oasenuus okt 26

12
OaseNuus 26 Oktober

Upload: ng-gemeente-witrivier

Post on 06-Apr-2016

239 views

Category:

Documents

0 download

DESCRIPTION

TRANSCRIPT

Page 1: Oasenuus okt 26

OaseNuus 26 Oktober

Page 2: Oasenuus okt 26

Baie welkom vanoggend in die erediens, spesiaal aan die kinders wat vanoggend saam met ons na Ds. Dirk Coetsee luister.

Mag jy die nabyheid van die Here ervaar, hier uitgaan en sondaars en tollenaars met ander oë raaksien.

Ons verwelkom graag nuwe intrekkers / lidmate na die

erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy

woon en waar jy graag sal wil inskakel.

Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente!

Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Filterkoffie of

Hot chocolate is R 10, daar is ook cupcakes teen R 5 beskikbaar.

Tee en kitskoffie is gratis beskikbaar.

Vriende van sondaars en tollenaars Skriflesing: Lukas 7:34 & 35

h

Sondag 2 November om 12:00 onder die afdak

Etekaartjie is jou toegang

Kom deel in die vreugde as 3 generasies saam kuier en die

kinders en kleinkinders die waarde van oupa en ouma vertel.

Moenie hierdie geleentheid mis nie.

Page 3: Oasenuus okt 26

Maandag 27 Oktober 18:00 GriefShare GriefShare lokaal

Dinsdag 28 Oktober 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 15:00 Vrouebedieningverg. Konsistorie 18:00 Bluetooth Ouerskap Voorportaal DivorceCare DivorceCare lokaal

Gebeure in vooruitsig

11 Nov. Finansiële Bedieningvergadering 13 Nov. Kerkraadsfees

Wat gebeur...

27 Okt. Petro Groenewald 77 Verjaar 28 Okt. Melleen Lötter 79 Verjaar Stoffel van der Wath 78 Verjaar 31 Okt. Le Grange Odendaal 31 Belydenis

1 Nov. Lydia Kotze 85 Verjaar Adele de Kok 33 Doop Cornélle Slabbert 27 Doop

Die volgende herdenkings...

Mylpale Baie geluk aan elkeen wat hierdie

mylpaal bereik, dit is voorwaar ‘n seën

om jul in ons gemeente te hê.

“Re-Connect” Huweliksverryking-

seminaar 14-16 November

Komati Gorge Lodge Bespreek jou plek by di. JZ of Jurgens

[email protected]

Liewe Witrivier Gemeente-vriendinne

Ek het so 'n behoefte om sommer net uit my hart uit baie dankie sê vir my heerlike baba-tee by die kerk verlede Saterdag-oggend. Wat 'n voorreg om deel te kan wees van so 'n wonderlike geestelike familie wat soveel liefde uitdeel!

Dankie vir almal wat moeite gedoen het om die saal so pragtig te laat lyk, vir die heerlike eetgoed, vir al die geskenkies vir ons nuwe seuntjie, en sommer net vir elke kosbare dame se teenwoordigheid die oggend. Ek waardeer dit ontsettend baie en is baie lief vir julle!

Liefde in Jesus Lindie (en die res van die Stander-spannetjie)

Page 4: Oasenuus okt 26

Ka l ender 2015

Dit is weer Kalender tyd in ons gemeente. Ons droom en beplan en wil graag almal ingelig hou. Daarom is daar genoeg keuses om te maak. Kies jou eie kalender, bestel dit en ons laat dit vir jou druk. Jy kan bestel net soveel as wat jou begroting toelaat. As jy bestel word jy verantwoordelik gehou vir die koste. Voorbeelde is by die kantoor as jy sou wou kom kyk. Skryf jou naam op by die deure en by die kantoor. Die keuses is as volg:

Word gekrambind. Vol kleur A5 en bevat alle relevante

gemeente inligting rondom vergaderings en gebeure in

en rondom die Kerk.

Word gekrambind. Vol kleur A4 en bevat alle relevante

gemeente inligting rondom vergaderings en gebeure in

en rondom die Kerk.

Word geringbind. Vol kleur A3 en bevat alle relevante

gemeente inligting rondom vergaderings en gebeure in

en rondom die Kerk.

G E M E E N T E K a l e n d e r 2 0 1 5 A R 3 0 0

Word gom gebind met magnete. Volkleur A3 en bevat alle

relevante inligting rondom vakansies, kursusse en Sondae.

Word gom gebind. Vol kleur A3 en bevat alle relevante

gemeente inligting rondom vergaderings en gebeure in

en rondom die Kerk.

L E S S E N A A R K a l e n d e r 2 0 1 5 A R 3 0 0

H U I S K a l e n d e r 2 0 1 5 A R 3 0 0

A 5 B O E K I E K a l e n d e r 2 0 1 5 A R 1 0

A 4 B O E K I E K a l e n d e r 2 0 1 5 A R 2 0

Page 5: Oasenuus okt 26

Wat gebeur op ‘n Maandag hier op ons terrein? Ons doen...

Eerstens word daar op die eerste Maandag van elke maand ’n “maandpak” uitgehandig aan ongeveer 40 gesinne en 20 pensioenarisse. Ons het ook tans 6 klante by Rustig Ouetehuis. Tweedens voorsien ons elke week aan ongeveer 45 gesinne ’n pak bederfbare produkte asook vars groente en vrugte. Derdens bedryf ons ’n Sopkombuis. Weekliks word 70 persone van sop, brood en ‘n groente pakkie voorsien. Vierdens deel ons elke maand hordes klere uit aan almal wat die Kos- en Klere-kas besoek sowel as verskeie eksterne organisasies. Alle mense en gesinne wat by ons uitkom, kom na ons toe uit desperaatheid en omdat hulle geen ander heenkome het nie. Ons is nie net vir hierdie mense ’n bron van kos en klere nie, maar ook ’n bron van liefde en omgee. Ons probeer om ’n veilige hawe te voorsien en om ’n bietjie sekuriteit te bied in ’n lewe waar hierdie luukshede skaars is. Ons het dus in die vyfde plek die funksie van beraders, bemoedigers en evangelis-te. Ons bring elke week die Woord van die Here na al ons klante in ʼn taal wat elkeen verstaan, en probeer om moontlike vrae te antwoord. Alle klante is verplig om ons Bybelstudie by te woon. Oom Attie Groenewald bedien die Afrikaanssprekende klante. Past. Samuel Chauque bedien die Woord aan die Swazi sprekende klante.

Behoeftes 0 Ons grootste stryd is ’n finansiële

stryd. Ons almal is bewus hoe krimp ons beursie as ons by die Supermark uitstap. Soveel te meer dink ons aan hierdie groep wat maandeliks by die winkel instap, maar hulle kom altyd terug met verhale van spesiale aanbiedings en skenkings uit die gemeenskap. Tog moet hulle die rieme dun sny, veral op duurder items.

0 Daar is altyd ‘n behoefte aan persone wat diensbaar wil wees. By die werksaamhede op ‘n Maandag-oggend, asook opgeleide persone wat bereid is om berading te doen.

0 Gebed, gebed, gebed. 0 Ons behoefte aan klere van ’n bruik-

bare kwaliteit hou nooit op nie. Bring gerus kantoor toe.

Navrae: Antoinette 082 450 9434 of Santie 083 245 0752

Ons benodig asb.

Nr 5 - 9 MANSkoene. Grootte 32 - 36 MANSklere

Pas. Samuel Chauque bedien Maandae oggende die Woord aan

ons kliënte. Hy is opsoek na ʼn water tenk, asook iemand wat mense in die

Masoyi gemeenskap kan touwys maak hoe om ʼn groentetuin te begin

en in stand te hou. As jy kan help, kontak asb. vir

Antoinette by die kantoor.

Page 6: Oasenuus okt 26
Page 7: Oasenuus okt 26
Page 8: Oasenuus okt 26
Page 9: Oasenuus okt 26
Page 10: Oasenuus okt 26
Page 11: Oasenuus okt 26

WOONSTEL TE HUUR: 1 Slaapkamer woonstel langs Hoërskool beskikbaar. Afdak vir motor. Kontak: Corne 082 895 0158

Bachelorwoonstel te huur in Witrivier. Elektrisiteit uitgesluit. Kontak: Tokkie 082 826 1099

SOEK WERK: Dringend opsoek na werk. Gekwalifiseerde drywer en drywer instrukteur, asook “controller”. Kan onmiddelik begin. Kontak: Daniel 081 494 3005

WERKSGELEENTHEID: Ons soek ‘n paar mans om vir ongeveer ‘n week en ‘n half te werk in die aand/nag Gedurende November. Kontak: Gert 076 104 2315/081 3286844

WOONSTEL TE HUUR: Bachelorwoonstel te huur in Witrivier. Elektrisiteit uitgesluit. Kontak: Tokkie 082 826 1099

SOEK HUIS HUUR: Gesin soek 3 Slaapkamer huis te huur in Witrivier of Nelspruit. Kontak: Joan 082 094 0013

Ons gemeente missie Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee

en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk.

Het jy dalk ‘n werk beskikbaar of

soek jy werk? Hier kan jy gratis

adverteer. Sodoende bring ons hulp

& hoop in ons samelewing. GEEN

te koop of ruil transaksies nie.

Stel jy belang om op

hierdie bladsy te

adverteer? Kontak

Antoinette by kerkkantoor

of epos

[email protected]

Page 12: Oasenuus okt 26

“Like” ons by NG

Gemeente Witrivier

en Jeug@NGWitrivier

____________________________________________________________________________

LERAARS Ds. Gerrie Doyer

082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager

079 292 9545 Ds. Eddie le Roux

082 322 3393 Ds. Nati Stander

082 216 3710

KERKKANTOOR Telefoon

(013) 751 1644 082 523 4596

E-pos

[email protected]

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening

1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lid-

maatnommer EN die projek waar-voor die geld aangewend moet

word, indien van toepassing.

Preeknotas

www.ngwitrivier.co.za

Gebruik die link op die webblad of stuur ’n e-pos na [email protected]