oefening 1.3

10
OEFENING DRIE Wat het hier gebeur?

Upload: bennie-stander

Post on 17-Aug-2015

126 views

Category:

Education


4 download

TRANSCRIPT

OEFENING DRIE

Wat het hier gebeur?

Wat het hier gebeur?

2

Kom ons soek nog?

2

2

2

2

Die passasierskip die OCEANOS het op 5 Augustus 1991 omtrent 10 km van Koffiebaai aan die Transkeise kus vergaan. Dit het een van die wêreld se mees dramatiese en suksesvolste reddingsaksies tot gevolg gehad.Die skip van 14 000 ton is in 1952 in Frankryk gebou, kon ’n maksimum van 550 passasiers en 250 bemanningslede vervoer. Alhoewel die skip sedert 1976 as die Oceanos bekend was, het dit voorheen die name Jean Laborde, Ancona en Eastern Princess gehad.

2

Alhoewel die skip sedert 1976 as die Oceanos bekend was, het dit voorheen die name Jean Laborde, Ancona en Eastern Princess gehad. Vanaf 1976 was dit die eiendom van die Griekse maatskappy Epirotiki met Venesië as tuishawe. Vroeg in Augustus 1991 was die skip van Kaapstad via Mosselbaai na Durban onderweg. Op 3 Augustus tydens ’n harde wind en ’n omstuimige see, spoel seewater deur ’n reeds bestaande gat van 10 cm in die romp die masjienkamer binne en word die kragopwekkers uitgeskakel.

2

Skepe in die omgewing en helikopters van die Suid-Afrikaanse Lugmag het al die 571 opvarendes gered en by The Haven en Hole in the Wall) aan land gebring. Dat die kaptein en van sy bemanning glo eerste in die reddingsbote weggekom het en die ander skipbreukelinge aan hul lot oorgelaat het, het groot verontwaardiging by die publiek uitgelok. Die towenaar en ander vermaaklikheidskunstenaars het die leiding met die ontruiming van die sinkende skip geneem.

Kapt. Yiannis Avranas is deur ’n Londense geregshof van nalatigheid vrygespreek en het later weer as bevelvoerder op ’n skip opgetree.

Die wrak lê 5 km van die kus op ’n diepte van 90 m. Vir duikers is dit een van die moeilikste wrakke om te bereik.

2

2

Peugeot Betroubaarheid.Gebou vir opwindende rygenot.

van die Oceanos … “Ek is seker julle sal die reis geniet!"– Alvon Collison, gaskunstenaar aan boord van die Oceanos.

UITEINDELIK, ’N ADVERTENSIE WAT WERK

DIE HUISGENOOT, 1991