oud affiebond · mekaar op nuweland gepak het. nóg ‘n oud-affie wat vanjaar sy super-rugby...

1
Oud-Affiebond Algemeen Die OAB wens alle oud-Affies sterkte en voorspoed toe vir 2016, mag dit ‘n geseënde jaar vir elkeen wees! Die skool se 96ste bestaansjaar het met volle vaart afgeskop en die Affies moes op elke terrein woeker om voor te bly. 2016 het getallegewys twee nuwe rekords opgelewer: 313 graad 8's en 1 299 seuns in totaal in die skool. Talle aanpassings moes gemaak word om soveel seuns te kan akkommodeer. Daar is selfs 'n nuwe tydelike koshuis ingerig, onderwysers deel klasse, ens. Die koor is onder leiding van ‘n nuwe dirigent, die atletiek- en sweminterhoërs is reeds afgehandel en die hokkie- en rugbyproewe is ook agter die rug. Die nuwe kunstekampus is met groot fanfare ingewy en die nuwe koshuis, Huis Kruger, is ‘n reusesukses. Voorsittersverslag van 2015 Al ooit gewonder waarmee die OAB-bestuur hulself besig hou? Wil jy graag weet wat beplan word? Lees gerus hierdie verslag wat jou duidelikheid op hierdie vrae sal gee. OAB-memorabilia en klerasie Die OAB het nou `n aanlynwinkel op Alumnet. Skakel in om die aanlynwinkel te besigtig. Nuwe OAB-voorsitter Philip Roesch (matriek 1991) is tydends die Algemene Jaarvergadering as nuwe Voorsitter van die OAB verkies. Hy verskyn hier saam met sy seun, vanjaar in graad 10, en sy pa, Ned Roesch, skoolhoof van Affies van 1974 tot 1984. Die bestuur van die afgelope twee jaar het hulself weer verkiesbaar gestel, sodat die momentum van die laaste paar jaar behou kan word. Vrydagkuiers Die OAB wil graag `n platform skep waar ons by restaurante en kuierplekke, wat aan oud-Affies behoort, op ten minste een Vrydag per maand bymekaarkom vir `n koue een. Die eerste van hierdie kuiers vind op Vrydag, 11 Maart, by Fritz Brüne se Baracas, in Pretoria plaas. Hierdie informele byeenkomste moet ook in ander stede plaasvind. Skakel gerus vir Ben Moodie by 082 858 5449 vir meer besonderhede. Melktertdag Die Affie-ma's en die OAB het sowat 1300 seuns op 29 Februarie met melktert trakteer. Meer as 600 melkterte is na die skool gebring ter viering van Nasionale Melktertdag. Elke seun het `n sny ontvang en daar is vir die matrieks van die AHMP en naburige laerskole se personeel ook melktert geneem. DAGBOEK ASB: Vrydag 5 Augustus 2016: Oud-Affiedinee Die dinee sal weer op die vooraand van die jaarlikse derby teen Boys High plaasvind. Die Bond wil graag soveel as moontlik oud-leerlinge daar sien – oud en jonk! Meer inligting sal volg. Vrydag 6 Mei 2016: Oud-Affies en oud-Greys, gholf Daar word beplan dat twee Affie- en twee Grey-manne mekaar die stryd in elke vierbal sal aansê. Die volgende dag is dit interskole teen Grey by Affies. Sodra die gholfreëlings met Grey gefinaliseer is, sal meer volledige inligting gekommunikeer word. Reünies Neem asb. kennis dat die Affies/Boys High-naweek vir 2016 reeds deur die 1986- en 1966-groepe bespreek is. Die skool kan slegs twee reüniegroepe per naweek hanteer. Reüniereëlings word deur Dirk Taljard (082 770 4290) hanteer. Oud-Affies Gholf George Coetzee (2004) het die Dimension Data Pro-Am (18-21 Feb) op Fancourt gewen, en selfs 'n "hole- in-one" op 'n syfer drie aangeteken. Hy het met ware Affie-guts oor die naweek tellings van 64 en 66 aangeteken, om die toernooi met 'n telling van 21 houe onder baansyfer te voltooi. Om die toernooi te wen, moes George op die laaste putjie 'n arend op die syfer 5 aanteken. Hy het op die Saterdag én Sondag van die toernooi sy rondes afgesluit het met 'n voëltjie op 16, 'n voëltjie op 17 en 'n arend op die 18de putjie. Hy slaan hierdie week af in die Investec Cup op Melvale, ‘n privaatbaan in die finale toernooi van die Sonskynreeks hierdie jaar, met ‘n prysgeld van R10 miljoen wat tussen die 16 deelnemers gedeel sal word. David Malan Oud-Affie David Malan (2010) is tans deel van die 55ste Suid Afrikaanse Antarktiese Ekspedisie (SANAE) oorwinteringspan. Hy het groot moeite aangegaan om ‘n Affie-vlag saam te neem op sy ekspedisie – sekerlik ‘n eerste vir ons vlag. Ben Schoeman Ben Schoeman speel Tchaikovsky se eerste klavierkonsert op Vrydag 11 en Sondag 13 Maart in die Brooklyn Teater. Beethoven se sesde simfonie is ook op die program. Volg die skakel om kaartjies aan te koop. André de Wet André de Wet (1984) was onlangs instrumenteel met die opstel van 'n nuwe Guinness- wêreldrekord wat nou aan SA behoort. 415 vlieër-surfers het by die strand in Tableview, Kaapstad, 'n nuwe rekord in die Virgin Kite Surfing Armada opgestel. Hulle het daarin geslaag om die meeste vlieërs te wees wat gelyktydig oor ’n myl in die lug is. Die vorige rekord was 352 wat deur Spanje gehou is. André het 18 maande lank gewerk om dit reg te kry. Devon Hofmeyr Devon Hofmeyr (2012) is eersdaags in die rolprent Mignon “Mossie” van Wyk te sien. Dit is sy eerste groot rol. Devon het vir die eerstespan waterpolo en rugby gespeel. Hy het tot onlangs nog gehelp met afrigting by die waterpolo. Oud-Affiepersoneel by AHS Mnre. Colin Fouché (geskiedenis), Gideon van Zyl (Afrikaans) en Hanco Deale (Wiskunde-assistent), al drie van die 2011-groep, is in 2016 tot die personeelkorps toegevoeg. Daar is tans 11 oud-Affies aan die skool verbonde! Rugby Oud-Affie voorrymanne en broers, Juan (2009) en Pierre Schoeman (2012), is by onderskeidelik die Haaie en die Bulle se Super-rugbyspanne ingesluit. Juan was na skool vir 5 jaar by die Bulle en het in Julie 2015 by die Haaie aangesluit, vir wie hy reeds verlede jaar uitgedraf het. Pierre is nou in sy vierde jaar by die Bulle en het vir al hulle ouderdomspanne uitgedraf. Hy het in 2015 sy buiging vir die Curriebekerspan gemaak. Twee Oud-Affies, Jannes Kirsten (2011) en RG Snyman (2013), het op 26 Februarie hul Superrugby- debuut gemaak toe die Bulle en die Stormers mekaar op Nuweland gepak het. Nóg ‘n oud-Affie wat vanjaar sy Super-rugby buiging maak, is Jean Droste (2012) wat by die Sharks gekontrakteer is. Verskeie ander oud-Affies verteenwoordig provinsiale spanne in die Superrugby-reeks. Krieket AB de Villiers (2002) het op 14 Februarie die sesde Suid-Afrikaner geword wat in 200 eendagwedstryde vir sy land gespeel het. AB, die kaptein van die eendagspan, is ook onlangs as die Suid-Afrikaanse toetskaptein aangestel, wat beteken dat al die Suid-Afrikaanse krieketspanne deur oud-Affies aangevoer word. Sy tydgenoot, Faf du Plessis, is die kaptein van die SA T20 -span. Oud-Affie Leus du Plooy (2013) het op 3 Maart sy debuut vir die VKB Knights in hul Sunfoil-reeks wedstryd teen die Unlimited Titans op Supersportpark gemaak. Een van sy opponente in die wedstryd was niemand anders nie as oud-Affie Heino Kuhn (2002). Heino het sy buiging vir die Proteas in 2011 gemaak, vir wie hy in vyf T-20 wedstryde gespeel het. Hy nader die einde van sy loopbaan wat hy reeds in 2004 by die Titans begin het. Hy speel in 117 eersterangse wedstryde (7 850 lopies), 124 eendagwedstryde (3 144 lopies) en 68 T-20 wedstryde (1 087 lopies) vir die Titans. Lief en leed Die Bond betuig sy innige simpatie met die naasbestaandes van: Rousseau Snyman van die 1959-groep Gert Hugo van die 1981-groep Charles Ceronio van die 1958-groep wat op 15 Desember 2015 oorlede is. Willie Schoon van die 1961-groep wat op 10 Januarie 2016 oorlede is. Dr. Bennie Cilliers van die 1973-groep is op 28 Januarie in `n plaasaanval buite Rouxville vermoor. Hy het op die dorp en in die omgewing as huisdokter praktiseer. Volg die skakel om die nuusberig te lees. Die bekende historikus dr. Cas Bakkes is vroeg in die jaar in die ouderdom van 90 jaar in die Paarl oorlede. Dr. Bakkes was in 1942 in Affies in matriek. Hy het die skool in 2008 vir die laaste keer voor sy verhuising na die Kaap besoek om 'n kontantprys te oorhandig wat hy vir prestasie in Geskiedenis geskenk het. By dié geleentheid is hy deur sy seun, prof. Johan Bakkes, vergesel. Die Bond betuig sy simpatie met sy vrou, Margaret Bakkes, en sy drie oud-Affieseuns: Johan, Marius en Christiaan. Skoolnuus Algemeen Affie-kunstekampus Die onthulling van die gedenksteen van die Affie- kunstekampus het saamgeval met die viering van Affies se 96ste verjaarsdag. Na die onthulling is die gaste op verversings trakteer wat deur die OAB voorsien is. Die kunstekampus is op 2 Maart vir die eerste keer tydens `n glansgeleentheid amptelik in gebruik geneem. Talle Affie-musikante, die orkes, koor en A-minere het vir vermaak gesorg. Schalk Viljoen Schalk Viljoen, ‘n graad 11- leerling, is op 22 Januarie baie ernstig beseer toe hy voor die skool deur 'n bus raakgery is. Hy moes ‘n operasie ondergaan om drukking op die brein te verlig, wat suksesvol was. Hy is daarna in 'n koma gehou om die herstelproses aan te help. Oud-Affierugbyspeler Fourie du Preez, en die bekende sanger Bouwer Bosch, het vir Schalk in die hospitaal gaan kuier. Schalk het egter baie goed herstel en sterk tans tuis aan. Hy sal eers weer in die tweede kwartaal by die skool aansluit. Huis Kruger Die AHS-trust het in Junie 2015 ‘n huis, wat aan ‘n voormalige beheerliggaamvoorsitter, wyle mnr. Jackie Kruger behoort het, in Arcadia gekoop. Mnr. Kruger het die beheerliggaam van 1992 af in die nuwe onderwysbedeling ingelei. Die huis is na mnr. Kruger vernoem en is vanaf Januarie voluit in gebruik met 18 seuns wat daar woon. Kultuur Kyk gerus na die opkomende kultuuraktiwiteite op die skool se webwerf. A-minere Die FAK het 'n prestige-toekenning aan die skool se acapella-groep, die A- minere, toegeken vir hul bydrae tot 'n opname van Afrikaanse volksmusiek. Die cd, wat talle Suid-Afrikaanse kunstenaars se vertolkings van volksmusiek bevat, kan by me. Estelle Matthee bestel word. Koor Die koor staan vanjaar onder leiding van mnr. AJ Maree, ‘n talentvolle Wiskunde-onderwyser by Affies. Die A-minere is reeds sedert 2010 onder sy bekwame hande, en vanjaar neem hy ook die leisels van die Rooidasse oor. Sport Kyk gerus na die opkomende sportaktiwiteite op die skool se webwerf. Atletiek Die atletiekseisoen is afgeskop met die jaarlikse interhuis saam met die leerlinge van AHMP. Die koshuis het oortuigend gewen met hul prestasie op die baan en veld, sowel as op die paviljoen. Na talle vriendskaplike byeenkomste het die B- span die Pretoria B-bondinterhoër op Pilditch ingepalm. Die A-span het by die A-bondinterhoër met die Pretoria-skole afgereken. Op 1 Maart het die A-span weer in die stryd getree, hierdie keer by die jaarlikse NWU-PUK interhoër in Germiston. Beide die seuns en dogters van AHMP kon daarin slaag om hierdie byeenkoms te wen. Die o/17-aflosspan slaag daarin om rekords, wat al jare staan, te verbeter by beide die Pilditch- en Germistonbyeenkomste. Hulle kan hier in aksie gesien word. Krieket Die eerste krieketspan het ‘n baie suksesvolle seisoen agter die rug. Drie uit die 19 wedstryde wat gespeel is het uitgereën en die span het 15 gewen. Die jaar het afgeskop met ‘n toer na DHS vir die viering van hul 150ste bestaansjaar, waar daar teen Northwood, Hilton, Michaelhouse en Westville gespeel is. Verder is daar aan die tradisionele liga-wedstryde deelgeneem. Die seisoen is afgesluit met ‘n toer na die Kaap waar daar kragte teen Rondebosch, Wynberg en Paul Roos gemeet is. Te midde van al hul wedstryde het die span ook aan Krieket SA se T20-toernooi deelgeneem en kon hulle vir die eerste keer in sewe jaar daarin slaag om die finaal (teen Garsfontein) te wen (lees meer hieroor). Daarna het die eerste span sy segetog voortgesit deur Middelburg in die finaal van die Coca-Cola Provinsiale T20-toernooi te klop om die Titans-wenner te word. Hierdie oorwinning het tot gevolg dat die span teen die wenners van die Cobras, Warriors, Lions, Dolphins en die Knights te staan kom om hul provinsie te verteenwoordig. Swem Affies het, soos elke jaar, aan die A- en B-sweminterhoër deelgeneem. Affies eindig in die derde plek by die B- interhoër en word met die silwer medalje beloon by die A-interhoër. AHS het ook aan die Johannesburgliga se interhoër deelgeneem en eindig in die derde plek. Waterpolo Die eerste span het 'n baie geslaagde deelname aan die Grey Kollege-toernooi gehad. Die eerste span: wen teen Pearson, 12-3 verloor teen Clifton, 3-8 wen teen St David's, 6-5 wen teen Grey Kollege, 8-3 wen teen Selbourne, 6-3 verloor teen DHS, 4-7 wen teen Glenwood, 4-3 AHS eindig 3de uit 16 skole Alumnet Die OAB het jou hulp nodig in die opdatering van die oud- Affiedatabasis. Ons wil graag jou korrekte besonderhede hê ten einde kommunikasie en reünieskakeling te vergemaklik. Dateer jou inligting soos volg op: Volg hierdie skakel na die Alumnet-databasis: Die skakel maak op ‘n intekenblad met die oud-Affie wapen oop. Gebruik die e-posadres waarop u hierdie nuusbrief ontvang het as e-pos. Klik op die “Nog nie geregisteer nie” knoppie. Die stelsel maak ‘n venstertjie oop waarin jy jou wagwoord kan insleutel en bevestig. Volg die eenvoudige aanwysings terug na die intekenblad. Jy kan nou jou profiel volledig op datum bring. Die Affies Alumnet Databsis word deur ons borge ondersteun. Indien jy jou besigheid blootstelling op hierdie unieke platform wil gee, volg hierdie skakel of maak kontak met Tobias Lubbe. Ons maak staat op u betrokkenheid en ondersteuning. Niel Coetzer en Dirk Taljard Namens OAB-bestuur 10 Maart, 2016 Nuusbrief Belangrike datums: 27 Apr - 2 Mei Koor: Kaaptoer (kontak Estelle Matthee vir inligting) 11 Mei Skool se opedag 6 Mei Affies-Grey Interkultuuraand (kontak Estelle Matthee) Oud-Affies en oud-Greys, gholfdag 7 Mei Interskool, Grey Kollege (tuis) 21 Mei Interskool, Waterkloof (weg) 5 Aug Oud-Affiedinee Ons doen vriendelik beroep dat nuus aan die skakelkantoor deurgegee word sodat ons dit met die oud-Affiegemeenskap kan deel. Ons verwelkom met graagte enige voorstelle of advies ter bevordering van die OAB. Lede van die 1955-groep Juan en Pierre Schoeman Jannes Kirsten RG Snyman Leus du Plooy

Upload: others

Post on 17-Feb-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Oud Affiebond · mekaar op Nuweland gepak het. Nóg ‘n oud-Affie wat vanjaar sy Super-rugby buiging maak, is Jean Droste (2012) wat by die Sharks gekontrakteer is. Verskeie ander

Oud-Affiebond

Algemeen

Die OAB wens alle oud-Affies sterkte en voorspoed toe vir 2016, mag dit ‘n

geseënde jaar vir elkeen wees!

Die skool se 96ste bestaansjaar het met volle vaart afgeskop en die Affies

moes op elke terrein woeker om voor te bly. 2016 het getallegewys twee

nuwe rekords opgelewer: 313 graad 8's en 1 299 seuns in totaal in die skool.

Talle aanpassings moes gemaak word om soveel seuns te kan

akkommodeer. Daar is selfs 'n nuwe tydelike koshuis ingerig, onderwysers

deel klasse, ens. Die koor is onder leiding van ‘n nuwe dirigent, die atletiek-

en sweminterhoërs is reeds afgehandel en die hokkie- en rugbyproewe is

ook agter die rug. Die nuwe kunstekampus is met groot fanfare ingewy en

die nuwe koshuis, Huis Kruger, is ‘n reusesukses.

Voorsittersverslag van 2015

Al ooit gewonder waarmee die OAB-bestuur hulself besig hou? Wil jy graag

weet wat beplan word? Lees gerus hierdie verslag wat jou duidelikheid op

hierdie vrae sal gee.

OAB-memorabilia en klerasie

Die OAB het nou `n aanlynwinkel op Alumnet. Skakel in om die aanlynwinkel

te besigtig.

Nuwe OAB-voorsitter

Philip Roesch (matriek 1991) is tydends die

Algemene Jaarvergadering as nuwe Voorsitter

van die OAB verkies. Hy verskyn hier saam met

sy seun, vanjaar in graad 10, en sy pa, Ned

Roesch, skoolhoof van Affies van 1974 tot

1984. Die bestuur van die afgelope twee jaar

het hulself weer verkiesbaar gestel, sodat die

momentum van die laaste paar jaar behou kan

word.

Vrydagkuiers

Die OAB wil graag `n platform skep waar ons by restaurante en kuierplekke,

wat aan oud-Affies behoort, op ten minste een Vrydag per maand

bymekaarkom vir `n koue een. Die eerste van hierdie kuiers vind op Vrydag,

11 Maart, by Fritz Brüne se

Baracas, in Pretoria plaas.

Hierdie informele

byeenkomste moet ook in

ander stede plaasvind.

Skakel gerus vir Ben Moodie

by 082 858 5449 vir meer

besonderhede.

Melktertdag

Die Affie-ma's en die OAB

het sowat 1300 seuns op

29 Februarie met melktert

trakteer. Meer as 600

melkterte is na die skool

gebring ter viering van

Nasionale Melktertdag. Elke seun het `n sny ontvang en daar is vir die

matrieks van die AHMP en naburige laerskole se personeel ook melktert

geneem.

DAGBOEK ASB:

Vrydag 5 Augustus 2016: Oud-Affiedinee

Die dinee sal weer op die vooraand van die jaarlikse derby teen Boys High

plaasvind. Die Bond wil graag soveel as moontlik oud-leerlinge daar sien –

oud en jonk! Meer inligting sal volg.

Vrydag 6 Mei 2016: Oud-Affies en oud-Greys, gholf

Daar word beplan dat twee Affie- en twee Grey-manne mekaar die stryd in

elke vierbal sal aansê. Die volgende dag is dit interskole teen Grey by Affies.

Sodra die gholfreëlings met Grey gefinaliseer is, sal meer volledige inligting

gekommunikeer word.

Reünies

Neem asb. kennis dat die

Affies/Boys High-naweek vir

2016 reeds deur die 1986- en

1966-groepe bespreek is. Die

skool kan slegs twee

reüniegroepe per naweek

hanteer. Reüniereëlings word

deur Dirk Taljard (082 770

4290) hanteer.

Oud-Affies

Gholf

George Coetzee (2004) het die

Dimension Data Pro-Am (18-21 Feb)

op Fancourt gewen, en selfs 'n "hole-

in-one" op 'n syfer drie aangeteken.

Hy het met ware Affie-guts oor die

naweek tellings van 64 en 66

aangeteken, om die toernooi met 'n

telling van 21 houe onder baansyfer

te voltooi. Om die toernooi te wen, moes George op die laaste putjie 'n arend

op die syfer 5 aanteken. Hy het op die Saterdag én Sondag van die toernooi

sy rondes afgesluit het met 'n voëltjie op 16, 'n voëltjie op 17 en 'n arend op

die 18de putjie. Hy slaan hierdie week af in die Investec Cup op Melvale, ‘n

privaatbaan in die finale toernooi van die Sonskynreeks hierdie jaar, met ‘n

prysgeld van R10 miljoen wat tussen die 16 deelnemers gedeel sal word.

David Malan

Oud-Affie David Malan (2010) is

tans deel van die 55ste Suid

Afrikaanse Antarktiese Ekspedisie

(SANAE) oorwinteringspan. Hy

het groot moeite aangegaan om ‘n

Affie-vlag saam te neem op sy ekspedisie – sekerlik ‘n eerste vir ons vlag.

Ben Schoeman

Ben Schoeman speel Tchaikovsky se eerste

klavierkonsert op Vrydag 11 en Sondag 13

Maart in die Brooklyn Teater. Beethoven se

sesde simfonie is ook op die program. Volg die

skakel om kaartjies aan te koop.

André de Wet

André de Wet (1984)

was onlangs

instrumenteel met die

opstel van 'n nuwe

Guinness-

wêreldrekord wat nou

aan SA behoort. 415

vlieër-surfers het by

die strand in Tableview, Kaapstad, 'n nuwe rekord in die Virgin Kite Surfing

Armada opgestel. Hulle het daarin geslaag om die meeste vlieërs te wees

wat gelyktydig oor ’n myl in die lug is. Die vorige rekord was 352 wat deur

Spanje gehou is. André het 18 maande lank gewerk om dit reg te kry.

Devon Hofmeyr

Devon Hofmeyr (2012) is eersdaags in die rolprent

Mignon “Mossie” van Wyk te sien. Dit is sy eerste groot

rol. Devon het vir die eerstespan waterpolo en rugby

gespeel. Hy het tot onlangs nog gehelp met afrigting by

die waterpolo.

Oud-Affiepersoneel by AHS

Mnre. Colin Fouché (geskiedenis), Gideon van Zyl (Afrikaans) en Hanco

Deale (Wiskunde-assistent), al drie van die 2011-groep, is in 2016 tot die

personeelkorps toegevoeg. Daar is tans 11 oud-Affies aan die skool

verbonde!

Rugby

Oud-Affie voorrymanne en

broers, Juan (2009) en Pierre

Schoeman (2012), is by

onderskeidelik die Haaie en die

Bulle se Super-rugbyspanne

ingesluit. Juan was na skool vir

5 jaar by die Bulle en het in

Julie 2015 by die Haaie

aangesluit, vir wie hy reeds

verlede jaar uitgedraf het.

Pierre is nou in sy vierde jaar

by die Bulle en het vir al hulle

ouderdomspanne uitgedraf. Hy

het in 2015 sy buiging vir die Curriebekerspan gemaak.

Twee Oud-Affies, Jannes

Kirsten (2011) en RG

Snyman (2013), het op 26

Februarie hul Superrugby-

debuut gemaak toe die

Bulle en die Stormers

mekaar op Nuweland

gepak het.

Nóg ‘n oud-Affie wat vanjaar sy Super-rugby buiging maak, is Jean Droste

(2012) wat by die Sharks gekontrakteer is.

Verskeie ander oud-Affies verteenwoordig provinsiale spanne in die

Superrugby-reeks.

Krieket

AB de Villiers (2002) het op 14 Februarie die sesde Suid-Afrikaner geword

wat in 200 eendagwedstryde vir sy land gespeel het. AB, die kaptein van die

eendagspan, is ook onlangs as die Suid-Afrikaanse toetskaptein aangestel,

wat beteken dat al die Suid-Afrikaanse krieketspanne deur oud-Affies

aangevoer word. Sy tydgenoot, Faf du Plessis, is die kaptein van die SA T20

-span.

Oud-Affie Leus du Plooy (2013) het op 3

Maart sy debuut vir die VKB Knights in hul

Sunfoil-reeks wedstryd teen die Unlimited

Titans op Supersportpark gemaak. Een van

sy opponente in die wedstryd was niemand

anders nie as oud-Affie Heino Kuhn (2002).

Heino het sy buiging vir die Proteas in 2011

gemaak, vir wie hy in vyf T-20 wedstryde

gespeel het. Hy nader die einde van sy

loopbaan wat hy reeds in 2004 by die Titans

begin het. Hy speel in 117 eersterangse

wedstryde (7 850 lopies), 124

eendagwedstryde (3 144 lopies) en 68 T-20

wedstryde (1 087 lopies) vir die Titans.

Lief en leed

Die Bond betuig sy innige simpatie met die naasbestaandes van:

Rousseau Snyman van die 1959-groep

Gert Hugo van die 1981-groep

Charles Ceronio van die 1958-groep wat op 15 Desember 2015 oorlede is.

Willie Schoon van die 1961-groep wat op 10 Januarie 2016 oorlede is.

Dr. Bennie Cilliers van die 1973-groep is op 28 Januarie in `n plaasaanval

buite Rouxville vermoor. Hy het op die dorp en in die omgewing as

huisdokter praktiseer. Volg die skakel om die nuusberig te lees.

Die bekende historikus dr. Cas Bakkes is vroeg in

die jaar in die ouderdom van 90 jaar in die Paarl

oorlede. Dr. Bakkes was in 1942 in Affies in matriek.

Hy het die skool in 2008 vir die laaste keer voor sy

verhuising na die Kaap besoek om 'n kontantprys te

oorhandig wat hy vir prestasie in Geskiedenis

geskenk het. By dié geleentheid is hy deur sy seun,

prof. Johan Bakkes, vergesel. Die Bond betuig sy

simpatie met sy vrou, Margaret Bakkes, en sy drie

oud-Affieseuns: Johan, Marius en Christiaan.

Skoolnuus

Algemeen

Affie-kunstekampus

Die onthulling van die

gedenksteen van die Affie-

kunstekampus het

saamgeval met die viering

van Affies se 96ste

verjaarsdag. Na die

onthulling is die gaste op

verversings trakteer wat deur die OAB voorsien is. Die kunstekampus is op 2

Maart vir die eerste keer tydens `n glansgeleentheid amptelik in gebruik

geneem. Talle Affie-musikante, die orkes, koor en A-minere het vir vermaak

gesorg.

Schalk Viljoen

Schalk Viljoen, ‘n graad 11-

leerling, is op 22 Januarie baie

ernstig beseer toe hy voor die

skool deur 'n bus raakgery is. Hy

moes ‘n operasie ondergaan om

drukking op die brein te verlig, wat

suksesvol was. Hy is daarna in 'n koma gehou om die herstelproses aan te

help. Oud-Affierugbyspeler Fourie du Preez, en die bekende sanger Bouwer

Bosch, het vir Schalk in die hospitaal gaan kuier. Schalk het egter baie goed

herstel en sterk tans tuis aan. Hy sal eers weer in die tweede kwartaal by die

skool aansluit.

Huis Kruger

Die AHS-trust het in Junie

2015 ‘n huis, wat aan ‘n

voormalige

beheerliggaamvoorsitter, wyle

mnr. Jackie Kruger behoort

het, in Arcadia gekoop. Mnr.

Kruger het die beheerliggaam

van 1992 af in die nuwe

onderwysbedeling ingelei. Die huis is na mnr. Kruger vernoem en is vanaf

Januarie voluit in gebruik met 18 seuns wat daar woon.

Kultuur

Kyk gerus na die opkomende kultuuraktiwiteite op die skool se webwerf.

A-minere

Die FAK het 'n prestige-toekenning aan die skool se acapella-groep, die A-

minere, toegeken vir hul bydrae tot 'n opname van Afrikaanse volksmusiek.

Die cd, wat talle Suid-Afrikaanse kunstenaars se vertolkings van

volksmusiek bevat, kan by me. Estelle Matthee bestel word.

Koor

Die koor staan vanjaar onder leiding van mnr. AJ Maree, ‘n talentvolle

Wiskunde-onderwyser by Affies. Die A-minere is reeds sedert 2010 onder sy

bekwame hande, en vanjaar neem hy ook die leisels van die Rooidasse oor.

Sport

Kyk gerus na die opkomende sportaktiwiteite op die skool se webwerf.

Atletiek

Die atletiekseisoen is afgeskop met die jaarlikse

interhuis saam met die leerlinge van AHMP. Die

koshuis het oortuigend gewen met hul prestasie

op die baan en veld, sowel as op die paviljoen.

Na talle vriendskaplike byeenkomste het die B-

span die Pretoria B-bondinterhoër op Pilditch

ingepalm. Die A-span het by die A-bondinterhoër

met die Pretoria-skole afgereken. Op 1 Maart het

die A-span weer in die stryd getree, hierdie keer

by die jaarlikse NWU-PUK interhoër in

Germiston. Beide die seuns en dogters van

AHMP kon daarin slaag om hierdie byeenkoms te wen. Die o/17-aflosspan

slaag daarin om rekords, wat al jare staan, te verbeter by beide die Pilditch-

en Germistonbyeenkomste. Hulle kan hier in aksie gesien word.

Krieket

Die eerste krieketspan het ‘n

baie suksesvolle seisoen

agter die rug. Drie uit die 19

wedstryde wat gespeel is het

uitgereën en die span het 15

gewen. Die jaar het afgeskop

met ‘n toer na DHS vir die

viering van hul 150ste

bestaansjaar, waar daar teen Northwood, Hilton, Michaelhouse en Westville

gespeel is. Verder is daar aan die tradisionele liga-wedstryde deelgeneem.

Die seisoen is afgesluit met ‘n toer na die Kaap waar daar kragte teen

Rondebosch, Wynberg en Paul Roos gemeet is. Te midde van al hul

wedstryde het die span ook aan Krieket SA se T20-toernooi deelgeneem en

kon hulle vir die eerste keer in sewe jaar daarin slaag om die finaal (teen

Garsfontein) te wen (lees meer hieroor). Daarna het die eerste span sy

segetog voortgesit deur Middelburg in die finaal van die Coca-Cola

Provinsiale T20-toernooi te klop om die Titans-wenner te word. Hierdie

oorwinning het tot gevolg dat die span teen die wenners van die Cobras,

Warriors, Lions, Dolphins en die Knights te staan kom om hul provinsie te

verteenwoordig.

Swem

Affies het, soos elke jaar, aan die A- en

B-sweminterhoër deelgeneem. Affies

eindig in die derde plek by die B-

interhoër en word met die silwer

medalje beloon by die A-interhoër. AHS

het ook aan die Johannesburgliga se

interhoër deelgeneem en eindig in die

derde plek.

Waterpolo

Die eerste span het 'n baie

geslaagde deelname aan die

Grey Kollege-toernooi gehad.

Die eerste span:

wen teen Pearson, 12-3

verloor teen Clifton, 3-8

wen teen St David's, 6-5

wen teen Grey Kollege, 8-3

wen teen Selbourne, 6-3

verloor teen DHS, 4-7

wen teen Glenwood, 4-3

AHS eindig 3de uit 16 skole

Alumnet

Die OAB het jou hulp nodig in die opdatering van die oud-

Affiedatabasis.

Ons wil graag jou korrekte besonderhede hê ten einde kommunikasie en

reünieskakeling te vergemaklik.

Dateer jou inligting soos volg op:

Volg hierdie skakel na die Alumnet-databasis:

Die skakel maak op ‘n intekenblad met die oud-Affie wapen oop. Gebruik die

e-posadres waarop u hierdie nuusbrief ontvang het as e-pos. Klik op die

“Nog nie geregisteer nie” knoppie. Die stelsel maak ‘n venstertjie oop waarin

jy jou wagwoord kan insleutel en bevestig. Volg die eenvoudige aanwysings

terug na die intekenblad. Jy kan nou jou profiel volledig op datum bring.

Die Affies Alumnet Databsis word deur ons borge ondersteun. Indien jy jou

besigheid blootstelling op hierdie unieke platform wil gee, volg hierdie

skakel of maak kontak met Tobias Lubbe.

Ons maak staat op u betrokkenheid en ondersteuning.

Niel Coetzer en Dirk Taljard

Namens OAB-bestuur

10 Maart, 2016

Nuusbrief

Belangrike datums:

27 Apr - 2 Mei Koor: Kaaptoer (kontak Estelle Matthee vir inligting)

11 Mei Skool se opedag

6 Mei Affies-Grey Interkultuuraand (kontak Estelle Matthee)

Oud-Affies en oud-Greys, gholfdag

7 Mei Interskool, Grey Kollege (tuis)

21 Mei Interskool, Waterkloof (weg)

5 Aug Oud-Affiedinee

Ons doen vriendelik beroep dat nuus aan die skakelkantoor deurgegee

word sodat ons dit met die oud-Affiegemeenskap kan deel. Ons

verwelkom met graagte enige voorstelle of advies ter bevordering van

die OAB.

Lede van die 1955-groep

Juan en Pierre Schoeman

Jannes Kirsten RG Snyman

Leus du Plooy