nuusbrief augustus / september 2017 - kamcare september 2017.pdfnuusbrief – augustus / september...

6
Nuusbrief Augustus / September 2017 My school / My Village / My Planet Kamcare is nou geregistreer as n My School / My Village / My Planet begunstigde. Wat dit beteken is Woolworths betaal n gedeelte van die aankope wat by hulle gemaak word aan Kamcare terug. Jy kan ons help! Identifiseer Kamcare as een van jou begunstigdes, doen gewoonweg jou aankope en Kamcare kan voordeel daaruit trek. Dit gaan jou niks kos nie en dit kan ons instaat stel om voort te gaan met die wonderlike projekte waarmee ons reeds in die gemeenskap mee besig is. Indien jy dit wil doen, vra asb n vorm aan by Thea by [email protected] of doen dit aanlyn by www.myschool.co.za Donasie van Butterfly Foundation vir Reading Eggs Groot dank gaan aan Butterfly Foundation wat vir ons leesprogram 5 skootrekenaars, oorfone en muise geskenk het! Hierdie skenking stel ons in staat om ook vir die Graad 1 klas Wiskunde te kan aanbied. Op hierdie stadium is 210 Graad R-Graad 3 leerders ingeskakel in die lees-en wiskunde program. Elke kind kry twee keer per week geleentheid om Engels te leer en die kinders wat in die Wiskunde program ingeskakel is, kry ‘n verdere twee geleenthede per week. Ons glo hierdie projek gee kinders ‘n GROOT voorsprong bo ander kinders in dieselfde omstandighede. Ons dank gaan ook uit aan die Click Stigting wat die program-toegang vir die kinders borg en die Beeld Kinderfonds wat ons bedryf- en personeel onkostes dek, sonder julle hulp sou ons nie die projek kon doen nie! V.l.n.r: Stian Veldman en Helien Gous van Butterfly Foundation, Monica Hammes (projek koordineerder Kamcare Reading Eggs) en Liezel Landman

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief Augustus / September 2017 - Kamcare September 2017.pdfNuusbrief – Augustus / September 2017 My school / My Village / My Planet Kamcare is nou geregistreer as ‘n My School

Nuusbrief – Augustus / September 2017

My school / My Village / My Planet

Kamcare is nou geregistreer as ‘n My School /

My Village / My Planet begunstigde. Wat dit

beteken is Woolworths betaal ‘n gedeelte van

die aankope wat by hulle gemaak word aan Kamcare terug. Jy kan ons help! Identifiseer Kamcare as een van jou begunstigdes, doen

gewoonweg jou aankope en Kamcare kan voordeel daaruit trek. Dit gaan jou niks kos nie en dit kan ons instaat stel om voort te gaan met die wonderlike projekte waarmee ons

reeds in die gemeenskap mee besig is. Indien jy dit wil doen, vra asb ‘n vorm aan by Thea

by [email protected] of doen dit aanlyn by www.myschool.co.za

Donasie van Butterfly Foundation vir Reading Eggs

Groot dank gaan aan Butterfly Foundation wat vir ons leesprogram 5 skootrekenaars, oorfone en muise geskenk het! Hierdie skenking stel ons in staat om ook vir die Graad 1 klas Wiskunde te kan aanbied. Op hierdie stadium is 210 Graad R-Graad 3 leerders ingeskakel in die lees-en wiskunde program. Elke kind kry twee keer per week geleentheid om Engels te leer en die kinders wat in die Wiskunde program ingeskakel is, kry ‘n verdere twee geleenthede per week.

Ons glo hierdie projek gee kinders ‘n GROOT voorsprong bo ander kinders in dieselfde omstandighede. Ons dank gaan ook uit aan die Click Stigting wat die program-toegang vir die kinders borg en die Beeld Kinderfonds wat ons bedryf- en personeel onkostes dek, sonder julle hulp sou ons nie die projek kon doen nie!

V.l.n.r: Stian Veldman en Helien Gous van

Butterfly Foundation, Monica Hammes (projek koordineerder Kamcare Reading Eggs) en Liezel

Landman

Page 2: Nuusbrief Augustus / September 2017 - Kamcare September 2017.pdfNuusbrief – Augustus / September 2017 My school / My Village / My Planet Kamcare is nou geregistreer as ‘n My School

Graad 2’s hard aan die werk

Wêreld Geletterdheidsdag

Op 7 September 2017 het ons

Wêreld

Geletterdheidsdag gevier by Leeuwfontein Laerskool.

Die graad 1-3’s is betrek en ons

het o.a. geheue- en balspeletjies sowel as stomstreke gespeel, stories gelees en groot-droom prente geteken. Daarna het elke

kind in die skool ook ‘n roomys

gekry. Baie dankie aan Monica,

ons Reading Eggs projek koördineerder wat die dag beplan het en roomyse gekry het.

Die kinders het die dag baie geniet!

Page 3: Nuusbrief Augustus / September 2017 - Kamcare September 2017.pdfNuusbrief – Augustus / September 2017 My school / My Village / My Planet Kamcare is nou geregistreer as ‘n My School

LInks: Trotse tekenaars.

Onder: Roomyse, altyd ‘n wenner!!!

Elektroniese afval herwinning Ons wil graag iets doen om ons omgewing skoon te hou, daarom is jy welkom om jou elektroniese afval: strykysters, ou rekenaars, afstandbeheerders ens na ons kantore toe

te bring, daar is ‘n trok wat dit binnekort gaan kom haal en neem om

verwerk te word.

‘n Vraag wat dikwels gevra word is: “Hoe kan my besigheid ‘n saak ondersteun en self

voordeel daaruit trek?” Kamcare bied besighede die geleentheid deur die BEE

verpligte bydrae. As jy besigheid se omset tussen R5 tot R35 miljoen is, kan jy die

volle 50 BB-BEE punte ontvang deur by te dra tot Social Economic Development en /

of Enterprise Development deur Kamcare onder die kodes van goeie praktyk. Jy kan

ook punte verdien indien jy tyd by Kamcare spandeer. Vir meer inligting kontak gerus

vir Liezel Landman by 072 150 3994. Vir inligting rakende algemene B-BBEE prosesse

kontak gerus vir Corné Grundling of Alphonso Theron van BE(E) Wise by 082 704

9098

Page 4: Nuusbrief Augustus / September 2017 - Kamcare September 2017.pdfNuusbrief – Augustus / September 2017 My school / My Village / My Planet Kamcare is nou geregistreer as ‘n My School

Ouerleiding

Gedurende Augustus en September is daar elke Maandag middag ouerleiding aanbied in ons gemeenskap. Pragtige moeders was deel van hierdie groep, hulle was gretig om te leer hoe om hul kinders te stimuleer en mooi na hulle te kyk wat fisiese- emosionele-, intelektuele en morele versorging insluit.

Tuinbou opleiding

Ons tweede tuinbou opleidingskursus het ook in hierdie tyd plaasgevind. 3 opgewonde tuinmanne wat deel van die groep. Hulle het geleer oor grondvoorbereiding, hoe om plante te plant, wat is onkruid, besproeing, snoeiwerk, omsien na grasperke, onkruiddoders en tuingereedskap. Hulle het die opleiding baie geniet! As bewys van die waarde van hierdie kursus het een van die vorige leerders al begin groente plant en die tuin floreer onder sy hand! Indien u ook

belangstel om u tuinman te stuur of self wil kom leer, kontak gerus vir Liezel by 072 150

3994 of hou ons facebook blad dop.

Besoek ons webtuiste vir meer inligting: http://www.kamcare.org

U kan ons ook vind op facebook: www.facebook.com/kamcare

Page 5: Nuusbrief Augustus / September 2017 - Kamcare September 2017.pdfNuusbrief – Augustus / September 2017 My school / My Village / My Planet Kamcare is nou geregistreer as ‘n My School

Onder: Karen besig om prakties te wys wat om te doen

Links: Baie trotse Tshepho en Simon ontvang hul sertifikate by Karen (William afwesig op die foto).

Baie dankie!!!

Baie dankie aan elkeen wat betrokke is by Kamcare, hetsy deur ‘n vriendelike besoek, geselsie, die rondry van ons rekenaars of ‘n donasie; ons waardeer julle ondersteuning

opreg!

Indien u dit in u hart voel om

‘n bemaking aan Kamcare te

bemaak in u boedel, kontak

asb. vir Jan Boshoff by

0764105638. Hy kan ook

help met ander testamentêre

kwessies en die bereddering

van boedels.

Page 6: Nuusbrief Augustus / September 2017 - Kamcare September 2017.pdfNuusbrief – Augustus / September 2017 My school / My Village / My Planet Kamcare is nou geregistreer as ‘n My School

Dankie ook aan die skoliere wat hulle praktiese ure hier by Kamcare kom doen het die afgelope maande, julle insette is vir ons kosbaar!

Skakel my gerus indien u meer wil weet oor enige opleidingsgeleentheid, as u betrokke wil raak of indien u ‘n donasie of BB-BEE skenking wil maak. Tot volgende maand

Liezel

Kontak besonderhede:

Fisiese adres: Plot 310 Sinagoge weg, Kameedrift-Oos

Posadres: Fotonet Suite # 79

Privaatsak x8 Lynn East 0039

Kantoor nommer: (012) 756 4223

(+27) 72 150 3994

Bank besonderhede:

Kamcare Social and Training Services

Absa Derdepoort

Tjek rekening

Rekeningnommer: 407 235 3253

Takkode: 335245

e-pos adres: [email protected] Webtuiste: www.kamcare.org