(please write the heading in your “boek 1”) (after reading ... › dekuilen43 › photos ›...

12
Liewe Graad 5 Kuilies,Ons mis julle verskriklik en kan nie wag om julle weer te sien nie. Afrikaans FAL 20 April - 1 Mei Dear Parents and learners if you are unsure about any of the work you can email me and I will help you. [email protected] 20 April Maandag (Boek 1) Opskrif (Please write the heading in your “boek 1”) Luister en praat Die drie varkies (After reading the story please answer the questions underneath the story in you “boek 1”) Lees die volgende storie en beantwoord die vrae Die Drie Varkies en die Nare Groot Wolf (Skrywer:Anoniem) Eendag lank, lank gelede was daar drie klein varkies wat by hulle ma gebly het. Die drie varkies was vrolik en avontuurlustig en het elke dag rond gehardloop en gespeel. Mettertyd het hulle ma vir hulle elke dag takies gegee om te doen, sodat hulle kan leer om eendag na hulle self te kan omsien. Die eerste varkie was nooit lus vir werk nie en het altyd die takies half klaargemaak, sodat hy so vinnig as moontlik kan gaan speel en baljaar in die warm son. Die tweede varkie was altyd opgeruimd en lus vir werk, totdat hy uitvind hoe lank dit vat en dan gee hy moed op. Hy los die werk half klaar en gaan speel en baljaar in die warm son saam met die eerste varkie. Die derde varkie was ‘n harde werker en het die takies altyd klaar gemaak in ‘n opgeruimde bui en as daar tyd oor was het hy ook gaan baljaar en speel in die warm son. Op ‘n dag sê die drie varkies se mamma vir hulle: “Julle is nou groot genoeg en moet nou op julle eie

Upload: others

Post on 25-Jun-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

Liewe Graad 5 Kuilies,Ons mis julle verskriklik en kan nie wag om julle weer te

sien nie.

Afrikaans FAL

20 April - 1 Mei

Dear Parents and learners if you are unsure about any of the work you can email me and I will

help you.

[email protected]

20 April

Maandag (Boek 1)

Opskrif (Please write the heading in your “boek 1”)

Luister en praat

Die drie varkies (After reading the story please answer the questions underneath

the story in you “boek 1”)

Lees die volgende storie en beantwoord die vrae

Die Drie Varkies en die Nare Groot Wolf (Skrywer:Anoniem)

Eendag lank, lank gelede was daar drie klein varkies wat by hulle

ma gebly het. Die drie varkies was vrolik en avontuurlustig en het

elke dag rond gehardloop en gespeel. Mettertyd het hulle ma vir

hulle elke dag takies gegee om te doen, sodat hulle kan leer om

eendag na hulle self te kan omsien.

Die eerste varkie was nooit lus vir werk nie en het altyd die takies half klaargemaak, sodat hy so

vinnig as moontlik kan gaan speel en baljaar in die warm son. Die tweede varkie was altyd opgeruimd

en lus vir werk, totdat hy uitvind hoe lank dit vat en dan gee hy moed op. Hy los die werk half klaar

en gaan speel en baljaar in die warm son saam met die eerste varkie. Die derde varkie was ‘n harde

werker en het die takies altyd klaar gemaak in ‘n opgeruimde bui en as daar tyd oor was het hy ook

gaan baljaar en speel in die warm son.

Op ‘n dag sê die drie varkies se mamma vir hulle: “Julle is nou groot genoeg en moet nou op julle eie

Page 2: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

uit gaan in die wonderlike groot wêreld. Mamma sal altyd lief wees vir julle en onthou - Pasop vir die

nare groot wolf!” Sy gee elkeen ‘n bondeltjie met kos daarin en gee hulle ‘n soentjie op elkeen se

voorkop. Die drie varkies neem die kos en stap saam met die grondpad langs.

Na ‘n paar uur stap hulle verby ‘n groot plaas met goudgeel hooi

daarop. Die eerste varkie is alklaar moeg gestap en bedink ‘n slim plan

om ‘n huisie te bou van hooi. Hy groet sy broers en woerts warts is

die huisie van hooi kant en klaar. Die varkie speel en baljaar lekker.

Na nog ‘n paar uur later stap die broers verby ‘n plaas, wat hope en

hope hout daarop het. Die tweede varkie groet dadelik sy broer en

maak vir hom ‘n huisie van hout. Dis stewiger as die huisie van hooi en

neem ‘n klein bietjie langer om klaar te bou. Maar ai! Was die varkie verheug en speel alte lekker

daar buite in die son.

Die derde varkie loop verder en kom later by ‘n plaas aan wat bakstene maak. Die varkie kry vir hom

‘n hele paar bakstene en begin vir hom ‘n huisie daarvan bou. Dit vat hom baie lank om die huisie te

bou en teen laat aand was dit klaar. Die varkie is moeg en het nie eers tyd gehad om te speel nie. Hy

maak vir hom lekker kos en gaan slaap.

Die volgende dag kuier die drie varkies lekker saam en baljaar. O wee, daar vêr in die agtergrond

kom daar ‘n nare groot wolf aan. Hy hoor die geraas en sien die drie varkies wat lekker speel. Hy

kruip weg agter ‘n boom en laat die middag volg hy die eerste varkie na sy huisie van hooi toe.

Die nare wolf klop aan die deur - Doef Doef Doef!

“Wie is dit?” vra die eerste varkie.

“Maak oop die deur varkie! Ek is honger!” sê die wolf.

“Nee, ek gaan nie!” sê die varkie.

“Nou maar goed varkie, dan gaan ek blaas en blaas totdat jou huisie plat is!” sê die nare wolf.

Hy blaas en hy blaas en in ‘n japtrap is die huisie plat. Die varkie hardloop so vinnig soos wat sy kort

pienk pootjies hom kan dra, na sy broer se huisie van hout.

“Maak oop broer!” gil die varkie. “Daar’s ‘n nare groot wolf agter my en hy wil my op eet!” Die tweede

varkie maak oop en sluit die deur en sê: “Toemaar ons is veilig hier binne. My huisie is baie sterker

as die hooi!”

Die wolf wat nie vêr agter die varkie is nie, kom by die huisie van hout aan.Die nare wolf klop aan die

deur - Doef Doef Doef!

“Wie is dit?” vra die tweede varkie. “Maak oop die deur varkies! Ek is honger!” sê die nare wolf.“Nee,

ons gaan nie!” skree die varkies gelyk. “Nou maar goed, dan gaan ek blaas en blaas totdat die huisie

plat is!” sê die wolf.

Page 3: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

Hy blaas en hy blaas. Hy neem weer ‘n diep asem in en blaas en blaas. Kaboem! Daar val die huisie

plat. Die varkies hardloop so vinnig soos die wind, na hulle broer se huisie wat van bakstene gebou

is.“Maak oop my broer!” gil die varkies. “Daar’s ‘n nare groot wolf agter ons en hy wil ons op eet!”

Die derde varkie maak oop en sluit die deur. Die twee varkies gil en sê: “Ons moet vinnig hier weg

hardloop, die nare groot wolf gaan ook jou huisie plat maak.”

“Wees gerus my broers. My huisie is van bakstene en is baie sterker as die hooi en hout!”Die wolf,

wat kort op die hakke van die twee varkies is, kom by die huisie van bakstene aan.Die nare groot

wolf klop aan die deur - Doef Doef Doef!

“Gaan weg jou nare groot wolf!” skree al die drie varkies gelyktydig.

“Nou maar goed, dan gaan ek blaas en blaas totdat julle huisie plat is!” sê die wolf.

Hy blaas en hy blaas. Hy haal weer diep asem in en blaas en blaas.

Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is al moeg geblaas. Hy sien dat daar rook uit

die skoorsteen kom. Hy klim vinnig op die dak. Die varkies hoor dit en sit ‘n lekker pot water op die

vuur sodat dit kan kook. Die wolf gly by die skoorsteen af tot binne in die warm pot water. Dit was

die einde van die nare groot wolf.

Nou kan die drie varkies lekker speel en gelukkig saam woon, vir ewig en vir altyd.

Vrae. (Write the answer of each question in your book 1)

1. Waarom was die eerste varkie nooit lus vir sy daaglikse takies nie?.

2. Watter varkie was die hardwerkendste?.

3. Vir wie moet die varkies versigtig wees?.

4. Met wat bou die eerste varkie sy huis?.

5. Watter huisie was sterker,die huisie van hooi of die huisie van hout?.

6. Wat het die derde varkie gemaak toe hy klaar sy huisie gebou het?.

7. Die wolf het die eerste varkie se huisie omgeblaas,na wie toe het idee eerste varkie toe

gehardloop?.

8. Wat het die wolf gesien toe hy na die skoorsteen van die huisie kyk?.

9. Wat het die varkies gemaak toe hulle hoor die wolf is besig om by die skoorsteen op te

klim?.

10 Hoekom dink jy was die varkies bang vir die wolf?.

Page 4: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

Dinsdag

21 April (Boek 1)

Opskrif (Please write the heading and the answers down in you “Boek 1”)

Taalstrukture en Konvensie

Hersiening

1 Lettergrepe/Syllables

Tafeldoek = ta-fel- doek,

Waslap= was-lap

1. Verdeel die volgende woorde in lettergrepe

A) Skryfbord:

B) Badkamer:

2 Homofone/homophones

lei / ly

Lei [lead] die hond aan 'n leiband.

Ly [suffer] aan 'n ongeneeslike siekte

Onderstreep die regte homofoon tussen hakkies

A) Mamma koop vir my nuwe ( kleure / klere ) by Ackermans.

B) My sussie dra ‘n rok met helder ( klere / kleure)

C) Die siek pasiënt (lei / ly) verskriklik.

Page 5: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

3 Samestellings/Compound words

hoender + eier = hoendereier

Vorm woorde met die volgende samestellings

A) arm + band =

B) tand + borsel =

C) klei + potte =

4 Verlede tyd/Past tense

Teenwoordige tyd : Ek sing mooi.

Verlede tyd: Ek het mooi gesing.

Skryf die volgende sinne in die verlede tyd.

A) Marie lag hard.

B) Dit sneeu.

C) Die wind waai.

5 Selfstandige naamwoorde/soortname en eiename

Soortname: tafel, stoel, venster, kat, hond, mens, son

Eiename: John, Sara, Kuilsrivier, Maandag, Januarie

Onderstreep die eiename met blou en die soortname met geel:

A) Naomi se ouma se naam is Hannah. Sy bly in Kuilsrivier. Dit is ‘n pragtige dorp. Ouma Hannah ry

graag met haar fiets in die dorp rond. Elke Vrydag ry sy Da Gama Visserye toe en koop dan vis vir

middagete.

Page 6: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

Woensdag

22 April (Boek 1)

Opskrif (Please write this down in your “Boek 1”)

Taalstrukture en konvensie

Boekresensie

Skryf ‘n kort boekresensie oor die storie van die wolf en die drie varkies wat jy

maandag 20 April gelees het.

Volg die raam hier onder om jou resensie te skryf (Rewrite the book review

structure underneath in your “Boek 1” and complete the book review by using the

story.)

Titel: ___________________________________

Hoofkarakters:__________________________________________________

______________________________________________________________

_____________.

Plek waar die storie plaasvind:

____________________________________________.

Opsomming in 5 sinne (Summary in 5 Sentences)

______________________________________________________________

______________________________________________________________

Opinie oor die storie boek (Opinion about the story)

Ek het van die storie gehou omdat:

Ek het nie van die storie gehou nie want:

Page 7: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

Donderdag

23 April (Algemene boek)

Opskrif (Please write the heading down in your “Algemene boek”)

Skryf en aanbied

Tydsrooster en roetine rooster

Ons gebruik roosters om inligting te kan organiseer byvoorbeeld jou klasrooster

(Class timetable).Ons volg ook baie roosters met ons daaglikse roetine.

Kyk na die tydsrooster op bl 79 in jou Afrikaans sonder grense taalhandboek.Kyk

ook na die voorbeelde hieronder.

Jy moet nou jou eie roetine rooster maak wat jy gaan volg tydens die COVID19

lockdown.

Jy moet seker maak dat jy jou daaglikse rooster so verdeel dat jy by al jou

skoolwerk uitkom en ook tyd maak vir speel,jou ouers help,ontspan en die

belangrikste jou hande was.

Jy moet die roetine rooster in jou algemene boek doen.Jy kan besluit hoe jy jou

rooster wil maak.

Page 8: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

Vrydag

24 April (Boek 1)

Opskrif (Please write the heading down in your “Boek 1”)

Taalstrukture en konvensie

Leestekens

Skryf die paragraaf oor in jou boek 1 en maak die foute wat voorkom reg.Jy

kan die foute regmaak met ‘n kleur potlood (Daar is 6 foute in die paragraaf).

eendag was daar ’n skilpad, en hy het alleen in die veld gewoon Elke dag

het hy gekyk hoe die ander diere Vinnig hardloop, en hy het hartseer gevoel

omdat hy so stadig was Skilpad was hartseer, Want hy kon nie so vinnig

soos die ander diere hardloop nie. hy kon net stadig stap

Maandag

27 April (Algemene boek)

Lees die storie en vra jou ouers,oupa,ouma,boetie,sussie by wie jy bly om vir

jou 10 vrae neer te skryf.Jy moet die vrae neerskryf in jou Algemene boek en

jy moet die vrae ook beantwoord.

Opskrif (Please write the heading down in your “Algemene boek”)

Lees en kyk

Skilpad en sy dop

Eendag was daar ’n skilpad, en hy het alleen in die veld

gewoon. Elke dag het hy gekyk hoe die ander diere vinnig

hardloop, en hy het hartseer gevoel omdat hy so stadig

was. Skilpad was hartseer, want hy kon nie so vinnig soos

die ander diere hardloop nie. Hy kon net stadig stap.

Page 9: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

Skilpad het gedink en gedink en toe sê hy, “Ek kan nie vinnig hardloop nie, want my

dop is te swaar. Ek dink ek sal uit my dop kruip, dan sal ek vinnig kan hardloop”. Toe

kruip Skilpad uit sy dop en hy hardloop en roep uit, “Kyk na my, ek kan nou vinnig

hardloop!” Hy was baie gelukkig.

Maar wat dink julle gebeur toe? Skilpad hardloop nog met die paadjie langs, toe

loop hy hom in ’n groot hond vas. Skilpad skrik hom boeglam. Hy gaan staan, draai

om en hardloop so vinnig as wat hy kan daar weg. Wat dink julle het Skilpad gedink?

Ja, hy’t gedink die hond gaan hom jaag. En die hond hét ook agter hom aan

gehardloop en geblaf, só: “Woef-woefwoef!” Skilpad voel vreeslik bang. Hy draai

van die paadjie af en kruip agter ’n groot rots weg. Die hond sien nie vir Skilpad

wegkruip nie en hy hardloop verder.

Toe die hond weg is, kom Skilpad agter die rots uit en hy begin weer hardloop. Nie

lank daarna nie hoor Skilpad ’n lawaai. Hy kyk op en daar sien hy ’n groot voël. Wat

dink julle het die groot voël gedink? Ja, die groot voël wou vir Skilpad eet. Skilpad

hardloop so vinnig as wat hy kan daar weg. Hy sien ’n boom met ’n gat daarin, en hy

hardloop vinnig by die gat in. Skilpad wag tot die voël wegvlieg, toe kom hy uit die

gat.

Skilpad is nie baie gelukkig nie. Hoekom is hy nie gelukkig nie? Ja, dis reg – want hy

is bang. Hy het nie ’n dop om in weg te kruip nie. Kort daarna begin dit reën en dis

koud. Skilpad raak sopnat en hy bewe van die koue. Hy hou niks daarvan nie. Hy is

nou regtig baie ongelukkig. Wat dink julle doen hy toe?

Ja, hy kruip in sy sterk dop terug. Hy sê, “Ek gee nie om as ek nie vinnig kan

hardloop nie. Ek is ’n skilpad. Ek is bly ek is ek!” En dis hoekom skilpaaie tot vandag

toe nie uit hulle doppe kan kruip nie. Fluit-fluit, my storie is uit!

Page 10: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

Dinsdag

28 April (Boek 1)

Opskrif (Please write the heading down in your (“Boek 1”)

Lees en kyk

Jy is ‘n spesiale mensie

Lees die gedig en beantwoord die vrae in jou boek 1,jy hoef net die antwoorde

neer te skryf.

Vrae

1 Wie dink jy het die gedig geskryf?.

2 Vir wie dink jy is die gedig geskryf.

3 Skryf die woorde in die gedig neer wat rym?.

4.Wat bedoel die onderwyser met die

Volgende woorde “Kom loer so nou en dan in”.

5.Wat het die onderwyser vir die kind geleer?.

6.Wat mis jy die meeste van die skool?.

Page 11: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

Woensdag/Donderdag

29-30 April (Algemene boek)

Opskrif (Please write the heading down in your “Algemene boek”)

Skryf en aanbied

Dagboek inskrywings

‘n Dagboek inskrywing is ‘n inskrywing wat verduidelik wat elke dag in jou lewe

gebeur.

Jy gaan nou twee dae (Woensdag en Donderdag) se dagboek inskrywings neerskryf

in jou algemene boek.

Jou dagboek inskrywing hoef net een paragraaf lank te wees.Jy kan die raamwerk

hieronder volg om jou dagboek inskrywing neer te skryf.

Liewe Dagboek.

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

Page 12: (Please write the heading in your “boek 1”) (After reading ... › dekuilen43 › photos › AfrikaansEATgraad5.pdf · Die wolf blaas en blaas weer, maar niks gebeur nie. Hy is

Vrydag

1 Mei (Boek 1)

Opskrif (Please write the heading down in your “Boek 1”)

Taalstrukture en konvensie

Leestekens

Skryf die paragraaf oor in jou boek 1 en maak die foute wat voorkom reg.Jy

kan die foute regmaak met ‘n kleur potlood (Daar is 8 foute in die paragraaf)

eendag was daar ’n Mama Vool, en sy het ’n pragtige nes in ’n groot

boom gebou. Sy lê toe ’n eier in haar nes en gaan sit daarop om dit warm

te hou Mamma Vool sit vir ’n lang tyd op har eier in haar nes. maar toe

word sy baie honger. Sy wil uitgaan en ’n vet, sappige wurm gaan soek om

te eet Wat dink julle doen sy toe? Ja, Mamma Voël vlieg weg om wurms te

gaan soek.