preekriglyne · web viewjesus christus, seun van god: antwoord op ons bede. gebed deur liturg na...

23
Eerste Sondag van Advent 29 November 2020 Jesaja 64:1-9 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................ 2 1.2 Sleutelteks: Jesaja 64:1-9..................................3 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................7 1.4 Vorige stof................................................. 8 2 Erediens........................................................8 2.1 Tema........................................................ 8 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................8 2.3 Liturgie.................................................... 8 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................8 3.1 Rus......................................................... 8 3.2 Liedere.................................................... 10 4 God praat met ons en ons luister...............................13 4.1 Familie-oomblik............................................ 13 4.2 Preekriglyn................................................ 14 5 God stuur ons om te leef.......................................17 6 Volgende erediens..............................................18 1 Oorsig Tema: Oproep tot God om in te gryp en verlossing te bring Met die aanvang van Advent word die Adventskrans se eerste koningsblou kers, wat hoop simboliseer, aangesteek. Op hierdie Sondag – aan die begin van hierdie tyd van afwagting en verlange – stel gelowiges opnuut hulle hoop op God as die Een wat deur die koms van Christus redding bring en vir ons 'n nuwe toekoms gee. Hierdie tema van hoop weerklink duidelik in die vier voorgeskrewe 1

Upload: others

Post on 02-Jan-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

Eerste Sondag van Advent 29 November 2020 Jesaja 64:1-9

1 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste...........................................................................................................................2

1.2 Sleutelteks: Jesaja 64:1-9........................................................................................................3

1.3 Eksegetiese opmerkings.........................................................................................................7

1.4 Vorige stof..............................................................................................................................8

2 Erediens.........................................................................................................................................8

2.1 Tema.......................................................................................................................................8

2.2 PowerPoint agtergrond..........................................................................................................8

2.3 Liturgie....................................................................................................................................8

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................8

3.1 Rus..........................................................................................................................................8

3.2 Liedere..................................................................................................................................10

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................13

4.1 Familie-oomblik....................................................................................................................13

4.2 Preekriglyn............................................................................................................................14

5 God stuur ons om te leef.............................................................................................................17

6 Volgende erediens.......................................................................................................................18

1 Oorsig

Tema: Oproep tot God om in te gryp en verlossing te bring

Met die aanvang van Advent word die Adventskrans se eerste koningsblou kers, wat hoop simboliseer, aangesteek. Op hierdie Sondag – aan die begin van hierdie tyd van afwagting en verlange – stel gelowiges opnuut hulle hoop op God as die Een wat deur die koms van Christus redding bring en vir ons 'n nuwe toekoms gee. Hierdie tema van hoop weerklink duidelik in die vier voorgeskrewe teksgedeeltes van die week. In die sleutelteks, Jesaja 64:1-9, 'n klaaggebed, hoor ons hoe die Godsvolk die hoop uitspreek dat God hulle sal verlos. Hierdie hoop is ook te vind in Psalm 80, waar die psalmdigter om God se redding vra. In die twee tekste uit die Nuwe Testament word daar bely dat Christus ons hoop is – nóú en tot aan die einde van dae.

1

Page 2: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

1.1 Ander tekste

Psalm 80:1-7, 17-19Vir die koorleier: op die wysie van“Lelies”. ’n Getuienis van Asaf. ’n Psalm.

2Luister tog, Herder van Israel, U wat die nageslag van Josef

soos ’n kudde lei;U wat oor die gerubs troon,

verskyn tog aan ons!3Openbaar u mag aan die stamme

Efraim, Benjamin en Manasse, kom help ons tog!4Laat dit weer met ons goed gaan,

o God, verskyn tog tot ons redding!

5Here, almagtige God, hoe lank nog sal U afsydig staanteenoor die gebed van u volk?6U het aan ons trane vir kos gegeeen ons ’n beker vol verdriet

laat drink.7U laat ons bure teen ons veg, en ons vyande lag oor ons.8Almagtige God,

laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!17Laat dié wat hom soos onkruid

verbrand het, deur u oordeel te gronde gaan.18Hou u hand oor die mense

wat deur U uitgekies is, oor die volk wat U

vir U grootgemaak het.19Dan sal ons nie weer

van U af wegdraai nie. Hou ons aan die lewe,

dan sal ons u Naam aanroep!20Here, almagtige God,

laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!

1 Korintiërs 1:3-93Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

Danksegging

4Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het, 5want in Hom het God julle in alles ryklik geseën, veral in die gawes van woord en kennis. 6Die boodskap van

2

Page 3: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

Christus is onder julle so goed gevestig 7dat dit julle nie aan ’n enkele genadegawe ontbreek nie. Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus. 8Dit is Hy wat julle ook enduit sal laat vas staan, sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. 9God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.

Markus 13:24-3724“Maar in daardie tyd,ná daardie verdrukking,sal die son verduister worden die maan sal nie skyn nie;25die sterre sal uit die ruimte valen die kragte van die hemelruimsal ontwrig word.

26Dan sal die mense die Seun van die mens in die wolke sien kom met groot krag en majesteit. 27En dan sal Hy die engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te bring uit die vier windstreke, van die een kant van die aarde af tot by die ander kant.”

Die profetiese rede: die voorbeeld van die vyeboom(Matt 24:32–35; Luk 21:29–33)

28“Leer dit van die vyeboom as voorbeeld: wanneer sy takke al sag word en hy blare kry, weet julle die somer is naby. 29So moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die tyd naby is, voor die deur. 30Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur. 31Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.

Die profetiese rede: die dag en uur van die wederkoms(Matt 24:36–44; Luk 21:34–36)

32“Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. 33Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie. 34Dit is soos ’n man wat ver weggegaan en sy huis onder beheer van sy slawe gelaat het. Hy het vir elkeen sy werk gegee en die deurwagter beveel om waaksaam te bly. 35Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die huiseienaar kom nie, in die aand of middernag of met hanekraai of die môre vroeg nie, 36sodat wanneer hy onverwags kom, hy julle nie aan die slaap kry nie. 37En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Bly waaksaam!”

1.2 Sleutelteks: Jesaja 64:1-9

U is tog ons vader

63 7Ek sal die troue liefde van die Here

verkondig,

die roemryke dade van die Here,

alles wat Hy vir ons gedoen het,

sy groot goedheid vir Israel,

alles wat Hy gedoen het in sy genade,

3

Page 4: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

in sy groot liefde.8Hy het gesê:

Hulle is my volk,

kinders wat nie ontrou sal word nie.

Daarom het Hy hulle gered9uit al hulle nood.

Hy was vir hulle nie 'n vyand nie,

Hy self was die engel

wat hulle gered het.

Hy het hulle verlos

deur sy liefde en ontferming;

Hy het hulle opgetel

en hulle altyd gedra.10Maar hulle het in opstand gekom

en het sy Heilige Gees bedroef,

daarom het die Here

vir hulle 'n vyand geword

en het Hy self teen hulle geveg.11Toe het sy volk gedink aan die ou dae,

aan die tyd van Moses, en gevra:

Waar is Hy wat sy kudde

dwarsdeur die see gebring het

saam met hulle herder?

Waar is Hy wat sy Heilige Gees

onder hulle gegee het?12Waar is Hy wat sy groot mag

saam met Moses laat gaan het,

die waters voor sy volk oopgekloof het

en vir Hom 'n ewige Naam

gemaak het?13Waar is Hy wat sy volk

deur die diep waters gelei het

sonder dat iemand struikel,

4

Page 5: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

hulle gelei het soos perde

deur 'n woestyn gelei word?14Soos 'n trop beeste

na 'n groen vallei toe afgaan,

so het die Gees van die Here

sy volk na 'n woonplek toe gebring,

so het U u volk gelei

om die roem van u Naam

te vermeerder.

15Kyk uit die hemel uit af,

sien ons tog raak uit u heilige

en verhewe woning.

Waar is u brandende liefde,

u magtige dade?

Is U nie meer oor ons bewoë nie?

Ontferm U U nie meer oor ons nie?

16U is tog ons vader.

Abraham weet niks van ons nie

en Israel is nie van ons bewus nie;

U, Here, is ons vader,

van ouds af is u Naam:

Ons Verlosser.

17Waarom het U ons

laat afdwaal van u paaie af, Here?

Waarom het U ons hardkoppig gemaak

sodat ons U nie gedien het nie?

Wees tog weer soos vroeër

ter wille van u dienaars,

ter wille van die volk

wat aan U behoort.18'n Kort rukkie kon u gewyde volk

u tempel gebruik,

5

Page 6: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

maar ons vyande het dit verwoes.19Ons het geword soos dié

oor wie U nie van ouds af

geregeer het nie,

oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.

64 As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkom

sodat die berge voor U skud!2Kom af soos 'n vuur

wat fynhoutjies laat brand,

soos 'n vuur wat water laat kook.

Laat u Naam só aan u vyande

bekend word,

laat die nasies só voor U bewe.3Toe U wonders gedoen het,

wonders wat ons nie verwag het nie,

toe U destyds afgekom het,

het die berge voor U geskud.4Van ouds af het niemand

so iets gehoor nie,

het niemand so iets verneem nie,

het geen oog 'n god gesien

wat vir dié wat op hom vertrou,

doen wat U doen nie.5U kom dié te hulp

wat met blydskap doen wat reg is,

dié wat onthou hoe U wil hê

hulle moet lewe.

U was kwaad vir ons,

want ons het gesondig.

Ons het so lank daarmee aangehou,

hoe kan ons dan nog gered word?6Ons het almal geword

6

Page 7: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

soos mense wat onrein is,

ons beste dade is soos vuil klere;

ons is almal soos verdroogde blare,

ons word deur ons sondes weggewaai

soos deur 'n wind.7Daar is niemand

wat tot U om hulp roep nie,

niemand wat sy krag in U soek nie.

U het ons aan onsself oorgelaat,

U laat ons wegkwyn deur ons sondes.

8U is ons vader, Here,

ons is klei en U het ons gevorm,

ons is almal die werk van u hande.

9Moet tog nie aanhou kwaad wees

vir ons nie, Here,

moenie ons sonde vir altyd

teen ons hou nie,

onthou tog ons is almal u volk.

10U heilige stad het 'n woestyn geword:

Sion het 'n woestyn geword,

Jerusalem is onbewoonbaar.11Ons heilige en pragtige tempel

waar ons voorouers U geloof het,

is deur vuur verwoes,

alles wat vir ons dierbaar was,

lê in puin.12Raak hierdie dinge U dan nie, Here?

Gaan U nie ingryp nie?

Gaan U aanhou om ons te laat ly?

1.3 Eksegetiese opmerkings

Bybel-Media se Woord en fees bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by www.bmedia.co.za. Meegaande preekskets benut materiaal uit Woord en Fees.

7

Page 8: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

1.4 Vorige stof

Daar is twee vorige preekriglyne:

Jesaja 64_1-9.doc (1999)

Jesaja 64_1-9a.doc (2011)

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrond

In die fokusteks is daar ‘n verwysing na berge wat voor God skud...

Die Powerpoint agtergrond is berge- dit is bekom met Google Advanced Search: Geen kopiereg en is beskikbaar by

https://www.google.com/search?q=mountains+wall+paper&tbm=isch&ved=2ahUKEwi3nIqXrovtAhVVwoUKHYFWBQsQ2-cCegQIABAA&oq=mountains+wall+paper&gs_lcp=CgNpbWcQAzICCAA6BAgAEEM6BggAEAgQHjoGCAAQChAYUJGPBliuuAZgpbsGaAFwAHgAgAHiAogBhRiSAQYyLTExLjGYAQCgAQGqAQtnd3Mtd2l6LWltZ8ABAQ&sclient=img&ei=ErG0X7fLBtWElwSBrZVY&bih=969&biw=1920#imgrc=KM-CDWY3xAUJ8M

Alternatief: Binne die teks is daar ‘n verwysing na ‘n pottebakker, dit is ook bekom met Google Advanced Search: Geen kopiereg en is beskikbaar by

https://www.google.com/search?q=potter+%26+clay+abstract&tbm=isch&ved=2ahUKEwiXr8vKrovtAhUEeRoKHecvAQsQ2-cCegQIABAA&oq=potter+%26+clay+abstract&gs_lcp=CgNpbWcQAzoECAAQQzoHCAAQsQMQQzoCCAA6BAgAEB46BggAEAUQHjoGCAAQCBAeUKfRSViQ-klgsP5JaABwAHgBgAHYBIgB2y-SAQoyLTE4LjMuMC4xmAEAoAEBqgELZ3dzLXdpei1pbWfAAQE&sclient=img&ei=frG0X5f4B4TyaeffhFg&bih=969&biw=1920#imgrc=tkxEEjSc_D07_M

2.3 LiturgieRUSToetrede VONKK 90 of Lied 588 of Flam 142 Adventkrans Reël ‘n lidmaat om die eerste Adventkers aan te steek, óf tydens die toetrede lied, óf tydens een van die gemeente-response van die Votum/SeëngroetVotum, Seëngroet en Oproep tot lof (Responsories n.a.v. Johan Engelbrecht vertaling van André van Zyl se “I Call on your mighty Name”)Lofsang (voorsanger kan sing, of speel musiek terwyl gemeente volg) Lied of Flam 57 [bekend] Verootmoediging Vonkk 321 – met voorsanger of laat gemeente die liedverse hardop sê. Elke vers gevolg deur gebed deur liturg. Kan ook omgeruil word, as die lied nie gesing word nie: liturg lees liedverse, gemeente lees gebede na verse.

8

Page 9: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

Geloofsbelydenis Spaanse GeloofsbelydenisHOOR

LEEF

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetredeVONKK 90 Maranata! http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00090-maranata/ ofLied 588 O God van hoop, gee ons u vrede ofFlam 142 Kom, Jesus, kom! http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f142/

AdventkransReël ‘n lidmaat om die eerste Adventkers aan te steek, óf tydens die toetrede lied, óf tydens een van die gemeente-response van die Votum/Seëngroet

Votum, Seëngroet en Oproep tot lof(N.a.v. Johan Engelbrecht vertaling van André van Zyl se “I Call on your mighty Name”)

Liturg: O Hoop na wie ons verlangU red ons van ondergangGebroke, seer is ons geesKan net u liefde genees

Gemeente: My hart roep Jesus, JesusU magtige Naam roep ek aan

Liturg: So, hier is onsOntvang u genade en vryheid

Gemeente: Halleluja Ons eer u grote Naam Die Naam bo elke naam Ons kniel voor U.

Lofsang (voorsanger kan sing, of speel musiek terwyl gemeente volg)Lied 322 Redder van die nasies, kom ofFlam 57 Ek Sien In My Gees (Oorwinningslied) [bekend en gewild, behalwe by sommige orreliste] http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f057/

VerootmoedigingVonkk 321 – met voorsanger of laat gemeente die liedverse hardop sê. Elke vers gevolg deur gebed deur liturg. Kan ook omgeruil word, as die lied nie gesing word nie: liturg lees liedverse, gemeente lees gebede na verse.

9

Page 10: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

VONKK 321 Ons gebroke wêreld sugTeks: Breda Ludik 2016 Melodie: ALOE FEROX – Francé Ludik 2016 © Orrelbegeleiding: Friena Maritz 2016 ©Klavierbegeleiding: Francé Ludik 2016 © Musikale verryking: Friena Maritz 2016 © © 2016 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)RUBRIEK: Meditatief – Gebede / Kersfees en Epifanie / Lydenstyd en Goeie Vrydag

1. Ons gebroke wêreld sug,sug na ware vrede.Jesus Christus, Seun van God:Antwoord op ons bede.Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal)Ons roep na U, Here Jesus, uit ’n wêreld vol konflik en geweld.Ons smag na U, ons enigste antwoord.

2. Ons gebroke wêreld soek,soek na ware lewe.Jesus Christus, Seun van God:Antwoord op ons bede.Gebed deur liturg na strofe 2: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal)Ons roep na U, Here Jesus, uit ’n rigtinglose wêreld.Steek u hand na ons uit, Here, ons enigste antwoord.

3. Ons gebroke wêreld vra,vra na ware vreugde.Jesus Christus, Seun van God:Antwoord op ons bede.Gebed deur liturg na strofe 3: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal)Ons roep na U, Here Jesus, uit ’n wêreld sonder sin.Maak ons harte lig, Here, ons enigste antwoord.

GeloofsbelydenisSpaanse Geloofsbelydenis

Liturg: Ons glo in God die Almagtige, Skepper van die hemel en die aarde; Skepper van alle nasies en kerke; Skepper van alle tale en rasse.

Leser 2: Ons glo in Jesus Christus, sy Seun, ons Here, God wat mens geword het as ’n mens vir die mensdom, God wat mens geword het in tyd vir alle tye, God wat mens geword het in een kultuur vir alle kulture, God wat mens geword het in liefde en genade vir die hele skepping.

Leser 3: Ons glo in die Heilige Gees deur Wie God in Jesus Christus sy teenwoordigheid bekend maak in ons mense en in ons kulture, deur Wie God, die Skepper van alles wat bestaan, aan ons die krag gee om nuwe skepsels te word, Wie se oneindige gawes ons een liggaam maak: die liggaam van Christus.

Leser 4: Ons glo aan die kerk wat universeel is, omdat dit die teken van God se heerskappy is, Wie se getrouheid in al sy skakerings getoon word waar al die kleure saam net een landskap teken en alle tonge dieselfde lof besing.

10

Page 11: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

Leser 5: Ons glo aan die (finale) heerskappy van God – die dag van die groot fees wanneer al die kleure van die skepping ’n harmonieuse reënboog sal vorm, wanneer alle mense sal deelneem aan ’n vreugdevolle feesmaal, wanneer alle tonge in die heelal dieselfde lied sal sing.

Liturg: En omdat ons glo, verbind ons ons:

Almal: om te glo vir hulle wat nie glo nie, om lief te hê vir hulle wat nie liefhet nie, om te droom vir hulle wat nie droom nie, tot die dag wanneer hoop ’n werklikheid word. Amen.

3.2 Liedere VONKK 90 Maranata! Nav I Korintiërs 16:22b Teks: Jannie Hougaard 2004 © Melodie: MARANATA – Jannie Hougaard 2004 ©© 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) RUBRIEK: Meditatief – Hoop en Voleinding

Maranata!Maranata!Maranata!Kom, Heer, kom weer!

(Alternatiewe teks;)Kom, Heer Jesus!Kom, Heer Jesus!Kom, Heer Jesus!Kom, Heer, kom weer!

F142. Kom, Jesus, kom! (RUBRIEK: Kruisfuur – Gebed, Hoop en voleinding) Teks en musiek: Retief Burger © 2005 Urial Publishing(Op 19:6-9, Op 22:16-21, 2 Kor 5:6-9)

1. Here van die Heiliges, U wat was en U wat is,ek sal sing, ek sal sing.U liefde sal vir ewig staan, u liefde sal ook my kom haalek sal sing, ek sal sing.Die Gees en die Bruid roep uit, ons wag, ons smagons verlang na U Heer, na U Heer. Refrein:Kom, Jesus, kom vir u bruidvir hierdie mens wat voor u staan.Kom, Heil’ge Gees, en reinig onsvir die bruilof van die Lam.Jesus kom, Jesus kom, Jesus kom tog gou! Kom! 2. Here van die ewigheid, oorwinnaar van die laaste stryd ek sal sing, ek sal sing.U liefde sal vir ewig bly, die dag sal kom, die nag verdwynek sal sing, ek sal sing.Die Gees en die Bruid roep uit, ons wag, ons smag

11

Page 12: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

ons verlang na U Heer, na U Heer.

Refrein:

F57. Ek Sien In My Gees (Oorwinningslied) (RUBRIEK: Flam – Hoop en Voleinding / Lof / Koninkrykstyd) Oorspronklik: Battle Hymn of the Republic (Tradisioneel)Afrikaanse vertaling: Piet Smit © 1994 MAR Gospel Music Publishers(Opgeneem op Gunsteling Lof- en Aanbiddingsliedere; asook op Suid-Afrika se 100 Gunsteling Geestelike Liedere)

1. Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer.Die Allerhoogste wat in liefde oor sy koninkryk regeer.Hy’t belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer.Hy is Koning, Hy regeer!

Refrein:Loof Hom, prys Hom! Halleluja!Hy is Koning, Hy regeer!

2. Die Here is ons Vesting wat vir altyd sal bly staan.Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan.Hy’s ons skuiling, Hy’s ons wapen, Hy het die vyand reeds verslaan.Hy is die Rots wat ewig staan.

Refrein:Loof Hom, prys Hom! Halleluja!Hy’s die Rots wat ewig staan!

3. Kom deel nou in ons loflied hef jou hande op na bo.Blaas basuine, slaan op tromme en kom dans voor God se oë.Kom leef in die oorwinning van sy Woord waarin ons glo.Want sy Woord sal ewig staan.

Refrein:Loof Hom, prys Hom! Halleluja!Want sy Woord sal ewig staan.

4. Ek glo dat Jesus Christus weer sy bruid gaan kom haal.Ek glo die Vader het al reeds die dag en uur bepaal.Ek sien al klaar die feestelike hemelbruilofsmaalen die tafel met ons bruilofsmaal.

F105. Hy’s Die Een Wat Ek Liefhet(RUBRIEK: Flammikidz – Toewyding) Musiek: Tradisioneel Teks: Jan de Wet © 1999 MAR Gospel Music Publishers(Opgeneem op Lofliedere vir Jesus – 100 Gunstelinge)

Hy’s die een wat ek liefhet in die môre,Hy’s die een wat ek liefhet in die aand.

12

Page 13: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

Hy’s die een in die awendskemer,Hy’s die een in die middernag.Hy’s die wynstok, ons is die lote,Hy’s die pottebakker, ons is die klei.Tussen Hom en my kom daar nooit ooit weer’n skeidingsmuur.

F172. Meer En Meer(RUBRIEK: Flam – Toewyding)Teks en musiek: Elsche van Wyk© 2006 MAR Gospel Music Publishers

Refrein:Meer en meer, Vader, meer soos U.Meer en meer soos U, Heer.Meer en meer, Jesus, meer soos U.Meer en meer buig ek voor U neer.

1. Meer en meer, Vader, meer soos U.Ek vra myself elke dag: Laat my lewe U glimlag?Meer en meer, Christus, meer soos U.Heer, ek gee myself aan U meer en meer.

Refrein 2: Meer en meer, Vader, gee my meer van U.Meer en meer smag ek na U.Meer en meer, Here, meer van u Beeld.Deur u Gees word ek meer en meer soos U.

Brug:U’s die pottebakker, ek die klei,vorm my net soos U wil.

4 God praat met ons en ons luister

Gebed

SkriflesingJesaja 64:1-9b

Familie-oomblik

4.1 Familie-oomblik

John Stephens van Dollar Store Children’s Sermons werk nie met die Jesaja teks nie, maar met die idee van wag. Bring ‘n geskenk-kaartjie (die tipe kaartjie wat aan kersgeskenke vasgemaak word),

13

Page 14: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

waarop daar staan: “Moenie oopmaak voor Kersfees nie”. Gesels oor die wag van Advent. Wat anders is, is dat ons weet wat die geskenk is!

‘n Lekker opsie is om vir elke kind ‘n bolletjie klei te gee (wat jy sommer self kan maak). Sermons4kids stel voor dat jy kinders vinnig verskillende voorwerpe laat maak. Gesels dan oor wat dit beteken om klei in God se hande te wees. Sermons4kids het baie oulike idees oor hoe om daaroor te praat, bv. oor klei wat uitgedroog geraak het. Kinders kan dan, terwyl hulle na die res van die preek luister, met die klei speel.

Hier is ‘n hele les vir vandag, met ‘n inkleurprent op bladsy 7.

Hier is ‘n video van iemand wat ‘n kleipot maak. Jy kan dit ook in die liturgie gebruik.

Bybel-media se Woord en Fees stel voor:

Hierdie eerste Sondag in Advent bied 'n uitstekende geleentheid om aan die kinders van die gemeente, en dan ook aan die gemeente in geheel, die betekenis van Advent, sowel as die simboliek van die Adventskrans, te verduidelik. Hulle kan aangemoedig word om hulle eie Adventskrans of Adventskalenders by die huis te maak, waarmee die weke en dae tot Kersfees afgetel kan word. Verder kan daar aan die gemeente se kinders gevra word om in dié Adventstyd 'n skoendoos vol geskenke bymekaar te maak vir minderbevoorregte kinders, soos dit die gebruik in baie lande in die wêreld is. 'n Kind kan dan ook die weeklikse Adventskers aansteek.

Kyk gerus ook na Bybel-media se Saamkleurpret vir Kersfees.

4.2 Preekriglyn

Dit is vandag die eerste Sondag in Advent. Advent is dié tyd van die kerkjaar waarin ons afwagting en verlange na God se teenwoordigheid en inwoning onder ons ervaar. Op hierdie Sondag – aan die begin van hierdie tyd van afwagting en verlange – stel gelowiges opnuut hulle hoop op God. God as die Een wat deur die koms van Christus redding bring en vir ons 'n nuwe toekoms gee.

Advent simboliseer nie slegs afwagting op die geboorte van die Christuskind nie, maar afwagting op die vleeswording van God en afwagting op wanneer die Here self op aarde kom woning maak om by ons te wees. Advent is die tyd waarin die gemeente veral uitroep "Maranatha, kom Here Jesus!" te midde van omstandighede wat alle hoop wil uitdoof.

Verlange en klag

Ons teks is 'n klaaggebede van Israel in so 'n tyd van afwagting. Agter Israel lê die vernietiging en straf van die ballingskap in Babel. Intussen het Kores van die Perse beheer oor Babel oorgeneem en God se volk toegelaat om terug te keer na hulle land. Voor hulle lê enorme uitdagings, en hulle wag op die Here se teenwoordigheid en sorg. Maar is God nie dalk weg nie? Het God hulle dalk verlaat?

Ons teks adem die gees van Advent. Die tempel was nog nie herstel nie. Die prentjie het donker gelyk. Alles het daarop gewys dat die herstelperiode ná die ballingskap ook op niks sou uitloop nie.

Agtergrond

Ons teks vorm deel van die groter gedeelte van Jesaja 63:7-64:12. Die profeet gaan in hierdie gedeelte daartoe oor om 'n bidder te wees wat namens die volk van die Here intree. Hy spreek die Here namens die volk Israel aan.

Hierdie gedeelte is 'n Bybelse klaaglied, soos wat ons ook dikwels in die Psalms aantref.

14

Page 15: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

Die teks wat by 63:7 begin en tot by 64:12 deurloop, bestaan uit twee dele:

63:7-14: Hier word vertel hoe die Here sy volk tot stand gebring en vir hulle gesorg het. Die bidder dui namens die volk aan dat die Here se verbondsgoedheid en trou hulle gedra het.

63:15-64:12: Hierdie gedeelte is 'n dringende klag en uitroep: Here, kyk uit die hemel en sien ons tog raak!

Eerste gedeelte: 63:7-14

Die biddende spreker praat in hierdie eerste gedeelte nie direk met die Here nie, maar verduidelik aan 'n derde persoon wat die Here vir hulle totstandkoming en voortbestaan beteken het. Die bidder haal die Here aan wat verklaar het dat hulle sy volk en sy kinders is.

Hier word bely die Here het hulle in liefde verlos, hulle opgetel en hulle gedra. In vers 10 volg die erkenning van skuld: Die volk het teen die Here in opstand gekom. Die Here het toe vir hulle soos 'n vyand geword, soveel so dat hulle nou twyfel of Hy nog hulle God is, of Hy nog by hulle teenwoordig is en of Hy hom nog oor hulle sal ontferm.

Tweede gedeelte: 63:15-64:12

Dan volg die tweede deel van die klaaglied (63:15-64:12) met die dringende klaaggeroep: "Here, kyk tog uit die hemel uit en sien ons tog raak …!"

Die bidder wend hom nou direk tot die Here. Waar hy tot by vers 14 nog namens die volk oor die Here gepraat het, praat hy nou met die Here. Dié wending is tipies van die gemeenskaplike klaagliedvorm. Dit bereik 'n hoogtepunt in vers 12 waar die bidder smeek: "Raak hierdie dinge U dan nie, Here? Gaan U nie ingryp nie? Gaan U aanhou om ons te laat ly?"

Vertroue

Binne hierdie tweede gedeelte val vers 8 as kernvers op.

Terwyl die hele gedeelte een klaaggeroep teenoor die Here is, spreek vers 8 vertroue uit: "U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande."

Hierdie element van vertroue kom ook dikwels in die klaagpsalms voor. Dikwels vind ons in die laaste gedeeltes van 'n klaagpsalm (soos Psalm 13 en Klaagliedere3) 'n element van vertroue. Terwyl die klag gerig op die Here fel en dringend is, verloor die bidder nie sy vertroue in die Here God nie.

Twee kragtige beelde

Vers 8 se beskrywing van die adres van die klaaggebed word met twee kragtige beelde of metafore uitgedruk:

God as Vader

Die pottebakker en klei

Vader

Eerstens word die Here as "Vader" aangespreek. Hoewel die beeld van God as "Vader" algemeen bekend is in die Ou Testament, kom 'n direkte aanspreek van God as "Vader" egter baie min in die Ou Testament voor (Duet. 32:6; Ps. 68:5; Jer. 3:4, 19; 31:9; Mal 1:6; 2:10). Vers 8 is dus een van 'n handjievol tekste waar die Here direk "Vader" genoem word.

15

Page 16: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

Die vadermetafoor het nie net konnotasies van oorsprong gedra nie, maar ook van identiteit en eiendomsreg. 'n Ou Nabye-Oosterse vader was méér as net 'n senior familielid. Binne die patriargale verstaan van destyds was jy in die stamvader se identiteit ingebed. Boonop het die stamvader se eiendomsreg jou ook ingesluit.

Hierdie beeld hou 'n besondere troos vir die Gods volk in. Deur die Here "Vader" te noem, besef hulle waarvandaan hulle kom, wie hulle is en wat die adres is waarheen hulle hulle gebede kan rig.

Pottebakker en klei

Hierdie besef word verder versterk deur die tweede metafoor van die pottebakker en die klei. Die werkwoord wat na die Here se vormingsaktiwiteit verwys, is presies dieselfde term wat in Genesis 2 aandui dat die Here God die mens uit stof gevorm het (yatsar).

Die Godsvolk roep die skeppingsdaad van die mensdom hier in herinnering. Hulle besef dat hulle slegs maar stof in die hande van die Pottebakker is. Terwyl hulle hulle klaaggeroep aan Hom rig, is daar tog ook die versekering dat hulle die klei in die Pottebakker se hande is.

Vers 8 staan dus soos 'n ligbaken uit te midde van die klaaggeroep. Dit neem nie die donkerte van die worsteling met God weg nie, maar steek 'n kers aan wat nie deur al die donkerte van die heelal uitgedoof kan word nie. Stamelende, flikkerende vertroue, te midde van 'n duisternis wat oorweldigend voorkom!

Advent

Ons het reeds gesê ons teks adem die gees van Advent. Die tempel was nog nie herstel nie. Die prentjie het donker gelyk. Alles het daarop gewys dat die herstelperiode ná die ballingskap ook op niks sou uitloop nie. Daarom verlange die volk vanuit ontnugtering en swaarkry na God se teenwoordigheid.

Ontnugtering

Dit is dieselfde soort ontnugtering wat Christene ervaar. Ons weet baie goed dat Christus gekom en gesterf het, uit die dood opgewek is en na die hemel opgevaar het..

Terwyl dit duidelik moet wees dat die Here oor die kosmos heers, sien ons vernietiging, korrupsie, rassespanning, gender- en ander geweld, onreg en agteruitgang. Ons weet God se reddingswerk is reeds voltrek, maar ons is ook maar té bewus daarvan dat dit nog nie voleindig is nie. Die tempel is nog nie herbou nie; die nasies stroom nog nie na die lig wat van Sion af uitgaan nie.

Ons verwag God se teenwoordigheid, maar rondom ons sien ons pandemie, ekonomiese verwoesting, mense wat geweldig swaarkry. Ons is tussen Golgota en die oop graf, en die volledige koms van God se verlossing.

"Tussentyd"

Elke Advent is weer 'n konfrontasie met die "tussentyd", die tyd waarin teen alle hoop in gehoop word. Die Godsvolk se klaaggebed verwoord iets van ons eie ervarings: "Kom Here, kyk tog nou 'n slag van die hemel af! Kom verander ons lot!"

16

Page 17: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

Herinnering

Maar Advent is ook gevul met herinneringe aan die groot reddingswerk van die Here. Die klaaggebed in die "tussentyd" onthou wie God is. Hy is die oorsprong van alle dinge, die Een wat ons met sy verbondsgetrouheid begelei en versorg. Hy is ons Vader! Hy is ons Maker!

In 64:8, wat teruggryp op die herinnerings in 63:7-14 en wat vashou aan die voorspellings van hoofstuk 60-62, word die gesindheid van die "tussentyd" as't ware in 'n neutedop saamgevat: "U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande."

Godsvertroue

Hierdie woorde is nie triomfantelik nie. Dit spreek nie van selfvertroue in die "tussentyd" nie, maar van Godsvertroue.

Dit ontken nie die noodkreet van ons lewe, ons wêreld en van die kosmos nie, maar onthou wie die Skepper van lewe uit stof is.

Vers 8, wat as uitgangspunt vir die prediking geneem kan word, bind as't ware die skeppende mag van die Here God (in Gen. 2) aan die herskeppende mag van Christus in die vleeswording en opstanding. Vers 8 druk helder en duidelik uit wat die Gods volk se identiteit in die "tussentyd" is, naamlik kinders van God en klei in die hande van die Skepper.

Ons teks in sy geheel, maar ook in sy neutedopvorm in 64:8, lei ons in 2020 die Adventstyd binne. Dit lei ons uit 'n jaar van soveel ontnugtering, van Covid 19, van soveel swaarkry en soveel struweling op politieke sowel as kerklike terrein. Hierdie teks wil ons in Adventstyd laat nadink oor hoe ons in die "tussentyd" op die voleinding moet wag.

Maar dit wil ons ook leer hoe om met God te praat in die hede!

5 God stuur ons om te leef

Gebed

DankofferAs daar weens Covid-reëlings tans net by die deure dankoffer opgeneem word, sal dit goed wees om hier ‘n oomblik van refleksie in die liturgie te sit. Herinner die gemeente dat hier normaalweg dankoffer opgeneem word. Die tyd kan dan óf gebruik word vir gebed rondom die impak van Covid – dalk ook op die gemeente of mense se finansies, of vir mense wat siek is of geliefdes verloor het. So-nie kan daar nagedink word oor offervaardigheid. Erediensgangers kan dan hierdie oomblik gebruik om vir God dankie te sê vir sy sorg en beskerming.

Jy kan hierdie video op die skerm wys tydens die oordenking. Sit die video se klank af en speel iets anders, of vra die orrelis om iets gepas te speel.

SlotsangLied 528 Leer my u wil, Heer ofFlam 105 Hy’s Die Een Wat Ek Liefhet [bekend] http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f105-in-a/ ofFlam 172 Meer En Meer http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f172-in-f/

17

Page 18: Preekriglyne · Web viewJesus Christus, Seun van God: Antwoord op ons bede. Gebed deur liturg na strofe 1: (terwyl musiekbegeleiding die lied sag herhaal) Ons roep na U, Here Jesus,

Seën en responsFlam 386 gesê of gesing. As dit gesê word, kan die liturg die eerste deel lees, met die gemeente wat reageer meet die tweede deel. (Dit is ‘n goeie lied vir die gemeente om aan te leer. Aangesien daar nie nou gesing kan word nie, kan die lied dalk juis een of twee keer gespeel word. Dis beskikbaar op die Fluistering CD, of kry die MP3 hier.)

Flam 386. Mag Die God Van Hoop Deur Geloof Jou Vervul (Benedictus) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f386/ (RUBRIEK: Flam – Seënbede) Teks: Neil Büchner Musiek: Neil Büchner © Flam Musiek-Uitgewers (Rom 15:13)

Mag die God van hoopdeur geloof jou vervulmet alle vreugde en vredesodat jou hoopsterker kan worddeur die krag van Sy Gees.

Tweede:Laat dit so wees: Amen.

(“jou” kan ook vervang word met “jul” as mense dit vir groep, bv uitreik-groep wil sing)

6 Volgende erediens

Jesaja 40:1-11

Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preekriglyn: Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

18