sal ons die

regverdiges in hedendaagse taal

beskryf ?

c. Hoe leef jy as regverdige?

Sal dit altyd met jou goed gaan?

2. Wat is die vergelyking

met ‘n boom? Wat gebeur

as die waterstroom opdroog?

3 Hoe is die goddeloses en

hoekom ?

Psalm 1 Wat maak ou gelukkig ?

Lees die psalm deur & dink wat daar staan

Laat iemand na ‘n paar oomblikke van oordenking dit weer deurlees

4. Is daar ‘n spanning

tussen die goddelose en die

geseëndes?

Is daar ‘n derde weg?

Hoekom? Wat is die boodskap van Psalm 1 vir jou?

Dien en volg jy die Here vir die liefde van die here self of vir die “voordeel”?

1 Dit gaan goed met die mens wat nie

die raad van goddeloses volg nie, nie

met sondaars omgaan en met

ligsinniges saamspan nie, 2 maar wat

in die woord van die Here sy vreugde

vind, dit dag en nag oordink. 3 Hy is

soos ’n boom wat by waterstrome

geplant is, wat op die regte tyd vrugte

dra en waarvan die blare nie verdroog

nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy

aanpak. 4 So is die goddeloses nie. Hulle is

soos kaf wat deur die wind uitmekaar

gewaai word. 5 Daarom sal goddeloses

hulle nie kan handhaaf wanneer die

Here oor hulle oordeel nie en sondaars

nie ’n plek hê in die vergadering van

regverdiges nie.

6 Waarlik, die Here lei die regverdiges

op hulle pad, maar die pad van die

goddeloses lei tot ondergang.

6. Hoe kan jy dit so lank mediteer?

7. Hoe moet mense in vandag se tyd geluk vind? Hoe reageer jy as jy getoets word?

8. Het jy al geluk gesoek? En hoe het jy dit gevind?

9. Wat is die wet van die Here vir jou en hoe vind jy tyd om dit te oordink?

10. Wat dink jy is die hoogtepunt van die Psalm?

11. Lees ook Kol 2:7 en Joh 15:5

12 Wat beteken dit vir ‘n Christen om by waterstrome geplan te wees?

5. Wat was die Woord van die Here in Dawid se tyd

Page 16: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

16

Vir die voorganger:

Psalm 8

TEMA: Die mens is die toppunt van God se skepping — prys

Hom daarvoor.

Dit is een van die mooi lofliedere in die Psalmbundel. Om dit beter

te verstaan moet jy die verduideliking onder aan die opskrif ’DIE

LOFLIED” by Psalm 29 lees.

8:1 Die digter van Psalm 8 het waarskynlik baie nagte in die oop

veld by sy skape deurgebring, oor die wonder van God se skepping

nagedink (vgl 19:1-3) en toe hierdie mooi gedig daaroor geskryf.

God se skeppingswerk hou ’n groot boodskap vir die digter in: dit

vertel van God self en hierdie lofpsalm besing die eer van sy Naam.

8:2–3 Die digter roep vol eerbied God by sy verbonds naam aan:

“here, ons Here” (88:2). In die Hebreeuse teks het ons eers die

verbonds naam (Jahwe), en daarna die naam “Here” wat ook die

gewone titel vir die koning is (vgl 1 Kon 1:11, 1933/53-vert).

Hiermee bely die digter dat hy en alle mense, asook alles wat deur

God geskep is, aan die Here behoort en aan Hom onderdanig

moet wees soos aan ’n koning. Dit is veral die swakkes soos die

kindertjies wat die Here loof (8:3)

Lees ook die verduideliking oor die skeppingspsalms by

Psalm 19.

8:4–9 As ons na die skeppingswonders kyk, kan ons nie anders as

om te wonder hoe die Here nog kan omgee vir die mens wat Hom

voortdurend teleurstel nie. En tog het Hy ons net ’n bietjie minder

as die hemelse wesens gemaak. Dink hieraan as jy weer voel dat

jy niks beteken nie en onthou dat jy vir God oneindig kosbaar is.

Ons is kosbaar, want ons dra die stempel van ons Skepper. (Vgl

Gen 1:26, 27 vir meer omtrent die mens se waarde vir God.) Hy

het self gesê dat ons vir Hom kosbaar is, daarom hoef ons nooit

weer aan ons eie waarde te twyfel nie.

8:10 Die lof van die Here word presies soos in vers 1 herhaal.

Gedeeltes uit hierdie psalm word in die Nuwe Testament aangehaal

en verwys daar na Christus (1 Kor 15:27). Jesus het net soos die

psalmis en soos ons ’n mens geword wat net ’n bietjie minder as

’n hemelse wese was (8:6) en Hy sal almal wat aan Hom behoort

bokant die engele verhef as Hy weer kom om oor die nuwe hemel

en die nuwe aarde te regeer. Jesus is die enigste mens wat ooit die

beeld van God volmaak weerspieël het (Kol 1:15).

Page 17: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

17

Psalm 8 Wat vervul jou met verwondering?

Lees die psalm deur & dink wat daar staan

Laat iemand na ‘n paar oomblikke van oordenking dit weer deurlees

Indien enigsins moontlik kyk na die DVD “The incredible” of

Gesels oor die verwondering wat u in die skepping beleef

1. Waaruit bestaan die hemelruim? Lees ook Gen 1:6-7 Wat sê Dawid oor God

2. Hoe sy jy ‘n verband trek tussen “u naam oor die hele aarde” en kinders en suigelinge?

3. Hoe maak “kindertaal” God se teenstaanders stil?

4. Hoe is ons an mense net ‘n bietjie minders as ‘n hemelse wese?

5. Wat is die werk van die heerser oor die heelal? Gen 1:28 en 2:15

6. Kan ons enigiets met God se skepping doen?

7 Wat is ons beperkinge en verantwoordelikhede tov die skepping?

10. Wanneer laas het jy jou verwonder oor God se skepping? Hoe kan jy prakties dei Here se grootheid en goedheid uitleef?

11. Meet jouself teen die berge, see of uitspansel; Hoe voel jy dat jy belangrik is vir God?

8 Wat moet ons meer doen om die skepping te beskerm itv “recycling” en hernubare energie, kragbesparing ens .?

9. Wat sien jy van jouself as mens in die Psalm

8 Vir die koorleier: met musiek. ’n Psalm

van Dawid.

2

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam

oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U

in die hemelruim geplaas het!

3

Kinders en suigelinge besing die magtige

werk wat U tot stand gebring het. So word u

teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot

swye gebring.

4 As ek u hemel aanskou, die werk van u

vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n

plek gegee het, 5

wat is die mens dan dat U

aan hom dink, die mensekind dat U na hom

omsien? 6

U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse

wese gemaak en hom met aansien en eer

gekroon, 7

U laat hom heers oor die werk van u hande,

U het alles aan hom onderwerp: 8

skape en beeste, alles; selfs die diere in die

veld, 9

die voëls in die lug, en die visse in die see

wat die oseane deurkruis. 10

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam

oor die hele aarde.

Wat is die kern van die Psalm vir jou ? Hoe voel jy oor God se skepping en oor jouself. ?

Page 18: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

18

Vir die voorganger:

Psalm 23

TEMA: Die Here is my herder.

23:1–4 Die herdersbeeld. Die digter het waarskynlik hier uit sy eie

ervaringsveld geput toe hy die Here as ’n herder beskryf het, want

hy het as seun skape opgepas (1 Sam 16:10-11). Skape is heel-

temal afhanklik van hulle herder en hy moet hulle versorg, lei en

beskerm. Jesus word in die Nuwe Testament die goeie herder

genoem (Joh 10:11), asook die groot Herder (Heb 13:20,21) en

die Opperherder (1 Pet 5:4). Ons is sy skape. Dit beteken nie dat

ons dom, bang en passiewe diere is nie, maar dat ons aan Hom

gehoorsaam is en verstandig genoeg is om die Een wat ons op die

regte pad lei, te volg. Die klem val nie in hierdie psalm op die

dierlike eienskappe van skape nie, maar op die dissipelskap van

dié wat die Here volg. As jy die goeie herder sien, volg Hom!

23:2–3 Ons leer ware tevredenheid ken as ons God die herder toe-

laat om ons te lei. As ons egter die sonde bo sy leiding kies, kies

ons om ons eie pad te loop en dan kan ons nie die Here blameer

vir die samelewing waarin ons leef nie. Ons herder weet waar die

weivelde en water is wat ons kan versterk en ons sál daar uitkom

as ons gehoorsaam agter Hom aanloop. As ons teen sy leiding op-

standig raak, doen ons, ons eie saak vir die toekoms skade aan.

ons moet hierdie dinge onthou as ons weer ons eie koppe wil volg

en nie die leiding van ons herder nie.

23:4 Die dood is soos ’n donker skaduwee oor ons almal, want

ons is hulpeloos daarteen. Ons kan nog teen baie ander vyande

soos pyn, lyding, siekte en beserings veg, maar ons kan nie met

die dood veg nie. Die dood spreek die laaste woord. Daar is net

een wat ons deur hierdie doodsvallei kan bring en ons veilig aan

die ander kant kan besorg — die God van die lewe, ons herder.

Ons weet nie wanneer ons gaan sterf nie, daarom moet ons die

herder met vertroue volg tot in die ewigheid.

23:5–6 Die beeld van die gasheer. Dit was in daardie tyd in die

Midde-Oosterse lande gebruiklik vir ’n gasheer om sy gaste tot

elke prys te beskerm. God bied ons daardie soort beskerming, selfs

al word ons deur vyande omring. ons sien in die slot van hierdie

psalm dat die gelowiges by God sal woon. Hy, die volmaakte herder

en gasheer, belowe om ons deur die lewe te beskerm en te lei om

ons vir ewig in sy huis in te bring.

Page 19: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

19

1. Vertel van die vertroostings wat uit Psalm 23 vir mense gebied is.

23 Die HERE is my herder; niks sal my

ontbreek nie. 2

Hy laat my neerlê in groen weivelde; na

waters waar rus is, lei Hy my heen. 3

Hy verkwik my siel; Hy lei my in die

spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. 4

Al gaan ek ook in ’n dal van

doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie;

want U is met my: u stok en u staf dié vertroos

my. 5

U berei die tafel voor my aangesig

teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet

met olie; my beker loop oor. 6

Net goedheid en guns sal my volg al die

dae van my lewe; en ek sal in die huis van die

HERE bly in lengte van dae. Ou vertaling

23 ’n Psalm van Dawid. Die Here is my

herder, ek kom niks kort nie. 2

Hy laat my rus

in groen weivelde. Hy bring my by waters

waar daar vrede is. 3

Hy gee my nuwe krag. Hy

lei my op die regte paaie tot die eer van sy

Naam. 4

Selfs al gaan ek deur donker dieptes,

sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u

hande is ek veilig. 5

U laat my by ’n feesmaal

aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U

ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai

met hartlikheid. 6

U goedheid en liefde sal my

lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die

huis van die Here tot in lengte van dae.

Psalm 23 Die Herder en die Tafelheer Lees die psalm stil deur. Vertel vir mekaar wat beteken die Psalm in jou lewe Lees/ sing die Psalm soos in die ou Gesangboek en in die liedboek opgeteken is.

Wat is jou belewenis van Psalm 23?

2. Dawid het vroeer die Here “be-skryf” in terme van Rots en vesting. Nou gebruik hy herder. Watter beelde en gedagtes kom by jou op met die Herder metafoor?

6. Wat dink jy beteken ; U maak my hoof vet met olie, my beker loop oor?

3. Water bring kalmte. Of dit nou ‘n fonteintjie is die sitkamer is, of kabbelende stroom. Hoe beleef jy die “waters waar rus is”?

7. Watter gedagtes kom by jou op met dieherder en gasheer motief?

5. Het jy al benoude oomblikke beleef toe ‘n kwaai hond op jou afgestorm het? Vertel wat jy beleef het.

10. Dit is lekker vir kinders om by die ouerhuis te wees. Dit is waat jy tuis is. Hoe beleef jy dit om tuis, in die huis van die Here te wees? Lees Joh 10:14-15

4. Die Bybelse beeld van die herder wat self ‘n oorlappie van ‘n lam wat verskeur is geld hier. Die herder moes in die klowe met doodsgevar inbeweeg . dit is die dal van doodskaduwee.

8. Watter versorgende terme word aan die herder toegesê? Wat laat dit jou aan dink?

9. My beker loop oor. Hoe laat God jou beker oorloop?

Page 20: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

20

Vir die voorganger Ps 46

TEMA: God is vir ons ’n toevlug! Dit is die boodskap van hier-

die vertroue psalm.

Psalms 46-48 is lofpsalms waarin God as koning besing word.

Psalm 46 is moontlik geskryf toe die Assiriërs die land binnegeval

en Jerusalem omsingel het (2 Kon 18:13-18:37).

Lees ook die verduideliking onder “SIONSLIEDERE”.

46:2–12 Luther se omdigting van hierdie psalm lui: “ ’n Vaste

Burg is onse God”.

46:2–4 Baie mense is vandag bang dat berge en stede in ’n atoom

ontploffing vernietig kan word. Die psalmis sê egter hier dat ons

nie bang hoef te wees nie, selfs al sou die wêreld tot ’n einde kom.

Te midde van verwoesting en neerlaag het hy steeds geglo dat God

hom kon red. ’n Mens kan byna nie dink dat dit moontlik is om

die einde van die wêreld sonder vrees tegemoet te gaan nie. Tog

stel die Bybel dit baie duidelik dat God ons toevlug is, selfs in die

grootste verwoesting denkbaar. Hy bied nie net vir ons tydelik

uitkoms nie, maar is ons ewige vesting en beskerming. Hy gee

ons krag, al gebeur wat ook al in die wêreld om ons.

46:5–8 Daar is baie stede met riviere wat die inwoners van water

voorsien en die middelpunt vorm van die stad se handelsbedrywig-

hede. Jerusalem het nie ’n rivier gehad nie, maar Jerusalem het

vir God gehad. Hy het die volk aan die lewe gehou en was die

middelpunt van al hulle aktiwiteite. Solank Hy in hulle midde

was, was die stad onoorwinlik. Maar toe hulle van Hom vergeet,

het Hy hulle verlaat en is Jerusalem deur die Babiloniese magte

verwoes.

46:9–12 Hier roep die psalmis almal op om te sien wat God doen

(46:9-10) en te weet wie Hy is (46:11-12).

BETEKENIS: Dinge soos oorlog en verwoesting is onafwendbaar. Maar net so

vas en seker is God se uiteindelike oorwinning. Op daardie dag

sal almal in stilte voor die almagtige God staan. Daarom is dit

niks minder as reg nie dat ons nou ook in eerbied en stilte voor

Hom moet staan om sy mag en majesteit te verheerlik. Sorg dat

jy elke dag tyd maak om stil te word voor God en Hom te vereer.

Die gemeente word opgeroep tot ‘n opregte belydenis aan-gaande

die teenwoordigheid en getrouheid van die Here . Die gemeente

word gekonfronteer met die vraag of hulle saam met Ps 46 kan

bely dat hulle ten volle op die Here vertrou .

Die konsekwensie van die vertroue moet ook duidelik uit gespel

word. Al gebeur wat ook al, God bl;y getrou en daar-om mag die

gemeente nie twyfel nie. Ons kan altyd op hom vertrou. Hy is

ons skuilplek

God se teenwoordigheid in die kerk het ook ‘n invloed op die

wêreld daarbuite. Dit is ons taak om die magsdade van die Here

bekend te maak ( getuig) . Christus se lewe, dood en opstanding

is die grootste magsdaad waarvan ons kan vertel.

Page 21: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

21

46 Vir die koorleier. Van die Koragiete. Op

die wysie van “Jong Vroue”. ’n Lied.

2 God is vir ons ’n toevlug en ’n beskerming;

Hy was nog altyd bereid om te help in nood. 3

Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde

pad, al skuif die berge tot in die dieptes van

die see, 4

al druis en skuim die waters van die

see, al skud die berge deur sy onstuimigheid.

Sela 5

Oor die strome van die rivier is daar

blydskap in die Godstad, in die heilige

woning van die Allerhoogste. 6

God is daar;

die stad sal nie wankel nie. God sal hom help

nog voor die môre kom. 7

Nasies kan raas en koninkryke wankel,

maar as God sy stem laat hoor, smelt die

aarde weg. 8

Die Here, die Almagtige, is by

ons, die God van Jakob is vir ons ’n

beskutting. Sela 9

Kom kyk wat die Here

gedoen het, watter ontsettende dinge Hy op

die aarde tot stand bring: 10

die oorloë oor die

hele aarde laat Hy ophou, pyle en boë

verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend,

oorlogswaens verbrand Hy met vuur. 11

Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die

nasies, hoog bo die aarde. 12

Die Here, die

Almagtige, is by ons, die God van Jakob is

vir ons ’n beskutting. Sela

Wat is na jou mening die grondtoon van die gedig?

Wat kon na jou mening aanleiding gegee het tot die skryf van die Psalm?

Dit lyk of die digter immuun voel in die aanslae van buite. Hoe sal jy dit beskryf?

Watter frases beskryf God?

Watter verskil het dit in jou lewe gemaak om te weet Jesus is Here en Hy is in beheer?

Waar voel jy nou ‘n spesiale behoefte vir sy beskering in jou lewe?

Wat se vertroosting vind jy in jou huidige situasie in vs 11?

Wat leer jy van God in die Psalm? Lees ook Joh 16:33

Kan verse 2-3 en 5-6 krisisse in jou lewe beskryf? Hoe het jy in die krisisse opgetree?

Psalm 46 Bedaar, God is daar ‘n Vaste burg is onse God: ‘n lied van vertroue.

Lees in die Liedboek Ps 46 en Lied 476. Sing selfs ‘n paar verse van die liedere . Martin Luther het Ps 46 gebruik om Lied 476 te skryf. Lees nou Ps 46.

Die beloftes van God aan Israel word in die Nuwe Testament deurgetrek na die kerk. Watter aanslae beleef die kerk vandag?

Wat is jou belewenis van Psalm 46?

Page 22: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

22

Vir die voorganger

Psalm 51

TEMA: Die bidder praat hier die taal van elke mens wat besef:

Ek is ’n sondaar. Daarom het hy ware berou, egte sondebesef,

innige verlange na vergifnis, opregte begeerte na vernuwing

en verandering en bid hy om met God se hulp in die toekoms

reg te lewe.

Psalm 51 is een van die boetepsalms.

51:1–2 Alhoewel die psalm aan Dawid verbind word, is dit nie

seker of daarmee bedoel word dat hy die skrywer daarvan was nie.

Immers, in Dawid se tyd was die mure van Jerusalem nie vervalle

nie (51:20). Tog is die gebeurtenis van 2 Samuel 11-12 ’n goeie

agtergrond waarteen die psalm gelees kan word.

51:3–7 Volgens 2 Samuel 12 het Dawid opreg berou gehad oor sy

owerspel met Batseba en die moord op haar man in ’n poging om

die sonde weg te steek. Hy het geweet dat baie mense deur sy

optrede geraak en seergemaak is. Omdat hy opreg berou gehad

het, het God hom genadiglik vergewe. Geen sonde is te groot om

vergewe te word nie! Voel jy dalk asof jy nooit weer naby God

sal kan kom nie omdat jy iets verskrikliks gedoen het? Hy kan en

sal jou vir enige sonde vergewe. Sy vergifnis beteken egter nie

dat Hy die natuurlike gevolge van ons sondes ongedaan maak nie

en ons sien dat Dawid se lewe en die lewe van sy familie nooit

weer na sy sonde dieselfde was nie (vgl 2 Sam 12:1-23).

51:6 Dawid sê dat hy teen God gesondig het. Wanneer daar gelieg,

gemoor of geskinder word, is daar egter altyd ’n slagoffer wat ook

daaronder ly. Die wêreld sê vandag vir ons dat seks tussen twee

volwassenes wat albei daartoe instem aanvaarbaar is omdat daar

“niemand seerkry nie”. Maar daar is mense wat wel seerkry. In

Dawid se geval het ’n baba gesterf en is ’n man vermoor. Alle

sonde benadeel onsself én ander mense en is ’n misdryf teen God,

want enige sonde, in watter vorm ook al, is ’n bewys van opstand

teen sy gebooie. ’n Diep sondebesef is nodig.

51:9–15 Na die bidder se roep tot God vanweë sy sonde (51:3-4)

en sy sondebelydenis (51:5-8) versoek hy God om sy sonde te

vergewe (51:9-11).

Ons word in sonde gebore (51:7), daarom is ons van nature

geneig om onsself tevrede te stel en nie vir God nie. Dawid het sy

natuurlike drang bevredig toe hy ’n ander man se vrou vir homself

geneem het. ons doen dit ook as ons selfsugtig is. Daarom moet

ons, net soos Dawid, vra dat God ons van binne af moet skoon was

(51:9), dat Hy ons harte en gedagtes moet skoonmaak sodat ons

nuwe gedagtes kan dink en nuwe begeertes kan hê. Ons kan slegs

reg lewe as ons ’n skoon hart en skoon gedagtes het (51:12-15).

51:16–17 Vergifnis word ’n “verlossingsdaad” genoem en word in

die digter se loflied besing.

51:18–19 Die ware offer is meer as die uiterlike daad (vgl Rom

12:1).

51:20–21 Die bidder bid ook vir die gemeente: hy vra die Here

moet Sion vir hulle herbou sodat hulle weer in opregtheid offers

kan bring. Hierdie bede skep die indruk dat die psalm ná die val

van Jerusalem in 586 vC, maar voor nehemia se herbou van die

mure in 445 vC, geskryf is.

Page 23: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

23

51 Vir die koorleier. ’n Psalm van Dawid, na

aanleiding daarvan 2

dat die profeet Natan na hom

toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. 3

Wees

my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oor-

tredings uit in u groot barmhartigheid! 4

Was my

skoon van my skuld, reinig my van my sonde! 5

Ja,

my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd

bewus. 6 Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen

wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u

oordeel regverdig. 7

Ek was al skuldig toe ek gebore

is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword

het. 8

Maar U verwag opregtheid diep in ’n mens se

hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil

dat ek moet lewe. 9

Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees,

was my dat ek witter as sneeu kan wees. 10

Laat my

weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel;

laat my weer jubel. 11

Moet tog nie ag slaan op my

sondes nie, wis al my skuld uit! 12

Skep vir my ’n

rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my

standvastig. 13

Moet my tog nie van U af wegdryf en

u Heilige Gees van my af wegneem nie! 14

Laat my

weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U

verlos is, laat my U weer met toewyding dien.

15

Dan sal ek oortreders leer wat U van ’n mens

verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer. 16

Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek

kan jubel oor u verlossingsdaad. 17

Here, gee my die

woorde om u lof te verkondig. 18

’n Offer vra U nie,

anders sou ek dit bring; ’n brandoffer wil U nie hê

nie. 19

Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoedig-

ing: U sal ’n hart vol ootmoed en berou nie gering

ag nie, o God. 20

Laat Sion u liefde en u goedheid

ondervind: herbou tog die mure van Jerusalem. 21

Dan sal die offers wat voorgeskryf is, weer vir U

aanneemlik wees: offerdiere wat heeltemal verbrand

word. Dan sal hulle weer bulle op u altare offer.

Psalm 51 Lees die psalm deur . Probeer om iets van Dawid se opregte skuldbelydenis te beleef.

Wat is jou belewenis van sonde volgens Ps 51? Is daar dalk sonde wat ‘n skeidsmuur maak tussen jou en God?

1. Dink bietjie hoe voel ‘n kind wat met sy hand in die koekieblik gevang word . of ‘n volwassene wat op heterdaad betrap word.

2. Lees die Psalm weer deur.

Lees 2 Sam 11:1-27. Hoeveel oortredinge het Dawid gepleeg wat tot sy owerspel met Batseba gelei het?

4. Hoe kan hy in die lig van sy arrogansie, owerspel, verraad en moord, nog voor God verskyn?

5. Moord en owerspel was strafbaar met die dood. (Deutr 5: 22) Hoe het Dawid daarmee weggekom?

7. Erfsonde. Hoe kan ‘n pasgebore baba teologies as sondig beskryf word. As God alles goed gesksape het, hoekom is die mens geneig tot sonde? Rom. 5:12-14

6. Die sondes het betrekking op ander mense: waarom maak dit vs 4 meer “intens” Wat wys dit oor die aard van sonde?

8. Hoe beleef jy Dawid se belydenis?

11. Wat gebeur met jou as jy nie sonde bely nie, en Wat gebeur as jy dit bely? 1 Joh 1:8-9

12. Hoe bewus is ons van ons sonde en skuldbelydenis en vergifnis in 2011?

9. Beskryf Dawid se verwagting ten opsigte van vergifnis ?

10. Die Here bring jou met jou sonde voor jouself te staan. Bespreek die stelling.

Page 24: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

24

Vir die voorganger

Psalm 84

TEMA: Dit is die eerste en enigste psalm waarin daar oor die

tempel gesing word. En tog, die liefde vir God se woning (die

tempel) staan hier nie in die sentrum nie. Dit gaan om God, om

die psalmdigter se verlange om naby Hom te wees. Die gelowige

is op ’n besondere manier aan Hom verbind.

84:2-5 Die skrywer wou graag wegkom van die besige lewe en

God in sy tempel ontmoet. Ons kan Hom op enige plek en enige

tyd ontmoet. As ons kerk toe gaan, kry ons die geleentheid om

weg te kom van die gedrang en aktiwiteite van ons lewe en ’n

rukkie in stilte na te dink en te bid. Daar vind ons ook vreugde —

nie in die gebou en omgewing nie, maar in gebed, sang, onderrig

en gemeenskap van gelowiges daarbinne.

84:6–8 Pelgrims moes soms deur “’n dorre laagte” na die tempel

toe reis. Dan het die Here reën laat neergiet om hulle nuwe krag

te gee sodat hulle die tempel veilig kon bereik. Ons moet dikwels

eers deur moeilike tye in ons lewe gaan voordat ons in die vreugde

van God se teenwoordigheid kan kom.

Hierdie dorre laagte is waarskynlik nie ’n geografiese plek

nie, maar ’n simbool van ’n dor wêreld wat deur reën omtower

word. Vir die mens wat graag in God se teenwoordigheid wil wees,

is negatiewe omstandighede geleentheid om sy trou en seën op-

nuut te ervaar.

84:9–10 Die psalmis bid ook vir die koning, want hy woon ook

op Sion waar hy in die tempel gaan aanbid. Hy is immers die

gesalfde van God (2:2).

Korag was die Seun van Asaf. Sy familie is verdeel onder vier

diensdoenende groepe wat by die tempel saam met die Leviete

diens gedoen het by die poorte.

Hulle het dan ook ‘n musiekgroep / koorgroep begin.

Page 25: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

25

84 Vir die koorleier: met musiek. Van die

Koragiete. ’n Psalm.

2 Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige!

3 Ek

versmag van verlange na die tempel van die Here;

met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende

God. 4

Selfs ’n mossie het ’n nes en ’n swaeltjie ’n

plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here,

Almagtige, my Koning en my God! 5

Dit gaan

goed met mense vir wie u huis ’n tuiste is: hulle

hou nie op om U te prys nie. Sela 6

Dit gaan goed

met mense wat hulle krag in U vind en graag na u

tempel toe gaan. 7

Vir hulle gaan daar fonteine oop

wanneer hulle deur ’n dorre laagte trek en die

vroeë reëns sy seëninge bring. 8

Keer op keer

ontvang hulle nuwe krag totdat hulle voor God in

Sion verskyn. 9

Here, almagtige God, hoor my gebed, luister tog,

God van Jakob! Sela 10

Sien tog om na die koning,

ons beskermer, o God; hou u gesalfde onder u

sorg.

11

Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend

daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die

huis van my God as om te woon in huise sonder

God. 12

Die Here God is ons krag en ons

beskerming, die Here gee genade en eer, Hy

weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie. 13

Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat

op U vertrou !

Psalm 84 Hoe lief het ek U woning Here !

Lees die psalm deur . Mediteer ‘n paar minute oor die betekenis van die Psalm . Laat iemand die Psalm hardop voorlees

Wat gaan jy van die Psalm onhou en in jouself koester?

1. Vir meer inligting oor die Koragiete lees 2 Kronieke 26:12-19

10. Tel hoeveel keer die volgende woorde in die psalm voorkom: Here ……. Almagtige …. God/My God… Wat sê dit vir jou oor die woorde?

9. Onthou ons is besig met gedigte. Wat se dit vir jou as die gedig begin en eindig met feitlik dieselfde woorde :

Here Almagtige

2. Hoekom word selfs klein voeltjies in die psalm genoem?

3. Ons kan uit vs 5 aflei dat die Koragiete hulle tempeldiens geniet het . Wat kan ons daaruit vir onsself aflei ?

4. Dit was van die Jode verwag om 3 keer per jaar ‘n pelgrimstog na die temple te onderneem . Wat gebeur daar? (vgl vs 8 ook )

5. Wat is jou gevolgtrekking uit vs 5-8 oor die opkoms na die tempel?

6. Wat kan so goed wees oor die tempel. Raak dit nie afgestomp om keer op keer te gaan nie?

7. Wat maak jou diens aan God ‘n groot vreugde of afgesaagd.

8. Hoekom kon die jode nie maar in hulle eie stede die Here dien nie. Dit is groot moeite om Jerusalem toe te gaan. Wat sê dit vir ons oor ons hedendaagse erediensbywoning?

Page 26: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

26

Vir die voorganger

Psalm 91

TEMA: ’n Mens wat op die Here vertrou, is oral en altyd

onder sy beskerming.

Omdat dit ’n “Wysheid psalm” is moet jy die verduideliking by

Psalm 1 daaroor ook lees.

91:1–2 Die tema van hierdie gebed is: skuiling by die Allerhoogste

en beskerming by die Almagtige. Hierdie skuiling en beskerming

vind hy nie in die tempel soos ons sou dink nie, maar oral en altyd

by die Here.

91:3–13 Op grond van sy verbond beskerm die Here hom van ver-

skillende dinge: die voëlvanger se wip (91:3a), dodelike siektes

(91:3b), pes (91:6), aanvalle oordag (91:6b), of gevare in die nag

(91:5), van plae (91:10) of ook van te sneuwel in ’n veldslag (91:7).

Die Here beskerm dié wat by Hom skuil (91:10) en straf die godde-

lose. Hy gebruik selfs sy engele om sy volgelinge te beskerm

(91:11).

91:11 Dit is die engele se taak om die gelowiges te beskerm.

Hiervan is daar in die Bybel heelwat voorbeelde van engele wat

mense beskerm het in die Bybel (1 Kon 19:5; Dan. 6:23; Matt

18:10; Luk 16:22; Hand 12:7). Daar is egter geen aanduiding dat

’n engel oor elke gelowige waak nie. Engele kan ook God se bood-

skappers wees (Matt 2:13; Hand 27:23, 24). Ons kan engele nie

sien nie, hoewel hulle — volgens die geloof van Bybelse tye —

al deur mense gesien is (Num 22:31; Luk 2:9).

91:14–16 Die Here red elkeen wat op Hom vertrou en Hom liefhet

(91:14). In vers 14 belowe die Here dat Hy dié sal verhoor wat Hom

aanroep en aan sulke mense ’n lang lewe sal gee (91:16).

Met die versekering van die beskerming van die Here kan

die gelowige en die kerk in vertroue lewe (1 Joh 5:4).

Page 27: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

27

91 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die

beskerming van die Almagtige geniet, 2

hy sê vir

die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting,

my God op wie ek vertrou.”

3

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou

en jou bewaar van dodelike siekte. 4

Hy beskut jou

onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek.

Sy trou beskerm jou aan alle kante. 5

Jy hoef nie

bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle

oordag, 6

vir pes wat in die donker toeslaan of vir

siekte wat helder oordag verwoesting saai nie. 7

Al

val daar duisende langs jou, tienduisende by jou,

vir jou sal niks tref nie. 8

Met jou eie oë sal jy sien

hoe die goddelose gestraf word. 9

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die

Allerhoogste as jou beskermer, 10

sal geen onheil

jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. 11

Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm

waar jy ook al gaan. 12

Op hulle hande sal hulle jou

dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie. 13

Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange

sal jy dood trap.

14

“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die

Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. 15

Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;

in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en

hom in sy eer herstel. 16

’n Baie lang lewe sal Ek

hom gee en oor my hulp sal hy hom verbly.”

Psalm 91 Veilig by die allerhoogste Lees die Psalm deur . Lees nou die Psalm in die liedboek deur ( daar is 2 weergawes )

1. Het jy al ‘n sticker op ‘n kar gesien wat lees: “ Word deur Psalm 91 beskerm” . Hoe sou jy daaroor oordeel. Is dit klein gelowig om assuransie te hê?

3. Wat kom in jou gedagte op met “skuiling” en “beskerming”?

4. Wat sê vs 2 oor die bidder?

2. Wie is vir jou ‘n steunpilaar in die lewe?

5 Watter vier name word vir “Die Here” in die psalm gebruik? ( vs 1 en 2 )

6 Watter tipe rampe word in verse 3-8 genoem?

7. Is God se beskerming vir almal beskikbaar? Wat is die regte gesindheid?

8. Hoe beskerm God sy kinders elke dag? Glo jy in engele en beskermengele?

9 Word God se guns en seën gegee in geestelike of materiele seëninge?

10. As God beskerming belowe, hoekom gebeur daar slegte dinge met sy kinders?

11. Wat beteken dit om “Die Here jou beskerming” te maak? Rom. 8:38-39

Hoe het jy al God se beskerming in die lewe ervaar? Watter tipe rustigheid kan die ps oor jou laat kom?

Page 28: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

28

Vir die voorganger

Psalm 100

TEMA: Om die Here in sy huis te mag dien, is ’n saak van blyd-

skap, daarom moet die gelowiges juig. Dit help ons om te bely:

die Here is God. Dit blyk uit sy skeppings- en verlossings-

werk.

Hierdie psalm is moontlik gesing deur priesters wat op die tempel

trap gestaan het. Om die gemeente met vrymoedigheid te laat

naderkom na die tempel toe, het hulle hierdie woorde gebruik om

hulle op te roep (100:2b). By hulle aankoms by die ingang van die

voorhof het ’n tweede koor hulle dan toegesing: “Gaan sy poorte

binne” (100:4a).

100:1–3 Die doel van die verwelkoming by die tempel is duidelik:

“Juig tot eer van die Here, almal op aarde!” (100:1). Om die Here

te dien, bring blydskap mee en daarom moet die gelowiges juig en

bly wees. Dit bring ook ’n belydenis mee: die Here is God (100:3a).

Hierdie belydenis sluit sy skeppingswerk (100:3b) en sy verlossings-

werk (100:3c) in. Die beeld van die kudde beklemtoon die besondere

verhouding tussen die Here en sy volk wat Hy verlos het (100:3).

100:4–5 Almal wat die tempel binnegaan, het die voorreg en die

plig om die Here te dank en sy Naam te prys. Die rede daarvoor

is duidelik: “Die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde

nie, sy trou duur van geslag tot geslag” (100:5).

Page 29: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

29

Hierdie is ‘n kort psalm. Gebruik die tyd en blaai bietjie in die boek terug en deel julle belewenisse, wat julle gehad in die reis deur die Psalms het, met mekaar.

100 ’n Dankpsalm. Juig tot eer van

die Here, almal op aarde! 2 Dien die

Here met blydskap! Kom voor Hom

met gejubel! 3 Erken dat die Here God is: Hy het

ons gemaak en ons is Syne, ons is sy

volk, sy eie kudde. 4 Gaan sy poorte

binne met dankliedere, sy tempel

met lofsange, dank Hom, prys sy

Naam, 5 want die Here is goed, aan

sy liefde is daar geen einde nie, sy

trou duur van geslag tot geslag.

Psalm 100 Waarvoor is jy die heel dankbaarste in die lewe? Lees die Psalm Lees / sing oop Psalm 100. ( miskien is die Gesangeboek se weergawe meer bekend)

1. Watter redes gee die psalmis hie aan om die Here te prys?

2. Op wie is dit vsan toepassing: sy mense of die hele aarde. Wat vertel dit vir jou?

3. Watter verantwoordelikhede bring dit mee as jy erken dat Hy God is?

4. Watter houding behoort God se kinders se lewens te kenmerk ?

5. is danksegging ‘n privaat of openbare aangeleentheid?

6. Watter van die 6 redes by 1 genoem is vir jou die belangrikste in jou eie lewe?

7. Wat sou jy oor jou eie dankbetuiging sê? Waarin vind gelowiges hulle dankbetuiging vandag? Kol 1:13 Het jy dalk ‘n nuwe voorneme? Lees die psalm weer deur .

Page 30: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

30

Vir die voorganger

Psalms 120-134 word pelgrimspsalms genoem. Hulle is gesing

terwyl die Israeliete na die tempel op pad was vir hulle jaarlikse

feeste. Elkeen verteenwoordig ’n ander fase van die reis. Psalm

120 en 121 dui op die begin van die reis vanaf ’n vyandige en

vreemde omgewing; Psalm 122 vertel ons hoe die gelowiges in

Jerusalem aankom en in die ander word daar al hoe nader aan die

tempel gekom.

Psalm 121

TEMA: Die Here is my Helper. Dié psalm is ’n kinderlike gebed

wat uiting gee aan die vaste hoop en vertroue dat God die

pelgrim dag en nag sal beskerm. Ons het sy beskerming ons

hele lewe lank nodig.

Opbou: Die pelgrim vra ’n vraag (121:1) en hy kry ’n duidelike

antwoord daarop (121:2). Daarop ontvang hy ’n toesegging van

die beskerming van die Here (121:3-8).

Die woorde “hulp”, “bewaarder/bewaar” en “sluimer” word

telkens deur dieselfde woord gevolg om ’n soort “ketting” te vorm.

Dit vorm as ’t ware “trappe” om van die een gedagte na die ander

te spring. Daarom praat sommige verklaarders van hierdie liedere

as “trappeliedere”. Dit bring ons by die inhoud van hierdie psalm:

121:1–2 The Living Bible gee vers 1 weer met: “Shall I look to

the mountain gods for help?” Dit sluit ook aan by die ou Nabye

Oosterse geloof dat die gode op die berge woon. Volgens ons

mening beteken dit egter slegs dat die digter hemelwaarts kyk, na

God kyk om hulp (121:2). Ons kan nou hierdie twee verse so

opsom: die ballingskap digter kyk hemelwaarts en vra: “Waar sal

my hulp vandaan kom?” Met vertroue kan hy egter self daarop

antwoord: “My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak

het”. Daarmee gee hy die tema vir die hele psalm, naamlik “die

Here is my Helper”.

121:3–8 Soos “help” die sleutelwoord in die eerste twee verse is,

so is “bewaar” dit in die volgende aantal verse. Die digter druk

die Here se beskerming baie konkreet uit as hy sê: “Bedags sal die

son jou nie steek nie” (121:6). Die son is baie warm in Palestina

en die omliggende lande. Die strale van die son kan die reisiger

op ’n warm dag maklik ernstig siek maak. Hy kan “sonsteek” kry

(vgl 2 Kon 4:19,20; en Jona 4:8). Die mense van daardie tyd het

ook geglo dat daar ’n verband tussen sekere siektes en die fases

van die maan bestaan. Ons praat soms van “maansiekes”. Hulle het

geglo dat ’n duiwel in die maan die siekte veroorsaak, daarom het

hulle gedink dat hierdie siek mense van die duiwel besete is (vgl

Matt 4:24; 17:5). Die nagte was ‘n verskrikking as jy op pad was.

Die Here sal egter die pelgrim beskerm sodat hy nie die nadelige

gevolge van die son, maan of enige duiwel hoef te vrees nie.

Die terugkerende ballinge het moontlik ook Psalm 121 as

pelgrimslied op hulle terugtog gesing. Daarna is dit in die bedevaart

liedere opgeneem en deur die pelgrims op pad na en van Jerusalem

gesing. Vir ons as Christene help dit om in ’n ongelowige en ge-

sekulariseerde, moderne wêreld ons vertroue in die Here te ver-

woord. Ons kan ook seker wees dat die Here ons help en bewaar

in ’n wêreld wat gevaar loop om homself te vernietig en waarin

die kerk se belydenis belangrik is. Saam met hierdie bidder kan

ons bely: “My hulp is van die Here” (121:2).

Page 31: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

31

121 ’n Pelgrimslied.

Ek kyk op na die berge:

waarvandaan sal daar vir my hulp

kom?

2 My hulp kom van die Here wat

hemel en aarde gemaak het. 3 Hy sal

nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat

jou beskerm, slaap nooit nie. 4

Waarlik, die Beskermer van Israel

sluimer nie in nie en Hy slaap nie. 5

Die Here beskerm jou, die Here

bewaar jou van alle gevare. 6 Bedags

sal die son jou nie steek nie en snags

sal die maan jou nie kwaad doen nie.

7 Die Here sal jou beskerm teen alle

gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. 8

Hy sal jou beskerm waar jy ook

gaan, nou en vir altyd.

Psalm 121 Lees die Psalm deur . Herken u dele uit die psalm?

1. Die Israeliet is op pad na die tempel. Hulle loop en sing. Wat reken u is die doel van pelgrimsliedere in Psalms?

2. Wat is die gedagtegang vandie pilgrims? Lees ook Lukas 10: 30-37

3. Tog is daar troos vir die pelgrim. Watter elemente van troos is daar vir die pilgrim ?

4. Die gevare wat ons op ons daaglikse reise beleef is andersas toe. Tog vra ons ook daagliks vir beskerming op ons pad. Watter vorm neem God se beskerming vir jou aan?

5. Wanneer voel jy kwesbaar? Hoe beskerm jy jou dan? 7. Hoe kan jy leer om die kalmte en

vertroue by die pelgrim te beleef? (Sy vertroue is by die Here, skepper van die hemel en die aarde.) 6. Aan watter tipes beskerming

dink die pilgrim? vs 3-6 Wat maak jy as die probleme “so groot soos die berge” voor jou lê? Kyk verby die berge, sien die Here raak. Saam met Hom is geen berg te hoog en geen hindernis te groot nie.

Wat leer jy in die Psalm?

Page 32: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

32

Vir die voorganger

Psalm 136 Loof die Here vir sy liefde wat nooit ophou nie.

TEMA: As deel van die “Hallel” (Ps 113-118), ’n lied wat by

die paasfees gesing is, was hierdie psalm moontlik Jesus se

laaste gebed voor Hy na die Olyfberg toe vertrek het. Dit bely

God se grootheid en goedheid as Skepper en Verlosser.

Die opvallendste kenmerk van hierdie psalm is die refrein: “Aan

sy liefde is daar geen einde nie.” Ons het hier met ’n driestemmige

beurtsang — met die koorleier, die koor en die gemeente — te

make.

Die woorde, “Aan sy liefde is daar geen einde nie”, word

dwarsdeur die psalm herhaal. Dit is moontlik geskryf sodat die

gemeente dié woorde na elke sin wat voorgelees word, kon her-

haal. Deur hierdie herhaling is die waarheid by die mense tuis ge-

bring. Liefde sluit hier ook genade, goedhartigheid en trou in.

Ons hoef nie bang te wees dat die Here se liefde sal opraak nie,

want sy liefde kom uit ’n fontein wat nie kan opdroog nie. Dit is een

van die geskiedenispsalms. Lees ook die verduideliking wat by

“GESKIEDENISPSALMS“ by Psalm 44 is om hierdie psalm beter

te verstaan. Die verduideliking onder “SKEPPINGSPSALMS” by

Psalm 19 sal jou ook help om dit te verstaan.

Wat is die boodskap van Psalm 136? In die Joodse tradisie

word hierdie psalm die “Groot Hallel” genoem wat saam met die

sogenaamde “Egiptiese Hallel”, Psalm 113-118, by die paasfees

gesing is. Dit is dus moontlik dat Jesus hierdie psalm as sy laaste

gebed by die laaste Avondmaal gebid het voordat Hy daardie nag

op die Olyfberg gevange geneem is. Dit maak natuurlik vir ons

hierdie psalm van besondere belang, want hierdeur kan ons God

se grootheid en goedheid bely omdat Hy ons Skepper en Verlosser

is. Ons kan dus saam met die gemeente van ouds bely: “Aan sy

liefde is daar geen einde nie.”

Page 33: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

33

136 Loof die Here, want Hy is goed.

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 2 Loof die oppermagtige God.

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 3 Loof die magtigste van alle maghebbers.

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 4 Hy het magtige dade gedoen, Hy alleen.

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 5 Hy het die hemel met soveel insig gemaak.

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 6 Hy het die aarde op die waters gevestig.

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 7 Hy het die groot hemelligte gemaak,

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 8 die son om te heers oor die dag,

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 9 die maan en die sterre om te heers oor die nag.

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 10 Hy het die Egiptenaars getref met die dood van hulle eersgeborenes

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 11 en Israel onder hulle uit gelei

Aan sy liefde is daar geen einde nie. 12 met sy groot mag en krag.

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Psalm 136 . Lees die Psalm deur . Gee ‘n opskrif vir die Psalm Wat val jou op?

1. Wie was jou kindertyd held? Wat het jou aangestaan van die persoon ?

2. Die Psalm word die groot “hallel” psalm genoem. Dit is tydens die paasfees gesing. Wat sien jy as die doel van die “Oproep en respons” deel van die Psalm?

3. Hoe word God se ewige liefde beskryf in vs 10 en 17-20?

4. Hoe beleef jy die “respons.”? Hoekom?

6 Wat is van die moderne gode en heersers . Hoe veg hulle om jou aandag?

Wat sou jy sê is die boodskap van die Psalm?

5 Aan watter lewenssfere word aandag gegee in die “oproep” deel?

Page 34: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

34

13 Hy het die Rietsee in twee gekloof Aan sy liefde is daar geen einde nie.

14 en Israel daar deur laat trek, Aan sy liefde is daar geen einde nie.

15 maar die farao met sy leërmag in die Rietsee gestort. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

16 Hy het sy volk deur die woestyn laat trek. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

17 Hy het groot konings oorwin, Aan sy liefde is daar geen einde nie.

18 magtige konings laat sneuwel: Aan sy liefde is daar geen einde nie.

19 koning Sihon van die Amoriete, Aan sy liefde is daar geen einde nie.

20 koning Og van Basan. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

21 Hy het hulle land as geskenk gegee, Aan sy liefde is daar geen einde nie.

22 as geskenk aan Israel, sy dienaar. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

23 Hy het aan ons gedink in ons vernedering Aan sy liefde is daar geen einde nie.

24 en ons uit die mag van ons teëstanders bevry. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

25 Hy gee voedsel aan al wat lewe. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

26 Loof die God van die hemel! Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Wat is die boodskap van die Psalm vir jou ?

7. Watter van die wonders van die Here is besonders treffend vir jou? Noem van die wonders in jou eie lewe wat jou aanspreek ?

8 Hoekom roep die Here die volk op om so ernstig dank aan Hom te bring ? En wat doen ons oor die wonders in ons eie lewe ?

9 is jy bewustelik en onbewustelik om dank aan die Here te bring?

Wat was God se groot Liefdesbewys? Lees Joh 3:16 en Ef 3:19

Die Here is God alleen . Sy mag wys juis in die liefde vir hulle wat syne is. God is eintlik liefde in aksie

10 Hoe kan ons meer bewus word van God se liefde en dit uitbasuin: Aan sy liefde is daar geen einde nie. Hoe hanteer jy God se mag en liefde ?

Page 35: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

35

Vir die voorganger

Psalm 139

TEMA: Met volle oorgawe kan ek en jy saam met die psalmis

in ’n loflied God se kennis van ons, sy nabyheid aan ons en sy

bemoeienis met ons besing, terwyl ons onsself nederig voor sy

deurskouende oog stel en bly bid: “Lei my op u blywende en

regte weg.”

Volgens 139:19-24 is die digter waarskynlik ’n aange-

klaagde in die tempel, waar hy wag op die beslissing van die

priester oor sy skuld of onskuld. As iemand wat geskool is in die

wysheid van sy tyd, beredeneer hy sy saak en vind dat nie hy nie

maar die goddeloses die skuldiges is. Hy vra dat God hulle moet

straf en hom moet help om op die regte weg van die voorgeslag te

bly. Net soos Job dink hy in hierdie omstandighede ook oor God

na. Hy kom egter tot ’n ander gevolgtrekking as Job. God is nie

onregverdig nie, maar uitermate wonderlik. Hy vind dat hy digby

God is (139:18) en sing ’n loflied oor Hom (139:1-18) waarin hy

in ’n intieme tweegesprek met God verkeer. In hierdie loflied

prys hy Hom omdat Hy alles weet (139:1-6), Hy orals teen-

woordig is (139:7-12) en omdat Hy hom so wonderlik gemaak

het (139:13-18).

Die digter van Psalm 139 staan as vrome bidder, as

gelowige maar sondige mens voor God die groot Regter. Hy is

diep onder die indruk dat God hom deur en deur ken, dat Hy alles

weet en oral teenwoordig is. Waar God is, daar verdwyn die

duisternis. In hierdie lig moet ons die goddeloses se optrede sien

as duisternis wat die doodsvonnis verdien. Maar sy eie lewe kom

ook onder die oog van God wat hom huiwerend laat bid: “Kyk of

ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!” (139:24). Die wete dat God hom en die goddelose reg-

verdig sal oordeel, laat hom in ’n loflied God se alwetendheid, sy

alomteenwoordigheid en sy bemoeienis met hom van voor sy

geboorte af, bely.

139:1–24. U omsluit my van alle kante. Eers het die bidder getuig

dat die Here “van ver af deur die hoogmoedige” sien (138:6c). Hier

bely hy in ootmoed: “Here, U sien dwarsdeur my” (1a). Hierdie

eerlike belydenis bepaal die toon van hierdie psalm: nederige oot-

moed voor dié Almagtige wat met soveel sorg let op ’n mens, selfs

nog voor sy geboorte. Dis ’n vertroue psalm waarin die bidder

kinderlik- eerbiedig voor sy Maker buig en vra om deur Hom op

die regte pad gelei te word. Die digter bely dat die Here hom deur

en deur ken (1–6); dat die Here deurentyd by hom is (7–12) en

dat die Here van voor sy geboorte af by hom was en hom toe al

geken het (13–18). In die tweede deel van die psalm (19–24) bid

hy om verlossing van sy vyande, wat ook God se vyande is (19–

22), en vra hy dat God vorentoe vir hom moet sorg en hom op

die regte pad moet lei (23–24).

1–6: Die belydenis dat die Here dwarsdeur hom sien en hom ken

(1 – vgl. 7:10c; 26:2; 44:22b; Jer. 17:10; Job 13:9), impliseer dat

hy skuldig pleit. Hy kan niks vir die Here wegsteek nie, want Hy

weet alles van sy lewe af (1 Sam. 2:3), of dit dade (2a,3), woorde

(4a) of gedagtes (2b) is (vgl. 11:4; 33:15; 94:11; 1 Kon. 8:39; Spr.

15:11; Jer. 11:20). Daar is nie die een of ander onderafdeling in

’n mens se lewe waar jy vir God kan uitsluit nie (vgl. Matt. 12:30).

Dié gedagte is angswekkend vir die sondaar (2 Kon. 19:27–28) –

en alle mense is sondaars (51:7; 143:2) – maar dié wete is ook

gerusstellend, want die Here omsluit en beskerm van alle kante

(5a). Dat God so alles kan weet (Job 21:27) van ’n mens is vir

die bidder ’n aanduiding van sy eie nietigheid en van God se

grootheid (6).

Page 36: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

36

7–12: Die gedagte dat die Here alles van hom af weet, maak hom

bang (6; Job 3:23; 13:21), en daarom wil hy van God af wegvlug

(7). Maar waarheen? Die Here is oral. Hy het alles geskep en is die

wêreldheerser (24:1–2); sy mag en teenwoordigheid word oral

ondervind (8–9 – vgl. Am. 9:2–4; Spr. 15:11; Job 26:6). Waar die

digter ook al sou kon gaan, God is daar (5a) om hom vas te hou

en te lei. Hier is die gedagte aan die Here se alomteenwoordigheid

vertroostend en gerusstellend. Die Here lei hom soos Hy sy volk

gelei het (1:6; 23:4; 77:21; 78:14,53). Omdat dit in die begin donker

was (Gen. 1:2) en omdat rowers dikwels in die donkerte toeslaan

(11:2), is die duisternis soms beskou as ’n terrein buite God se

beheer. Maar sou die bidder daarheen vlug, sal Hy vind God is

ook dáár (11; 18:29; 23:4; 91:6; 112:4) – Hy maak dit lig (12),

want Hy self is dié lig (Op. 21:23).

13–18: Wat die bidder nou ondervind, was al só nog voor sy ge-

boorte. Waar niemand dit kon sien nie (15b), het die Here hom

gevorm tot ’n mens (13,15c; 33:15; 94:9; Job 10:8–12; Jer. 1:5).

Die skepping en geboorte van elke mens is ’n wonderdaad van

God waarvoor Hy geloof moet word (14). Dis ’n wonder waaroor

’n mens jou maar net kan verbaas (14c,17). Selfs tóé, terwyl God

nog besig was om hom te skep, was sy lewe al belangrik vir die

Here (16), en het Hy die bidder se naam en lewe in ’n boek opge-

skrywe (56:9; 69:29; 87:6; Eks. 32:32; Eseg. 13:9). Wat hier van

belang is, is dat dit veral die lengte van ’n mens se lewe is wat op-

geskryf is (16b), nié die wyse waarop jy gaan lewe nie. En alles

wat God vir die bidder doen, oorweldig hom (17; 73:16; 92:6;

Job 42:3; Jes. 55:8). Hoe dieper hy delf in die wonderdade van

God (18), hoe meer besef hy die omvang daarvan (18b; 40:6) en

hoe nader bring dit hom aan die Here (18d; 73:23).

19–22: Die psalmdigter het in die voorafgaande deel sy eie nietig-

heid en sondigheid bely teenoor dié Here wat nie deur ruimte of

tyd ingeperk kan word nie. Maar al is die bidder sondig en swak,

en al het hy baie beperkinge, staan hy nie in dieselfde verhouding

tot God as die goddeloses nie. Hy wil die Here loof (14); húlle nie,

want hulle smee bose planne teen die Here en tree vals teenoor

Hom op (20). Hulle vermoor die volgelinge van die Here (19b)

en toon daarmee dat hulle in opstand is teen die Here (21).

Daarom bid die psalmdigter vir hulle ondergang (19), want deur

die vyande van God ook tot sy vyande te verklaar (21–22), toon

die bidder in sy belydenis sowel as in sy dade waar hy staan: by

God.

23–24: Dié keuse is natuurlik gevaarlik; die vyande van God is

moordenaars (19b) en vandaar die digter se onrus (23b). Juis daar-

om dat hy steeds seker wil wees dat hy op die regte pad is (24),

die pad waarop die Here hom lei (1:6; 17:11; Jer. 6:16). Die ver-

keerde pad is die weg van die goddeloses en dit lei na ondergang

(1:6b). Hy verkies egter die regte pad, want hy weet: hierlangs

lei en beskerm die Here my teen my vyande (27:11). Daarvoor is

voortdurende selfondersoek nodig, maar veral ook ’n ondersoek

waarin die Here hom steeds van sy sonde oortuig (23) omdat Hy

dwarsdeur hom sien (1a).

Page 37: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

37

139 Vir die koorleier. Van Dawid. ’n Psalm.

Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2

Of

ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my

gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3

Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is

met al my paaie goed bekend. 4

Daar is nog

nie ’n woord op my tong nie of U, Here, weet

wat dit gaan wees. 5

U omsluit my van alle

kante, U neem my in besit. 6

Dié wete

oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.

7 Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? 8 Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. 9 Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, 10 ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. 11 Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, 12 maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.

Psalm 139 U omsluit my van alle kante . Lees die psalm deur . Wat beleef jy in die Psalm

1. Wat gebeur met Dawid as hy opnuut besef dat God hom deur en deur ken?

2. Wat word geimpliseer met vers 4?

3. Watter vertroosting kan jy aan ander gee uit vers 1-4. Dink aan mense met siekte, depressie , lewenskrisisse ens?

4. Watter versekering kan jy vir jou eie lewe uit vers 1-4 kry?

5. Hoekom dink jy, wou Dawid van die Here af wegvlug?

7 Wat sê vers 11 & 12 oor God se vermoeë om die mees hooplose situasie te omvorm?

8. Dink jy God kan jou “hoop-lose” situasie omskep in ‘n situasie met hoop. Hoekom?

6. Waar sou Dawid ( en Jy ) kon wegvlug om van God se teenwoordigheid te ontkom?

Page 38: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

38

13 U het my gevorm, my aanmekaargeweef

in die skoot van my moeder. 14

Ek wil U loof,

want U het my op ’n wonderbaarlike wyse

geskep. Wat U gedoen het, vervul my met

verwondering. Dit weet ek seker: 15

geen been

van my was vir U verborge toe ek gevorm is

waar niemand dit kon sien nie, toe ek

aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. 16

U het my al gesien toe ek nog ongebore

was, al my lewensdae was in u boek

opgeskrywe nog voordat ek gebore is.

17 Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,

hoe magtig hulle almal! 18

As ek hulle sou

wou opnoem-hulle is meer as wat daar sand

is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog

steeds met U te doen hê. 19

As U tog maar die

goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan

weg van my af, julle moordenaars! 20

Dit is

hulle wat bose planne teen U smee, wat so

vals teen U optree. 21

Moet ek u haters dan nie

haat nie, Here, moet ek nie ’n weersin hê in

mense wat teen U in opstand is nie? 22

Ek haat

hulle met ’n uiterste haat, want hulle is ook

my vyande. 23

Deurgrond my, o God,

deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog

my onrus raak. 24

Kyk of ek nie op die

verkeerde pad is nie en lei my op die

beproefde pad!

9 Kindergeboorte is in die antieke tyd as ‘n misterie beskou. Wetenskap het al ver gevorder . Maar die wonder van die ontwikkeling van ‘n baba kon nog nie beskryf word nie. Dit bly ‘n Goddelike wonder

10 Wat is jou belewenis vanuit dit wat Dawid in vs 16 skryf?

11 In vs 17-22 vat Dawid sy gedagtes saam. Probeer om die gedagtes in 1 of 2 sinne omskryf.

Wat is die boodskap van die Psalm. Vind jy vertroosting vir jou eie lewe? Hoe sal jy die Psalm gebruik om ander wat in allerlei krisisse verkeer te bemoedig?

Page 39: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

39

Vir die voorganger

Psalm 146

TEMA: Die lewe is ’n loflied, want onse Here is ’n wonderlike

koning.

Die digter loof die Here (146:1-2) en waarsku om nie op mense te

vertrou nie (146:3-4), maar net op die Here (146:5), want as ons

Skepper beskerm Hy die swakkes teen die goddeloses (146:6-9).

Die Here regeer vir altyd (146:10).

Psalm 146 is ’n juweel in die psalmboek vanweë sy vorm

en inhoud. Vir die psalmis is die lewe ’n loflied. Dit is nie net die

strekking van Psalm 146 nie, maar ook van die laaste kort versamel-

ing van vyf halleluja- liedere (146-150) waarmee Psalms afsluit.

Met hulle keuse van hierdie vyftal lofliedere as slot, wil die ver-

samelaars van die psalmboek sê dat daar ’n einde kom aan alle

droefheid, swaarkry, sorge, verlange en klaagliedere en dat dit

plek maak vir ’n groot loflied. Hierdie visie op die lewe begin

met Psalm 146 wat ons ’n loflied op die lewe noem. Natuurlik is

dit eintlik ’n loflied op die Here wat die lewe daargestel het en

onderhou.

Jesus het gekom om ons swaarkry te beëindig. Volgens

Lukas (4:16-20) het Jesus gekom as ’n mens onder mense om die

swaarkry van mense soos uitgeworpenes, onderdruktes, hongeriges,

tronkvoëls, blindes, vreemdelinge, weduwees en wese te beëindig.

Hy het gekom om ons klaagliedere in lofliedere te verander.

Daarom kan ons uit volle bors met die psalmis Psalm 146 saam

sing.

Hierdie loflied kan ons ook nader tipeer as ’n Sions lied.

Page 40: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

40

146 Prys die Here! Ek wil die Here prys.

2

Ek wil die Here prys so lank ek lewe, ek wil die

lof van my God besing so lank ek daar is.

3 Moenie op magtiges vertrou nie, nie op ’n mens

nie; hy kan jou nie red nie. 4

Sy asem verlaat hom,

hy word weer grond en sy planne is daarmee heen.

5 Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die

God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop

gevestig is op die Here, sy God.

6

Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die

see en alles daarin. Hy bly vir altyd getrou, 7

Hy

laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan

dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, 8

die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat

bedruk is. Die Here het die regverdiges lief. 9

Hy

beskerm vreemdelinge en help weeskinders en

weduwees, maar Hy versper die pad vir die

goddeloses.

10

Die Here regeer vir altyd. Sion, jou God regeer

van geslag tot geslag. Prys die Here!

Psalm 146 Prys die here van die Heelal

Sing die lied uit die Psalmboek. Lees die Psalm daarna deur

5. In watter terme word die Here se krag in vs 5-9 beskryf. Waaroor die Here die meeste bekommerd is?

8 God is ‘n God met ‘n geskiedenis van liefdesbetoon met sy kinders. Hoe sou jy God se liefde betoon teenoor sy kinders beskryf?

9. Hoe sou jy God se optrede beskryf met Rom 10:11 (waar Jes 28:16 aangehaal word ) as basis.

7. Hoe beleef ons God se ingrype in waar menslike hulp op sy einde is?

Wat is die boodskap wat by jou vassteek nadat jy die Psalm deurgewerk het? Sluit af deur die Psalm weer hardop te lees.

6. Kom ons dink oor ons eie lewens. Hoe beleef ons, ons eie lofprysing. Deel met mekaar hoe ons ons lofprysing kan verbeter.

4a Teleurstelling is deel van ons lewens. Hoe hanteer ons teleurstelling in mense en omstandighede ?

4. Is dit verkeerd om op mense te vertrou?

2. Voel dit vir jou of die Pslamis opreg is of is hy skynheilig?

1. As more jou laaste dag op aarde sou wees, hoe sou jy vandag deurbring?

3. In die 1933 ou vertaling word van Prinse geskryf. Wat sou jy as die vertroue op prinse/magtiges beskryf?

Page 41: ‘n reis deur die psalms - gkwnoord.weebly.comgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/bybelstudie_uit... · handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir

41

Bybelstudie groepe