upingtonbulletinub 20140507

8
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 8 MEI 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Upington DIE wenfoto in die Kalahari Bulletin se sonsopkoms- en -ondergang-fotokompetisie is dié pragtige foto wat Abrie van Niekerk van sy pa, Ivan, geneem het terwyl hy sy skape voer gegee het. Kyk op bl. 6 na die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het en maak seker jy stuur foto’s voor 31 Maart na [email protected] vir die kompetisie Jou oomblik, ons wyn. Foto: Abrie van Niekerk Voertyd van vee die beste sonfoto

Upload: kalaharibulletin

Post on 08-Mar-2016

277 views

Category:

Documents


20 download

DESCRIPTION

Upingtonbulletinub 20140507

TRANSCRIPT

Page 1: Upingtonbulletinub 20140507

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

8 MEI 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS

Upington

DIE wenfoto in die Kalahari Bulletin se sonsopkoms- en -ondergang-fotokompetisie is dié pragtige foto wat Abrie van Niekerk van sy pa, Ivan, geneem het terwyl hy sy skapevoer gegee het. Kyk op bl. 6 na die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het en maak seker jy stuur foto’s voor 31 Maart na [email protected] vir die kompetisieJou oomblik, ons wyn. Foto: Abrie van Niekerk

Voertyd van vee die beste sonfoto

Page 2: Upingtonbulletinub 20140507

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

Karin Muller

MET die uittrede van JacquesKallis uit toetskrieket het ekna ’n Engelse kommentatorgeluister wat iets gesê het watmy bygebly het. Hy het oor diewoord great gepraat. Daarword gereeld gesê dit is ’ngreat game. Of dit was ’n greatinnings. Of great fielding.Die woord word in so ’n mate gebruik

dat dit amper wil voorkom asof dit sywaarde verloor het.As jy aan iemand soos Jacques Kallis

dink, is dit een van die maklikste woordeom hom te beskryf: great. Want dit isimmers hoe hy is.Die woord “dankie” bring my by amper

dieselfde dilemma as wat die kommentatormet die woord great gehad het.Dit word so algemeen gebruik dat dit

byna afgewater klink. Asof dit die woemawat daaragter steek, verloor het.In ’n mens se daaglikse lewe probeer ’n

mens gereeld dankie sê – en ek glo almalvan ons bedoel dit opreg.Dit is eers as jy jouself in ’n situasie

bevind waar jy ekstra dankie wil sê dat jybegin wonder of die boodskap reg verstaangaan word.Wanneer jy ’n opregte waardering diep

uit jou wese delf, afstof en blink vryf, ensteeds met een klein, eenvoudige woordjieeindig: “Dankie”.Dit sou heerlik gewees het as jy – elke

keer as jy wil dankie sê – vir iemand ietsin die hand kon gee of vir ete kon nooi.Maar dit is nie altyd moontlik nie.Tog steek daar baie waardering in

“dankie vir jou hulp” of“dankie dat jy my kindopgelaai het” of “dankie dat jysoveel waarde by my lewevoeg”.As daar verskillende grade

van dankbaarheid bestaan, hoekan jy onderskeid met dieselfdewoord tref?Ons kan ’n paar beskrywende

woorde voor inryg en eindig met “vreeslikdankie” of “duisend dankies”. Aan dieeinde van die dag bly dit net “dankie”.Soms wens ek jy kan met ’n besondere

soort instrument iemand hier diep in jouhartkamers laat inloer om te sien hoeopregte waardering lyk.Dat jy ’n oomblik die mens met sy

vingerpunte skrams aan die warmte vanwaardering kan laat raak om ’n idee tekry van hoe dankbaar jy werklik is.Totdat dit eendag gebeur, sal ons met die

gesproke of geskrewe woord tevrede moetwees.Vir mense wat deur afstand van mekaar

geskei word, raak dit nóg moeiliker. Hoevervang jy ’n glimlag, die vonkel iniemand se oog en die warmte van mensli-ke aanraking as jy net ’n selfoon hetwaarmee jy ’n boodskappie kan tik? Ofdeur ’n rekenaar slegs ’n e-pos kanstuur?Tog moet jy glo die mens wat die

boodskap hoor – hetsy deur tegnologie ofpersoonlik – die besondere betekenisdaarvan sal verstaan.Dat hy of sy sonder twyfel sal voel ’n

oorvloed positiewe energie spoel oor homof haar met die aanhoor van die alledaagsewoordjie – net omdat jy dit bedoel.

Dankie betekenbyna niksmeer

MERIS KOCKS,Rietfontein:

DIE Miergebiedis die afgelope tyd onder administrasie,maar selfs dié poging het nie die wette-loosheid en rommelstrooiing aan bandegelê nie. Inwoners van Rietfontein bringhul vullis net tot by die stortingsterreinen stort dit net by die hek of in dieveld. Die stortingsterrein is op die

meent geleë waar kleinvee, donkies enperde wei. Verdere probleme is vullisword daar uitgebrand. Regulasies saldeur die Mier-munisipaliteit oor dieonooglike storting in plek gekry moetword. Daarby is daar ook klein, onoogli-ke stortingsplekke in die woonbuurte eneen van die redes vir die stortings isomdat die munisipaliteit nie ooralternatiewe maatreëls beskik wanneerdie vullisvragmotor breek nie.

Vullis ’n probleemAL die rommel lê voor die hek van die Mier-vullisstortingsterrein. Inwoners vra dat dringendaandag gegee sal word aan die rommelprobleme wat die Miergebied beleef. Foto:Meris Kocks

GLOUDINE DU PLESSIS, LisaGerber, Gitte Jonas en Hanri van derMerwe van die Hoërskool Duineveldis gekies vir die dansgroep Recklessin die Suid-Afrikaanse UitvoerendeKunste-span. Hulle het ’n gouemedalje in die ballet-afdeling en ’nsilwermedalje in die ope afdeling vandie kompetisie in Rustenburg behaal.Brendan van Zyl het ’n silwerme-

dalje in die afdeling vir klassieketoneelspel ontvang en Erina Krugerhet ’n bronsmedalje in die kletsrym-afdeling ontvang.

Leerlingehaal groep

Vorige uitgawes misgeloop? Gaanna www.kalaharibulletin.co.za enblaai deur die digitale weergawes. MICHELL CALITZ het dié pragtige foto van die Oranjerivier na die Kalahari Bulletin gestuur. Die riviervlakke is nou nie naby aan dié skouspelagtige

vloei nie. Foto: Michell Calitz

Kyk weer nariviervloei

Page 3: Upingtonbulletinub 20140507

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014 7

Shopsmart&save

1185177_390x198

Selected products on this page have been styled for photography

R79Leg of LambBone in

Perkg

R49Bulk OukraalWors Per kg

740

PnPShoulderHam Per 100g

R20PnP BrownMushrooms250g

R15PnPWashedPotatoes2kg

1590

All GoldTomato Sauce700ml 2290

PnPWhiteSugar 2.5kg

SAVER21690

Allsome LongGrain ParboiledRice 2kg

SAVER3

4090

Twinsaver Luxury2 Ply ToiletTissue 9s AssortedPer Pack

1190PnP PureSunflower Oil750ml

SAVER2

R21CloverFresh MilkAssorted 2 LitreEach

SAVE2.90

R47Stork CountrySpread MediumFat Spread1kg Tub

SAVER21

BUY2

FOR

11350

Huggies Dry ComfortDisposable NappiesSize 2 - 66s, Size 3 - 58s,Size 4 - 50s or Size 5 - 44sPer Pack

SAVER16

R30PnPWholeFresh Chickenin Tray Per kg

FRESH

PRICESVALID6-11MAY2014ATPICKNPAYSUPERMARKETSANDHYPERSIn Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland,Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express, Daily and Local stores. Shop instoreoronlineatwww.pnp.co.za/shop CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply. www.picknpay.co.zaPick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynot stock someof theseproducts.Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct,but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper termsand conditions apply. Certain products are excludedfrom the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

OP 24 Mei vind die heel eersteoudisie van die Spontaankompetisiein Upington plaas en groot pryse kangewen word.

In dié uitdunronde, wat om 13:30vir 14:00 in die Naba Lodge begin,word ’n streekwenner gekies wat aandie eindronde op die Vryfees inBloemfontein gaan optree.

Talentvolle mense wat wil deel-neem, kan hulle van 12 Mei af by dieKalahari Bulletin se kantoor regi-streer of hulle op die dag van dieoudisies van 13:30 tot 14:30 in dieNaba Lodge registreer.

Die kantoor is in Scottstraat 64geleë, langs Elron-motors.

Dié sangkompetisie, wat jaarliksdeur Volksblad se Sentrale PlaaslikeKoerante aangebied word, breivanjaar van ’n sangkompetisie na ’ntalentkompetisie uit.

Enigeen met ’n besonderse talentkan deelneem. Die kompetisie is oopvir almal ouer as 16 jaar.

Deelnemers moet alles wat hullenodig het om deel te neem na dieoudisie bring. Die oudisie is gratis.Die wenner van elke streekkompetisiesal net ná die oudisie aangekondigword.

Die beoordelaars behou die regvoor om nie ’n streekwenner te kiesindien daar nie ’n gepaste kandidaatis nie.

Indien jy as ’n streekwenneraangewys word, moet jy op Saterdag19 Julie vir die eindronde in Bloem-fontein wees. Dit vind in die Blêrkasop die Vryfees op die Universiteit vandie Vrystaat (UV) se kampus plaas.

Jy moet jou eie vervoer en verblyfreël as jy ’n streekwenner is.

Die pryse wat die wenner kan wen,sluit in:) SpecSavers: pryse ter waarde vanR3 000.) ExecuSpecs: pryse ter waarde vanR5 800.) Z PR Communication and PublicRelations Consultants: ’n Publisi-teits-en-bemarkingpakket van R5 000vir elke finalis, insluitend ’n konsul-tasie met die Z PR-span, ’n professio-nele CV, die ontwerp van ’n CD-om-slag en visitekaartjies, die ontwerp enskryf van ’n professionele profiel, dieskep van ’n Facebook-profiel en vyfnuusverklarings. Die algehele waardevan die prys is R40 000.) Atlantis-gastehuis: Verblyf terwaarde van R4 100. Die wenner,naaswenner en derdeplekwenner kryelkeen twee nagte se verblyf vir tweemense; ontbyt ingesluit.) PCB Productions: ’n Fotosessievir die wenner, naaswenner enderdeplekwenner van R4 500.

Wen grootmet joutalente

Gesels saam opFacebook deur tegaan na Kalahari

Bulletin.

Page 4: Upingtonbulletinub 20140507

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

Pret en plesier op ekspo

JOHAN SMIT tel sy dogtertjie Johané op sodat sy die sebras op die plaaswerf beter kan sien.Foto’s: Lizette Slabber

AS ’n man moeg raak, moet hy maar ’n plan maak om saam met sy boetie te ry. Lourens (links)en Louis-Jean Karstens deel die stootwaentjie, want Lourens se bene was ’n bietjie moeg vandie lang stap.

ALDO MARITZ het tog te lekker op die spring-kastele gespeel.

TIAAN BRUWER was mal oor dié grasgroen trekker.

PUDDLESDIENARhet die kinders laat skater-lag.

Page 5: Upingtonbulletinub 20140507

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014 9

Iets vir almal op ekspoIN die troeteldiertentwas die skattige JackRussell/Yorkie-krui-sing ’n groot trekpleis-ter. Foto:LizetteSlabber

SUZAANE GOOSEN is so waagmoedig om dié vierjarige krokodil van nader te aanskou.

ZAHEEN EN VERONIQUE MICHAELS wasglad nie bang om van die hemelhoë glybaanaf te gly nie.

DIE Kalahari-oumotorsklub se lede het hul geliefde antieke motors op die Upington-landbou-ekspo uitgestal. Hier sitvan die lede voor ’n 1928-Ford Roadster. Van links is Frans Viljoen, André Jansen, Neels Goussard, Johan du Toit,Trompie Burger en Du Toit Fouché. Foto’s: Lizette Slabber

DIE viermanne het hulle behoorlikmet die trek-kers op die ekspo vermaak. Van links is CobusPienaar, Francois Nel, Morgan Nel en JacquesPienaar.

Page 6: Upingtonbulletinub 20140507

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

PROMOSIE

ALLE vroue in die streek wat al swangerwas, ken die gevoel; jy loop op en af in diestraat op soek na enige klere wat darem niete onaardig sal lyk oor jou alewig groeiendemagie (en boude) nie, selfs al moet jy dantwee nommers groter as gewoonlik koopen sit die klere steeds nie mooi nie en voeljy nie juis baie spesiaal en stralend daarinnie.

Dit is om presies die rede waarom dieBaa-Baa-boetiek in Upington oopgemaakhet: om aan die swanger vrou se klerebe-hoeftes te voldoen.

Maak nie saak hoe oud of hoe jonk jy isnie, of hoe klein of groot jou figuur of hoeplat jou beursie is nie, die boetiek bied ietsvir almal.

’n Verskeidenheid landwye verskaffersverseker jy sal iets kry wat aan joubehoeftes voldoen wat nie net swangerskap-

drag nie, maar ook borsvoedklere en-onderklere, insluit.

Dan is daar natuurlik ook spesialegoedjies vir die nuwe bondeltjie vreugde injou – of jou vriendin – se lewe.

Kom kies uit die pragtige klerereekse,skoentjies, silikonjuweliersware, sagtespeelgoed, doopklere, bederfgoed en gesken-ke vir meisies en seuntjies tot tweejarigeouderdom.

Die boetiek bied ook pragtige houtmeu-bels, insluitend bababeddens en laaikassiesmet verskeie afwerkings, asook geborduur-de bababedlinne en bykomstighede watenige kamer spesiaal sal maak.

Kom loer gerus in by Schröderstraat 29,Upington (oorkant Wimpy), om al die mooigoed vir mamma en baba te sien.

Kontak die winkel by 072-231-0464 ofbesoek www.facebook.com/baabaaboetiek.

Boetiek bied klere virswanger ma’s

JOLANDI EKSTEEN (links, eienaar) en Talitha Anders. Foto: Verskaf

Meris Kocks

DIE einde van oom Piet Smith se politiekeloopbaan van 41 jaar het op 31 Desember2013 aangebreek.

In die 41 jaar het hy verskillende vormevan verandering getrotseer.

Op 5 April in die Klein Mier-gemeenskap-saal is op luisterryke wyse afskeid geneemvan een van die Kalahari se geliefde,gerespekteerde en deurwinterde seuns.

Mense het moeite gedoen om vir oulaassaam met die kolos gesellig te verkeer.

Van die gaste was Andrew Louw enLindiwe Mazibuko.

Al die sprekers het oom Piet se gulhartig-heid teenoor sy medemens, sy nederig- heid,die wil om die mense te dien en sy onmeet-bare bydrae in die Miergebied beklem-toon.

Toe oom Piet aan die beurt gekom het, is

die nodige eerbetoon en toejuiging aan homgegee.

Hy het toe die toehoorders op sy politiekereis geneem, van die destydse bestuursraad,na die Noord-Kaapse wetgewer en terug bydie Mier-munisipaliteit.

In sy toespraak kon die toehoorder dieinsig, wysheid en mensekennis wat die grootman oor die jare opgedoen het, agterkom. Insy politieke omswerwings het hy metverskillende mense skouers geskuur; diegewone man en regeringsleiers, bv. dr. Kraaivan Niekerk, Pieter Saaiman, eerw. AllanHendriks, eerw. Julies, Donald Curry en velemeer.

Met sy werkverpligtings was dit sy vrou,tant Mary Smith, wat die steunpilaar en dietuisteskepper was en verantwoordelik vir dieversorging van die kinders was.

Nou kan oom Piet vergoed vir al die jarese onbetrokkenheid.

OomPiet groet politiekVAN links is Andrew Louw, Piet Smith, Lindiwe Mazibuko en Mary Smith. Foto: Meris Kocks

DIE Hoërskool Uping-ton se dramagroep hetop 23 April ’n vasvra-aand gehou.

Sewe spanne, be-staande uit vyf leerlin-ge elk, het Neville Schu-bach (drama-afrigter)en hul mede-dramaleer-linge getrotseer in viervasvrarondes wat ge-grond was op program-me soosWhowants to bea millionaire? en TheWeakest Link.

Die Ninja Nerds, be-staande uit Sheli Ar-non, Henco Burger, Ro-zelle van Niekerk,Strauss van der Merween Jandri van Staden,het die ander spanneonder die tafel inge-dink.

Ninja Nerds dink flinkste

DIE Ninja Nerds wat die Hoërskool Upington se vasvra-aandgewen het, is van links, voor: Rozelle van Niekerk, Jandri vanStaden en Sheli Arnon; agter: Henco Burger en Strauss vander Merwe. Foto: Verskaf

DENNIS HOFT, ’ngr. 12-leerling aan dieHoërskool Upington,is een van net 60 leer-linge landwyd wat op15 Mei aan die eind-ronde van kykNET senasionale toneelkom-petisie in die Kunste-kaap-teater in Kaap-stad gaan deelneem.

Ses leerlinge vanUpington het aan diestreekuitdunrondevir die kompetisie inKakamas deelge-neem.

Die beoordelaar,Herman van derWesthuizen, het grootlof vir die deelnemersse spel.

Presteer in kompetisie

DENNIS HOFT van die Hoërskool Upington.

Hetjyvorige

uitgawes

misgeloop?

Gaan

danna

www.kalaharibulletin.co.za

engaan

blaaideur

diedigitale

weergaw

es.

Page 7: Upingtonbulletinub 20140507

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014 15

IN die Maartvakansie het die o.14-, o.15- eno.16A-spanne van die Hoërskool Duineveld’n netbalafrigtingskursus in Potchefstroombygewoon.Die voormalige Protea-netbalafrigter en

die hoofafrigter van die Noordwes-Univer-

siteit, Dorette Badenhorst, en haar bekwa-me hulpafrigters het aan die meisies sespel geslyp.Vier van dié hulpafrigters spog met

Protea-kleure.Altesaam 10 skole en 41 spanne het die

kursus bygewoon.Die toer na Potchefstroom was ’n

aangename en leersame ervaring.Dit was die ideale geleentheid vir die

spelers op die kursus om verder teontwikkel, meer blootstelling te kry en om

hul talente met die oog op hul netbaltoe-koms uit te stal.Almal op die kursus was dit eens die

afrigting- en spanbousessies was waardevolen het ’n duidelike verbetering in diespelers se spel tot gevolg gehad.

Spelers se vaardighede op kursus verfyn

DIE o.14-spanspelers is van links, voor: Elana Badenhorst (kaptein), Carli Thomas en An’MariLiebenberg (onderkaptein); middel: Mari Slabber, Lounari Lamprecht, Gillian du Plessis en Car-men Bekker; agter: Aldelené Grewar, Suzanne Smit, Elsanne Pool (afrigter), Lené Jordaan enMelinke Blaauw.

DIE spelers van die o.15A-span van die Hoërskool Duineveld is van links, voor: Simoné Myburgh,ElzaanBergh (afrigter), Helenet van derMerwe enElsemé vanWyk (kaptein); agter: Madi Punzel,Tamar Burger, Jana Fokkens, Anna-Mart Fourie, Elné van Schalkwyk en Mieke Oosthuizen.

DIE spelers en hul afrigter van die o.16A-span van die Hoërskool Duine-veld is van links, voor: Elanie Strydom (kaptein), Suzette Steenkamp,Madré Steyn (afrigter), Christia Potgieter en Gloudine du Plessis; agter:ChrisnaOppermann, Jackie Kuhn, Lara Steenkamp, ElzeWillemse,Ma-riska Cilliers en Isebel Maritz. Foto’s: Verskaf

ALICÉ MARITZ, ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Upington, het op4 April aan die Suid-Afrikaanse tweekampkampioenskapbyeenkoms inPotchefstroom deelgeneem. Sy was 19de van die 57 deelnemers in diemeisies o.15-afdeling. Foto: Verskaf

DIÉ drie rugby-afrigters van die Hoërskool Duineveld gaan die Junie-skoolvakansie na provinsiale toernooie waarhulle Griekwaland-Wes-Platteland sal teenwoordig. Van links is Etienne van den Brink (hoofafrigter: Akademie-week), Ulrich Richter (spanbestuurder: Pukkeweek) en Emile Neethling (hoofafrigter: Cravenweek). Foto: Verskaf

Gaan provinsiale toernooie bywoon

Page 8: Upingtonbulletinub 20140507

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

DIE top16-netbalspelers van die HoërskoolDuineveld het in die Maartvakansie aan dieHoërskool Waterkloof se Prestige-netbaltoer-nooi in Pretoria deelgeneem.

Die o.19A-span het teen die HoërskoolFlorida met 25-30, Marais Viljoen met 18-29en Vereeniging-Gimnasium met 30-32 verlooren die Hoërskool Wilgerivier met 23-13,

Brandwag met 29-21, EG Jansen met 22-17,Die Volkskool Potchefstroom met 24-22 en diePrestige-kollege met 32-14 geklop. Dieo.17A-span het teen die Hoërskool Centurionmet 10-14, Paarl-Gimnasium met 15-21 en teendie Volkskool Potchefstroom met 13-14verloor en het die Hoërskool Eldoraign met20-11 en Zwartkop met 16-13 geklop.

Velties toon veggeesDIE o.17A- en o.19A-netbalspanne van die Hoërskool Duineveld wat aan die Hoërskool Waterkloof se Prestige-netbaltoernooi deelgeneem het. Foto: Verskaf