praat - beter verhoudings praat jou... · 2 voorwoord in hierdie bundel bied ek en elna praktiese...

28
1 praat jou huwelik gesond gustav en elna müller

Upload: vuonglien

Post on 12-Jan-2019

233 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

1

praat jou huwelik

gesond

gustav en elna müller

Page 2: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

2

Voorwoord

In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede

vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie in verhou-

dings en veral die huwelik. Kwaliteit kommunikasie het die vermoë om

jou huwelik gesond te hou of gesond te maak mits jy die basiese begin-

sels jou eie maak en dit inoefen.

Soos met alles in die lewe kan jy dit in jou eie krag probeer of jy kan

jou hand in die hand van die Here plaas en op Hom vertrou vir die

deurbraak terwyl jy hierdie raad en beginsels entoesiasties aangryp en

inoefen. Ons ervaring het geleer dat daar ’n wonderlike balans is tussen

iemand se gewilligheid om ’n beginsel sy eie te maak en dit te begin

doen terwyl hy op die Here vertrou vir die oorwinning, deurbraak of

verandering.

Om mee te begin wil ons jou uitdaag om die volgende gedeeltes uit die

Bybel te bestudeer en jou eie te maak.

Joh. 15:5 … sonder My kan julle niks doen nie.

Fil. 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Jak. 1:22. En word daders van die Woord en nie net hoorders wat

julleself bedrieg nie.

Geniet hierdie reis op pad na ’n meer vervulde en gesonde huwelik.

Gustav en Elna Müller

© 2004 Gustav en Elna Müller

www.keys4marriage.co.za Tel 0834549622

E-pos: [email protected]

Page 3: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

3

Inhoudsopgawe

BOEK I

1 PRAAT JOU HUWELIK GESOND …………………………………… 4

2 DIE BELANGRIKHEID VAN KWALITEIT KOMMUNIKASIE ……. 6

Kwaliteit kommunikasie is ’n gawe van God

Kommunikasie is die sement wat alles aan mekaar hou

Kommunikasie wat verbrokkel het pynlike gevolge

Kwaliteit kommunikasie verbeter spanwerk

Kwaliteit kommunikasie vestig ’n waardevolle emosionele band

3 DIEWE VAN KWALITEIT KOMMUNIKASIE …………………….. 16

Te veel prioriteite

Wanneer twee mense mekaar gewoond raak

Onkunde

Emosionele onvolwassenheid

Emosionele bagasie

4 OP PAD NA KWALITEIT KOMMUNIKASIE ……….……………… 26

Kwaliteit kommunikasie begin in jou hart

BOEK II

Verbeter jou luistervaardighede

Ware belangstelling

Luister met jou ore, oë, liggaam en hart

Hou die kommunikasieruimte veilig

Besoek jou maat se beleweniswêreld

Emosionele erkenning

Die teenoorgestelde van emosionele erkenning

Praat op die regte manier

Kies die regte tyd en plek om te praat

Bou die brug tussen julle verskille (i)

Bou die brug tussen julle verskille (ii)

Bou die brug tussen julle verskille (iii)

Hoe om oor frustrasies te praat

Kommunikeer liefde

Page 4: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

4

Deel 1

PRAAT JOU HUWELIK GESOND

In Spr. 16:24 lees ons die volgende: “Aangename woorde is heuning,

soet en geneeskragtig vir die mens.” Is dit nie een van die mooiste

gedeeltes uit die Bybel nie? Kan jy jou dit indink? Jou woorde kan

genees. Die enigste voorwaarde is natuurlik dat dit aangename woorde

sal wees. ’n Mens kan natuurlik nou vra: “Wat presies word deur aan-

gename woorde genees?”

Voor ons by die antwoord van hierdie vraag kom vertel ons graag eers

die verhaal van die twee Pieters. Hierdie verhaal gaan oor twee seuns

op skool in dieselfde klas met dieselfde naam, Pieter. Die een Pieter

was ’n voorbeeldige, flukse, slim en netjiese seun. Hy was enige onder-

wyser se droom. Die ander Pieter was presies die teenoorgestelde. Hy

was altyd laat, slordig, ’n regte rebel en daarby ook dom. Hy het nooit

sy werk gedoen nie. Hy was enige onderwyser se grootste nagmerrie.

Een dag kom spreek een van die twee Pieters se ouers die onderwyser

om te hoor hoe dit met hulle Pieter gaan. Die onderwyser het

foutiewelik gedink dat dit die slim Pieter se ouers was en toe hulle vra

hoe dit gaan het hy geantwoord: “Fantasties, Pieter is so fluks en

voorbeeldig en sy werk is uitstekend.” Die volgende dag kom die

dom Pieter by die onderwyser aan met ’n stralende gesig. “My Pa-

hulle sê dat Meneer vir hulle vertel het hoe fluks ek is, hoe ’n voor-

beeld ek is en hoe uitstekend my werk is.” Die onderwyser kon nie

glo dat hy so ’n fout kon maak nie, maar wat hy nog minder kon glo was

dat hierdie Pieter van daardie dag af heeltemal begin verander het. Van

daardie dag af het hy voorbeeldig begin raak, sy werk was al meer op

datum en sy punte het dramaties verbeter. Hy was kort daarna enige

onderwyser se droom.

Aangename kommunikasie genees ’n negatiewe uitkyk op die lewe,

ongesonde denke en ’n swak selfbeeld. Dit kan ook swak verhoudings

en selfs iemand se on-geloof of wanhoop genees. Ons het by talle

geleenthede gesien hoe huwelike by ons kommunikasiewerkswinkels

verander het as gevolg van die genesende krag van aangename woorde.

Page 5: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

5

Dalk ervaar jy een of ander verhoudingsprobleem. Ons wil jou vandag

bemoedig. ’n Gereelde aanganame woord kan jou verhouding omdraai.

Dalk het jy hoop verloor of jy voel dat jou geloof min geword het. Hier

is ’n aangename woord spesiaal vir jou en ons bedoel dit uit die hart:

“Die Here is meer lief vir jou as ooit tevore en Hy het nog nooit jou

hand gelos nie. Jy kan maar opstaan en jou kop oplig en Sy Naam

aanroep en sy heerlikheid sal oor jou opgaan!”

Ons glo dat vandag ’n baie baie spesiale dag vir jou gaan wees. Dalk

wil jy saam met ons op jou knieë gaan en vir die Here dankie sê dat Hy

die genesende krag van aangename woorde aan ons toevertrou het.

Kom ons doen dit sommer dadelik. Kom ons sê vir Hom dankie.

Hemelse Vader. In die Naam van die Here Jesus kom ons na U op

hierdie mooi dag. Dankie dat U hierdie groot gawe aan ons toevertrou

het. Ons wil onsself vandag daarmee bewapen. Here ons wil vandag

’n arsenaal van aangename woorde met ons saamdra, sodat ons almal

rondom ons kan bederf met die genesende krag van daardie aan-

gename woorde. Dankie dat ons dit met entoesiasme kan doen in die

naam van die Here Jesus, Amen.

In die res van hierdie boekie gaan ons voortbou op hierdie fondament.

Ons gaan saam met jou kyk na alles wat belangrik is in die kommuni-

kasie tussen twee mense sodat die krag en veral die genesende krag van

aangename kwaliteit kommunikasie ’n werklikheid in jou verhoudings

kan word.

In gesprek met God Lees Spr. 16:24 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Page 6: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

6

Deel 2

DIE BELANGRIKHEID VAN KWALITEIT

KOMMUNIKASIE

Kwaliteit kommunikasie is ’n gawe van

God

“Kommunikasie is ’n baie spesiale gawe uit die hand van die Here.”

Wat ’n kragtige stelling. Dit is asof ’n mens ’n paar oomblikke nodig

het om daaroor te dink.

Waarom sal die Here hierdie gawe aan ons toevertrou?” Wel, ek glo dat

Hy dit verseker nie sonder rede doen nie, maar omdat Hy wil hê dat ons

mekaar daarmee moet bederf en seën. Mense wat die gawe van

kommunikasie in hierdie lig sien en leer om reg te kommunikeer sal

altyd ’n seën vir ander wees.

Dit is waarom Ef. 4:29 so ‘n belangrike vers is. Daar staan: “Praat net

wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat

dit julle hoorders ten goede kan kom.”

God vra dat jy die gawe van kommunikasie verantwoordelik sal gebruik

en net sal praat wat goed en opbouend is sodat dit almal rondom jou sal

seën. Dit is so ’n basiese waarheid en tog ook byna te groot om te

begryp. Jou kommunikasie kan iemand bemoedig, hoop gee, laat goed

voel, opbou of genees van emosionele pyn. Wanneer jy reg

kommunikeer kom God se liefde in aksie. Wanneer jy hierdie

geweldige voorreg besef sal jy minder kritiek uitspreek, jy sal minder

foute in mense uitwys en minder stilbly wanneer daar iets positief gesê

kan word. Hierdie gawe is ‘n stukkie bederf uit die hand van die Here

sodat ons verhoudings en veral die huweliksverhouding kan werk. Dit

behoort jou so opgewonde te maak dat jy nie kan wag om jou

huweliksmaat, kinders, vriende en kollegas te bederf met jou woorde

nie. Elke huwelik kan ’n fees wees as huweliksmaats hierdie gawe van

God reg hanteer.

Page 7: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

7

Ek het een oggend met Elna baklei omdat daar nie koue melk in die

yskas was nie. Na die tyd het sy gevra of sy met my oor iets kon praat.

In daardie gesprek het sy aan my bekend gemaak dat sy nie my

kommunikasie as ’n seën beleef het terwyl ek met haar baklei het nie.

Ek het dadelik aan Ef. 4:29 gedink wat sê dat ’n mens net wat goed en

opbouend is moet praat, selfs in ’n konfliksituasie. Ek het besef dat ek

haar om verskoning moes vra en ek het met haar ooreengekom dat ek

vanaf daardie oomblik daaraan sou werk om nie my frustrasies negatief

of afbrekend aan haar oor te dra nie.

Elna het tydens daardie gesprek ook met my gedeel dat sy aan haar

kommunikasie wil werk. Sy het gevoel dat sy baie geleenthede om my

te komplimenteer, laat verbygaan. Ek het natuurlik saamgestem. Sy het

daar en dan besluit dat sy dit gaan verander, meer positief ingestel gaan

wees, my meer gaan komplimenteer en my op so ’n wyse met haar

woorde gaan bederf en seën.

Nou wil ons vir jou uitdaag om spesifiek vandag vir die Here dankie te

sê vir die gawe van kommunikasie en om dan te besluit hoe jy hierdie

spesiale gawe kan benut tot seën van jou geliefdes en die mense om jou.

In gesprek met God Lees Ef. 4:29 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Page 8: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

8

Kommunikasie is die sement wat alles

aan mekaar hou

Ons gesels steeds oor die belangrikheid van kommunikasie en ek wil

graag die volgende twee vrae vra: “Waaraan dink jy as ek die woord

huwelik sê? Watter beeld kom by jou op as jy aan ’n huwelik

dink?”

Dit is ’n vraag wat ons dikwels vir die mense by ons kommunikasie-

werkswinkels vra en dan kry ons baie interessante antwoorde. Iemand

het gesê dat die huwelik hom aan ’n nickerball laat dink, want dit is

hard maar tog so lekker. Iemand anders het gesê dat die huwelik haar

aan ’n rit op ’n mallemeule laat dink want dit is met tye opwindend en

ander tye vervelig. Iemand anders het gesê dat die huwelik hom aan ’n

bootjie op die see laat dink, want daar is met tye heerlike kalm water

maar soms geweldige stormwater wat die bootjie moet trosteer. Iemand

anders het weer gevoel dat die huwelik soos ’n potplantjie is wat

gedurig versorg moet word anders sal dit verlep en sterf.

Elna en ek sien gewoonlik die beeld van ’n huisie as ons die woord

huwelik hoor of daaraan dink. Net soos wat ’n huisie op ’n sterk fonda-

ment gebou moet word, uit boublokke bestaan en ’n dak nodig het vir

beskerming, net so het ’n huwelik ook ‘n sterk fondament, boublokke en

’n dak nodig.

Elke huisie het egter ook sement nodig om alles aanmekaar te hou. Die

sement van die huwelik is kommunikasie. Kommunikasie hou alles in

die huwelik aanmekaar. Sonder kommunikasie, met mekaar en met God

sal alles in die huwelik uitmekaar val.

Net soos ’n huisie het die huwelik kwaliteit kommunikasie nodig om tot

stand te kom en aan te hou om suksesvol te funksioneer. As ons Ps. 127

hierop van toepassing maak gee dit ’n interessante perspektief. Daar

staan “As die Here die huis nie bou nie swoeg die wat daaraan bou

tevergeefs.” Net soos die sement van ’n huisie swak aangemaak kan

wees en die huisie dan baie gou kraak, verbrokkel en breek net so kan

Page 9: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

9

kommunikasie in ons huwelikshuisies swak aangemaak wees wanneer

Jesus nie daarin is nie. Die gevolg sal wees dat die huwelikshuisie ook

gou kraak, verbrokkel en breek. Maar as ons kommunikasie vol van

Jesus se liefde en karakter is sal die huwelikshuisie, oftewel die

huweliksverhouding, nooit kraak, verbrokkel of breek nie.

Elna en ek hou gereeld introspeksie om vas te stel of ons nog genoeg tyd

met die Here spandeer en by ’n paar geleenthede het ons agtergekom dat

ons ons kommunikasie met God verwaarloos. Dan besluit ons saam dat

ons meer met Hom moet praat want dan sal ons kommunikasie meer

goddelik wees. As ons meer tyd met die Here spandeer en meer met

Hom gesels oor ons huwelik sal dit ons kommunikasie sterker maak.

Wil jy nie bietjie gaan dink aan die sement van julle huwelikshuisie nie.

Hoe sterk is dit aangemaak? Kan jou maat vir Jesus hoor praat as jy jou

mond oopmaak? Wil jy nie maar jou lewensmaat nadertrek en met hom

of haar hieroor praat nie. Dalk het jy nodig om vir jou maat om

verskoning te gaan vra omdat die liefde en karakter van Jesus gereeld

afwesig is in jou kommunikasie. Herstel hierdie saak en maak jou

huwelik sterk en vreugdevol.

In gesprek met God Lees Ps. 127 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Page 10: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

10

Kommunikasie wat verbrokkel het pynlike

gevolge

In sy boek Scars and Stripes vertel Kapt. Red McDaniel dat hy as

krygsgevangene gesien het hoe van Amerika se beste soldate tydens

aanhouding in ’n Vietnamese konsentrasiekamp sterf. Hulle het nie van

bloedverlies, uitputting, fisiese siekte of ondervoeding gesterf nie, maar

omdat hulle in totale isolasie aangehou was. Hulle kon met niemand

praat nie. Volgens Kapt. McDaniel het isolasie en veral die gebrek aan

kommunikasie selfs die sterkstes van Amerika gebreek.

Hierdie getuienis onderstreep die belangrikheid van kommunikasie op

’n kragtige wyse. Kommunikasie is die lewensbloed van verhoudings

en wanneer dit verbrokkel of ontbreek het dit pynlike gevolge.

Die vorm van marteling waaraan McDaniel blootgestel is vind egter nie

net in konsentrasiekampe plaas nie maar ook in baie huwelike waar

kommunikasie verswak of ontbreek en huweliksmaats geïsoleerd

saamleef. So positief as wat kommunikasie kan wees, so negatief en

verwoestend kan dit wees as dit nie werk nie. Huweliksmaats kan

mekaar bewustelik maar ook onbewustelik martel, soms totdat die dood

van die huwelik intree.

Jak. 3:6 sê: “Die tong is ook ’n vuur, ’n wêreld vol ongeregtigheid,

die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die

hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self

word dit uit die hel aan die brand gesteek.”

Bekende kenners sluit hierby aan:

Kay Arthur sê in haar boek A marriage without regrets:

“Communication tops nearly everyone's list of marriage problems.” Norman Wright sê in sy boek Communication, key to your marriage:

“Lack of communication is the real problem behind skyrocketing

divorce rates.”

Die goeie nuus is dat God se plan nie een van marteling is nie. Onder

Page 11: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

11

andere sê Spr. 18:22: “Wie ‘n vrou kry vind geluk en geniet die

goedheid van die Here.” God se plan is dus een van geluk en genot en

ons kan dit in ons huwelike ervaar.

Ons hoef nie vasgevang te word in ’n huwelik waar swak of geen

kommunikasie die lewens-asem van die verhouding uitwurg nie. Ons

kan God se plan soek en kwaliteit kommunikasie in ons huwelike vestig.

Baie jare terug het ons in ons huwelik die pynlike ervarings van

verbrokkelde kommunikasie in die vorm van stilstuipes van ’n paar dae

lank ervaar. Ons het saam besluit om daaraan te werk en nou is ons

stilstuipes maar ’n halfuur of ’n uur lank en dan praat ons maar die saak

uit. Die laaste tyd probeer ons daardie halfuur nog verder afbring na 10

minute of selfs minder en ons moedig mekaar aan om hieraan aan te hou

werk, want ons besef dat dit nie vanself gaan gebeur nie.

Ek sal jou graag wil uitdaag. Wil jy nie met jou maat hieroor gesels nie

en as een of beide van julle swaarkry as gevolg van swak of geen

kommunikasie, besluit saam hoe julle jul kommunikasie kan verbeter.

Neem God se plan van geluk en genot in besit.

In gesprek met God Lees Jak 3 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die Here

met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Page 12: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

12

Kwaliteit kommunikasie verbeter

spanwerk

Sonder kwaliteit kommunikasie is goeie spanwerk onmoontlik. Dit is

nodig dat ons opnuut besef dat kwaliteit kommunikasie ontsettend

belangrik is, veral in die konteks van spanwerk.

Elke keer wat ons oor kommunikasie en spanwerk gesels dink ek aan

die toring van Babel. Alles het so goed gegaan en die groot groep

mense wat aan die toring gewerk het was op die punt om iets wat nog

nooit voorheen gedoen is nie, reg te kry. Die oomblik toe God

verwarring in hulle taal bring stop die hele projek egter in sy spore.

Hulle poging het misluk, nie omdat daar nie meer geld was nie, nie

omdat daar nie meer materiaal was nie maar omdat daar skielik geen

sinvolle kommunikasie kon plaasvind nie. Die span het uitmekaar

gespat en hul doelwit kon nie bereik word nie.

Ek dink ook aan ’n rugbyspan. Kan jy jou ’n rugbyspan voorstel waar

niemand voor of tydens die wedstryd verbaal of nie-verbaal met mekaar

kommunikeer nie. Watter kans het daardie span om ’n wedstryd te

wen?

’n Oorwinning het goeie spanwerk nodig en goeie spanwerk is slegs

moontlik as daar kwaliteit kommunikasie is. Die Bybel sê iets hiervan

in Amos 3:3. Daar staan: “Sal twee saamloop as hulle dit nie

afgespreek het nie?” Dit is een van my gunsteling Bybelverse en as ek

dit op die huwelik van toepassing maak kan dit soos volg klink. “Kan

ek en jy in ’n huwelik ’n pad met mekaar stap as ons nie gepraat het nie,

as ons nie afgespreek het nie, as ons nie ooreengekom het nie. Kan ons

’n goeie span wees sonder kwaliteit kommunikasie.”

Dit is vir my baie bemoedigend om te weet dat ’n huwelik nie ’n toring

van Babel of ’n rugbyspan sonder kommunikasie hoef te word nie. Elke

egpaar kan kwaliteit kommunikasie vestig en ’n tien-uit-tien span word.

Geen huwelik hoef ’n halfgebakte span te wees nie. Elke huwelik kan

’n wenspan wees en ons gaan vorentoe nog baie lekker gesels oor die

Page 13: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

13

pad na kwaliteit kommunikasie, die praktyk, die hoe en die wat.

Elna en ek het nou al vir baie jare een maal per week ’n koffie afspraak

met mekaar. Ons gaan gewoonlik na ’n koffiewinkel en dan gesels ons

net oor ons twee en ons verhouding. Ons noem dit ons weeklikse

spanpraatjie. Ons ervaar dat daar soms tye kom waar ek baie besig raak

en dan voel dit vir Elna of daardie weeklikse spanpraatjie tussen ons

twee afgeskeep word. Wanneer sy dan haar belewenis met my deel is

dit belangrik dat ek groot genoeg sal wees om saam met haar te besluit

om opnuut prioriteit te gee aan ons weeklikse spanpraatjie.

Hoe kan jy jou manier van kommunikasie verbeter sodat jy en jou maat

’n beter span kan wees? As jy onseker is wil jy nie jou maat vra nie?

Bespreek dit en wie weet, die deurbraak, waarvoor julle al so lank wag,

vind dalk plaas.

In gesprek met God Lees Amos 3:3 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Page 14: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

14

Kwaliteit kommunikasie vestig ’n waarde-

volle emosionele band

“Communicate or your marriage will die.” Dit is die woorde van

Dennis Rainey in sy boek Lonely husbands lonely wives. Woorde wat

’n mens so half in jou spore tot stilstand ruk en laat wonder of dit regtig

so ernstig kan wees.

Volgens Dennis Rainey is een van die grootste siektes van ons tyd

crowded loneliness: ’n emosionele toestand wat ontstaan wanneer

mense nie sinvol kommunikeer nie en nooit met iemand emosioneel

bind nie. Dit onderstreep die belangrikheid van kwaliteit kommunikasie

en hoe dit kan voorkom dat mense alleen voel en verhoudings sterf as

gevolg van die loneliness waarvan Dennis Rainey praat.

Om alleen te voel sonder ’n mens naby jou, is sleg, maar ek dink die

heel slegste is om alleen te voel terwyl jy tussen mense is. Dit is waar-

van Dennis Rainey praat; daardie alleenheid wat mense ervaar te spyte

daarvan dat hulle in verhoudings staan. Dit is ’n alleenheid wat ontstaan

omdat mense nie sinvol kommunikeer nie en kort voor lank, nadat die

intimiteit in die verhouding weggekwyn het, sterf die verhouding as

gevolg van daardie uitmergelende alleenheid.

Die goeie nuus is dat daar ’n oplossing is wat hierdie gevaarlike siekte

van ons tyd kan hokslaan. Hierdie oplossing is kwaliteit kommunikasie

en dit is binne ons almal se bereik. Eerstens moet ons verstaan dat daar

’n groot verskil tussen oppervlakkige en kwaliteit kommunikasie is.

Kwaliteit kommunikasie is wanneer daardie sake bespreek word wat

regtig saakmaak op ’n vlak waar dit regtig saakmaak. Dit is wanneer

twee mense moeite doen om oor diep sake te praat en wanneer hulle

mekaar regtig hoor. Spr. 18:21 sê nie verniet dat die tong mag het oor

dood en lewe nie. Wanneer ons sinvol praat en mekaar regtig diep hoor

kan dit lewe in ’n verhouding inblaas en alle alleenheid verdryf.

Kwaliteit kommunikasie het die vermoë om ’n emosionele band tussen

twee mense te vestig en daardie band sal elke vorm van alleenheid totaal

Page 15: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

15

verdryf. Dit laat twee mense naby aan mekaar voel, ’n gevoel wat ont-

settend waardevol is. ’n Gevoel van ek behoort. ’n Gevoel wat totaal

die teenoorgestelde van alleenheid is. Dis ’n gevoel waarna elke mens

smag.

’n Baie goeie vraag wat Elna en ek ooreengekom het om van tyd tot tyd

vir mekaar te vra is: “Wat kan ek doen as ek alleenheid binne ons ver-

houding begin ervaar?” Dit is gewoonlik dan wat ons opnuut

ooreenkom om dadelik vir die ander party te sê as een van ons alleen-

heid ervaar. Die rede is eenvoudig omdat nie een van ons wil hê dat die

ander alleenheid moes beleef nie. Deur dit dadelik met mekaar te deel

en daaroor te praat en te probeer om by ’n plan uit te kom om dit te

herstel, kan ons die vernietigende gevolge daarvan vermy.

Dalk besef jy nou, terwyl jy hier lees, dat jy ook soms alleenheid ervaar

terwyl jy tog getroud is of in ’n verhouding met iemand staan. Ons wil

jou uitdaag: Trek jou maat nader. Praat daaroor. Moenie moed opgee

nie. Julle kan by ’n plan uitkom. Julle kan kwaliteit kommunikasie

bemeester en ’n bevredigende emosionele band vestig wat daardie

aaklige alleenheid sal verdryf.

In gesprek met God Lees Spr. 18:22 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Page 16: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

16

Deel 3

DIEWE WAT KWALITEIT

KOMMUNIKASIE STEEL

Te veel prioriteite

Paartjies wat belangstel in die vestiging en onderhouding van kwaliteit

kommunikasie in hul huwelike sal seker maak dat hulle hulself beskerm

teen die diewe van kwaliteit kommunikasie. ’n Dief in hierdie konteks

is enigiets wat dit vir twee mense moeilik maak om ’n kwaliteit gesprek

te geniet of om kwaliteit kommunikasie in hul verhouding te vestig en te

onderhou.

Die tyd waarin ons leef word gekenmerk daardeur dat meeste mense

baie besig is. Nie net is mense baie besig nie, maar dit is asof meeste

mense besiger en besiger raak en meer en meer hooi op die spreekwoor-

delike vurk plaas. In die lig hiervan is die eerste dief wat ons gaan

hanteer “te veel prioriteite”. “Te veel prioriteite” is ’n dief wat

kwaliteit kommunikasie steel oftewel kwaliteit kommunikasie is totaal

onmoontlik wanneer ’n mens te besig is. Van al die diewe wat kwaliteit

kommunikasie tussen twee mense steel is hierdie een seker die mees

algemeenste.

Ons kry gereeld by ons kommunikasiewerksinkels met paartjies te doen

wat vra dat ons hulle help met hulle kommunikasie en by nadere onder-

soek vind ons dat hulle lewens net eenvoudig te besig is. Die kommuni-

kasie tussen hulle werk nie, want daar is geen rustige tyd vir sinvolle

gesprekvoering in hulle program nie. Wanneer ons vra “Spandeer julle

nog op ‘n daaglikse basis sinvolle tyd met God” (met ander woorde

rustige tyd waar elkeen net met die Here besig is), of as ons vra

“Spandeer julle nog op ‘n daaglike basis sinvolle tyd met

mekaar” (met ander woorde rustige tyd waartydens net hulle twee

ongehinderd by mekaar se binnekante kan uitkom) is die antwoord

“Nee, ons is net eenvoudig te besig”. Ons sal hulle dan aanmoedig om

uit die groef van te veel prioriteite uit te klim en rustige tyd te begin

allokeer vir kwaliteit kommunikasie. Die eenvoudige waarheid is dat as

Page 17: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

17

hierdie dief nie ge-arresteer gaan word nie sal hy die kwaliteit van hulle

kommunikasie steel en hul verhouding sal nooit gevestig raak of groei

nie.

Die goeie nuus is dat dit nie moeilik is om hierdie dief te arresteer nie,

want hy sluip nie skelm in die nag rond nie. Hy loop en steel oop en

bloot. Ek wil my verstout om te sê dat die enigste mense wat sukkel om

hierdie dief te arresteer, is daardie mense wat nie hulle prioriteite wil

regkry nie.

Elna en ek het ’n paar jaar gelede in ’n situasie beland waar ons met te

veel dinge besig was en ek onthou hoe ons aanvanklik gedink het ons

kan niks daaraan doen nie. Hierdie dief het ons amper geflous. Maar

ons het besluit om standpunt in te neem en ons het gaan sit, ons dag-

boeke geneem en eenvoudig die helfte van ons program vir die jaar

gekanseleer. Dit was ’n groot geloofstap want dit sou ons inkomste baie

beïnvloed. Maar nadat ons die regte ding gedoen het, het ons agterge-

kom dat die Here tog voorsien en alles het heelwat beter uitgewerk as

wat ons gedink het. Ons het saam besluit dat ons nooit by die plek mag

kom waar een van ons wil gesels en die ander sê “daar’s nie vandag

tyd nie.” Ons het verder besluit dat dieselfde moet geld vir ons ver-

houding met ons skepper.

Ek wil jou uitdaag om jou lewensmaat nader te trek. Kyk hom of haar

vir ’n slaggie glimlaggend in die oë en dan gesels julle oor hierdie dief

wat so maklik kwaliteit kommunikasie steel. As een van julle voel dat

hierdie dief besig is om te steel, maak saam ’n plan om hom te arresteer

en die balans te herstel sodat julle die vreugde van kwaliteit kommuni-

kasie in julle verhouding kan ervaar.

In gesprek met God Lees Fil. 2:3-4 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

Page 18: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

18

Wanneer twee mense mekaar gewoond

raak

“’n Man steel die eerste soentjie, soebat vir die tweede, eis die derde,

vat die vierde, aanvaar die vyfde en verdra die res.” Hierdie woorde

wat ons by iemand wat een van ons werkswinkels bygewoon het, gehoor

het, illustreer hoe ’n verhouding oor tyd kan verander. Dit vertel iets

van hoe twee mense mekaar gewoond raak en nie meer met mekaar wil

moeite doen nie. Dit bring ons by die tweede dief van kwaliteit kommu-

nikasie naamlik “om mekaar gewoond te raak”. Wanneer twee mense

aan mekaar gewoond raak en mekaar as vanselfsprekend begin aanvaar

verloor hulle hul entoesiasme en die vermoë om kwaliteit kommuni-

kasie in hul verhouding te vestig of te onderhou. Om mekaar gewoond

te raak is om hierdie dief toe te laat om alle kwaliteit kommunikasie te

kom steel.

Menige paartjie sal vir jou vertel hoe hulle aan die begin van hul ver-

houding of huwelik ure lank kon gesels, mekaar passievol kon soen as

hulle bymekaar kom na ’n lang dag en dit geniet het om aan die einde

van eke dag te hoor wat in elkeen se dag gebeur het terwyl hulle mekaar

belangstellend uitvra en geniet. Na ’n paar jaar van getroude lewe sien

jy hulle vroegaand in ’n restaurant sit en nie een sê ’n woord nie. Dit is

asof elkeen in sy eie wêreld is. ’n Ongetroude persoon sal na hulle kyk

en dink “Ek wil nooit getroud wees nie - kyk hoe vervelig lyk dit”.

Dit is wat gebeur as twee mense mekaar gewoond raak en eenvoudig nie

meer moeite doen om mekaar verder te ontdek of te geniet nie. Dit is

dan dat hulle nie meer moeite doen om oor nuwe dinge te gesels en

nuwe fassette van mekaar se menswees te ontdek nie. Dit is dan wat

hulle nie meer moeite doen om agter te kom hoe hulle verander het en

hoe dit hulle verhouding beïnvloed nie. Dis asof hulle in ’n aaklige

gemaksone beland het en hierdie dief van “gewoond aan mekaar

raak” toelaat om oop en bloot al hul kwaliteit kommunikasie te steel.

Die goeie nuus is dat ons nie hierdie dief in ons huwelike hoef toe te laat

nie. Daar is ’n pragtige vers in Spr. 9:9 wat sê: “Geniet die lewe met

die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lew Elke keer wat

Page 19: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

19

ek hierdie gedeelte lees of onthou, besef ek weereens dat die Here se

plan vir die huwelik is dat ons mekaar nooit sal gewoond raak nie; dat

ons hierdie dief sal arresteer. Ja, Sy plan is dat ons altyd met mekaar sal

moeite doen en mekaar sal aanhou ontdek en aanhou geniet. Soos alle

ander aspekte van die huwelik is dit egter nie iets wat vanself gaan ge-

beur nie. Dit verg daadwerklike beplanning en aksie. Soos Elna altyd

sê “As jy nie iets doen nie, gaan niks verander nie”. Ons doen elke

jaar iets waartydens ons ons huwelik in ’n sekere sin van voor af begin.

Elke jaar met ons huweliksherdenking gaan ons vir 3 of 4 dae op witte-

brood asof ons net getroud is. Ons ontdek mekaar van voor af en geniet

mekaar asof dit vir die eerste keer is. Dit werk nogal vir ons en ons wil

jou bemoedig. Jy en jou maat kan ook ’n effektiewe teenvoeter vir die

dief van “gewoond aan mekaar raak” kry.

Ek wil jou uitdaag. Besluit opnuut om moeite met jou maat te doen en

om hom of haar van voor af te ontdek. Om die waarheid te sê wil ek jou

uitdaag om die volgende vrae met jou maat te bespreek:

Het die dief van “gewoond aan mekaar raak” toegang tot ons

huwelik gekry?

Steel hy ons kwaliteit kommunikasie?

Het ons mekaar al as vanselfsprekend begin aanvaar en aan mekaar

gewoond geraak of doen ons nog moeite om mekaar steeds te leer

ken en te ontdek?

As hierdie dief in ons huwelik rondloop, hoe gaan ons hom arresteer?

In gesprek met God Lees Spr. 9:9 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Page 20: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

20

Onkunde

’n Egpaar wat 27 jaar getroud was het aan die einde van een van ons

kommunikasiewerkswinkels iets gesê wat ek nooit sal vergeet nie.

Hulle het by ons kom staan en die man se woorde was: “Hoekom leer

ons hierdie waardevolle goed nou eers? Daar behoort ’n wet te wees

wat almal forseer om reeds aan die begin van die huwelik te leer om

kwaliteit kommunikasie te vestig en te onderhou”. Sy vrou het met

trane van dankbaarheid, met haar arms liefdevol om haar man se

middel, kop geknik en saamgestem. Ek moet sê dit was ’n wonderlike

prentjie en dit is verstommend dat daar so te sê by elke werkswinkel

iemand is wat iets soortgelyks vir ons sê. Dit bring ons by die derde

dief wat kwaliteit kommunikasie in huwelike steel en ja, jy het

reggeraai, ons noem hom “onkunde”.

Die dief met die naam “onkunde” het 27-jaar lank in daardie egpaar se

huwelik rondgeloop en gesteel. Hy loop in duisende huwelike rond en

steel kwaliteit kommunikasie by die tonne. Jy wonder waarskynlik

waarom so baie paartjies onkundig bly en hierdie dief toelaat om te steel

in hul huwelike? In baie gevalle is mense onkundig oor kommunikasie

omdat hulle bloot hardkoppig is en niks wil weet wanneer dit kom by

die ontvang van die nodige kennis en die ontwikkeling van die nodige

vaardighede nie. Hulle nooi natuurlik deur hulle hardkoppigheid hierdie

dief in om te kom steel. Ander mense egter is bloot net nie bewus

daarvan dat kwaliteit kommunikasie in die eerste plek nodig is en in die

tweede plek iets is waaraan gewerk moet word nie. Hulle is heel

onskuldig op hierdie huwelikspad en onbewus van die dief wat na

hartelus steel. Daar is ook ’n derde groep mense wat bloot voel hulle

huwelik het nie meer werk nodig nie, hulle het nie meer kennis of

vaardighede nodig nie.

Dit laat my dink aan Spr. 10:7 “Wie hom laat leer, ken die pad na die

lewe; wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.” Dit is

wonderlik bemoedigend om te weet dat wanneer ek my laat leer, ek die

pad na die lewe sal ken. As ek bereid is om die vaardighede te

ontwikkel gaan ek die volheid van dit wat God vir my in gedagte het,

smaak. Niemand hoef onkundig te wees nie. Elke egpaar kan hierdie

Page 21: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

21

dief arresteer en kwaliteit kommunikasie vestig, onderhou en geniet.

Elna en ek het lank gelede met mekaar ooreengekom dat ons tot aan die

einde sal aanhou werk aan ons kommunikasie en ons het mekaar ook

toestemming gegee dat ons mekaar mag herinner aan daardie

ooreenkoms. Wanneer ons besef dat ons lanklaas iets daadwerkliks

gedoen het om ons kommunikasie verder op te skerp, sal ons maklik

saam ’n boek oor kommunikasie lees of selfs iemand anders se

werswinkel gaan bywoon. Elna is dan gewoonlik die een wat ons

daaraan herinner dat ons nie net moet lees nie maar by die “doending”,

moet uitkom. Haar woorde is gewoonlik: “Ons kan maar lees en

werkswinkels bywoon, maar as ons nie iets begin toepas nie gaan

niks verander nie.”

Hoe lyk julle kommunikasie? Onthou wat Elna sê: “As jy nie iets doen

nie gaan niks verander nie.”: Wil jy nie met jou maat gesels oor hierdie

derde dief van kwaliteit kommunikasie nie? Weet julle genoeg oor

kommunikasie in die hedendaagse huwelik? Het julle al alles ge

-implementeer? Wat staan julle te doen en wat is julle aksieplan vir die

pad vorentoe?

In gesprek met God Lees Spr. 10:7 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Page 22: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

22

Emosionele onvolwassenheid

“Daar is sommige sake waaroor ek nooit met my maat sal kan praat

nie. Die enkele kere wat ek dit in die verlede probeer het was dit ’n

groot gemors.” Ons hoor hierdie woorde gereeld in ons beradings-

kantore by ongelukkige huweliksmaats wat baie gefrustreerd is omdat

daar so baie sake is waaroor hulle glad nie kan praat nie en die hoofrede

daarvoor is “emosionele onvolwassenheid”. Emosionele onvol-

wassenheid is die vierde dief van kwaliteit kommunikasie.

Hierdie dief weerhou duisende paartjies van die vestiging en

onderhouding van kwaliteit kommunikasie in hul huwelike. Dalk

wonder jy nou wat emosionele onvolwassenheid is en hoe hierdie dief,

wat so vrylik in huwelike oral loop en steel, lyk? Ek sal graag jou vrae

wil antwoord, maar kom ons begin by die begin. As kind het ek baie

gehoor dat ek al my kos moet opeet sodat ek groot en sterk kan word.

Ek, soos meeste ander mense het geweet dat ek fisies moes grootword

en ek het geweet hoe ek dit kan regkry. Meeste mense word egter nooit

geleer om emosioneel groot te word nie. Ek het eers laat in ons huwelik

besef dat daar so iets soos emosionele volwassenheid is en dit het my

onstel want as ek dit vroeër in my lewe geweet het sou dit my soveel

onnodige verhoudingsfrustrasies gespaar het.

Die goeie nuus is dat dit nooit te laat is nie en dat egpare op enige

stadium hieraan kan begin werk sodat kwaliteit kommunikasie ook in

hul huwelik kan begin floreer.

Dit is algemeen bekend dat ’n baba die uiterste van onvolwassenheid

verteenwoordig en alle babas is in die eerste plek afhanklik en in die

tweede plek onverantwoordelik. Soos wat daardie baba grootword,

raak hy meer onafhanklik en verantwoordelik. Emosionele groei van

onvolwassenheid na volwassenheid werk presies dieselfde. Die

emosioneel volwasse persoon is in die eerste plek nie afhanklik van

iemand anders vir sy geluk nie. Hy gebruik nie sy lewensmaat as ’n

kruk vir sy emosionele leemtes of wonde nie. Hy het met sy leemtes en

met sy wonde gedeel en gegroei tot ’n emosionele volwasse persoon.

Hy besef en leef volgens die waarheid dat lewensgeluk ’n keuse is wat

Page 23: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

23

van binne moet kom. Die emosioneel volwasse persoon is in die tweede

plek emosioneel verantwoordelik. Hy besef en leef volgens die beginsel

dat emosies verantwoordelik hanteer moet word. Hy het geleer om in

kontak met homself te wees en weet wanneer en hoe om gevoelens te

hanteer en te bespreek sonder dat dit afbrekend is.

Hierdie dief het maar baie gesteel in ons verhouding totdat ons besluit

het: “genoeg is genoeg” en hom ge-arresteer het. Sedertdien het ons

heelwat aandag hieraan gegee en ons sal dit aanhou doen want ’n mens

kan nooit ophou groei nie. Ek onthou hoe ons een keer ’n woorde-

wisseling gehad het oor die kinders wat nie hulle vuil kosblikke

kombuis toe neem nie. Ek het onvolwasse uitgebars en gegil: “Nou het

ek klaar gepraat, ek wil nooit weer hieroor praat nie”. Gelukkig is

daardie onvolwasse tipe optrede iets van die verlede en het ons daarby

verby gegroei. Ons moet egter maar aanhou om vir mekaar te sê watter

tekortkominge ons beleef en ons moet mekaar aanhou help op hierdie

groeipad.

Waar staan jy in terme van emosionele volwassenheid? Het jy en jou

maat al hieroor gepraat? Ek wil jou graag uitdaag: gesels hieroor. As

een of beide van julle voel dat hierdie ’n groeiarea in julle verhouding is

wat aandag nodig het, sit koppe bymekaar en kom by ’n aksieplan uit.

Dalk is dit nodig dat julle iemand moet gaan sien wat hierdie goed

verstaan en wat julle kan help op hierdie opwindende groeipad.

In gesprek met God Lees 1 Petr. 2:2 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Page 24: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

24

Emosionele bagasie

Iemand het by geleentheid gesê: “A Happy marriage is the union

between two awful good forgivers”. Elna en ek kan na 15-jaar van

getroude lewe daarvan getuig dat hierdie woorde baie waar is en dit

bring ons by die vyfde dief van kwaliteit kommunikasie, naamlik

“emosionele bagasie”. “Emosionele bagasie” is die vyfde dief wat

kwaliteit kommunikasie steel en vergifnis en vryspraak is die

polisiemanne wat hom kan arresteer en in die tronk gooi.

Elke huwelik beleef elke dag groot of klein teleurstellings. Iets wat ’n

lewensmaat doen of nie doen nie en dan voel jy tenagekom. Wanneer

twee mense in ’n huwelik mekaar nie daagliks vir hierdie teleurstellings

kan vergewe en vryspreek nie, gaan die dief genaamd “emosionele

bagasie” inkom en al hulle kwaliteit kommunikasie steel. Jy sien

“emosionele bagasie” is al daardie bewustelike en selfs onbewustelike

emosies wat jy jeens iemand ervaar as gevolg van groot of klein

teleurstellings waarvoor jy daardie persoon nog nie vergewe het nie.

Die eenvoudige waarheid is dat geen mens sinvol met iemand kan

kommunikeer as daardie persoon jou teleurgestel het en jy hom nog nie

volkome vergewe en vrygespreek het nie. Vergifnis en vryspraak

arresteer nie net die dief genaamd “emosionele bagasie” nie, vergifnis

en vryspraak vernietig hom.

Die teleurstellings wat ’n mens in ’n huwelik kan ervaar, verwoes soms

jou vertroue en vrede. Elke keer as jy dit wil herstel, steel hierdie dief

dit weer. Ek kan ’n geleentheid onthou waar Elna en ek woorde gehad

het oor die kinders wat nie hulle huiswerk wou doen nie. Ons was vies

vir mekaar en ’n mens kon die atmosfeer in ons huis met ’n mes sny.

Ons kommunikasie was ’n nagmerrie, soveel so dat ek aan tafel nie eers

vir haar die sout kon vra nie! Ek het een van die kinders gevra om vir

haar te vra. Die stilstuipes wat dan ingetree het was woes. Ek het in

daardie tye gedink dat sy verantwoordelik was vir my vrede en geluk.

Ek het gedink dis haar werk om my weer te laat beter voel. Later het ek

verstaan dat dìt ’n korttermyn oplossing is. Dit laat my dink aan daardie

pragtige gedeelte in Ps. 29:11 wat sê, en ek kwoteer uit die ou vertaling:

“Die Here sal sy volk sterkte gee, die Here sal sy volk seën met

Page 25: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

25

vrede.” Hierdie gedeelte bevestig dat Hy my Prins van vrede is. My

vrede is van Hom afkomstig. Is daar iets wat ek elke keer moet doen

om dit in besit te neem? Verseker. Ek moet gehoorsaam wees en

vergewe en vryspreek. Elna het al by geleentheid gesê dat as sy elke

keer wat ek haar teleurgestel het moes wag tot sy voel om my te

vergewe was ons nou al ’n paar keer geskei. Soos sy sê: “Ek moes

ontdek dat, om vir ’n gevoel te wag baie gevaarlik is. Ek moes

ontdek dat ek dit kan regkry om ’n besluit te neem al voel ek nie

daarna nie. Dit is nie maklik nie maar ek kry dit reg om met my

kop te besluit dat ek jou vergewe. Daarna kan ek die Here vra om

my te seën met vrede. Dit het elke keer daardie lelike ou dief uit my

lewe gekry. Wat sleg is, is dat hy elke keer wanneer ek

teleurstellings ervaar, weer terugkom en daarom is vergifnis elke

dag nodig.”

Dalk ervaar jy dat hierdie aaklige ou dief los rondloop in jou huwelik.

Dalk sit jy met ’n klomp bagasie en jy het lankal al jou vrede verloor.

Ek wil jou bemoedig en terselfdertyd uitdaag. Jy kan in oorwinning leef

en weer kwaliteit kommunikasie geniet. Wil jy nie die geloofstap neem

en ’n keuse maak om nou te vergewe en vry te spreek nie? Raak nou

ontslae van daardie bagasie. Dan kan jy die Here, die Prins van vrede,

vra om jou met vrede te seën. Man, ek is opgewonde oor jou, want ek

weet jy kan!

In gesprek met God Lees Ps. 29:11 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………..

Page 26: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

26

Deel 4

OPPAD NA KWALITEIT

KOMMUNIKASIE

Kwaliteit kommunikasie begin in jou hart

“Gustav en Elna, julle praat so lekker van kwaliteit kommunikasie,

hoe wonderlik dit is en hoe elke egpaar dit kan smaak en sodoende

groei na ’n ware intieme huwelik wat prettig en wonderlik is. Wel

ek wil net vir julle sê, dis nie so maklik nie. Jule het nie ’n idee hoe

moeilik dit regtig is nie. Ons het al hoeveel maal probeer maar ek

weet elke keer, by voorbaat, dat dit ons nie beskore is nie en ek is

elke keer reg. Na ’n week of twee is ons reg waar ons was. Ons ver-

staan mekaar nie, elkeen is vies, die atmosfeer is sleg en die kinders

bly uit ons pad.”

Ek dink daar is baie huweliksmaats wat voel soos dié persoon wat

hierdie briefie aan ons geskryf het. Die negatiwiteit en moedeloosheid

in die briefie weerklink soos donderweer. Daardie persoon se hart is

nog gladnie reg vir kwaliteit kommunikasie nie en dit is presies waar

kwaliteit kommunikasie moet begin, in sy hart. Die goeie nuus is dat, só

negatief, en moedeloos soos wat daardie persoon is, só naby aan die

deurbraak is hy. Al wat nodig is, is ’n hartsverandering. Matt. 12:34 sê

“Uit die oorvloed van die hart praat die mond.” Kwaliteit kommuni-

kasie begin in jou hart. Soos alles in die lewe gaan dit nie oor die uiter-

like nie, maar die innerlike: ’n Mens kan die wonderlikste tegnieke

aanleer, elke resep in die boek probeer en op jou tande kners soos die

persoon in die briefie, maar as jou hart nie reg is nie is alles tevergeefs.

Henry Ford het gesê: “Whether you believe you can or whether you

believe you can not, you are exactly right”. Sy woorde sluit wonder-

lik aan by Spr. 4:23 wat sê: “Wees veral versigtig met wat in jou hart

omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Om daar diep in jou hart reg

te dink en die regte goed toe te laat, is die begin van jou sukses. Is jou

hart vol van God se vrede, Sy liefde en Sy Woord? Is jou hart vol van

die leiding van die Heilige Gees? Is jy so positief oor jou verhouding

Page 27: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

27

soos God daaroor is of is jou hart vol van jou eie pogings, planne, ver-

wyte, woede, negatiwiteit, onvergewensgesindheid of onsekerheid?

Iemand het eenkeer gesê en ek kwoteer: “Nie eers al die stormwater

van al die oseane kan ’n klein bootjie op die see sink tensy die

stormwater in die bootjie inkom nie.” Wat ’n kragtige waarheid!

Gaan jy toelaat dat die stormwater in jou bootjie inkom? Gaan jy die

storms in jou omstandighede in jou hart toelaat of gaan jy kies om jou

hart vol te maak van die gedagtes van vrede en voorspoed wat God vir

jou het? Gaan jy die teleurstellings van die verlede in jou hart saamdra

of gaan jy kies om jou hart vol te maak met die hoopvolle toekoms wat

God vir jou het? Net soos wat jy kan kies watter brandstof jy in jou

motor gooi net so kan jy kies wat jy in jou hart toelaat. Jy kan kies dat

jy net die Waarheid van God se Woord in jou hart gaan toelaat. Dan

kan jy kies om jou kop op te lig en te glimlag en op jou maat se

positiewe sy te fokus. Jy sien, dit is dan wat jy ’n dag van oorwinning

kan beleef te midde van geweldige storms. As jy nou by die huis instap

en jou maat sê dat hy of sy die kos gebrand het, is jou reaksie bloot:

“Wonderlik, vandag eet ons gebrande kos - dit gaan iets nuuts

wees” en dan gee jy jou maat ’n druk en ’n klapsoen. Kan jy dink wat

die kinders se reaksie gaan wees. “Wat gaan aan? Hoe kan hulle so

lief vir mekaar wees as die kos gebrand het?” Dit is dan wat jy kan

antwoord: “Die kos is gebrand, maar nie my hart nie.”

As jy soos ons strewe na kwaliteit kommunikasie in jou huwelik dan is

die beginpunt in jou hart. Kry vandag nog jou hart reg. Nader tot God

en gee alles wat nie daar hoort nie vir Hom. Maak dit dan vol van Sy

liefde, vrede positiwiteit en waarheid. Dan sal jy gereed wees vir die

ontwikkeling en groei van die regte kommunikasievaardighede.

In gesprek met God Lees Spr. 4:23 in soveel as moontlik Bybelvertalings. Laat toe dat die

Here met jou praat deur hierdie gedeelte en skryf hier neer wat jy ervaar.

…………………………………………………………………………..

Skryf hier neer wat jy graag nou vir jou Hemelse Vader sal wil sê nadat

jy bogenoemde gedeelte gelees het.

…………………………………………………………………………..

Page 28: praat - Beter Verhoudings praat jou... · 2 Voorwoord In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie

28

Jak. 1:22.

“En word daders van die Woord en nie

net hoorders wat julleself bedrieg nie.”

Tel/faks: (012) 9985758

E-pos: [email protected]

www.keys4marriage.co.za