nasionale senior sertifikaat-eksamen ......hy was bang django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11...

20
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 NOVEMBER 2015 GRAAD 10 PUNTE: 80 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Upload: others

Post on 12-Apr-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

NOVEMBER 2015

GRAAD 10

PUNTE: 80 TYD: 2 UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Page 2: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

2

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

AFDELING A: LEESBEGRIP (30 PUNTE) AFDELING B: OPSOMMING (10 PUNTE) AFDELING C: TAAL (40 PUNTE) 2. Beantwoord AL die vrae.

3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.

4. Trek ‟n lyn na elke afdeling.

5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik

is.

6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7. Gee spesiale aandag aan spelling en sinskonstruksies.

8. Voorgestelde tye:

AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute

9. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

3 AFDELING A – LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL Lees die onderstaande internetartikel en beantwoord die vrae wat volg.

Beste pelle ná 2 j. weer saam Deur Chelsea Pieterse

1 “Ek het jou gesê ek sal jou kom haal.”

2 Met dié woorde het Sheldon Holland sy beste

vriend Vrydag verwelkom – en by sy belofte

gehou dat hy vir hom ’n huis sal gee.

3 Django, ’n snuffelhond wat in Afganistan

plofstof moes uitruik, het Holland,

sy hanteerder, Vrydag vir die eerste keer in twee jaar weer gesien.

4 Holland het hom in die departement van landbou se kwarantyn-hokke in Johannesburg gaan haal.

Django het sy ore gespits, sy kop skeef gedraai en toe sien hy Holland raak.

5 Hy het met sy stert swaaiend en sy tong wat flap tot in die arms van sy wagtende mensevriend gehardloop die oomblik toe sy leiband laat los is. Dit was tyd vir nat hondesoene, liefdevolle

knibbels en maagkrap op die grasperk.

6 Holland, van Pietermaritzburg, het as bomruimkundige vir die Amerikaners in Kandahar,

Afganistan, gewerk. Django is vier jaar gelede daar aan hom toevertrou en hulle het 18 maande

saamgewerk. In daardie tydperk het hulle ’n onbreekbare band gevorm.

7 Toe Holland se kontrak klaar gemaak het en hy na Suid-Afrika moes terugkeer, het hy Django belowe hy sal hom weer sien.

8 Twee jaar later, en ná ’n senutergende en moeilike administratiewe proses, het sy woorde waar geword.

9 Holland is ingelig hy kan die hond Vrydag 10:00 afhaal, maar hy en sy jonger broer, Hadley, was reeds 08:00 daar.

10 Hy het senuagtig op en af geloop en gekla dat sy senuwees “gaar” is. Hy was bang Django gaan

hom nie regtig herken nie.

Page 4: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

4

11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders meer vir die snuffelhond saak gemaak nie.

12 “Dit is ongelooflik dat hy my onthou. Hy het opgetree net soos ek gehoop het hy sal,” het Holland gesê terwyl hy die Duitse herdershond teen sy bors vasdruk.

13 “Dit is net soos die dag toe ons ontmoet het. Dit is die band wat ons deel.”

14 Hy het die hond in Afganistan belowe hy sal hom vat om op die strande van KwaZulu-Natal te gaan speel.

15 “Ek gaan later met hom onder ’n boom sit en aan hom verduidelik dat ek my belofte gehou het en

dat die volgende een binnekort gaan gebeur.”

16 Hy is juis besig om van Pietermaritzburg na die Suidkus te verhuis.

17 Django se slaapplek is gereed en sy eerste aandete gaan pap en vleis wees – in ware

Suid-Afrikaanse styl.

18 Christine le Roux van Pets in Transport het gesê hulle het die reëlings getref vir Django se “immigrasie”.

19 “Ons het sewe maande lank baklei om hom hier te kry. Toe ons vanoggend hoor sy bloedmonsters

is skoon en hy hoef nie meer in kwarantyn te wees nie, het ek trane in my oë gekry.

Verwerk uit: Netwerk 24 Aanlyn 08 Augustus 2015

1.1 Op watter dag van die week het Sheldon sy vriend gaan haal? (1)

1.2 Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die nommer (1.2) en die letter (A-D) neer.

Django is „n snuffelhond wat ... uitruik.

A bomme

B dwelms

C gewere

D presente. (1)

1.3 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR en verduidelik jou antwoord. Django het gevaarlike werk in Suid-Afrika gedoen. (1)

1.4 Hoekom dink jy moes Django spesifiek in Afganistan werk en nie in Suid-Afrika nie? (1)

1.5 Watter TWEE reaksies het Django gehad voordat hy Sheldon nog gesien het? (2)

1.6 Hoekom moes Sheldon twee jaar wag voordat hy vir Django kon gaan haal? (1)

Page 5: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

5 1.7 Bespreek hoekom Django se stert geswaai het toe hy na Sheldon gehardloop het. (2)

1.8 Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die nommer (1.8) en die letter (A-D) neer. (1)

Hoe lank het Django en Sheldon saamgewerk?

A Een jaar

B Twee jaar

C „n Jaar en „n half

D Twee en „n half jaar

1.9 Verduidelik die belofte wat Sheldon aan Django gemaak het in jou eie woorde? (1)

1.10 Dink jy dat „n dier kan verstaan as „n mens aan die dier „n belofte maak? Motiveer jou antwoord. (1)

1.11 Vul die woorde in die blokkie hieronder in waar dit pas in die paragraaf daaronder. (3)

gevaarliker moeiliker lekkerder gewone nuwe lewens

Om as „n bomruimkundige te werk is sekerlik (1.11.1) ... en as om „n gewone soldaat

te wees. Die bomruimkundige en sy hond se (1.11.2) ... is gereeld in gevaar. Dit is

seker veral vir diereliefhebbers (11.1.3) ... omdat „n mens met honde werk.

1.12 Hoekom dink jy is die band tussen Sheldon en Django so sterk (onbreekbaar)? Noem TWEE dinge. (2)

1.13 Waarom moes Sheldon en sy broer eers wag by die kwarantyn-hokke, toe hulle vir Django gaan haal het? (1)

1.14 Hoekom word honde gebruik om die werk (wat Django gedoen het) te doen, en nie diere soos byvoorbeeld katte nie? (1)

1.15 Pas KOLOM A by KOLOM B. Skryf net die nommer (byvoorbeeld: 1.15.1) en die letter (A-E) neer. (3)

KOLOM A KOLOM B 1.15.1 Verhuis van Pietermaritzburg na Suidkus 1.15.2 Eg Suid-Afrikaanse dis 1.15.3 Het saamgegaan om Django te gaan haal

A Pap en vleis B Hadley Holland C Roerbraai D Sheldon Holland

Page 6: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

6 1.16 Watter karaktereienskap kan mens aan Django koppel oor die werk wat hy in

Afganistan gedoen het. Verduidelik jou antwoord. (2)

TEKS B: SPOTPRENT

Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1.17 Waarin lê die humor dat die honde nie tande het nie? (2)

1.18 Watter atmosfeer word geskep deur die gebruik van die woorde, “Die hare gaan waai!” ? (1)

1.19 Gee een voorbeeld van hoe die illustrasies by die inbreker se woorde aansluit. (1)

1.20 Gee „n voorbeeld van enige ander IDIOOM wat met honde te doen het. (1)

1.21 Hoe weet die leser dat die kat nie verstaan wat aangaan nie? (1)

AFDELING A TOTAAL: [30]

Page 7: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

7

AFDELING B – OPSOMMING

VRAAG 2: WENKE HOE JY VIR TROETELDIERE KAN SORG Die artikel hieronder gee wenke oor hoe jy vir troeteldiere kan sorg. Lees hierdie artikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som die sewe wenke in SEWE sinne op. 2. Skryf die feite PUNTSGEWYS eer. 3. Nommer die sinne van 1 tot 7. 4. Jou opsomming mag nie langer as 80 woorde wees nie. 5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C: WENKE OOR HOE JY VIR TROETELDIERE KAN SORG

Net soos om ‟n ouer te wees, is daar vaardighede wat jy nodig het om ‟n goeie troeteldiereienaar te wees. As jy ‟n troeteldier het, moet jy in staat wees om vir die inspuitings wat jou diertjie nodig gaan hê, te betaal. Tensy jy kan bekostig om ordentlik vir ‟n troeteldier te sorg, is dit beter om sonder een klaar te kom. Wees konsekwent wat jou reëls betref. Dit is veral belangrik vir honde. As jy geen honde op jou meubels wil hê nie, moet jy dit nooit toelaat nie. Laat jou dier regmaak tensy jy met die hond of kat wil teel.

Neem jou hond vir wandelinge. Honde het oefening nodig. As jy nie bereid is om pligsgetrou jou hond vir sy daaglikse wandeling of draffie te neem nie, moet jy liewer nie een aanhou nie.

Voer jou diere op dieselfde tyd elke dag. Troeteldiere is gewoontediere en het gereelde etenstye nodig. Maak seker daar‟s altyd vars water vir jou diere.

Moet nooit jou diere slaan nie. Diere voel seergemaak en verward hierdeur en dit los nie enige dissiplinêre probleme op nie. Gewoonlik is jou stemtoon genoeg om jou misnoeë te kenne te gee.

Reël vir goeie sorg wanneer jy weggaan. Tensy jy ‟n huisoppasser het wat jy kan vertrou, moet jy liewer nie weggaan nie. Jou troeteldiere is jou verantwoordelikheid.

Verwerk uit: Health24, hersien Oktober 2010

AFDELING B TOTAAL : [10]

Page 8: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

8 AFDELING C – TAAL

VRAAG 3 - RESEP

TEKS D

x Die taalvrae wat volg, is op die resep hieronder gebaseer.

x Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word.

x Opsetlike taalfoute kom voor in die resep.

Peuselhappies vir jou troeteldier (3.2) Jy kan die lekker (3.6) resep gebruik om die Wagter in jou lewe (3.4) biekie te bederf

Honde beskuitjies

Bereiding: +-30 (3.1) min Bestandele: (3.3) 250g (3.10) hoenderlewer, 125ml water, 10ml olie, 5ml sout, 1kg bruismeel Voorbereiding: 1. Kook alle bestandeel behalwe meel saam en versap dit. 2. Meng met meel. 3. Druk in gesmeerde bakplaat. 4. Bak teen 180 grade Celsius vir +-30 min 5. Sny die resultaat in vorms. 6. (3.5) Droog die (3.7) resultaat soos beskuit uit om muf te voorkom. Verwerk uit: http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/doggie-biscuits-hondehappies.html

3.1 Skryf die onderstreepte afkorting as „n WOORD. (1)

Die peuselhappie kan binne 30 min voorberei word.

3.2 Skryf die volgende sin oor in die VERLEDE TYD. (1)

Jy kan die maklike resep gebruik om Wagter te bederf. 3.3 Skryf die onderstreepte nommer as „n WOORD. (1)

Jy het 250g hoenderlewer vir die resep nodig.

Page 9: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

9 3.4 Korrigeer die SPELFOUT van die onderstreepte woord. (1)

Jy kan die maklike resep gebruik om Wagter „n biekie te bederf

3.5 Skryf die VERGROTENDE TRAP van die onderstreepte woord. (1)

Die beskuit moet droog as gewoonlik gemaak word.

3.6 Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord. (1)

Jy kan die lekker resep gebruik om Wagter te bederf

3.7 Skryf die MEERVOUD van die onderstreepte woord. (1)

Hierdie resep lewer goeie resultaat. 3.8 Skryf die volgende sin oor in die PASSIEWE / LYDENDE VORM. (1)

Wagter geniet die beskuitjies.

Begin só: Die beskuitjies ...

3.9 Vorm „n SAMESTELLING deur die woorde tussen hakies te kombineer. (1)

„n Goeie (voorbereiding + tegniek) is om die resep noukeurig te volg.

3.10 Skryf die VERKLEININGSVORM van die woord tussen hakies. (1)

Daar word 250g klein ( hoenderlewer) in hierdie resep gebruik. [10] VRAAG 4: STROKIESPRENT TEKS E Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent gebaseer.

Wees doodstil Snoopie!

Ek dink ek hoor ‘n eend!

KWAAK!

KWAAK!

KWAAK!

KWAAK!

Julle twee is lekker

laf!

Page 10: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

10 4.1 Verbind die twee sinne deur die VOEGWOORD in hakies te gebruik. (1)

Wees doodstil Snoopie. Ek dink ek hoor „n eend. (want)

4.2 Skryf die volgende sin oor in die INDIREKTE REDE. (2)

Die seun sê: “Ek dink ek hoor „n eend!”

Begin só: Die seun sê dat ...

4.3 Skryf die volgende sin oor in die DIREKTE REDE. (2)

Die meisie sê dat hulle twee baie stout is.

Begin só: Die meisie sê:

4.4 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE tyd. (1)

Die seun jag die eend saam met Snoopie.

Begin só: Môre ...

4.5 Skryf die volgende sin in die NEGATIEWE VORM. (1)

Het iemans so „n mooi eend gesien?

Begin só: Nee, ...

4.6 Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer (4.6) en die letter (A-D) neer. (1)

Die geïmpliseerde betekenis in die strokiesprent is…

A dat jag wreed is. B dat honde nie slim is nie C dat meisies nie grappies kan geniet nie. D dat seuns en honde lawwe dinge kan aanvang.

4.7 Skryf die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord neer. (1) Die meisie is bang vir die seun en sy hond. 4.8 Skryf die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies neer. Die (wreed) seuntjie wou die eend doodskiet. (1) [10]

VRAAG 5: INTERNETARTIKEL EN STROKIESPRENT TEKS F 5.1

x Die taalvrae wat volg, is op die internetartikel hieronder gebaseer.

x Opsetlike taalfoute kom voor.

x Voer die instruksies by elke vraag uit.

Page 11: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

11

KIES 'N BEROEP: VEEARTS DEUR: Lindi Herbst

1. Is jy lief vir diere? Sal jy die een wees wat „n afvlerkvoëltjie

versorg? Wil jy graag help as jy „n beseerde of siek dier sien?

As jy “ja” op hierdie vrae antwoord, is veeartsenykunde dalk

die beroep vir jou.

2. 'n Veearts se “pasiënte” is in die algemeen katte en honde,

maar veeartse sien ook byvoorbeeld om na voëls, reptiele en

plaasdiere. Veeartse gee aan eienaars raad oor hoe om mooi

vir hul diere te sorg. Ongelukkig is dit ook 'n veearts se taak

om diere wat te oud of te siek is uit te sit.

3. 'n Paar instellings in Suid-Afrika bied opleiding vir mense wat graag „n

veearts wil word. As jy 'n BA-graad in veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria oorweeg, is dit

belangrik dat jy met wiskunde en natuur- en-skeikunde in hoër graad gematrikuleer het. Biologie is nie

verpligtend nie, maar word sterk aanbeveel. Die keuringsproses is baie streng en dit vat vyf en 'n half

jaar om die graad te voltooi.

4. 'n Veearts se salaris hang af van die tipe werk wat hy doen. As jy nie jou eie praktyk wil begin nie en

eerder as 'n veearts by 'n instelling, soos 'n dieretuin, wil werk, sal jou salaris wissel van tussen

R20 000 na R30 000 per maand.

5. Jy kry met baie diere te doen. As jy 'n bang is vir diere moet jy dit eerder nie oorweeg om 'n veearts te

word nie. Jy gaan nie net diere behandel wat oulik is nie, maar wat kwaai ook kan wees. 'n Veearts

moet begrip kan hê en geduldig wees.

6. Kontak gerus die volgende instansies vir meer inligting:

Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging: vetassociation.co.za

Universiteit van Pretoria: up.ac.za

Suid-Afrikaanse Veterinêre Stigting: savf.org.za

Verwerk uit: Aanlyn Vrouekeur 2015 www.vrouekeur.co.za

5.1.1 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. (1)

„n Veearts moet „n groot (lief) vir diere hê.

Page 12: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

12 5.1.2 Kies die antwoord wat die volgende idioom KORREK voltooi. Skryf net die

vraagnommer (5.1.2) en die antwoord (A-D) neer, byvoorbeeld 5.1.2 E. (1)

As die ... weg is, is die muis baas.

A hond B kat C slang D voëls 5.1.3 Skryf die sinne hieronder oor en begin met die VOEGWOORD tussen hakies. (1)

„n Veearts is lief vir diere soos katte en honde. Hy moet ook na voëls en plaasdiere omsien. (Al) Begin só: Al ...

5.1.4 Skryf die sin oor in die TEENWOORDIGE TYD. (1) „n Veearts sal baie lief vir diere wees.

5.1.5 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM. „n Veearts se salaris hang af van die tipe werk wat hy doen. (1)

5.1.6 Voltooi die sin met die ontbrekende WERKWOORD. „n Veearts moet „n BA-graad in veeartsenykunde ... (1)

5.1.7 Skryf die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies neer. (1) „n Veearts het soms die (ongelukkig) taak om diere uit te sit.

5.1.8 Skryf die ANTONIEM van die woord tussen hakies neer. (1) „n Veearts moet „n groot (liefde) vir diere hê.

5.1.9 Skryf die SINONIEM van die woord tussen hakies neer. (1) Jy kan die (beroep) kies om „n veearts te word.

5.1.10 Skryf die volgende sin met die KORREKTE WOORDORDE neer. Skryf die hele sin oor. (1) „n Veearts is iemand wat baie lief is vir diere en ( werk / heerlik / in die spreekkamer / heeldag )

5.1.11 Skryf die sin oor in die INFINITIEF. (1) „n Veearts doen goeie werk. Begin só: „n Veearts behoort ...

Page 13: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

13 5.1.12 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies. (1)

Jy moet „n veearts word as jy die (goed) vir alle diere wil doen.

5.1.13 Gee die KORREKTE VORM van die telwoord tussen hakies. (1) Om „n veearts te wees, moet dit jou (een) keuse wees.

5.1.14 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. (1)

Om „n veearts te word, is „n (goed) keuse.

TEKS G

5.2 Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande strokiesprent gebaseer.

Verwerk uit: Die Pos Aanlyn 2015

5.2.1 Kies die term uit KOLOM B wat die beste by die sin in KOLOM A pas. Skryf Slegs die vraagnommer (5.2.1.1-5.2.1.3) en die letter (A-D) neer, bv. 5.2.1.1 F.

KOLOM A KOLOM B 5.2.1.1 As ek die Lotto wen, koop ek „n trok vol mielies en die Blou Bulle span. 5.2.1.2 Hoekom dan die Blou Bulle span? 5.2.1.3 As mens mos ryk is, koop jy mos enige nonsens!

A Vraagsin B Stelsin C Uitroepsin D Wenssin

(3)

5.2.2 Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.2.1-.2.2.3) te voltooi.

langs aan buite binne vir met

Die hoenders staan (5.2.2.1) ... mekaar. Hulle praat (5.2.2.2) ... mekaar. Hulle het albei dasse (5.2.2.3) ...

AFDELING C TOTAAL: [40]

VRAESTEL TOTAAL: [80]

As mens mos ryk is, koop jy mos enige nonsens!

As ek die Lotto wen, koop ek ‘n trok vol

mielies en die Blou Bulle span.

Page 14: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

NOVEMBER 2015

GRAAD 10

MEMORANDUM

PUNTE: 80 TYD: 2 UUR

Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye.

Page 15: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

2

AFDELING A: LEESBEGRIP

ASSESSERINGSRIGLYNE

x Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is. x Indien die leerder woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel

verskyn, word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord sonder daardie vreemde woord sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE GEPENALISEER NIE. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.

x By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM NIE SAAM NIE nie. Die rede/motivering verdien die punt.

x Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/motivering verdien die punt.

x Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee ʼn volsin, is dit korrek MITS die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.

x Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en ʼn reeks word gegee, sien SLEGS die eerste TWEE/DRIE na.

x Aanvaar dialektiese variasies x Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat

volledig geskryf word vir meerkeusevrae.

AFDELING A – LEESBEGRIP

VRAAG 1 TEKS A: Beste pelle ná 2 j. weer saam

Vraag Antwoord Punte-toekenning

Denkvlak (Barret)

1.1 Vrydag 1 1/2 1.2 A – Bomme 1 1/2 1.3 Onwaar.

Hy moes in Afganistan werk. 1

1/2 + 3

1.4 Daar was nie op daardie tydstip oorlog in Suid-Afrika nie, maar wel in Afganistan

1

3

1.5 Ore gespits (1), kop skeef gedraai (1) 2 1/2 1.6 Omdat Django onder kwarantyn was 1 3 1.7 Django was bly (1) om Sheldon te sien. (1)

Honde se sterte swaai as hulle opgewonde/bly is. 2 3

1.8 C – „n Jaar en „n half 1 1/2 1.9 Sheldon het vir Django belowe dat hy hom sal vat om

op die strande van KwaZulu Natal te speel. / Hy het Django below dat hy om weer gaan sien. (Enige EEN)

1 3

1.10 Ja. „n Dier reageer op „n mens se stem. OF Nee. Diere is nie mense nie. Hulle verstaan nie „n taal nie.

1

3

Page 16: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

3

1.11.1 gevaarliker/moeiliker 1 1/2 1.11.2 lewens 1 1/2 1.11.3 lekkerder 1 1/2 1.12 Omdat hulle vir TWEE JAAR (1) in GEVAARLIKE

omstandighede (1) saam moes werk, en mekaar leer vertrou het (1). (Enige TWEE)

2

3

1.13 Hulle was te vroeg by die kwarantyn-hokke. / Hulle was al 8 ur daar en kon hom eers 10 uur kry. (Enige EEN)

1 3

1.14 Omdat hond bekend is vir hul skerp / goeie reuksintuig 1 3 1.15.1 D – Sheldon Holland 1 1/2 1.15.2 A – Pap en vleis 1 1/2 1.15.3 B – Hadley Holland 1 1/2 1.16 Braaf / dapper (1) oor die

Gevaarlike / lewensgevaarlike / werk met bomme wat kan ontplof (1)

2

4/5

TEKS B: SPOTPRENT

1.17 Alhoewel die honde die inbrekers jaag (1), kan hulle nie die inbrekers byt nie / geen tande (1).

2

4/5

1.18 „n Spannende atmosfeer, dui op moeilikheid wat gaan kom (Soortgelyke antwoorde)

1 4/5

1.19 Die honde het nie tande nie. 1 4/5 1.20 Enige IDIOOM wat die woord hond bevat. bv.

x Elke hond kry sy dag. x Ly „n hondelewe. x Blaffende honde byt nie. x Sy blaf is erger as sy byt.

(Enige EEN of soortgelyk)

1 4/5

1.21 Daar is „n vraagteken by sy kop. 1 4 TOTAAL AFDELING A: [30]

Page 17: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

4

AFDELING B – OPSOMMING

VRAAG 2 AFDELING B: OPSOMMING

Nasien van die opsomming

Die opsomming moet soos volg nagesien word:

x Puntetoekenning: o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit) o 3 punte vir taal o Totaal punte: 10

x Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie: o 1-3 korrekte feite: 1 punt o 4-5 korrekte feite: 2 punte o 6-7 korrekte feite: 3 punte

x Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het: o 6-7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie o 1-5 korrekte aanhalings: 1 punt vir taal word toegeken

LET WEL: x Getal woorde:

o Nasieners moet die getal woorde verifieer. o Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde wat

gebruik is, aan te dui of verkeerd aandui nie. o Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die nasiener

tot by die einde van die sin waarin 70 woorde oorskry word, lees.

VRAAG 2 TEKS C: WENKE OOR HOE OM ‘N SUKSESVOLLE ATLEET TE WEES [Verwerk uit:http://www.com/training/pro-tips/fitness-secrets-of-olympic-athletes]

Leesstuk Eie woorde

Net soos om ‟n ouer te wees, is daar vaardighede wat jy nodig het om ‟n goeie troeteldiereienaar te wees. As jy ‟n troeteldier het, moet jy in staat wees om vir die inspuitings wat jou diertjie nodig gaan hê, te betaal. Tensy jy kan bekostig om ordentlik vir ‟n troeteldier te sorg, is dit beter om sonder een klaar te kom. Wees konsekwent wat jou reëls betref. Dit is veral belangrik vir honde. As jy geen honde op jou meubels wil hê nie, moet jy dit nooit toelaat nie.

1 2

Jy moet die troeteldier kan bekostig Jy moet konsekwent met jou reëls wees

Page 18: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

5

Laat jou dier regmaak tensy jy met die hond of kat wil teel.

Neem jou hond vir wandelinge. Honde het oefening nodig. As jy nie bereid is om pligsgetrou jou hond vir sy daaglikse wandeling of draffie te neem nie, moet jy liewer nie een aanhou nie.

Voer jou diere op dieselfde tyd elk dag. Troeteldiere is gewoontediere en het gereelde etenstye nodig. Maak seker daar‟s altyd vars water vir jou diere.

Moet nooit jou diere slaan nie. Diere voel seergemaak en verward hierdeur en dit los nie enige dissiplinêre probleme op nie. Gewoonlik is jou stemtoon genoeg om jou misnoeë te kenne te gee.

Reël vir goeie sorg wanneer jy weggaan. Tensy jy ‟n huisoppasser het wat jy kan vertrou, moet jy liewer nie weggaan nie. Jou troeteldiere is jou verantwoordelikheid. Verwerk uit: Health24, hersien Oktober 2010

3 4 5 6 7

Jou dier moet reggemaak word as jy nie met die dier gaan teel nie. Neem jou hond gereeld om te gaan stap/oefen. Jou diere moet elke dag op dieselfde tyd kos kry. Jy moet jou diere nie slaan nie. Sorg dat iemand na jou diere kyk indien hy weggaan.

TOTAAL AFDELING B: [10]

AFDELING C – TAAL

VRAAG 3 TEKS D: RESEP Vraag Antwoord Punte

3.1 minute 1 3.2 Jy kon die maklike resep gebruik (het) om Wagter te bederf. 1 3.3 tweehonderd en vyftig / twee honderd en vyftig 1 3.4 bietjie 1 3.5 droër 1 3.6 smullekker 1 3.7 resultate 1 3.8 Die beskuitjies word deur Wagter geniet. 1 3.9 voorbereidingstegniek 1 3.10 hoenderlewertjies 1 [10]

Page 19: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

6

VRAAG 4

TEKS E: STROKIESPRENT Vraag Antwoord Punte

4.1 Wees doodstil Snoopie, want ek dink ek hoor „n eend. 1

4.2 Die seun sê dat hy dink dat hy „n eend hoor. 2

4.3 Die meisie sê: “Julle twee is baie stout.” 2

4.4 Môre sal die seun die eend saam met Snoopie jag. 1

4.5 Nee, niemand het so „n mooi eend gesien nie. 1

4.6 D – dat seuns en honde lawwe dinge kan aanvang. 1

4.7 doodbang. 1

4.8 wrede 1

[10]

VRAAG 5

TEKS F: INTERNETARTIKEL Vraag Antwoord Punte

5.1.1 liefde 1

5.1.2 B - kat 1

5.1.3 Al is „n veearts lief vir diere soos kate en honde, moet hy ook na voëls en plaasdiere omsien.

1

5.1.4 „n Veearts is baie lief vir diere. 1

5.1.5 „n Veearts se salaris hang nie af van die tipe werk wat hy doen nie. 1

5.1.6 behaal / kry. 1

5.1.7 ongelukkige 1

5.1.8 haat 1

5.1.9 werk / pos / roeping 1

5.1.10 ‘n Veearts is iemand wat lief is vir diere en heeldag heerlik in die spreekkamer werk.

1

Page 20: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN ......Hy was bang Django gaan hom nie regtig herken nie. 4 11 Maar sy vrese was verniet. Die oomblik toe Django hom gewaar, het niemand anders

7

Vraag Antwoord Punte 5.1.11 ‘n Veearts behoort goeie werk te doen. 1

5.1.12 beste 1

5.1.13 eerste 1

5.1.14 goeie 1

TEKS G: STROKIESPRENT

Vraag Antwoord Punte 5.2.1.1 B – Stelsin 1

5.2.1.2 A – Vraagsin 1

5.2.1.3 C – Uitroepsin 1

5.2.2.1 langs 1

5.2.2.2 met 1

5.2.2.3 aan 1

[20]

TOTAAL AFDELING C: 40

GROOTTOTAAL: 80