uit die hoof se kantoor - wordpress.com · michael vermeulen - 26 maart bridgette mabhude...

14
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 8 16 Maart 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Ons bid nog steeds vir Jacques Esterhuizen wat baie ernstig siek is. Jacques, jy moet gou beter word ons mis jou! Atletiek Baie sterkte aan Corné de Fouw, Anroux Barnard en Christiaan Liebenberg wat volgende week 23 25 Maart aan die SA-atletiekkampioenskap te Potchefstroom deelneem! Gee altyd net julle beste! Vrydag 17 Maart Die skool sluit om 12:00 as gevolg van die langnaweek. Uitheemse bome Ons as skool en gemeenskap is baie dankbaar vir die boomryke omgewing waarin ons leef. Die aantal uitheemse bome op die skoolterrein wek egter kommer aangesien die inheemse plante se plek in beslag geneem word. As gevolg hiervan het ons besluit om die uitheemse bome te verminder en slegs inheemse bome aan te plant. Dit is ‘n proses wat jare gaan neem om reg te stel, maar ten minste maak ons ‘n begin. BELANGRIKE DATUMS DATUM AKTIWITEIT KULTUUR SPORT 16 Maart Rugby/Netbal: L/s Hennopspark (weg) 22 Maart FAST NET-toernooi (H/s Noordheuwel) o/13-dogters 23 25 Maart Atletiek: SA’s – Potchefstroom 27 & 28 Maart Rugby: o/8-toernooi L/s Dalmondeor (weg) ALGEMEEN 17 Maart Gr. R-fietsiedag 20 Maart Skoolvakansiedag 21 Maart Menseregtedag 24 26 Maart Pa en seun-/Ma en dogter-kamp 31 Maart Skool sluit om 11:00 27 April Vryheidsdag 28 April Skoolvakansiedag 11 Mei Gholfdag Randpark

Upload: others

Post on 23-Aug-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 8 16 Maart 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Personalia Ons bid nog steeds vir Jacques Esterhuizen wat baie ernstig siek is. Jacques, jy moet gou beter word – ons mis jou! Atletiek Baie sterkte aan Corné de Fouw, Anroux Barnard en Christiaan Liebenberg wat volgende week 23 – 25

Maart aan die SA-atletiekkampioenskap te Potchefstroom deelneem! Gee altyd net julle beste! Vrydag 17 Maart

Die skool sluit om 12:00 as gevolg van die langnaweek. Uitheemse bome Ons as skool en gemeenskap is baie dankbaar vir die boomryke omgewing waarin ons leef. Die aantal uitheemse bome op die skoolterrein wek egter kommer aangesien die inheemse plante se plek in beslag geneem word. As gevolg hiervan het ons besluit om die uitheemse bome te verminder en slegs inheemse bome aan te plant. Dit is ‘n proses wat jare gaan neem om reg te stel, maar ten minste maak ons ‘n begin.

BELANGRIKE DATUMS

DATUM AKTIWITEIT

KULTUUR

SPORT 16 Maart Rugby/Netbal: L/s Hennopspark (weg) 22 Maart FAST NET-toernooi (H/s Noordheuwel) – o/13-dogters

23 – 25 Maart Atletiek: SA’s – Potchefstroom

27 & 28 Maart Rugby: o/8-toernooi L/s Dalmondeor (weg)

ALGEMEEN 17 Maart Gr. R-fietsiedag

20 Maart Skoolvakansiedag

21 Maart Menseregtedag 24 – 26 Maart Pa en seun-/Ma en dogter-kamp

31 Maart Skool sluit om 11:00

27 April Vryheidsdag

28 April Skoolvakansiedag

11 Mei Gholfdag – Randpark

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

2

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat die komende week verjaar.

Ruan Basson - 23 Maart Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart

Mag dit vir julle ‘n geseënde nuwe lewensjaar wees.

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Laerskool Fairland Gholfdag 2017

Ons jaarlikse gholfdag vind plaas op 11 Mei 2017 by Randpark Gholfklub. Inskrywings kos R3500 vir ‘n 4-bal. Inskrywingsvorms sal op die School

Communicator geplaas word. Kontak Johan Nel vir navrae - 082 900-3252.

SUB-KOMITEES Baie dankie aan die ouers wat reeds aangedui het dat hul graag betrokke wil raak. Lede van die beheerliggaam sal binnekort met u in verbinding tree. Ons soek egter nog ouers wat belangstel om op ‘n sub-komitee te dien om sodoende die beheerliggaam behulpsaam te wees. Die portefeuljes is soos volg: Fondsinsameling / Borge Inligtingstegnologie / Sosiale Media / Kubertoegang Kommunikasie / Ouerbetrokkenheid / Sosiale media / Bemarking Alumni Kultuur / Kultuurontwikkeling Sport / Sportontwikkeling Indien u sou belangstel om betrokke te raak, stuur asb. ‘n e-pos aan [email protected].

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

3

VAKANTE POS: TERREINBESTUURDER

Terreinbestuurder: Vereistes / aard van pos (maar nie beperk tot):

Baie goeie menseverhoudinge Moet inisiatief kan neem

Medies geskik wees Sober gewoontes hê

Meganiese kennis besit Kennis van Afrika-taal Soortgelyke ervaring Elektriese onderhoud Netheid van terrein Regkry van sportvelde en –bane

Moet noodgevalle kan hanteer PDP-lisensie

Geen kriminele rekord Verlengde werksure wanneer verlang

Herstelwerk kan doen aan voertuie, grassnyers, ens. Algemene geboue-instandhouding kan behartig

Bestuurder van algemene werkers en pligte

Salaris onderhandelbaar Stuur asb. alle CV's voor of op Vrydag 24 Maart om 12:00 aan Karén Reyneke ([email protected]) - Verwysing: Terreinbestuurder. Vir enige navrae in verband met bogenoemde pos, stuur asb. e-pos aan [email protected].

REDAKSIE

Die oorlede bobaas storieverteller, Jan Spies, het desjare ‘n TV-advertensie gedoen vir Cremora (koffiekapitaal). Daarin beskryf hy die ryk aroma van ‘n stomende koppie koffie en ook hoe die romerige smaak van die Cremora die koffie ekstra-spesiaal laat smaak. Ek onthou dat my pa altyd onmiddelik na die advertensie gesê het: “As iemand nou koffie maak, sal ek dit drink.” Dit het ons kinders altyd grensloos geïrriteer, want nie een van ons was ooit lus om op te staan en die koffie te maak nie. My pa is nou al amper ‘n jaar gelede dood en elke keer as ek die reuk van koffie kry, wens ek dat ek vir hom nog een laaste keertjie kon koffie maak. Hoe is dit dat ons nie die klein oomblikke kan waardeer terwyl ons dit het nie? Ons is voortdurend ontevrede en soek na meer, vra nog, vergelyk wat ons het met dit wat ander besit of oor droom. My kind is pas terug van ‘n jaarlange oorsese werk en al waaroor sy kan praat, is oor hoe groen ons land is, hoe gaaf die Suid-Afrikaners is en hoe mooi als is. Dis asof sy soos ‘n baba weer deur nuwe oë na alles kyk en dit van vooraf waardeer. Dalk moet ons ook ons blasé houdings verruil vir die vars ogies van ‘n kind en besef, dié plek is ‘n paradys. Dis Eden in ag genome ons probleme, want selfs met al ons bagasie en stormagtige geskiedenis, is ons steeds een van die beste plekke in die wêreld om in te bly. So volgende keer as jy die reuk van varsgebroude koffie in jou neusvleuels kry, onthou hoe gelukkig jy is om ‘n “Boertjie” te wees. Erika

AKADEMIE

Let wel: Die skool sluit Vrydag 31 Maart om 11:00. Rapporte word in die registerklasse uitgedeel voor die leerders huis toe gaan.

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

4

KULTUUR

REDENAARS

Die ATKV-redenaars se eerste ronde begin 22 Maart. Sterkte aan ons leerders wat daar sal meeding.

SENIORKOOR

Vrydagmiddag 10 Maart het die koor vertrek na Rocky Valley kampterrein in Krugersdorp vir ‘n naweek van sing, speel en lag. Daar het groot opgewondenheid geheers. Die voortrekkers het verskeie ysbreker speletjies met die koorlede gespeel. Saterdag het ons hard gewerk en gesing saam met Johan Bester en dit het soveel waarde tot ons repetorium gevoeg. Daar is altyd ook tyd vir speel, swem en ‘n nagmars. Ons het ons eie kampkonsert gehou waar ‘n verskeidenheid talente ten toon gestel is. Ons het dit baie geniet. Dankie vir elke leerder wat saam gekamp het en wat so lekker saam met ons gewerk het. Dankie vir elke personeellid, juff. Melissa, Marzaan en Klariké wat hul naweek afgestaan het om te kom help en ook te deel in die pret. Dankie aan die voortrekkers wat soveel pret en geurige kos vir die naweek saamgebring het. Baie dankie aan elke ouer wat Sondagoggend kom deel het in ons kampvreugde deur die erediens en piekniek by te woon. Dit was ‘n voorreg om almal daar te ontvang. Mag dit die afskop van ‘n heerlike, suksesvolle koorjaar wees. Koorgroete Juf. Chrisné Belangrike datums: 22 April – Werkswinkel 2 (Gekanselleer weens dirigente opleidingsessie)

23 Mei “Mega Fest” - Maragon (voorlopig)

JUNIORKOOR

Belangrike datums: 23 Mei “Mega Fest” - Maragon (voorlopig) 26 Julie (Krugersdorp) – voorlopig 22 Oktober (NG Aasvoëlkop)

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

Visuele kuns Belangrike datums: Rondte 2: Gr. 4 - gr. 7 23 Junie (meer inligting volg later) Rondte 3: Gr. 4 - gr. 7 8 September (meer inligting volg later)

REVUE

Belangrike datums

Verpligte tegniese oefening Saterdag 13 Mei Gr. R - gr. 7 09:00 Skoolsaal Kleedrepetisie Maandag 15 Mei Gr. R - gr. 7 Gedurende skooltyd Revueoptredes Ma. – Do. 15 – 18 Mei Gr. R - gr. 7 18:30 Vrydag 19 Mei Gr. R - gr. 7 14:30 Gr. R - gr. 7 18:30

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

5

DANS

DANS EN DRAMA

Die dans- en dramaklasse is nou vol. Geen verdere inskrywings sal aanvaar word nie. Probeer gerus weer volgende jaar!

N.B. LET ASB. OP DIE VERANDERDE TYE VIR DANS EN DRAMA vanaf week van 13/03

DANS

MAANDAE

Gr. 4 en gr. 5 14:15-15:00

Gr. 6 en gr. 7 15:00-15:45

WOENSDAE

Gr. 1 13:45-14:30

Gr. 2 en gr. 3 14:30-15:15

Dans word aangebied deur Adeline Sauermann.

DRAMA

Drama word aangebied deur Suné Senekal.

Erika Joubert

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017

KONKA Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 3 – 6 April 2017 KONKA Rugby: o/9A- & B-spanne: 27 – 29 Maart 2017 o/10A- & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017 KAAPTOER 1ste spanne (netbal, tennis, rugby, hokkie) 23 – 27 Julie 2017

SENIORTENNIS

Oefeninge

Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen twee keer ‘n week by Jean en Ruan

Oefening is verpligtend en daar sal by die oefeningregister gehou word

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie

Dag Tyd Span Afrigter

Maandag 20 Maart Skoolvakansiedag (Senior A)

Donderdag 23 Maart 06:30 – 07:30 Senior B Ruan

Dinsdag 28 Maart 06:30 – 07:30 Senior A Jean

Donderdag 30 Maart 06:30 – 07:30 Senior B Ruan

DINSDAE 15:30 - 16:30 Solo-afrigting in klas

WOENSDAE 17:00 - 18:00 Gr. 6 en gr. 7

DONDERDAE

14:15 - 14:45 Gr. 1[a]

14:45 - 15:15 Gr. 1[b]

15:15 - 15:45 Gr. 2

15:45 - 16:30 Gr. 3

16:30 - 17:30 Gr. 4 en gr. 5

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

6 Belangrike datums

Bethlehem-toernooi: 8 – 12 Augustus vir Top 8 seuns en –dogters

Seniortennisliga (Jhb-liga)

Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae

16 Mrt. Seuns A vs Jan Celliers (tuis) Seuns B vs bye

Uitslae:

Seniorseuns A vs Bryneven (weg) Wen 48 - 8

JUNIORTENNIS

Die top 8 juniorseuns en top 8 juniordogters oefen by Philip en Lizahn

Oefening is verpligtend en daar sal by die oefeningregister gehou word

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie

Dag Tyd Span Afrigter

Dinsdag 21 Maart Menseregtedag (junior)

Woensdag 22 Maart 06:30 – 07:30 Juniors Lizahn

Maandag 27 Maart 07:00 – 08:00 Juniors Philip

Woensdag 29 Maart 06:30 – 07:30 Juniors Lizahn

Juniortennisliga

Wedstryde (3de kwartaal): Juniordogters: Woensdae Juniorseuns : Donderdae

Ontwikkelingsprogram (Gr. 2- en gr. 3-leerders)

Ons het die afgelope 2 Donderdae die gr. 2- en gr. 3-leerders op die baan geneem om te speel.

Die groot groep leerders is uitgedun en daardie leerders se name sal in die volgende Vinkie verskyn.

Verdere uitdunne en oefening sal in die 2de kwartaal voortgaan. Hou die volgende Vinkie dop vir meer Inligting.

Baie belangrik: Graad-1 leerders word nog nie nou in aanmerking geneem nie.

ATLETIEK

Baie sterkte aan Corné de Fouw (1200m o/12), Anroux Barnard (gewigstoot o/10) en Christiaan

Liebenberg (hoogspring o/10) wat volgende week 23 – 25 Maart aan die SA-atletiekkampioenskap te Potchefstroom deelneem! Laerskool Fairland is baie trots op julle en hou vir julle styf duimvas.

SWEM

Begin eers weer 3de kwartaal.

NETBAL

Belangrike: Kliniek: 27 Maart 14:15 – 17:15

Uitslae: L/s Anton van Wouw

Al die wedstryde het uitgereën.

Voorlopige JOMO-ligabepalings (o/10- tot o/13A- en C-spanne)

25 April vs BPMS (w) 4 Mei vs Roodekrans (t) 11 Mei vs Kenmare (w) 18 Mei vs Helderkruin (t) 25 Mei vs Fontainebleau (w) 1 Junie Distrik-uitspele 7 Junie Cluster-uitspele 9 & 10 Junie Gauteng-uitspele

D-spanne speel in die D10-liga, maar ons het nog geen ligabepalings ontvang nie.

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

7

MINI-NETBAL

Belangrike datums: 20 April (Interne toernooi) 27 April; 10, 17 & 31 Mei (toernooie)

RUGBY

Uitslae: L/s Anton van Wouw

o/9A wen 12 - 5 o/9B wen 25 - 0

o/10A wen 21 - 7 o/10B wen 26 - 5

o/11A wen 15 - 12 o/11B verloor 5 - 10

3de span wen 22 - 0 2de span verloor 10 - 17

1ste span wen 17 - 15

Voorlopige ligabepalings:

Ons liga die jaar is verander na ‘n Super-liga A-afdeling wat bestaan uit 8 spanne. Die top 4 spanne gaan direk deur na die kwart-finale en die onderste 4 spanne speel uit teen die Super-liga B-afdeling. Die Afdelings word jaarliks bepaal vanaf die uitspele se uitslae. Een punt vir elke span wat in die uitspele per rondte wen.

TAU-RUGBY

Belangrike datums: 4, 11 & 18 Mei (toernooie)

SKAAK

Skaakkliniek: Word vir tweede kwartaal beplan.

INLIGTINGSENTRUM

Suid-Afrikaanse biblioteekweek vind plaas 18 – 25 Maart. Geniet die leesweek! Connie Steenkamp

Spanne Week 1 2 - 6 Mei * 2 wedstryde 1 week

Week 2 8 - 12 Mei

Week 3 15 – 19 Mei

Week 4 22 – 26 Mei

Week 5 29 Mei – 2 Junie

Week 6 5 – 9 Junie

Kenmare (K)

Randhardt (R)

Helderkruin (H)

Orion (O)

Fairland (F)

Pres. Steyn (PS)

Florida (FL)

Roodekrans (RO)

FL vs F

PS vs K

R vs O

RO vs H

K vs F

R vs PS

H Vs FL

O Vs RO

O vs FL

R vs H

F vs PS

K vs RO

K vs R

H vs O

PS vs FL

F vs RO

F vs O

K vs FL

H vs PS

R vs RO

F vs H

O vs K

RO vs PS

FL vs R

H vs K

FL vs

RO

F vs R

PS vs O

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

8

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

Suid-Gauteng Hokkie Laasweek is Juan Schoeman deur buite-afrigters gekies vir die o/13 Suid-Gauteng hokkiespan. Baie geluk met hierdie puik prestasie, Juan! Jy hou ons skool se naam hoog. Ons is trots op jou. Juf. Emily-Kate

ALGEMEEN

VERE-KAS

VERE-KAS Vere-kas-tye

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Lillian Ankersmit - 082 324-5034

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Groenklas: Breyten van Straaten Blouklas: Francois van Breda Oranjeklas: Tiaan Cloete

Persklas: Rickart Cornelius Geelklas: Milah Neveling Rooiklas: Matthew Chapman

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Kristian van Gaalen Gr. 1/22: Anabelle Theron Gr. 1/24: Kylie Opperman Gr. 1/25: Markus Bensch Gr. 1/26: André Minnaar Gr. 1/27: Megan Stahmer

Gr. 2/15: Eduan Visser Gr. 2/16: Kayla Nel Gr. 2/17: Brayden Maxwell Gr. 2/18: Juan Nieuwenhuizen Gr. 2/21: Kian Benade van Niekerk Gr. 2/23: Mareli Wessels Gr. 3/12: Micé Aucamp Gr. 3/13: Anaïs Esterhuizen

Gr. 2/28: Andrea Cuyler Gr. 3/29: Lara Boshoff Gr. 3/45: Simoné van Aswegen Gr. 3/46: Petri Green

GOEIE GEDRAG

Gr. 4/49 Luke van den Berg en Richard Smith

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

9

Gedurende 2011 het Vriende van Fairland ’n spens begin waar ons van die skool se families wat in nood verkeer, tydelik help met maandelikse kruideniersware. Die spens was verlede jaar vol na ‘n baie suksesvolle omgeeweek, waartydens leerders en hul ouers vrywilliglik kruideniersware skool toe gebring het. Desember 2016 is die laaste kruideniersware in ons spens uitgedeel en dus is daar tans geen kruideniersware oor nie.

Help ons asseblief weer om vanaf 13 Maart tot 24 Maart ‘n omgee-week by die skool te hou deur van die volgende items skool toe te bring en sodoende ons spens te vul vir die behoeftes van 2017.Die lys van behoeftes is in klasverband ingedeel om hoeveelhede beter te reguleer. Indien u egter verkies om produkte te bring wat onder ‘n ander graad gelys is, is u baie welkom. Leerders kan alle skenkings na hulle registerklasse neem en dan sal dit alles aan die einde van die week na die spens gestuur word.

‘n Groot dankie aan al die ma’s wat so getrou elke maand ook kruideniersware-skenkings maak, julle help dat ons begroting elke maand klop! As daar dalk nog iemand is wat op ‘n maandelikse basis betrokke wil raak, kan jul my kontak.

By voorbaat baie dankie. Irene Aucamp ([email protected])

Spensbenodigdhede

Gr. R/07 Koffie Gr. R/08 Suiker Gr. R/09 Tee (Gewoon of Rooibos) Gr. R/10 Langlewe Melk Gr. R/11 Poeiermelk of Cremora Gr. R/11A Ontbytgraan (nie Oats nie) Gr. 1/14 Marmite of Bovril Gr. 1/22 Grondboontjiebotter Gr. 1/24 Konfyt Gr. 1/25 Stroop Gr. 1/26 Blikkies Vis Gr. 1/27 Blikkies Vleis Gr. 2/15 Blikkies Groente Gr. 2/16 Ingemaakte Slaai (Boksies) Gr. 2/17 Ingemaakte Vrugte Gr. 2/18 Pasta Gr. 2/21 Ingemaakte Groente Gr. 2/23 Cup-a-Soup of Pakkies Sop of Soja

Maalvleis (Toppers) Gr. 3/12 Blikkies Sop Gr. 3/13 Oats Gr. 3/28 Ontbytgraan (enige behalwe Oats) Gr. 3/29 Beskuit ( Ouma Tipe) Gr. 3/45 Rys Gr. 3/46 Enige Pasta (nie 2min Noodles nie) Gr. 4/47 Soet Koekies Gr. 4/48 Two Min Noodles Gr. 4/49 Blatjang Gr. 4/50 Mayonaise Gr. 4/51 Olie Gr. 4/52 Tamatiesous Gr. 5/02 Jellie Gr. 5/03 Koekies (Soet) Gr. 5/05 Aanmaak Koeldrank Gr. 5/39 Beskuit (Ouma Tipe) Gr. 5/41 Provitas Gr. 5/43 Blikkies Groente Gr. 6/04 Langlewe Melk Gr. 6/32 Skottelgoedseep Gr. 6/34 Waspoeier Gr. 6/37 Deodorant Vrouens Gr. 6/40 Langlewe Melk Gr. 6/42 Ontbytgraan (nie Oats nie) Gr. 7/01 Blikkies Vleis (Worsies, Bully Beef, ens.) Gr. 7/06 Waspoeier Gr. 7/31 Blikkies Vleis Gr. 7/33 Blikkies Groente Gr. 7/44 Blikkies Vis

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

10

NASKOOLSENTRUM

Skool sluit Vrydag 17 Maart om 12:00. Naskoolsentrum gaan voort soos normaal.

MA EN DOGTER-KAMP

PA EN SEUN-KAMP

My Seun se Pa PROGRAM Vrydag 24 Maart 14:00 Arriveer by Koppisol en slaan kamp op. 18:30 Vure word aangesteek vir die kenmekaar-braai. Alle gr. R- en gr.1-ouers (“vrywillig verplig”) EN ander ouers is welkom. Vuur, pap en sous word verskaf. Dui op inskrywingsvorm aan. 19:00 Verwelkoming deur die adjunkhoof, mnr. Ebbe le Roux Saterdag 25 Maart 09:30 – 10:00 Verwelkoming en bekendstelling van aanbieders 10:00 – 11:00 Almal kom in die Waenhuis (groot saal) bymekaar

- Ouers: Aanbieding deur Kenneth Collin van “The World Needs a Father”. - Kinders: Aanbieding deur Willie Sapsford van “The Character Company” &

Marius Beytell van “ Mighty Dads”. 11:00 – 12:00 Ouers & kinders: Groepaktiwiteit aangebied deur Erik Harkema van “Quest for Treasure” Hierdie gaan baie interessant wees – papiervliegtuigbou met ‘n verskil. 12:00 – 12:30 Daar is ook ‘n kompetisie per graad vir die vliegtuig wat die verste vlieg (ouers en kinders) 12:30 – 13:00 Uitdeel van pryse. Daar is ook ‘n spesiale verrassing wat aan elkeen wat die

kamp bygewoon het, oorhandig gaan word. 15:00 – 17:00 Touch-rugby / volleyball / rugby in die saal – Kings teen Leeus (vrywillig). 17:00 – 19:00 Rugby in die saal – Cheetahs teen Haaie (vrywillig). Sondag 26 Maart 07:30 Afsluiting met skriflesing en gebed by die boma. Indien die weer onguur is, doen ons dit in die saal. Inskrywingsvorms is beskikbaar op die School Communicator.

24 – 26 Maart 2017 Ons is ma en dogter, vriendinne, susters en vertrouelinge. Die band tussen ma en dogter is vir altyd sterk….. Met nog net 1 week, wil ek elke mamma herinner om R50 per persoon in die skool se rekening in te betaal. Gebruik asb. FAMILIEKODE/ MA EN DOGTER as verwysing. Bewys van betaling moet asb. by juf. Karen Nel, kamer 12, ingehandig word.

‘n Ma se werk word betaal deur soentjies en drukkies. Juf. Karen Nel

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

11

ADVERTENSIES

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale

rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386

of [email protected].

HUIS TE KOOP IN STRUBENSVALLEI

Netjiese 4-slaapkamerhuis, 3-badkamers (waarvan 2 “en-suite” is), ruim kombuis, eetkamer, sitkamer en

kuierarea. Dubbelmotorhuis met geautomatiseerde houtdeure, lapa en swembad. Ongeveer 8km vanaf

Laerskool Fairland. Vir verdere navrae kontak asb. Estelle na 15:00 op 082 332-7475.

Resonanze Project Musiekskool Tyd om musiek te maak by Resonanze Project Musiekskool!! Skryf in vir individuele lesse (viool, kitaar, klavier, sang, dromme), of kom maak musiek in ’n groep van Marimbas, Kinderkoor, Viole, Klawers of Kleuter Blokfluite! Berario Gemeenskaps Sentrum, [email protected], 081 351 7491 HUISHULP SOEK WERK

Ons voltydse bediende word ongelukkig afgeskaal, en sy benodig werk vir 2 of 3 dae per week. Sy gaan

vir die oorblywende dae steeds by ons werksaam wees, en kan ook steeds inbly by ons. Sy is fantasties

met kinders van alle ouderdomme, en kan kos maak. Sy het n kursus in “Childminding, First Aid and

Stimulation” voltooi. Vir meer inligting kontak my gerus by 082 778 1092. Liezel.

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

12

PRODUKTE TE KOOP

Wholesome Harvest bied kwaliteitprodukte aan direk van die plaas – alles “Free Range” en hormoon-vrye produkte.

Die volgende gehalte produkte is beskikbaar:

Beesvleis

Hoender

Vark

Lam

Eiers

Suiwel (melk, jogurt en kaas)

Neute en droë vrugte

“Gluten free and Low Carb products”

Olyfolie, klapperolie

Rou heuning van die Kalahari

Vars geroosterde koffie van die Kalahari

Speserye en speserymengsels sonder MSG’s ens.

Alle vleisprodukte kom verpak en versnit volgens jou familie se behoeftes – koop dus slegs wat jy nodig het in die snitte wat jy verkies.

Kontak Helena van Zyl by 082 337 0051 OF [email protected] vir meer inligting.

\

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Michael Vermeulen - 26 Maart Bridgette Mabhude (ass.-opvoeder) - 26 Maart Lizahn le Roux - 27 Maart Marli Hollenbach - 27 Maart Mag dit

13