piketberger aug 2013

36
1 Jaargang 20 Nr. 7 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R2,00 Augustus 2013 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Positiwiteit word vereer...p4 Winterbruid...p8 Egpaar kry graad...p8 Zapps by De Kocks...p10 Ploegdag...p13 SA Jongwynskou...p15 Badisa vakansie- program...p22 Netbalspelers by SA’s...p26 JJ in pan rally...p28 Madibadag...pp29,32,33,34 Ensemble in Beijing...p30 Hanje in Sarie Top 36 Hanje Mostert Foto verskaf Hanje Mostert van Koringberg en Gr 12-leerder by Hoërskool Piketberg is onlangs aangewys as finalis in die Top 36 van die Sarie-tydskrif se voorbladgesig van die jaar. Uit duisende inskry- wings van “Komati- poort tot Koringberg” is Hanje gekies as een van die Top 36 mooi- stes. Die Piketberger stem saam met die woorde van Cisca Ba- denhorst, skakel- direkteur van Clicks: “Wat my vanjaar op- val, is die natuurlike skoonheid van die deelnemers. Hulle is goed versorg en straal behoorlik geluk en gesondheid uit.” Hanje, Die Piketber- ger is bevoorreg om jou as voorbladgesig te hê.—Red. the green tree café

Upload: piketberg-tourism

Post on 09-Mar-2016

354 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Local Newspaper

TRANSCRIPT

Page 1: Piketberger Aug 2013

1

Jaargang 20 Nr. 7 � � � � 022-913 1796

Piketberg se koerant

vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R2,00 Augustus 2013

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

℡ 022 913 1939 � 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Positiwiteit word vereer...p4 Winterbruid...p8 Egpaar kry graad...p8 Zapps by De Kocks...p10 Ploegdag...p13 SA Jongwynskou...p15 Badisa vakansie-program...p22 Netbalspelers by SA’s...p26 JJ in pan rally...p28 Madibadag...pp29,32,33,34 Ensemble in Beijing...p30

Hanje in Sarie Top 36

Hanje Mostert Foto verskaf

Hanje Mostert van Koringberg en Gr 12-leerder by Hoërskool P i k e t b e r g i s onlangs aangewys as finalis in die Top 36 van die Sarie-tydskrif se voorbladgesig van die jaar. Uit duisende inskry-wings van “Komati-poort tot Koringberg” is Hanje gekies as een van die Top 36 mooi-stes. Die Piketberger stem saam met die woorde van Cisca Ba-denhorst, skakel-direkteur van Clicks: “Wat my vanjaar op-val, is die natuurlike skoonheid van die deelnemers. Hulle is goed versorg en straal behoorlik geluk en gesondheid uit.” Hanje, Die Piketber-ger is bevoorreg om jou as voorbladgesig te hê.—Red.

the green tree café

Page 2: Piketberger Aug 2013

2

RedaksioneelRedaksioneelRedaksioneelRedaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R99 vir 11 uitgawes per pos in RSA.

Lees op www.piketberg.com

Redaksie

([email protected]) Berigte en foto’s: Marietha Goosen � 022-913 1796;

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen �022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300

Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers... Berdeen Olivier skryf… Marietha, ek lê en lees nou jou “Redaksioneel” in Die Piketberger, julle hoef nie Kaap toe te ry vir ‘n ginekoloog nie. Dr Werle is die oplossing, sy het ‘n sonarmasjien nes die Kaapse dokters en is so skerp, sy het opgetel ek het kanker in my baarmoeder en dadelik ‘n afspraak gemaak vir ‘n historektomie in die Kaap. My operasie is verby en 6 weke is verby en ek is so goed soos nuut. Dankie, Dr Werle.

Pat Kuhn writes... On Saturday 29 June 1968 Gerry and I got married, on Saturday 29 June 2013 we celebrated 45 years of a happy marriage. So many people have told us we are a great example of what marriage should be. (I am a bit deaf now so talk slower, not louder) en ons kan Afrikaans praat—einde Julie is ons 16 jaar in Piketberg.

Kroese huweliksherdenking Baie geluk aan Kroese en Judith Kroese van Piketberg met hulle 64ste huweliksherdenking op 19 Junie 2013.

Die ding met jare Toe ek klein was, het 'n jaar vir my na 'n ontsettende lang tyd gevoel. Ek het min begrip van tyd gehad, vandag sou ek kon sê dit het min of meer soos 'n "ewigheid" gevoel. As ek oor die Ewigheid gedink het, het ek 'n prentjie gehad van almal (sommer almal wat ek ken) wat by

die Here se voete sit, iewers op 'n groot wolk en sit en sit en sit terwyl die jare die een na die ander langsaam ver-bygaan. Effe vervelig.... Vandag vlieg die jare snel verby en die Ewigheid is 'n tyd waarna ek uitsien, omdat die lewe op aarde te kort is en ek glo dat daar nog wonderlike tye voorlê. En steeds fas-sineer die ding van jare my. Om nie van ronde getalle te praat nie. Dis asof daar baie gesag in die mylpaal van 10, 20, 30 ens lê. Ons mense is oor die algemeen lief vir dekades. Mense vier, naas 18de- en 21ste verjaarsdae hulle 30ste-, 40ste- tot 100ste. Vroeër was dit ook "in" om te sê iemand het 40 jaar diens as bankbestuurder, klerk, onderwyser, matrone, winkel-bestuurder of hospitaalsuster. Op Piketberg kry ons dit nog dat besighede steeds min of meer dieselfde eienaar of personeel het as toe dit begin is. Ons is saam dank-baar: Liebco Vleishandelaars was verlede jaar 60, van-jaar verjaar Van Niekerk Ingenieurswerke met 80 kersies, volgende jaar is Piketberg Drukkers 30. Dis vir ons by Die Piketberger 'n voorreg dat die koerant in September 20 jaar vier as die draer van goeie nuus elke maand. Die Piketberger nooi jou uit om 'n kort epos te stuur na [email protected] om jou organisasie of be-sigheid se ouderdom deur te gee. Dan verjaar ons som-mer almal saam in September! Marietha

Santa Kruger uit Hendrina, Mpumalanga skryf… My niggie het die vakansie kom kuier en die afgelope vier maande se uitgawes van Die Piketberger saamgebring. Ná hulle vertrek, het ek een oggend amper geswem — ek het die bad se kraan oopgedraai, kombuis toe gegaan en aan die lees geraak… Dis voorwaar kwaliteit leesstof en nuus, selfs vir ‘n vreem-deling.

"40 Dae - Jesus maak ons heel" is 'n geleentheid vir almal om geestelik te

groei. Of jy nou jonger of ouer is, man of vrou, getroud of enkel is - dis beslis vir

jou. Maak 'n groepie van 6-10 met vriende, kennisse, bure of kollegas en "commit" jouself vir 8 weke (28 Julie tot 20 September) en ervaar hoe die Gees

in jou en deur jou werk!

Gee jou naam deur aan: Liza du Toit 082 511 8227

[email protected] of ds Martin Goosen 022 913 1206

[email protected]

Page 3: Piketberger Aug 2013

3

petroleum we drive you

s

Page 4: Piketberger Aug 2013

4

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

Winkel ���� 022-913 2418

� 022-942 1787

Riana Smit ���� 022-942 1787

� 082 921 1977

Winters Uitverkoping

op alle klere en skoene

Klavierstemmer

Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere.

‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word.

Kontak Wessel de Beer � 023 232 0422 of � 082 704 3276

Opgelei te Worcester.

Bergrivier Munisipaliteit het Die Piketberger vereer vir die wonderlike werk wat hulle doen en die positiewe

gees wat hulle op Piketberg skep. Dit is voorwaar i ets om op trots te wees. Ons wens Die Piketberger nog

dekades van nuuslewering en mense se lewens posi-tief verander. Hier staan van links na regs Raadshe er Riaan de Vries, Barbie Breunissen (Die Piketberger), Uitvoerende Burgemeester, Raadslid Evert Manuel,

Marietha Goosen (Die Piketberger) en Uitvoerende On-der-Burgemeester, Raadslid Sandra Crafford.

Foto: Hanlie Linde

Positiwiteit word vereer Ewert Ockhuis 4 Julie 1933—12 Julie 2012

‘n Huldeblyk van waardering, liefde en verlange aan ons vader, pappa, oupa, oupagrootjie, oom Ewert, Ewie en sommer “Rontel” vir die familie. Daar is nie woorde om te beskryf, hoe verskriklik baie ons pappa mis nie. Die gemis is soms ondraaglik, maar ons vind vertroosting daarin dat ons vir

pappa gedoen het wat ons kon. Baie dankie vir al die jare se liefde en opofferings na mamma se dood, deur vir ons almal geleerdheid te gee. Dankie vir kosbare tye saam met spesiale mylpale in ons en ons kinders se lewens. Ons mis die “paar woorde” wat pappa altyd by spesiale geleenthede gelewer het. Ook vir die versekering dat pappa gedurig en altyd vir ons bid. Vir ‘n beter pa kon ons nie voor gevra het wat vir ons waardes soos godsdiens, vergewinsgesindheid, nederigheid, respek, geduld, vriendelikheid, trots, deernis, omgee en vrede geleer het nie. Hierdie waardes was deel van die takke wat die enorme “Sederboom – Ewert” uitgespruit het en wat deel vorm van sy kinders en nageslag se lewe. Hulle sê nie verniet, dinamiet kom in klein pakkies nie! Wees verseker dat ons as kinders sal probeer om daarop voort te bou in ons ver-houdings teenoor mekaar en ander. Ons mis pappa se vinnige stappie, gewilligheid om altyd iemand te help - Piketberg se mense kan getuig daarvan. Om vir ons as kinders altyd iets lekker vir ete voor te berei, pappa was nooit te moeg om ons êrens te neem of te kom haal nie. Pappa het geen moeite ontsien om ons en ons kinders op verjaarsdae te bel of ‘n boodskap te stuur nie. Ons het so uitgesien om vanjaar pappa se 80ste verjaarsdag te vier, maar ons weet pappa is ‘n ENGEL en dat al die ander engele saam fees vier. Jy was ‘n pa duisend en ons dank God vir pappa se ryklike lewe. Baie dankie aan alle Piketbergers vir julle omgee toe ons as kinders nie daar was nie en dat julle deure en harte altyd oop was vir ‘n geselsie, koppie tee of iets te ete vir hom. Hy het altyd met lof en waardering van sy mense gepraat. Sy denkbeeldige spore lê kruis en dwars in Piketberg se strate en omgewing. God het ons gebede verhoor deur pappa te verlos van die ondraaglike pyn, eensaamheid en verwerping. Pappa jy sal altyd deel van ons lewens wees. Ons koester elke oomblik van samesyn en mooi herinneringe. Ons eer pappa en mamma se nagedagtenis. Ons het julle oneindig lief! Van sy dogters Ans, Norma, Helen, Joan, skoonseuns, kleinkinders en agterkleinkinders.

Wyle Ewert Ockhuis Foto verskaf

Page 5: Piketberger Aug 2013

5

beoordelaar, het gesê:

Page 6: Piketberger Aug 2013

6 Uit die kantoor

van die Munisipale

Bestuurder...

Hanlie Linde

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg ����022 913 2297

Ja, julle was reg! Toe ek verlede Desember met my aankoms hier opgewonde geraak het oor hoe mooi die omgewing is, het almal gesê: “Wag vir die winter as daar sneeu op die berge lê en die hele vallei groen is!” Wel, ek moet saamstem, dit is asemrowend. Ek verkyk my! Die Munisipaliteit bedank graag elke organisasie en indi-vidu wat kom help tuinmaak het in wyk 4 op Madiba-dag. Dit was heerlik om skouer aan skouer in die gemeenskap te dien. Ons moet regtig meer gereeld so maak. Ons het 300 bome in Piketberg geplant en altesaam 830 bome in ons hele Munisipale gebied. ‘n Spesiale woord van dank aan die gemeenskap rondom die park en aan Cobis Wil-son vir sy entoesiasme, ongelooflike talent en vryge-wigheid. ‘n Projek waaroor ek baie opgewonde is vir Piketberg, is die privaat inisiatief van ‘n “droomdorp”. Hierdie droom word gedryf deur lede uit die publiek en ek het namens die Munisipaliteit ons volle samewerking en entoesiasme beloof. Ons gaan dit maak werk! Elke middag as ek en my stapmaat deur die dorp stap en rommel optel sover as wat ons loop, wonder ek wie so min respek vir ons plek het dat hulle sommer rommel net daar sal neergooi? Wie doen dit? Ons sal moet begin standpunt inneem. Vir elkeen wat neergooi, het ons minstens twee mense nodig wat optel. Niemand is te goed om te buk en iets op te tel nie. Kom ons daag mekaar uit! Dis al manier hoe ons die morsjorse gaan skaam kry en ‘n kultuur gaan vestig van respek en waardering vir ons mooi dorp. In een van Bergrivier se ander prominente dorpe, Velddrif, is die droomdorp komitee net so hard besig om die dorp te verander. Ek hou die vordering met groot belangstelling dop. Die Munisipaliteit sal alles in hul vermoë doen om hierdie inisiatiewe te steun. Dis ‘n teken van volhoubare samewerking, wat ek koester en aanmoedig. Kom ons werk almal saam dan is die taak lig en maklik. As jy wil deel word van hierdie inisiatief kontak vir Dave Ferguson of Georgia Esau by die Toerismekantoor 022-913 2063. Die nuwe finansiële jaar by die Munisipaliteit is weer in volle swang. Mag dit vir almal van ons ‘n baie goeie tweede helfte van die kalenderjaar wees. Mag die blom-metyd baie meer toeriste na ons area lok en mag ons hulle so beïndruk dat hulle en al hul vriende sal wil terug-kom. Geniet Augustus. Dit is my gunsteling maand.

MEDIESE MEDIESE MEDIESE MEDIESE

PRAKTISYNSPRAKTISYNSPRAKTISYNSPRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

� 022-913 1172 alle ure / all hours ���� 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Marmelade Chilli-

Hoendergereg 6 Hoenderstukke ‘n Halwe koppie lemoen marmelade 1—2 teelepels chilli-poeier Metode: Verhit jou oond na 180°C. Plaas hoender in jou oondpan en meng die marmelade en chilli-poeier. Gooi oor hoender en bak vir 30 minute.

Hierdie sous kan ook gebruik word vir ’n marinade vir jou hoenderstukke om te

braai of bak.

Riana Wium 084 2453 922 [email protected] Kerkstraat 33 Piketberg

Page 7: Piketberger Aug 2013

7

Net ‘n paar van ons Watertand

Geregte teen Bekostigbare Pryse

ONTBYT - R19.95 DAGWOOD - R 34.00

CHICKEN STRIPS - R20.95 RIBS EN CHIPS - R34.00

UP & GO BURGER - R14.00 BUFFALO WINGS - R28.00

BUSTA BURGER SPECIAL Koop Een Kry Een GRATIS R24.00 ELKE Maandagaand

GROOT VERSKEIDENHEID HEERLIKE BURGERS

GEHALTE KOS TEEN BEKOSTIGBARE PRYSE Tel. 022 913 8006

Page 8: Piketberger Aug 2013

8

Ons Winterbruid

Lizelle Strauss, dogter van Frikkie en Elna, is op 15 Junie getroud met Faan Calitz, grootgeword in Tha-bazimbi, maar nou ‘n Paarliet. Die seremonie was in die pragtige NG Kerk Piketberg en is waargeneem deur Pastoor Rick Bornman van Shofar Kerk. Die

onthaal was by Org de Rac. Faan is ‘n tegniese dire k-teur by Aurecon Raadgewende Ingenieurs in die Paarl en Lizelle is ‘n lektor by die Universiteit van Ste llen-

bosch se Departement Rekeningkunde. Foto verskaf

Die VLV en Tuinbouklub vergader saam op 7 Augustus om 09:30 in die Biblioteeksaal. Tee word bedien vanaf 09:30 en die vergadering begin om 10:00. Morné Faul-hamer van “Super Plants” kom gesels oor nuwe neigings in tuinbou. Besoekers is welkom teen ’n besoekersfooi van R20,00. Daar sal ook plante te koop aangebied word. Vir verdere inligting kontak Katinka Morrison 082 829 6918 of Nicoline Brown 082 477 0665.

Woman Walk the World

Arnold en Madri van Niekerk het albei op 20 Junie vanjaar in Kaap-stad hulle grade deur UNISA ont-vang. Arnold het B.Com (Hons) (Besigheids-bestuur) in Finan-siële Bestuur verwerf en Madri B.Ed (Hons) in Inklusiewe Onderwys. Die twee-tjies se paaie het in

2009 op Piketberg gekruis en een van die vele be-sprekingspunte was verdere studies. Daar is toe besluit om saam te registreer vir 2010. Die einde van daardie jaar, op 4 Desmber 2010 is hulle getroud. Gedurende 2011 en 2012 het hulle saam studeer en in Januarie 2013 hulle laaste vakke geskryf. Madri was ook al amper 7 maande swanger met hulle eerste babaseun, Aldo. Aldo is op 2 April gebore. Arnold is ‘n oud-leerder van PHS en Madri ‘n oud-onderwyseres van PHS.

Saam geswot saam graad gevang

Arnold en Madri van Niekerk Foto: Niek van Niekerk

Piketberg VLV-tak het op 9 April die inisiatief gen eem om die “Woman Walk the World”-stap te reël. Hier is ‘n paar lede met nog stap-vriende wat deelgeneem het. Die VLV is een van die organisasies wat by die Wêreldbond van Plattelandse Vroue ge-affilieer is. Daar word gepoog dat vroue met hierdie staptogte meer bewus sal word van die gesondheidswaarde

daarvan. Foto verskaf

VLV en Tuinbou vergader saam

Elbeth Liebenberg en Katinka Morrison,

Voorsitter van Piketberg Blom- en

Tuinbouklub, by een van die talle ontwerpe wat deur Elbeth ver-

toon is. Elbeth het by die Junie vergadering

kunstige ontwerpe geskep deur verskil-

lende kleure en teksture loof te

gebruik.

Foto verskaf

Blom– en Tuinbouklub Nuus

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir Die Piketberger advertensies en berigte verskyn 13 Augustus 22 Augustus 10 September 19 September 15 Oktober 24 Oktober 12 November 21 November

Page 9: Piketberger Aug 2013

9

Sien julle ons werk weer daar. Hierdie gaan ‘n lang tyd vat as ons nie groter belangstelling kry nie. Alger wat wil, kan of moet kom inskakel in asseblief. Van die terreinwerk is nou al voltooi, ons kan begin plant, alles inheems, natuurlik en ook, meer van wat in ons streek voorkom. Sover het ons nou die dammetjie gegrawe en die ’labrynth’ en is besig met die amfiteater en die ‘boulevard’ – die lang loopvlak van straat tot straat onder. Hierop gaan ons die geskiedenis van ons streek en dorp opskryf in woord en prent, dmv mosaiek, woorde in stories uitgekrap in nat pleister. Almal is welkom, natuurlik. Ons gaan die geskiede-nis klasse vra, as ‘n projek deur die Museum, om verhale te vertel en kinders vra om prentjies te maak om as ‘n laslappiekombers op die ‘boulevard’ ‘n tafereel te skep. As daar van julle is wat groen vingers het en plantjies kan maak of bolle het wat ons hier kan gebruik, meld tog aan.

Die Botaniese tuin GRANAATSAP

VARS GEDRUK, GEVRIES R15 vir 330ml

GEDROOGDE GRANAAT LEKKERS

(gemeng met koejawel/appel) R15 vir 100g

Nie net baie lekker nie, maar baie hoog in antioksidante. Propvol nutriënte soos vitamien B, C, E, K, Kalium, Magnesium, Kalsium, Yster, Sink en ander minerale. Daar word geglo dat granate help vir die volgende:

· Laer risiko van hartsiektes · Laer risiko van kanker, veral prostaat en bors · Beveg veroudering (sel skade) · Verminder simptome van diarree · Verminder cholesterol · Verlaag bloeddruk · Beheer jou gewig · Anti-inflammatories

KONTAK: 073 031 4922 vir bestellings Let asb. dat granaatsap nie ‘n plaasvervanger vir enige

voorgeskrewe medisyne is nie, raadpleeg u Dokter of

Apteker.

Droom Piketberg Mooi Begin saam droom deur te kyk hoe lyk die tuin

waar jy woon en werk. Doen eers net dit!

Page 10: Piketberger Aug 2013

10

Die volgende Piketberger verskyn op 22 Augustus

Berigte en advertensies moet ons

bereik teen Dinsdag 13 Augustus

Zapp Family visit West Coast The Zapp family have covered almost 200 000 miles and visited more than 40 countries - and they've also had four kids. The children, Pampa, 10, was born in Greensboro, North Carolina, Tehue, 7, was born in Argentina, Paloma, 4, is a native of Vancouver Island, Canada, and little Wallaby, 3 from Australia Former IT specialist Herman, 42, and his wife Candelaria, 40, set off from Argentina in 2000 and began driving across South and North America, as well as Australia, New Zealand and now Asia. Herman, who was born in San Francisco, moved to Ar-gentina to work on his grandfather's cattle ranch when he was a boy. While in Argentina, 10-year-old Herman met his childhood sweetheart Candelaria when she was only 8, and the couple have been together ever since. They married in 1996. When the money quickly ran out on their first trip, they decided to rely on the kindness of other people to give them shelter, food and petrol. 'We were happy, we had everything a young couple could want, but we felt we had to go,' said Herman. 'My grandfather knew that we wanted to travel and to never stop so he gave me the old Graham-Paige car he used on his farm and gave me some advice. 'He told me, 'If you want to get far, you need to go slowly', so what could be better than a vintage car.' Speaking about their journey so far they told the National Enquirer: 'We have already been in 2 500 homes - Amish, Muslims, Jews, rich people, poor people, you name it. 'And even though people look different and pray different, we all have the same dream - to have a home and some-one to love. In the end we are all the same.' They have always relied on the kindness of strangers. The only hard rule the couple have to stick by is the 40 mile per hour speed limit the 83-year old car is restricted to. The Zapp family are always on the move, only stopping for short periods on their journey. They began in 2000, setting off from Patagonia, Argentina to Alaska. After returning to Argentina in 2004, they set-tled down for a couple of weeks before deciding that they missed traveling too much and had to get going again. They have been traveling ever since, with a trip around South America between 2005 and 2007, then central America, the U.S. and Canada until 2009. The car was shipped to Australia, New Zealand, Japan and South Ko-rea as they travelled those countries. The longest they have spent in any one country was the 13-month trip around the U.S. in 2008-9. Each night the six Zapps either sleep in or around a tent set up next to their car, but more often than not they find a friendly local who will put them up for the night. 'This isn't just a feat by my wife and my young family,' said Herman. 'This has a roll call of 12 000 people who have helped my family over the past 11 years. 'Almost 90% of the time we stay in people's homes. 'Once in the Philippines we were in a family's home which had only one room. 'They gave us their only piece of meat to eat, their only bed and when we left they apologised for not having more.' The children are home schooled by their parents through an on-line service that gives them a regu-larly updated curriculum.

Every time they stop and are near a computer they print off the latest classes and teach them to their kids. 'What better way is there for my children to be educated than to see the world,' said Herman. They see the kanga-roo jump and a grizzly bear roar in their natural environ-ment. 'My children have seen the space shuttle take off and have learnt different words in different languages and experienced so many different cultures.' During the first trip to Alaska they printed the first book, Dream Chaser, which was the best selling book of the International Book Fair of Costa Rica. The couple sold 12 000 copies since and their second, 'Spark Your Dream', is a best seller in Argentina following its 2005 publication. And as for any plans of stopping - 'We have driven almost the distance to The Moon from Earth and we aim to keep going,' Herman said.

The Graham-Paige car “home” to the Zapp family

Herman Zapp, Belinda de Kock, Candelaria Zapp en Pierre de Kock. Die Zapp-gesin het ‘n paar dae tuis -gegaan by Pierre en Belinda op hul plaas Holfontein ,

distrik Aurora. Foto’s verskaf

Page 11: Piketberger Aug 2013

11

Salon De BronSalon De BronSalon De BronSalon De Bron Malmesbury Tel. 022 487 3009

Proef + konsultasie Hare R 150

“Frontpage look” R 300

Upstyle R 450

Treatments: 4 stap R 200

Brazillian R 600

PAKKET 1:

TREATMENT(4 STAP) PROEF+UPSTYLE R 600

Make-up: Proef R 60

Make-up vir aand R 150

Naels: (akriel, bio sculpture, gel) R180

Tone R 150

PAKKET 2: NAELS + MAKE-UP R 400

PAKKET 1+2 R 800

Moorreesburg Tel. 022 433 1680

WINTERBEDERF Kom bederf jouself met ‘n 60 minute

Annique Gesigsbehandeling,

Kop massering en wenkbrou pluk

ingesluit vir slegs

R150

Bespreek by Astrid by 084 247 8863

Piet Retiefstraat 33, Piketberg

Geldig tot 31 Augustus 2013

Agent van produkte

Volg ons op Facebook by T’mooi

Die dames van wyk SJ het die winterkoue kom help ve rlig vir van Huis AJ Liebenberg se inwoners.

Tannie Kotie Kennedy was een wie se bene heerlik wa rm gaan wees die res van die winter danksy die dames w at

hierdie pragtige kombersies gehekel het. Die onbaa tsug-tige diens maak nie net ons inwoners se bene warm n ie,

maar ook ons harte. Op die foto by Kotie Kennedy is Helene Smit, Elbeth Liebenberg en Johanna Olivier. Foto verskaf

Winterwarmte vir Huis AJ

Page 12: Piketberger Aug 2013

12

Betrekking Aangebied

deur Jannie Lategandeur Jannie Lategandeur Jannie Lategandeur Jannie Lategan

Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook.

Geen naweke. Kontak asseblief 082 780 8698

Gesoek Op soek na ‘n tweedehandse "treadmill".

Kontak asseblief 083 507 7268

Huise/woonstelle te huur

Woonhuis te huur met vier slaapkamers op kleinhoewe naby Redelinghuys.

Krag is betaalbaar. Kontak 084 247 2307

Twee-slaapkamer huis met motorhuis op Piket-bo-Berg te huur. R2 750 + elektrisiteit.

Kontak 078 107 7058

“Sepie verhale” Menige akteur wat al hulle merk op die ver-

hoog of in die filmbedryf gemaak het, wil hulle nie maklik tot die “Sepie” bedryf wend nie. Daar sou gereken kan word dat dit straks ‘n verlaagde status tot gevolg mag hê. Sommige sit in baie gevalle en wag vir die rolle wat dalk nie hulle kant toe kom nie en talle kripeer sonder ‘n vaste inkomste. Dié wat hulle wel tot die bedryf gewend het, oorleef en dra in baie gevalle ‘n positiewe boodskap in hulle rolvertolking uit. ‘n Sepie-verhaal, is die spieël van die gemeenskap. Daar word die lewe in sy realiteit gesien en kan dit soms net so van toepassing op die kyker of luisteraar gemaak word in die wêreld waarin hy leef. Daar leer jy die wêreld ken en ervaar jy liefde, jy leer van afguns, na ywer met al sy kon-sekwensies, van armoede, ellende en ook van rykdom. Die regisseur en skrywer wat sy hand aan die sepie slaan, moet geseën wees met visie om die verhaal vir maande en jare, episode na episode telkens die storielyn van ‘n laagtepunt na ‘n hoogtepunt te laat ontvou. Dit moet mense wees wat iets van ondersoekende joernalis-tiek weet en wat met ‘n besondere gawe geseën is om waar te neem en om op te som en karakters in een epi-sode so te laat ontplooi dat die verhaal sin maak en dat daar ‘n voortvloeiende storielyn realiseer en die kyker uitlok en nuuskierig maak om volgende keer weer te kyk. Die sepie-karakter laat jou toe om keuses te maak vir wie jy is en van wie jy nie hou nie. Die sepie-ster het ‘n meedoënlose stryd om te memori-seer en te improviseer en dan nog rolvertolking te doen waar hulle eintlik soos pionne en marionette rondgetrek en gestoot word deur die regisseur ten einde die mak-simum uit elke karakter te kry. Soms word daar in die omgang, afbrekend na hierdie pro-gramme verwys en word daar nie besef dat die rolvertol-king van sowat 20 minute, ‘n proses van een of selfs twee dae geneem het van kameraskote wat oor en oor gedoen is. Alles in ‘n poging om ‘n afgewerkte produk aan die kyker te bied. Elkeen het die reg om te hou van of nie van ‘n sepie te hou en ook ‘n keuse uit te oefen waarna hy wil kyk. Die feit is egter dat as daar in hierdie “spieël” gekyk word...mag jy jouself daarin sien en dit ontstellend wees as die verpersoonliking van die karakter jou rol in die werklike lewe tipies naboots. Hoe hartseer is dit nie, as daar gekyk word na hoeveel haat daar werklik in die rol van die karakters leef nie…en om te dink dat dit eintlike ware grepe uit die lewe self is nie. Daarteenoor, word baie geluk versinnebeeld wat ook waar is in die elke dag se lewe, maar dat daar werklik daarna gesoek moet word omdat dit baie male seldsaam is in die werklike lewe. Die rolvertolker vertel ‘n verhaal wat heelwaarskynlik nie waar is t.o.v. sy eie lewe nie, maar het geen opsie nie, want dit mag oor oorlewing gaan. Vertolk ons in die werk-like lewe nie straks ‘n ander verhaal van ons self nie? Straks ook, maar net ‘n sepie en toneelspelers wat goed versteek is agter uitstekende gekamoefleerde maskers. Is die waarheid net ‘n mistieke klein vlieswolkie op die gesigseinder? Is dit maklik sigbaar in die maatskaplike lewe en korporatiewe omgewing en word dit verdoesel onder die naam van: “Dis hoe besigheid werk!”

Te Koop Industriële tuimeldroër in perfekte

werkende toestand R4 500.00 (nuwe ene se prys R45 000.00)

Indien u belangstel skakel Mev Marie De Villiers by Huis AJ Liebenberg

022 913 1228 Reël asseblief self vervoer.

PIKETBERG ANIMAL WELFARE

Algemene Jaarvergadering Kennis geskied hiermee dat ‘n Algemene

Jaarvergadering gehou sal word op Woensdag 14 Augustus 2013 om 18:00

by Terra Betana F, Loopstraat 102, Piketberg.

Annual General Meeting Notice is hereby given that an Anuual General

Meeting will be held on Wednesday 14 August 2013 at 18:00

at Terra Betana F, 102 Loop Street, Piketberg.

Aurora Skou & Gymkhana 17 Augustus

Bied aan: Volwaardige Rodeo met JJ Strydom as sanger, biertent met verskeie kunstenaars,

militêre gymkhana, verskeidenheid van stalletjies en vele meer.

Vir meer inligting skakel 083 990 5974 of 083 356 8626

Page 13: Piketberger Aug 2013

13

PIKETBERG FISHERIES

CAFÉ LATINO’S

OOP MAANDAG TOT SATERDAG 07H30 - 20H00 TEL: 022 913 3047

Weeklikse Specials Maandag: 2 x Hake + Chips R30 Dinsdag: Rib + Chips R30

Woensdag: 2 x Beefburgers + Chips R32 Donderdag: 2 x Russians + Chips R23 Vrydag: 2 x Hoenderguns + Chips R32

Saterdag: Hake + Snoek + Chips + Tartarsous R30

Piketberg Skoliere — Maandag — Donderdag Milkshake + Chips R25 Hamburger + Chips + Milkshake R35

BURGER SPECIAL (Beef/Hoender/Rib) R49-99 Koop 1 Kry 1 GRATIS RIB + VLERKIES + CHIPS + UIERINGE R49.99

Pensionarisse : ONTBYT + GRATIS KOFFIE R22

SPECIALS TOT 31 AUGUSTUS 2013

Marno Hanekom ons Sjef

Ons Personeel

Piketberg Ploegdag is gehou op Saterdag 12 Julie. Van-jaar is daar probeer om met die nodige respek vir die grond te ploeg en ‘n netjiese land agter te laat, en het die Veteraan Trekker en Implemente Klub gesorg vir groot belangstelling, en nie teleurgestel nie. Alhoewel nie ‘n ploeg kompetisie in die ware sin van die woord nie, is daar gelet of elke deelnemer se wenakker gelyk was, of hy ‘n eweredige diepte ploeg, reguit aangevoor en ’n netjiese strykvoor agter gelaat het. Sy spoed ook, was belangrik en is gekyk of hy ‘n gebalan-seerde kombinasie gebruik, (trekker en ploeg) wat uiter-aard bymekaar pas, en ook uit dieselfde era dateer. Die grond se klimaat was goed, maar nogtans het die “clutchploeë” vir die altyd teenwoordige vassit gesorg. Dank aan die donatuere, wat indirek tot bewaring bydra: Kaap Agri, Piket Implemente en Eben Burger van Nulan-dis.

Berig: Apie Richter

Foto: Kenneth Smit

Veteraan Trekker en Implemente Klub hou Ploegdag

Splinternuwe Lapwinkel in Malmesbury. Drie Gewels Sentrum – oorkant Binnelanse Sake

Renée Rossouw 0837663811

Page 14: Piketberger Aug 2013

14

Wat sê die reg?

Christelle de Villiers beide die gemenereg en in die Grondwet erken word. Die skending van iemand se naam is deesdae ‘n ernstige oor-weging in die skryf van briewe, e-posse en algemene gesprekke. ‘n Eiser moet eerstens bewys dat die kom-mentaar wat oor hom of haar gemaak is, gepubliseer is (geopenbaar aan iemand anders as die Eiser) en tweedens dat die kommentaar prima facie lasterlik tot sy reputasie is. Sodra dit bepaal is berus die bewyslas op die Verweerder om te bewys dat sy optrede nie wederegtelik was nie (m.a.w. sonder opset). Die Verweerder kan die volgende verwere opper:

1. Dat die woorde die waarheid is;

2. Die kommentaar is in openbare belang;

3. Dat die kommentaar slegs ‘n opinie was en nie as ‘n feit weergegee nie;

4. Dat die kommentaar billik was onder die om-standighede;

5. Dat die kommentaar gemaak is onder om-standighede van gekwalifiseerde privilegie, byvoor-beeld waar iemand ‘n plig het en teenoor iemand wat ‘n plig het om daarvan kennis te neem.

Die feit dat kommentaar die waarheid is beteken nie dat dit nie skending is nie. Die howe wend ‘n spesifieke waarde toets aan om dit te bepaal, wat nie nou hierin be-spreek word nie.

Die bewyslas rus op die verweerder om sy verdediging op ‘n balans van waarskynlikhede te bewys. Wat dit bete-ken is dat die twee weergawes oorweeg moet word en die hof besluit dan op die mees waarskynlike weergawe on-der die omstandighede.

Die howe laat baie grasie toe vir politieke debat en politici, maar dit geld nie vir individue nie. Die howe moet toe-passing gee aan gemeenskapswaardes en steeds in-tegriteit en privaatheid beskerm. Dit blyk dat die grense oorskry word waar bymotiewe of oneerbare gedrag ter sprake is. So wees maar versigtig wanneer jy te vinnig reageer, dit kan jou duur te staan kom.

Wat jy sê of skryf kan neerkom op

laster Die Wet van naamskending poog om balans te vind tussen die Eiser se reg op reputasie, en ‘n Ver-weerder se reg op vryheid van uit-drukking, die is twee regte wat

Benodig Vrywilligers!Benodig Vrywilligers!Benodig Vrywilligers!Benodig Vrywilligers! Asook Skenkings van

tweedehandse komberse,

handdoeke, leibande en

hondehokke of …

borg ‘n sterilisasie! Kontakbesonderhede:Kontakbesonderhede:Kontakbesonderhede:Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535 Minette: 079 249 1535 Minette: 079 249 1535 Minette: 079 249 1535

BerylBerylBerylBeryl----Ann: 071 828 7952 Ann: 071 828 7952 Ann: 071 828 7952 Ann: 071 828 7952 [email protected] [email protected] [email protected] [email protected]

NEDBank Piketberg

Hierdie advertensie Hierdie advertensie Hierdie advertensie Hierdie advertensie word geborg deur word geborg deur word geborg deur word geborg deur Sam en Berenice Sam en Berenice Sam en Berenice Sam en Berenice

ScheepersScheepersScheepersScheepers

PAW reik uit na Broodkraal Op Donderdag 4 Julie het Piketberg Animal Welfare vry-willigers, Nicola en Carla Kellerman, op uitnodiging ‘n praatjie gelewer vir ‘n groep kinders by Broodkraal Landgoed oor die versorging van troeteldiere. Almal het die voorlegging terdeë geniet en die kinders is die ge-leentheid gegun om ‘n storie te skryf oor wat hulle geleer het. Volgens die opstelle en tekeninge is dit duidelik dat die kinders die boodskap ernstig opneem. Dit was vir Piketberg Animal Welfare ‘n plesier om op hierdie manier uit te reik na die gemeenskap.

Die kinders wat die PAW voorlegging bygewoon het. Ses van die beste inskrywings is gekies en hulle sal 'n klein

prysie ontvang. Wendy Brand, middel voor is die Vak an-sieprogamkoördineerder van Broodkraal Landgoed .

Foto verskaf

Grootseun 2Grootseun 2Grootseun 2Grootseun 2 Teks: Barend VosTeks: Barend VosTeks: Barend VosTeks: Barend Vos

Verwerking en Regie: Marion HolmVerwerking en Regie: Marion HolmVerwerking en Regie: Marion HolmVerwerking en Regie: Marion Holm Spel: Deon van ZylSpel: Deon van ZylSpel: Deon van ZylSpel: Deon van Zyl

Grootseun kom besoek EendekuilGrootseun kom besoek EendekuilGrootseun kom besoek EendekuilGrootseun kom besoek Eendekuil op 17 Augustus om 19:30op 17 Augustus om 19:30op 17 Augustus om 19:30op 17 Augustus om 19:30 Kaartjies te koop by Kerkkantoor,

NG Kerk Piketberg of kontak Marina 022 942 1738 of 082 865 9783

Page 15: Piketberger Aug 2013

15

Hierdie persone het die Neem Leiding kursus bygewoo n te Org de Rac op 25 en 26 April. Voor is Jonas Dampies (Bo-

Vlei), Hendriena Smit (Org de Rac), Reginald Davids (Voëlvlei Boerdery) en Johanna van Rooyen (Org de Ra c). Middel Melany van Wyk (Org de Rac), Annie Smith (Or g de Rac), Jafta Klaase (Voëlvlei Boerdery), Jan Boois (Vo ëlvlei Boerdery) en Frikkie van Rooyen (Org de Rac). Agter staan April Fortuin (Voëlvlei Boerdery), Klaas Hendriks (Vo ëlvlei

Boerdery), Patrick Tieties (Bo-Vlei), Willem Engelbrec ht (Voëlvlei Boerdery), Warren Benjamen (Voëlvlei Boerde ry en Jacobus Fredericks (Voëlvlei Boerdery). Foto verskaf

Kursusse Aangebied Praktika het onlangs twee nuwe kursusse opgestel, naamlik Pro-duktiwiteit en Doelwitstelling en Selfhandhawing. 1. Produktiwiteit en doelwitstelling (2 dae) Hierdie kursus is saamgestel om die toesighouers/span-leiers bewus te maak van die invloede van onproduktiewe gebruike en aksies en hoe hulle dit kan beperk of heelte-mal vermy. Hulle word ook onderrig om die onder-presteerder te hanteer. Dit sluit die volgende modules in:

Wat is produktiwiteit? Hoe word dit gemeet? Die verskillende produktiwiteitsfaktore. Hoe om produktiwiteit te verhoog. Doelwitstelling. Ken my eie doelwitte. Hantering van onbekwame werkers.

2. Selfhandhawing (2 dae) Leerders word geleer en bewus gemaak van aksies en tegnieke soos dominerende/onbeskofte optrede, enso-voorts nie die manier is om jouself oor te dra nie. Hulle leer om met selfvertroue te kan optree en opdragte te gee. Dit is ook belangrik om reg deur die seisoen en end-uit ‘n voorbeeld te stel en dat belangstelling en voorbeeld stel nie mag afneem nie. Dit sluit die volgende modules in:

Hoe selfhandhawend is ek? Vier eienskappe van skynheiliges. Onderskeid tussen geaardheid en onbeskofheid. Voordele van selfhandhawing. Wanneer om selfhandhawend op te tree. Hoe om selfvertroue te ontwikkel. Hoekom is dit nodig?

Skakel gerus met Praktika indien u meer inligting oor kur-susse wil bekom en of u werkers wil inskryf.

� 022-913 2933

SA Jongwynskou 2013 Die Santam Swartland Wyn- & Olyfroete is vanjaar die gasheer van die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwyn-skou. Dié wynskou word jaarliks in Augustus deur die Suid-Afrikaanse Wynskou Vereniging aangebied en bied aan wynmakers die geleentheid om hul beste wyne van die betrokke jaar se oes ten toon te stel. Die kompetisie is die oudste wynkompetisie in Suid-Afrika en dateer terug na 1833 toe die Kaap van Goeie Hoop Landbouvereniging die eerste wynskou in Suid-Afrika gereël het. Tot vandag toe is die Vereniging, nou bekend as Agri Expo, die hoofborg van die kompetisie. Tans is daar agt streke wat aan hierdie kompetisie deel-neem, nl. Robertson, Worcester/Breedekloof, Stellen-bosch, Swartland, Paarl, Oranje-Vaal, Olifantsrivier en Klein-Karoo. Buiten vir 17 SA Kampioenwyn trofeë, is die indrukwek-kende Generaal Smuts trofee – die eerste keer toegeken in 1952 – vir die algehele SA Kampioen Jongwyn, en die Pietman Hugo Trofee vir die kelder met die hoogste punte vir die vyf beste inskrywings, ook op die spel. Inskrywings word deur spesialis panele van sewe beoor-delaars, opgemaak uit wynmakers en wyn spesialiste met formele kwalifikasies en spesialis kennis van die spesi-fieke wynstyle beoordeel. ‘n Agste junior beoordelaar per paneel word ook betrek om toekomstige beoordelaars op te lei. Die junior beoordelaars se punte tel nie. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereniging stel die SA Kampioene vanjaar by Org de Rac, te Piketberg, bekend op Woensdag, 15 Augustus 2013. Die verrigtinge begin om 10:00 tot 12:00 met ‘n wynproe van al die Klaswenners, gevolg deur ‘n middagete dinee om 12:30 waartydens die Trofee wenners bekendgemaak word. Ongeveer 300 gaste van die Suid-Afrikaanse wyn-bedryf en media woon die funksie by.

Onthou om te herwin

Gratis Opleiding

Lucille Domburgh, links, verskaf saam met 'n groepi e vriende informele opleiding en werkswinkels aan

enige belangstellende. Onderwerpe wat reeds aandag geniet het, is konfyt kook, blomme rangskik, tuinbo u

en motiveringspraatjies. Hier is sy saam met haar Ouerleiding-span, Erica Kretschmer en Irene Pickard .

Foto: Marietha Goosen

Page 16: Piketberger Aug 2013

16

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur dr. Margaret Mollett

� 022-913 2646

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE

ONDERSTEUNING

Augustus is eintlik die maand wanneer die dames hul stemme laat hoor, maar hulle sal seker tevrede wees om oor die skouer te loer as die fokus vandeesmaand val op Kampvuurstories deur Pieter W. Grobbelaar, bekend vir sy skatkis van inheemse verhale. Hierdie hersiene bundel van Grobbelaar se verhale “dateer uit die tyd toe jagters, trekboere en soldate saans om die kampvuur stories vertel het om hulself mee te vermaak en die tyd te ver-wyl”. Die eerste kategorie ‘Lagstories’ gee ’n voorsmakie, met o.a. ‘Peet gaan mark toe’, ‘Slang, Slang!’, ‘Die laaste Leeu van die Karoo’ en ‘Ou Danster en die wolf’. ‘Liegstories’ begin met, “‘Baie praatjies maak baie gaat-jies,’ het die oumense altyd gesê en ook, ‘As ’n mens te veel praat, moet jy naderhand lieg.’ Dit het om die kampvuur ook gebeur, en versinsels was een van die gewildste tydverdrywe, veral as dit van een van die groot spekskieters, oom Kool, gekom het.” Of dit nou dié oom was of nie, weet ons nie, maar die “grootste beesboer in Transvaal” vertel dat hy nie waarlik kan sê hoeveel beeste hy besit nie – hy kon net tot honderdduisend tel, “maar ’n wetsgeleerde dorpsjapie wat by my kom kuier het, het my verseker daar was ’n miljoen en een.” ‘Jagstories’ gaan soos gewoonlik oor noue ontkomings en dapper optredes, o.a. ‘Die ystervarkjag’, ‘Ekskuus tog, Vuilbaard’, ‘Die Koning van die water’. “Om die kampvuur was die vraag altyd watter dier nou eintlik die sterkste is, ’n gewilde onderwerp van bespreking. Iemand wat uit eie ervaring kon vertel, het natuurlik die laaste woord ingekry.” ‘Spookstories’ is volop verhale wat dikwels van plek tot plek vertel en oorvertel word, altyd met die doel om te oortuig – “Ek het met my eie oë gesien.” Soos daardie donker nag toe die perde vooraan die poskoets skielik begin runnik en kap met hulle pote toe hulle dit sien – wat was dit wat hulle, en later die koetsier, gesien het, dit waarvoor hy sy lewe moes inboet toe hy sy angsbevange passasiers gered het? Die laaste kategorie van hierdie hoogs leesbare en ver-maaklike bundel eindig met ‘Oom Paul sê sy sê’, een van talle verhale in omloop oor president Paul Kruger en ‘Die Siener’, ’n verhaal oor Siener van Rensburg wie se voor-spellings glo die “oumense so in beroering kon bring”.

HOMEWORLD

PROPERTIES / EIENDOMME TEL/FAKS: 022 931 2681

SEL NO: 083 564 3018 EMAIL : [email protected]

WEBSITE: www.athomeworld.co.za

HUISE EN WOONSTEL TE HUUR

SLAAPKAMERS: 3

BADKAMERS: 2

KOMBUIS, SITKAMER,

EETKAMER

DUBBEL GARAGE

EKSTRA WOONSTEL

MET EIE GARAGE

LAPA

Verw: POR 104

SLAAPKAMERS: 3

BADKAMER: 2

KOMBUIS + WASKAMER,

SITKAMER, TV KAMER

DUBBEL GARAGE

PLUS WOONSTEL

EKSTRA: 3 ERWE

Verw: POR 137

TE KOOPTE KOOPTE KOOPTE KOOP

Porterville R995 000,00 o.h.b. vir huis

Huis plus erwe R1 200 000,00 o.h.b.

Porterville R950 000,00

Flip van Niekerk e: [email protected] * m: 082 615 6747 t: 022 913 1539 * Kellermanstraat 4 * Piketberg * 7 320

Page 17: Piketberger Aug 2013

17

PROMOSIE: Met die matriekafskeid om die draai bied ons nou ge kleurde kontaklense teen spesiale pryse. Aanbod geldig tot Donderdag 8 Augus tus 2013 .

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS

Ons was vir ‘n paar weke weg met vakansie en het toe die vorige Piketberger se sperdatum vir berigte vir die Julie uitgawe gemis, maar ons is nou weer terug en volstoom aan die gang. Hiermee weereens net ‘n kort opdatering oor die vordering met die Lions Telefoongids, en ‘n BAIE DRINGENDE VERSOEK aan ‘n paar van ons adverteerders. Ons is nog steeds in die proses om sommige van die 170 plus advertensies aan die Piketberg- en Eendekuil-kant deur die adverteerders goedgekeur te kry. Ons wil graag ‘n beroep doen op al ons adverteerders om asseblief so gou as moontlik op ons e-posse/fakse, telefoonoproepe en persoonlike besoeke te reageer. Dit veroorsaak net onnodige vertragings as ons boodskappe vir ‘n tweede, derde of vierde keer moet uitstuur, en is al rede hoekom die Gids nog nie by die drukkers is nie. Indien u nog nie ‘n e-pos of faks (met ‘n faktuur) in die verband ontvang het nie, versoek ons dat u ons asseblief dringend kontak. Indien u dit wel ontvang het en nog nie die advertensie goedgekeur en betaal het nie, vra ons dat u dit so gou moontlik sal doen. Baie dankie aan almal wat reeds hulle advertensies goedgekeur en betaal het, en weereens dankie aan almal vir julle ondersteuning. Kontakbesonderhede :

E-pos: [email protected] Faks: 086 518 7078

Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269

BLOOMERS en STERADENT - deur Magdaleen Van Zyl

Komedie met J. Rademan as JOHANNA en A. Van Niekerk as GERT WILHELM

TREDOUX (die sesde) Gewaarborg om jou lagspiere baie goeie

oefening te gee!

31 Julie 2013 - PHS-saal - 19h00 Deel van Laerskool Kultuur-aand

Kaartjies by skool te kry of by die deur

PHS Kultuuraand

Page 18: Piketberger Aug 2013

18

34 Voortrekker Street Piketberg

Tel. 022 913 2819

GWM Piketberg 022 913 2819 34 Voortrekker Street Piketberg

GWM se werkswinkel op dieselfde perseel het

geopen op 1 Julie. Laat doen u waarborg– en

dienstewerk op GWM en enige ander fabrikaat by ons hoogs

aangeskrewe en gekwalifiseerde werktuigkundige van Maandag tot Vrydag

vanaf 07:30 tot 17:30.

Maak ‘n afspraak by Johnathen van Wyk

by 022 913 2819 Piketberg

Page 19: Piketberger Aug 2013

19

Page 20: Piketberger Aug 2013

20

Kerkstraat 45 Piketberg

022 913 3903

R34-40 R19R19R19R19----99999999

R9-45 R19-50 Smoothies 72’s

Knorr Sop

50g x 10

R12-20

R37-90

Krag en selfoon lugtyd

ook beskikbaar

Smarties/Bar One/

Tex 22g x 24

R18-80

Terwyl voorraad hou

SSSSweets weets weets weets MMMManiaaniaaniaania

Golden Pride

Wit Suiker 2,5kg

Chappies 125’s

Ricoffy100g ZOOM (met vitamien C)

200ml x 12

Bok ontsnap uit Landdroskantoor

Nou die Vrydagmiddag na ete kom ons terug na die Landdros-kantoor en groot is Sulet se verbasing toe sy ‘n Duikerbokkie raakloop op die perseel. Ons weet nie wie die grootste geskrik het nie, maar bok probeer toe weghardloop deur die tralies en sit toe met sy heupe vas. Sulet-hulle laat kom toe die polisie, wat verdere hulp ontbied en binne omtrent 5 minute was die polisie, munisipale polisie, gemeenskapslede, en later die veearts op die toneel. Die bokkie het al geskree van die pyn en sy tong het al uitgehang van skok en al die gespartel. Daar is toe ‘n kombers oor sy kop gegooi en Hans Burger en van die ander persone het die tralies oopgebuig, die bok bevry en agter op sy bakkie gelaai en in die natuur gaan vrylaat. Geen mens weet waar die bokkie vandaan gekom het of so ongesiens by die Landdroskantoor kon ingesluip het nie, maar weereens is dit ‘n bewys van hoe onbaatsugtig en behulpsaam Piketbergers is om ‘n onskuldige bokkie te red!

Berig en foto’s: Henriëtte Kruger

Voordat karavane, seile en tente weggepak en gebêre word,

gee nou aandag aan die veranderinge, herstel en

opknap daarvan! Jou volgende vakansie kan net

goed begin…!

Ons doen ook: • Stoffering van banke en stoele • Motor enTrekkersitplekke • Seil “canopies” • Spesiale versoeke

Christo 083 399 7988 Telefoon: 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg

Reg oorkant Agrimark

Sunlight Liquid

refill 350ml

R9-90

Page 21: Piketberger Aug 2013

21

Page 22: Piketberger Aug 2013

22

Badisa hou vakansieprogram Gedurende die vakansie het Badisa ‘n vakansieprogram aangebied. Die kinders het tafelmatjies, collage– of mo-saïekwerk en potloodhouers gemaak. Daar is ook lekker saamgesing en gedans. Elke dag het ook ‘n opvoedkun-dige praatjie ingesluit oor troeteldierversorging, boelies en afknouery en herwinning. Elke dag is sop en broodjies deur vrywilligers verskaf. Die program is afgesluit met ‘n DVD kyk en ‘n hotdog!

Foto’s: Madelie Burger

Page 23: Piketberger Aug 2013

23

Onderwysstudente Proef in Piketberg

! Zebrafees 12 Oktober

Coetzee Ateljee, Kerkstraat19, Piketberg Skakel Chantel 079 765 4408

[email protected] www.facebook.com/ClariDesign

Clari Reeks Die Clari Reeks het drie jaar gelede begin terwyl ek gewag het om ‘n Au Pair familie in Nederland te kry. Dit het vinnig in my hart gekruip en ek het dit dadelik weer opgetel toe ek terug kom Suid-Afrika toe in middel 2011. Ek en my ma, Dolla Clarys, het 'n passie vir handgemaakte pro-dukte en gehekelde produkte is 'n groot deel daarvan. My ma het toe die hekelwerk onder hande gevat, ek die naaldwerk en verfwerk en saam het daar menigte produkte ontstaan. Ons moet ons self keer om nie als te probeer maak nie. Die produkte het gegroei van oorbelle en gehekelde handsakke, armbande, kopbande ens. tot handgeverfde hout hangertjies en ringe. Aangesien ek ook 'n groot liefde het vir naaldwerk en mode het ek begin deur ont-werpers T-hemde te maak, op van die T-hemde maak ek onder andere gebruik van ShweShwe materiaal, wat tra-disionele Afrika lap is. Clari produkte het al onder meer by Spier op Stellen-bosch verkoop, en verskeidenheid webwinkels. Die Clari produkte is al regoor die wêreld gepos, onder andere die VSA, Nederland en Australië. Nou is Clari handgemaakte produkte daagliks beskikbaar by die voorkant van die Coetzee Ateljee. Saam met die Clari produkte is ook ongelooflike tekstuurryke kussings van die Dysnett reeks. Dysnett is in 2012 gestig deur Karin Coetzee en is produkte wat van kleurvolle geruigte visnet gemaak is. Dysnett het ook verskyn by die Decorex Show in die Kaap verlede jaar.

Clari Winkel is nou daagliks oop van 7:30 tot 17:00 en as jou gunsteling

produk nie in jou kleur of nommer is nie, dan word dit vir jou gemaak.

Bestellings vir geskenkies word ook geneem. Clari se produkte is hand-gemaak met Agape, so hope liefde

is gewaarborg. Clari is by Die Coetzee Ateljee,

KerkStraat 19, Piketberg. [email protected]

https://www.facebook.com/ClariDesign

Chantel Clarys

Die proefstudente wat in die derde kwartaal by PHS proef, is agter Waronique Kriel, Auxilarry Makaza, Johan Geldenhuys, Tanja Olesen en voor Kristen

Coetzee, Melanie Fourie, Danika du Plessis en Leann Breunissen .

Foto: Marietha Goosen

Henco Bindeman is tans proefstudent by die

Piketberg Christen Skool.

Foto: Deidré Swart

Steynville Primêr het twee nuwe onnies, Odette Botha (Graad 2A) en Heleen van der Merwe

(Graad 1F). Foto: Elzanne Boshoff

Steynville se nuwe onnies

Page 24: Piketberger Aug 2013

24

PPC Vaardigheidsklasse hou uitstalling

Daar is ‘n uitstalling gehou by PPC De Hoek van al die items wat tydens hul vaardigheidsklasse gemaak is. Die klasse word deur PPC De Hoek geborg in samewerking met Artomel en behels houtwerk-, sweis-, motordiens- en skilderkuns klasse. Die hoofdoel van die klasse wat aan PPC se werknemers en die gemeenskap aangebied word, is om mense ‘n vaardigheid aan te leer wat later tot ‘n besigheid kan ontwikkel. Hierdie vaardighede kan ook beoefen word wanneer die persoon aftree of werkloos is.

Agter staan Annetjie Smit (Fasiliteerder: Kuns), Rh yn-hardt Beck, Eienaar Artomel (Fasiliteerder: Houtwer k)

en Steven Strauss (Waarnemende Algemene Bestuurder PPC De Hoek). Voor is Richard Barry

(Fasiliteerder: Sweis), Francois du Bois (Fasilitee rder: Motorwerke) en William Samuels (OP Bestuurder PPC

De Hoek). Foto’s verskaf deur PPC

Van die items wat uigestal is.

Marshall Hugh, regs op die foto, oud-leerder en onderhoofseun by PHS, studeer Kantoorbestuur aan CPUT. Deel van sy opleiding is om een week prakties

te doen by 'n nie-winsgewende besigheid. Die Piketberger het hom raakgeloop in die Openbare Biblioteek - hy sê hy het nie besef hoe besig 'n biblioteek kan raak nie. Die besoekers aan die

biblioteek is Jandré Truter, Engela van der Westhuizen, Ashton Adams, Jana Truter en agter,

Mirina Liebenberg. Foto: Marietha Goosen

Marshall by Bib

o/19C Kry Lafenis

Die o/19C-rugbyspan van PHS sal van nou af ook tydens rustyd gelawe kan word met water. Eerste Nasionale Bank op Piketberg het 16 waterbottels

geskenk. Op die foto oorhandig die takbestuurder, Erna van Niekerk, die bottels aan die kaptein,

Lee-Irwin Daniëls. Foto: Marietha Goosen

Page 25: Piketberger Aug 2013

25

4U VERVOER

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …

•••• 6 ton en 8 ton platbak vragmotors • 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

Nou beskikbaar: Tuinsand en plaas-

mis teen billike pryse

Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik.

Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie � 082 660 2470 ���� 022-913 3984

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS

Digger Loader werk

Uitgrawe van grond en sand

Skakel Adam ���� 078 148 1771 of Fourie Lötz ���� 082 660 2470

���� 022-913 3984

Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde

abattoir geslag is

Swartland Honey Farm

Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens.

Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

Page 26: Piketberger Aug 2013

26

Die o/12 Wes-Kaap Cedars span waarvan Janke van Schalkwyk die kaptein was behaal 'n algehele 3de

plek by die SA Toernooi. Die span bedank vir die spesiale mense in beheer vi r

hulle toewyding, Marie le Roux, Heather Williams, Anja Snyman en Engela Claassen. Op die foto voor is

Ro-Ann Fortuin (Robertson), Heather Williams (Skeidsregter), Janke van Schalkwyk (Piketberg -

Kaptein), Anja Snyman (Spanbestuurder), Liezel van der Merwe (Riebeek Kasteel), Engela Claassen

(Afrigter) en Kim Veloen (Moorreesburg). Agter is Samira Koopman (Sederberg), Kara Barnard

(Stellenbosch), Lara Mouton (Noord-Eind), Margot Vlok (Worcester), Jana Liebenberg (Stellenbosch) en

Amor Plaatjies (Kleinmond). Foto verskaf

Die O/14-Wes-Kaap netbalspan, die Willows, het sesde geëindig by die SA Toernooi. Agter is Janét

Stander (Piketberg), Donné Kriel (Stellenberg), Mad -ine Dercksen (Bloemhof), Sharika Geldenhuys

(Langenhoven Gim), Anique Wolmarans (Oudtshoorn) en voor Aganic Lopes (Wes-Kaap Sportskool), San-Mari Muller (Punt), Iris Louw

(Afrigter), Andreé Roux (Punt), Ilani Louw (Bestuurder), Nazli Prins (Langenhoven Gim) en

Amber Minnies (Punt). Foto verskaf

Janke en Janét speel in SA’s Miche Maarman van Piketberg,

leerder te Weskus Skool vir Spe-siale Leerders Saldanha is

onlangs gekies vir die Wes-Kaap A-Span Netbal (LSEN-span). Die span is op 20 Junie na Margate

waar hul vir twee weke gebly het en aan wedstryde deelgeneem

het. Miche het baie goed gevaar en het ons dorpie se naam hoog

gehou. Ons wil net vir al die borge dankie sê wat dit moontlik gemaak het vir haar om hierdie

geleentheid by te woon. ‘n Hartlike dankie aan Piketberg Apteek, Liebco Vleishandelaars, Gavin en Mariëtte Wiggel, Koel-tuin, Fox Build It, Piketberg Di-erehospitaal, Nadine de Waal,

Tina van der Merwe en Dup Meubels.

Miche in Wes-Kaap A-span

Miche Maarman

Berig en foto verskaf

Patrys rig PHS netbalspanne af

Patrys van der Merwe, afrigter van die Proteas Netb al-span het onlangs ‘n netbalkliniek aangebied vir PHS

leerders. Hier is Patrys saam met die o/13A-netbalspan. Agter is Ané Theron, Marlize Myburgh,

Talitha Schreuder, afrigter van PHS, Ulique Ockhuys en Michaela Abner. Voor is Anke Schreuder, Suzaan

Basset en Juan-Mari Rautenbach.

Foto: Marietha Goosen

Die Piketberger se 20ste verjaarsdagviering

is op 19 September

Page 27: Piketberger Aug 2013

27

uit te vind

Page 28: Piketberger Aug 2013

28

Koës Pan Rally Quad Kampioen JJ Stander, Gr 12-leerder van PHS het in die vakans ie deelgeneem aan die Koës Pan Rally. JJ skryf... Koës Pan Rally, wát ‘n onver-geetlike ondervinding het ons vanjaar te beurt geval. Ons het Donderdag namiddag in die klein Namibiese dorpie aangekom. Ek, Martin Neeth-ling ‘n goeie ou skoolvriend van my pa, en natuurlik ‘n baie opgewonde Aleit. Om ‘n vierwiel motorfiets amper duisend kilometer ver op plek-plek baie rowwe grondpaaie te sleep is nie grappies nie. Ons het ons tente begin op-slaan en alles gereed begin kry vir die volgende dag se Rally,160km van stof, sand, klip, duine en enjin-geraas. Vier rondtes van 40km elk. Die Vrydagoggend vroeg moes ons die inskrywings gaan doen vir die Rally wat om 10:00 sou begin. Suid-westers het baie tyd en ons het toe om 12:00 weg-gespring. My wegspringposisie was nr. 2 en almal het met tussenposes van 15 sekondes weggespring. Die Quad wat eerste weggespring het, het in die eerste rondte 'n ongeluk gehad en die bestuurder het sy knieligament geskeur. Terwyl ek by hom staan om te kyk of hy oraait is het nr. 3 my verbygegaan. Ek het geweet ek was op daardie stadium in die 2de plek en het die pap dik aangemaak. By die volmaakplek was my pa en Martin gelukkig blitsvinnig en ek was gou weer uit die kuipe. Tydens die 2de rondte het ek hom in die duine verby-gegaan, en toe net laat loop om die eersteplek te behou vir die laaste twee rondtes. Met my tweede volmaak moes ek eers van my fiets af-klim, met bewerige bene en vingers wat nie kan toe nie. 'n Redbull en moed inpraat van my pa se kant af het ge-help. Na 03:22:28 was die uitmergelende resies uiteinde-lik klaar. Dit was uit en uit die moeite werd, want ek is beloon met die Koës Pan Rally 2013 Quad Kampioen prys. Tot volgende jaar Koës, en ons val in die pad terug huistoe.

Piketbergers by WP Rugbykliniek

Hierdie vyf seuns het in die Junie vakansie ‘n rugb y-kliniek bygewoon wat deur die WP Rugbyunie gehou is. Van links Bjorn Swart, Louis Bester, Freddie Vi s-

ser en Joshua Kotze. Voor is Nicholas Swart. Foto: Deidre Swart

Bergskeur se Rugbyspan

Aleit Stander en sy Bergskeur Plaas rugbyspan. Hoeveel Craven Week rugbyspelers gaan dié plaas in

die toekoms oplewer? Foto: Sanet Stander

JJ Stander

JJ Stander met boetie, Aleit voor die wegspring.

Die Piketberger plaas graag u sportfoto’s

stuur aan [email protected]

Page 29: Piketberger Aug 2013

29

Twee uitruilstudente besoek PHS

Twee uitruilstudente besoek vir die volgende maand of twee PHS. Op die foto is Jared Whitfield, gr 11 by

PHS, met sy gas, Lukas Tischendorf van Jena in Duitsland en Sofia Peressotti van Udine in Italië b y

haar gasvrou, Nina Cillié, gr 10 by PHS.

PHS leerders bedrywig

Wickus Bronkhorst, die derde gekeurde O/16-

Karateka in Suid-Afrika, het gedurende die

vakansie deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Kickboxing Kampioen-skappe op Oudtshoorn .

Foto’s:

Marietha Goosen

Christie van der Merwe, was deel van die Boland O/18-Akademiespan wat gedurende die vakansie deelgeneem het aan die Coca Cola Rugbyweek

in Durban.

Herbst van der Merwe het gedurende die vakansie die

ATKV-Jeugberaad op Goudini bygewoon.

PHS MatriekafskeidPHS MatriekafskeidPHS MatriekafskeidPHS Matriekafskeid Vrydag 23 AugustusVrydag 23 AugustusVrydag 23 AugustusVrydag 23 Augustus

Die Piketberger wil graag u foto’s plaas. Stuur asb na

[email protected]

Kontak Margaret 022 913 1777

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator

te huur

Vriendinne teen Geweld op Madibadag

‘n Klompie vroue olv Alida Lintnaar, links, wys hul le ondersteuning vir een van hulle vriendinne voor die Landdroshof op Piketberg op Madibadag. Die Vroue in pienk en pers geklee het in stilte en gebed verk eer

in die stryd teen vrouemishandeling. Foto: Marietha Goosen

Hanneke Pieters het gedurende die vakansie vir die O/14 Boland Barlinka Netbalspan op Worcester deelgeneem aan die Inter-streeks-toernooi en teen

SWD en WP meegeding. Uit die ses spanne wat deel-

geneem het (elke streek het 'n A- en B-span), het

Hanneke en haar span derde geëindig.

Page 30: Piketberger Aug 2013

30

Karli Truter, Gr 11-leerder by PHS het in die Julie skoolvakansie ‘n drie weeklange jeugtoer deur

Europa meegemaak. Hier staan Karli by die Louvre in Parys, natuurlik ook die tuiste van die alombekende

Mona Lisa. Dit was net een van die vele hoogtepunte van die toer.

Foto verskaf

Karli Toer deur Europa Blokfluit Ensemble in Beijing

Piketberg Ensemble with their fantastic recorder mentor, Genevieve, from Australia.

An amazing adventure. Dankie aan al ons borge wat die droom help verwesenlik het.

Piketberg supporters with their amazing tour guide, Sun-Li.

Komien van der Westhuizen en Vanessa Luyt on the Great Wall of China.

Foto’s verskaf

PHS se Protea

Tinus Bronk-horst, die derde gekeurde O/18-Karateka in Suid-A f r i k a , h e t gedurende die vakansie deel-geneem aan die Suid-Afrikaanse Kickboxing Kam-pioenskappe op Oudtshoorn. Hy het tweede geëin-dig en is op-geneem in die Nasionale Span, die Proteas. Hy was baie besig gedurende die vakansie, aangesien hy ook die MHI Media Lab Naweek op Stellenbosch bygewoon het.

Foto: Marietha Goosen

Page 31: Piketberger Aug 2013

31

022 - 913 3332

Seunskoshuis word Seunshostel Ds E S Breytenbach skryf... Dit sal seker goed en gepas wees om na 55 jaar die oprigting van die Seunshostel in herinnering te roep. In 10 jaar se tyd van 1950 af het daar skielik 'n bou-ontwaking op Piketberg gekom - die nuwe pastorie in 1950, die skoolsaal, die kerksaal, die Seunshostel en vyf jaar later Huis AJ Liebenberg. As 'n mens in Bergstraat opgery het en bo regs gedraai het, was daar op linkerhand so 'n taamlik vervalle gebou, 'n oorblyfsel van die eerste skool wat toe 'n koshuis geword het. Net langsaan was 'n huis waarin die koshuisvader en sy gesin gewoon het en ook die eetsaal vir die seuns. Ook hierdie gebou was lankal nie meer doeltreffend nie. Vertoë tot die Departement van Onderwys vir 'n nuwe hostel wou maar net nie slaag nie, al kon die seuns 'n boersnybrood deur 'n bars in die muur tussen twee vertrekke vir mekaar aangee. Die seuns het die beste gemaak van die swak omstandighede en die ou gebou se mure sou kon vertel van baie pret wat daar plaasgevind het. In een groot vertrek was sewe beddens en die beddens is teen mekaar geskuif en dan kyk die seuns wie kon die verste op die beddens duik. Menige bed se pote was maar erg krom gebuig. Die seuns van die omgewing van Redelinghuys kon nie elke naweek huis toe gaan nie - dit was te ver en Vrydag- en Saterda-gaande het hulle maar hulleself vermaak. Weer in die groot vertrek word die beddens eenkant toe geskuif en in die donker vermom hulle hulleself en een is aan en hy moet voel-voel en met vrae probeer vasstel wie hy voor hom het. Die vrae was rof en persoonlik en in 'n taal en segswyse wat nie in die pers kan verskyn nie en dit het 'n rumoerige gelag veroorsaak. Die koshuisvader was nie baie gewild nie omdat hy so streng was en een aand toe

dit so erg jolig was, besluit hy om te gaan kyk wat daar aangaan EN saam te speel. Hy sluip in en kruip ook op die vloer rond en sy kans om homself bekend te stel kom toe ook. Die seun wat aan is, kon met sy gevoelery en vrae nie vorder nie, want dit was baie ontwykend. Radeloos en wat bedoel was vir 'n groot grap, sê hy toe: "Jy hou jou harde'koejawel' né! Is jy nie die bleddie ou Van Dyk nie?" Dit veroorsaak 'n oorverdowende gelag - so iets is tog onmoontlik en toe die gelag bedaar, verstar alles toe Meneer Van Dyk saam speel en met 'n growwe stem sê: "Ja, dit is die bleddie ou Van Dyk". Die pret was so groot dat hy hulle nie gestraf het nie. Daar is in die Afrikaanse Taal 'n woord wat sy ontstaan in die koshuis gekry het - KAAIKEN. Die seuns van ver kom na die naweek terug met 'n kosmandjie vol lekkernye wat in die ure van die nag getakel word, oa heel gebraaide hoenders. Dit het later gewoonte geword om vir mekaar te vra wat hulle saam gebring het - gaar skaapboud, droëwors, biltong, beskuit en kaaiken (hoender). Die se-uns kon prettige byname vir mekaar gee. Een seun met so 'n groot 'vooruitstrewende' maag se naam was LEVEL. So, te midde van die onaangename ongerief, was daar baie vrolikheid by mense wat gewoond was om swaar te kry en met min klaar te kom. Eindelik is die bou van 'n nuwe hostel goedgekeur. Die argitek help die koshuiskomitee om 'n geskikte bouer on-der die tenderaars te kies. Die spesifikasies was Bellville hard brick en alle binnedeure kry drie lae ligblou verf. Die stene word afgelewer en die gebou word van die noor-dekant af begin waar die eetsaal en kombuis sou kom en die studiesaal bo-op. Vervolg in ons September-uitgawe

Page 32: Piketberger Aug 2013

32

Die Bergrivier Munisipaliteit op Piketberg het op Mandeladag hulle tyd en hande gegee om in same-

werking met BADISA, Boland Superspar, die Departe-ment Maatskaplike Dienste, die VLV, AVBOB en die Munisipale Amptenare bome te plant op die terrein

naby Riemvasmaak, die nuutste woonbuurt op Piketberg. Die area se plan vir 'n park is ontwerp deur

Cobis Wilson van Piketberg. Die bome is geskenk deur Stargrow op Stellenbosch, wat sitrusbome

kweek vir Landbou doeleindes en by wie Piket-Bo-Berg een van die grootste kliënte is, Tulbagh

Kwekery wat olyfbome geskenk het en Distriks munisipaliteit wat inheemse bome geskenk het. Altesaam 300 bome is op Madibadag geplant.

Foto: Hanlie Linde

Park-projek op Madibadag

Personeellede van BADISA en Bergrivier Munisi-paliteit slaggereed om die boomplantprojek by die

park langs Riemvasmaak te begin. Foto: Marietha Goosen

Vriendinne in Renonkelstraat het gehelp met die skoonmaak van die terrein waarop die park langs

Riemvasmaak gaan ontwikkel. Foto: Marietha Goosen

VLV Piketberg by een van die bome by die park in Renonkelstraat, wat hulle geplant het langs die

Riemvasmaak woonbuurt. Foto: Marietha Goosen

'n Deel van die plan, waarop die gedeelte vir die p ark is, wat deur Cobis Wilson van Piketberg ontwerp is.

Foto: Marietha Goosen

Personeel van Boland Superspar en lede van Berg-rivier Munisipaliteit lyk oorgehaal vir die park by

Riemvasmaak se boomplantdag. Foto: Marietha Goosen

Page 33: Piketberger Aug 2013

33

PHS Laerskool VRL deel speelgoed uit

PHS se Laerskool VRL het speelgoed onder die leer-ders ingesamel en op Madibadag gaan uitdeel by twee kleuterskole, Babbel en Krabbel en Mother

Pearl. Agter is proefstudent Leann Breunissen, Loui s Bester, Willem Wiggins, Aimee Philander, Marlise My -

burgh en voor Freddie Visser, Hanri van Zyl, Anke Schreuder en Dewald van Deventer, die hoofmeisie

en hoofseun. Foto’s: Marietha Goosen

PHS Grondslagfase besoek ouetehuis op Madibadag

Foto’s: Iza Schreuder

Page 34: Piketberger Aug 2013

34

Boland Superspar vier Madibadag

Die koek wat Boland Superspar gebak het om Madiba se verjaarsdag te vier.

Die koek word deur Marietjie Pedro, regs, bestuurde r by Boland Superspar gesny. Die koek word deur die personeel geniet en 67 ballonne word aan kinders

uitgedeel. Boland Superspar is op Madibadag by ver-skeie 67-minute projekte in die gemeenskap betrokke .

Foto’s: Marietha Goosen

SAP se Happy Feet Projek

Die Polisie orkes sorg vir 'n paar opgewekte items by die Happy Feet Projek op Madibadag.

Rev Madou en Kapt Wessels woon die verrigtinge op Madibadag by.

Lee-Ann Williams, Aswad Ficks en Ruwayne Adams is drie van die 130 kinders wat elk 'n paar Buccane er

skoene ontvang op Madibadag.

Foto links, Renise van Uys, Piketberg Polisie se eie inspirasie, lewer

'n sang item by die Happy Feet Projek op

Madibadag. Op die foto regs is die 130 paar splinternuwe Buccaneer skoene wat tydens die Happy Feet projek van die SAP aan

kinders uitgedeel is. Foto’s: Marietha Goosen

PHS Kultuuraand 31 Julie om 18:30 vir 19:00

Laerskool– en Hoërskool Toneel Laerskool Spreekkore

R15 kinders R30 volwassenes

Page 35: Piketberger Aug 2013

35

WHY SHOP AROUND?

26 Junie tot 17 Augustus 2013. Spandeer R100 en meer, maak seker een van die "why shop around" pro-dukte op promosie is deel van die aankope. Skryf jou naam en telefoonnommer op die strokie en raak deel van die opwindende kompetisie. Elke dag vanaf Woensdag tot Sondag sal een gelukkige klant 50% van die aankope terug wen. 'n Gelukkige Wenner staan 'n kans om 'n R20 000 SPAR koopbewys te wen. Onthou hier-die kompetisie is uniek aan Boland Superspar spesiaal vir ons lojale klante.

Mnr Sarel Pedro is die gelukkige wenner van ‘n Samsung 40cm televisie en tuisteater-

sentrum. Marlene Visagie en Hester Hagen (Bestuurder) het die oorhandiging gedoen.

the green tree café

Join our Loyalty Club TODAY!

Buy 9 Cups of your

favourite coffee and get the 10th one FREE!

Onthou om deel te neem aan ons R1200 koopbewys kompetisie.

Vra by kantoor vir meer inligting!

SAMSUNG 40CM TELEVISIE WENNER

Page 36: Piketberger Aug 2013

36

Free knives at Boland Superspar

For every R50 you spend at Boland Superspar and Tops, you will receive one sticker. Stickers should be affixed to this collector card. Stickers can be collected until 20 October 2013. Thomas is a leading international brand, the choice of chefs the world over. When you have collected the required number of stickers, you’ll be eligible to buy a Thomas knife at a reduced price or get it abso-lutely free. Just take the collector card to the cashier and specify the knife of your choice.

Deel van die gemeenskap, in diens van die gemeenska p

Toni Smuts (Skakelbeampte) oorhandig lekkers en speelgoed

aan Mev H Dirks van die Verenigende

Gereformeerde Kerk Piketberg vir hul kindernaweek van

28-30 Junie 2013. Mev Dirks was die leier van die

kindernaweek.

IMPORTANT DATES: 28 SEPTEMBER 2013 - Piket-Bo-Berg Cycle Challenge - websi te www.piketbobergcyclechallenge.co.za 12 OCTOBER 2013 - Boland Superspar Potjiekos kompetis ie - Toni Smuts 022 913 1163

VGKSA KINDERNAWEEK

Marietjie Pedro (Winkelbestuurder) oorhandig

pryse en speelgoed aan Gerhard Esau vir Goedver-wacht se Beroepsdag wat

deur hom en sy vrou gereël word.

YOUTH DEVELOPMENT & UPLIFTMENT PROGRAMME