opname vir uitsaaidiens prof m janson

4
Opname vir Uitsaaidiens – Prof M Janson Skriflesing: Jeremia 7 3, 5 – 11 Jeremia 23 16 – 20 , Esègiël 33 1 – 11 , Markus 8 34 - 35 , Efesiërs 2 14 – 19 Boodskap: 'Geliefdes in die Here, die radio bly 'n wonderlike saak. Is dit nie waar nie? Die radio het iets van die nuwe aarde in hom. Want u weet, ek dink dat as ons eendag op die nuwe aarde woon – deur die genade van die Here – sal ons nie meer so ver van mekaar af wees nie. Al is ons ook fisies ver van mekaar, sal ons seker naby mekaar lewe. Ons sal mekaar ken, ons sal mekaar kan sien, ons sal mekaar kan hoor en verstaan. En so is die radio. Hierdie erediens word landswyd uit hierdie kerk uitgesaai. Terwyl ons dus hier saam is, is ons verbind met duisende mense, dwarsoor ons lieflike land. Wat 'n wonder dat ons almal saam [en ons sê ook vir hulle baie welkom saam met ons hier] wat 'n wonder dat ons almal èèn kan wees en hier na die Woord van die Here kan luister. En ek het die voorreg – hoewel dit 'n voorreg is wat 'n mens laat bewe – die voorreg om die Woord aan u almal te bedien. Nou het die bediening verskeie vorme. Ek het vir u een daarvan gelees uit Esègiël 33: Dat 'n mens op die kansel ook soms 'n brandwag moet wees, 'n wag wat die basuin moet blaas en die mense moet waarsku. Ek dink dis nodig, broeder en suster, en daarom wil ek dit voor u doen: Die basuin blaas. En ek wil hoop dat u sal luister, want u het gehoor hier in Esègiël 33 vers 4 word ook gepraat van: 'hom nie laat waarsku nie'. 'n Mens kan dit so maklik doen. As u by die huis is, kan u eenvoudig die radio afskakel of na 'n ander stasie oorskuiwe. Hier in die kerk kan u u ore toesluit. U kan besluit, ag, die ou wat sulke dinge sê is, nou ja, u kan enigeiets invul: 'n liberalis, 'n kommunis, u kan sê hy hou 'n politieke praatjie. En as u dit alles doen, sal u besig wees met 'n ontvlugtingsmaneuver. Want waaroor gaan dit? Dit lyk vir my asof daar in ons tyd 'n swaard aan die kom is. Ek kan nie help nie, ek moet eerlik wees dat ek 'n swaard sien kom. En as dit nog 'n mense-swaard was, was dit nie so erg nie, alhoewel dit al erg genoeg is. Maar dit lyk vir my na Gód se swaard. Ek sê weer, vir die mense se swaarde kan jy vlug, maar hoe sal 'n mens aan God se swaard ontvlug? In die woorde van Psalm 139 ['n bietjie verander]: hoe sal ek ontvlug aan U swaard? Klim ek op na die hemel, hy's nog altyd daar, maak ek die doderyk my bed, hy's nog altyd daar; sê ek die duisternis moet my bedek, dan is dit daar nog altyd lig. Dit lyk vir my of daar 'n swaard oor ons hang en ek hoop u gaan u laat waarsku. Ek vertrou u dat u dit wil laat doen. Daarom, waaroor gaan dit? Wat se swaard is dit? – so vra u vir my. En ek wil u baie duidelik antwoord. Broeder en suster, ek hoef dit nie vir u te sê nie, ons leef in 'n tyd van krisis, en ons weet dit almal, 'n tyd wat familie is van die tyd van Jeremia en Esègiël. Daarom het ek uit hulle boeke gelees. In Jeremia 7 het ek gelees van: "Ek sal jou laat woon in hierdie land". Dit is ook ons krisis: Sal ons in hierdie land van ons kan woon? Dit is die vraag wat ons diep in ons harte vra: sal ons kinders nog hier kan woon? Is dit nog veilig hier? Dis die krisis, nie waar nie? En wat my nou oor hierdie swaard bekommer – en ek kan nie help om daaroor bekommerd te wees tot die dood toe nie – is dit: dat ons almal in hierdie krisis ons oplossings het. En die oplossings, die koers wat ons inslaan, lyk vir my – ek mag verkeerd wees, in hemelsnaam, ek sê nie ek het die waarheid in pag nie – maar dit lyk vir my na 'n onchristelike weg wat ons inslaan. Ons oplossing lyk vir my of ons die Here eenkant neersit. Daarom het ek vir u uit Jeremia 23 van die valse profete

Upload: ng-lynnwood-gemeente

Post on 02-Mar-2016

237 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Opname vir Uitsaaidiens Prof M Janson

TRANSCRIPT

Page 1: Opname vir Uitsaaidiens Prof M Janson

Opname vir Uitsaaidiens – Prof M Janson

Skriflesing: Jeremia 73, 5 – 11

Jeremia 2316 – 20

, Esègiël 331 – 11

, Markus 834 - 35

, Efesiërs 214 – 19

Boodskap:

'Geliefdes in die Here, die radio bly 'n wonderlike saak. Is dit nie waar nie? Die radio het iets van die

nuwe aarde in hom. Want u weet, ek dink dat as ons eendag op die nuwe aarde woon – deur die

genade van die Here – sal ons nie meer so ver van mekaar af wees nie. Al is ons ook fisies ver van

mekaar, sal ons seker naby mekaar lewe. Ons sal mekaar ken, ons sal mekaar kan sien, ons sal

mekaar kan hoor en verstaan.

En so is die radio. Hierdie erediens word landswyd uit hierdie kerk uitgesaai. Terwyl ons dus hier

saam is, is ons verbind met duisende mense, dwarsoor ons lieflike land. Wat 'n wonder dat ons almal

saam [en ons sê ook vir hulle baie welkom saam met ons hier] wat 'n wonder dat ons almal èèn kan

wees en hier na die Woord van die Here kan luister. En ek het die voorreg – hoewel dit 'n voorreg is

wat 'n mens laat bewe – die voorreg om die Woord aan u almal te bedien.

Nou het die bediening verskeie vorme. Ek het vir u een daarvan gelees uit Esègiël 33: Dat 'n mens op

die kansel ook soms 'n brandwag moet wees, 'n wag wat die basuin moet blaas en die mense moet

waarsku. Ek dink dis nodig, broeder en suster, en daarom wil ek dit voor u doen: Die basuin blaas. En

ek wil hoop dat u sal luister, want u het gehoor hier in Esègiël 33 vers 4 word ook gepraat van: 'hom

nie laat waarsku nie'. 'n Mens kan dit so maklik doen. As u by die huis is, kan u eenvoudig die radio

afskakel of na 'n ander stasie oorskuiwe. Hier in die kerk kan u u ore toesluit. U kan besluit, ag, die

ou wat sulke dinge sê is, nou ja, u kan enigeiets invul: 'n liberalis, 'n kommunis, u kan sê hy hou 'n

politieke praatjie. En as u dit alles doen, sal u besig wees met 'n ontvlugtingsmaneuver. Want

waaroor gaan dit? Dit lyk vir my asof daar in ons tyd 'n swaard aan die kom is. Ek kan nie help nie, ek

moet eerlik wees dat ek 'n swaard sien kom. En as dit nog 'n mense-swaard was, was dit nie so erg

nie, alhoewel dit al erg genoeg is. Maar dit lyk vir my na Gód se swaard. Ek sê weer, vir die mense se

swaarde kan jy vlug, maar hoe sal 'n mens aan God se swaard ontvlug? In die woorde van Psalm 139

['n bietjie verander]: hoe sal ek ontvlug aan U swaard? Klim ek op na die hemel, hy's nog altyd daar,

maak ek die doderyk my bed, hy's nog altyd daar; sê ek die duisternis moet my bedek, dan is dit daar

nog altyd lig.

Dit lyk vir my of daar 'n swaard oor ons hang en ek hoop u gaan u laat waarsku. Ek vertrou u dat u dit

wil laat doen. Daarom, waaroor gaan dit? Wat se swaard is dit? – so vra u vir my. En ek wil u baie

duidelik antwoord.

Broeder en suster, ek hoef dit nie vir u te sê nie, ons leef in 'n tyd van krisis, en ons weet dit almal, 'n

tyd wat familie is van die tyd van Jeremia en Esègiël. Daarom het ek uit hulle boeke gelees. In

Jeremia 7 het ek gelees van: "Ek sal jou laat woon in hierdie land". Dit is ook ons krisis: Sal ons in

hierdie land van ons kan woon? Dit is die vraag wat ons diep in ons harte vra: sal ons kinders nog

hier kan woon? Is dit nog veilig hier? Dis die krisis, nie waar nie?

En wat my nou oor hierdie swaard bekommer – en ek kan nie help om daaroor bekommerd te wees

tot die dood toe nie – is dit: dat ons almal in hierdie krisis ons oplossings het. En die oplossings, die

koers wat ons inslaan, lyk vir my – ek mag verkeerd wees, in hemelsnaam, ek sê nie ek het die

waarheid in pag nie – maar dit lyk vir my na 'n onchristelike weg wat ons inslaan. Ons oplossing lyk

vir my of ons die Here eenkant neersit. Daarom het ek vir u uit Jeremia 23 van die valse profete

Page 2: Opname vir Uitsaaidiens Prof M Janson

gelees. Ek wil nie oor valse profete praat nie. Wie is ek om van 'n ander mens te sê: jy is 'n valse

profeet? Ek wil maar net 'n woordjie daar gebruik. Daar staan: die valse profete gebruik gesigte uit

hulle eie harte. Hulle verkondig gesigte uit hulle eie hart. Ek wil net dit graag sê: broeder en suster,

as 'n mens in 'n krisis is en jy is 'n Christen, kan jy nie 'n oplossing uit jou eie hart ontwerp nie. Jy kan

nie as jy op die politieke terrein kom vir die Here sê: Here kyk, ek dien U nou Sondag in die kerk en

ek gee my bydrae ens., en U moet nou asseblief stilbly want ek is nou op die politieke terrein; nou

werk ek met dinge wat uit my eie hart kom. Broeder en suster, as 'n mens se oplossings uit jou eie

hart kom en nie uit die Woord van die Here nie, is jy nie 'n Christen nie, is jy nie met Christensake

besig nie en is die swaard van God oor jou. Dit lyk my die waarheid.

Maar kom ons vra verder: Kan 'n mens hier 'n oplossing uit die Here se Woord kry? Staan dit dan in

die Bybel hoe ons hierdie krisis kan ontvlug? Dan wil ek vir u sê: broeder en suster, dit stààn in

hierdie Boek. As dit nie in hierdie Boek staan nie, kan ons hierdie Boek maar weggooi. Hierdie Boek is

nie 'n boekie wat vir jou 'n paar dingetjies sê wat niks met die lewe te doen het nie. Hierdie Boek gee

vir jou die duidelikste antwoord. Kan ek u weer na Jeremia 7 verwys, en vir u nog 'n keer lees wat

hier staan? Die Here sê: "As jy in hierdie land wil woon, . . . " moet jy sekere dinge doen. U hoor dit

hier baie duidelik, Hy sê: "Julle moet julle weë en julle handelinge waarlik goed maak en julle moet

waarklik reg doen onder mekaar. Julle moet vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen

onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode aanloop tot julle eie skade nie, dan

sal Ek julle laat woon in hierdie land."

Dis 'n hele klomp sake maar as ek dit saamvat dan staan dit hier: jy moet rég doen. Jy moet doen wat

reg is. En dan volg daar, asof dit daarmee te doen het: jy mag vreemdeling, wees en weduwee nie

verdruk nie. Weet u wie is hierdie vreemdeling? Die Hebreeuse woord is "geer". Wie is hierdie

"geer"? Hy is die mens in daardie tyd wat nie politieke regte gehad het nie, maar tog daar onder die

mense bestaan het. En die Here sê: jy mag hierdie "geer", hierdie vreemdeling nie verdruk nie.

Broer en suster, ons het ook ons "geer" onder ons. Ek hoef u nie daaraan te herinner nie. Hulle is

volop, daar is miljoene van hulle in Suid-Afrika. Die vraag in hierdie aand is: wat maak ek en jy met

hulle? Is ons besig om hulle te verdruk? Kan ons voor God opstaan en sê: wat ek met swart en bruin

en geel mense doen, dit is my christelike voorreg om te kan sê: God kan maar elke keer kom kyk, dis

alles reg? Broer en suster, ek is so bang dat ons insensitief, onsensitief geword het oor hierdie

mense, daarom dat ek dit vir u lees. Hier staan dit, en dit staan nie net hier nie, dit staan volop in

hierdie Boek, dat 'n mens nie maar net die armes mag weggooi nie. U weet wat Amos daaroor sê: as

mens die armes nie ag nie, dan sê die Here vir jou in die kerk: jy moet ophou met sing; jou liedere is

vir My 'n geraas, Ek hoor hulle nie.

Geliefdes weet u, as ek hier lees van wees en weduwees, is ek so bang om te dink: ons sien om na

ons eie wees en weduwee. Ons is oor hùlle bekommerd, maar nie oor die "geer" s'n nie. Is daar 'n

diakonie in ons kerk wat sê: ons het nou nie allimentasie-gevalle in ons gemeente nie, en dan daarby

stop; of dink hulle ook byvoorbeeld aan die lokasie hier oorkant die bult? Want die Here sê in sy

Woord ons mòèt aan hulle ook dink en as ons nie aan hulle dink nie, is ons nie besig met die dinge

van God nie. Onthou u dat die diakenamp ingestel is, dat die diens van barmhartigheid begin het toe

die Griekssprekende weduwees oor die hoof gesien is? Met ander woorde dié wat nie-Jode was nie,

dié wat nie "ons mense" was nie maar van die ànder mense was, is oor die hoof gesien. Toe het die

apostels gevoel: nee, maar daar moet ook ha hùlle omgesien word, en daar ontstaan die hele saak

van die diens van barmhartigheid.

Maar broer en suster, terwyl ons in hierdie trant praat, wil ek graag kom by 'n woord wat in ons tyd

baie gebruik word. Daar word baie gespot daarmee; dis skynbaar heerlik om daarmee te spot. Maar

agter die spot lê die bytende erns van mense in hierdie woord; u ken hom, dit word met baie soorte

Page 3: Opname vir Uitsaaidiens Prof M Janson

nuanses gebruik, ek noem dit maar net reguit soos dit opkom: "dat ons nie alles vir die swart mense

moet weggee nie." Ek wil nie daaroor uitbrei nie, ek wil net vir u vra: broeder en suster, is dit

christelik as 'n mens dit vra? Jy mag dit vra, liewe aarde, dis 'n vry land, jy mag dit vra en jy mag dit

bedoel, maar kan jy dit as Christen vra? En nou kom ek by die Nuwe Testamentiese gedeelte. Kan ek

vir u lees wat christelik is? Kan ek vir u lees wat Jesus hiervan sê? Markus 8 vers 35: Wie sy lewe vir

homself wil behou, wie nie sy goed wil weggee nie, wie sy lewe en sy besittings vir hom wil behou,

sal dit verlòòr. Dit sal dan nie weggegee word nie maar weggevat word. Maar wie sy lewe vir My en

die evangelie verloor, sal dit behou. Hierdie woordjie "behou" laat mens dink aan 'n woord wat in

ons tyd baie gebruik word: die woord "behoudend" of die woord "konserwatief". Dis 'n pragtige

woord, broer en suster, dis 'n Christelike woord. Konserwatief beteken om te bewaar, om te behou,

en 'n Christen is wat die eintlike dinge van God wat Hy vir jou gee, mòèt behou; maar u hoor hier as

behoudend, as konserwatief beteken: ek hou my goed en ek gee dit nie vir ander nie en as dit vir

ander gegee word, gaan ek nie saam nie – dan word behoudendheid, dan word konserwatisme iets

goddeloos, iets onchristelik, iets waarmee die Here nie saamgaan nie. U vra miskien vir my: wil jy

vanaand vir my sê ons moet nou alles prysgee? Dan vra ek u: wag so 'n bietjie met dié vraag, ek kom

nou daarby, ek wil graag daarmee afsluit, want ek wil graag nog èèn sakie, nog een klein sakie voor u

noem.

Broer en suster, ek noem dit met vrees en bewing, maar dit moet tog gesê word: Hierdie weg wat

ons volg, die koers wat ons as Afrikaner-mense inslaan, dit neig vandag in dié rigting dat die

swartmens en die bruinmens en al die anderkleuriges asseblief so ver as moontlik van ons af weg

moet wees. Dit lyk my dit is soos baie mense voel. U weet hoeveel keer 'n mens in 'n koerant moet

lees, daar was 'n begrafnis, maar nee, daar is geweier, die swartman nie in my kerk nie. Ek dink aan

hoeveel mense al vir my gesê het: as daar 'n swartman by daardie deur in die erediens inkom, dan

loop ek by daardie deur uit. Broeder en suster, ek het vir u hier uit Efesiërs 2 gelees; u moet dit tog

weer gaan lees, veral in die Nuwe Vertaling wat dit baie suiwerder en baie meer verstaanbaar maak.

Kan ek dit net gou vir u opsom? Dis baie eenvoudig. Hier staan dat Christus die skeidsmuur tussen

Jood en nie-Jood afgebreek het. Jood – dis Paulus en sy mense, dis die eintlike, die eerste gelowiges;

en die nie-Jode is al die ander volkere. U kan in Handelinge 2 gaan lees wie hulle almal is: Parters en

Meders en mense van Libië en Egipte en Arabië en al die ander mense wat Christene geword het; as

hulle Christen word dan het die Here Jesus deur sy Kruis die skeidsmuur weggeneem, vernietig; en

wat het toe gebeur? Hier staan Hy het self die twee, Jode en nie-Jode tot "een nuwe mensheid"

verenig. Die Here doen dit. Hy verenig hulle tot 'n nuwe mensheid. Die ou mensheidsbeginsels en -

strukture kom dus tweede. Hierdie is die eerste. En Paulus sê hulle word een liggaam, die liggaam

van die Here. Hulle word nou mede-burgers van hierdie nuwe ryk van God, en hulle is lede van die

huisgesin van die Here. Saam het hulle een Vader en is hulle almal sy kinders.

Nou vra ek u net vanaand, en u moet dit tog vir uself vra: as dit waar is, watter reg het ek om te sê

dat een van daardie mense nie in my kerk mag kom nie? Wat is my kerk dàn? Broer en suster, as dit

is wat ek doen, word Jeremia 7 van my waar: daar staan in vers 11: Jou kerk word 'n spelonk van

moordenaars. Jesus het mos gesê toe Hy die tempel gereinig het: moenie van My Vader se huis 'n

rowerspelonk maak nie.

Broer en suster, maar ek wil sluit; as ek wag is in die aand, en vir u al hierdie woorde sê, as ek van 'n

swaard praat, Goddank, dan kan ek afsluit en sê: as die Here 'n mens vermaan dan beteken die

woord vermaan in die Grieks altyd ook troos! Hier is ook troos in. Kan ek weer vir u Eségiël 33 vers

11 lees: "Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom

sal bekeer van sy weg en sal lewe! Bekeer julle van julle verkeerde weg! Waarom sal julle sterwe?"

Broer en suster, God kom na ons nie om ons te vernietig nie, maar om vir ons die lewe te bring, en

by God kan ek in die aand sê: daar is 'n swaard alleen totdat Jesus daar bykom! Dan weet jy dat

Page 4: Opname vir Uitsaaidiens Prof M Janson

hierdie swaard verdwyn het, want daardie swaard het Hóm getref. Hy, die eintlike Wag, het na ons

gekom en gesê: hierdie swaard wat hulle moet tref, gee dit vir My.

En nou, as 'n mens na Hom vlug, kom daar nie meer 'n swaard oor jou nie. Maar wat beteken dit om

na Hom te vlug? Dit beteken om by Hom troos en veiligheid te ontvang, maar volgens Markus 8 vers

34 beteken dit ook om jouself te verloën en jou kruis op te neem en Hom te volg.

Ons moet ons kruis opneem.

Laat ons dit net goed verstaan. "Ons kruis" slaan nie hier op ons beproewings en ons siekte, soos ons

graag almal sê nie. Dit kan dit ook beteken maar dis tweede. Jou kruis opneem en volg, beteken

eerstens dat ek hierdie hart van my kruisig, dat ek hom vat en op my skouers neersit en na Golgota

met hom loop. Dis wat my hart vir my sê: so en so en so. Maar Jesus Christus – daar loop Hy en ek

gaan agter Hom aan ek maak soos wat Hý wil hê dat ek sal maak in hierdie skone land Suid-Afrika al

lyk dit ook of ek alles van my moet prysgee: Nie politieke mense se oplossings, nie 'n politieke hart se

oplossing nie maar Christus s'n volg ek na en as ek dit nie doen nie is ek nie 'n Christen nie.

Broer en suster, en as ek by Hom kom, as ek agter Hom aanloop dan sê Hy vir my: "Wie sy lewe om

my ontwil verloor, sal dit behou". Al moet ons ook vir Hom sê: ek weet nie waar wil U met my heen

nie, ek weet nie wat van ons gaan word nie. Ek weet ook nie, ek kan nie vir u sê wat gaan word nie:

ek kan net vir u sê, loop agter Jesus Christus aan, en Hy sal ons nie prysgee nie. By Hom sal u niks wat

wesenlik en belangrik is, verloor nie.

Al hierdie gedeeltes wat ek vir u gelees het – daarmee kan ek sluit – is vol van troos. Eségiël 33: As

julle julle bekeer, sal julle lewe. Markus 8: Wie sy lewe aan Christus prysgee, sal sy lewe behou.

Jeremia 7: Ek sal julle laat woon in hierdie land. Ons sal hier kan woon, broer en suster. Efesiërs 2: Hy

sal ons vrede gee.

Ek wil sluit met Openbaring 3 vers 10. Daar staan so mooi [ek verkort die woorde effens]: omdat jy

My woord bewaar het, sal Ek jou bewaar vir die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom.

Kom ons gaan huistoe. Kom ons gaan na die lewe. Kom ons sê vir ons eie hart: ek glo nie meer aan

jou nie. Kom ons glo in Christus en vra elke dag vir Hom: wat vra U van my om te doen?

Amen.'