sondag 10 mei 2020: teksgedeelte:1 petrus 2:1-10 · 2020. 5. 9. · skrifgedeelte: 1 petrus 2:1-10...

14
Sondag 10 Mei 2020: Teksgedeelte:1 Petrus 2:1-10 Dis Moedersdag! Almal van ons het die lewe ingekom met die eerste ervarings van geborgenheid en liefde van ’n Ma. Daar is min dinge so selfopofferend soos Ma wees. Maak vandag iets goed van Moedersdag! Ek herinner jou om ’n oomblik te neem en daaraan te dink dat daar ‘n hele klompie medegelowiges is wat vandag saam met jou met selfoon of rekenaarskerm voor die Here gaan stil word met 1 Petrus 2:1-10. Dieselfde Gees gaan in ons almal werk. Dit maak van ons ’n geestelike gebou sonder dat ons in die kerkgebou hoef te wees. Ons gaan reageer op die teks deur die Nagmaal te vier. Rig jouself dus in met ’n stukkie brood en ’n glasie met iets om te drink as die tekens van die Jesus se liggaam en bloed. (Hou dit die keer eenvoudig) Kom tot rus met hierdie lied: Soos ’n wildsbok

Upload: others

Post on 24-Jan-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Sondag 10 Mei 2020: Teksgedeelte:1 Petrus 2:1-10

    Dis Moedersdag! Almal van ons het die lewe

    ingekom met die eerste ervarings van geborgenheid

    en liefde van ’n Ma. Daar is min dinge so

    selfopofferend soos Ma wees. Maak vandag iets

    goed van Moedersdag!

    Ek herinner jou om ’n oomblik te neem en daaraan

    te dink dat daar ‘n hele klompie medegelowiges is

    wat vandag saam met jou met selfoon of

    rekenaarskerm voor die Here gaan stil word met 1

    Petrus 2:1-10.

    Dieselfde Gees gaan in ons almal werk. Dit maak van

    ons ’n geestelike gebou sonder dat ons in die

    kerkgebou hoef te wees.

    Ons gaan reageer op die teks deur die Nagmaal te

    vier. Rig jouself dus in met ’n stukkie brood en ’n

    glasie met iets om te drink as die tekens van die

    Jesus se liggaam en bloed.

    (Hou dit die keer eenvoudig)

    Kom tot rus met hierdie lied:

    Soos ’n wildsbok

  • https://youtu.be/WAMjM_FwnIs .

    Begin met die lees en luister na Psalm 31:1-4.

    Hoe laat die woorde van die Psalm jou voel?

    My tye is in u hand

    1 Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

    2 By U, Here, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel

    staan nie! Bevry my, want U is getrou. 3 Luister na

    my, red my tog gou. Wees vir my 'n rots om na toe te

    vlug, 'n bergvesting om my te red. 4 Ja, U is my rots

    en my bergvesting, ter wille van u Naam sal U my

    voorgaan en my lei.

    Loflied:

    https://youtu.be/8VYFKgQ7mNM

    Kliek hier om te luister na die kinderoomblik:

    https://youtu.be/v-o0Cs4JXnM

    https://youtu.be/WAMjM_FwnIshttps://youtu.be/8VYFKgQ7mNMhttps://youtu.be/v-o0Cs4JXnM

  • Skrifgedeelte:

    1 Petrus 2:1-10

    Die volk van God, gebou op die kosbare hoeksteen 1 Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog,

    huigelary, jaloesie en kwaadpratery. 2 Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle

    smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur

    kan opgroei en die saligheid verkry. 3 Julle het immers ondervind dat die Here goed is. 4 Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die

    mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek

    uitverkies is. 5 Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis,

    om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te

    bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. 6 Daarom staan daar in die Skrif:

    “Kyk, Ek lê in Sion 'n hoekklip, uitverkies vir die ereplek.

    Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie.” Vgl. Jes. 28:16 7 Julle wat glo, deel in hierdie eer,

    maar vir dié wat nie glo nie, geld die woorde:

    “Die klip wat deur die bouers afgekeur is,

    juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword” Ps.

    118:22

  • 8 en: “'n klip waaroor 'n mens struikel en 'n rots waarteen

    jy jou stamp.” Vgl. Jes. 8:14

    Hulle struikel omdat hulle nie aan die woord gehoorsaam

    is nie. So het God dit ook vir hulle bestem.

    9 Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike

    priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die

    eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade

    moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis

    geroep het na sy wonderbare lig. 10 Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk

    van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie,

    maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.

    Luister hier na die boodskap:

    https://youtu.be/VDYyNc8-2jw

    Of lees ’n opsomming van die boodskap:

    Die geskenk van die brief van Petrus waarmee ons

    die afgelope weke besig is, is dat dit gelowiges

    begelei om in uitdagende omstandighede te leef.

    Petrus herinner ons wie ons is; vrygekoopte mense

    met ’n tuiste by God wat hier op aarde lig leef in die

    hoop dat alles ten goede meewerk. Ons opdrag is nie

    https://youtu.be/VDYyNc8-2jw

  • om te vlug hemel toe nie, maar om met ons lewe in

    Christus, die hemel hier sigbaar te maak deur ons

    woorde en dade.

    In vers 1 vermaan hy dat ons dus moet ophou met

    slegte gewoontes van valsheid, voorgee wat ons nie

    is nie, jaloesie en kwaad praat.

    Petrus herinner ons aan wat ons nodig het om

    anders te leef. (Vers 2) Dit is suiwer geestelike melk.

    Die vraag is; wat is hierdie suiwer geestelike

    voeding? Die letterlike woorde in die Grieks sê: “die

    suiwer melk van die woord.”

    Ons eerste afleiding kan wees dat ons opgeroep

    word tot meer kennis van die Bybel. Meer preke,

    meer teksgedeeltes en nog Bybelstudie.

    Dit is natuurlik baie belangrik, maar het jy al ervaar

    dat jy na die beste preek kan luister, dit helder kan

    verstaan en dit passievol kan oorvertel, maar steeds

    in jouself kragteloos is om dit waar te leef?

    Die mees basiese uitdrukking van die woord, die

    goeie nuus, is ’n Persoon! (sien weer Johannes 1 vers

    1-4)

    Die uitdaging is om in ’n moeilike wêreld ten spyte

    van bekommernis en seer, met liefde en krag te leef.

  • Hoe doen ons dit? Waar kry ons die krag daarvoor?

    Nie in die eerste plek in waarhede nie maar in ’n

    Persoon.

    Richard Rohr sê:

    “The most amazing fact about Jesus, unlike almost

    any other religious founder, is that he found God in

    disorder and imperfection — and told us that we

    must do the same or we would never be content on

    this earth. "

    Die geestelike melk wat ons voed is Jesus wat vir ons

    op aarde die nuwe lewe kom voortleef en ons nooi

    om nie net in Sy voorbeeld te volg nie, maar om

    liefdesgemeenskap met Hom te beoefen sodat Hy en

    Sy liefde en krag ons kan vul.

    Hyself is die woord en waarheid. Ons moet van Hom

    drink.

    Dit bring ons by Petrus se beeld van die geestelike

    gebou op Jesus as hoeksteen (vers 4). Ons bou op

    wat Hy is en wat Hy gedoen het. Al wat waarde het

    in ons lewe is dit wat in pas is met Jesus se karakter,

    Sy liefde, Sy voorbeeld.

  • Let wel, ons is nie Jesus nie. Vanuit ons verbintenis

    met Hom raak ons deel van ’n hele gebou wat ’n plek

    van God se teenwoordigheid word. Dis die kerk.

    Ons bou nie onsself op nie, ons laat onsself opbou

    (vers 5) om as priesters te dien en offers te bring

    wat kom uit die krag en lewe wat ons almal van Hom

    af kry.

    Ons kan as gelowiges oor Hom struikel deur te bou

    aan ‘n godsdienstige huis wat bestaan uit strukture,

    reels en rituele wat niks van die hoeksteen sigbaar

    maak nie!

    As ons geestelike melk; kursusse, eredienste,

    programme of strukture is wat ons los van Hom

    beoefen dan is is dit kragteloos en nie kerk nie.

    Ons leer in hierdie dae op ‘n dieper manier dat kerk

    nie die gebou en gemeente-programme is nie, maar

    mense wat deur gemeenskap met Jesus aan Hom en

    mekaar verbind is deur Sy liefde wat ons lewens

    verander.

    Die mees tasbare manier om van die suiwer

    geestelike melk in te neem en dus vol te raak van

    Jesus self, is deur die deel in die Nagmaal. (Sien Joh.

    6:22 tot 40)

  • Wanneer ons saam die Nagmaal vier, het ons saam

    gemeenskap met die hoeksteen wat ons vol maak en

    ons vorm na Hom om elkeen ons plek te vind in ’n

    geestelike huis wat Hom sigbaar maak.

    Luister en deel in die Nagmaal:

    Lees Romeine 8:31-39

    Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie

    31 Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie

    dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons

    wees? 32 Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar

    Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan

    nie al die ander dinge saam met Hom uit genade

    skenk nie?

    33 Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God

    self spreek hulle vry. 34 Wie kan ons veroordeel?

    Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit

    die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van

    God, Hy pleit vir ons.

    35 Wie kan ons van die liefde van Christus skei?

    Lyding of benoudheid of vervolging, honger of

    naaktheid, gevaar of swaard?

  • 36 Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die

    dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape

    behandel word.”

    37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as

    oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

    38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele

    of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of

    kragte 39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die

    skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die

    liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

    Lied: Laat ons sing van ons verlosser:

    https://youtu.be/oGwu78XqMpc

    Lees hier:

    Met die brood en wyn in jou liggaam, met die lewe,

    krag en karakter van Jesus in jou. Met Hom as

    hoeksteen. Gaan leef nou liefdevol teenoor die een

    saam met jou in die vertrek. Saam met die res van

    die gemeente. Bid vir die regering, vir die gemeente,

    vir jou vriende. Gaan beplan die res van jou dag!

    Verstaan jy dat alles nou skielik heilig raak? Jy is

    https://youtu.be/oGwu78XqMpc

  • volgemaak met die lewe van Jesus om met Hom en

    ander ‘n priester te word wat deur offers van liefde

    ‘n ruimte skep – ‘n tempel waarin God lewe kry. Dis

    kerk!

    Slotlied:

    Niemand soos die Heer

    https://youtu.be/_Cx1PvvYB0Q

    Dankoffer:

    https://ngkerkmelkbosstrand.co.za/index.php/bankbesonderhede/

    Bedink die volgende vrae:

    Wat het jy ervaar met die gebruik van die

    Nagmaal?

    Smag en drink jy gereeld van die suiwer

    Geestelike melk wat Jesus self is? Hoe doen jy

    dit?

    Hoeveel van ons aktiwiteite as gemeente help

    jou om by Jesus as geestelike voeding uit te

    kom?

    https://youtu.be/_Cx1PvvYB0Qhttps://ngkerkmelkbosstrand.co.za/index.php/bankbesonderhede/

  • Is Melkbosstrand gemeente, gemeet aan hierdie

    beeld, ’n geloofshuis met Jesus as hoeksteen wat

    vanuit Sy liefde, leef en dien?

    Seëngroet:

    https://youtu.be/AIhAEABhdvw

    Verdere lees/sienwerk vir die res van die week:

    Gaan lees Jesus se woorde in Johannes 14:1-14

    en Handelinge 7:55-60

    Sien en versprei hierdie 1 minuut opsomming

    van 1 Petrus 2:1-10

    https://youtu.be/f0Am0pBB6sk

    Gebruik die verdere Nous dokumente vir

    huisgodsdiens en groei

    Daar is video kategese materiaal vir die Graad 4-

    7’s by https://youtu.be/osjFHsbZsA8

    En die wat die Sakkie video-clip wil kyk, kliek

    hier:

    https://youtu.be/i0UA4R352DU

    https://youtu.be/AIhAEABhdvwhttps://youtu.be/f0Am0pBB6skhttps://youtu.be/osjFHsbZsA8https://youtu.be/i0UA4R352DU

  • PRAKTIESE WYSHEID VIR KLEINGROEPE

    word stil

    10 Mei 2020

    Gesels oor wat dit beteken om God se uitverkore volk te wees. Is dit ‘n ereposisie? Gaan dit oor seëninge of verantwoordelikhede? Watter rol speel sy wonderbare lig in jou lewe? Waar en hoe sien jy daagliks God se wonderbare lig in ons wêreld deurbreek? Wat leer ons in die gedeelte oor kerkwees? Verander hierdie teksgedeelte vir jou die waarde wat jy in God se oë het? Hoekom en hoe?

    As julle groep na die erediens bymekaarkom waarin die teks hanteer is: As daar tyd is, kan elkeen dit daarna weer op sy/haar eie tyd lees.

    Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het. Om gelowige te wees is ‘n reis waarop ons voortdurend groei en leer (vers 2-3). Hoe doen ons dit? Hoe kan julle mekaar help? Die beelde wat Petrus gebruik wys dat ons nie net individue is nie nie, ons is stene, ‘n priesterdom, ‘n volk en nasie van God. Wat leer ons hieruit? Op watter maniere leef ons dit uit? Wat is ons rol as individuele gelowiges?

    Lees Psalm 31: 1-5, 15-16

    Dink na oor hoe die Here vir jou ‘n rots en ‘n bergvesting is.

    Hoe ons nuut dink, doen en leef in die wêreld rondom ons.

    Verder en Voor: Op watter praktiese maniere kan julle die verlossingsdade verkondig?

    Is daar enige iets waarvoor die groep vir jou kan bid? Dit sal goed wees as julle ’n gebedsjoernaal kan begin waarin julle gebedsversoeke kan neerskryf. Deel enige gebedsverhoring of Godservarings sedert julle mekaar laas gesien het. Hoe en waar het jy die afgelope week vir God beleef?

    Dank God daarvoor.

    Beantwoord een van die vrae oor jou week: Hoeveel uit 10 sal jy jou week gee en hoekom? Waarvoor is jy dankbaar en wat was vir jou moeilik? Waar het jy God aan die

    werk gesien?

    Wie is die mense wat jy as jou steunpilare sal bestempel?

    1 Petrus 2: 2-10

    Noem enige iets uit die prediking wat jou geraak het of wat jy nie verstaan nie.

    Wat dink julle was die hoofgedagte? Kan julle dit in een sin opsom?

  • 3 STAPPE ‘n 3iG-groep is ‘n saam-glo groep wat deur bid, groei en dien Jesus dieper volg. Drie mense wat kies om saam te bid, saam te luister en saam ons geloof te leef.

    2 ANDER Dit is slegs ek en 2 vriende wat ‘n spontane groep vorm. Dit kan egter ook uit meer as drie mense wees: ons familie of vriende of kollegas of mense in die gemeente.

    1 GESREK Ons maak weekliks met mekaar kontak (deur ’n koffie-afspraak of telefonies) rondom die gefokusde saam-gesels van die week. Die leier – wat elke week wissel – sorg dat ons mekaar daardie week sien.

    saam groei

    saam bid

    3iG ’n saam-glo dissipelskap gesprek

    saam gesels

    saam stap

    10 MEI 2020

    Ons vind nie tyd vir gebed nie, ons maak dit.

    B.I.D. staan vir: B: Bely teenoor God Wie Hy vir jou is én bely ook jou gesukkel vir Hom. I: Intree vir ander ( bv. Jou 3iG-lede, jou familie, wêreld, ens.). D: Dankie-sê, maak daagliks jou dankie-lys en dank God daarvoor. LEWENS-LEUSE: Bely elke oggend en aand 1 Kor. 9:23 se waarheid: “23Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.”

    Petrus dra ook groete oor aan (Johannes) Markus (5:13), die een wat deur Barnabas, sy oom, met Paulus versoen is na hulle uitval tydens die tweede sendingreis (Hand. 15:36-41; Kol. 4:12; 2 Tim. 4:11). Markus was ’n medewerker van Paulus en Petrus gewees. Daar is aanduidings dat Markus sy evangelie geskryf het aan die hand van die oorlewerings wat Petrus aan hom meegedeel het. Derhalwe is daar talle ooreenkomste tussen die tweede evangelie en die eerste brief van Petrus, soos byvoorbeeld die lyding van Jesus as die lydende Kneg van Jesaja (1 Pet. 1:18 en Mark. 10:45). Petrus wys sy lesers daarop dat hulle deel van God se koninkryk is (2:11) en dat hulle in hierdie wêreld vreemdelinge en bywoners is. Dit beteken gewoon dat hulle lewenswyse nie deur hulle omgewing beïnvloed of bepaal word nie, maar deur hulle verbondenheid aan God en sy koninkryk (2:9), wat noodwendig ook lyding en vervolging mag insluit. Lees nou 1 Petrus 2:2-10 ’n paar keer aandagtig deur.

    Ons lees nie die Bybel nie, ons laat die Bybel ons lees.

    Jesus verwag van ons minder nastaar (admiration) en meer naleef (imitation).

    1. Bespreek onder mekaar die belangrikheid van geestelike groei. Vertel uit jou eie ervaring wat het in hierdie groeiproses vir jou die meeste beteken.

    2. Soos ‘n pasgebore babatjie eenmaal sy/haar moeder se melk gesmaak het en daarna altyd weer daarna sal smag, so moet gelowiges ook wees. Volgens hierdie gedeelte moet gelowiges met passievolle vreugde fokus op die suiwer geestelike melk – letterlik: die “suiwer melk van die woord”. Wys vir mekaar op die belangrike

    Geloofsgewoonte: Om God te aanbid. Met hierdie geloofsgewoonte leer ons om blymoedig en vreugdevol ons in God te verlustig, ons saam met ander in God se teenwoordigheid te verbly en in verwondering oor sy Woord Hom in gebed en sang, maar ook in stilte te aanbid. Lees hieroor Ps. 16:7, 9 en 11; 139:14; 47:1Fil. 1:9-10 en Kol. 1:9. . Doen-dinge:

    1. Waar beleef jy God se teenwoordigheid die meeste? In die natuur? Terwyl jy na christelike musiek luister? Tydens ’n erediens? Of in stilte? Soek die plek gereeld op. Deel met God in gebed wat jy daar beleef.

    2. Noem al God se gawes aan jou op. Maak ’n lysie van sy voorsiening, leiding en liefde. Skryf ’n lied of gedig of maak ’n collage van jou belewenis van God.

    3. Vier God se groot verlossingsdade in aanbidding regdeur die kerkjaar: advent,

    kersfees, epifanie, lydenstyd, paasfees, pinkstertyd en die tyd van die koninkryk. .

    Dink-dinge: 1. Wat gaan deur jou gemoed wanneer jy ander gelowiges sien wat God aanbid en

    dit soms op maniere wat heeltemal van jou manier van aanbidding verskil?

    2. Dink aan iemand wat werklik die lewe en God heelhartig geniet en vier. Wat dink jy kan jy by sy/haar manier van aanbidding leer?

    3. Hoe kan aanbidding van God ’n lewenswyse word?

    Eers vorm ons gewoontes en dan vorm die gewoontes ons.

    rol wat die Bybel in ons geloofsgroei speel. Vertel vir mekaar hoe julle die Bybel lees en hoe julle die boodskap daarvan julle eie maak en verteer. Wys mekaar ook op die goedheid van die Here (vers 3) wat julle in die Woord al ervaar het

    3. Toon vir mekaar in hierdie gedeelte die uiters belangrike plek aan wat die Here Jesus

    in enige geloofsgemeenskap moet vervul. Wat gebeur wanneer Jesus nie meer die spilpunt is waarrondom alles draai nie? Gee terselfdertyd ‘n omskrywing van wat elke geloofsgemeenskap veronderstel is om te wees.

    4. Beskryf in julle eie woorde watter uitwerking die klip waarvan hier gepraat word in

    twee verskillende rigtings het. Wat leer ons hieruit oor die appèl wat die evangelie van Jesus Christus op ons lewens maak?

    5. Verduidelik vir mekaar die vyf uitdrukkings wat gebruik word vir die gelowiges in vers

    9. Let op God se spesiale voorkeur vir sy mense en hoe Hy hulle wil gebruik. Maak dit ook op julle as Jesus-volgelinge van toepassing.

    6. Gelowiges se plek en rol in hierdie wêreld begin en eindig by God. Watter troos bied

    hierdie waarheid vir julle?

  • ons nuwe storie

    ons storie

    GOD se storie Rituele en gewoontes

    FAMILIE TUISBLAD

    1 Petrus 2: 2-10

    10 Mei 2020

    Laat elkeen van julle, julle as gesin/

    uitgebreide familie evalueer op 'n skaal

    van 1-10 oor hoe goed julle gedoen het

    voor die “lockdown” tyd op die volgende kategorieë

    Kommunikasie

    Meelewing in mekaar se doen en late

    Emosionele versorging

    Saam werk Saam speel

    Die “lockdown” is iets wat met ons gebeur

    het. Dis nog 'n voorbeeld van 'n passiewe werkwoord. Ons moes dis ook gelate

    aanvaar. God gebruik dit egter om ons opte

    bou. Evalueer vandag weer die 5 kategorieë

    en kyk of julle nou beter tellings kry.

    Kommunikasie Meelewing in mekaar se doen en late

    Emosionele versorging

    Saam werk Saam speel

    Miskien is julle lus om met al die ervarings van

    die afgelope tyd 'n nuwe “normaal” as gesin met

    mekaar af te spreek.

    Neem weer die 5 kategorieë en besluit op een

    ooreenkoms/ nuwe gebruik met mekaar oor elke kategorie, wat julle huis sal opbou.

    Kommunikasie -

    Meelewing in mekaar se doen en late -

    Emosionele versorging -

    Saam werk - Saam speel -

    In die gedeelte gebruik Petrus 'n baie mooi

    beeld. Hy praat van 'n geestelike huis en

    dat ons lewendige stene is. Alles begin dat ons na Christus die lewende hoeksteen sal

    kom. Dis waar alles begin! Die kom na

    Christus toe.

    Maar dan is daar 'n baie belangrike

    werkwoord vorm die passiewe werkwoord “laat”. Laat julle opbou tot 'n geestelike

    huis. Dis iets wat met jou gebeur. Jy werk

    nie aktief nie jy is passief- jy laat dit net

    toe. Dis die wonder van ons Heer dat Hy

    goed met ons doen en ons hoef nie eers so

    hard te probeer nie. Ons moet dit net gelate aanvaar en toelaat.