torra conservancy · sosio-ekonomiese impakte 8 beleid impakte 10 volhoubaarheid 11 herhaling 11...

13
Equator Initiative Gevalle Studies Plaaslike volhoubare ontwikkeling oplossings vir mense, die natuur, en aanpasbare gemeenskappe Namibië TORRA CONSERVANCY Empowered lives. Resilient nations.

Upload: others

Post on 31-Oct-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

Equator Initiative Gevalle StudiesPlaaslike volhoubare ontwikkeling oplossings vir mense, die natuur, en aanpasbare gemeenskappe

NamibiëTORRA CONSERVANCY

Empowered lives. Resilient nations. Empowered lives. Resilient nations.

Page 2: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

UNDP EQUATOR INITIATIVE GEVALLESTUDIE REEKS Plaaslike en inheemse gemeenskappe oor die hele wêreld is besig met die bevordering van innoverende, volhoubare, ontwikkeling oplossings wat werk vir mense en vir die natuur. Min publikasies of gevallestudies vertel die volle verhaal van hoe sulke inisiatiewe ontwikkel, die breedte van die die impak daarvan, of hoe hulle oor tyd verander. Nog minder het onderneem om hierdie stories te vertel met die verhaal deur die gemeenskap praktisyns self gelei.

Om sy 10-jarige bestaansjaar te gedenk, het die Equator Inisiatief ten doel om hierdie leemte te vul. Die volgende gevallestudie is een in ‘n groeiende reeks wat in volledige besonderhede die werk opsom van die Equator Pryswenners - gekeurde en eweknie-geëvalueerde beste praktyke in gemeenskap-gebaseerde omgewingsbewaring en volhoubare lewensbestaan. Hierdie gevalle is bedoel om die beleid dialoog wat nodig is om plaaslike sukses te bepaal, te inspireer, die globale kennis-basis op die plaaslike omgewing en ontwikkeling van oplossings te verbeter, en om te dien as modelle vir herhaling. Gevallestudies word die beste gesien en verstaan met verwysing na “‘The Power of Local Action: Lessons from 10 Years of the Equator Prize’”, ‘n versameling van die lesse geleer en beleidsleiding wat gebruik maak van die geval materiaal.

Kliek op die kaart om die Equator Initiative se navorsbare gevallestudie databasis te besoek. RedakteursHoofredakteur: Joseph CorcoranBesturende Redakteur: Oliver HughesBydraende Redakteurs: Dearbhla Keegan, Matthew Konsa, Erin Lewis, Whitney Wilding

Bydraende SkrywersEdayatu Abieodun Lamptey, Erin Atwell, Toni Blackman, Jonathan Clay, Joseph Corcoran, Larissa Currado, Sarah Gordon, Oliver Hughes, Wen-Juan Jiang, Sonal Kanabar, Dearbhla Keegan, Matthew Konsa, Rachael Lader, Patrick Lee, Erin Lewis, Jona Liebl, Mengning Ma, Mary McGraw, Gabriele Orlandi, Juliana Quaresma, Peter Schecter, Martin Sommerschuh, Whitney Wilding, Luna Wu

OntwerpOliver Hughes, Dearbhla Keegan, Matthew Konsa, Amy Korngiebel, Kimberly Koserowski, Erin Lewis, John Mulqueen, Lorena de la Parra, Brandon Payne, Mariajosé Satizábal G.

BedankingsDie Equator Initiative erken met dankbaarheid Na Jaqna Conservancy, sowel as die leiding en insette van Ben Begbie-Clench, Namibië Support Unit Manager by die Working Group of Indigenous Minorities in Southern Africa (WIMSA). Alle foto krediete met vergunning van ≠N.a Jaqna Conservancy. Landkaarte met vergunning van CIA World Factbook en Wikipedia. Vertaling: F. Dicks.

Voorgestelde Aanhaling United Nations Development Programme. 2012. N≠a Jaqna Conservancy, Namibia. Equator Initiative Case Study Series. New York, NY.

Page 3: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

PROJEK OPSOMMINGTorra Conservancy, geleë op kommunale grond in die Kunene-streek van Noordwes-Namibië, is die tuiste van meer as 1,200 inwoners, wat woon in klein nedersettings, versprei oor die 3493-km2 grondgebied. In 1995 het hierdie bewaringsgebied, verteenwoordig deur die Ward 11 Residents’ Association Trust in hulle onderhandelinge, begin met ‘n soektog na beleggers om ‘n ekotoerisme onderneming in die gebied te ontwikkel. ‘n Eko-lodge is gebou in vennootskap met Wilderness Safaris Namibia, ‘n private toerisme operateur, die eerste gesamentlike onderneming ooreenkoms van sy soort in Namibië.Wilderness Safaris Namibia bedryf en hou Damaraland Camp as ‘n winsgewende ekotoerisme onderneming in stand. Sedert die opening in 1996, is die kamp hoofsaaklik beman deur lede van die plaaslike gemeenskap en sedert 2002 word dit bestuur deur die inwoners van die bewaringsgebied. Werksgeleenthede by Damaraland Camp verskaf inkomste aan 23 voltydse werknemers en bestuurders, terwyl Torra Conservancy ook inkomste genereer van die huurgeld wat hulle van Wilderness Safaris Namibië ontvang

KERN FEITEEQUATOR PRYSWENNER: 2004

GESTIG: 1996

GELEË: Noordwes Namibië

BEGUNSTIGDES: Meer as 1,000 bewaringsgebied lede

BIODIVERSITEIT: 350,000 Ha gemeenskap bewaringsgebied

3

TORRA CONSERVANCYNamibië

INHOUDSOPGAWE

Agtergrond en Verband 4

Sleutel aktiwiteite en Nuwighede 6

Biodiversiteit Impakte 8

Sosio-ekonomiese Impakte 8

Beleid Impakte 10

Volhoubaarheid 11

Herhaling 11

Vennote 12

Page 4: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

44

Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste van Namibië. Die bewaringsgebied is verantwoordelik vir die toesig en bestuur van ongeveer 350,000 hektaar van asemrowende en ekologies unieke terrein, en is die setel vir ‘n baanbreker gemeenskapsgebaseerde benadering tot wildbestuur en ekoterisme, wat gelei het tot ‘n aansienlike toename in Torra endemiese dierebevolkings en ook gelyktydig die lewensbestaan van plaaslike gemeenskappe verbeter.

Die oorgrootste deel van die bewaringsgebied val binne die Khorixas kiesafdeling van die Kunene-streek, terwyl die noordelike deel binne die Sesfontein kiesafdeling val. Die gebied onder gemeenskapsbestuur vorm ‘n beduidende persentasie van die grond wat bestuur word vir bewaringsdoeleindes tussen die Kunene- en Oranjerivier. Die naam van die bewaringsgebied, Torra, beteken ‘rooi rots’ en verwys na die rooi basalt rots wat ‘n groot deel van die land oppervlak dek. Die streek is baie droog, met ‘n jaarlikse reënval so laag as 50 millimeter langs `n groot deel van Namibië se Skedelkus.

Die meerderheid van die inwoners in Torra is afkomstig van die Riemvasmaak-gemeenskap in Suid-Afrika. Hulle is in 1973 en 1974 met geweld van hul grond verwyder deur die Suid-Afrikaanse administrasie gedurende apartheid. ‘n Aansienlike aantal van die inwoners is ook Damaras, terwyl ander nog meer onlangse immigrante is. ‘n Bietjie meer as 1,200 mense woon in nedersettings versprei oor die Torra Conservancy. Die meerderheid van die nedersettings is geleë langs die pad van Khorixas na Palmwag, waarvan die grootste Bergsig is. Selfs in hierdie ‘hoofstad’ van die gebied, is daar slegs ‘n paar klein winkels en gemeenskap dienssentrums.

Onderneming katalisators: stropery, droogte en armoede

In die vroeë 1980s het gemeenskappe in Namibië `n vinnige afname in die wild bevolkings weens stropery en droogtes ervaar, nadat laasgenoemde vererger het in herhaling en lengte oor die vorige twee dekades. Die voorkoms en omvang van stropery het ook

verander in die 1970’s. Die bevrydingsoorlog wat in Namibië gevoer was, het veroorsaak dat vuurwapens meer algemeen beskikbaar is; wapens wat uiteindelik hul weg in die hande van ivoor stropers gevind het. Dit het negatiewe gevolge vir baie wildspesies voorspel, veral groter wild. Olifantbevolkings in die Kunene-streek het byvoorbeeld, vanaf ‘n geskatte 1,200 in 1970, tot slegs 250 in 1982 gedaal. Oor dieselfde tydperk het die aantal swartrenosters van 300 na 65 gedaal. Soortgelyke afnames in bevolkings van kameelperde, sebras, springbokke, gemsbokke en ander spesies is waargeneem.

Vanuit ‘n sosiaal-ekonomiese perspektief, het die verplaasde Riemvasmaak bevolking gevind dat dit baie moeilik is om `n lewe te maak in die onherbergsame landskap. Daar was min tot geen werk beskikbaar nie, vervoer was beperk en die basis van die ekonomie was beeste, bokke en skape. Selfs diegene wat gewaag het om in kleinskaalse landbou en die verbouing van vrugte en groente tuine in te gaan, is gekonfronteer met invalle deur olifante en roofdier spesies soos leeus en jagluiperds. Olifante sou tuine stroop, eiendom beskadig, waterinstallasies vernietig en by geleentheid besering of die dood van plaaslike inwoners veroorsaak.

Dit was in hierdie verband dat ‘n wildwagter stelsel deur ‘n Namibiese regeringsorganisasie, Integrated Rural Development and Nature Conservation (IRDNC) geïnisieer is, in samewerkig met plaaslike gemeenskappe, om wild bevolkings en plaaslike lewensbestaan te herwin. Die wildwag stelsel betrek tradisionele oudstes om lede van die gemeenskap as de facto wild voorligtingsbeamptes aan te stel, ‘n vorm van gebruiklike plaasvervanging wat gesag verleen om stropery te bekamp en bevolkings van endemiese diere te monitor. Die model blyk merkwaardig suksesvol te wees om voorvalle van stropery te verminder en die wildgetalle te verhoog. Hierdie plaaslik ontwikkel- en plaaslik gerigte stelsel het ‘n hoeksteen geword van Namibië se Community Based Natural Resource Management Program (CBNRM),wat vandag regoor die wêreld erken word vir sy doeltreffendheid en die suksesvolle oordrag van gesag.

Agtergrond en Verband

Page 5: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

55

In 1996 het Namibië wetgewing ingebring wat die grense van goedgekeurde bewaringsgebiede erken en voorwaardelike regte aan die gebied se inwoners toegestaan het om ondernemings in ekotoerisme en volhoubare jag aan te gaan. Voorheen het die verblyfreg onsekerheid beteken dat baie plaaslike inwoners gevoel het dat hulle vatbaar is vir uitsetting uit hul lande deur óf die regering of buite partye. Met wetlike beskerming in plek, was gemeenskappe in staat om alternatiewe lewensbestaan planne te onderneem en langtermyn beleggings in grondgebruik beplanning te maak. Met groter sekerheid en nuutgevonde bemagtiging, was die gemeenskappe in die gebied wat die Torra Conservancy sou word, die eerste in Namibië om ‘n gesamentlike onderneming met ‘n private onderneming aan te gaan. In 1996, in vennootskap met Wilderness Safaris Namibia, het die gemeenskap Damaraland Camp geopen: ‘n luukse tent lodge vir safaris wat vinnig daardeur aandag as ‘n eersteklas ekotoerisme bestemming verwerf het.

Regeerkunde en organisasie struktuur

‘n Sewe-persoon Bestuurskomitee beheer en bestuur die bewaringsgebied. Die komitee word elke vyf jaar verkies deur die 450 bewaringsgebied lede en ‘n span van wildwagters hou toesig oor die safari-kamp sowel as die beskerming van die wild. Finansiële besluite oor hoe ekotoerisme inkomste versprei en belê word, word ook deur die komitee gemaak, na oorleg met die bewaringsgebied se 40 gemeenskappe. Die meerderheid van die besluite word gelei deur inligting wat verkry is van die veld- en kantoor personeel, deur middel van ‘n monitering stelsel wat bekend staan as ‘die voorvalle dagboek’, wat betrekking het op institutionele- en natuurlike hulpbronnebestuur

Page 6: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

66

Torra Conservancy is geleë in die kommunale gebied van die Kunene-streek, in die noordweste van Namibië. Meer as 1,200 inheemse volke van Damara, Riemvasmaker, Herero en Ovambo stam oorsprong en identifikasie is versprei oor die 350,000 hektaar gebied. Die oorgrote meerderheid van Torra inwoners verdien hul lewe as pastorale boere van beeste, skape en bokke. Pastorale aktiwiteite word aangevul deur klein-skaalse groente boerdery. Die bewaringsgebied het ten doel om die tradisionele lewensbestaan van plaaslike inwoners te balanseer met ekotoerisme, wat sy gewildheid baseer op lewendige diere bevolkings. Sedert 2006 was Torra die tuiste van 700 olifante, meer as 1,000 kameelperde, ongeveer 75,000 springbokke, 15,000 gemsbokke en die wêreld se grootste wilde swartrenoster bevolking, wat voortgaan om te groei. Die bewaringsgebied spog ook met bevolkings van hiënas, jakkalse, jagluiperds, luiperds en leeus.

‘n Gemeenskap-private sektor vennootskap vir ekotoerisme

In afwagting op nasionale wetgewing wat wetlike ruimte vir gemeenskapsgebaseerde bewaringsgebiede sou skep, het die gemeenskappe in Torra in 1995 ‘n proses onderneem van die identifisering van beleggers wat belangstel in die ontwikkeling van ‘n ekotoerisme onderneming in die gebied. Die Ward 11 Residents’ Association Trust is wettiglik saamgestel om die gemeenskap in onderhandelinge te verteenwoordig. Elke huishouding in elke nedersetting van die gebied was in staat om lede van die vereniging te registreer.

Na `n groot mate van belang van verskillende beleggers, het die vereniging Wilderness Safaris Namibia gekies om ‘n eko-lodge (gastehuis) te ontwikkel. Hierdie vennootskap het die eerste gesamentlike ondernemingsooreenkoms in die land tussen ‘n gemeenskap en ‘n private toerisme maatskappy verteenwoordig. Die kontrak wat tussen die twee partye onderteken is, het die gemeenskap voorsien van ‘n huurfooi vir die gebruik van die grond, gebaseer op ‘n persentasie van die totale inkomste en 10% van die netto daaglikse tarief op elke bed wat verkoop word. Die kontrak het

ook bepaal dat plaaslike inwoners in diens geneem word in die lodge en opleiding in bestuur ontvang. Voorsiening is ook gemaak vir die gemeenskap om toenemend eienaarskap van die lodge verkry.

Tussen 2005 en 2010 is die bewaringsgebied 20% per annum aandeelhouding in Damaraland Camp gegee, totdat die eko-lodge heeltemal gemeenskapsbesit was. Toe het Torra Conservancy verkies om 60% aandele terug te verkoop aan Wildernis Safaris, om `n gesamentlike aandele onderneming te vorm.

Damaraland Camp

Wilderness Safaris bedryf en hou Namibia Damaraland Camp in stand as ‘n lewensvatbare en winsgewende ekotoerisme onderneming. Sedert sy opening in 1996, is die kamp hoofsaaklik beman deur die plaaslike gemeenskapslede en sedert 2002 word dit bestuur deur plaaslike inwoners. Werk by Damaraland Camp bied bykomende en direkte inkomste vir 30 voltydse werknemers en bestuurders, van wie 23 bewaringsgebied lede is. Addisionele inkomste word gegenereer deur die huur ontvang van Wilderness Safaris Namibia. Hierdie huurooreenkoms is ‘n belangrike aspek van die grondbesit ooreenkoms wat die grondslag van die gesamentlike onderneming is.

By die bou van Damaraland Camp, het die vennote deeglike oorweging gegee aan die beginsels van ekologiese integriteit en volhoubaarheid. Sandsakke, bloekom pale en riet is gebruik om die noodsaaklikheid van sement en ander sintetiese materiale te verminder. Strukture is ontwerp in die styl van die tradisionele inheemse argitektuur. Geriewe is op pale verhoog om die impak op die grond tot ‘n minimum te beperk en die verspreiding van die plantegroei toe te laat. Sonkrag waterpompe is geïnstalleer en ‘n afvalwater stelsel opgerig, om die hoeveelheid water wat deur die kamp gebruik word, te verminder. Die bewaringsgebied het ook nie-inheemse plant spesies uit die kamp verwyder en is besig om hierde uitwissing uit te brei oor die hele bewaringsgebied.

Sleutel aktiwiteite en Nuwighede

Page 7: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

77

Sedert 2010 is die lodge opgegradeer, met beide Wilderness Safaris en die bewaringsgebied wat kapitaal belê vir die opgradering. Die bewaringsgebied het fondse verkry uit die verkoop van 60% aandele aan die toermaatskappy, om hul gedeelte van die aandeelhouers se bydraes te vereffen; een van die eerste gevalle van ‘n bewaringsgebied wat herbelê in ‘n ekotoerisme projek in Namibië, sonder om skenkerbefondsing of lenings te gebruik. In 2010 is Torra Conservancy ook bygestaan deur Wilderness Safaris om ‘n banklening van NAD 500.000 te bekom, gebaseer op die sekuriteit van hul aandeelhouding in die eko-lodge. Dié geld is gebruik om die Damaraland Adventurer Camp, ‘n bykomstige ekotoerisme bedryf te bou, en is die eerste geval van ‘n Namibiese bewaringsgebied wat hul eie fondse insamel vir konstruksie doeleindes.

Jag kwotas en die verkope van lewende wild

Na drie jaar van suksesvolle ekotoerisme vennootskap met Wilderness Safari Namibië, het die bewaringsgebied in 1999 uitgebrei tot volhoubare jag. Elke bewaringsgebied is ‘n jaarlikse jag kwota toegestaan. Deur die verkoop van hierdie jag kwota teen mededingende pryse, was die bewaringsgebied in staat om sy inkomste bronne aan te vul. Na sy eerste drie jaar, het die jag onderneming meer as een derde van die bewaringsgebied se kontant inkomste verteenwoordig, wat ongeveer USD 30.000 ingebring het in 2002 alleen. Die onderneming is uiters voordelig bewys vir die plaaslike gemeenskap, sonder impak op die langtermyn volhoubaarheid van die natuurlewe bevolkings.

Torra Conservancy was ook die eerste gemeenskaplike bewaringsgebied in die land om lewende wild te verkoop aan ander bewaringsgebiede, wat behoefte het aan diere om hul bevolkings weer aan te vul. Die jaarlikse vang en verkoop van

lewende diere - alles in ooreenstemming met wetlike kwotas - bied die bewaringsgebied ‘n addisionele bron van wins. Die praktyk het ook ‘n belangrike funksie in die herbevolking van ander beskermde gebiede gespeel. Die bewaringsgebied het merkwaardige sukses in hierdie verband met springbokke.

Monitering van Wild

Die bewaringsgebied het ses opgeleide wildwagters in diens. Hierdie span versamel inligting en data oor wild waarnemings, voorvalle van mens-wild konflik, voorvalle van wild stropery en ander noemenswaardige bedrywighede in die bewaringsgebied. Wagte versamel ook verslae van plaaslike huishoudings en veeboere uit die verste uithoeke van die bewaringsgebied, om wild en natuurlike gebruik van hulpbronne in die gebied effektief en akkuraat te monitor. Al ses wagte rapporteeer hul bevindings direk aan die Torra Bestuurskomitee. Hierdie ‘aktiewe bestuursbenadering’ maak voorsiening vir die soort van reaksie en aanpasbaarheid wat, byvoorbeeld, jag en verbruikskwotas toelaat vir sekere families of gemeenskappe wat veral afgesonder of gemarginaliseerd is.

Voordeel Verdeling

In 2003 was winste van Torra Conservancy aktiwiteite billik verdeel as ‘n eenmalige kontant dividend (van NAD 630, of ongeveer USD 75, naastenby gelyk aan ‘n maand se loon) aan alle 300 volwasse lede van die gemeenskap. Die bewaringsgebied inkomste is sedertdien belê in die bedryfskoste daarvan en gemeenskapsontwikkeling projekte, soos die bou van paaie, die maak van watergate en die verskaffing van skoon water toegang. Ekotoerisme genereer direkte inkomste vir die inwoners in diens van die eko-lodge, en indirek vir plaaslike diensverskaffers

Page 8: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

8

Impakte

BIODIVERSITEIT IMPAKTETorra Conservancy is ‘n rooi, rotsagtige landskap, ryk aan biodiversiteit. Te wyte aan die droë weerstoestande en die skaarste van grond, is plantegroei yl en die meeste plante is laagliggend. Die vlaktes is oorheers deur grasse en Euphorbia bosse, terwyl papierbasdoring bome op die heuwelhange groei. Die gebied is ook die tuiste van n baie unieke biodiversiteit, veral met inbegrip van die Welwitschia plant, wat nêrens anders op die planeet voorkom nie. Ana-, Mopanie- en Kameeldoring bome is onder die meer volop spesies in die gebied.

Stropery en uitgebreide droogtes was die belangrikste oorsaak van die verlies aan biodiversiteit en kwynende wild bevolkings in die 1960’s en 1970’s oor die hele noordwes Namibie. Verskeie bevolkings van gesogde spesies soos die olifant en die swartrenoster - was in ‘n skerp afname en op die rand van uitwissing. Alhoewel nasionale parke gestig was, het die trekkende aard van baie endemiese spesies beteken dat troppe kwesbaar en onbeskermd vir groot tye van die jaar gelaat was. Gemeenskapsgebaseerde bewaringsgebiede wat deur groepe soos Torra Conservancy bestuur is, het bewys om die belangrikste skakel te wees, in staat om florende wild getalle te hervestig en die veilige deurgang van die migrerende diere regdeur die jaar te verseker.

Spesies herstel in die bewaringsgebied

Torra Conservancy is geleë tussen twee belangrike nasionale parke: die Skedelkus Nasionale Park na die weste, en die Etosha Nasionale Park in die ooste. Die bewaringsgebied strek oor meer as 352,000 hektaar en bevat ‘n aantal diverse landskappe en ekostelsels, van woestyn vlaktes tot bergagtige hooglande. Die bewaringsgebied is ook die tuiste van ‘n ewe uiteenlopende verskeidenheid van diere, voëls, insekte en plantegroei. Onder hierdie endemiese spesies, is baie voorheen bedreig en aan gevaar blootgestel. Een voorbeeld hiervan is die Hartmann se bergsebra, ‘n seldsame waarneming in

die vroeë 1980’s, maar ‘n spesie wat nou ‘n indrukwekkende herstel toon. Die Vlakte zebra getalle groei ook in die bewaringsgebied, vanaf ‘n geskatte 450 in 1982 tot 1700 in 2006. ‘n Ander spesie wat terugkom, is die suid-westelike swartrenoster, eens krities bedreig as gevolg van `n aanvraag vir sy horings, is sy status sedertdien verhef tot `n bedreigde spesie. Die werk van Torra en naburige bewaringsgebiede het ‘n belangrike rol hierin gespeel.

Nog ‘n positiewe resultaat van die bewaringsgebied se werk is herstel van die plaaslike olifant bevolking, wat van 1,200 diere gedaal het in 1970, tot net 250 in 1982. Sedert die natuurlewe wagter stelsel geïmplementeer is in Torra Conservancy, het die olifant bevolking gegroei, gestabiliseer en word nou geskat op 700 diere. Soortgelyke tendense is aangeteken met boksoorte soos springbok en gemsbok, wat onderskeidelik 650 en 400 diere geval het in die vroeë 1980’s. Sedert 2004 het die getalle in daardie bevolkings dramaties gestyg tot 74,000 springbokke en 15,300 gemsbokke.

Hoewel betroubare historiese beramings nie beskikbaar is nie vir baie ander spesies wat beskou word as swaar om op te spoor, soos leeus, jagluiperds, luiperds, hiënas en jakkalse, word hul bevolkings gesien as gesond en groeiend dwarsdeur die bewaringsgebied en omliggende gebiede. Byvoorbeeld, die jagluiperd bevolking in Namibië wat eens beskou was as bedreigd, het vandag gegroei tot die wêreld se grootste, teen ‘n beraamde 2,500. Ander spesies nou in oorvloed in die bewaringgebied sluit in vlakvarke, klipspringers, koedoes, duikers, steenbokke en volstruise.

SOSIO-EKONOMIESE IMPAKTETorra Conservancy bevat droë, dorre en grootliks onproduktiewe grond wat nie geskik is vir konvensionele boerdery nie. Veeboerdery praktyke in die streek is ‘n aanpassing, ‘n reaksie op die behoefte om diere te beweeg tussen die gebiede waar dit gereën het en weiding moontlik was. Terwyl veeboerdery nog steeds beoefen word, is daar ‘n aantal nedersettings wat staatmaak op water wat gepomp

Page 9: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

word en ander infrastruktuur. Die plaaslike bevolking maak steeds staat op veeteelt - met inbegrip van bokke, vetstertskape, beeste, donkies en perde - al is daar ‘n beduidende verskil in eienaarskap tussen families. Die armer inwoners hou waarskynlik minder as tien diere aan, terwyl ryker boere geneig is tot ‘n paar honderd. ‘n Hoë persentasie van huishoudings vul hul inkomste aan met gelde ontvang van familielede wat getrek het na stedelike sentrums en ‘n hoër verdienste vermoë het.

Van alle nuwe bronne van inkomste sedert inlywing as ‘n bewaringsgebied, is die Damaraland Camp die mees winsgewende. Sedert die opening in 1996, het die luukse tent lodge een van Namibië se mees gewilde safari bestemmings geword. Die kampinkomste help om die lopende koste van die bewaringsgebied te dek, soos salarisse en ander uitgawes.

Indiensneming en inkomste uit ekotoerisme

Damaraland Camp het tans 30 individue in diens, van wie 23 (77%) van die Torra Conservancy is. Die bou van die kamp het 20-30 tydelike werkers benodig, waarvan sommige permanente werk gekry het in die kamp, of in ander Wilderness Safaris kampe in Namibië. Die bewaringsgebied het ongeveer nege plaaslike mense in administrasie en bestuur in diens, terwyl die tydelike personeel ook in diens geneem word gedurende die jagseisoen.

Die bestuurskomitee verseker dat die een of ander vorm van diens ten minste aan een familielid uit al die klein gemeenskappe in die bewaringsgebied aangebied word. Hierdie roterende stelsel van werk en vergoeding is daarop gemik om kontant inkomste en voordele van die ekotoerisme-onderneming billik te versprei. Die salarisse wat deur werkers ontvang word, is aansienlik hoër as die gemiddelde huishouding se verdienste uit die tradisionele inkomste-genererende aktiwiteite van veeboerdery en kleinskaalse boerdery. (sien Tabel 1 vir ‘n vergelyking van die gemiddelde inkomste vir personeel en nie-personeel bewaringsgebied lede.)

Personeelkoste (salarisse betaal aan bewaringsgebied lede, personeel maaltye, behuising, opleiding, uniform, ens.) van NAD 537,709 (ongeveer USD 61,000) in 2007-8, het toegeneem tot ‘n toppunt van NAD 804.499 (USD 91,000) in 2009-10. Gekombineer met geskatte waardes vir plaaslike goedere en dienste (bv. wasgoed, vullisverwydering, brandhout), en die jaarlikse Joint Venture betalings gemaak deur Wilderness Safaris, het die Torra Conservancy ‘n totaal van NAD 6,5 miljoen (USD 746,000) in die tydperk 2005-11

ontvang, (‘n afname in betalings in 2010-11 word verduidelik deur ‘n val van 10% in besettings getalle vir daardie jaar, veroorsaak deur die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi in die naburige Suid-Afrika en die algemene ekonomiese faktore.)

Werksgeleenthede en die vooruitsig van ‘n beter inkomste het gehelp om die wegtrek van die jeug te verminder, wat andersins getrek kan word na die stede op soek na besoldigde werk. Met elke personeellid by Damaraland Camp wat ‘n gemiddeld van ses mense ondersteun, bevoordeel die kamp indirek ongeveer 139 lede van Torra bewaringsgebied, of 12% van die totale bevolking, met die uitsondering van die uitkontraktering van dienste (soos die instandhouding van paaie en wasgoed), wat ook `n uitwerking op die plaaslike bevolking het.

9

Tabel 1: Gemiddelde inkomste bedrae (NAD), 2009

Personeel Gemeenskap

Gemiddelde jaarlikse huishoudelike inkomste

26,556.84 17,044.56

Gemiddelde maandelikse huishoudelike inkomste

2,213.07 1,420.38

Gemiddelde daaglikse huishoudelike inkomste

73.77 47.34

Bron: Snyman, 2012a.

Afb. 1: Betalings ontvang deur die bewaringsgebied (NAD), 2007-11

Bron: Snyman, 2012a.

0

200,000

400,000

600,000

800,000

1,000,000

1,200,000

1,400,000

1,600,000

2007-8 2008-9 2009-10 2010-11

Gesamentlike onderneming betalings

Staf onkostes (salarisse betaal aan gemeenskapslede, ens.)

Totale betalings (insluitend plaaslike dienste en goedere)

Page 10: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

Jag kwotas en die verkoop van lewende wild het ook plaaslike inkomste versterk. Torra Conservancy verkry jaarlikse kwotas van die Ministerie van die Omgewing en Toerisme vir die jag van trofee spesies en meer algemene wildspesies wat deur inwoners sonder permitte gejag mag word. Die kwotas is ontwerp om te verseker dat ‘n baie klein persentasie van die volwasse diere gejag word. Die bewaringsgebied is dan in staat om die trofee spesie kwota in die geheel of gedeeltelik te verkoop aan Namibia Hunting Safaris.

Torra Conservancy het ook die weg gebaan vir die verkoop van lewende wild aan gemeenskaplike area bewaargebiede, wat die behoefte het om die getalle van sekere spesies wat al minder word aan te vul. Die eerste veiling van lewende wild in Namibië was tussen Torra en Nyae Nyae Conservancy in 2002. In twee fases, is 441 springbokke gevang en gestuur na ‘n bewaringsgebied wat op sy beurt vir Nyae Nyae voorsien het met 226 rooi hartebeeste in ruil vir die springbokke. In ‘n daaropvolgende verkoop van 763 springbokke, het Torra Conservancy USD 37,000 verdien.

Die suksesvolle vestiging en funksionering van die bewaringsgebied is afhanklik van die toewyding en ondersteuning van die gemeenskapslede binne die gebied. Met die herstel van die gemsbok en springbok bevolkings, het inwoners voordeel getrek uit ‘eie gebruik’ jag kwotas en vleis versprei na gemeenskaplike jag. Verkoelers is ook uitgedeel om vleis bederf te verminder. Die bewaringsgebied het ook belê in plaaslike infrastruktuur en dienslewering. ‘n Gemeenskapsentrum en kleuterskool is gebou. In sy eerste drie jaar het die bewaringsgebied USD 3,600 aan plaaslike skole bewillig.

BELEID IMPAKTEOm die wyd verspreide verlies van wild in die Kunene-streek te stuit, het die leierskap van die gemeenskappe in die vroeë 1980’s die grondslag gelê vir ‘n paar belangrike veranderinge oor die volgende 25 jaar. Hierdie model van gemeenskap rentmeesterskap - soos weergee deur die wildwag stelsel - het streeks- en nasionale erkenning behaal as ‘n nuwe manier van die organisasie van natuurlike hulpbron bestuur. Die doeltreffendheid van die plaaslike gemeenskap pogings om wild en natuurlike hulpbronne te beskerm en te bewaar, het vinnig die aandag getrek van die nasionale NRO’s, USAID, World Wildlife Fund en die nasionale regering.

Na die bereiking van onafhanklikheid in 1990, was een van die knellendste uitdagings vir Namibië die aanspreek van die toestand van die omgewing, volhoubare ontwikkeling en die bou van ‘n ekonomie wat die hele bevolking insluit, wat relatief min inkomste-genererende opsies het. Die inisiatief van gemeenskapsgebaseerde inisiatiewe soos die een wat Torra Conservancy sou word, het gelei tot die nasionale Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur program. Laasgenoemde is statuter gevestig met die afkondiging van die Natuurbewaring Wysigingswet van 1996, wat uitdruklik gemeenskappe met regte tot grond- en wild gebruik voorsien, vir gemeenskaplike voordeel. Torra was een van die eerste groepe in Namibië wat formele erkenning verkry het as ‘n bewaringsgebied onder die nuwe wet. Sedert 2012 was daar 76 geregistreerde kommunale bewaringsgebiede in Namibië.

10

Page 11: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

11

Volhoubaarheid en Repliek

VOLHOUBAARHEIDTorra Conservancy is selfonderhoudend en funksioneer sonder die hulp van eksterne skenkers sedert 2001. Dit is moontlik gemaak deur die inkomste wat gegenereer word deur die safarikamp, beheerde trofeejag, en die verkope van lewende wild. Damaraland Camp is ‘n eersteklas bestemming vir avontuur ekotoerisme in Suider-Afrika. Die bewaringsgebied word heeltemal deur die gemeenskap besit en bedryf. Alle besoldigde bewaringsgebied personeel is lede van die plaaslike gemeenskap.

Na byna dertig jaar van die bekerming van wild teen stropers en vyftien jaar van bestuur van die amptelike bewaringsgebied, het Torra homself bewys as ‘n betroubare rentmeester van sy land deur die instandhouding van die wild bevolkings te verseker, terwyl hy terselfdertyd die plaaslike inwoners met voldoende toegang tot water hulpbronne voorsien en beskerming van roofdier verliese.

Die vennootskap met Wilderness Safaris Namibia het die gemeenskap toegang gegee tot opleiding in tegniese vaardighede en die kommersiële, finansiële en bestuur kennis voordele wat kom met ‘n private sektor vennoot. Tegniese ondersteuning en kapasiteitsbou word ook voorsien deur die Namibia Community Based Tourism Organization en die Namibia Nature Foundation. Verskeie ander vennote, veral met inbegrip van IRDNC, voorsien Torra met netwerking en ondersteuning deur kennis te deel met betrekking tot natuurlewebestuur.

Torra Conservancy moes reageer op verskeie nuwe uitdagings. Een deurlopende kwessie is groei in die roofdier spesies soos jagluiperds en leeus. Terwyl dit positief is uit ‘n bewaringsoogpunt, vanuit die gemeenskap perspektief en veral van dié boere wat betrokke is by veeboerdery, hou dit ‘n bedreiging in vir volhoubare lewensbestaan. As bevolkings van die roofdier spesies groei, so ook aanvalle op beeste en ander vee, wat beteken verlies van die vermoë om te verdien en inkomste vir plaaslike boere. Aanvalle soos hierdie lei dikwels tot sogenaamde ‘’wraak moorde” of skep eenvoudig spanning tussen

bewaringspogings en mensgesentreerde ontwikkeling prioriteite. Dit kan tot gevolg hê dat die pogings om samesyn te bewerkstellig ondermyn word of dat dit die ekonomiese dryfveer, verkry uit ekotoerisme, oorskadu. Om hierdie probleem aan te spreek het Torra Conservancy `n finansiële vergoedingskema ontwikkel, om plaaslike boere se veeverliese as gevolg van roofdiere te verminder.

Nog ‘n volhoubaarheidsuitdaging sal wees om die versoeke vanuit die gemeenskap vir groter finansiële deursigtigheid aan te spreek. Kommunikasie kanale tussen die bestuurskomitee, personeel en lede van inwonende nedersettings moet in stand gehou, en selfs versterk word, in die komende jare. As hierdie kanale van kommunikasie gesluit is, sal dit moeilik wees om te vorder tot gemeenskaplike doelwitte, en ‘n gemene visie en vertroue sal verwoes word. Om vertroue op te bou in die gemeenskap, sal dit nodig wees dat die bewaringsgebied voortgaan met die ontwikkeling van nuwe werk- en inkomste-genererende geleenthede, sowel as om ekonomiese aansporing vir bewaring in stand te hou. Daar is steeds aansienlike ruimte vir volhoubare ekonomiese ontwikkeling in die gebied, insluitende die uitbreiding van ekotoerisme, kleinskaalse besighede en die voorsiening van plaaslike ondersteuningsdienste.

In terme van die langtermyn volhoubaarheid van die omgewing, is daar ‘n behoefte om die bewaring en bestuur van natuurlike hulpbronne uit te brei buite die grense van die bewaringsgebied. Die rondtrekkende aard van wild in die gebied genoodsaak nasionale- en streeksgeïntegreerde bewarings strategieë. Buiten wild, is daar ook ‘n behoefte aan wyer natuurlike hulpbron bestuurstrategieë ten opsigte van vlei- en graslande.

REPLIEKDie stappe wat gedoen is deur die leiers van die Torra Conservancy om wild en natuurlike landskappe te bewaar, het gelei dat meer as 40 ander gemeenskappe gevolg het en vandag die basis vorm vir die nasionale benadering tot die bestuur van natuurlike hulpbronne, wat plaaslike gemeenskappe aanmoedig en bemagtig om die

Page 12: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

1212

opsigters van hul tradisionele grond te wees. Teen 2012 was daar 76 geregistreerde kommunale bewaringsgebiede in Namibië, wat ‘n totaal van 155.205 km2 dek.

VENNOTE• Wilderness Safaris: ‘n Gemeenskaplike ondernemingsvennoot

in die konstruksie, bemarking en bestuur van Damaraland Camp in 1996, betaal huur fooie aan Torra Conservancy vir die eksklusiewe ontwikkelingsreg van ‘n lodge in ‘n 10 hektaar radius en toegangsregte in die bewaringsgebied.

• Save the Rhino: lei wildwagters op in die monitering van swartrenosters.

• The Namibian Association of Community Based Natural Resource Management Support Organisations (NASCO): ) verskaf advies aan Torra oor bestuur- en institutionele kwessies oor die bestuur van natuurlike hulpbronne en hulp met finansiële- en sake beplanning.

• Integrated Rural Development and Nature Conservation (IRDNC): het Torra bygestaan in die verkryging van geregtelike bewaringsgebied status, en het opleiding verskaf in die bestuur- en monitering stelsels, sowel as tegniese hulp in die onderhandeling met die private sektor.

• World Wildlife Fund’s LIFE Project: het toegepaste navorsing in die sosiale en biologiese velde voorsien, om toepaslike en relevante natuurlike hulpbronbestuur strategieë te ontwikkel vir die program monitering, en vir die monitering van die natuurlike hulpbronbasis.

• Ministry of Environment and Tourism (Die Ministerie van die Omgewing en Toerisme): bied tegniese advies op hulpbronbestuur, verleen jaarlikse jag kwotas en toegewings vir sake-ontwikkeling.

Page 13: TORRA CONSERVANCY · Sosio-ekonomiese Impakte 8 Beleid Impakte 10 Volhoubaarheid 11 Herhaling 11 Vennote 12. 4 Torra Conservancy is geleë in die groot, dorre landskap van die noordweste

BRONNE• Snyman, S. 2012a. Ecotourism joint ventures between the private sector and communities: An updated analysis of the Torra Conservancy

and Damaraland Camp partnership, Namibia Tourism Management Perspectives 4 (2012) 127–135 sciencedirect.com/science/article/pii/S2211973612000554 • Snyman, S. 2012b. The role of tourism employment in poverty reduction and community perceptions of conservation and tourism in

southern Africa, Journal of Sustainable Tourism, 20:3, 395-416. tandfonline.com/doi/abs/10.1080/09669582.2012.657202 • Mulong, S and Murphy, C. 2003. Spending the money: The experience of conservancy benefit distribution in Namibia up to mid-2003.

Directorate of Environmental Affairs, Namibia, Research Discussion Paper, No. 63. equatorinitiative.org/images/stories/2004winners/Torra_Conservancy/benefit_distribution_torra.pdf • Hoole, A.F. 2010. Place – Power – Prognosis: community-based conservation, partnerships and ecotourism enterprise in Namibia.

International Journal of the Commons. Vol. 4, No 1, pp. 78–99 thecommonsjournal.org/index.php/ijc/article/view/112/129

Equator InitiativeEnvironment and Energy GroupUnited Nations Development Programme (UNDP)304 East 45th Street, 6th Floor New York, NY 10017Tel: +1 646 781-4023www.equatorinitiative.org

Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) is die VN se netwerk van globale ontwikkeling, wat pleit vir ‘n verandering en lande saambind in kennis, ondervinding en middele om mense te help om ‘n beter lewe te bou.

Die Equator Initiative bring die Verenigde Nasies, regerings, burgerlike samelewing, besighede en voetsoolvlak organisasies saam om plaaslike volhoubare ontwikkeling oplossings vir mense, die natuur en aanpasbare gemeenskappe te erken en te bevorder.

©2012 by Equator Initiative Alle regte voorbehou

Kliek op die “thumbnails” hieronder om meer gevallestudies soos hierdie te lees: