uit die hoof se kantoor - wordpress.com · nelius van graan – graadwenner 3. richard steenekamp...
TRANSCRIPT
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 5 22 Februarie 2018
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Atletiek: D10-byeenkoms
Baie geluk aan al ons atlete wat so puik gevaar het tydens hierdie byeenkoms. Ons is voorwaar trots op julle.
Baie dankie aan al die ouers vir hul ondersteuning en die personeel wat tydens die byeenkoms werksaam was.
Personalia
Ons dink steeds aan Anroux Barnard wat nog ernstig siek is. Ons dink aan jou Anroux en glo en vertrou dat jy binnekort weer op die been gaan wees.
Uit die Vink se nes.....
Hoe kan ek my kinders motiveer?
Groter klem op hul poging en werksetiek
Kweek self-trots
Die gevoel van “lekker tough” na ‘n aktiwiteit (goeie balans)
Skep ‘n atmosfeer wat hiertoe bydra. Doen iets vir die regte redes.
Klem op “herstel vinnig” en “probeer weer” en “hou aan”!
BELANGRIKE DATUMS
DATUM AKTIWITEIT
ALGEMEEN 21 Februarie Gr. R-koekverkoping
9 Maart Medialeiers: Werkswinkel (13:30 – 16:30) en oorslaap (17:00)
Leesklubleiers: Werkswinkel (15:30 – 16:30) en oorslaap (17:00)
12 Maart Beheerliggaamverkiesing
23 – 25 Maart Pa en seun-/Ma en dogternaweek
19 Mei VVF-pretloop
15 September VVF-funksie
AKADEMIE 8 Feb. – 16 Mrt. Toetsreeks (Gr. 4- tot gr. 7-leerders)
KULTUUR 19 Februarie Interne redenaars ronde 1 gr. 6 en gr. 7
2 – 4 Maart Seniorkoor: Kamp
SPORT 2 & 3 Maart Atletiek: Gautengkampioenskap (Ruimsig Atletiekstadion)
15 Maart SA-kampioenskap (voorlopige datum) - Paarl
2
VAN DIE BEHEERLIGGAAM
Geagte Ouers
Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart
Ons wil u graag inlig ten opsigte van die komende beheerliggaamverkiesing vir 6 ouerlede op 12 Maart 2018 om 19:00 in die saal.
Registrasie begin reeds om 16:30 (Bring asb. bewys van identiteit saam om te registreer. ID dokument / paspoort / bestuurslisensie) Nominasievergadering open om 18:30 Verkiesing begin om 19:00 Kandidate sal die geleentheid kry om hulleself aan die kiesers voor te stel in ‘n kort (maks. 3 min.) aanbieding om 19:00. Slegs ouers/voogde van ingeskrewe leerders van Laerskool Fairland is stemgeregtig. Slegs 2 ouers per oudste/enigste kind. Maak seker dat u naam op die kiesersrol verskyn en dat u ID-nr. korrek aangebring is. (Kiesersrol te besigtig in die kantoor vanaf Maandag 26 Februarie 2018.) Die stemproses word streng volgens regulasies hanteer onder toesig van die amptelike kiesbeamptes soos aangewys. Geen dispute, indien enige, sal deur die skool hanteer word nie.
‘n Kworum van 15% van kiesers (270) is vereis vir die verkiesing om plaas te vind. Ons doen dus ‘n beroep op u om ons te ondersteun in hierdie baie belangrike saak. Neem in ag dat u die bestuur van u kind se skoolbelange vir die volgende 3 jaar bepaal deur u stem uit te bring. Die stemme word direk na die verkiesing getel en geverifieer deur die kiesbeampte en die uitslag sal daarna bekendgemaak word.
Die Fairland-voortrekkers het goedgunstiglik aangebied om na die leerders om te sien by mnr. Jordaan se klas indien u hulle moet saambring. Daar sal ook snoepiestalletjies wees voor die saal aangesien dit om etenstyd plaasvind en u moontlik direk vanaf u werk moet kom stem. Daar is ook ‘n vergunning gemaak ten opsigte van Vrydag 16 Februarie 2018 na die verkiesing. Indien u sorg dat ons die 15% kworum behaal op Maandag 12 Maart 2018, sal ons die skool, as blyk van waardering, reeds om 12:00 sluit vir al die leerders.
Ons vertrou dat ons u elkeen daar sal sien en dat u met entoesiasme sal deelneem aan hierdie belangrike dag.
Johan Kilian VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM
FINANSIES – KWYTSKELDINGS
Soos per inskrywingsvorms gekommunikeer, handig asb. volledig voltooide aansoek om kwytskelding persoonlik in by Verna van Greunen voor 28 Februarie 2018.
VAKANTE POS: ALGEMENE WERKER
Algemene werker: Vereistes / aard van pos (maar nie beperk tot):
Algemene geboue-instandhouding (bv. verf, algemene terreinwerk)
Medies geskik wees
Sober gewoontes hê
Geen kriminele rekord nie
Verlengde werksure wanneer verlang
Salaris onderhandelbaar
Stuur asb. alle CV's voor of op Vrydag 23 Maart om 12:00 aan Karén Reyneke ([email protected]) - Verwysing: Algemene werker.
Vir enige navrae in verband met bogenoemde pos, stuur asb. e-pos aan [email protected].
3
REDAKSIE
Ten tye van groot veranderinge in ‘n mens se lewe, is elkeen geneig om buitensporig te reageer op die geringste prikkels. Oorreaksie is nie net die domein van die vroulike geslag nie. O neeeee... hou maar ‘n klomp manne dop om ‘n braaivleisvuur as die Bokke se spankeuses ter sprake kom, of oor die regte manier om steak gaar te maak, of hoe om ‘n rooie te kies of wat hulle eerste sou uitsorteer as hul die prez was! Elke outjie het ‘n opinie en elke opinie is die voorspel tot ‘n rusie. Ons het die kuns verfyn om te verskil van mekaar. Hierdie land se politieke geskiedenis het oud en jonk vaardig gemaak in die kuns van redekawel, maar wat ons eintlik nou die nodigste het, is die gawe van luister.
Daar is ‘n Engelse gesegde wat lui: “Practice the pause. When in doubt, pause. When angry, pause. When tired, pause. When stressed, pause.” En ek wil byvoeg: “When you disagree, pause. And when you pause, pray.”
Dis baie duidelik dat ons nou op vele gebiede nuwe tye en nuwe maniere van doen tegemoet gaan. Neem gerus tyd om die vernuwing te bepeins. Moenie sommer net reageer op die prikkels nie. Weeg alle kante van die saak voor jy jou besluite daaroor finaliseer. Dit kan die verskil tussen ‘n blink toekoms en ‘n rampspoedige werklikheid beteken. Dus is my boodskap vir die week:
“Pause and pray!”
So versit ons berge. Erika
VERJAARSDAE
Baie geluk aan die volgende personeel wat hierdie week verjaar:
Marissa Maas - 24 Februarie Jaco van Rooyen - 26 Februarie
Mag julle nuwe lewensjaar voorspoedig en geseënd wees!
AKADEMIE
Toetsrooster: Eerste Kwartaal 2018 – Finaal
Eerste Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7
Vr. 23 Februarie Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde
Vr. 2 Maart NW NW NW EBW
Vr. 9 Maart Geografie Geskiedenis Geskiedenis Geskiedenis
Di. 13 Maart Geografie
Vr. 16 Maart Geskiedenis Geografie Geografie NW
LET WEL: Gr. 4: Geografie en Geskiedenis het omgeruil!
KULTUUR
REDENAARS
Die eerste ronde van die LFK-redenaarskompetisie is afgehandel en was sowaar 'n fees vir die oor. Ons sprekers het hulself baie goed van hul taak gekwyt. Baie dankie aan almal wat braaf genoeg was om hulself hiervoor in te skryf. Julle was tops! TOP 5 PER GRAAD (Daar was nie 5 sprekers ingeskryf by elke graad nie). LET WEL: Die leerders se name verskyn in alfabetiese volgorde.
TOP 5 VAN GRAAD 1 1. Hannah Dercksen 2. Imke Hodgskiss 3. Mieke du Toit 4. Ruben Vorster 5. Stefanie Viviers – Graadwenner
4 TOP 4 VAN GRAAD 2 1. Annabelle Kirstein - Graadwenner 2. Hannah Gogzell 3. Jeanne-Marie Kitshoff 4. Kristian van Gaalen
TOP 4 VAN GRAAD 3 1. Carla Janse van Rensburg 2. Genevieve du Toit – Graadwenner 3. Lika Human 4. Minke Böhmer
TOP 5 VAN GRAAD 4 1. Chemené Mentz 2. Eben van Graan 3. Gustav Vorster 4. Mignon Potgieter – Graadwenner 5. Niel Marais
TOP 5 VAN GRAAD 5 1. Anika du Preez 2. Jessica Janse van Rensburg – Graadwenner 3. Luané Human 4. Mia le Grange 5. Nicola Bredenkamp
TOP 3 VAN GRAAD 6 1. Delané Potgieter 2. Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp
TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria Kotzé 5. Mia Marais - Graadwenner
UITSLAG PER AFDELING 2018
Baie geluk aan die volgende sprekers wat deurdring na die eerste ronde van die ATKV-redenaarskompetisie wat op 22 en 23 Maart by Hoërskool Linden plaasvind. Hou asb. die Vinkie dop vir verdere reëlings in die verband.
TOP 6 – AFDELING A: 1. Annabelle Kirstein 2. Carla Janse van Rensburg 3. Genevieve du Toit – Afdelingwenner 4. Kristian van Gaalen 5. Lika Human 6. Stefanie Viviers
TOP 6 – AFDELING B: 1. Eben van Graan 2. Gustav Vorster 3. Jessica Janse van Rensburg – Afdelingwenner 4. Mia le Grange 5. Mignon Potgieter 6. Niel Marais
TOP 6 – AFDELING C: 1. Andries de Kock 2. Ezaan Husselmann 3. Isabella du Toit 4. Jessica Goosen 5. Maria Kotzé 6. Mia Marias – Afdelingwenner
LFK: Redenaars Ronde 2: Gr. 4 - 7 (Vrydag 18 Mei) - Onvoorbereid LFK: Redenaars Ronde 3: Gr. 4 – 7 ( Vrydag 27 Julie) – Spanredenaars
Juf. Corisa (Kamer 50)
5
LFK VISUELE KUNS
Die uitslae van die eerste rondte van die Visuele Kuns is soos volg:
Wenner per graad:
Gr. R: Ane Symimgton / Kara van der Poel Gr. 1: Lana Nienaber / Carla Du Toit Gr. 2: Alicia Viviers Gr. 3: Anita De Bod Gr. 4: Schalk du Plooy Gr. 5: Lome Robberts Gr. 6: Andrea Pietersen Gr. 7: Mia Marais
Baie geluk aan al die deelnemers met besonderse pragtige kunswerke! Onthou dat jou 3 rondtes se punte bymekaar getel word vir die toekennings aan die einde van die jaar. Moet dus nie een van die rondtes mis nie!
DANS
Dansklasse by juf. Adeline Muller het 5 Februarie begin. Klasse sal voortaan slegs 1 maal per week plaasvind op ‘n Maandag. Onthou dat die klasse gratis is, maar dat jy soos met enige ander aktiwiteit by die skool, elke oefening moet bywoon. Indien jy weens siekte ‘n oefening mis, moet jy ‘n doktersbriefie bring. Dansers sal ook ingeskryf word vir die Fairland Kunswedstryd (LFK) en sal ook die geleentheid kry om by ander kompetisies mee te ding op ‘n vrywillige basis.
Maandae: 14:00 - 14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30 - 15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 – 16:00 (gr. 5 – gr. 7)
Inskrywingsvorms is op die Communicator beskikbaar en kan by juf. Erika in Kamer 36 (langs rekenaarklas) ingehandig word. Inskrywings sluit 28 Februarie.
DRAMA
Dramaklasse by juf. Suné Senekal sal op 8 Februarie begin. Klasse is op Donderdae en is ook gratis vir alle belangstellende leerders. Tye is soos volg:
Donderdae: 15:00 - 15:45 ( gr. 3) 15:45 - 16:45 (gr. 4 en gr. 5) 16:45 - 17:45 ( gr. 6 en gr. 7)
Inskrywingsvorms op die Communicator beskikbaar. L. W. Inskrywings sluit op 28 Februarie. Juf. Erika
SENIORKOOR
Ons is opgewonde oor al die geleenthede wat vir ons koorlede voorlê vanjaar, maar ons doen asseblief ‘n beroep op koorlede om baie gedissiplineerd te wees t.o.v koorbywoning. Ons vra asseblief dat u skriftelik verskoning sal maak by juf. Klariké (K.11) (Geelklas gr. R-sentrum) indien daar ‘n geldige verskoning is vir oefeninge wat gemis moet word.
Belangrike datums vir 2018
2 - 4 Maart: Verpligte koorkamp Alle vorms moet by juf. Klariké ingehandig word so gou as moontlik. Betalings vir die kamp is per EFT en die familikode/koorkamp moet as verwysing gebruik word, soos op die brief aangedui.
Voorlopige datums vir Musiekblyspel
13 en 14 Junie – Repetisies 15 en 16 Junie – Optredes Verdere inligting oor hierdie baie belangrike datums sal volg.
Juf. Chrisné
6
JUNIORKOOR
10 Maart : Verpligte werkswinkel – inligting volg later
Juf. Melissa
REVUE
Uitslae van die oudisies sal in volgende week se Vinkie geplaas word. Dansoudisies is reeds Woensdag afgehandel en sangoudisies sal Saterdag 24 Februarie en Maandag 26 Februarie plaasvind.
Oefentye
Maandae - SANG: [aanleer van musiek] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors Woensdae - DANS: [aanleer van choreografie en danse] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors (Dans sal eers in April begin as eerste liedjies aangeleer is.)
Juf. Karen Nel
SPORT
BELANGRIKE TOERDATUMS 2018
Konka-toere: o/9A- en B-spanne Ma. 19 – Wo. 21 Mrt. o/10A- en B-spanne Do. 22 – Sa. 24 Mrt. o/11A- en B-spanne Di. 3 – Vr. 6 Apr. 1ste & 2de spanne Ma. 26 – Do. 29 Mrt.
Netbalkamp: o/11A- & B- tot o/13A- & B-spanne 16 – 18 Mrt. (Camp Discovery)
Oos-Kaaptoer: 17 – 21 Junie
ATLETIEK
16 van Laerskool Fairland se atlete het op Saterdag 17 Februarie aan die D10 - kampioenskap by Ruimsig Atletiekstadion deelgeneem. Uit die 16 atlete wat deelgeneem het, is daar ‘n totaal van 14 atlete wat deurdring na die Gautengkampioenskap wat op die 2 en 3 Maart by Ruimsig Atletiekstadion plaasvind. Baie geluk aan die volgende atlete met hierdie uitsonderlike prestasie:
Elri Coetzer (Dogters o/9 – 60m. en 80m.)
Chemené Mentz (Dogters o/10 – 1200m.)
Sophia Smith ( Dogters o/10 – 80m.)
Lara Boshoff (Dogters o/10 – Hoogspring en 70m. Hekkies)
Anshé Roos (Dogters o/12 – Hoogspring)
Kaili Botjé (Dogters o/12 – 100m. en 150m.)
Delané Potgieter (Dogters o/12 – Gewigstoot)
Euané Theart (Dogters o/13 – 75m- en 200m. Hekkies)
Vincent Graham (Seuns o/10 – Gewigstoot)
Dylan Engelbrecht (Seuns o/11 – Gewigstoot)
Kean Swanepoel (Seuns o/12 – 1200m.)
Jeandré Muller (Seuns o/12 – 75m. Hekkies)
Diaan Rooseboom (Seuns o/12 – 1200m.)
Corné de Fouw (Seuns o/13 – 800m. en 1500m.) Atletiekoefening (Slegs vir atlete wat deurgaan na volgende rondte.)
LANDLOOP
Die landloopseisoen begin eers in die derde kwartaal. Mnr. Jordaan beoog om gedurende die Junievakansie met ‘n oefenprogram te begin. Verdere besondere volg later.
7
TENNIS
Tennisligawedstryde – Seniorspanne (Voorlopige ligadatums)
Do. 22 Feb. Seuns A vs Crawford Sandton (t) Seuns B vs Heronbridge (w) Wo. 28 Feb. Dogters A vs King David Sandton (t) Dogters B vs TrinityHouse Randpark (w) Do. 1 Mrt. Seuns A vs Montrose Primary (onttrek) Seuns B vs Montrose Primary (onttrek) Wo. 7 Mrt. Dogters A vs Crawford Sandton (w) Dogters B vs BYE Do. 8 Mrt. Seuns A vs TrinityHouse RP (w) Seuns B vs Fontainebleau (t) Wo. 14 Mrt. Dogters A vs Crawford Lonehill (t) Dogters B vs Fontainebleau (t) Do. 15 Mrt. Seuns A vs Jan Cilliers (t) Seuns B vs Bryandale Primary (w)
Oefentye is op die School Communicator beskikbaar.
Uitslae: Tennis het uitgereën.
SWEM
Laerskool Fairland se swemspan het op Vrydag 16 Februarie by Bryanston Primary School aan ‘n swemgala
deelgeneem. Ons swemmers eindig in ‘n baie kompeterende gala in die 4de plek uit vier deelnemende skole.
Oefentye: Kwartaal 1 (Begin Maandag 29 Januarie)
Maandae Woensdae
Juniors 15:00 – 16:00 15:00 – 16:00
Seniors 16:00 – 17:00 16:00 – 17:00
Northcliff Primary se swembad sal gebruik word vir oefensessies.
Swemgala-datums: Vrydag 23 Februarie (Monument Primary)
RUGBY
Belangrike datums
Vriendskaplike wedstryde Wo. 7 Mrt. vs L/s Hennopspark (t) Di. 13 Mrt. vs L/s Anton van Wouw (t) 20 Mrt. vs L/s Van Riebeeckpark (w) Skeidsregterevaluering - wedstryde Sa. 17 Mrt.
Oefentye: SLEGS VIR MAANDAG 26 FEBRUARIE – 28 FEBRUARIE
Maandag: 14:10 – 15:10 (o/8xv; o/9A&B; o/10A&B) – geen oefening vir o/11 en oopspanne Dinsdag: Normale oefentye (alle spanne) Woensdag: 13:40 – 14:40 (o/11A&B en oopspanne) – geen oefening o/8xv; o/9A&B; o/10A&B
Normale oefentye:
MAANDAG
o/9A&B / & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de
14:10 - 15:25 B-veld A-veld
15:25 - 16:40 B-veld B-veld A-veld
DINSDAG & WOENSDAG
o/9A&B & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de
13:40 - 14:55 B-veld B-veld
14:55 - 16:10 A-veld B-veld A-veld
8
TAU-rugby: Maandag 26 Feb. (o/7 asook o/8’s wat nie opgeneem is in die o/8-vyftientalspan nie)
Oefentye Maandae: 13:35 – 14:10 A- en B-veld Dinsdae en Woensdae: 13:00 – 13:35 A- en B-veld
NETBAL
Belangrike datums
Vriendskaplike wedstryde Wo. 7 Mrt. vs L/s Hennopspark (t) Wo. 14 Mrt. vs L/s Randhart (t) Di. 20 Mrt. vs L/s Van Riebeeckpark (w) Fairland Fast 5 - aandreeks Wo. 11 Apr. Netbalkursus 12 en 13 Apr. (o/10C- & D tot o/13C- en D-spanne)
NB: GEEN NETBALOEFENING MAANDAG 26 FEBRUARIE VIR o/10- tot o/13-spanne. o/9-spanne oefen wel in gewone oefentye (soos hieronder).
Oefentye: (Vanaf 26 Februarie):
1ste Sessie: Maandae: 14:15 - 15:30
Dinsdae en Woensdae: 13:50 - 15:05
Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan Klein teerbaan
o/12A&B o/12C&D o/10A&B o/9A&B o/10C&D o/9C&D o/9-Ont.
2de Sessie: Maandae: 15:30 - 16:45
Dinsdae en Woensdae: 15:05 - 16:20
Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan o/13A&B o/13C&D o/11A&B o/11C&D
JOMO-liga (Voorlopige datums)
Do. 19 Apr. vs BPMS (w) Wo. 25 Apr. vs TrinityHouse Randpark (t) Do. 3 Mei vs Roodekrans (t) Wo. 9 Mei vs Kenmare (w) Wo. 16 Mei vs Helderkruin (t)
Mini-netbal (Oefening begin 26 Februarie (Slegs vir o/6- tot o/8-dogters)
Oefentye o/6 Maandae, Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50 o/7 en o/8 Maandae : 13:35 - 14:10
Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50
SKAAK
Oefentye
Donderdae: Gr. 1-leerders: Kamer 14 13:30 - 14:20 Gr. 2- en gr. 3-leerders: Mediasentrum 14:00 - 15:00 Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 15:00 - 16:30 EN/OF
Vrydae: Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 13:00 – 14:00
LET WEL: Daar sal voortaan op Donderdae en Vrydae skaakoefening vir die gr. 4- tot gr. 7-leerders aangebied word. Leerders kan een of beide van die klasse bywoon.
Maandag 26 Februarie “Supper league” TrinityHouse, Randpark
Kliniek: 24 Februarie Slegs vir gr. 2-leerders 09:00 – 12:00
HOKKIE
Baie geluk aan die volgende leerders wat in hul onderskeie ouderdomsgroepe in die D10-oefengroepe opgeneem is:
o/12-seuns: Daan Rooseboom o/13-seuns: Ethan Ceronio o/13-dogters: Inge Schoeman
9
ALGEMEEN
VERE-KAS-TYE:
MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG
Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40
Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit
Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige navrae in verband met die Vere-kas.
WATERPROJEK
Dis met GROOT dankbaarheid wat ons julle laat weet dat ons oor die 600 5liter-waterbottels ingesamel het en dat dit Vrydag deur Gift of the Givers opgelaai is! Dis oor die 3 TON water! Ons gemeenskap by Laerskool Fairland het harte van goud en ons sê baie dankie vir jul bydrae wanneer die nood druk.Julle maak 'n verskil! Groete Maritza Rothmann Vanessa Potgieter
SLUITKASSIES Daar is ongelukkig geen sluitkassies meer beskikbaar nie.
9
MEDIASENTRUM
LEESKLUBLEIERS 2018 Baie geluk aan die volgende leerders wat aangewys is as leesklubleiers vir 2018:
Anneska Beukes Logan Bezuidenhout Nelrie Bothma Pierre de Klerk Gideon Kok Denike de Villiers Emma du Plessis Emma Ferreira Abigail Fourie Akira Jacobs Mia Jamneck Mikka Janse van Rensburg Lucian Kleyn Kaylin Kleynhans Carmen Lehman Stephanie Lourens Marine Louw Chané Maré Abigail Moorcroft Nanise Mostert Delarey Myburgh Christina Nap Willianne Nap Andrea Pietersen Ettienne Pieterse Arno Pretorius Chris Rothman Tiaan Smit Niqoula Suttie Zander Steyn Simoné Swanepoel Liam van Damme Chandré van der Merwe Johan van der Merwe Landi van der Merwe Alexa van Loggenberg Mia van Niekerk
Die ATKV-kinderboektoekenning vir 2017 se wenboeke is soos volg: Voorleeskategorie: Gr. RR en gr. 1: Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Grom
Illustreerder: Karen Lilje (LAPA Uitgewers) – Grom Selfleeskategorie: Gr. 2 en gr. 3: Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Viskos
Illustreerder: Zinelda McDonald (LAPA Uitgewers) – Viskos Selfleeskategorie: Gr. 4 en gr. 5: Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Oepse daisy, Lulu
Illustreerder: Elsbeth Eksteen (LAPA Uitgewers) – Oepse daisy, Lulu
Selfleeskategorie: Gr. 6 en gr. 7: Skrywer: Elizabeth Wasserman (Tafelberg) – Elf dae in Parys Al die boeke is in die mediasentrum beskikbaar indien jy dit wil lees.
11
Die ATKV-kinderboektoekenning se 2018 leeslys is soos volg: Die gr. R- en gr. 1-boeke word voorgelees tydens mediaperiode en gedurende klastyd. Voorleeskategtorie: Gr. RR en gr. 1
Bennie Boekwurm se tonnelhuisie – Human & Rousseau
Bennie Boekwurm vertel lekker stories 2 – Human & Rousseau
Daar’s nie ‘n krokodil n hierdie boek nie – Lapa Uitgewers
Karel Kraai se kitaar – Human & Rousseau
Kattekwaad – Lapa Uitgewers
Sarel Seemonster se avontuur – Human & Rousseau
By gr. 2- en gr. 3- leerders nomineer die personeel 2 leerders per klas. Gr. 2- en gr. 3- leerders ruil boeke tydens pouse by ‘n klas. (Klasnommer sal later bekend gemaak word). Selfleeskategorie: Gr. 2 en gr. 3
Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die petrolpadda – Lapa Uitgewers
Die boosaardige broers Botha – Tafelberg
Goeie Nag, Goeie Dag, Stories vir die jong ore – Christelike Media Publikasies
Krappie en die kroon – Human & Rousseau
Professor Fungus en die monsterformule – Lapa Uitgewers
Z is vir Zackie 6 : Die tentavontuur – Lapa Uitgewers
Die Gr. 4-leerders word aangewys deur die betrokke klaspersoneel, ook 2 leerders per klas. Hulle ruil boeke in die mediasentrum. Selfleeskategorie: Gr. 4 en gr. 5 Aksieheld Austin: Operasie sabotasie – Lapa Uitgewers Hoendervleis – Lapa Uitgewers La-di-da, Lulu – Lapa Uitgewers Rodeo Rollie! Groenheide Boeke Sanri Steyn: Die Vampiere van Vlermuishoogte – Lapa Uitgewers Skwiek – Lapa Uitgewers Stalmaats 20 : Perdediewe – Lapa Uitgewers Zackie Mostert en die superstinkbom – Lapa Uitgewers
Gr. 5-, gr. 6- en gr. 7-leerders wat belangstel, kan hul name by die mediasentrum gaan opskryf en hulle boeke tydens pouses in die mediasentrum ruil. Selfleeskategorie: Gr. 6 en gr. 7
Blits: Perlemoendiewe – Tafelberg
Die fantastiese, rowwe, dodelike, uhm.... rykamp! – Groenheide Boeke
Die leeutemmer se assistent – Lapa Uitgewers
Dromers – Lapa Uitgewers
Elton die verskriklike April verloor dit – Tafelberg
Kupido.com – Lapa Uitgewers
Maanlig-meermin – Tafelberg
‘n Blonde bom – Human & Rousseau
Om te dans – Lapa Uitgewers
#PresiesAnders : Eksperimente en eerste soene – Human & Rousseau
Skool is ‘n riller – Human en Rousseau
Indien ‘n leerder aan die einde van die leestydperk aan die stemming vir die wenboeke wil deelneem, moet hy/sy al die boeke van die betrokke kategorie gelees het. Juf. Connie
12
UITBLINKERS VAN DIE WEEK
Rooiklas: Abigail Liebenberg en Driehan Erasmus Geelklas: Lana Heyns en Jean-Luc Westley Persklas: McKenzie Devenier en Ruan Maartens Oranjekas: Cari Passano en Henry Arnold Groenklas: Mieke J.v. Vuuren en Julian Pauw Blouklas: Xander Nortje en Kayli van Wyk
STER VAN DIE WEEK
Gr. 1/14: Neil Moore Gr. 1/22: Luané du Plessis Gr. 1/24: Emily Groenewald Gr. 1/25: Luhard Coetzee Gr. 1/26: Kylo van der Sluys Gr. 1/27: Ruben Vorster Gr. 2/15: Amoré Serfontein Gr. 2/16: Zanie Jacobs Gr. 2/17: Lana Bouwer Gr. 2/18: Anei van der Walt Gr. 2/21: Lizé Pelser Gr. 2/23: Micke Niemandt Gr. 3/12: Lohan Dirker Gr. 3/13: Kara van der Merwe Gr. 3/28: Karla Viljoen Gr. 3/29: Liam Sanderson Gr. 3/45: Chris Fourie Gr. 3/46: Elri Coetzer
GOEIE GEDRAG
Gr. 4/49 Richard Maree en Janesca Swart
“SAVE THIS DATE”
UITNODIGING AAN ALLE FAIRLAND PA’S EN OUPAS NA DIE 2018 PA EN SEUN-KAMP. JAARGANG 26.
MANS SONDER SEUNS IS OOK MEER AS WELKOM OM IN HIERDIE HEERLIKE ERVARING TE KOM DEEL .
Hierdie jaar kom ons weer by Koppisol bymekaar. As julle gedink het laasjaar het ons dinge bietjie anders gedoen, hou hierdie spasie dop.
DATUM: 22 - 25 Maart 2018
TYE: Vrydag 14:00 tot Sondagmiddag
PLEK: Klub Koppisol, op die R82 tussen De Deur en Vereeniging
TEMA: Kan ek ‘n “hero” wees? Ek is op soek na ‘n vrywillige aspirantfotograaf wat vir ons ‘n klompie foto’s sal vaslê gedurende die naweek.
Kontak my gerus met enige ander navrae of voorstelle!
Koördineerder Jaco Fourie ([email protected] / 083 6333 944)
VRIENDE VAN FAIRLAND-SPENS
Gr. R/07 Koffie Gr. R/08 Suiker Gr. R/09 Tee (Gewoon of Rooibos) Gr. R/10 Langlewe melk Gr. R/11 Poeiermelk of Cremora Gr. R/11A Ontbytgraan (nie Oats nie) Gr. 1/14 Marmite of Bovril Gr. 1/22 Grondboontjiebotter Gr. 1/24 Konfyt Gr. 1/25 Stroop
Gr. 1/26 Geblikte vis Gr. 1/27 Geblikte vleis
Gr. 2/15 Geblikte groente Gr. 2/16 Ingemaakte slaai (boksies)
Gr. 2/17 Ingemaakte vrugte Gr. 2/18 Pasta
Gr. 2/21 Ingemaakte groente Gr. 2/23 “Cup a soup” of pakkies sop of soja
maalvleis (Toppers)
Gr. 3/12 Geblikte sop Gr. 3/13 Oats Gr. 3/28 Ontbytgraan (nie Oats nie) Gr. 3/29 Beskuit ( Ouma-tipe) Gr. 3/45 Rys Gr. 3/46 Enige pasta (nie 2 min. “Noodles” nie)
13
Gr. 4/47 Soet koekies Gr. 4/48 “Two min. Noodles”
Gr. 4/49 Blatjang Gr. 4/50 Mayonnaise
Gr. 4/51 Olie Gr. 4/52 Tamatiesous
Gr. 5/02 Jellie Gr. 5/05 Aanmaak-koeldrank
Gr. 5/39 Beskuit (Ouma-tipe) Gr. 5/41 Provitas of soutkoekies
Gr. 5/42 Koekies (soet) Gr. 5/43 Geblikte groente
Gr. 6/03 Langlewe melk Gr. 6/04 Skottelgoedseep
Gr. 6/06 Waspoeier Gr. 6/34 Deodorant (dames)
Gr. 6/37 Langlewe melk Gr. 6/40 Ontbytgraan (nie Oats nie)
Gr. 7/01 Geblikte vleis (Worsies, Bully beef, ens.) Gr. 7/30 Waspoeier
Gr. 7/31 Geblikte vleis Gr. 7/32 Geblikte groente
Gr. 7/44 Geblikte vis
Irene Aucamp Spens Koördineerder 0836517230
AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND
SPORT
SWEM
Daniela Popovic het op 10 Februarie haar derde Midmar voltooi. Baie geluk!
ADVERTENSIES
RESONANZE MUSIEKSKOOL
Begin 2018 reg, begin 2018 met MUSIEK!! Skryf nou in vir individuele musieklesse; viool, kitaar, dromme, sang of klavier, OF ons groepklasse; ‘“Shake it Off”, koor, marimbas en meer!! Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351-7491 / [email protected]
14 FISIOTERAPEUT
Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat en groep-pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected].
SPESIALE AANBOD VIR LAERSKOOL FAIRLAND SE OUERS
15
16
TUINWOONSTEL
Een van ons assistent-opvoeders, Bridgette Mabhude is op soek na 'n bekostigbare tuinwoonstel in die Fairland-omgewing. Kontak asb. vir Bridgette op 0826445905.