wat kom na redding?

25
Wat kom na redding? ...en is dit opsioneel of verpligtend.

Upload: jayme

Post on 11-Jan-2016

84 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

Wat kom na redding?. ...en is dit opsioneel of verpligtend. Die redding is genade alleen:. - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: Wat kom  na  redding?

Wat kom na redding?

...en is dit opsioneel of verpligtend.

Page 2: Wat kom  na  redding?

Die redding is genade alleen:1Pe 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jahshua Christus wat

na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ʼn lewende hoop deur die opstanding van Jahshua Christus uit die dode, 1Pe 1:4 sodat ons ʼn onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons 1Pe 1:5 wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.

Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jahshua bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; Rom 10:10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Rom 10:11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Rom 10:12 Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Rom 10:13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Page 3: Wat kom  na  redding?

En wat volgende?1Pe 1:1 Petrus, ʼn apostel van Jahshua Christus, aan die vreemdelinge van

die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 1Pe 1:2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jahshua Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!

1Ko 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jahshua, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. 1Ko 1:31 Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.

Dus dit is alles afgehandel in Jahshua – ons is reeds gered, geregverdig, en is heilig gemaak in Jahshua. Nou moet ons

net lewe tot ons doodgaan en alles is klaar volbring.

Dit was glad nie so moeilik nie!

Page 4: Wat kom  na  redding?

Aangesien niks ons uit Sy hand kan ruk nie, is dit dan nou ʼn seker saak dat ons gered sal bly tot die dag wat ons sterwe – “kom net soos jy

is, bly net soos jy is”

Heb 12:14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; Heb 12:15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. Heb 12:16 Laat niemand ʼn hoereerder wees nie, of ʼn onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het.

2Ko 7:1 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

1Ts 4:7 Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. 1Ts 4:8 Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ʼn mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.

Page 5: Wat kom  na  redding?

Dis ʼn ontstellende gedagte:1 Tessalonisense 4v7: Hy wat nie afstand doen van die onreinheid in

sy lewe (na wedergeboorte), en so die heiligmaking verwerp, verwerp Elohim en die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Psa 95:6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor JHWH wat ons gemaak het. Psa 95:7 Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister! Psa 95:8 Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie; Psa 95:9 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het. Psa 95:10 Veertig jaar het Ek ʼn afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ʼn volk met ʼn dwalende hart, en hulle ken my weë nie; Psa 95:11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!Dit klink of die grootste genade gegee word aan die wat net na

wedergeboorte kan sterf, want die worstelstryd teen die onreinhede in my lewe kan my 40 jaar in die woestyn laat loop.

Page 6: Wat kom  na  redding?

Die vinnigste, veiligste pad was die kort pad – soos die man aan die kruis.

Luk 23:38 En daar was ook ʼn opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE. Luk 23:39 En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons. Luk 23:40 Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? — Luk 23:41 ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. Luk 23:42 En hy sê vir Jahshua: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. Luk 23:43 En Jahshua antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.Want as hy nie gesterf het daardie aand nie, was hy

Maandag weer terug tussen sy slegte vriende, en moes hy vir jare voortstry om die kwaad uit sy lewe te wan wat

vesting op vesting gebou het in sy verstand.

Page 7: Wat kom  na  redding?

Die ergste is dat ek self nie altyd duidelikheid het om te sien waar dit wat onheilig is in my lewe,

verskans is nie.Dawid het nie sy eie siel se foute kon uitwys nie.

Psa 139:1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. Psa 139:2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. Psa 139:3 U deurvors (winnow - to separate the chaff from grain by means of a current of air

to rid of undesirable parts) my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Psa 139:4 Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al.

Psa 139:23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; Psa 139:24 en kyk of daar by my ʼn weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Page 8: Wat kom  na  redding?

Op die kamp genoem dat selfs JHWH moet soek om die inhoud van die hart te wete te

kom:Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan

dit ken? Jer 17:10 Ek, JHWH, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë (paaie waarop gereis word) , volgens die vrug van sy handelinge.

1Kr 28:9 En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want JHWH deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot. 1Kr 28:10 Kyk nou, JHWH het jou verkies om ‘n huis vir ‘n heiligdom te bou; wees sterk en voer dit uit.

H2713_khaw-kar'A primitive root; properly to penetrate; hence to examine intimately: -

find out, (make) search (out), seek (out), sound, try.

Page 9: Wat kom  na  redding?

In die tye voor die HG: Hoe soek JHWH? Met toetse!

1Kr 29:17 En ek weet, my God, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.

Gén 22:12 En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.

Uit die resultate kan Hy weet wat daar binne aangaan

Page 10: Wat kom  na  redding?

Die toets se uitslag kom in dade na vore – dan vind JHWH Sy antwoord op wat in die hart van

die mens is.

Deu 13:1 As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of wonder aankondig, Deu 13:2 en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop—wat jy nie geken het nie—en hulle dien, Deu 13:3 dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want JHWH julle God beproef julle om te weet of julle werklik JHWH julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.

1Sa 2:3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want JHWH is ‘n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.

Page 11: Wat kom  na  redding?

Selfs Jahshua is getoets. Het Vader dan nie geweet wat in sy hart aangaan nie?

Mat 4:1 Toe is Jahshua deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.

G3985_pi-rad'-zoFrom G3984; to test (objectively), that is, endeavor, scrutinize, entice, discipline: - assay, examine, go about, prove, tempt (-er), try.

Heb 5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; Heb 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword Heb 5:10 en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek; Heb 5:11 waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.

Opn 5:4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig

bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie. Opn 5:5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid,

het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.

Page 12: Wat kom  na  redding?

Shoe, gehoorsaamheid was belangrik genoeg geag dat beide Adam en Jahshua

daarvoor getoets is.

Nou waarom sou die hedendaagse prediking verkondig dat gehoorsaamheid nie meer nodig is

nie, maar net geloof?Dit is nie as of Adam, Abraham, Moses en Jahshua

nie geloof gehad het nie – maar die toets was aangelê om te bepaal of hul gehoorsaamheid

ontwikkel is / het?

Page 13: Wat kom  na  redding?

As gehoorsaamheid so belangrik is, waar laat dit my dan – ek is bekeerd,

wederbaar, maar nog gereeld in die moeilikheid oor ongehoorsaamheid

wanneer ek sondig. Ek verstaan dat heiligmaking die oorgaan van

ʼn sondige lewenswandel na ʼn nie-sondige wandeling is, maar ek struikel elke dag, en

wat as ek sterf voor ek dit kon regkry om die sonde in my lewe te oorwin? Sal Elohim my

dan verwerp?

Page 14: Wat kom  na  redding?

En waar begin ek om my onheilige wandel reg te stel – wat moet ek eerste van werk

maak? Die Ou Verbond: Die hart (siel) is ontbloot deur toetse, en die uitkoms is „gelees” om die inhoud te bepaal. Dit was selfs moontlik om die wet te gehoorsaam, maar steeds ʼn verdorwe hart te hê. So kon niemand geheilig word nie.

Die Nuwe Verbond: ʼn Lig is aangesteek in die hart wat diagnosties optree, en herstel doelgerig fokus waar die foute lê. Hierdie Lig maak dit selfs moontlik om die hart se bedoeling te meet, nie teenstaande die daad van die vlees.

Page 15: Wat kom  na  redding?

Dit is so onlangs as 2000 jaar gelede moontlik gemaak, maar die potensiaal daarvoor is al deur

Salomo uitgewys nog voor Jahshua:Spr 20:27 Die gees van die mens is ‘n lamp van JHWH, dit deursoek al

die kamers van die binneste.

Rom 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons

in met onuitspreeklike sugtinge. Rom 8:27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Kan u sien: Die siel (hart) se bedoeling word geweeg teenoor en nie teenstaande die liggaam (vlees) se dade. Die twee kan selfs teenoor mekaar staan, in konflik (o arme mens).

Page 16: Wat kom  na  redding?

Daar is dan nou ʼn groot verskil tussen die wedergeborene en die nie-wedergebore mens:

1Ko 2:10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 1Ko 2:11 Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. 1Ko 2:12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 1Ko 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 1Ko 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 1Ko 2:15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. 1Ko 2:16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.

Page 17: Wat kom  na  redding?

Kan julle hierdie vreemde „twee aardige” wese sien in Paulus?Rom 7:14 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik,

verkoop onder die sonde. Rom 7:15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. Rom 7:16 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Rom 7:17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Rom 7:18 Want ek weet dat in my, dit wil

sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my

aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Rom 7:19 Want die

goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Rom 7:20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. Rom 7:21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Rom 7:22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; Rom 7:23 maar ek sien ʼn ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Rom

7:25 Ek dank God deur Jahshua Christus, onse Here! So dien ek self dan wel met die gemoed (hart/siel) die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.

Page 18: Wat kom  na  redding?

Oorweeg die volgende:

Opn 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ʼn God wees, en hy sal vir My ʼn seun wees. Opn 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

Dus gaan alle gruwelikes, moordenaars, hoereerders, towenaars, afgodsdienaars, en alle leuenaars na die poel

van vuur toe – klaar.

Page 19: Wat kom  na  redding?

Maar die wat wederbaar is sondig nie meer nie – hul is dus heilig.

1Jo 3:2 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. 1Jo 3:3 En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is. 1Jo 3:4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid. 1Jo 3:5 En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie. 1Jo 3:6 Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie. 1Jo 3:7 My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is. 1Jo 3:8 Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. 1Jo 3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore. 1Jo 3:10 Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.

Page 20: Wat kom  na  redding?

Maar die wat beweer dat hul nie sondes het nie, lieg, en die waarheid is nie in hul nie.

1Jo 1:6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. 1Jo 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jahshua Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. 1Jo 1:8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 1Jo 1:9 As ons ons sondes bely (erken), Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. 1Jo 1:10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ʼn leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

Page 21: Wat kom  na  redding?

Die drie “ek’ke” in my wese:

Francois Die natuurlike

mens

Wie is ek? Die gees- mens

Page 22: Wat kom  na  redding?

Vrae:

1. Ek verstaan dat my historiese sondes alles in Jahshua betaal is, maar hoe kan ek sondeloos wees as my liggaam nog elke dag in sonde is?

2. Wanneer sou sonde in my liggaam dan ook sonde in my siel word?

3. Is dit wat bedoel word met “heiligmaking verwerp”?

Page 23: Wat kom  na  redding?

Ek is dood vir sonde, maar ek lewe nog in ʼn vleeslike liggaam wat sondig – hoe nou? Oproep om dominansie van die nuwe ek.

Rom 6:1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Rom 6:2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Rom 6:3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jahshua gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Rom 6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ʼn nuwe lewe kan wandel. Rom 6:5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Rom 6:7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. Rom 6:8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, Rom 6:9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Rom 6:10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. Rom 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jahshua, onse Here. Rom 6:12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

Page 24: Wat kom  na  redding?

Eendag sal geloof verby gaan – want wat glo jy nog wat jy dan reeds gesien het.

Maar opsetlike ongehoorsaamheid (rebellie) sal nie verbygaan net omdat jy oorgaan na die ewigheid nie – anders sou Vader nie wagte

voor die tuin van Eden se poort geplaas het nie.Nee, gehoorsaamheid leer ons hier, en dit word gedring deur ons

geloof, en word weerstaan deur ons leiding – maar wie volhard in die geloof, en handel volgens gehoorsaamheid daaraan, teen alle

sintuiglike getuienis en ten spyte van leiding, sal ontvang die kroon van die Ewige Lewe.

Dus, wat verstaan ons nie hiervan nie? Ons kan nie voortleef net soos ons wil nie – ware geloof moet en sal ons handel en wandel verander namate ons gehoorsaamheid leer, en doen. Dit is wat

Jakobus bepleit. As jy jou hart teen hierdie proses sou verhard, dan het jou genade uitgeloop, maar as jy voortstry tot jou laaste asem, is Sy genade vir

jou genoeg – dan is jy gevorm soos die Pottebakker jou wou.

Page 25: Wat kom  na  redding?

Amen