seniorsertifikaat-eksamen - gauteng.gov.za 12 sc... · things that go bump in the night...

33
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 33 bladsye. AFRIKAANS TWEEDE TAAL V2 HOËR GRAAD 2014 3

Upload: trandieu

Post on 01-Sep-2018

224 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 33 bladsye.

AFRIKAANS TWEEDE TAAL V2

HOËR GRAAD

2014

3

Page 2: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 2 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. 2. 3.

MOENIE die hele vraestel deurlees NIE. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

AFDELING A: AFDELING B: AFDELING C: AFDELING D:

Gedigte Roman Drama Kortverhale

(40) (40) (40) (40)

4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.

Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE genres wat jy voorberei het, aan. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE genres wat jy voorberei het en kies die vrae wat jy wil beantwoord. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 60 minute per afdeling/vraag. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 3 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INHOUDSOPGAWE

Kies ENIGE TWEE afdelings.

AFDELING A: GEDIGTE

Beantwoord enige TWEE gedigte.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY

1. Kontak Kontekstuele vraag 20 4

OF

2. Woorde Kontekstuele vraag 20 6

OF

3. Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8

OF

4. Wie’s hy? Kontekstuele vraag 20 10

OF

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord net EEN vraag.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY

5. Kringe in ʼn bos Kontekstuele vraag 40 12

OF

6. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom

Kontekstuele vraag 40 15

OF

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord net EEN vraag.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY

7. Poppie, die drama Kontekstuele vraag 40 19

OF

8. Paljas Kontekstuele vraag 40 23

OF

AFDELING D: KORTVERHALE

Beantwoord enige TWEE kortverhale.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY

9. Die storie van Piet se oupa Kontekstuele vraag 20 26

OF

10. Baby Kontekstuele vraag 20 28

OF

11. Die pakkie Kontekstuele vraag 20 30

OF

12. Op soek na Kid Khumalo Kontekstuele vraag 20 32

Page 4: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 4 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: GEDIGTE VERSJOERNAAL Beantwoord die vrae van enige TWEE gedigte. VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

KONTAK – Theo de Jager 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12

Ek kon jou met ʼn selfoon bel om te sê dat ek jou baie mis, maar die kaart was gekrap, die batterye pap en die boodskap het in die niet verdamp. Ek het vir jou ʼn brief geskryf en my hart se hoeke daarin uitgewas maar my pen was krom, my vingers te dom om die woorde in die koevert te pas. Toe het ek maar ʼn duif gestuur sonder skrif of klank, en nou wag ek, hoop ek en bid ek dat hy terug sal kom met ʼn takkie blare in sy bek.

1.1 Wat beteken die titel van die gedig? (1) 1.2 Noem die DRIE items wat die spreker wou gebruik om met sy/haar geliefde

kontak te maak. Haal slegs DRIE woorde aan.

(3)

1.3 Haal EEN versreël aan vir die rede waarom die spreker met sy/haar geliefde wou kontak maak.

(1)

1.4 Hoekom het die spreker die geliefde nie gebel nie? Gee TWEE redes. (2)

1.5 Kies die korrekte antwoord om die onderstaande sin mee te voltooi. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer. “die boodskap het in die niet verdamp” (versreël 4) beteken die boodskap het ...

A

B C D

teruggekom. weggeraak. uitgegaan. versprei.

(1)

Page 5: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 5 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.6 Die spreker het sy/haar brief gepos. 1.6.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 1.6.2 Gee ʼn aanhaling om jou antwoord op VRAAG 1.6.1 te motiveer. (1)

1.7 Kies telkens ʼn verduideliking in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (1.7.1–1.7.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 1.7.4 E.

KOLOM A KOL M B

1.7.1 1.7.2 1.7.3

“kon” en “maar” (strofe 1) “pen was krom” (strofe 2) “hoop ek” (strofe 3)

A B C D

Die spreker het ophou kontak maak. Die spreker wou kontak maak, maar het nie. Die spreker het nie moed opgegee om kontak te maak nie. ʼn Verskoning om nie kontak te maak nie

(3 x 1)

(3)

1.8 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die

antwoord neer. Die onderstreepte letters, “sonder skrif” (versreël 10), is ʼn voorbeeld van (alliterasie/assonansie).

(1)

1.9 Gee TWEE APARTE WOORDE uit strofe 3 wat voorbeelde van

kommunikasie is.

(2) 1.10 Wie is die “hy” in versreël 11? (1) 1.11 Hoekom, dink jy, was dit vir die spreker moeilik om met die geliefde te

kommunikeer?

(1) 1.12 Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.

Skryf net die vraagnommer (1.12.1–1.12.2) en die antwoord neer.

onsuksesvol; gelukkig; ongelukkig; suksesvol

Uit hierdie gedig kan ons aflei dat daar probleme tussen die twee geliefdes is wat die spreker (1.12.1) ... maak, maar as die duif terugkom met ʼn takkie blare in sy bek, sal die spreker weet dat sy poging om vrede te maak (1.12.2) ... was.

(2)

[20] OF

Page 6: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 6 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

WOORDE – Vincent Oliphant 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20

my woorde het nie die krag om bose magte tot ʼn val te bring nie my woorde kan bloot sing my woorde is nie ʼn dak om onder te skuil nie my woorde is swak my woorde kan nie keer dat ons die kromme note haal nie my woorde is kaal glo tog my woorde het nie die byt van koeëls en grofgeskut nie nee my woorde kan bloot bid en pleit en wens medeburgers van die lewe dat ons van grense sal vergeet en bloot mense sal wees en medemens

2.1 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer. Die gebruik van die voornaamwoord “my” in die gedig maak die gedig ...

A

B C D

lomp. eentonig. herhalend. persoonlik.

(1)

2.2 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die

antwoord neer. Versreël 4: “my woorde is nie ʼn dak” is ʼn voorbeeld van ʼn (vergelyking/ metafoor).

(1)

2.3 Gee EEN woord uit die gedig wat aandui dat die spreker se woorde nie krag het nie.

(1)

Page 7: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 7 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.4 Volgens die spreker is dit maklik om probleme op te los. 2.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

2.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1 deur EEN versreël uit strofe 3 aan te haal.

(1)

2.5 Wat bedoel die spreker met "my woorde is kaal" in versreël 9? (1)

2.6 Watter woord in strofe 4 beteken dat woorde mense kan seermaak? (1)

2.7 Hoekom staan die woord “nee” alleen in versreël 13? (1)

2.8 Noem TWEE maniere in strofe 4 waarop mense in vrede kan lewe. (2)

2.9 Hoe word die lesers aangespreek? (1)

2.10 Noem DRIE dinge wat die spreker se woorde in strofe 4 kan doen. (3)

2.11 Kies ʼn antwoord uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (2.11.1–2.11.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 2.11.4 E.

KOLOM A KOLOM B

2.11.1 2.11.2 2.11.3

“bose magte” (strofe 1) “koeëls en grofgeskut” (strofe 4) “grense” (strofe 4)

A B C D

positiewe gedrag verskille oorlog onregverdige regering

(3 x 1)

(3)

2.12 Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net die

vraagnommer (2.12.1–2.12.2) en die antwoord neer.

verander; respekteer; glo; leef

In hierdie gedig wil die spreker hê dat ons mekaar moet (2.12.1) ... en in

vrede moet (2.12.2) ...

(2) 2.13 Wat is die boodskap van hierdie gedig? (1) [20]

OF

Page 8: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 8 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21

jy los my alleen in ʼn huis vol geluide en hoe minder ek probeer luister hoe harder klink die klank van ʼn onbekende voetstap op die donker trap bang vaak verdwaal ek laat in die gange op soek na slaap wat om elke naghoek verdwyn ek skrik vir die naaldekokerstraatlig deur skaars bewegende blare jou jas aan die kapstok is ʼn man sonder bene ek is bang vir die stofsuierslang op die vloer van die spens en tot jy terugkom sleep ek my vlees soos ʼn kis agter my aan

3.1 Watter woord in die gedig dui vir ons aan dat daar niemand saam met die

spreker in die huis was nie?

(1) 3.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies.

Die (gehoor/gevoel)-sintuig kom in hierdie gedig die meeste na vore.

(1)

3.3 Die spreker herken die geluid op die trap.

3.3.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 3.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1 deur EEN versreël uit die

gedig aan te haal.

(1) 3.4 Haal die woord aan wat daarop dui dat die spreker nie sy/haar huis in die

donker ken nie.

(1)

3.5 Haal EEN woord uit die gedig aan waaruit ons kan aflei dat die spreker graag wil slaap.

(1)

Page 9: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 9 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.6 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die

antwoord neer. Die herhaling van die aa-klank in “bang vaak verdwaal ek laat” (versreël 7) is ʼn voorbeeld van (alliterasie/assonansie).

(1)

3.7 Waarmee word die straatlig vergelyk? (1) 3.8 Waaraan hang die spreker se jas? (1) 3.9 Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net die

vraagnommer (3.9.1–3.9.2) en die antwoord neer.

slang; spens; pyp; straat

Die spreker skrik vir die (3.9.1) ... van die stofsuier wat in die (3.9.2) ... is.

(2)

3.10 Wanneer sal die spreker beter voel? (1) 3.11 Uit watter woord kan ons aflei dat die spreker swaar dra aan sy/haar vrees? (1) 3.12 Wat word in reël 20–21 met mekaar vergelyk? (2)

3.13 Kies die verduideliking uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (3.13.1–3.13.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 3.13.4 E.

KOLOM A KOLOM B

3.13.1 3.13.2 3.13.3

“om elke naghoek” (versreël 10) “ek is bang” (versreël 16) “ʼn kis” (versreël 21)

A B C D

Die spreker kruip daar weg. Die kern van die spreker se probleem. Dit is waarheen die spreker se slaap verdwyn. Die spreker is tot die dood toe bang.

(3 x 1)

(3)

3.14 Bestaan die geluide wat die spreker hoor, regtig? Motiveer jou antwoord deur TWEE redes te gee.

(2)

[20]

OF

Page 10: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 10 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

WIE’S HY? – Adam Small 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

Die poet, wie’s hy? Djulle het so baie bek oorie poet, ma wié’s hy? Is hy rêrag soes djulle dink die ou moerie pen ennie ink wat in sy study sit en poems dink? Nai, djulle’s mistaken, nie hy nie ma djúlle is die poets, djulle wat innie straat in loep ennie gladde bek verkoep ma die dinge sien en soema net daa God tien hulle roep!

4.1 Wat is die funksie van die vrae in strofe 1? (1)

4.2 Na wie verwys die "hy" in die titel van die gedig? (1)

4.3 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Versreël 3: “Djulle het so baie bek” is ʼn voorbeeld van ʼn (metafoor/ vergelyking).

(1)

4.4 Die tradisionele digter gebruik ʼn rekenaar om sy gedigte te skryf. 4.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 4.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1. (1)

4.5 Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woord in te vul: Die tradisionele digter het sy/haar gedigte in ʼn ... geskryf.

(1)

4.6 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

Volgens die spreker is die tradisionele digter iemand wat ...

A

B C D

gedigte sit en uitdink. idees by ander mense kry. ander mense se idees steel. gedigte oor ander digters skryf.

(1)

Page 11: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 11 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.7 Skryf EEN versreël neer wat aandui dat die spreker nie saamstem met wat

die mense sê nie.

(1)

4.8 Wie is die “hy” in versreël 10? (1) 4.9 Wie is die “djulle” in versreël 11? (1) 4.10 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die

antwoord neer. Die onderstreepte konsonante, “wat in sy study sit en poems dink?” (versreël 7) is ʼn voorbeeld van (alliterasie/assonansie).

(1)

4.11 Haal ʼn VERSREËL aan wat wys dat die “djulle” dadelik praat as iets nie reg is nie.

(1)

4.12 Wie word in die laaste strofe as getuie geroep? (1) 4.13 Gee EEN rede waarom die “djulle”, volgens die spreker, die eintlike

digters is.

(1) 4.14 Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net

die vraagnommer (4.14.1–4.14.2) en die antwoord neer.

kla; vrees; glo; twyfel Die gewone mense word aangesê om in hulleself te (4.14.1) ... en nie te

(4.14.2) ... dat hulle gedigte kan skryf nie.

(2) 4.15 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.

Skryf net die vraagnommer (4.15.1–4.15.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld 4.15.4 E.

KOLOM A KOLOM B

4.15.1 4.15.2 4.15.3

“baie bek oorie poet” (versreël 3) “gladde bek verkoep” (versreël 13) “die dinge sien” (versreël 14)

A B C D

dink voor hulle praat sien die lewe soos dit werklik is het snaakse sêgoed het baie opinies oor die digter

(3 x 1)

(3)

4.16 Waar is die “daa” in versreël 15? (1)

[20] TOTAAL AFDELING A: 40

Page 12: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 12 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: ROMAN Kies die roman wat jy voorberei het. VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11

"Jy maak ʼn fout mister MacDonald, ek dink nie iemand wat vir jóú kneg was, kon dit ooit vergeet nie." Dit was soos die trek van ʼn streep, die einde van ʼn tydperk. Hy het omgedraai en uitgestap. Agter hom het die saal in beroering gekom en hy was al ʼn hele ent in die straat af voordat die orkes weer begin speel het. Dit was nagdonker. Oorkant by die kaai het die lanterns by die tolhuis dof geskyn; in die waterslote het die paddas skielik opgehou met klik as hy nader kom en met slurpgeluide in die water plons. Die opstand wat dae lank in hom gesmeul het, het witwarm in hom gebrand. All woodcutters are wild and dirty. Hy het dit amper vergeet, dink hy sinies en trap versigtig oor die gaterige straat ... Kyk hoe lyk die dorp.

5.1 Na die gesprek onthou Saul die frase: “All woodcutters are wild and dirty and

so are their children." (5.1.1) (Jane/Kate) moes die frase (5.1.2) (baie keer/paar keer) uitskryf toe iemand vir haar (5.1.3) (pa/ma) vertel het dat sy by Saul in die skuur was.

(3)

5.2 Hoe oud was Saul toe hy Kate die eerste keer ontmoet het? (1) 5.3 Vir wie het Kate kom skoolhou toe sy teruggekom het Bos toe? (1) 5.4 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.

Skryf net die vraagnommer (5.4.1–5.4.4) en die antwoord neer.

klere; Barnards; skip; slaapplek; Pattersons; vyf; sewe; branders

“Julle (5.4.1) ... skuld my! Ek gee vir jou (5.4.2) ... en nou kom sê jy ek

skuld jou geld ook? Ek het (5.4.3) ... sjielings op jou pa se skuld afgetrek en ʼn sjieling vir die tyd wat jy onder op die kaai van my gesteel het deur jou te staan en verkyk aan die (5.4.4) ...”

(4)

Page 13: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 13 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.5 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

5.5.1 Toe Saul die eerste keer op MacDonald se houtwerf was, het hy

gesien hoe sy pa moes (kruip/betaal).

(1)

5.5.2 By dieselfde geleentheid het MacDonald vir Joram gesê sy hout is vrot en derdeklas en dat hulle (waenhout/dwarslêers) moet kap.

(1)

5.6 Op die vierde dag wat Saul by MacDonald gewerk het, het hy sy pa se wa

op die werf gesien en toestemming gevra om te gaan groet. Wat het sy pa-hulle onder die hout probeer wegsteek?

(1)

5.7 MacDonald het vir Saul ʼn goeie salaris betaal. 5.7.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 5.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.7.1 met TWEE bewyse. (2) 5.8 Saul het by Macdonald geleer van die skewe sirkels. 5.8.1 Bespreek die skewe sirkel tussen die houtkappers en die Bos. (2) 5.8.2 Bespreek die skewe sirkel tussen die houtkappers en die

houtkopers.

(2) Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11

“Is daar iets verkeerd?” “Jou pa. Hy is nie meer op die aarde nie.” Die woorde het hulleself in sy kop herhaal voordat die werklikheid hom getref het. Joram Barnard dood? Die Bos sonder Joram Barnard? Hy het die eienaardige gevoel gekry dat een van die groot kalanders in die Bos omgekap was en dat daar êrens 'n groot oopte oorbly ... Hy het teen Joram Barnard se hand gerebelleer, teen sy wil geskop en losgebreek en geweet dis met die krag van Joram Barnard wat in sy liggaam sit dat hy dit gedoen het, dat hy vrygekom het! Uit Joram Barnard se hand het hy die Bos leer ken, 'n skerm leer maak waaronder die kwaaiste winterreën jou lyf nie bykom nie.

5.9 Hoe is Saul se pa, Joram Barnard, dood? (1) 5.10 Wat wou Saul graag eendag vir sy pa gaan wys het? (1)

Page 14: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 14 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.11 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

Na sy pa se begrafnis het Saul na Maska toe gegaan om uit te vind ... A

B C D

of hy ook wou goud delf. of ʼn olifant ʼn slim dier is. waar Jozef-hulle toe gebly het. of hy Kate gesien het.

(1)

5.12 Nadat Saul met Maska gepraat het, het Maska iets belangriks besef.

Watter spesiale verhouding, het Maska besef, bestaan daar tussen Oupoot en Saul?

(1)

5.13 Kies die antwoord uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.

Skryf net die vraagnommer (5.13.1–5.13.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld 5.13.6 G.

KOLOM A KOLOM B

5.13.1 5.13.2 5.13.3 5.13.4 5.13.5

Die delwers het Saul so genoem Die ander houtkappers het Saul so genoem Patterson het Saul so genoem Die meisies op die dorp het Saul so genoem Maska het Saul so genoem

A B C D E F

spioen verraaier Oupoot se mens-broer vriend the handsome English Dutchman die moeilike delwer van Meulbos

(5 x 1)

(5)

5.14 Wat is ʼn goodfor? (1)

5.15 “En ʼn bloubokkiekop gooi jy saam met die binnegoed weg ...”

5.15.1 Hoekom het die bosmense die kop van die bloubokkie weggegooi?

(1)

5.15.2 Wat het Saul uitgevind toe hy die bloubokkie se kop oopgekap het? Gee TWEE feite.

(2)

5.15.3 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Deur die bloubokkie se kop oop te kap, het Saul gewys dat hy (bygelowig/nuuskierig) was.

(1)

Page 15: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 15 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.16 Mister Osbourne is deur die goewerment aangestel om paaie te bou. 5.16.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 5.16.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.16.1. (1)

5.17 Maar die Woensdagoggend op Abraham Steyn se werf het hy wakker geword en geweet watter kant toe hy op pad is.

5.17.1 In watter dorp was Saul op daardie stadium? (1) 5.17.2 Watter tipe ambag het Saul daar geleer? (1) 5.18 Saul was alreeds op die Pictor toe hy die nuus oor Oupoot gekry het. 5.18.1 Watter nuus het Maska vir Saul gebring oor die skiet van Oupoot? (1) 5.18.2 Om watter rede moes Oupoot geskiet word? (1) 5.18.3 Waarvoor is Oupoot aan die einde geskiet? (1) [40]

OF

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13

Toe dog ek dalk moet ek vir my ma ʼn man soek. ʼn Normale man met ʼn das en ʼn aktetas. Dan hoef sy mos nie so hard te werk om twee kinders aan die lewe te hou nie. Maar elke keer as ek vir haar ʼn man gewys het wat vir my perfek lyk, ʼn prokureur of ʼn rekenmeester of so iets, het sy uitgebars van die lag. Ek het haar nogtans omgepraat om op ʼn paar blind dates te gaan. (Net vir die grap, het sy vir Tibo gesê. Net om vir Hanna stil te kry.) Elke enkele afspraak was ʼn katastrofe. My ma het geweier om ordentlik aan te trek. “Hy moet my vat soos hy my kry!” Helaas. G’n prokureur of rekenmeester het ooit enige begeerte getoon om ʼn vrou te vat wat soos ʼn besonder bont voëlverskrikker lyk nie. Een aand, toe sy saam met ʼn tandarts uit is, het sy selfs geweier om ʼn blou verfkol van haar wang af te was. Dis die aand toe ek besef het ek sal nooit ʼn tandarts as stiefpa hê nie.

6.1 Hanna het haar ma met ʼn bont voëlverskrikker (reël 10–11) vergelyk.

Wat het Hanna se ma op haar kop gedra wat haar anders as ander ma’s laat lyk het?

(1)

6.2 Waarom sou Hanna graag ʼn tandarts vir ʼn pa wou hê? (1)

Page 16: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 16 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.3 Beyers het vir Mana by ʼn partytjie ontmoet. 6.3.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

6.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.3.1. (1)

6.4 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. Hanna en Beyers het al twee in (musiek/boeke) belanggestel.

(1)

6.5 Hoekom was Beyers, volgens hom, die enigste man wat Mana gehad het?

Verwys na Mana se eerste man en Tibo se pa.

(2) 6.6 Waarom het Mana en Beyers so gesukkel om die regte huis te kry? (1) 6.7 Watter tipe werk het Beyers gedoen? (1) 6.8 Hoekom het Tibo en Amos vir Hanna so geïrriteer? (1) 6.9 Kies die korrekte stelling. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer. A

B C D

Tibo en Amos het nooit met mekaar baklei nie. Yann het geglo dit was gesond om gaaf te wees. Hanna het Yann as ʼn sarkastiese stiefbroer beskryf. Sharon was bly sy het nie so ʼn groot gesin soos Hanna gehad nie.

(1)

6.10 Waarom wou Mana die hele familie saamvat op hulle wittebrood? (1) 6.11 Hoekom was die kinders nie opgewonde oor die vakansiehuis nie? (1) 6.12 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer.

... was die enigste lid van die gesin wat betyds klaar was toe hulle met vakansie wou gaan.

A

B C D

Tibo Yann Amos Hanna

(1)

6.13 Hoe het Yann dit reggekry om die mense om hom te ignoreer tydens die

vakansie?

(1) 6.14 Wat het Hanna gedoen om die vakansie vir haarself beter te maak? (1)

Page 17: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 17 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16

Gavin daag nie voor middagete op nie. Ook nie ná middagete nie. Teen laatmiddag toe dit begin skemer word en die reën steeds troosteloos uit die lae wolke sif, besef ek dat hy sy gesonde verstand gebruik het en die besoek afgestel het. Dis ʼn besef wat my ongelooflik verlig laat voel. Dit sou nie gewerk het nie. Twéé queens saam in ʼn huis soos hierdie sou ʼn katastrofe gewees het. Maar kort daarna hoor ons ʼn gehamer teen die voordeur. Die deur swaai oop en die volgende oomblik kruip iemand oor die drumpel. Letterlik! Hande-viervoet! “Gavin!” gil Mana. “Waar’s jou kar? Hoe’t jy hier gekom?” Hy is heeltemal bedek met modder. Van sy skoene tot sy hare. Toe hy opkyk, is net die wit van sy oë sigbaar in sy vuil gesig. Ek bly verstar op die rusbank sit terwyl hy homself oor die vloer nader sleep. Tot reg voor my voete. “Ek weet ek was nog altyd ʼn swak voorbeeld van ʼn vader,” prewel hy met ʼn stem wat melodramaties bewe. “Maar met hierdie heldedaad het ek hopelik opgemaak vir al my sondes.”

6.15 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.

Skryf net die vraagnommer (6.15.1–6.15.4) en die antwoord neer.

hotel; klereontwerper; gastehuis; fliek;

modeskou; sportmotor; kombi; model

Gavin was ʼn (6.15.1) ... en moes die naweek voor Hanna se verjaardag in

Kaapstad wees vir ʼn 6.15.2) ... Aangesien Mana die berghuis soos ʼn vyfster- (6.15.3) ... laat klink het, het Gavin haar gevra om hom te nooi. Die dag met Hanna se verjaardag het hy daar opgedaag vol modder, want die rooi (6.15.4) ... wat hy by ʼn vriend geleen het, het in die modder vasgeval.

(4)

6.16 Twéé queens saam in ʼn huis soos hierdie sou ʼn katastrofe gewees het.

(Reël 6) Gavin was die een “queen”.

6.16.1 Wie was die ander “queen” van wie Hanna gepraat het? (Reël 6) (1) 6.16.2 Hoekom het Hanna die persoon in VRAAG 6.16.1 ʼn koningin

genoem?

(1)

6.17 Hoekom het Hanna haar pa “peroksiedpa” genoem? (1) 6.18 Hoekom het Gavin gesê dat hy ʼn swak voorbeeld van ʼn pa was (reël 14)? (1)

6.19 Wat het Gavin vir Hanna vir haar vyftiende verjaardag gegee? (1) 6.20 Wat het Gavin vir Hanna gesê wat wys dat hy vir haar lief was? (1) 6.21 Hoekom is Mana se baba nie in ʼn hospitaal gebore nie? (1)

Page 18: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 18 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.22 Waarom kon Margot met die geboorte van Hanna se babasussie help? (1) 6.23 Hanna het met haar sussie se geboorte besluit dat sy haar wou beskerm.

Waarteen wou Hanna haar sussie beskerm?

(1) 6.24 Watter naam wou Mana en Beyers aan hulle nuwe baba gee? (1) 6.25 Almal het met die helikopter Kaapstad toe gegaan. 6.25.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 6.25.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.25.1. (1)

6.26 Kies die karakter uit KOLOM B wat die woorde in KOLOM A gesê het. Skryf

net die vraagnommer (6.26.1–6.26.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld 6.26.6 G.

KOLOM A KOLOM B

6.26.1 6.26.2 6.26.3 6.26.4 6.26.5

“Niks verkeerd daarmee as seuns met poppe speel nie.” “Wie is julle om te besluit of dit belangrik is of nie? Dis ék wat dit geskryf het! Vir my is dit belangrik.” “Dis die eerste keer in jare dat ek ʼn ordentlike rol kry.” “Hy sal wel ʼn plan maak. Hy het genoeg invloed.” “Dis nie ʼn vakansie nie. Dis ʼn strafkamp! Dis soos die army!”

A B C D E F

Hanna Margot Yann Sharon Mana Fabienne

(5 x 1)

(5)

6.27 Hoekom het Hanna haar ma op haar naam genoem? (1) 6.28 Hoe het Hanna haar voorkoms aan die einde van die verhaal beskryf? (1) 6.29 Waaruit kan ons aan die einde van die verhaal aflei dat Hanna vrede gemaak

het met haarself en haar gesin?

(1) [40]

TOTAAL AFDELING B: 40

Page 19: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 19 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: DRAMA Kies die drama wat jy voorberei het.

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11

OU MAN. Poppie is klaar vyftien en haar lyf is vol. (Praat direk met Mama.) MAMA. Poppie ... jy moet begin dink aan trou. POPPIE. Wil Mama hê ek moet ja sê vir hierdie ou manne wat kom vra vir my? Ga ... ek soek nie die ou manne nie! (Aan gehoor.) Maar toe ontmoet ek nou hierdie man van my met wie ek toe mee getroud is. (Stone beweeg nader na Poppie.) Ek het regtig nie eers van hom gehou nie, want hy het van Herschel, in die Ciskei gekom, hy het vir sy oudste boetie, Witbooi, kom kuier en nou kry hy werk in die fabriek as boilerman. Ek sien hom in die fabriek, maar ek het nooit met hom gepraat nie. MOSIE. Stap saam met ons na bhuti Witbooi se huis toe, Poppie. HOEDJIE. Sy naam is Stone, maar hulle sê sommer vir hom ou Klip.

7.1 Wat beteken Poppie se regte naam, Ntombizodumo? (1)

7.2 Poppie se Ouma Hannie het net Xhosa gepraat.

7.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

7.2.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 7.2.1. (1)

7.3 Poppie het met Stone, ʼn ...-man getrou.

A B C D

Xhosa Zoeloe Tswana Ndebele

(1)

7.4 Stone en Poppie het gereeld kontak gehad. 7.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

7.4.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 7.4.1. (1)

7.5 Wat het Poppie se ma met die lobola-geld wat Stone betaal het, gekoop? Noem enige TWEE dinge.

(2)

Page 20: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 20 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.6 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net die vraagnommer (7.6.1–7.6.4) en die antwoord neer.

planke; sement; bakstene; sinkplaat; beddinkie; tuintjie; tweekamerhuis; eenkamerhuis.

STONE: (vertel aan Poppie). Ek het ʼn erf gekry van die munisipaliteit en

gaan saam met my bhuti vir ons ʼn (7.6.1) ... van (7.6.2) ... en (7.6.3) ... bou. Ek gaan ʼn (7.6.4) ... voor die huis maak waar ons pampoen en wortels en mielies kan plant.

(4)

7.7 Hoekom wou Mosie nie uit Lambertsbaai weggaan nie? Gee TWEE redes. (2)

7.8 In 1955 het Poppie uit Lambertsbaai weggegaan. 7.8.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

7.8.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 7.8.1. (1) 7.9 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die

antwoord neer. Die mense het gestaak omdat hulle gevoel het die 7.9.1 (paswette/ verblyfwette) was te streng en die 7.9.2 (vervoer/geld) te min.

(2)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

Poppie. Maar hoe kan ons gehardloop het, met al die kinders by ons? Ek het baie dooi mense en gewondes in die strate sien lê. En Mamdungwana se oë het rondgesoek na haar seuns, want sy was bang hulle is vermoor. Mamdungwana se man het ons gekry. Hy het ons in sy van na Ghuguletu, na Mosie se huis geneem. Toe ons ons goeters uit die van haal, sê Mosie vir my: MOSIE (buk oor haar). Sisi, hoekom is die kind op jou rug so stil? POPPlE. Hy slaap seker. MOSIE. Ek sal jou kombers losmaak. Jou arms het nie meer krag nie. Mosie maak die kind los. Poppie sit stil. MOSIE. Poppie, die kind van Bonsile is dood. POPPlE. Ek wil dit nie geglo het lat die kind dood is nie. Maar sy koppie het so slap gelê, met die oë oop en die lippe so bietjie van mekaar af weg en soos ek staan en kyk, sien ek hoe die grysheid oor hom nader kom. Vir wat, het ek gedink, vir wat ... Frase van “Nkosi sikelel’ iAfrika” op Hardy-boog.

7.10 Na watter dorp het mnr. Stevens vir Poppie en haar kinders gestuur? (1) 7.11 Wat anders, behalwe ʼn huis, wou Poppie vir haar kinders by haar nuwe

blyplek gehad het?

(1)

Page 21: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 21 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.12 Wat was die TWEE dinge wat Poppie by haar nuwe blyplek ongelukkig

gemaak het?

(2) 7.13 Hoekom moes Poppie damage-geld betaal? Noem TWEE feite. (2) 7.14 Stone het na twee jaar vir twee weke by Poppie gaan kuier.

Hoekom sou dit die laaste keer wees dat Poppie Stone gesien het?

(1)

7.15 JAKKIE: As dit die witmense pas, dan tel die wet nie.

Gee TWEE redes hoe die stelling van toepassing was toe Poppie by Mrs Swanepoel gewerk het.

(2)

7.16 Hoekom is Jakkie die eerste keer gearresteer? (1) 7.17 Die kinders het hoendervere oor die dronk mense gegooi. 7.17.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

7.17.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 7.17.1. (1) 7.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer. Bonsile se naam beteken ...

A

B C D

magtige leier. niks is reg nie. my klonkie. iets het reggekom.

(1)

7.19 Wat het Poppie se kleinkind, Vukile, se dood veroorsaak? (Reël 5) (2)

Page 22: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 22 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.20 Kies die woorde uit KOLOM B wat by die verduideliking in KOLOM A pas.

Skryf net die vraagnommer (7.20.1–7.20.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld 7.20.6 G.

KOLOM A KOLOM B

7.20.1 7.20.2 7.20.3 7.20.4 7.20.5

Polisievangwa met ʼn draadnet Goedkoop arbeiders wat in die tuislande gewerf is Seuns van 18 jaar moes die landsgrense verdedig Is opgerig om onwettige drankverkope en sjebiens te stop ʼn Organisasie van nie-uniformdraende speurders

A B C D E F

C.I.D. biersale grensdiens nylon migrants city-borners

(5 x 1)

(5)

7.21 Kies die korrekte woorde tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die

antwoord neer. Poppie sê aan die einde van die drama dat daar (7.21.1) (nie vrede sal wees nie/vrede sal wees) en dat hulle moet (7.21.2) (aanhou baklei/gewoond raak aan die situasie).

(2)

[40]

OF

Page 23: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 23 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7 8

Die nar en klein Willem is in die skuur bymekaar. Hulle sit op ʼn kol waar die son skyn. Die nar is in gewone klere. Hy is besig om Willem met sy hoender-konsert te probeer liemaak. Hy kloek en hy skrop en hy kekkel. Die kind sit net strak en kyk. NAR (uiteindelik): Oukei, jy wil nie vandag lag nie. Dis oukei. (Die kind kyk weg.) Wil jy vir my skryf? (Hy hou ʼn potlood na Willem toe.) Tóé, skryf. (Daar begin nou trane oor Willem se wange loop, maar sy gesig bly uitdrukkingloos.) Nee-nee-nee-nee-nee-nee. Nie trane nie. Die lewe is te kort vir trane. Ons speel liewer. Speel is altyd beter as trane. Altyd.

8.1 Waar het klein Willem vir Manuel die eerste keer gesien? (1) 8.2 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer.

Willem en Manuel het mekaar geroep deur te …

A

B C D

lag. fluit. sing. hoes.

(1)

8.3 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer. Willem het gereeld vir Manuel kos uit die huis gevat, maar het vir sy ouers gesê hy voer ʼn ... in die veld.

A B C D

skilpad bokkie voël haas

(1)

8.4 Waarom het Willem nie vir sy ouers van Manuel vertel nie? (1) 8.5 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.

Skryf net die vraagnommer (8.5.1–8.5.4) en die antwoord neer.

skuur; bose geeste; altaar; tekeninge;

stasiegebou; braaiplek; speelgoed; duiwelskuns

Die polisie het in die (8.5.1) ... op allerhande (8.5.2) ... afgekom wat teen die

muur was. Hulle het ʼn vuurmaakplek gesien wat gelyk het soos ʼn (8.5.3) ... van klippe en gedink die McDonalds was besig met (8.5.4) ...

(4)

8.6 Hoekom was die polisie by die McDonalds se huis? (1)

Page 24: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 24 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8.7 Wanneer het die gesin eers van Manuel uitgevind? (1) 8.8 Manuel het Toorwater nooit weer verlaat nie.

8.8.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

8.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.8.1. (1)

8.9 Wat is die “Paljas” wat Manuel gebruik het? (1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11

Hy was al halfpad buite, maar hy draai om en kyk vir haar. Sy sit net na hom en staar. HENDRIK: Wat is dit, Katrina? KATRIEN: (haar gesig ʼn gepynigde vraagteken): Hoe het ons hier gekom? Hendrik gee twee versigtige treë terug in die kombuis in. HENDRIK: ... KATRIEN: Wat het dan gebeur dat als ... só geword het? KATRIEN: Ons was tog op ʼn tyd gelukkig! HENDRIK: Ons was. Ek is nóg. Partykeer. (Hy dink) Dis net: hoe meer ons wou diékant toe, hoe meer het als met ons dáárdie kant toe geneuk. Sy sit net vir die muur en kyk.

8.10 Om watter rede was die gesin aan die begin van die drama so ongelukkig? (1)

8.11 Hoe het hierdie ongelukkigheid die volgende persone beïnvloed? 8.11.1 Emma 8.11.2 Willem

(1) (1)

8.12 Kies die woord uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (8.12.1–8.12.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld 8.12.6 G.

KOLOM A KOLOM B

8.12.1

8.12.2

8.12.3

8.12.4

8.12.5

Dit was volgens Oudokter die rede vir Willem se toestand.

Dit was wat die dominee dit genoem het toe mense hulle gesigte geverf het.

Dit was wat Hendrik die “jagters” se wapens genoem het.

Dit was wat die dominee Manuel in die kerk genoem het.

Die dominee het Katrien en Hendrik hierteen gewaarsku.

A B C D E F

grapmaker duiwelsaanbidding speelgoed angs toordery sonde

(5 x 1)

(5)

Page 25: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 25 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8.13 Hoekom het Emma nie van Frans gehou nie? (1)

8.14 Nollie het by Hendrik gekuier. 8.14.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

8.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.14.1. (1) 8.15 Hendrik en Katrien het ʼn swak verhouding met mekaar gehad.

Hoe het Hendrik gevoel oor die blou oorkrabbertjies wat Katrien vir haarself gekoop het? Gee TWEE redes.

(2)

8.16 Waarom was Katrien so verbaas toe Hendrik net voor die Volstruisdans vir

haar gesê het sy lyk baie mooi?

(1) 8.17 Hoe het Nollie dit daardie dag in die veld reggekry dat Emma saam met hom

na die Volstruisdans gegaan het? Noem TWEE feite.

(2)

8.18 Watter TWEE slegte dinge het die dorpsmense by die Volstruisdans aan die McDonalds gedoen?

(2)

8.19 Die MacDonalds het na die Volstruisdans by die huis gekom. Hoe het die McDonalds die res van die aand deurgebring? Noem DRIE dinge.

(3)

8.20 Hoe het Emma, volgens Hendrik, altyd opgetree as daar ʼn probleem was? (1) 8.21 Waarom het van die dorpsmense na die insident by die dans na Hendrik se

huis toe gegaan?

(1)

8.22 Hoe het Hendrik vir sy besoekers gewys dat hy ʼn beter mens as die dorpsmense was?

(1)

8.23 Hendrik was aan die einde van die drama baie trots op Willem. Wat moes Willem vir die besoekers wys?

(1)

8.24 Manuel het vir Willem ʼn spesiale geskenk gegee. 8.24.1 Wat was die spesiale geskenk? (1) 8.24.2 Watter simboliese waarde het hierdie geskenk vir Willem gehad? (1) [40]

TOTAAL AFDELING C: 40

OF

Page 26: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 26 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING D: KORTVERHALE

STORIEJOERNAAL Beantwoord enige TWEE kortverhale. VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG DIE STORIE VAN PIET SE OUPA – Abraham de Vries Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Piet Wessie sê altyd vir hom is daar iets aan stories oor bejaarde mense wat hom laat dink aan laatagtermiddag. Jy lag oor jy bly is dis darem nog nie aand nie. Vir bejaarde mense, ja, nie vir sy oupa nie. Die dag toe Oupa tagtig geword het op die plaas onder die ou akkerbome (met ʼn paartie waarvoor hy self die VLV se vrouens gehuur het), het Matthys, Piet se pa, gesê hy weet nie hoekom neuk die mense so met tagtig jaar oud nie, in hulle familie probeer almal nog om sy pa groot te kry.

********** Pa het die Sondag na kerk van die dorp af uitgekom hier na ons toe. Maar daardie middag toe pak die ongeduldigheid hom en toe ek weer sien, is hy uitgevat en blink gevryf vir gaan kuier.

9.1 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer.

As Piet Wessie sê “Vir bejaarde mense, ja, nie vir sy oupa nie,” (reël 3) bedoel hy sy oupa is …

A

B C D

te oud om nog te wil kuier. net soos ander oumense. nie soos ander oumense nie. te oud om sy eie partytjies te reël.

(1)

9.2 Maar daardie middag toe pak die ongeduldigheid hom en toe ek weer sien, is

hy uitgevat en blink gevryf vir gaan kuier. (Reël 8–10) By wie het die oupa gaan kuier en waar het die persoon gewoon?

(2)

9.3 Hoekom is die oupa toe nie met die weduwee getroud nie? (1) 9.4 ʼn Jaar lank het Piet se oupa nie weer gekuier nie. 9.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 9.4.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 9.4.1. (1)

Page 27: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 27 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.5 Voltooi die volgende paragraaf. Kies die woord tussen hakies. Skryf net die

vraagnommer (9.5.1–9.5.5) en die antwoord neer.

“Baie, baie stigtelik,” het hy eerbiedig berig en rondgekyk dat

niemand hom moet hoor nie voor hy byvoeg: “Maar (9.5.1) (Vrydagaande/ Woensdagaande) na (9.5.2) (kerk/biduur) gaan speel die (9.5.3) (matrone/verpleegster) mos (9.5.4) (klawerjas/klawerbord) by ou (9.5.5) (Netta-hulle/Trudie-hulle).”

(5)

9.6 Hoe gereeld het die oupa by sy kleindogter Trudie gaan kuier? (1) 9.7 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer. “Nie een van hulle was 'n werfhond van 'n mansmens nie” beteken die oupa en Doon het...

A

B C D

net by die huis gebly. altyd dorp toe gegaan. gereeld by die huis gebly. baie min by die huis gebly.

(1)

9.8 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer. Een van die dinge wat Doon en Oupa saam gedoen het, was om ...

`

A

B C D

wyn te gaan proe. kerk toe te gaan. saam te gaan kamp. mark toe te gaan.

(1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4

Toe hy die eerste tjoppie sny, het hy nog gesê: “Aitsa, nogal nie min nie!” Maar net toe hy die eerste happie in sy mond steek, toe skuif hy só saggies van die stoel af dat Trudie, wat weggekyk het, vra: “Waar's Oupa nou?” Toe Iê Oupa al op die vloer.

9.9 Wat het die omstanders gedink is moontlik die oorsaak van Piet se oupa se

dood?

(1) 9.10 Wie het die ambulans gebel? (1)

Page 28: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 28 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.11 Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf

net die vraagnommer (9.11.1–9.11.4) en die letter (A–E) neer, byvoorbeeld 9.11.5 F.

KOLOM A KOLOM B

9.11.1 9.11.2 9.11.3 9.11.4

Die verpleegster in die restaurant het … Die bestuurder van die ambulans het … Die ander ambulansman het … Trudie het …

A B C D E

die familie gebel flou geval Oupa se lewe gered gesê Oupa is dood weggehardloop

(4 x 1)

(4)

[20] OF

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG BABY – EKM Dido Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7

Toe pa by die huis kom, stel Sersant hom aan oom Attie en sy dogter Baby voor. Sersant vertel dat hy op patrollie was en op die pa en dogter by hul onklaar kar afgekom het. “Doempie,” sê Sersant en kyk verleë na Pa, “siende dat die kind omtrent jou Nooi se ouderdom is, dag ek toe ek bring hulle hierheen sodat sy darem ʼn maat vir die dag of twee sal hê. Terwyl haar pa netnou hul bagasie van die kar na die wên toe oorgelaai het, het Baby juis vir my gesê hoe baie sy na haar ma verlang.

10.1 Hoekom het die verteller Sersant nie as ʼn besoeker gesien nie? (1) 10.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en

die antwoord neer. Toetsie moes by haar ma (10.2.1) (lepels/koppies) gaan leen omdat Nooi se ma nie (10.2.2) (onvoorbereid/skaam) wou wees as sy koffie vir die besoekers bedien nie.

(2)

10.3 Beskryf Baby se voorkoms in TWEE goeie sinne. (2) 10.4 Baby is 18 jaar oud. 10.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 10.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.4.1. (1)

Page 29: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 29 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

10.5 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer. Attie het gesê Baby moet pilletjies drink omdat sy ...

A

B C D

hartprobleme het. aanvalle kry. ʼn verkoue het. op ʼn dieet is.

(1)

10.6 Kies die name van die karakters uit KOLOM B wat by die inligting oor hulle in

KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (10.6.1–10.6.4) en die letter (A–E) neer, byvoorbeeld 10.6.5 F.

KOLOM A KOLOM B

10.6.1 10.6.2 10.6.3 10.6.4

Werk by die algemene handelaar Is die verteller Vertrou nie vir Attie nie Bly langs die verteller

A B C D E

Antie Poppie Nooi Toetsie Doempie Tinkie

(4 x 1)

(4)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6

Oom Attie vat-vat na Baby, maar sy is onder die kombers uit en klou om lewe en dood aan Ma. En sy skree: “Mô! Ek wil my mô hê!” Oom Attie is later só vies vir Baby wat nie agter Ma se breë rug wil uit nie dat hy dreig om haar dood te slaan. Later haal hy 'n plastiekpakkie met vaal gespikkelde pille daarin uit sy sak en hou dit in die lug vir Baby om te sien. Baby loer na die pakkie en gryp floutjies daarna, maar sy bly agter Ma se rug.

10.7 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf

net die vraagnommer (10.7.1–10.7.4) en die antwoord neer.

ontvoer; mishandel; minderjarige; hoesstroop; gearresteer; vrygelaat; pilletjies; volwassene

Die (10.7.1) ... wat Attie die heeltyd vir Baby gegee het, was eintlik dwelms en Attie Brand, alias Andrew Barnard, is (10.7.2) ... omdat hy Claudine Grootboom (10.7.3) ... het en omdat hy dwelms verskaf het aan 'n (10.7.4) ...

(4)

10.8 Hoe het Sersant se vrou gehelp om die saak op te los? Gee TWEE feite. (2)

10.9 Noem TWEE plekke waar daar plakkate was met Baby se gesig op. (2) [20]

Page 30: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 30 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG DIE PAKKIE – Leonard Koza Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5

Die skerp geluid van die kombuisdeur trek haar aandag en sy draai stadigies om. Esther groet en verdwyn in haar kamer, voordat haar ma ordentlik kan teruggroet. Gewoonlik vertoef Esther in haar kamer totdat aandete gereed is. Sy is dan ook net mooi klaar met haar huiswerk. Na ete ontspan sy gewoonlik 'n bietjie voor die TV voordat sy begin met voorbereiding vir klastoetse.

11.1 Waar het die Filanders gebly? (1) 11.2 Esther was in die laerskool. 11.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

11.2.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 11.2.1. (1) 11.3 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die

vraagnommer en die letter (A–D) neer.

Toe Sally Filander die … skielik oopmaak sien sy iemand by die hekkie.

A B C D

agterdeur voordeur sitkamervenster kombuisvenster

(1)

11.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer

en die antwoord neer. Sally sê die man by die hekkie is ʼn skollie omdat hy ʼn woeste (11.4.1) (baard/ haarstyl) het en omdat hy ʼn (11.4.2) (oorring/ketting) dra.

(2)

11.5 Wie, het Esther vir haar ma gesê, was die seun by die hekkie? (1) Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4

Esther druk 'n pakkie toegedraai in koerantpapier onder haar arm vas en dit het haar ma baie bekommerd. “Wat is daai onne' djou arm toegedraai in koerantpapier? Djy kommie uit die kamer voordat ek wiet wie is daai wat by die hek staan nie.”

11.6 Hoekom was Sally Filander bekommerd oor die pakkie wat Esther gehad

het? (Reël 2)

(1)

Page 31: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 31 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.7 Esther het die seun by die hekkie gewaarsku dat daar moeilikheid is. 11.7.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

11.7.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 11.7.1. (1) 11.8 Kort daarna het daar ʼn man en ʼn vrou by Sally en Esther se huis opgedaag. 11.8.1 Wat was die vrou se naam? (1) 11.8.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die

vraagnommer en die antwoord neer. Hulle het daar opgedaag in ʼn luukse (Amerikaanse/Duitse) motor.

(1)

11.9 Hoekom móés Pang Doodmaak die pakkie terugkry? (1) 11.10 Kies die karakter uit KOLOM B wat by die verduideliking in KOLOM A pas.

Skryf net die vraagnommer (11.10.1–11.10.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld 11.10.6 G.

KOLOM A KOLOM B

11.10.1 11.10.2 11.10.3 11.10.4 11.10.5

ʼn Bendeleier in die Elsiesrivier- omgewing Verkoop dwelms aan skoolkinders Is bekommerd oor wat in die pakkie is Het te laat besef dit was ʼn fout om die pakkie te vat Was die bendeleier se oorlede pa

A B C D E F

Esther Filander Sally Filander Boeta Slang Miena Pang Doodmaak

(5 x 1)

(5)

11.11 Wat het Esther aan die einde van die verhaal met die pakkie gedoen? (1) 11.12 Hoekom wou Pang so gou as moontlik van Sally se huis wegkom? (1) [20]

OF

Page 32: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 32 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

OP SOEK NA KID KHUMALO – Dolf van Niekerk

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5 6 7 8

Haar bril met die dik raam bly van haar gesig afgly. Die bril en die lense is lankal ondoeltreffend. Sy vee die sweet van haar gesig af. Haar been pyn van al die beweging en ronddra van die paar meubelstukke. Haar werkgewer van dertien jaar het haar blyplek laat vergroot toe sy op ʼn hartseerdag daarvan praat om by haar seun Kid in Shoshanguve te gaan woon. Kid se broer Thomas is met ʼn prokureur getroud maar dié wil niemand anders in hulle huis hê nie. Kid het jare lank van die een werk na die ander geswerf, en baie nagte het hy nie ʼn slaapplek gehad nie.

12.1 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en

die antwoord neer. Johanna kon nie meer gereeld met haar familie kontak maak nie omdat (haar telefoon stukkend was/die Therons hulle huistelefoon laat uithaal het).

(1)

12.2 Watter tipe werk het Johanna gedoen? (1) 12.3 Kid het jare lank van die een werk na die ander geswerf, en baie nagte het hy

nie 'n slaapplek gehad nie. (Reël 7 en 8) Watter verkeerde dinge het Kid op skool al gedoen?

(1)

12.4 Johanna kon nie deel wees van haar kinders se lewens nie. 12.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 12.4.2 Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 12.4.1. (2) 12.5 Watter slegte nuus het Frans vir Johanna oor Kid gebring? (1) 12.6 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D) neer. Johanna se …, Katrien, bring so af en toe nuus, maar sy weet ook nie aldag wat aan die gang is nie.

A

B C D

suster tannie ma niggie

(1)

Page 33: SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - gauteng.gov.za 12 SC... · Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8 OF ... THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 2 3 4 5 6 7

Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 33 DBE/2014 SSE

Kopiereg voorbehou

12.7 Pas die karakter in KOLOM B by die verduideliking in KOLOM A. Skryf net

die vraagnommer (12.7.1–12.7.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld 12.7.6 G.

KOLOM A KOLOM B

12.7.1 12.7.2 12.7.3 12.7.4 12.7.5

Is met ʼn prokureur getroud wat nie kinders wil hê nie Het by Denneboom-stasie die nuus gegee dat Kid nie by die werk is nie Johanna se mansvriend en het ook help soek na Kid Het vir Johanna ʼn TV gekoop toe sy gesê het sy wil aftree Was nie baie behulpsaam met waar Kid was nie

A B C D E F

Frans Thomas die Therons Thabo Johanna Kid se bure

(5 x 1)

(5)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 2 3 4 5

Frans en Thomas moet hulle beurt afwag. Die gesprekke in die rye handel oor alles onder die son: kinders wat verdwaal het; 'n huilende meisie wat verkrag is …; 'n bejaarde vrou wat wil weet waar sy haar pensioen kan gaan haal; 'n man met 'n suigeling in die arms wie se vrou twee dae tevore aan vigs gesterf het.

12.8 Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net die vraagnommer (12.8.1–12.8.4) en die antwoord neer.

eerste; tweede; polisiestasie; hospitaal; Katlehong; Shoshanguve; register; aanklagteboek

Die (12.8.1) ... keer toe Thomas en Frans na die (12.8.2) ... in (12.8.3) ... gegaan het, het hulle nie Kid se naam in die (12.8.4) ... gesien nie.

(4)

12.9 Wat het met Kid Khumalo gebeur? (1) 12.10 Johanna se kleinseun was by die begrafnis. 12.10.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 12.10.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 12.10.1. (1) [20]

TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 80