redakteursbrief - brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos facebook en instagram. “met...

21
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019 Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe 31 Augustus 2019 Redakteursbrief Daar is onlangs beweer dat ‘n tendens te bespeur is dat Facebook se gewildheid besig is om te taan vergeleke met ander sosiale platforms. Dit mag so wees, maar Facebook bly steeds ‘n reus sonder weerga. Volgens statistiek wat op die Dustinstout.com webwerf aangebied word, het Facebook teen einde Junie 2019 ongeveer 2.4 miljard (‘billion’) aktiewe gebruikers gehad. En daar word glo gemiddeld 5 nuwe Facebook-rekenings per sekonde geskep! Die gemiddelde tyd wat mense op Facebook spandeer, is 58 minute, en meer as 300 miljoen foto’s word daagliks op Facebook gelaai. Enkele van daardie foto’s – deur Suid-Afrikaanse Aussies op Suid-Afrikaanse groepe geplaas - het my aandag getrek. Ek het besluit om van daardie plasers uit te nooi om van hul foto’s met Aus-Brokkies te deel en hul storie te vertel. Lees gerus die eerste hiervan hier onder. In my persoonlike geselsrubriek ‘Op my voorstoep’ neem ek Netwerk24 se vyfde verjaarsdag onder die loep, en gesels ek oor die verband met ons liefde vir Afrikaans en die voortbestaan van ons moedertaal hier in die ‘buiteland’. Het jy al vir vriende en familie van Brokkies vertel? Nooi hulle uit om in te skryf by www.brokkies.net/skryf-in. Meer siele! Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by [email protected] ) ________________________________________________________________________________ Ysbreker: Eksamenblapse (sê ‘Mieliestronk’) Polonius was ’n soort mitologiese wors. ’n Kommunis is óf ’n republikein óf ’n monargis wat altyd vir die party stem waaraan hy nie behoort nie. Alexander het Troje binnegeval vermom as ’n houtperd. ’n Parlementslid mag nie ’n inwoner wees van die omgewing waarin hy woon nie. Etiket is klein goedjies wat ’n mens nie graag wil doen nie. Skryf alles wat jy weet van Nero. Hoe minder ’n mens van Nero skryf, hoe beter.

Upload: others

Post on 23-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies

Gemeenskapsadvertensies

Kleinadvertensies (Persoonlik)

Kleinadvertensies (Besigheid)

Geestelike Pitkos

Werksgeleenthede

Afrikaanse kerkdienste

Landswye dagboek

Riglyne vir adverteerders

Kanselleer intekening / Unsubscribe

31 Augustus 2019

Redakteursbrief

Daar is onlangs beweer dat ‘n tendens te bespeur is dat Facebook se gewildheid besig is om te taan vergeleke met ander

sosiale platforms. Dit mag so wees, maar Facebook bly steeds ‘n reus sonder weerga. Volgens statistiek wat op die

Dustinstout.com webwerf aangebied word, het Facebook teen einde Junie 2019 ongeveer 2.4 miljard (‘billion’) aktiewe

gebruikers gehad. En daar word glo gemiddeld 5 nuwe Facebook-rekenings per sekonde geskep!

Die gemiddelde tyd wat mense op Facebook spandeer, is 58 minute, en meer as 300 miljoen foto’s word daagliks op

Facebook gelaai. Enkele van daardie foto’s – deur Suid-Afrikaanse Aussies op Suid-Afrikaanse groepe geplaas - het my

aandag getrek. Ek het besluit om van daardie plasers uit te nooi om van hul foto’s met Aus-Brokkies te deel en hul storie

te vertel. Lees gerus die eerste hiervan hier onder.

In my persoonlike geselsrubriek ‘Op my voorstoep’ neem ek Netwerk24 se vyfde verjaarsdag onder die loep, en gesels ek

oor die verband met ons liefde vir Afrikaans en die voortbestaan van ons moedertaal hier in die ‘buiteland’.

Het jy al vir vriende en familie van Brokkies vertel? Nooi hulle uit om in te skryf by www.brokkies.net/skryf-in. Meer siele!

Philip Langenhoven

Redakteur (Skryf gerus aan my by [email protected] )

________________________________________________________________________________

Ysbreker: Eksamenblapse (sê ‘Mieliestronk’)

• Polonius was ’n soort mitologiese wors.

• ’n Kommunis is óf ’n republikein óf ’n monargis wat altyd vir die party stem

waaraan hy nie behoort nie.

• Alexander het Troje binnegeval vermom as ’n houtperd.

• ’n Parlementslid mag nie ’n inwoner wees van die omgewing waarin hy woon

nie.

• Etiket is klein goedjies wat ’n mens nie graag wil doen nie.

• Skryf alles wat jy weet van Nero. Hoe minder ’n mens van Nero skryf, hoe

beter.

Page 2: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Algemene nuusbrokkies

“Wag laat ek eers weer ‘n kiekie neem…”

Vrede is ‘n reis van baie kilometers – Murchison-rivier, Kalbarri in Wes-Australië.

“Nou ja, Tina”, sê ek vir myself, “wie sou nou kon dink toe jy in Sydney jou voete vir die eerste

keer op Aussie-bodem plant, dat die lewe jou in Australië op so ‘n wonderlike reis sou neem?

Van die onsekere begin tot waar jy nou staanplek gekry het, letterlik en figuurlik duisende

kilometers weg van mekaar.”

Aan die woord is Christina Vermeulen (Tina) van Perth. Sy en haar gesin woon al sedert 2001

in Australië, en sy is een van talle kranige amateurfotograwe wat graag haar foto’s op

Facebook plaas. Ek het haar uitgenooi om ‘n bietjie oor haar liefde vir fotografie te gesels.

“Van kleins af was ek maar ‘n soort ontdekkingsreiseger. Ek wou altyd weet wat om die

volgende draai lê. Hierdie streek van my het my ouers oneindige kommer gegee, want ek

was maar altyd aan die soek. Nou dat ek in Aussieland woon, besef ek dat hierdie

karaktertrek my hier baie goed te pas gekom het.

Is daar lewe op Mars? Valley of the Winds, Kata Tjuta. ‘n Operahuis en ‘n brug – Sydney, New South Wales.

Tina Vermeulen

Page 3: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Net een son wat sak in die weste - Mindil Beach, Darwin, Northern Territory

“Dit, tesame met my liefde vir die buitelug, stap en die natuur, is my motivering. Dit alles stel my voor aan nuwe plekke en bied talle avonture. Australië is tamaai groot en daar is oneindig baie om te sien. “Aan die begin was dit die verkenning van die nuwe omgewing en ook ‘n soektog na dit wat was en dit wat bekend was: die Afrika -son wat rooi sak oor die horison, die bosveld-gevoel wanneer jy in die wildtuin kom, ‘n lekker kampvuur, Namakwaland se blomme en so aan. “Een vir een het ek die Aussie-plekke gevind wat rustigheid bring; wat ‘n mens laat tuis voel, maar wat jou op die lang pad ook geleer het dat elke plek sy eie mooi het. Selfs dié met besondere ooreenkomste wat hulle ongevraag uit jou eie lewenservarings aan mekaar verbind, bly eintlik maar steeds onvergelykbaar; elkeen uniek. “Wanneer die son sak, is die een nie mooier of beter as die ander nie. Daar is tog net een son waarom ons aarde draai. Elke plek is perfek geskape en geslyp om net te wees wat dit is, niks meer en niks minder nie. “Met hedendaagse tegnologie en die altyd-teenwoordige selfoonkamera (wat deesdae beter fotos neem as die digitale kameras van 2001) word meer en meer foto’s geneem. Ek dokumenteer elke ekspedisie visueel en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder om honderde ‘likes’ te kry. Ek probeer eerder om die visuele storie van die betrokke plek te vertel, en natuurlik probeer ek om ‘n klein bietjie van die natuurskoon vas te vang. So word onbekende plekke bekender; plekke waarvan baie nie eens geweet het nie of moeilik kan bereik. Ek hou daarvan om my foto’s met mense te deel wat ons mooi natuur kan waardeer. “So, as jy relatief onlangs in Australië aangekom het, of as jy nog nie eintlik die rondte van vader Cloete kon doen nie, is jy seker nou oortuig dat die land veel meer te bied het as ‘n Operahuis, ‘n brug en ‘n klip reg in die middel!”

Die wapad is my woning - Eyre Highway deur Nullarbor, Suid-Australië.

Aan die einde van die dag - Corroboree Billabong, Northern Territory.

Page 4: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Blommetyd in die weste - Coalseam Conservation Park, Wes-Australië.

Rooi is Mooi - Francois Perron National Park, Wes-Australië.

Stap saam met my op die maan - Shell Beach, Shark Bay, Wes-Australië.

Page 5: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Geselsrubriek: Op my voorstoep – Deur Philip Langenhoven

Netwerk24 word 5! En hoe om die voorreg te behou Ek sit hier op my voorstoep en dink dat ek met redelike

sekerheid kan aanneem dat Afrikaans ‘n belangrike aspek van

Brokkies-lesers se lewe is – ongeag waar hulle hulself bevind.

Ja, ons maak gedurig aanpassings in die rigting van ons nuwe

omgewing en dit is baie belangrik; vandaar my jarelange reis

om meer van die plaaslike taal en kultuur te leer.

Afrikaans-lees en -gesels bly maar vir ons ‘n waardevolle ding

om te doen. Na jare se woon in my en my gesin se ‘nuwe

land’, het dit nog nie vir my en duisende ander veel verander

nie. Mense gebruik steeds ons moedertaal in sosiale media, in

vriendekringe en ook met ons kinders (en talle kinders het ‘n

verbasend sterk plaaslike aksent wanneer hulle Engels gooi,

ten spyte van hul volgehoue gebruik van Afrikaans aan huis!)

Ek is nie fanaties nie, maar Afrikaans is vir my ‘n skat van groot waarde. Afrikaanse Aussies bring hul Afrikaansheid en omarm Engels

- die taal van ‘n wonderlike ‘nuwe’ samelewing. Ons sukkel nie om Australië se karakter deel van ons te maak nie.

Dit bring my by Netwerk24 se ligte feesviering. Hulle het pas vyf jaar oud geword. Dit voel soos sommer nou die dag toe die

aanlynweergawes van die Afrikaanse koerante, Beeld, Die Volksblad en Die Burger saamgesmelt het om een webwerf daar te stel.

Hulle het tot in daardie stadium elkeen hul eie, onafhanklike webwerf gehad, en ek het nogal gewonder of dit standhoudend was;

veral as ‘n mens in ag neem dat hulle hul nuus aanvanklik gratis aangebied het. Ek het gou besef dat dit finansiële sin maak.

Afrikaanse lesers versprei geleidelik wyd oor die aardbol, en so vind Netwerk24 sy virtuele staanplek in al meer lande.

Dit was onvermydelik dat hulle ‘n subskripsiefooie sou moes begin vra. Dit kos immers geld om te doen wat hulle doen. Te midde

daarvan is ek baie dankbaar dat hulle oor die jare toestemming verleen het dat Brokkies soms van hul stories mag herpubliseer.

Sommige mense voel dat hulle gespeen geraak het van die behoefte om gereeld Suid-Afrikaanse nuus te lees. Ek verstaan dit. Net so

is daar talle van ons wat graag ‘n balans van kennis en insig oor alledaagse sake in ons wonderlike ouland wil behou: sommige

omdat ons nog familie en vriende daar het, sommige omdat ons wonder waar anders ons gereeld goeie Afrikaans sal kan lees.

Baie mense is egter nukkerig oor die feit dat hulle vir hul Afrikaanse nuus moet betaal, en sê dwars dat hulle ander gratis

nuusdienste gebruik. Die internet het voorwaar talle paradigmas verander, maar die tendens is dat al meer nuusdienste die wêreld

oor begin om subskripsiefooie te vra. Hulle moet almal aandeelhouers tevrede hou. Ongelukkig is een gevolg van sosiale media dat

mense leer om tevrede te wees met nuus-‘gerugte’ of nuus wat oppervlakkig of half-ontgin as die standaard aangebied word.

Ons hoor ook gereeld hoe mense hul trots in hul taal en kultuur verklaar. Tydens my stoepsittery onthou ek ‘n storie uit my

studentedae by Kovsies in Bloemfontein. ‘n Bekende sanger is deur ‘n Afrikaanse professor genader wat, nadat hy vertel het hoe hy

van die sanger se musiek hou, gevra het of die sanger asseblief vir hom sy jongste album op ‘n leë kasset sal ‘tape’. Die sanger het

lakonies geantwoord: “Prof, ek waardeer dit dat jy so baie van Afrikaanse musiek hou en trots is daarop, maar mag ek voorstel dat jy

dit nie net met die mond ondersteun nie, maar met die sak ook?”

Daarom vra ek: wil jy nie maar die enkele hamburger per maand opoffer en die voorreg van Netwerk24 help behou nie? Het jy besef

dat subskripsie jou toegang gee tot 11 Afrikaanse tydskrifte (Huisgenoot, Sarie, Weg - om ‘n paar te noem) en 31 plaaslike koerante?

Philip Langenhoven

Page 6: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Trevor Noah laat die pitte inrol

Uit die Suid-Afrikaanse media: Volgens Forbes Magazine is Trevor Noah die komediant wat in 2019 die vierde hoogste

inkomste verdien het. Die 35-jarige Suid-Afrikaner, wat ook die gasheer is van die gewilde televisieprogram ‘The Daily

Show’, het tussen 1 Junie 2018 en 1 Junie 2019 nie minder nie as $28 miljoen ingehark.

Volgens die saketydskrif is die meerderheid van sy inkomste uit sy uitverkoopte komedie-optredes afkomstig. ‘n Deel van

sy inkomste word ook toegeskryf aan sy Netflix-program, 'Son of Patricia', terwyl sy outobiografiese, komiese boek 'Born

a Crime' sedert 2016 die grootste verkoper op die New York Times se topverkoperlys vir sagteband nie-fiksie is.

Vir interessantheid, hier is die lys van grootste verdieners in hierdie veld, en daar is ‘n paar ander bekendes op die lys:

1. Kevin Hart: $59 miljoen 2. Jerry Seinfeld: $41 miljoen 3. Jim Gaffigan: $30 miljoen 4. Trevor Noah: $28 miljoen 5. Sebastian Maniscalco: $26 miljoen

6. Gabriel Iglesias: $22 miljoen 7. Amy Schumer: $21 miljoen 8. Terry Fator: $17 miljoen 9. Jeff Dunham: $15 miljoen 10. Aziz Ansari: $13 miljoen

Trevor is beslis ‘n goeie ‘uitvoerproduk’ van Suid-Afrika. As ‘n komediant ontsien hy niemand nie en skroom hy nie om

sekere politici by te kom nie; veral twee bekende/berugte presidente wat sonder ophou aan hom baie materiaal verskaf.

Hy dryf die spot met elke kultuur waarmee hy in aanraking kom; ook sy eie. Ja, hy is gewild…dis geen grap nie!

SA-boer lê beslag op Tanzaniese vliegtuig weens skuld

Hoe meer dae, hoe meer dinge. Netwerk24 het berig dat ‘n vliegtuig van

die Tanzaniese lugdiens op Oliver Tambo Lughawe in beslag geneem is

weens vergoeding wat die Tanzaniese regering aan ‘n Suid-Afrikaanse

boer verskuldig is.

‘n Airbus A220-300 is in beslag geneem ná die Hooggeregshof in

Johannesburg uitspraak gelewer het ten gunste van ‘n boer wat geld

geskuld word deur Tanzanië ná sy grond dekades gelede sonder

vergoeding onteien is.

Die vliegtuig was veronderstel om vanaf Johannesburg na Dar es Salaam

te vlieg toe beamptes die vlug skielik gekanselleer het.

Die boer se prokureur sê die Tanzaniese regering het hom R33 miljoen geskuld (insluitend rente). Die ooreenkoms vir

vergoeding is vroeër deur arbitrasie vasgestel. Maar, al het die Tanzaniese regering herhaaldelik gesê dat hulle die

vergoeding wil en sal betaal, het hulle dit sedert 2014 nog nie gedoen nie. Die vliegtuig is glo min of meer dieselfde

bedrag werd. Al hoe die land glo hul vliegtuig sal terugkry, is om soortgelyke waarde aan te bied, of die skuld te betaal.

‘n Leser het in sy kommentaar voorgestel dat die boer ‘n lugredery stig: Boere Lugredery / Farm Air.

Page 7: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Laat feesviering: Die Bokke het uiteindelik die droogte gebreek!

Dit is nou al ou nuus, maar Aus-Brokkies kan darem nie die geleentheid laat verbygaan om die Springbokke geluk te wens met hul verowering van die Rugby Championship-trofee nie. Deur hul oorwinning oor Argentinië het hulle hul eerste belangrike titel in tien jaar verower. Handre Pollard was miskien die grootste inspirasie op die (laaste) dag met sy twee drieë en agt suksesvolle skoppe, maar uiteindelik was dit ‘n begeesterde span Springbokke wat die laaste hekkie in vanjaar se verkorte ‘Rugby Championship’ oor is en as kampioene gekroon is. Dit bring my by die punt van eerlike erkenning dat ek na so baie jare in ‘die buiteland’ steeds ‘n draadsitter is. Ek is trots op ons ‘nuweland’ se spanne, maar my dekades van grootword en lewe in Suid-Afrika het nog nooit uit my geheue en DNS gewas nie. Ek kon nog nie daarin slaag om so ‘n groot deel van my lewe bloot uit my lewe te kerf asof dit nie bestaan het nie. Dit laat my in die interessante posisie om verheug te wees en trots te voel wanneer my ou en nuwe span goed vaar. Dit is ook positief vir my, aangesien ek nooit onnodige stres tydens toetswedstryde opbou nie – solank een van die twee wen! Verder glo ek dit is goed as ander spanne ook hul oomblik in die kollig kry, ter wille van die voortbestaan van belangstelling en ondersteuning in die onderskeie sportlande – so die Bokke se sukses is heel tydig, dink ek. Vanjaar het die Bokke vriend en vyand verras met hul puik resultate soos oorwinnings oor Australië en Argentinië, en hul gelykop-uitslag teen Nieu-Seeland in Wellington. Dit lyk asof die tafel gedek is vir ‘n baie opwindende rugby wêreldbekertoernooi wat oor ‘n paar weke begin. Vertel my by [email protected] hoe jy dink Australië sal vaar.

Page 8: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Dít is wat met jou liggaam gebeur as jy te lank sit

Deesdae doen masjiene al meer van ons werk, en ons

doen al minder fisieke werk. Honderde miljoene mense

wêreldwyd het werk wat hulle vir agt of meer ure per dag

sittende hou.

Volgens Power of Positivity het ‘n verslag wat in ‘Annals

of Internal Medicine’ gepubliseer is, aangedui dat die

gemiddelde mens meer as die helfte van hul wakker ure

in ‘n onaktiewe staat spandeer (sittende by ‘n rekenaar,

voor ‘n TV, of as pendelaar tussen huis en werk).

Terwyl tegnologie bepaalde voordele inhou, soos om

meer te doen met minder tyd, en om mense blitsig met

mekaar in kontak te bring, hou dit ook talle nadele in.

Om vir lang periodes te sit, kan probleme soos chroniese rugpyn, ‘n slegte postuur en selfs dodelike siektetoestande soos

suikersiekte, hartkwale en vetsugtigheid meebring. Hier is vier kenners se mening oor hoe dit jou negatief kan raak:

Brein-, nek- en skouerkwale Wanneer ons liggame beweeg, vloei meer bloed en suurstof deur die brein, wat die brein ‘helder’ hou. Wanner ‘n mens

meestal sittende is, gebeur die teenoorgestelde. Slegte postuur voor die rekenaar, soos om vooroor te sak, plaas

ongelooflike druk op die nek, en spesifiek op die servikale werwel, wat die ruggraat met die kop verbind. Dit beskadig ook

die nek- en skouerspiere omdat hulle vir lang periodes onnatuurlik gerek word.

Rugprobleme ‘n Slegte postuur dra by tot rugpyn, ‘n onbuigsame ruggraat en skade aan die skywe tussen werwels. Gereelde beweging

help die sagte skywe om uit te sit en in te krimp, en dit laat meer bloed en voedingstowwe toe. Deur vir te lank te sit, word

die skywe ongelyk en kompak, en kan kollageen om senings en ligament opbou. Werwels glip dan makliker uit posisie uit.

Agteruitgang van spiere Deur te lank te sit, word die buikspiere nie gebruik nie. Indien hulle vir te lank nie gebruik word nie, kan die ruggraat begin

om onnatuurlik te krom. Die toestand word genoem ‘swayback’. ‘n Mens se algemene soepelheid word ook verminder,

veral in die heupe en rug, omdat daardie spiere swakker word. Soepel heupe help om die liggaam te balanseer.

Agteruitgang van organe Deur vir lang periodes te sit, verhoog die risiko vir hartsiektes, kardiovaskulêre toestande en dikdermkanker. Hierdie

probleme word veroorsaak deur die oorproduksie van insulien weens onaktiwiteit, en stadige vloei van bloed na organe.

Gereelde beweging help glo om kankervormende selle te inhibeer en antioksidante te bevorder wat die liggaam kan

oorneem. Oorproduksie van insulien veroorsaak gewigtoename, wat tot suikersiekte en obesiteit aanleiding gee.

Probleme met die bene Logiesgewys verhinder lang sitsessies goeie bloedsirkulasie na die bene. Dit veroorsaak dat bloed rondom die enkels

ophoop, wat tot geswelde enkels, spatare en selfs gevaarlike bloedklonte aanleiding kan gee. ‘n Meer subtiele gevolg van

onaktiwiteit is dat bene swakker en minder dig word. Gereelde aktiwiteit soos loop en draf help bene sterk hou. Dit mag

verduidelik waarom ‘n groeiende aantal ouer persone osteoprose kry, omdat die samelewing meer sittend verkeer.

Volgens die studie het die mense wat die meeste televisie gekyk het oor ‘n periode van 8.5 jaar, ‘n 61% groter risiko om

vroeër te sterf, vergeleke met mense wat minder as een uur per dag televisie kyk.

Hoe kan ons die groeiende epidemie van onaktiwiteit teenwerk? Indien jy vir lang periodes MOET sit, maak seker dat jy regop sit en let op jou postuur (moet nie oor die sleutelbord sak

nie). Koop ‘n oefenbal om op te sit, wat jou buikspiere dwing om te werk en jou liggaam natuurlik regop help hou. Jy kan

ook ‘n ruglose stoel gebruik indien jy ‘n sitplek verkies wat meer stabiel as ‘n oefenbal is. Staan gereeld op om

strekoefeninge te doen – ten minste elke halfuur. Loop ‘n entjie in die kantoor, vir ‘n paar minute. Oorweeg ook om ‘n

staanlessenaar aan te vra (hulle kan gewoonlik ook afgestel word vir sittende gebruik).

Page 9: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Rubriek: ‘En daar was lig’ – Deur Philip Langenhoven

Hoeveel kan Genesis se ‘soorte’ verander?

Hierdie rubriek bied inligting wat nie algemeen bekend is nie: argumente en getuienis dat die Bybel op sigwaarde geneem en

vertrou kan word as werklike geskiedenis wat deur sowat 40 skrywers oor 1,600 jaar in ‘n ongelooflike eenheid saamgevat is,

en gevolglik ook geheel en al relevant is vir die vraagstukke van die huidige tydvak en die grondslag van alle antwoorde bied.

Henry M Morris skryf (artikel verkort): Tien keer in Genesis 1 word vertel dat die plante

en diere wat deur God geskep is, ‘volgens soort’ (‘n ander vertaling is ‘aard’, en in

Engels ‘kind’) sal voortproduseer. Daar kan ‘n magdom van variasie binne elke ‘soort’

opgesluit lê, maar nog nooit het een ‘soort’ ‘n ander ‘soort’ voortgebring nie. Dus is

onbeperkte ewolusie deur die Skepper van die begin af verhoed of voorkom.

Hy het ‘n hoogs komplekse voortplantingsprogram ontwerp en gevorm vir elke soort, en

die ‘kode’ ingeplant wat bekend is as DNS (Engels: DNA). Dit verhoed ‘n baie breë

variasie-verandering, veral om die individu se karaktertrekke te behou.

Die vraag is: hoeveel variasie is binne ‘n ‘soort’ moontlik? Ewolusioniste glo sulke variasies is eindeloos, veral as

mutasies heeltyd tot die genepoel gevoeg word. Die waarheid is dat alle bekende mutasies skadelik (ten beste neutraal)

blyk te wees – so dit is moeilik om in te sien dat dié faktor die spektrum van moontlike, bruikbare variasies sal verhoog.

Genesis se ‘soorte’

In ‘n poging om die Genesis-‘soort’ te definieer/uiteen te sit, het Carolus Linnaeus ‘n spesie gedefinieer as ‘n stabiele,

reproduserende populasie wat nie met ander populasies kruis nie. Sy klassifiseringstelsel is deesdae nog in gebruik:

spesie, genus, familie, orde, klas, ens. Vir Linnaeus was reproduktiewe stabiliteit die kern - soos in Genesis geïmpliseer.

Hoe wyd die reeks van moontlike variasies binne ‘n ‘soort’ kan strek, is sigbaar in die hond-soort. Groot variasies in

grootte, vermoëns, temperament en klimaat-voorkeure is in honde ontwikkel deur selektiewe kruising deur die mens,

binne ‘n paar duisend jaar. Nie net mak honde nie, maar ook wolwe en jakkalse - om ‘n paar te noem - is van dieselfde

voorgeslagtelike ‘hond-soort’. Al hierdie karaktertrekke moet oorspronklik geskepte karaktertrekke verteenwoordig wat

dormant of latent in die dier is totdat selektiewe kruisingstegnieke hulle na vore gebring het.

Talle veranderinge sedert Babel

‘n Groot aantal menslike karaktertrekke het al vorendag gekom sedert die verspreiding by Babel – dink aan die Afrika-

pigmi en die reuse-Watusi, die Australiese inheemse bevolking en die Sjinees. Dit is moontlik dat soortgelyke

verskeidenheid ook in ander ‘soorte’ voorkom. Dit is ook moontlik dat die vinnigste tempo van variasie plaasgevind het

kort na die groot Vloed. Dit is bekend dat slegs ‘n paar dominante karaktertrekke normaalweg in ‘n groot, ‘intelende’

populasie na buite uitgedruk word – maar ‘n groot aantal nuwe variasies mag vinnig verskyn.

Beide situasies het vir die eerste eeue na die Vloed gegeld. Die wêreldwye omgewing was drasties verander en die diere

wat van Ararat afgekom het, het geleidelik nuwe, verskillende omgewings binnegegaan. Die populasies was aanvanklik

minimaal: ‘n sekere aantal pare. Dus het omstandighede die vinnige ontwikkeling van talle nuwe variasies binne elke

‘soort’ ondersteun. Soos elke variasie aangepas het, kan hulle as ‘spesie’ of selfs ‘genus’ gedefinieer word.

Leidrade na oorspronklike ‘soorte’

Sulke variasies was ‘horisontaal’, op dieselfde vlak van genetiese kompleksiteit, eerder as ‘vertikaal’ na hoër vlakke van

genetiese ontwikkeling – wat deur die teorie van ewolusie vereis word. Enige ware vertikale veranderinge (soos mutasies)

moes ‘afwaarts’ eerder as ‘opwaarts’ plaasgevind het, in die rigting van degenerasie en uitwissing, ooreenkomstig die

entropie-beginsel en die aard van bekende mutasies.

Daarby sal natuurlike seleksie neig om kleiner variasies voort te bring as die variasies voor die Vloed, weens die kleiner

volume kos en rowwer omgewingsomstandighede wat sou geheers het. Die fossielrekord toon ook aan hoe drasties

plante en diere se grootte na die Vloed afgeneem het, en talle soorte het uitgesterf. ◼

Page 10: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Oom Herrie se Kerrie – Deur Herman Toerien

“Ken jy ’n 13 honderd Kawasaki?”

Ten spyte van die geraas in ons straat, is oom Herrie nie

by verstek bevooroordeeld teenoor motorfietse nie. Oom

Herrie kom uit ’n lang tradisie van motorfietsryers. Ma

Johanna se pa had ’n motorfiets waarmee hy elke dag

lande toe gery het. Watter soort motorfiets weet oom

Herrie nie, want toe die kleine Herrie as oudste kleinkind

sy opwagting gemaak het, was die motorfiets skynbaar

reeds uit die samelewing verwyder.

Pa Jan het self jongtyd ’n kranige help-my-trap gehad.

Amper meer fiets as motorfiets, maar die Dalsigbult in

Stellenbosch was nie ’n man se maat nie, en byna alle

fietsryers het hul ysterperde daar uitgestoot. Maar dan

kom Pa-Jan, en trap prr, prrr by hulle verby.

Eers het boet Nico ’n motorfiets gekry – ‘n blink padmotorfiets. En toe kry oom Herrie syne, ’n tweedehandse Yamaha

350 Twin. Ja, ’n tweeslag, en op sy dag glo die vinnigste produksiemotorfiets op die mark. ’n Valhelm was ingesluit, maar

die vorige eienaar se ghrieskop het die helm, selfs na verskeie waspogings, onbruikbaar gemaak.

Oom Herrie onthou nog die sensasie om teen so 120 aangesuiker te kom, en dan sonder om rat terug te verwissel, daai

petrol oop te trek en agteruit op die sitplek te skuif. Spoed en krag. Dit was ook die tyd toe die Zeffers gaatjies in hul

baaiks se uitlaatpype gemaak het om tog bietjie lawaai te kan maak, ek sê. En die spietkops het op hulle jag gemaak.

Maar met Ma Johanna wat plaas gekoop het, was ’n splinternuwe Honda 250 Scrambler veel nuttiger. Maar oom Herrie

het altyd onderneem dat die dag as hy verloof raak, word die sleutel finaal uitgehaal. En so was dit.

Geraas maak was nie een van hierdie motorfietse se vernaamste kenmerk nie, en gaatjies in die uitlaatpyp maak, aikôna.

Maar so kom die 500 cc’s, die 750’s die 1 000 cc’s en oplaas (so ver oom Herrie weet), die 13-honderds. Maar steeds het

dit nie geraasgewys gepla nie. Maar deesdae gaan die spoed met ’n enorme geraas gepaard – enige tyd van die dag of

nag. Selfs al jaag hulle op die verbypad, seker ’n kilometer van die Herries se huis af, gee dit so ’n vibrasie af, oom Herrie

wil-wil uit die katelkooi uit gevibreer word. Oom Herrie weet nie of daar gaatjies in die uitlaatpype is nie, en of die

vervaardigers bloot die Harley’s nadoen wat Saterdae voor die Cheetahwedstryde so ’n oorverdowende geraas in die

stadion maak dat die Cheetahs se ore so sing, hulle verbeel hulle so ’n rukkie voor die eindfluitjie wel blaas dat die

eindfluitjie reeds geblaas het, en dan weer ’n neerlaag uit die kake van ’n oorwinning pluk.

Maar destyds met die groot fietse wat op die mark gekom het, het die boere in Wes-Transvaal ’n paar uitstekende mielie-

oeste op ’n ry. Koos ry eendag met sy bakkie langs sy grensdraad toe hy ’n klomp motorfietse op die pad langsaan sien

verbyry. Hy merk dis boere van die omgewing, en hy keer een voor. Dié vertel van die goeie oeste het hulle ’n

motorfietsklub gestig, en hulle is juis nou op ’n uitstappie op pad Doodlekkerdam toe. Koos is opgewonde en beduie hulle

moet net bietjie stadiger ry, hy is nou by hulle.

Koos se bakkie staan nog in die verkoopslokaal en hik-hik, toe het Koos al die tjek uitgeskryf, en hy brul met die blink

ysterperd by die skuifdeure uit.

Nie lank nie. haal Koos die 125cc’s in, maar flits verby. “Ken julle ‘n 13-honderd Kawasaki?” Maar hy is weg voor. En so is

hy die 250’s, 500, 1 000cc’s en als verby, en oplaas jaag hy die spietkop heel voor wat die prosessie begelei ook met ’n

stink spoed verby: “Ken jy ’n 13 honderd Kawasaki?” Maar Koos is weg. Die spietkop sit hom met loeiende sirene

agterna, maar by die sekonde rek Koos die afstand.

Maar toe maak die pad ’n effense draai. Koos maak dit egter nie en is reguit, deur die grensdraad, deur ’n mielieland en

in ’n plaasdam in. Toe Koos oplaas sy kop onder die water uit kry, kom die spietkop net mooi daar aangejaag. Koos

spoeg ’n padda uit sy mond, en skree histeries: “Ken jy ’n 13 honderd Kawasaki?!”

“Ja,” sê die spietkop bedaard. “Nou waar sit die d&^%derse ding se brieke?!” skree Koos. ■

Page 11: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Reeks: Aussie-plekname (Deel 20)

Weet jy wat die dorp naby jou se inheemse naam beteken?

(Uittreksels uit ‘Aboriginal Place Names’, saamgestel deur AW Reed – 1994 herdruk)

(NOTA: Ons kon voorheen slegs ‘n paar name vir Northern Territory aanbied omdat die boek nie meer bied nie.)

Wes-Australië:

Bingarrah – Bome deur weerlig getref

Cererch – Swart papegaai met rooi stert

Goonaring – ‘n Stinkende fontein

Jabbarup – Baie gras

New South Wales:

Bellata – Kangaroo

Canowindra – Tuiste

Dinga – Beesvleis

Eabungyalgo – Droogte g

Victoria:

Numurkah – Skild gebruik tydens geveg

Prahran – Gedeeltelik deur water omring

Purpur – Spruit met baie waterskilpaaie

Quamby – Om uit te span, te rus of te slaap

Suid-Australië:

Coulta – Naam van ‘n nabygeleë spruit

Cowieaurita – Geelbruin vloeistof (nou Jacob’s Creek)

Kangowirranilla – Plek vir kangaroos en water (nou

Macclesfield)

Tasmanië:

(Al die name vir Tasmanië in die boek is al genoem.)

Queensland:

Cobbabamana – Aan die kop gegrypā

Dundeppa – Uitkykpunt (‘Garden Island’)

Gin Gin – Naam van die plaaslike stam

Iarranguatta – Waar die gety inkom

Uit Facebook se binneblaaie

‘n Paar interessante items wat in Brokkies se Afrikaans in Australië geselsgroep op Facebook verskyn;

Bank Angler Aust in NSW het hul

opedag bekend gemaak. Is jy ‘n

varswaterhengelaar? Vertel ons

hoe die Australiese ervaring van die

ervaring in Suid-Afrika verskil, by

[email protected]

Laeticia Muller het hierdie video

geplaas van kinders wat volkspele

doen. Groeplede was verbaas dat dit

nog aangebied word. My ouers het

mekaar by volkspele ontmoet; het jy dit

beoefen?

Strandloper Radio adverteer gereeld

hul wonderlike program van

verskeidenheid. Meer besonderhede

oor hulle verskyn in hierdie uitgawe

onder ‘Gemeenskapsadvertensies’ –

gaan loer gerus daarna.

Page 12: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Geestelike Pitkos

Terug na bo...

Jesus, ons enigste, volkome Verlosser!

Die woord “enigste” en “volkome” in die opskrif is net so belangrik soos die ander drie woorde in die stelling. Daar is heelwat kultusse en Christengroepe wat glo dat Jesus die Verlosser is; Hy is net nie die enigste Verlosser vir hulle nie. Ander glo weer dat Hy die enigste Verlosser is, maar Sy verlossing is nie “volkome” (lees ook “genoeg”) nie. Iets kort, sê hulle. En daardie “iets” moet ons as mense bysit. Maar die Bybel praat anders hieroor. Jesus self het gesê: “Ek is die weg, en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”(Joh. 14:6) Paulus het dit geglo, daarom dat hy dit op baie plekke beaam. Hy skryf vir die jong man Timoteus: “Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus” (1 Tim 2:5) Die Hebreërboek-skrywer lê veral in die negende en tiende hoofstuk klem op die volkomenheid van Jesus se offer. So lees ons byvoorbeeld: “Deur die een offer, het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak.” (Heb 10:14) Buiten Jesus is daar regtig geen ander manier om by God uit te kom nie. En dan moet ons asseblief net op Jesus staatmaak, en nie ook op onsself probeer vertrou nie. Paul Copan skryf ‘n boek met die titel: ‘True for you but not for me’ en maak daarin die volgende opmerking oor Jesus se kruisdood en lyding: “Why bother suffering all of this if there are alternative ways to get saved?” Ja, glo dit gerus: Jesus is die enigste weg na verlossing. Tog is daar iets wat jy en ek kan doen: Ons moet so leef dat mense Jesus in ons raaksien - maar dan nie om by te dra by Sy verlossing nie, maar om ons dankbaarheid vir hierdie redding te toon. Titus 2:14 “Hy (Jesus) het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen”

Ds Gawie Cloete Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australie – Bunbury Gemeente (E-pos: [email protected])

(Soos in sy ‘Gedagte’ uitgegee en goedgunstiglik tot Brokkies se beskikking gestel.)

Page 13: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Vir nuwe lesers: So lyk en werk Aus-Brokkies…

Ter wille van die talle nuwe intekenaars wat die afgelope maande by Aus-Brokkies se adreslys gevoeg is, die volgende

agtergrond: Brokkies was vir bykans 16 jaar ‘n huishoudelike naam onder Suid-Afrikaanse en Namibiese immigrante in

Nieu-Seeland, en nou bestaan hierdie eweknie in Australië vir die afgelope paar jaar. Brokkies het dus in twee nuusblaaie

vertak: Kiwi-Brokkies en hierdie Aus-Brokkies. Lees Brokkies se geskiedenis.

Die advertensie-afdeling het al ‘n klompie adverteerders bygekry, maar daar is nog baie oop spasies. Mense wat

kleinsake in Australië bedryf en wat graag hierdie blad met ‘n borg-advertensie (teen ‘n baie billike tarief) wil ondersteun,

kan op die Bokkies-webwerf gaan lees hoe advertering werk en voorbeelde van advertensies sien.

Bemark jou gemeenskapsgeleentheid Aus-Brokkies bied die geleentheid om jou kerk- of gemeenskapsaak se spesiale geleenthede in meer diepte bekend te

stel en dit versterk jou promosies op Facebook. Afrikaanse kerke kan hul gereelde dienste GRATIS adverteer. Kyk

‘Afrikaanse Kerkdienste’ elders. Afrikaanse radiostasies, taalklasse en sosiale geleenthede soos potjiekos, braaivleise

en musiekaande kan ook gratis geadverteer word. Ook ‘Aussie-gerigte’ geleenthede waarby SA immigrante betrokke is.

Aus-Brokkies benodig jou stories of storiewenke! Watter soort stories word benodig? Mense se prestasies, interessante stokperdjies, belangstelling, aktiwiteite, of hul eie

skryfwerk is goeie materiaal. Dit kan gaan oor mense se deelname op werk-, studie-, sport-, kultuur-, sake-, kerklike of

sosiale gebied. As jy voel jy skryf nie te lekker nie, gee net die inligting deur en ons doen die res! Lees net eers ons

riglyne vir plasing van artikels by www.brokkies.net/bydraes.

Outentiek Australië…

Page 14: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Vertel ons van mense se prestasies of belangstellings

Ken jy ‘n mede-immigrant vanuit SA of Namibië wat ‘n prestasie behaal het of ‘n interessante

werk, belangstelling of stokperdjie het? Of dalk het hulle iets baie interessant beleef. Onthou,

Aus-Brokkies soek altyd sulke stories om gereeld sy Afrikaanse lekker met almal te deel.

Jy kan help deur stories self te skryf; ons sal dit redigeer indien nodig. Of, jy kan net die

agtergrond deurgee met die persoon se kontakinligting sodat ek dit met hulle kan opneem. Kyk

by www.brokkies.net hoe dit werk by 'Bydraes'.

Gee jy jou Brokkies aan vir iemand?

Hier’s ‘n spesiale versoek aan alle intekenaars...

Talle lesers van die vorige Brokkies het hul kopie van die e-pos wat Brokkies se jongste uitgawe bekend stel, aan familie

en vriende elders aangestuur. Dit is goed dat hierdie proesel Afrikaans so versprei word, maar mense kan ons baie help

om ‘n beter gevoel te kry vir die werklike aantal lesers wat Brokkies weekliks bykry.

Daar is derduisende gesinne wat op Kiwi-Brokkies ingeteken is en Aus-Brokkies se adreslys groei reeds sterk. Daar is

ook talle ander, ook buite Australasië, wat dit onregstreeks ontvang. Hiermee ‘n versoek dat jy liewer hierdie skakel aan

hulle stuur sodat hulle self kan inskryf.

Kom gesels saam op Facebook in Afrikaans

Het jy al op Facebook die onlangs hernude groep ‘Afrikaans in Australia’ raakgeloop? Indien nie, maak gerus daar

‘n draai en gesels lekker met ander lede. Nooi ook jou vriende uit om by die groep aan te sluit.

Besoek ‘Afrikaans in Australia’ op Facebook

Die Brokkies-webwerf bied alles wat jy nodig het

Of jy wil inteken op Aus-Brokkies, vir die redakteur wil skryf, stories wil aanbied,‘n advertensie wil bestel of hernu, of

jou adres wil verander - alles word deur die Brokkies-webwerf gedoen. Alle uitgawes van Brokkies word op die

webwerf gehuisves vir mense wat iets soek wat in ‘n vorige uitgawe verskyn het.

Besoek Brokkies se Facebook-bladsy Brokkies het sy eie Facebook-bladsy. Die adres is https://www.facebook.com/Brokkies.Net Help ons asseblief deur

die nuwe webwerf se skakel (www.brokkies.net) aan vriende en familie te stuur. Onthou om te ‘like’ as jy dit ‘like’!

Kommunikeer so met Aus-Brokkies Vir Advertensie-riglyne, om 'n brief of ander bydrae in te stuur, om iemand in te teken of jou adres te verander, besoek www.brokkies.net. Die webwerf bevat skakels waardeur al bogenoemde funksies verrig kan word. Om op te hou om Aus-Brokkies te ontvang, besoek http://brokkies.net/skryf-in en versoek dat jou e-posadres verwyder word.

Aanspreeklikheid en Regte (Lees volledige Gebruiksvoorwaardes en Privaatheidsbeleid by brokkies.net - heel onder aan tuisblad) • Die redakteur van Aus-Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of

algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie.

• Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig.

Page 15: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Gemeenskapsadvertensies

Terug na bo...

Beplan jy emigrasie? Wonder jy wat dit kos om in Austraië te woon?

As deel van mense se voorbereiding om te emigreer, vra hulle gereeld vrae rondom die tipiese lewenskostes in Australië.

Mense help graag op sosiale media, maar die prentjie is nooit volledig nie want dit is ‘n moeilike vraag om te beantwoord.

Hierdie webwerf by mag van groot hulp wees indien jy lewenskostes in verskillende stede met mekaar wil vergelyk.

Die Strandloper – Jou HARTKLOP in Afrikaans

Die Strandloper saai weekliks uit vanuit Geelong, Victoria. Ons 2 uur lange program

is vol pret en alles wat lekker is.

Ons luister elke week na nuwe en ou musiek vir jonk en oud, en ons gesels gereeld

met kunstenaars vanuit Suid Afrika en bespreek alledaagse dinge.

Wanneer Woensdae van 8nm tot 10nm (AEST)

Waar: In Victoria op 94.7 FM,

Internet www.947thepulse.com of via die Tunein App op jou slimfoon

http://tun.in/seUCT

‘Like’ DIE STRANDLOPER op Facebook en bly so op die hoogte: https://www.facebook.com/947strandloper/

Stuur jou versoeke of gesels lekker saam tydens ons program op Whatsapp 0408 555 667 of op ons Facebook blad

Epos: [email protected]

Afrikaans Sonder Grense (ASG) – Vars uit Australië!

Afrikaans Sonder Grense (ASG) is 'n 2 uur lange Afrikaanse musiek radioprogram wat

weekliks lewendig uitgesaai word uit Bundaberg, Queensland in Australie.

Wanneer : Elke Donderdag 6-8 nm (Queensland-tyd)

Waar: Via Internet by www.coralcoastradio.net.au en op radio in en om Bundaberg op 94.7 Fm.

Hoofsaaklik Afrikaanse musiek vir jonk en oud, nuusgebeure, humor en onderhoude met besoekende kunstenaars. Van tyd tot tyd kry

ons interessante Suid Afrikaners wat vir ons kom kuier in die ateljee.

'Like' ons op Facebook by Afrikaans Sonder Grense met Rochelle en word so deel van ons Afrikaanse musiekfamilie in Australië.

As jy jou e-pos met ons deel, ontvang jy altyd 'n briefie van wat in die program gaan gebeur.

Skryf vir Rochelle by [email protected]

Die e-pos in die ateljee tydens ASG is: [email protected] (stuur ons jou versoeke!)

australia.gov.au webwerf vir al jou inligtingsbehoeftes Australië se regering het 'n baie bruikbare inligtingswebwerf genaamd australia.gov.au. Dit vat al die staatsdepartemente se inligting

ie publiek in een webwerf saam. Hoewel jy 'n soektog deur die soekfunksie kan doen, word die volgende temas aangebied waaronder

'n mens na inligting kan soek:

• Voordele en betalings

• Omgewing

• IT en Kommunikasie

• Openbare veiligheid en die Reg

• Besigheid en Industrie

• Familie en Gemeenskap

• Werk en Werkplek

• Sekuriteit en Verdediging

• Kultuur en Kuns

• Gesondheid

• Geld en Belasting

• Vervoer en Streke

• Opvoeding en Opleiding

• Immigrasie en Visas

• Paspoorte en Reis

• A-Z van regeringsdienste

Besoek australia.gov.au

Wil jy in Gemeenskapsadvertensies adverteer? Hierdie spasie is hoofsaaklik bedoel vir Suid-Afrikaners in Australië wat hul steungroepe, sosiale groepe, klubs of Afrikaanse kerke se

spesiale geleenthede wil adverteer of bevorder. Of die funksie of projek op mede-immigrante gerig is, of ook op die breër Aussie-

gemeenskap, maak nie saak nie. Solank daar ‘n Suid-Afrikaanse konneksie is (bv omdat ‘n SAner dit vir ‘n breër gemeenskapsgroep

reël, of omdat dit op SAners gemik is) kan advertensies hier geplaas word. Dit is GRATIS om hier te adverteer. Al wat benodig word,

is die Wat (paragraaf of twee), Wanneer, Waar, Koste, Kontakbesonderhede. Besoek www.brokkies.net/adverteer

Page 16: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Kleinadvertensies (Persoonlik)

Terug na bo...

Wil jy jou motor of kajak verkoop, ‘n ou meubelstuk verkwansel, boeke weggee, of benodig jy ‘n geleentheid om ‘n paar

items in iemand anders se vraghouer vanuit Suid-Afrika na Australië te laat kom? Dit is maar enkele voorbeelde van die

soort advertensie wat vir bostaande Persoonlik adertensie-kategorie bedoel is. En dit is GRATIS!

Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Kleinadvertensies (Besigheid)

Terug na bo...

Klik op die besigheidstipe van jou keuse:

Algemeen Eiendomme te huur of te koop Professionele dienste Versekering

Akkommodasie / Tydelike verblyf Finansiële dienste Rekenaardienste SA-produkte

Ambagsmanne / Kontrakteurs Motors Skoonheid & Gesondheid

Algemeen

Terug na besigheidstipes...

1. Eksklusiewe Juwele! Ontwerp en vervaardig volgens jou smaak Ons ontwerp en vervaardig bekostigbare, eksklusiewe juwele soos verloof- en trouringe, oorbelle, hangertjies,

armbande en mansjuwele. Ons ontwerp dit volgens jou persoonlike smaak en voorkeur.

Kontak ons vandag vir 'n gratis konsultasie om jou behoeftes te bepaal.

Liana Coetsee | [email protected] | www.thediamondtree.com.au | +61 04 280 75775

2. Strykwerk gedoen vir jou – Mindarie / Clarkson en omgewing Strykwerk gedoen in 'n rook- en dierevrye huis, in Mindarie, Clarkson en omgewing.

Volwassenes se items: $2.00 per item Kinders (7-10 jaar): $1.50 per 2 items

Kinders (0-6 jaar): $1.50 per 3 items Skooluniforms: $1.50 per uniform

Ook beddegoed, tafeldoeke ens. Alle pryse beskikbaar op ons Facebook-bladsy

Yolandi van der Merwe, Ironmate Ironing Services, tel 0452484677, e-posadres: [email protected]

3. Hannie’s Sewing - Naaldwerk professioneel gedoen! Naaldwerk en herstelwerk professioneel en netjiese gedoen. Diploma in naaldwerk, klere-ontwerp,

patroonmanipulasies en ‘taillering’. Industriële masjien vir netjiese afwerking. Rookvrye en troeteldiervrye huis.

In Butler, Quinns Rocks, Clarkson omgewing.

Skakel vir Hannie asseblief vir ‘n afspraak en kwotasie +61 0435123365. (Het ‘n ABN nommer.)

4. Geleentheid om groente te produseer By die Lifestyle Centre in Samford / Brisbane is daar 2.5 akker met waterregte beskikbaar vir die regte persoon teen

minimale teenprestasie. Die ideale persoon moet belangstel in plaaslike voedselproduksie (‘local food growing’) met

minimale tot geen gebruik van chemiese gifstowwe. ‘n Vraag na die produk bestaan reeds.

Registreer jou belangstelling by [email protected]

Page 17: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

5. ‘Fingerboards R’us maak ou herinneringe weer werklikheid Vingerbord ... Vingerbakatel ... Flicker-bord ☆ Uitmuntende kwaliteitborde en diens ☆ Kan jy nog onthou? Het jy

goeie kinderdae-herinneringe rondom die gesins-gunsteling? Jy kan een by jou deur afgelewer kry; bel nou vir ‘n

kwotasie! Puik vir interaksie tussen oud en jonk! Hoor weer jou gesin lag en gesels rondom die gewilde spel!

Kontak Zenobia Pretorius | 04 669 07699 | E-pos: [email protected] | www.fingerboardgame.com

Akkommodasie / Tydelike verblyf

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Ambagsmense / Kontrakteurs

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Eiendomme te huur of te koop

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Finansiële dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Huislenings – die makliker uitweg Gideon Kirsten van Loan Market onderhandel met banke namens jou vir jou huislening, besigheidslening, herfinansiering,

ens. Hy lewer professionele advies, bied jou keuses aan en hy lewer ‘n persoonlike diens.

Skakel 0411 236 620 | vonkpos [email protected] | ( Australian Credit License # 390222).

2. Bookkeeping services / Boekhoudienste Ek help enige kleinsake-onderneming om die weeklikse of maandelike finansiële sleurwerk vining en effektief af te

handel. My dienste sluit in: Inlees van data, finansiële varslagdoening, payroll, voorbereiding van BAS.

Ek is geleë in Redlands, Queensland

Sarah Baumbach | Kalos Bookkeeping | Tel: 0490 315 723 | E-pos: [email protected]

3. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? Rand Rescue is ‘n plaaslike maatskappy wat Suid Afrikaners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om

hulle Rande te “Rescue”! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele

en erfgeld. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank en kan jou help met jou SARS belasting

uitklarings. Kontak Reeva Cutting: 02 9098 0380 / 0448 609 061 / www.randrescue.com of Henrico +64 21 2655 066

[email protected]

Page 18: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Motors

Terug na besigheidstipes...

Besit jy ‘n motorwerktuigkundige besigheid? Hierdie ruimte is GRATIS beskikbaar. Meer by www.brokkies.net/adverteer

Professionele dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Regsadvies vir Suid-Afrikaanse Aussies – MiGrate Lawyers Met kantore in beide Suid-Afrika en Australië, en Afrikaanssprekende prokureurs wat steeds in beide lande op die rol

is, kan ons help met alles van huiskoop (in Queensland), visas, boedelbeplanning, oprigting van maatskappye en trusts

en testamente wat oor beide jurisdiksies sal strek - veral as jy nog belange in Suid-Afrika het.

Alex Pretorius | Tel 07 4154 5500 | E-pos: [email protected] | Web: www.migratelawyers.com

2. Leiding met Loopbaan-, Studie- en Vakkeuses Potential Profiling help jou kind ‘n loopbaan kies wat sy/haar brein se natuurlike denkvoorkeure pas. Verhoed

teleurstelling, frustrasie, tydmors, demotivering, konflik, onderprestasie en studieskuld-las eie aan verkeerde

beroepskeuses. Vir ‘n unieke loopbaanleidings-diens, skryf vir Martin Hefer by [email protected]

3. Oorweeg jy om na Nieu-Seeland te verhuis? Indien jy oorweeg om Australië vir Nieu-Seeland te verruil, kontak ons gerus vir bystand en advies. Ons netwerk kom een

keer per maand in Auckland bymekaar om nuwe immigrante by te staan met advies en netwerkgeleenthede.

Besoek ons webtuiste by www.networkfinancialservices.co.nz of kontak Eugene by

[email protected] of +64 22 276 0082

Tipiese adverteerders in bogaande seksie sluit ook in prokureurs, dokters, tandartse, immigrasie-adviseurs, ens. Jy kan

tans gratis adverteer. Besoek www.brokkies.net vir meer inligting.

Rekenaardienste

Terug na besigheidstipes...

Of jy rekenaars herstel, bou of verkoop – of dienste soos programmering of webontwerp doen, hierdie afdeling is vir jou.

Jy kan tans gratis in hierdie advertensieruimte adverteer met geen verpligting later nie. Kyk www.brokkies.net/adverteer

Skoonheid & Gesondheid

Terug na besigheidstipes...

1. SOLAL* nou in Australië beskikbaar! SOLAL is ‘n uitgebreide verskeidenheid van gesondheid- en welstandprodukte met innoverende en doeltreffende

voedingsaanvullings wat geformuleer is om jou te help om die onderliggende oorsake van gesondheidsprobleme meer

natuurlik aan te spreek.

Kontak ons per epos by [email protected] of KOOP AANLYN by www.theskinworx.com

Page 19: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Versekering

Terug na besigheidstipes...

1. Is jy nuut in Australië? Ons help nuwe immigrante oor die laaste 15 jaar met hulle:

• Lewensversekering

• Pensioenfondse (Superannuation)

• Aftreebeplanning

Kontak ons vir vriendelike en professionele dienste.

Marius De Lange | Nautilus Financial Planning | Tel 04 025 77 374 | E-pos [email protected]

SA-produkte

Terug na besigheidstipes...

1. Biltong en boerewors – nou ook AANLYN beskikbaar! Mis jy jou biltong, boerewors, droë wors, Ouma-beskuit, Beacon-lekkergoed, Pronutro of ‘kriem soda’?

Snuffel dan na hartelus deur ons nuwe aanlynwinkel vir lekkernye wat uit Suid-Afrika ingevoer is. Ons het ook ‘n wye

reeks nie-kos produkte soos potjies, braairoosters, braaitange en vele meer…

BILTONG & BOEREWORS | Tel 028 678 6014 | E-pos [email protected] | www.biltongandboerewors.com.au

Werksgeleenthede

Terug na bo...

Geleentheid om groente te produseer By die Lifestyle Centre in Samford / Brisbane is daar 2.5 akker met waterregte beskikbaar vir die regte persoon teen

minimale teenprestasie. Die ideale persoon moet belangstel in plaaslike voedselproduksie (‘local food growing’) met

minimale tot geen gebruik van chemiese gifstowwe. ‘n Vraag na die produk bestaan reeds.

Registreer jou belangstelling by [email protected]

_______________________________________________________________________________________________

Hierdie ruimte is beskikbaar vir advertensies van vakatures; en in die meeste gevalle word hulle GRATIS geplaas

om ons immigrantegemeenskap te ondersteun.

Doen navraag by die redakteur by www.brokkies.net deur die skakel 'Kontak' en hy sal meer riglyne verskaf.

________________________________________________________________________________________________

Page 20: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

Afrikaanse kerkdienste

Terug na bo...

Afrikaanse kerkdienste in Australië

Terug na bo...

1. BUNBURY – Gereformeerde Evangeliese Kerk Eredienste elke Sondag om 9vm in Afrikaans.

Adres: RSL Saal, 19 Spencer straat, Bunbury.

Kontak ds Gawie Cloete by 0420481965 of 08-97951125 vir meer inligting.

2. PERTH - Eredienste in Suide van Perth op 3 plekke: Deo Gloria Community Church

Afrikaanse diens in Leeming

Ons het elke Sondag om 9vm ’n diens in Afrikaans by Livingston Seventh Day Adventist Church, Nicholson Rd, Canning

Vale, waar ds Gerhard Bredenkamp die voltydse leraar is.

Daar is ook in een van die ander lokale ‘n erediens vir Engelssprekendes om 9vm elke Sondag. Ds Dirk de Swardt bied

die dienste aan. Dirk is ook die voltydse leraar vir ons hoërskooljeug en jong werkendes.

Afrikaanse diens in Secret Harbour

Terselfdertyd vergader ons elke Sondag om 9vm ook in Afrikaans te Secret Harbour Community Centre, Oasis Drive,

Secret Harbour, waar ds Peet Grobbelaar die voltydse leraar is.

Engelse diens in Mandurah

Vir Suid-Afrikaners en ander Engelssprekendes wat dalk in Engels bedien wil word, het ons ’n gemeente in Mandurah,

wat op Sondag om 9.30vm te Foundation Christian College, Multi-Purpose Hall Valentine Drive, Greenfields

bymekaarkom. Ds Johan de Swardt is die voltydse leraar.

Besoek ons webwerf by www.deogloria.org.au of volg ons direkte uitsendings by http://deogloria.sermon.net/main

Kontak ds Peet by 0415 680 930, ds Gerhard by 0450 467 557 of ds Johan by 0417 981 614 of ds Dirk by 0481 331

138 veral vir jeug-verwante aangeleenthede.

3. WES-AUSTRALIë – Eredienste op die PLATTELAND van WA: Outreach WA in samewerking met die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië

Eredienste word gereeld op rotasiebasis in Afrikaans gehou by die volgende dorpe: Esperance, Albany, Katanning,

Brookton, Northam en Hyden. Daar word gewoonlik na die diens saam ge-eet en gekuier.

Vir meer inligting en ook vir die reël van ‘n pastorale besoek, kontak ds Gawie van der Merwe (woonagtig in Perth) op

selfoon 0415846599 of e-pos na [email protected]

4. WES-AUSTRALIë - Eredienste op Geraldton: Living Word (GEKA) Elke Sondag om 9vm in die SDA Kerk, 8 Milford Street, Geraldton. Die leraar is dr Tienie Bekker. Na die diens word daar

lekker saamgekuier oor ‘n koppie koffie/tee. (Indien Engelse mense in die erediens is, vind die diens in Engels plaas.)

Skakel Tienie by 0458 976 007 of e-pos na [email protected] meer inligting of besoek ons webwerf:

http://www.livingwordgeraldton.com.au/

5. PERTH - Eredienste met Geloofsonderrig: Drie bedieningspunte - Lux Mundi-gemeente

Clarkson om 9:30vm:

Elke 1ste Sondag van die maand ‘n Engelse erediens en al die ander Sondae van die maand word gelyklopend ‘n

Afrikaanse sowel as ‘n Engelse erediens in dieselfde gebou, twee verskillende lokale aangebied.

Adres: Sewende Dag Adventiste kerkgebou op hoek van Marmion Ave en Renshaw Blvd, Clarkson.

Kontakpersone: Ds Manie Strydom, 0487768936 / [email protected] ; en vir die Engelse bediening ds Wayne

Becker 0430782377 / [email protected]

Ellenbrook om 9:00vm:

Elke 1ste Sondag van die maand 'n Afrikaanse erediens en al die ander Sondae van die maand in Engels.

Adres: Ellenbrook Christian College te 5 Santona Blvd, Ellenbrook.

Kontakpersoon: Ds James Walters, 0424824897 / [email protected]

Page 21: Redakteursbrief - Brokkies · en deel dit graag op sosiale media soos Facebook en Instagram. “Met my fotografie probeer ek nie om die tegnies perfekte foto te neem nie, en nog minder

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 31 Augustus 2019

North Beach om 9:00vm:

Elke Sondag 'n erediens in Afrikaans.

Adres: Sewende Dag Adventiste kerkgebou te Wendling Rd, North Beach.

Kontakpersoon: Ds James Walters, 0424824897 / [email protected]

Landswye dagboek

Terug na bo...

Dagboek: Melbourne

Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/melbourne-inner-city vir aktiwiteite.

Dagboek: PERTH

Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/perth vir aktiwiteite.

Dagboek: Sydney

Besoek http://www.sydney.com/nz/events vir aktiwiteite.

Dagboek: Canberra

Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/canberra vir aktiwiteite.

Dagboek: Brisbane

Besoek http://www.queensland.com/en-AU vir aktiwiteite.

Dagboek: Adelaide

Besoek http://goo.gl/SkxjJ7 vir aktiwiteite.

Laat weet maar van ander stede of dorpe se ‘event’ inligting, by [email protected]

Riglyne vir adverteerders

Terug na bo...

Lees Aus-Brokkies se advertensieriglyne by www.brokkies.net/adverteer,

Kanselleer intekening / UNSUBSCRIBE

Terug na bo...

Om Aus-Brokkies te kanselleer, doen dit by http://brokkies.net/skryf-in of doen dit vanuit jou weeklikse subskripsie e-pos.

To unsubscribe email [email protected] with subject ‘Unsubscribe'. Provide your old email address in the body.