powerpoint presentation · en slegte dinge wat in die afgelope tyd wêreldwyd, in ons land en selfs...
TRANSCRIPT
Broers en susters, die Woord van God sê:
’ Ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie
deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat.’ God
se wet eis liefde van ons. Hoor hoe som Jesus die wet vir
ons op in Matteus 22 vers 35 tot 40: 35en een van hulle, ’n
wetgeleerde, het Hom met ’n vraag probeer vastrek. 36“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die
wet?”
37Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele
verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En
die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou
naaste liefhê soos jouself.’ 40In hierdie twee gebooie is
die hele wet en die profete saamgevat.”
Ons het bewus geword van hoe kwaadwillig en haatlik ons
lewens is.
Laat ons ons skuld bely.
Kom ons sing Ges. 236 vers 1 & 2
Broers en susters, noudat ons deur ons sang ons
kwaadwilligheid teenoor God en ons naaste bely het,
verseker die Here ons van sy genade.
In Psalm 103 lees ons: ‚ Hy sal ons ons sonde nie bly
toereken en nie vir ewig toornig bly nie. Hy handel met ons
nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons
ongeregtighede nie, want so groot as die afstand tussen
hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom
dien.’
Laat ons nou ons geloof in dié liefdevolle God bely:
Ons glo in een God, die almagtige Vader, die
Skepper van die hemel en die aarde, en van alle
sienlike en onsienlike dinge; en in een Heer, Jesus
Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit
die Vader voor alle tye; God uit God, Lig uit Lig,
waaragtige God uit waaragtige God, verwek, nie
gemaak nie, een in wese met die Vader; deur wie alle
dinge ontstaan het;
wat ter wille van ons, die mense, en ter wille van ons
saligheid, neergedaal het uit die hemel,
vlees geword het deur die Heilige Gees uit die
maagd Maria, en mens geword het, wat selfs vir ons
gekruisig is onder Pontius Pilatus, gely het en
begrawe is; en op die derde dag opgestaan het
volgens die Skrifte; wat opgevaar het na die hemel,
en wat sit aan die regterhand van die Vader; wat
weer sal kom met heerlikheid om te oordeel, dié wat
nog lewe en dié wat reeds gesterf het; wie se
koningsheerskappy geen einde sal hê nie; en in die Heilige
Gees, die Heer en Lewendmaker, wat van die Vader en die
Seun uitgaan, wat saam met die Vader en die Seun aanbid en
verheerlik moet word, wat gespreek het deur die heilige
profete.
Ons glo een heilige, algemene kerk, gegrond op die leer
van die apostels.
Ons bely een doop tot vergifnis van sondes;
Ons verwag die opstanding van die ontslapenes, en die
lewe van die toekomstige eeu. Amen.
Ons het nou ons geloof in God met ons hart en mond bely.
Kom ons wy ons lewe aan Hom deur
Ges. 168 vers 1 tot 3 te sing
1Ek wil die Here loof!
Here my God, U is baie groot,
U is beklee met koninklike luister, 2U is met ’n kleed van lig omhul.
Dit is U wat die hemelkoepel
soos ’n tentdoek gespan 3en vir U ’n woonplek ingerig
het oor die waters daarbo,
U wat op die wolke ry,
op die vleuels van die wind,
4U wat die winde u boodskappers maak,
die weerligte u dienaars, 5U wat die aarde stewig gevestig het,
sodat dit nooit sal wankel nie. 6Die groot waters het die aarde
soos ’n kleed oordek,
die waters het bo-oor die berge gestaan.
7Maar toe U die waters aanspreek,
het hulle gevlug,
voor die krag van u stem
het hulle die wyk geneem. 8Hulle het oor die berge gespoel
en in die laagtes weggevloei
na die plek toe wat U
vir hulle bestem het.
9U het ’n grens gestel
waaroor hulle nie mag gaan nie:
hulle mag die aarde
nie weer oordek nie. 10U laat fonteine in die valleie ontspring
en tussen die berge deur stroom. 11Daar kom al die wilde diere drink
en die wildedonkies hulle dors les. 12Die voëls maak hulle neste
langs die water
en kwetter tussen die takke. 13Uit die hemel laat U dit
op die berge reën,
die aarde word versadig
deur die reën wat U gee. 14U laat gras uitspruit vir die diere,
en groen plante vir die mens
sodat hy sy kos uit die aarde kan kry:
15wyn om mense se harte bly te maak,
olie om die gesig te versorg,
kos om die mens nuwe krag te gee. 16Die bome van die Here
kry volop reën,
die seders op die Libanon,
dié wat Hy geplant het, 17waar die voëls hulle neste maak,
en die reier sy huis
in die boomtoppe bou. 18Die hoë berge is ’n tuiste
vir die klipbokke,
die rotse is ’n skuilplek vir die dassies. 19U het die maan gemaak
om die vaste tye mee aan te gee,
die son weet wanneer om onder te gaan. 20As U die donker bring
en dit nag word,
roer al die diere in die bos.
21Die leeus brul op soek na prooi:
hulle vra hulle kos van God. 22As die son opkom, sluip hulle weg
en gaan lê in hulle skuilplekke. 23Dan gaan die mens na sy werk toe,
en hy werk tot die aand.
24U het baie dinge geskep, Here,
die aarde is vol van wat U gemaak het,
en tog, U het alles in wysheid geskep. 25Daar is die see, groot en wyd,
wat wemel van diere, klein en groot. 26Daar vaar die skepe,
en daar is die Leviatan.
U het hom gemaak om mee te speel.
27Hulle is almal van U afhanklik,
U gee hulle kos op hulle tyd. 28U gee, en hulle eet,
U maak u hand oop,
en hulle kry meer as genoeg. 29Maar as U U terugtrek,
is dit klaar met hulle,
as U hulle asem wegneem, is hulle dood
en word hulle weer stof.
30U gee die lewensasem en daar is lewe;
ook uit die grond
laat U nuwe lewe spruit. 31Mag daar aan die roem van die Here
geen einde wees nie!
Mag die werk van die Here
Hom vreugde verskaf, 32Hy wat na die aarde kyk, en dit bewe,
wat die berge aanraak, en hulle brand.
33Ek wil tot eer van die Here sing
so lank ek lewe,
ek wil die lof van my God besing
so lank ek daar is. 34Mag hierdie bepeinsinge van my
vir Hom aanneemlik wees!
Ek wil my in die Here verbly.
35Mag die sondaars van die aarde af
verdwyn,
mag die goddeloses
ophou om te bestaan!
Ek wil die Here loof.
Prys die Here!
Tot sover !
„ Wees bly in die Here, regverdiges,
prys sy heilige Naam.”
Psalm 97 : 12
Geliefdes in die Here Jesus Christus,
Met die aanbreek van Oktobermaand, het....... die laaste kwart van die jaar
amptelik aangebreek en ‘n mens kan amper nie glo....... hoe vinnig hierdie jaar
alreeds by ons verby gevlieg het nie. Alhoewel September gesien word as die
begin van die lente, is Oktober eerder die tyd wanneer die ontwaking van die
natuur regtig sigbaar word. Oral sien ‘n mens die lente bloeisels en die
Jakarandas is reeds vol aan die blom.
Die welbekende skrywer en digter C. Louis Leipoldt vat met sy gedig
Oktobermaand vas, wat ek .....in duisend woorde nie kan sê nie. Na die swaar
en slegte dinge wat in die afgelope tyd wêreldwyd, in ons land en selfs dalk in
ons eie woonhuise gebeur het, is hierdie net dalk die ligter oomblik wat ons nodig
het.
‘n Mens se hart gaan uit na die mense in Indonesië wat ‘n aardbewing en ‘n
tsunami moes hanteer, die politiek, die ekonomie en die skokkende hoë petrol
prys in ons eie land, die afsterwe van ‘n geliefde pastorie moeder in u eie
gemeente...... met gepaardgaande trauma, goed wat met jouself gebeur waarvan
ander nie eers weet nie, om maar enkele voorbeelde van hartseer dinge wat
gebeur het te noem.
Kom ons ontspan dan vir ‘n oomblik, sit agter oor en luister ‘n bietjie na die gedig,
waarmee baie van ons groot geword het, met die oog daarop........ om God se
hand in die natuur raak te sien:
Oktobermaand.
C. Louis Leipoldt.
Viooltjies in die voorhuis –
Viooltjies blou en rooi !
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi !
Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,
Dit is die maand Oktober! Die varkblom is in bloei;
oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei;
die koppies, kort gelede nog as 'n klip so kaal,
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal.
Dit is die maand Oktober! Die akkerboom is groen;
die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen;
en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos.
Al was die dag soos yster, lank in die vuur gesteek,
Die varings in die klofies deur hitte geel verbleek,
Tog as die son daar onder agter die berge gaan,
Dan word oor heel die wêreld die mooiste geur
geslaan
Dit is die maand Oktober! Die kokkewiet is uit;
Boomsingertjies en kriekies die hoor jy orals fluit;
Fiskaal is op die oorlog – daaronder by die sluis,
Daar is ‘n dor ou doringboom sy spens en sy
kombuis.
Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier
vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Ek is nog in Oktober! My tuin is nog so groen,
So wit met al wat mooi is,met bloeisels van lemoen,
So pragtig in die môre, so heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober, die mooiste, mooiste maand!
Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!
Viooltjies in die voorhuis –
Viooltjies blou en rooi !
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi !
Wat ‘n soete klanke is dit nie op ‘n mens se ore nie en..... om te dink: God het
dit alles moontlik gemaak. Is dit....dit........ waarna ons uitsien die komende
maand ?
Broers, Susters en Kinders
Die ‘ Psalms ‘ kan mens natuurlik ook as Bybelse gedigte of liedere beskrywe,
wat gesing is met soortgelyke bedoeling om God se grootheid en goedheid
onder menslike woorde te bring. Psalm 104 slaag uitmuntend daarin, veral ook
met die oog op die ontwaking in die natuur. Mens sou selfs kon sê dat Psalm 104
‘n ander weergawe is van die skeppings verhaal, wat ons in Genesis 1 & 2 vind.
Mens kry verskillende soorte liedere en Psalm 104 val onder die lofliedere wat
dan spesifiek....... tot eer van God gesing is. Dit gaan oor alles wat God... in
en vir.... die wêreld doen. Omdat die psalms vertel van mense se ervarings met
God...... het dit tydloos geword, bedoelende, soos mense met die skryf daarvan
gevoel het oor God, is dit steeds vandag nog geldend. Deur die eeue put mense
hoop en inspirasie uit die Psalms, maar leer ons ook God ken,...... in al sy
goedheid !
Deur die woorde van die Psalms kan ‘n mens lag of huil, kan jy God loof, selfs
jou twyfel of vaste vertroue aan Hom bekend maak, maar ook kla oor wat met jou
gebeur, kan jy met trane bely dat jy verkeerd gedoen het, maar terselfdertyd ook
juig oor die wonderlike dinge wat die Here vir ons gedoen het. Ja.... daar is byna
geen emosie of gemoedstemming wat nie in een of ander psalm uitgedruk word
nie. Psalm 104 borrel oor van vreugde, blydskap en dankbaarheid. Is dit........
hoe jy en ek vandag voel ?
Miskien moet ons dit ook nou sê, ‘n mens word soms so vasgevang deur
negatiewe dinge, groot verantwoordelikhede, kommer en sorge van die lewe,
stres en depressie, terugslag en ellende....... wat ons tref, dat ons niks, maar
niks...... meer mooi raaksien of ervaar in die lewe nie. Ons word verblind en
afgestomp, hard, koud, klinies, ‘n gejaag, ‘n gespook en spartel....... om net kop
bo water te hou, wat nog te staan om te oorleef.
Gemeente
Het u opgelet, die Psalm begin met die woorde: “ Ek wil die Here loof ! “ Later kry
mens die gevoel, dat almal nou opgeroep word, om die Here te prys, die lof
klink harder en al groter op ! En dan breek die loflied deur na die hele skepping
! Almal op aarde moet nou die bruisende en borrelende lied..... van lof en
verheerliking sing.
Die redes waarom God se Naam groot gemaak word, word baie duidelik en selfs
breedvoerig op die tafel geplaas, sodat daar by niemand enige twyfel daaroor kan
wees nie. As ‘n mens mooi geluister het na die woorde van die Psalm, is dit asof
die Psalmdigter die voorreg kry om die skepping vir ‘n oomblik vanuit God se
perspektief te sien en dan dit..... aan ons te beskryf. Dan kan mens mos nie
anders as om die Here te wil loof nie !
Dit is amper soos ‘n oproep om jou donker bril af te haal en jou lees bril,... nee
man ...... eerder jou geloofsbril op te sit. Ons...... kyk.......op die lewe en alles
op aarde, word soms so verdonker, so verduister deur dit wat.... met ons en
rondom ons gebeur, dat ons nie meer God se hand....... in enige iets raak sien
nie. Ons aanvaar alles as vanselfsprekend, die son moet op kom, dit moet reën.
Ons sien nie meer die mooi van die lewe raak nie, niks... is meer sommer net
lekker nie.
In een van die kommentare wat ek geraadpleeg het oor die verstaan van die
Psalm is daar vir my iets baie besonders oor die Psalm gesê en ek haal dit graag
vir u aan: “ Hierdie skeppingslied..... is ‘n pêrel onder die psalms...... wat nie die
mens of die natuur verafgod nie, maar die koninklike luister... van die Skepper.....
weerkaats ! “ Mooi gesê, nê !
Dit weerkaats....... die koninklike luister van God !
Broers, Susters en Kinders
Ons teks is dus ‘n kragtige oproep om jou opnuut in die Here te verbly ! Ja ek
weet, kyk ons na ons eie omstandighede, mag ons verseker anders voel oor die
saak, maar die oproep is tog baie duidelik.......... verbly julle in die Here !
Saam met die Psalmdigter kan ons maar net ons verwondering uitspreek oor
God se grootheid wat ook veral nou in die natuur duidelik word, ten spyt van
ons sonde.
Verseker gaan hierdie blik op die natuur ook gepaard met die dringende
behoefte......... om die Here te bid en te smeek.... vir milde reën wat die
natuur kan voed en verkwik. Ja sonder sy oop hand wat die reën kan laat kom,
is ons voort bestaan.......... nie moontlik nie. Die Here te vra vir vrede en
stabiliteit in ons geliefde land en in die wêreld ! Die Here te smeek vir rustigheid,
kalmte en gemoedsrus in ons eie lewens en ook in julle gemeente !
Kom ons sê weer ‘n slag opreg dankie vir die Here, vir al die wonderlike dinge
wat Hy wel hier op aarde vir ons moontlik maak en dat Hy dit steeds in stand
hou ! Kom ons vertrou Hom dan dat Hy vir ons sal gee wat ons nodig het, .. op
sy eie tyd.
As daar dan nog by ons enige maar enige twyfel is, waarom ons God moet loof,
kyk dan ‘n slag weer noukeurig na ‘n blom en hoe mooi die Here dit gemaak het
met die verskillende kleure, stuifmeeldrade, reuk, ens, ja, nie een van ons is
daartoe in staat nie ! Die Here het dit wonderkunstig geskep, soos Hy
alleen dit kan doen ! Sal hy dan nie al die ander dinge vir ons moontlik kan
maak nie ?
‘n Ander siening van die saak: Bid ook dat God self...... steeds ook sal vreugde
vind in die skepping, soos........ in die begin, sodat ons opnuut kan hoor: “ Toe
het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed !
Onthou dan ook die woorde van die gedig: “ Dit is die maand Oktober! Die
mooiste, mooiste maand ! * Ek dink die mense vier vir ewig in die hemel.........
Oktobermaand soos hier! “ ( * Herhaal )
Mag elkeen van ons die komende maand so beleef !
Amen