oordosis uitgawe 1 (2013)
DESCRIPTION
Eerste uitgawe van die PASV se jaarlikse tydskryf - OORDOSIS First issue of the PASV's annual magazine - OORDOSISTRANSCRIPT
OORDOSIS -Uitgawe 1 (2013)-
Tydskrif van die NWU PUK Aptekers
Nuwe Meestersgraad
in Kliniese Farmasie
Word meer as net
‘n Apteker…
Kry jou Meestersgraad!
CPD:
Wat is CPD? Sandoz produksie
internskap
Internskap:
INFORMAL
POLS
Farmasie week ‘13
Voorsitter: Vernice Steenkamp
083 302 6887
“You must give up the life you planned
in order to have the life that is waiting
for you.”
–Joseph Campbell.
Ondervoorsitter: Anja Haasbroek 073 615 0881
Spr 3:5 – Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie
insigte nie.
Sekretaresse: Michaela Haigh 071 387 2433 “Discipline is the bridge between goals and accomplishment.” – Jim Rohn
Finansies: Wilhelmina Foord 082 653 7460
“I‟d rather be hated for who I am than to be loved for what I am not.”
Bemarking & Reklame: Esmari van Jaarsveld 082 222 4787 Dit wat voor jou lê is niks in vergelyking met dit wat in jou lê nie.
Akademie: :Ralph Schmitt
076 240 8077
“Never be afraid to try
something new. Remember,
amateurs built the ark.
Professionals built the Titanic.”
Sosiaal: Gawie Erwee
084 384 3894
“Compared to what we ought to be,
we are only half awake.”
-Prof. William James of Harvard
POLS: Heleen Janse van Rensburg
084 516 0559 “Nothing is impossible, the word itself says „I‟m possible‟.” -Audrey Hepburn
Derdejaars klasverteenwoordiger:
Jan Nieman
082 744 0694
“Don‟t cry because it‟s over. Smile because it
happened.”
–Dr. Seuss
Eerstejaars klasverteenwoordiger: Chanélle Engelbrecht
076 883 3556 “When we pray, God hears more than we say, answers more than we ask and gives more than we imagine... in His own time and His
own way. ”
Tweedejaars Klasverteenwoordiger:
Elani Aucamp 072 741 0484
“Whether you think you can or think you can‟t- your right.”
– Henry ford
Dekor & Klerasie: Elzané Jansen van Rensburg
076 904 0922 “Never forget that life isn‟t measured
by the number of breaths we take...but by the MOMENTS that take
our breath away.”
PASV 2013/2014
OORDOSIS | Bladsy 3
iewe leser...
Daar is ‘n baie waar gesegde wat sê: “Change is the only constant”. Verandering is vanselfsprekend.
Verandering is om ons. Verandering vorm ons. In ons daaglikse lewe is verandering die enigste ding wat op ‘n
gereelde basis plaasvind, of dit nou met of sonder ons toestemming is. Verandering is meeste van die tyd
angswekkend, maar tog sou ons stil gestaan het daarsonder - dink net hoe vervelig sou die lewe dan gewees het.
Die tyd het ook aangebreek dat die jaarlikse PASV studente tydskrif, Die Setpil, bietjie “naam-verandering”
ondergaan. As redaktrise van die eerste uitgawe van Oordosis is ek baie opgewonde en trots, want ek glo dat
hierdie “verandering” net groot dinge sal beteken, maar dat die standaard tog behou sal word.
“Don’t be afraid to change. You may lose something good, but you may gain something even better.” Alhoewel
verandering mens soms onkant vang kan dit dalk net die beste ding in jou lewe wees. Soos wat die jaar van 2013
na ‘n einde toe stap en 2014 nader wink beteken dit ook verandering is aan die kom. Finalejaars gaan hulle eerste
tree in die “grootmens-wêreld” gee wat gepaard gaan met groot- sowel as nuwe geleenthede - baie sterkte! Die
res van ons... Wel ons sal maar moet wag en sien wat gebeur in die tydjie wat ons oor het van student-wees. Mag
enige “verandering” wat oor jou pad kom in die nuwe jaar, jou vorm- nie net tot ‘n beter weergawe van jouself
nie, maar tot ‘n beter apteker. Mag verandering vir jou iets beter gee as waarvan jy ooit gedroom het.
Geniet die vakansie, sien julle in 2014!
Esmari van Jaarsveld
PASV Bemarking en Reklame 2013/14
L
Brief van die Redaktrise...
Oordosis Redaksiespan:
Elria Hurn
Jana Lotter
Johandré Stronkhorst
Lara Kotzé
OORDOSIS | Bladsy 4
...Brief van d
ie Voorsitter
Indien jy die voorreg het om die Oordosis te lees
is dit omdat jy deel is van „n uitgesoekte groep
studente, wees altyd dankbaar vir die geleentheid om
so „n gevorde kursus aan te durf, sukses word behaal
deur mislukking te ignoreer en nie entoesiasme te
verloor nie.
Herontdek jou passie vir aptekerswese indien dit nodig
is en glo in jouself; weet dat daar iets groter en sterkte
binne in jou is as wat enige struikelblok ooit kan wees.
Indien hierdie die maklikste kursus was sou almal dit
gedoen het, moet nie moed verloor nie, glo in jouself
en jou vermoë.
Indien jy nie nastreef wat jy wil bereik nie sal jy dit
nooit behaal nie. Indien jy nooit vorentoe tree nie sal jy
altyd op dieselfde plek bly.
Moet nooit ophou ontdek en leer nie, maak
herinnerige en geniet elke oomblik van student wees.
Streef daarna om die beste te wees in die beroep dan
sal jy beloon word vir jou harde werk.
Baie dankie aan Esmari en haar sub-komitee wat
soveel ure ingesit het om hierdie tydskrif vir elkeen
van julle beskikbaar te stel. Dit vat baie harde werk en
ek dink nie enige van ons kan begryp hoeveel moeite
ingesit word nie.
Sterkte met die eksamen!
Vriendelike groete
Vernice Steenkamp
PASV Voorsitter 2013/‟14
eagte mede-student… G
. . . . . . . . . . . . . . . . . .
“ “
VOLG ONS OOK OP
TWITTER!
www.twitter.com/
pasvpuk
Of @pasvpuk
E-POS:
KANTOOR
TELEFOONNOMMER:
018-299 2252
JOIN ONS
GROEP!
www.facebook.com/
groups/PASVPUK/
PASV
Kontakbesonderhede...
OORDOSIS | Bladsy 5
Akademiese Top 10
1. Me M. Arangies 95%
2. Mej. SA Echelu 85%
3. Mej. J. Muller 85%
4. Mej. M Vivier 83%
5. Mej. MA Blaauwhof 83%
6. Mej. N Muller 83%
7. Mej. M Rawlings 83%
8. Mej. C Olivier 83%
9. Mej. A Meyer 82%
10. Mej. Z Grobler 81%
1. Mej. L van Dalen 83%
2. Mej. CE Janse van Rensburg 82%
3. Mej. M Nell 79%
4. Mej. M Terblanche 78%
5. Mej. J Theron 77%
6. Mej. J Dreyer 77%
7. Mej. C Liebenberg 77%
8. Mev. JC Scheepers 76%
9. Me. T Venter 76%
10.Mej. J De Beer 76%
1. Mej. A Rheeder 90%
2. Mej. C Jacobsz 83%
3. Mej. L Du Preez 83%
4. Mej. N Nel 81%
5. Mej. E van Jaarsveld 81%
6. Mnr. DF Fensham 80%
7. Mej. AL Coetzee 80%
8. Mej. MM Lundie 79%
9. Mej. A Nel 79%
10. Mej. J Badenhorst 78%
1. Mej. I Vrey 92%
2. Mej. M Erasmus 91%
3. Mej. NL Hoffman 90%
4. Mej. J Smit 88%
5. Mej. M Human 86%
6. Me L Fraser 86%
7. Mej. A van Brakel 84%
8. Mej. L Durow 84%
9. Mej. HD Janse van Rensburg 84%
10. Mej. EM Hurn 83%
Eer
stej
aars
...
Tw
eed
ejaars
...
Derdejaars...
Vie
rde
jaar
s...
- Stalletjiesdag -
Dit is dié dag in die jaar wat elke fakulteit sy heel beste voetjie moet voor sit en vir al wat „n matriekleerling is
moet beïndruk en oortuig dat dit die perfekte studierigting vir hom of haar sal wees.
Skoolleerlinge van talle skole in die omgewing sak op die NWU Potchefstroom kampus toe en het dan die geleentheid om
vrae te vra oor die studierigting wat hulle beplan om te gaan studeer…. Natuurlik is daar diegene wat net agter die freebies
aan is wat vanselfsprekend is met „n dag soos dié. Hulle kry ook die kans om met studente te gesels wat reeds die
spesifieke rigting swot om so ook die student se persoonlike ervaring oor die studierigting te hoor.
Stalletjiesdag is dus nie net „n dag van suigstokkies kry by die Onderwys - stalletjie of groen sappige appels by die
Dieetkundiges nie. Nee, Stalletjiesdag is daar om vir skoolleerlinge meer sekerheid te gee oor hulle toekomstige
studierigting, om hulle bloot te stel aan die gees wat onder die PUK-studente op kampus heers en om hulle opgewonde te
maak.
Hierdie jaar het Farmasie en die PASV net weereens bewys wat in ons steek en „n eerste plek vir ASV Stalletjiesdag
verower!
...Elria Hurn
Baie geluk aan elkeen wat op die Akademiese Top 10 van sy/haar onderskeie jaargroep is.
Hou aan met die goeie werk!! Ons is trots op elkeen van julle!
OORDOSIS | Bladsy 6
- By Esmari van Jaarsveld
With the theme “Pille vir Kersfees” we welcomed the
hopeful, yet nervous, pharmacy first years of 2013. 190
first years gathered the 18th of January 2013 for the
annual first year’s breakfast, hosted as an initiative
from NWU SRC, to welcome the first years to the
university and to set them at ease about this new
chapter in their lives.
The first years were welcomed by Anmarie van
Niekerk, PASV Chairperson 12/13; she also
introduced the PASV to the first years- explaining who
and what we are and what role we played during their
studies. After a lot of work, preparation and with the
support from great sponsors like Leading Pharmacies,
Clover, Dis-Chem, CJ Pharmaceuticals, Sandoz and
many more an unforgettable breakfast was hosted by
Chrizanne Jooste, PASV Academy 12/13.
A break away from a busy orientation program, first
years had the opportunity to relax and enjoy
themselves for two hours. Prizes were handed out in a
lucky draw as well as a competition where the
questions were based on information that was given
during the morning. Amongst the prizes were a
thermometer, blood pressure machines and “Die
Akker” vouchers. Each first year received two gift
bags - one containing their breakfast for the morning –
a healthy meal to give them some energy for the rest of
their orientation program; the other bag was their
goodie bag filled with pens, a small icepack, a stress
ball, a first years booklet containing crucial infor-
mation about their course, lecturers etc. as well as the
“Setpil” (PASV’s annual magazine).
Mmakgabo Chokwe, Student exchange officer and
IPSF contact person from SAPSF, also addressed the
first years explaining to them what SAPSF was and
how they, as first years, can get involved in the
programs that SAPSF host. First years also had the
opportunity to mingle with each other as well as with
members of the PASV.
With proud hearts we can say that each first year
walked away knowing a little bit more about the next
four years than what they did when they entered the
breakfast. Without a doubt it was one successful event!
4 Mei was die PASV se spoggeleentheid om ʼn bietjie te
wys hoe doen die aptekers hulle ding hier in
Potchefstroom.
Opedag was beslis ʼn sukses vir die PASV aangesien die
stalletjie ʼn algehele derde plek behaal het as ASV.
Dit was natuurlik tot geen se verbasing aangesien die
tema van die stalletjie almal uit die veld geslaan het. Die
outydse, antieke voorkoms van ʼn apteek skep verseker ʼn
goeie indruk en ʼn warm gevoel in almal se harte!
Elke voornemende eerstejaar, sowel as die bekommerde
ouers, se harte is rustig gemaak met Prof. Dries se
opregte en insiggewende voorlesing oor die beroep,
watter geleenthede dit sal kan skep sowel as vakke wat
sal verander om die rigting dadelik sommer meer relevant
tot die beroep te maak. Daar is verseker dat die individue
hard sal moet werk en hulle alles sal moet insit, aangesien
die PUK se aptekers verseker ʼn bietjie meer weet...
Natuurlik saam met opedae kom daar altyd ʼn magdom
vrae, angstige kinders, maar nog meer benoude ouers...
Hoe lank duur die kursus indien jy sou wou in die
vervaardiging kosmetiese of kliniese afdeling ingaan, die
kostes, die vakke, die rooster, die dosente, die keuring, die
gemeenskapsdiens jaar ensovoorts. Die lys is eindeloos.
Gelukkig kon al hierdie vrae sommer gou beantwoord
word en ʼn gerusstellende siel tot gevolg hê.
Al die komitee lede en sub-komitee lede van die PASV het
hard saamgewerk en koppe saamgesit om van hierdie dag
ʼn reuse sukses te maak en vir almal te wys dat
aptekerstudente ʼn eenheid is en hul alles insit in alles wat
hul aanpak.
Dankie aan almal se insette en harde werk. Die
voornemende eerstejaars en hulle ouers het verseker
met geen onbeantwoorde vrae huis toe gegaan nie en ek
is seker elkeen van die aptekerstudente op PUK kampus is
trots om hier te wees!
- Lara Kotzé - First year’s breakfast 2013
Opedag 2013
OORDOSIS | Bladsy 7
. . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
When great events go down in the History books of South Africa, I am glad my name might have the light of being
mentioned. If there is a 9th wonder in the world, the 1
st National Pharmacy Conference will be that wonder. One might
ask why? Perhaps if I started bleeding in reasons that would fill an ocean bed, then will a person really understand the
remarkable and historical event, which was the brainchild of the great minds that make up the pharmacy council. For
those who never had the pleasure of this milestone, it gives me great gratification to spill to pills and capsules that
made this conference personify the phrase; Moving to Pharmacy 2030, Sharing the vision.
The beauty of the four days was galvanized by the greatest minds from all spheres of pharmacy nationally and inter-
nationally into one place - Sun City. The conference was an “opportunity for pharmacy to be recognized and counted
as integral in addressing the healthcare needs of the people of South Africa” (SAPC, 2013). The foundation of the
conference was held strongly by the overabundance of topics covered in the different commissions daily. The first
three were based on pharmacy education, pharmacy practice, and Human Resources for Pharmacy. The central
theme funneling into what practice is and what it will be in the future. The three commissions on day three, ranged
from leadership, Corporate Governance, Policy and Legislation, and the Role of the pharmacist in improving Health
Outcomes in the context of the Millennium Development Goals, which were pivotal in the Minister of health‟s Opening
remarks on the opening evening of conference, which was a first for some of us. A key commission was, that of the
vision for pharmacy in RSA – which really took to the gist of the conference‟s focus like a fighter pilot. I wont lie and
say the “older generation” of pharmacists can‟t kuier, cause they can pull moves till they need muscle relaxants. The
conference offered its fare share of themed social evenings with glitz and glam, just as the SAPSF conference has
time and time again. Without being selective, which I may subliminally seem, the conference had a cohort of very im-
pactful speaker such as; Dr Motsoaledi (minister of health), the president and registrar of the SAPC, Ms Mastsoso
(DG of Health), Helen Gordon of the Royal Pharmaceutical Society (UK), Roberto Frontini of the European Associa-
tion of Hospital Pharmacist and many more.
The icing on the cake was the National Pharmacy Awards Gala Dinner, which took place at the Superbowl, where the
Gupta‟s had their wedding, so I had the pleasure of living like a pharmaceutical Gupta for the specular evening. The
evening saw a number of persons in pharmacy get recognized for the amazing strides they have achieved in this field
within their specialty. Undoubtedly it was one evening that really resonated the virgin passion of every pharmacist
there.
Having had the pleasure of living the conference with the Future Pharmacist Award, I can only truly acknowledge that
the resolutions that came out of the commissions, discussions, and personal networks made were the most valuable
assets I carry with me into my professional life from that conference. It was a desire of many to have the conference
again in the near future, for many more young and active pharmacist to come together and
vent on issues such as; the NHI, Antimicrobial Stewardship, specialties in
pharmacy and many other fascinating and importance items of discourse in
the future of pharmacy in the country. In the end, the success of the confer-
ence will be measured by the nature of the vision drawn and laid down in our
practice as future pharmacists, then and only then, can the common man say,
“truly I know why we have pharmacists in our country”.
The 1St of Greats for South African pharmacy
By Abednigo Nkosi
“ “
OORDOSIS | Bladsy 8
CPD staan vir Continuing
Professsional Development. Dit is
deur SAPC (South African
Pharmacy Council) ingestel met
die primêre doel om te verseker
dat geregistreerde aptekers en
assistente gedrewe bly om
professionaliteit te handhaaf,
deurlopende kennis op te bou
asook om op datum te bly van
huidige en toekomstige
werksgeleenthede en
ontwikkelings. Dit laat die
geregistreerde persone toe om te
ontwikkel in hul eie areas van
spesialiteit. Dit kan ook
gedefinieer word as die
voortdurende leer en
voortbouing van die individu se
vermoëns en professionaliteit
regdeur sy/haar werksloopbaan.
CPD is noodsaaklik aangesien dit
verseker dat die nodige gehalte
van gesondheidsorg gehandhaaf
word. Dit behels verskeie
aktiwiteite wat gemonitor word
en sodoende bepaal of die nodige
standaarde van die praktisyn
asook die praktiserende
gehandhaaf word. ʼn Web
gebaseerde databasis sal gebruik
word om die nodige terugvoer en
inligting rakende die CPD
aktiwiteite aan ʼn geregistreerde
persoon te verskaf. Elke
geregistreerde persoon vul ʼn PPS
(Personal Profile Sheet) in, wat ʼn
oorsig gee van die persoon se
kwalifikasies en sy/haar area van
praktyk.
Dit kan aktiwiteite insluit onder
andere: selfstudie, bywoning van
lesings, kursusse, werkswinkels
sowel as formele
onderrigsprogramme. ʼn Bewys
van bywoning is noodsaaklik
indien die individu byvoorbeeld ʼn
kursus of werkswinkel bygewoon
het. Persone wat geregistreer is
moet ten minste 12
leeraktiwiteite of gebeurtenisse
bywoon oor ʼn tydperk van 12
maande.
Die CPD program beoog om teen
Januarie 2015 in volle werking te
tree en moedig solank alle
aptekers en aptekersassistente
aan om hiervan kennis te neem
en hul kant te bring.
*Besoek gerus die onderstaande
webtuiste vir meer inligting:
www.pharmcouncil.co.za/
B_CPD_Overview.asp
- Lara Kotzé -
Met ‘n spog-geleentheid op 1 Oktober 2013 is die nuwe Apteekvaardigheidsentrum geo-
pen. Dosente, akademici en ander belangrike persone van die farmasiebedryf het hierdié
geleentheid bygewoon en was verwolkom deur Prof. Sandra van Dyk. Me Lorraine Osman
sowel as Prof Awie Kotzé het ook die gaste toegespreek voordat dié sentrum geopen is en
almal op ‘n toer deur die fasilliteite gegaan het. Me. Lorraine Osman, ondervoorsitter van
die Suid-Afrikaanse Aptekersraad, het almal toegepsreek oor die toekoms van Aptekers
en die oneindige moontlikehede wat wink. Sy het ons verseker dat Aptekersewese
definitief nie ‘n sterwende beroep is– soos wat baie mense dink nie. Prof Awie Kotzé
het gepraat oor die Vaardigheidsentrum, wat die visie en doel van hierdie sentrum is,
wat daar beoog word met hierdie simulasie fasilliteit. Daar word beoog dat alle stu-
dente die vrymoedigheid sal hê om van hierdie simulasie gebruik te maak, om sode-
onde praktiese ervaring op te doen voordat hy/sy die werksplek betree en om ten einde
die mees gekwalifiseerde aptekers op te lei. Natuurlik was die opening niks sonder ‘n
paar smaaklike vingerhappies nie en het almal die middag verder saam geniet. Hoop
elkeen van julle maak gebruik van hierdie nuwe vaardigheidsentrum.
CPD: Wat is CPD?
OORDOSIS | Bladsy 9
Op
enin
g v
an d
ie N
WU
PU
K s
e
Ap
teek
vaar
dig
hei
dse
ntr
um
60 jaar gelede het studente van die Potchefstroomse Universiteit tesame met Rhodes Universiteit besluit om „n liggaam te stig wat die landswye farmasiestudente verteenwoordig. Om hierdie rede was dit besonders spesiaal dat die 60ste jaarlikse S A P S F ( S o u t h A f r i c a n P h a r m a c e u t i c a l S t u d e n t s ‟ Federation) konferensie deur Die N o o r d w e s U n i v e r s i t e i t - Potchefstroom kampus aangebied was, wat vanaf 30 Junie tot 5 Julie 2013 gestrek het.
Natasha Hayes (PASV Sekretaresse „12/‟13) wat in beheer was van hierdie besonderse konferensie se reëlings het, tesame met haar komitee, na maande se harde werk, beplanning en bloedsweet, een suksesvolle konferensie aangebied en kan enige iemand wat al by „n vorige konferensie sê dat hierdie een een vir die boeke was.
Met agt farmasie-skole, van so ver as KwaZulu- Natal, Port Elizabeth en Limpopo het die langpad na Potch aangedurf om hierdie konferensie by te woon. Al het party skole die pad byster geraak en op afgeleë grondpaaie opgeeindig het - was almal maar net te opgewonde vir die week se verrigtinge. Opgewonde om te sien wat hierdie jaar se konferensie sal oplewer en wat geleer kan word- nie net van die beroep van farmasie nie, maar van mekaar.
Met borge soos FNB, Roche, Allegra, PPS, Pharma-dynamics en nog vele meer sou hierdie konferensie nie moontlik wees nie... Natuurlik kla niemand oor die lekker freebies wat bymekaar gemaak is nie. Wat is „n konferensie dan nou ook sonder „n spreker of twee? Prof Sandra van Dyk het die studente kom spreek oor
die 1ste Nasionale Konferensie te
Sun City, ons was ingelig oor Diabetes sowel as onafhanklike apteke en Charles van PPS het met ons kom praat oor die baie belangrike “vrywaring”.
Sosiale aksies wat elke aand gehou word was waarna almal heeldag uitgesien het. Om „n paar aksies te noem sluit in Impala aksie met die tema Mad scientist, Boerebar met die tema Born to pharm, en ‘n neon aand by Potch dam. Eg tradisioneel aan SAPSF sorg Mike’s mug en Slave auction vir hope opwinding en entoesiasme. Geld wat ingesamel word tydens die Slave auction word geskenk aan „n gekose gemeenskapsprojek.
Ons eie Mnr. Nico Scheepers was ook jare gelede deel van die presidensiële komitee (PRESCO) van SAPSF en het as SAPSF ondervoorsitter gedien. Tydens die dinee, wat tradisioneel die laaste aand van die konferensie gehou word, het Mnr. Scheepers ook die Nic Scheepers trofee oorhandig aan Jasmine Duxbury vanaf WITS vir algehele prestasie gedurende die konferensie. Menigte trofees is oorhanding soos bv. die “Wooden spoon”, die “Spirit Award”, die “SAPSF Service Award”, die “Mer National” trofee, die “Lorraine Osman” trofee, die “Penny Ambler Memorial” trofee en vele meer. In viering van die 60ste jaarlikse konferensie was die tema Diamante en soos gewoonlik het Crista Galli nie teleurgestel nie, met smaaklike ete en lekker skoffel.
Na „n week van kennis opbou en inligting ontvang oor Diabetes en hoe om op die pasiënt te fokus, baie eet, leer van mekaar en agt skole wat saam kuier het die konferensie tot „n einde
gekom en het totsiens sê moeilik geraak. Ons kan nie wag vir die 61ste jaarlikse SAPSF Konferensie wat deur UWCAPS (Universiteit van die Wes-kaap) aangebied sal word nie- hoop om julle almal daar te sien volgende jaar.
SA
PS
F konferensie 201
3 – P
otchefstroom
- Esm
ari van Jaarsveld
OORDOSIS | Bladsy 10
Op 4 September 2013 was dit tyd vir dié sosiale aksie van die jaar - die PASV
Informal!. Die Snowflake is gekies as venue, en met die nuwe spasie en dekor was dit
duidelik ‘n goeie keuse. Die tema vir hierdie jaar se Informal was Kid’s Party, en elke
farmasiestudent het aangetrek soos wat hulle sou na ‘n kinderpartytjie... soos in die ou
dae.
By die deur was almal verwelkom met ‘n punch wat definitief ekstra skop gehad het.
Die kos was voorsien deur Tannie Marianna, en was seker na tien minute klaar. Nie net
sub-komitee nie, maar ook random mense het die skinkborde met kos rondgedra tussen
die skare en kos en cupcakes uitgedeel.
Die uitruilstudente wat in Potch gehuisves word, Thomas Kempen van Nederland en
Travis Tacheny van Amerika, het vinnig vriende gemaak met ons aptekers en almal het
lekker gedans op die jams wat MSM Produksies gegooi het. By die foto hoekie het die
studente gepose met over-sized suigstokkies en sweets.
Die PASV wil dankie sê vir een suksesvolle aand: Die awesome vibe, vir almal se
bywoning so tussen die akademie, veral die finalejaars EN natuurlik dié met die pienk
vlerkies en goue tights, die random ou wat foto’s van almal geneem het en almal met
hul tutu’s en hasie ore.
Te danke aan julle was dit verseker een van die hoogtepunte van Farmasie week!
-Gawie Erwee-
Informal
OORDOSIS | Bladsy 11
Wanneer ons bietjie „n blaaskans kry na „n rowwe tydjie in ons farmasie studies is dit dalk goed om bietjie te gaan nadink oor ons loopbane
wat volg nadat ons die 4 jaar as BPharm student oorleef het. In sommiges van ons se brein begin daar dadelik „n liggie flikker as daar van
navorsing gepraat word terwyl ander van ons bloot net 4 jaar wil swot en klaar kry. Hierdie artikel is daar om vir jou bietjie meer van „n
meestersgraad te vertel en wie weet, dalk oortuig dit jou sommer om te oorweeg om „n M-student te word…
MSc Farmaseutiese chemie
-Ontwerp, sintese, evalueer bv. MAO A en B inhibeerders
-Adenosien en A2 antagonist
-Antimalaria middles
MSc Farmaseutika - Soliede toestand van farma-
seutiese innovasie -Kosmetiese navorsing -Biofarmaseutika -Drug Delivery Systems
MPharm Farmasiepraktyk
-Pharmacovigilance, pharmacoepidemiology
- Farmaseutiese ekonomie en politiek
-Farmaseutiese publieke gesondheid
handhawing
-Goeie poste vir hierdie spesialiste
MPharm Kliniese Farmasie
-Vereis voorafgaande werkservaring
-Werk in hospitale, doen rondtes saam dokter
-Kan na M gaan spesialiseer in ‘n rigting bv.
Onkologie
-Baie gesogte beroep
-Meer praktiese werk met pasiënte
-Baie farmakologies
Word meer as net ‘n Apteker…
Kry jou Meestersgraad!
Daar is „n paar rigtings om van te kies indien jy dit
oorweeg om jou meestersgraad te doen. Dus stel dit
jou in staat om die rigting waarin jou passie lê en wat
jy interessant vind verder te bestudeer. Die rigtings
waarvan jy kan kies sluit in:
Farmaseutiese chemie
Farmakologie
Farmaseutika
* Farmasiepraktyk
Al 4 die bogenoemde kurrikulums kan voltyds of deeltyds
afgelê word. Die NWU Puk bied ook nou „n meestersgraad
aan in Kliniese Farmasie (lees meer daaroor op bl. 18)
OORDOSIS | Bladsy 13
Wat behels ‘n M-graad in enige van die 4 kurrikulums?
Die MSc graad is „n navorsingsgebaseerde graad en bestaan uit „n navorsingsprojek en die skryf van „n verhandeling in die spesifieke program wat jy gekies het. Die student sal hom/haar onderskei as „n spesialis in sy/haar betrokke gekose veld (program) en sal bevoeg wees om navorsingsmetodologie op die vlak en in die betrokke veld van studie toe te pas.
Wat behels ‘n M-graad in enige van die 4 kurrikulums?
Die MSc graad is „n navorsingsgebaseerde graad en bestaan uit „n navorsingsprojek en die skryf van „n verhandeling in die spesifieke program wat jy gekies het. Die student sal hom/haar onderskei as „n spesialis in sy/haar betrokke gekose veld (program) en sal bevoeg wees om navorsingsmetodologie op die vlak en in die betrokke veld van studie toe te pas.
Toelatingsvereistes vir ‘n M-graad:
Toelating tot „n bepaalde kurrikulum geskied op grond van deurlopende keuring deur die direkteur van die Eenheid vir Geneesmidde lnavors ing - en O n t w i k k e l i n g e n / o f d i e skooldirekteur. Die skooldirekteur/navors ings-di rekteur kan „n voornemende student toelating tot „n kurrikulum weier indien die standaard van bekwaamheid wat die student tevore in die betrokke vak(ke) waarin hy/sy verder wil studeer bereik het, nie aan die betrokke kurr ikulumvereistes
voldoen nie.
Behoudens uitsonderinge wat die Senaat mag goedkeur, is die toelatingsvereistes vir enige van die 4 programme 'n vierjarige BPharm graad; 'n BSc(Farm) graad en 'n toepaslike Honneursgraad of kwalifikasie wat die Senaat as gelykwaardig beskou. In al die genoemde gevalle sal sodanige addisionele kursuswerk vereis word as wat deur die betrokke programkoördineerder bepaal word.
...Elria Hurn
Jan Nieman
Die Sandoz naweek, wat
onder die farmasie
studente meer bekend
staan as die Sandoz
Kamp, was die jaar, soos
in 2012, weer in
Potchefstroom gehou by
Sports Village, en dien as
ʼn “gids” vir hoe ons as
farmasie studente leer om
ons eie persoonlikehede
beter te verstaan om
optimaal te kan
funksioneer in die
werksomgewing en wat
mens ook help om die
pasiënte op te som en te
behandel volgens die tipe
mense wat hulle is.
Die “kamp” het gestrek
oor twee dae, en die
groep waarby ek betrokke
was, het begin op die
Saterdagoggend tot en
met die Sondagmiddag.
Ons het die
Saterdagoggend dou voor
dag (08h00) begin en die
eerste uitdaging was
natuurlik om nie te
verslaap nie! Toe ons
daar aankom was ons
almal eers verwelkom
deur bekende gesigte,
oom Louis Odendaal (die
program koördineerder)
en drie interns wat tans
hul internskap in die
farmaseutiese industrie by
Sandoz doen. Ons het die
aktiwiteite van die naweek
afgeskop met Volley Ball,
wat Mnr. Odendaal
aangepas i.t.v die reëls
om ons “wakker” te kry.
Die punt van al die
aktiwiteite was om,
eerstens, met goeie
entoesiasme deel te
neem, en tweedens, na
die verloop van die
aktiwiteit, die aktiwiteit te
evalueer en te sien watter
beginsels mens daaruit
kan leer. Dus kon ons iets
so eenvoudig doen soos
ʼn driebeen resies en
steeds waardevolle lesse
daaruit vat. Die aktiwiteite
strek oor ʼn wye reeks
aspekte, so jy vind altyd
iets waarin jy sterker
presteer asook waarin jy
swakker presteer. Die
doel daarvan is om jouself
te leer ken en te sien
waarin jy moet leiding
neem en waarin jy moet
terugstaan en eerder deel
wees van die span.
In van die aktiwiteite was
jy soms gedruk tot die
punt van uitermatige
irritasie, om in effek maar
geduld (en baie daarvan)
te leer en soms maar jou
humeur op sy te sit.
Van die aktiwiteite wat vir
my uitgestaan het, was
een waarin ons ʼn emmer
moes skuif van punt A na
Punt B, wat maklik
genoeg klink, maar die
aktiwiteit het vereis dat
die spanlede wat fisies die
emmer skuif geblinddoek
is en die instruksies van
die “leiers” moes volg en
halfpad deur moes ons
ruil. Dit het baie gesê in
terme van hoe jy luister
en hoe duidelik jy
instruksies oordra, wat
natuurlik van kardinale
belang is! Die tweede
aktiwiteit was een waarin
ons ʼn struktuur moes
bou, maar elke span was
in vier kleiner groepe
ingedeel en ons moes
staatmaak op mekaar om
die nodige inligting oor te
dra so
vinnig en volledig as
moontlik (omrede daar
was geld op die spel!!!).
Die het weer vir my
gedien as riglyn van hoe
elkeen in die groep
verskeie aspekte van ʼn
taak belangrik ag en hoe
elkeen ʼn ander siening
het oor hoe ʼn taak ideaal
verrig moet word.
As geheel was die “kamp”
beslis ʼn leerskool en het
my beslis verskeie goed
geleer, van myself, my
vriende en ook my ander
klasmaats. Ek sal dit ten
sterkste aanbeveel om in
jou 3de jaar die kamp by
te woon en dit met die
regte houding te nader,
want op die ou einde
bepaal jy self wat jy
daaruit vat. Die kamp dien
ook as ʼn goeie
geleentheid om met jou
klasmaats te sosialiseer
wat jy dalk nie so goed
ken nie, so pak dit aan
met ywer en ʼn oop kop!
Naweek 2013 S N A
Z D O
OORDOSIS | Bladsy 14
= = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = =
With cars packed and excitement filling the air,
forty 3rd and 4th year pharmacy students gath-
ered bright and early on Saturday 19 January to
start the camp that was hosted at Lagayim.
Yolanda Combrick, PASV “aktualiteit”, outdid
herself organising a fun filled weekend of bond-
ing and relaxing before the hectic academic year
started.
After a forty minute drive the weekend began
with a “ken-mekaar”, followed by some fun ac-
tivities. Everyone was divided into teams playing
an action-packed volleyball game with water-
filled balloons. After all the excitement and get-
ting wet lunch was provided by Lagayim. Some
free time was given to everyone, after a lovely
and much needed meal, to just relax: some
played Thirty seconds, others splashed around in
the pool, some of the boys kicked around a rugby
ball, others played Mafia or Ninja and others…
took a nap? In spite of the weather not playing
along for the weekend we made the best of it and
made our own fun indoors.
That evening, while the boys braai’d the supper,
everyone bonded and shared some tips and se-
crets about lecturers and about their experience
so far studying B.Pharm. But what is a braai
without marshmallows? Naturally after supper
everyone enjoyed braai-ing some marshmallows
or dipping them into condensed milk. The rest of
the evening was filled with some running
around, games, “handtjie tennis” and a lot of
laughing.
The camp came to an end the next morning
where everyone enjoyed some watermelon slices
before heading back to Potch. What a way to
start the new year.
SAAPI
(South African Asso-
ciation of Pharma-
cists in Industry)
PSSA
(Pharmaceutical
Society of South
Africa)
CPS
(Community
Pharmacist Sector)
SAAHIP
(South African Asso-
ciation of Hospital
and Institutional
Pharmacists)
SAPSF
(South African
Pharmaceutical
Students‟ Federa-
tion)
Vir meer inligting oor hierdie
organisasies besoek gerus:
http://www.pssa.org.za/default.asp
-By Esmari van Jaarsveld 3rd/ 4th Year’s camp
OORDOSIS | Bladsy 15
BELANG
RIK
E O
RG
ANIS
ASIE
S O
M V
AN T
E W
EET:
Die PASV voorsien nie net aan elke aptekerstudent se behoeftes nie, maar reik ook uit na die gemeenskap.
Onder die vaandel van POLS leef die PASV hul visie, “‟n Nuwe begin met die klem op gesondheid.”, by die Leer-
en-Speel Kleuterskool in Promosa, Potchefstroom uit. Die Leer-en-Speel Kleuterskool het ongeveer 60 kinders
en die doel van elke POLS aksie is om dié kinders deur middel van opvoeding te bemagtig.
Dinsdae van 12:00 tot 14:00 vergeet aptekerstudente eers van Farmaseutiese Chemie, Farmakologie en
Farmaseutika – dit is hul POLS-tyd, hul gee-terug-tyd.
Higiëne was die onderwerp van POLS se eerste aksie by die Leer-Kleuterskool. Die kinders is meer van kieme
vertel - en daar is aan hul gewys hoeveel kieme daar op hul hande is deur middel van blinkertjies – en hul is
geleer wanneer en hoe om hul hande te was. “Juffrou, ons moet ons handjies altyd was!” word weekliks deur een
van die kinders aan een van die POLS sub-komitee lede vertel.
Handwerk aksies om die kinders se fyn motoriese vaardighede te verbeter is ook gehou – die kinders, asook
sommige studente se kreatiwiteit het hier na vore gekom. “Gaan groen of gaan huis toe” was die tema van die
volgende twee aksies. „n Herwinnings-projek met behulp van SR:SJGD Projekte Herwinning is by die Leer-en-
Speel Kleuterskool begin. „n Aksie wat die kinders meer van hul liggaam leer is ook gehou.
Prettige aksies en „n tydjie vir speel is natuurlik ook ingewerk, want - soos enige aptekerstudent weet – kan „n
mens nie net leer nie.
Op 18 Julie 2013 het die PASV hul 67 minute vir Nelson Mandela Dag by Huis Groenwilgers gedoen en die
inwoners met „n teepartytjie bederf.
Farmasie week is ook „n groot geleentheid op die POLS-kalender. POLS is verantwoordelik vir Brood-en-Meel
Dag, „n besoek aan die DBV en „n besoek aan die kindersaal van die Kallie de Haas Hospitaal.
POLS het ook hul skoene uitgetrek vir Kaalvoetdag 2013 en probeer om so veel moontlik klere en skoene vir dié
saak in te samel.
Verder probeer POLS om behoeftes in die gemeenskap te identifiseer en aan hierdie behoeftes te voorsien.
Heleen Janse van Rensburg
POLS: die hartklop van ‘n aptekerstudent
OORDOSIS | Bladsy 16
Die jaarlikse Farmasie week het hierdie jaar gestrek vanaf 2 tot 5 September, net
voordat die akademiese Semesterweek weer op ons toesak en ons lewens oorneem.
Farmasie week het definitief gesorg, soos gewoonlik, vir prettige en opwindende aksies
waaraan elke student kan deelneem.
Hierdie jaar se Farmasie week het ou bekende aksies ingesluit, maar het ook gesorg vir
‘n paar nuwe instellings. Soos oudergewoonte het ons, op 2 September, die Brood en
meel aksie gehad waar ons brode en pakkies meel aan mense uitgedeel het. Aan die
begin was ‘n paar maar skepties om hierdie brood en meel te aanvaar, maar hulle het
gou besef dat mens nie ‘n gegewe brood... of pakkie meel in die bek kyk nie. Daar is niks
soos ‘n paar vriendelike dankies en glimlagte van vreemdelinge om ‘n mens se hart
sommer vinnig-vinnig warm te maak nie.
Dinsdag was dit tyd om een van die nuwe instellings – The Pharmazing Race- uit te
probeer. Studente vanuit elke jaargroepe het in spanne van 5 ingeskryf en baie
opgewonde gewag om te sien wat vir hulle voorlê. Die nuwe aksie het uit verskeie
komponente bestaan waarvan rotsklim, ‘n blokraaisel, die bou van chemiese strukture
en “iets” eet maar ‘n paar is om te noem. Die dag was afgesluit met ‘n akademiese
praatjie met die tema: ‘Maak my ‘n beter apteker’. Delene de Villiers van Codeien care,
Mev. Hester Dreyer, Dr John Duminy (‘n onkoloog) en dan ons eie Mnr. De Wet
Wolmarans het ons ook kom toespreek. Lekker verversings het ook bygedra tot ‘n
besonderse aand.
Die hospitaaluitreik het vir ons die volgende dag gewag en was ons maar net te gelukkig
om ‘n paar siek kindertjies se gesiggies op te helder met ‘n teddie beer. Die Informal was
die volgende groot aksie waarna almal baie uitgesien het, so tussen al die toetse deur.
Kinderlik opgewonde het almal opgedaag by die Snowflake gebou, geklee in vrolike
uitrustings gereed vir die “Kinderpartytjie” om te begin. Almal het lekker gemakiti en
geskoffel tot laataand.
Op die laaste dag van Farmasie week het ons ’n draai by die DBV gaan maak. Studente
met ‘n liefde en passie vir diere het ‘n hand verleen by die DBV en bietjie met die groot
honde gaan stap en met die klein honde en katte gespeel. Vir ‘n verandering het hierdie
jaar se legendariese rugby wedstryd nie teen Teologie plaasgevind nie, maar eerder teen
die Ingenieurs fakulteit. Studente van beide fakulteite het in hulle massas opgedaag en
langs die rugbyveld , opgewonde, gestaan om te sien in wie se guns hierdie eerste-in-sy-
soort wedstryd sou eindig. Die eindtelling was 15-10 in die guns van die ingenieurs. ‘n
Baie opwindende wedstryd ... met natuurlik ‘n bloed neus of twee.
Met trots kan ons sê dat dit een suksesvolle Farmasie week was en dat ons nie
kan wag om te sien wat volgende jaar s’n inhou nie.
Fa®m@SiE wEeK... Deur Esmari van Jaarsveld
OORDOSIS | Bladsy 17
Dr. JM du Plessis
Nuwe Meestersgraad in Kliniese Farmasie
@NWU Potchefstroom kampus
OORDOSIS | Bladsy 18
Kliniese farmasie is ‘n gesondheidswetenskap rigting waar aptekers die geleentheid gebied word om pasïentsorg te kan lewer
met die fokus op optimalisering van medikasie gebruik en gesondheidsbevordering, welstand, en siektevoorkoming. Die
filosofie van farmaseutiese sorg word gebruik as die onderbou; ‘n omgee milieu met gespesialiseerde terapeutiese kennis ,
ondervinding, en oordeel vir die doel van optimale pasïentuitkoms versekering. As ‘n dissipline het kliniese farmasie ook ‘n
verpligting ten opsigte van die bydrae tot die generering van nuwe kennis wat die gesondheid en kwaliteit van lewe kan
verbeter.
#2: Wat behels hierdie Meestersgraad in Kliniese Farmasie?
Die opleiding vir die Magister in Farmasie in Gevorderde Kliniese Farmasie is ’n gekoördineerde, gestruktureerde en geakkrediteerde program vir opvoeding, opleiding, navorsing en praktyk. Dit bou voort op kennis, vaardighede, sienings
en bevoegdhede opgedoen in ’n geakkrediteerde professionele graadprogram in farmasie. Die eerste jaar van die program vir Magister in Farmasie in Gevorderde Kliniese Farmasie behels die beplanning en ontwikkeling van ’n
navorsingsvoorstel, aansoeke by die etiekkomitee en vir finansiële toekennings, kommunikasievaardighede en versterk algemene bevoegdhede vir die ondersteuning van optimale uitkomste vir geneesmiddelbehandeling en monitering van
pasiënte met ’n wye verskeidenheid van siektetoestande deur middel van basiese wetenskap en praktyk en bestuur van stelsels vir die gebruik van medikasie. Die tweede jaar van die program vir Magister in Farmasie in Gevorderde
Kliniese Farmasie fokus meer op kliniese navorsing en die toepassing van die gedetailleerde kliniese kennis opgedoen in die eerste jaar van die program deur beoordeling van pasiënte en praktiese hantering van gevallestudies.
Deskundigheid word proaktief gebruik om rasionele behandeling met geneesmiddels te verseker en te bevorder.
#3: Wat is die vereistes om vir hierdie Meestersgraad in Kliniese Farmasie aansoek te doen?
Die toelatingsvereistes vir die Magister in Farmasie in Gevorderde Kliniese Farmasie is ’n baccalaureusgraad in
Farmasie (BPharm) en geldige registrasie as ’n apteker by die Suid-Afrikaanse Aptekersraad. Aansoekers moet verder
bewys lewer van toepaslike kliniese ervaring en van voldoende meegaande vaardighede in die bestuur van
farmaseutiese sorg.
Elke aansoeker moet die volgende dokumente saam met die aansoek indien:
’n Curriculum vitae
’n Afskrif van die sertifikaat van voorgraadse graad
’n Gesertifiseerde afskrif van die uitslae van voorgraadse modules
’n Portefeulje wat bewys lewer van toepaslike kliniese ervaring en van voldoende meegaande vaardighede in die bestuur
van farmaseutiese sorg
Ten minste twee briewe van aanbeveling van ’n kollega of direkte bestuurder/toesighouer
Daarby sal alle wetenskaplike artikels wat deur die aansoeker gepubliseer is en/of enige protokol of riglyn wat deur die
aansoeker ontwikkel is, in ag geneem word.
Laastens word die keuring van aansoekers na psigometriese toetse, geskrewe onderhoude en persoonlike onderhoude met die
programkoördineerder en die nagraadse programadvieskomitee (AKGKF) gemaak.
Sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Julie van elke akademiese jaar.
# 1
: W
at is
Klin
iese
Far
mas
ie?
#4: Wat behels die keuring vir hierdie Meestersgraad?
Vervolg op bladsy 19
#5: Wat maak die NWU se Meestersgraad “anders” as bv. Rhodes en Medunsa se graad? Of Hoe verskil die NWU se
Meestersgraad in Kliniese farmasie van ander in sy soort?
1. Die kursus is vir ’n Meestersgraad in Farmasie in Gevorderde Kliniese Farmasie, loop oor 2 jaar, behels 192 krediete en maak van sowel kontak- en afstandsonderrig (gemengde modus) gebruik.
2. ’n Beduidende deel van die kursusmateriaal word webgebaseerd aangebied, ondersteun deur ’n bestaande virtuele leeromgewing (eFundi) van die Universiteit. Daarby vorm vaardighede om toepaslike inligting uit hulpbronne op die internet te kry ’n integrale deel van die program se leeruitkomste. Daarom is bewys van geskikte rekenaargeletterdheid, óf deur die suksesvolle aflê van ’n vooraftoets in rekenaargeletterdheid óf deur die voltooiing van ’n goedgekeurde kort kursus in basiese rekenaar- en internetvaardighede, ’n vereiste om vir die program te registreer.
3. Studente moet ’n slaagsyfer (60% of hoër) in elke element van assessering behaal. Geen kompensasie tussen elemente word toegelaat nie.
4. Die navorsingsprojek wat onderneem word, moet van so ’n standaard wees dat dit tot ’n publikasie sal lei.
5. Elke semester begin met ’n verpligte inleidende werkswinkel oor vyf dae. Studente kry die geleentheid om die belangrikste lede van die bestuurspan van die kursus, waaronder die programkoördineerder (PKGKF – Programkoördineerder vir Gevorderde Kliniese Farmasie), te ontmoet. Dit word opgevolg met 4 kontakdae elke 8 weke (verpligtend).
6. ’n Maandelikse terugvoer/self-evaluering op eFundi vorm die basis vir hierdie program.
7. Seker die belangrikste aspek is dat die student in sy/haar werksplek opgelei word en dus nie net gefokus is op die hospitaal omgewing nie. Daar word ook kliniese leermeesters uit verskillende dele van die multidissiplinêre omgewing vir hierdie studente aangestel en opgelei om die leeromgewing vir hulle te skep.
Die primêre doel van die program is om gevorderde spesialis kliniese aptekers te lewer wat
opgelei en toegerus is om onmiddellik leiersposisies te aanvaar as kliniese aptekers en bestuurders in die moeilike en
veeleisende veld van die breë stelsels vir die lewering van geïntegreerde kliniese gesondheidsorg (bv. kliniese apteke,
apteekdienste vir pasiëntsorg, ens.).
Dit is egter so dat nie alleen in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd is die klem verskuiwing van die apteker na dié van klinies.
Tans is daar so ‘n tekort aan kliniese aptekers dat persone sonder die nodige opleiding in hierdie nuut geskepte poste
instap en mag dalk die heel verkeerde indruk na buite toe uitdra.
Verder maak die oplei van die aptekers tegnikus ook dat ‘n apteker moet gaan kyk wat is sy toekoms as slegs ‘n apteker.
Die pad van kliniese farmasie is geplavei -- ons moet hom nou net stap!
#6: Hoeveel studente/persone word gekeur vir hierdie Meesters? Aansoekers sal ’n formele keuringsproses deurloop. Die aantal nagraadse studente wat elke akademiese jaar aanvaar word,
word deur die programkoördineerder en ’n programadvieskomitee (Advieskomitee vir Gevorderde Kliniese Farmasie - AKGKF)
bepaal, terwyl ’n kwota van 10-12 studente in die vooruitsig gestel word. Keuring van studente sal een keer elke akademiese
jaar aan die einde van Augustus plaasvind en die uitslag sal binne 10 werksdae bekend gemaak word.
#7:
Wat
is d
ie w
erk
sge
lee
nth
ed
e v
ir p
ers
on
e
me
t h
ierd
ie M
ee
ste
rsgr
aad
?
RIGTING VOORDELE NADELE
KLEINHANDEL Betaling is goed indien deel
van die permanente werkers
Lang ure wat gewerk word,
naweke werk
INDUSTRIE Aanpasbare/ buigsame werk-
sure en voordele
Baie papierwerk en chemiese
prosedures is betrokke
HOSPITAAL Redelike ure met voordele Salaris nie altyd voldoende en
moet op bystand wees
Vergelyking van voordele en nadele van
kleinhandel, industrie en hospitaal.
OORDOSIS | Bladsy 19
Sandoz‟s strong global presence
is what initially attracted us to the
company. Sandoz‟s holding
company Novartis is the world
leader in the pharmaceutical in-
dustry. The Sandoz internship
programme afforded us the op-
portunity to be in contact with
professionals and cultures from
around the world. Sandoz also
places a lot of emphasis on tal-
ent development and getting into
an internship programme at
Sandoz was an ideal way to
learn different skills set.
As pharmacy graduates we rec-
ognised early on that not much
emphasis is placed on industrial
pharmacy despite it playing a
vital role in the health care sys-
tem. What we learn in text books
does not do justice to the preci-
sion, accuracy and high level of
attention to detail required to
provide medication to our pa-
tients. Hence, when the oppor-
tunity to work in the pharmaceu-
tical industry presented itself we
grabbed it with both hands.
This internship is not like any
conventional pharmacy intern-
ship. It is designed to practically
expose pharmacy interns to the
core foundations of the pharma-
ceutical industry which include
Manufacturing, Packaging, Sup-
ply Chain, Quality Assurance,
Quality Control, Drug Regulatory
Affairs and Warehousing. Each
of us has found that our
strengths and interests lie within
different aspects within our com-
pany.
“My professional future has blos-
somed because of Sandoz, my
career is like no average Phar-
macist, I am mentally stretched-
my problem solving skills have
improved, I can work at ease
under pressure and my percep-
tion of career limitations have
been broken down. There is
more to my profession; there is
an international network of pro-
fessionals, of a team. Sandoz
has emphasized my beliefs, it‟s
not about gender, not about
race, nor is it about where I
come from that determines my
career and future, rather it is
about hard work, about commit-
ment, about dedication and
about pride, that one‟s career
has a long shelf life. I cannot see
anything more gratifying, more
worthy.”- Amisha Chiba.
“Having given up high heels and
make up for steel boots and an
overall is certainly a life changing
experience but when you find
yourself at the heart of such a
limitless profession which push-
es all boundaries the sacrifice is
worth it. Industry is not for the
faint hearted - For me this expe-
rience has taken me from a dam-
sel in distress to a strong dyna-
mite literally lifting up drums.
Manufacturing „was‟ a male dom-
inated profession however, I am
sure I can give the guys a run for
their money. So I welcomed the
challenge of an industrial intern-
ship. Opportunities like this only
come once in a life time and the
knowledge and experience I
have learnt this year is priceless.
I have a new profound sense of
respect for my profession as a
production pharmacist, for the
immense wisdom and the wealth
of knowledge that surrounds me
at Sandoz”-Leshania Naicker
Leshania Naicker
Sandoz Technical Operations 2013 Production Interns
OORDOSIS | Bladsy 20
In their own words….
Continues on page 21…...
“I took particular interest in the aspect of demand planning as I found fascinating the way it ties together the
entire business .The area of packaging is one that I also find intriguing. I have found the personnel to be most
welcoming and highly knowledgeable in their respective area of work. Working in supply chain has pushed me
to think outside the box. I was required to think innovatively to overcome challenges. I also learnt to work with
individuals of all races and cultures - what we call in SA “The rainbow nation”. Being in supply chain specifical-
ly has taught me to become a good mediator amongst individuals. The Sandoz internship programme has giv-
en me the opportunity to learn the ins and outs of the pharmaceutical industry both on a local and international
level. By doing so it has given me the ideal foundation for a potential life time career in the pharmaceutical in-
dustry” -Thevendran Naidoo
“By the end of the internship, the knowledge and exposure I have attained at Sandoz has allowed me to make
an informed decision as to which sector my passions lie within the industry. For me it was love at first depart-
ment, I had started my internship in production - packaging. Here I was exposed to various packaging machin-
ery which sparked my interest into researching the different types of packaging machinery, how they work and
can perform to optimize the production rate. My interpersonal as well as my communication skills were
strengthened by interacting with the Sandoz team. I believe that the scope for growth is immense both in
South Africa and globally. As a young professional, if given the opportunity, it has the promise of a successful
future. “-Gulshan Mustapha
Throughout the Internship programme, we have been exposed to the production of life saving medication, the
assurance of quality of such medicine and finally the supply and demand of such medicine to the vulnerable
and weak. Sadly, we are at the end of our internship programme and unanimously we agree that this year has
been an adventure that far exceeded our expectations. – Ends-
NAMENS DIE PASV WIL ONS GRAAG BAIE DANKIE
AAN DIE VOLGENDE BORGE SÊ VIR HULLE
BETROKKENHEID BY DIE FINALEJAARSDINEE
VAN 2013.