upingtonbulletinub 20140612

8
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 12 JUNIE 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Upington ABRIE VAN NIEKERK van Kathu se foto is as die wenfoto in die Jou oomblik, ons wyn-fotokompetisie aangewys. ’n Paneel van beoordelaars van die Orange River Cellars het dié pragtige foto gekies en hiermee wen Abrie ’n kis wyn per maand vir ’n jaar van die Orange River Cellars. Kyk op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het. Dié foto wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Gaan kyk ook op www.kalaharibulletin.co.za na die pragtige dierefoto’s wat vir die Junie-fotokompetisie ingeskryf is. Foto: Abrie van Niekerk Goue oomblik wen kompetisie

Upload: kalaharibulletin

Post on 06-Mar-2016

236 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

Upingtonbulletinub 20140612

TRANSCRIPT

Page 1: Upingtonbulletinub 20140612

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

12 JUNIE 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS

Upington

ABRIE VAN NIEKERK van Kathu se foto is as die wenfoto in die Jou oomblik, ons wyn­fotokompetisie aangewys. ’n Paneel van beoordelaars van die Orange River Cellars het dié pragtigefoto gekies en hiermee wen Abrie ’n kis wyn per maand vir ’n jaar van die Orange River Cellars. Kyk op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het. Dié foto wen ’n geskenkpakvan die Orange River Cellars. Gaan kyk ook op www.kalaharibulletin.co.za na die pragtige dierefoto’s wat vir die Junie­fotokompetisie ingeskryf is. Foto: Abrie van Niekerk

Goue oomblikwen kompetisie

Page 2: Upingtonbulletinub 20140612

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

DIT is nie meer nuwe nuus asOrange River Cellars met syheerlike muskadel-wyne presteernie, maar vanjaar het diésuksesstorie nuwe hoogtesbehaal.Op die onlangse Ou Mutual-tro-

feewynskou, naas VeritasSuid-Afrika se invloedrykstewynkompetisie, het Orange RiverCellars se Rooi Muskadel 2012die trofee as Beste Gefortifiseer-de Rooi Muskaat gewen.Hierdie prestasie volg kort op

die hakke van die Muskadel-ver-eniging se jaarlikse kompetisiewaar die kelder se Wit Muskadel2013 weer met ’n goue medaljebeloon is.Maar dit is die gesogte Ou

Mutual-trofee wat behoorlikuitstaan en gesien word as ’nnuwe hoofstuk in die erkenningvan Orange River Cellars en dieNoord-Kaap as ’n vooraanstaandewynprodusent wat die Suid-Afri-kaanse wynlandskap aanvul en’n trotse wynstreek maak.Altesaam 1 040 wyne is vir

vanjaar se Ou Mutual-trofeeingeskryf en slegs 24 wyne hettrofee-status behaal.“Die Ou Mutual-trofeewynskou,

onder leiding van die gesagheb-bende wynpersoonlikheidMichael Fridjhon, is nie net ’n

belangrike Suid-Afrikaansewynkompetisie nie, maar wordoor die wêreld heen beskou as ’nbelangrike barometer van wat inons land op die wynfrontgebeur,” sê Koos Visser, bemar-kingsbestuurder van OrangeRiver Cellars.“Die beoordelaars sluit ’n hele

paar internasionale proeërs in endie kriteria is só streng datwynprodusente dit as ’n eer sienom ’n bronsmedalje te wen, watnog te sê van ’n goue.“Om dus een van die hoogste

eerbewyse los te slaan, ’n trofee,wil gedoen wees. Dit is ’nbesonderse voorreg om die trofeete wen, maar ’n nog grotervoorreg om die geleentheid tekry om te sien hoe ons streek sewyne erkenning kry saam metvan Suid-Afrika se voorstewyn-handelsmerke.”Maar wat is dit wat Orange

River Cellars se muskadel-wynevan die voorstes ter wêreldmaak?Volgens Henning Burger,

bestuurder: wingerdboukundigedienste by Orange River Cellars,leen die geografiese toestandevan die wingerde hulle tot dieverskaffing van werklik uitstaan-de druif-gehalte.“Die Muscat de Frontignan-

wingerde waarvan ons wit enrooi muskadels gemaak word,groei eenvoudig onder die besmoontlike omstandighede,” sêBurger.“Hulle staan in diep alluviale

grond met volop klei. Tesamemet die lang rypwordingsfasewaar die dae vol sonskyn is,verseker dit druiwe van diep,intense muskat-geure. Ons parsdie druiwe tussen 26 en 30 gradeballing wanneer hulle volgeur-konsentrasie is en aan onswynmakers die perfekte vrug geeom mee te werk.“Ek spot met die wynmakers

deur vir hulle te sê dat hullegeen verskoning het om niéwenwyne van hierdie klasdruiwe te maak nie!”Volgens Visser is Orange River

Cellars in die gunstige posisieom muskadel-wyne te maak watook ’n getroue gevolg onderverbruikers het.“Die algehele muskadelmark

het die afgelope paar dekadesverskraal, maar ons handelsmerkstaan sterk onder muskadellief-hebbers,” sê Visser. “En latervanjaar stel Orange River Cellarssy muskadel en ander gefortifi-seerde wyne onder ’n nuweverpakking bekend wat die markbehoorlik gaan roer.”

Kelderwenweer trofee

CHRIS VENTER, produksiebestuurder van die Orange River Cellars, metdie rooi muskadel wat op die Ou Mutual­trofeewynskou die trofee as BesteGefortifiseerde Rooi Muskaat gewen het. Foto: Lizette Slabber

DIE ekonoom Dawie Roodt en finansiëleadviseur Willem Basson het die HoërskoolDuineveld onlangs besoek en met al diebesigheidstudie-, ekonomie- en rekeningkun-deleerlinge gesels.Die twee het die leerlinge beïndruk met

die wyse waarop hulle na Suid-Afrika endie wêreld se ekonomie kyk, probleme

raaksien en oplossings identifiseer.Hulle het die leerlinge mooi laat verstaan

dat hulle sélf moet sorg dat hulle eendagwelgesteld is, want dit is die enigste manierom vir jouself en vir ander te sorg.Roodt en Basson het Upington besoek as

deel van Efficient Advice se werksessie oor“Jou finansiële wedstrydplan”.

Kenners gee kinders raad

VAN links is Rian van der Vyver (skoolhoof van Duineveld), Bernard Visser (bemarker van Duine­veld), Dawie Roodt,WillemBasson, Lizelle du Plessis (adjunkhoof vanDuineveld) enRiaan Kotze(hoof van die Hoërskool Upington). Foto: Verskaf

Page 3: Upingtonbulletinub 20140612

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014 9

Wollie Burger

DIE !Kheis-munisipaliteitse Forum vir Personemet Gestremdhede hetonlangs sy beplannings-vergadering vir 2014-’15by die Kalbas-padstalgehou.Daar is op verskillende

projekte besluit, soosbewusmakingsprogrammeen ook geleenthede omsport vir gestremdes indie !Kheis-munisipaliteitaan te bied.Forumlede het hulle

sterk uitgespreek tengunste daarvan datgestremdes by gemeen-skapsprojekte betrek wilword en ’n rol binne dieverskillende gemeenskap-pe wil speel.Die eienaar van

Kalbas-padstal, WollieBurger, het ’n kompetisiebekend gestel waargestremdes die geleent-heid kry om ’n Kalbas-masker te ontwerp watdeur ’n onafhanklikepaneel beoordeel salword.Die pryse sal op ’n

geskikte geleentheid aandie wenners oorhandigword.Ná die vergadering het

forumlede onder dietoesig en leiding vanKoos Swart aan verskil-lende sportnommers enspeletjies deelgeneem.

Forum vol planne op vergadering

LEDE van die Forum van Persone met Gestremdhede is van links, voor: Aswill Engelbrecht, Hester Plaatjies, Marclon Steenkamp, Jan Samson, Sharon Brown,Mary Matthys en Juliana Jantjies; agter: Koos Swart, Boy Coetzee en Glenwill Samson. Foto: Wollie Burger

Page 4: Upingtonbulletinub 20140612

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

DIE Hoërskool Duineveld se ATKV-Veltie-landjeugtak is op die ATKV se jaarverga-dering vir sy Huis Kleinduin-projekbekroon.Dié projek is in sy tweede jaar en is as

die beste projek met die fokus op onder-wys van al die jeugtakke in die Noord-Kaap en Namibië aangewys.Dié projek word deur die lede van die

jeugtak bestuur en hulle help die gr. 1- totgr. 3-leerlinge van Huis Kleinduin vanMaandae tot Donderdae tydens middag-studie met hul huiswerk.Ronel Kotze, koshuismoeder van Huis

Klein Duin, sê hul hulp is van onskatbarewaarde.Hanri van der Merwe, Mej. Veltieland,

en van die ander gr. 12-leerlinge het diéprojek met hul lewensoriëntering-gemeen-skapsprojek gekombineer.Elzette Burger, ’n lid van die ATKV se

Rooiduintak in Upington, is ook nou bydié projek betrokke.Die ATKV-tak in Ariamsvlei, Namibië,

het ’n skaap aan die Veltielandjeugtakgeskenk waarmee hy dié eerbewys saammet die gr. 1- tot gr. 3-leerlinge kon vier.) Die ATKV-jaarvergadering is van 28 tot29 Mei in Buffelspoort aangebied en ElaniStrydom van Duineveld was een van die400 afgevaardigdes wat dit bygewoonhet.

Velties se hulpvaardigheid beloon

HANRI VAN DER MERWE, Mej. Veltieland en’n lid van die ATKV­Veltielandjeugtak, by dieeerbewys wat dié jeugtak ontvang het vir diehulp wat hy aan die gr. 1­ tot gr. 3­leerlinge vanHuis Kleinduin tydens studietyd verleen. Hieris Hanri by van die leerlinge wat hulle met hulhuiswerk help. Van links is Chanel Brand, Han­ri, Johané Luttig en Clarise Barnard.

Foto’s: Lizette Slabber

BO: Die lede van dieATKV­jeugtak helpdie leerlinge vanMaandae tot Donder­dae met hul huiswerk.Van links is AnicaBooysen, ElanaBooysen (ATKV­lid),Samandri de Beer(ATKV­bestuurslid),Johané Luttig en JanoBarnard (ATKV­be­stuurslid).

REGS: Elzette Burgervan die ATKV­Rooi­duintak help PhilipStrauss met sy huis­werk.

Page 5: Upingtonbulletinub 20140612

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014 11

DIE Hoërskool Upington het vanjaardie agtste keer aan die Calvinia-ei-steddfod deelgeneem. Die 13 leerlingehet drie hoogste lof-, tien goue, 11silwer- en vier brons-eerbewyseontvang.

Reuben Murphy het hoogste lof(voordrag) en ’n goue eerbewys(prosa) gewen. Sunell Mostert het ’ngoue (voordrag) en twee silwer-eerbe-wyse (sang) gewen. Angus Damarah

het ’n silwer- en ’n brons-eerbewys(klavier) gewen.

Zaskia Pain het hoogste lof(voordrag) en ’n goue eerbewys(prosa) gewen. Jana Lategan hethoogste lof (voordrag) en ’n goueeerbewys (prosa) gewen. Sheli Arnonhet ’n brons-eerbewys (klavier)gewen. Alicé Maritz het twee goueeerbewyse (klavier) gewen. Janri vanStaden het ’n goue en ’n silwer-eerbe-

wys (viool) gewen.Rozelle van Niekerk het drie

brons-eerbewyse (klavier) gewen.Gretha van Staden het drie silwer-eerbewyse (blokfluit) gewen. Carlavan Wyk het drie silwer-eerbewyse(blokfluit) gewen. Lynette Engel-brecht het twee goue eerbewyse(klavier) gewen en Kaelene Hen-dricks het ’n goue en ’n silwer-eerbe-wys (klavier) gewen.

Uppies ryg eerbewyse in

VAN links is, voor: Reuben Murphy, Sunell Mostert, Angus Damarah en Zaskia Pain; middel: Jana Lategan, Sheli Arnon,Alicé Maritz en Janri van Staden; agter: Rozelle van Niekerk, Gretha van Staden, Carla van Wyk en Lynette Engelbrecht.

Foto: Verskaf

www.kalaharibulletin.co.za

Page 6: Upingtonbulletinub 20140612

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

Laerskoolhousportdag

DIE DOELLYN WINK: Rico de Jager van die LaerskoolOranje­Noord hardloop om ’n drie te gaan druk.

VASBERADE VORENTOE: Die Laerskool Oranje­Noord het saam metdie sportdag ook sy jaarlikse kermis aangebied. Hier probeer Migaelvan der Colff van Oranje­Noord om deur die bulletjies van die Voorberei­dingskool Fanie Malan se verdediging te breek. Foto’s: Lizette Slabber

VLIEG DOELLYN TOE: Floyd Fox van dieLaerskool Sentraal in Kakamas laat hom deurniemand keer nie as hy eers op spoed is.

GEE PAD VOOR: Berdri van der Westhuizen van die Voor­bereidingskool Fanie Malan swenk rats om sy teenstanderste fnuik.

“VIRWIE MOET EK GOOI?” Riana Archer vandie Laerskool Oranje­Noord konsentreer hardom vir die regte maatjie te gooi.

DIE ENE KONSENTRASIE: Mianke Burger van dieLaerskool Oranje­Noord gooi die bal vir die span sedoel.

DIE Laerskool Oranje-Noord hetop Saterdag 31 Mei ’n sportdagaangebied. Verskeie skole van sover as Prieska en Kuruman het

hieraan deelgeneem.

Page 7: Upingtonbulletinub 20140612

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014 19

SHIREENWIESE (links) en Elanie Brand, leerlinge aan die Laer­skool Sentraal in Kakamas, is vir die o.12­Noord­Kaap­netbalspangekies. Foto: verskaf

VIER netbalspelers van die Laerskool Sentraal in Kakamas is indie o.13­Bokkieweek­netbalspan ingesluit. Van links is Lara­MariGeldenhuys, Anelsje de Vos, Marna van Wyk en Ilze Schreuder.

Foto: verskaf

DIE o.9­netbalspelersvan die LaerskoolSentraal wat die Kort­volk­sportdag van dieLaerskool Newton inKimberley bygewoonhet, is van links, voor:ElrineWitbooi, Danel­le deWee,DanelHay­es, Moitse Madikongen Chiniel Saayman;agter: Elizna Schee­pers, Jazzlynn Louw,Joré Wessels, Naydi­ne Raman, Shani Vi­viers, Riana Oberhol­zer, Catelyn Beard­more en Chloë Britz.

Foto: verskaf

DIE leerlinge van die Laerskool Sentraal op Kakamas het die uitstappie na die Groot Gat in Kimberley baie geniet. Hierry hulle op die trem. Foto: verskaf

Gekies vir Bokkies­ en NK­span

Geniet kuier in Kimberley terdeë

Page 8: Upingtonbulletinub 20140612

20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

CHRISTIN FOX (15) van die HoërskoolMartin Oosthuizen in Kakamas is as dieKalahari Bulletin se SuperSport Let’sPlay-sportster van die Maand vir haarskitterende prestasies in atletiek, netbal entennis gekies.Sy blink oorwegend uit in naellope,

hekkies en verspring. Christin het dieseisoen begin met vyf rekords in die 100 m-en 200 m-naellope, verspring en 90 m- en300 m-hekkies tydens die kleure-atletiek. Opdie Top-20-atletiekbyeenkoms in Hartswateris sy as die beste hekkie- en meisies-atleetvan die byeenkoms aangewys.Tydens die Oranje-Unie-byeenkoms het sy

vyf eerste plekke en vyf rekords behaal.Hierna het die ZF Mgcawu-byeenkomsgevolg. Aangesien Christin met al vyf haarnommers vir die Suid-Afrikaanse kampioen-skapbyeenkoms gekwalifiseer het, is haarnommers vrywillig tot drie verminder,naamlik naelloop, hekkies en verspring.Tydens die byeenkoms het sy drie eersteplekke vir haar hoof-nommers behaal.Hierna het die Noord-Kaap-byeenkoms

gevolg. Christin het weer drie uit drieeerste plekke met ’n provinsiale rekord inverspring behaal. Op die Bellville-permit-by-eenkoms het sy eerste in die 90 m-hekkiesen tweede in die 100 m-naellope en ver-spring gekom.Daarna het sy en haar ouers na Pieters-

burg vir die nasionale atletiekkampioen-skapbyeenkoms vertrek. Hier het Christin’n goue medalje in verspring en ’n bronsme-dalje in die 100 m- en 90 m-hekkies gewen.Ná die nasionale atletiekkampioenskap hetsy ’n silwermedalje in verspring op dieASA-atletiekbyeenkoms op Coetzenburg,Stellenbosch, gewen.Christin se talente eindig nie by atletiek

nie. Sy is ook sewende in die Noord-Kaapseo.15-meisies-tennisspan gekeur en is vir dieNoord-Kaapse o.15-Diamante-netbalspangekies.Christin se leuse is: Leef voluit!Bulletin, in samewerking met Z PR en

SuperSport, wys elke maand ’n Let’sPlay-sportster aan. Stuur vandag reeds joubenoeming.SuperSport se Let’s Play-sportster van die

Maand se wenners sal van Februarie totNovember 2014 gekies word. Jy kan joubenoeming e-pos na [email protected] offaks na 086-552-4922.Vir meer inligting, kontak Lynne Land-

man of Juanré Viviers van Z PR by 051-5229574.

Christin leeftalente uit

CHRISTIN FOX Foto: Verskaf

Lees vorige uitgawesdigitaal by

www.kalaharibulletin.co.za

ALTESAAM 14 netbalspelers van dieHoërskool Upington is in provinsialespanne ingesluit:

) Marna Loots, Kyla Coetzee en EsmariéFerreira is in die o.18-span;) Lali Lamprecht, Ray-Ann Snyders,Simoné Nickel en Mariandré Williams is

in die o.17-span ingesluit;) Candice Esau is ’n lid van die o.16-span;) Navern Olivier, Liza-Mari Groenewald,Aneché Everson, Anja van Niekerk enChané Avenant is in die o.15-spaningesluit; en) Melonice Kordom is in die o.14-spaningesluit.

Netbalspelersdeel van spanne

VAN links is, voor: Navern Olivier, Candice Esau, Liza­Mari Groenewald en Aneché Ever­son; agter: Marna Loots, Lali Lamprecht en Ray­Ann Snyders. Foto’s: Verskaf

VAN links is, voor: Anja van Niekerk, Chané Avenant en Melonice Kordom; agter: KylaCoetzee, Esmarié Ferreira, Simoné Nickel en Mariandré Williams.