oranje primÊr - oranjemeisies.co.zaoranjemeisies.co.za/pre/eendjie/eendjienuus - 28 augustus...

4
Eendjienuus ORANJE PRIMÊR 28 Augustus 2015 Uitgawe 25 UIT DIE KANTOOR : Verlede week het twee van Oranje se spanne aan die jaarlikse Dink-of-Sink debatskompetisie deelgeneem. Die junior span behaal ‘n eerste plek en die senior span ‘n tweede plek. Baie geluk aan dié twee spanne. Mev. Christa Strydom en Oranje Reünie-komitee het verlede Woensdag vir ons graad 7-dogters ‘n heerlike funksie in die Rachel Steynsaal aangebied. Elke graad 7-dogter het ‘n pragtige sleutelhouer ontvang. Die hoofmeisie, Marzaan Moolman, van die hoërskool het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die graad 7’s te vertel wat vir hulle volgende jaar in die hoërskool voorlê. Die Con spirito sanggroep van die hoërskool het ook ‘n item gelewer. Dankie vir die ondersteuning wat van hierdie oudleerders uitgaan. ‘n Groot dankie aan al ons ouers vir jul ongelooflike bydrae met die Spelkompetisie. ‘n Bedrag van R 140 000.00 is ingesamel. Die minitennis-, tennis- en hokkiespanne het dié week weer pragtig presteer in die ligawedstryde. Uitslae op bladsy 2 en 3. Gister het die laaste hokkieligawedstryde van die seisoen plaasgevind. Op Dinsdag 1 September vind die hokkie- afsluiting vir gr. 1-3 gedurende die normale oefentye plaas. Gr. 4-7 se afsluiting sal op 15 September plaasvind. Op Dinsdag, 1 September is dit lentedag. Vir meer inligting lees op bladsy 4. Die toetsweek vir graad 4 tot 7 het begin en duur tot Vrydag 4 September. Dogters wat afwesig is met toetse moet ‘n mediese sertifikaat inhandig. Normale skoolure geld gedurende die tyd. Vanaf Dinsdag 15 September tot Vrydag 18 September word die jaarlikse JNA-toetse van graad 1 – 7 geskryf. Akademie gaan na die toetsweek normaal voort tot Vrydag 2 Oktober. Die skool sluit dié dag om 10:00. Die dogters en personeel is tans hard besig om te oefen vir ons konsert, Wonderland, wat op 9 en 10 September in die ML Spiessaal plaasvind. Daar is nog ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Bespreek by Marita by die finanskantoor. BELANGRIKE DATUMS: 31 Augustus: o. 13-Tennisliga 1 September: Voedselprojek Gr. 4A Lentedag: Gewone klere betaal R5 by registerjuffrou Hokkie afsluiting Gr. 1-3 3 September: Voedselprojek Gr. 4B 7 September: Juf. Mariana verjaar o. 13-Tennisliga 8 September: Voedselprojek Gr. 4C Konsert kleedrepetisie (Oggend en aand) SV Tweekampproewe 9 September: Konsert : Eerste vertoning 18:30 10 September: Voedselprojek Gr. 3A Konsert : Tweede vertoning 18:30 Links is ons juniorspan wat die afdeling vir gr. 4 en 5 van die Volksblad se Dink -of-Sink Debatskompetisie gewen het. V.l.n.r. is Anna-Mart Louw, Liezl Koeke- moer en Alex Klopper. Onder is ons seniorspan wat 2de geëindig het in die afdeling gr. 6 en 7. V.l.n.r. is Jannecke Appelgryn, Christi Dempers en Yonay le Roux. Links is ons wenners van die Spelkompetisie. Die grond- slagfase se wenners is voor v.l.n.r.: Margot Vivier Gr. 1C (derde), Nannette Jordaan gr. 2B (tweede) en Ciske Buys Gr. 1B (eerste). Agter v.l.n.r. is die senior primêr se wenners: Danielle Joubert gr. 4A (tweede), Carla Ter- blanche gr. 4B (derde) en Andri Smith gr. 6A (eerste).

Upload: votuong

Post on 29-Jul-2018

232 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: ORANJE PRIMÊR - oranjemeisies.co.zaoranjemeisies.co.za/pre/eendjie/EENDJIENUUS - 28 AUGUSTUS 2015.pdf · s ORANJE PRIMÊR 28 Augustus 2015 Uitgawe 25 UIT DIE KANTOOR : Verlede week

Eendjienuus

ORANJE PRIMÊR

28 Augustus 2015

Uitgawe 25

UIT DIE KANTOOR :

Verlede week het twee van Oranje se spanne aan

die jaarlikse Dink-of-Sink debatskompetisie deelgeneem. Die junior span behaal ‘n eerste plek en die senior span ‘n tweede plek. Baie geluk aan dié twee spanne.

Mev. Christa Strydom en Oranje Reünie-komitee

het verlede Woensdag vir ons graad 7-dogters ‘n heerlike funksie in die Rachel Steynsaal aangebied. Elke graad 7-dogter het ‘n pragtige sleutelhouer ontvang. Die hoofmeisie, Marzaan Moolman, van die hoërskool het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die graad 7’s te vertel wat vir hulle volgende jaar in die hoërskool voorlê. Die Con spirito sanggroep van die hoërskool het ook ‘n item gelewer. Dankie vir die ondersteuning wat van hierdie oudleerders uitgaan.

‘n Groot dankie aan al ons ouers vir jul

ongelooflike bydrae met die Spelkompetisie. ‘n Bedrag van R 140 000.00 is ingesamel.

Die minitennis-, tennis- en hokkiespanne het dié

week weer pragtig presteer in die ligawedstryde. Uitslae op bladsy 2 en 3. Gister het die laaste hokkieligawedstryde van die seisoen plaasgevind. Op Dinsdag 1 September vind die hokkie-afsluiting vir gr. 1-3 gedurende die normale oefentye plaas. Gr. 4-7 se afsluiting sal op 15 September plaasvind.

Op Dinsdag, 1 September is dit lentedag. Vir

meer inligting lees op bladsy 4.

Die toetsweek vir graad 4 tot 7 het begin en duur

tot Vrydag 4 September. Dogters wat afwesig is met toetse moet ‘n mediese sertifikaat inhandig. Normale skoolure geld gedurende die tyd.

Vanaf Dinsdag 15 September tot Vrydag 18

September word die jaarlikse JNA-toetse van graad 1 – 7 geskryf.

Akademie gaan na die toetsweek normaal voort

tot Vrydag 2 Oktober. Die skool sluit dié dag om 10:00.

Die dogters en personeel is tans hard besig om

te oefen vir ons konsert, Wonderland, wat op 9 en 10 September in die ML Spiessaal plaasvind. Daar is nog ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Bespreek by Marita by die finanskantoor.

BELANGRIKE DATUMS:

31 Augustus: o. 13-Tennisliga

1 September: Voedselprojek Gr. 4A

Lentedag: Gewone klere betaal R5 by registerjuffrou

Hokkie afsluiting Gr. 1-3

3 September: Voedselprojek Gr. 4B

7 September: Juf. Mariana verjaar

o. 13-Tennisliga

8 September: Voedselprojek Gr. 4C

Konsert kleedrepetisie (Oggend en aand)

SV Tweekampproewe

9 September: Konsert : Eerste vertoning 18:30

10 September: Voedselprojek Gr. 3A

Konsert : Tweede vertoning 18:30

Links is ons juniorspan wat die afdeling

vir gr. 4 en 5 van die Volksblad se Dink

-of-Sink Debatskompetisie gewen het.

V.l.n.r. is Anna-Mart Louw, Liezl Koeke-

moer en Alex Klopper.

Onder is ons seniorspan wat 2de

geëindig het in die afdeling gr. 6 en 7.

V.l.n.r. is Jannecke Appelgryn, Christi

Dempers en Yonay le Roux.

Links is ons wenners van die

Spelkompetisie. Die grond-

slagfase se wenners is voor

v.l.n.r.: Margot Vivier Gr. 1C

(derde), Nannette Jordaan

gr. 2B (tweede) en Ciske

Buys Gr. 1B (eerste). Agter

v.l.n.r. is die senior primêr se

wenners: Danielle Joubert gr.

4A (tweede), Carla Ter-

blanche gr. 4B (derde) en

Andri Smith gr. 6A (eerste).

Page 2: ORANJE PRIMÊR - oranjemeisies.co.zaoranjemeisies.co.za/pre/eendjie/EENDJIENUUS - 28 AUGUSTUS 2015.pdf · s ORANJE PRIMÊR 28 Augustus 2015 Uitgawe 25 UIT DIE KANTOOR : Verlede week

B L A D S Y 2 E E N D J I E N U U S

DVD’s vir ons skoolkonsert, Wonderland, kan reeds bestel word!

Koste: R120 gewoon of R200 Blu-ray

Bestel en betaal asseblief by Marita in die kantoor.

OMS Eisteddfod

Nadine Heys en Cara van der Bijl het aan die OMS Eisteddfod deelgeneem. Hulle verower Goud vir ‘Formation dance’.

Baie geluk met hierdie mooi prestasie.

Toetsweek gr.4-7 Gr.4-7 skryf ‘n toetsreeks hierdie kwartaal en wel vanaf 26 Augustus – 4 September 2015. ʼn

Spesiale toetsweek-rooster word gevolg gedurende die week sodat ons steeds al 11 periodes

kan volg.

Indien u dogter siek is, moet u asb. ʼn mediese sertifikaat indien by die

registerjuffrou, sodra sy weer by die skool is.

Onthou asb. dat dit nie slegs die toets is wat tel vir die rapportpunt einde van die kwartaal

nie. Alle take se verskillende aktiwiteite dra ewe veel gewig en vorm deel van deurlopende

assessering.

Gr.4 Gr.5 Gr.6 Gr.7

31 Aug.

Maandag

NWT SW Afrikaans NWT

1 Sept.

Dinsdag

LV Afrikaans Wiskunde Engels

2 Sept.

Woensdag

SW Engels LV SW

3 Sept.

Donderdag

Wiskunde NWT Engels EBW

4 Sept.

Vrydag

Afrikaans LV NWT Afrikaans

Wonderland Snoepie Kom besoek Wonderland se snoepie gedurende

9 en 10 September 2015 vir versnaperinge waaroor

selfs Hansie en Grietjie, in die lekkergoedhuisie,

kon droom… Die snoepie is slegs vir die “gehoor”

beskikbaar en sal by die Rachel Steynsaal wees!

VIR DIE KLEIN AKTRISES …

Daar sal ‘n snoepie in juffrou Marida se klas deur

die loop van die aand wees op 8, 9 en 10 September

2015! Dus ook die tydens kleedrepitisie-aand!

NB: Daar sal heerlike “Combo’s” vir julle te koop

wees teen R20! (Mammas kan dus sorg dat hulle

sommer die regte hoeveelheid geld saambring!

Combo = Skyfies + koeldrank + lekkertjie

OF sjokolade

Page 3: ORANJE PRIMÊR - oranjemeisies.co.zaoranjemeisies.co.za/pre/eendjie/EENDJIENUUS - 28 AUGUSTUS 2015.pdf · s ORANJE PRIMÊR 28 Augustus 2015 Uitgawe 25 UIT DIE KANTOOR : Verlede week

B L A D S Y 3 U I T G A W E 2 5

Dans

Cailyn Kriel het die afgelope n a w e e k a a n d i e I F A A International Championships SA, semi finale dans deelgeneem in die Kategorie 7-10 jaar, silwer afdeling. Sy het ʼn 1ste plek behaal in Hip hop funk met ʼn persentasie van 91.33% en freestyle 91%. Sy neem weer deel by die finale wat in Pretoria gehou word op 12 en 13 September 2015.

Baie geluk met hierdie pragtige prestasie.

Hokkie

Uitslae van JF hokkiedag:

Ouderdom Speel Wen Verloor

Gr. 1 C 4 3 1

Gr. 1 D 4 4

Gr. 2 C 3 3

Gr. 2 D 3 3

o.9 C 3 3

o.9 D 3 3

o.10 C en D 7 6 1

Wiskunde Liezl Koekemoer het aan die International Mathematics Assessment for schools, wat vanuit Taiwan georganiseer word, deelgeneem. Sy was 1ste in die tweede rondte en 2de in die twee rondtes gesamentlik. Sy het die meeste verbeter

van die eerste na die tweede rondte. Baie geluk met hierdie pragtige prestasie.

Tennis

Tennisuitslae Maandag

24 Augustus 2015:

OMS-D wen Fichardtpark A met

15 spelle.

OMS-E wen Curro Bloemfontein

met 81 spelle.

Perdry

Michelle Strydom is in die Vrystaat A-span van SANESA se skoleperdry ingesluit. Sy het met dressering en working riding presteer.

Johané Janse van Rensburg het ook die naweek aan die SANESA skou in Bloemfontein deelgeneem.

SY het twee eerste plekke gekry vir Novice Dresseer Toets 3 en 4.

Baie geluk met hierdie pragtige prestasies.

Swem Die afgelope naweek het ons dogters aan die Kovsie gala deelgeneem en soos volg gepresteer: Guilma Lausberg (11-12 jaar): 100m Rugslag 1ste

50m Vlinderslag 2de 50m Borsslag 7de 100m Vryslag 3de

Luchelle Oosthuizen: 400m Vryslag 1ste 100m Rugslag 1ste 50m Vlinderslag 1ste 50m Borsslag 1ste 100m Vryslag 1ste

Monique Oosthuizen: 100m Rugslag 1ste 50m Vlinderslag 3de 50m Borsslag 2de 100m Vryslag 2de

Donna le Roux (8 jaar en onder): 100m Rugslag 3de 50m Vlinderslag 2de 50m Borsslag 3de 100m Vryslag 1ste

Chloë le Roux (11-12 jaar): 100m Rugslag 4de 50m Vlinderslag 6de 50m Borsslag 6de 100m Vryslag 4de

Miche Johns (9-10 Jaar): 100m Rugslag 4de 50m Borsslag 4de 50m Vlinderslag 4de 100m Vryslag 5de

Anina Groenewald: 100m Rugslag 3de 50m Borsslag 5de

50m Vlinderslag 7de 100m Vryslag 7de Baie geluk met hierdie mooi prestasies.

Minitennis

Uitslae: Maandag 24 Augustus:

Oranje A-span wen Oranje C-span 7-2.

Oranje B-span wen teen Fichardtpark B-

span 8-1.

Oranje D-span verloor

teen Fichardtpark A-span 0-9.

C. en N. Primêre Meisieskool Oranje

Beheerliggaamposte

Die Beheerliggaam wag dringend aansoeke in vir ondergenoemde aflospos:

Intermediêre- en Seniorfase:

Afrikaans graad 7 Lewensvaardigheid graad 6 en 7

Diensaanvaarding vir pos: 7 September 2015

Sluitingsdatum vir aansoeke:

Woensdag 2 September 2015 om 13:00.

Rig aansoeke aan:

Die Skoolhoof Aliwalstraat 99 Bloemfontein 9301

Faks: 051-4470070 Tel: 051-4476845

e-pos: [email protected]

Lief en Leed

Ons dink aan tannie Corlia

wat herstel na ‘n operasie en

bid haar ‘n spoedige herstel

toe.

Foto’s Alle foto’s wat geneem

is op 17 en 18 Augustus is beskikbaar vir

bestelling @R35 by Marita in die kantoor tot 11 September 2015.

Geen laat bestellings sal aanvaar word nie.

Page 4: ORANJE PRIMÊR - oranjemeisies.co.zaoranjemeisies.co.za/pre/eendjie/EENDJIENUUS - 28 AUGUSTUS 2015.pdf · s ORANJE PRIMÊR 28 Augustus 2015 Uitgawe 25 UIT DIE KANTOOR : Verlede week

B L A D S Y 4 E E N D J I E N U U S

Wonderland Kom geniet ’n aand vol “magic” saam met

Oranje Primêr

op 9 en 10 September 2015 om 18:30 in die

ML Spiessaal.

Volwassenes: R60 / Kinders: R40

Dit is bespreekte sitplekke, so kom bespreek u sit-

plekke betyds!!!

Gedagte vir die Week

Al wat jy saam met jou kan vat as jy hierdie lewe

verlaat, is dit wat jy in jou hart gepak het.

~ Lida ~

Kom geniet die 1ste September Lentedag saam met ons by die skool.

Trek iets kleurvols aan (geen

grimering en hare vas) en bring ietsie saam om pouse te geniet!!!

Betaal R5 by jou registeronderwyseres voor Dinsdag 1 September 2015.

EDU-HELP

Volledige opsommings, vraestelle en

antwoordstelle van SW, NW en

Wiskunde (Platinum) vir Gr 4 – 6 en

SW, EBW, NW (Via Afrika) en Wiskunde

vir Gr 7 – 3de kwartaal – is beskikbaar

teen R100 per vak.

Kontakbesonderhede:

[email protected]

Petro: 082 4415805

Ons nooi alle laerskooldogters uit na ons

Cinderella-kompetisie op Saterdag 5 September

tussen 09:00 en 12:00. Bring jou eie “ou”

kussingsloop en versier dit met verskeie

tegnieke soos appliekwerk of stikwerk of enige

ander kunstegniek. Geen naalwerkondervinding is

nodig nie.

Pryse se waarde wissel tussen R400 tot R800.

Die kussingsloop sal daarna aan ‘n instansie ges-

kenk word vir wees– en minder bevoorregte kinders.

Sluitingsdatum: 12 Oktober 2015

Vir verdere inligting kontak ons by

051-4486755