nasionale sertifikate (beroeps-)sharepoint2013.dhet.gov.za/national certificates nqf... ·...
TRANSCRIPT
NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-)
ASSESSERINGSRIGLYNE
AFRIKAANS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
Vlak 4
IMPLEMENTERING: JANUARIE 2015
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 1 van 24
INHOUDSOPGAWE
AFDELING A: DOEL VAN DIE VAKASSESSERINGSRIGLYNE ......................................... 2
AFDELING B: ASSESSERING IN DIE NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-) ............. 2
1. Assesseringsriglyne en doelwitte ........................................................................................... 2
2. Assesseringsraamwerk ............................................................................................................ 4
2.1 Interne deurlopende assessering (IDASS) ................................................................................ 4
2.2 Eksterne summatiewe assessering (ESASS) ............................................................................ 4
3. Moderering van assessering ................................................................................................... 4
3.1 Interne moderering .................................................................................................................... 4
3.2 Eksterne moderering ................................................................................................................. 4
4. Geldigheidsperiode van interne deurlopende assessering (IDASS) ..................................... 4
5. Vereistes vir assessors ............................................................................................................ 5
6. Tipes assessering .................................................................................................................... 5
6.1 Basislynassessering .................................................................................................................. 5
6.2 Diagnostiese assessering ......................................................................................................... 5
6.3 Formatiewe assessering ........................................................................................................... 5
6.4 Summatiewe assessering ......................................................................................................... 5
7. Beplanning van assessering ................................................................................................... 5
7.1 Insameling van bewyse ............................................................................................................. 5
7.2 Optekening ................................................................................................................................ 5
7.3 Verslagdoening ......................................................................................................................... 5
8. Assesseringsmetodes .............................................................................................................. 5
9. Instrumente en middele vir die insameling van bewyse ........................................................ 6
10. Middele vir die assessering van studentprestasie ................................................................. 6
11. Keuse en/of ontwerp van optekening- en verslagdoeningstelsels ....................................... 7
12. Bevoegdheidsbeskrywings ...................................................................................................... 7
13. Strategieë vir die insameling van bewyse .............................................................................. 7
13.1 Waarnemingsvelle ..................................................................................................................... 7
13.2 Kontrolelyste ............................................................................................................................. 7
AFDELING C: ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT VLAK 4 ........................................................ 8
1 Assesseringskedule en -vereistes .......................................................................................... 9
2 Optekening en verslagdoening............................................................................................... 11
3 Interne assessering van uitkomste in Afrikaans EAT Vlak 4 ................................................ 12
4 Eksterne assessering in Afrikaans EAT Vlak 4 ..................................................................... 18
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 2 van 24
AFDELING A: DOEL VAN DIE VAKASSESSERINGSRIGLYNE
Hierdie dokument bied riglyne aan die lektor om 'n samehangende, geïntegreerde assesseringstelsel vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) in die Nasionale Sertifikate (Beroeps-) te ontwikkel. Dit moet saamgelees word met die Nasionale beleid rakende Verdere Onderwys- en Opleidingsprogramme: Goedkeuring van die dokumente, beleid vir die Nasionale Sertifikate (Beroeps-) op Vlak 2 tot 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR).
Hierdie dokument verduidelik die vereistes vir die interne en eksterne vakassessering. Die lektor moet hierdie dokument saam met die Vakriglyne: Afrikaans EAT Vlak 4 vir vakvoorbereiding en -aanbieding gebruik. Lektore moet 'n verskeidenheid hulpbronne gebruik en 'n reeks assesseringsvaardighede toepas wanneer assesseringstake opgestel, nagesien en opgeteken word.
AFDELING B: ASSESSERING IN DIE NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-)
1. ASSESSERINGSRIGLYNE EN DOELWITTE
Assessering in die Nasionale Sertifikate (Beroeps-) het die NKR-doelwitte as grondslag. Hierdie doelwitte behels:-
Die daarstelling van 'n geïntegreerde nasionale raamwerk vir leerprestasies.
Die fasilitering van toegang tot en progressie in onderwys, opleiding en loopbane.
Die verbetering van die gehalte van onderwys en opleiding.
Die regstelling van onbillike diskriminasie en die wanbalanse van die verlede, en daardeur die versnelling van werkgeleenthede.
'n Bydrae tot die holistiese ontwikkeling van die student deur aandaggewing aan:
sosiale aanpassing en verantwoordelikheid;
morele verantwoordbaarheid en etiese werkoriëntasie;
ekonomiese deelname; en
nasiebou.
Die beginsels waarop hierdie doelwitte berus, is die volgende:
• Integrasie
Om 'n eenvormige benadering tot onderwys en opleiding te volg, wat mensehulpbronne sal versterk en die vermoë van die nasie sal ontwikkel.
• Toepaslikheid
Om dinamies op nasionale ontwikkelingsbehoeftes te reageer.
• Geloofwaardigheid
Om die bevoegdhede en vaardighede wat verkry is, die nasionale en internasionale waarde wat toegevoeg is en die kwalfikasie wat verwerf is, te erken.
• Samehangendheid
Om binne 'n konsekwente raamwerk van beginsels en sertifisering te werk.
• Buigsaamheid
Om voorsiening te maak vir kreatiwiteit en vindingrykheid in die bereiking van Leeruitkomste, om verskillende leerstyle te akkommodeer en 'n reeks assesseringsmetodes, -instrumente en -tegnieke te gebruik.
• Deelname
Om belanghebbendes in staat te stel om deel te neem aan standaardstelling en die koördinering van die prestasies wat vir die kwalifikasie vereis word.
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 3 van 24
• Toegang
Om leerhindernisse op verskillende vlakke te hanteer en studente se vordering te fasiliteer.
• Progressie
Om te verseker dat die kwalifikasieraamwerk individue toelaat om deur middel van verskillende gepaste kombinasies van die komponente van die leweringstelsel van een vlak van die nasionale kwalifikasie na die volgende te beweeg.
• Oordraagbaarheid
Om studente in staat te stel om krediete wat in 'n kwalifikasie verkry is van een leerinstelling en/of werkgewer na
'n ander leerinstelling en/of werkgewer oor te dra.
• Artikulasie
Om voorsiening te maak vir vertikale en horisontale mobiliteit in die onderwysstelsel op voorwaarde dat geakkrediteerde voorvereistes suksesvol afgehandel is.
• Erkenning van voorafleer
Om krediete vir 'n leereenheid toe te ken ná assessering of as die student oor die bevoegdhede beskik wat in die uitkomsstelling gespesifiseer word.
• Geldigheid van assesserings
Om te verseker dat assessering 'n wye omvang van kennis, vaardighede, waardes en houdings dek wat nodig is om toegepaste bevoegdheid te demonstreer. Dit word bereik deur:-
die uitkoms wat geassesseer moet word, duidelik te stel;
gepaste of geskikte bewyse te kies;
die bewyse met 'n versoenbare of gepaste assesseringsmetode te belyn; en
'n assesseringsinstrument of -instrumente te kies en te skep.
• Betroubaarheid
Om te verseker dat assesseringspraktyke konsekwent is sodat dieselfde resultaat of oordeel bereik word indien die assessering in dieselfde konteks herhaal word. Dit verg konsekwentheid in die interpretasie van bewyse en daarom is sorgvuldige monitering van assessering kernbelangrik.
Vir die interne punt moet die kumulatiewe en summatiewe assesserings groter gewig dra as die eenonderwerptoetse. Daar moet in elke termyn minstens een gestandaardiseerde of normtoets plaasvind. Alle gestandaardiseerde of normtoetse moet deur 'n vakspesialis gemodereer word.
• Billikheid en deursigtigheid
Om te verifieer dat geen assesseringsproses en/of -metode enige student belemmer of onbillik bevoordeel nie.
Die volgende kan onbillikheid in assessering uitmaak:
Ongelyke geleenthede, hulpbronne of onderrig- en leerbenaderings.
Partydigheid gebaseer op etnisiteit, ras, geslag, ouderdom, gestremdheid of sosiale klas.
Gebrek aan duidelikheid rakende die Leeruitkoms wat geassesseer word.
Vergelyking van studente se werk met dié van ander op grond van leerstyl en taal.
In die assessering van Afrikaans EAT moet in ag geneem word dat die metode of proses groter gewig dra as
die finale antwoord.
• Praktiese uitvoerbaarheid en koste-effektiwiteit
Om assesseringstake en/of -praktyke in 'n uitkomsgebaseerde onderwys- en opleidingstelsel te integreer ten einde koste- en tydbesparende assessering na te streef.
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 4 van 24
2. ASSESSERINGSRAAMWERK
Die assesseringstruktuur vir die kwalifikasie Nasionale Sertifikate (Beroeps-) is soos volg:
2.1 Interne deurlopende assessering (IDASS)
Kennis, vaardighede, waardes en houdings word deur die jaar geassesseer aan die hand van assesseringsinstrumente soos projekte, toetse, werkopdragte, ondersoeke, rolspel en gevallestudies. Alle bewyse van die interne deurlopende assessering (IDASS) word in 'n Portefeulje van Bewyse (PvB) gehou en moet geredelik beskikbaar wees vir monitering-, moderering- en verifiëringsdoeleindes. Die moderering en gehalteversekering van hierdie komponent geskied intern en ekstern.
2.2 Eksterne summatiewe assessering (ESASS)
Die eksterne summatiewe assessering behels TWEE vraestelle wat opgestel word om aan die vereistes van die Vak- en Leeruitkomste te voldoen. Dit word ooreenkomstig die toepaslike assesseringsbeleide en -vereistes geadministreer.
Die eksterne summatiewe assesserings vind jaarliks tussen Oktober en Desember plaas, met voorsiening vir aanvullende eksamens.
3. MODERERING VAN ASSESSERING
3.1 Interne moderering
Assessering moet gemodereer word volgens die Verdere Onderwys- en Opleidingskollege (VOO-kollege) se beleid vir interne moderering. Interne kollegemoderering is 'n deurlopende proses. Die moderator se betrokkenheid begin by die beplanning van assesseringsmetodes en -instrumente en word gevolg deur voortgesette samewerking met en steun aan die assessors. Interne moderering skep 'n gedeelde begrip van Assesseringstandaarde en hou dié standaarde in stand oor die beroepsprogramme heen.
3.2 Eksterne moderering
Eksterne moderering word uitgevoer ooreenkomstig die standaarde, beleide en vereistes van die toepaslike gehalteversekeringsliggame (tans die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid [Sako] en Umalusi).
Die eksterne moderator:-
moniteer en evalueer die standaarde van alle summatiewe assesserings;
hou standaarde in stand deur toepaslike invloed en beheer oor assessors uit te oefen;
verseker dat behoorlike prosedures gevolg word;
verseker dat summatiewe geïntegreerde assesserings korrek geadministreer word;
gaan 'n minimum monster na van tien tot vyf-en-twintig persent (10%-25%) van die summatiewe
assesserings;
gee skriftelik terugvoering aan die toepaslike gehalteversekeringsliggaam; en
modereer, in die geval van 'n dispuut tussen 'n assessor en 'n student.
Die beleid rakende inklusiewe onderwys vereis dat assesseringsprosedures vir studente met leerhindernisse aangepas en gesteun word om die studente in staat te stel om hul maksimum potensiaal te bereik.
4. GELDIGHEIDSPERIODE VAN INTERNE DEURLOPENDE ASSESSERING (IDASS)
Die geldigheidsperiode van die punt verwerf in interne deurlopende assessering word bepaal deur die Nasionale beleid rakende die afneem, administrasie en bestuur van assessering in die Nasionale Sertifikate (Beroeps-).
Die interne deurlopende assessering (IDASS) moet weer ingedien word met elke eksameninskrywing ten opsigte waarvan dit 'n komponent uitmaak.
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 5 van 24
5. VEREISTES VIR ASSESSORS
Assessors moet vakspesialiste en 'n bevoegde assessor wees.
6. TIPES ASSESSERING
Assessering bevoordeel die student en die lektor. Dit lig studente in oor hul vordering en help lektore om op die verskillende stadia van die leerproses ingeligte besluite te neem. Verskillende tipes assessering kan gebruik word na gelang van die spesifieke doelwit.
6.1 Basislynassessering
Basislynassessering stel die kennis, vaardighede, waardes en houdings vas wat studente aan die begin van 'n vlak of leerervaring na die klaskamer bring. Hierdie kennis help lektore met die beplanning van leerprogramme en -aktiwiteite.
6.2 Diagnostiese assessering
Hierdie tipe assessering diagnoseer die aard en oorsake van leerhindernisse wat deur spesifieke studente ervaar word. Daarop volg leiding, toepaslike steun en intervensiestrategieë. Hierdie tipe assessering is nuttig vir die verwysing van studente wat spesialishulp benodig.
6.3 Formatiewe assessering
Hierdie assessering moniteer en ondersteun onderrig en leer. Dit stel vas wat studente se sterk en swak punte is en bied terugvoering op vordering. Dit bepaal of 'n student gereed is vir summatiewe assessering.
6.4 Summatiewe assessering
Hierdie tipe assessering gee 'n oorsig van 'n student se vordering op 'n gegewe tydstip. Dit bepaal of die student genoegsaam bevoeg is om na die volgende vlak te vorder.
7. BEPLANNING VAN ASSESSERING
Die assesseringsplan dek drie hoofprosesse:
7.1 Insameling van bewyse
Die assesseringsplan dui aan watter Vakuitkomste en Assesseringstandaarde geassesseer word, watter assesseringsmetode of -aktiwiteit gebruik gaan word en wanneer hierdie assessering uitgevoer gaan word.
7.2 Optekening
Optekening het betrekking op die assesseringsinstrumente of -middele waarmee die assessering vasgelê of opgeteken word. Gepaste assesseringsinstrumente moet dus ontwikkel of aangepas word.
7.3 Verslagdoening
Al die bewyse word in 'n verslag bymekaar geplaas met die oog op besluitneming vir die vak.
8. ASSESSERINGSMETODES
Assesseringsmetodes het betrekking op die persone wat die assessering uitvoer en sluit lektor-assessering, selfassessering, portuurassessering en groepsassessering in.
LEKTOR-ASSESSERING Die lektor assesseer studentprestasie aan die hand van gegewe kriteria in verskillende kontekste, soos individuele werk, groepwerk, ens.
SELFASSESSERING Studente assesseer hul eie prestasie aan die hand van gegewe kriteria in verskillende kontekste, soos individuele werk, groepwerk, ens.
PORTUURASSESSERING Studente assesseer 'n ander student of groep studente se prestasie aan die hand van gegewe kriteria in verskillende kontekste, soos individuele werk, groepwerk, ens.
GROEPSASSESSERING Studente assesseer die individuele prestasie van ander studente binne 'n groep of die algehele prestasie van 'n groep studente aan die hand van gegewe kriteria.
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 6 van 24
9. INSTRUMENTE EN MIDDELE VIR DIE INSAMELING VAN BEWYSE
Alle bewyse wat vir die doeleindes van interne deurlopende assessering (IDASS) versamel word, word in die student se Portefeulje van Bewyse (PvB) gehou of opgeteken.
Die onderstaande tabel bied 'n opsomming van 'n verskeidenheid van metodes en instrumente vir die insameling van bewyse. 'n Metode en instrument word gekies om studente genoegsame geleentheid te bied om te demonstreer dat die Vakuitkoms bereik is. Dit is slegs moontlik as die gekose metodes en instrumente geskik is vir die teikengroep en die spesifieke Vakuitkoms wat geassesseer word.
METODES VIR DIE INSAMELING VAN BEWYSE
Waarneminggebaseer (Minder gestruktureer)
Taakgebaseer (Gestruktureer)
Toetsgebaseer (Meer gestruktureer)
Assesserings-instrumente
• Waarneming • Klasvrae • Besprekings deur
lektor, student, ouer
• Werkopdragte of take • Projekte • Ondersoeke of navorsing • Gevallestudies • Praktiese oefeninge • Demonstrasies • Rolspel • Onderhoude
• Eksamens • Klastoetse • Praktiese eksamens • Mondelinge toetse • Oopboektoetse
Assesseringsmiddele • Waarnemingsvelle • Lektor se notas • Kommentaar
• Kontrolelyste • Beoordelingskale • Nasienskemas
• Punte (bv. %) • Beoordelingskale (1-7)
Bewyse • Toespitsing op individuele studente
• Subjektiewe bewyse gebaseer op lektor se waarnemings en indrukke
• Oop middel: Studente lewer dieselfde bewyse maar op verskillende maniere.
• Oop einde: Studente gebruik dieselfde proses om verskillende resultate te bereik.
• Studente beantwoord dieselfde vrae op dieselfde wyse binne dieselfde tydsbestek.
10. MIDDELE VIR DIE ASSESSERING VAN STUDENTPRESTASIE
Beoordelingskale is nasienstelsels waar 'n kode (soos 1 tot 7) of 'n punt (soos 5/10 of 50%) in besonderhede omskryf word. Die besonderhede is net so belangrik soos die gekodeerde punt. Tradisionele nasien, assessering en evaluering het meestal beoordelingskale sonder besonderhede gebruik, soos reg of verkeerd, goed of swak, ens.
Taaklyste en kontrolelyste wys vir die student wat gedoen moet word. Dit bestaan uit kort stellings wat die verwagte prestasie in 'n bepaalde taak beskryf. Die stellings op die kontrolelys kan afgemerk word wanneer die student die kriterium toereikend behaal het. Kontrolelyste en taaklyste is baie nuttig vir assesseringsaktiwiteite binne portuur- of groepverband.
'n Nasienskema of rubriek is 'n hiërargie (gegradeerde vlakke) van kriteria met teikenstandaarde wat die minimum vlak van aanvaarbare prestasie of bereiking van elke kriterium beskryf. Dit is 'n andersoortige manier van assessering en kan nie met toetse vergelyk word nie. Elke kriterium wat in die nasienskema beskryf word, word afsonderlik geassesseer. Twee tipes nasienskemas of rubrieke, te wete holistiese en analitiese nasienskemas, word hoofsaaklik gebruik.
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 7 van 24
11. KEUSE EN/OF ONTWERP VAN OPTEKENING- EN VERSLAGDOENINGSTELSELS
Die keuse en/of ontwerp van optekening- en verslagdoeningstelsels hang af van die doel van die optekening en verslagdoening van studentprestasie. Waarom bepaalde inligting opgeteken word en hoe dit opgeteken word bepaal watter instrument gebruik word.
Rekenaargebaseerde stelsels, byvoorbeeld sigblaaie, is koste- en tydbesparend. Die optekeningstelsel moet gebruikersvriendelik wees en inligting moet maklik bekom en onttrek kan word.
12. BEVOEGDHEIDSBESKRYWINGS
Alle assessering moet punte toeken om spesifieke assesseringstake te evalueer. Die punte word egter toegeken aan die hand van nasienriglyne (memoranda/nasienskemas/kontrolelyste) en is nie bloot 'n totaal van regmerkies vir korrekte antwoorde nie. Nasienskemas is bevoegdheidsvlakbeskrywers ten opsigte van die vaardighede, kennis, waardes en houdings wat 'n student moet demonstreer om elke vlak van die beoordelingskaal te bereik.
Wanneer lektore of assessors 'n assesseringstaak of -vraag voorberei, moet hulle seker maak dat die taak of vraag op 'n aspek van 'n Vakuitkoms betrekking het. Die toepaslike Assesseringstandaard moet gebruik word om die nasienskema vir die assessering van die taak of vraag te ontwerp. Die beskrywings moet die minimum prestasievlak vir elke kategorie op die beoordelingskaal duidelik aantoon.
13. STRATEGIEË VIR DIE INSAMELING VAN BEWYSE
'n Aantal verskillende assesseringsinstrumente kan vir die insameling en optekening van bewyse gebruik word. Voorbeelde van instrumente wat (aangepas en) in die klaskamer gebruik kan word, sluit in:-
13.1 Waarnemingsvelle
Die lektor neem waar hoe studente in groepsverband werk. Aan die einde van elke projek word die waarnemings in 'n opsommingstabel opgeteken. Die lektor kan 'n waarnemingsvel ontwerp om studente se interaktiewe en probleemoplossingsvaardighede, houdings teenoor groepwerk en deelname aan groepaktiwiteite waar te neem.
13.2 Kontrolelyste
Kontrolelyste moet oor duidelike kategorieë beskik om te verseker dat die doelwitte doeltreffend bereik word. Die kategorieë moet beskryf hoe en aan die hand van watter kriteria die aktiwiteite geëvalueer word. Ruimte vir kommentaar is noodsaaklik.
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 8 van 24
AFDELING C
ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT
VLAK 4
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 9 van 24
AFDELING C: ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT
1. ASSESSERINGSKEDULE EN -VEREISTES
Interne en eksterne assesserings word uitgevoer en die resultate van beide assesserings dra by tot die finale punt van 'n student in die vak.
Die interne deurlopende assesseringspunt (IDASS-punt) bepaal 25 persent en die eksterne eksamenpunt 75 persent van die finale punt. 'n Student het 'n minimum finale punt van 40 persent nodig om die vak te slaag.
Interne assessering
Lektore moet 'n omvattende assesseringsplan/-skedule saamstel van formele assesserings wat gedurende die jaar in die vak onderneem moet word (bv. datum, assesseringstaak of -aktiwiteit, boordelingskaal/punte toegeken, assessor, moderator).
Formele assesserings word dan volgens die plan/skedule uitgevoer deur die gepaste assesseringsinstrumente en -middele (bv. toetse, werkopdragte, praktiese take/projekte en memorandum, nasienskema, kontrolelys) vir elke assesseringstaak te gebruik.
Die punte wat toegeken word vir beide die praktiese en skriftelike formele assesseringstake wat gedurende die interne deurlopende assessering (IDASS) uitgevoer word, word gehou en opgeteken in die Portefeulje van Bewyse (PvB) wat aan interne en eksterne moderering onderworpe is.
'n Jaarpunt uit 100 word op grond van die IDASS-punte wat in die PvB vervat is bereken en aan die einde van die jaar óp of vóór die keerdatum aan die Departement voorgelê.
Die volgende interne assesseringseenhede RIG die assessering van Afrikaans EAT Vlak 4.
IDASS-TAKE VIR AFRIKAANS EAT VLAK 4
Taak Tyd-raamwerk
Tipe assesserings-aktiwiteit
Omvang van assessering Voorgestelde
punte-toekenning
% bydrae tot die
jaarpunt
1 Termyn 1 Formele toets
Begrip en opsomming EN/OF
kontekstuele vrae vir taal- en
grammatikastrukture EN/OF
teorie
(Lengte van leesteks word bepaal
deur lengte van teks wat
opgesom moet word: ± 400-500
woorde)
(Opsomming: 250 woorde, wat tot
75-85 woorde verminder moet
word)
Minstens 50
punte 10%
2 Termyn 1 Mondelinge aanbieding en luistertoets
Onderhandeling en konflik-
beslegting in gestruktureerde
scenarios EN/OF media- of werk-
onderhoude EN/OF demonstrasie
Minstens 40
punte 5%
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 10 van 24
van oorredingsvaardighede EN
luisterbegrip (4-5 minute)
3 Termyn 2
Funksionele skryfwerk (Korter, intermediêre en langer funksionele tekste)
Korter en intermediêre
funksionele tekste:
Aansoekbrief en CV EN/OF
voorstel of ander oorredende stuk
(120-180 woorde) (5%)
Langer funksionele en
nadenkende skryfwerk:
Nadenkende en kritiese skryfwerk
(byvoorbeeld film- of ander
resensie) EN/OF beredenerende
EN diskursiewe skryfwerk
(nuusblad- of tydskrifartikel,
hoofartikel of brief aan die pers)
(250-350 woorde) (10%)
Korter en
intermediêre
funksionele
skryfwerk 20
punte
Langer
funksionele
skryfwerk
30 punte
15%
4 Termyn 2 Mondelinge aanbieding
Voorbereide onderwerp-verwante
toespraak, met gebruik van oudio-
en/of oudiovisuele hulpmiddels
(5-10 minute)
Minstens 40
punte 5%
5 Termyn 2 OF Termyn 3
Formele toets
Begrip en opsomming EN/OF
kontekstuele vrae vir taal- en
grammatikastrukture EN/OF
kommunikasieteorie
(Lengte van leesteks word bepaal
deur die lengte van die teks wat
opgesom moet word ± 400-500
woorde)
(Opsomming: 250 woorde wat tot
75-85 woorde verminder moet
word)
Minstens 50
punte 10%
6 Termyn 3 Werkopdrag Letterkundewerkopdrag:
Filmstudie EN/OF Novelle
Minstens
50-80 punte 25%
7
Termyn 2 OF Termyn 3
Interne eksamen* Vraestel 1 Interne eksamen* Vraestel 2
Vakuitkomste tot op datum voltooi
30%
(Vraestel 1 = 15%)
(Vraestel 2 = 15%)
TOTAAL 100%
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 11 van 24
2. OPTEKENING EN VERSLAGDOENING
Afrikaans EAT word aan die hand van sewe bevoegdheidsvlakke geassesseer. Die vlakbeskrywings word in die tabel wat volg uiteengesit.
Prestasieskaal vir die basiskomponent
Die beplande/geskeduleerde assessering vir elke vak moet in die lektor se Portefeulje van Assessering (PvA) opgeteken word. Die minimum vereistes vir die lektor se Portefeulje van Assessering is die volgende:
Inligting oor die lektor
Inhoudsopgawe
Vak- en Assesseringsriglyne
Jaarplanne/werkskemas/tydskedules
'n Formele assesseringskedule
Instrument/e (toetse, werkopdragte, prakties) en middele (memorandum, nasienskema, kontrolelys) vir elke assesseringstaak
'n Punte- of uitslaelys vir assesseringstake.
Die kollege kan hierdie dokumente standaardiseer.
Die minimum vereistes vir die student se Portefeulje van Bewyse (PvB) is die volgende:
Inligting oor/identifikasie van die student
Inhoudsopgawe of -blad (vir toeganklikheid)
'n Rekord/opsomming van die resultate wat al die punte aandui wat per assessering vir die vak
behaal is
Bewyse van gemodereerde assesseringstake en terugvoering ooreenkomstig die
assesseringskedule
Waar take nie as bewyse in die Portefeulje van Bewyse (PvB) gehou kan word nie, moet die presiese
plasing daarvan opgeteken word en moet dit geredelik beskikbaar wees vir modereringsdoeleindes.
BEOORDELINGSKODE BEOORDELING PUNTE (%)
7 Uitnemend 80 – 100
6 Meriete 70 – 79
5 Substansieel 60 – 69
4 Bevredigend 50 – 59
3 Gemiddeld 40 – 49
2 Elementêr 30 – 39
1 Nie bereik nie 0 – 29
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 12 van 24
3. INTERNE ASSESSERING VAN UITKOMSTE IN AFRIKAANS EAT VLAK 4
Onderwerp 1: Luister en praat
VAKUITKOMS
1.1 Luister en reageer krities in diverse kontekste vir 'n verskeidenheid van doeleindes
ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE
1.1.1 Voorspellings word gemaak voordat daar
na die teks geluister word
1.1.2 Tekste word krities ontleed en geëvalueer
1.1.3 Die betekenis word afgelei en die inhoud
krities ontleed
1.1.4 Notas word afgeneem
1.1.5 Waardering word uitgespreek in reaksie op
luistertekste
1.1.6 Notas word hersien
1.1.7 Die hoofpunte van 'n luisterteks word in 'n
précis opgesom
1.1.8 Kritiese vrae gegrond op die luistertekste
word beantwoord
1.1.9 Terugvoering word gebruik om op
daaropvolgende prestasies te verbeter
Studente demonstreer die vermoë om:
Vóór luister
1.1.1 voorspellings te maak
Tydens luister
1.1.2 te luister om krities te ontleed en te
evalueer
1.1.3 te luister om die betekenis af te lei en die
inhoud krities te ontleed
1.1.4 notas af te neem
1.1.5 met waardering te luister
Ná luister
1.1.6 notas te hersien
1.1.7 die hoofpunte van 'n luisterteks op te som
deur 'n précis te skryf
1.1.8 op die teks te reageer deur kritiese vrae te
beantwoord
Terugvoering
1.1.9 terugvoering te gebruik om op hul
luisterprestasie te verbeter
ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE
Voorgestelde vorme van assessering:
Luisterbegrip (4-5 minute)
Assesseringsmiddele:
Memoranda; nasienskemas; kontrolelyste
Omvang (luistertekste): Onderhandeling- en konflikscenarios; media- en werkonderhoude; nuus- en ander mediaberigte; en kreatiewe tekste (uittreksels uit films en/of voorlesings van novelles)
Omvang (film en novelle): Aanhangsel E
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 13 van 24
VAKUITKOMS
1.2 Praat akkuraat en korrek in diverse kontekste vir 'n verskeidenheid van doeleindes en gehore
ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE
1.2.1 Praatstrategieë word ontleed en vir 'n wye
verskeidenheid van doeleindes gebruik
1.2.2 Verskillende vorme van mondelinge
kommunikasie word in diverse kontekste
gebruik
1.2.3 Mondelinge aanbiedings word nagevors en
beplan en in diverse kontekste gelewer
1.2.4 Mondelinge aanbiedings word geëvalueer
deur gepaste praattegnieke te gebruik
1.2.5 'n Kritiese bewustheid van taalgebruik word
in diverse mondelinge situasies getoon
Studente demonstreer die vermoë om:
Vóór praat
1.2.1 idees en inligting te beplan, na te vors en te
organiseer
1.2.2 praataktiwiteite te oefen
Tydens praat
1.2.3 logiese en samehangende sinne te
formuleer
1.2.4 toepaslike kritiese vrae vir verskeie
doeleindes te formuleer
1.2.5 toepaslik op vrae te reageer
1.2.6 in diverse kontekste besig te wees met
volgehoue interaksie
1.2.7 'n onvoorbereide toespraak te lewer
1.2.8 'n volledig geïntegreerde multimedia-
groepsaanbieding saam te stel en te lewer
1.2.9 nieverbale kommunikasie doeltreffend te
gebruik
1.2.10 taal grammatikaal korrek te gebruik
1.2.11 hul waardering en genot uit te spreek met
betrekking tot die volgende aspekte van
kreatiewe tekste: agtergrond, skryftegnieke,
stilistiese middele, temas, karakters en
intrige
Terugvoering
1.2.12 opbouende terugvoering aan ander sprekers
te gee
1.2.13 oor eie prestasie na te dink en daarop te
verbeter
ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE
Voorgestelde vorme van assessering:
Formele aanbieding (5-10 minute) Onvoorbereide toespraak (2 minute);
Assesseringsmiddele:
Kontrolelyste; nasienskemas
Omvang (mondelinge tekste): Onvoorbereide toesprake; debatte en werk-verwante besprekings; onderhandeling; konflikbeslegting en bemiddeling in gestruktureerde scenarios; formele vak-verwante multimedia-aanbiedings; media- en werkonderhoude; asook demonstrasie van oorredingsvaardighede (byvoorbeeld mediaveldtogte, voorstelle of advertensies)
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 14 van 24
Onderwerp 2: Lees en kyk
VAKUITKOMS
2.1 Lees tekste krities en formuleer insigryke antwoorde op die bedoelde boodskap
ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE
2.1.1 'n Verskeidenheid van leesstrategieë word
toegepas om taal en inligting te begryp, te
ontleed, te sintetiseer en te waardeer
2.1.2 Skriftelike tekste word ondesoek om
betekenis, waardes en houdings te
verduidelik
2.1.3 Daar word besin oor die strukture en
hoofkenmerke van tekste, en dit word
ondersoek om te toon hoe dit betekenis
vorm
2.1.4 Begrip word getoon deur vrae akkuraat te
beantwoord
2.1.5 Inligting word opgesom
2.1.6 Tekstipes word gereproduseer
2.1.7 Bekende kreatiewe tekste word geëvalueer
en ontleed ingevolge agtergrond, stilistiese
middele, tema, karakters en intrige
Daar word veronderstel dat studente die
vaardighede van blaailees, vluglees, vooraflees en
herlees bemeester het.
Studente demonstreer die vermoë om:
Vóór lees
2.1.1 die teks deeglik te ondersoek
2.1.2 voorspellings te maak
2.1.3 die doel van die teks te identifiseer
Tydens lees
2.1.4 tekste op teksvlak te verstaan
2.1.5 vir eie genot besig te wees met uitgebreide
lees
Ná lees
2.1.6 websoektogte te doen om toegang te verkry
tot tekste oor onlangse gebeure
2.1.7 vrae krities en akkuraat te beantwoord
2.1.8 die standpunte van meer as een bron te
oorweeg ten einde tot 'n gevolgtrekking te
kom
2.1.9 hul eie standpunt ten opsigte van 'n teks te
motiveer
2.1.10 die hoofpunte van 'n skriftelike teks deur die
skryf van 'n précis op te som
2.1.11 die tekstipes in eie skryfwerk te reproduseer
Terugvoering
2.1.12 op terugvoering te reageer deur op eie
prestasie te verbeter
ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE
Voorgestelde vorme van assessering:
Begripstoets (400-500 woorde); skryf van 'n précis (250 woorde wat tot 75-85 woorde verminder word)
Assesseringsmiddele:
Memoranda; kontrolelyste; nasienskemas
Omvang (leestekste): Kreatiewe tekste (novelle); advertensies vir poste; korrespondensie om pos te vind en curriculum vitae; briewe aan die pers; nuusblad- of tydskrifrubrieke en/of -artikels en ander mediatekste; voorstelle; film- of ander resensies of besinnende tekste
Omvang (novelle): Aanhangsel E
Omvang (studie-elemente van novelle): Agtergrond, tydlyn en omgewing; ontwikkeling van intrige en subintriges; konflik; temas; karakterisering en rol van die verteller (indien van toepassing), asook literêre of styltegnieke soos die gebruik van objektiewe en subjektiewe/emotiewe taal, beelde en simboliek, herhaling en die gebruik van humor, ironie, satire en/of sarkasme
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 15 van 24
VAKUITKOMS
2.2 Lees/kyk krities na multimodale vorme van kommunikasie en formuleer insigryke response op die bedoelde boodskap
ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE
2.2.1 'n Verskeidenheid kykstrategieë word
toegepas om die taal en inligting te
verstaan, te ontleed, te sintetiseer en te
waardeer
2.2.2 Visuele tekste word ondersoek om
betekenis, waardes en houdings te
verduidelik
2.2.3 Daar word besin oor die struktuur en
hoofkenmerke van tekste, en dit word
ondersoek om te toon hoe dit betekenis
vorm
2.2.4 Verskillende vorme van multimodale
kommunikasie word ondersoek en vertolk
om betekenis, waardes en houdings te
verduidelik
Studente demonstreer die vermoë om:
Kyk
2.2.1 na multimediatekste te kyk met
aandaggewing aan formaat, uitleg, die
gebruik van kleur, betekenis, boodskap en
doel
Ná kyk
2.2.2 vrae krities en akkuraat te beantwoord
2.2.3 betekenis uit visuele tekste af te lei
2.2.4 die emosies, wat deur die visuele teks ontlok
word, te herken en krities daarop te reageer
2.2.5 kyktekste te ontleed en te evalueer om
betekenis en doeltreffendheid te bepaal
Terugvoering
2.2.6 uitvoerige terugvoering in hulle werk op te
neem om op hul prestasie te verbeter
ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE
Voorgestelde vorme van assessering:
Gekontroleerde werkopdrag – kreatiewe teks (film en/of novelle)
Assesseringsmiddele:
Memoranda; kontrolelyste; nasienskemas
Omvang (visuele teks): Foto's, prente en illustrasies; films en animasies; spotprente en karikature; en televisie-
advertensies of -programme
Omvang (film): Aanhangsel E
Omvang (kinematografiese tegnieke en studie): filmgenres, agtergrond, tydlyn en omgewing; intrige en subintriges;
temas; karakterisering; gebruik van kleur en beligting; dialoog, musiek en klankeffekte; kamerahoeke, -skote
en -beweging; opstelling en komposisie; voorgrond en agtergrond; redigering
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 16 van 24
Onderwerp 3: Skryf en aanbied
VAKUITKOMS
3.1 Skryf en bied tekste aan vir 'n wye verskeidenheid van doeleindes en teikengroepe deur die korrekte taalstrukture, grammatikakonvensies en formate te gebruik wat op diverse kontekste
van toepassing is
ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE
3.1.1 Skryftake word beplan vir spesifieke
doeleindes, teikengroepe en
kontekste
3.1.2 Skryfstrategieë en -tegnieke word vir eerste
konsepte gebruik
3.1.3 Taalstrukture en -konvensies word gebruik
om tekste te skep en te skryf wat toepaslik
en logies, en stilisties en grammatikaal
korrek is
3.1.4 Terugvoering van ander word ontleed en,
waar nodig, in eie skriftelike tekste
opgeneem
3.1.5 Eie skryfwerk word geproeflees en
taalkundig versorg om die finale tekste te
produseer
3.1.6 Die finale teks word aangebied deur die
konvensies en formate te gebruik wat deur
die konteks vereis word
Studente demonstreer die vermoë om:
Vóór skryf
3.1.1 beredeneerd te beplan (dinkskrum,
breinkaarte, ens.) en inligting ooreenkomstig
die struktuur en kenmerke van die vereiste
tekstipe te organiseer
Skryf
3.1.2 'n eerste konsep te skryf
3.1.3 'n gepaste toon te gebruik
3.1.4 die korrekte interpunksie, spelling,
sinstruktuur en paragraafindeling te gebruik
3.1.5 'n gepaste betoogstruktuur en die
taalkenmerke van 'n oorredingsteks te
gebruik
Ná skryf
3.1.6 'n finale konsep van hulle skryfwerk te
redigeer en te proeflees
3.1.7 'n finale konsep aan te bied deur die
konvensies en formate te gebruik wat deur
die konteks vereis word
Terugvoering
3.1.8 terugvoering wat tydens die skryfproses
ontvang is in daaropvolgende konsepte op
te neem en daarop te verbeter
ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE
Voorgestelde vorme van assessering:
Besinnende skryfwerk (nuusblad- of tydskrifartikel); beredeneerde verslag (250-350 woorde)
Aansoekbrief; brief aan die pers; voorstel; curriculum vitae (120-180 woorde)
Assesseringsmiddele:
Kontrolelyste; nasienskemas
Omvang (skriftelike teks): Besinnende en kritiese skryfwerk, soos nuusblad- en tydskrifrubrieke, hoofartikels, artikels en resensies; beredeneerde en oorredende skryfwerk in briewe aan die pers; voorstelle of verslae; korrespondensie om pos te vind (CV en aansoekbrief)
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 17 van 24
Onderwerp 4: Taal en kommunikasie in praktyk
VAKUITKOMS
4.1 Bestudeer en gebruik verskeie teorieë om die doeltreffendheid van kommunikasie in diverse kontekste te
verbeter
ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE
4.1.1 Verskillende tipes mediakommunikasie word
ondersoek en verduidelik
4.1.2 Die elemente wat in mediakommunikasie
gebruik word, word ondersoek en verken
4.1.3 Gevallestudies word gebruik om krities te
besin oor die trefkrag en gevolge van
mediakommunikasie
Studente demonstreer die vermoë om:
4.1.1 verskillende tipes mediakommunikasie te
ondersoek en te verduidelik
4.1.2 strategieë en elemente wat in
mediakommunikasie gebruik word, ook
selektiewe verslaggewing, propaganda en
weglating, te ondersoek en te verduidelik
4.1.3 deur gebruikmaking van 'n gevallestudie,
krities te besin oor die trefkrag en gevolge
van mediakommunikasie
ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE
Voorgestelde vorme van assessering:
Teorietoets
Assesseringsmiddele:
Memorandum
Omvang (tipes mediakommunikasie): Gedrukte media soos nuusblaaie en tydskrifte; oudiovisuele media soos
televisie-, video- of DVD-opnames; elektroniese media soos internettekste, webtuistes en uittreksels uit video's
Omvang (elemente van manipulerende mediakommunikasie): Propaganda en oorredingstegnieke; die gebruik van
emotiewe taal; stereotipering; vooroordeel; selektiewe verslaggewing
VAKUITKOMS
4.2 Bestudeer 'n verskeidenheid van taalstrukture en grammatikakonvensies en pas dit korrek toe in diverse
omgewings
ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE
4.2.1 'n Verskeidenheid van taalstrukture en
grammatikakonvensies van Afrikaans word
korrek geïdentifiseer en in diverse kontekste
toegepas
Studente demonstreer die vermoë om:
4.2.1 'n verskeidenheid van taalstrukture en
grammatikakonvensies van Afrikaans
akkuraat te identifiseer en in diverse
kontekste toe te pas
ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE
Voorgestelde vorme van assessering:
Taalvrae ingesluit in toetse oor ander onderwerpe (bv. begripstoets); assesseer die akkurate gebruik van taalstrukture en grammatikakonvensies in mondelinge en skriftelike take
Omvang: Kritiese taalbewustheid; feit en mening; subjektiewe (of emotiewe) en objektiewe taal; veronderstellings en
afleidings; implisiete en eksplisiete boodskappe; doel van boodskappe en teks; skrywer se standpunt en vooroordeel;
woordeskat; politiek korrekte taalgebruik
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 18 van 24
4. EKSTERNE ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT VLAK 4
Afgesien van die interne assessering word 'n nasionale eksamen ook jaarliks in Oktober of November afgeneem by wyse van twee eksamenvraestelle van 3 uur elk wat ekstern opgestel word. Die nasionale eksamen is onderworpe aan eksterne moderering deur Umalusi of 'n gepaste Onderwys en Opleiding Gehalteversekeringsliggaam wat ingevolge artikel 28(2) van die Wet op Gehalteversekering vir Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, 2001 (Wet No. 58 van 2001), deur die Umalusiraad aangestel word.
Die Vlak 4-vraestelle word soos volg gestruktureer:
Die volgende puntverspreiding tussen Vraestel 1 en 2 word vir die opstel van die nasionale eksamenvraestelle voorgestel:
VRAESTEL BESKRYWING PUNTE
1 Onderwerp 2: Lees en kyk
Onderwerp 4: Taal en kommunikasie in praktyk
180
2 Onderwerp 3: Skryf en aanbied 120
TOTAAL VIR EKSAMEN 300
VLAK 4 KENNIS EN BEGRIP TOEPASSING
ONTLEDING, SINTESE EN EVALUERING
TOTAAL
20% 40% 40% 100
EKSAMEN 60 punte 120 punte 120 punte 300
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 19 van 24
VOORGESTELDE FORMAAT VIR ELK VAN DIE EKSAMENVRAESTELLE
Vraestel 1 (3 uur)
VRAESTEL 1 BESKRYWING PUNTE KENNIS EN
BEGRIP
ONTLEDING, SINTESE EN
EVALUERING TYD
Lees
A: Begrip
400-500 woorde 50 20 30
3 uur
B: Opsomming/précis
250 woorde wat tot 75-85 woorde
verminder moet word
20 20
Kyk
C: Kyk
Spotprente en karikature; foto's; illustrasies
en/of prente
30 20 10
Taal en kommunikasie in praktyk
D: Taal in praktyk (ook taalversorging)
Taalstrukture word in die konteks
geassesseer deur 'n verskeidenheid van
tekste te gebruik
40 20 20
E: Kommunikasie in praktyk
Mediakommunikasieteorie 40 40
TOTAAL 180 60 120
Vir Eksamenvraestel 1 word studente nie toegelaat om enige hulpbronne te gebruik nie. In die geval van
tekste wat tegniese terme of jargon bevat, moet 'n woordelys verskaf word.
Afrikaans EAT (Vlak 4) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2015) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
17_03_2014 Bladsy 20 van 24
Vraestel 2 (3 uur)
Daar word aanbeveel dat studente in elke afdeling drie opsies kry, waarvan een gekies moet word.
VRAESTEL 2 BESKRYWING PUNTE TOEPASSING TYD
Skryf en aanbied
A: Korter en intermediêre funksionele
tekste
Aansoekbrief en CV EN/OF voorstel of ander
oorredende stuk
120 -180 woorde
50 50
3 uur
B: Langer funksionele en nadenkende
skryfwerk
Nadenkende en kritiese skryfwerk
(byvoorbeeld film- of ander resensie) EN/OF
beredeneerde en diskursiewe skryfwerk
(nuusblad- of tydskrifartikel; hoofartikel; brief
aan die pers)
250-350 woorde
30 + 40 30 + 40
TOTAAL 120 120
Vir Eksamenvraestel 2 word studente nie toegelaat om enige hulpbronne te gebruik nie. Die vraestel
moet 'n inligtingsblad insluit wat die formaat in besonderhede uiteensit wat vir die stukke skryfwerk
vereis word (bv. die gestruktureerde uitleg van 'n verslag); ANDERSINS moet die vooraf opgestelde
formate aan die studente verskaf word. Voorbeelde word in Aanhangsel A verskaf.