pryse: voordrag en toneel · • gebruik beskrywende elemente. die keuse van die woorde word...
TRANSCRIPT
Pryse: Skryfkuns, Voordrag en Toneel
10
Pryse: Voordrag en Toneel
1. Elsa Krantz-wisseltrofee vir die skool met die meeste inskrywings. Die grootte van ’n skool
sal in aanmerking geneem word.
2. Petro Müller-wisseltrofee vir die beste groepitem van graad 4 tot 7.
3. Petro Müller-wisseltrofee vir die beste groepitem van graad 8 tot 12.
4. Petro Müller-wisseltrofee vir die beste spreekkoor van graad 1 tot 3.
5. Petro Müller-wisseltrofee vir die beste spreekkoor van graad 4 tot 7.
6. Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die
bestuur besluit.
7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die beste poppekas-item in die primêre skool.
Pryse: Skryfkuns
1. In die afdeling Poësie (Graad 7 en 8) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant
van die ATKV.
2. In die afdeling Prosa (Graad 7 en 8) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant
van die ATKV.
3. In die afdeling Poësie (Graad 9 en 10) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant
van die ATKV.
4. In die afdeling Prosa (Graad 9 en 10) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant
van die ATKV.
5. In die afdeling Poësie (Graad 11 en 12) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant
van die ATKV.
6. In die afdeling Prosa (Graad 11 en 12) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant
van die ATKV.
7. In die afdeling Poësie (Ope) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant van die ATKV.
8. In die afdeling Prosa (Ope) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant van die ATKV.
Skryfkuns
11
SKRYFKUNS
POËSIE
Aangesien hierdie ’n Afrikaanse kunswedstryd is, moet alle skryfstukke vir beoordeling in
Afrikaans ingehandig word (slegs aanlyn).
TEMA: Alles moet val / eindig OF Móét alles val / eindig?
Skryf oor waarnemings en ervarings ten opsigte van die bostaande tema. Probeer om in die
prosa te dink aan ’n bepaalde struktuur (bou) waarin die volgende aspekte belangrik is:
• Die titel
• Motiewe / Tema en idee
• Woordkeuse
In die poësie is rym nie noodsaaklik nie, maar wél:
• Bepaalde bindmiddele soos klank, assosiasie, herhaling, beeldgebruik.
• Onthou dat die poësie verskil van die prosa deur konsentrasie of inkorting op bykans alle
vlakke. Met ander woorde, tipiese aspekte soos alliterasie, assonansie, ritme en rym,
beeldspraak, klanknabootsing, herhaling, ens.
• Beelde, byvoorbeeld vergelykings, metafore en personifikasie
WEDSTRYD NR BESKRYWING MIN MAKS TYD KOSTE
1 Graad 7 en 8
3 tot 6 strofes (minimum 3 versreëls)
1 N.V.T. R 50,00
2 Graad 9 en 10
5 tot 10 strofes (minimum 3 versreëls)
1 N.V.T. R 50,00
3 Graad 11 en 12
7 tot 12 strofes (minimum 3 versreëls)
1 N.V.T. R 50,00
4 Ope: studente en volwassenes
8 tot 12 strofes (minimum 3 versreëls)
1 N.V.T. R 50,00
Skryfkuns
12
PROSA
Aangesien hierdie ’n Afrikaanse kunswedstryd is, moet alle skryfstukke vir beoordeling in
Afrikaans ingehandig word (slegs aanlyn).
TEMA: Alles moet val / eindig OF Móét alles val / eindig?
Skryf ’n storie of gebeurtenis waar jou perspektiewe, idees, gedagtes en gevoelens oor die
bostaande onderwerp of tema, uitgedruk word. Dit kan persoonlik of subjektief aangebied
word. Dit kan ’n hele register van emosies bevat en kan dus byvoorbeeld humoristies, ernstig
of tragies wees.
• Probeer om iets te skep wat (dalk) dieselfde emosie sal wek by die leser.
• Probeer om die leser se aandag gevange te hou deur ’n boeiende storie, deur raaisels te
skep of op ander wyse spanning te skep, goed te formuleer en jou styl te laat aanpas by
die soort storie of betogende stuk wat jy skryf.
• Beklemtoon sensoriese besonderhede om die leser toe te laat om die onderwerp intens te
ervaar.
• Gebruik beskrywende elemente. Die keuse van die woorde word merendeels bepaal deur
die konnotasies van woorde eerder as die akkuraatheid van die denotasie.
WEDSTRYD NR BESKRYWING MIN MAKS TYD KOSTE
5 Graad 7 en 8
Maksimum 450 woorde
1 N.V.T. R 50,00
6 Graad 9 en 10
Maksimum 800 woorde
1 N.V.T. R 50,00
7 Graad 11 en 12
Maksimum 1000 woorde
1 N.V.T. R 50,00
8 Ope: studente en volwassenes
Maksimum 2000 woorde
1 N.V.T. R 50,00
Komitee
3
KOMITEE
SKRYFKUNS, VOORDRAG EN TONEEL
Voorsitter:
Riekie Venter, Langeberglaan 7, Bainsvlei, Bloemfontein
072 221 3008
Sekretarisse:
Graad 2, 4, 6, 8, 10, 12:
Anita Smith, Von Ludwigstraat 8, Hospitaalpark, Bloemfontein, 9301
084 582 7217
Graad 1, 3, 5, 7, 9, 11, Ope:
Tim Taylor, Gladstoneweg 29, Noordhoek
082 781 8856
Addisionele lede:
Petro Müller, Agstestraat 6, Bloemfontein, 9301
082 560 3286
Marnie van Wyk, Paul Rouxstraat 83, Dan Pienaar
079 405 9650
Algemene Inligting
4
ALGEMENE INLIGTING
Alle navrae waarop ’n skriftelike antwoord verwag word moet per e-pos geskied na
INSKRYWINGS
Die inskrywingsproses behels die volgende:
Vanaf Februarie 2017 kan inskrywings aanlyn gedoen word by www.kunswedstryd.org.za.
Vir meer instruksies kan u vanaf Februarie 2017 na die inskrywingsbladsy op die webtuiste
gaan. Die Skryfkuns-afdeling (Voordrag en Toneel) kan slegs elektronies inskryf.
Inskrywingsvorms kan ook gefaks word na
086 656 9113
Hierdie is ’n 24-uur per dag, 7 dae per week fasiliteit.
Faks 10 bladsye of minder per keer asseblief.
Alle bladsye (op elke bladsy) wat gefaks word moet die spesifieke bladsynommer
sowel as die totale aantal bladsye van die faks duidelik aandui.
Indien dit vir u onmoontlik is om aanlyn- of faksinskrywings te doen, kan inskrywings per
hand gedoen word by Grey Primêr personeelkamer (sien sluitingsdatum) en sal slegs
aanvaar word as die voorgeskrewe inskrywingsgeld ingesluit is.
METODE VAN BETALING
Elektroniese inbetaling – hierdie is die veiligste metode en word sterk aanbeveel.
Kontant of tjek deposito by die bank.
Kontant of tjek per hand, wat inskrywingsvorms vergesel. Vir aanlyn- of faksinskrywings
kan betaling ook per hand gedoen word.
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Tak: Brandwag
Takkode: 334334
Rekeningnommer: 470 940 778
Let ook op die volgende:
Tjeks moet uitgemaak word aan die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging. Geen
vooruitgedateerde tjeks sal aanvaar word nie.
Elke afdeling se inskrywingsgeld moet dienooreenkomstig op die betaalvorm (sien
middelblad) uiteengesit word.
Algemene Inligting
5
Indien u ’n elektroniese inbetaling of deposito by die bank doen, sal dit waardeer word
indien u sover moontlik kan probeer om u skool/instansie se inskrywings in een transaksie
te betaal. Gebruik die skool/instansie se naam as verwysing (of die spesifieke
verwysingsnommer wat vir die aanlyn-inskrywings aangedui word) en faks die
betaalvorm (uiteensetting) na 086 656 9113, tesame met die bewys van inbetaling.
Voordat die volledige inskrywingsgeld nie ontvang is nie, sal die betrokke inskrywing(s) nie
as geldig beskou word nie; ongeag die inskrywingsproses wat gevolg word.
Die laaste datum vir betaling van inskrywingsgeld is 17 Maart 2017. Enige betalings
daarna sal onderhewig wees aan die laat-inskrywingsfooi.
SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS
Aanlyn- en faksinskrywings: 17 Maart 2017 tot 16:00
Per hand-inskrywings: 17 Maart 2017, vanaf 12:30 tot 16:00 by Grey Primêr
personeelkamer.
Geen laat-inskrywings sal na 17 Maart 2017 aanvaar word nie.
INSKRYWINGSGELD
Die inskrywingsgelde word spesifiek by elke wedstryd aangedui en moet streng by gehou
word.
Die inskrywingsgelde soos dit in hierdie handboek verskyn, is die enigste finale bedrae wat
geldig is. Enige vroeëre kommunikasie of vorige jare se handboeke kan slegs as riglyne
gesien word.
HANDBOEK EN ROOSTERBOEK R 50,00 elk
ROOSTERBOEK VAN DIE KUNSWEDSTRYD
Hoewel die onderskeie komitees alles in hulle vermoë doen om buite-Bloemfonteinse
deelnemers op dieselfde dag (per stad/dorp) te akkommodeer, is die rooster – soos wat dit in
die roosterboek verskyn – finaal en kan veranderinge op daardie stadium slegs aangebring
word as ’n deelnemer per abuis in verskillende afdelings (lokale) op dieselfde tydgleuf ingedeel
is. Spesifieke versoeke moet voor die sluitingsdatum vir inskrywings direk met die betrokke
voorsitter of sekretaris van die betrokke afdeling(s) gekommunikeer word.
Die rooster met die tye van deelnemers en die nommers van deelnemers sal nie later nie as
2 weke voor die kunswedstryd ’n aanvang neem, beskikbaar wees by
DV Village Music (Victorian Square, Tweede Laan, Bloemfontein) 051 447 9754/7116
http://bothners.co.za/dv-village-bloemfontein/
M & M Boekhandel (Bloemgate, Nelson Mandelarylaan, Bloemfontein) 051 522 5877
Algemene Inligting
6
ONTTREKKINGS
Onttrekkings moet so gou as moontlik deurgegee word om moontlike verleentheid en
verwarring te voorkom. Dit sal die sekretaris se taak om die program so glad as moontlik te
laat verloop, vergemaklik. Inskrywingsgeld is nie terugbetaalbaar nie en inskrywings wat reeds
ingehandig is (ongeag die metode wat gevolg is) maar nog nie betaal is nie, moet steeds betaal
word.
FORMAAT VAN HANDBOEK-INLIGTING
Die inligting vir elke wedstryd in hierdie handboek word nou in ’n vriendeliker formaat
weergegee. Vir ekstra sekerheid word die doel van elke kolom kortliks verklaar:
WEDSTRYD NR Dit is die unieke wedstrydnommer wat ook op die inskrywingsvorm aangedui
moet word. Dit is baie belangrik dat hierdie nommer presies reg moet wees op
die inskrywingsvorm.
BESKRYWING Die ouderdomsgroep/graad/kategorie van die spesifieke wedstryd.
MIN Die minimum aantal individue wat aan die item moet deelneem.
MAKS Die maksimum aantal individue wat aan die item mag deelneem. Indien die
maksimum nie aangedui word nie, is daar nie ’n beperking nie.
By wedstryde waar ’n leerder/onderwyser kombinasie van toepassing is, word
die maksimum as 1 aangedui, met geen minimum nie, aangesien slegs die
leerder ’n sertifikaat ontvang.
TYD Die tydsbeperking vir die betrokke wedstryd. Die werklike tydsduur van die
gelewerde item mag korter wees.
KOSTE Die inskrywingsgeld van toepassing op die betrokke wedstryd.
Algemene Wedstrydreëls
7
ALGEMENE WEDSTRYDREËLS
IN ALLE GEVALLE IS DIE BESTUUR SE VERTOLKING VAN DIE VOLGENDE REËLS,
WAT VIR ALLE AFDELINGS GELD, FINAAL.
1. Die kunswedstryd is in die eerste plek vir amateurs bedoel, maar professionele persone
met lisensiaat-diploma (wat hoofsaaklik geld verdien deur die onderwys en beoefening van
die besondere vak, of in hul lewensonderhoud voorsien) mag meeding indien dit spesiaal
vermeld word. Die komitee behou hom die reg voor om te besluit wie professioneel is.
2. Die ouderdom van ’n deelnemer word bepaal volgens sy/haar ouderdom op die dag waarop
die betrokke afdeling ’n aanvang neem. Waar grade genoem word, word bedoel die klas
waarin die leerders in 2017 is.
3. Geen oorspronklike werk mag meer as een keer aangebied word in ’n wedstryd van die
Vrystaatse Kunswedstrydvereniging nie.
4. Deur in te skryf vir enige wedstryd in enige afdeling van hierdie kunswedstryd, gee die
deelnemer (ook geïmpliseer deur middel van ’n inskrywing wat deur ’n
onderwyser/dosent/organiseerder/ens. gedoen word) die reg aan die Vrystaatse
Kunswedstryd Trust, handeldrywend as die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging (VKV), om
foto’s en/of videosnitte van die spesifieke optrede tydens die kunswedstryd op die VKV se
webtuiste (http://www.kunswedstryd.org.za/) en/of sosiale media (Facebook, YouTube,
ens.) te publiseer, asook vir bemarkingsdoeleindes van die VKV. In die geval van
oorspronklike werke van enige aard wat tydens die kunswedstryd aangebied word, staan
die deelnemer ook kopiereg en publikasiereg toe aan die VKV, hetsy vir gebruik op die VKV
se webtuiste, sosiale media of in gedrukte formaat, of enige ander elektroniese formaat
wat van toepassing mag wees.
5. Geen deelnemer mag meer as een keer in dieselfde wedstryd deelneem nie: bv. in die
Afdeling Duet 10 jaar mag die deelnemer nie meer as een keer deelneem nie.
6. Die beslissing van die beoordelaar(s) is finaal.
7. Geen persoon (behalwe komiteelede) sal toegelaat word om met die beoordelaar(s) in
verbinding te tree onmiddellik voor, gedurende of ná die beoordeling van ’n
wedstrydnommer of item nie.
8. Die vereniging kan nie aanspreeklikheid vir inskrywings, navrae of korrespondensie
aanvaar nie, tensy dit spesifiek gerig is aan die sekretarisse/voorsitters van die betrokke
afdelings.
9. Vir besondere wedstrydreëls wat vir die verskillende afdelings geld, word verwys na die
programme van die betrokke afdelings.
10. Deelnemers moet ’n halfuur voor die tyd in die saal wees.
11. Geen inskrywings sal aanvaar word sonder die regte inskrywingsgeld nie.
Algemene Wedstrydreëls
8
12. Vir groepe met 10 of minder individue kan elke persoon se naam op die inskrywingsvorm
aangedui word; elkeen sal dan sy/haar eie sertifikaat ontvang vir die betrokke item. Merk
die name egter duidelik as ’n groep. Vir groter groepe word slegs 1 sertifikaat uitgereik en
hoef daar slegs ’n groepnaam op die inskrywingsvorm geskryf te word. Hierdie bepaling
geld nie vir Voordrag en Toneel, waar dit slegs uitgesoekte items is waar meer as 1
sertifikaat uitgereik sal word, nie.
13. Die VKV behou die reg voor om ’n prys nie toe te ken nie indien die gelewerde item(s) nie
op standaard is nie.
Afdelingsreëls
9
SKRYFKUNS, VOORDRAG EN TONEEL
SIMBOLE
A++ 95 – 100%
A+ 90 – 94%
A 80 – 89%
B+ 75 – 79%
B 70 – 74%
C 60 – 69%
AFDELINGSREËLS
1. (a) In die geval van gedigte, monoloë, samesprake, ens. moet die teks op A4 papier (getik
of duidelik geskryf) met die deelnemer se nommer daarop onmiddellik voor die
wedstryd begin, by die sekretaris ingelewer word. Die beoordelaar mag nie genader
word nie. Hierdie teks is vir die gebruik van die beoordelaar bedoel en nie vir die
sekretaris om voor te sê nie. GEEN TEKSBOEKE SAL AANVAAR WORD NIE.
(b) Titels van voordragte hoef nie op die inskrywingsvorms vermeld te word nie.
(c) Vir die Skryfkuns-afdeling mag slegs aanlyn ingeskryf word, vanaf 1 Februarie 2017
tot 17 Maart 2017 om 16:00 op die VKV se webtuiste, www.kunswedstryd.org.za
2. In die afdeling Toneel: Eenbedryf is elke opvoerende groep verantwoordelik vir sy eie
kostumering, toneeldekor, ens. In die afdeling Poppespel moet elke groep hul eie poppekas
voorsien. Die komitee aanvaar beslis geen verantwoordelikheid in dié verband nie. NB: Vir
die opstel en verwydering van toneeldekor word hoogstens vyf minute toegelaat.
3. In die afdeling vir Primêre Skole mag daar nie meer as tien (10) deelnemers, ongeag die
geslag, uit ’n skool of ateljee vir ’n bepaalde nommer ingeskryf word nie, met ander woorde
alle wedstryde sluit seuns en dogters in. Ingeskrewe deelnemers mag nie vervang word
nie. Geen deelnemer mag meer as een keer deelneem aan dieselfde item nie.
4. Deelnemers moet hou by die tydsbeperking (waar dit aangedui word), aangesien ’n klokkie
sal lui wanneer ’n deelnemer so ’n tydsbeperking oorskry. Die deelnemer sal dan die
verhoog moet verlaat.
5. Deelnemers en toehoorders moet 15 MINUTE voor die aanvangstyd van die wedstryd in
die betrokke lokaal wees.
6. SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: Sien bladsy 5.
13
27
28
Victorian Square
Tweede Laan
Bloemfontein
051 447 9754
051 447 7116
http://bothners.co.za/dv-village-bloemfontein/