uit die hoof se kantoor - kroonheuwelsluitingsdatum: 11 oktober 2018 faks asseblief ‘n volledige...
TRANSCRIPT
[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 20/09/2018 Brief: 31/18
VRYDAG
21 September 2018
Graad 7 snoepie
Pouse in vierkant
Strokiesprent- KARAKTERDAG R 5 (Roomys R 6)
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Die derde kwartaal was bedrywig en het met ‘n spoed verby gesnel.
Dit het soms gevoel asof ons op ‘n tuimeltrein ry.
Ek wil graag elke lid van die Kronie-familie bedank wat hierdie rit saam ons meegemaak het.
Elkeen het ‘n groot rol in al ons suksesse gespeel.
Ons Kronies het elke geleentheid aangegryp en alles met oorgawe gedoen.
Ons gee Vrydag vir ons leerders die geleentheid om soos strokiesprentkarakters aan te trek.
Ons vra dat u ons help dat ons leerders dit in die regte lig sien. Ons wil hê u moet saam met
ons aan u kind verduidelik dat dit net ‘n pret geleentheid is en nie verkeerd geïnterpreteer
moet word nie.
Ons vra dat elke kind hard leer. Daar is min tyd oor, dan kan julle lekker rus.
UIT DIE FINANSIëLE KANTOOR:
Ouers, u moet asseblief u verpligtinge ten opsigte van skoolgeld nakom om dit vir ons skool moontlik te maak om effektiewe onderrig aan al ons kinders te bied.
Indien u nie u verpligtinge nakom nie of skriftelike reëlings tref en nie daarby hou nie, sal ons genoodsaak wees om die slegte skuld aan die invorderaars te
oorhandig. Indien u nie mnr Pretorius op sy kontaknommer in die hande kry nie, is u welkom om hom d.m.v. Wattsapp te kontak, want hy werk in die buiteland.
TOETSROOSTER DERDE KWARTAAL 2018
DATUM GRAAD 4 GRAAD 5 GRAAD 6 GRAAD 7
12/09 AFR
13/09 ENG
14/09 AFR WISK (Meet)
17/09 SW (Geo) ENG AFR SW (Geo)
18/09 AFR WISK ENG AFR
19/09 ENG AFR SW (Geo) ENG
20/09 WISK SW (Geo) NWT WISK(Alg)
21/09 NWT NWT AFR SW (Gesk)
25/09 SW (Gesk) ENG WISK TEG
26/09 - AFR ENG EBW
27/09 ENG SW (Gesk) SW (Gesk) NW
NB NB NB NB NB NB NB NB NB NB NB NB NB
IN DIE MEDIA HOOR ONS BAIE VAN GEWELD TEEN
ONDERWYSERS EN IN SKOLE.
Ouers, waak asseblief daarteen om negatief teenoor
onderwysers te praat voor u kind. Moedig asseblief u
kind aan om met respek teenoor onderwysers op te tree.
Onthou: geen wapens (bv. messe, ens.) word op ons
skoolterrein toegelaat nie.
BEGROTINGSVERGADERING
17 OKTOBER 2018
[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 20/09/2018 Brief: 31/18
[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 20/09/2018 Brief: 31/18
JUKSKEI Tydens die NVS-liga van 2018 het ons skool 5
spanne ingeskryf. Die spanne het soos volg in die
liga presteer:
A-afdeling: Die A-span het 2de geëindig en die
silwer medalje verower.
B-afdeling: Die B-span het 4de geëindig.
C-afdeling: Die C1-span het 1ste geëindig
en die goue medalje verower. Die C3-span het 2de geëindig en die silwer medalje
verower. Die C2-span het 5de geëindig.
Die spanne is:
Die A-span is: Lohané Baumgarten, Lukas
Bezuidenhout, Gerhard Scheepers, Charné
Smalberger (kaptein) en Vincent Strydom.
Die B-span is: Delinda Serfontein, Vincent
Strydom(kaptein), Jessika du Plessis en Alex
Carney. Isabelle Welgemoed is die reserwe.
3 spanne is in die C-afdeling ingeskryf:
Die C1-span is: Isabelle Welgemoed, Christiaan
Jonker, Cala Welgemoed, Elmi Bezuidenhout en
Mia Jonker is die reserwe.
Die C2-span is: Mia Jonker, Mikaylah Mynhardt,
Dawie Blignaut, Almé Swanepoel, Arthur Carney
en Anthony Pieters.
Die C3-span is: Liyah-May Mynhardt, Cecile Lubbe,
Rinike Dreyer, Sunelle Dreyer, Lana du Plessis en
Louw Lubbe.
“COLOUR RUN” Baie geluk aan die Graad 4C en Graad 5C klasse
wat die meeste leerders gehad het wat aan die
“Colour Run” deelgeneem het. Hulle wen dan die
uitstappie wat plaasvind op Donderdag, 27 Sept.
na Boskoppie. ‘n Briefie met die nodige inligting
sal so gou moontlik aan die leerders gegee word.
ROMTOMTALIE ATLETIEKDAG 9 OKTOBER 2018
Ter voorbereiding van atletiek voorseisoen.
KROONHEUWEL PRIMÊRE SKOOL
KROONSTAD
(Afrikaans-medium)
Beskik oor die volgende BEHEERLIGGAAMSPOS:
Grondslagfase
Aanvangsdatum : 1 Januarie 2019
Dinamiese onderwysers wat aan die volgende vereistes voldoen, word genooi om aansoek te doen.
Vakke: Afrikaans Huistaal, Engels 1ste Addisionele Taal, Lewensvaardigheid en Wiskunde
Vereistes: * Graad 12 Sertifikaat en Onderwyskwalifikasie met akademiese rekord
* SACE geregistreer
* Bewyse van sport - en kulturele kwalifikasies
* Kennis van die huidige Kurrikulum (CAPS), Assessering en beplanning
* Ondervinding
Sluitingsdatum: 11 Oktober 2018 Faks asseblief ‘n volledige CV na 086 416 5173 of e-pos na [email protected]
Navrae: 073 410 4271 (skoolhoof)
Rig aansoek aan: Die Skoolhoof
Kroonheuwel Primêre Skool
Privaatsak X05
KROONSTAD
9500
[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 20/09/2018 Brief: 31/18
WOONSTEL TE HUUR
Enkel Tuinwoonstel:
R3500.00 p/m vol DSTV,
krag, water ingesluit.
Skoonmaak & wasgoeddiens
1x per week ingesluit.
Toesluit motorhuis en
alarmsisteem.
Kontak 082 578 8987