proagri 181

44
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Maart / March 2015 No / Nr 181 ISSN 1042 - 1558 John Deere John Deere Gratis / Free www.proagri.co.za Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Genegids Visboerdery skep Visboerdery skep nuwe geleenthede nuwe geleenthede Oes energie Oes energie uit son en wind uit son en wind Belê in die toekoms Belê in die toekoms

Upload: proagri

Post on 08-Apr-2016

318 views

Category:

Documents


8 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Proagri 181

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Maart / March 2015No / Nr 181

ISSN 1042 - 1558

John DeereJohn Deere

Gratis / Free

www.proagri.co.za

Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Genegids

Visboerdery skep Visboerdery skep nuwe geleenthedenuwe geleenthede

Oes energie Oes energie uit son en winduit son en wind

Belê in die toekomsBelê in die toekoms

Page 2: Proagri 181
Page 3: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 1

Meganisasie2 Opkomende boere kry ’n vastrapplek met John Deere5 Plant met LEMKEN en sny meer tef7 Kubota presteer sy pad oop

Gewasproduksie8 Praat met PANNAR voor jy plant12 Riemland-studiegroep hou Groentoer-boeredag15 Plant uie sonder trane met Kverneland17 Elke druppel werk met ’n Hardi-kousbalkspuit

Hulpbronbestuur18 Is visboerdery brood op die water?21 Die dag breek oor sonenergie23 Ry deur Afrika... met Santam aan jou sy

Gereeld22 AgriLag25 GeneGids27 AgriTrader41 Tweedehands

Redakteursbrief Voorblad

Inhoudsopgawe / Contents ProAgri

Gracelaan 31 C, Murrayfi eld, PretoriaTel: 082-645-2795www.proagri.co.za

Business-to-business: Agriculture ABC

October to December 2014 - 39,782

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

2

7

8

17

5

Soms is daar by ’n boere-dag tussen al die gewoel en demonstra-sies deur ’n oomblik wat jou laat besef – dit is waaroor dit alles gaan. Al die tegnologie en masjiene staan in diens van ons toe-koms, soos versinnebeeld deur die seuntjie. John Deere glo in die toekoms van landbou in Suid-Afrika en voeg die daad by die woord. Lees meer op bl 2.

Redakteur tydskrif en aanlynAnnemarie Bremner > [email protected]

VerslaggewerDu Preez de Villiers > [email protected]

Hoofbemarker:Stefan van Wyk > [email protected]

Bemarkers:Adele van Tonder > [email protected]

Xander Pieterse > [email protected]

Uitleg & ontwerpEsta van Niekerk

NavraeEngela Botha > [email protected]

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 [email protected]

Verspreiding en intekeningMarlien v d Westhuizen > [email protected]

SakebestuurderGeorge Grobler

Die droogte het glo die regering genoop om weer oor sy prioriteite te dink, het Sen-zeni Zokwana, minister van Landbou, Graan SA se kongres ingelig. “Sonder produksie is daar nie kos nie. Ons is almal saam in hierdie ding,” het hy gesê. Hierdie een-voudige waarheid is presies wat landbou-orga-nisasies nou al die afgelope twee dekades vir die regering en sy amptenare probeer vertel. Ek is dankbaar dat daar klaarblyklik uiteindelik insig is, maar ek wonder of die insig die volgende politieke krisis of verkiesing sal oorleef. Ek glo dit was Margaret Thatcher wat gesê het die probleem met sosialisme is dat diegene wat gee later nie meer iets het om te gee nie. Die vraag is, wat dan? As droogte die hamer is wat die spyker inslaan, dink net wat gaan hongersnood doen... Ons almal in die landbouwaardeketting, waarvan ProAgri ook deel is, sal verseker ons bes doen om te sorg dat produksie voortgaan. Die droogte stel nie net ’n toets aan ons boere nie, maar dit is nou die tyd vir die regering om daad by die woord te voeg. Verlig minstens die boere se loonrekeninge deur subsidies, soos deur Graan SA versoek, of help met finansiering sodat die mense wat kan boer op die grond kan bly. Ondertussen bly almal op die uitkyk na nuwe geleenthede of besparingsmoont-likhede deur meganisasie of ander energiebronne soos die son. ProAgri bring graag nuus oor hierdie geleenthede en ons nooi enige landbouverskaffer uit, veral in aanloop tot Nampo, om van ons landwye voetspoor gebruik te maak om sy produkte bekend te stel. Kontak gerus een van ons bemarkers. So tussen al die ernstige sake deur het ons na vele versoeke weer vir Dom Boer opgeroep om ons te laat AgriLag (bl 22). Geniet dit.

Boer slim!

Annemarie Bremner > [email protected]

ProAgriProAgri

’n Deel van die ProAgri-span verkeer gesellig op die dag van die groot trek na die nuwe kantoor in Murrayfi eld.

Ons trek!

Page 4: Proagri 181

2 ProAgri 181 – Maart / March 2015 wwww.proagri.co.za

Tepsy Ntseoane boer tussen Vereeniging en Fochville en is ’n boer in murg en been. Sy het ’n moeilike tyd agter die rug in haar herhaalde pogings om die knoop deur te haak en John Deere het gesien dat sy nie iemand is wat tou opgooi nie. Sy is saam met 11 ander kandidate gekies in ’n nuwe, omvattende opleiding- en bemagtigingsprogram. “Ons het vir Bathopele, ’n oplei-dingsorganisasie, ingekontrakteer om ons kandidate in graanverbouing op te lei. Hulle doen opleiding regoor Afrika en kan dienste in elke taal lewer, asook vir ongeletterde mense waar hulle opleiding deur middel van prentjies doen,” sê Modupi Mokoena, John Deere se streekbestuurder vir ontwikkelende boere. Modupi se werk is om met die kandidate te skakel en hulle met

raad en daad by te staan. Hy het ook sy huiswerk deeglik gedoen voor hy die boere geïdentifiseer het. “Ek het gevind dat groepsprojekte nie werk nie. In die gevalle waar daar een per-soon is wat volle verantwoordelikheid vir ’n boerdery aanvaar, gebeur die dinge,” sê hy. Maar John Deere het self die hand diep in die sak gesteek en vir elke boer vir ses maande ’n trekker, planter en grondbewerkingswerktuig geleen – net genoeg tyd om die grond reg te kry vir saai en ’n oes af te haal. “Daarna kan hulle die geld gebruik om die deposito vir die toerusting te betaal. Ons is ook bereid om dit teen afslag aan hulle te verkoop vir die prys van ’n demon-strasiemodel. Ons het ook vir John Deere Financial aan boord gebring om ons in die finansieringsproses by te staan,” sê Carel Theron, bemarkings-

As jy ’n brandende begeerte het om te begin boer, is dit geen waarborg

dat jy in Suid-Afrika die geleentheid gegun sal word of dat jy suksesvol sal wees nie. Die grondhervormingspro-gram tot op hede het gewys dat dit nie so eenvoudig is soos om vir ’n aspi-rant boer of gemeenskap net ’n stuk grond te gee en hulle aan hulle lot oor te laat nie. Daar is trekkers, werktuie, bedryfskapitaal, kollaterale sekuriteit en opleiding nodig en ’n drastiese kop-skuif wat moet plaasvind voor ’n boer gereed is om die steil pad na volhou-baarheid te klim. John Deere het in hierdie uitda-gende omstandighede ’n uitstekende geleentheid gesien om hulle korpo-ratiewe beeld onder plattelandse ge-meenskappe uit te dra en ook volhou-baarheid in die nuwe opkomende mark vir hulleself te verseker.

Opkomende boere kry ’n vastrapplek met John Deere deur Du Preez de Villiers

MeganisasieMeganisasie

Ferdie Pieterse, Senwes se meganisasiebestuurder; Tepsy Ntseoane, boer; Carel Theron, bemarkingsbe-stuurder van John Deere; Modupi Mokoena, streeksbestuurder Kleinboer-ontwikkeling en Tepsy se waghond Ounooi, by Tepsy se pragtige mielies.

John Deere het vir Tepsy Ntseoane ’n 5076E-oopstasietrekker, ’n 630-kontrasnyeg en ’n 1750 MaxEmerge 4-ryplanter geleen om mee te woeker.

Page 5: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 3

Om deel te word van die groen en geel rewolusie, kontak vir Carel Theron, bemarkingsbestuurder van John Deere by 082-802-2209 of [email protected]

Tepsy Ntseoane by haar trekkerdrywer, Simon Dube wat nooit kan wag om agter sy John Deere-trekker se stuurwiel in te skuif nie.

bestuurder van John Deere Suid-Afri-ka. Tepsy het ’n paar jaar gelede 539 hektaar by die staat gekry, waarvan 270 beplantbaar is. John Deere het vir haar ’n 5076E-oopstasietrekker, ’n 630-kontrasnyeg en ’n 1750 MaxEmerge 4-ryplanter afgelewer. Sy het hierdie seisoen afgeskop met honderd hektaar Bt-mielies wat reeds hemelhoog staan en pragtig in die son pronk. “Ek het in 2007 baie gesukkel om my mielies met die hand te plant en het glad nie die belangrikheid van werktuie ingesien nie. Ek kon nie eers 60 hektaar plant nie en die mielies het sleg gelyk. Ek het besluit om gewasse op te gee en met Bonsmaras te begin teel. Die Gautengse landboudeparte-ment het daarna vir ons gemeenskap werktuie gegee, maar die uitruil van werktuie het baie probleme veroor-saak. “As ’n boer het jy ’n goeie trekker, planter, ploeg en spuit nodig om jou lande betyds te beplant, want landbou is tyd,” sê sy. “Toe Modupi my kontak om ’n vennootskap met John Deere te begin, was ek baie opgewonde en het gesien hier is ’n uitkoms. Nou was ek ook onder druk om te presteer en ek het besef dat ek nie die ander opko-mende boere in die steek kan laat nie. Bathopele se kursus het my baie ge-help. Hulle het al die tegniese kwessies soos kalibrasie, spasiëring en plant-digtheid van mielies gedek en my mooi geleer hoe om byvoorbeeld ’n planter vir ’n stand van 35 000 te kalibreer.” Weens onvoorsiene omstandighede het die werktuie eers in Desember by haar aangekom en die swaar reën in die begin van Desember het haar verhoed om voor die helfte van De-sember in die lande te kom, maar sy het steeds daarin geslaag om betyds 100 hektaar se saad in die grond te kry. Sy kon ook die toerusting gebruik om ander boere te help wat hulp nodig gehad het. Senwes Meganisasie is die John

Deere-agent in Tepsy se streek en die takke in Parys en Vereeniging bied ook getroue mobiele John Deere-ondersteuning aan haar. “Jy kan dit nie alleen doen nie. Vennote soos Senwes en John Deere is uiters belangrik vir ’n opkomende boer. Ek gee myself nog drie jaar om op my eie bene te staan,” sê sy. “Ek is baie trots op my John Deere’s en voel soos ’n vooraan-staande boer met my toptoerusting! “Ek was verlede jaar saam met Gauteng se Departement van Landbou op ’n toer na Louisiana waar daar baie swart boere is. Daar was ’n demon-strasie van trekkers en werktuie waar ek reuse trekkers gesien het en op elkeen het daar John Deere gestaan. Ek het net aanhoudend gewonder hoe ek eendag op daardie vlak sal kom. Die groot kommersiële boere in my omgewing, soos oom Herklaas Wil-lemse, het my ook geïnspireer. Hy ver-tel dat hy ook op ’n klein stukkie aarde begin boer het en dat ek net hierdie berg met klein treetjies moet bestyg en nie alles op een slag probeer nie. “Om te boer is baie opwindend en as ek aan my verantwoordelikheid rakende voedselsekerheid dink en die kritieke rol wat boere speel, word die passie in my net al sterker. Jy móét ’n passie hê vir boer en deeglike beplan-ning doen voor elke seisoen. Jy moet ook die resultate in jou geestesoog sien voor jy begin. Die saak van volhoubaarheid is ook baie belangrik. Volgende seisoen gaan Senwes die werktuie wegneem as ek nie volhou-baar kan boer nie. Ek gaan beslis nie hierdie werktuie verloor nie!” sê Tepsy. “Die program gee ook vir die op-komende boere ’n gevoel van ’n John

Deere,” sê Carel “Ons wil graag hê dat hulle die kopskuif moet maak om te besef dat John Deere nie duur is nie en dat dit vir enige boer moontlik is om ’n John Deere te besit. Boere is baie bang om eers die prys van ’n John Deere te vra, maar ons maak dit nou moontlik met behulp van John Deere Financial in vennootskap met ABSA. “Ons het besef dat opkomende boere ons toekomsmark is en ons wil ’n rol speel om hulle te bemagtig, maar die opleiding moet ’n kopskuif teweegbring om opkomende boere se visie reg te kry om met nuwe oë na kommersiële boerdery te kyk. Daar is baie opkomende boere wat hulp nodig het en ons wil elke jaar minstens twaalf nuwe projekte loods. Ons wil hulle leer om volgens die John Deere-manier te boer om vir hulle ’n goeie opbrengs te verseker,” sê Carel. “Daar is ook ’n bemarkingsaspek ter sprake, want alhoewel ons nie nou geld maak nie, weet ons dat Tepsy se lojaliteit meer belangrik is. Ons weet dat sy weer ’n John Deere gaan koop en haar werkers gaan haar ook beïn-vloed om ons trekker te koop want as jy eers aan die gerief en gemak van ’n John Deere gewoond is, is jy gewen. Ons wil ook hê dat die regering ons as die enigste opsie moet sien, want as ’n regeringsamptenaar op ’n opkomende boer se plaas kom, moet hy kan sien dat John Deere die trekker is wat verkies word.”

Page 6: Proagri 181
Page 7: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 5

Tef word geplant om gesny te word en as jy drie snysels kan afhaal en nog die saad kan dors, het jy voorwaar ’n wenoes vir die seisoen. Om dit reg te kry, beteken dat die saad vinnig en ge-lyk moet ontkiem en dat die plantjies egalig moet groei en stewig moet staan. ’n Grasplant wat dapper en regop staan en wag vir die snyer word sko-ner afgesny en kan gouer en sterker hergroei. Dit beteken meer volume materiaal en dit beteken meer tjienk in die sak!

“Hierdie goed is net fantasties! Jy kan dit nie vergelyk met ’n

ander planter nie, want dit doen mos alles in een,” vertel Werner Basson van Fochville. Hy plant tef vir vee- en perdevoer en voorsien ook saad aan K2Agri. LEMKEN se Rubin-Solitair-kombinasie het ’n omwenteling in sy boerdery veroorsaak. Met die ondersteuning van Senwes en LEMKEN se mense, is daar proefaanplantings op sy plaas gedoen en die skeidslyn tussen sy konven-sionele aanplanting en sy LEMKEN-aanplanting loop soos ’n mes deur sy tefland. Aan die “ou” kant is die tef geel en op baie plekke het dit platgeval, terwyl die klasmaats aan die LEMKEN-kant fier en regop in hulle groen rytjies blink. Werner sê: “Die plantjies voel en lyk net anders. Hulle het meer blare en as jy aan hulle vat, dan voel jy som-mer dat hulle stewiger en sappiger is.” Hy kan ook nie uitgepraat raak oor die ontkieming en plantestand nie en sê hy gaan volgende keer beslis meer as sy gewone 20 kg per hektaar saai, want “alles kom op”. Net na planttyd was daar ook ’n woeste wolkbreuk op die plaas en die “ou” land het sleg ver-spoel, terwyl LEMKEN se ferm, maar deurlugte saadbed die aanslag lag-lag afgeweer het.

Skakel Blackie Swart by 082-404-9651 of Karel Munnik by 082-412-2577 of stuur ’n e-pos na [email protected]. Besoek ook www.lemken.com.

Werner Basson, Blackie Swart van LEMKEN en Rossouw Kruger van Senwes op die skeidslyn tussen die konvensionele tefaanplantings en die stewige, groen LEMKEN-tef.

Ou manier Die LEMKEN manier

Kort na planttyd was daar ’n hewige storm en die konvensionele gedeelte van die land het sleg verspoel, maar aan die LEMKEN-kant het die rytjies jong plantjies regop bly staan omdat die water kon wegsak.

’n Rubin-Solitair-kombinasie van LEMKEN in aksie om perfek te plant vir ’n skitteropbrengs.

Plant met LEMKEN en sny meer tef

MeganisasieMeganisasie

So werk die plant-prosesLEMKEN se 5-meter Ru-bin-skotteleg en saad-bedvoorbereider abba die Solitair-planter en in een vinnige verbyswiep word die grond bewerk en beplant. Die Rubin se skottels is van stewige 6-mm staal en teen ’n spesi-ale hoek na vorentoe gemonteer sodat dit doeltreffend deur plant-reste en grond kan sny sonder die nodigheid van oormatige gewig om dit in die grond in te dwing. Werner sê hy

was verbaas om te sien hoe maklik die skottels deur verlede jaar se tefpolle sny. Elke skottel het sy eie drukveer wat help dat hy oor hindernisse soos klippe kan lig sonder om van rigting te ver-ander en dadelik weer kan inval. Agter elke ry skottels is harkies wat die opslagklonte breek en terugdwing grond toe en dan volg die twee rollers van verskillende grootte wat sorg dat die saadbed perfek gelyk en net ferm genoeg is om die fyn tefsaadjies te ontvang. Werner sê dit was ook vir hom inte-ressant om te sien hoe die Rubin klippe uit die grond uit lig en bo-op neersit sodat die grond waar die saadjies moet ontkiem fyner is. Die Rubin kan op sy eie ook werk, maar sy kombinasie-as maak dit moont-lik om die Solitair-planter agter aan te haak. Die planter werk met positiewe lugdruk en kan met ’n eenvoudige ver-stelling letterlik enige saad perfek plant. Die tefsaad was geen probleem vir die planter nie en Werner-hulle het nie gesukkel met verstoppings nie. Die kali-brering is ook baie eenvoudig en vinnig. Die Solitair het ’n skaal wat jy gebruik om die soortlike gewig van die saad te bepaal, dan voer jy die gewenste kg per hektaar in die monitor in en die eenheid sal vir jou aantoon hoe vinnig jy kan ry om akkuraat te plant met die spesifieke toediening. “Die GPS maak ook die plantproses baie makliker en jy kan sommer sien daar is nie dubbelrytjies of rytjies wat gemis is nie,” sê Werner. Die planterkombinasie is gesleep deur ’n John Deere 8260 en die brand-stofverbruik was ’n skamele 4,5 liter/hektaar. Met sy konvensionele bewer-kings en plantery gebruik hulle tussen 20 en 30 liter diesel per hektaar. “En ons spaar op arbeid,” sê hy.

deur Annemarie Bremner

Page 8: Proagri 181

6 ProAgri 181 – Maart / March 2015 wwww.proagri.co.za

Page 9: Proagri 181

Kubota-reeks. Anton Badenhorst van Cerealis, die Kubota-handelaar in die Lichtenburg-omgewing, meen dat al hoe meer mielie- en veeboere die nut van die oranje span op die plaas gaan insien. Kubota is lank nie meer net koning in boorde en wingerde nie. Frik sê hy het ’n M130X gebruik om te plant en hy verklaar dat die trekker ’n sesryplanter met gemak kan hanteer. Ander take op die plaas waarvoor hy sy Kubota’s inspan is om

die rolbaler en kuilvoerkerwer te sleep, die tapkar aan te ry

in strooptyd, te help met kalk- en misstrooi en om die spuit te sleep. Wat ook baie lekker is, is dat Kubota sy

eie laaigraaf het wat met ’n een-voudige kliek-klak aanhaak. Dit neem letterlik twee minute om die LA2253 te haak. Die laaigraaf hanteer massa-sakke, voer en enigiets anders op die plaas wat geskep en gelig moet word. Hy kan 2 ton tot 3,8 m hoog lig. Die nuwe trekkers is nie die eerste spoor wat Kubota op die plaas trap

Oranje gaan een van die dae nie meer ’n vreemde kleur in Lichten-

burg se wêreld wees nie, voorspel Frik van Rooyen, bekende mielieboer in die streek. “En jy hoef nie, soos ek, vir die Vrystaat te skree om waardering vir Kubota se tegniek te hê nie,” spot hy. Frik het onlangs drie van Kubota se nuwe kragtige M130X-trekkers plaas toe laat kom om die trek-kergeledere te versterk. Die Kubota-trekkers se krag en hanteerbaarheid het hom verbaas. “Hy staan nie terug vir enige ander trekker nie,” sê Frik. Jaco Van Zyl, trekkeroperateur op die plaas, stem saam: “Hy lyk klein en lig, maar hy het baie meer perde onder die kap as wat ’n mens verwag.” Voeg daarby sy perfekte gewigsver-spreiding wat sorg dat elkeen van sy vier wiele deurgaans volle beurkrag lewer, en jy staan verstom oor wat hierdie bultrekker kan vermag. Die M130X se sukses begin met sy 6,1-literenjin met regstreekse druk-buisinsputing en ’n turbo-aanjaer met interverkoeling. Dié kragman lewer 96,9 kW en 84 kW op die kragaftakker. Die M130X vervang die M128X as die grootste trekker in die

Lig ’n groot vrag met ’n groot glimlag met hierdie vinnig-aanhaak laaigraaf van Kubota.

Boere kan gerus vir Anton Baden-horst van Cerealis kontak by 083-381-1907 of [email protected] om te hoor hoe die oranje span hulle kan help. Besoek www.kubotasa.co.za vir meer inligting oor die hele reeks wat in Suid-Afrika beskikbaar is.

Meganisasie

Die logiese trekkerkeuse:

Kubota presteer sy pad oopMet die oranje span agter ons is die lewe mos maklik, sê almal op Frik van Rooyen se plaas naby Lichtenburg.

Die RTV900 het die eerste Kubotaspoor op die plaas oopgetrap.

nie. Kubota se rowwe-terreinvoer-tuig (RTV900 4X4) wys alreeds vir ’n geruime tyd sy waarde. Frik sê hy doen ’n bakkie se werk sonder om eers naastenby ’n bakkie se diesel te gebruik. Met die RTV kan hulle in ’n japtrap enige plek op die plaas bereik, ook

die kampe met vleiweiding, en met sy vermoë om vrag te dra, kan enigiets van voer tot vuurvegters aangery word tot waar dit nodig is. FD Jooste, ook ’n opera-teur op die plaas, sê wat hom veral van die M130X beïndruk, is die maklike hanteerbaar-heid, die klein draaisirkel en indrukwekkende konstante kraglewering.

Tegnologies is Kubota so ge-vorderd as wat die grootste, duurste trekker maar kan wens om te wees en alles aan hom is daarop bereken om die boer ten beste te dien: moderne drukbuis-inspuiting wat groot krag vir min diesel verseker, ultrakort-draaiver-nuf, gerieflike armleuningbeheer en agtspoed Powershift-transmissie maak van die M130X enige ernstige boer se droom. Die trekkers is ook ten volle gereed vir presisieboerdery. Volgens Frik is die groot plus-punt van Kubota dat dit ’n volledige Japanese produk is wat oral in die wêreld erkenning en selfs bewondering geniet. Hy sê dit is tyd dat Suid-Afrika se boere, net soos hulle Amerikaanse en Europese eweknieë, aan Kubota die ondersteuning gee wat hy verdien. ’n Baie belangrike voordeel wat Kubota die boer bied, is die toegewyde diens aan boere regoor die land, wat verseker dat ’n Kubota nooit hoef te staan wag op ’n werktuigkundige of ’n onderdeel nie. Vir Kubota se mense is diens nie ’n woord nie, maar ’n daad.

ProAgri 181 – Maart / March 2015 7

Page 10: Proagri 181

8 ProAgri 181 – Maart / March 2015 wwww.proagri.co.za

• Witbasters; 4 uit top 10 (top twee basters)

• Sonneblom: 6 uit top 10 (top vier basters)

Sojabone: Vier jaar die topprestasie-posisieDroëbone: • Rooigespikkelde bone; 5 uit top 10

(eerste posisie)• Klein wit inmaakbone; toppre-

steerder

Hierdie sukses is te danke aan die feit dat PANNAR deurgaans besig is om nuwe kultivars te ontwikkel wat die boer immer beter dien ten opsigte van aspekte soos opbrengsprestasie, stabiliteit oor seisoene en gebiedsaan-pasbaarheid. Vanjaar is die volgende nuwe kultivars bekendgestel:

Nuwe witmieliebasters:PAN 4A-111, PAN 4R-511R en PAN 4B-311B: Dié vinnige pakket is ʼn uitstekende keuse vir al die oos-telike produksiegebiede, insluitend die Noordoos-Vrystaat. Uitstekende prestasie in die misgordelgedeeltes. Die pakket word onder besproeiing vir al die produksiegebiede aanbeveel. Dit toon goeie algemene siekteverdraag-saamheid, staanvermoë, graangehalte en skepelmassa. Bestuur hierdie

basters soos die ultravinnige geelpak-ketbasters en pas die YIELDBOOST™- swamdoderspuitprogram toe vir die beste resultate.

PAN 6R-665R en PAN 6R-845CBGT: Dié glifosaat-verdraagsame en stapelgeenbasters is soortgelyk aan PAN 6Q-445B wat vir vyf jaar die toppresteerder in die nasionale proewe was. Hulle pas in die medium groeiklas en toon baie goeie stabiliteit en kompensasie-vermoë onder verskillende produksie-toestande. Die basters droog relatief vinnig af, het ’n goeie staanvermoë en is sterk meerkoppig. Hulle word as deel van die hoofaanplanting vir die hele Hoëveld-produksiegebied asook vir KwaZulu-Natal se noordelike gematigde en die misgordelgedeel-tes aanbeveel. Die basters het goeie diplodiakopvrot- en grysblaarvlekver-draagsaamheid.

Nuwe geelmieliebasters:PAN 4R-576R en PAN 4R-776BR: Die glifosaatverdraagsame en stapel-geenbasters pas in die vinnige groei-klas. Hulle word vir die Noordoos-Vrystaat en aanvullend in die ooste-like produksiestreke aanbeveel. Die basters is meerkoppig en droog vinnig

’n Groot versameling verrassings wag elke jaar op die duisende

boere wat PANNAR se Gewasextra-vaganzas op nege verskillende plekke in die land besoek. Elke jaar stel PANNAR skitterende nuwe kultivars voor waarmee boere hulle winsposisie kan verstewig, maar elke jaar bied PANNAR ook ’n skatkis vol inligting oor verbouingspraktyke waarmee die boer sy oes kan vergroot en beskerm. PANNAR se diepte van kundigheid is ’n waardevolle bate vir Suid-Afrika se boere en die maatskappy se saad-pakette lewer bewese skitterprestasie, soos die eerste plek in elke gewaskate-gorie van die Landbounavorsingsraad (LNR) se Nasionale kultivarproewe bewys:

Ultravinnige basters onder besproei-ing: • Warm gebiede; 8 uit top 10 (top drie

basters)• Koel/matige gebiede; 9 uit top 10

(top nege basters)Droëland oostelike produksiestreek:• Geelbasters; 4 uit top 10 (top twee

basters)• Witbasters; 5 uit top 10 (top baster)Droëland westelike produksiestreek:• Geelbasters; 5 uit top 10 (eerste

posisie)

PAN 4B-311B is ’n nuwe vinnige wit-mieliebaster wat uitstekend presteer in al die oostelike produksiegebiede, insluitend die Noordoos-Vrystaat. Dit word ook vir besproeiing in al die produksiegebiede aanbeveel. Dit het goeie algemene siekteverdraagsaam-heid, staanvermoë, graangehalte en skepelmassa.

PAN 6Q-408CB is ’n stronkboorder-weerstandige geel-mieliestaatmaker in die medium groeiklas. Dit is besonder wyd aangepas met baie goeie stabiliteit, sterk meerkoppig-heid en algemene siekteverdraag-saamheid, wat dit ’n goeie keuse as hoofaanplanting maak.

Gewasproduksie

Die suksesresep vir boerdery:Praat met PANNAR voor jy plant

Page 11: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 9

By PANNAR se gewasextravanzas kry boere kans om eerstehandse kennis in te win waarvolgens hulle ingeligte kultivarkeuses kan maak.

af. Die YIELDBOOST™- swamdoder-spuitprogram word aanbeveel vir optimale produksie. PAN 6R-680R: Hierdie medium- groeiseisoenbaster met glifosaat-onkruiddoderverdraagsaamheid lewer uitstekende, stabiele prestasie in al die droëlandproduksiestreke. Dit is ʼn uitstekende keuse vir kuilvoerproduk-sie en ook waar ʼn enkele oes onder besproeiing of aanvullende besproei-ing verbou word. Dit is belangrik om die reeks mediumbasters teen die aanbevole plantestand vir die betrokke produksiestreek aan te plant vir die gewenste resultate. Die baster het goeie verdraagsaamheid teen kop-vrot en dit is ’n goeie keuse waar hoë onkruiddruk ondervind word, asook as toevlugsoord vir PAN 6R-880CBGT. PAN 6R-880CBGT: Hierdie stapel-geenbaster in die medium groeiklas bied die voordeel van stronkboorder-beskerming en verdraagsaamheid teen glifosaat-onkruiddoder. Dit is soort-gelyk aan die PAN 6Q-408CB en PAN 6R-680R en is goed aangepas vir al die produksiestreke.

Nuwe sojaboonkultivars:PANNAR het toegang tot die beste kommersiële sojaboonkultivars en pre-kommersiële lyne van regoor die wêreld, asook plaaslik ontwikkelde lyne. PANNAR se beleid is om die beste moontlike kultivars vir die Suid-Afri-kaanse boer beskikbaar te stel. Vir die afgelope vier jaar het PANNAR se kultivars die top prestasie-posisie in al die streke behaal. PANNAR se veelsydige pakket van verskillende groeiseisoenklasse bied die optimale kultivar vir elke plantdatum in al die produksiegebiede. PAN 1500R is ʼn opwindende nuwe kultivar wat deeglik getoets is. Dit is wyd aangepas en die kultivar in die

reeks met die beste opbrengsstabili-teitindeks, alhoewel dit nie die top-presteerder in enige van die produk-siestreke was nie. Dit het ʼn onbepaal-de groeiwyse met ʼn baie kompakte planttipe en ’n beter staanvermoë as sy spanmaats. In hoëplantestand-proewe staan hy soos ʼn paal. Dit is voordelig waar die maksimum plan-testand aangeplant word vir ʼn hoë opbrengspotensiaal. Sy meer regop groeiwyse is bevorderlik in nouer rye sowel as die tradisionele 0,91 m rye. Hierdie 5.7 groeiklas kultivar is baie geskik vir die gematigde sowel as die koel produksiegebiede. Die onbepaalde groeiwyse maak die kultivar geskik om te presteer as daar laat geplant word en dit is ʼn goeie keuse vir die weste-like hoëpotensiaalgebiede. Die kultivar is belowend onder besproeiing as dit in ʼn pakket saam met die ou staatmaker, PAN 1583R, geplant word. PAN 1614R is ʼn baie aantreklike kultivar wat sterk vegetatiewe groei toon met goeie staanvermoë en goeie opbrengsstabiliteit by hoë opbrengs-potensiale. Dit herinner baie aan PAN 1666R, net met baie meer oemf, en word bestem om een van die groot kultivars in die mark te word. Dit is ʼn beter keuse onder besproeiing in die warm gebiede. Dit kan in alle produk-siegebiede geplant word en met sy regop groeiwyse is die kultivar vir alle rywydtes aangepas. Die 6.4 groei-klaskultivar met ʼn later blomdatum sal presteer by laat sowel as vroeë plantdatums. Dit droog eenvormig af en stroop maklik. Sy sterk en diep wortelstelsel maak die kultivar geskik om in die westelike watertafelgrond goed te presteer. PANNAR verwag groot prestasie van hierdie kultivar. PAN 1729R: Dit is ʼn laat kultivar en een van die min 7.3 groeiklas kultivars in die mark. Die langer

groeiklas, saam met uitstekende bewese droogteverdraagsaamheid, maak PAN 1729R een van die kultivars wat elke boer in die harde westelike produksiegebiede moet plant. Dit bly langer groen en behou sy vermoë om te fotosinteer lank nadat ander kom-mersiële variëteite as gevolg van hitte- en droogtespanning ingegee het. Die kultivar is geskik vir die warm en matige produksiegebiede en ook vir KZN. Tydens ʼn wortelontwikkelings-ondersoek in Bothaville was die kulti-var een van min waarvan die wortels dieper as 1,2 m afwaarts gegroei het. Dit is baie mededingend by opbrengste in die omgewing van 1,5 t/ha. In ag genome die nasionale gemiddelde op-brengs van 1,87 t/ha is daar duisende hektare waar hierdie kultivar die aangewese keuse behoort te wees. Hierdie eienskappe van PAN 1729R gaan baie stabiliteit in sojaboon-produksie in veral die Wes-Vrystaat bring.

Nuwe sonneblombasters:Die PANNAR-sonneblombasterpakket presteer goed in al die produksiestreke van Suid-Afrika. Dit kan met groot

PANNAR bied veel meer

PANNAR is nie net op die voorpunt van goeie prestasie en nuwe opwin-dende kultivars nie, maar neem ook die leiding met gewasverbouings-bestuursriglyne.

Dit word gedoen deur PANAGRI™ agronomiese navorsing en PANACEA™ omvattende saad- en gewasbeskermingsprogramme.

Kortweg behels dit eerstens presisie baster- en saadplasing, wat die optimale plantestand vir elke land insluit.

Tweedens behels dit gewasvoorsorg, waar saadbeskerming en bestuur vir die beste moontlike wegspring sorg om die grondslag vir ‘n suksesvolle oes te lê.

En derdens behels dit gewasbe-skermingsbestuurspraktyke wat identifi kasie van peste en plae, asook plantbeskerming deur middel van swam- en insekdoders, insluit vir die instandhouding van die opbrengs-potensiaal.

“Saam boer ons vir die toekoms.”

Page 12: Proagri 181

Willem Scholtz, Brits: “My voerge-wasse word op kleinerige lande op verskillende plekke geplant en die

beweegbaarheid van die Ocmis maak alles makliker. Ek haak hom agter

die trekker en sleep hom tot waar hy nodig is.”

Christiaan Pistorius van Magaliesburg sê: "Ek kan drie kruipspuite koop vir een

spilpunt se prys en dan kan ek dit makliker op verskillende plekke aanwend.

Daarby benodig my kanon 65 000 liter water per uur teenoor die spilpunt se

110 000 liter vir amper dieselfde werk.”

Kontak ons by: 012-736-2121/2103/2526 Tobie van den Heever 082-658-6054 [email protected] www.iunlimited.co.za

Irrigation Unlimited versprei ook die plaaslike selfaangedrewe

spuite van Rotrix. Jason Coleman-Miles van

Klerksdorp sê sy twee Rainmakers het al die pyn uit

besproeiing gehaal.

Page 13: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 11

PANNAR is nie net die saaiboer se vriende nie, maar ook die vee- en melkboer s’n. Daarvan getuig lonende voergewasse soos die sorghum-/Soedanbaster, PAN 888, en die basterbabala, Milkstar, waarvan die verskil-lende groeistadia hier gedemonstreer word.

Een van PANNAR se slimkoppe is Pieter Rademeyer, produkbestuurder: Somergewasse. Hier verduidelik hy aan boere die belangrikheid van die regte plantestand en onkruidbeheer.

Vir meer inligting oor PANNAR uitsonderlike produkte en gewaspakette, landboukundige ondersteuning, gewasvoorsorg, presisiebeplanning en gewasbeskermingspraktyke, of om te verneem waar die PANNAR-verteenwoordiger naaste aan jou is, praat met Peet van der Walt by 033-413-9500 of [email protected], of besoek www.pannar.com.

gemoedsrus en vertroue aangeplant word in die wete dat die beste tegnolo-gie in hierdie basters opgesluit lê.

Konvensionele sonneblombasters:PAN 7098: Dit is ʼn konvensionele drierigtingbaster met ’n baie goeie opbrengspotensiaal. Dit bevat die geen vir verdraagsaamheid teen die huidige rasse van bruinroes. PAN 7098 was onder die top vier basters in die LNR se 2013-2014 proewe. Dit is ʼn baster wat met sukses in die hoofsonneblom-streke verbou kan word. Dit is verge-lykbaar met PAN 7057 en sodoende ʼn volseisoenbaster. Dit beskik oor baie goeie stabiliteit en is een van die min drierigtingbasters wat goed meeding met die enkelkruisbasters. PAN 7100 was onder die top vier basters in die LNR-proewe van 2013/2014 en is een van die uit-sonderlik stabiele basters. Dit het ʼn bogemiddelde olie-inhoud en ver-draagsaamheid teen al die huidige bruinroesrasse. Dié volseisoenbaster bevat elemente van sowel PAN 7049 as PAN 7050. Dit word vir al die son-neblomproduksiegebiede aanbeveel. Dit is, soos PAN 7098, een van die min drierigtingbasters wat meeding met enkelkruise, maar ook uitstekende stabiliteit na die tafel bring.

CLEARFIELD®-produksiestelsel: PANNAR se reeks basters met die CLEARFIELD®-geen ding kop aan kop met die konvensionele staatmakers mee om ʼn totaal nuwe konsep in wis-selbou daar te stel. Die CLEARFIELD®-produksiestelsel is ʼn werkbare ekonomiese alternatief. Die EURO-LIGHTNING®-onkruiddoder (L8436, aktiewe bestanddeel: Imasapir en Imasamoks) bied doeltreffende

na-opkomsbeheer van ʼn breë spek-trum gras- en breëblaaronkruide. PAN 7102CLP: Dit is een van die eerste PANNAR-basters wat met die Clearfield® Plus-geen in Suid-Afrika vrygestel is. Die enkelkruisbaster blom effens gouer en is soortgelyk aan PAN 7049. Die Clearfield® Plus-geen hou die belofte in vir beter

opbrengspotensiaal, hoër olie-inhoud asook verbeterde onkruidbeheer (met die gebruik van Eurolightning® Plus) teenoor soortgelyke Clearfield-basters. Die nuwe generasie PANNAR-basters met die Clearfield®- en Clearfield® Plus-gene vergelyk baie gunstig en is in baie gevalle selfs beter as die kon-vensionele groep. PAN 7102CLP is wyd aangepas en vind veral toepassing op lande met onkruidprobleme en geen-bewerkingslande. Die baster bied ook weerstand teen alle huidige rasse van bruinroes. PAN 7102CLP is een van die basters met die hoogste stabiliteit oor verskeie opbrengspotensiale volgens die LNR se 2013-2014-proewe. PAN 7117CLP: Hierdie volseisoen-baster met die Clearfield® Plus-geen het ’n uitstekende opbrengspotensiaal. Dit presteer goed in alle produksiege-biede en het noemenswaardige hoër olie-opbrengste as soortgelyke basters gelewer. Die tipe baster is geneig om meer stabiel te wees as gevolg van die ekstra lyne wat betrokke is. PAN 7160CLP is ʼn drie-rigting baster wat die Clearfield® Plus-geen bevat. Dit is gegrond op die PAN 7100-resep en bevat elemente van die wennerbasters, PAN 7049 en PAN 7050. Dit lewer hoër olie-op-brengste as die norm en bevat die gene vir weerstand teen huidige rasse van bruinroes. Soos PAN 7102CLP en PAN 7117CLP kan dit met sukses gebruik word in lande met onkruid-probleme.

Page 14: Proagri 181

12 ProAgri 181 – Maart / March 2015 wwww.proagri.co.za

landwyd ’n reputasie op te bou as dié geenbewerkingplanters by uitnemend-heid. “Ons het drie jaar gelede ’n Jumil-planter en ’n land vir die Riemland-studiegroep beskikbaar gestel om intensiewe vergelykende proewe

tussen konvensionele en geenbewer-kingsplant te doen,” sê Bart Visser, bemarking- en onderdelebestuurder van Same Trekkerdienste. Riemland-studiegroep is ’n groep jongboere wat vier jaar gelede besluit het om die studiegroep te stig met die doel om bymekaar te leer en verskil-lende landboupraktyke te ondersoek. Die rede hiervoor is om volhoubaar te boer en so vir hulle nageslag die grond te bewaar. "Ons jongboere in die studiegroep is baie trots om die toer vir die derde jaar suksesvol te kon aanbied," sê Bart. Mielies en sojabone word in stroke oor die land geplant. Een strook geenbewerking, een strook konvensio-neel en dit word vyf keer oor die land herhaal met beide gewasse. Die gewasse word elke jaar geruil , maar die stroke bly dieselfde, dit wil sê geenbewerking bly op dieselfde strook en konvensioneel bly op dieselfde strook. “Die proewe word baie wetenskaplik gedoen en die klimaat, grondvog en temperatuur word nougeset gemeet en aangeteken. Ons doen elke jaar dieselfde regstellings en gebruik ook deurlopend dieselfde kultivars, kuns-mis en gif en dieselfde planter met dieselfde stand en rywydte.” Daar is bevind dat geenbewerking

’n Span wat soos ’n geoliede masjien in die Oos-Vrystaat saamwerk

met ’n baie spesifieke doel voor oë, is Crop-Tech, Same Trekkerdienste en die Riemland-studiegroep. Hulle selfopge-legte taak is om die geenbewerking-saadjie stewig in die Oos-Vrystaat te plant en lekker sterk te laat groei. Hierdie driemanskap het onlangs ’n baie leersame Groentoer Boeredag buite Reitz gehou. Same Trekkerdienste word al deur die vierde geslag Visser-familie besit en bestuur. Hulle bedien kliënte van tot so ver as Mosambiek, Botswana, Zimbabwe, Namibië en Malawi. Hulle voeg ook die daad by die woord en Abé Visser plant ernstig geenbewer-kingmielies en -soja op hulle plaas Rietkuil, 20 km buite Reitz op die Kestell-pad, met ’n suiwer Same-trek-kervloot en Jumil-planters uit Brasilië. Hulle onderneming word ook op die plaas bedryf – daar waar die dinge gebeur. Behalwe vir die alleenverspreiding van Same Deutz-Fahr trekkers en ander hoëgehalte landboutoerusting, is hulle ook die plaaslike agent virCrop-Tech se gewilde Jumil-geenbe-werkingsplanters. Crop-Tech het onder leiding van Hennie du Toit betyds die geenbewerkingperdjie opgesaal en hulle Jumil-planters is besig om

GP Schoeman, ’n grondkundige, wys hoe diep die mielies se wortels strek na drie jaar van geenbewerking.

Riemland-studiegroep hou Groento BoeredagGewasproduksie

Page 15: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 13

oor die langer termyn ’n groter verskil maak in die grond se opbrengspoten-siaal. Omnia se dr Venessa Moodley was een van die sprekers tydens die Groen Boeredag en haar vakgebied is grond-biologie en grondgesondheid. “Die sinergie tussen die biologie, fisiese en chemiese eienskappe is die senterpunt van grondgesondheid, maar die biolo-giese aspek is in die verlede ernstig agterweë gelaat. Vandag is daar ’n sterk poging onder selfs kunsmismaat-skappye om grondbiologie te verstaan om toepaslike produkte te vervaardig,” sê sy. Sy het die ingewikkelde wisselwer-king van aspekte soos die gewastipes, grond-pH, ensieme, minerale, swamme, bakterieë en organismes soos erdwurms en aalwurms aan die leergierige boere verduidelik. Sy het daarop gedui dat selfs skadelike aalwurms ook belangrike medespelers

er BoeredagBoeredag

in die grond onder die plant is, solank daar ’n balans tussen al die elemente is. Haar span het grondmonsters op ’n paar van die teenswoordige boere se plase geneem en die elemente wat gevind kon word grafies voorgestel. Dit het duidelik uit die grafieke na vore gekom dat hoe langer ’n boer besig is met geenbewerking, hoe meer gebalanseerd word die elemente in sy grond. Ruan Theunissen is ’n onafhank-like ingenieur wat lid is van die Riemland-studiegroep en hy het die vergelykende uitgawes, inkomste en gewasgehalte tussen geenbewer-king en konvensionele mielies en soja uiteengesit. Gedurende die tweede jaar op Rietkuil was die geenbewerk-ingsoja se opbrengs en wins sterk besig om die konvensionele soja in te haal met slegs ’n 40 kg opbrengs per hektaar minder. Die geenbewerking-

Vanessa Moodley, spreker; Bart Visser, Same Trekkerdienste se bemarking- en onderdelebestuurder; Francois Visser, hoofbestuurder van Same Trekkerdienste; Naudé Visser, Same Trekkerdienste se werkswinkelbestuurder, en Johan Duvenhage, Crop-Tech se tegniese bestuurder, by die Same-trekkers en Jumil-planters wat enige geenbewerkingland ’n winsfabriek maak.

mielies se opbrengste is al soveel hoër as konvensionele mielies dat Rietkuil R1 450 per hektaar meer in sy sak gesteek het. Daarna is die boere proeflande toe om die praktyk met die teorie te gaan vergelyk. Daar is met profielgate gedemonstreer hoe die grondgehalte en wortelgroei stelselmatig in die geenbewerkingstroke verbeter het. Na die versengende hitte die afgelope tyd, kon daar duidelik gesien word dat die geenbewerkingsoja groener is en dat die geenbewerkingmielies ’n kortkop-pie hoër is. Hierdie proewe bevestig wat boere wat lank reeds geenbewerking toepas ondervind: Met elke jaar van geen-bewerking raak jou insetkoste laer namate jou grondlewe en -struktuur verbeter en jou opbrengs meer.

Louis Pieterse, landboukundige, bespreek en demonstreer die voordele van geenbewerkingsoja by een van die profielgate.

Bankvas agter die geenbewer-kingpraktyk staan Crop-Tech met sy gedugte Jumil-geenbewerking-planters. Skakel Hennie du Toit by 056-817-7210, 082-850-3744 of e-pos [email protected] vir meer inligtingBesoek ook die webwerf www.croptech.co.za.

Page 16: Proagri 181

14 ProAgri 181 – Maart / March 2015 wwww.proagri.co.za

Page 17: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 15

hoppende en springende in die slootjie se rigting moes val voor dit êrens kon land. Dit het tot onvoorspelbare en oneweredige plantspasiëring gelei. Hennie verkies dat sy uiesaad presies 6 cm uitmekaar moet wees vir optimale groei. Dit is net genoeg sodat hy mooi, eenvormige middelslag uie, wat vir hom die meeste geld verdien, na die mark kan stuur. Die planter werk met ’n sentrale lugdrukstelsel met twee pype na elke karretjie – een wat die saad teen die plaat vassuig en een wat na elke om-wenteling die saadpypie netjies skoon-blaas om te verhoed dat daar grond en ander onwelkome voorwerpe vassit wat die planter van sy presisiestatus kan ontneem. Die planter is ook lekker lig om so min as moontlik onnodige druk op die grond uit te oefen. Soos by enige goeie plaatplanter is daar ’n krapstokkie, wat maklik met ’n hefboom verstel word, wat dub-belsaadjies afkrap. As die saadjie aan die onderkant kom, word die lugdruk afgesluit sodat die saadjie regaf in die slootjie val. Dan volg daar ’n druk-wieletjie om die grond netjies in die slootjie te gooi en mooi vas te druk. Die ratverhouding kan spasiëring van tussen 0,9 tot 40 cm toelaat en dit kan verander word sonder om gereed-skap te gebruik. Die raam kan ook so

hoog as 34 cm bo die wiele verstel word vir verhewe beddings soos wat Hennie gebruik. “Ek plant so drie hektaar per dag en sewe hektaar elke twee weke. Vanjaar gaan ons altesaam 24 hektaar uie plant,” sê Hennie. Die planter loop lekker gemaklik teen stapspoed sodat daar die heeltyd ’n ogie gehou kan word. Die planter het ook ’n metertjie wat volgens die wiele se omtrek presies kan bepaal hoeveel meter daar vir die dag geplant is. Die saadbakke is

verspringend ge-monteer sodat Hennie sy rywydte so nou as 10 cm kan maak. Hy plant sy fyn uie-saad-jies slegs 2,5 cm diep. Die veelsydige planter kan ook ’n hele verskeidenheid saad-groottes en saadtipes soos kool, wortels, aspersies en baie ander groentesoorte hanteer en plant selfs kruie, blomme en bome.

Die planter is heeltemal van staal gemaak en die plate van ’n aluminium-allooi. Die saadbakke is van ligte, maar sterk plastiek gemaak. ’n Ander boer op pad Dendron toe het vier jaar gelede twee Mini Air-planters gekoop en het hulle sy aan sy teenoor sy ander planters getoets, vertel Nico Storm van Jupidex. Hy getuig dat die Mini Air-planter baie akkurater is en sy dubbels en haasbekrye het amper heeltemal verdwyn. Omdat dit ’n Kverneland-planter is, is die onderdele maklik beskikbaar. Jupidex het ’n stewige voetspoor regoor die land en kan maklik enige onderdele invoer en versprei om so gou moontlik by ’n boer in nood uit te kom. Hennie se Jupidex-handelaar is gerieflik naby in die NTK-gebou in Pietersburg.

Elke boer weet: Die geheim van ’n gesonde oes lê in akkurate plantwerk:

Al die saadjies moet presies ewe diep geplant word, presies ewe ver uitmekaar en op presies dieselfde manier vasgetrap en bedek word sodat elkeen presies die-selfde toegang tot vog, voedingstowwe en sonlig het en presies dieselfde kans om ten beste te ontwikkel en te groei. Hierdie beginsel geld vir alle gewas-se en beslis ook vir groente, waar die boer wil seker maak dat elkeen van die duur saadjies so opkom en groei dat dit ’n werklike bydrae tot winsgewend-heid sal maak. En bankvas aan die boer se kant staan Jupidex se Kverneland Mini Air-planter wat selfs die kleinste groente-saadjie sorgsaam en presies aan die grond toevertrou om vir die boer sy allerbeste te lewer. Kyk net wat doen die Kverneland Mini Air-planter vir ’n boer noord van Pietersburg, Hennie Smit. Hy plant uie en het spesiaal ’n agtry Mini Air-planter gekoop omdat elke ry sy eie saadbak het, met die saadpyp wat regaf na die middel van die plant-slootjie loop. Sy vorige planter het ’n saadbak vir elke twee rye gehad, wat veroorsaak het dat die saadjies al

Elke saadjie op sy plek - presies 6 cm gespasieer en die rye 10 cm uitmekaar volgens Hennie se behoeftes. Nooit sal uieplant sy oë weer laat traan nie.

Vir meer inligting, kontak Jupidex by 033-386-3574 of José de Nobrega by 079-885-7902.

y

Die Mini Air-planter loop stadig maar seker om elke pit presies op sy plek te plaas.

deur Du Preez de Villiers

Jupidex se Kverneland-groentesaadplanter:Plant uie sonder trane

Matthews Maloleke is die drywer en Samuel Lamola is saadmonitor. Stefan Nel is streeks-verkoopsman van Jupidex en Hennie Smit die boer.

Gewasproduksie

Page 18: Proagri 181

16 ProAgri 181 – Maart / March 2015 wwww.proagri.co.za

Herstel van spilpunte Uitwys van kabelfoute Herstel van pompe, motors en aansitters Installeer selfoonstelsels op pompe en spilpunte Installeer sonpompstelsels Ontwerp en installeer sonkragstelsels Ontwerp en installeer kragomsetters Bou en herstel van oorhoofse lyne

Pro-Test [email protected] to Email : 086 716 7800Tel: 051-433-1978 / 082-550-1561

Page 19: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 17

se wiele laat uitskuif na 4,2 meter ter wille van stabiliteit teen die geweldige skuinstes op die plaas. Hy het ’n 30-meterbalk, maar daar is balke van tot 36 meter beskikbaar in die TWIN-modelle. TWIN-tegnologie beteken dat daar twee kragtige blasers is wat die lug na links en regs in die kous inblaas teen ’n hoë volume en ’n lugspoed van tot 35 meter per sekonde. Dit is hierdie blasers wat regdeur die kous egalige druk volhou, wat sorg dat die gifstof so akkuraat geplaas kan word. Kousbalk- of lugondersteunde tegnologie beteken dat ’n lugstroom die spuitstraal in die regte koers rig sodat die gifstof baie definitief geplaas word waar dit behoort te wees. Dit is nie al wat akkuraat is nie. Pieter sê met sy twee satellietont-vangers kan hy tot op die naaste senti-meter sy spuitbaan bepaal en hand-haaf, en die operateur kan net rustig

toesien dat die AutoSteer sy werk doen. Met ’n draaisirkel van net 4,2 meter is fyn draaiwerk op die wenakker ook vir die Alpha Evo geen probleem nie, en as jy regtig wil tiekiedraai, kan jy die vierwielaandrywing so stel dat die voorste en agterste wiele krink. Baie moeite is met die ontwerp van die EvoCab gedoen om dit vir die operateur so gerieflik as moontlik te maak. Hy kan 320 grade om hom sien, al die vingerpuntkontroles is gerieflik in die regterarmleuning ingebou en al die inligting is op een hoëdefinisie-skerm sigbaar. Pieter sê om die spuit te kalibreer en die gifstof te meng is ook baie een-voudig. Die mengbak sak af tot op ’n gerieflike hoogte langs die spuit en die kalibrering word ingevoer op ’n paneel langs die mengbak. Verdere beheer vanuit die kajuit maak dit moontlik om vinnig die toedieningsvolumes te verander. Die spuit het ’n outomatiese wasaksie wat die tenk silwerskoon laat sonder dat die operateur in kontak met enige gifstof hoef te kom. Pieter sê die spuitbalk kan tot 1,6 meter hoog lig vir gewasse soos mielies, maar hy gebruik dit gewoonlik op 1,2 meter vir die kleingraan. Die balk het sensors wat sorg dat dieselfde hoogte bo grondvlak of die vlak van die gewasse gehandhaaf word, selfs teen die plaas se skotige skuinstes. “Die spuit het baie slim elektronika wat lekker werk, maar uiteindelik gaan dit oor die plasing van die gifstof en daarmee kan jy nie ’n kousbalk wen nie,” sê Pieter.

Van woeste wind en halsstarrige onkruid kan jy ’n Wes-Kaapse

koringboer nie veel vertel nie. Hulle ken dit goed. “Veral as dit planttyd en spuittyd raak hier by Meimaand rond,” vertel Pieter Eksteen van Piketberg, “dan kom kuier die wind.” Om hierdie uitdagings die hoof te bied, gebruik hy nou al jare lank Hardi se kousbalkspuittegnologie. “Met die onkruiddoderweerstand wat ons hier het, moet jy nie net die regte middel gebruik nie; jy moet seker maak dat elke druppel sy teiken bereik,” sê hy. ’n Pol raaigras wat net skrams getref word, gaan deur die hele koringseisoen bly pla en volgende jaar met net groter weerstand bly staan. Pieter sê wat die kousbalkspuit anders as ’n gewone spuit maak, is dat jy selfs in winderige toestande doel-treffend kan spuit omdat die middel ingeblaas word. Kleiner druppels kan ook gebruik word omdat die plasing so akkuraat is. Daar is dus beter bedek-king van die onkruid en jy het ’n beter kans om te wen. Sy eerste kousbalkspuit van Hardi het hy aan die trekker se driepunt gehaak, maar nou, met die Alpha Evo-selfloopspuit, het hy al die voordele van ’n kousbalk se akkurate spuitwerk saam met die gevorderde tegnologie van die blitsige hoogryer. Die Alpha Evo is ’n masjien wat ontwikkel is om voortreflike spuitwerk te doen en daarom werk elke onder-deel en stukkie tegnologie saam met dié doel voor oë.

Só lyk die Alpha Evo 4100Die selfloper het ’n ses-silinder Deutz-enjin van 129 of 155 kW en kan teen tot 40 kilometer per uur deur die lande draf. Die masjien self is lig en goed gebalanseerd of sy 4 100 liter tenk vol of leeg is. Pieter het sy Alpha Evo

Met 320 grade sigbaarheid, arm-leuningkontroles en ’n raakskerm met al die nodige inligting is ’n Alpha Evo-kousbalkspuit enige boer se droom en enige wind en onkruid se tier.

As jy wil wen met Hardi se tegno-logie en uitstekende diens, skakel Clive Crous by 082-900-1334, of e-pos [email protected]. Besoek www.hardi-international.com vir volledige vergelykende inligting.

Elke druppel werk met ’n Hardi Alpha Evo-spuit

Gewasproduksie

Page 20: Proagri 181

18 ProAgri 181 – Maart / March 2015 wwww.proagri.co.za

ergste indringerspesies ter wêreld. Koue lande hoef egter glad nie te skrik nie, want die vissies hou van warm water en die meeste van die spesies kan nie in water kouer as 17˚C oorleef nie. Dit is net die suiwer blou tilapia Oreochromis aureus wat meer kouebestand is, maar onder 7˚C sal jy nie ’n swemmende tilapia vind nie. Om suksesvol met hulle te boer, moet die water so by 28˚C gehou word. In Suid-Afrika is daar kommer oor

tilapia in die natuurlike waterstelsels en ’n voornemende visboer word verplig om ’n omgewingimpakstudie te laat doen voor hy kan begin. Tilapia is ’n planteter en een van sy groot voordele is dat hy glad nie vol fiemies is nie. As dit dryf en dit is plantaardig, sal hy dit eet, soos padda-slyk (duckweed). In Phoenix, Arizona, word tilapia byvoorbeeld gebruik vir die beheer van alge en, ironies ge-noeg, op ander plekke vir die beheer

“Hoender het 2,7 kg se kos nodig vir elke 1 kg gewigstoename en

vir skape moet jy 13 tot 14 kg se voer gee om 1 kg meer vleis te kry,” vertel Etienne van Heerden van Wonderwater Fisheries by Sasolburg. “In teenstelling daarmee is vis se voedselomsetting 0,6 tot 0,8 vir 1 kg gewig.” Etienne is ingeroep om as kundige sy volle aandag aan dié nuwe sake-ontwikkeling te gee, wat beloof om die grootste varswater visplaas in die land te wees. Tertius Bothma is die man wat die onderneming begin het en hy speel nie. Op die plaas by Sasolburg gaan die visse geteel en hulle kos verwerk word, maar die groot massa-produksie van die vis gaan by Heilbron plaasvind. In sy eie onderneming, African Fish Farmeries, het Etienne al twintig jaar se navorsing en ondervinding agter die blad om Afrika se wit goud in die water, tilapia-visse, geneties te ontwik-kel tot ’n supergroeier. Tilapia staan in Boeretaal bekend as kurper, maar elke land, streek en dialek het sy eie naam vir dié vrug-bare, smaaklike visse. Baie mense verwys daarna as bream of brim. Daar is meer as honderd verskillende spesies tilapia, maar die volopste en bekendste is die Nyltilapia. In Suid-Afrika gebruik visboere hoofsaaklik die Mosambiektilapia wat eintlik ’n same-stelling is van die Nyl- en blou tilapia. In lande soos Australië word tilapia as ’n indringervis beskou wat natuur-like spesies verdring en die vis is inter-nasionaal gelys as een van die top 100

Die viskosverwerkingsaanleg was nog in aanbou tydens ProAgri se besoek aan Wonderwater Fisheries se plaas buite Sasolburg.

Etienne van Heerden en Des Kunneke, wat ook by die projek betrokke is, in een van die netjiese “Suntrap”-teeltonnels waar uitgesoekte vingerlinge in die teelproses gebruik word.

Hulpbronbestuur

Is visboerdery Is visboerdery brood op die brood op die water?water?

Page 21: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 19

Uitskietgroeiers word met die hand uitgesoek vir teling en die kanse is goed dat hierdie vingerling se nageslag eendag in ’n boksie in die winkel se vries-kas gaan eindig.

Betroubare statistiek oor varswatervisproduksie in Suid-Afrika is maar skaars, maar hierdie grafiek gee ’n goeie aanduiding van die vinnige groei in visproduksie wêreldwyd.

van indringerplante in die water. In Kenia help die visse om malaria te voorkom, want hulle eet die muskiet-larwes wat op die water dryf. Net soos met enige dier, is ’n vis wat hy eet en by Wonderwater Fishe-ries word daar ’n spesiale viskosplaas en verwerkingsaanleg gebou sodat die visse net die regte gebalanseerde kos inkry – proteïene is baie belangrik vir vinnige groei. Spirulina, wat in waterbeddings gekweek word, sal die vernaamste bron van proteïene wees. Dié alg bevat 70% proteïene.

30 ton per week!Daar sal baie kos gemaak moet word, want die stelsel gaan groot genoeg wees vir 120 000 teelvisse wat 1,2-miljoen vingerlinge sal lewer – genoeg om 30 ton vis per week te oes. Nog ’n groot voordeel van tilapia is dat hulle vinnige telers is en ’n wyfie kan elke 40 dae eiers lê. Dit is egter die mannetjies wat uiteindelik op die bord beland, want hulle groei vinniger en groter. Vir sy eerste 21 dae ontvang ’n vingerling ’n spesiale hormoondieet wat sorg dat hy ’n mannetjie word. Net sekere vissies word uitgehou vir verdere teling. Die ander eienskap wat van tilapia so ’n gesogte boerderyvis maak, is dat hulle nie groot volumes water nodig het nie. As daar genoeg kos voorsien word, is minder as 12 liter water per vis heeltemal genoeg. Daar is verskillende stelsels van waterhantering wat in visboerdery gebruik word. In ’n sogenaamde RAS-stelsel (recirculation aquaculture system), beweeg die vuil water uit die vistenks deur ’n filterstelsel, waarvan ’n biofilter die belangrikste is, sodat dit gesuiwer kan word om uiteindelik weer teruggepomp te word in die tenks. Dit is die stelsel met die mooi, skoon

water waarin jy die visse kan sien swem. In hulle massadamme by Heilbron gaan Wonderwater Fisheries egter ’n ander stelsel gebruik, naamlik Bio-floc. In dié stelsel word visse in meer natuurlike omstandighede aangehou, maar die chemiese balans in die water word fyn dopgehou sodat daar nie gif-stowwe opbou nie, en dit is belangrik om te sorg dat daar genoeg suurstof in die water is. Die bakterieë wat in die water groei, vorm vlokkies (vandaar die woord Biofloc) wat deur die visse geëet kan word. Hierdie stelsel lyk nie so aantreklik nie, maar die visse is minder blootge-stel aan siektes en besmetting omdat die water meer natuurlik is.

Wat word van al die vis?“Ons gaan viskoekies maak en vis-

vingers en enigiets wat jy met vis kan doen,” vertel Etienne. Gesprekke met al die groot kleinhandelsgroepe is tans aan die gang, maar dit lyk redelik seker dat gesinne een van die dae sal kan kies tussen stokvisvingers en kurperkoekies. Al die afval uit die visverwerkings-aanleg en selfs die vaste stowwe wat uit die water kom, word skoongemaak, gedroog en weer gebruik. Die stelsel onderhou dus homself met die mini-mum impak op die omgewing.

Geleenthede vir boereEtienne-hulle voorsien dat die aan-vraag na die visprodukte so groot gaan wees dat hulle van die visproduksie sal moet uitkontrakteer. Een van die ontwikkelings op die Sasolburg-plaas is om modulêre eenhede te bou wat boere sal kan aankoop om vingerlinge groot te maak. Al die eenhede is 15 meter breed, maar in verskillende lengtes. In ’n eenheid van 22 meter behoort jy vier ton vis per maand te oes, in 40 meter is dit 8 ton per maand en in 80 meter is dit 16 ton per maand. Deur gebruik te maak van sonvangende plastiek-dakke en geïsoleerde mure, word die omgewingstemperatuur binne die tonnels hoog genoeg gehou vir die visse om lekker te leef. Die vingerlinge en viskos sal voor-sien word en Wonderwater Fisheries onderneem om die vis wat die boer produseer by hom te koop. Etienne sê dit is vir hulle baie belangrik dat boere van hulle genetiese materiaal gebruik maak, want hulle bou genetiese merkers in sodat elke vissie van die dam tot die bord gevolg kan word.

Vir meer inligting oor die geleentheid, skakel Etienne van Heerden by 081-457-2891 of epos [email protected].

Page 22: Proagri 181

20 ProAgri 181 – Maart / March 2015 wwww.proagri.co.za

Dit is nie net in Suid-Afrika waar boere geleenthede het om in visboerdery te belê nie. As gevolg van die uitstekende han-delsooreenkoms wat TLU SA met die regering van Georgië beding het, is daar in dié land heelwat beleggingsgeleenthede sonder die voortdurende spook van grondgrypplanne en geweldsmisdaad.

In dié watterryke land is visboerdery ’n logiese landboubedryf en die stelsels werk heel anders as in Suid-Afrika. Die vis-damme is vlak plate water wat deur keerwalle ingeperk word. Die vis word geoes deur ’n soort sluis in die keerwal oop te maak sodat die water kan uitloop en die visse word dan in nette gevang, vanwaar dit in houers water op vragmotors lewend na die mark vervoer word. Dit is hoofsaaklik karp waar-

mee geboer word en die insetkoste is ongeveer 3 lari per kilogram teenoor ’n verkoopprys van ’n minimum van 6 lari per kilogram. (’n Lari is sowat R5).

’n Suid-Afrikaanse onderneming, Koopliede, het ’n onderne-ming in Georgië gestig met die naam South African Fish Company (SAFCO) wat 'n paar van die geldmaakdamme bekom het en besig is met uitbreidings.

’n Bykomende voordeel is dat daar vir ’n belegger ook die moontlikheid bestaan om binne enkele maande permanente verblyfreg in Georgië te bekom.

Sien die advertensie hieronder vir meer besonderhede.

Volgens ’n verslag deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (A profi le of the South African aquaculture market value chain, 2013) is daar genoeg tegnologie en dienste beskikbaar vir boerdery met forel, krokodille, perlemoen, babers, garnale, oesters en mossels, maar daar is ’n gebrek aan formele navorsing en ondersteuning vir spesies soos tilapia, kabeljou, tuna en seewier. Perlemoen is volgens die verslag die groot suksesverhaal in Suid-Afrikaanse akwakultuur.

Die grafi ek toon die bruto waarde van akwakultuur in Suid-Afrika.

Akwakultuur in Suid-Afrika

Page 23: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 21

kieslik vir die mense los wat gesout is in die geheimenisse daarvan. Maar vir ’n boer om sy eie kragvoorsiening of ’n gedeelte daarvan self te skep is nie meer so vergesog nie. Du Preez de Villiers het met Carel Ballack, wat voorheen die ombudsman vir SESSA (Sustainable Energy Society of South-Africa) was en nou by die Copper Development Association Africa (CDAA) werk, meer uitgevind oor die uitdagings. Die CDAA stel dit ten doel om inligting aan kliënte beskikbaar te stel om probleme in hulle bestaande netwerke op te los sodat dit optimaal funksioneer voordat hulle kapitaalonkostes aangaan. “Die eerste belangrike ding waarna ’n boer moet kyk voordat hy derduisende rande aan eie kragop-wekking gaan bestee, is om energie-doeltreffende elektriese netwerek te skep deur al die harmonieke in sy kragnetwerk uit te skakel. “’n Harmo-niek kom voor wanneer nie-linieêre toestelle soos veranderlikespoedaan-drywers en batterylaaiers, se frek-wensie nie in sinkronisasie met die kragnetwerk loop nie en dit kan baie onnodige kragverbruik veroorsaak,” sê hy. “Dit is beter om n klein bedrag te bestee om metingstoerusting en harmoniekefilters in te sit om jou ware kragverbruik te bepaal, want daarmee kan jy baie groter bedrae bespaar in die grootte van die stelsel wat jy wil aanskaf.” Boere moet ook kyk na die tipe pompe en pompmotors wat in hulle mengaanlegte gebruik word. Dit is beter om meer en kleiner motors te gebruik wat nie tydens die aan-

skakelproses ’n disproporsionele hoër hoeveelheid krag gebruik as minder, groter motors nie. Die tweede punt is om seker te maak dat die sonpanele wat jy instal-leer van goeie gehalte is en aangekoop word by ’n gevestigde onderneming met goeie naverkopediens. Daar is reeds verskeie sonpaneelvervaardigers in Suid-Afrika wat hulle potlode skerp gemaak het in die verband. Met sonpanele betaal die verbruiker tans van R9 tot R15 per Watt, maar dit is besig om goedkoper te raak. Oor batterye is daar ook baie verwarring. Die media gaan tekere oor allerhande nuwe tegnologieë wat ontwikkel word vir goedkoper, ligter, kleiner batterye met ’n groter kapa-siteit. ’n Mens voel heeltyd dat jy net nog ’n rukkie moet wag om te hoor wat die jongste tans is. Die bekostigbaarste batterye wat die werk kan doen is tans Litium-ioon batterye. Die batterye het ook ’n slim bestuurstelsel nodig om aan al die veiligheidsaspekte te voldoen. Om komponente soos ’n hitte-sensor te installeer, sal byvoorbeeld verseker dat jou stelsel optimaal gelaai word. Dit is goed om die Suid-Afrikaanse fotovoltaïesebedryfvereniging (Sapvia) te skakel (www.sapvia.co.za). Hulle is ’n organisasie sonder winsbejag wat poog om die sonkragbedryf te bevorder en hulle kan goeie, ingeligte raad gee. Volgende keer gaan ons in meer besonderhede na die tegniese aspekte van sonpanele en batterye kyk en hoe ’n boer krag aan die netwerk kan terugverkoop.

Daar is tog ’n positiewe kant aan die knellende beurtkrag en die

sukkelende Eskom. Dit is dat groener kragverskaffers regoor die land soos paddastoele opspring. Volgens die jongste syfers word daar reeds 1 600 megawatt van die altesaam 44 000 megawatt wat Suid-Afrika benodig deur wind en son verskaf en daar gaan binne die volgende paar maande heel-wat nuwe verskaffers by die netwerk inskakel. Dit kan algaande die wurggreep waarin Eskom die elektrisiteitverbuiker hou, aansienlik verlig. Jacob Zuma het in sy staatsrede onderneem om die pad vir onafhank-like verskaffers oop te maak sodat Suid-Afrika se kragkrisis eens en vir altyd die nek ingeslaan kan word. Bowendien is daar onsekerheid oor hoe lank fossielbrandstof nog beskik-baar gaan wees, daarom is dit net baie wyser, skoner en volhoubaarder om eerder die hernubare roete in te slaan. Dit is veral vark-, melk- en besproeiingsboere, plaaspakhuise en -mengaanlegte wat nou die alterna-tiewe roete ernstig bekyk, maar daar is ’n paar belangrike dinge wat boere in ag moet neem voordat hulle die roete aandurf. Daar is baie veranderlikes soos die afstand tussen die bron en die toestel, kabeldikte, temperatuur, veiligheid, storing of nie en kapitaalkoste, maar Eskom maak die koste-aspek amper weglaatbaar, want ’n boer sonder elektrisiteit boer agteruit. Die roete om son- en windplase op te rig om onafhanklike krag te verskaf, is spesialisveld en boere moet dit ver-

Sonkrag en ’n battery kan sinvol op verskeie plekke op die plaas aangewend word, soos by hekke.

gggggggggg

Die dag breek oor sonenergie

Hulpbronbestuur

Page 24: Proagri 181

22 ProAgri 181 – Maart / March 2015 wwww.proagri.co.za

Effense spelmisverstand

Waarom het die nooi Engelse sout in die trae vryer se koffi e gegooi?– Want sy het gedink sy hoor Epsoms makes the heart grow fonder.

Wetenskaplike feit

Watter soort mens leef die langste?– ‘n Skatryk familielid.

Dapper defi nisie‘n Vrou is ‘n wese wat daarna streef om geweeg en te lig bevind te word.

Tweede kansSielkundige aan pasiënt: “Jy het ‘n gesplete persoonlikheid, meneer Groesbeek, en die ondersoek sal julle elkeen R400 kos.”

Sak SarelMy verkyker is so goed dat as ek met hom ‘n kilometer ver na die uie op die mark kyk, dan traan my oë.

Laat dit ‘n les weesDawie: “Nee, ek het uitgemaak met Betsie Kletsie want sy praat gans te veel. Dit lyk my sy ken nie die verskil tussen ‘n afspraak en ‘n toespraak nie.”

Vra is vryMoedelose pa: “Jannie, as jy nog een vraag vra, gaan jy in ‘n vraagteken verander.”Jannie: “As ek ‘n vraagteken word, hoe gaan ek my kolletjie vashou?”

Wrange waarheidDie verskil tussen ‘n staatsman en ‘n politikus: ‘n Staats-man dink hy behoort aan die land; ‘n politikus dink die land behoort aan hom.

Daar is darem ‘n perkDie narkotiseur maak gereed om ‘n praatsieke politikus met gas aan die slaap te kry.Praatsieke politikus: “Hoe gou nadat ek bykom sal ek iets weet?”Narkotiseur: “Ek is bevrees jy verwag te veel van die gas.”

FlinkdinkFlentersmous: “Enige leë bottels, Mevrou?”Onvriendelike huisvrou: “Lyk ek vir jou na iemand wat sterk drank gebruik?”Flentersmous: “Enige leë asynbottels, Mevrou?”

Wat reg is, is regDokter: “Ek kan niks vir jou doen nie. Jou siekte is oorerfl ik.”Pasiënt: “O, in daardie geval kan jy maar die rekening aan my oupa stuur.”

AGRILAGdeur Dom Boer

Page 25: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 23

die nodige kundigheid en onderdele om sulke foute te herstel, is nie oral waar dié voertuie kan loop beskikbaar nie. En dit is net hier waar Santam Landbou bankvas langs die boer kom staan met sy Landboupolis se Motorafdeling wat die boer twee opsies bied vir 4x4-dekking: Beperkte 4x4-dekking of Omvattende 4x4-dekking. Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou, sê: “As die voer-tuig weens meganiese of elektroniese redes buite Suid-Afrika gaan staan, sal ons die redelike repatriasiekoste tot R50 000 betaal, onderworpe aan die betaling van die eerste bedrag van R2 500 in die geval van meganiese of elektroniese breekskade.” Gerhard sê dat al hoe meer mense Afrika se paaie aanpak en daarom is die polis uitgebrei om dekking vir meer lande in Afrika te bied. Maar omdat alle lande nie toegerus is om mega-

niese of elektroniese breekskade te herstel nie, moet daar voldoende repatriasiedekking vir die voertuie wees sodat die eienaar ’n steekse voertuig kan terugbring om hier reggemaak te word. Elke polis kan na smaak en behoef-te saamgestel word met uitbreidings soos die vermelde repatriasiekoste, uitbreiding van lande, hoof-, agter- of kolligte, skade aan bande, wenas-toerusting, persoonlike dokumente en vir die rêrige rowwe ryers selfs wrakverwydering. So verseker Santam dat daar nom-merpas versekering is vir die boer wat net op sy plaas wil beweeg, maar ook vir die een wat die verste horisonne met sy 4x4 wil aandurf.

’n Noodsaaklike bondgenoot vir die boer is sy betroubare bakkie.

Deesdae boer baie boere so wyd en in sulke uiterste toestande dat ’n vier-wielvastrapbakkie ’n onmisbare bate vir hulle boerdery is. Wanneer die boer nie sy 4x4 gebruik om die sopnat, modderige spilpuntsirkels of slaggatbesaaide pad dorp toe aan te durf of lek oor die klippe en deur die slote na sy bokke in die bergkamp aan te karwei nie, hou hy dalk daarvan om soms afgeleë plekke te besoek waar gewone voer-tuie nooit kan loop nie. Dis lekker om sulke ver plekke, selfs oor ons landsgrense heen, te besoek, maar dit kan nog lekkerder wees as jy verseker kan weet dat jy en jou voertuig weer veilig sal terug-kom. Selfs ’n viertrekvoertuig kan tot stilstand knars as sy ingewikkelde elektronika die gees gee of as ’n meganiese probleem kop uitsteek, en

Skakel jou Santam-verteenwoor-diger vir meer inligting of besoek www.santam.co.za.

Hulpbronbestuur

Antwoord op die roepstem van Afrika....

met Santam aan jou syFoto: www.africangetaway.com

Page 26: Proagri 181
Page 27: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 25

The

BEST Forage

Harvester Ever!

HEAD OFFICE Tel: 018-431-2171/2 082-806-6377 Email: [email protected]

www.staalmeester.co.za

JF C-240 Double rowUp to 60 ton/h

JF C-120 Single rowUp to 35 ton/h20% higher capacity

JF 1600 AT Row independentPrecision Forage Harvester• Innovative mounting frames allows harvesting in uneven fi elds, • 1,6 m working width• up to 70 ton/h

Ge

neG

ids

Page 28: Proagri 181

26 ProAgri 181 – Maart / March 2015 www.proagri.co.za

Ge

neG

ids

Tel: 051-444-5082Faks/Fax: 051-444-5085

Epos/Email:[email protected]

Posbus 12560, Brandhof, 9324

www.limousinsa.co.za

Page 29: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 27

Ge

neG

ids

Bronkhorstspruit –Tak 013-93-24248 013-9321927 082-851-8724 Orpie [email protected] 44-Lanhamstraat Bronkhorstspruit

Middelburg-Tak013-246-1483013-246-1630

082-851-8724 [email protected]

14-LiterstraatMiddelburg

Bakkie Covers Ice Blue- seile

P.V.C Seile

TARPS

Lapa - Gordyne

it T k Miii

ne

100% Comfortable! 100% Waterproof!Now on Special.

Order online: www.fourlakes.co.za or email [email protected]. 021 557-0606

T: 051-446-4619 /3452F: 051-446-3184

E: [email protected]: www.brahman.co.za

Die Brahman Beestelersgenootskap van SADie Brahman Beestelersgenootskap van SA

AgriG

ids

Page 30: Proagri 181

28 ProAgri 181 – Maart / March 2015 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Adverteer jou produk of diens

HIERen bereik

lesers op die platteland!120 000

Skakel Adelé : 072-854-0632Stefan: 082-381-7563Xander: 079-524-0934

Page 31: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 29

AgriG

ids

VeeverlieseLAAT FAUNA TRACK JOU VEE DOPHOU.LAAT FAUNA TRACK JOU VEE DOPHOU.

Monitor jou kudde 24/7

’n Elektroniese merker soos ‘n halsband• Plaaslike netwerkstelsel met sonkrag•

Fauna Web-sagteware•

Praat saam op Probuzz

Page 32: Proagri 181

30 ProAgri 181 – Maart / March 2015 www.proagri.co.za

AgriG

ids

311 Stephenson Road, Pretoria West, (next to Iscor)

[email protected] / www.engineden.co.za

FULL RANGE OF MERCEDEZ BENZ ADE:

OM352,366T,OM442,OM447ATEGO -OM904T,906T,ACTROS – OM502,542

AXOR – OM457AND MANY MORE

engineded n@wol co za / www engini dddd @ l / i

Call now!Call now!

TEL: 012-386-2786 / FAX: 012-386-1786

Importers of Engines & Gearboxes

NIC Trailers offer our TOP SELLER of our Cattle Trailers series. The Trailer tows light, handles easy and is very safe.

* 3 - 6m x 1,6m x 1,8 m

* 245 x 70R 16’’ wheels with a spare wheel

* Steel Rims 6 x 140 PCD

* Flexible chassis

* 4,2 - 5,5 T Independant rubber suspension

* Seperation between bulls / dividing gate

* Dividing gate detachable fi t on outside

* Safety pipes

* Ramp

* Sliding back gate integrated in swing gate

* Monochrome structure

* LED-lights

* Marklights on rear

* Tubes painted (dipped) inside

* Option: 48 mm Jockey wheel / or 1 ton

parking jack

* 3 x Gatelocks: Locking mechanism for all gates

* Plugsaver

* Floorgrit

* Optional: Front gate

THE KING OF AFRICATHE KING OF AFRICA

O S

018-673-0224 / email: [email protected] web: www.nictrailers.co.za

NIC 14 met Divider

It’s a NICImpressive, Innovative, Iconic

Page 33: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 31

AgriG

ids

MULTIFEEDSMULTIFEEDS(Pty) Ltd

RUVOERE • ROUGHAGE

KOMMODITEITE • COMMODITIES

• Lusern/lucerne (big packs)• Lusern/lucerne (klein/small)• Lusern/lucerne (gemaal/milled)• Koringstrooi / Wheat straw

• Katoensaad/Cotton seed• Katoen oliekoek/Cotton oilcake• Mieliesemels/Hominy chop• Koringsemels/Wheat bran

Die antwoord op jou veevoerbehoeftes

The answer to your animal feed needs

Kontak ons / Contact us

Kantoor /offi ce: 053-474-1848/49/50

Fax: 086-524-5050

E-mail: [email protected]

Johan: 083-657-5003

Jaco: 082-574-2922

www.multifeeds.co.za

4X4-toebehore en “avontuur”-motorfi etsbybehore

en -klere.

Veerstelsels, brandstoftenks, kampeertoerusting, gps’e,

Leathermans, staaltralies, seiltjies, jagtralies,

skietbankies, hulp, raad, 4x4- en motorfi etsveldry-

opleiding. Alles onder een dak.

WAAROM WONDER?

KONTAK ONS EN WORD VERRAS!

P.O. Box 29458, Danhof, 9310, Bloemfontein

Tel: 051-430-3831, Fax: 051-447-8539

epos: [email protected]: safari4x4.co.za

Facebook: Safari4x4 Bloemfontein

Page 34: Proagri 181

32 ProAgri 181 – Maart / March 2015 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Vervaardigers van alle grootte staalskure, pakhuise, fabrieke, veekrale, hoenderhokke, ens.

6 x 20 x 3 m 6 x 30 x 3 m9 x 20 x 3 m9 x 30 x 3 m12 x 20 x 3 m

12 x 40 x 3,5 m15 x 20 x 4 m15 x 30 x 4 m15 x 20 x 4,5 m15 x 30 x 4,5 m

18 x 20 x 4 m20 x 30 x 4,5 m25 x 30 x 6 m

Kantoor 072-878-0654 | Nardus 076-550-5615 | Faks 086-542-0135E-pos: [email protected]

www.bisonconstructionsa.Weebly.com

Nader ons vir vinnige kwaliteit diens.

Enige grootte, volgens u behoefte.

Spesiale aanbod op die 12 x 40 x 3 m

BISON KONSTRUKSIE

Alle groottes:

SKAKEL ONS GERUS VIR GOEIE PRYSE!ALLE GROOTTES:

Page 35: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 33

AgriG

ids

Page 36: Proagri 181

34 ProAgri 181 – Maart / March 2015 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Page 37: Proagri 181

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 35

ProAgriProAgriKry jou HIER!!

ProAgri is elke maand landwyd gratis beskikbaar in

453

429poskantore

landbouwinkels

Lees die volledige tydskrif GRATIS aanlyn op www.proagri.co.zaof volg ons daaglikse nuus en interessanthede op Facebook en Twitter

Kontak ons om in teken by 082-645-2795eken by 082-645-2795

- Daar word elke maand 40 000 ProAgri’s gedruk en versprei.- Die massa tydskrifte weeg ongeveer vier ton.- ProAgri word sedert 1994 landwyd versprei.- ProAgri word in 453 poskantore in boere se posbusse geplaas.- ProAgri is ook in rakkies of op die toonbank in 429 landbouwinkels.- Dié punte is in 582 stede, dorpe en plekkies landwyd.

Jy kan ook seker maak dat jy jou ProAgri elke maand ge-adresseer in jou posbus ontvang. Teken in teen R120 vir 12 uitgawes deur ‘n e-pos te stuur na [email protected].

Het jy geweet? Jou eksemplaar misgeloop?

Page 38: Proagri 181

36 ProAgri 181 – Maart / March 2015 www.proagri.co.za

Twe

ed

eha

nds

Page 39: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 37

AgriG

ids

Page 40: Proagri 181

38 ProAgri 181 – Maart / March 2015 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Page 41: Proagri 181

www.proagri.co.za ProAgri 181 – Maart / March 2015 39

• Less ground pressure• Maximum traction thanks to larger contact surface• Increased load-bearing capacity and towing capacity• Interchangeable with standard wheels• Easy to fi t and remove

• Can be quickly interchanged with standard wheels• Suitable for almost all harvesters with fl at wheel fl anges• Minimal modifi cations to the machine necessary• Available with 2, 3 or 4 bogie wheels• Available with rubber tracks 61, 76 or 92 cm wide• Available with various attachment accessories such as adapters and spacers

JWL Landbou Voorsieners,

Ermelo 017-819-2026

Werner Nel 079-506-7495

Jakes Jacobs 076-400-7801

www.jwl.co.za

Benefi ts

• Reduced ground pressure means greater yield

• Increased traction means increased confi dence

• Easily interchangeable

C-frame

Now! JWL proud distributors of Zuidberg products

Monteer ‘n AWS aan jou stropertafel

en kyk self:

• AWS se groot waaier wek ‘n wind- stroom wat deur ’n spruitstuk van voor die gewas na die messe en awegaar blaas. • Dit verseker ‘n gelykmatige materiaalvloei met minder gewasskade. • Gladde voer stel die stroper in staat om skoner, vinniger en egaliger te stroop, met beter skeiding en egaliger kafverspreiding. • Die luggordyn blaas die gesnyde gewas na die stropertafel vir vollediger herwinning, selfs uit oop springpeule, en ’n beter mesaksie.

Stroop vinniger, skoner, deegliker

Dis maklik

• AWS monteer maklik aan enige stropertafel en kan later maklik verwyder word. • Die waaiereenheid kan aan die stropertafel of aan die stroper gemonteer word. • AWS word elektries vanuit die trekkerkajuit beheer om vinniger of stadiger te blaas en om die blaasbekke op of af te verstel.

AgriG

ids

Page 42: Proagri 181

40 ProAgri 181 – Maart / March 2015 www.proagri.co.za

Page 43: Proagri 181

Twe

ed

eha

nds

Page 44: Proagri 181