police gazette 1-14

41
1 The Police Gazette Un-official Newsletter for SAP-Veterans Die Polisie-Koerant Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP-Veterane Vol 1 No 14 Pretoria: Sunday 5th September 2010 - Sondag 5 September 2010 This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of the former South African Police Force. This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR. Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown. Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie! Please send in your emails on the latest at Wednesday! Versprei asb na hartelus! Please spread as you desire! Redakteur - Hennie Heymans - Editor Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121. [email protected] Argivaris: Marius Avenant: Archivist Stellenbosch [email protected] 1. WELKOM / WELCOME Baie welkom by ons 14 de uitgawe. Dit is lente hier in Pretoria! ’n Paar dikkoppe het hul intrek te Meintjeskop geneem en hulle is duidelik sigbaar hier in Russellstraat. Aan die noordekant van Meintjeskop is die bosvelddoringbome in hul lentegewaad geklee! Die katlagters eet nou ook daagliks pap saam met die hadidasse in ons tuin en daar is ’n sprankel in die lug. So, op daardie vriendelike lente-noot: sluit gerus by ons aan! 2. OORDENKING / MEDITATION: A small request. Just one line: Dear God, I pray for a cure for cancer. Amen. Talle van ons vriende en kennisse het kanker onder lede. Kom ons bid vir al ons vriende wat kanker het. Ons het een terugvoer gekry oor die Afrikanerlyding. “Hallo Hennie. Ek het sopas die artikel gelees oor die lyding van ons mense. Vir my was dit uiters ontstellend. My seun speel hier in ‘n orkes en ek wil iets reël om geld bymekaar te maak sodat ons ook iets kan doen om die mense te help. Hierdie cowboy het nou trane in sy oë. Groete, Cobus Holtzkampf.” - Dankie Cobus. Dankbaarheid: Koot van Schalkwyk Hierdie berig wat Koot van Schalkwyk ingestuur het, laat ons ook oor dankbaarheid peins: “My ouers se huis se naam is "DANKBAAR". Hul eerste huisie in Bellville was net voor of net na die Tweede Wëreld Oorlog gebou en dit het mettertyd sommer binnenshuis begin reën as die reën buite op die sinkplaatdak geval het. Ons het na die nuwe huis getrek. My Pa is en my Ma was in lewe nog altyd eenvoudige mense en nie eens die "status" van die nuwe, groter huis met teëldak het na hul koppe toe gegaan nie. My Pa-hulle het vier kinders grootgemaak, op skool gehou, gevoed, ens met 'n skamele salaris van ongeveer

Upload: hennie-heymans

Post on 29-Mar-2016

388 views

Category:

Documents


5 download

DESCRIPTION

Polie Gazette Volume 1 issue 14

TRANSCRIPT

Page 1: Police Gazette 1-14

1

The Police Gazette Un-official Newsletter for SAP-Veterans

Die Polisie-Koerant

Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP-Veterane

Vol 1 No 14

Pretoria: Sunday 5th September 2010 - Sondag 5 September 2010

This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of the former South African Police Force.

This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR.

Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown. Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie!

Please send in your emails on the latest at Wednesday!

Versprei asb na hartelus! Please spread as you desire!

Redakteur - Hennie Heymans - Editor Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121.

[email protected]

Argivaris: Marius Avenant: Archivist Stellenbosch

[email protected]

1. WELKOM / WELCOME

Baie welkom by ons 14de uitgawe. Dit is lente hier in Pretoria! ’n Paar dikkoppe het hul intrek te Meintjeskop geneem en hulle is duidelik sigbaar hier in Russellstraat. Aan die noordekant van Meintjeskop is die bosvelddoringbome in hul lentegewaad geklee! Die katlagters eet nou ook daagliks pap saam met die hadidasse in ons tuin en daar is ’n sprankel in die lug. So, op daardie vriendelike lente-noot: sluit gerus by ons aan!

2. OORDENKING / MEDITATION:

A small request. Just one line: Dear God, I pray for a cure for cancer. Amen.

• Talle van ons vriende en kennisse het kanker onder lede. Kom ons bid vir al ons vriende wat kanker het.

• Ons het een terugvoer gekry oor die Afrikanerlyding. “Hallo Hennie. Ek het sopas die artikel gelees oor die lyding van ons mense. Vir my was dit uiters ontstellend. My seun speel hier in ‘n orkes en ek wil iets reël om geld bymekaar te maak sodat ons ook iets kan doen om die mense te help. Hierdie cowboy het nou trane in sy oë. Groete, Cobus Holtzkampf.” - Dankie Cobus.

Dankbaarheid: Koot van Schalkwyk Hierdie berig wat Koot van Schalkwyk ingestuur het, laat ons ook oor dankbaarheid peins: “My ouers se huis se naam is "DANKBAAR". Hul eerste huisie in Bellville was net voor of net na die Tweede Wëreld Oorlog gebou en dit het mettertyd sommer binnenshuis begin reën as die reën buite op die sinkplaatdak geval het. Ons het na die nuwe huis getrek. My Pa is en my Ma was in lewe nog altyd eenvoudige mense en nie eens die "status" van die nuwe, groter huis met teëldak het na hul koppe toe gegaan nie. My Pa-hulle

het vier kinders grootgemaak, op skool gehou, gevoed, ens met 'n skamele salaris van ongeveer

Page 2: Police Gazette 1-14

2

R290 per maand - dit was die 60's en 70's. Jare na die tyd het my Ma ons eers vertel dat sy daardie maer jare haar bord kos tussen twee van ons kinders gedeel het en dan self 'n broodjie geëet het. Liefde gee sonder voorbehoud en ons was al die jare DANKBAAR vir wat ons gehad het en ook vir dit wat ons nie gehad het nie. Die laaste jaar of so voor my Ma se dood, het die twee oumensies 'n paar rand 'n maand ekstra gehad (ja, die pensioen het mettertyd darem 'n bietjie meer geraak) wat hulle dan gebruik het om so af en toe 'n ontbyt by die Spar te gaan eet. Of sommer net vinnig, na afloop van hul inkopietog, 'n vinnige koppie koffie by die koffieplekkie te drink.”

- Dankie Koot!

3. LIEF EN LEED / LOVE, HAPPINESS & SORROWS Indien u hoor dat ‘n veteraan of polisie-vriend oorlede of ongesteld is – laat tog asb per epos

weet. Ons weet daar is van ons kollegas en ook van hul gades wat siek is. Dra hulle asb op in u

gebede. U is welkom om siekboek en verjaarsdae edm ook in te stuur.

3.1 AFSTERWE/ DEATHS Dit is met innige leedwese dat ons die dood moet aankondig van ondergemelde lid/oudlid van die Mag: 1. Mev Meraai Venter – verlede Saterdag vertel Nicol Stassen vir my dat sy skoonmoeder mev Meraai Venter op 16 Augustus 2010 oorlede is. Mev Venter was op ‘n stadium genl HPM de Villiers se sekretaresse en sy op ‘n stadium ‘polisievrou van die jaar’. 2. Mev Bettie Albertyn (88) – Ray Wagner skakel en verwittig dat sy Moeder, wat na sy Vader se afsterwe met kapt HP Albertyn (afgetree Oktober 1974 te Kompol x302) getroud is, op 30 Augustus 2010 oorlede is. 3. Ek verneem dat A/O Chris Crouse oorlede is en dat die begrafnis vandag 27.8.10 is. Chris beter bekend as C.D. Crous was jare lank ‘n instrukteur by die patrolliehond afd by die Hondeskool PTA Wes. CHRIS SCHOEMAN.

4. Billy Cox berig: “Durban - An off-duty police officer was shot dead and his fiancée was critically injured in an attack while fishing at a dam on the KwaZulu-Natal north coast, police said on Monday. Superintendent Jay Naicker confirmed that Captain Kevein Marallich and his fiancée Cathy Potgieter had been fishing on Sunday afternoon at a farm dam near the town of Nyoni, about 30km north of KwaDukuza (Stanger), when they were attacked. It is believed that the couple were confronted by two men, one of whom was armed with a high calibre pistol. Marallich was shot in the face and Potgieter was severely assaulted and was found by farm workers floating in the dam. Netcare spokesperson Jeff Wicks said Potgieter was in a critical condition in Umhlanga hospital. Both were from Eshowe and Marallich worked for the police's crime intelligence unit in Eshowe.” (Dankie - Billy Cox)

• Ons eer hul nagedagtenis. Saluut!

3.2 Amptelike Siekboek / Official Sick Book – Nie-amptelik en informaal weet ons van

Page 3: Police Gazette 1-14

3

’n paar vriende en kollegas of hul gades wat ongesteld is. Beterskap word u toegebid. Amptelik geen berig ontvang.

3.3 Verjaarsdagwense / Birthday • Amptelik geen berig ontvang.

4. SAP 55 VERMISTE PERSONE EN GENEALOGIE / MISSING PERSONS

• Jan van Wyk: Hy is op soek na ou bekendes van die SWE (spesiale wageenheid) en Alexanderbaai. [Beste Jan van Wyk - Niemand het nog van hulle laat hoor nie!]

• Hennie Heymans: Ek is op soek na my offisiers-maat, luit-genl Nico Slabber, iewers in Port Elizabth se wêreld. Ons verjaar op dieselfde dag en ek wil graag die polisiekoerant vir hom stuur. Opgespoor – dankie kms Glen Schooling.

• Hallo Hennie, kan u asb die volgende plaas? Ek soek na Percy "Ore" Hartzenberg. Vroeër van VP Umtata (1963-67). Was laaste besoek te Bloemfontein. Was glo op 'n stadium betrokke by Bond van Oud-Polisiemanne. Ook soek ek Riaan Visser, voorheen van SAP Radio Tegnies Windhoek, (1968). Groetnis, Ron Aylward.

• Hi Hennie, Please find Letter from Judy Letard. She is looking for information of her father. If you could help it would be much appreciated. From: Robert Suberg, Durban.

Hi Robert, Thank you for offering to help out with this search for me. Here are the details which I managed to get from my Mom: Name : Johan Christoffel (Koos) Engelbrecht (I’m inclined to think that Koos is short for Jacobus!!) Born : 14 January 1926; Place : Standerton, Tvl. Stations : SAP Verulam (approx. 1946); SAP Stamford Hill (approx. 1950 to 1954) Thanks once again for your help. Kind regards, Judy Letard.

5. POLISIE-PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK: MNR WJ NEL

5. POLICE PERSONALITY OF THE WEEK: MR WJ “KILLER” NEL

More Brig, Soos belowe so kort skets van my vader: Nr 29263T speurder-adjudant-offisier Walter James NEL is op 19 November 1932 op ‘n tabakplaas buite Brits gebore. Op 16 jarige ouderdom besluit Oupa Nel dat Pa nou genoeg geleer het en op die plaas moet kom werk. Pa besluit om op die Spoorweë te gaan werk - maar beny sy Ouboet Thinus wat toe reeds in die Mag is en aan die Oos Rand gestasioneer is. Die swart uniform word deur die jong Walter bewonder maar hy weet dat sy Pa nie die minderjarige se goedkeuring sal teken indien hy aansoek sou doen om aan te sluit nie. Ouboet Thinus besluit om “namens hulle Pa” toestemming te verleen sodat Walter kan aansluit.

(Ek het my Pa vir jare gespot dat hy eintlik ‘onwettig’ in die Mag is en dat ek as offisier hom sal “moet Departementeel laat vervolg .....

nodeloos om te sê het die ou man my presies vertel wat hy van my dreigement dink!!) Hy voltooi sy opleiding in die destydse Depot in Pretoria gedurende 1952 en word soos enige ‘werklike

Page 4: Police Gazette 1-14

4

Polisieman’ na ou Marshallplein veplaas waar hy vir n kort tydperk werk voordat hy na Roodepoort aan die Wes Rand verplaas word. Gedurende 1958 word hy na die Speurtak oorgeplaas en verrig diens te Roodepoort, Florida en Maraisburg. Gedurende hierdie tydperk ontmoet hy ‘n jong dame, Beth, van Uitenhage wat by die Geregsbode in Roodepoort weksaam is. Hy tree met haar in die huwelik. Walter leef hom uit as speurder en is betrokke by die suksesvolle ondersoek en skuldigbevinding van vele bekende sake wat gedurende hierdie tydperk aan die Wes Rand afgespeel het.

Hy was ‘n kranige rugbyspeler wat vir bykans 17 jaar vir die 1ste span van Rand Leases (later bekend as Roodepoort ) Rugbyklub as flank en kaptein uitgedraf het. So word hy dan in 1970 deur wyle brig Buurman van Zyl

1 na die SAP Kollege verplaas en speel hy op 38 jarige ouderdom vir die Pretoria Bobbies 1ste span in die bekende Carlton beker kompetisie. Hy aanvaar diens as Wetinstrukteur in die Kollege en gee oa lesings in Ondersoek van Misdaad en geniet hierdie tydperk om met die ‘jong manne’ te werk. Hy verdien gou die bynaam van “Killer Nel” omrede hy

berug raak vir die vele kere wat hy slapende rekrute ‘wakker geklap’ het ..... ek wonder wat sou gebeur het as hy dit vandag sou doen2. Hy raak ook toe aktief betrokke met rugby afrigting saam met sy ou speelmaat, Peet Kleynhans (die bekende Cheetah rugby afrigter) en geniet die interaksie met die groot aantal talentvolle spelers wat Bobbies daardie jare gelok het.

Maar soos hy altyd sê ... eentyd ‘n speurder altyd ’n speurder ... en so word hy weer terug verplaas na Huisbraak Eenheid te Brooklyn speurtak waar hulle huisbrekers ‘jag’ en dag en nag werk om vele sindikate te arresteer en ander suksesse te behaal. Later verplaas wyle Brig Jumbo van de Wahl hom terug na Pretoria Sentraal Speurtak en word hy aangewend om jong speurders op te lei. Hy is vandag nog baie trots op sy “seuns en dogters” wat groot hoogtes bereik het en die rol wat hy gespeel het om hulle as hoogs aangeskrewe speurders te help vorm.

My Pa het ook verskeie kere Grensdiens in die destydse Rhodesië verrig ... praat nou nog met heimweë oor die pragtige Mana Pools, ook te Plumtree en in 1980 Owamboland waar hy in ‘n landmyn voorval beseer is. My Pa is in verskeie kontakte betrokke en het twee balkies ontvang met sy Grensdiens medalje. Na aftrede het hy aangehou werk by die Tin Store Eenheid in die Kollege tot 1996 waarna hy finaal afgetree het. Hy en my Moeder het gedurende 2001 na Onrusrivier verhuis waar hulle tans nog woon.

As ek terug dink aan my kinderdae in Roodepoort dan onthou ek hoe ek saam met hom oor naweke, wanneer hy aan diens was, met die Studebaker Lark, Vauxhall Vellox of Valiant Regal

1 Brig Buurman van Zyl ook in Ron Aylward se hengelstorie genoem. Ons sal later meer oor hierdie bekende

offisier moet berig. Hy was ’n koninklike ordonans gedurende 1947 en het ’n rare medalje verwerf. 2 Moenie praat nie! Dit sal ook by die VN ‘n draai maak!

Page 5: Police Gazette 1-14

5

na die Stasie gery het om te sien watter ‘dockets’ ingekom het. Hoe hy vele aande na rugby oefeninge by die kombuistafel gesit het en met sy Mont Blanc inkpen en sy ‘dockets’ opgeskryf het en dan later die aand deur een van sy kollegas opgetel word om inligting op te volg dat ‘n verdagte deur ‘n ‘informer’ opgemerk is. Ek onthou die trots as hy die middag by die huis gekom het en ons vertel het dat sy saak suksesvol in die Hof verloop het en dat die beskuldige maksimum tronkstraf toegedien is.

Baie dankie Brig ek stuur ook ‘n paar fotos saam. Groete, Piesang Nel.

• Piesang - die Polisiekoerant bring graag hulde aan meneer Walther James Nel en ek

hoop ek verras jou ook met ‘n skets wat in die SARP van November 1970 op p 34

verskyn het! Jou Vader sal beslis in die Biografiese Woordeboek opgeneem word. Die

Polisiekoerant salueer graag sulke manne en ons sal alles in ons vermoë doen om te

verseker dat hulle name nie in die vergetelheid sal verdwyn nie!

• Slegs offisiere wat kommissierang bereik het behou hul range na aftrede. Het die tyd nie

ook aangebreek om ook konstabels, sersante en adjudant-offisiere wat na ‘n leeftyd van

diens, ook toestemming te verleen om hulle range na aftrede te behou nie? Daar is soveel

van ons onder-offisiere en adjudant-offisiere wat uitmuntende diens gelewer het dat ons

hieraan sal moet dink.

WALTER NEL deur SJG Swanepoel DIE min hare op Walter se kop is geen wanindruk van sy ouderdom nie. Volgende maand is hy reeds nege en dertig, en met 'n seun reeds op hoërskool, het hy nogtans vanjaar verskeie kere al

vir Pretoria Polisie eerste span gespeel. 'n Ware kanniedood. As jong seun uit Britz se wereld, sluit hy by die Mag aan in 1952. Die daaropvolgende jaar wen hy die een myl en drie myl op die Suid-Afrikaanse Polisiekampioenskappe en verteenwoordig Polisie op die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskappe in Bloemfontein. Verlede jaar het hy nog vir Rand Leasess rugby gespeel nadat hy sy eerste wedstryd vir die span in 1953 gespeel het. Agtien jaar is weliswaar 'n leeftyd om vir 'n klub se eerstespan te speel. Sy laaste sewe jaar wat hy vir die klub gespeel het, was hy dan ook die kaptein van die span. In 1966 was hy kaptein van die Transvaalse Sub-unie en het ook 'n keer of wat vir Transvaal uitgedraf. Aanvanklik het hy begin as 'n vleuel en senter. In 1958 het hy kop ingesteek in die agsteman-posisie en van 1966 druk hy aan die kant van die skrum.

34 SARP. NOVEMBER 1970

• SALUUT!SALUUT!SALUUT!SALUUT!

Page 6: Police Gazette 1-14

6

6.0. PERSOONLIKHEDE / BIOGRAFIESE WOORDEBOEK

Ons soek inligting oor ’n boksheld met die naam van Lotter. Hy was ’n polisieman en het aan die 1936 Statebondspele deelgeneem. Hy het op die skip ss Mauritania waarmee die SAP Brigade noorde toe is, ’n vertoongeveg gegee. Hy is ’n vriend van Oom Fred Geldenhuis. Hanlie van Staden, Nigel, soek meer besonderhede oor hierdie polisie-sportman.

7. AANGELEENTHERDE WAT ONS DIREK RAAK: BETROKKENHEID

7. POLICE VETERANS’ VESTED INTERESTS: INVOLVEMENT As oud-lede van die SA Polisiemag het ons oor al die jare daarin geslaag om 'n hegte kameraadskap te handhaaf. Ons betree egter nou 'n fase waar die meeste van ons oud-lede reeds aan die bejaarde kant is, al is hulle nog jonk van gees. Met die kennelike humor wat so eie aan ons is, het genl. Sarel Strydom se skoonseun toe hy opgemerk het dat hy nou begin oud word, droog opgemerk : “Pa, jy is reeds oud”. Ja, ons is waarskynlik reeds in oud in jare, al voel dit nie so nie. Dit is daarom so belangrik dat ons op een of ander wyse betrokke sal wees by die verskillende forums, geleenthede of wat ook al waar gereelde skakeling tussen oud-lede

bevorder kan word. Bejaardesorg onder leiding van genl. Basie Smit gee tans daadwerklik aandag aan ons oud-lede wat weens gesondheidsomstandighede huisgebonde geraak het. Die Bond van Oudpolisiebeamptes bied gulde geleentheid aan oud-lede om steeds gereeld bymekaar te kom en mekaar se belange op die hart te dra. So is daar die Generaalsklub en die Brigadiersklub. Brigadier Hennie Heymans se “Polisiekoerant” bied ons geleentheid om mooi herinneringe met mekaar te deel en onderling nuus uit te ruil. Dit is egter uiters belangrik dat ons al ons oud-lede op een of ander wyse betrokke sal kry en dat nie een enkele oud-lid eensaam en afgesonder sal raak nie. Kom ons werk almal saam aan hierdie baie besondere doelwit. Ons vergeet mos nooit ons ou ou kennisse nie. Seënwense aan elkeen. Johan van der Merwe.

• Baie dankie Generaal!

7.1 Die SAP Liefdadigheidstrust

7.1.1 Die saak van die Pebco-3: Genl Johan van der Merwe

• Dansky Radio Pretoria het ons heelwat gein. Baie dankie vir al die skenkers!

7.1.2 Jaarlikse Skaapbraai, DV, 11 September 2010:

genl Johan vd Merwe Baie dankie aan almal wat ons tot dusver so mooi ondersteun het!!!

• ““““EK SIEN JULLE DAAR!EK SIEN JULLE DAAR!EK SIEN JULLE DAAR!EK SIEN JULLE DAAR!”””” – genl Mike Geldenhuys.

7.1.3 Veiling van Boeke ten bate van die SAP

Liefdadigheidstrust

Page 7: Police Gazette 1-14

7

Ons veil vier boeke op wat deur die outeurs geteken is. Die eerste paar: They Conquer from Above ,

• Majoor Piet van Zyl het nou ‘n bod ingestuur vir R500-00.

• Hennie Heymans het ’n bod van R260 op die 2de boek. Die tweede paar: Trou tot die Dood toe ,

• Majoor Piet van Zyl het nou ‘n bod ingestuur vir R500-00!

• Dana Kruger het ’n bod van R250 op die 2de boek!

Asseblief! Kom, kom, kom! Wie kan hierop verbeter? Verbeter dan op die 2de bod indien u

nie meer as R500 wil bie nie!

7.1.3 Wedstryd: Raai Wie? Deponeer R10-00 (of veelvoude van R10-00) in die Oud-SAP-

Lede Trust; ABSA-BANK; REKNR. 9050207273; LYNNWOOD-RIF TAK. Merk net u inbetaling “Fotokompetisie”. Die prys is ‘n pragtige, gesogte duur boek deur Jonathan Pittaway. Die boek oor Koevoet verskyn in dieselfde reeks. Raai wie verskyn almal op die foto? Die uitslag van die Trust is finaal.

7.1.4.1 William Marshall: VLEUELS Hier links verskyn lt-kol William Marshall. Ons het Woensdag ’n hele onderhoud met sers-maj Fred Geldenhuis gevoer en opgeneem. Kyk elders wat William op 28 Augustus 2010 aangevang het!

7.2 Vingerkraal se mense Daar is nou volgens berigte 11 kinders oorlede! Enige hulp, kontak asb vir Leon Bezuidenhout deur die Polisiekoerant.

7.3 INTERNATIONAL POLICE ASSOCIATION JACARANDA REGION:

PRESENTS THEIR ANNAUL BANQUET – DEN ALBERTS The International Police Association, Jacaranda Region requests the pleasure of your company. KINDLY SUPPORT US IN THIS ENDEAVOUR. Date: Saturday 2010-10-30 Venue: SAPS Academy: Tshwane Time: 18:00 for 18:30 Costs: R 250.00 per person/R 2500 per table (seats 10) Dress Code: Formal

Page 8: Police Gazette 1-14

8

Cost Includes: 3 Course Meal. SAPS Tshwane Band will provide dance music for the evening For more information/bookings kindly contact:

• Johan van der Merwe at 082 469 2400

• Denn Alberts at 082 807909

• Peter Fryer at 082 774 9960 Limited places available.

• Is the old SAP College now known as the SAPS Tshwane Academy?

8. POLISIE-GESKIEDENIS 8. POLICE HISTORY

8.1. EK WAS LID VAN DIE EERSTE GROEP VROUEPOLISIE - Sarie van Niekerk 10 Januarie 1972! Dit is die dag wat my lewe vir ewig verander het. Op die dag het ek, soos ons destyds spottenderwys gese het “my vingertjies in die lug opgesteek het en beloof het om getrou te wees aan my nuwe loopbaan.” Die nuwe loopbaan was om as lid van die eerste opleidingsgroep vir vroue in die destydse Suid-Afrikaanse Polisiemag ingesweer te word.So ‘n groot oomblik was daar seker nog nooit voorheen en ook beslis nooit daarna in my lewe gewees nie – behalwe natuurlik die geboorte van my dogter! Daardie oomblik toe vyf van ons, die eerste groep vroue wat by die destydse John Vorsterplein polisiekantore in Johannesburg, deur die toe afdelingskommissaris gen. De Guisti in sy kantoor die eed van getrouheid afgelê het, sal my altyd bybly. As ek vandag nog na die foto’s teen my studeerkamer se muur kyk, dan voel ek steeds daardie koue rilling wat langs my ruggraat afgeloop het daardie dag. Daardie gewyde oomblik toe hy ons elkeen met ‘n stewige handdruk welkom geheet het in die geledere van die polisie.Die eerste opleidingskursus het eers in Maart 1972 begin in die Polisiekollege in Pretori-Wes en tot dan moes ons in kantore by John Vorsterplein werk, wat op sigself ‘n wonderlike ervaring was. Alles was nie maanskyn en rose nie, want van die geharde ouer geslag manne kon maar net eenvoudig nie aanvaar dat die skoner geslag nou ook hul terrein betree nie. Van hulle het dit ook baie duidelik gemaak, maar ons het onsself belowe ons gaan hulle verkeerd bewys en alles in gegooi om ‘n sukses te maak van ons nuwe loopbane. Uiteindelik het die dag aangebreek dat ons na Pretoria kon vertrek vir ons opleiding. Wat ‘n dag! Dit het omtrent gevoel of ons op heilige grond loop toe ons by die kollege aangekom en ons splinternuwe gebou betrek het. Ek dink vir baie van ons 102 dames was dit aanvanklik ‘n geweldige natuurskok toe ons agterkom hoe belangrik dissipline in die polisie is.Daar was die onvergeetlike brig. Duveen Botha, of “Napoleon”, soos sy bekend gestaan het omdat sy baie jare lank geskiedenis gegee het aan die Helpmekaar Hoër Meisieskool in Johannesburg. ‘n Napoleon was sy gewis. Vir haar was daar nie ‘n middeweg nie, net een reguit pad en dit was die regte pad. Daardie eerste dag toe sy ons in die ou sink kerksaaltjie toegespreek het, was ‘n oomblik wat my vandag nog so helder voor die oë staan. Ek hoor nog haar woorde toe sy aan ons nuwe rekrute vertel watter groot geskiedenis ons besig is om te maak. Ons die baanbrekers in die polisie wat die pad kom oopmaak vir vroue in die toekoms.Aanvanklik het die manlike personeel, daar was geen vrouelike opleidingspersoneel nie, nie regtig geweet hoe om ons te hanteer nie. Hulle kon nie op die paradegronde aan ons skreeu bors uit, maag in, soos wat dit gedurig op die paradegronde vir die mans uitgebulder is nie. Hulle was te bang om ons fisies te hard te druk op

Page 9: Police Gazette 1-14

9

die oefenveld, want kan die arme bloedjies dit hanteer? By tye was dit eintlik lagwekkend soos hulle kleigetrap het oor hoe om ons te behandel. Met verloop van tyd het hulle agtergekom dat ons ook maar net lede van die polisie is en het die jammerkry ook begin verdwyn. Vir brig. Botha was dissipline en netheid die twee hoof aspekte. Ons skoene moes elke aand ‘gebone’ word, want jy het nie gewaag om met skoene waarin jy nie letterlik jou hare kon kam, uit jou kamer te stap nie. Wanneer sy inspeksie in die kamers gedoen het, het sy ‘n wit handskoen aangetrek en daarmee oor die meubels en onder die bed gevee om te kyk of sy tog nie net ‘n stoffie kan kry sodat sy jou net weer ‘n slag kan aanspreek nie. Ons het hard gewerk, want die hele land se oë was op ons gerig en ons wou mos bewys ons is net so goed, indien nie beter as die mans nie. Ons wou beter punte kry as hulle, wou beter masjeer as hulle en wou net eenvoudig beter wees as die manlike geslag – ek dink nogal ons het tot ‘n groot mate daarin geslaag. Kort voor die einde van ons opleiding het die lang, maer, briljante lt.-gen. Christi Zietsman, destyd betrokke by die veiligheidspolisie en later die speurhoof van die land, en sy span kollege toe gekom en tien dames te keur wat na afhandeling van ons kursus in die kollege gaan agterbly om veiligheidsopleiding te kry. Gelukkig was ek ook een van die uitverkorenes! Hier het ek ook die eerste keer kennis gemaak met die legendariese gen. Johan Coetzee, “Two-tone” Coetzee vanweë sy een bruin en een groen oog. Toe ek dan ook na die veiligheidsopleiding uitgeplaas word na die veiligheidstak by Johan Vorsterplein, was die einste “Two-tone” die afdelingsbevelvoerder. Hier is ons, ons was vier dames wat daar beland het, deur die meeste mans met oop harte ontvang, maar daar was tog van hulle, wat geen geheim daarvan gemaak het, dat daar geen plek vir vroue in die polisie is nie, wat nog in die veiligheidspolisie. Die jare in die veiligheidspolisie was wonderlik. Opwindend, angswekkend maar ook ongelooflik leersaam. Vir die eerste keer het ek werklik agtergekom watter oorlog ons gevoer het teen die destydse kommuniste, die rooi gevaar soos daar van hulle gepraat is. My jare by die veiligheidspolisie was ‘n tydperk in my lewe wat vir my ongelooflik verrykend was en hoewel ek al baie jare uit die polisie is, sal dit my altyd bybly. Daar was later jare ander afdelings van die polisie waar ek gewerk het, maar ek dink dit is ‘n storie vir ‘n ander keer. Daar is net so ongelooflik baie en wonderlike ervaringe om oor te praat oor my jare in die polisie, dat mens dit onmoontlik nie alles in een brief kan vertel nie. So sit hierdie in julle pype en suig daaraan tot die volgende uitgawe, dan vertel ek meer. Van nou af gaan julle gereeld van my hoor, want sien nadat ek uit die polisie weg is, het ek joernalis geword waar ek vir 30 jaar gewerk het en soos almal weet kan ons joernaliste mos nooit genoeg gepraat of geskryf kry nie. Joernaliste kry mos altyd nog iets om oor te skryf, nog iets wat later onthou word en wat uitgesnuffel word wat weer uitgerafel kan word. Ons is mos meesters daarin. So tot volgende keer, totdat ons hierdie verhaal verder neem en ek sommer ook vir julle foto’s sal stuur van die begin dae van die vrouepolisie in Suid-Afrika, Polisiegroete en onthou ons beskerm en dien. Sarie van Niekerk (Vorster toe ek by die polisie aangesluit het). As daar van die dames van daardie groep is wat graag met my wil kontak maak, doen dit by 011 740-1769 of 083 516 0660 of my e-pos [email protected]

Page 10: Police Gazette 1-14

10

• Baie dankie Sarie! Ek kan nog van luit (v) AM Muller (onthou ek die van reg?) se verslae onthou, kol Fabritius het nog gewag gemaak van julle dames se goeie inligtingsverslae. Was een van julle nie eers ’n lugwaardin nie? Wie was die vier dames wat na die veiligheidstak verplaas is?

• Napoleon was ook oorlede brig Piet Goosen se bynaam – waarom vra ek iemand? “Omdat hy so ’n klein mannetjie met ’n GROOT hart is!”, kom die antwoord. Miskien moet ons dit een of ander tyd oorweeg om al die byname aan te teken. Genl IP de Villiers was ’n kwaai man, sy bynaam was Musolini. (Vernoem na die Italiaanse diktator Benito Amilcare Andrea Mussolini.)

8.2 POLICE MEMORIALS

- Staan oor. Luit-genl WH ‘Colin” Steyn is sover op hoogte gehou. Dankie Generaal vir u

belangstelling in hierdie verband! Stuur asb u foto’s in van polisiegrafte en gedenktekens.

8.3 ZARP’s AND BERG-EN-DAL

- Die besoek het plaas gevind. Verslag sal later gelewer word.

8.4 Kamele in die polisie

- Staan oor

8.5 John Harris – Dr James Myburg & Mr Pieter Swanepoel (ex-RIS & NIS) This week we have received numerous letters about John Harris. Here is the first one from James Myburgh to our friend Piet Swanepoel: As someone who knows very little about the event I found the exchange about John Harris on Politicsweb fascinating. I extracted it and have republished here: http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/system/templates/edit_mode1/editPageFrameset.jsp?sectionId=71611&pageId=71616&lid=1&p= It seems that Winter's Inside Boss account about Viktor etc has been very influential. James Sanders uses it as his source in his book. And so does - it seem - Terry Bell. What is the truth as you understand about Harris and his warning about the bomb? Best wishes, James 2. Dear James, My son helped me and eventually I was able to read your article. It was interesting to read the complete comments, especially the one by the “judge”. You can tell him from me that the fact that a lie has been repeated umpteen times does not make it “common cause”. I prefer to believe general Viktor. You ask what the truth, as I see it, is about Harris and his warning about the bomb. Well to start with, it has always been my belief that a man who plants a bomb anywhere and then phones the Police to tell them about it, does so purely to attract the Police to the scene so that they will be the first to be destroyed. Gordon Winter, who wrote his book in 1981, claims to have known Harris well. He writes that evidence by a state witness that Harris was a violent man, was not true. “He was, in truth, a softie and dozens of his friends who live in Britain, will, I am sure, confirm it”. Strangely enough, Winter allowed this softie friend to be tried and never thought it prudent to offer this knowledge about him for the benefit of the court. Winter provides the following description about the

Page 11: Police Gazette 1-14

11

placing of the bomb: “The court did not believe that Harris had only meant the bomb blast to be a symbolic protest which would be witnessed by hundreds of people safely herded outside a police cordon. The court was not interested in Harris’s insistence that he had put two gallons of petrol in the bomb so that the cordoned-off crowd would witness a massive sheet of flame and would be able , as he put it, ‘to visualize it quite clearly’”. Winter writes that the warning about the bomb was phoned to a senior official of the Johannesburg Railway Police at “just before eighteen minutes past four”. He was told that the bomb was set to explode at 4.33p.m. In other words the Police would have to clear the concourse within 15 minutes. Could any “softie” in his right mind think that the police would necessarily believe the warning from an anonymous person, and understand it? Remember the warning was in English and most railway policemen were Afrikaans-speaking. Winter claims that the evidence heard at the trial that the bomb was placed under a bench was incorrect. He claimed that the girl, Glynnis Burleigh, wrote a book about the experience in 1974. She wanted publicity for the book and Winter writes that he took her to the spot where she was when the bomb exploded and had a photo of her taken. She showed him that the bomb had in fact been placed right out in the open, “but this evidence came far too late to save John Harris”.Winter claims that he wrote a story about the matter. It was published in the Johannesburg Sunday Express on 15 December 1974. (It would be interesting to read that story. Could you get hold of it for us?). The truth, as I see it, was that Harris was an unfeeling and reckless person. His fellow members of the African Resistance Movement had all been arrested on the 4th of July 1964 or had fled the country and he was probably motivated by a desire to ‘outshine’ them. In the event they went out of their way to make him into a hero. In my research book “The New African” I included five pages of quotes from that journal in which they tried to do that. The tragedy (for all the parties at that time), about Harris, was that he was not a communist, he was not an Africanist, he was not black, a liberal, who, with his associates, were all united in a strange desire to crush the Boers. The fact that they were financed by the CIA to publish their journal will always serve as an impediment to include them in the ranks of those who were the heroes of the “struggle”. Piet.

• Mr Swanepoel passed on the correspondence to me and we asked General van der Merwe for his comments and he kindly acceded to the request:

8.5.1 John Harris: Johannesburg Station Bomb: Gen JV vd Merwe In the case of the Johannesburg bomb incident where 22 persons were seriously injured, including one baby daughter who sustained serious burn wounds, and an elderly lady killed, the following facts are not disputed:

(a) The suitcase containing the explosives and timing device had been left on the new Johannesburg Railway station by John Harris in a place where the explosion would have caused massive death, injuries and destruction.

(b) The explosive device in the suitcase was timed to go off at 16h33. At approximately 16h18 a person phoned the Rand Daily Mail and the “Die Transvaler” and informed them about the suitcase containing the explosive device left at the new Johannesburg Railway Station and which was timed to explode at 16h33

Page 12: Police Gazette 1-14

12

(c) Harris was found guilty and sentenced to death. Subsequently deliberate and malicious lies were published to the effect that the Security Branch and General Hendrik van den Bergh were aware of the suitcase containing the explosive device and that they willfully failed to take any steps to prevent the explosion in an effort to manipulate the incident for political ends. Apart from the fact that during the trial of John Harris no shred of evidence was submitted to substantiate these wild allegations, the stupidity of the allegations is clearly emphasized by the followings facts: (a) If the intention of John Harris was that this incident should serve merely as a symbolic act of protest against apartheid he would not have used real explosives. (b) If, further, the intention was that only the Railway Stationed should be damaged, there were several other options which would have excluded the killing and maiming of innocent civilians. (c) The mere fact that the Rand Daily Mail and “Die Transvaler” were phoned only 15 minutes before the explosion clearly indicates that there was no intention whatsoever that the explosive device should be defused before the time set for the explosion. It is quite obvious that this was a cold blooded, calculated and barbaric act to draw members of the police, whether it is Railway or South African Police, to the scene so that they could also be killed or maimed in the explosion. This was a well known technique of Umkhonto we Sizwe and Members of Mkhonto we Sizwe substantiated this fact during the TRC process.

General Johan Viktor, at the time of the incident a lieutenant in the Security Branch, never interrogated John Harris. Johan Harris had been interrogated by General Gerrit Erasmus, at that stage also a lieutenant in the Security Branch. These facts are being substantiated by General Erasmus and several of the former members of the Security Branch who had been involved in the investigation of this incident. It is once again obvious that in all the instances where wild allegations are being made at this stage, the persons responsible for these allegations either are completely ignorant about the facts or otherwise are fabricating these allegations in such a clumsy and inept manner that only a lunatic will believe it.

8.5.2 John Harris - Toffie Risk

Toffie Risk sent in the following: Website: www.francisbennion.com Doc. No. 2005.003.NFB Published only on this website. On 22 October 2005 Francis Bennion received the following email, which is reproduced with the permission of its author. Comment is unnecessary.

Letter from victim of John Harris bomb Whilst browsing the net I perchanced to land on your website...and was interested to read your comments on Mr Peter Hain . . . a name that has been very familiar to me since I was 12 years old and blown up in the terrorist bomb planted by friend of the Hain family – John Harris. It has often struck me as ironical that someone who had such close links to terrorism should have a standing in the present government. My grandmother . . . born and bred in England . . . ( Ethel Rhys) died one month after being blown up on Johannesburg station (july 24th 1964) and it was thought that I would too. When I first came to this country in the 70's and was being interviewed by a South African journalist, Peter Hain was asked if he would like to meet me and perhaps be photographed with me. I am sure that you can guess what his reply was. Whilst I do not wallow in the past, it was interesting to know that at least one person knows about Mr Hain. The media always seem to leave certain bits out about S. Africa and the likes of Peter Hain. I enjoyed your

Page 13: Police Gazette 1-14

13

style, Yours faithfully, Ms. G Burleigh.

• Thanks to all for their input in this matter.

8.6. RADIOTOERUSTING IN SAP VOERTUIE – DIR RON AYLWARD [AFGETREE]

Die gebruik van radiotoerusting in die SA Polisie het maar taamlik stadig begin agv 'n sekere mate van skeptisisme aan die kant van ons bevelstruktuur. Die radio-amateurs in die Mag, olv majoor Hoppie Barnard het egter sedert 1947/48 die aangeleentheid fisies nagevors met uiters belowende resultate toe hulle met hul privaat voertuie toets lopies uitgevoer het. Hulle het onteenseglik bewys dat die reaksie-tyd vanaf aanmelding tot oplossing vanaf 1 of 1.5 uur Die radio-amateurs wat betrokke was, was maj Barnard, L.C. “Vic” Steyn, C.L. Scott, F.J.N. Stassen en ene Brown. Maj Barnard het die skakelwerk met sekere polisiestasies in Johannesburg bewerkstellig, en het dan vanaf sy privaat amateur radiostelsel na die ander betrokkenes uitgesaai waar hulle aandag moet gaan gee. Hulle het dan telefonies terug rapporteer om sodoende 'n vergelykbare realiteit te vewesenlik. Die respondente het gebruikgemaak van gewone mobiele ontvangers, en was vergesel deur sersante en ao's van stasies in Johannesburg.

Page 14: Police Gazette 1-14

14

(Toe was 'n a/o nog 'n hoofkonstabel) Kort hierna is Johannesburg Radiostasie van stapel gestuur, met sy sender ZUB205 wat na agt voertuie met eenrigting stelle uitgesaai het. Die lede wat betrokke was by die aanvanklike navorsing het dan ook die onderhoud van die radiotoerusting behartig, en op hierdie wyse het die Radio Tegniese Tak sy karige ontstaan gehad, met majoor Barnard as eerste BO, en hy is opgevolg deur Vic Steyn, CL Scott, BEB Brown, DJ Pretorius ens. Dit word in die vooruitsig gestel om hierdie bydrae beduidend uit te brei. Inligting verskaf deur Stan Jones, Calipie Calitz, Les Clarke en Julius Smuts (Laasgenoemde twee lede is albei oor 90 jaar oud). Ondersteuning is ook verleen deur:- Tubby Myburg, Jurgens Basson, John Fletcher en Frik Schutte. Ons bedank hulle graag, en hoop dat ons nog dikwels van hulle en van ons ander makkers gaan hoor. Mooi bly en "Walk Tall", Ron Aylward.

• Baie dankie Ron Aylward! Ons waardeer hierdie inset geweldig.

8.7 Natal Police Memorials - Major AA Wood (Natal Police) Do we have a member in the Natal Midlands with a digital camera who would be able to take photographs of these Natal Police memorials as mentioned and descibed last week by Maj AA Wood?

8.8 “Major” Hans Lombaard

Hennie, ek het nooit vir Hans Lombaard geken nie. Phil ya Nangoloh hou vol dat hy ‘n geheime lid van RI of die VTAK was en dat Nujoma hom sy aktetas gegee het met groot “geheime” daarin. Skynbaar was Lombaard ‘n joernalis in Engeland en het al wat leef geglo hy was ‘n spioen. Nujoma het glo beweer dat Lombaard sy aktetas gesteel het. PC Swanepoel.

• Is daar dalk iemand wat Hans Lombaard ken?

8.9 Die Victoriakruis en die SAC – Drie Ontvangers - Staan oor. 8.10 Natal Police, SA Police Van Reenen

8.11 Medaljes: Genl Johan van der Merwe en oud-A/O Walther Nel Hallo Hennie, Het op 3 Februarie 1953 my by die S A Polisie aangesluit, d..w.s het op 2 Februarie 1993, 2 jaar na die berugte toespraak van F BW de Klerk, 40 jaar diens gehad. MEDALJES SOOS VOLG : DIE ORDE VAN DIE STER VAN SUID-AFRIKA (NIE-MILITêR) KLAS 1 : GROOTKRUIS (GOUD) S A POLISIESTER VIR UITMUNTENDE DIENS BEKAMPING VAN TERRORISME S A POLISIE VYF EN SEWENTIGJARIGE DEDENKMEDALJE S A POLISIESTER VIR VERDIENSTE S A POLISIESTER VIR TROUE DIENS EN BALK S A POLISIEMEDALJE VIR TROUE DIENS MEDALJE VIR DIE INSTELLING VAN DIE SUIDWES-AFRIKA POLISIE

Page 15: Police Gazette 1-14

15

KWANDEBELE POLISIE STIGTINGSMEDALJE BOPHUTHATSWANA ONAFHANKLIKHEIDSMEDALJE

Groete, Johan van der Merwe.

• Genl van der Merwe se medaljes links en oud-s/a/o W Nel se medaljes regs. Ek moes maar sukkel om foto’s van hierdie medaljes te kry. Ander lede se medaljes sal mettertyd verskyn.

8.11.1 Jacque Wepener from Riebeeckstad near Welkom kindly send the following information regarding our medals:

Louw Wepener Decoration (LWD) (1952-75) — for most conspicuous courage or greatest heroism, usually non-operational • named after a 19th century military hero • 7 awards were made • ribbon colours: Orange Free State flag.

Louw Wepener Decoration (LWD) - A 1st-level military decoration, instituted in 1952 for most conspicuous courage in circumstances where other military decorations were not appropriate (which usually meant non-operational situations). It was a substitute for the (British) George Cross. The decoration was replaced by the Honoris Crux Gold in 1975.

Louw Wepener Medal (LWM) - This 2nd-level military decoration was instituted in 1967 for acts of bravery of a lower degree than those for which the Louw Wepener Decoration was awarded. It was superseded by the Honoris Crux Silver in 1975.

Honoris Crux Diamond (HCD) (1975-93) . To be awarded for death-defying heroic deeds of outstanding valour. Never awarded. Insignia: A green-enamelled gold Maltese cross, with crossed swords and protea flowers between the arms, and displaying an orange/ white/ blue roundel surrounded by eight diamonds (obverse).

Honoris Crux Gold (HCG) (1975-93) . Awarded for outstanding bravery in extreme danger. Six awards (5 crosses and one bar) were made, five of them for operational gallantry. The double recipient - who was the most highly decorated serviceman of the Border War - was helicopter

Page 16: Police Gazette 1-14

16

pilot Maj Arthur Walker, who won the HCD (1982) for deliberately drawing enemy fire onto himself during a night operation over Angola, and the bar (1982) for landing in enemy territory to rescue the crew of a downed helicopter. Insignia: Same design as the HCD, but without the diamonds.

[SSA] [SSAS] Order of the Star of South Africa (Military) (1975-2002) Awarded to general- and flag-rank officers, for meritorious service. Divided into two classes: Gold (SSA) - for meritorious military service which promoted SADF efficiency and preparedness and made a valuable contribution to national security. Silver (SSAS) - for exceptionally meritorious service of major military significance. Usually, the initial award was made in the silver class, and the recipient was promoted to SSA after a few years. Insignia: A blue-enamelled gold or silver Maltese cross with protea flowers between the arms, and an 8-pointed star on the obverse. Worn on a neck ribbon; until 1988, the SSA also had a gold neck chain for ceremonial occasions. The gold or silver breast star has eight multi-rayed points and displays the badge in the centre.

Honoris Crux Silver (HCS) (1975-2003). Awarded for exceptional bravery in great danger; from 1993 awards were restricted to military operations. About 26 crosses were awarded, the first recipient (1976) being Lt Hermanus van Niekerk, for distinguished leadership, and evacuating casualties, under fire, in Angola. Insignia: Same design as the HCG, but in silver.

Honoris Crux (HC) - 2nd Type (1975-2003). Awarded for bravery in danger; from 1993 awards were restricted to military operations. About 200 crosses were awarded, the first recipient (1976) being Maj Louis Holtzhausen, for distinguished leadership under fire in Angola. Insignia: Same design as the HCS, but enamelled white.

Pro Virtute Decoration (PVD) (1987-2003). Awarded to officers, for distinguished conduct and outstanding combat leadership in the field. Insignia: A gold 5-armed Maltese cross, enamelled white, displaying the national arms on an orange roundel (obverse).

Southern Cross Decoration (SD) (1975-2003). Awarded to officers - usually of senior rank - for outstanding service and utmost devotion to duty. Insignia: A gold double Maltese cross, enamelled white, displaying the stars of the Southern Cross on a dark blue roundel (obverse).

Pro Merito Decoration (PMD) (1975-2003). Awarded to "other ranks" - usually warrant officers - for outstanding service and utmost devotion to duty. Insignia: A gold Maltese cross, enamelled white, displaying a red disa flower on a dark blue roundel (obverse).

General Service Medal (1989). For operational service inside South Africa, in the prevention or suppression of terrorism or internal disorder, or the preservation of life, health or property, or the maintenance of essential services and law and order, or crime prevention, after 1 January 1983. In effect, it was the SADF medal for the 1985-90 State of Emergency operations

Page 17: Police Gazette 1-14

17

against the liberation armies (uMkhonto weSizwe and the Azanian People's Liberation Army). Insignia: A circular silver medal displaying the SADF emblem in a laurel wreath (obverse).

Louw Wepener Decoration (LWD) (1952-75). Awarded for most conspicuous courage in circumstances where purely military decorations were not appropriate, i.e. usually non-operational situations. Only seven decorations were awarded, the first two (1961) being won by Lt Dirk van Zyl and Sgt Willem van Aswegen, who rescued the crew from a burning armoured car at a public display. Insignia: A circular silver medal depicting two horsemen at the foot of the flat-topped mountain (Thaba Bosigo) where Afrikaner hero Louw Wepener was killed in action in 1865.

Star of South Africa (SSA) (1952-75). Awarded to officers, for meritorious service. Only twenty decorations were awarded, all to general- and flag-rank officers. Insignia: large silver star made up of eight stars superimposed and juxtaposed with each other. It is worn on a neck ribbon.

Tshumelo Ikatelaho (2003- ). The "General Service Medal", for service (minimum of one day) in specified military operations, belligerent or otherwise, from 27 April 2003 onwards. Insignia: A nickel octagonal medal depicting a 9-pointed star in a laurel wreath. Clasps may be issued to identify individual operations; apparently one inscribed 'Peace Support' has been issued.

• A/O Swart van SAPD Harrismith het laat weet hy wil weet hoe ons SAP-medalje linte lyk. Ook is daar lede in die polisie wat weermag medaljes verwerf het. Hou die spasie dop.

8.12 Misdaad op Spoorwegeiendom: J Wepener skryf soos volg op SAR-List: “The normal ore haulages were seen. However it was a poor week for TFR movements. Got orange E 1370 & orange E 125x on the Northbound car train between Theron and Theunissen. From Christiana to Daalder, NO trains were seen. All signals red, both ways. At Daalder we found the back of a Northbound ore train, marker Telemeter and all. Up-front were 4x 10 E's, leading blue E 10 044, pantos down. This train was blocking a level-crossing and there was no crew. When we found a Lime train at Leeudoringstad, Northbound, also with pantos down (Spoornet maroon E 1404 & orange sister), we gave operating a call as something was wrong. The TCO laughed and told us that everything was standing, pantos down, due to catenary theft near Regina. The only movement was a train passing through the affected area at slow speed heading towards Klerksdorp. At Harrisburg we were met with another staged Northbound load. This time containers. Locos were 2x orange 6E's, leading E 1261. A couple of kilometers before Regina we found the bo-baan chaps fixing the catenary. At Regina a Southbound load of fine coal was also standing staged behind 3x 6E's, leading was SAR maroon E 1532 Natal. Something interesting we noticed was that several of the units had smashed / missing windows ?? Some windscreens, others side windows and front door windows. Some of the previously disadvantaged have been doing some practice of there national sport - stone throwing. We do not know if this happened while the trains were staged or somewhere else. We think the first, because some of the windscreens will render the units unsafe to operate”.

Page 18: Police Gazette 1-14

18

- Tydens die onlangse spoorwegstaking het ek talle elektriese eenhede gesien en afgeneem wat deur die stakers verwoes is! Ek het foto’s van hierdie pragtige lokomotiewe geneem wat so verwoes is. My trein vriende deel mee dat die passasierstreine ook ophou om mense te vervoer. Die stoomtrein tussen Mosselbaai en George gaan ook onttrek word. – Hennie Heymans.

8.13 Die Spesiale Wageenheid: Genl Roy During en oud-a/o Jan van Wyk 1. Hallo Hennie - Jan se bydrae hierby: Ek het niks om by te voeg nie. Terloops en het weer nie

die Polisiekoerant ontvang nie. Sal 'n afdruk waardeer asb. Groete - Roy. 2. Hello Hennie, Baie dankie vir koerant nr. 13. Hier is 'n tydperk in die Wageenheid waar ons twee eerste polisievroue in die Wageenheid opgeneem het. Foto is geneem op Rondebosch, Kantoor personeel gedurende 1980. Agter van links na regs: konst L Galleway (verkoop bande in Viliersdorp), konst Blackie Swart (verslaggewer geword), luit. J.S. Parker, adj-off- Jan van Wyk, konst. Herman Kriel, adj-off D

Fourie (oorlede) en maj (afgetr) GC Kroukamp (nog lewend en 85 jr. oud). Voor: konst (v) Juliana Hougaard (getroude van), kol RP.During (destyds) en konst (v) Marieda van der Merwe (tans besit tuin besigheid in Villiersdorp na Caledon. Groete Jan van Wyk.

8.14 The whiplash of affirmative action? Sent in by Special Correspondent Sowetan, Page 6, 01 September 2010. Simelane laments lack of skills in the police - Dudu Dube

LACK of specialised skills by the police is a major challenge disrupting progress in the National Prosecuting Authority. National Director of Public Prosecutions Advocate Menzi Simelane said outsourcing forensic analysts was one of the NPA's biggest expenses. Forensic experts, especially in commercial crimes, are recruited to collect and analyse evidence by the state and then testify in court.

"One of the biggest impacts on a case will be that witness. But we have to turn to outsourcing because our police do not have that type of skill. But we have agreed with the Hawks that they should have a unit that deals specifically with forensic investigations. For now we are buying that service," he said.

Simelane was speaking at the Institute for Security Studies seminar where he made a presentation on the NPA's quarterly performance report in Pretoria yesterday. He said some of the NPA's key objectives were to increase the number of cases finalised by 4percent per year, reduce the number of backlog cases by 2,5percent and combat corruption by successfully

Page 19: Police Gazette 1-14

19

convicting 100 people by 2014 with assets of more than R5million. He said the ongoing public service strike had impacted on the already problematic backlogs.

"We have over 80 cases of people that have been arrested during the period so the strike really pushed the timetable backwards," he said. He went on to say that in dealing with the delays, the government's intent was to increase court hours. "Especially if you look at the cases that are either withdrawn or struck off the roll, these can be dealt with in a couple of extra hours."

Simelane raised concerns about the low number, 14, of human trafficking cases in the system.

"There is a view that only foreign nationals are involved in human trafficking whereas it can be from province to province or township to township. There needs to be engagement with the police where we say that if you go to an area where prostitution is high, there is a possibility you will find local people who have been trafficked."

www.sowetanlive.co.za/news/2010/09/01/simelane-laments-lack-of-skills-in-the-police

8.15 A Question from Australia – Walter Volker

Dear Hennie, Apologies for the English, but a friend of mine (now living in Aussie) is doing some research on the early contacts with the law that Nelson Mandela had. Garth Benneyworth had some brief contact with you about two years ago, but then it didn’t develop further. Garth’s interest is the seemingly contradictory information available about Nelson Mandela’s version of events, and is wondering if you could refer him to any of your colleagues who might have been personally involved, or have access to someone who was in those days. Some of the questions he has include:

· In 1962 when Nelson Mandela and William’s were arrested, how likely is it that their car was NOT thoroughly searched (as is claimed), and why was Nelson Mandela’s gun and notebook not found? · If the latter is not true, why has this been kept quiet? · How exactly was Liliesleaf located in 1963?

Hennie, if you prefer to correspond directly with Garth, I’ll put you in touch again, or else we can cc. each other. Hope you can help! Walter.

• Dear Walter – we will come back to you. I will ask for comments from our readers. Police History is a subject that has been neglected in South Africa. Once a suspect has been charged and convicted we tend to move on to the next case ...

8.16 Ossewabrandwag en die SA Polisie Dis Maandag-middag 30 Augustus 2010 – ek bel vir Oom Hendrik van Blerk. En baie dinge flits deur my kop, terwyl die foon lui: Saterdag, 28 Augustus 2010, het ek mnr en mev HS van Blerk in Pretoria vir die eerste maal in persoon ontmoet alhoewel ek hulle deur my Pa se jongste oorlede broer, Julius Heymans, “al vir baie jare geken” het. Eintlik is mnr HS van Blerk, of Oom Hendrik, een van ons waardige Afrikaner patriagte. Hy is regte “Boere-Afrikaner” – iemand alles veil het vir die Afikaanse-kultuur. Hy is diep betrokke by die Majuba-trust. As jong seun het ek verskriklik baie gelees en ek het van “HS van Blerk” se verhale in die Brandwag en sy boeke verslind. Hoe meer ek van die tweedewêreld-oorlog en die Ossewabrandwag in Suid-Afrika gelees het, hoe meer het ek agtergekom dat dit dae dae van storm en drang was. Inderdaad dae van storm en drang en

Page 20: Police Gazette 1-14

20

verskillende emosies! Op skool het ek ‘n juffrou Loxton gehad, haar man was kaptein (later lt-genl) NG Loxton, ‘n baie bekende polisieoffisier in die Durban. My Vader het die naam tuis genoem en ek het geweet dis Juffrou Loxton se man. By die skool het almal geweet sy is die Kaptein se vrou. Later het my paaie weer met die Loxton’s gekruis. Voor die Generaal se dood, hy was 94, het ek hom gaan besoek en ons het oor die polisie gepraat en oor ‘n reeks van onderwerpe. Die Generaal was verstandelik baie helder en ek het hom talle vrae gevra. Tydens die gesprek het mev Loxton koffie en koekies gebring en toe het sy my vertel dat haar Vader ‘n motorhawe gehad het en baie goed aan die plaaslike polisie bekend was. Haar Vader en die Sersant was vriende. Toe die oorlog uitbreek

is haar Vader, wat van Duitse afkoms is, deur die polisie te Warmbad aangekeer en agter in ‘n vangwa gegooi en aangehou. Later is hy na Leeuwkop gevangenis oorgeplaas. Toe hulle by Leeuwkop aankom is hy saam met ander Duitsers in die ‘naturelle’-selle aangehou. Die Loxton’s was nogal verbittered dat hul Vader onder sulke swak omstandighede aangehou is. Dit het my laat dink. ‘n Kollega, Vollie van Vollenhoven, se Vader het die ‘Rooi-eed’ geteken en twee medaljes in die oorlog verwerf en ten spyte daarvan is hy te Koffiefontein geinterneer en is later weer deur die polisie indiens geneem. Ek het met my Vader wat die “Rooi-eed” geteken het gepraat. “Pa, Ouma Heymans het dan vir Pa laat weet toe die oorlog uitgebreek het, Pa moet nie die Rooi-eed onderteken nie! Waarom het Pa die ‘rooi-eed’ geteken?” Hier kan ek net meld dat Ouma Heymans ‘n nooi Faure is. My Vader is vernoem na Abraham Faure. Die ander bekende neef is dr Abraham Faure van die Grootte Kerk in Kaapstad. Stigter van die Kerkbode en, en, en. Die Faure’s is Hugenote wat ek kon terugspoor na die Huis Savoye in Orange. Tydens die Anglo-Boereoorlog het Tommies op hul plaas, Waterval-Wes in die Kroonstad-distrik aangekom. Oupagrootjie Abraham Faure, sy vrou – dogter van “Dik-Willem” Prinsloo – en die kinders is geinterneer te Heuningspruit konsentrasiekamp. Net voor die arrestasie van die Faure-gesin het Ouma Heymans, wat goed Engels magtig was, vir die Engelse Tommies gelag wat truksvye voor in hul hemde gegooi het. “Jy lag!” sê die Tommie. “Julle moet pak!” sê die Tommie. “Waarheen” vra my Ouma. “Julle word geinterneer,” sê die Tommie. My Ouma vertel toe dat haar Vader, Moeder en klein Sussie siek in die bed lê. “Siek is geen verskoning nie, julle moet kom en pak!” My Ouma antwoord toe die Tommie: “Eendag sal jy weet wat dit is, om met jou siek familie te trek en alles na te laat.” Ware en profetiese woorde inderdaad. In die tweede-wêreldoorlog skryf ‘n Tommie vir die Outspan –‘n Suid-Afrikaanse tydskrif. Hy skryf dat hy ‘n “air raid warden” is. ‘n Paar aande gelede het ’n Duitse bom, terwyl hy aandiens was, hul woonstel heel te maal vernietig! Toe tref die woorde van die dogter tydens die Anglo-Boereoorlog vir hom! Hy skryf toe weet hy wat diè dogter daardie dag deurgegaan het, om alles wat jy het, te verloor! Wel in die Heuningspruit-konsentrasiekamp is my Ouma se Vader, Moeder en sussie oorlede. Ouma het as ‘n weeskind na die Anglo-Boereoolog groot geword. Haar Oom, mnr Doors Serfontein se koets is vandag in die Bethlehem museum. Kmdt Jannie Maree van die SAW, Bethlehem Kommando, het vir my die foto’s gegee van die perdekoets toe ‘n voormalige staatspresident in Oom Doors se koets gery het en kmdt Maree die SP gesalueer het! Nou kom ons by Oupagrootjie JF Heymans – lid van die Bethlehem se kommando tydens die Anglo-Boereoolog. Die Bethlehem Kommando is ‘n keurkorps onder genl “Rooi-Machiel” Prinsloo. Daar was baie Engels-sprekende burgers wat in die Vrystaat woonagtig was. Die

Page 21: Police Gazette 1-14

21

President se vrou is ‘n nooi Fraser. Oupagrootjie se suster is met ‘n McCarthy getroud. So het ook die Dillons aan Boerekant geveg. Nadat die Bethlehem Kommando vir pres MT Steyn vergesel het na die Transvaal om vir pres SJP Kruger te groet het hulle in Brits se wereld oorwinter – weiding vir die perde was skaars. Op ‘n dag kom die Britte van drie kante en toe is hulle oor die Magaliesberge by De Wetsnek – net bobbejane kon daaroor! Maar toe die gevaar dreig is hulle onder leiding van genl CR de Wet daaroor. Op pad huistoe kry burgers Heymans en McCarthy verlof om Witklip toe te gaan, naby Kromspruit en die spoorwegstasie Meets, op pad plaas toe word hulle deur die Klaas-bende voorgelê en vermoor! Die weduwee Heymans sou geboorte skenk aan ‘n kleinding. Die uiteinde is hulle is na die Harrismith-konsentrasiekamp waar die kleintjie oorlede is. Sy is begrawe in die Harrismith begraafplaas en ‘n klein Fivaz se naam verskyn net bokant die Heymans-naam op die gedenknaald. Oupa Heymans het ook as weeskind grootgeword. Terug na hul seun, my Vader. Let op die stryd tussen plig en gewete. Aan die eenkant verklaar die land oorlog en aan die anderkant is jy ‘n Boerseun reg uit die Vrystaat en jou Moeder raai jou, om verstaanbare redes, af om jou plig na te kom. Die lank en die kort van die storie is, konstabel Heymans word van Durban na Pretoria gestuur – na Kwaggasrand waar hulle goed rondgejaag word en voor ‘n offisier geparadeer wat sê: “Sign here!” Na dat my Vader voor die offisier ge-“sign here” het, is hy, met rooi-lussies, saam met die polisiekontingent na Baviaanspoort om die Duitsers wat daar oproerig is, onder bewang te plaas. Na afgedeelde diens in Pretoria is hy terug na Durban te SAP Punt. Waar hy ‘n besige tydjie ervaar het met duisende soldate en matrose wat oproerig in Durban geraak het. Oom Sakkie Senekal – oud-a/o in die Veiligheidstak, Durban, vertel my: “Jou Pa, Basie Sadie en ek was saam op Punt tydens die oorlog. Jou Pa was nie ‘n bloeier nie! Hy het net wit kolle op sy gesig gehad waar die matrose en soldate hom geslaan het! Maar ons het hulle goed gelooi as hulle buite orde was!” Oom Sakkie kon altyd hoog skop. Hy het te Durban Veiligheid altyd bo teen die kosyn vasgeskop, hy vertel eendag kom ‘n groot matroos en maak amok. Toe hy die man onder bewang wou plaas, wil die man hom slaan. Oom Sakkie vertel hy het die man net twee maal onder die ken geskop! Toe is die man uit soos ‘n kers en Oom Sakkie kla die man aan vir dronk. In die hof vra die landdros vir die matroos – dit was in daardie jare nogal ernstige oortreding om een van Sy Majesteit se soldate of matrose onbevoeg te maak om te veg - wie hom so geslaan het? Dis die polisieman wat my geskop het antwoord die matroos. “Het gelê toe hy jou geskop het?” vra die landdros. “Nee, Edelagbare, ek het gestaan toe hy my geskop het!” “Dan was jy dronk – skuldig!”

Nadat ek met die Tannie gepraat het kom Oom Hendrik op die lyn. Ek vertel hom dat ek die polisie se geskiedenis skryf – veral die veiligheidstak se geskiedenis. Ek vra hom om my te vertel van daardie jare. Ons praat – ek vra en hy vertel oor mev Tienie Vorster wat as koerier tussen hom in die dodesel en kmdt-genl (dr) HJ van Rensburg, leier van die Ossewabrandwag, opgetree het. Hy vertel hoe hy geisoleer is in die dodesel waar daar twaalf galgtoue hang. Genl Hans van Rensburg het hom twee maal in die dodesel besoek. Hoe die tronkbewaarders hom nooit dadelik vertel het dat hy begenadig op die doodstraf ontvang het nie. Ons praat oor genl Maie Manie Maritz se vrou tant Emma – ek het

natuurlik baie met Oom Manie Martiz gepraat oor sy Vader die Generaal. Hy vertel my van Tant Emma hoe hy boodskappe aan haar oorgedra het. Ons gesels oor daardie dae. Oor die stoeier,

Page 22: Police Gazette 1-14

22

Johannes van der Walt, wat deur ander verraai is en deur die polisie geskiet is. Later is Oom Hendrik saam met die bekende Robey Leibbrandt aangehou. Oom Hendrik vertel my dat daar baie dinge is wat nie aangeteken is nie – hopelik sal hy en ek nog daaroor praat. Oom Hendrik van Blerk vertel van genl Hans van Rensburg wat nie ‘n uitgewer vir sy boek, Their pathsd crossed Mine, kon kry nie! Hy vertel hoe ‘n goeie man dr Hans van Rensburg was – ‘n persoon wat geen kwade woord kon rig nie! Ons lui af met die belofte om weer met mekaar te praat van aangesig tot aangesig. Dan sal Oom Hendrik vertel van hoe die polisie hom aangekeer en behandel het. Ek dink aan my loopbaan in die Suid-Afrikaanse Polisie en ook oor in my dienstyd in die Veiligheidstak (en die honderede SAP 67-verslae wat ek gelees het) en by die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad (die SSVR), aan gesprekke met my senior vriende in Mag, met gesprekke met gearesteerde persone, gesprekke met bekende mense, ek dink aan al die mense wat die ‘politieke-wette’ oortree het en kan getuig dat ek beslis die nut ingesien het van die Ossewabrandwag, die Afrikanerweerstandsbeweging, Blanke Veiligheid, die Liberale Party, The Torch Commando, Swart Serp, Pan-Africanist Congress, Swapo of die ANC. Baie van hierdie mense was niks anders as nasionaliste nie. Die regerings van Suid-Afrika het ‘n plig om kennis te neem die politieke parameters wat die onderskeie politieke groeperinge daarstel of gestel het. Ek onthou goed hoe mnr FW de Klerk as president van die RSA vir ons polisiemanne in die SA Polisie Kollege toegespreek3 het met min of meer die volgende woorde: “Kom uit die politieke geveg! Los die politiek vir die politici en fokus op universele misdaad!” Ek krap in die argief en kom op korrespondensie af tussen die ou “kommunis” Tom Andrews en genl JC Smuts. Albei diep in die jare. Die liefde en deernis in die laaste korrespondensie tussen twee oppoenente spreek boekdele! Oom Hendrik van Blerk kan vandag gehuldig word as ‘n groot Boere-Afrikaner en iemand wat bereid was om die hoogste offer te betaal vir sy ideale, doel en doelstellings. Sy bemoeienis met die Majubatrust en ons Afrikaner-geskiedenis is ‘n riem onder die hart. Terloops die O’Neil-kothuis, ‘n nasionale gedenkwaardigheid, waar die Vrede op Majuba geteken is, is nie meer toegangklik vir die publiek nie. Willie du Plessis en ek wou die plek onlangs besoek maar dis gesluit. Ek hoop om besonder gou ‘n onderhoud met oom Hendrik te gaan voer en wat van belang is vir die polisie-geskiedenis neer te pen. Hy het ‘n storie om te vertel waarna ons as polisie-veterane kan luister!

9. SO ONTHOU ONS DIE POLISIE: MIDDELBURG (T)

9. THIS IS HOW WE REMEBER THE POLICE As we receive many anecdotes and stories which are not strictly speaking pure police history but has a cultural or historical value of its own. A new heading: “This is how we remember the Police” has been created. Omdat ons stories ontvang wat ons laat terug dink aan die polisie het ons besluit om ‘n eie afdeling te skep: “So Onthou ons die Polisie.”

Ek het hierdie week ons vriend Hennie Heymans se Polisiekoerant nr. 13 ontvang. Dit was

3 Selfs die FW de Klerk-stigitng het nie daardie toespraak nie. Is daar iemand wat nog onthou wat gesê is daardie

dag.

Page 23: Police Gazette 1-14

23

lekker om van die karakters op een van my vele standplase te lees ....... Dis nou Middelburg Tvl. Ek was vanaf 1980 tot 1984 by die Afdelingshoofkantoor as die Werwingsoffisier gestasioneer. Ek het as ‘n kaptein vanaf Phalaborwa daar aangekom en ek is as ‘n majoor verplaas na die Kommissaris se parlementêre personeel. Die goeie herinneringe van my tydperk op Middelbug het weer by my opgekom toe ek van die Brigadier Attie Jordaan, ons destydse Afdelingskommissaris, majoor Skollie Carstens, en so paar ander name gelees het. Ek het veral hoë agting vir brigadier Jordaan gehad. Hy was ‘n netjiese,

stil en waardige offisier. Die spreekwoordelike “officer and a gentleman”. Die offisiere wat saam met my by “Afdeling” gedien het, was onder andere brigadiers Attie Jordaan en sy twee Afdelingsinspekteurs, brigadiers Frik Van Zyl en Daantjie Malan. Die ASO was Brigadier Jurgens, en die “veggeneraal” was brigadier Chris Van Niekerk. Dan was daar kolonels Wessel Coetzer, Carel Beukes, Schalk Broekman, Mossie Kriek, Connie Solms (kapelaan), tydelike kolonel Chris Vorster; luitenant-kolonels Robbie McIntyre, Andre Smith, Schalk Visser, Pat Gough, Majoors Braam Strauss, Daantjie Siebert, Niek Janeke en Johan Ferreira (dis nou ekke) .... Party van hierdie manne het nogal beroemd geword in die latere jare en ander het weer hoog presteer in die polisiemag. Daar was ook 'n paar interessante karakters, soos kaptein Steppie Nel en luitenant-kolonel FahFee (ek los maar liewer sy van)... om maar twee te noem. Kaptein Steppie Nel was in sy vrye tyd ‘n kulkunstenaar, en kon goed “wegtoor” en weer laat verskyn. Hy was ook ‘n interessante en geliefde kollega onder sy kollegas. Ek wonder wat van hom geword het. Ek onthou ou FahFee het weens rugprobleme met mediese ongeskiktheid uit die Mag getree .... die laaste paar maande van sy diens kon hy feitlik hy nie meer loop nie, maar op sy afskeidsparty het hy ge-tango en ge-foxtrot en ge-jive soos ons jong ouens nie kon nadoen nie. Een van die senior kolonels, ‘n voormalige distrikskommandant, was ook lief om ons jong kapteintjies te stuur om goed vir hulle by die mense te gaan "oplaai" (ander woord vir bedel). As ek reg onthou, was hy ‘n tydelike kolonel of so iets. Ek moes een keer 'n 10 gallon kan heuning by 'n boer in Witrivier vir hom gaan "oplaai". Omdat ek die oubaas se streke geken het, het ek gesê ek sal dit graag doen, maar hy moet alles self met die boer reël .... ek sou bloot die heuning gaan "optel". Toe ek by die boer kom, vertel ek hom dat ek die heuning van offisier kom haal het. Hy het die heuning reg gehad, maar gesê dat dit R150 of so iets kos ...... ek sê toe die offisier het my niks vertel van betaal nie ...... die boer antwoord toe, dat as hy nie betaal word nie, kan ek maar sonder die heuning ry (of iets soos wat matrone Netta Nortjé in 7de laan so ‘n paar weke gelede vir iemand gesê het voordat sy haar kop byna in haar motor se deur verbrysel

het!) Die heuningboer het my in geen onduidelike taal vertel dat hy moeg is van die alewige gebedel. Hierdie soort dinge was vir my ‘n yslike verleentheid. Ek haal toe maar R150 van my eie geld uit en betaal .... Toe ek die volgende dag met die heuning en die faktuur by die kolonel kom, het hy byna die blouapie-stuipe gekry .... maar ek het vir hom gesê, jammer.... hy skuld my. Hy het dit baie teësinnig betaal, maar die volgende oggend kom hy by die werk met sulke klein botteltjies heuning by die kantoor aan wat hy aan almal wou verkoop. Ja .... so is daar in die geledere van die polisie heelwat staaltjies en dinge wat ons in ons aftreejare kan laat terugdink aan die wonderlike, interessante mense en plekke waar die voorsienigheid ons geplaas het - Johan Ferreira, Pretoria.

10.1 Nuusdagboek: staan oor.

10.2 Die Boekrak / The Library

Page 24: Police Gazette 1-14

24

10.2.1. 6TH SOUTH AFRICAN ARMOURED DIVISION - Hennie, My boek kos R250.00 sonder posgeld en kan by my bestel word. Stuur ‘n epos na [email protected] Dan stuur ek die bank besonderhede en ek pos die boek. Groete, William Marshall.

10.2.2. APPEAL: “KOEVOET – The Men Speak” We are making an appeal for policemen who were in Soweto on the 16th of June 1976 and who were eyewitnesses to the riots there. We have found two eyewitnesses who were on duty at Sharpeville and one who was on duty in Pondoland during the 1960 uprising. We thank the generals and members who have come forward to help with this interesting and historical book and other Koevoet-members who have given us their stories. Some 25 members have promised us stories – when we receive these stories the book can be published – we thank those members who have come forward and gave us their stories – contact Jonathan Pittaway, Sakkie van Zyl, Hennie Heymans or even the Police Gazette.

* CHAPS, THANKS FOR THE GOOD RESPONSE SO FAR! WE NEED 25 STORIES FROM KOEVOET VETERANS.

10.4 Boeke – Navraag: Ron Aylward Beste Hennie, Kan jy moontlik die volgende navraag vir my plaas asb? Boeke gesoek teen vergoeding: 1. Alfred Aylward; Fenian Editor of the 'Natal Witness' by Donal P McCracken. 2. The Transvaal of Today; 1881 (1st or 2nd Edition) by Alfred Aylward.

Groetnis, Ron.

11 SPORT: Hengel – Ron Aylward 'n Mens kan amper sê ek is as te ware met 'n vislyn in my hand gebore.Ek het by die see grootgeword... en word nog steeds groter en groter.Van kleintyd af het ons by die seewater geboer - vislyn in die hand. Dit was stompneuse, kolsterte, strepies, kaapse nooientjies, elwe, knorhane (grunters), steenbras, leervis, kabeljou, en alles tussen in. Swartmossels, sandmossels, rooi-aas, bloedwurms, kappers(prawns), seekat, visaas, kreef ens, was die aas wat die vissies moes lok. Na opleiding in die SAP Kollege is ek gelukkig uitgeplaas na Port Elizabeth. Ek was gelukkig om gou 'n paar gawe hengel-vriende te ontmoet, en het by verskeie geleenthede aangename uurtjies saam met hulle langs die blou dam deurgebring. Hier het ek ook bekendes van my stasie raakgeloop, wat ewe verbaas was om my daar sien Onder hulle was a/o Lesley Laas en sers Jack Howland, Sakkie Steyn, Koot ens.

Page 25: Police Gazette 1-14

25

"Luister, Uiltjie" , het sers Jack vir mnr Buurman van Zyl se naam vir my nageaap, "jy gaan volgende week saam met jou eie mense (bedoelende hy en ao Laas), so hou baie mooi dop wanneer die weer reg is, dan gaan ons jou 'n ding of twee van hengel leer wat julle bos-apies van Knysna nog nooit van gehoor het nie"! Die volgende Donderdag was toe die aangewese dag - daar was geen wind gedurende die dag nie, en daar was ook geen teken van reën nie. My 'instrukteurs' het my opgelaai en ons is daar weg om die groot taak aan te pak. Op pad het ons aas gekoop by die Indier. Ons het sers. Jack se 'donkie' [kort vir Skedonk], in Pattersonweg geparkeer en moes oor die spoolyne loop, oor die skansmuur klim en toe versigtig al langs die dolosse beweeg tot by 'n punt waar daar duidelike tekens was van vorige okkupasie. Ao Lesley het beduie na twee dolosse wat gelyk het asof hulle spesiaal so gepak is vir ons toilet behoeftes. Ek was net van plan om my stok gereed te kry toe sers. Howland my keer en sê; "Hokaai boetman, daar is eers 'n sakie of twee wat ons sal moet afhandel voordat jy verder gaan. Hier by die see is ek Jack en hy is Lesley of Les. As ons in die kar klim om te ry, dan is ons terug na normaal. Dan het ons ook so klein inwydings-seremonie, hier...", en hy gee vir my 'n beker aan wat wat 'n donker vloeistof bevat. Dit was soetwyn - glo om as beskerming te dien teen die euwels van die komende duister en die geeste van die see. Toe het ons begin hengel. Les het met 'n rolsinker net verby die dolosse se verste punt ingegooi met stukkies rooiaas aan sy hoeke. Jack het heelwat dieper gegooi met een stok. Met sy ander stok het hy met 'n ligte rol-sinker seker so 30 treë ver en het dadelik weer begin inkatrol - hy het dus vir elwe gegaan. Aangesien dit nog baie lig was, het ek besluit om te gaan vir elwe. Les het eerste vasgemaak en het 'n mooi 'copper Bream' uitgetrek - en weer een en toe 'n hotnot. Jack het intussen 'n elf uitgetrek en ek het 'n elf en 'n snaakse maer vis met yslike oë en 'n klein seekat gevang. Jack wou toe in alle erns die seekat by my koop, maar ek het sy kop omgedop, een poot van sowat tien duim vir my afgesny en die res vir hom gegee. Les en hy sou daardie deel saam benut. Ons het nog verskeie elwe en ander visse uitgetrek totdat dit sterk skemer was, toe het ons toerusting verander met draad snoere en groter hoeke, en gelaai met seekat. Ek het my seekat-poot in repies gesny aan die voorkant sodat dit half na 'n klein seekatjie sou lyk, en dit toe so diep ingegooi as wat ek kon. Les het opgemerk dat ek nie SO ver hoef te gooi nie, aangesien kangeroos regtig nie aan aas byt nie. "Nou kom die lank wag vir die grotes", het ek gedink en my lekker in my ou British-warmer ingetrek. Jack het die bottel 'Onderbaadjie' uitgehaal en die 'seën' uitgespreek op die visvangs, en toe vir ons elkeen 'n sherrie geskink. Die vuurtjie van opdrifsels het vrolik geknetter en die lekker kuier het begin met die stories van daardie 'grotes' wat nie agterweë gebly nie en die atmosfeer was puik en knoesig, en die lyne stil. Kort na nege het Jack se katrol daardie pragtige geluid gemaak, en het ons almal so stil soos muise geword. Jack het versigtig sy stok opgetel en die natrek lig inkatrol. "Speak to me bones", het hy geprewel, toe sak die man daar voor en Jack slaan vas. "Hierie jou kierie" roep Les uit, en ek en hy spring soos een om in te katrol sodat Jack se lyn nie verstrengel moet raak nie. Jack en die grote het mekaar gegroet en getoets. Jack kon beswaarlik sy stok hoër as 30

Page 26: Police Gazette 1-14

26

grade lig en die manne woel en gee en trek vir 'n wen en 'n plek. Ek het hoendervleis en bewerasie gekry van skone opgewondenheid, en Les het so tussen die gekou aan 'n stokkie, mooi aan Jack verduidelik hoe lief sy vrou en sy skoonma vir hom gaan wees oor hierdie vissie, en hoe hy nou eintlik te werke moet gaan om die vis aan wal te kry. Jack het net geswoeg en gesweet en geskel, maar het hom weinig aan ons gejuig gesteur. Ineens het Jack effens gesteier. Sy stok het stil in sy hande gelê. Hy trek en ... weer 'n keer.. maar niks gebeur nie, maar daar was duidelik wel iets, maar geen gespartel nie. Hy begin inkatrol en ons staan gereed om te haak. Ek rig die flits en Les haak … Dit was die voorste deel van 'n yslike groot kabeljou - sekerlik niks minder as 25 dm lank nie! Saam met sy agterkant sou hy sekerlik so om en by 4 voet (+-50lb) gewees het. Aan die agterkant was 'n volmaakte halfmaan waar 'n massiewe haai daardie vis se agterste helfte afgebyt het! Jack het in tale gespreek dat die kranse beef, en ons het andersinds stil-stil opgepak om na ons tuistes terug te keer. Later het Les so ewe ernstig opgemerk dat hy nooit weer sy hand in 'n vis se bek sou druk nie, "…mens weet nooit wat byt aan die anderkant nie", het hy ewe goedsmoeds gesê. Jack het geglimlag en teruggekap met, "Al daardie brandmaer goedjies van julle weeg nie soveel as my wenvis wat ek met my ou haai-pêl gedeel het nie". Ek het toe geweet alles was weer "kes", in goeie Kaaps ('A for away'). By ander geleenthede dalk meer hengelstories - indien ons ander hengelaars ook van hulle laat hoor. Groetnis, Ron Aylward.

11.1 Rugby L: Dit is Wynie Strydom (links), spanbestuurder van die Bulle en ook oud- Bloubul Dis die Currie- beker en Super14 beker op foto!! 43607! Regs: Die

Boere van Groblersdal tydens die Rugby! Voorry – die Du Plessis van die Kalahari.

11 NUUS VAN HEINDE EN VERRE / NEWS FROM HERE AND THERE

11.1 Nuus uit Kwazulu-Natal: • Port Natal is besig! ..... Besig om vleis te braai!

11.4 Versoek van Australië/ Kanada • Dankie Boon – die berig staan oor.

11.5 Nuus uit Uganda – Majoor “Walk-Tall” van Zyl Brig. Hennie, Baie dankie, ek het uitgawe nr 13 ontvang en dadelik ‘n paar foto’s van die Veterane hier bymekaar gemaak om aan te stuur. Hoop die formaat is goed en dat u dit kan gebruik. Hoewel ek die range van die manne gebruik is almal nou oud-lede. Sommige van die manne het net hier by my gekuier maar ander is reeds etlike jare hier.

Page 27: Police Gazette 1-14

27

* Uganda 40. Kapt Frank McCarter, kol. Chris Deetlefs en ek by een van ons kampe langs die Albertmeer in Uganda. * Mbegu besoek. Ek, a/o Eugene Fourie en kapt Frank

McCarter by nog ‘n kamp langs dieAlbertmeer.

Links bo: Ek en brig. Gert Visser van

Middelburg by my boot op Lake Victoria--Ssesse eilande. Regs: Paraa en Heritage. Sers. Ian Strydom, ek en a/o Eugene Fourie by my jaarlikse funksie vir die Veiligheidsmagte in Kampala.

Links: Ssesse eilande. Saam met kapt. Dan Greyling in wit hemp op

Ssesse eilande in die Victoriameer. * Regs: A/O Peens (Skip) Scheepers op my boot op Lake Victoria. Ek gaan beslis die braai 11 September bywoon en sien uit om u en die ander manne te ontmoet en te kuier. Weereens baie dankie vir u insiatief en kan my indink dat die kerse soms laatnag moet brand om die eindproduk by ons te kry. Dit word werklik opreg waardeer. Walk Tall. Maj Piet van Zyl.

• Ons waardeer!

Page 28: Police Gazette 1-14

28

12. POLISIE-POSSAK / THE POLICE POST BAG

12.1 Korrespondensie: 11.1.1 Ontvangs erkennings – Verstrek maar net u rang, naam, stad en land. As u dit reg

doen hoef ek net te “plak en te sny”. Die volgende kollegas het ontvangs erken:

• Môre Brigadier, Nommer 13 pas ontvang - baie dankie vir al u navorsing en vrye tyd wat u opoffer om ons van nuus te voorsien. Saluut! Willem De Beer. [Saluut! – Hennie Heymans.]

• Brigadier, Baie dankie vir hierdie weergawe. Is dit reg as ek ‘n afskrif hiervan aan oom Dries Struwig gee. Ek sien hom more. Groete. TR. [Doen so, asb! Baie groete aan Oom Dries!]

• HENNIE - Great Gazette as always... I was in Charlie Platoon (JHB North) (One of three Riot Squad) during the 16 June 1976 riots, but, alas, don't want to sound 'windgat' and tell my story here. Col Gert Slabbert of SAP Norwood was our O/C. Don't know if he is still alive. His son-in -law was W/O Andre Volschenk who works for Ellerines SA. He will be able to assist you. Billy Cox, PS We were founder members based at Diepkloof. [Billy the story of the 16th of June is for the Koevoet-book. So start writing!]

• Blacky en Heleen Swart (Nylstroom) ontvang uitgawe 13 met dank. Lekker leesgenot.

• Dagsê Hennie, Ontvangs word hiermee erken. Chris Schoeman - Pretoria.

Polisiekoerant nr 13 ontvang ...dankie Alida, Kaapprovinsie.

• Hallo Hennie, Jy werk seker dag en nag aan hierdie koerant. Dit is inderdaad indrukwekkend. Baie geluk. Dit is jammer dat dit nie al die oud-lede kan bereik nie. Groete, Johan van der Merwe. [Dankie Generaal! ]

• Ontvang no. 13 - baie dankie – Wicus Hattingh Pretoria

• Baie dankie Hennie - geniet die rugby! - Roy. [Genl ek plaas die foto’s van die rugby wat ek en Willie te Groblersdal gekyk het elders in die uitgawe!]

• Dankie Hennie, Ek het Nr. 13 gekry, Piet Swanepoel.

• Naand Hennie, Dankie vir ʼn propvol koerant. Mooi loop.Louis Lubbe.

• Baie dankie Hennie.Groete. Pierre van Rensburg.

• Ek sien jy soek o.a inligting oor sportmanne. Ek is in besit van 'n publikasie wat in 1989 deur die destydse sportkantoor uitgegee is onder die naam SA Polise Sportgedenkalbum – Hennie Westraat. [Dankie Generaal – ek kort insette oor sportmanne.]

• Goeie more, baie dankie vir die aanstuur van die Polisiekoerant. Ek sal altyd 'n sagte plekkie hê vir die Polisiemuseum en die SAP se geskiedenis. Dit is lekker om hierdie

Page 29: Police Gazette 1-14

29

nuus te ontvang. Plaas my asseblief permanent op die poslys, indien moontlik, ek sal dit baie waardeer.Lekker dag, Groete, Gerda Coetzee, Bloemfontein

• Baie dankie Hennie, Dries van der Merwe.

• Goeie dag Hennie,Ek het Polisiekoerant Nr. 13 ontvang, dankie.Groetnis, M. J. (Martin)

Nel Genl – maj. (Afgtr.) Pretoria.

• Hi daar, Het die koerant ontvang en lekker gelees. Mooi loop. Nick Vermeulen.

12.1.2. Epos- en lekker geselsbriewe 1. Lieve Hennie !!! baie baie dankie voor die mails en voor die politiecourant ! Dit is geweldig om te lees en te begrijp hoe dat in Zuid Afrika is. een nachtwerk denken we! en met een geweldig goed resultaat. Met Jos gaat het redelijk. de vlekken op de longen zijn er nog steeds en worden ook niet minder. Ger gaat af en toe met zijn atrose ook slecht , vooral als er regen voorspelt wordt. Maar verder gaat het goed. we zijn bezig om van boven naar de begane grond te verhuizen en definitief 6 september waarschijnlijk helemaal over. er zijn kandidaten om het huis te verkopen . alles is nu eindelijk in orde! je kan kom kuier!!! eie stort en toilet! baie liefde uit Amsterdam: ger en jos

• Dankie Ger en Jos! Baie sterkte met die gesondheid word u toegebid. Ek hoop iemand skenk vir u genl van der Merwe se boek: Trou to die Dood toe, wanneer hulle kom kuier! Genl Van der Merwe skryf oor Ger wat Klaas de Jonge in Pretoria moes bewaak. Baie dankie vir u volgehoue vriendskap oor meer as drie dekades!

• Vir ons lesers se inligting Ger Sevink was verbonde aan die Nederlandse Koninklijke Marechaussee. Die KMar is ‘n uitstaande voorbeeld van ‘n derde mag. Hulle is almal verbonde aan die Nederlandse dept van verdediging maar verrig diens ten behoeve van justisie en binnelandse sake. Hul leuse is Zonder Vrees en Zonder Blaam. [Ek is en bly ongelukkig ‘n voorstaander van die derde mag-konsep.]

2. Dankie Hennie, Het nr. 13 gekry, kan nie glo dat die tyd so loop nie; dis werklik al 13 weke wat jy voortstoom. Toe jy met hierdie rein gedagte gekom het, het ek gewonder of jy genoeg materiaal sal hê om dit weekliks uit te stuur. Ek sluk my woorde, mens staan verstom oor hoe wyd jou koerant trek en die kosbaarhede wat weekliks ontsluit word. Ek is bly om te sien Schalk de Klerk en Henk Heslinga is nou ook met ons. Ek het al by Henk op sy "plasie" naby Messina gekuier, hy verkoop ook lekker hoenders vandaar. Ons praat later weer, mooi loop en groete aan almal wie lees. Christo Davidson. [Christo ek is net so bly dat meer en meer vriende by ons aansluit!] 3. Alo Hennie, Ek ontvang gereeld julle koerantnuus van 'n advokaat vriend van my en sal graag wil inskryf om my eie een te ontvang. My oorlede Pa was in die SAP en is in 1947 Polisie-depot toe. Ek het in 'n polisiehuis groot geword en onthou heelwat staaltjies. My Pa het gereeld gedigte oor sy ervarings geskryf en ek is in besit van 'n paar daarvan asook foto's van sy dienstydperk. My oorlede broer was 'n Spoorwegpolisieman en ek het 'n loopbaan in die SAW gevolg. Ek sal

dit waardeer as ek op julle distrubisie lys kan kom aangesien ek die lees en artikels veral

Page 30: Police Gazette 1-14

30

oor die geskiedenis van die SAP vreeslik geniet. Hoop julle gaan van sterkte tot strekte. Groete. Johan Jacobs.

• Baie welkom, stuur gerus ‘n lewensskets van u vader, ook van sy gedigte en foto’s. Waar was hy gestasie?

4. Dagsê Hennie, Wat 'n voorreg om met jou te skakel. Ja, eenmaal 'n polisieman, altyd 'n polisieman. Ek het nou maar kort eers hierdie tegnologie begin leer en kry nie altyd die kans om met dit besig te raak nie. Ek voel skuldig daaroor, maar nou ja ek het vir myself gesê ek moet meer met dit kommunikeer. Hennie ek lees altyd jou gesels op die facebook en ek kyk op na jou. Hou aan, jy maak 'n verskil in mense se lewens. Dankie dat jy die foto gaan plaas in jou koerantjie, ek waardeer dit. Jy kan ook die erkenning kry daarvoor. Ek sal graag wil inteken of wat ookal om die koerantjie te kry. Jy weet, my Pa het altyd gesê; "my soort maak hulle nie meer nie", nouja, ek wil ook sê; "ons ou polisiemanne maak hulle nie meer nie." Ken jy of weet jy van Theunis Steyn, was al die jare veiligheid en later Hoofkantoor. Dink sy rang was brigadier of iets. Bloed neefs ek en hy. Baie seën vir jou en ons praat weer. Het baie om met jou te deel. Groete, JC ‘Koot’ Swanepoel. (Selno) 082 041 9123.

* Koot baie dankie vir jou mooi briefie! Dis vir ons ook ‘n voorreg om met jou te skakel!! Baie welkom in ons geledere. Ongelukkig kan ek nie vir Theunis Steyn onthou nie! Het jy miskien ‘n foto van hom? Laat asb van jou hoor! Maar onthou jy is “Koot 2” – ons ander Koot is oud-s/a/o Koot van Schalkwyk van SAP Hillbrow.

5. Dagsê Hennie, hoop dit gaan goed daar. Ek wag nog vir Afghanistan! Weet jy of daar iets geskryf is oor die PPR? Was verlede naweek so al met die spoorlyn tot in Warmbad. Droom van eendag die hele trippie te doen. Is jy bekend met die webblad hieronder?

Page 31: Police Gazette 1-14

31

http://www.policeone.com/ Jay Nel, Pretoria.

• Daar is ‘n veelvoud van boeke oor die Anglo-Boereoorlog wat die verskillende aanvalle deur die Boere op die Pretoria-Pieresburg Spoorweg beskryf. Om die probleem hok te slaan het die Britte vir mnr BJ Vorster ‘n oud-Volksraadslid en ander Boere op die trein as gyselaars gehou om te verhoed dat die Boere die treine aanval.

6. Beste Hennie, Dankie dat iemand my onbaatsugtige werk raaksien. Aangesien die Polisie of ander staatsinstellings nie hulle kaarte op die tafel wil lê nie, is ek verplig om my tot die regsprofessie te wend. Die saak is op die oomblik" sub judicae" en ons kyk ook net of daar nie ‘n konflik van belange met die regsfirma is nie, dan vat ons dit verder. Ek kan egter byvoeg dat afgetrede regters, professors en persone by verskillende universiteite, sowel as die F.W.de Klerk- Stigting my bystaan en help met die aansoek. Ek doen dit vir my kollegas wat hulle lewens en hele bestaan vir die SA Polisie opgeoffer het en as afgetrede offisier wat ‘n eed afgelê het en my land en kollegas lief het, is ek verplig om tot die dood vir hulle en myself in te staan. As alles verby is sal ek vir julle ‘n opsomming gee. Groete en Liefde aan jou en my Oudkollegas, Sakkie Kotze, Kaap.

• Sakman dankie vir alles wat jy doen, ek weet daar is ook baie ander oudlede soos jy, wat ander help. Aan almal wat ons oudlede help baie dankie! Genl Johan van der Merwe het ook al voorheen in die koerant ons oudlede vir hul ontbaatsigtige werk bedank. Ek dink ook aan Gideon Serfontein wat baie van ons vriende al gehelp het. Aan almal dankie! Onthou wat u aan die geringste doen, doen u aan ons Hemelse Vader!

7. More Brig, Dankie vir die wonderlike "Nuusblad v/d Jaar". Geniet dit terdee om te lees. Wil net graag vir Dir Henk Heslinga sê ek hoop hy het al geleer om "masonjas" en "marog" te eet. In Tshipise se wereld is dit 'n gesogte en heeeerlike dis om voor te sit. Saam met pap is dit NOG beter. Dagsê Dir!! hoop Dir kry my "voetspore" in die omgewing. Daar moet duisende wees. Dis waar ek as kind grootgeword het, tussen die kremetart- en mopani bome. Pragtige plek. Groete uit die VSA!! Polla Kriel.

• Henk laat weet asb! 8. Gert Coetzee verstrek die volgende persoonlike data: Brig, die volgende; Magsnommer: 600407 Aansluitingsdatum: 1972-01-03 Basiese Opleiding: Julie 1972 tot Des 1972 1ste Plasing: Jan 1973 by die V/Tak Oos Londen onder bevel van Kol Dirk van der Bank Muller (AB Grens) en Maj AP Vander Merwe (TB Oos Londen) 2de Plasing: April 1978 by die V/Tak Oudtshoorn onder bevel van Kol Gideon Rossouw (AB SWD) en Maj Bart Vosloo (TB Oudtshoorn) 3de Plasing: Aug 1981 by die V/Tak Mosselbaai onder bevel van lt Fanie Claasen (TB Mosselbaai) 4de Plasing: April 2000 tot huidig by die Springstofeenheid Mosselbaai Vriendelike groete, Gert Coetzee

Page 32: Police Gazette 1-14

32

• Gert sien asb dat genl Bart Vosloo ook ‘n Polisiekoerant op een of ander manier kry. 9. Hier is ‘n gedig:

My Moedertaal

Ver hiervandaan

Het hierdie taal reeds bestaan Waar dit nog uit dele Van tale in die vele;

Onsaamgevoegd, Onvergenoegd Gestruikel het.

Na jare se reise, Die lewe se eise,

Het hierdie stroompies saamgevloei Om my taal, te laat opbloei!

Gepraat, gesing, gedig, geskryf,

Diep in ons harte ingevryf. Hierdie skone, ryke taal,

Standvastig soos staal

Het ons volk die lewe ingelei.

Deur onderdrukking, Knelling,

Het dit gestraal. Nóóit, sal dit faal;

My taal.

Die kenmerk van ons Vaderland Wat deur alle seisoene brand

Het ontwikkel en versprei Verder uitgebrei

Tot ons Volkstaal.

Geen teuels Bind sy vleuels.

My Moedertaal, AFRIKAANS!

- Oswald van Ginkel - Graad 8 (Standerd 6), Afrikaans Hoër Seunskool, Pretoria.

• Baie mooi!

12.2 Oproepe / Calls • Genl Bertus Steyn is baie dankbaar vir al die skenkings!

• Marleen Swanepoel van die SAPD-museum, sy het die Polisiekoerant vanaf die Vrystaat ontvang en wil ook graag inteken. (Sy is welkom!)

• Dana Kruger: Hy werk hard aan Manie Odendaal se herinneringe so tussen die braaivleise deur.

• Johan Burger baie dankie!

12.3 Besoekers / Guests

12.4 Besoeke gebring / Visits 1. Willie du Plessis en ek het Groblersdal besoek. Ons het by sy seun Donovan du Plessis op die plaas tuisgegaan. Die Boere aldaar voel regtig uitgelewer en almal is spyt dat die polisie nie meer op Maleoskop is nie. Donovan is besig om R60 000 te spandeer om sy veiligheid om die opstal te verbeter! Die Boere voel nie veilig nie, die polisie ken ongelukkig nie hul wyk of sektor nie. Baie van die polisie is ook van Soweto en elders. Die Boere vertel my dat hulle op hulself aangewese is en hulle kom gereeld tot mekaar se ondersteuning. Sien die twee koerant berigte wat aangeheg word. Dit lyk of die mense maar onrustig is!

Page 33: Police Gazette 1-14

33

2. Dr Leon Wessels en ekself het ‘n paar geskiedkundige plekke in Pretoria besoek. Hy is besig met nog ‘n boek. Ook het ons die polisie gesien wat die stakers om Kerkplein onder die oog gehad het. Ons het ook die polisiemuseum besoek waar ons vir kol Matilda Smal en me Marleen Swanepoel gegroet het.

• Leon is ‘n skoolvriend, my troepleier (Troep 7 Berede: 1964) en ons oud-adj-minister van polisie.)

13. REGSPLEGING, NASIONALE VEILIGHEID POLISIE EN DIE PERS

13. LAW ENFORCEMENT, NAT SECURITY, POLICE AND MEDIA 13.1 Defence Web reports

13.2 Praag 13.3 Politics web

13.4 It happened at SAPS Mamelodi Hi guys, this is a real life story that happened in Gauteng past weekend. Last week Saturday (28 August 2010), I attended CESA Relay in Hartesbeesport, North West and upon my return from that event I heard that armed police were looking for me and while busy trying to find out why, I received a call from Police in Mamelodi West Police station, Pretoria to go and fetch my car, I thought this was really strange as I had my car with me and I drove from Jo’burg to Pretoria and upon my arrival at the police station I got the shock of my life (see attached photo please), I had a duplicate car, everything was the same except the engine specs were different, apparently the criminals duplicated my number plate and probably working with someone from Traffic Department, and they have been committing crime under my name until they were caught, I’m just trying to warn you that you may also be having a duplicate car out there, committing fraud and you could be liable for that, always verify the tickets you get. The whole police force in that station couldn’t believe what they were seeing; apparently these thugs are a syndicate that police intelligence has been investigating

13.5 Brandstof Schalk De Klerk skryf: JULLE MOET ASSEBLIEF NOG VANDAG JULLE MOTORS VOL BRANDSTOF MAAK OM PROBLEME TE VERMY. Dear friends Im sending this to virtually every person on my email list in SA. It is from a Senior Exec in a major Insurer so it is extremely not likely to be a joke. Wish it was!!!. Of particular importance is the fact that petrol stations will go on strike from Sept 1st. Dont leave it till the last minute to fill up - you surely will find petrol stations that have run out. Remember when this

Page 34: Police Gazette 1-14

34

happened in the UK a few years back. We will all need to plan as few trips as possible. PLAN AND BE PREPARED. Re: Motor Industry strike NUMSA has released details of its planned industrial action in the Motor Industry wage dispute, which are as follows: 1. Rolling mass action will take place as from Saturday, 21 August 2010, in the Eastern Cape, KZN and Gauteng. The Union has warned of "a red Saturday festival of militant action by workers". 2. As from 28 August 2010, the Union will be serving the Retail Motor Industry Organisation and the Fuel Retailers Association with strike notices for a strike that will commence on Wednesday, 1 September 2010. The wage dispute in the Motor Industry covers a very wide range of issues, with the most important probably being the term of the agreement. The employers want a three year agreement but the Union is only prepared to negotiate a one year agreement. Consumers will be affected by the possible closure of petrol filling stations, panelbeaters, motor repair and parts shops, etc. In the case of the Chemical Industry, the Petroleum Sector will be very directly affected by a drop in retail sales via filling stations over the period of the strike. For general information, NUMSA will also be serving strike notices in the Tyre and Rubber Industry for a strike to commence on 30 August 2010. Groete. - Ons was in Pretoria vir meer as ‘n dag sonder water! Bêre maar water in die yskas. Dis nie lekker om sonder koffie wakker te word nie! - Genl Roy During het dieselfde berig gestuur – dankie Generaal!

13.6 Stakings: Dr Gerrie Theron (oud-Onderwys en Opleiding) Die onderwysers staak en die volgende foto’s is van Gerrie ontvang:

13.7 Vanaf London stuur Bert Oosthuisen die volgende August 27, 2010. 3:32 pm German government warns its citizens about possible crisis situation in SA: http://boerboel1.wordpress.com/2010/08/27/german-government-warns-its-citizens-about-possible-crisis-situation-in-sa/ By Mike Smith- 27th of August 2010. Amidst the Civil Service strike in South Africa, the German Government has issued a warning and important notice on the website of their South African Embassy in Pretoria. It urges all its citizens to immediately, but voluntarily, register their details online as a crisis prevention measure. It seems as if the German government is anticipating possible mass evacuations of its citizens in the event of the strikes getting out of hand and erupting into full blown violence. The online registering of German citizens, currently living, working or holidaying in South Africa will ensure that their names are on a list and will speed up possible evacuations. I would

Page 35: Police Gazette 1-14

35

like to urge all foreign nationals in South Africa to check the websites of their embassies in South Africa for similar warnings. Please do not take these warnings lightly. This is serious. http://www.pretoria.diplo.de/Vertretung/pretoria/de/04/seite__ELEFAND.html

• Wat weet die Duitsers wat ons nie weet nie?

13.8 28th August 2010: SANDF: Artillery Day Guys,This is what I was doing yesterday !

Regards, William. • Saluut! Dis mos ons “Army” ook!

13.9. Claasie van Koevoet stuur die volgende berig: Brigadier, die Kerk is die een te Hartswater. Ek het gemerk dat die steen 1991 geplaas was en weet nie of dit is toe die Kerk gebou is. Dit is in lengte so 10 meter by +- 6 meter. Die spoorwegstasie is te Magogong. ’n Trein vervoer tussen Vry/So

mense vanaf Vryburg na Warrenton en terug. Elke jaar raak die bakstene en material al hoe minder.Groete,Claassie.

Page 36: Police Gazette 1-14

36

13.9 Theft of copper wire: classify copper 'precious' In Engineering News Friday. Classify copper 'precious' Transnet urges, as it loses 1ton daily to theft.By: Terence Creamer, Published: 13 Aug 2010. State-owned freight logistics group Transnet wants copper to be classified as a 'precious metal' as it continues to lose about 1 km of copper cable daily to theft, the equivalent of a ton of copper. The utility said that ongoing theft had emerged as a "significant impediment to running a reliable and predictable freight railway" and revealed that it had invited Eskom and Telkom to team up with it to "fight against this scourge". Writing in the group's annual report, acting CEO Chris Wells said the low levels of arrest was worrying and that "this blatant criminal activity, which is a blight in the economy, continues unchecked". "Important in this drive, is for the Department of Mineral Resources to classify copper as a "precious metal". "This step will require those dealing with copper cable to be registered and to keep appropriate records and, accordingly, will assist effective policing." Transnet's rail unit operated about 22 800 trains monthly, but still cancelled about 1 300 of these, partly owing theft and sabotage. Cable theft comprised about 70% of all theft and vandalism incidents and the rail business experienced a total of 1 506 incidents of theft and vandalism in 2009/10. The rail business would spend R500-million on security in 2010/11, a sharp rise on the less than R250-million spent on security in 2004/5, while the number of security guards employed would rise to over 3 100 from 1 000 five years ago. "We are determined to break this stranglehold that the thieves have on our business," Wells wrote. He said that a multidisciplinary approach had been established to tackle this crime head-on. It is understood that emphasis was being given to intelligence gathering and working with communities in theft hot spots. Copyright Creamer Media (Pty) Ltd. All rights reserved.

14. HENNIE SE LESSENAAR / HENNIE’S DESK Ons leef in opwindende tye! As polisieveteraan klop my bloed steeds blou en ek is dankbaar vir al die honderde vriende wat ek as oudlid het! My een vriend, ou prof Donavon Marais wat onlangs oorlede is, is ‘n man wat diep in die filsofie gedelf het. Hy sê eendag vir my dat ek baie “ryk” en bevoorreg is om so baie vriende van verskillende stande, politieke oortuigings en agtergronde te hê. Dankie. Die polisiemag het die geleentheid geskep sodat ek sulke kosbare mense, soos julle, kon leer ken! Baie van die mense het ek amptelik ontmoet. Baie van hulle het my die fyn dinge in die lewe geleer. Een adj-direkteur (kolonel) by die SSVR, ‘n mnr Marais van Buitelandse Sake, het my eendag vertel hoe om reg aan te trek! (Ek moet erken alhoewel ek donker pakke gedra het, sou ek sommer DKW-skoene by my pak aantrek!) Hy vertel hoe belangrik is die regte skoene, kouse, lyfband en das, hoe daardie items jou pakklere komplimenteer! Nouja, net soos jou taalgebruik en jou goeie maniere, is jou kleredrag ook ‘n belangrike aanduiding van hoe jy jouself aan ander mense projekteer en openbaar. Maar terug na die mens. Vriende, lees generaal Johan van der Merwe se boodskap hierdie week. Raak betrokke by u medemense! Moet u nie afsonder nie! Wanneer u uself afsonder is u naderhand afgesonderd! Reik uit en skakel u ou bevelvoerders. As voorbeeld: oud-s/a/o Koot van Schalwyk bel my gereeld en vertel my wie hy die week gekontak of opgespoor het. Hy maak ‘n verskil in mense se lewens! Wees ‘n leier! Ek haal my hoed af vir luit-kol (afgetree) Sakkie Kotze. Hy maak ‘n beduidende verskil aan mense se lewens – hy help waar hy kan! Hy skakel my gereeld vanaf die

Page 37: Police Gazette 1-14

37

Kaap – en ek waardeer dit! Ons “behoort” aan mekaar en hoe ouer ons word, hoe nader moet ons aan mekaar kom staan. Mnr Adriaan Vlok, dr Leon Wessels, genl Mike Geldenhuys en genl Johan van der Merwe (die laaste twee kommissarisse van die ou SA Polisie) en so is daar duisende ander oud-offisiere en manskappe en hulle almal “behoort” aan ons. Kom ons reik uit na mekaar! Dankie vir die duisende mense wat, dansky die tegnologie, na ons kan (en wil) uitreik! Ons waardeer dit en op ons beurt probeer ons ook om na ander uit te reik. Ou Willie du Plessis is my reisgenoot, ons het al duisende kilometers op vêr-paaie gereis en honderde foto’s geneem en kilogramme Standerton-wors en talle skape langs oopvure opgeëet – na soveel jare het hy besluit om vir my ‘n skitterende storie te vertel, op voorwaarde dat genl Johan van der Merwe dit eers goedkeur! Mense, dis nou lojaliteit!!! Willie was ‘n lid van die uniformtak wat ‘n spesiale koverte operasie vir die veiligheidstak onderneem het! Gaan niks verder sê nie – die sonderlinge verhaal sal hopelik in ‘n nuwe boek verskyn!

Dit bring my terug na die kwessie – “hoe sê ons dankie?” As polisieman het ek geglo aan positiewe sowel as negatiewe dissipline. Ek het geglo dat ons lede moet beloon vir uitstaande en uitmuntende werk! Met dieselfde ywer waarmee lede gepêk word, het ek geglo dat hulle beloon moet word; met ‘n eervolle vermelding, met ‘n medalje of wat ookal! Ander mense met wie ek gepraat het, so deur my lewe se houding is, hy word mos betaal om sy werk te doen en ons verwag van ‘n polisieman om dapper te wees, om mense se lewens te red! “The Police are paid to be shot” is genl Coenraad Brits se siening tydens WO1 in DSWA. Ja, maar wil jy nie mense hê wat die ekstra myl stap nie? Ek beloon eerder ‘n lid voor ek die verhooroffisier is! Dis mos lekker om mense te erken! Begin by u self en verander u gesindheid. Neem die foon en bel u oudkollega! ‘n Eie kanselier van ordes, wat aangehang kan word aan een of ander organisasie, moet geskep word As iemand wat belangstel in ons nasionale veiligheidsgeskiedenis wil ek pleit dat ons ‘n vereniging of ‘n gilde van nasionale veiligheidsgeskiedenis stig waarby mense kan affilieer voor hulle hul boeke (wil) publiseer. Die gulde kan behulpsaam wees met advies en die inhoudlike – ook wat die strategiese aspekte betref. Alhoewel dit jou demokratiese reg is om te sê wat jy wil, begin party van ons manne kriewelrig raak oor ander manne wat “boeke” die lig laat sien wat ons veiligheidsmagte, onnodig, in ‘n swaklig plaas. Dink die mense nie aan die skade wat hulle aanrig nie! Ek dink aan die beeld van die weermag, polisie en nasionale intelligensie. Tientalle boeke het al die lig gesien wat nooit deur so ‘n gulde goedgekeur sou word nie! Verlede Saterdag het ek ‘n huldigingsete ter ere van Oom HS van Blerk bygewoon. Hy is ‘n bekende skrywer en groot Boere-Afrikaner. Wat ‘n geleentheid om met die Oom te gesels oor die ou dae in Suid-Afrika! Hy was in die dodesel saam met Julian Visser – hulle was Ossewabrandwagte terwyl Robey Leibbrandt ook saam met hulle in die dodeselle aangehou is. Ek sal binne kort ‘n onderhoud met Oom Hendrik voer oor hoe hy “Smuts se politieke-speurders” ervaar het.

15. HUMOR IN UNIFORM: 1. SAP 59: Goeie dag Hennie, Jare terug het oorle Boet de Bruin en ekself vir ons, ons eie

Page 38: Police Gazette 1-14

38

aanstellingsertifikate gemaak met die foto op van ‘n ‘Simpansee’ in die plek waar ons foto's moes wees. Ons het oor die jare baie pret daarmee gehad. Die aanstellingsertifikate was goedgunstiglik geteken generaal-majoor J.A.N.Grobbelaar. Jare terug in die tyd van die "totale aanslag" toe jy omtrent in duplikaat moes aansoek doen om ‘n polisieperseel te betree, was ek besig met ondersoek in Kaapstad. Ek het dringend brandstof vir my polisievoertuig gekort. (Daardie jare moes jy by polisiestasies brandstof in die polisievoertuig gaan gooi en ‘n boek teken.) Ek het na ‘n klein polisiestasie gegaan wat die naaste was. By die hek aangekom kondig ek die doel van my besoek aan. Ons Kaapsevriend, ‘n konstabel, wat die hek beman vra my baie beleefd om my net self te identifiseer, voordat hy my kan toelaat. Ek identifiseer myself met die aangehegte aanstellingsertifikaat. Ons vriend het die aanstellingsertifikaat van alle kante bekyk en ek kon duidelik sien dat hy ‘n rot ruik.

Ek se toe vir hom dat ek nog baie jonk was op die foto. Hy bekyk die aanstellingsertifikaat weer. Hy sê ja hy kan dit sien, gee die aanstellingsertifikaat terug en laat my toe om die

polisiepeseel te betree. Wat ‘n wonderlike voorreg om in daardie tye in die beste

polisiemag wat daar ooit was, te kon dien. Vriendelike groete. Suiker Britz.

• Generaal dankie! Ons deel u sentiment oor die Mag! Ek het gedink ek was die stoutse offisier maar ek begin dink daar is manne wat met my kon meeding!

2. The $2.99 special If you are a senior you will understand this one, if you deal with seniors this should help you understand them a little better, and if you are not a senior yet ......... God willing, someday you will be......

Page 39: Police Gazette 1-14

39

The 2.99 Special We went to breakfast at a restaurant where the 'seniors' special' was two eggs, bacon, hash browns and toast for $2.99. 'Sounds good,' my wife said. 'But I don't want the eggs.' 'Then, I'll have to charge you $3.49 because you're ordering a la carte,' the waitress warned her. 'You mean I'd have to pay for not taking the eggs?' my wife asked incredulously.. 'YES!' stated the waitress. 'I'll take the special then,' my wife said. 'How do you want your eggs?' the waitress asked. 'Raw and in the shell,' my wife replied. She took the two eggs home and baked a cake.

DON'T MESS WITH SENIORS!!! WE'VE been around the block more than once! Send this to the Seniors in your life. I'm sure they'll appreciate it! Even non-seniors will appreciate it!

• Dankie Gerrit Theron! 3. Gerrit Theron: My hond – klagte deur die polisie

Die polisie het my gebel en gesê my hond het ’n boy met ’n fiets gejaag. Toe sê ek. Ag twak, Sersant, my hond het nie eers ’n fiets nie! 4. Van landdros Paul Louw, Athlone, kom die volgende een van ‘n man wat op sy voete kan dink: “A man with a gun went into a bank and demanded their money. Once he was given the money, he turned to a customer and asked, 'Did you see me rob this bank?' The man replied, 'Yes sir, I did.' The robber then shot him in the temple, killing him instantly. He then turned to a coloured couple standing next to him and asked the man, 'Did you see me rob this bank?' The man replied, 'Nay meneer, ek hettie gasien nie, maar my vrou het!”

• Dankie Edelagbare!

5. A Point to Ponder.

Van ’n slim man het ek die volgende ontvang: This is too true to be funny. The next time you hear a politician use the word 'billion' in a casual manner, think about whether you want the 'politicians' spending YOUR tax money. A billion is a difficult number to comprehend, but one advertising agency did a good job of putting that figure into some perspective in one of its press releases. A billion seconds ago it was 1959. A billion minutes ago Jesus was alive. A billion hours ago our ancestors were living in the Stone Age. A billion days ago no-one walked on the earth on two feet. A billion Rand ago was only 27 hours and 12 minutes; at the rate our government is pending it.

16. NETWERK & “KOM ONS ONDERSTEUN MEKAAR”

16. NETWORKING & “LET’S SUPPORT ONE ANOTHER”

16.1 Dasse – Vriende ek maak “papier” bymekaar – boeke, dokumente, foto’s en dies meer. Stadig beweeg ek die kuberruimte in, baie dokumente edm word nou afgetas en rekenaarmatig bewaar. Wie wil my dasse hê? Daar is verskillende dasse – polisie, weermag edm. Baie is

Page 40: Police Gazette 1-14

40

historiese dasse bv toe die BSAP sy 100 jaar gevier het. Ek wil niks daarvoor hê nie – net ‘n klein donasie aan die oud-SAP-lede liefdadigheidstrust vir elke das wat u neem.

16.2 Eiendom te Huur: Ds Carel-Johann du Bruyn: Weet u dalk van enige persone of instansie in die mediese beroepsveld wat 1 km vanaf Eugene Marais Hospitaal 'n eiendom sal wil huur ?

16.3 Wonder-Kersmark: Beste Vriend/Vriendin - Help asseblief met die bemarking van ons Wonder-Kersmark. Dank by voorbaat. Ds Carel-Johann de Bruin.

Wonder-Kersmark: Saterdag 30 Oktober 2010 - Hervormde Kerk Wonderboompoort, Eloffsdal, Pretoria. (Naby Eugene Marais Hospitaal).09:00-15:00.Uitstallers @ R50 (of enige groter donasie aan kerk), wins is joune. Betaal op 30 Oktober by kassier. Bespreek by 0827333951 of [email protected] - Gee asb. volledige beskrywing van goedere wat verkoop sal word. Kerk verkoop vetkoek, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, tee & koek, tuisgebak, lekkers en koeldrank.

‘Wonder Christmas Market’ - 30 October 2010 Hervormde Church Wonderboompoort, Eloffsdal, Pretoria. 09:00-15:00 @ R50 stalls available (Pay your R50 or any larger donation on the 30th Oct.) The church is selling food like pannekoek, vetkoek, cake and tea, etc.Booking 0827333951 or [email protected]

• "Daar is reeds 22 stalletjies bespreek vir die Wonder Kersmark! Sal ons 50 haal??? Dalk 75?? Of ??"

LAAT BERIGTE / STOP PRESS

Billy Cox se versameling – drie geslagte Cox se medaljes verskyn

hierbo. Billy se Vader was ook in die SA Polisie, meer foto’s verskyn

op die volgende bladsy.

Page 41: Police Gazette 1-14

41

Nog foto’s, een van luit-kol

Alwyn Lesch en die res is

van Billy Cox afkomstig.

NO 18239 Const AW COX SAP LANGLAAGTE: INSPECTION.

18. VOLGENDE UITGAWE / NEXT EDITION DV Sunday 12 September 2010 On Saturday the 11th we have our Annual-braai, so we will have to wait for Saturday to take pictures at the braai which we will publish here.

19. SLOT / CONCLUSION Stuur asb u artikels en briewe vroegtydig in voor Woensdag asb. Stuur sommer u foto saam! Ons wil mos sien hoe die kolleags lyk/gelyk het. Geniet u week verder! Kontak gerus ons

argivaris, Marius Avenant (kyk voorblad) vir advies om vorige uitgawes op te roep.

Remember the advice from our friend, “The Major”, in Uganda: “Walk

Tall!” Greetings

Salute

Your Van Driver & Section Sergeant No 43630(M) Hennie Heymans. © 2010