naam: - leerafrikaans123€¦ · slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. hy wil die vrag in...

18
1 Naam: ____________________________ Slang se slee is baie swaar, want dit is vol snoek en spek gelaai. Slang is n smous. Hy gaan die snoek en die spek in dorp verkoop.

Upload: others

Post on 30-Apr-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

1

Naam: ____________________________

Slang se slee is baie swaar, want dit is vol snoek en spek gelaai. Slang is ‘n smous. Hy gaan die snoek en die spek in dorp verkoop.

Page 2: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

2

sk- sl- sm- sn- sp- sw- skaap skaal skaam skaak skag skat skeef skeer skeel skel skep skeur skuur skoen skiet skoot

slak slag slaag slaan slaap slee sleep slym slim sloop sloot slot

smaak smeer smal smeek smeul smoor smous smul

sneeu snaar snap snel snor snik snoek snoet snoep snuit snuif sny

spaan spaar spier spies spoor speel speek spel spat spook spoel spuit spog spartel spykers

swaar swaai sweef swem swaan swel swik swak swoeg sweet

Page 3: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

3

Bou jou eie woorde. (Kyk agter in die boekie en maak jou eie klankwiel)

skaam slap speel

Page 4: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

4

Slang die smous Slak, skaap en swaan is slim. Hulle lag hulle slap vir slang die smous wat sy swaar slee deur die diep watersloot wil sleep. Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar slee wil nie deur die sloot nie. Die watersloot is te diep. “Ag help my tog!” smeek slang. Slak, skaap en swaan spring aan die werk. Slak vra vir bewer om te help, want hy weet hoe om ‘n brug te bou. Skaap sleep vyf swaar stompe oor die sloot. Bewer knaag die punte van die stompe dat dit skerp is. Swaan en slak weef ‘n sterk tou. Hulle swoeg en sweet. Swaan vlieg en swaai en sweef hoog in die lug. Sy soek dwarshoute. Daar onder by die skuur sien sy ‘n paar. Skaap sleep die bruin dwarshoute oor die swaar stompe. Skaap en bewer kap die dwarshoute vas aan die swaar stompe met lang spykers. Gou-gou is daar ‘n mooi brug oor die watersloot.

Leestyd.

Page 5: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

5

Hulle bind die sterk tou vas aan die slee. Nou sleep slang sy swaar slee sommer maklik oor die brug. Slang is baie bly. Hy gee vir elkeen van sy helde ‘n groot snoek. Nou braai hulle heerlike smoorsnoek. Netnou gaan hulle almal heerlik smul aan die smoorsnoek. 229 Woorde

Begripstoets

Beantwoord die vrae in jou werkboek. Onthou skryf altyd in volsinne.

1. Wie lag vir slang die smous.? [1]

2. Wat probeer slang doen? [1]

3. Waarheen wil slang die smous gaan? [1]

4. Wie het slak gaan vra om hulle te help? [1]

5. Wat is op die slee wat so swaar is? [1]

6. Watter woorde sê vir ons dat slang baie gesukkel het? [2]

7. Wat het slak en swaan gedoen? [1]

Lees die opdrag altyd noukeurig voordat jy aangaan.

Page 6: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

6

8. Wat het hulle oor die sloot gebou? [1] 9. Waarmee het skaap en bewer die dwarshoute aan die stompe

vasgemaak? [1]

10. Wat het hulle met die tou gedoen wat hulle geweef het? [1]

11. Wie het die dwarsplanke gesoek? [1]

12. Wat het slang vir hulle gegee, omdat hulle hom gehelp het? [1]

13. Soek twee byvoeglike naamwoorde neer uit paragraaf een? [2] Totaal: 15 punte

Skryf die volgende sinnetjies oor in die VERLEDE TYD!

Skryf die sinne in jou werkboek. Slang sleep die swaar slee.

Slang het ___________________________gesleep. Skaap sleep twee swaar stompe oor die sloot.

Skaap het ____________________________________________. Hulle bou ‘n brug oor die sloot.

Hulle ________________________________________________.

Page 7: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

7

Knip die prente uit.

Plak dit in jou werkboek.

Skryf ‘n sin by elke prent.

Dink nou mooi. ‘n Sin begin met ‘n hoofletter en eindig met ‘n punt, Onthou die kommas en skryf langer sinne.

Page 8: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

8

HOU OOP VIR KNIP VAN BLADSY!

Page 9: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

9

Woordlys Skryf die woorde netjies in jou werkboek.

sjaal sjimpansee sjampoo sjarmant sjoe

sjabloon sjef sjokolade sjuut

Page 10: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

10

Visuele diskriminasie Maak ‘n sirkel om die woord/e wat dieselfde is as die eerste woord.

sjaal

saal sjal sjaal skaal

sjimpansee

sjimpnsee sjimpanse sjmpanse sjimpansee

sjampoo

sjampoo sjimpoo sjampo sampoo

sjarmant

sjarmat sjarman sjarmant sarmant

sjoe

sjuu sjoo sjeo sjoe

sjef

sjef sjif sjf sjev

sjokolade

sjokelade sjokiladi sjokoladi sjokolade

sjuut

sjut suut sjuut sjuut

sjabloon

sjablon sjibloon sjabloon sjebloon

Page 11: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

11

Die sjimpansee familie Mev. Sjimpansee lyk sjarmant met die mooi rooi sjaal oor haar skouers. “Sjoe, dit is warm,” sê sy vir die sjef wat besig is om ‘n lekker sjokolade koek te bak. Op die stoel sit klein Cara Sjimpansee en eet die houtlepel af.

Leestyd.

Page 12: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

12

Charl sit by die tafel en eet sy ontbyt. Hy het ‘n pot op sy kop, want hy wil eendag net soos oupa ‘n sjef word. “Waar is my sjampoo?” roep Mnr. Sjimpansee uit die badkamer. “Sjuut, nie so hard. Nou-nou is kleinsus wakker, sê Mev. Sjimpansee.

Mev. Sjimpansee stap na die gangkas en haal vir haar man die sjampoo uit die kas. Uit die kamer kom die kleinste van die kinders gaap-gaap uitgestap. Mev. Sjimpansee glimlag en tel haar op. Sy gaan gee vinnig vir Mnr. Sjimpansee die sjampoo in die badkamer.

In die sitkamer sit ouboet met sy sjabloon en speel. Hy teken pragtige prente. “Baie mooi!” sê Mev. Sjimpansee trots vir haar seun. 159 woorde

Page 13: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

13

1. Wat dra Mev. Sjimpansee oor haar skouers?

2. Waarmee is die sjef besig?

3. Wie leer ons later in die storie is die sjef?

4. Gee ‘n sinoniem vir die woord sjef.

5. Hoekom het Charl Sjimpansee ‘n pot op sy kop?

6. Wat doen Cara Sjimpansee in die kombuis?

7. Waar is Mnr. Sjimpansee?

8. Wat moes Mev. Sjimpansee uit die gangkas haal?

9. Hoeveel kinders is daar in die familie?

10. Kan jy aflei uit die storie hoeveel seuns en hoeveel dogters Mnr. en Mev. Sjimpansee het?

11. Wie moet Mnr. Sjimpansee nie wakker maak nie?

12. Waar sit ouboet?

Begripstoets Skryf mooi netjies in jou werkboek!

Page 14: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

14

13. Waarmee is hy besig?

14. Wat is ‘n sjabloon? Kyk na die prentjie vir ‘n

leidraad vir jou antwoord.

15. Skryf een vraagsin neer uit die storie. Totaal: 15 Punte Dink mooi en skryf sinne by die prente.

Page 15: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

15

Page 16: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

16

Page 17: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

17

Fotostateer op harde karton. Die wiele word gedraai om nuwe woorde te vorm .

Page 18: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Slang se slee is vol gelaai met spek en snoek. Hy wil die vrag in die dorp gaan smous. Slang swoeg en spartel. Hy probeer weer en weer, maar die swaar

18

Kleur die prentjie in. Skryf nou die storie in jou eie woorde.