nuusbrief julie 2013 - tafklub 201307.pdf · daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik...
TRANSCRIPT
Nuusbrief Julie 2013
Voorsitters inset
Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei.
So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief lees – ek soek ‘n volgrotesensor kamera asseblief, ‘n
merk drie sal goed wees. By voorbaat dankie... O ja, en ‘n paar L lense ook asseblief...
So droom ons mos maar almal.
Vir ‘n paar van ons klublede het hul drome toe waar geword. Reisfotografie is aan die groei en ‘n paar het
die geleentheid gehad om oorsee te gaan foto’s neem. Johan Beyers het vir ons van sy ongelooflike foto’s
gewys wat hy in Japan geneem het by die sneeu-ape, die swane, die kraanvoëls asook die arende. Dit moes
‘n ongelooflike ervaring gewees het. ‘n Paar van die lede was in Praag en het baie mooi foto’s geneem.
Sommige daarvan het al in kompetisies verskyn. Ander se Afrika avonture lewer weer ongelooflike
natuurtonele. Christo Gilliomee het sommer ‘n paar wenners saamgebring, en voor ons mooi kon uitvra is
hy weer landuit op ‘n volgende avontuur.
Vir die van ons wat tuisbly het Pearson Cleghorn ‘n paar lekker uitstappies gereël. Die laaste een was by die
Bergkelder. Behalwe vir die lekker wynproe was daar lekker geleenthede vir pragfoto’s. So gepraat van
wynproe – ons het toe ook ‘n lekker ‘soetes en sop’ aand gehad tydens een van ons Winterbyeenkomste.
Te oordeel aan die terugvoer was dit ‘n wenresep en een wat weer herhaal moet word.
Ons inskrywings vir die PSSA Interklub is ook onlangs gefinaliseer. Baie geluk aan die lede wie se foto’s
gekeur is. Ek het ook die keuringsaand by gewoon en selfs met vier beoordelaars was dit ‘n moeilike keuse
om van die foto’s nie in te sluit nie. Ongelukkig is die aantal inskrywings beperk. Baie van die reisfoto’s van
ons lede is ingesluit in ons inskrywing. Daar is ook heelwat wenfoto’s wat ons nie kon gebruik nie agv ‘n
beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word.
Die Tafklub Salon se voorbereiding is ook reeds aangeskakel vir die November salon. Die beoordelaars is
bevestig en die reëlings met die PSSA is in proses. Ek kry weer nuwe respek vir die vorige salonkomitee as
ek sien hoeveel reëlings in plek gesit moet word vir so ‘n geleentheid.
Genoeg vir eers. Met ‘n goeie geloof in kersvader sal ek solank begin lees aan ‘n handleiding vir die merk
drie. Ek sal self begin spaar vir ‘n geleentheid om reisfotografie te beoefen – daarvoor hoef kersvader nie
voorsiening te maak nie. Ek wil net nie onverhoeds betrap word met ‘n nuwe kamera wat ek nie ken nie en
baie foto geleenthede nie.
Groete
Niël Goslett
Full Moon Theewaterskloof dam
Alicia het saam met Helderbergklub gaan fotos neem en hierdie beriggie vir ons saamgestel.
Baie dankie dat jy met ons deel. BAIE nice fotos Alicia!
TAF A full moon outing.pdf
Julie Uitstappie na Babylonstoren
Ons sou aanvanklik 27 Julie 2013 na Babylonstoren ( http://www.babylonstoren.com/ ) toe gaan vir ons
Julie uitstappie maar die eerste datum wat hulle ons kan akkomodeer vir 'n groep besprekking vir
middagete is die daaropvolgende naweek. Die "Julie" uistappie sal dus plaasvind op Saterdag 3 Augustus
2013. Babylonstoren is bekend vir hulle pragtige tuine en daar sal genoeg wees om af te neem.
Die bestuur het ons egter net gevra om nie die huisies waar mense oornag af te neem om nie inbreek te
maak op hulle privaatheid nie. Daar is egter heelwat ander geleenthede om van die ou plaashuise en buite
geboue af te neem.
Ek stel voor ons ontmoet mekaar so 10:00 daar en dan reël ek met hulle dat ons so rondom 12:00 'n ligte
middagete sal geniet in die "glashuis" restaurant. Die restaurant kan ons egter slegs vir 'n groep van 25
persone akkomodeer. Ek het reeds die bespreking gemaak en ek sal die 25 graag wil volmaak. As ek kyk
hoe die belangstelling was vir die Bergkelder uitstappie behoort dit egter nie 'n probleem te wees nie.
Ek moet ook net noem dat daar 'n ingangsfooi tot die plaas is van R10 per persoon wat weer aangewend
word vir gemeenskap ontwikkeling projekte.
Dit is werklik 'n pragtige plaas met baie om af te neem so moenie hierdie uitstappie mis nie.
Laat weet asb wie van julle sal wil saamgaan.
Hoop om spoedig van julle te hoor.
Verjaarsdae
n Baie hartlike geluk aan die volgende persone met hulle verjaarsdae in Julie en Aug.
Johan Benade 1 Julie
Johan Bester 6 Julie
Charmaine Buckle 8 Julie
Melinda Els 12 Julie
Isabel le Grange 16 Julie
Charlene Vernooy 20 Julie
Lee Tarlton 24 Julie
Tom Roos 25 Julie
Fransonette Swart 13 Augustus
Nilo Kriek 14 Augustus
Johan Nieman 18 Augustus
Ek hoop julle jaar sal vol wonderlike ervarings en uitstekende foto geleenthede wees!
Nuwelinge
Ek stel graag n paar van ons nuwe lede aan julle bekend, net sodat julle hulle ordentlik tuis kan
laat voel.
a. Naam en Van, besigheid waarin jy is b. Watter kamera gebruik jy of sou jy graag wou hê? c. Wat is jou geskiedenis in fotografie? d. Wat is vir jou die lekkerste om af te neem? e. Wat wil jy graag leer by die klub?
Eerste is Juan Venter. Julle het al van sy fotos in kompetisies gesien en hier is sy storie.
a. Juan Venter……ek bou “optic fibre” netwerke vir Transnet & Metro Rail b. Ek gebruik tans n CANON 5d mark III en sal nie omgee om n CANON 1d X
te wil he nie. c. Ek het in die 80 met film begin om Skydiving af te neem. Daarna het ek
lank niks fotografie gedoen nie en die gogga het weer onlanks gebyt met beter digitale kameras
d. Landscape, onderwater en sport. e. Ek hou van die kompetisie….dit forseer my om beter fotos te neem
Dan het ons vir Johan Bester.
a. Johan Bester : Geoktrooieerde Rekenmeester en afgetrede Sanlam Hoofbestuurder. Nog steeds by die Sanlam groep en verwante organisasies betrokke as direkteur en / of lid van komitees en / of op spesiale projekte.
b. Ek gebruik tans ‘n Sony Alpha 77 met ‘n verskeidenheid lense en is heel tevrede daarmee. Ek het destyds met Minolta begin maar al hulle patente is sedertdien deur Sony oorgeneem.
c. Was nog maar altyd ( sedert die middel 1960’s ) ‘n ywerige vakansie, familie en geleentheids fotograaf.
d. Landskappe, mense en diere. e. Ek wil graag leer om my toerusting beter te benut in ‘n vriendelike en ondersteunende
omgewing. Ook om nuwe kennis op te doen en dit suksesvol toe te pas. f. Is getroud met Cecile en het twee dogters wat beide alreeds die nes verlaat het. Speel gholf en
hou van vinnige motors.
Mary-Ann Sim introduces herself as such:
a) My name is Mary-Ann Sim. I'm working for the National Religious
Association for Social Development (NRASD) as a counsellor HIV/ AIDS and
crisis pregnancies . I also do HIV training for any group who wish to become
peer educators.
b) I use canon EOS 60D to shoot basically anything, hoping to get some good
pics...lol
c) I always liked taking photos of animals, landscapes and interesting things.
Went on a basic photography course at Martin Osner's. I must admit I've
learnt so many things. The thing I like most about photography is shooting in
Manual.
d) Not into filming
e) I joined the club so I wont be the judge of my photos but others. Also the lectures on different topics of
photography.
Tips en truuks
Derick Nel deel n paar interessante artikels om te help:
12 TIPS for photographing stunning sunsets.pdf
Basic Photo Editing Techniques.pdf
Getting the Backgrounds right.pdf
Practical 4 - Basic Layers.pdf
Indien jy enige vrae het sê Derick hy help graag. Sy email adres is [email protected].
Junie se kompetisie uitslae lyk soos volg:
Print vas – Fred Fourie met Herfsblare
Print oop – Juan Venter met Trees in the mist
Digitaal Vas – Coreen Bester met View from the top - ook algehele wenner
Digitaal oop - Coreen Bester met Early morning glow
Julie se kompetisie wenners is:
Prints Vas : Boorman, Christo la Grange
Prints Ope : No 3573, Juan Venter
Digitaal Vas : These hands, Melinda Els
Digitaal Ope : Kubu Milky Way, Johan Beyers
Wat dan ook die algehele wenner is.
Die salon uitslae vir die afgelope 2 maande is soos volg:
Nasionale salonne
Naam Aanvaardings Meriete Medalje
Celia Fouché 36 9 1
Charmaine Buckle 2
Christo Giliomee 4 2 1
Christo la Grange 1
Hannelore Seifart 1
Heiner Seifart 1
Heinrich Sauer 4
Izelda du Toit 1
Juan Venter 8
Manie Wessels 21 3 1
Melinda Els 5 1
Neels Beyers 28 5
Riaan Victor 2
Internasionale salonne
Naam Aanvaardings Meriete Medalje
Manie Wessels 15
Sterstatus vorderings
Die volgende persone het bevordering gekry ten opsigte van ster status.
In Junie word Hennie Brand, Christo le Grange en Marleen le Grange almal 2 sterre en Francis
Marais word n 3 ster.
In Julie word Mary-Ann Sim en Robert Sim altwee 2 sterre en Dorian Newby, Juan Venter en
Charmaine Buckle word almal 3 sterre.
n Groot handdruk aan elkeen van julle met hierdie prestasies.
En onthou al die fotos en uitslae is ook op ons webblad beskikbaar.
En daarmee kom ons by
DIE EINDE