toegerus - instituut vir christelike onderwys · in 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in...

15
BIND & BOU UITGAWE 001 OKTOBER 2019 TOEGERUS

Upload: others

Post on 07-Jul-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

BIND & BOU

UITGAWE 001 OKTOBER 2019

T O E G E R U S

Page 2: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

3

Bind & BOU

Beste lesers

Die jaar loop nou vinnig ten einde en meeste onderwysers is druk besig om sake af te rond. Vraestelle word opgestel of gemerk, klasse word stelselmatig opgeruim en dagboeke vir 2020 word al fluks ingevul.

Dit was ’n vol en vinnige jaar waarop ons met dankbaarheid mag terugkyk. Ook van ICO se kant het daar heelwat plaasgevind; handboeke is ontwikkel, praatjies is gelewer, skole is besoek, beleide is geskryf, seminare en kursusse is ontwikkel en aangebied, die atletiek en kunstefees is suksesvol afgehandel en ons kan die jaar af-sluit met ’n pragtige nuwe E-tydskrif.

Die afgelope vyf en ’n halwe jaar het ons probeer om ten minste so vyf nuusbriewe per jaar uit te gee. Dit het begin as ’n eenvoudige “word” dokument, wat toe die Bind & Bou nuusbrief met ’n meer professionele voorkoms geword het. Uiteindelik het ons ’n nuusbrief d.m.v. mailcimp uitgegee, wat voor- sowel as nadele gehad het. Nou vertrou ons dat hierdie nuwe nuusbrief wat as ’n E-tydskrif bekend staan sommer lekker verrykend vir ieder en elk gaan wees.

In hierdie eerste uitgawe het ek vanaf die ICO se tafel uit 2 Tim. 3:16 probeer lig werp op al die omstrede sake wat ons die afgelope twee weke in die onderwys beleef het. Meeste lesers het waarskynlik kennis geneem van die kunsuitstalling-voorval by Grantleigh-Curro Skool. Asof dit nie erg genoeg is nie, het die Departe-ment van Basiese Onderwys nou ook bevestig dat die nuwe Lewensoriënteringkurrikulum aangevul gaan word met “omvattende seksopvoeding”. Dit is as gelowiges belangrik dat ons beginsel-standpunte moet verwoord en dat enige on-

derwysstelsel ook hierdie standpunte moet respekteer. Gaan kyk gerus ook op ons webtuiste www.ico.org.za vir ’n meer omvattende artikel oor die Omvattende Seksuele

INHOUD

3• VOORWOORD

4• ONTMOET AKADEMIE REFORMIA

8• DIE WAARDE VAN DIE SKRIF IN ELKE VAK

11• WISKUNDE-ONDERRIG IN DIE KLASKAMER

14• EEN FOUT OOR EENVOUD

16• DIE DAG OT DAG GEVARE VAN DIE DIGITALE WÊRELD

20• GKSA TV

21• HELP, DIE KIND HET SEERGEKRY!

24• OP DIE BOEKRAK

28• GEBEURE

VoorwoordOnderrig (OSO) inhoud. https://www.ico.org.za/wp-content/uploads/2019/05/Die-opdrag-van-Seksuele-voorligting.pdf

In ons gereelde rubriek Ons Ontmoet gaan ons die ICO skole aan ons lesers bekendstel. In die eerste uitgawe gesels ons met mnr. Hennie Combrinck van Akademie Reformia in Polokwane oor hulle skool se doen en late. Fontein Uitgewery gaan ook in elke uitgawe vanaf hulle boekrak alle nuwe publikasies en gebeure met ons deel. Ook uit die ICO stal, het mev Annelieke Visser meer inligting gegee oor die die wetlike aspekte insake goeie noodhulpopleiding.

Dr. Elizma Louw, ’n dosent van Aros, het ’n insiggewende artikel oor Wiskunde-onderrig geskryf. Dit is ’n samevatting van die lesing wat sy tydens die ICO se jaarlikse seminaar aangebied het. Dr. Anke Brand het ’n artikel oor die dag tot dag gevare van die digitale wêreld geskryf. Sy sal ook op die CO deputate se seminaar van 16 Mei oor hierdie onderwerp as spreker optree. Ons deel in die volgende uitgawe van Bind & Bou meer inligting oor haar.

Dr. Danie Brink van die SOS het toestemming gegee dat ons sy mooi artikel oor die Een fout van eenvoud kan deel. Hy bied ook gereelde praatjies by skole oor die EKG (Eerste Keer Luister) van dissipline aan. Kontak hom gerus by [email protected] indien iemand belangstel om hom te nooi vir ’n ouerinligtingsaand.

Maak ook seker dat julle die belangrike datums vir 2020 in julle dagboeke aanteken.

Geniet hierdie eerste uitgawe van die E-tydskrif en stuur gerus vir ons oulike positiewe artikels wat julle graag met die res van die onderwysers wil deel.

Vriendelike groeteSaskia MeijerUitvoerende hoof: ICO

Page 3: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

4 5

Bind & BOUOntmoet Akademie Reformia

VANWAAR DIE MOOI NAAM?Deur dit ’n akademie te maak, is die opsies oop vir voorskoolse, laer- en hoërskoolse onderrig. Reformia verwys na die gereformeerde grondslag – voortdurend terug na die Skrifwaarhede, maar dit verwys ook na vernu-wende denke ten opsigte van die onderwys.

WAT IS JULLE LEUSE?Die leuse van Akademie Reformia is SOLI DEO GLORIA – aan GOD ALLEEN DIE EER.

WAT IS JULLE SKOOL SE VISIE?Uitnemende reformatoriese onderrig vir ’n volkome toegeruste lewe tot eer van God.

WAT IS JULLE SKOOL SE MISSIE?Akademie Reformia is ’n ouerskool wat in 1997 gestig is. Hierdie skool is gestig om ouers volgens Skrifbeginsels die geleentheid te bied om hul doopbelofte na te kom. Dit beteken dat ouers die primêre opvoeders van hul kinders is, en bly. Daarom bied ’n ouerskool soos Akademie Reformia aan ouers die geleentheid om die Christelike gees en karakter van ons skool te bepaal.

By Akademie Reformia handhaaf ons die gesag van die Bybel oor die hele lewe.

VERTEL ONS SO BIETJIE MEER OOR DIE SKOOL SE GESKIEDENISSoli Deo Gloria! Aan God alleen die eer dat Akademie Reformia op 14 Januarie 1997 sy deure kon open met 32 leerlinge (Graad 0 tot 7) en 6 leerkragte. Dit was alleen uit genade van die Here en toewyding van onderwysers en ouers

Ontmoet Akademie Reformia

wat hierdie droom tot verwesenliking gebring het. Die kategese lokale van die Gereformeerde Kerk Pietersburg-Suid is gebruik en vanaf 1998 tot 2014 was die saal, kategese lokale en ander tydelike klasse wat opgerig is by die Gereformeerde Kerk Pietersburg-Noord gebruik.

Akademie Reformia is deel van die ICO-skolegroep en werk sedert die stigting saam met die ander skole aan die ontwikkeling van ’n gereformeerde (reformatoriese) kurrikulum. Hierdie kurrikulum voldoen aan alle vereistes soos deur die Staat voorgeskryf maar daar word ook baie aandag gegee aan die Christelike inhoude wat gerig is op lewenswaarde by die leerlinge.

As opvoedkundiges wat getrou aan ons roeping wil bly en die heel beste vir die leerlinge wil bewerk, glo ons dat die mees effektiewe onderrig en leer in die moedertaal geskied. Omdat ons in

’n hoofsaaklik Afrikaanse ge-meenskap funksioneer, is die onderrigmedium Afrikaans.

Sedert 2015 is Akademie Reformia geleë op ’n nuwe terrein in Bendor naby “The Aloes”. Ons het ook ’n volwaardige kleuterafdeling, Kleinbegin. Kleinbegin be-staan uit vier klasse, met hoogstens 20 leerlinge per klas en elkeen met ’n eie juffrou.

KLEINBEGIN PRE-PRIMÊRAkademie Reformia beskik oor sy eie kleuterskool wat kleuters vanaf 2 jaar oud voorberei vir graad 1.

Kleinbegin bedryf ’n goed-ontwikkelde program wat daarop gerig is om die kind

Page 4: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

6 7

Bind & BOUOntmoet Akademie Reformia

Honneursgraad (Cum Laude).

Hy het begrip vir die geweldige invloed wat ’n gelowige onderwyser op leerlinge se lewens het en het vroeg in sy onderwysloopbaan tot die besef gekom dat onderrig nie apart en afgesonder van die Woord van die Here kan geskied nie. “Onderrig vanuit die skrif moet normatief wees, ’n Bybelse begronding hê, en moet primêr by die ouerhuis begin”.

“Normatiewe Bybelse onderrig is die enigste weg van opvoeding wat die gelowige ouer van kinders wat aan hom/haar toevertrou is kan volg.”

Mnr. Combrink glo dat privaat Christelike onderwys die enigste weg is waar hy sy toekoms in die onderwys sien. Sedert Mei 2016 staan mnr. Combrink aan die stuur van sake by Akademie Reformia.

In Maart 2019 is hy gekies om op die direksie van die Instituut vir Christelike Onderrig te dien.

Mnr. Combrink is getroud met Lynn-Marie en het twee dogters Lize en Nina. Hul is meelewende lidmate van die Gereformeerde Kerk Pietersburg.

Hy sien die pad waarop die Here hom gelei het, deur die wildtuin, en die lesse by openbare skole,

as voorbereiding op die taak waartoe die Here hom nou geroep het.

Hy bely ook soos in 1 Tim. 6:12 “stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is”.

WAT IS AKADEMIE REFORMIA SE ROL IN DIE BREËR GEMEENSKAP?As skool met ’n leerdertotaal van ongeveer 55 kleuters en 90 laerskool leerlinge is AR een van die kleinste skole in die dorp. Ons impak op die gemeenskap is egter alles behalwe klein. Die skool bied jaarliks ’n Bulletjierugby- en Mini-netbaldag aan waartydens 900 leerlinge en 3000 toeskouers ons terrein besoek.

Verder het ons inisiatiewe soos die Koorfees op die been gebring waar die dorp se top kore deelneem. Ons was in 2018 die gasheer vir die Interlaer Atletiek Byeenkoms vir privaatskole in Pietersburg. AR se leerlinge skakel in by aksies soos Stap vir Bybels, die jaarlikse kranslegging by die konsentrasiekamp, die Bybelleesmaraton, en die Limpopo Eisteddfod. Ons neem jaarliks deel aan die WOW Spelfees waar daar gereeld van ons leerlinge deurdring en presteer op nasionale vlak.

Verder tree ons slagorkes en kore jaarliks by sangdienste van gemeentes in die dorp op.

BOODSKAP VAN ICODankie Akademie Reformia dat ons so bietjie meer van julle te wete kon kom. Ons sien gereeld in die sosiale media van julle oudleerlinge wat iewers in die samelewing ’n groot verskil maak. Dit is dan met dankbaarheid dat ons saam met julle mag sien hoe die Here die vrug van Christelike opvoeding in hierdie kinders laat groei het. Mag julle ook in julle gemeenskap tot uitbreiding van God se koninkryk dien. Ons bid julle die seën van die Here toe.

Om rotsvas te kan staan, moet vaste beginsels gevestig word. Ons kinders is lewende bood-skappe wat ons die toekoms instuur, na ’n tyd wat ons self nie sal sien nie.

ONS ONTMOET DIE HOOF; MNR. HENNIE COMBRINCKPietersburg was die stad waar hy opgegroei en in 2003 gematrikuleer het. Mnr. Hennie Com-brink het ’n groot liefde vir die natuur en verwerf ’n B-Tech graad in Natuurbewaring waarna hy vir SAN-Parke begin werk het. Hy was vir ’n aantal jare in die Kruger Nasionalepark as ’n veldgids en omgewingsopvoedkundige werksaam. Na 5 jaar in die wildtuin het mnr. Combrink egter besef dat sy roeping elders is.

In 2009 begin hy sy onderwysloopbaan by Generaal Piet Joubertskool in Pietersburg waarna hy in 2012 by die personeelkorps van Chris Hofmeyr Laerskool aangesluit het.

In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed

in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe, en perseptuele vaardighede, groot- en klein-motoriese ontwikkeling en skeppende aktiwiteite in. Sang, rympies, bekendstelling aan Engels, rekenaarvaardigheid en aanleer van Wiskundige begrippe dien as bykomende verryking.

Naskoolfasiliteite, wat middagete insluit, is vir die kleuters beskikbaar.

“Die toekoms van die samelewing word in ’n groot mate in die klaskamer geskryf.”

Page 5: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

9

Bind & BOU

Die waarde van die Skrif in elke vak

Meeste van ons het op een of ander wyse die omstrede video van die kunsuitstalling by Grantleigh-Curro skool gesien. Sedertdien het daar

heelwat skrywes op sosialemedia die rondte gedoen, sommige om hul afgryse te kenne te gee en ander om die dieper liggende boodskap hiervan te soek.

Hierdie kunswerk het duisende Christene laat skree, “brand brand” en verwag ook dat daar ’n verskoning van die skool gebied word. Die voormalige hoofseun het ’n hartroerende brief waarin hy sy misnoeë te kenne gee geskryf. ’n Brief wat getuig van geloofinsig en geloofswysheid.

Hierdie blatante uitbeelding van allerlei afskuwelikhede is maklik om uit te wys en om daarop te reageer. Waaroor daar groter bekommernis moet wees is die subtiele ondermyning van kinders se fondamente. ’n Goeie voorbeeld hiervan is ook die nuwe Lewensoriënteringkurrikulum wat vanaf 2020 onderrig moet word. Een van die sekulêre koe-rante beskryf dit as sagte pornografie waaraan ons kinders bloot gestel word. Skrikwekkend!

Bietjie vir bietjie, en saggies gesus, weet hulle nie meer wat die enigste Waarheid is nie. Dit lei tot baie groter twyfel en uit hom op die ou end in allerlei vreemde gedrag.

2 Tim. 3:16 gee vir ons as opvoeders, ouers en onderwysers, bepaalde opdragte of riglyne oor

die plek van die Skrif in die opvoedingsproses, sodat ons kinders se fondament sterk mag wees en dit weerbaar is teen die subtiele uitkalwing daarvan.

2 Tim. 3:16: Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die gereg-tigheid, 17: sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

GEÏNSPIREEROns lees dat die Skrif God se kinders wil onderrig, ook gelowiges se kinders wat in openbare skole is. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het gesag. Hierdie gesag kom nie van die mense af nie, maar van God. Die Woord van God moet dus die vertrekpunt van alle onderrig wees, in die lewensoriënteringklas, maar ook in die kunsklas. Vir gelowiges kan die hoogste gesag nooit lê in die Departement van Basiese Onderwys, die grondwet, menseregte of kunstenaarsvryheid nie. Optrede of uitbeeldinge teen die Woord van God kan dus nie as gesagvol aanvaar word nie. Indien ’n skool sê dat hy ’n Christelike skool is dan beteken dit hy aanvaar dat die Woord van God die fondament van daardie skool vorm, ja, elke deel van die Woord, nie net sekere dele nie.

NUTTIGDie teksvers noem dat die Bybel nuttig is. Christelike onderrig plaas die Woord van God sentraal, dit leer aan ons dat die kennis wat ons

gehoor het, nie sal verberg vir ons kinders nie (Ps. 78) Ouers en onderwysers sien dat die Bybel nuttig is om kennis van God aan die kinders te leer, sodat die kinders op God kan vertrou en sy gebooie kan bewaar. Dit gee aan kinders dan die vermoë om met hierdie kennis aktuele sake soos die kunsuitstalling of die inhoud van Lewensoriënteringkurrikulum vanuit die Woord te kan beoordeel en aan te spreek.

LERINGDie Bybel is ook nuttig tot lering of tot onderrig. Die kinders van gelowiges moet die Bybel goed leer ken, sodat hulle onderskeidingsvermoë mag bekom. Hulle moet onderrig word in Christus se verlossingsdade en besef dat hulle verlossing altyd daartoe moet lei om op aarde te leef vanuit die verlossing. Dit beteken dat die verlossing wat Christus vir ons verwerf het vir elke aspek van ons lewe belangrik is, ja in die klaskamer het dit ook vir elke vak iets te sê. Dit moet die basiese vertrekpunt van elke vak wees.

WEERLEGGINGNog ’n opdrag uit hierdie vers is dat kinders vanuit die Bybel geleer word om verkeerde sake te kan weerlê, hulle moet dus geleer word om tussen reg en verkeerd te kan onderskei. A.g.v. die mens se gebrokenheid kyk ons na baie dinge in hierdie lewe vanuit ’n bril wat besmet is met sonde. Ons verkeerde idees, gedagtes en dade is deel van ons daaglikse lewe waarteen gestry moet word. Die Bybel is nuttig om dit te weerlê, dit beteken die Bybel is die rigsnoer of maatstok waarteen ons alle optrede meet en dan verkeerde sake kan weerlê. Die Bybel is die vertrekpunt waarteen ons alle vakinhoud, opdragte, ons lewens, die gemeenskap waarin ons leef en ons eie optrede

moet meet. Daarom kan geen vak in ’n Christelike skool neutraal aangebied word nie, ook nie in die kuns- of lewensoriënteringsklas nie. Fil. 4:8 is hier ’n belangrike weerlegging van die nuwe voorgenome inhoud wat in die lewensoriën-tering aangebied gaan word. Dit het ook iets te sê vir die veel besproke kunsuitstalling. “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is-watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”

TEREGWYSINGIn 2 Tim. 3:16 sê Paulus aan Timótheüs dat die Bybel ook daar is om tereg te wys. As ons ’n kind teregwys, dan wys ons op die fout wat hy gemaak het en wat om te doen om dit reg te stel. Nooit mag ons nét die fout beklemtoon nie. As ’n kind nooit uit sy foute leer nie sal daar nie vordering in sy geestelike groei wees nie. Dit is dus ’n Bybelse beginsel om ’n kind op sy foute te wys en hom dan reg te help.

ONDERWYSING IN DIE GEREGTIGHEIDDie laaste gedeelte van 2 Tim. 3:16 handel oor onderwysing in die geregtigheid. Kinders moet onderwys, opgevoed of rigting gegee word. Hulle moet begelei word om volwassenes te kan word. As gelowige ouers of onderwysers hou dit in dat ons, ons kinders moet leer wat dit is om ’n lewe van heiligmaking te lewe. Vanuit hul verlossing deur Jesus Christus moet daar ’n lewe wees wat getuig aan Wie hulle behoort. Hul hele optrede in hierdie wêreld moet daarvan getuig dat hulle nie van die wêreld is nie. Dit omvat alle vlakke van die kind se lewe, sosiaal, liggaamlik en kognitief. Om hierdie lewe van heiligmaking te kan leef het die

8

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die

mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Page 6: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

DR. ELIZMA LOUW - AROS

10

Die waarde van die Skrif in elke vakHere aan ons die wet gegee wat die Here Jesus in die liefdesgebod saamgevat het.

Op hierdie weg streef ons dan om ooreenkomstig die wet van die Here te leef en ons kinders moet daarin opgevoed word. Dit hou in dat ons 24 uur ’n dag en sewe dae van die week daarna streef en nie net wanneer dit ons pas nie. Dit beteken dat, as ons bely dat ons Christene is, dat ons dan ook as Christene leef. Dat ons elke Sondag kerk toe gaan, dat ons huisgodsdiens hou, dat ons nie meedoen aan omkopery of woedeuitbarstings nie, dat ons stry teen die werke van die vlees. Dat ons lewens op ’n Sondag sowel as deur die week getuig aan Wie ons behoort.

Dit is dan die hoofdoel van alle Christelike onderrig, om ons en ons kinders voortdurend onder die wil van God te stel. Wanneer ons, ons kinders onderrig volgens hierdie beginsels soos gestel in 2 Tim. 3:16, dan kan ons nie kunstenaarsvryheid voorstaan nie. Dan kan daar nie lewensoriënteringinhoud, wat direk strydig is met die 7e gebod, aan kinders geleer word nie. Dit is iets wat Christen ouers reeds vir hulle kinders as hulle baie klein is, moet leer. Dan alleen sal hulle die subtiele ondergrawing van hul fondamente

kan teëstaan. As hulle van kleins af daarin geoefen word, sal hulle onderskeidingsvermoë ontwikkel en sal hul die bose wêreld vanuit die Skrif kan weerlê. Dan sal dit nie nodig wees om die boosheid van die wêreld met ekstreme afskuwelike beelde te weerlê nie. Dan sal hulle weet wie die enigste onwankelbare Waarheid is en daaruit leef.

Laat ons daarom elke dag met God wandel, sy aangesig soek en wysheid vir die opvoed van ons kinders ooreenkomstig Sy wil afbid.

Geskryf deur Saskia MeijerGeïnspireer deur dr. Morné Diedericks van Aros se aanbiedinge van die kursus: Boustene vir Normatiewe Onderwys van leerders of op hul denkprosesse gefokus

word? Prosedurele kennis is belangrik en dit is die gedeelte waarop die meeste in klasse gefokus word. Die denkprosesse is egter van groter belang as ons van leerders verwag om nie net Wiskunde te kan doen nie, maar dit ook te verstaan.

Wanneer iemand verstaan hoe die metodes werk wat gebruik word om ’n probleem op te los, word dit prosedurele kennis genoem. Indien te veel klem hierop geplaas word, kan dit daartoe lei dat leerders die metodes slaafs navolg sonder om te verstaan waarom hulle dit werklik doen. As hulle die metode vergeet, gaan hulle sukkel om daardie spesifieke probleme op te los.

As die aandag grotendeels op konseptuele verstaan gevestig word, skuif die fokus weg van ’n blote metode. Daar word dan eerder van die leerder verwag om self te verstaan wat ’n bepaalde konsep behels. As ’n leerder verstaan,

Van die belangrikste vrae wat Wiskunde onderwysers hulself moet afvra, is waarom daar van hulle verwag word om leerders Wiskunde te leer? Wat

is die doel hiermee? Die antwoord op hierdie vrae sal bepaal hoe onderwysers Wiskunde sal onderrig en wat in die klaskamer sal gebeur. Bogenoemde vrae verwys na wat Wiskunde in werklikheid is.

Galileo Galilei het gesê dat Wiskunde die taal is waarmee God die heelal geskryf het. Volgens die KABV moet die onderrig van Wiskunde help om verstandelike denkprosesse soos logiese en kritiese denke, akkuraatheid en probleem-oplossing wat help met besluitneming ontwikkel. Wiskunde gaan dus nie slegs daaroor om altyd die regte antwoorde te gee nie.

Die fokus is eerder op die denkprosesse wat gebruik word om by die antwoorde uit te kom. Prosedurele kennis (regte of verkeerde antwoor-de) en die konseptuele (denkprosesse) verstaan van verskillende onderwerpe in Wiskunde is van die denkprosesse wat hierby ingesluit word.

Dit lei tot ’n verdere vraag, naamlik of daar in die klaskamer op die regte of verkeerde antwoorde

Wiskunde-onderrig in die klaskamer

Bind & BOU

10 1110

Galileo Galilei het gesê dat

Wiskunde die taal is waarmee God die

heelal geskryf het.

Dit is dan die hoofdoel van

alle Christelike onderrig, om ons en

ons kinders voortdurend onder die

wil van God te stel.

Page 7: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

12

Bind & BOUWiskunde-onderrig in die klaskamer

kan hulle self verskillende metodes genereer om die probleem op te los.

DIE DENKPROSESSE VAN LEERDERS: ’N BELANGRIKE FOKUSPUNT Daar is ’n paar redes waarom die fokus op denkprosesse vir onderwysers in die klaskamer van hulp kan wees.

• Eerstens help dit die onderwyser om toe-gang te kry tot leerders se konseptuele en prosedurele denkprosesse. As onderwysers kan bepaal waarom ’n leerder iets verkeerd doen, kan onderwysers sulke leerders se denkprosesse oor ’n konsep regstel.

• Tweedens lei dit daartoe dat onderwysers hulle onderrig en verduideliking kan ver-beter. Indien hulle miskonsepsies oor ’n spe-sifieke onderwerp kan identifiseer, is die waarskynlikheid hoër om meer toepaslike of alternatiewe maniere te vind om daardie kon-sep te verduidelik.

• Derdens haal die fokus op denkprosesse die fokus van die antwoord af. Leerders wat sukkel met Wiskunde het reeds Wiskunde-angs. Indien die fokus voortdurend op hulle verkeerde antwoorde val, vererger dit hulle angs. Dit lei weer op sy beurt daartoe dat sulke leerders nie regtig meer probeer om Wiskunde te doen nie. As ’n onderwyser egter op leer-ders se denkprosesse fokus en agterkom waar die probleem in die redeneringsproses intree, kan sulke leerders gehelp word. As hierdie leerders se denkprosesse reggestel word, gaan hulle vermoë om probleme op te los ook verbeter. Hulle Wiskunde-angs sal ook verminder.

• Laastens, kan dit leerders help om seker te wees dat hulle die probleem verstaan. Hulle kry nie net die antwoord reg nie, maar daar word aan hulle bevestig dat hulle die probleem verstaan, omdat hulle reg daaroor redeneer.

DIE VERBETERING VAN DENKPROSESSE: METODES WAT ONDERWYSERS KAN IMPLEMENTEER Die fokus in die klaskamer moet verskuif van

regte of verkeerde antwoorde na hoe leerders dink terwyl hulle ’n probleem oplos. Onderwysers moet doelbewus daaraan aandag skenk om leerders met hul begrip en denkprosesse oor konsepte te help. Daar is verskeie metodes wat onderwysers in hul klaskamers kan implementeer om leerders in hierdie proses te begelei:

• Stel konsepte op verskillende maniere voor. Daar is genoeg bewyse in die literatuur dat die konkrete, semi-konkrete en abstrakte (KSA) onderrigmetode leerders help om ’n konsep skematies te verstaan. Dit kan op sy beurt as ’n ‘brug’ gebruik word om leerders te help vanaf konkrete na abstrakte denke. Leerders met leerprobleme sukkel om abstrak te dink en hierdie onderrigmetode kan hulle help om die konsepte op ’n abstrakte vlak te verstaan

• Modelleer probleemoplossing. ’n Onderwyser moenie slegs aanneem dat leerders in-stinktief weet hoe om probleme op te los nie. Onderwysers kan dus hul eie redene-ringsproses hardop verduidelik, tewyl hulle die probleem op die bord oplos.

• Moedig redenering en bewysvoering aan. Onderwysers moenie net hul eie redenering hardop verduidelik nie, maar hulle moet ook van die leerders verwag om dit self te doen.

• Dui verbande tussen konsepte aan. Een van die foute wat onderwysers soms maak, is om konsepte in isolasie te verduidelik by-voorbeeld, wanneer die verduideliking van oppervlakte as konsep op ’n geïsoleerde manier plaasvind, is die memorisering en toepassing van die begrip vir leerders moeiliker. Wanneer leerders egter sien dat oppervlakte ’n vermenigvuldigingsom is, kan hulle oppervlakte met vermenigvuldiging be-gin assosieer – ’n vaardigheid wat hulle reeds bemeester het. Sodoende word oppervlak dan nie ’n geïsoleerde konsep wat bloot ge-memoriseer moet word nie.

Wanneer leerders die onderlinge skakeling van onderskeie konsepte begin verstaan, word Wiskunde ’n vak wat hulle meer kan geniet. So word die kinders geleer dat geïntegreerdheid van Wiskunde met ander kennisareas meesterlik so deur God geskape is. Deurdat Hy ons in staat stel om daardie kennis meer en meer te ontdek, kan ons dit in die uitvoer van ons kultuurmandaat aanwend en sodoende ons naaste en God met daardie kennis te verheerlik. Dit is wonderlik as die onderwyser die kind hierin mag onderrig en die grootheid van God se Skepping mag so kan ontsluit.

13

As ’n onderwyser egter op leerders se denkprosesse fokus en

agterkom waar die probleem in die redeneringsproses intree, kan sulke

leerders gehelp word. As hierdie leerders se denkprosesse reggestel word,

gaan hulle vermoë om probleme op te los ook verbeter. Hulle Wiskunde-angs

sal ook verminder.

Page 8: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

DR. D BRINKBESTURENDE DIREKTEUR: SOS

15

Bind & BOU

Kindgesentreerdheid is die negatiewe situasie in ’n gesin waar die kinders voel, beleef en daagliks prakties ervaar dat hulle die middelpunt van

die gesin en die samelewing is. Alles in die kindgesentreerde gesin draai om die kinders se gemak, genot, gerief, grille en giere. Dit is nooit vir ons kinders opvoedkundig voordelig wanneer ons gesinne so ingerig word nie. Gesinne van Afrikaners, soos alle ander kultuurgroepe wêreldwyd, is egter vandag by verstek kindgesentreerd, tensy ons dit daagliks aktief teëwerk. Ons kinders gaan nêrens as volwassenes die middelpunt van die samelewing wees nie – dis onnatuurlik om ’n gesin só in te rig dat dit so vir die kinders voel. Natuurlik behoort alle kinders te beleef dat hulle ’n wonderlike, geliefde toevoeging is wat seën bring tot ’n reeds-bestaande gesin,

Een fout oor eenvoud

maar hulle behoort nooit te voel asof hulle die middelpunt daarvan is nie.

Kindgesentreerdheid het tot gevolg dat ons kinders voorregte, vryhede en besittings kry lank voordat dit toepaslik is. Daarom het 12-jarige boetie meestal vryhede wat hoort by ’n 15-jarige en lyk 18-jarige sussie se matriekafskeid soos ’n troue. Ons kinders het meestal té veel besittings, té veel speelgoed en té veel vryhede. Dit sal ons en veral ons kinders baie baat om te streef na eenvoud. Dis vir ons kinders goed om soms te moet wag, soms moeg te word, soms verveeld te wees, soms warm te kry, soms vir ’n kort rukkie honger te wees, soms gestraf moet word vir hul foute, soms vergifnis te moet vra, soms werk in die huis te moet doen. Hulle sal uit hierdie ervaringe leer om vas te byt (deursettingsvermoë) – iets wat Angela Duckworth in haar boek Grit beskryf as dié sagte vaardigheid wat van kinders suksesvolle volwassenes maak. Deursettingsvermoë ont-spring egter nooit vanuit die fontein van ’n kindgesentreerde gesin nie.

Die ouers van kindgesentreerde gesinne meng té gereeld in by skole se reëlings en besluite, veral wanneer dit kom by straf. Om egter in te meng by dít wat gewoon die logiese gevolge van verkeerde keuses en dade is, is onopvoedkundig en stel aan kinders ’n baie slegte voorbeeld.

Kindgesentreerdheid

het tot gevolg dat ons kinders

voorregte, vryhede en besittings

kry lank voordat dit toepaslik is.

Hierdie ouer-inmenging neem epidemiese af-metings aan en het reeds die gevolg dat die onderwysberoep nie aantreklik is vir talentvolle jongmense nie. Die artikel “Helicopter parents raise unemployable children” deur Marcia Sirota is ’n skokkende oproep aan alle ouers om terug te staan sodat hul kinders onafhanklik belangrike sagte vaardighede kan aanleer.

Alle ouers moet te alle tye veg teen die suigkragte

van kindgesentreerdheid. Ons moet daagliks daarteen beur met ’n stille vertroue dat ons kinders lewenslank daarby sal baat. Hulle skouers is eenvoudig nie breed genoeg om die gewig te moet dra van besluitnemer en middelpunt van ’n gesin nie. Kinders het ’n reg tot beter leiding en ouers het ’n plig tot beter leiding.

Eenvoud in ons gesinne is uitstekend, die een fout is kindgesentreerdheid.

Dit sal ons en veral ons kinders baie baat om te streef na eenvoud.

Dis vir ons kinders goed om soms te moet wag, soms moeg te word, soms

verveeld te wees, soms warm te kry, soms vir ’n kort rukkie honger te wees,

soms gestraf moet word vir hul foute, soms vergifnis te moet vra, soms werk

in die huis te moet doen. Hulle sal uit hierdie ervaringe leer om vas te byt

Page 9: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

16

Die dag tot dag gevare van die digitale wêreld

Met groot versigtigheid word ons huise met hoë heinings, moderne veiligheidskameras en groot gevaarlike waghonde beveilig. Ons kinders mag nie self skool toe stap nie, hul mag nie alleen in die winkelsentrums wees nie, want die wêreld

is boos en ons kan seerkry. Tog vergeet ons soms dat die internet ook ’n eiesoortige wêreld is, waar kinders ook nuwe kennis vir skooltake kan kry, met maats oor landsgrense heen rondkuier, en winkels besoek. ’n Wêreld waar daar nie altyd heinings, veiligheidskameras en waghonde is nie! ’n Wêreld waar ons kinders se siele aan gevaar blootgestel word.

As u ’n ouer is met ’n kind wat oud genoeg om ’n slimfoon te gebruik, is die kans goed dat u bekommerd is oor wat u kind in hierdie internet-wêreld doen, en met reg so, want daar is baie gevare wat kinders wat aanlyn verkeer, bedreig. Gevare soos aanlynbendes, aanlynswendelary, onvanpaste inhoud en aanlynboelies, wat ’n groot bedreiging vir ons kinders kan wees.

BETROKKE OUERSDit is baie belangrik dat ouers betrokke moet wees by hulle kinders en gereeld gesprekke moet voer oor die internet en hoe om internet- of digitaalslim te werk te kan gaan om hulself te kan beskerm. Wees as ouer betrokke by u kind se sosialemediawêreld en leer hulle wat dit beteken om sosiaal verantwoordelik en intelligent op te tree. Die sleutel hier is gewis om gesonde oop kommunikasiekanale van vroeg af met u kind te vestig.

Vandag is die gebruik van sosialemedia by tieners bykans universeel.

Die dag tot dag gevare van die digitale wêreld

Bind & BOU

17

Volgens onlangse statistieke maak 7 uit 10 tieners verskeie kere per dag van sosialemedia gebruik. Daar was selfs navorsing wat bevind het dat sommige tieners tot nege ure per dag hierop spandeer. Baie van hierdie ure word deur die nag hierop deurgebring, wat tieners van onmisbare slaap beroof.

Meeste tieners vorm deel van sosialemedia-netwerke. Ongelukkig is hierdie netwerke ook die jagveld vir kubermisdadigers, en ons tieners is die perfekte teiken. Die meeste kubermisdadigheid vind juis op hierdie sosialenetwerke en speletjieswebwerwe soos bv Fortnite plaas.

METODEDie metode wat deur hierdie misdadigers of “predators” gebruik word is om die tieners se vertroue te bekom, hul spesiaal te laat voel en hulle te behandel soos volwassenes. Hierdie metode slaag natuurlik meesterlik by veral tieners met ’n lae selfbeeld.

Skielik voel hulle bemagtig en vol selfvertroue. Hierdie misdadigers sal selfs sover gaan as om persoonlike inligting soos musiek, kleresmaak, ’n gunsteling sportspan, of een of ander aktiwiteit of stokperdjie waarvan die kind hou, op ’n slinkse wyse te bekom en dit dan op ’n subtiele wyse in die aanlyngesprekke wat met die tiener gevoer word, te gebruik. Die tiener voel dan gewoonlik dat hierdie persoon wat nou met hom of haar gesels hom of haar baie beter verstaan as selfs sy eie gesin.

Sodra die tiener se vertroue gewen is, verskuif die metode na manipulasie en intimidasie. Hierdie gedrag staan bekend as aanlyn “grooming” of versorging en dit is wanneer ’n aanlynmisdadiger (gewoonlik ’n volwassene) poog om ’n verhouding te bewerkstellig met die kind of tiener. Dit kan oor ’n baie kort tyd of as ’n lang, uitgerekte proses plaas-vind.

Aanvanklik lyk dit asof die aanlyngesprekke baie onskuldig is, maar dit bevat dikwels halwe waarhede, ’n tipiese metode waarmee die satan die mens al sedert die sondeval mislei. Nadat die kind se vertroue gewen is, kan dit gebeur dat die aanlynmisdadiger die tiener se natuurlike

Page 10: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

19

Bind & BOUDie dag tot dag gevare van die digitale wêreld

nuuskierigheid oor die seksuele begin toets en subtiel die grense daaroor begin verskuif. Sagte pornografie of kinderpornografie word gebruik om die kind se inhibisies aan te tas en sodra hulle dit reggekry het gebruik hulle hul volwasse status om die tiener se gedrag te beheer.

SOORTE MISDADIGERSDaar is drie soorte misdadigers op sosialemedia-netwerke:

• Geen voorkeur: neem enige tiener of kind wat beskikbaar is;

• Pedofiel: verkies kinders onder adolessensie;• Met voorkeure: hou van ’n spesifieke ouder-

domsgroep, 12-14 jarige meisies, en hul profiele is gewoonlik dieselfde as ’n reeksmoordenaar

WENKE’n Paar wenke wat kinders en ouers in ag kan neem voordat hulle aanlyn is:

1. Beperk die tyd wat aanlyn spandeer word tot ’n maksimum van twee uur per dag. Na-vorsing bewys dat die risiko om ’n slagoffer te word van seksuele misbruik, afknouery op die sosiale media, ens. direk gekoppel kan word aan die hoeveelheid tyd wat aanlyn ge-spandeer word.

2. Die ouer moet ook ’n voorbeeld stel. As kinders sien hul ouers spandeer die hele dag op die internet of in kletskamers, sal hulle waarskynlik die voorbeeld volg.

3. Probeer om die huis so te organiseer dat die tiener in ’n oop area in die huis op die internet

verkeer, bv. in die eetkamer. As hy stilte nodig het om ’n taak daarop te voltooi, kan oorfone wat geluid uitskakel, aangeskaf word.

4. Praat gereeld met u kinders dat daar mis-dadigers aanlyn is en dat dit verskriklik gevaarlik is om persoonlike inligting met enigiemand te deel. Almal van ons het al die advertensies op sosiale media gesien waar daar vir bv. ’n gunsteling kleur of gun-steling troeteldier gevra word en dan word ’n sg. persoonlikheid hieruit afgelei. Moenie val vir hierdie slenters nie, dit word ook deur die aanlynmisdadigers gebruik om persoonlike inligting te versamel. Die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheid Navorsing (WNNR) het gewaarsku dat Suid Afrikaanse burgers heeltemal te veel persoonlik inligting aanlyn deel.

5. Moet nooit iets stuur vir iemand wat jy nie wil hê jou ouers, onderwysers, skoolhoof of polisie moet sien nie.

6. Wees as ouers versigtig vir ’n selfoon, kamera of webkamera wat u kind huis toe bring en wat u nie gekoop het nie. Dit kan ’n misdadiger wees wat foto’s van u kind wil hê.

7. Pas u rekenaarwagwoord gereeld aan.

8. Daar is ’n fyn lyn tussen op u kind spioeneer en u kind se privaatheid respekteer. Verdui-delik vir u kind dat dit in sy/haar beste belang is dat u van tyd tot tyd wel op sy/haar selfoon of rekenaar gaan kyk. Solank as wat u as ouer die verantwoordelikheid het vir die kontrak is u ook die eienaar van daardie selfoon of rekenaar en is u ook aanspreeklik vir wat daarop gebeur.

9. Ken die kletskamers waarheen u kind gaan.

10. Ontwikkel u kind ’n obsessie of verslawing t.o.v. die selfoon of internet? Gaan hul soms in die middernagtelike ure aanlyn? Dit is be-langrik om u selfoonkontrakte na te gaan

om die selfoon gebruik te monitor. As die rekords wys dat ’n geweldige hoeveelheid gesprekstyd bestee word aan ’n spesifieke persoon (nommer), veral iemand wat u nie ken nie, het u as ouer rede tot kommer.

11. Om ’n vertrouensverhouding met u kind te bou is lewensnoodsaaklik. Hierdie vertrouens-verhouding word net gebou as u tyd daarvoor maak. ’n Baie goeie wegspringplek is om elke dag huisgodsiens te hou. Rondom die Woord ontstaan daar baie rigtinggewende gesprekke waar hierdie sake ook met gemak bespreek kan word. U kind moet ten alle tye weet dat hy/sy na u toe kan kom as hy/sy ongemaklik begin voel oor aanlyngedrag van enigiemand. Indien u kind homself as ’n slagoffer van on-behoorlike aanlyngedrag bevind moet hy sonder vrees vir straf na u toe kan kom.

12. Leer u kind dat daar sekere onderwerpe is wat net nie aanlyn bespreek word nie.

13. Sorg dat u rekenaar beskerm is van moontlike virusse wat u kind kan blootstel aan allerlei onvanpaste beelde en inligting.

14. Leer u kind om ander aanlyn te RESPEKTEER. Doen aan ander wat jy wil hê aan jou gedoen moet word is ook ’n beginsel wat t.o.v. aanlyn-gedrag gevolg moet word.

NUTTIGE ADRESSEWeet waarheen om te gaan as u kind die slagoffer van ’n aanlyn misdadiger word en moet nie huiwer om die kriminele te rapporteer nie! Naaktheid, pornografie en teistering of enige onwelkome boodskappe op FB kan by die volgende adres

gerapporteer word: [email protected].

Vir meer inligting oor internetveiligheid, kan die volgende webwerwe besoek word:

• OnguardOnline.gov• Wiredsafety.org,• Commonsense.com• Ncmec.org• Connectsafely.org• netSmartz.org• WebWiseKids.org

Artikel geskryf deur dr. Anke Brand vir ACSI-SA-

E-Magazine-Sept 2019. Die artikel is met toestemming van die skrywer, deur Saskia Meijer vertaal en aangepas deur.

Anke Brand (PhD) is ’n gerespekteerde spreker, konsultant, onderwyser en berader met spesialisering in internetverslawing en kompulsiewe aanlynspeletjies afwyking. Lees meer op https://diginsa.co.za

Weet waarheen om te

gaan as u kind die slagoffer van ’n

aanlyn misdadiger word en moet

nie huiwer om die kriminele te

rapporteer nie!

18

Page 11: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

20 21

GKSA TV Bind & BOU

Die ICO streef daarna om onderwysers toe te rus om hul opvoedingstaak waartoe hul geroep is te kan uitvoer. Dit behels ook om toegerus te word om na die liggaamlike welstand van kinders om te sien.

Ons almal weet dat waar daar kinders is, daar ook die moontlikheid van beserings is. Hier-die beserings verg vinnige optrede, daarom het ons ’n noodhulpkursus ontwikkel wat onderwysers kan toerus om in noodsituasies korrek op te tree.

Hiermee enkele belangrike aspekte om in gedagte te hou wanneer noodhulp by ’n skool verleen word.

WATTER WETLIKE VEREISTES IS DAAR RONDOM NOODHULP IN ’N SKOOL?Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (No. 85 van 1993) wat opleiding in noodhulp verplig, hou in dat die werkgewer sover moontlik ’n werkomgewing skep wat veilig en sonder risiko vir die gesondheid van sy werknemers is.

Dit beteken nie dat al die verantwoordelikheid net op die skoolhoof en/of skoolbestuur val nie. Die wet verplig die skool om risikogebiede te identifiseer en dit so veilig as moontlik te maak vir almal.

Ons eie GKSA TV platform op internet!

Om die Evangelie ook op ander maniere te bedien, begin die Gereformeerde Kerke in 2020 met die daarstel van videomateriaal op ’n digitale platform. Vir hierdie doel is Glo Media TV saam met die Hervormde Kerk gestig. Die volgende videomateriaal word beplan: kleuterbediening, kinder- en jeugbediening, teologiese opleiding, pastorale bediening en andere.

Onderwysers of ander belangstellendes wat meen dat hulle die gawe het om TV programme aan te bied en wat hierby betrokke wil raak, kan hulle name aan ICO deurgee by [email protected] of 0824914965

Help, die kind het seergekry!

GKSA TV

Page 12: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

22

Let asseblief daarop dat in die wet op “Algemene Gesondheid- en Veiligheidsregulasies” 28 Okto-ber 2005 (Staatskoerant, No. 28162), regulasie nommer 7 verskaf die regulasies en spesifikasies met betrekking tot “noodhulp, noodtoerusting en -prosedures’’.

WANNEER MOET ’N PERSOON IN NOODHULP OPGELEI WORD?Waar meer as 10 werknemers by ’n werkplek in diens is, moet die werkgewer ’n noodhulpbe-ampte aanstel. Dit is ’n verpligte regsaanstelling en die noodhulpbeampte moet geredelik beskik-baar wees gedurende normale werksure.

HOEVEEL PERSONE MOET BY ’N SKOOL OPGELEI WEES?Een noodhulpbeampte vir elke 50 persone op die perseel. Maar die beste is dat elke onderwyser en personeellid opgelei is.

WANNEER EN HOEVEEL NOODHULPKISSIES MOET VOORSIEN WORD?Waar meer as vyf werknemers by die skool in diens is.

Die aantal kissies wat benodig word, moet deur die werkgewer bepaal word, met inagneming van die volgende:

• Die tipe beserings wat gewoonlik by die skool plaasvind,

• Die aard van die aktiwiteite wat by die skool uitgevoer word en

• Die aantal persone wat by ’n skool is.

PLASING VAN DIE NOODHULPKISSIESDie werkgewer moet ’n noodhulpkis by of naby die werkplek plaas, waar dit beskikbaar en maklik toeganklik is vir die behandeling van beseerdes.

KENNISGEWING-TEKENS’n Skool moet prominente kennisgewings op ’n duidelik sigbare plek plaas. Dit moet die plek waar die noodhulpkissie gehou word aandui, asook die naam van die persoon in beheer van sodanige noodhulpkis.

MAG DIE SKOOL ENIGE ANDER ARTIKELS SOOS PYNSTILLERS IN DIE NOODHULPKIS HOU?Nee. Skole mag slegs artikels en toerusting soos vermeld word in die “Regulasie 7 noodhulpkis” aanhou. Volgens die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe 101 van 1965 mag niemand ’n medikasie aan iemand anders toedien nie (d.w.s: hoofpyn tablette, hoesmengsel of enige ander mondelinge medisyne) tensy dit ingevolge die Wet op Aptekers toegelaat word.

WAT WORD GEDURENDE ’N NOODHULP VLAK 1 KURSUS AANGEBIED?• Wat is noodhulp.• Basiese pasiënt behandeling.• Die werking van die liggaam.• Basiese lewensondersteuning (Kardio Pulmo-

nêre Resussitasie ((KPR)) en verstikking).• Hantering van mediese noodgevalle soos

skok, hartaanvalle, beroerte, epilepsie, asma en diabetes.

• Hantering van beserings soos bloeding, wonde, brandwonde, beenbreuke, kop en nekbeserings.

• Omgewingsnoodgevalle soos verdrinking, byte en steke, hipotermie, hitte-uitputting en vergiftiging.

• Inhoud van ’n noodhulpkis en • Hoe om ’n pasiëntverslag te skryf.

HOE LANK IS ’N NOODHULPSERTIFIKAAT GELDIG?’n Noodhulpsertifikaat is vir 3 jaar geldig, al-hoewel die KPR komponent jaarliks ingeoefen moet word.

Bronnelys:• The South Afican Labour Guide• die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (No.

85 van 1993)• Algemene Gesondheid- en Veiligheidsregulasies

28 Oktober 2005 (Staatskoerant, No. 28162)

Geskryf deur Annelieke Visser

WAT IS DIE PLIGTE VAN ’N NOODHULPBEAMPTE?• Toedien van noodhulp aan beseerde werk-

nemers.• Rekordhouding van voorvalle/beserings en

noodhulp voorraad gebruik.• Rapportering van misbruik ten opsigte van

noodhulpvoorraad.• Voorraad aanvra/bestel.• Bywoon van veiligheidskomitee vergaderings.

HOE WORD ’N NOODHULPBEAMPTE AANGESTEL?Elke noodhulpbeampte moet formeel deur die werkgewer aangestel word. Die aanstelling moet skriftelik geskied en die termyn van aanstelling, asook ’n samevatting van die noodhulpbeampte se verantwoordelikhede aandui.

ontak gerus vir Mev Annelieke Visser by [email protected] of 072 236 0777 indien u of u skool belangstel om opleiding te ontvang in ’n ten volle geakkredi-teerde noodhulpkursus.K

Noodhulpblikke beskikbaar by Annelieke Visser by [email protected]

of 072 236 0777

R 200

Help, die kind het seer gekry! Bind & BOU

Page 13: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

Christelike/verrykende boeke

Kloksgewys van links na regs Ruan Smith & Nadine van Rooyen; Alex van Houwelingen & Marié Jordaan; prof. Rickus Fick (Aros), Marlize Rossouw (Fontein Uitgewery), Alex van Houwelingen, Madeleen Theron & Estel Terblanche; wenboeke van 2018.

24 25

Bind & BOUOp die boekrak

Op

die

boek

rak

Fontein Uitgewery is ’n inisiatief van die Instituut vir Christelike Onderwys en Aros. Dit is ’n klein maar ge-spesialiseerde uitgewery wat hoofsaaklik fokus op Gere-formeerde/Christelike lektuur sowel as die publisering van

’n skoolkurrikulum naamlik die Waterstroomreeks. Daar word ook aandag aan akademiese publikasies, Afrikaanse kinderlektuur en ander onderwysverwante produkte gegee.

Ons is van mening dat hierdie uitgewery ’n kragtige instrument is om ’n gemeenskap te vorm, in die besonder op die waarhede soos vervat in die Woord van God. Dit word teruggevind in die naam Fontein wat ’n verwysing is na Christus wat die Fontein van alle lewe is.

Dit is dan ook ’n voorreg om in hierdie E-tydskrif ’n gereelde rubriek te mag skryf oor wat alles op Fontein se Boekrak gebeur.

Die Ken Jou Storie projek is een van Fontein se opwindende projekte ter bevordering van Afrikaans. Aspirant skrywers is genooi om deel te neem aan ’n skryfkompetisie wat deur Aros, en Fontein geborg is. Pretoria FM was die mediaborg van hierdie kompetisie. Die wenners van 2018 se kompetisie is op 18 Julie by ’n glansgeleentheid in Pretoria bekendgestel.

Hierdie kompetisie het sedert 2017 reeds sewe pragtige kinderboeke opgelewer wat by Boekenhout, Fontein sowel as op Takealot beskikbaar is. Die boeke is van hoogstaande gehalte en boonop geïllustreer deur die bekende Alex van Houwelingen sowel as Ruan Smith. Fontein uitgewery beoog om in 2020 die reeks nog verder uit te brei.

Fontein het natuurlik ook Christelike/verrykende boeke wat handel oor aktuele temas soos depres-sie en die wederkoms van Christus. Die skrywer van die boek “My lewe terug in balans”, Jannie Botha, het ook per geleentheid radiogesprekke oor sy boek aangebied. Die Engelse weergawe van hierdie boek sal in 2020 beskikbaar wees.

Page 14: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

Juffrou-Winkel produkte

26 27

Bind & BOUOp die boekrak

Joyce West en Jo-Riëtte Jacobs het ook ’n gratis

sessie oor navorsingswoordeskat vir onderwy-sers aangebied. Die joernalis Elsje van Jaarsveld het ’n insiggewende onderhoud met die twee skrywers gevoer en hulle kon bietjie meer uitbrei oor die aspekte van hulle boek. Ons weet dat hierdie fees nou ’n jaarlikse hoogtepunt op boekliefhebbers se kalender gaan wees en ons sien uit daarna om in 2020 ook deel te mag wees van hierdie opwindende geleentheid.

Naas hierdie Navorsingswoordeskat boek, het Fontein Uitgewery ook reeds drie ander akade-miese handboeke naamlik die Pentateug, Ekono-miese en Bestuurswetenskappe vir ’n Christen student en die Aros Woordelys gepubliseer. Hierdie boeke word deur Aros aan hul studente voorgeskryf.

’n Oulike inisiatief in samewerking met Fontein Uitgewery en die ICO het die Juffrou-Winkel tot stand laat kom. Vanuit die klaskamer word produkte vir die klaskamer ontwikkel. Die baie gewilde Juffrou dagboek sien nou vir die derde agtereenvolgende jaar die lig. Dit word in ’n A5 @ R 180 asook ’n A4 @ R 280 uitgegee. Onthou om betyds jou bestelling hiervoor te plaas. Vir die wat meer gewaagd wil wees en hulle kunsvernuf wil oefen, is daar ook nou ’n “Bullet” joernaal wat jou die geleentheid bied om jou eie kreatiwiteit vlerke te gee en jou eie dagboek te ontwerp.

Die Pretoria FM-boekefees in samewerking met Beeld en die ATKV het ’n wonderlike geleentheid gebied om die mooi uit die Afrikaanse taal te ontgin. Die fees het in September oor drie dae plaasgevind en die doel van die fees was om die rykdom van Afrikaans vir almal in ons eie Pretoria toeganklik te maak. Tydens die Boekefees kon feesgangers Afrikaans in verskeie vorme geniet: aktuele gesprekke, letterkundige en akademiese gesprekke, kookdemonstrasies, kindervermaak aangebied deur Aros, teater, musiek en film. Daar was ook opvoedkundige geleenthede vir ouers, onderwysers en ander belangstellendes. Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, het tydens die fees twee voorleeswerkswinkels en ’n leeskonferensie aangebied wat gefokus het op die belangrikheid van lees, die kweek van ’n leeskultuur, voorlees en moedertaalonderrig.

In November verskyn daar ’n splinternuwe Afrikaanse navorsingshandboek, Praktykgerigte kernelemente van ’n navorsingsvoorstel, wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns befonds word. Die boekbekendstelling vir hierdie boek vind DV op 26 November by die Akademie vir Wetenskap en Kuns plaas.

’n Baie belangrike afdeling van Fontein Uitgewery fokus op die uitgee van ’n volledige Afrikaanse skoolhandboekereeks wat deur ICO ontwikkel word. Hierdie reeks staan bekend as die Water-stroomreeks en word deur ICO skole sowel as sommige openbare skole gebruik. Heelwat tuisskolers vind ook baat by hierdie handboeke. Hierdie Christelike waardegedrewe skoolboeke het ten doel om leerlinge te lei na ’n grondige

kennis en begrip van vakinhoud en beginsels, sodat hulle toegerus is om met hulle gawes en talente die nuwe kennis in diens van God en die gemeenskap kan aanwend. Die inhoud voldoen aan al die KABV leeruitkomste soos deur die departement van onderwys vereis en is met ekstra inhoud verryk.

Tot dusver is daar 42 boeke in die reeks beskikbaar:

• Wiskunde Gr 1 tot 3• Wiskunde oefenboekies Gr 1 tot 3• Gr 1 Lees, klank en skrifboeke• Skrif Gr 1 tot 3• Afrikaans Gr 4 to 6• Bybel Gr 1 tot 5• Bybel Gr 8 tot 10• Natuurwetenskap Gr 4 tot 6• Sosiale Wetenskappe Gr 4 tot 7• Tegnologie Gr 7• Kerkgeskiedenis Gr 12

Alle produkte is beskikbaar by:• Boekenhout: http://aros.esolve.co.za• Fontein Uitgewery: www.fonteinuitgewery.co.za• ’n Seleksie van die boeke is op Takealot

beskikbaar: www.takealot.com

Page 15: TOEGERUS - Instituut vir Christelike Onderwys · In 2013 verwerf hy sy nagraadse sertifikaat in Onderwys aan Unisa en in 2014 ’n B.Ed in totaliteit te ontwikkel. Dit sluit ouditiewe,

Gebeure

Die ICO is bevoorreg om elke jaar ’n propvol program aan te bied waar ons mekaar kan

bemoedig om die jaar verder te gaan.

Ons deel saam in sport en kultuur en leef elke dag volheid vir die Here.

Onthou om weer in 2020 ook deel te neem aan al ons programme - van atletiek tot en met ons jaarlikse seminaar!

Ons hoop om elkeen daar te sien.

PROGRAM 2020Datum Geleentheid Plek15 Januarie 2020 Skole heropen Landswyd18 Januarie Boustene vir Normatiewe Onderwys BCVO: Pretoria22 Februarie ICO Atletiek: Akademie Reformia is die

gasheerPolokwane

29 Februarie Boustene vir Normatiewe Onderwys: GSDP (almal wat belangstel)

Pretoria: Aangebied by GK Totiusdal

16 Mei CO deputate seminaar onderwysers Pretoria: GK Totiusdal7 Julie ICO jaarlikse seminaar Pretoria: GK Kandelaar